# Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2016 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2016, 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-may-june-2016/f8c9e363-bee8-401b-a63d-075ae6d062cc
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-may-june-2016/f8c9e363-bee8-401b-a63d-075ae6d062cc)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC June Exam · 2016 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1

                                         2016

                                                                       PUNTE: 80

                                                                       TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          2                              DBE/2016
                                             SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

          AFDELING A: LEESBEGRIP                               (30)
          AFDELING B: OPSOMMING                                (10)
          AFDELING C: TAAL                                     (40)

2.        Beantwoord AL die vrae.

3.        Begin elke afdeling op ’n NUWE bladsy.

4.        Trek ’n streep na elke afdeling.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Laat ’n reël oop na ELKE antwoord.

7.        Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

8.        Beplan jou tyd só:

          AFDELING A: 50 minute
          AFDELING B: 30 minute
          AFDELING C: 40 minute

9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          3                                   DBE/2016
                                             SSE

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1

TV-RUBRIEK

Lees die rubriek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS A

                                        UIT DIE RUSBANK
                         Deur: André-Pierre Du Plessis (apduplessis@gmail.com)

                                            [www.variety.com]

                                 NOAH GAAN NOG LANK OP TV WEES

                  Is Trevor Noah dalk die volgende “goue seun” van New York?

1         Trevor Noah se gesig het oor die hele New York op taxi’s en stadsbusse
          verskyn. Tog was hy eintlik maar nog ’n vreemdeling vir miljoene New Yorkers.

2         Sy gesig het ook die eerste week van Oktober 2015 in elke Amerikaanse
          koerant en tydskrif verskyn. Langs sy gesig met die breë glimlag het die woorde
          The new face of the same show verskyn. Trevor moes Jon Stewart, die
          aanbieder van The Daily Show en goue seun van New York, se groot skoene
          vol staan.

3         Jon Stewart het die afgelope sestien jaar die program The Daily Show
          aangebied. Toe Trevor Noah oorneem, het baie mense gewag dat hy ’n voet
          verkeerd moes sit. Hoekom? Hy was nie vroeër deel van die program nie en hy
          was ’n vreemdeling vir die Amerikaanse kykers.

4         Na net ’n week as aanbieder van die nuwe The Daily Show with Trevor Noah,
          was dit duidelik dat Trevor nog lank op die Amerikaanse televisie te sien sou
          wees. Dit is hoe goed hy as komediant en aanbieder was.

5         Mense het gehoop dat Trevor Noah die formaat van die nuwe program
          The Daily Show with Trevor Noah sou verander, maar hy het nie. Dit het baie
          mense teleurgestel.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1         4                                           DBE/2016
                                            SSE

6        Trevor begin steeds die program deur die dag of die naweek se nuusgebeure op
         te som. Hy doen dit op so ’n manier dat die helfte van die program se grappies
         daarin voorkom. In sy eerste program het Trevor gemaak asof hy ’n
         dwelmmiddel was wat spog dat hy vir die sangeres Whitney Houston se dood
         verantwoordelik was. Party mense het gedink dié grappie was nie snaaks nie.
         Hulle het op Twitter daaroor gekla. Maar dit was baie dieselfde as die soort
         grappies wat Stewart ook deur die jare gemaak het.

7        In die tweede deel van die program, net soos toe Stewart die aanbieder was,
         fokus Trevor op een nuusgebeurtenis. Vir hierdie nuusgebeurtenis skakel hy dan
         oor na ’n joernalis wat maak asof hy/sy regtig daar is waar die gebeure plaasvind
         en dan verslag doen.

8        Daarna voer hy ’n onderhoud in die ateljee voor die kameras met ’n bekende
         persoon. Die program word steeds afgesluit met die Moment of Zen-insetsel.
         Terwyl die program klaarmaak, word ’n snaakse of ongewone opmerking deur ’n
         belangrike persoon gewys – sonder ekstra kommentaar deur Noah of een van sy
         joernaliste.

9        Vir lojale kykers van The Daily Show is dit asof die program maar net ’n
         nuwe aanbieder gekry het terwyl dit nog steeds dieselfde volgorde het. Vir
         Suid-Afrikaners lyk dit asof Noah net ’n nuwe werkplek gekry het, maar dieselfde
         grappies maak.

10       Suid-Afrika kry natuurlik ’n gratis advertensie in amper elke episode omdat Noah
         dit so geniet om oor apartheid te praat en grappe oor Suid-Afrikaners te maak.
         Aan die begin van die program vertel hy hoe hy nooit gedink het hy sou eendag
         sy eie toilet in die huis hê nie. Nou het hy selfs sy eie televisieprogram! In ’n
         ander program vra hy vir die komediant Kevin Hart of hy uitsien na sy eerste
         besoek aan Suid-Afrika. Dit is nou regtig ’n gratis advertensie vir Suid-Afrikaanse
         toerisme! Suid-Afrikaanse toerisme het juis al die hulp wat dit kan kry, nodig.

11       Vir die Suid-Afrikaners wat jaarliks New York besoek, is daar nou ’n ekstra
         doen-ding terwyl hulle daar is. Kaartjies om te sien hoe The Daily Show
         opgeneem word, is gratis. Onthou net: jy moet baie lank vooruit jou kaartjie
         bespreek.

                                                  [Verwerk uit Bylae tot Die Burger, 3 Oktober 2015]

1.1       Waar in New York se strate het mense Trevor Noah se gesig gesien?
          (Paragraaf 1)                                                                                (1)

1.2       Watter woord in paragraaf 1 dui aan dat Trevor Noah vir baie mense in New
          York nie bekend was nie?                                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1           5                                    DBE/2016
                                              SSE

1.3       “The new face of the same show” (Paragraaf 2).

          1.3.1      Waarom is hierdie woorde kursief gedruk?                                     (1)

          1.3.2      Vir watter mense is Trevor Noah ’n nuwe gesig (“new face”)?                  (1)

          1.3.3      Skryf die program se naam neer waarna die woorde “the same
                     show” verwys.                                                                (1)

1.4       “... goue seun van New York ... ” (Paragraaf 2).

          1.4.1      Word “goue” in die teks denotatief of konnotatief gebruik?                   (1)

          1.4.2      Hoekom noem die mense vir Jon Stewart New York se “goue
                     seun”?                                                                       (1)

1.5       Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer (1.5) en die antwoord
          (A–D) neer, byvoorbeeld 1.5 E.

          Die uitdrukking “Jon Stewart ... se groot skoene vol staan” (paragraaf 2)
          beteken dat Trevor Noah Jon Stewart se ...

          A          skoene present gekry het.
          B          werk vir hom oordoen.
          C          groot skoene dra.
          D          sukses voortsit.                                                             (1)

1.6       Hoekom het sommige kykers aan die begin verwag dat Trevor Noah iets
          verkeerds sou doen? Gee TWEE redes.                                                     (2)

1.7       Hoe lank het dit Trevor Noah geneem om aan die kykers te bewys dat hy
          goed in sy werk is?                                                                     (1)

1.8       Die inhoud van die program het basies dieselfde gebly.

          Gee TWEE redes waarom hierdie stelling WAAR is.                                         (2)

1.9       “Party mense het gedink dié grappie was nie snaaks nie. Hulle het op Twitter
          daaroor gekla.” (Paragraaf 6)

          Waarom is dit IRONIES dat party mense oor “dié grappie” gekla het?                      (2)

1.10      Haal TWEE OPEENVOLGENDE woorde aan wat aandui dat die joernalis met
          wie Trevor Noah praat, toneelspeel. (Paragraaf 7)                                       (1)

1.11      Hoe is Trevor Noah se program anders as Jon Stewart se program?
          (Paragraaf 10)                                                                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          6                                       DBE/2016
                                             SSE

1.12      Trevor Noah het arm grootgeword.

          Motiveer hierdie stelling deur na die teks te verwys.                                  (1)

1.13      Wat impliseer die skrywer van hierdie artikel met die volgende woorde:

          “Suid-Afrikaanse toerisme het juis al die hulp wat dit kan kry, nodig.”
          (Paragraaf 10; laaste sin)                                                             (1)

1.14      Verduidelik hoe jy weet dat daar baie mense in die ateljee sit as Trevor Noah
          se program gemaak word.                                                                (1)

1.15      Hoekom is dit gepas dat ’n TV-rubriek se naam “Uit die rusbank” is?                    (1)

1.16      Hoekom is die subopskrif (Is Trevor Noah dalk die volgende “goue seun”
          van New York?) ’n vraag?                                                               (1)

1.17      Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer
          (1.17) en die antwoord neer.

          Die foto boaan die teks sluit die beste by (paragraaf 2/paragraaf 9) aan.              (1)

1.18      Hoe weet ’n mens die skrywer hou van Trevor Noah?                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
 Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          7                                          DBE/2016
                                              SSE

GRAFIEKE: REISTYD EN PARKERING
Bestudeer die grafieke hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
 TEKS B

                            Langer as 60 minute           22%

                            15–30 minute                   24%

                            30–60 minute                          43%

                            Minder as 15 minute      11%

                                                          23%

                                                           25%
                                                                  40%

                                                     12%

                                                     [Verwerk uit grafika24.com]

1.19       Hoekom is die prent van die horlosie gepas by die eerste grafiek?                            (1)

1.20       Kies die KORREKTE woord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer (1.20)
           en die antwoord neer.

           Die eerste/boonste grafiek dui aan dat meer mense (langer/korter) as ’n
           halfuur reis.                                                                                (1)

1.21       Hoekom is dit goed om inligting in grafiekformaat aan te bied?                               (1)

 Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
 Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1         8                                    DBE/2016
                                             SSE

1.22       Hoekom, dink jy, is die prentjie van die motor gepas by die tweede grafiek?           (1)

1.23       Watter persentasie mense is baie ontevrede met hul parkeerplek by die werk?           (1)

1.24       Waarom, dink jy, is dit belangrik dat mense met hul parkeerplek by die werk
           tevrede moet wees?                                                                    (1)

                                                                TOTAAL AFDELING A:               30

 Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
 Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1         9                                         DBE/2016
                                             SSE

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2

Lees die onderstaande teks deur en voer die instruksies uit.

INSTRUKSIES

1.   Som die SEWE dinge om jou beter te laat voel, in jou eie volsinne op.
2.   Skryf die dinge PUNTSGEWYS neer.
3.   Nommer die dinge van 1 tot 7.
4.   Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
5.   Dui die KORREKTE getal woorde aan die einde van die opsomming aan.

TEKS C

                      SEWE DINGE OM JOU BETER TE LAAT VOEL

 Voel jy soms dat die lewe vir jou te veel is? Daar is heelwat dinge wat ’n mens kan
 doen om jou beter te laat voel.

 Dis altyd ’n plesier om na ’n lang tyd weer kontak te maak met ’n familielid of ou vriend.
 Tel die foon op en bel hulle. Om so bande met mense te herbou, laat jou altyd beter
 voel.

 Daar is baie dinge wat ’n mens uitstel, soos om ’n tandartsafspraak te reël of jou
 klerekas reg te pak. Doen hierdie dinge dadelik, want dit tap jou energie as jy die hele
 tyd weet daar is nog take wat wag.

 Die meeste mense hou daarvan om lekker dinge in die lewe te doen. Maak tyd in jou
 dagboek om weer ’n keer iets lekkers te doen, want dit sal jou laat beter voel.

 Wanneer jy aan die begin van jou dag iets positiefs gedoen het, motiveer dit jou vir die
 res van die dag. As jy die eerste uur van die dag met negatiewe dinge besig is, is die
 res van jou dag sleg.

 Studies bewys dat mense wat lief is vir fisiese kontak, meer goedvoel-hormone het. Jy
 sal minder stres ervaar en beter voel as jy vir jou geliefdes drukkies gee.

 Om oefening in jou daaglikse program in te bou, is maklik. Klim byvoorbeeld die trap in
 die winkelsentrum of help om die huis skoon te hou. Oefening gee ekstra energie!

 As ’n mens dinge vir ander mense doen sonder om iets terug te verwag, sal jy altyd
 goed oor jouself voel.

                                                     [Verwerk uit Huisgenoot, 5 Februarie 2015]

                                                                   TOTAAL AFDELING B:                10

 Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          10                           DBE/2016
                                             SSE

AFDELING C: TAAL

VRAAG 3: ADVERTENSIE

•     Die taalvrae wat volg, is op die advertensie hieronder gebaseer.
•     Die nommering in die advertensie verwys na die vraagnommer wat beantwoord moet
      word.

TEKS D

                                                                         [Uit: litnet.co.za]

3.1       Wie is die adverteerder in hierdie advertensie?                                  (1)

3.2       Noem TWEE maniere waarop die woorde heel bo in die advertensie (kop)
          beklemtoon word.                                                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          11                                     DBE/2016
                                             SSE

3.3      Gee EEN woord vir die woorde tussen hakies.

         Hierdie advertensie is bedoel vir (mense van Suid-Afrika).                                (1)

3.4      Voltooi die volgende sin met die korrekte WOORD:

         Die woord “SPURFEK” is gevorm uit die woorde SPUR en …                                    (1)

3.5      Gee die VERGROTENDE TRAP van die woord tussen hakies.

         Die prent laat die kos (lekker) as gewoonlik lyk.                                         (1)

3.6     Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer (3.6) en die antwoord
        (A–D) neer, byvoorbeeld 3.6 E.

        “’n Lus vir die lewe” is ’n voorbeeld van …

         A       alliterasie.
         B       assonansie.
         C       stereotipering.
         D       seksisme.                                                                         (1)

3.7      ’n Mens sal mos … lippe aflek!

         3.7.1       Voltooi die volgende sin met die korrekte VOORNAAMWOORD:

                     ’n Mens sal mos … lippe aflek!                                                (1)

         3.7.2       Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies.

                     “lippe aflek” beteken     in     hierdie   advertensie   dat   die   kos
                     (lekker/vetterig) is.                                                         (1)

3.8      Skryf die onderstreepte GETAL as ’n woord.

         Jy kan ’n ¼ hoender bestel.                                                               (1)
                                                                                                   [10]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
 Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1           12                                      DBE/2016
                                               SSE

 VRAAG 4: STROKIESPRENT

 •    Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent hieronder gebaseer.
 •    Voer die instruksies by elke vraag uit.
 •    Opsetlike taalfoute kom voor.

 TEKS E

                      1                  2               3                                                  6

                                          4              5

                                                                           [Verwerk uit thecomicstrips.com]

4.1       Gee EEN woord om die seun se gesigsuitdrukking in RAAMPIE 1 te beskryf.                     (1)

4.2       Voltooi die sin:

          Die pa … die motor in RAAMPIE 2.                                                            (1)

4.3       Wat is die funksie van die stippels in RAAMPIE 4?                                           (1)

4.4       Gee die korrekte Afrikaans vir “Bye” in RAAMPIE 5.                                          (1)

4.5       Skryf in die INDIREKTE REDE.

          Die pa sê: “Dit is nog ver skool toe.”

          Begin só: Die pa sê dat …                                                                   (2)

4.6       Skryf die woorde tussen hakies oor in die korrekte WOORDORDE. Skryf die
          sin uit.

          Die pa het hom (ver van die skool af/vanoggend/vinnig) afgelaai.                            (1)

 Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
    Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1           13                                    DBE/2016
                                                  SSE

4.7          Skryf die woord “Seblief” volledig uit.                                                (1)

4.8          Kies die antwoord wat die volgende sin KORREK sal voltooi. Skryf net die
             vraagnommer (4.8) en die antwoord (A–D) neer, byvoorbeeld 4.8 E.

             Die beweging van die seun se kop wys hoe … hy is.

             A     opgewonde
             B     benoud
             C     hartseer
             D     verras                                                                           (1)

4.9          Wat in RAAMPIE 6 laat jou lag?                                                         (1)
                                                                                                    [10]

VRAAG 5: ARTIKEL EN PRENT

•     Die taalvrae wat volg, is op die artikel hieronder gebaseer.
•     Opsetlike taalfoute kom voor.
•     Voer die instruksies by elke vraag uit.

TEKS F

               (5.1) SKOOLSEUN HET REKENAARS VIR SIEK KINDERS GEKOOP

Dit het alles begin met sy (5.2) (liefde/liewe) vir rekenaars en ander mense.

Die agtienjarige Bennie van Eeden kry nie sakgeld nie, maar (5.3) (hy het twee rekenaars
gekoop) en weggegee aan die kinderhospitaal vir kankerlyers.

Hy het geld gespaar wat hy verdien het deur vakansies te werk en hy het ook wiskunde-
olimpiades gewen.

(5.4) (Dit is maar net die begin.) (5.5) (Hy is ’n matriek leerling van die Wes-Kaap.)

Woensdag is sy eie organisasie gestig om kinders te help. Dit is die Bennie-stigting en vorm
deel van CHOC (Childhood Cancer Foundation South Africa).

(5.6) (My hart gaan uit na siek kinders.) (5.7) (Ek het rekenaars begin soek. Ek wou hulle
motiveer.)

“My pa het gesê dit is die (5.8) (briljant) plan,” sê Bennie.

Hy het die CHOC-vereniging genader met sy idee om rekenaars vir kankerlyers beskikbaar te
stel terwyl hulle terapie ondergaan. Hy noem dit die Touch My Life-projek.

(5.9) (Bennie sê dat sy doel is om hierdie projek by elke staatshospitaal te begin.) “Ek wil
kinders help (5.10) (om te oorwin) hulle siekte.”

(5.11) (Borge het hom nog geïgnoreer.) Iemand het die tafels en kaste vir die rekenaars
geskenk. Hy wou soms (5.12) (tou opgooi), maar sy familie het hom geïnspireer.

    Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1           14                                      DBE/2016
                                              SSE

Bennie sê: “Ek het (5.13) (die dag voor vandag) ’n kankerpasiënt op een van die rekenaars
sien speel. ’n Vierjarige seuntjie het na die rekenaar gewys en opgewonde gesê:
‘Computer’.”

Ai, dit was die moeite werd.
                                                             [Verwerk uit Rapport, 28 September 2014]

5.1       Skryf die sin in die TEENWOORDIGE TYD.

          Skoolseun het rekenaars vir siek kinders gekoop.                                      (1)

5.2       Kies die KORREKTE woord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer
          (5.2) en die woord neer.

          Dit het alles begin met sy 5.2 (liefde/liewe) vir rekenaars en ander mense.           (1)

5.3       Skryf die sin in die LYDENDE VORM.

          Hy het twee rekenaars gekoop.

          Begin só: Twee rekenaars ...                                                          (1)

5.4       Skryf die sin in die VERLEDE TYD.

          Dit is maar net die begin.                                                            (1)

5.5       Verbeter die SPELFOUT in die sin.

          Hy is ’n matriek leerling van die Wes-Kaap.                                           (1)

5.6       Gebruik die HOMOFOON van die vetgedrukte woord hieronder in 'n sin.

          My hart gaan uit na siek kinders.                                                     (1)

5.7       Verbind die sinne met die voegwoord tussen hakies.

          Ek het rekenaars begin soek. Ek wou hulle motiveer. (omdat)                           (1)

5.8       Gee die OORTREFFENDE TRAP van die woord tussen hakies. Skryf slegs
          die woord as antwoord neer.

          “My pa het gesê dit is die (briljant) plan,” sê Bennie.                               (1)

5.9       Skryf die sin in die DIREKTE REDE.

          Bennie sê dat sy doel is om hierdie projek by elke staatshospitaal te begin.

          Begin só: Bennie sê: ...                                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          15                                  DBE/2016
                                             SSE

5.10      Verbeter die sin deur die INFINITIEF tussen hakies korrek te gebruik.

          Ek wil kinders help (om te oorwin) hulle siekte.

          Begin só: Ek wil kinders help …                                                 (1)

5.11      Skryf die sin oor in die ONTKENNENDE VORM/NEGATIEF.

          Borge het hom nog geïgnoreer.                                                   (1)

5.12      Verduidelik wat die vetgedrukte UITDRUKKING beteken.

          Bennie wou tou opgooi, maar sy familie het hom geïnspireer.                     (1)

5.13      Gee EEN woord vir die woorde tussen hakies. Skryf slegs die woord as
          antwoord neer.

          Bennie sê: “Ek het (die dag voor vandag) ’n kankerpasiënt op een van die
          rekenaars sien speel.”                                                   (1)

5.14      Skryf die sin oor en verander die LEESTEKEN om die stelsin na ’n
          UITROEPSIN te verander.

          Ai, dit was die moeite werd.                                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          16                                     DBE/2016
                                             SSE

5.15     Bestudeer die prent met aandag. Voltooi dan die dialoog (5.15.1–5.15.6) met
         slegs EEN woord per antwoord.

        TEKS G

                                                           [Uit: www.dreamonline.com]

         Pa:     Kyk hoe gelukkig lyk almal! Ons is darem lief (5.15.1) … braai.           (1)

         Gert: Sjoe, Pa, die vleis wat Pa braai, (5.15.2) … baie lekker. Ek is seker die
               reuk maak ons bure lus vir ons braaivleis.                                (1)

         Pa:     Ja, my maag grom ook nou van die (5.15.3) … omdat ek vandag nog
                 niks geëet het nie.                                             (1)

         Gert: Wagter is ook lus vir die vleis: kyk net hoe swaai hy sy (5.15.4) …         (1)

         Gert: Hier kom Ma nou met ons koeldrank op ’n (5.15.5) … aan.                     (1)

         Pa:     En kyk die mooi (5.15.6) … wat Ma aanhet om haar klere skoon te
                 hou.                                                            (1)
                                                                                 [20]

                                                               TOTAAL AFDELING C: 40
                                                                   GROOTTOTAAL: 80

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans FAL P3 May June 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-may-june-2016/11634693-2556-4655-b386-6c7e23a6a125) — Afrikaans FAL · QP · 2016 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2016/7d9df0bc-5c9f-4686-ac88-1f7b7a11c2d1) — Afrikaans FAL · QP · 2016 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May June 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-may-june-2018/3c1e621f-9108-44e4-98be-ee8a1bf00e7e) — Afrikaans FAL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May June 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2016-memo/fec783b3-523c-4938-a821-ce695c069ffb) — Afrikaans FAL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2016-memo/18db0369-fafd-460c-869e-7cac7b26056a) — Afrikaans FAL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Afrikaans FAL · Memo · 2024 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans P2 2021 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-2021-memo/fa39593a-6800-4788-88d4-bfdf1e468aa8) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
