# Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2017 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2017, 15 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-may-june-2017/16643329-d96e-4d6b-b14d-dea408bdd265
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-may-june-2017/16643329-d96e-4d6b-b14d-dea408bdd265)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC June Exam · 2017 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans FAL P1 May June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-may-june-2017-memo/1f189951-2b9b-4bdf-9d70-ac0d59452e6f) — Memo · 2017 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1

                                         2017

                                                                      PUNTE: 80

                                                                       TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          2                               DBE/2017
                                             SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

          AFDELING A: LEESBEGRIP                               (30)
          AFDELING B: OPSOMMING                                (10)
          AFDELING C: TAAL                                     (40)

2.        Beantwoord AL die vrae.

3.        Begin elke afdeling op 'n NUWE bladsy.

4.        Trek 'n streep na elke afdeling.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Laat 'n reël oop na ELKE antwoord.

7.        Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

8.        Beplan jou tyd só:

          AFDELING A: 50 minute
          AFDELING B: 30 minute
          AFDELING C: 40 minute

9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          3                                      DBE/2017
                                             SSE

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1

ARTIKEL

Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS A

                              EK HET VERDWAAL - O WAG, HIER IS EK!
                                       Deur Marchelle van Zyl

1         In die verlede het 'n kaart en 'n kompas ons gehelp om rigting te vind wanneer
          ons verdwaal het of onseker was oor die pad wat ons moes volg. Ek onthou
          veral een naweek uit my skooldae toe ons in die veld gekampeer het. Meneer
          Kruger het ons graad 8-Geografieklas teen skemer iewers in die veld afgelaai.
          Ons moes self ons pad terugvind na die kampeerterrein – met 'n kompas en 5
          'n kaart. Hoe ons by die kampeerterrein uitgekom het, kan ek nie meer onthou
          nie. Trouens, ek onthou niks meer wat hy ons oor kaartlees probeer leer het nie.
          Al wat ek van daardie aand onthou, is dat dit die koudste aand in my lewe was.
          Gelukkig het ons almal toe uitgekom waar ons moes.

2         Deesdae is dinge heeltemal anders. Ons stap met 'n ''kaart'' in ons sak, want 10
          ons het almal slimfone. Hierdie slimfone is mos die hele tyd met die satelliete
          verbind. Daarom is dit deesdae onmoontlik om te verdwaal. Jy moet net die
          regte toepassing op jou slimfoon hê én weet hoe om dit reg te gebruik.

3         'n Baie eenvoudige toep (''app'') wat ek ontdek het, is iArrow Lite. Die naam van
          dié toepassing sê presies wat dit is: 'n pyl op jou foon wys vir jou in watter rigting 15
          jy moet loop om uit te kom waar jy wil wees.

4         Hoe werk iArrow Lite? Gestel jy is op 'n staptoer. Jy tik dan vir die toepassing
          sekere instruksies in. Jy dui byvoorbeeld aan waar jy met die staproete wil begin
          en waar jy wil eindig. As jy dan begin stap, verskyn daar 'n pyl. Die pyl sal vir jou
          wys in watter rigting jy moet stap om by die spesifieke plek uit te kom waar jy wil 20
          wees. Dis al. Eenvoudig, maar in onbekende, gevaarlike situasies kan dit jou
          lewe red.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1            4                                       DBE/2017
                                               SSE

5         iArrow Lite is nie 'n kaart nie, net 'n rigtingwyser. In die betonoerwoud, met al die
          geboue en strate, kan jy dit selfs gebruik om jou motor by die inkopiesentrum op
          te spoor.                                                                             25

6         Maar ons weet almal dat die realiteit heeltemal anders is. Dis juis die menslike
          faktor wat hierdie realiteit so anders maak. Alles wat ons tot dusver gelees het,
          klink wonderlik, maar hoekom mis ons steeds die afdraai of is ons foon se
          battery pap as ons dit nodig het?

7         Wie se skuld is dit dat ons steeds verdwaal? As ons eerlik wil wees, is dit nie die 30
          slimfoon se skuld nie. Gewoonlik begaan óns mense foute of óns weet nie hoe
          om die kaart te lees of die tegnologie korrek te gebruik nie.

8         Daar is nog twee ander ingewikkelder variasies van dié toepassing. Jy kry
          iArrow Commander Compass Lite en die grootboet, Spyglass. Dit is vir dié
          mense wat in die Geografieklas opgelet het en kaarte kan lees. Dit is handig vir 35
          mense wat in die spesiale magte is, bv. die weermag of polisie, persone wat
          duikbote navigeer of Boeings vlieg en weet hoe om kompasse te gebruik.
          Hierdie twee toepassings alleen gaan jou egter nie help as jy verdwaal het nie.
          As jy een van hulle gebruik, moet jy steeds weet hoe om kaarte of 'n kompas te
          lees.                                                                            40

9         Maar enige iemand sal ook vir jou kan sê dit help nie jy het allerhande
          uitvindsels in jou sak en weet nie hoe om dit te gebruik nie. As jy een van
          hierdie gevorderde toepassings wil gebruik, moet jy jou toerusting ken. Jy moet
          wéét hoe om dit te gebruik. Jy kan enige tyd een van hierdie toepassings aflaai,
          maar maak seker dat jy ook die instruksies lees of na die opleidingsvideo's kyk. 45

10        As jy egter soos ek, erken dat jy te lui is hiervoor, laai net die eenvoudige iArrow
          Lite af.
                                                      [Verwerk uit www.netwerk24.com, 17 Mei 2016]

LET WEL:
• Beantwoord AL die vrae.
• Skryf net die vraagnommer en die antwoord neer.

1.1       Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (1.1) en die
          antwoord (A–D) neer, byvoorbeeld 1.1 E.

          Die woord ''verdwaal'' in die titel dui daarop dat die skryfster ...

          A           nie weet wat om te sê nie.
          B           rustig vir ontspanning rondloop.
          C           nie weet hoe om by haar bestemming te kom nie.
          D           ontdek watter pad om na haar huis te volg.                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          5                                      DBE/2017
                                             SSE

1.2       Waarom verwys die skryfster spesifiek na haar Geografie-onderwyser?
          (Paragraaf 1)                                                                            (1)

1.3       ''Deesdae is dinge heeltemal anders.'' (Paragraaf 2)

          1.3.1       Wat moes die graad 8-leerders destyds gebruik om hul pad
                      te vind? Noem TWEE dinge.                                                    (2)

          1.3.2       Wat anders, behalwe die twee dinge in VRAAG 1.3.1, help ons
                      deesdae om ons pad te vind? Verwys na die teks.                              (1)

1.4       Wat onthou die skryfster van daardie aand in haar graad 8-jaar toe hulle in die
          veld was?                                                                                (1)

1.5       Lees weer paragraaf 2.

          Waarom is dit verkeerd om te aanvaar dat ons álmal met 'n ''kaart'' in ons sak
          rondloop? Verduidelik.                                                                   (1)

1.6       '' 'n Baie eenvoudige toep ('app') wat ek ontdek het, is iArrow Lite.''
          (Paragraaf 3)

          1.6.1       Waarom is ''app'' tussen aanhalingstekens?                                   (1)

          1.6.2       ''App'' dui op die woord ''Application''. Van watter Afrikaanse woord
                      is ''toep'' afgelei?                                                         (1)

1.7       Hoe, dink jy, sal iArrow Lite op jou slimfoon jou lewe kan red?                          (1)

1.8       Watter EEN woord in paragraaf 5 gebruik die skryfster om na die stad
          te verwys?                                                                               (1)

1.9       Hoe kan iArrow Lite mense wat in dorpe en stede woon, help? Noem TWEE
          dinge.                                                                                   (2)

1.10      ''Maar ons weet almal dat die realiteit heeltemal anders is.'' (Paragraaf 6)

          1.10.1      Die woord ''Maar'' dui 'n kontras aan. Met watter SIN in paragraaf 2
                      vorm hierdie aanhaling 'n kontras? Skryf die hele sin neer.                  (1)

          1.10.2      Gee TWEE voorbeelde om aan te dui dat die menslike faktor die
                      realiteit ''anders'' maak. (Paragraaf 6)                                     (2)

1.11      Motiveer in jou eie woorde waarom die stelling hieronder ONWAAR is.

          Die skryfster van hierdie artikel sal 'n kompas bo 'n iArrow Lite-toepassing
          verkies.                                                                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1            6                                   DBE/2017
                                               SSE

1.12      Verwys na paragraaf 8.

          1.12.1      Gebruik EEN woord en voltooi die onderstaande sin.

                      In paragraaf 8 verwys ''grootboet'' nie na hoe groot Spyglass is nie.
                      Dit dui aan dat Spyglass ... as die ander iArrow-toeps is.                  (1)

          1.12.2      In watter soort werk sal 'n mens die Spyglass-toep goed kan
                      gebruik?                                                                    (1)

1.13      Wat moet jy doen om seker te maak dat jy sal weet hoe die ingewikkelde
          toeps werk? Noem TWEE dinge.                                                            (2)

1.14      Verwys na die slotparagraaf.

          Hoekom sal ''lui'' mense die iArrow Lite op hulle selfone laai?                         (1)

1.15      Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (1.15) en die
          antwoord (A–D) neer, byvoorbeeld 1.15 E.

          Die doel van die artikel is om ...

          A           te vermaak.
          B           te stereotipeer.
          C           emosies te wek.
          D           inligting te verskaf.                                                       (1)

1.16      Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies. Skryf net die
          vraagnommer (1.16) en die antwoord neer.

          ''O WAG, HIER IS EK!'' in die titel dui 'n gevoel van (verligting/spanning) aan.        (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1         7                                         DBE/2017
                                            SSE

SPOTPRENT

Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS B                                                                             Hierna gou die
                                                                                   wasgoed was
                                                                                 en die kinders se
                                                   Superma is net                tuiswerk
         Koffie sal nou lekker                     gou besig, Hartjie.            nagaan …
         smaak, Liefie!

                                                                 Volksblad
                                                                 Vroue in SA swoeg
                                                                 en sweet – doen
                                                                 meer onbetaalde
                                                                 werk as mans.

                                                  [Verwerk uit Volksblad, 10 Februarie 2016]

1.17      Hoekom noem die ma haarself ''Superma''?                                                   (1)

1.18      Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies. Skryf net die
          vraagnommer (1.18) en die antwoord neer.

          Die spotprent dui aan dat die samelewing vroue (regverdig/onregverdig)
          behandel.                                                                                  (1)

1.19      Waaruit kan jy aflei dat hierdie Superma se kinders gedissiplineerd is?                    (1)

1.20      Hoe kan jy uit die spotprent aflei dat die man ontspan?                                    (1)

1.21      Watter uitdrukking in die spotprent beteken om hard te werk?                               (1)

1.22      Hoe slaag die spotprentkunstenaar daarin om die man die fokuspunt van die
          spotprent te maak?                                                                         (1)

                                                                  TOTAAL AFDELING A:                 30

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          8                                       DBE/2017
                                             SSE

AFDELING B: OPSOMMING

Lees die teks hieronder deur en voer die instruksies uit.

VRAAG 2

INSTRUKSIES

1.        Som die SEWE dinge wat jy moet doen as jy 'n suksesvolle
          rommelverkoping wil hou, in jou EIE VOLSINNE op.
2.        Skryf die hoofgedagtes puntsgewys neer.
3.        Nommer die hoofgedagtes van 1 tot 7.
4.        Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
5.        Dui die korrekte getal woorde aan die einde van die opsomming aan.

TEKS C

                     HOU 'N SUKSESVOLLE ROMMELVERKOPING
Is jou garage ook só vol ongebruikte, stukkende of ou items dat daar byna nie plek is
om die motor te parkeer nie? Indien wel, is dit dalk tyd dat jy jou eie rommelverkoping
reël. Hier is 'n paar idees om jou te help.

Aangesien jy nie vir skelms die kans wil gee om jou plek te leer ken nie, moet jy nie die
verkoping in jou garage hou nie. Hou dit liewer buite op die sypaadjie of onder jou
motorafdak.

Jy wil graag geld maak uit jou rommelverkoping. Maak dus seker dat mense van jou
verkoping weet. Jy kan plakkate waarop die nodige inligting oor die verkoping verskyn,
op die kennisgewingborde van plaaslike winkels of die biblioteek plak.

Gaan deur al die goed waarvan jy ontslae wil raak. Maak dan 'n volledige lys van al die
items wat jy wil verkoop. Dit skep verder 'n goeie indruk as al die items wat jy wil
verkoop, skoon is. Dit sal jou ook meer geld in die sak bring. Kopers wil ook nie die
hele tyd vir jou vra wat 'n item kos nie. Nadat jy jou prys bepaal het, moet jy dit duidelik
op al die items plak.

Tyd is geld! Mense wat kom om jou verkoping te ondersteun, wil nie hulle tyd mors nie.
Gevolglik moet jy seker maak dat jou tafels vroegoggend gereed is sodat jy die kopers
dadelik kan bedien.

By die meeste rommelverkopings word daar net met kontant vir aankope betaal.
Jy moet dus seker maak dat jy genoeg kleingeld het.
                                                                                    [Eie teks]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:               10

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1        9                                           DBE/2017
                                           SSE

AFDELING C: TAAL

VRAAG 3: ADVERTENSIE

•     Die taalvrae wat volg, is op die advertensie hieronder gebaseer.
•     Die nommering in die advertensie verwys na die nommer van die vraag wat
      beantwoord moet word.
•     Voer die instruksies by elke vraag uit.

TEKS D

                                           Die wedloop wat (3.2) (elke jaar) gehou
                                           word, lok baie atlete.

                                           Die wedloop het altyd 'n (3.3) (spesiaal)
                                           boodskap: dankbaarheid.

                                           (3.4) (Jy is dankbaar vir alles.)

                                                                                (3.5)

                                                         [Verwerk uit Rooi Rose, Augustus 2016]

3.1       Gee die OORTREFFENDE TRAP van die woord tussen hakies.

          Dit is die (maklik) padwedloop vir vroue elke September.                                    (1)
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          10                                  DBE/2017
                                             SSE

3.2       Gee EEN WOORD vir die woorde tussen hakies.

          Die wedloop wat (elke jaar) gehou word, lok baie atlete.                              (1)

3.3       Gee die korrekte vorm van die BYVOEGLIKE NAAMWOORD tussen hakies.

          Die wedloop het altyd 'n (spesiaal) boodskap: dankbaarheid.                           (1)

3.4       Verander die stelsin hieronder na 'n VRAAGSIN sodat die antwoord Ja of
          Nee is.

          Jy is dankbaar vir alles.                                                             (1)

3.5       Gee 'n moontlike onderskrif vir die prentjie hieronder.

                                                                                                (1)

3.6       Gee die INTENSIEWE VORM van die woord tussen hakies.

          Enige vrou wat nog (lewendig) is, kan deelneem.                                       (1)

3.7       Watter woord in hierdie advertensie speel op die leser se gevoel?                     (1)

3.8       Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies. Skryf net die
          vraagnommer (3.8) en die antwoord neer.

          Die vlerke aan die atleet se voete in die advertensie dui aan dat die atlete
          vinnig gaan (vlieg/hardloop).                                                         (1)

3.9       Hoe kan jy uit die prent van die vrou aflei dat enige vrou aan die wedloop kan
          deelneem?                                                                             (1)

3.10      Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer (3.10) en die
          antwoord (A–D) neer, byvoorbeeld 3.10 E.

          SPAR borg hierdie wedloop. Die voordeel wat SPAR hieruit trek, is dat ...

          A     meer mense aan die wedloop gaan deelneem.
          B     atlete dankbaar gaan wees vir wat hulle het.
          C     mense gaan weet waar Supersportpark is.
          D     meer klante by hulle gaan koop.                                                 (1)
                                                                                                [10]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1           11                                    DBE/2017
                                              SSE

VRAAG 4: STROKIESPRENT

•     Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent hieronder gebaseer.
•     Opsetlike taalfoute kom voor.
•     Voer die instruksies by elke vraag uit.

TEKS E

                                                              [Verwerk uit www.arcamaz.com]

4.1        Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies. Skryf net die vraagnommer
           (4.1) en die antwoord neer.
                                                                                                   (1)
           Die leerder se woorde in RAAMPIE 1 is 'n (mening/feit).

4.2        Noem EEN visuele teken in RAAMPIE 2 wat daarop dui dat Dennis nie die
           Wiskunde verstaan nie. Noem EEN teken.                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          12                                  DBE/2017
                                             SSE

4.3       Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (4.3) en die letter
          (A–D) neer, byvoorbeeld 4.3 E.

          In RAAMPIE 3 sê Juffrou: ''Nee, Dennis. Jy verstaan die vraag verkeerd.''

          Watter IDIOOM pas by Juffrou se woorde?

          A           Jy laat die aap uit die mou.
          B           Jy het die kat aan die stert beet.
          C           Die appel val nie ver van die boom nie.
          D           Ek wil 'n appeltjie met jou skil.                                         (1)

4.4       Hoe verskil Dennis se lyftaal in RAAMPIE 4 van die meisies agter hom se
          lyftaal?

          Gee jou antwoord só: Dennis se gesig wys dat hy (4.4.1) ... is en die meisies
          se houding wys dat hulle (4.4.2) ... is.                                              (2)

4.5       Waarom, dink jy, is daar geen dialoog in RAAMPIE 4 nie?                               (1)

4.6       Skryf Dennis se woorde in RAAMPIE 5 oor in KORREKTE Afrikaans.

          Die harder ek probeer, die meer mors ek.                                              (1)

4.7       Skryf die volgende sin oor in die DIREKTE REDE sodat dit in RAAMPIE 6 se
          praatborrel pas.

          Ma vra vir Dennis hoe sy eerste dag van die nuwe kwartaal was.                        (1)

4.8       Skryf die sin in RAAMPIE 8 oor in die LYDENDE VORM.

          My maats het my geïrriteer.

          Begin die sin só: Ek ...                                                              (1)

4.9       Hoe word die woord ''moeg'' in RAAMPIE 9 beklemtoon?                                  (1)
                                                                                                [10]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1           13                                       DBE/2017
                                              SSE

VRAAG 5: ARTIKEL EN PRENT

•     Die taalvrae wat volg, is op die artikel hieronder gebaseer.
•     Opsetlike taalfoute kom voor.
•     Voer die instruksies by elke vraag uit.

TEKS F

                     SWART VRYDAG IN SUID-AFRIKA SE WINKELS
                               deur Simon Sonnekus
Op Vrydag 25 November 2016, was (5.1) (winkel + sentrums) oral in die land vroeg al
vol mense. (5.2) (Almal is op soek na winskopies.)

Opgewonde (5.3) (koopers/kopers) het al van halfses af voor die winkels begin
toustaan. Advertensies het gesorg dat almal (5.4) (geweet/geken) het wat hulle
goedkoop in die hande kon kry. Alle (5.5) (Suid-Afrika) wou deel hê hieraan.

Daar (5.6) (was) chaos toe die winkels om 07:00 oopgemaak het. Verskeie mense het
die winkels met twee (5.7) (waentjie) ingevaar. As daar 'n (5.8) (goed) prys op 'n
produk was, het hulle dit ingelaai.

(5.9) (Sommige) mense het sommer net gekoop. Hulle het glad nie (5.10) (plan) nie.
Die kinders het die kans gebruik om hul geliefkoosde Kersgeskenke te kry.

(5.11) Pria Naidoo was daar. Sy wou vir haar seun sy Kersgeskenk koop. Pria sê dat
haar seun self (5.12) (vir dit/daarvoor) gespaar het. (5.13) (Dit was baie duur.)
(5.14) (Hy het ná die inkopies huis toe gegaan. Hy speel met sy nuwe speelding.)

                                                          [Verwerk uit Beeld, 26 November 2016]

5.1        Vorm 'n SAMESTELLING van die woorde tussen hakies. Skryf slegs die
           vraagnommer (5.1) en die woord neer.

           Johannesburg se (5.1) (winkel + sentrums) was vroeg al vol mense.                      (1)

5.2        Skryf die sin in die VERLEDE TYD.

           Almal is op soek na winskopies.                                                        (1)

5.3        Kies die woord tussen hakies wat korrek gespel is.

           Opgewonde (koopers/kopers) het al van halfses af voor die winkels begin
           toustaan.                                                               (1)

5.4        Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies.

           Advertensies het gesorg dat almal (geweet/geken) het wat hulle goedkoop in
           die hande kon kry.                                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          14                                    DBE/2017
                                             SSE

5.5       Gee die PERSOONSNAAM van die woord tussen hakies.

          Alle (Suid-Afrika) wou deel wees hiervan.                                          (1)

5.6       Gebruik die HOMONIEM van was (reël 6) in 'n sin sodat die betekenis
          duidelik is.                                                        (1)

5.7       Gee die MEERVOUD van die woord tussen hakies.

          Verskeie mense het die winkels met twee (waentjie) ingevaar.                       (1)

5.8       Gee die KORREKTE VORM van die woord tussen hakies.

          As daar 'n (goed) prys op 'n produk was, het hulle dit ingelaai.                   (1)

5.9       Gee die SINONIEM van die woord tussen hakies.

          (Sommige) mense het sommer net gekoop.                                             (1)

5.10      Vorm 'n WERKWOORD van die woord tussen hakies deur 'n voorvoegsel te
          gebruik.

          Hulle het glad nie (plan) nie.                                                     (1)

5.11      Verbind die sinne hieronder met die VOEGWOORD tussen hakies.

          Pria Naidoo was daar. Sy wou vir haar seun sy Kersgeskenk koop.
          (aangesien)                                                     (1)

5.12      Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies.

          Pria sê dat haar seun self (vir dit/daarvoor) gespaar het.                         (1)

5.13      Skryf die sin oor in die ONTKENNENDE VORM.

          Dit was baie duur.                                                                 (1)

5.14      Verbind die sinne deur die INFINITIEF korrek te gebruik.

          Hy het ná die inkopies huis toe gegaan. Hy speel met sy nuwe speelding.

          Begin die sin só: Hy het na die inkopies huis toe gegaan …                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1            15                                     DBE/2017
                                               SSE

TEKS G

                                                          [Verwerk uit www.nalibali.org]

5.15      Voltooi die sin met die korrekte SELFSTANDIGE NAAMWOORD.
          Ouma se ... sit laag op haar neus.                                                      (1)
5.16      Vul die korrekte VOORSETSEL in.
          Cyril het die vleis ... die rooster afgehaal.                                           (1)
5.17      Gee die VERKLEINWOORD van die woord tussen hakies.
          Charles dra 'n gestreepte (hemp).                                                       (1)
5.18      Skryf die VOORWERP van die sin neer.
          Cyril het die vleis gebraai.                                                            (1)
5.19      Wat, dink jy, sou Mamma uitgeroep het nadat sy die oorbel in haar bord gekry
          het? Skryf 'n gepaste Afrikaanse UITROEP neer.                                          (1)
5.20      Kies die WOORD tussen hakies wat Patrick se gesigsuitdrukking die beste
          beskryf.
          Patrick is baie (tevrede/verslae) dat Mamma haar oorbel gekry het.                      (1)
                                                                                                  [20]
                                                                 TOTAAL AFDELING C:               40
                                                                     GROOTTOTAAL:                 80

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans FAL P3 May June 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-may-june-2017/53fed238-2b40-48fa-945c-5ac2140bd921) — Afrikaans FAL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May June 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-may-june-2018/3c1e621f-9108-44e4-98be-ee8a1bf00e7e) — Afrikaans FAL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May June 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-may-june-2016/f8c9e363-bee8-401b-a63d-075ae6d062cc) — Afrikaans FAL · QP · 2016 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2017-memo/4d4c9c87-bf05-4564-a79c-d7c2c8e5e4d4) — Afrikaans FAL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 May June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-may-june-2017-memo/fdb20661-6bed-42ef-b39f-343033ef4ee3) — Afrikaans FAL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2017-memo/8504caa7-7e09-421a-b18c-8a4797a23c7a) — Afrikaans FAL · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
