# Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC Supplementary 2014 QP

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the NSC Supplementary 2014, 15 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2014/5acde4b4-511b-410b-b32f-8245d6dd19b8
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2014
- Exam period: NSC Supplementary
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC Supplementary 2014 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2014/5acde4b4-511b-410b-b32f-8245d6dd19b8)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC Supplementary · 2014 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans FAL P1 Feb-March 2014 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2014-memo/9f8d1fc4-699b-4d06-ba7d-7308f6faade4) — Memo · 2014 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                     GRAAD 12

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1

                           FEBRUARIE/MAART 2014

PUNTE: 80

TYD: 2 uur

                       Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste AddisioneleTaal/V1          2                       DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

          AFDELING A:        LEESBEGRIP (VRAAG 1)           (30)
          AFDELING B:        OPSOMMING (VRAAG 2)            (10)
          AFDELING C:        TAAL (VRAAG 3, 4 en 5)         (40)

2.        Lees ALLE instruksies baie goed.

3.        Beantwoord AL die vrae.

4.        Begin elke afdeling op ŉ NUWE bladsy.

5.        Trek ŉ streep na elke afdeling.

6.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

7.        Laat ŉ reël oop na ELKE antwoord.

8.        Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste AddisioneleTaal/V1         3                              DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                           NSS

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1

TEKS A: TYDSKRIFARTIKEL

Lees die tydskrifartikel hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

                               WAT JY OOR BOELIES MOET WEET

                                                       [Uit: www.google.com]

 1      Volgens die woordeboek is ŉ boelie iemand wat όf vir jou as individu όf ŉ groep
        mense intimideer of manipuleer. Die woordeboek beskryf die manier waarop
        boelies teenoor mense optree, as onmenslik. Boelies probeer jou seermaak
        deur jou lelike name te noem. Verder wil boelies jou laat voel jy is nie deel van
        die gewilde groep nie. Om jou in hulle mag te kry, gebruik hulle soms hul vuiste
        of woorde wat seermaak.

 2      Navorsers wou uitvind hoekom party mense boelies is. Tydens hulle navorsing
        het hulle belangrike feite ontdek. Hulle het gevind dat boelies in sommige
        gevalle arrogante mense is en net aan hulleself dink. Boelies voel goed
        wanneer hulle jou seermaak. In ander gevalle voel boelies dikwels dat hulle nie
        goed genoeg is nie en hulle doen hierdie lelike dinge om te voel dat hulle in
        beheer is. Baie boelies het aggressiewe rolmodelle by die huis en dit is die rede
        waarom hulle nie leer hoe om hulle eie woede te hanteer of probleme sonder
        geweld op te los nie.

 3      Volgens navorsers sal kinders wat by die huis mishandel word, dikwels by die
        skool kleiner maatjies seermaak om hulle eie gevoelens te probeer hanteer.
        Soms weet boelies nie eers hoe hulle gedrag jou seermaak nie. Hulle probeer
        jou “kleiner” maak om beter oor hulleself te voel.

 4      Jy weet jy word geboelie wanneer iemand jou op ŉ lelike manier terg. Boelies
        wil jou graag forseer om iets te doen wat jou ongemaklik laat voel. Hulle neem
        dikwels jou besittings van jou af weg of breek iets wat vir jou belangrik is.
        Boelies kan jou ook van ŉ groep uitsluit deur jou te ignoreer en jou sleg te laat
        lyk. Hulle vertel graag leuens oor jou.
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste AddisioneleTaal/V1          4                               DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                            NSS

 5      Boelies kan jou met behulp van ŉ selfoon boelie. Hulle gebruik Mxit en
        WhatsApp om lelike boodskappe oor jou rond te stuur. Om jou op hierdie
        manier seer te maak, is net so erg soos enige fisiese manier. In die verlede het
        boelies lelike boodskappe versprei deur briefies in die klas rond te stuur.
        Vandag versprei hulle slegte boodskappe per selfoon.

 6      As jy fisies geboelie word, moet jy nie terugskree, slaan of lelike dinge sê as die
        boelie dit aan jou doen nie. Sê duidelik vir die boelie om op te hou. Jy kan ook
        probeer om die boelie te vermy of te ignoreer. Hou ŉ dagboek van al die
        insidente. Dit kan jou beter laat voel om dit neer te skryf. Verder kan jy al die
        inligting as bewyse teen die boelie gebruik wanneer jy gereed is om met
        iemand daaroor te praat. Jy kan ook hulp by jou onderwysers vra om die boelie
        te hanteer.

 7      Onderwysers wat Lewensoriëntering aanbied, gee die volgende wenke as
        iemand jou deur middel van moderne tegnologie boelie:

        • Vertel iemand wat jy vertrou, daarvan.
        • Hou al die lelike boodskappe en foto’s. Jy kan die inligting gebruik om die
          boelie op te spoor.
        • Moenie die boelie se privaatheid skend deur byvoorbeeld lelike stories oor
          hom/haar aan ander mense te stuur as jy geboelie word nie. As jy so optree,
          gedra jy jouself net soos die boelie.
        • Verander jou selfoonnommer of stel jou profiel op Facebook privaat as die
          boelie se optrede te erg raak.

 8      Volgens sielkundiges kan kinders wat geboelie word, emosionele of
        gedragsprobleme ontwikkel. Party kinders raak teruggetrokke, want hulle kan
        nie oor die mishandeling wat hulle by die skool verduur, praat nie. Dit kan
        ernstige gevolge hê, soos selfmoordpogings.
                                                   [Verwerk uit Huisgenoot, 13 September 2012]

1.1       Hoekom noem ŉ boelie jou lelike name? Gee ŉ rede uit paragraaf 1.                         (1)

1.2       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          vraagnommer en die letter (A–D) neer.

          Die uitdrukking “gebruik hulle soms hul vuiste” (paragraaf 1) beteken hulle ...

          A       werk baie hard.
          B       wys lelike tekens.
          C       slaan ander mense.
          D       beduie met hulle hande.                                                           (1)

1.3       “Baie boelies het aggressiewe rolmodelle by die huis ...” (Paragraaf 2)

          1.3.1      Wat verstaan jy onder ŉ aggressiewe rolmodel? Gee aandag aan
                     albei woorde in jou antwoord.                                                  (2)

          1.3.2      Watter TWEE gevolge het aggressiewe rolmodelle op ŉ boelie se
                     gedrag?                                                                        (2)
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste AddisioneleTaal/V1           5                              DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                             NSS

1.4       Boelies probeer ander mense “kleiner” maak om beter oor hulleself te voel.
          (Paragraaf 3)

          1.4.1      Word die woord “kleiner” LETTERLIK of FIGUURLIK gebruik?                       (1)

          1.4.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.4.1 deur te verduidelik wat in
                     hierdie konteks met “kleiner” bedoel word.                                     (1)

1.5       Watter TWEE dinge doen ŉ boelie dikwels met iemand anders se besittings?                  (2)

1.6       Hoe verskil die manier waarop boelies VANDAG slegte boodskappe stuur van
          die manier hoe hulle dit in die VERLEDE gedoen het?                                       (2)

1.7       In paragraaf 6 kry jy die raad om dieselfde aan ŉ boelie te doen as wat hy/sy
          aan jou gedoen het.

          1.7.1      Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR?                                            (1)

          1.7.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.7.1 deur te verwys na die raad
                     wat jy behoort te volg.                                                        (1)

1.8       Op watter TWEE maniere sal dit jou help om in jou dagboek te skryf as jy
          geboelie word?                                                                            (2)

1.9       Lees die laaste twee sinne van paragraaf 8.

          Wat kan uiteindelik met sekere kinders gebeur as hulle nie sê dat hulle
          geboelie word nie?                                                                        (1)

1.10      Waarom kan ŉ mens sê dat die prentjie by hierdie leesstuk ŉ voorbeeld van
          stereotipering is?                                                                        (1)

1.11      Waarom kan die leser aanvaar dat die inligting in hierdie artikel feitelik is?            (1)

1.12      Watter waarde kan hierdie artikel vir ŉ boelie hê?                                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
 Afrikaans Eerste AddisioneleTaal/V1                6                                           DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                                   NSS

TEKS B: GRAFIESE VOORSTELLING

Hierdie teks stel die drie orkane wat Amerika tussen 2005 en 2012 getref het, voor.
Bestudeer hierdie grafiese voorstelling en beantwoord dan die vrae wat volg.

        KATRINA                                   IRENE                                         SANDY
          2005                                     2011                                          2012

       Augustus 2005                          Augustus 2011                                    Oktober 2012

  Windspoed 260 km/h                     Windspoed 140 km/h                            Windspoed 140 km/h
  Dit het die staat Florida in          Dit het die stad New Jersey in               Een van die grootste orkane wat
   Amerika getref en het die              Amerika getref en vloede                    die Mid-Atlantiese streek nog
   meeste skade aangerig.                         veroorsaak.                                ooit getref het.
  VLOEDGOLF (IN METER)                   VLOEDGOLF (IN METER)                             VLOEDGOLF (IN METER)

DODETAL        1 833                 DODETAL             56                          DODETAL         183+
SKADE IN BILJOEN       R918          SKADE IN BILJOEN              R134,5            SKADE IN BILJOEN         R425+

                                 STATISTIEK OOR SANDY
  50 MILJOEN                           70%                    8,3 MILJOEN                         200 000
  Soveel mense het as       Die persentasie inwoners            Die getal mense in           In Haïti is soveel mense
 gevolg van Sandy gely.       van Jamaika wat ná              Amerika wat ná Sandy          weens die orkaan, Sandy,
                            Sandy sonder elektrisiteit        sonder elektrisiteit was.           sonder huise.
                                     was.

          10                           25%                            70%                          50 000
  Sandy was die 10de           Sandy het ŉ kwart van              Dié persentasie             Die getal oproepe elke
    orkaan in 2012 se          die selfoontorings aan            vulstasies in New          halfuur na die noodnommer
Atlantiese stormseisoen.      die ooskus van Amerika             Jersey was buite           911 nadat Sandy New York
                                      verwoes.                        werking.                       getref het.

                                                                       [Verwerk uit Huisgenoot, 15 November 2012]

 Kopiereg voorbehou                                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste AddisioneleTaal/V1          7                           DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                            NSS

1.13      Hoeveel jaar na Katrina het die volgende orkaan Amerika getref?                        (1)

1.14      Tydens watter orkaan het die meeste mense gesterf?                                     (1)

1.15      Vergelyk Katrina se vloedgolf met Sandy s’n.

          1.15.1      Hoe het die hoogte van Katrina se vloedgolf van Sandy s’n verskil?         (2)

          1.15.2      Watter geldelike skade het Irene vir Amerika veroorsaak?                   (1)

1.16      Waaruit lei jy af dat die meeste inwoners van Jamaika na Sandy sonder
          elektrisiteit was? Gee jou antwoord in ŉ volsin.                                       (1)

1.17      Hoe weet jy dat die mense aan die ooskus van Amerika na die orkaan,
          Sandy, probleme met hulle selfoonopvangs gehad het?                                    (1)

1.18      Hoe weet die leser dat die mense van New York na die orkaan, Sandy, hulp
          kon kry?                                                                               (1)

1.19      Watter impak het die groot en vetgedrukte letters by die statistiek van die
          Sandy-orkaan op die leser?                                                             (1)

1.20      Watter waarde het dit vir die leser dat TEKS B visueel aangebied is?                   (1)

                                                                TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste AddisioneleTaal/V1        8                               DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                          NSS

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2: ’N SUKSESVOLLE WERKSONDERHOUD

Die artikel hieronder gee wenke oor wat jy kan doen om ŉ suksesvolle
werksonderhoud te hê. Lees hierdie artikel aandagtig deur. Voer dan die instruksies
hieronder uit.

INSTRUKSIES

1. Som die sewe wenke in SEWE sinne op.
2. Skryf die feite PUNTSGEWYS neer.
3. Nommer die sinne van 1 tot 7.
4. Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
5. Dui die KORREKTE getal woorde aan die einde van die opsomming aan.

TEKS C: ’N SUKSESVOLLE WERKSONDERHOUD

 Enige mens is senuweeagtig as jy vir ŉ onderhoud moet gaan. Gelukkig is daar ŉ
 paar wenke om te onthou wat kan help dat die onderhoud baie goed verloop.

 Begin deur soveel moontlik oor die maatskappy uit te vind, soos byvoorbeeld hoe
 groot die maatskappy is en hoe goed die maatskappy presteer. Die Internet is ŉ
 waardevolle bron om inligting oor ŉ maatskappy te kry.

 Onthou die uitdrukking, die vere maak die voël. Dié uitdrukking beteken dat jou klere
 iets oor jou sê. Maak seker jy is netjies aangetrek as jy vir ŉ onderhoud gaan.

 Groet die persoon wat jou ontvang, vriendelik. Jy sal verbaas wees hoeveel mag dié
 persoon dalk oor die direkteur van die maatskappy het. Die persoon wat jou ontvang,
 het dalk nie die mag om die besluit oor jou pos te neem nie, maar dit sal goed wees
 om op die regte voet te begin.

 Wie sal ooit beïndruk word deur iemand wat laat vir ŉ onderhoud opdaag? Daag ŉ
 kwartier voor die onderhoud op. Dit sal jou tyd gee om te ontspan voordat die
 onderhoud begin. Die direkteur sal jou baie vrae vra. Jy moet ook jou eie vrae
 voorberei om te vra, want dit sal wys dat jy inisiatief het en geïnteresseerd is om meer
 oor die pos uit te vind.

 Maak seker dat jou liggaamstaal ŉ positiewe indruk skep. Dit sal die direkteur ŉ idee
 gee van die tipe persoon wat jy is. As jy onseker oor enige vraag is, vra vir ŉ
 verduideliking. 'n Verkeerde antwoord kan 'n negatiewe indruk skep.

 Volg hierdie wenke en jou onderhoud sal suksesvol wees.
                                                            [Uit www.pietventer.ciskanol.com]

                                                                TOTAAL AFDELING B:                10

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste AddisioneleTaal/V1                9                                   DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                                  NSS

AFDELING C: TAAL
VRAAG 3: ADVERTENSIE
TEKS D

•   Die taalvrae wat volg, is op die advertensie hieronder gebaseer.

•   Daar is opsetlike taalfoute in die advertensie.

•   Voer die instruksies by elke vraag uit.

                                                                      SWOT
                                                                     SONDER
             •       (3.5) ŉ Rentekoers teen 7% wat jou sak pas       STRES!
             •       Maklike opsies vir terugbetaling (12–60 maande)
             •       (3.6) Gratis boeksak met elke lening
             •       Een gelukkige aansoeker kan ŉ skootrekenaar wen.

             (3.7) Maak net seker jy het die volgende waneer jy aansoek doen:
                 •   Identiteitsnommer
                 •   Bankbesonderhede
                 •   Een verwysing
                 •   Kontakbesonderhede

             (3.9) SKAKEL ONS SO GOU MOONTLIK!

                          0861 66 55 22
                                                                           www.rcsgroep.co.za
                                                              [Uit: Huisgenoot, 15 November 2012]

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste AddisioneleTaal/V1         10                            DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                           NSS

3.1       By watter instansie kan ŉ mens aansoek doen vir ŉ lening om verder te gaan
          studeer?                                                                                  (1)

3.2       Wat is die funksie van die retoriese vraag in hierdie advertensie?                        (1)

3.3       Noem TWEE maniere waarop die adverteerder die leser probeer oorreed om
          hierdie lening aan te gaan.                                                               (2)

3.4       Wie is die teikengroep van hierdie advertensie?                                           (1)

3.5       Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en die letter (A–D)
          neer.

          ŉ Rentekoers teen 7% wat jou sak pas. Dit beteken jy kan die rentekoers ...

          A      bekostig.
          B      gebruik.
          C      uitgee.
          D      spaar.                                                                             (1)

3.6       Voltooi die sin deur die korrekte VOORNAAMWOORD in te vul. Skryf slegs
          die woord as antwoord neer.

          Die RCS-groep sal vir ... ook ŉ gratis boeksak gee as jy die lening aangaan.              (1)

3.7       Verbeter die spelfout in die advertensie. Skryf slegs die woord as antwoord
          neer.                                                                                     (1)

3.8       Haal ŉ voorbeeld van sleng uit die advertensie aan. Skryf slegs die
          slengwoord as antwoord neer.                                                              (1)

3.9       Verdeel die onderstreepte woord in lettergrepe. Skryf slegs die woord as
          antwoord neer.

          Skakel ons so gou moontlik.                                                               (1)
                                                                                                    [10]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste AddisioneleTaal/V1             11                               DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                               NSS

VRAAG 4: STROKIESPRENT

TEKS E

• Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent hieronder gebaseer.
• Voer die instruksies by elke vraag uit.

                     RAAMPIE 1                                 RAAMPIE 2
         Ek kry skaam om in hierdie baie ou               Ek hou nie van daardie
           kar te ry. Ek lees hier dat ouer          opmerking nie! Ek kry skaam om
          karre elke jaar ŉ toets moet slaag         saam met so ŉ ou vrou gesien te
         om te kyk of die kar nog op die pad          word. Ek dink ouer vroue moet
                      mag wees.                       ook elke jaar só ŉ toets slaag!

                                                              [Uit: Beeld, 15 November 2012]

4.1       Voltooi die sin deur die ontbrekende WERKWOORD in te vul.

          Die man ... die motor terwyl hy na sy vrou luister.                                           (1)

4.2       Gee die INTENSIEWE VORM van die onderstreepte woorde.

          Ek kry skaam om in hierdie kar wat baie oud is, te ry.                                        (1)

4.3       Hoe verskil die vrou se houding in raampie 1 van haar houding in raampie 2?                   (2)

4.4       Gee ŉ SINONIEM vir die onderstreepte woord. Skryf slegs die woord as
          antwoord neer.

          Ek kry skaam om in hierdie baie ou kar te ry.                                                 (1)

4.5       Kies die woord wat die volgende stelling korrek voltooi. Skryf net die
          vraagnommer en die letter (A–D) neer.

          Die man se sarkasme in raampie 2 (sin 3) maak die boodskap vir die leser ...

          A      tragies.
          B      realisties.
          C      leersaam.
          D      humoristies.                                                                           (1)

4.6       Skryf die sin oor in die INDIREKTE REDE.

          Die man sê: “Ek hou nie van daardie opmerking nie.”
          Skryf die hele sin oor en begin só: Die man sê dat ...                                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste AddisioneleTaal/V1         12                               DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                           NSS

4.7       Gee EEN WOORD vir die onderstreepte woorde. Skryf slegs die woord as
          antwoord neer.

          Ek lees hier dat ouer karre elke jaar ŉ toets moet slaag.                                 (1)

4.8       Kies die KORREKTE WOORD tussen hakies. Skryf slegs die woord as
          antwoord neer.

          Die man se laaste woorde in raampie 2 is (manipulerend/seksisties).                       (1)
                                                                                                    [10]

VRAAG 5: ARTIKEL EN PRENT

TEKS F

• Die taalvrae wat volg, is op die artikel hieronder gebaseer.
• Opsetlike taalfoute kom voor.
• Voer die instruksies by elke vraag uit.

                         (5.1) INTERESSANTE FYTE OOR SOEN

   • (5.2) Die Romeine het snaakse dinge geglo. Ja beslis! Hulle het gesê dat jy ŉ
      donkie op sy neusgat moet soen. As jy dit doen, sal jou verkoue verdwyn.
   • In Ierland is ŉ spesiale klip wat die Blarney-klip genoem word. (5.4) Duisende
      mense soen hierdie klip. Die Iere glo die klip het magiese kragte. (5.5) Dit het
      glo die (lyers/leiers) van Ierland gehelp om met wysheid te
                                                                              MISTEL
      heers.
   • Die antieke Grieke was die eerstes wat mekaar onder die
      mistel ŉ (5.6) soen gegee het. (5.7) Hierdie tradisie bring
      geluk. (5.8) Jy moet gesoen word, want jy sal definitief ŉ
      troumaat kry.
   • (5.9) In Duitsland mag jy ŉ vreemdeling soen. (5.10) Jy moet net jou familie
      soen. Steek eerder jou hand uit om te groet.
   • Het jy al gehoor hoe die Eskimo’s soen? Hulle vryf hulle neuse teen mekaar.
      Is dit nie die (5.11) vreemd manier van soen nie?
   • Diere het ook bepaalde maniere van soen. (5.12) Sjimpansees soen mekaar
      (op die mond/dikwels/sag) om hulle liefde te bewys.
   • Is dit dan nou nie ŉ paar (5.13) goed redes waarom daar gesoen moet
      word nie?
                                                  [Verwerk uit Huisgenoot, 23 Februarie 2012]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste AddisioneleTaal/V1          13                           DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                            NSS

5.1       Verbeter die SPELFOUT in die opskrif. Skryf slegs die korrekte spelling as
          antwoord neer.                                                                         (1)

5.2       Verander die STELSIN hieronder na ŉ VRAAGSIN. Die onderstreepte
          gedeelte is die antwoord op jou vraag.

          Die Romeine het snaakse dinge geglo.                                                   (1)

5.3       Skryf die sin oor in die DIREKTE REDE.

          Hulle het gesê dat jy ŉ donkie op sy neusgat moet soen.
          Skryf die hele sin oor en begin só: Hulle het gesê ...                                 (2)

5.4       Skryf die sin oor in die LYDENDE/PASSIEWE vorm.

          Duisende mense soen hierdie klip.
          Skryf die hele sin oor en begin só: Hierdie klip ...                                   (1)

5.5       Kies die KORREKTE WOORD tussen hakies. Skryf slegs die woord as
          antwoord neer.

          Dit het glo die (lyers/leiers) van Ierland gehelp om met wysheid te heers.             (1)

5.6       Gee die VERKLEININGSVORM van die onderstreepte woord. Skryf slegs
          die woord as antwoord neer.

          Die antieke Grieke was die eerstes wat mekaar onder die mistel
          ŉ soen gegee het.                                                                      (1)

5.7       Skryf die sin oor in die VERLEDE TYD.

          Hierdie tradisie bring geluk.                                                          (1)

5.8       Skryf die sin hieronder oor en vervang die onderstreepte VOEGWOORD
          met DAN.

          Jy moet gesoen word, want jy sal definitief ŉ troumaat kry.                            (1)

5.9       Skryf die sin oor in die ONTKENNENDE VORM.

          In Duitsland mag jy ŉ vreemdeling soen.                                                (1)

5.10      Skryf die sin oor in die INFINITIEF.

          Jy moet net jou familie soen.
          Skryf die hele sin oor en begin só: Jy behoort ...                                     (1)

5.11      Gee die OORTREFFENDE TRAP van die onderstreepte woord. Skryf slegs
          die woord as antwoord neer.

          Is dit nie die vreemd manier van soen nie?                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste AddisioneleTaal/V1             14                               DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                               NSS

5.12      Skryf die volgende sin in die KORREKTE WOORDORDE neer.

          Sjimpansees soen mekaar (op die mond/dikwels/sag) om hulle liefde te
          bewys.
          Skryf die hele sin oor en begin só: Sjimpansees soen ...                                      (1)

5.13      Gee die korrekte vorm van die onderstreepte woord. Skryf slegs die woord as
          antwoord neer.

          Is dit dan nou nie ŉ paar goed redes waarom daar gesoen moet word nie?                        (1)

TEKS G

Die taalvrae wat volg, is op die prent en aangepaste woordeboekinskrywings
hieronder gebaseer.

                               DIT IS TYD OM TE SPEEL!

                                       [Uit Vrouekeur, 16 November 2012]

Bestudeer die woordeboekinskrywings wat met die woord “speel” verbind word en
beantwoord dan die vrae wat daarop volg.

speel (ww.) (gespeel) Jou vermaak; iets doen om jou aangenaam besig te hou –
veral gesê van kinders
speel-speel (bw.) Al spelende, iets maklik kan doen
spelende (b.nw.) Besig om te speel, in die proses om te speel. Maklik en sonder
inspanning
spelerig (b.nw. en bw.) Geneig tot speel, wil die hele tyd speel
speletjie (s.nw.), (-s ) Verkleinwoord vir spel. ŉ Spel wat gespeel word
speling (s.nw.), (-s, -e) Beweegruimte
verspeelde (bw.) Verloor jou kans om te speel
                                 [Aangepas uit Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste AddisioneleTaal/V1           15                           DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                             NSS

Kies telkens die WOORD uit die woordeboekinskrywings wat die BESTE pas om die
volgende sinne te voltooi. Skryf slegs die vraagnommer en die woord as antwoord
neer. MOENIE dieselfde woord meer as EEN keer gebruik NIE.

5.14      Die ... kind lyk baie gelukkig met haar tjoeka-trein.                                 (1)

5.15      Sulke klein kindertjies is gewoonlik baie ...                                         (1)

5.16      Om met ŉ trein te speel, is nie die enigste ... waarvan sy hou nie.                   (1)

5.17      Die dogtertjie sal ... ook die treinspoor kan regmaak.                                (1)

5.18      Grootmense is dikwels jammer oor hulle ... kanse as dit by speeltyd kom.              (1)

5.19      Grootmense het nie so lekker ... soos vandag se kinders nie.                          (1)
                                                                                                [20]

                                                                   TOTAAL AFDELING C:           40
                                                                       GROOTTOTAAL:             80

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans FAL P3 Feb-March 2014](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2014/b597172a-74f4-4cfd-935a-c868a858b7da) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Feb-March 2015](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2015/9f493d24-65a0-48fa-899b-8b7fe2845793) — Afrikaans FAL · QP · 2015 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Feb-March 2013](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2013/6ea7adf0-5283-4faa-83ac-2ac62003e567) — Afrikaans FAL · QP · 2013 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Feb-March 2012](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2012/a7470d38-1c5d-4d4a-afc4-58191568e736) — Afrikaans FAL · QP · 2012 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Feb-March 2014 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2014-memo/43eb3cb8-50ed-4438-9035-f7e7ac594aca) — Afrikaans FAL · Memo · 2014 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Feb-March 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2015-memo/5ed31c77-16c2-4990-827a-9f3ff5f70d23) — Afrikaans FAL · Memo · 2015 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
