# Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 QP

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2017, 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2017/e1357d7c-f1e3-4fc2-9b4e-fb567533a3de
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2017/e1357d7c-f1e3-4fc2-9b4e-fb567533a3de)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2017 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com
O

                                      GRAAD 12

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1

                            FEBRUARIE/MAART 2017

PUNTE: 80

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1         2                       DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

          AFDELING A: Leesbegrip               (30)
          AFDELING B: Opsomming                (10)
          AFDELING C: Taal                     (40)

2.        Beantwoord AL die vrae.

3.        Begin elke afdeling op ŉ NUWE bladsy.

4.        Trek ŉ streep na elke afdeling.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Laat ŉ reël oop na ELKE antwoord.

7.        Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

8.        Beplan jou tyd só:

          AFDELING A: 50 minute
          AFDELING B: 30 minute
          AFDELING C: 40 minute

9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1           3                        DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1

ONDERHOUD

Lees die onderhoud hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS A

                           VROU MET ’N OMGEEHART
                               deur Dawid Yzelle

                         TEMSIE TIMES (7de Laan se
                        Maria) het geleer dat dit die moeite
                            werd is om aan te hou glo.

1         Jy het in Port Elizabeth grootgeword. Jy is die jongste van sewe kinders.
          Vertel ons van jou kinderjare.
          Ons was ŉ baie hegte gesin. Ons sewe kinders het min baklei. Daar was ook
          geen witbroodjies nie. Ons het liefde in oorvloed gekry! My ma, Grace, is die
          een wat vir ons van geloof in God geleer het. Sy was vir ons kinders ŉ 5
          wonderlike voorbeeld. Al het sy ŉ hartprobleem gehad, het sy nooit toegelaat
          dat dit haar onderkry nie. Sy was tot op ŉ hoë ouderdom altyd baie besig.

2         Mense noem jou Temsie, maar jou volle naam, Thembisa, beteken
          “belofte aan God” in isiXhosa. Sê hierdie naam iets van jou
          persoonlikheid?                                                             10
          Ja, dit beskryf my goed. Ek maak nooit leë beloftes nie. As ek iets belowe,
          doen ek dit. Wanneer ek sien dat mense swaarkry, help ek graag. Ek gee dan
          altyd wat ek ook al mag hê.

3         Vertel van jou eerste rol as aktrise.
          Dit was van kleinsaf my droom om ŉ aktrise te word. My heel eerste rol as 15
          aktrise was in ŉ verhoogstuk, Senzekile, in ŉ gemeenskapsaal in
          Port Elizabeth. Dit was lank gelede. Daarna het ek nooit weer teruggekyk nie
          en soveel deure het vir my oopgegaan.

4         Jy is nou al amper 14 jaar by 7de Laan. Dis ŉ mylpaal!
          Ja, ek kan nie glo dit is al so lank nie. Ek het wonderlike vriende gemaak. Ek 20
          het veral ŉ goeie verhouding met Mimi Mahlasela (Aggie). Sy het ŉ
          wonderlike humorsin en sy laat my altyd lag. Vir Salamina Mosese het ek baie
          respek. Sy is baie reguit; as sy nie van iets hou nie, sê sy so.

5         Jou karakter, Maria, is ŉ moederlike figuur. Sien jy jouself ook so?
          Ja, ek sien myself as ŉ moederfiguur. Wanneer daar seer is in een van my 25
          mede-akteurs se lewe, help ek waar ek kan. My raad is altyd: Wanneer dit
          met jou sleg gaan, is dit normaal om te twyfel, maar jy moet net glo dat alles
          weer sal regkom.
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1         4                               DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                            NSS

6         Jy ken ook die pyn van ŉ moeder wat ŉ kind verloor het. Hoe het jy dié
          tragedie verwerk?                                                              30
          Bruce is in 2010 oorlede. Hy was 38 jaar oud. Hy het snags op ŉ boot
          uitgegaan om vis te vang. Hy het longontsteking gekry en is later in die Chris
          Baragwanath Hospitaal oorlede. Terwyl hy in die hospitaal was, moes ek op
          die stel werk. Op die dag van sy dood het die vervaardigers van 7de Laan laat
          weet ek hoef nie in te kom nie, want Annalisa Weiland (Hilda) was siek. Ons 35
          kon dus nie daardie dag sekere tonele skiet nie. Ongelooflik! Ek kon daardie
          dag my seun groet. Net daarna moes ek in Kaapstad gaan optree. Op pad
          Kaapstad toe het ek myself moed ingepraat sodat ek nie voor die mense in
          trane moes uitbars nie. Ek het net bly glo dat die son weer sal skyn.

7         Jy sê jy het die hart van ŉ vredemaker?                                       40
          Ek hou niks van konflik nie en ek verkies dat mense, sover moontlik, in vrede
          leef.

8         Hoe maak jy seker jy neem nie saans die emosies van jou karakter saam
          huis toe nie?
          Dis nie maklik om jou sepiekarakter en wie jy regtig is, te skei nie – veral nie 45
          as jy al 13 jaar lank dieselfde karakter vertolk nie. Toe Bart (Neil Sandilands)
          siek geword het, moes ek gedurig vir myself sê dis net deel van die storie. En
          toe Neville (Zane Meas) oorlede is, het ek gehuil! In my motor op pad huis toe
          moes ek weer vir myself sê dat dit tog net ŉ storie is.

9         Wat doen jy saans ná ŉ lang dag op die stel?                                 50
          Ek wil dan net ontspan en my woorde vir die volgende dag leer. Saans bid ek
          vir ons land, vir jongmense se stryd teen dwelms en dat daar ŉ einde sal kom
          aan misdaad, geweld en verkragting.

10        Ons hoor jy is ook deel van ŉ buurtwag?
          Ja, ons ondersteun slagoffers van misdaad en geweld so goed as wat ons 55
          kan. Hulle het ook al by my huis ingebreek. Dié soort ding laat my rooi sien.
          Dit voel soms vir my asof misdadigers te gou en te maklik vrygelaat word.

11        Is daar iets waarmee jy jou graag besig hou waarvan ons nie weet nie?
          Ek is mal oor uitverkopings en doen graag inkopies; ek hou veral daarvan om
          skoene te koop!
                                                    [Verwerk uit Lééf met hart & siel, Mei 2013]

LET WEL:
• Beantwoord AL die vrae.
• Skryf net die vraagnommer en die antwoord neer.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
 Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          5                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

1.1        Thembisa het ŉ “omgeehart” (titel).

           Skryf EEN volsin uit paragraaf 2 neer wat verduidelik wat ŉ “omgeehart” is.           (1)

1.2        Verwys na paragraaf 1.

           1.2.1      Word die woord “witbroodjies” hier LETTERLIK of FIGUURLIK
                      bedoel?                                                                    (1)

           1.2.2      Verduidelik jou antwoord op VRAAG 1.2.1. (Jy moet aandui wat
                      Thembisa bedoel.)                                                          (1)

1.3        Thembisa se ma was ŉ hartlyer.

           1.3.1      Hoe het Thembisa se ma haar lewe as hartlyer elke dag geleef?              (1)

           1.3.2      Hoe weet jy dat Thembisa se ma lank geleef het? Skryf TWEE
                      OPEENVOLGENDE woorde uit paragraaf 1 neer.                                 (1)

1.4        Thembisa se naam is baie betekenisvol.

           1.4.1      Uit watter taal kom Thembisa se naam?                                      (1)

           1.4.2      Hoe leef Thembisa haar naam se betekenis uit? Verwys na die
                      betekenis van haar naam EN haar lewe.                                      (2)

1.5        Waaruit kan ons aflei dat Thembisa se eerste verhoogstuk, Senzekile, ŉ
           belangrike rol in haar loopbaan gespeel het?                                          (1)

1.6        Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (1.6) en die
           antwoord (A–D) neer, byvoorbeeld 1.6 E.

           Die uitdrukking “en soveel deure het vir my oopgegaan” (paragraaf 3) beteken
           sy ...

           A          kon meer tyd aan haar stokperdjies bestee.
           B          het nog ander rolle gekry om te vertolk.
           C          kon meer tyd vir haar sosiale lewe hê.
           D          het meer van toneelspel geleer.                                            (1)

1.7        Sê in jou eie woorde watter TWEE aanduidings daar is dat 7de Laan vir
           Thembisa 'n positiewe ervaring is.                                                    (2)

1.8        Watter eienskappe bewonder Thembisa in die volgende karakters?

           1.8.1      Mimi Mahlasela                                                             (1)

           1.8.2      Salamina Mosese                                                            (1)

1.9        Annalisa Weiland se siekte het veroorsaak dat sekere tonele op 'n sekere dag
           nie geskiet kon word nie.

           Hoe het Annalisa Weiland se siekte Thembisa daardie dag indirek gehelp?               (1)
 Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
 Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1           6                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                               NSS

1.10       Thembisa het haar raad aan mense prakties uitgeleef. (Paragraaf 5)

           1.10.1     Noem Thembisa se raad aan mense.                                              (1)

           1.10.2     Dink jy dit is maklik om hierdie raad in ŉ krisissituasie te volg? Gee
                      ŉ rede vir jou antwoord.                                                      (1)

1.11       Sê in jou eie woorde hoe Thembisa haar emosies as karakter in die TV-reeks
           skei van wie sy by die huis is. (Paragraaf 8)                                            (1)

1.12       Watter OOREENKOMS is daar tussen om 'n aktrise te wees en om ŉ student
           te wees? (Paragraaf 9)                                                                   (1)

1.13       Noem EEN probleem van ons land waarvoor Thembisa saans bid?                              (1)

1.14       Thembisa is lid van ŉ buurtwag. (Paragraaf 10)

           Hoekom laat Thembisa se rol in die buurtwag ŉ mens positief voel?                        (1)

1.15       “Dié soort ding laat my rooi sien.” (Paragraaf 10)

           Wat bedoel Thembisa met die woorde “… laat my rooi sien”?                                (1)

1.16       “Ek is mal oor uitverkopings en doen graag inkopies; ek hou veral daarvan om
           skoene te koop!” (Paragraaf 11)

           Waarom, dink jy, is dit belangrik dat persoonlike inligting oor Thembisa in die
           onderhoud genoem word?                                                                   (1)

1.17       Noem EEN lewensles wat jy as leser by Thembisa geleer het?                               (1)

 Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1           7                               DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

SPOTPRENT

Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS B

                                                                 DIS NOG NIKS NIE. ONS
                                                                 EET NOG VLEIS ÉN
                                                                 GROENT E!

                                                             [Uit: Die Burger, 8 April 2016]

1.18      Die seuntjie in die sandput dink sy pa is ryker as die pa van die dogtertjie op
          die swaai.

          Wat, dink hy, maak hulle ryker?                                                             (1)

1.19      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die
          vraagnommer (1.19) en die antwoord neer.

          Die spotprent lewer kommentaar op Suid-Afrikaners wat al hoe (ongesonder
          leef/minder geld het).                                                                      (1)

1.20      Daar is ŉ kontras tussen wat die kinders doen en waaroor hulle praat.

          Kies die KORREKTE woorde uit die lys hieronder om die sin mee te voltooi.
          Skryf net die vraagnommer (1.20.1–1.20.2) en die antwoord neer.

                             hartseer; humoristies; kinderlike; volwasse

          Die kinders hou hulle besig met 1.20.1 ... aktiwiteite terwyl hulle oor 1.20.2 ...
          sake praat.                                                                                 (2)

1.21      Hoe kan jy uit die meisie se gesigsuitdrukking aflei dat sy gelukkig is?                    (1)

1.22      Waaruit kan jy aflei dat die seun vinnig op sy driewielfiets ry?                            (1)

                                                                  TOTAAL AFDELING A:                  30
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
 Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          8                             DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

AFDELING B: OPSOMMING

Lees die teks hieronder deur en voer die instruksies uit.

VRAAG 2

INSTRUKSIES

1.   Som die SEWE hoofgedagtes waarom tegnologie goed vir tieners is, in jou EIE
     VOLSINNE op.
2.   Skryf die hoofgedagtes puntsgewys neer.
3.   Nommer die hoofgedagtes van 1 tot 7.
4.   Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
5.   Dui die korrekte getal woorde aan die einde van die opsomming aan.

TEKS C

                REDES WAAROM TEGNOLOGIE GOED VIR TIENERS IS

Ouers en onderwysers is dikwels bekommerd oor die negatiewe invloed van tegnologie
op tieners, maar tegnologie kan ook goed wees. Die internet bevat baie webwerwe en
nie alle webwerwe is sleg nie. Daar is dikwels nuttige inligting wat tieners kan gebruik
vir tuiswerktake. Die tyd toe leerders biblioteek toe moes gaan vir inligting, is mos
lankal verby. Sosiale netwerke help tieners om maklik, vinnig en goedkoop met mekaar
kontak te maak. Baie mense kritiseer tieners dat hulle nie meer lees nie. Die idee dat
tieners net boeke moet lees, is outyds. As tieners blogs en aanlyn besprekings lees,
help dit met hulle lees- en skryfvaardighede. Op Netwerk24 kan hulle byvoorbeeld al
die koerante kry. Omdat dit so gerieflik is om inligting vinnig op die internet te kry, help
tegnologie om tieners se algemene kennis te verbeter. Dit is waar dat tieners makliker
iets sal lees waaroor hulle nuuskierig is. Tieners verbreed so hulle kennis sonder dat
hulle dit agterkom. In musiek, flieks en sosiale media is daar mense en idees van ander
kulture dwarsoor die wêreld. In Suid-Afrika is dit juis so nodig dat die verskillende
groepe mekaar se kulture sal leer ken. Hier help tegnologie dus om tieners se
leefwêreld groter te maak. Met die moderne tegnologie kan leerders hul kreatiwiteit
ontwikkel deur hul eie video’s en selfs films te maak. Navorsers het bevind dat tieners
wat gereeld videospeletjies speel, se reaksietye vinniger word. Ouers kan dus maar
ontspan, want tegnologie het beslis positiewe aspekte!

                                                                [Verwerk uit www.forbes.com]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:                10

 Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1             9                             DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                NSS

AFDELING C: TAAL

VRAAG 3: ADVERTENSIE

•     Die taalvrae wat volg, is op die advertensie hieronder gebaseer.
•     Voer die instruksies by elke vraag uit.

TEKS D

 Hierdie klub is eksklusief vir mans!
 (3.5) Jy kry ook die volgende voordele
     ŉ Geskenkpak met promosie-items van die Proteas
      ter waarde van R500.
     Eksklusiewe uitnodigings na geleenthede waar jy die
      Proteas en Protea-bestuur kan ontmoet.
     Afslag as jy ŉ motor by Budget huur.
     Jy kry (3.6 spesiaal) behandeling.
     20%-afslag op (3.7 wedstrydkaarkies).

 En nog meer ...

 Dit is meer as R500 se waarde wat jy elke
 maand ontvang.

                                                                     [Verwerk uit www.grafika24.com]

3.1       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die
          vraagnommer (3.1) en die antwoord neer.

          In krieket, as jy die bal ver slaan, is ses lopies die hoogste telling wat jy kan kry.

          “Slaan ŉ ses” se KONNOTATIEWE betekenis is dat (dit ŉ baie goeie aanbod in
          die advertensie is/enigiemand krieket kan leer speel).                                       (1)

3.2       Op watter TWEE maniere trek die advertensie die leser se aandag?                             (2)
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1         10                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                            NSS

3.3      Watter woorde in die advertensie is ŉ voorbeeld van stereotipering? Motiveer
         jou antwoord.                                                                          (2)

3.4      Noem EEN manier hoe die leser gemanipuleer word om op die koerante in te
         teken.                                                                                 (1)

3.5      Skryf die volgende oor en vul die KORREKTE leesteken in. Voltooi die
         antwoord net tot by die leesteken wat jy invul.

         Jy kry ook die volgende voordele
          ŉ Geskenkpak met promosie-items van die Proteas ter waarde van R500.
          Eksklusiewe uitnodigings na geleenthede waar jy die Proteas en Protea-
             bestuur kan ontmoet.                                                               (1)

3.6      Gee die KORREKTE vorm van die byvoeglike naamwoord tussen hakies.

         Jy kry (spesiaal) behandeling.                                                         (1)

3.7      Verbeter die SPELFOUT in die volgende sin:

         20%-afslag op wedstrydkaarkies                                                         (1)

3.8      Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (3.8) en die
         antwoord (A–D) neer, byvoorbeeld 3.8 E.

         Die funksie van die krieketbal as deel van die Love Cricket-naam is om ...

         A     lesers te manipuleer om meer van krieket te hou.
         B     te wys alle Beeld- en Rapport-lesers hou van krieket.
         C     te beklemtoon dat dit ŉ krieket-ondersteunersklub is.
         D     die embleem van ŉ provinsiale krieketspan aan te dui.                            (1)
                                                                                                [10]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1             11                         DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                NSS

VRAAG 4: STROKIESPRENT

•     Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent hieronder gebaseer.
•     Voer die instruksies by elke vraag uit.
TEKS E

       RAAMPIE 1                 RAAMPIE 2                         RAAMPIE 3

                                                                     [Bron: www.comics.com]

4.1         Hoe kan ŉ mens sien dat die twee hadidas baie hard skree? Gee TWEE
            aanduidings. (RAAMPIE 1)                                                                (2)

4.2         Hoe weet jy dat die vuvuzela in RAAMPIE 2 ŉ groter geraas maak as die
            hadidas in RAAMPIE 1? Gee TWEE aanduidings.                                             (2)

4.3         Hoe kan jy aan die hadidas se liggaamshouding (RAAMPIE 2) sien hulle het
            groot geskrik? Gee EEN aanduiding.                                                      (1)

4.4         Gee die ANTONIEM van die woord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer
            (4.4) en die antwoord neer.
            Dink jy dis ŉ (ou) spesie?                                                              (1)

4.5         Skryf die sin oor in die INDIREKTE REDE.
            Die hadida vra sy vriend: “Wat maak so ŉ groot geraas?”
            Begin so: Die hadida vra sy vriend ...                                                  (1)

4.6         Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die
            vraagnommer (4.6) en die antwoord neer.
            Wanneer die vrou in RAAMPIE 3 wegstap, lyk sy (ontsteld/tevrede).                       (1)

4.7         Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (4.7) en die
            antwoord (A–D) neer, byvoorbeeld 4.7 E.
            Die ... in RAAMPIE 3 wys dat die vuvuzela in die vrou se hand beweeg as sy
            wegstap.
            A    geraas
            B    hadidas
            C    strepies
            D    stertvere                                                                          (1)

4.8         Wat, dink jy, is die doel van hierdie strokiesprent?                                    (1)
                                                                                                    [10]
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1            12                             DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                               NSS

VRAAG 5: ARTIKEL EN PRENT

•     Die taalvrae wat volg, is op die artikel hieronder gebaseer.
•     Opsetlike taalfoute kom voor.
•     Voer die instruksies by elke vraag uit.

TEKS F

                     ŉ (5.1 GESOND) LEWENSTYL IS BROODNODIG

Dit is elke dag se storie. (5.2 Soggens is daar altyd genoeg tyd.) Basiese dinge soos
(5.3 ete in die oggend) word dus maklik vergeet. Jy sal reg wees vir die dag as jy net
vyf minute gebruik om iets te eet wat (5.4 voedsaam) as gewoonlik is.

Nadat jy jou spiere met ŉ paar oefeninge (5.5 losmaak) het, moet jy sorg dat jou
liggaam die eerste brandstof van die dag inneem. (5.6) Die korrekte kos sal jou ŉ lis vir
die dag gee.

As jy jou eerste maaltyd versigtig kies en dit rustig geniet, sal jy die dag goed begin.
Moenie jou bekommer as jy nie (5.7 aan dit) gewoond is om baie te eet nie. Jy kan met
die regte kos en drankies genoeg (5.8 voedingstof) inneem vir die moeilike dag wat
voorlê. Dit kan boonop lekker smaak! (5.9) Jy moet vandag nog daarmee begin.

(5.10 Inwoners van Suid-Afrika) kry maklik verkoue. Daar is ŉ oplossing. Jy kan
verkoues weghou met aanvullers of homeopatiese middels. (5.11) ŉ Mens kan gewone
stoom gebruik. Jy kan dadelik beter voel.

Dalk voel jy sleg as gevolg van ŉ omgekrapte maag nadat jy die vorige aand te veel
ryk kos geëet het. (5.12) Gebruik kruie vir die naarheid.

(5.13) En as ŉ hele dag se werk wag is daar ook hulp. Begin elke dag reg. Besluit wat
belangrik is en doen dit. Moenie net met gevoude (5.14 ...) sit nie!

                                                     [Verwerk uit Gesond Binne Vyf Minute, 1999]

5.1        Gee die KORREKTE vorm van die byvoeglike naamwoord tussen hakies.
           Skryf net die vraagnommer (5.1) en die antwoord neer.

           ŉ (Gesond) lewenstyl is broodnodig!                                                        (1)

5.2        Skryf die sin oor in die ONTKENNENDE VORM deur die onderstreepte woord
           te verander.

           Soggens is daar altyd genoeg tyd.
           Begin só: Soggens is ...                                                                   (1)

5.3        Gee EEN WOORD vir die omskrywing tussen hakies. Skryf net die
           vraagnommer (5.3) en die antwoord neer.

           Basiese dinge soos (ete in die oggend) word dus maklik vergeet.                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1              13                    DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                 NSS

5.4       Gee die VERGROTENDE TRAP van die woord tussen hakies. Skryf net die
          vraagnommer (5.4) en die antwoord neer.

          Jy sal reg wees vir die dag as jy net vyf minute gebruik om iets te eet wat
          (voedsaam) as gewoonlik is.                                                         (1)

5.5       Gee die KORREKTE VORM VAN DIE WOORD tussen hakies. Skryf net die
          vraagnommer (5.5) en die antwoord neer.

          Nadat jy jou spiere met ŉ paar oefeninge (losmaak) het, moet jy sorg dat jou
          liggaam die eerste brandstof van die dag inneem.                                    (1)

5.6       Verbeter die SPELFOUT in die volgende sin.

          Die korrekte kos sal jou ŉ lis vir die dag gee.                                     (1)

5.7       Gee die KORREKTE BETREKLIKE VOORNAAMWOORD van die woord
          tussen hakies. Skryf net die vraagnommer (5.7) en die antwoord neer.

          Moenie jou bekommer as jy nie (aan dit) gewoond is om baie te eet nie.              (1)

5.8       Gee die MEERVOUD van die woord tussen hakies. Skryf net die
          vraagnommer (5.8) en die antwoord neer.

          Jy kan met die regte kos en drankies genoeg (voedingstof) inneem vir die
          moeilike dag wat voorlê.                                                            (1)

5.9       Verander die STELSIN na ŉ BEVELSIN. Skryf die sin as antwoord neer.

          Jy moet vandag nog daarmee begin.                                                   (1)

5.10      Gee die PERSOONSNAAM vir die woord tussen hakies. Skryf net die
          vraagnommer (5.10) en die antwoord neer.

          (Inwoners van Suid-Afrika) kry maklik verkoue.                                      (1)

5.11      Verbind die sinne met die VOEGWOORD tussen hakies. Skryf die sin as
          antwoord neer.

          ŉ Mens kan gewone stoom gebruik. Jy kan dadelik beter voel. (sodat)                 (1)

5.12      Skryf die sin oor in die INFINITIEF.

          Gebruik kruie vir die naarheid.
          Begin só: Jy behoort ...                                                            (1)

5.13      Voeg die KOMMA op die korrekte plek in die sin in. Skryf die hele sin as
          antwoord neer.

          En as ŉ hele dag se werk wag is daar ook hulp.                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1             14                      DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                NSS

5.14      Kies die KORREKTE woord om die IDIOOM in die konteks van die teks te
          voltooi. Skryf net die vraagnommer (5.14) en die antwoord neer, byvoorbeeld
          5.14 E.

          Moenie net met gevoude (5.14 ...) sit nie!

          A    arms
          B    bene
          C    hande
          D    vingers                                                                         (1)

TEKS G

           Ek wonder of ek nou
           alles vir die vakansie
                ingepak het?

5.15      Bestudeer die prent hierbo aandagtig en beantwoord die vrae. Skryf net die
          vraagnommer (5.15.1–5.15.6) en die antwoord neer.

          5.15.1     (...!) Dit is vakansie.      5.15.1   Voltooi die sin met die
                                                           KORREKTE
                                                           TUSSENWERPSEL om jou
                                                           blydskap uit te druk.               (1)

          5.15.2     Uiteindelik gaan ek deur     5.15.2   Kies die KORREKTE WOORD
                     Europa (rys/reis).                    tussen hakies.                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1             15                    DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                NSS

          5.15.3     Vir die sneeu gaan ek ŉ      5.15.3   Gee die KORREKTE
                     (scarf) inpak om my nek               AFRIKAANSE WOORD.
                     warm te hou.                                                           (1)

          5.15.4     In Italië sal die sonlig     5.15.4   Voltooi die sin met die
                     skerp wees, dus pak ek                KORREKTE SELFSTANDIGE
                     my (...) in.                          NAAMWOORD.                       (1)

          5.15.5     Om my geskenkies veilig 5.15.4        Voltooi die sin met die
                     te hou, moet ek ŉ (...) aan           KORREKTE SELFSTANDIGE
                     my tas hê.                            NAAMWOORD.
                                                                                            (1)

          5.15.6     Die belangrikste is my       5.15.6   Voltooi die sin met die
                     selfoon se (...)                      KORREKTE SELFSTANDIGE
                     Daarsonder sal my                     NAAMWOORD.
                     selfoon se battery pap
                     bly.                                                                   (1)
                                                                                            [20]

                                                                TOTAAL AFDELING C:          40
                                                                    GROOTTOTAAL:            80

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans FAL P3 Feb March 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2017-memo/8a31efde-dbe7-43b9-b556-6241144384ce) — Afrikaans FAL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-may-june-2017-memo/1f189951-2b9b-4bdf-9d70-ac0d59452e6f) — Afrikaans FAL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2017-memo/8504caa7-7e09-421a-b18c-8a4797a23c7a) — Afrikaans FAL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 May June 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-may-june-2017/53fed238-2b40-48fa-945c-5ac2140bd921) — Afrikaans FAL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2017/ee064d8b-979d-4573-8a64-e27394400145) — Afrikaans FAL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2017/5782bb5b-ab41-4575-8d08-8b050f95ab0b) — Afrikaans FAL · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
