# Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023, 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-qp-sept2023/464e635d-666a-408f-b9ea-b7c91712c7de
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-qp-sept2023/464e635d-666a-408f-b9ea-b7c91712c7de)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                   SENIORSERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                   SEPTEMBER 2023

       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1

PUNTE:   80

TYD:     2 uur

                 Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

### Page 2

2                      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1         (EC/SEPTEMBER 2023)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

      AFDELING A:      Leesbegrip (VRAAG 1)                              (30)
      AFDELING B:      Opsomming (VRAAG 2)                               (10)
      AFDELING C:      Taal (VRAAG 3, 4, en 5)                           (40)

2.    Lees AL die instruksies deeglik deur.

3.    Beantwoord AL die vrae.

4.    Begin elke VRAAG op ŉ NUWE bladsy.

5.    Trek ŉ streep na elke afdeling.

6.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

7.    Laat ŉ reël na ELKE antwoord oop.

8.    Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

9.    Beplan jou tyd só:

      AFDELING A:      50 minute
      AFDELING B:      20 minute
      AFDELING C:      50 minute

10.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2023)        AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                               3

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1: ARTIKEL

Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS A

                               BAKEN VAN HOOP

1                                               Dis ŉ verhaal wat ŉ mens
                                                inspireer – ŉ skool op die Kaapse
                                                Vlakte wat twaalf jaar gelede as
                                                ‘disfunksioneel’ beskou is, maar
                                                deesdae ŉ baken van hoop in ŉ            5
                                                arm gemeenskap is. Omdat die
                                                gemeenskap       swak      sosio-
                                                ekonomiese       omstandighede
                                                het, word kinders by West End
                                                primêr in Lentegeur, Mitchells           10
                                                Plain, van skoolgeld vrygestel.

2      Omdat die hoof ŉ visie gehad het en die onderwysers baie ekstra gedoen
       het, is die skool in 2022 gekies as een van die top tien skole in die wêreld
       wat moeilike omstandighede oorkom het.

3      Dis nie ŉ klein prestasie nie. Meer as 300 000 skole het ingeskryf vir hierdie    15
       nuwe kompetisie, wat deur T4-Education aangebied word. Hier is die beste
       skole in die wêreld in vyf verskillende kategorieë aangewys.

4      West End primêr het sy deure in 1982 as die 22ste skool van 85 skole in
       Mitchells Plain oopgemaak. Teen 2010 was daar min of meer 1 100
       leerders. Ten spyte van die baie uitdagings het dit oor die jare presteerders     20
       op verskillende gebiede gehad – selfs ŉ NASA-wetenskaplike.

5      In 2010 is dit disfunksioneel verklaar omdat daar bakleiery onder ŉ klein
       groepie onderwysers was wat senior onderwysposte by die skool wou hê.

6      Mnr. Clive Arries het in dieselfde jaar skoolhoof geword. Die skool se
       finansies was so sleg dat hy selfs papier by ander skole moes ‘leen’ sodat         25
       die leerders eksamen kon skryf. Die skoolterrein het ook soos sandduine
       by die see gelyk.

7      Al was daar ŉ donker skadu oor die skool, was die gemeenskap steeds
       lojaal teenoor die skool omdat die meeste onderwysers net hul werk wou
       doen.                                                                              30

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

4                       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                   (EC/SEPTEMBER 2023)

8      Mnr. Arries het besef dat die onderwysers die belangrikste hulpbron is en
       hy het hulle begin inspireer. Hy sê: “Aan die einde van die dag het die
       kreatiwiteit en harde werk van my kollegas die disfunksionele skool in ’n top
       skool verander.” Deesdae wil mense weet of West End ŉ privaatskool is
       omdat dit so netjies is. Teen die heining is ŉ bord vasgesit wat sê: “Hierdie          35
       is ŉ gemorsvrye skool,” en dit word streng toegepas.

9      Die skool het hard gewerk en fondse is ingesamel. Hiermee is vier
       addisionele klaskamers en ŉ rekenaarklas gebou. Die ou personeelkamer
       is in ŉ mediasentrum verander. Die nuwe personeelkamer word selfs deur
       die Wes-Kaapse Onderwysdepartement vir funksies gebruik. Dit word                      40
       naweke ook vir byvoorbeeld troues en verjaarsdae uitverhuur.

10     Daar is ook begin om die leerders op
       verskillende maniere buite die klas te
       stimuleer. Hulle word elke jaar na twee
       nuwe en vreemde plekke geneem waar
       hulle nog nie was nie. Só leer hulle die                                               45
       Wes-Kaap ken. Onderwysers neem
       hulle saam om te gaan stap, berg te
       klim en selfs te snorkel. Hulle kan
       toneelspeel, in ŉ koor sing, kuns neem                                                50
       en kodeer.

11     Daar word ook baie vir die gemeenskap gedoen. Van die programme wat
       aangebied word, is Grandparent Appreciation Day waar oumas en oupas ŉ
       maaltyd kry. Hulle kry ook ŉ gratis oogtoets en ŉ gratis bril in samewerking
       met ŉ gekwalifiseerde oogkundige.                                                      55

12     Die Loukmaan en Emo Adams Show, ŉ konsertfees wat jaarliks oor 3 dae
       strek, word deur die skool aangebied.

13     Daar is ook individue en besighede wat al ŉ ruk lank die skool help.
       Read2Rise bied jaarliks die Cape Flats Book Festival by die skool aan.

14     Die afgelope paar jaar was daar geen ernstige dissiplinêre probleme by die            60
       skool nie. “Ons het sommer op ŉ Saterdagoggend ŉ vergadering met die
       ouers as leerders se gedrag verswak,” sê mnr. Arries. Hy glo ook aan
       tweede kanse en sê hy kan sien dat leerders dit waardeer. Hulle sukses
       kan ook in hul uitslae gesien word en die slaagsyfer verbeter elke jaar.

15     Daar word ook nie opgehou droom nie. Vanaf hierdie jaar gaan West End                 65
       primêr saam met Wellington vaardigheidskool werk sodat leerders ook
       ander vakke en vaardighede (skills) kan leer. Leerders met
       leergestremdhede sal die nodige hulp kry. Maatskaplike ondersteuning sal
       ook beskikbaar wees.

16     Mnr. Arries voel ŉ gemeenskap se omstandighede hoef nie ŉ skool se                    70
       toekoms te bepaal nie. “Ons is die kaptein van ons eie skip. Elkeen van
       ons leerders verdien om die beste te kry.”

                                       [Saamgestel en verwerk uit Kuier, 19 Januarie 2023]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2023)        AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                              5

LET WEL:
• Beantwoord AL die vrae.
• Skryf net die vraagnommer en die antwoord neer.

1.1     Waar is die West End primêre skool geleë?                                           (1)

1.2     Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
        vraagnommer en antwoord neer.

        Die kinders word van skoolgeld vrygestel.

        Dit beteken (hulle betaal glad nie skoolfooie nie/hulle betaal min skoolfooie).     (1)

1.3     Watter prestasie het West End primêre skool in 2022 behaal?                         (1)

1.4     Gee ŉ voorbeeld van moeilike omstandighede waarmee die skool
        gekonfronteer is. (Paragraaf 1)                                                     (1)

1.5     Wanneer, dink jy, is ŉ skool disfunksioneel?                                        (1)

1.6     Teen 2010 was daar min of meer 1 100 leerders.

        Motiveer waarom hierdie stelling ŉ MENING is.                                       (1)

1.7     Haal SES OPEENVOLGENDE WOORDE uit paragraaf 5 aan om die
        volgende stelling as ONWAAR te bewys.

        In 2010 was daar baie bakleiery onder die kinders.                                  (1)

1.8     Kies die korrekte datum uit KOLOM B wat by die gebeurtenis in KOLOM A
        pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (1.8.1 tot 1.8.4)
        neer, byvoorbeeld 1.8.5 F.

                         KOLOM A                                KOLOM B
        1.8.1    Mnr. Arries word skoolhoof            A     2010

        1.8.2    West End primêr se eerste jaar        B     2023

        1.8.3    Die skool presteer                    C     1982

        1.8.4    Die skool werk saam met               D     2022
                 Wellington vaardigheidskool

                                                       E     2020
                                                                                (4 x 1)     (4)

1.9     Noem TWEE probleme wat mnr. Arries gehad het toe hy by die skool
        aangestel is. Gebruik jou eie woorde. (Paragraaf 6)                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

6                         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1           (EC/SEPTEMBER 2023)

1.10    Al was daar ŉ donker skadu oor die skool was die gemeenskap steeds
        lojaal. (Paragraaf 7)

        1.10.1       Word die onderstreepte gedeelte KONNOTATIEF of DENOTATIEF
                     gebruik?                                                  (1)

        1.10.2       Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.10.1.                             (1)

1.11    Hoekom, dink jy, is dit tot die skool se voordeel dat daar sulke goeie
        samewerking tussen West End primêr en die gemeenskap in Lentegeur is?           (1)

1.12    Wat het die onderwysers gedoen om van die skool ’n modelskool te maak?
        Noem TWEE feite.                                                                (2)

1.13    West End primêr kan as ŉ goeie voorbeeld vir ander disfunksionele skole
        voorgehou word. Motiveer die stelling.                                          (1)

1.14    Noem EEN positiewe verandering wat oor die jare aan die skoolgebou
        aangebring is.                                                                  (1)

1.15    Read2Rise bied jaarliks die Cape Flats Book Festival by die skool aan.

        Waaroor gaan hierdie fees?                                                      (1)

1.16    “Leerders met leergestremdhede sal die nodige hulp kry.” (Paragraaf 15)

        Waarom is dit belangrik dat leerders wat akademies sukkel ekstra hulp moet
        ontvang? Gee TWEE moontlike redes.                                              (2)

1.17    Watter les kan ander skoolhoofde in Suid-Afrika by mnr. Arries leer?            (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2023)        AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                                7

TEKS B: VISUELE TEKS

                                                              [Bron: https://rb.gy/tjam8y]

1.18     Watter produk het die tweede hoogste styging in prys gewys gedurende die
         periode wat gemeet is?                                                              (1)

1.19     Watter produk het die minste in daardie tyd opgegaan?                               (1)

1.20     In watter maand toon lemoene ŉ besonder hoë prysstyging?                            (1)

1.21     Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

         Verbruikers wat geld wil bespaar, sal (bruinbrood/witbrood) koop.                   (1)

1.22     Hoekom word daar van prentjies in hierdie visuele teks gebruik gemaak?              (1)

1.23     Suid-Afrikaners word moedeloos met die skerp stygings in kospryse.

         Dink jy hulle het rede om moedeloos te voel? Motiveer jou antwoord.                 (1)

                                                            TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

8                       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                   (EC/SEPTEMBER 2023)

AFDELING B: OPSOMMING

Lees die teks hieronder deur en voer die instruksies uit.

VRAAG 2

Jy wil graag minder krities teenoor jouself wees.

•   Skryf die SEWE maniere hoe om SELFKRITIEK TE BEHEER, puntsgewys neer.
•   Nommer die feite van 1 tot 7.
•   Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
•   Skryf sover moontlik in jou EIE VOLSINNE.
•   Dui die korrekte getal woorde aan die einde van die opsomming aan.

TEKS C

                              BEHEER SELFKRITIEK

Ons móét oor ons lewe dink, maar onnodige selfkritiek breek jou selfbeeld af en kan
selfs tot depressie lei. Die Kaapse sielkundige, Rosa Bredenkamp, sê jy het elke dag
sowat 60 000 gedagtes en dus 60 000 kanse om jou selfbeeld op te bou of af te
breek. Die Johannesburgse berader, Belinda Gruenbaum, sê jy moet jou binne-
stemmetjie as ŉ vriend en nie ŉ vyand sien nie. Hier volg haar wenke.

Baie mense gee nie om wat hulle sê nie. Jou familie en beste vriende gee jou baie
raad. Aanvaar net positiewe raad en ignoreer die res. Wees voorbereid: leer ken jou
innerlike kritikus sodat jy weet watter plek, tye of gebeure selfkritiek veroorsaak. As
jy die patroon van negatiewe gedagtes ken, kan jy dit makliker beheer.

Die oomblik dat jy bewus raak van negatiewe gedagtes behoort jy op iets anders te
fokus. Negatiewe stellings soos: ‘Ek maak altyd droog’ of ‘Dit gebeur elke keer’ is
nie goed vir jou gemoed nie. Vervang dit liefs met positiewe stellings soos: ‘As ek
hard werk, kan ek slaag’.

Wanneer jy voel dat jy deur ŉ situasie oorweldig word, is dit ŉ goeie idee om
rasioneel na die situasie te kyk. Een manier om dít te doen, is om die bewyse, dat
jy sal slaag of nie sal slaag nie, te vergelyk. Herinner jouself aan jou goeie
eienskappe en wens jouself geluk as jy ŉ situasie of taak goed hanteer het. As jy
nie jou binne-stemmetjie van negatiewe kritiek kan stilkry nie, oorweeg terapie.

                                         [Verwerk en aangepas uit Huisgenoot, 2 Junie 2022]

                                                               TOTAAL AFDELING B:             10

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2023)       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                                9

AFDELING C: TAALKONVENSIES EN -STRUKTURE

VRAAG 3: ADVERTENSIE

• Die taalvrae wat volg, is op die advertensie hieronder gebaseer.
• Die nommering in die advertensie verwys na die vraagnommer wat beantwoord
  moet word.
• Voer die instruksie by elke vraag uit.

TEKS D

                                                            [Bron: https://rb.gy/58chvu]

3.1    Wie is die teikenmark van hierdie advertensie?                                      (1)

3.2    Watter verband is daar tussen die NAAM van die versekeringsmaatskappy,
       Paws24, en die INHOUD van die advertensie?                                          (1)

3.3    Hoe verwys die adverteerder na die troeteldiere?                Gee     TWEE
       OPEENVOLGENDE woorde uit die teks as jou antwoord.                                  (1)

3.4    “Neem die byt uit veeartsrekeninge” word FIGUURLIK gebruik. Motiveer
       hierdie stelling.                                                                   (1)

3.5    Waarmee vergelyk die adverteerder Paws24-versekering?                               (1)

3.6    Watter dekking word deur al drie planne aangebied?                                  (1)

3.7    Kies die KORREKTE WOORD uit dié tussen hakies.

       Skryf slegs die vraagnommer en die antwoord neer.

       As jou bankbalans beskerm word, word jou (diere/geld) beskerm.                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

10                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1            (EC/SEPTEMBER 2023)

3.8     Gebruik die HOMONIEM van die onderstreepte woord in ŉ sin sodat die
        betekenis duidelik blyk.

        Net soos versekering mense beskerm, kan jou diere ook beskerm word.           (1)

3.9     Is Paws24-troeteldierversekering net vir honde? Motiveer jou antwoord.        (1)

3.10    Gee die KORREKTE vorm van die woord tussen hakies. Skryf SLEGS die
        nommer en jou antwoord neer.

        Net soos (medies) versekering mense beskerm, beskerm troeteldier-
        versekering diere.                                                           (1)
                                                                                    [10]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2023)       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                                 11

VRAAG 4: STROKIESPRENT

• Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent hieronder gebaseer.
• Voer die instruksies by elke vraag uit.

TEKS E

                                                              [Bron: https://bit.ly/3ArOtSF]

4.1    Skryf die sin hieronder in die INDIREKTE REDE. Gebruik OF in jou antwoord.

       Het jy onlangs ŉ goeie boek gelees?

       Begin so: Mama Taxi vra vir haar suster …                                               (1)

4.2    Verduidelik die funksie van die ellips in RAAMPIE 2.                                    (1)

4.3    In RAAMPIE 1 tot 3 neem Mama Taxi aktief aan die gesprek deel, maar vanaf
       RAAMPIE 4 verander haar houding.

       Hoe wys die kunstenaar hierdie verandering visueel?                                     (1)

4.4    Mama Taxi is ŉ woeste bestuurder.

       Motiveer waarom hierdie stelling WAAR is.                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

12                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1            (EC/SEPTEMBER 2023)

4.5   Identifiseer die HOOFWERKWOORD in die sin hieronder.

      Moet jy nie stadiger ry nie?                                                   (1)

4.6   Kyk weer na RAAMPIE 7.

      4.6.1    Watter visuele teken is daar in RAAMPIE 7 dat Zandi baie bang en
               gestres is?                                                           (1)

      4.6.2    Sou jy dieselfde as Zandi in RAAMPIE 7 reageer het?

               Motiveer jou antwoord.                                                (1)

4.7   Hoe word die kleur van die robot in RAAMPIE 7 beklemtoon?                      (1)

4.8   Hoe dink jy verskil Mama Taxi en Zandi se opinies oor wat ŉ goeie boek
      is? Verwys na beide persone in jou antwoord.                                   (2)
                                                                                    [10]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/SEPTEMBER 2023)        AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                                13

VRAAG 5: ARTIKEL EN PRENT

• Die taalvrae wat volg, is op die artikel (TEKS F) en die prent (TEKS G) hieronder
  gebaseer.
• Die nommering in die artikel verwys na die vraagnommer wat beantwoord moet
  word.
• Opsetlike taalfoute kom voor.
• Voer die instruksies by elke vraag uit.

Lees die artikel en beantwoord die vrae.

VRAAG 5.1

TEKS F: ARTIKEL

               SKOOL WAAR DIE LIGTE NIE WIL AFSKAKEL NIE

ŉ Skool in Amerika se (5.1.1) (7 000) ligte brand al vir ŉ jaar en ŉ half lank dag en
nag. (5.1.2) (Niemand kan dit afskakel nie.)

ŉ (5.1.3) (Rekenaarfout) in Augustus 2021 het dit onmoontlik gemaak om die ligte
by die Minnechaung Regional High School in Massachusetts af te skakel. Die
(5.1.4) (begin) is dalk in sig.

(5.1.5) Aaron Osborne, ŉ finansiesbeampte van die skool, sê: “Dit kos die
belastingbetalers baie geld. Hy beraam die fout kos duisende dollar (5.1.6) (…)
maand.

(5.1.7) Hulle wou nie die rekenaarbediener herstel nie, want die maatskappy is
onder nuwe bestuur geplaas. Daar was ook ŉ probleem om die (5.1.8) (nodige)
onderdele te bekom. Dié probleem is selfs op (5.1.9) (televisie) bespreek en het
veral die aandag van die satiriese Saturday Night Live-televisieprogram getrek. Die
(5.1.10) (aanbied) het gegrap: “Dit gaan goed met die skoliere, maar die klaskamer-
hamster word mal.”

(5.1.11) Onderwysers het gloeilampe in klaskamers verwyder. (5.1.12) Dit is ŉ
poging (krag bespaar).

Onderdele het uiteindelik opgedaag en ŉ ‘sagteware-oorskakeling’ is geskeduleer,
maar dit gaan (5.1.13) (duur) wees om die krag af te skakel. Beamptes reken dit
sal (5.1.14) (…) tussen R1,3 miljoen en R1,4 miljoen kos om die ligte te vervang.

                                            [Verwerk uit Maroela Media, 31 Januarie 2023]

5.1.1     Skryf die GETAL 7 000 uit as ŉ woord.                                              (1)

5.1.2     Skryf die sin hieronder oor in die VERLEDE TYD.

          Niemand kan dit afskakel nie.                                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

14                      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1           (EC/SEPTEMBER 2023)

5.1.3    Verdeel die woord tussen hakies in LETTERGREPE.

         ŉ (Rekenaarfout) in Augustus 2021 het dit onmoontlik gemaak om die ligte
         by die Minnechaung Regional High School af te skakel.                         (1)

5.1.4    Gee die ANTONIEM vir die woord tussen hakies.

         Die (begin) is dalk in sig.                                                   (1)

5.1.5    Skryf die sin hieronder in die ONTKENNENDE VORM.

         Dit kos die belastingbetalers baie geld.                                      (1)

5.1.6    Vul die ontbrekende VOORSETSEL in.

         Hy beraam die fout kos duisende dollar … maand.                               (1)

5.1.7    Vervang die VOEGWOORD want met omdat en skryf die sin korrek oor.

         Hulle wou nie die rekenaarbediener herstel nie, want die maatskappy is
         onder nuwe bestuur geplaas.                                                   (1)

5.1.8    Gee die INTENSIEWE VORM van die woord tussen hakies.

         Daar was ook ŉ probleem om die (nodige) onderdele te bekom.                   (1)

5.1.9    Gee die AFKORTING vir die woord tussen hakies.

         Dié probleem is selfs op (televisie) bespreek.                                (1)

5.1.10   Vorm ŉ PERSOONSNAAM van die woord tussen hakies.

         Die (aanbied) het gegrap: “Dit gaan goed met die skoliere, maar die
         klaskamer-hamster word mal.”                                                  (1)

5.1.11   Skryf die volgende sin in die LYDENDE VORM.

         Onderwysers het gloeilampe in klaskamers verwyder.                            (1)

5.1.12   Skryf die gedeelte tussen hakies in die INFINITIEF oor.

         Dit is ŉ poging (krag bespaar).                                               (1)

5.1.13   Gee die VERGROTENDE TRAP van die woord tussen hakies.

         Onderdele het uiteindelik opgedaag, maar dit gaan (duur) wees om die krag
         af te skakel.                                                                 (1)

5.1.14   Vul die ontbrekende VOORNAAMWOORD in.

         Beamptes reken dit sal … tussen R1,3 miljoen en R1,4 miljoen kos om die
         ligte te vervang.                                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/SEPTEMBER 2023)        AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                         15

VRAAG 5.2

Kyk na die prent en beantwoord die vrae.

TEKS G

                                                         [Bron: https://rb.gy/hpvj6q]

5.2.1     Gee die KORREKTE AFRIKAANS vir die woord tussen hakies.

          Die (clown) het ŉ ballon in sy hand.                                          (1)

5.2.2     Kies die KORREKTE WOORD uit dié tussen hakies.

          Hy wil die toeskouers (welkom/verwelkom)                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 16

16                      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1            (EC/SEPTEMBER 2023)

5.2.3   Skryf die volgende sin oor en verbeter die WOORDORDE.

        Die kulkunstenaar het (vinnig)(ŉ haas)(vandag) uit sy hoed getrek.                (1)

5.2.4   Vorm ŉ TEENWOORDIGE DEELWOORD van die werkwoord tussen
        hakies.

        Die mense klap hande vir die (spring) tier.                                       (1)

5.2.5   Gee die VERKLEINWOORD van die woord tussen hakies.

        Die olifant balanseer homself op ŉ (bal).                                         (1)

5.2.6   Kies die korrekte SPELLING tussen hakies.

        Die (seeleeu/seeleu) wys vir die mense wat hy kan doen.                           (1)
                                                                                         [20]

                                                          TOTAAL AFDELING C:              40
                                                              GROOTTOTAAL:                80

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

## Related documents

- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2023/7f6db4f4-3355-49ea-8d80-d260b19660e0) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans P2 (FAL) 2021 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-fal-2021-qp/46a5b8c1-2aa3-4621-aa5c-0325e2c4a129) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans P2 (FAL) QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-fal-qp/f70fc97b-a6dd-4da3-ba07-3a9f660a5abc) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2023/2d9901cd-7eac-47a3-95a4-d19000ec9a60) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2022 Deaf](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2022-deaf/48a74464-ecb5-4f1f-b140-12d7ffdc2ea4) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [Afrikaans P2 2021 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-2021-memo/fa39593a-6800-4788-88d4-bfdf1e468aa8) — Memo · 2023 · Afr
- [Afrikaans P2 (FAL) Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-fal-memo/f7c0afe1-2da9-45cb-aa34-ddcb4bbd0ca2) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
