# Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the Eastern Cape Prelim Exam 2024, 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-qp-sept2024/83184aba-b793-4289-94bf-4aa5eb852531
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape Prelim Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-qp-sept2024/83184aba-b793-4289-94bf-4aa5eb852531)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIORSERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2024

       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1

PUNTE:   80

TYD:     2 uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

                   Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2024)           AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                        2

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.     Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

        AFDELING A:      Leesbegrip (VRAAG 1)                          (30)
        AFDELING B:      Opsomming (VRAAG 2)                           (10)
        AFDELING C:      Taal (VRAAG 3, 4 en 5)                        (40)

 2.     Beantwoord AL die vrae.

 3.     Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

 4.     Trek ŉ streep na elke afdeling.

 5.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

 6.     Laat ŉ reël na ELKE antwoord oop.

 7.     Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

 8.     Beplan jou tyd só:

        AFDELING A:      50 minute
        AFDELING B:      20 minute
        AFDELING C:      50 minute

 9.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief
                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2024)          AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                             3

 AFDELING A: LEESBEGRIP

 VRAAG 1

 Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

 TEKS A: ARTIKEL

     DIE BRUG SE AVRIL ALBETTI: VAN PLAASMEISIE TOT TIKTOK- EN TV-STER

 1     Dis oukei as jou dorpie Loerie, in die Oos-Kaap, nét twee                          1
       strate het. Dan loop jy daardie strate plat. Jy stop nie. Jy
       loop verder die lewe in – al is jy bang – dan skep jy vir jou
       die wêreld wat jy wil hê. Só sê Albetti (38).

 2     Sy dra altyd die beste: Gucci, Chanel, noem op. En “antie                          5
       Avril” se sêgoed laat haar 112 600 volgelinge lag, soveel só
       dat sy met 5,9 miljoen likes op haar video’s spog.

 3     Mense verkyk hulle aan die fyngeboude, modelmooi ma wat die Onse
       Vader in Italiaans kan bid en nou aan kykNET se nuwe realiteitsprogram,
       Die Brug, deelneem.                                                               10

 4     Deelnemers moet letterlik ŉ brug bou om by die R1-miljoen in die middel
       van ŉ dam uit te kom. Hiermee wil sy in Loerie iets vir die jongmense as ŉ
       simbool van hoop bou, want in Loerie is absoluut niks nie.

 5     Avril het by haar ouma, Maria van Gent, op Loerie, grootgeword omdat
       haar ma, Julia Mama (63), in Johannesburg moes werk. Sy het haar pa               15
       nooit geken nie.

 6     “My ouma was my grootste rolmodel,” sê Avril. “Dis sy wat my drome
       losgemaak het.” Avril het aan alles wat sy kon, deelgeneem. Sy het ook
       aan die Congregational Kerk in Loerie behoort waar haar ouma ŉ predikant
       was.                                                                              20

 7     “My ouma was ŉ regte ‘Hollandse vrou’. Sy is al oorlede; tog is ek geseënd,
       want ek voel haar elke dag. Sy was die Mother Theresa van ons
       woonbuurt. Elke aand het sy ŉ ekstra bord geskep, want jy weet nooit wie
       kom wat honger is nie. Sy’t vir my gesê om nooit op te hou droom nie,
       maar ek moet oppas wat ek met my groot mond sê!”                                  25

 8     Avril was nege toe die sangeres Amor Vittone haar in Jeffreysbaai gesien
       het. Amor het haar net één kyk gegee en haar toe aanbeveel om na ŉ
       modelskool te gaan. Sy’s toe ingeskryf en vier jaar later het sy verhuis om
       by ŉ modelhuis in Norwood, Johannesburg, te gaan werk. Haar
       wêreldreise het daarna begin.                                                     30

 9     “Ek bid nog altyd. Daar is sekere goed waarmee jy nooit ophou nie, al gaan
       jy New York, Milaan of Parys toe. Aan die Here het ek vasgehou – stééds,”
       sê Avril.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief
                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2024)           AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                                4

 10     Sy vertel dat dit broekskeur in haar kinderjare gegaan het. Hulle
        belangrikste skoene was Krismisskoene wat hul nét Kersfees en                          35
        Sondagskool toe aangetrek het. As kind het sy haar eie hoëhakskoene van
        Coca-Colablikkies gemaak. Sy het die blikkie ŉ bietjie gebuig en kleeflint
        daarom gedraai. Haar handsakke was Omo-bokse met sykouse as
        handvatsels. Nou het Avril mooi dinge, maar dis alles aardse goed volgens
        haar.                                                                                  40

 11     Avril voel dat jy in jouself en in God moet glo; jy moenie bang wees om
        nuwe of moeilike dinge te probeer nie. Sy sê altyd vir mense om nie
        struikelblokke as die einde te sien nie. Daar was tye dat hulle ander
        meisies bo haar gekies het, maar sy het net weer probeer en harder
        gewerk.                                                                                45

 12     Sy is al 17 jaar lank dolgelukkig met Aris, ŉ 39-jarige Italianer (39) getroud.
        Hulle het twee seuns, Adriano (8) en Armando (4).

 13     Hy het Avril deur vriende aanlyn ontmoet terwyl sy in Londen gebly het.
        Aris, ook ŉ model, raak toe op haar verlief voordat hy haar ontmoet het. Sy
        dog dié mal man is ŉ stalker en het hom summier geblok. Maar ŉ jaar later              50
        was hy Kaapstad toe vir ŉ fotosessie en het sy hom toe in Sandton City
        ontmoet. Die liefde het dadelik geblom. Hulle is na ŉ paar maande getroud,
        maar het tien jaar gewag voordat hulle kinders gehad het.

 14     Terug in Suid-Afrika het sy haar modelagentskap begin. Aris besit die
        sokker-akademie, Socca Dream, waardeur hy sokkertalent hier en in Italië               55
        ontwikkel.

 15                          Sy noem dat haar ouma wit en haar oupa swart was.
                             Haar ouma het gesê hulle is nie wit óf bruin óf swart
                             nie: hulle is African en dat hulle enige iets kan bereik
                             waarop hulle hul harte sit. Sy sien nie kleur nie, en wil         60
                             meer vir die jeug doen. Sy inspireer jong meisies met
                             haar rol in Die Brug, want as “antie Avril” dit kan doen,
                             kan hulle ook.

 16                          “As iemand nie vir jou ŉ deur oopmaak nie, bid, en
                             dan trap jy self daardie deur oop!”                               65

                                                    [Verwerk uit Kuier, 23 November 2023]

 LET WEL:
 •   Beantwoord AL die vrae.
 •   Skryf net die vraagnommer en die antwoord neer.

 1.1    In watter dorpie in die Oos-Kaap het Avril grootgeword?                              (1)

 1.2    Watter tipe klere dra Avril?                                                         (1)

 1.3    Watter woord in paragraaf 1 sê dat Avril baie in die dorpie se strate geloop
        het?                                                                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief
                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2024)           AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                              5

 1.4     Avril se sêgoed is baie ernstig.

         Motiveer in ŉ volsin waarom hierdie stelling ONWAAR is.                             (1)

 1.5     Wat beteken dit dat jy nie in die dorp se strate stop nie, en dat jy verder die
         lewe moet inloop? (paragraaf 1)                                                     (1)

 1.6     Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
         vraagnommer 1.6 en die antwoord neer.

         Die woorde volgelinge en likes verwys na (kykNET/TikTok).                           (1)

 1.7     Indien Avril sou wen, wat beplan sy om met die wengeld te doen?                     (1)

 1.8     Hoekom het Avril by haar ouma gebly?                                               (1)

 1.9     Haal EEN WOORD uit paragraaf 6 aan wat dieselfde beteken as “ŉ
         persoon wat iemand as ŉ voorbeeld beskou om te volg”.                              (1)

 1.10    Waar was die modelskool geleë wat Avril in Johannesburg bygewoon het?              (1)

 1.11    Waaruit lei ons af dat Avril se nuwe lewe in Johannesburg na iets groter
         gelei het?                                                                         (1)

 1.12    Noem die EEN ding wat Avril altyd in haar lewe behou.                              (1)

 1.13    Avril vertel dat dit broekskeur in haar kinderjare gegaan het. (paragraaf
         10)

         Sê hoe word die vetgedrukte woorde hierbo figuurlik bedoel.                        (1)

 1.14    Kies die korrekte antwoord uit KOLOM B wat by die naam in KOLOM A pas.
         Skryf net die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.14.1 tot 1.14.4 neer),
         byvoorbeeld 1.14.5 F.

                     KOLOM A                            KOLOM B
         1.14.1      Maria van Gent         A    Was diensbaar in baie
                                                 gemeenskappe in die wêreld

         1.14.2      Amor Vittone           B    Deel haar passie vir modelwerk

         1.14.3      Mother Theresa         C    Was ŉ konstante inspirasie in haar
                                                 lewe

         1.14.4      Aris                   D    Het haar talent ontdek

                                            E    Het nooit ophou droom nie
                                                                                 (4 x 1)    (4)

 1.15    Avril sien struikelblokke as motivering om nog harder te werk.

         Stem jy saam met haar siening? Motiveer jou antwoord.                              (1)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2024)            AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                            6

 1.16    Digitale platforms vir kommunikasie het voor- en nadele.

         1.16.1      Kies die korrekte antwoord uit dié tussen hakies.

                     Indien iemand jou op ŉ digitale platform teister, pla of jou lewe
                     versuur (moet jy die persoon dadelik blok/moet jy eers uitvind
                     hoekom die persoon dit doen voor jy die persoon blok).                (1)

         1.16.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.16.1.                                (1)

 1.17    Dink jy dit was goed dat Avril en Aris 10 jaar gewag het om kinders te hê?
         Motiveer jou antwoord.                                                            (1)

 1.18    Watter positiewe invloed het Avril se ouma op haar loopbaan gehad?                (1)

 1.19    Waarom is dit goed vir ŉ egpaar (ŉ man en vrou) om dieselfde loopbaan te
         hê?                                                                               (1)

 1.20    Kan jy met Avril identifiseer? Motiveer jou antwoord.                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2024)          AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                               7

 TEKS B: VISUELE TEKS

 Bestudeer die teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

 TYDLYN VAN DIE GESKIEDENIS VAN DIE MODE

                                                                 [Bron: https://cutt.ly/dwVsaO1U]]

 1.21    Wanneer het vroue kort hare begin dra?                                              (1)

 1.22    Gedurende watter tydperk was die mode-ontwikkeling stil?                            (1)

 1.23    Hoe verskil die damesdrag van 1890–1910 met dié van die 1960’s–1970’s?              (2)

 1.24    Help die prente/foto’s by die teks jou om dié teks beter te verstaan?
         Motiveer jou antwoord.                                                              (1)

 1.25    Die mode het in 1990 minimalisties geword.

         Verduidelik wat hierdie stelling beteken.                                           (1)

                                                            TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2024)          AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                                 8

 AFDELING B: OPSOMMING

 Lees die teks hieronder deur en voer die instruksies uit.

 VRAAG 2

 Om in slegte weer te ry, is nie snaaks nie, maar hier is ŉ paar idees oor hoe om
 veilig in slegte weersituasies te bestuur.

 INSTRUKSIES

 1.     Skryf SEWE WENKE oor hoe om VEILIG IN SLEGTE WEER TE
        BESTUUR in jou EIE VOLSINNE neer.
 2.     Skryf die wenke puntsgewys neer.
 3.     Nommer die wenke van 1 tot 7.
 4.     Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
 5.     Dui die korrekte getal woorde aan die einde van die opsomming aan.

 TEKS C

      WAT JY MOET DOEN OM VEILIG IN SLEGTE WEER TE BESTUUR

 Motoriste moet voorbereid wees om in slegte weer te bestuur en weet wat om in
 sulke weersomstandighede te doen. Hier volg ŉ paar wenke.

 Wanneer dit reën en die kar gly, moet jy jou voet van die versneller afhaal asook
 die rem stadig trap. Dit verhoed dat die kar nie rol nie. Jy moet ook nie deur vinnig
 vloeiende water jaag nie. Die water kan sterk genoeg wees om ŉ vragmotor mee
 te sleur.

 Wanneer die wind sterk waai en jy op ŉ snelweg ry, dink voor jy ŉ groot vragmotor
 verbysteek. Die skielike windstilte langs die vragmotor kan veroorsaak dat jy
 beheer oor jou kar verloor. Mis kan dieselfde gevare inhou as sterk reën. Skakel
 jou kar se hoofligte aan, maar hou hulle gedomp; indien jou kar misligte het, skakel
 hulle eerder aan.

 ŉ Mens kan nie altyd skade aan ŉ pad sien nie. Dit is veral wanneer dit baie gereën
 het en die slaggate vol water is. Ry daarom stadig as jy nie die pad ken nie. Die
 kanse dat jou kar sal seerkry indien jy ŉ slaggat hard tref, is goed. Indien jy voel
 dat iets fout is, skakel jou noodflikkerligte aan en trek van die pad af sodra dit
 veilig is.

 Baie motoriste wil vroegoggend uit Kaapstad ry en later die aand in Johannesburg
 stilhou. Hoe langer jy agter ŉ kar se stuurwiel sit, hoe moeër word jy en hoe
 stadiger sal jy reageer. Jy moet dus gereeld stop om bene te rek net om van die
 erge moegheid ontslae te raak.

                                     [Verwerk en aangepas uit Weg, Februarie–Maart 2024]

                                                             TOTAAL AFDELING B:               10

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief
                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2024)         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                           9

 AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

 VRAAG 3: ADVERTENSIE

 •     Die taalvrae wat volg, is op die advertensie (TEKS D) hieronder gebaseer.
 •     Die nommering in die advertensie verwys na die vraagnommer van die vraag
       wat beantwoord moet word.
 •     Voer die instruksies by elke vraag uit.

 TEKS D

                                                                                   [Eie teks]

 3.1      Wie is die teikenmark van die advertensie?                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief
                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2024)           AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                       10

 3.2      “Laat jou eie besigheid vinnig groei!!

          Noem EEN tegniek wat in die advertensie gebruik word om die bostaande
          sin te beklemtoon.                                                             (1)

 3.3      Waarom is die gebruik van die blommetjie so effektief?                         (1)

 3.4      Die prentjie van die geld in die advertensie is funksioneel.

          Motiveer hierdie stelling.                                                     (1)

 3.5      Gee die INTENSIEWE VORM van die woord tussen hakies in die
          onderstaande sin.

          Laat jou eie besigheid (vinnig) groei.                                         (1)

 3.6      Wat dink jy is die funksie van die ALLITERASIE in die volgende gedeelte?

          Studente, die sleutels tot sukses is:                                          (1)

 3.7      Hoekom is die gebruik van die sleutel-ikoon beter as om net gewone
          kolpunte te gebruik?                                                           (1)

 3.8      Gee die KORREKTE VORM van die woord tussen hakies.

          (Digitaal) bemarking                                                           (1)

 3.9      Noem TWEE moontlike redes waarom mense versigtig sal wees om op
          hierdie advertensie te reageer.                                                (2)
                                                                                        [10]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief
                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2024)           AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                           11

 VRAAG 4: STROKIESPRENT

 •     Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent (TEKS E) hieronder gebaseer.
 •     Voer die instruksies by elke vraag uit.

 TEKS E

                                                   [Verwerk en aangepas https://cutt.ly/9wVIoFdO]

 4.1      Andy se emosies verskil in RAAMPIE 1 en RAAMPIE 5.

          Watter emosies, dink jy, ervaar hy onderskeidelik in RAAMPIE 1 en in
          RAAMPIE 5?                                                                         (2)

 4.2      Skryf die sin hieronder in die INDIREKTE REDE. Gebruik dat in jou
          antwoord.

          Andy sê vir Flo: “Ek is by die huis.”

          Begin so: Andy sê vir Flo dat …                                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2024)           AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                          12

 4.3     Kyk na RAAMPIE 2.

         4.3.1       Kies die KORREKTE ANTWOORD om die sin mee te voltooi. Skryf
                     die letter (A–D) langs die vraagnommer (4.3.1) neer.

                     Flo se woorde        verskil   van   haar   gesigsuitdrukking   en
                     liggaamshouding.

                     Haar gesigsuitdrukking en liggaamshouding wys dat sy … is.

                     A    sarkasties
                     B    entoesiasties
                     C    kwaad
                     D    teleurgesteld                                                     (1)

         4.3.2       Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.3.1 deur na beide haar
                     gesigsuitdrukking en liggaamshouding te verwys.                        (2)

 4.4     Skryf die sin hieronder in die VERLEDE TYD.

         Wel, ek het baie wasgoed.                                                          (1)

 4.5     Hoekom is daar ŉ ellips na Andy se woorde in RAAMPIE 4?                            (1)

 4.6     Noem EEN visuele teken (RAAMPIE 4) wat aandui dat Flo die deur in Andy
         se gesig toeklap.                                                                  (1)

 4.7     Kyk na RAAMPIE 3 en RAAMPIE 4.

         Motiveer hoekom jy dink Flo nie vir Andy wil terugvat nie.                         (1)
                                                                                           [10]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2024)            AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                                13

 VRAAG 5: ARTIKEL EN PRENT

 •     Die taalvrae wat volg, is op die artikel (TEKS F) en die prent (TEKS G)
       hieronder gebaseer.
 •     Voer die instruksies by elke vraag uit.

 5.1     Lees die artikel en beantwoord die vrae.

 TEKS F: ARTIKEL

                         JAKKALS EN WOLF SE BEWIND

 1       In ŉ woud het ŉ slim jakkals en ŉ magtige wolf hul gebied gedeel. Jakkals,
         vol (5.1.1) (skelm/skelem) planne, het Wolf oortuig om saam met hom te
         werk om oor die ander (5.1.2) (bos + diere) te regeer. Wolf het na Jakkals
         geluister.

 2       Vir ŉ tyd het dit goed gegaan, maar teen (5.1.3) (November) het die ander
         diere opstandig begin word. (5.1.4) (Die klein diere het in die geheim planne
         teen Jakkals en Wolf gemaak.)

 3       (5.1.5) (Die dag van die opstand het aangebreek. Die diere het hul moed
         bymekaar geskraap.) Jakkals en Wolf wat baie (5.1.6) (arrogant) was, het
         nie besef wat gaan gebeur nie. Hulle het (5.1.7) (onrustig) onder ŉ boom
         gelê en slaap.

 4       Die diere het ŉ aanval op die huis (5.1.8) (…) Jakkals en Wolf geloods.
         (5.1.9) Baie diere het Jakkals en Wolf aangeval. Wolf het dapper baklei,
         maar die slim jakkals het besef dat tye verander het en het hom nie moeg
         gemaak om te baklei nie.

 5       Uiteindelik is die mag van Jakkals en Wolf gebreek en hulle moes die aftog
         (5.1.10) (blaas). Hulle het toe besef dat ware (5.1.12) (leier) nie vrees
         afdwing nie, maar hul onderdane met respek moet hanteer.

 6       (5.1.13) Die diere het (saggies) (in die bos) (die aand) feesgevier. Jakkals
         en Wolf het toe ŉ nuwe pad met respek vir ander diere begin stap.

                      [Verwerk uit mondelingse oorlewering soos in 1960 deur Lia Dube vertel.]

 5.1.1    Kies die KORREKTE WOORD uit die woorde tussen hakies.

          Jakkals het baie (skelm/skelem) planne.                                                  (1)

 5.1.2    Gee die SAMESTELLING vir die woorde tussen hakies.

          Jakkals het Wolf oortuig om saam met hom te werk om oor die ander
          (bos + diere) te regeer.                                                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief
                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2024)          AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                          14

 5.1.3     Gee die AFKORTING vir die woord tussen hakies.

           Vir ŉ tyd het dit goed gegaan, maar teen (November) het die ander diere
           opstandig begin word.                                                           (1)

 5.1.4     Identifiseer die GESEGDE in die volgende sin.

           Die klein diere het in die geheim planne teen Jakkals en Wolf gemaak.           (1)

 5.1.5     Verbind die twee sinne met die VOEGWOORD tussen hakies en plaas
           die komma op die korrekte plek.

           Die dag van die opstand het aangebreek. Die diere het hul moed
           bymekaar geskraap. (toe)

           Begin so: Toe die dag …                                                         (2)

 5.1.6     Verdeel die woord tussen hakies korrek in LETTERGREPE.

           Jakkals en Wolf wat baie (arrogant) was, het nie besef wat gaan gebeur
           nie.                                                                            (1)

 5.1.7     Gee die ANTONIEM van die woord tussen hakies.

           Hulle het (onrustig) onder ŉ boom gelê en slaap.                                (1)

 5.1.8     Vul die ontbrekende VOORSETSEL in.

           Die diere het ŉ aanval op die huis … Jakkals en Wolf geloods.                   (1)

 5.1.9     Skryf die volgende sin oor in die LYDENDE VORM.

           Baie diere het Jakkals en Wolf aangeval.                                        (1)

 5.1.10    Gebruik die HOMONIEM van die woord tussen hakies in ŉ sin sodat die
           betekenis duidelik blyk.

           Uiteindelik is die mag van Jakkals en Wolf gebreek en hulle moes die
           aftog (blaas).                                                                  (1)

 5.1.11    Lees weer paragrawe 3–5.

           Skryf ŉ woord neer wat DIESELFDE BETEKENIS het as: geweet.                      (1)

 5.1.12    Gee die korrekte MEERVOUD van die woord tussen hakies.

           Hulle het besef dat ware (leier) nie vrees afdwing nie.                         (1)

 5.1.13    Skryf die HELE sin hieronder in die korrekte WOORDORDE.

           Die diere het (saggies) (in die bos) (die aand) feesgevier.                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2024)          AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                          15

 VRAAG 5.2

 Kyk na die prent en beantwoord die vrae.

 TEKS G: PRENT

                                                      [Bron: https://cutt.ly/QwVPZmRY]

 5.2.1   Verbeter die SPELFOUT in die volgende sin.

         Sociale media word met angs en depressie verbind.                                 (1)

 5.2.2   Skryf die volgende sin in die ONTKENNENDE VORM.

         Die meisie lê met haar skoene op die bed.                                         (1)

 5.2.3   Gee EEN WOORD vir die woorde tussen hakies in die volgende sin.

         Baie tieners spandeer (in die aand) baie tyd op hul selfone.                      (1)

 5.2.4   Skryf die sin oor en begin soos aangedui.

         Die meisie lê elke dag op haar bed.

         Begin so: Elke dag …                                                              (1)

 5.2.5   Skryf die hele sin oor in die INFINITIEF.

         Die meisie lê elke dag op haar bed (speel met haar foon).                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2024)         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                    16

 5.2.6   Skryf die GETAL tussen hakies as ŉ woord.

         Die meisie het (80) kontakte op haar foon.                                 (1)
                                                                                   [20]

                                                      TOTAAL AFDELING C:             40
                                                          GROOTTOTAAL:               80

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief
                          Hosted by www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Afrikaans FAL · Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2023/7f6db4f4-3355-49ea-8d80-d260b19660e0) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-may-june-2022/8bcbc36a-8ff9-4ba3-9090-8c832b8fda5f) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2022/4a28869c-bdc7-48b3-9f29-cfa7ca31cc7d) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2021/0a323951-81e2-46a2-adbf-10a4dfc61957) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2020/4585f23b-9e1d-4535-b384-615680f91a3e) — Afrikaans FAL · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans P2 2021 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-2021-memo/fa39593a-6800-4788-88d4-bfdf1e468aa8) — Memo · 2023 · Afr
- [Afrikaans P2 (FAL) Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-fal-memo/f7c0afe1-2da9-45cb-aa34-ddcb4bbd0ca2) — Memo · 2023 · Afr
- [Afrikaans P2 (FAL) 2021 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-fal-2021-qp/46a5b8c1-2aa3-4621-aa5c-0325e2c4a129) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
