# Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2023 Memo

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2023, 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2023/945c0196-6914-4be6-9068-56302247db40
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2023 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2023/945c0196-6914-4be6-9068-56302247db40)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Memorandum, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 QP SEPT2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-qp-sept2023/464e635d-666a-408f-b9ea-b7c91712c7de) — QP · 2023 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
              SENIOR SERTIFIKAAT

                       GRAAD 12

               SEPTEMBER 2023

   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1
              NASIENRIGLYN

PUNTE:   80

              Hierdie nasienriglyn bestaan uit 11 bladsye.

### Page 2

2                          AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1        (EC/SEPTEMBER 2023)

 AFDELING A: LEESBEGRIP
 • Spel- en taalfoute word NIE gepenaliseer NIE omdat die fokus op begrip is.
 • Indien die kandidaat woorde uit ŉ ander taal gebruik as die taal waarin die vraestel
    verskyn, word daardie vreemde woorde geïgnoreer (toegedruk). Indien die antwoord
    sonder daardie vreemde woorde sinvol in Afrikaans is, word die kandidaat NIE
    GEPENALISEER NIE. Indien die vreemde woord in die antwoord vereis word, is dit
    aanvaarbaar.
 • By oop vrae word GEEN punt toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE
    SAAM NIE.
 • Geen punt word toegeken vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING nie. Die
    rede/motivering verdien die punt.
 • Waar eenwoord-antwoorde gevra word en die kandidaat gee ŉ volsin, is dit korrek
    MITS die korrekte woord onderstreep of op een of ander wyse uitgelig word.
 • Wanneer TWEE/DRIE feite vereis word en ŉ reeks word gegee, word SLEGS die
    eerste TWEE/DRIE nagesien.
 • Aanvaar dialektiese variasies.
 • Aanvaar die letter wat met die korrekte antwoord ooreenstem EN/OF die antwoord
    wat volledig vir meervoudigekeuse-vrae geskryf word.
 • Of soortgelyk aan bogenoemde beteken ŉ sinoniem van die voorgestelde antwoord
    op die nasienriglyn.

 VRAAG 1

 TEKS A: ‘BAKEN VAN HOOP’
 [Verwerk uit Kuier, 19 Januarie 2022]

 VRAAG                                   ANTWOORD                                 PUNT
 1.1   •         Kaapse Vlakte
       •         Lentegeur/Mitchells Plain                                          1

 1.2         Hulle betaal glad nie skoolfooie nie.                                  1

 1.3         Die skool was een van die top tien skole ter wêreld wat moeilike
             omstandighede oorkom het.
             (Of soortgelyk)                                                        1

 1.4         •    Die skool is (voorheen) as disfunksioneel beskou.
             •    Die gemeenskap het swak sosio-ekonomiese/arm
                  omstandighede.
                 (Enige een of soortgelyk)                                          1

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2023)        AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                            3

 VRAAG                                   ANTWOORD                                  PUNT
 1.5   •        Die skool is disfunksioneel as onderrig en leer nie effektief
                plaasvind nie./dinge nie reg verloop by die skool nie/dinge nie
                gaan soos dit moet nie.
             • Daar is ŉ gebrek aan leierskap en visie.
             • (Massa) baie afwesigheid van onderwysers/kinders.
             • Onderwysers gee nie klas nie.
             • Onderwysers en kinders is heeldag op hulle selfone.
             • Onderwysers is by die skool, maar nie in die klas nie.
             • Daar is geen hulpbronne nie.
             • Die skoolgebou voldoen nie aan veiligheid/sanitêre vereistes
                nie.
             • Meubels is onvoldoende/gebreek.
             • Vensters is uit/gebreek.
             (Enige een of soortgelyk)                                                1

 1.6         •  “min of meer” sê vir ons dat dit ’n skatting is/hulle weet nie
                presies hoeveel dit is nie.
             • Die leerders is nie getel nie/dit is na raming/dit is ongeveer.
             (Enige een of soortgelyk)                                                1

 1.7         “bakleiery onder ŉ klein groepie onderwysers”
             (aanhalingstekens nie nodig nie)                                         1

 1.8         1.8.1    A / 2010                                                        1

             1.8.2    C / 1982                                                        1

             1.8.3    D / 2022                                                        1

             1.8.4    B / 2023                                                        1

 1.9         •   Die skool het finansiële/geldelike probleme gehad.
             •   Die skool het nie oor die basiese dinge soos papier beskik
                 nie/Hy moes papier by ander skole vir eksamens ‘leen’.
             •   Die skoolterrein was onversorg/woes/nie netjies nie/baie sand
                 en min plante/gras. [Enige twee]                                     2

 1.10        1.10.1   Konnotatief                                                     1

             1.10.2   Dit beteken die skool het probleme gehad/Die skool het
                      deur moeilike tye gegaan/Daar was nie veel hoop vir die
                      skool nie.                                                      1

 1.11        •   Die skool sal vooruitgaan/gaan vooruit.
             •   Beide partye (die skool én die gemeenskap) vind baat daarby.
             •   (Dissiplinêre) probleme word maklik uitgestryk./Dit help met
                 dissipline.
                 (Of soortgelyk)                                                      1

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

4                      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1         (EC/SEPTEMBER 2023)

 1.12    •   Hulle het hard gewerk.
         •   Hulle was kreatief/skeppend.                                       2

 1.13    Hierdie skool wys dat:
         • Jy jou skool se negatiewe status deur harde werk kan verander.
         • Samewerking tot sukses lei.
         • ŉ Hoof met visie en hardwerkende onderwysers ŉ verskil kan
            maak.
            (Of soortgelyk)                                                     1

 1.14    •   Vier addisionele klaskamers is gebou.
         •   ŉ Rekenaarklas is gebou.
         •   ŉ Nuwe personeelkamer is gebou.
         •   Die ou personeelkamer is in ŉ mediasentrum verander.
             (Enige een of soortgelyk)                                          1

 1.15    Dit gaan oor boeke/boeklees/lees.                                      1

 1.16    Hulle het ook die reg tot opvoeding.
         Met die nodige ondersteuning kan hulle dalk hul volle potensiaal
         bereik.
         Dit is die skool se plig om alle leerders te help.
         (Of soortgelyk)                                                        2

 1.17    •   Moet nooit moed opgee nie.
         •   Droom groot/moenie ophou droom nie.
         •   Niks is onmoontlik nie.
         •   Betrek jou gemeenskap.
         •   Ontwikkel leerders op alle vlakke.
         •   Spandeer tyd met die kinders.
         •   Belê tyd en aandag in jou leerders.
         •   Toon waardering vir jou personeel.
             (Of soortgelyk)                                                    1

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2023)             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                      5

 TEKS B: VISUELE TEKS
 [Bron: https://rb.gy/tjam8y]

 1.18 Wortels                                                                         1

 1.19 Bevrore hoenderporsies                                                          1

 1.20 Maart 2022                                                                      1

 1.21 bruinbrood                                                                      1

 1.22 Om die lees van die teks te vergemaklik/grafiek makliker te verstaan/Om
      ongeletterdes te help verstaan waaroor hierdie teks gaan.                       1

 1.23 •      Ja, mense kry alreeds finansieel swaar.
      •      Mense sukkel na Covid-19.
      •      Lewenskoste is duur.
      •      Baie mense is werkloos.
      •      Die verhoging van 13,2% is meer as wat die gewone man kan bekostig.
             (Of soortgelyk)                                                          1

                                                            TOTAAL AFDELING A:       30

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

6                         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                (EC/SEPTEMBER 2023)

 AFDELING B: OPSOMMING

 Nasien van die opsomming

 Nasien van die opsomming word gebaseer op die insluiting van die relevante
 feite soos deur die teks voorgeskryf. Die opsomming moet soos volg nagesien word:

    •     Puntetoekenning
          o 7 punte vir 7 feite (1 punt per feit)
          o 3 punte vir taal
          o Totaal punte: 10

    •     Toekenning van taalpunte as leerders nie woordeliks aangehaal het nie:
          o 1–3 feite korrek: 1 punt
          o 4–5 feite korrek: 2 punte
          o 6–7 feite korrek: 3 punte

    •     Toekenning van taalpunte as leerders woordeliks aangehaal het:
          o 6–7 korrekte aanhalings: geen punte vir taal word toegeken nie
          o 4–5 korrekte aanhalings: maksimum 1 punt vir taal word toegeken
          o 2–3 korrekte aanhalings: maksimum 2 punte vir taal word toegeken

          TOEGEWING: Indien die kandidaat 6 of 7 korrekte feite het, maar een
          daarvan is ŉ direkte aanhaling, kry die kandidaat 6 of 7 punte vir die 6 of
          7 feite en 3 punte vir die taal. Die kandidaat kry in hierdie geval dus 9/10 of
          10/10 vir die opsomming.

          Indien die kandidaat net een direkte aanhaling het, verdien die kandidaat
          net 1 punt vir die aanhaling en geen punte vir taal nie. In hierdie geval kry
          die kandidaat dus 1/10 vir die opsomming.

 LET WEL:

    •   Getal woorde:
        o Nasieners moet die getal woorde verifieer
        o Geen punte word afgetrek indien die leerder nalaat om die getal woorde wat
           gebruik is, aan te dui of verkeerd aandui nie.
        o Indien die maksimum getal woorde (70 woorde) oorskry word, moet die nasiener
           VYF woorde ná die 70-woordegrens aan lees en nasien. Ignoreer die res van
           die opsomming.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2023)           AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                          7

 VRAAG 2

 TEKS C: BEHEER SELFKRITIEK.
 [Verwerk uit Huisgenoot, 2 Junie 2022]

            DIREKTE AANHALING                                 EIE WOORDE
 Ons móét oor ons lewe dink, maar                 1    Jy moet slegs positiewe raad
 onnodige selfkritiek breek jou selfbeeld af           aanvaar./Luister net na
 en kan selfs tot depressie lei. Die Kaapse            positiewe raad.
 sielkundige, Rosa Bredenkamp, sê jy het
 elke dag sowat 60 000 gedagtes en dus            2    Jy moet jou innerlike kritikus/
 60 000 kanse om jou selfbeeld op te bou of            binne-stemmetjie leer ken.
 af te breek. Die Johannesburgse berader,
 Belinda Gruenbaum, sê jy moet jou binne-         3    Fokus op iets anders as jy
 stemmetjie as ŉ vriend en nie ŉ vyand sien            besef jou gedagtes is negatief.
 nie. Hier volg haar wenke.
                                                  4    Vervang negatiewe stellings
 Baie mense gee nie om wat hulle sê nie.               met positiewe stellings.
 Jou familie en beste vriende gee jou baie
 raad. Aanvaar net positiewe raad en
 ignoreer die res. Wees voorbereid: leer ken      5    Kyk rasioneel na ŉ situasie/
 jou innerlike kritikus sodat jy weet watter           situasies (deur die bewyse te
 plek, tye of gebeure selfkritiek veroorsaak.          vergelyk).
 As jy die patroon van negatiewe gedagtes
 ken, kan jy dit makliker beheer.                 6    Jy moet jouself herinner aan jou
                                                       goeie eienskappe. / Prys
 Die oomblik dat jy bewus raak van                     jouself as jy ŉ taak/situasie
 negatiewe gedagtes behoort jy op iets                 goed hanteer het.
 anders te fokus. Negatiewe stellings
 soos: ‘Ek maak altyd droog’ of Dit gebeur
 elke keer is nie goed vir jou gemoed nie.        7    Jy kan terapie oorweeg.
 Vervang dit liefs met positiewe stellings
 soos: ‘As ek hard werk, kan ek slaag.’

 Wanneer jy voel dat jy deur ŉ situasie
 oorweldig word, is dit ŉ goeie idee om
 rasioneel na die situasie te kyk. Een
 manier om dit te doen, is om die bewyse dat
 jy sal slaag of nie sal slaag nie te vergelyk.
 Herinner jouself aan jou goeie eienskappe
 en wens jouself geluk as jy ŉ situasie of
 taak goed hanteer het. As jy nie jou binne-
 stemmetjie van negatiewe kritiek kan stilkry                               (47 woorde)
 nie, oorweeg terapie.

                                                           TOTAAL AFDELING B:          10

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

8                            AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1             (EC/SEPTEMBER 2023)

 AFDELING C: TAAL
 ASSESSERINGSRIGLYNE
 • Spelling
      o Eenwoord-antwoorde word as korrek aanvaar selfs al is die spelling verkeerd.
          Die fout mag net nie die betekenis van die woord verander nie. Waar
          woordstrukture getoets word, moet dit korrek gespel word.
      o By volsin-antwoorde word verkeerde spelling slegs gepenaliseer indien die fout
          in die taalstruktuur is wat getoets word.
      o Waar afkortings getoets word, moet die leestekens korrek wees.
    • Sinstrukture moet taalkundig korrek wees en in volsinne aangebied word volgens
      die instruksies.
    • Aanvaar die letter wat met die korrekte antwoord ooreenstem OF die antwoord wat
      volledig geskryf word vir meervoudigekeuse-vrae.

 VRAAG 3

 TEKS D: ADVERTENSIE
 [Verwerk uit https://rb.gy/58chvu]

 VRAAG                                  ANTWOORD                                           PUNT
 3.1          •   Eienaars van honde/katte.
              •   Diereliefhebbers.                                                          1

 3.2          Paws24 verwys na diere en die advertensie gaan oor versekering
              vir honde en katte.                                                            1

 3.3          viervoetige vriende                                                            1

 3.4          “Neem die byt uit” beteken om die slegte uit iets te haal/dit wat
              jou kan seermaak/laat swaarkry weg te neem/te verwyder.
              (Of soortgelyk)                                                                1

 3.5          Met mediese versekering vir mense.                                             1

 3.6          ongeluksdekking                                                                1

 3.7          geld                                                                           1

 3.8          Hy vang vis met ŉ net./Hy het net een piesang geëet./Peter was
              nou net hier./Jy moet net op jou persoon wees./Die skoen pas net
              mooi./Op die net iets soek (internet se verkorting word aanvaar).              1

 3.9          Nee. Dit is vir honde én katte./Daar is ook ŉ kat op die prentjie.             1

 3.10         mediese                                                                        1
                                                                                            [10]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2023)          AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                            9

 VRAAG 4

 TEKS E: STROKIESPRENT
 [Verwerk uit Mama Taxi]

 VRAAG                          ANTWOORD                                           PUNT
 4.1   Mama Taxi vra vir haar suster of sy onlangs ŉ goeie boek gelees
       het.                                                                           1

 4.2        Sy wou nog meer sê/daar is meer om te sê/haar woorde gaan
            aan in die volgende raampie.
            (Of soortgelyk)                                                           1

 4.3        Sy kyk net voor haar en nie meer vir Zandi/haar suster nie./Sy
            kyk nou voor haar.                                                        1

 4.4        •    Sy ry vinnig/sy jaag.
            •    Sy ry oor ’n rooi robot/verkeerslig.
            •    Sy sit met ŉ boek voor haar.                                         1

 4.5        ry                                                                        1

 4.6.1      •    Haar oë is groot.
            •    Die strepies/lyntjies langs haar kop.
            •    Haar tong hang uit.
            •    Haar wenkbroue is opwaarts.
            •    Sy frommel die koerant.                                              1

 4.6.2      •    Ja
                 o Dit is gevaarlik om te jaag/robotte te veronagsaam.
                 o Jy kan ŉ ongeluk maak/sterf.

                                                 OF

            •  Nee
               o Ek hou van spoed.
            (Enige aanvaarbare antwoord)                                              1

 4.7        • Dit is in vetdruk/Dit is vetgedruk.
            • Dit is in donker/swart letters.
            • Dit is in hoofletters.
            • Daar is uitroeptekens/Daar is !
            (Groot letters word nie aanvaar nie.)                                     1

 4.8        Zandi hou van Facebook (sosiale media) en Mama Taxi hou
            van ŉ boek (in die hand).                                                2
                                                                                    [10]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

10                         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1           (EC/SEPTEMBER 2023)

 VRAAG 5.1

 TEKS F: ’N SKOOL WAAR DIE LIGTE NIE WIL AFSKAKEL NIE.
 [Verwerk uit Maroela Media, 31 Januarie 2023]

 VRAAG       ANTWOORD                                                                PUNT
 5.1.1       seweduisend/sewe duisend                                                  1

 5.1.2       Niemand kon dit afskakel nie./Niemand kon dit afgeskakel het
             nie.                                                                       1

 5.1.3       • Re-ke-naar-fout
             • Re/ke/naar/fout
             • Re+ke+naar+fout
             (Enige EEN. Die verdeling moet volledig wees. Aanvaar ook as
             rekenaarfout met klein letter geskryf is.)                                 1

 5.1.4       einde                                                                      1

 5.1.5       • Dit kos die belastingbetaler nie baie geld nie.
             • Dit kos nie die belastingbetaler baie geld nie.
             (Enige een)                                                                1

 5.1.6       per                                                                        1

 5.1.7       Hulle wou nie die rekenaarbediener herstel nie omdat die
             maatskappy onder nuwe bestuur geplaas is.                                  1

 5.1.8       broodnodige
             (sp)                                                                       1

 5.1.9       TV
             (Hoofletters sonder ŉ punt.)                                               1

 5.1.10      aanbieder
             (sp)                                                                       1

 5.1.11      Gloeilampe is deur onderwysers in klaskamers verwyder.
             (Indien die kandidaat geverwyder skryf, verbeur hy/sy die punt.)           1

 5.1.12      Dit is ŉ poging om krag te bespaar.                                        1

 5.1.13      duurder
             (sp)                                                                       1

 5.1.14      hulle                                                                      1

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2023)             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                      11

 VRAAG 5.2

 TEKS G: PRENT
 [Verwerk uit https://rb.gy/hpvj6q]

  VRAAG                                   ANTWOORD                                PUNT

 5.2.1          hanswors/nar/harlekyn                                               1

 5.2.2          verwelkom                                                           1

 5.2.3          Die kulkunstenaar het vandag ŉ haas vinnig uit sy hoed getrek.      1

 5.2.4          springende
                (sp)                                                                1

 5.2.5          balletjie
                (sp)                                                                1

 5.2.6          seeleeu                                                             1
                                                                                   [20]

                                                        TOTAAL AFDELING C:          40
                                                            GROOTTOTAAL:            80

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

## Related documents

- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2023/7f6db4f4-3355-49ea-8d80-d260b19660e0) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 MEMO GR12 SEPT 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-memo-gr12-sept-2021/b41a1f22-f1e3-4fc2-bc89-f59dbd7a7811) — Afrikaans FAL · Memo · 2021 · Afr
- [Afrikaans EAT V3 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v3-memo/12f32baf-763b-42f2-bf2f-172e2b185537) — Afrikaans FAL · Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans EAT V2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v2-memo/8057dd7e-0cc4-42b8-aa2e-eea5259b10ce) — Afrikaans FAL · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-qp-sept2024/83184aba-b793-4289-94bf-4aa5eb852531) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 Afrikaans P2 (FAL) 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-afrikaans-p2-fal-2024-question-paper/7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2024/18189e63-b80d-4773-b7b0-d85b065c5658) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/0feff6b0-aa5f-4380-acf0-f06343bc22d3) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/09c32e3a-6e0c-4c06-aec3-b0b54a251f21) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans P2 (FAL) 2021 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-fal-2021-qp/46a5b8c1-2aa3-4621-aa5c-0325e2c4a129) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
