# Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2015 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2015, 14 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-june-july-2015/959ed850-102a-45dc-80e8-7cdd049ad1e5
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2015 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-june-july-2015/959ed850-102a-45dc-80e8-7cdd049ad1e5)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC June Exam · 2015 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1

                                         2015

                                                                       PUNTE: 80

                                                                       TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1         2                              DBE/2015
                                            SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

          AFDELING A: LEESBEGRIP (VRAAG 1)               (30)
          AFDELING B: OPSOMMING (VRAAG 2)                (10)
          AFDELING C: TAAL (VRAAG 3, 4 en 5)             (40)

2.        Beantwoord AL die vrae.

3.        Begin elke afdeling op ŉ NUWE bladsy.

4.        Trek ŉ streep na elke afdeling.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Laat ŉ reël oop na ELKE antwoord.

7.        Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

8.        Beplan jou tyd só:

          AFDELING A: 50 minute
          AFDELING B: 30 minute
          AFDELING C: 40 minute

9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          3                                      DBE/2015
                                             SSE

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1

TEKS A: ARTIKEL

Lees die onderstaande artikel deur en beantwoord die vrae wat volg.

                                       deur Lausanne Hugo

       Toe ek ŉ klein dogtertjie was, het my ma my elke aand in die bed gesit en ek het
       elke aand gevra: “Mamma, is Mamma lief vir my?” Ek onthou sy het altyd gelag
       en gesê: “Ja, natuurlik is ek.” Sy het my dan gesoen en ek het met ŉ rustige hart
       gaan slaap omdat my ma vir my lief was!

                                                              [Uit www.google.com]
1      Dit is vir alle kinders nodig om te weet dat hulle ouers vir hulle lief is. Alhoewel
       jong kinders soms 'n ding blatant kan sê, is dit meestal vir hulle moeilik om vir
       hul ouers te sê dat hulle liefde soek. Vra byvoorbeeld vir kinders: “Hoe weet jy
       dat jou ouers lief is vir jou?” Hulle antwoorde sal verskil. Sommige kinders sê:
       “My ouers koop vir my speelgoed”, terwyl ander antwoord: “My ma speel saam
       met my.” Die rede hiervoor is dat dit vir jong kinders moeilik is om in woorde te
       sê wat die konsep “liefde” beteken. Dit is dus belangrik dat ouers weet hoe om
       liefde vir hulle kinders te wys, soos my ma met my gemaak het toe ek ŉ kind
       was.
2      Toe ek self ŉ moeder geword het, het ek die boek The Five Love Languages
       of Children deur Gary Chapman en Ross Cambell ontdek en gelees. As
       laerskoolonderwyseres raai ek die ouers van my leerders aan om die boek te
       lees. Hierin beskryf die skrywers die vyf “liefdestale” vir kinders. Chapman en
       Cambell wil met hierdie nuttige boek vir ouers leer hoe om op verskillende
       maniere vir hulle kinders liefde te wys. Hulle navorsing het bewys dat kinders,
       klein en groot, ŉ behoefte aan liefde het en dat ouers nie altyd weet hoe om
       liefde te wys nie.
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          4                                      DBE/2015
                                             SSE

3      Die eerste “liefdestaal”, volgens Chapman en Cambell, is fisiese kontak. Kleiner
       kindertjies ervaar liefde deur drukkies, soentjies, fisiese speletjies of ŉ
       motiverende kloppie op die rug. Ongelukkig is daar deesdae ŉ stigma aan
       fisiese kontak as gevolg van die mishandeling van kinders deur volwassenes.
       Fisiese kontak moenie kinders ongemaklik laat voel nie, maar behoort vir hulle ŉ
       gevoel van sekuriteit en warmte te gee.

4      Positiewe woorde is die tweede “liefdestaal”. Party kinders het baie positiewe
       woorde nodig. Hulle wil hulle ouers dikwels hoor sê: “Mamma is lief vir jou”, of
       “Pappa is trots op jou.” Gewoonlik is hierdie kinders baie sensitief. Ouers kan die
       dag begin met positiewe woorde aan kleiner en groter kinders, kort
       boodskappies in die kind se kosblik of boodskappies oral in die huis.

5      Chapman en Cambell noem kwaliteittyd die derde “liefdestaal”. Dit is belangrik
       dat ouers vir hulle kinders tyd maak. Ouers is deesdae baie besig, maar selfs
       tien minute kwaliteittyd per dag kan ŉ verskil aan die verhouding tussen ouers
       en kinders maak. Stout kinders is kinders wat nie genoeg aandag by hulle ouers
       kry nie. Om hulle ouers se aandag te kry, tree sulke kinders negatief op en doen
       stoute dinge.

6      “Liefdestaal” nommer vier is wanneer ouers en kinders dinge saam doen. Ouers
       kan saam met hulle kinders speel of die kinders insluit by werkies soos
       skottelgoed was en kosmaak – solank hulle net saamwerk. Terwyl hulle dinge
       saam doen, moet ouers oogkontak met hulle kinders maak. Kinders weet dan
       dat hulle die ouers se volle aandag het. Dit is vir kinders soms beter om saam
       met hulle ouers te speel of dinge saam met hulle ouers te doen as om ŉ nuwe
       speelding te kry.

7      Die laaste “liefdestaal” is die gee van geskenke. Om geskenke te gee, het egter
       niks met die prys van die geskenk te doen nie. Die gedagte agter elke geskenk
       is belangrik. Geskenke moet by die kinders se belangstelling en ouderdom pas.
       Ouers moenie die fout maak om te dink dat die gee van geskenke genoeg is om
       liefde te betoon nie. ŉ Tienerseun het gesê: “My pa het vir my alles gekoop wat
       ek wou hê om my stil te maak en my uit sy pad te hou.” Nie net jong kindertjies
       nie, maar ook tieners, wil weet dat hulle ouers vir hulle lief is.

8      Omdat die konsep liefde baie wyd is, is daar kinders wat vir jou sal sê hulle weet
       hulle ouers is lief vir hulle, want hulle pa werk hard sodat hulle ŉ beter lewe kan
       hê of hulle mamma bak koekies as hulle sleg voel. As ouers hul kinders met
       skooltake help of hulle sportoefeninge bywoon, wys hulle ook hulle liefde. Liefde
       beteken ook nie dat ouers alles vir hulle kinders moet doen nie. Kinders behoort
       te leer dat as hulle hul bed opmaak en hulle kamer skoonhou, hulle liefde wys.
       Terselfdertyd leer hulle ook verantwoordelikheid.

9      Dié moet-lees-boek is waardevol vir alle gesinne.
                                                             [Verwerk uit www.vitanova.co.za]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1           5                                   DBE/2015
                                              SSE

1.1       Op watter TWEE maniere het Lausanne Hugo se ma vir haar gewys dat sy
          haar liefhet? (Kursiefgedrukte paragraaf)                                              (2)

1.2       Watter TWEE OPEENVOLGENDE WOORDE in                       die   kursiefgedrukte
          paragraaf wys dat Lausanne Hugo haar ma geglo het?                                     (1)

1.3       “Alhoewel jong kinders soms 'n ding blatant kan sê, ...” (Paragraaf 1)

          Verduidelik die betekenis van die onderstreepte woord deur die sin te voltooi.

          As ŉ mens iets blatant sê, beteken dit jy sê dit ...                                   (1)

1.4       Hierdie artikel handel oor die inhoud van die boek The Five Love Languages
          of Children.

          1.4.1 Wat is Chapman en Cambell se doel met hierdie boek?                              (1)

          1.4.2 Waarom dink Lausanne Hugo dat dit ŉ “nuttige boek” is? (Paragraaf 2)             (1)

          1.4.3 Skryf slegs EEN WOORD uit paragraaf 2 neer wat daarop dui dat die
                inligting op feite gebaseer is.                                                  (1)

1.5       Kleiner kindertjies voel dat fisiese kontak ŉ manier is om liefde te wys.
          (Paragraaf 3)

          1.5.1 Noem EEN positiewe effek van fisiese kontak. (Paragraaf 3)                       (1)

          1.5.2 Noem EEN negatiewe effek van fisiese kontak. (Paragraaf 3)                       (1)

1.6       Kies die antwoord wat die sin KORREK sal voltooi. Skryf net die
          vraagnommer (1.6) en die antwoord (A–D) neer, byvoorbeeld 1.6 E.

          Daar is deesdae ŉ stigma aan fisiese kontak (paragraaf 3), want daar is
          baie ...

          A       enkelouers.
          B       werkloosheid.
          C       gebroke gesinne.
          D       kindermishandeling.                                                            (1)

1.7       Wat kan ouers vir hul kinders sê om hulle positief te motiveer? (Paragraaf 4)          (1)

1.8       Hoe, dink jy, sal ŉ sensitiewe kind voel as sy/haar ouers heeldag op hom/haar
          skree?                                                                                 (1)

1.9       Hoekom, dink jy, is dit goed vir ŉ kind om ŉ positiewe boodskap in sy/haar
          kosblik te vind?                                                                       (1)

1.10      Verduidelik in jou eie woorde wat die woord “kwaliteittyd” beteken.                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          6                                      DBE/2015
                                             SSE

1.11      Hoe stereotipeer Chapman en Cambell stout kinders in paragraaf 5?                        (1)

1.12      Verwys na paragraaf 7.

          1.12.1     Gee EEN rede hoekom die pa vir sy tienerseun geskenke gekoop
                     het.                                                                          (1)

          1.12.2     Hoe sal jy die pa se verhouding met sy seun beskryf?                          (1)

1.13      Hoe duurder die geskenk, hoe groter die liefde.

          Haal die SIN uit paragraaf 7 aan wat die stelling verkeerd bewys.                        (1)

1.14      Watter fout kan ouers maak as hulle geskenke vir hul kinders koop?
          (Paragraaf 7)                                                                            (1)

1.15      Ouers EN kinders moet mekaar help. (Paragraaf 8)

          1.15.1     Noem EEN manier waarop kinders hulle ouers kan help.                          (1)

          1.15.2     Noem EEN manier waarop die ouers hul kinders kan help.                        (1)

1.16      Stem jy saam met Chapman en Cambell se idee dat kinders werkies by die
          huis moet doen? Motiveer jou antwoord.                                                   (1)

1.17      “Dié moet-lees-boek is waardevol vir alle gesinne.” (Paragraaf 9)

          1.17.1     Na watter boek verwys Lausanne Hugo?                                          (1)

          1.17.2     Hoe manipuleer Lausanne Hugo die lesers met hierdie sin?                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          7                                      DBE/2015
                                             SSE

TEKS B: SUID-AFRIKA SE SJOKOLADEMARK

Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                   [Verwerk uit www.netwerk24.com]

1.18      Waarom is die smeltende sjokolade in die opskrif “Suid-Afrika se
          sjokolademark” effektief?                                                                (1)

1.19      In watter jaar is die minste sjokolade in Suid-Afrika verkoop?                           (1)

1.20      Wat stel die volgende lyne in die grafiek voor:

          1.20.1     Lyn A                                                                         (1)

          1.20.2     Lyn B                                                                         (1)

1.21      Hoeveel rand stel elke sjokoladeblokkie voor?                                            (1)

1.22      Hoe weet jy dat die grafiek vir 2016 en 2017 nie op feite gebaseer is nie?               (1)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:                30

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          8                                      DBE/2015
                                             SSE

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2

Lees die onderstaande teks deur en voer die instruksies uit.

INSTRUKSIES

1. Som die sewe regte wat ŉ werknemer het, in volsinne op.
2. Skryf die regte PUNTSGEWYS neer.
3. Nommer die regte van 1 tot 7.
4. Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
5. Dui die KORREKTE getal woorde aan die einde van die opsomming aan.

TEKS C: 'N WERKNEMER HET REGTE

Werknemers het sekere regte en daarom is dit nodig dat jy seker maak wat jou regte
as werknemer is voordat jy ŉ kontrak by ŉ werksplek teken. Jy as werknemer het die
volgende regte:

Jy het die reg om met ander werkers oor julle werksomstandighede te praat. Dit is
goed om openlik te praat oor dié dinge wat jou frustreer.

Die Nasionale Arbeidswet beskerm jou teen onregverdige werksomstandighede.
Daarom het jy ook die reg om oor sulke werksomstandighede te kla.

Die meeste werksplekke het ŉ handboek wat die werkers se verantwoordelikhede
uitspel. Dit kan goed wees as jy vir jou ŉ afskrif daarvan kry en dit deurlees, want jy het
die reg om te weet wat jou verantwoordelikhede is.

ŉ Werknemer het verder die reg op verlof, soos byvoorbeeld siekteverlof. Maak seker
jy weet hoeveel dae per jaar jy afwesig mag wees. Onthou, jou werkgewer kan weier
om jou vir daardie ekstra verlofdae te betaal. Dit is sy/haar reg.

Lees altyd eers alle amptelike dokumente, soos byvoorbeeld kontrakte, deeglik deur.
Jy mag vir kopieë van alle dokumente wat jy teken, vra. Jy moet mos weet wat
aangaan.

As jy aangestel is vir ŉ 40-uur-per-week-pos, is dit al tyd wat jou werkgewer van jou
mag vra vir werk. Dit is jou reg om ekstra betaling vir oortydwerk te eis.

Werknemers is ook geregtig op ŉ etenstydbreuk gedurende die werkdag. Rus is
belangrik om meer produktief te wees.

Ken jou regte. Dit sal help om jou gelukkig en produktief te maak.
                                                                [Verwerk uit www.forbes.com]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:               10

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1        9                                      DBE/2015
                                           SSE

AFDELING C: TAAL

VRAAG 3: ADVERTENSIE

TEKS D

•   Die taalvrae wat volg, is op die advertensie hieronder gebaseer.
•   Die nommering in die advertensie verwys na die vraagnommer wat beantwoord
    moet word.
•   Opsetlike taalfoute kom voor.

        DIE KAMPIOEN VAN GESONDHEID EN (3.4) SKOONHEID
           •   Die wêreld se bekendste (3.5) handewasseep!
           •   LIFEBUOY bevorder gesonde (3.6) (gewoonte).
           •   (3.7) Dit is die NOMMER EEN handewasseep.
           •   LIFEBUOY beskerm jou en jou gesin teen kieme.
           •   Vir die mooiste vel is ŉ (3.9) druppeltjie Lifebuoy genoeg!
                                                            [Verwerk uit www.lifebouy.co.za]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1             10                            DBE/2015
                                                SSE

3.1       Watter produk word geadverteer?                                                    (1)

3.2       Gee die INTENSIEWE VORM/VERSTERKTE VORM van die vetgedrukte
          woord.

          “Handewasseep verwyder 99,9% kieme vinnig binne 10 sekondes.”                      (1)

3.3       Wat is die funksie van die stophorlosie in die advertensie?                        (1)

3.4       Die woord “SKOONHEID” is ŉ voorbeeld van woordspeling.

          Na watter TWEE betekenisse van “skoonheid” verwys die advertensie?                 (2)

3.5       Wat is die funksie van die uitroepteken na “handewasseep”?                         (1)

3.6       Gee die MEERVOUD van die woord tussen hakies.

          LIFEBUOY bevorder gesonde (gewoonte).                                              (1)

3.7       Dit is die NOMMER EEN handewasseep.

          Wat impliseer die adverteerder met die gebruik van “NOMMER EEN”?                   (1)

3.8       Watter woord maak die advertensie vir die leser persoonlik?                        (1)

3.9       Kies die antwoord wat die sin KORREK sal voltooi. Skryf net die
          vraagnommer (3.9) en die antwoord (A–D) neer, byvoorbeeld 3.9 E.

          Die VERKLEINWOORD druppeltjie impliseer dat ...

          A       Lifebuoy baie duur is.
          B       Lifebuoy baie kragtig is.
          C       Lifebuoy gevaarlik is.
          D       Lifebuoy jou mooi laat lyk.                                                (1)
                                                                                             [10]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1            11                                     DBE/2015
                                               SSE

VRAAG 4: STROKIESPRENT
TEKS E
•     Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent hieronder gebaseer.
•     Voer die instruksies by elke vraag uit.
•     Opsetlike taalfoute kom voor.

 BY DIE HUIS                                                                   deur John McPherson

      Umm, mnr. Inbreker ...
      (4.2) Neem asseblief die
       lamp ook. Jig! Dit was my
      skoonma s'n. (4.5) Neem
      ook die borde in die
      kombuis, want dit met my
      kleurskema bots. En ...

                                                            [Vertaal en verwerk uit www.closetohome.com]

4.1        Waarom begin die vrou haar woorde met die TUSSENWERPSEL “Umm”?                            (1)

4.2        “Neem asseblief die lamp ook.”

           Skryf ŉ SINONIEM vir die vetgedrukte woord in die konteks.                                (1)

4.3        Watter woord gebruik die vrou wat aandui dat sy die inbreker met respek
           aanspreek?                                                                                (1)

4.4        Kies die antwoord wat die sin KORREK voltooi. Skryf net die vraagnommer
           (4.4) en die antwoord (A–D) neer, bv. 4.4 E.

           Met die uitroep “Jig!” wys die vrou dat sy ...

           A      aan skok ly.
           B      die lamp haat.
           C      ongemaklik sit.
           D      bang is vir die inbreker.                                                          (1)

4.5        Verbeter die WOORDORDE. Skryf die hele sin oor.

           Vat ook die borde in die kombuis, want dit met my kleurskema bots.                        (1)

4.6        Wat is die funksie van die BELETSELTEKEN/STIPPELS (…) aan die einde
           van die vrou se woorde?                                                                   (1)

4.7        Hoekom, dink jy, sê die inbreker niks nie?                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1           12                                      DBE/2015
                                              SSE

4.8       Hoe weet jy dat die man nie sy woorde hardop sê nie?                                      (1)

4.9       Wat kan jy uit die man se woorde omtrent die man en vrou se verhouding
          aflei?                                                                                    (1)

4.10      Waarom is die strokie humoristies?                                                        (1)
                                                                                                    [10]

VRAAG 5: ARTIKEL EN PRENT

TEKS F

5.1       • Die taalvrae wat volg, is op die artikel hieronder gebaseer.
          • Opsetlike taalfoute kom voor.
          • Voer die instruksies by elke vraag uit.

                                           DRUK DOOD!
          Om op te hou rook is ŉ (5.1.1) (persoon) besluit.

          Jeanine Smit het sewe jaar lank soos ŉ (5.1.2) ... gerook voor sy opgehou
          het. (5.1.3) Sy was moeg daarvoor, want sigarette het haar siek gemaak.

          (5.1.4) Jeanine staan een oggend op. (5.1.5) Sy het gesukkel om asem te
          haal. Onmiddellik het sy besluit om sigarette te (5.1.6) … Die eerste drie
          dae was vir haar die (5.1.7) (erg). Sy het ŉ sigaret werk toe geneem en dit
          (5.1.8) (skelmpies/heeldag/in haar handsak) gehou. Sy sê: “Dag twee was
          vir my moeiliker as dag een.”

          “Teen die (5.1.10) (vyf) dag het ek ŉ bietjie gewig opgetel. Ek was baie
          keer so honger, maar ek het iets daaraan gedoen.” Jeanine is nog steeds
          (5.1.11) vet. Sy rook nou al nege jaar nie meer nie. Sy sê sy sukkel om haar
          hande besig te hou. Sy is meer gefokus. (5.1.12) Sy voel goed oor haarself.
          (5.1.13) ŉ Simpel papierstokkie het haar lewe beheer. Nie meer nie!
                                                         [Verwerk uit Huisgenoot, 15 Mei 2014]

          5.1.1      Gee die KORREKTE VORM van die woord tussen hakies.

                     Om op te hou rook is ŉ (persoon) besluit.                                      (1)

          5.1.2      Kies die antwoord wat die volgende stelling KORREK voltooi. Skryf
                     net die vraagnommer (5.1.2) en die antwoord (A–D) neer,
                     byvoorbeeld 5.1.2 E.

                     Jeanine Smit het sewe jaar lank soos ŉ ... gerook voor sy opgehou
                     het.

                     A      skoorsteen
                     B      trein
                     C      matroos
                     D      koolstoof                                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1            13                                       DBE/2015
                                               SSE

          5.1.3      Skryf die sin hieronder oor en             vervang     die    vetgedrukte
                     VOEGWOORD met AANGESIEN.

                     Sy was moeg daarvoor, want sigarette het haar siek gemaak.
                     Begin jou antwoord só: Sy was moeg daarvoor aangesien ...                         (1)

          5.1.4      Skryf die sin oor in die VERLEDE TYD.

                     Jeanine staan een oggend op.                                                      (1)

          5.1.5      Skryf die sin oor in die ONTKENNENDE VORM.

                     Sy het gesukkel om asem te haal.                                                  (1)

          5.1.6      Voltooi die sin met die ontbrekende WERKWOORD.

                     Onmiddellik het sy besluit om sigarette te ...                                    (1)

          5.1.7      Gee die OORTREFFENDE TRAP van die woord tussen hakies.

                     Die eerste drie dae was vir haar die (erg).                                       (1)

          5.1.8      Skryf die volgende sin met die KORREKTE WOORDORDE neer.
                     Skryf die hele sin neer.

                     Sy het ŉ sigaret werk toe geneem en dit (skelmpies/heeldag/in haar
                     handsak) gehou.                                                                   (1)

          5.1.9      Skryf die sin oor in die INDIREKTE REDE.

                     Sy sê: “Dag twee was vir my moeiliker as dag een.”
                     Begin jou antwoord só: Sy sê dat ...                                              (2)

          5.1.10     Gee die KORREKTE VORM van die telwoord tussen hakies.

                     “Teen die (vyf) dag het ek ŉ bietjie gewig opgetel.”                              (1)

          5.1.11     Gee die ANTONIEM van die onderstreepte woord.

                     Jeanine is nog steeds vet.                                                        (1)

          5.1.12     Skryf die sin oor in die INFINITIEF.

                     Sy voel goed oor haarself.
                     Skryf die hele sin oor en begin só: Sy behoort ...                                (1)

          5.1.13     Skryf die sin oor in die LYDENDE/PASSIEWE VORM.

                     ŉ Simpel papierstokkie het haar lewe beheer.                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1             14                                     DBE/2015
                                                SSE

TEKS G

5.2      Die taalvrae wat volg, is op die onderstaande prent gebaseer.

                                       “Nog net tien kilometer!”
                                                                       [Uit www.google.com]

          Gebruik die woorde in die lys hieronder om die sinne (5.2.1–5.2.6) te voltooi.

                    helm;    rem;   pedale;           handvatsels;     fiets;    pet;
             stuurwiel;   bromponie; borg;            waterbottel;     afrigter;   watersak

          5.2.1      Die man ry per ...                                                            (1)

          5.2.2      Die ... se logo is sigbaar op die man se klere.                               (1)

          5.2.3      Die man neem altyd ŉ ... saam om sy dors te les.                              (1)

          5.2.4      Sy hande hou die … vas.                                                       (1)

          5.2.5      Die man trap die ... hard om vinniger te beweeg.                              (1)

          5.2.6      Die man dra ŉ ... om sy kop te beskerm.                                       (1)
                                                                                                   [20]

                                                                     TOTAAL AFDELING C:            40
                                                                         GROOTTOTAAL:              80

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans FAL P1 Nov 2015 (R)](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2015-r/d6727c7d-3ddb-4367-a46a-becba8d0bbef) — Afrikaans FAL · QP · 2015 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Feb-March 2015](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2015/9f493d24-65a0-48fa-899b-8b7fe2845793) — Afrikaans FAL · QP · 2015 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May June 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-may-june-2018/3c1e621f-9108-44e4-98be-ee8a1bf00e7e) — Afrikaans FAL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May June 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-may-june-2016/f8c9e363-bee8-401b-a63d-075ae6d062cc) — Afrikaans FAL · QP · 2016 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2015-memo/ca24bb31-11e6-4414-ae1c-e2738b16f840) — Afrikaans FAL · Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Feb-March 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2015-memo/5ed31c77-16c2-4990-827a-9f3ff5f70d23) — Afrikaans FAL · Memo · 2015 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
