# Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2022, 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-qp-sept2022/d784c6dd-bf8b-4aa0-a1d3-d7f244556eb4
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-qp-sept2022/d784c6dd-bf8b-4aa0-a1d3-d7f244556eb4)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                               GRAAD 12

                       SEPTEMBER 2022

       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1

PUNTE:   80

TYD:     2 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1         (EC/SEPTEMBER 2022)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

     AFDELING A:       Leesbegrip (VRAAG 1)                               (30)
     AFDELING B:       Opsomming (VRAAG 2)                                (10)
     AFDELING C:       Taal (VRAAG 3, 4, en 5)                            (40)

2.   Lees AL die instruksies deeglik deur.

3.   Beantwoord AL die vrae.

4.   Begin elke VRAAG op ŉ NUWE bladsy.

5.   Trek ŉ streep na elke afdeling.

6.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik is.

7.   Laat ŉ reël na ELKE antwoord oop.

8.   Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

9.   Aanbevole tydsindeling:

     AFDELING A:       50 minute
     AFDELING B:       30 minute
     AFDELING C:       40 minute

10. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                              3

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1: ARTIKEL

Lees die onderstaande artikel goed deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS A

                                  WA-WAI SO
                             Van ZERO tot HELD!

1    Wa-Wai So, of meer bekend as magic kid, is
     ŉ bekende naam in Hong Kong.

2    Wa-Wai is in 1981 gebore. Hy het met
     geboorte reeds geelsug (jaundice) en                                                  5
     hemolitiese geelsug gehad. Dit het tot
     serebraal gestremdheid gelei. Dit het sy
     gehoor en beheer oor sy bene en arms
     beïnvloed. Op ŉ stadium wou Wa-Wai se ma
     hom en daarna haarself doodmaak omdat hy
     nie kon loop nie. Net toe sy besluit het om dit                                     10
     te doen, het hy breed vir haar geglimlag. Hy
     het toe opgestaan en op 4-jarige ouderdom sy eerste tree gegee.

3    Sy ma se ondersteuning, aanmoediging en vertroue het Wa-Wai die
     vrymoedigheid gegee om te doen wat niemand gedink het hy ooit sou kon               15
     regkry nie. Nadat hy begin loop het, het hy besef hy hardloop vinniger as baie
     nie-gestremde kinders in die woonstelblok waar hy gebly het. Sy ma het hom
     van toe af bly motiveer om te hardloop. Sy het hom aangemoedig om nooit
     op te gee nie en altyd net weer en weer te probeer, vinniger en vinniger.

4    Omdat Wa-Wai self ook baie van hardloop gehou het, het hy baie gaan kyk             20
     hoe kinders oefen. Op 10-jarige ouderdom het ŉ afrigter, Poon Kin Lui, hom
     raakgesien toe hy op die baan gehardloop het om die atlete van nader te
     sien. Kin Lui het hom geleer om op basiese tegnieke te fokus en om dit oor
     en oor te herhaal tot hy dit perfek kon doen. Kin Lui het later ook Wa-Wai se
     beste vriend geword.                                                                25

5    Wa-Wai se ma het hom aan mnr. Fong voorgestel. Fong het hom begin afrig
     en in 1996 het hy op 15-jarige ouderdom aan sy eerste Paralimpiese Spele
     in Atlanta deelgeneem. Hier het hy geleer hoe om met ander mense te
     kommunikeer. Hy en sy spanmaats het baie konflik gehad omdat hulle elkeen
     hul eie probleme gehad het, maar dit het veroorsaak dat hulle mekaar se             30
     probleme begin verstaan het. Dit het tot beter spanwerk gelei wat uiteindelik
     die sleutel tot hul sukses in die aflosse was. Hier het hy ook ŉ goue medalje
     ontvang.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                           (EC/SEPTEMBER 2022)

    6    Wa-Wai se sportloopbaan het van krag tot krag gegaan. Toe sy pa in ŉ
         ongeluk betrokke was, het dit veroorsaak dat Wa-Wai moes gaan werk. Hy                              35
         het daarom baie van die oefensessies vir die Beijing Paralimpiese Spele
         misgeloop.

    7    Dinge het nie baie goed vir Wa-Wai gelyk nie. Daar het verskillende dinge
         gebeur wat hom omgekrap het. Sy ma het begin om borge vir Wa-Wai te
         soek sodat hy minder ure by die koerier-maatskappy hoef te werk. Wa-Wai                             40
         het sy ma beskuldig dat sy hom wou misbruik vir geld. Sy ma het ook vir
         hom gesê dat sy weet hy het gevoelens vir afrigter Fong se dogter, Gill. Toe
         hy met Gill praat, het sy gesê sy sien hom slegs as ŉ vriend. Dit het
         veroorsaak dat sy verhouding met sy ma verder versleg het.

    8    Afrigter Fong het hom ook harder gedruk om hom fisies en emosioneel voor                            45
         te berei vir die Spele. Maar al die dinge wat gebeur het, het Wa-Wai baie
         erg geraak en hy was nie emosioneel gereed om aan dié Spele deel te neem
         nie.

    9    Hy het besluit om tog te gaan en in die eerste wedloop brons verwerf, maar
         in die tweede het hy sesde geëindig. Hy het besef sy ma was nie by hom
         om                                                                                                  50
         hom te ondersteun nie. Ten spyte van die konflik het sy ma besluit om
         Beijing toe te gaan. Met die derde wedloop het sy ma vir hom by die wenpaal
         gewag. Wa-Wai het met hierdie wedloop ŉ wêreldrekord geslaan. Haar
         teenwoordigheid het hom die moed en wil gegee om alles te gee om te wen.
         Hierdie was maar net die begin van Wa-Wai se loopbaan as sportheld.                                 55

    10   Wa-Wai het na 20 jaar as ŉ professionele Paralimpiese atleet uitgetree
         nadat hy aan vyf Paralimpiese Spele deelgeneem en 12 medaljes verower
         het. Dit sluit ses goud, drie silwer en drie brons in. Hy werk tans vir die Hong
         Kong Paralimpiese Raad.

    11   China se bekende atleet, Su Bingtian, het gesê dat nie-gestremde atlete wat                         60
         aan die Olimpiese Spele deelneem net ŉ atleet se fisiese prestasie toets.
         Die Paralimpiese Spele toets ŉ atleet se emosionele én fisiese prestasie.
         Volgens haar moet die Paralimpiese Spele ook nie as ŉ onderdeel van die
         Olimpiese Spele gesien word nie. Toeskouers kyk met deernis hoe
         Paralimpiese atlete hulle beperkinge oorkom. Dit maak van die Paralimpiese                          65
         Spele meer as net die wen van ŉ medalje.

                            [Saamgestel en verwerk uit https://bit.ly/3eCW6Kk; https://bit.ly/3pEwlQ7;
            https://bit.ly/3sOFBTB; https://bit.ly/3zaKUOo; https://www.paralympic.org/wa-wai-so; i;
                                                          https://bit.ly/3zeMIGi; https://bit.ly/3ezdak7]

    LET WEL:
    • Beantwoord AL die vrae.
    • Skryf net die vraagnommer en die antwoord neer.

    1.1 Wat was Wa-Wai So se bynaam?                                                                        (1)

    1.2 Verduidelik wat ŉ professionele atleet is.                                                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)        AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                           5

1.3     Wat het veroorsaak dat Wa-Wai serebraal gestremd is?                             (1)

1.4     Wat was die gevolge van serebraal gestremdheid op Wa-Wai se lewe?
        Noem EEN gevolg.                                                                 (1)

1.5     Hoekom wou Wa-Wai se ma haarself en hom doodmaak?                                (1)

1.6     Kies die korrekte antwoord uit dié tussen hakies:

        Mev. So het hulle nie doodgemaak nie omdat Wa-Wai (vir haar geglimlag/
        opgestaan en geloop) het.                                                        (1)

1.7     Sê in jou eie woorde waarom die volgende stelling WAAR is.

        Wa-Wai het sy ma vertrou ten spyte daarvan dat sy hom wou doodmaak.              (1)

1.8     Wat was die verskil tussen Wa-Wai en baie van die kinders in die
        woonstelblok?                                                                    (1)

1.9     Wat, dink jy, was die gevolg van Poon Kin Lui se afrigtingstegniek op Wa-
        Wai se lewe?                                                                     (1)

1.10    Sê waarom die volgende stelling ONWAAR is. Haal ŉ sin uit paragraaf 5 aan
        om jou antwoord te motiveer.

        Wa-Wai kon van kleinsaf lekker met mense gesels.                                 (1)

1.11    Wat het Wa-Wai en sy spanmaats in gemeen gehad?                                  (1)

1.12    Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die
        vraagnommer (1.12) neer.

        Wat beteken die idioom: Sleutel tot sukses?

        A     Dit is die begin van jou lewe.
        B     Jy kry die sleutel as jy 18-jaar oud word.
        C     Dit maak sukses moontlik.
        D     Dit los ŉ geheim of ŉ raaisel op.                                          (1)

1.13    Gee DRIE redes waarom Wa-Wai nie goed vir die Beijing Paralimpiese
        Spele voorbereid was nie.                                                        (3)

1.14    Hoe weet ons dat dit die regte ding vir Wa-Wai emosioneel was dat sy ma
        na die Beijing Spele gereis het? Haal ŉ sin uit paragraaf 9 as jou antwoord
        aan.                                                                             (1)

1.15    Wat leer ons uit Wa-Wai en sy ma se verhouding met mekaar?                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1              (EC/SEPTEMBER 2022)

1.16    Kies die korrekte antwoord uit KOLOM B wat by die naam in KOLOM A
        pas. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.16.1 tot 1.16.3)
        neer, byvoorbeeld 1.16.4 E.

                 KOLOM A                                KOLOM B
        1.16.1   Kin Lui               A    Beijing

        1.16.2   Su Bingtian           B    Lewenslange vriend

        1.16.3   1ste goue medalje     C    Olimpiese atleet

                                       D    Atlanta
                                                                             (3 x 1)     (3)

1.17    Waarom kan ons sê dat die sub-titel en Wa-Wai se bynaam goed by die
        inhoud van die teks pas? Verwys na zero, held en die bynaam in jou
        antwoord.                                                                        (3)

1.18    Volgens paragraaf 11 toets die Olimpiese Spele net ŉ atleet se fisiese
        prestasie. Hoe verskil die Paralimpiese Spele hiervan?                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                                 7

 TEKS B: VISUELE TEKS

                                                [Bron: Entertainment Software Association]

 1.19   Hoekom is die volgende stelling ŉ MENING en nie ŉ FEIT nie?

        Die hele wêreld is mal oor videospeletjies.                                           (1)

 1.20   In watter ouderdomsgroep speel meer vroue as mans videospeletjies?                    (1)

 1.21   Hoe weet ons dat mense wat videospeletjies speel, eerder met vriende as
        met hulle ouers speel? In jou antwoord moet jy na vriende en na ouers
        verwys.                                                                               (2)

 1.22   Hoe kan ons visueel sien dat die aankope van videospeletjies meer word?               (1)

 1.23   Watter genre videospeletjie is die derde populêrste?                                  (1)

                                                             TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                        AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                      (EC/SEPTEMBER 2022)

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2: INSTRUKSIES

Lees die teks hieronder deur en voer die instruksies uit.

• Skryf die SEWE maniere hoe om STRES EN ANGS IN JOU LEWE TE
  VERMINDER, puntsgewys neer.
• Nommer die feite van 1 tot 7.
• Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
• Skryf sover moontlik in jou EIE VOLSINNE.
• Dui die korrekte getal woorde aan die einde van die opsomming aan.

TEKS C

                     VERMINDER STRES EN ANGS IN JOU LEWE!

Stres is ŉ algemene verskynsel. Tot 70% volwassenes in die VSA ervaar stres en
angs. Hier is wenke om jou te help ontspan.

Die belangrikste is om daagliks te oefen. Sodra jy oefen, stel jou liggaam endorfiene
vry wat jou laat beter voel, lekker slaap en wat jou meer selfvertroue gee om jou
dag aan te pak.

Kitskos en wegneemetes het net nie genoeg voedingswaarde nie en dit veroorsaak
stres en angs. Soms is dit ook nodig om goeie aanvullings soos Omega 3, groentee
en multi-vitamiene te gebruik. Om ŉ kersie te brand is nie net romanties nie.
Gegeurde essensiële oliekerse kan jou stres en angs verminder. Laventel, wierook
en lemoenbloeisel is maar net ŉ paar bekende olies van aeromaterapie.

Om tyd saam met jou vriende deur te bring, is kosbaar. Dit gee jou ŉ gevoel van
veiligheid wat jou laat ontspan en sommer ook lekker laat lag en huil. Lag is daarom
baie belangrik, want hoe meer jy lag, hoe meer ontspan jy en hoe minder dink jy aan
jou probleme

Wanneer mens oorweldig voel, bou jy stres en angs op. Leer om nee te sê vir
onnodige dinge as daar te veel van jou gevra word. Leer en aanvaar ook drukkies
van ander mense, want positiewe aanraking verlaag jou bloeddruk en hartklop en
het die teenoorgestelde uitwerking as stres wat bloeddruk en hartklop verhoog.

                        [Aangepas uit https://www.healthline.com/16-ways-relieve-stress-anxiety]

                                                                   TOTAAL AFDELING B:              10

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                                9

AFDELING C: TAALKONVENSIES EN -STRUKTURE

VRAAG 3: ADVERTENSIE

• Die taalvrae wat volg, is op die advertensie hieronder gebaseer.
• Die nommering in die advertensie verwys na die vraagnommer wat beantwoord
  moet word.
• Voer die instruksie by elke vraag uit.

TEKS D

                                                    [Bron: http://www.kimtruong.work/ooh]

3.1    Watter boodskap probeer die adverteerder met die gestremde mense op die
       verskillende ikone oordra?                                                           (1)

3.2    Wat is die SLAGSPREUK van die advertensie?                                           (1)

3.3    Na watter ENGELSE WOORD verwys die een sterretjie (*) in die advertensie?            (1)

3.4    Wie is die teikenmark van die advertensie?                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1            (EC/SEPTEMBER 2022)

 3.5    Kies die korrekte VERKLARING vir die woord tussen hakies.

        Met ŉ (effense) draai van die bekende ikoon nooi ons mense uit om hul
        kreatiwiteit te wys, beteken (dat daar min verandering is/redelike
        verandering is).                                                                (1)

 3.6    Hoekom word Paralimpiese Spele 2020 groter geskryf?                             (1)

 3.7    Kies die KORREKTE WOORD uit dié tussen hakies.

        Die Suid-Afrikaanse swemmers dra elkeen ŉ goue (swempet/swemkep).               (1)

 3.8    Hoekom, dink jy, is die woord dis in disable deurskynend?                       (1)

 3.9    Waarom gebruik die adverteerder voornaamwoorde soos jy, jou en ons in
        die teks?                                                                       (1)

 3.10 Wat dink jy is die funksie van ALLITERASIE in die volgende sin?

        Gestremdhede word wêreldwyd waargeneem.                                         (1)
                                                                                       [10]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                              11

 VRAAG 4: STROKIESPRENT

 • Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent hieronder gebaseer.
 • Voer die instruksies by elke vraag uit.

 TEKS E

                                                                  [Bron: https://bit.ly/3ArOtSF]

 4.1 Wat is die verskil tussen Ma Flagston en Pa Flagston se ‘somerspele’?                  (2)

 4.2 Hoe weet ons dat Pa Flagston reeds baie vroeg by die huis weg is?                      (1)

 4.3 Hoekom verwys die strokie net na ŉ damesmaraton?                                       (1)

 4.4 Watter soort oefeninge doen die ma?                                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1               (EC/SEPTEMBER 2022)

 4.5   Hoe kan ons uit die mense wat die huis wil koop se liggaamstaal sien dat
       hulle ongelukkig is dat Ma Flagson laat is?                                        (1)

 4.6   Hoe weet ons dat die kind pas uit die bad gekom het?                               (1)

 4.7   Kyk na al die raampies. Wat doen die ma wat wys dat sy baie dinge het om
       te doen?                                                                           (1)

 4.8   4.8.1   Skryf die volgende sin in die LYDENDE VORM.

               Die kinders eet gebrande kos.                                              (1)

       4.8.2   Skryf die sin oor in die INDIREKTE REDE.

               Ma skree vir John: “Jy mors orals water in die badkamer!”                 (1)
                                                                                        [10]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)        AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                                13

 VRAAG 5: ARTIKEL EN PRENT

 • Die taalvrae wat volg, is op die artikel (TEKS F) en die prent (TEKS G) hieronder
   gebaseer.
 • Die nommering in die artikel verwys na die vraagnommer wat beantwoord moet
   word.
 • Opsetlike taalfoute kom voor.
 • Voer die instruksies by elke vraag uit.

 Lees die artikel en beantwoord die vrae.

 VRAAG 5.1

 TEKS F: ARTIKEL

                       CHRIS WADDELL TAKEL KILIMANDJARO

 5.1.1) (Klim Kilimandjaro) is vir ŉ nie-
 gestremde ŉ prestasie.

 Vir Chris Waddell, ŉ parapleeg, was dit die
 (5.1.2) (groot) uitdaging.

 Waddell het (5.1.3) (in ŉ ski-ongeluk/sy
 rug/in die laat 1980's) gebreek, maar het later
 ŉ kampioen Paralimpiese atleet geword.

 (5.1.4) (Hy het besluit om Kilimandjaro te klim. Hy het na 11 jaar as lid van die
 Amerikaanse Gestremde Ski-span uitgetree.)

 (5.1.5) (Waddell reis in 2009 na Tanzanië waar hy die 5,894.8 meter berg
 aangedurf het.)

 Sy (5.1.6) (doel) was om die eerste parapleeg te word om Kilimandjaro te klim.
 Hy het die krag van sy hande, arms en bolyf gebruik om die pedale te draai om ŉ
 spesiale vierwiel "handfiets" (5.1.7) (agtertoe) te beweeg.

 Om na Waddell se (5.1.8) (bult) triseps te kyk, laat my soos ŉ (5.1.9) (swak) voel.

 Waddell se stigting, One Revolution, fokus om nie-gestremdes se indrukke van
 gestremdes te (5.1.10) (change).

 Hulle voer (5.1.11) (elke dag) ŉ stryd teen die samelewing.

 As jy na Waddell in sy rolstoel kyk, sou jy nooit kon dink dat hy (5.1.12) (met+dit)
 ŉ berg kon klim nie.

 Hy het in totaal (5.1.13) (13) medaljes as Paralimpiese atleet gewen.
 (5.1.14) (Elke dag is vir gestremdes ŉ uitdaging).

                                                     [Aangepas uit https://cutt.ly/8UQ7rea]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1              (EC/SEPTEMBER 2022)

5.1.1    Skryf die gedeelte tussen hakies in die korrekte INFINITIEF oor.

         (Klim Kilimandjaro) is selfs vir ŉ nie-gestremde ŉ prestasie.                    (1)

5.1.2    Skryf die woord tussen hakies in die OORTREFFENDE TRAP.

         Vir Chris Waddell, ŉ parapleeg, was dit die (groot) uitdaging.                   (1)

5.1.3    Skryf die gedeelte tussen hakies in die korrekte WOORDORDE.

         Waddell het (in ŉ ski-ongeluk/sy rug/in die laat 1980’s) gebreek, maar
         het later ŉ kampioen Paralimpiese atleet geword.                                 (1)

5.1.4    Verbind die volgende twee sinne met die VOEGWOORD tussen hakies.

         Hy het besluit om Kilimandjaro te klim. Hy het na 11 jaar as lid van die
         Amerikaanse Gestremde Ski-span uitgetree. (nadat)                                (1)

5.1.5    Skryf die sin korrek oor in die VERLEDE TYD.

         Waddell reis in 2009 na Tanzanië waar hy die 5 894,8 meter berg
         aangedurf het.                                                                   (1)

5.1.6    Gebruik die HOMONIEM van 'doel' in ŉ verklarende sin.                            (1)

5.1.7    Gee die ANTONIEM van die woord tussen hakies.

         Hy het die krag van sy hande, sy arms en sy bolyf gebruik om die pedale
         te draai om op ŉ spesiaal ontwerpte vierwiel ‘handfiets’ (agtertoe) te
         beweeg.                                                                          (1)

5.1.8    Vorm ŉ TEENWOORDIGE DEELWOORD van die werkwoord tussen
         hakies.

         Net om na Waddell se (bult) triseps te kyk, het my swak laat voel.               (1)

5.1.9    Vorm ŉ PERSOONSNAAM van die woord tussen hakies.

         Net om na Waddell se triseps te kyk, laat my soos ŉ (swak) voel.                 (1)

5.1.10   Gee die KORREKTE AFRIKAANS vir die woord tussen hakies.

         Waddell se stigting, One Revolution, se fokus is om nie-gestremdes se
         indrukke van gestremdes te (change).                                             (1)

5.1.11   Gee EEN WOORD vir die woorde tussen hakies.

         Hulle voer (elke dag) ŉ stryd teen die samelewing.                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)        AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                             15

 5.1.12    Gee die korrekte BETREKLIKE VOORNAAMWOORD vir die woorde
           tussen hakies.

           As jy na Waddell in sy rolstoel kyk, sou jy nooit kon dink dat hy (met+dit)
           ŉ berg kon klim nie.                                                             (1)

 5.1.13    Skryf die GETAL 13 as ŉ woord.                                                   (1)

 5.1.14    Skryf die gedeelte tussen hakies in die ONTKENNENDE VORM.

           (Elke dag is vir gestremdes ŉ uitdaging) soos om by die see te stap.            (1)
                                                                                          [14]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                 (EC/SEPTEMBER 2022)

 VRAAG 5.2

 TEKS G

                                                 [Bron: http://bit.ly/3nEAbYO]

 5.2.1   Verbeter die TAALFOUT in die volgende sin.

         Hy was baie trots op Milla wanneer hy saam met haar gehardloop het.                  (1)
 5.2.2   Vul die ontbrekende LEESTEKEN in. Skryf die hele sin oor en onderstreep
         die leesteken.
         Milla hardloop saam met haar pa want sy kan nie sien nie.                            (1)

 5.2.3   Verander die volgende sin in ŉ SPESIFIEKE VRAAGSIN. Die
         onderstreepte gedeelte moet die antwoord wees.
         Milla oefen baie hard.                                                               (2)

 5.2.4   Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

         Die FIGUURLIKE betekenis van ŉ blinde kan nie ŉ ander blinde lei nie,
         is dat (ŉ mens wat niks weet nie, nie ŉ ander mens kan lei wat niks weet
         nie/ŉ mens wat niks weet nie, nie ŉ ander mens kan lei wat iets weet nie).           (1)

 5.2.5   Gee die INTENSIEWE VORM van die woord tussen hakies.

         Nadat Milla ŉ rekord geslaan het, het sy (beroemd) geword.                           (1)
                                                                                              [6]

                                                           TOTAAL AFDELING C:                 40
                                                               GROOTTOTAAL:                   80

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

## Related documents

- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2022 Deaf](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2022-deaf/48a74464-ecb5-4f1f-b140-12d7ffdc2ea4) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-may-june-2022/8bcbc36a-8ff9-4ba3-9090-8c832b8fda5f) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2022/4a28869c-bdc7-48b3-9f29-cfa7ca31cc7d) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [Gr12 Afrikaans P2 (FAL) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-afrikaans-p2-fal-sep-2022-question-paper/80eb0dce-35fb-474b-aba8-bf1e19091f30) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May-June 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2022/f9577f6c-1445-4aca-91cc-19411cb3d2f1) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [AfrIkaans FAL P3 May-June 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-may-june-2022/8d6588ce-2e15-480e-ab36-4e31cf4340ac) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
