# Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC Supplementary 2016 Memo

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 memorandum from the NSC Supplementary Exam 2016, 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2016-memo/f33074f9-dfb5-4b01-9a8f-efc137c99edb
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2016
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC Supplementary 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2016-memo/f33074f9-dfb5-4b01-9a8f-efc137c99edb)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2016 · Afrikaans. Memorandum, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1

                              FEBRUARIE/MAART 2016

                                   MEMORANDUM

PUNTE: 80

                       Hierdie memorandum bestaan uit 9 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1               2                        DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                           NSS – Memorandum

 AFDELING A: LEESBEGRIP

 ASSESSERINGSRIGLYNE

 •     Spel- en taalfoute in antwoorde word nie gepenaliseer nie omdat die fokus op begrip is.
 •     Indien die leerder woorde uit ŉ ander taal gebruik as die taal waarin die vraestel
       verskyn, word daardie vreemde woorde geïgnoreer (toegedruk). Indien die antwoord
       sonder daardie vreemde woorde sinvol in Afrikaans is, word die leerder NIE
       GEPENALISEER NIE. Indien die vreemde woord in die antwoord vereis word, is dit
       aanvaarbaar.
 •     By oop vrae word geen punt toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE
       SAAM NIE nie. Die rede/motivering verdien die punt.
 •     Geen punt word toegeken vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING nie. Die rede/
       motivering verdien die punt.
 •     Waar eenwoord-antwoorde gevra word en die leerder gee ŉ volsin, is dit korrek MITS
       die korrekte woord onderstreep of op een of ander wyse uitgelig word.
 •     Wanneer TWEE/DRIE feite vereis word en ŉ reeks word gegee, sien SLEGS die
       eerste TWEE/DRIE na.
 •     Aanvaar dialektiese variasies.
 •     Aanvaar die letter wat met die korrekte antwoord ooreenstem EN/OF die antwoord wat
       volledig geskryf word vir meerkeusevrae.

 TEKS A: TIENERS EN SOSIALE NETWERKE

 VRAAG 1
 [Verwerk uit: http://www.jip.co.za en http://www.sarie.com]
 VRAAG                                 MEMORANDUM                             PUNT       DENK-
                                                                                         VLAK
                                                                                         (Barrett)
 1.1         “doodgewone” (Moenie penaliseer indien aanhalingstekens            1           2
             ontbreek nie.)

 1.2         •   Wanneer sy ure lank op haar selfoon besig is.                  1           1
             •   Wanneer sy lank voor die rekenaarskerm sit.
                 (Enige EEN of soortgelyk.)

 1.3         • Tieners verkeer sosiaal/ruil inligting met ander tieners         1           4
               uit deur middel van hierdie netwerke.
             • Hierdie netwerke help tieners om in verbinding met
               hulle vriende/ander jongmense te bly, selfs al kuier hulle
               nie fisies saam nie.
               (Enige EEN of soortgelyk)

 1.4         Sy bly in verbinding met haar vriende/ander jongmense             2           1
             en kry inligting vir (assesserings)projekte. 

 1.5.1       Twitter                                                           2           1
             Facebook 

 1.5.2       Sosiale netwerke is gratis/kos nie geld nie.                       1           3

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1            3                              DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                        NSS – Memorandum

 VRAAG                                 MEMORANDUM                                PUNT       DENK-
                                                                                            VLAK
                                                                                            (Barrett)
 1.6         •   Meer mense kan aan Facebook deelneem.                             1           3
             •   Facebook is so toeganklik vir alle mense wêreldwyd.
             •   Mense van verskillende wêrelddele kan so
                 kommunikeer.
                 (Enige EEN of soortgelyk)

 1.7         •    Jy kan op Facebook speletjies speel.                            2           2
             •    Jy kan op Facebook nuusartikels lees. 
 1.8         •    Mense kan vals profiele op Facebook skep.                        1           3
             •    Mense kan fiktiewe ervarings op Facebook deel.
             •    Mense kan oneerlik wees op Facebook.
                  (Enige EEN of soortgelyk)

 1.9         Dit is nie werklik haar kêrel nie./Dit is ŉ denkbeeldige kêrel.       1           3
 1.10        Die onderwyser voel nie dat dit baie werk is nie/                     2           3
             onsimpatiek  terwyl Shireen se vriende haar jammer
             kry/simpatiek daaroor voel/dink dis baie werk. 

 1.11        •   In die verlede/Vroeër moes die leerders vir die                   1           3
                 onderwysers/ouers/volwassenes       inligting  vra/was
                 volwassenes die enigste bron van kennis.
             •   In die verlede/Vroeër was daar nie tegnologiese bronne
                 nie.
             •   Deesdae is daar meer (tegnologiese) bronne.
                 (Enige EEN of soortgelyk)

 1.12        •   C                                                                 1           2
             •   tieners
             •   C tieners
                 (Enige EEN)

 1.13        •   Ouers verstaan nie tegnologie nie/dat tegnologie                  1           3
                 ontwikkel het nie.
             •   Ouers veroordeel tegnologie te vinnig.
             •   Ouers raak kwaad as hulle kinders die hele tyd op hul
                 selfone/rekenaars besig is.
                 (Enige EEN)

 1.14        Kommunikasie het verander.                                            1           2

 1.15        •   Hulle het mekaar gebel.                                          2           1
             •   Hulle het briewe aan mekaar geskryf. 

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1             4                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                         NSS – Memorandum

 1.16        •   Sy wil ouers/volwassenes oortuig dat die internet en           1           4
                 sosiale netwerke goed is.
             •   Sy skryf vanuit ŉ tiener se perspektief.
             •   Sy wil sosiale netwerke (en die internet) vir ouers/
                 volwassenes aanvaarbaar maak.
             •   Sy is ten gunste van sosiale netwerke/Sy verdedig
                 sosiale netwerke
                 (Enige EEN of soortgelyk)
 1.17        •   Ouers kan die nodigheid/waarde van sosiale                     1           4
                 netwerke/die internet besef.
             •   Ouers kan verstaan dat sosiale netwerke/die internet vir
                 tieners nodig is.
             •   Ouers kan ophou bekommerd wees oor tieners wat die
                 hele tyd op hulle selfone/die rekenaar is.
                 (Enige EEN of soortgelyk)
 1.18        •   Die prent dui aan/som op waaroor die artikel handel.           1           5
             •   Die prent trek die leser se aandag om die artikel te
                 lees.
                 (Enige EEN of soortgelyk)

 TEKS B: PERSENTASIE UITSAAITYD OP SUID-AFRIKAANSE TELEVISIE
 [Verwerk uit: www.grafika24.com]
 VRAAG                                 MEMORANDUM                           PUNT        DENK-
                                                                                        VLAK
                                                                                        (Barrett)
 1.19        Engels                                                             1           3
 1.20        Venda kry meer uitsaaityd as Swazi./Swazi kry minder              1           3
             uitsaaityd  as Venda
 1.21        Ja.                                                                1           4
             • Afrikaans het min uitsaaityd.
             OF
             Nee.
             • Afrikaans het meer uitsaaityd as die ander (inheemse)
                 tale.
                 (Enige EEN of soortgelyk)
 1.22        •   Daar is baie min Ndebele-sprekers in Suid-Afrika.             1            3
             •   Daar word teen die Ndebele-sprekers gediskrimineer.
                 (Enige EEN of soortgelyk)
 1.23        Gehoorgestremdes kan voel dat:                                     1           5
             • hulle nie belangrik genoeg is nie.
             • hulle uitgesluit word.
               (Enige EEN of soortgelyk)
 1.24        •   Dit verskyn in die orde van die meeste tot die minste          1           5
                 uitsaaityd.
             •   Dit maak dit makliker om die uitsaaitye te
                 verstaan/vergelyk.
                 (Enige EEN of soortgelyk)
                                               TOTAAL AFDELING A:                   [30]
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1           5                    DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                       NSS – Memorandum

 AFDELING B: OPSOMMING

 Nasien van die opsomming

 Die opsomming moet soos volg nagesien word:
 • Puntetoekenning:
     o 7 punte vir 7 feite (1 punt per feit)
     o 3 punte vir taal
     o Totaal punte: 10

 •    Toekenning van taalpunte as leerders nie woordeliks aangehaal het nie:
      o 1–3 korrekte feite: 1 punt
      o 4–5 korrekte feite: 2 punte
      o 6–7 korrekte feite: 3 punte

 •    Toekenning van taalpunte as leerders woordeliks aangehaal het:
      o 6–7 korrekte aanhalings: geen punte vir taal word toegeken nie
      o 1–5 korrekte aanhalings: 1 punt vir taal word toegeken

 LET WEL:
 • Getal woorde:
    o Nasieners moet die getal woorde verifieer.
    o Geen punte word afgetrek indien die leerder nalaat om die getal woorde wat
       gebruik is, aan te dui of verkeerd aandui nie.
    o Indien die maksimum getal woorde (70 woorde) oorskry word, moet die
       nasiener tot by die laaste volsin na die 70 woorde grens nasien en die res
       van die opsomming ignoreer.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1            6                         DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                        NSS – Memorandum

 VRAAG 2

 TEKS C: HOE OM ’N GOEDKOOP VAKANSIE MOONTLIK TE MAAK!
 [Verwerk uit: Huisgenoot, 20 November 2014]
                  Direkte aanhaling                                    Eie woorde
    ŉ Vakansie is wonderlik vir jou gesondheid en jou
   gees, maar dit is nie vir almal moontlik om ŉ
   vakansie te bekostig nie. Hier volg sewe maniere
   om ’n heerlike vakansie moontlik te maak.

   Jy moet eers die koste van die vakansie                 1   Stel eers vas hoeveel die
   bereken. Hierdie koste behoort vervoer, sakgeld,            vakansie sal kos.
   kos en blyplek in te sluit. Daarna kan jy begin         2   Maak voor die vakansie
   om sekere opofferinge te maak om geld te                    opofferings om geld te
   spaar. Jy kan byvoorbeeld minder cappuccino's               spaar.
   per week drink. As jy twee cappuccino's minder
   per week drink, bespaar jy R40. Dit is in totaal
   ongeveer R2 000 wat jy per jaar spaar!

   Tydens die Desember- en Paasvakansie is
   vakansieoorde stampvol en die pryse is hoog.            3   Gaan hou vakansie
   As dit moontlik is, gaan liewers wanneer dit                wanneer dit minder besig is.
   stiller is, want dan is alles goedkoper.

   Het jy geweet dat sekere dinge heeltemal gratis         4   Wees op die uitkyk vir gratis
   is? Jy kan byvoorbeeld gratis by Tafelberg                  aktiwiteite./Maak gebruik
   opgaan as dit jou verjaarsdag is en alle Suid-              van gratis aanbiedinge.
   Afrikaanse Nasionale Parke gee jaarliks ’n week
   gratis toegang aan Suid-Afrikaners. Soek dus na
   gratis geleenthede.

   As jy nie duur hotelle kan bekostig nie, kan jy         5   Jy kan kampeer om op hotel
   kampeer. Daar is baie goedkoop plekke orals in              onkostes te spaar.
   Suid-Afrika waar ŉ mens kan kampeer. As jy              6   Jy kan jou eie
   hierdie opsie kies, kan jy jou eie                          kamptoerusting koop om
   kamptoerusting koop. Dan het jy dit as jy die               later weer te gebruik.
   volgende keer weer wil gaan kampeer.

   Daar is baie webtuistes wat goeie idees het vir
   goedkoper vakansies soos die ruil van huise.
   Dit sal die koste van ŉ hotel uitskakel. Gebruik
   die internet om winskopies te soek.                     7   Soek na goedkoop
                                                               vakansie-idees op die
   Met hierdie raad, hoef ŉ vakansie nie net ŉ droom           internet.
   te wees nie!
                                                               (55 woorde)
 TOTAAL AFDELING B:                                                                   [10]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1             7                  DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                         NSS – Memorandum

 AFDELING C: TAAL

 ASSESSERINGSRIGLYNE

  Spelling:
   o Eenwoord-antwoorde moet korrek gespel word.
   o By volsin-antwoorde word verkeerde spelling gepenaliseer indien die fout in
      die taalstruktuur is wat getoets word.
   o Waar afkortings getoets word, moet die leestekens korrek wees.
 • Sinstrukture moet taalkundig korrek wees en in volsinne aangebied word volgens
   die instruksies.
 • Aanvaar die letter wat met die korrekte antwoord ooreenstem OF die antwoord
   wat volledig geskryf word vir meerkeusevrae.

 VRAAG 3

 TEKS D: ADVERTENSIE
 [Verwerk uit: Huisgenoot, 19 September 2013]
 VRAAG                                 MEMORANDUM                   PUNT        DENK-
                                                                                VLAK
                                                                                (Bloom)
 3.1         Mense (oud en jonk) wat aan hooikoors/allergieë ly.        1           1

 3.2         •   Dit is in ŉ groter/donker lettertipe/font.             1           5
             •   Die lettertipe/font is anders/verskillend.
             •   Dit staan boaan die advertensie.
                 (Enige EEN of soortgelyk)

 3.3         bevrees/beangs/bang/skrikkerig                             1           4

 3.4         •   D                                                      1           3
             •   tydsverloop aan te dui.
             •   D tydsverloop aan te dui.
                 (Enige EEN)

 3.5         totsiens/tot siens/wederom/tot wederom/tata/tatta          1           2

 3.6         allergiese                                                 1           1

 3.7         Dr. Reddy se allergiepille                                 1           3

 3.8         Die spasie tussen die woorde “allergieë” en “weghou”       1           6
             versterk die weghou-gedagte.

 3.9         keuse                                                      1           1

 3.10        •   Gebruik ŉ prent van jong-/oumense.                     1           5
             •   Gebruik ŉ ander lettertipe/vetdruk/hoofletters.
                 (Enige EEN)
                                                                                  [10]

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1             8                       DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                         NSS – Memorandum

 VRAAG 4

 TEKS E: STROKIESPRENT
 [Verwerk uit: www.comics.com]
 VRAAG                                 MEMORANDUM                        PUNT        DENK-
                                                                                     VLAK
                                                                                     (Bloom)
 4.1         •   “ALLES” staan in hoofletters.                              2          2
             •   Die gebruik van die aksent- of akkuutteken in “só”. 

 4.2         •   “wens”                                                     2          1
             •   “begeer” 
                 (Kandidaat moet albei woorde gee om 2 punte te
                  verdien.)

 4.3         Beletselteken/...                                               1          4

 4.4         •   C                                                           1          4
             •   gefrustreerd is.
             •   C gefrustreerd is.
                 (Enige EEN)

 4.5         •   Die spraakborrel dui aan dat hy dink.                       1          3
             •   Hy druk sy mond toe.
                 (Enige EEN)

 4.6         •   Simon vra hoekom hy vir alles moet werk.                  2          3
             •   Simon vra hoekom hy  moet werk vir alles. 
                 (Enige EEN)

 4.7         •   Die uitroepteken beklemtoon sy woorde/sy vraag.             1          4
             •   Die uitroepteken druk sy emosie uit.
             •   Dit wys dat hy die woorde uitroep/skreeu.
                 (Enige EEN)
                                                                                       [10]

 VRAAG 5

 5.1 TEKS F: PAUL ADAMS DEEL SY LEWENSLES
 [Verwerk uit: Huisgenoot, 24 Oktober 2013]
 VRAAG                                 MEMORANDUM                        PUNT        DENK-
                                                                                     VLAK
                                                                                     (Bloom)
 5.1.1       lewensles                                                       1          1

 5.1.2       Is jy op soek na ŉ tweede kans?                                 1          3

 5.1.3       rolmodel                                                        1          2

 5.1.4       Die oudkrieketspeler se agtergrond het hom nie gekeer           1          3
             nie.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1             9                       DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                         NSS – Memorandum

 VRAAG                                 MEMORANDUM                        PUNT       DENK-
                                                                                    VLAK
                                                                                    (Bloom)
 5.1.5       •     Met sy ongewone boultegniek het hy op 18                  1         2
                   internasionaal beroemd geword.
             •     Met sy ongewone boultegniek het hy internasionaal
                   beroemd geword op 18.
                   (Enige EEN)

 5.1.6       werkloos                                                        1         3

 5.1.7       Hy het nie moed vir die toekoms gehad nie.                      1         3

 5.1.8       Werk was skaars; daarom het hy ŉ klein, administratiewe         1         6
             werkie by die Cape Cobras krieketspan aanvaar.

 5.1.9       met                                                             1         1

 5.1.10      Jy behoort altyd eerlik te wees.                                1         6

 5.1.11      Probleme kry jou nie onder nie.                                 1         3

 5.1.12      Alle kanse is deur Paul gebruik.                                1         6

 5.1.13      •      Paul sê: “Passie vir die werk is belangrik.”             2         3
             •      Paul sê: “Passie is belangrik vir die werk.”
             •      “Passie is belangrik vir die werk,” sê Paul.
             •      “Passie vir die werk is belangrik,” sê Paul.
                     (leestekens, woordorde)
                     (Enige EEN)

 5.2 TEKS G: PRENT
 [Verwerk uit: Huisgenoot, 4 September 2014]
 VRAAG                                 MEMORANDUM                          PUNT      DENK-
                                                                                     VLAK
                                                                                     (Bloom)
 5.2.1       Rosie weet nie wat Dirk beplan nie.                             1         2

 5.2.2       verras                                                          1         1

 5.2.3       vier                                                            1         2

 5.2.4       glo                                                             1         1

 5.2.5       juwele/juweliersware                                            1         1

 5.2.6       opwindende                                                      1         1

           SUBTOTAAL:                                                        [20]
           TOTAAL AFDELING C:                                                 40
                                                                       GROOTTOTAAL: 80

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans FAL P2 Feb March 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-feb-march-2016-memo/f7d4f2d7-2166-49b3-9594-dd3f4a610f61) — Afrikaans FAL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Feb March 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2016-memo/295248df-664d-40f2-99a2-f472e825b967) — Afrikaans FAL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2016-memo/18db0369-fafd-460c-869e-7cac7b26056a) — Afrikaans FAL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Feb March 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2016/6e1bb291-53c5-4eb7-ba7f-20592d77bed9) — Afrikaans FAL · QP · 2016 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May June 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-may-june-2016/f8c9e363-bee8-401b-a63d-075ae6d062cc) — Afrikaans FAL · QP · 2016 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2016/7d9df0bc-5c9f-4686-ac88-1f7b7a11c2d1) — Afrikaans FAL · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-qp-sept2024/83184aba-b793-4289-94bf-4aa5eb852531) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 Afrikaans P2 (FAL) 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-afrikaans-p2-fal-2024-question-paper/7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2024/18189e63-b80d-4773-b7b0-d85b065c5658) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/0feff6b0-aa5f-4380-acf0-f06343bc22d3) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/09c32e3a-6e0c-4c06-aec3-b0b54a251f21) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 QP SEPT2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-qp-sept2023/464e635d-666a-408f-b9ea-b7c91712c7de) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
