# Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC Supplementary 2015 QP

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the NSC Supplementary 2015, 14 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2015/9f493d24-65a0-48fa-899b-8b7fe2845793
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: NSC Supplementary
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC Supplementary 2015 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2015/9f493d24-65a0-48fa-899b-8b7fe2845793)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC Supplementary · 2015 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans FAL P1 Feb-March 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2015-memo/5ed31c77-16c2-4990-827a-9f3ff5f70d23) — Memo · 2015 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                     GRAAD 12

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1

                           FEBRUARIE/MAART 2015

PUNTE: 80

TYD: 2 uur

                       Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1         2                       DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

          AFDELING A: LEESBEGRIP (VRAAG 1)               (30)
          AFDELING B: OPSOMMING (VRAAG 2)                (10)
          AFDELING C: TAAL (VRAAG 3, 4 en 5)             (40)

2.        Beantwoord AL die vrae.

3.        Begin elke afdeling op ŉ NUWE bladsy.

4.        Trek ŉ streep na elke afdeling.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Laat ŉ reël oop na ELKE antwoord.

7.        Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

8.        Beplan jou tyd só:

          AFDELING A: 50 minute
          AFDELING B: 30 minute
          AFDELING C: 40 minute

9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1        3                         DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                           NSS

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1

TEKS A: TYDSKRIFARTIKEL

Lees die onderstaande tydskrifartikel en beantwoord die vrae.

                        DAAR IS HOOP …

1      Toe Angela Larkan in 2009 ’n naam gesoek het vir haar organisasie, wou sy iets
       kies wat haar doel perfek beskryf het. Daarom het sy besluit op die Zoeloe-woord
       “thanda”, wat “liefhê” beteken.

2      Thanda, Angela se organisasie, voed en versorg VIGS-weeskinders in die armste
       gebiede van KwaZulu-Natal. Dié weeskinders het geen volwassenes om hulle te
       versorg nie.

3      Angela werk nie alleen nie. Sy het in haar beplanning seker gemaak dat sy mense
       uit dieselfde arm gemeenskap waarvandaan die weeskinders gekom het, aanstel
       om deel van haar span te wees. “In plaas van die weeskinders weg te neem uit
       hulle eie omgewing, word plaaslike jongmense opgelei om dié kinders elke middag
       na skool te versorg en te leer. Die kinders het dan iemand in hulle eie omgewing
       met wie hulle kan identifiseer. Die kinders leer by hierdie naskoolsentrum nuwe
       vaardighede,” sê sy.

4      As jong meisie het dit Angela se hart gebreek toe sy gesien het dat daar
       straatkinders was wat op sypaadjies onder kartonne slaap, terwyl sy elke aand in
       haar warm bed gelê het. Sy het ook eendag in ŉ koerantartikel gelees van die
       impak wat VIGS en armoede op kinders het. Angela het net daar besluit om ŉ
       verskil te maak.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          4                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

5      “Ek het besef Suid-Afrika se infrastruktuur kan nie al die weeskinders ondersteun
       nie. Ek was bekommerd oor wat van hulle sou word. Dis toe dat ek besluit het ek
       moes iets doen,” sê Angela.

6      Aan die begin het Thanda elke dag vir die weeskinders toebroodjies gemaak. Vir
       baie van die weeskinders was dit die enigste ete van die dag, maar toe Angela ŉ
       geldprys ontvang het as die wenner van die tydskrif, Sarie, se Dinamiese Vrou-
       kompetisie, het dinge verander.

7      Volgens Angela was dit beslis die moeite werd om aan dié kompetisie deel te
       neem. “Dit het my en my span gemotiveer om meer vir die kinders te doen. Dit het
       ook die hoop gegee dat daar nog hulp sal kom.”

8      Sy het die R200 000 gebruik om ŉ voedingsentrum met ŉ groot kombuis te bou en
       so kon sy ’n beter voedingskema by die naskoolsentrum begin. Nou kry die kinders
       nie meer net toebroodjies na skool nie, maar ŉ gebalanseerde ete. “Omdat dit ’n
       hoër voedingswaarde het, is dit baie gesond,” het Angela gesê.

9      In 2014 was haar grootste doel om ook ’n biblioteek by dié sentrum te begin. Sy het
       hierdie doel bereik. Sy kon ongelukkig nie haar tweede groot doel – om genoeg
       geld in te samel om nog 50 kinders in te neem – bereik nie. Nou droom sy daarvan
       om genoeg geld in te samel om teen die einde van 2015 daagliks sowat 200 ekstra
       kinders te bereik.

10     Een van die lesse wat Angela geleer het, was hoe belangrik dit is om ’n verhouding
       met die mense wat sy help, te bou. Sy het aan die begin baie meer tyd in die
       kantoor as tussen die weeskinders deurgebring. Nadat die Thanda-biblioteek in
       2014 gebou is, het sy besluit om vir ’n paar weke daar te gaan werk. Later het sy
       ook saam met die personeel en kinders hoenderhokke gebou. Hierdie saamwerk
       het haar laat besef dat sy deel van die gemeenskap is.

11     Dis nou al vyf jaar dat Thanda as organisasie die plaaslike jeug ondersteun en leer
       deur die naskoolsentrum, die voedingskema en die biblioteek. Angela voel trots op
       wat sy en haar span bereik het. “Ons is deel van die geskiedenis. Ons is ook deel
       van die hede wat mense weer hoop gee en ons bou so aan hulle toekoms.”

12     Angela en haar span bemagtig die kinders by die sentrum en maak hulle die helde
       in hul eie lewens en in die gemeenskap. “Dit is wat ons anders as ander
       organisasies maak – ons help die kinders om hul trauma te oorkom. Ons sien hulle
       nie as slagoffers nie, maar as helde.”
                                                                 [Verwerk uit: www.sarie.com]

1.1       Uit watter taal is die woord “thanda” afkomstig?                                      (1)

1.2       Haal EEN woord uit paragraaf 1 aan wat die doel van Angela se organisasie
          opsom.                                                                                (1)

1.3       Waarom was dit belangrik dat Angela plaaslike jongmense gebruik het om
          haar te help?                                                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1            5                         DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                               NSS

1.4       Dit het Angela se “hart gebreek”. (Paragraaf 4)

          1.4.1      Word dié woorde letterlik of figuurlik bedoel?                              (1)

          1.4.2      Verduidelik in jou eie woorde wat met die woorde bedoel word.               (1)

1.5       Watter verskil was daar tussen Angela se slaapplek en dié van die
          straatkinders?                                                                         (2)

1.6       Haal TWEE OPEENVOLGENDE woorde aan wat aandui dat Angela dadelik
          op die koerantartikel gereageer het. (Paragraaf 4)                                     (1)

1.7       Hoekom, volgens paragraaf 5, het Angela by weeskinders betrokke geraak?                (1)

1.8       Watter verskil het die geldprys wat Angela gewen het, gemaak ten opsigte van
          die kos wat die weeskinders gekry het?                                                 (2)

1.9       Noem TWEE positiewe gevolge wat die prysgeld op Angela se span gehad
          het. (Paragraaf 7)                                                                     (2)

1.10      Angela het haar hele prysgeld gebruik om die weeskinders te help.

          Watter TWEE karaktertrekke van Angela kan ŉ mens hieruit aflei?                        (2)

1.11      Waarom was 2014 nie vir Angela ŉ totale mislukking nie? (Paragraaf 9)                  (1)

1.12      Hoe, dink jy, sal Angela se biblioteek die weeskinders help?                           (1)

1.13      Angela se droom is om teen die einde van 2015 daagliks sowat 200 ekstra
          kinders te bereik. (Paragraaf 9)

          Waarom sal Angela dalk nie haar droom vir 2015 bereik nie?                             (1)

1.14      Die kinders het geleer om hoenderhokke te bou. (Paragraaf 10)

          Hoe kan die aktiwiteit die weeskinders help?                                           (1)

1.15      Wat het Angela besef toe sy saam met die personeel en kinders gewerk het?              (1)

1.16      “Ons sien hulle nie as slagoffers nie, maar as helde.” (Paragraaf 12)

          1.16.1     In watter opsig is hierdie kinders slagoffers?                              (1)

          1.16.2     In watter opsig is hierdie kinders helde?                                   (1)

1.17      Waarom is die plasing van die prent aan die begin van die artikel effektief?           (1)

1.18      Hoekom is Angela ŉ positiewe rolmodel?                                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1               6                                  DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                                  NSS

TEKS B: DIE IMPAK VAN GERAAS, GEMEET IN DESIBEL

Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

DIE IMPAK VAN GERAAS, GEMEET IN DESIBEL (dB)

                                                  Bla

                                                        Meer
                                                         as
       40 dB      45 dB        50 dB     63 dB          75 dB       85 dB             93 dB          112 dB
  Muskiet se        Ligte    Klop aan    Man se                   Grassnyer          Klas vol       Boeing of
                                                        Gehoor-
    zoem          gesnork    die deur     stem                                       graad 1-      rockkonsert
                                                         skade
                 in slaap-                                                           kinders
                                                          na ŉ
                   kamer
                                                        sekere
                                                           tyd
 0 dB–75 dB is veilig,
 sonder enige gehoorskade                                           Gehoor-          Gehoor-      Gehoorskade
                                                                  skade binne      skade binne      binne ŉ
                                                                     ŉ uur           7 minute       minuut
                                                                                [Verwerk uit: www.Grafika24.com]

1.19       Waarna verwys die zzz-klank in die visuele teks?                                                   (1)

1.20       Dit is nadelig om langer as ŉ uur die gras met ŉ grassnyer te sny. Motiveer
           hierdie stelling deur na die teks te verwys.                                                       (1)

1.21       Waarom is die geraas in ŉ klas vol graad 1-kinders gevaarliker vir jou ore as ŉ
           man se stem?

           Verwys in jou antwoord na die graad 1-kinders EN die man.                                          (2)

1.22       Kies die korrekte antwoord.

           ŉ Klop aan die deur veroorsaak …

           A         ernstige gehoorskade.
           B         geen gehoorskade nie.
           C         meer skade as ŉ Boeing.
           D         minder skade as ŉ muskiet.                                                               (1)

1.23       Waarom is dit effektief dat die inligting in dié spesifieke volgorde van die
           muskiet tot die Boeing gerangskik is?                                                              (1)

                                                                         TOTAAL AFDELING A:                   30

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1         7                               DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                            NSS

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2

Lees die onderstaande teks deur en voer die instruksies uit.

INSTRUKSIES

1.   Som die SEWE wenke oor hoe om kritiek met grasie te hanteer, op.
2.   Skryf die wenke PUNTSGEWYS neer.
3.   Nommer die wenke van 1 tot 7.
4.   Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
5.   Dui die KORREKTE getal woorde aan die einde van die opsomming aan.

TEKS C: HANTEER KRITIEK MET GRASIE

Niemand hou daarvan om gekritiseer te word nie. Daarom lei kritiek dikwels tot
negatiewe emosies. Wat kan jy doen om kritiek positief vir jou te laat werk? Tejvan
Pettinger gee die volgende wenke.

Voel jy miserabel oor kritiek? Al mag kritiek vir jou negatief lyk, is daar gewoonlik ŉ
stukkie waarheid in. Evalueer eerstens kritiek om te kyk of dit dalk regverdige kritiek is
oor iets wat jy wel verkeerd gedoen het. ŉ Belangrike wenk is om onregverdige kritiek
te ignoreer as jy weet dat jy onskuldig is.

Die persoon wat jou kritiseer se aggressiewe stemtoon of lyftaal kan dieselfde reaksie
by jou uitlok. Daarom is dit absoluut nodig dat jy so kalm moontlik op kritiek moet
reageer as jy met grasie wil optree.

Nog ŉ wenk is om nie dadelik op kritiek te reageer nie! Die rede hiervoor is dat, as jy
tot later wag, jy minder kwaad of seergemaak sal voel. Hoe moet jy op kritiek reageer
om te wys jy is in beheer? Glimlag terwyl jy na die kritiek luister, selfs al voel jy nie
gelukkig daaroor nie.

Die moeilikste wenk is seker om nie kritiek persoonlik op te neem nie. Oorsensitiewe
mense vergeet gewoonlik kritiek handel oor iets wat hulle doen en wat hulle kan
verander. Daarom gaan sit hulle in ŉ hoekie om hulself te bejammer.

Waardeer dit as iemand jou regverdig kritiseer. Daardie persoon kon jou geïgnoreer
het sodat jy later weer dieselfde fout maak.

As jy hierdie wenke volg, kan jy kritiek met grasie hanteer.
                                                          [Verwerk uit: http://www.lifehack.org]

                                                                TOTAAL AFDELING B:                  10

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1                 8                              DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                                    NSS

AFDELING C: TAAL

VRAAG 3: ADVERTENSIE

TEKS D

•    Die taalvrae wat volg, is op die onderstaande advertensie gebaseer.
•    Die nommering in die advertensie verwys na die vraagnommer wat beantwoord
     moet word.
•    Opsetlike taalfoute kom voor.

               LADISMITH BOTTER – ALMAL SE KEUSE

                Die Ladismith botterfamilie is daarop gerig om iets
                         spesiaals te hê vir almal se smaak.
             MA, wat soos alle ma’s daagliks die kos maak, gebruik die
    Ladismitter Kultuurbotter om (3.2) (Ma se) kos daardie ekstra geur te gee.
    PA verkies regte botter; daarom is Ladismith Botter die beste botter vir hom.
            OUBOET en KLEINSUS verkies die Ladismith Smeerbotter
                         omdat dit die (3.5) (heerlik) smaak.

          (3.6) Wat ook al jou smaak, Ladismith het net die botter vir jou?

                           Ons Ladismith botterfamilie bied iets vir almal se
                                               smaak.
                                                                                   WENNER VAN
                                                                                   DIE QUALITÉ-
                                                                                   TOEKENNING
                                                                                       2014

                             Nou beskikbaar by eksklusiewe supermarkte.

                                                           [Verwerk uit: Huisgenoot, 19 September 2013]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          9                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

3.1       Waarom is die woorde: “LADISMITH BOTTER – ALMAL SE KEUSE” in groot
          hoofletters geskryf?                                                                   (1)

3.2       Vervang die woorde tussen hakies met die korrekte VOORNAAMWOORD.

          Ma, wat soos alle ma’s daagliks die kos maak, gebruik die Ladismitter
          Kultuurbotter om (Ma se) kos daardie ekstra geur te gee.                               (1)

3.3       Op watter manier word ma’s in hierdie advertensie gestereotipeer?                      (1)

3.4       Kies die antwoord wat die sin KORREK voltooi.

          Die woord, … , dui aan dat die produk nie by alle winkels te koop is nie.

          A           “regte”
          B           “qualité”
          C           “spesiaals”
          D           “eksklusiewe”                                                              (1)

3.5       Gee die OORTREFFENDE TRAP van die woord tussen hakies:

          Ouboet en Kleinsus verkies die Ladismith Smeerbotter omdat dit die (heerlik)
          smaak.                                                                                 (1)

3.6       Skryf die volgende sin oor en verbeter die LEESTEKENFOUT:

          Wat ook al jou smaak, Ladismith het net die botter vir jou?                            (1)

3.7       Die “TROTS SUID-AFRIKAANS”-logo verskyn links onder in die advertensie.

          Op watter manier word Suid-Afrikaners met hierdie logo gemanipuleer?                   (1)

3.8       Waarom dink jy word die inligting “Wenner van die Qualité-toekenning” in die
          advertensie ingesluit?                                                                 (1)

3.9       Verwys na die prent in die advertensie.

          3.9.1       Waarom plaas die adverteerder die botter in die voorgrond?                 (1)

          3.9.2       Hoe skep die adverteerder die indruk dat mense wat hierdie botter
                      gebruik, gelukkig is?                                                      (1)
                                                                                                 [10]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1               10                             DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                                  NSS

VRAAG 4: STROKIESPRENT

TEKS E

•     Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent hieronder gebaseer.
•     Opsetlike taalfoute kom voor.
•     Voer die instruksies by elke vraag uit.

NEELSIE deur Danie Cronjé
          Raampie 1                     Raampie 2                      Raampie 3

      Weet Pa wat? Jako en ek    Ongelooflik! Het Jako jou in   Oraait … ek’s uitgevang. Jako het
         het 95% vir ons         die toets gehelp, Neelsie?         90% gekry … en ek 5%.
       Wiskundetoets gekry!

                                                                [Verwerk uit: www.daniecronje.co.za]

4.1        Verbeter die woordorde in die volgende sin. Skryf die sin volledig uit.

           Jako en ek het 95% vir ons Wiskundetoets gekry!                                                (1)

4.2        Verwys na raampie 1.

           4.2.1       Hoe weet jy dat Neelsie die woorde “95%” hard sê?                                  (1)

           4.2.2       Watter leesteken wys dat Neelsie sy woorde beklemtoon?                             (1)

4.3        Watter VOORNAAMWOORD dui aan dat Neelsie en Jako albei die
           Wiskundetoets geskryf het?                                                                     (1)

4.4        Watter indruk probeer Neelsie in verband met sy EIE punte in die
           Wiskundetoets skep? (Raampie 1)                                                                (1)

4.5        Kies die antwoord wat die sin KORREK sal voltooi.

           Met die woord “ongelooflik” in raampie 2 sê die pa dat hy …

           A           nie gewoond is aan sulke punte nie.
           B           nie verbaas is oor sulke punte nie.
           C           teleurgesteld is met sulke punte.
           D           woedend is oor sulke punte.                                                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1           11                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                              NSS

4.6       Noem TWEE maniere waarop die pa se gesigsuitdrukking sy woorde
          ondersteun. (Raampie 2)                                                                   (2)

4.7       Vervang die woord “Oraait” in raampie 3 met ŉ goeie Afrikaanse woord met
          dieselfde betekenis.                                                                      (1)

4.8       Gee ŉ sinoniem vir die woord “gekry” in raampie 3.                                        (1)
                                                                                                    [10]

VRAAG 5: ARTIKEL EN PRENT

5.1       TEKS F

          •   Die taalvrae wat volg, is op die artikel hieronder gebaseer.
          •   Opsetlike taalfoute kom voor.
          •   Voer die instruksies by elke vraag uit.

          GOEIE MANIERE
          (5.1.1) “Goeie maniere is belangrik,” sê Ouma. (5.1.2) Is jou ouma altyd reg?

          Het jy al ooit soos ŉ (5.1.3) wurm gevoel? Jy daag met leë hande by ŉ (5.1.4)
          (werk+partytjie) op. (5.1.5) Al die ander kry die boodskap dat hulle iets moet
          saambring. Domkop! (5.1.6) Daar was ŉ boodskap. Die ander gaste het goeie
          maniere gehad. Met Anna Musson, kenner van goeie maniere, se wenke kan
          jy jou maniere verbeter.

          By ŉ formele ete

          Vra altyd wat jy kan saambring. Dit is goeie maniere vir die gasvrou om te sê:
          “Niks nie.” Anna sê: “ŉ Goeie (5.1.7) gas moet iets saamneem.” (5.1.8) ŉ
          Gasvrou verwelkom altyd sjokolade.

          RSVP

          RSVP beteken “antwoord asseblief”. Dis nie goeie maniere om mense aan
          (5.1.9) ŉ lyntjie te hou nie.

          Tafelmaniere

          Daar is niks ergers as ŉ (5.1.10) ongemanierd mens aan tafel nie. Die ander
          groot fout is om lang (5.1.11) telefoongesprek aan tafel te voer.

          Wegbly

          Wegbly is die maklikste manier om (5.1.12) seker te maak dat mense jou nie
          weer sal nooi nie. (5.1.13) Dit is die beste om dadelik te bel. Jy kan om
          verskoning vra.
                                                     [Verwerk uit: Huisgenoot, 17 Oktober 2013]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1            12                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                               NSS

          5.1.1       Skryf die volgende sin in die INDIREKTE REDE.

                      “Goeie maniere is belangrik,” sê Ouma.
                      Begin met: Ouma sê dat …                                                      (1)

          5.1.2       Verander die VRAAGSIN na ŉ STELSIN.

                      Is jou ouma altyd reg?                                                        (1)

          5.1.3       Gee die VERKLEININGSVORM vir die vetgedrukte woord in die
                      volgende sin.

                      Het jy al ooit soos ŉ wurm gevoel?                                            (1)

          5.1.4       Vorm ŉ SAMESTELLING van die woord tussen hakies.

                      Jy daag met leë hande by ŉ (werk + partytjie) op.                             (1)

          5.1.5       Skryf die sin oor in die VERLEDE TYD.

                      Al die ander kry die boodskap dat hulle iets moet saambring.                  (2)

          5.1.6       Skryf die sin oor in die ONTKENNENDE VORM.

                      Daar was ŉ boodskap.                                                          (1)

          5.1.7       ’n Goeie gas sal altyd iets saamneem.

                      Gebruik die HOMONIEM van gas in ŉ sin sodat die betekenis
                      duidelik blyk.                                                                (1)

          5.1.8       Skryf die volgende sin in die LYDENDE VORM.

                      ŉ Gasvrou verwelkom altyd sjokolade.                                          (1)

          5.1.9       Kies die antwoord wat die sin KORREK sal voltooi.

                      Om iemand “aan ŉ lyntjie te hou” beteken om …

                      A          wasgoed vir iemand op te hang.
                      B          iemand met wie jy oor die telefoon praat, te laat wag.
                      C          iemand rond te lei.
                      D          iemand in onsekerheid te hou.                                      (1)

          5.1.10      Gee die KORREKTE VORM van die vetgedrukte woord.

                      Daar is niks ergers as ŉ ongemanierd mens aan tafel nie.                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          13                             DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

          5.1.11      Gee die MEERVOUD van die vetgedrukte woord.

                      Die ander groot fout is om lang telefoongesprek aan tafel te voer.              (1)

          5.1.12      Gee die INTENSIEWE vorm van die vetgedrukte woord.

                      Wegbly is die maklikste manier om seker te maak dat mense jou
                      nie weer sal nooi nie.                                                          (1)

          5.1.13      Verbind die volgende twee sinne met die VOEGWOORD tussen
                      hakies.

                      Dit is die beste om dadelik te bel. Jy kan om verskoning vra.
                      (sodat)
                      Begin met: Dit is die beste om dadelik te bel sodat …                           (1)

5.2       TEKS G

          Die taalvrae wat volg, is op die onderstaande prent gebaseer.

          NOODGEVAL!

                                                           [Verwerk uit: Die Burger, 11 Junie 2013]

          Gebruik die woorde in die lys hieronder om die sinne (5.2.1–5.2.6) te voltooi.

            mombakkies; pasiënt; portier; gehoorbuis; koppenent; kruisie; tydskrif;
                    sterretjie; koerant; masker; stetoskoop; voetenent

          5.2.1       Die verpleegster met die ligte hare kyk weg van die … af.                       (1)

          5.2.2       Die man op die bed noem ons die …                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          14                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

          5.2.3       Die embleem op die verpleërs se moue is ŉ …                              (1)

          5.2.4       Die verpleër aan die … van die bed dra ŉ bril.                           (1)

          5.2.5       Die verpleër naby die deur is die enigste een wat ŉ … dra.               (1)

          5.2.6       Die dokter se … hang bo-oor die kombers.                                 (1)
                                                                                               [20]

                                                                 TOTAAL AFDELING C:            40
                                                                     GROOTTOTAAL:              80

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans FAL P1 Nov 2015 (R)](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2015-r/d6727c7d-3ddb-4367-a46a-becba8d0bbef) — Afrikaans FAL · QP · 2015 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Feb-March 2014](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2014/5acde4b4-511b-410b-b32f-8245d6dd19b8) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Feb-March 2013](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2013/6ea7adf0-5283-4faa-83ac-2ac62003e567) — Afrikaans FAL · QP · 2013 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Feb-March 2012](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2012/a7470d38-1c5d-4d4a-afc4-58191568e736) — Afrikaans FAL · QP · 2012 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Feb-March 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-feb-march-2015-memo/fd80c4c4-fdd4-46b3-810f-b38df6c4444a) — Afrikaans FAL · Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Feb-March 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2015-memo/87abdf2e-dd1a-40b6-a25d-76969b064173) — Afrikaans FAL · Memo · 2015 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
