# Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2018 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2018, 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-may-june-2018/3c1e621f-9108-44e4-98be-ee8a1bf00e7e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-may-june-2018/3c1e621f-9108-44e4-98be-ee8a1bf00e7e)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC June Exam · 2018 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1

                                           2018

                                                                         PUNTE: 80

                                                                         TYD: 2 uur

                         Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          2                             DBE/2018
                                             SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

          AFDELING A: Leesbegrip             (30)
          AFDELING B: Opsomming              (10)
          AFDELING C: Taal                   (40)

2.        Beantwoord AL die vrae.

3.        Begin elke afdeling op 'n NUWE bladsy.

4.        Trek 'n streep na elke afdeling.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Laat 'n reël oop na ELKE antwoord.

7.        Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

8.        Beplan jou tyd só:

          AFDELING A:         50 minute
          AFDELING B:         30 minute
          AFDELING C:         40 minute

9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1         3                                 DBE/2018
                                            SSE

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1: GESKREWE ONDERHOUD

Lees die geskrewe onderhoud hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS A

                      AYANNA WILLIAMS: WÊRELDREKORDHOUER VIR DIE
                                 LANGSTE VINGERNAELS

1         Ayanna Williams is 'n 60-jarige ouma
          met 'n verskil. Hierdie Amerikaanse
          vrou is van Houston in Texas. Sy is in
          2017 as die wêreldrekordhouer vir die
          vrou met die langste naels aangewys.                                               5

2         Toe Guinness World Records haar
          naels gemeet het, was elke nael
          gemiddeld 60 cm lank. Ayanna se
          linkerduimnael is die langste – 68 cm!
          Dis selfs langer as die kortste man                                                10
          wat nog ooit geleef het. Hy was
          54,6 cm lank.

3         Mense het verskillend gereageer op Guinness World Records se webtuiste na
          die aankondiging van haar rekord. ʺSies! Hoe bad sy daarmee?ʺ het een
          geskryf. 'n Ander wou weet hoe sy haar naels so sterk kry en nog iemand het        15
          gesê dat Ayanna superkoel is. In 'n onderhoud het Ayanna 'n bietjie meer van
          haarself vertel.

4         VRAAG: Wat het jou gemotiveer om jou naels so lank te laat groei?
          ANTWOORD: My ma het ook lang naels gehad, maar nie so lank soos myne
          nie. Ek dink sy het die saadjie vir my passie vir lang naels geplant.              20

5         VRAAG: Waarom het jy besluit om 'n rekord op te stel?
          ANTWOORD: Ek wou vir my kinders wys dat hulle enigiets kan doen as hulle
          wil. Dit neem net dissipline, moed en geduld.

6         VRAAG: Hoe lank het dit jou geneem om jou naels so lank te laat groei?
          ANTWOORD: Meer as 20 jaar. Ek het na 20 jaar ophou tel.                            25

7         VRAAG: Hoe versorg jy jou naels?
          ANTWOORD: Ek begin deur 'n naelverharder op my naels te druk. Daarna verf
          ek my naelpolitoer aan. Dan rond ek dit af met 'n dun lagie akriel oor die
          naelpolitoer. Ek maak dit ook gereeld skoon met 'n antibakteriese seep en
          'n spesiale naelborseltjie.                                                        30

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1        4                                     DBE/2018
                                           SSE

8         VRAAG: Wat sal jy doen as een van jou naels breek?
          ANTWOORD: Ag, dis nie die einde van die wêreld nie! Ek sal dit net weer
          aanmekaar plak.

9         VRAAG: Verf jy self jou naels?
          ANTWOORD: Ja, ek is 'n gekwalifiseerde naeltegnikus. Eers het ek my naels             35
          elke twee weke geverf, maar nou is dit te lank. Nou verf ek dit maandeliks.

10        VRAAG: Hoe lank neem dit jou om jou naels te verf?
          ANTWOORD: 20 uur van die begin tot die einde, maar soms neem dit tot 'n
          week. Ek moet dit stuk-stuk doen, want ek wil dit netjies hê.

11        VRAAG: Hoeveel botteltjies naelpolitoer gebruik jy elke keer?                         40
          ANTWOORD: Gewoonlik twee botteltjies – een vir elke hand.

12        VRAAG: Hoe kry jy jou klere met daardie lang naels aangetrek?
          ANTWOORD: Ek moet baie versigtig wees. Ek werk baie stadig. Dit bly 'n
          uitdaging om my langbroeke aan te trek; daarom vra ek soms hulp as ek
          daarmee sukkel.                                                                       45

13        VRAAG: Wat is die moeilikste take om met jou lang naels te verrig?
          ANTWOORD: Ek kan nie skottelgoed was nie. My naels pas nie in die wasbak
          nie. Verder bly dit moeilik om my hare te was en te kam al is ek 'n opgeleide
          haarkapster. O, en jy wil ook nie agter my by die betaalpunt in 'n besige winkel
          staan nie. Dit neem baie lank om geld uit my beursie te kry. Ek kan ook nooit my      50
          hand uitsteek om mense te groet nie.

14        VRAAG: Sjoe, pla jou naels jou nie as jy slaap nie?
          ANTWOORD: Ja, dit pla my. Dit neem die hele bed oor. Ek slaap net op my sy
          met 'n kussing onder my naels. Die naels hang dan oor die kussing.

15        VRAAG: Hoe hanteer jy mense wat na jou staar of vra vir 'n selfie saam met            55
          hulle?
          ANTWOORD: Ek verstaan dat my naels uniek is en dat mense daarna sal kyk.
          As mense dan vra vir 'n foto, gee ek nie om nie.

16        VRAAG: Wat doen mense soms wat jou ontstel?
          ANTWOORD: Ek hou nie van mense wat my skelm afneem of persoonlike                     60
          opmerkings oor my maak nie. Verskoon die woordspeling, maar dan wys ek my
          naels! Ek sal nie huiwer om vir hulle presies te sê wat ek van hulle dink nie.

17        VRAAG: Sal jy jou naels nog langer wil laat groei?
          ANTWOORD: O ja! Ek is mal oor my naels. Ek noem dit my tien juwele. Dit is
          50% van wie ek is. Dis my babas, dis my kuns.                                         65

                                                             [Verwerk uit www.netwerk24.com]

LET WEL:
• Beantwoord AL die vrae.
• Skryf net die vraagnommer en die antwoord neer.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1             5                                   DBE/2018
                                                SSE

1.1       In watter stad woon Ayanna Williams?                                                     (1)

1.2       Waarom word Ayanna 'n ouma 'met 'n verskil' genoem?                                      (1)

1.3       Wat is die gemiddelde lengte van Ayanna se naels?                                        (1)

1.4       Wat maak die lengte van Ayanna se linkerduimnael (68 cm) so besonders?                   (1)

1.5       Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies. Skryf net die
          vraagnommers (1.5.1 en 1.5.2) en die antwoorde neer.

          Mense se reaksies op die aankondiging van hierdie rekord het verskil. Dit het
          gewissel van (1.5.1) (woede/negatiwiteit) tot (1.5.2) (spot/bewondering).                (2)

1.6       Wat bedoel Ayanna as sy sê haar ma het die saadjie vir haar passie vir lang
          naels geplant?                                                                           (1)

1.7       Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (1.7) en die
          antwoord (A–D) neer, bv. 1.7 E.

          Ayanna sê 'n mens moet dissipline hê om 'n rekord op te stel. In Ayanna se
          geval het dit dissipline gekos om ...

          A       vir soveel jaar snags met baie lang naels te slaap.
          B       vir mense presies te sê wat sy van hulle dink.
          C       saam met mense vir 'n selfie te poseer.
          D       haar naels haar babas te noem.                                                   (1)

1.8       Hoe hou Ayanna haar naels:

          1.8.1     Lekker hard (TWEE feite)                                                       (2)

          1.8.2     Higiënies (TWEE feite)                                                         (2)

1.9       Kies die KORREKTE antwoord deur die woorde in die lys hieronder te
          gebruik. Skryf slegs die woord langs die vraagnommers (1.9.1 en 1.9.2) neer.

                     sensitief;        skaam;         perfeksionisties;   prakties

          Wat lei jy oor Ayanna af uit die antwoorde wat sy op die volgende vrae gegee
          het?

          1.9.1     Wat sal jy doen as een van jou naels breek? (Paragraaf 8)                      (1)

          1.9.2     Hoe lank neem dit jou om jou naels te verf? (Paragraaf 10)                     (1)

1.10      Hoeveel naelpolitoer gebruik Ayanna om een hand se naels te verf?                        (1)

1.11      Hoe maak Ayanna seker dat haar naels nie breek terwyl sy aantrek nie? Gee
          DRIE feite.                                                                              (3)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          6                                  DBE/2018
                                             SSE

1.12      Waarom kan 'n mens sê dat Ayanna se kwalifikasie as haarkapster haar nie
          veel help nie?                                                                       (1)

1.13      Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (1.13) en die
          antwoord (A–D) neer, bv. 1.13 E.

          In paragraaf 16 sê Ayanna: ʺ ... maar dan wys ek my naels! ʺ

          Hiermee bedoel Ayanna dat sy ...

          A     met haar naels wil spog.
          B     haar naels wil versorg.
          C     baie kwaad word.
          D     baie hartseer word.                                                            (1)

1.14      Waarom verwys Ayanna na haar naels as haar tien 'juwele'?                            (1)

1.15      Uit die leesstuk lei ons af dat mense vir Ayanna se naels gegril het terwyl
          ander haar as superkoel beskryf het.

          Wat is jou opinie oor Ayanna se naels? Motiveer jou antwoord.                        (1)

1.16      Lees weer al die vrae wat die onderhoudvoerder aan Ayanna gevra het.

          Het jy uit die vrae en antwoorde meer oor Ayanna geleer? Motiveer jou
          antwoord deur na die teks te verwys.                                                 (1)

1.17      Waarom, dink jy, sal sommige lesers só 'n geskrewe onderhoud bo 'n gewone
          tydskrifartikel verkies?                                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1        7                                       DBE/2018
                                           SSE

TABEL

TEKS B

Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                  SPAAR WATER!
                      Jy kán met 87 liter water per dag uitkom.
                 PERSOONLIKE EN HUISHOUDELIKE WATERGEBRUIK
                  AKTIWITEIT              PER DAG     HOEVEEL LITER

                      STORT                        2 minute               20 liter

                  TOILET SPOEL                      4 keer                36 liter

                  TANDE BORSEL                      2 keer               0,3 liter

                  HANDE WAS                         3 keer                9 liter

                     KOS MAAK                       3 etes               1,8 liter

                  WATER DRINK                      6 glase               1,5 liter

              SKOTTELGOED MET DIE
                                                    1 keer                9 liter
                   HAND WAS

                  TROETELDIERE                      2 keer                2 liter

  HOEVEEL LITER PER DAG?                                                79,6 liter

               HUISHOUDELIKE APPARATE WAT BAIE WATER GEBRUIK

                     WASMASJIEN                          SKOTTELGOEDWASSER
                  1 was gebruik 40 liter                  1 was gebruik 31 liter

                                                                 [Verwerk uit: Grafika24]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1         8                                   DBE/2018
                                            SSE

1.18      Watter persóónlike en huishoudelike gebruik van water (nie apparate nie) is
          die hoogste per dag?                                                                 (1)

1.19      Na watter aktiwiteit verwys die prentjie hieronder?

                                                                                               (1)

1.20      Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer (1.20) en die
          antwoord (A–D) neer, bv. 1.20 E.

          Hierdie tabel oor persoonlike en huishoudelike watergebruik sluit ook die
          gebruik van water vir mense se ... in.

          A     motors
          B     potplante
          C     troeteldiere
          D     swembaddens                                                                    (1)

1.21      Hoekom is dit beter om skottelgoed met die hand te was eerder as om
          'n skottelgoedwasser te gebruik?                                                     (1)

1.22      Watter prentjie, A of B, hieronder pas die beste by die opskrif, 'SPAAR
          WATER!'? Skryf net die vraagnommer (1.22) en die korrekte letter (A of B)
          neer.

                 A                     B

                                                                                               (1)

1.23      Hoekom is dit makliker om hierdie tabel te verstaan as 'n geskrewe teks?             (1)

                                                                TOTAAL AFDELING A:             30

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1         9                                         DBE/2018
                                            SSE

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2

Lees die teks hieronder deur en voer die instruksies uit.

INSTRUKSIES

1.      Som die SEWE dinge wat jy moet doen as jy in 'n brandende huis is, in jou
        EIE VOLSINNE op.
2.      Skryf die hoofgedagtes puntsgewys neer.
3.      Nommer die hoofgedagtes van 1 tot 7.
4.      Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
5.      Dui die korrekte getal woorde aan die einde van die opsomming aan.

TEKS C

                WAT JY MOET DOEN AS JY IN 'N BRANDENDE HUIS IS

Dis moeilik om kalm te bly as jy in 'n huis is wat besig is om te brand. Hier is SEWE
dinge wat jy moet doen as jy in 'n brandende huis is.

'n Brandblusser sal dalk nie 'n hele brand kan blus nie, maar dit kan jou help om 'n pad
na buite deur die vlamme te kry. Maak dus seker jy weet waar die brandblusser hang.
'n Toe deur keer dat rook en vlamme versprei. As jy in 'n brandende huis vasgekeer is,
maak die deur van die vertrek waarin jy is, toe. As jy nie vasgekeer is nie, maar die
deur is reeds toe, moet jy eers aan die toe deur voel voordat jy dit oopmaak. As daar
geen hitte is nie, kan jy dit met veiligheid oopmaak en uitgaan.

In 'n brand is dit dikwels nie die vuur wat gevaarlik is nie. Baie mense sterf van
rookinaseming. Dit is hoekom jy jou mond en neus met iets nats moet bedek. As jy so
laag as moontlik op die grond bly, sal jy ook minder rook inasem. Sodra jy veilig uit die
brandende huis is, moet jy glad nie probeer om terug te gaan nie. Hou 'n tas met
noodhulpvoorrade byderhand sodat jy dit net kan gryp en hardloop. As daar nie
dadelik hulp op die toneel is nie, het jy die nodigste hulpmiddels byderhand.

                                                        [Verwerk uit http://reviewonline.co.za]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:                 10

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1    10                                      DBE/2018
                                       SSE

AFDELING C: TAAL

VRAAG 3: ADVERTENSIE

•   Die taalvrae wat volg, is op die advertensie hieronder gebaseer.
•   Die nommering in die advertensie verwys na die vraagnommer wat beantwoord
    moet word.

TEKS D

          (3.3) (Goeie) aanbieding!

           (3.4) (Lekker) ONTBYT!

              (3.5) SLEGS R29,95

               (Net Maandae van
                 08:00–11:00)

                Hoek van (3.8) Noord- en Kerkstraat, Bloemhof
             Skakel vir Rosie vir (3.10) (u/jou) spesiale geleentheid.
                                   053 122 3128
                                              [Verwerk uit Rooi Rose, Augustus 2016]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1           11                                   DBE/2018
                                              SSE

3.1       Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies. Skryf net die
          vraagnommer (3.1) en die antwoord neer.

          Die herhaling van die r-klank in ROSIE SE RESTAURANT (alliterasie) is om
          ('n mens se aandag te trek/die kos te adverteer).                                       (1)

3.2       Voltooi die sin met die korrekte LIDWOORD.

          Nou oop vir ... lekkerste ontbyt ooit!                                                  (1)

3.3       Vervang die woord tussen hakies met 'n woord wat meer EMOSIE beskryf.

          (Goeie) aanbieding!                                                                     (1)

3.4       Gee die INTENSIEWE VORM van die woord tussen hakies.

          (Lekker) ONTBYT!                                                                        (1)

3.5       Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (3.5) en die
          antwoord (A–D) neer, bv. 3.5 E.

          Die gebruik van die woord 'slegs' is 'n voorbeeld van ...

          A     partydigheid.
          B     manipulering.
          C     stereotipering.
          D     veralgemening.                                                                    (1)

3.6       Gee die KORREKTE VORM van die woord tussen hakies (VERLEDE
          DEELWOORD).

          2 eiers, wors, 2 repies spek, (rooster) tamaties en 'n snytjie roosterbrood             (1)

3.7       HERSKRYF die volgende sin:

          Kom geniet elke oomblik!

          Begin só: Jy moet ...                                                                   (1)

3.8       Watter WOORD kan die koppelteken hieronder vervang?

          Hoek van Noord- en Kerkstraat                                                           (1)

3.9       Watter EEN WOORD in die advertensie pas by die foto?                                    (1)

3.10      Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies. Skryf net die
          vraagnommer (3.10) en die antwoord neer.

          Skakel vir Rosie vir (u/jou) spesiale geleentheid.                                      (1)
                                                                                                  [10]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1             12                                     DBE/2018
                                                SSE

VRAAG 4: STROKIESPRENT

•     Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent hieronder gebaseer.
•     Opsetlike taalfoute kom voor.
•     Voer die instruksies by elke vraag uit.

TEKS E

                                                                           [Verwerk uit joshreads.com]

4.1        Verwys na Jeremy se Moedersdagboodskap in RAAMPIE 2.

           Wat kan jy hieruit van Jeremy se normale gedrag aflei?                                    (1)

4.2        Gebruik die HOMONIEM van vier (RAAMPIE 4) in 'n sin sodat die betekenis
           duidelik is.                                                                              (1)

4.3        Skryf die sin in RAAMPIE 5 in die DIREKTE REDE.

           Ma vra vir Jeremy of hy nie haar bril gesien het nie.                                     (1)

4.4        Noem EEN visuele teken in RAAMPIE 5 wat daarop dui dat Jeremy
           geïrriteerd is met al die goed wat sy ma sê.                                              (1)

4.5        Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (4.5) en die letter
           (A–D) neer, bv. 4.5 E.

           Watter IDIOOM pas by Jeremy se gesigsuitdrukking in RAAMPIE 6?

           Jy ...

           A        lieg soos 'n tandetrekker.
           B        doen iets met lang tande.
           C        byt op jou tande.
           D        is tot die tande toe gewapen.                                                    (1)
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1         13                                    DBE/2018
                                            SSE

4.6       Ma vra vir Jeremy om vir haar te wys hoe om 'n foto met haar selfoon te
          neem. (RAAMPIE 6)

          Op watter manier beklemtoon Ma dat Jeremy geduldig met haar moet wees?                 (1)

4.7       Jeremy het uiteindelik nie gedoen wat hy vir sy ma gesê het hy sou doen nie.

          Hoe kan 'n mens dit in RAAMPIE 7 sien?                                                 (1)

4.8       Hoe verskil Ma se gesigsuitdrukking in RAAMPIE 3 van haar gesigsuitdrukking
          in RAAMPIE 8?

          Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies. Skryf net die
          vraagnommers (4.8.1 en 4.8.2) en die antwoorde neer.

          In RAAMPIE 3 lyk Ma (4.8.1) (opgewonde/hartseer) en in RAAMPIE 8 lyk Ma
          (4.8.2) (verbaas/teleurgesteld).                                                       (2)

4.9       Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (4.9) en die letter
          (A–D) neer, bv. 4.9 E.

          Hoe word tieners in hierdie strokiesprent gestereotipeer? Tieners ...

          A     weet alles van tegnologie af.
          B     is geïrriteerd met hulle ouers.
          C     kommunikeer nie met hulle ouers nie.
          D     gee graag vir ander mense geskenke.                                              (1)
                                                                                                 [10]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          14                                       DBE/2018
                                             SSE

VRAAG 5: ARTIKEL EN PRENT

•     Die taalvrae wat volg, is op die artikel (TEKS F) en die prent (TEKS G) hieronder
      gebaseer.
•     Opsetlike taalfoute kom voor.
•     Voer die instruksies by elke vraag uit.

5.1        Lees die artikel en beantwoord die vrae.

          TEKS F: KOERANTARTIKEL

                         TWEE ENTREPRENEURS SE BESIGHEID GROEI

           Zwanga Mabaya en Luther Mochabe is (5.1.1) (24) jaar oud. Hulle het mekaar
           (5.1.2) (deur/met) 'n vriend ontmoet. (5.1.3) Hierdie twee jong entrepreneurs
           bestuur 'n suksesvolle besigheid.

           (5.1.4) (In 2012 begin Zwanga en Luther studeer.) Zwanga het 'n kursus in
           regte gevolg en Luther het 'n diploma in sakebestuur gedoen. (5.1.5) (Dit het
           hulle tevrede gestel.) Daarom het hulle besluit (5.1.6) (die Ventso Group
           begin).

           Hulle het nét genoeg geld gehad om hulle besigheid te registreer. Vandag is
           besighede soos Nedbank en Ster-Kinekor van hulle (5.1.7) (groot) kliënte.

           (5.1.8) Die (Ventso Group lewer 'n spesiale diens.) Hulle druk besighede se
           logo's op (5.1.9) (produk) soos klere en geskenke. Verder reël hulle funksies
           en (5.1.10) (huur/verhuur) klanktoerusting en draagbare toilette vir openbare
           geleenthede.

           Wat lê agter hulle sukses? (5.1.11) '' 'n Mens moet altyd hard werk,'' sê
           Luther. ''As jy (5.1.12) (uitstaan) diens lewer, sal jou kliënte vir ander mense
           van jou vertel.'' Verder moet jy (5.1.13) (ongeduldig) wees. Jy moet ook
           bereid wees om jou tyd op te offer en tot laat in die aand te werk.

           Zwanga sê hulle is tevrede met die sukses wat hulle behaal het, maar daar is
           nog baie om te doen. Hy sê die enigste fout wat hulle gemaak het, is dat hulle
           nie vroeër (5.1.14) (met dit) begin het nie.
                                                           [Verwerk uit Rapport, 18 Junie 2017]

           5.1.1     Skryf die GETAL tussen hakies in woorde.

                     Zwanga Mabaya en Luther Mochabe is (24) jaar oud.                              (1)

           5.1.2     Kies die korrekte VOORSETSEL tussen hakies.

                     Hulle het mekaar (deur/met) 'n vriend ontmoet.                                 (1)

           5.1.3     Skryf die WERKWOORD in die sin neer.

                     Hierdie twee jong entrepreneurs bestuur 'n suksesvolle besigheid.              (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1            15                                   DBE/2018
                                               SSE

          5.1.4      Skryf die sin in die VERLEDE TYD.

                     In 2012 begin Zwanga en Luther studeer.                                       (1)

          5.1.5      Skryf die sin oor in die ONTKENNENDE VORM.

                     Dit het hulle tevrede gestel.                                                 (1)

          5.1.6      Skryf die gedeelte tussen hakies in die INFINITIEF. Skryf die hele
                     sin uit.

                     Daarom het hulle besluit (die Ventso Group begin).                            (1)

          5.1.7      Gee die OORTREFFENDE TRAP van die woord tussen hakies.

                     Vandag is bekende besighede soos Nedbank en Ster-Kinekor van
                     hulle (groot) kliënte.                                                        (1)

          5.1.8      Skryf die sin oor in die LYDENDE VORM.

                     Die Ventso Group lewer 'n spesiale diens.                                     (1)

          5.1.9      Gee die MEERVOUD van die woord tussen hakies.

                     Hulle druk besighede se logo's op (produk) soos klere en geskenke.            (1)

          5.1.10     Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies.

                     Verder reël hulle funksies en (huur/verhuur) klanktoerusting en
                     draagbare toilette vir openbare geleenthede.                                  (1)

          5.1.11     Skryf die sin oor in die INDIREKTE REDE. Gebruik 'dat' in jou
                     antwoord.

                     '' 'n Mens moet altyd hard werk," sê Luther.                                  (1)

          5.1.12     Gee die KORREKTE VORM van die woord tussen hakies.

                     ''As jy (uitstaan) diens lewer, sal jou kliënte vir ander mense van jou
                     vertel.''                                                                     (1)

          5.1.13     Gee die ANTONIEM van die woord tussen hakies.

                     Verder moet jy (ongeduldig) wees.                                             (1)

          5.1.14     Gee die korrekte VOORNAAMWOORD van die woorde tussen
                     hakies.

                     Hy sê die enigste fout wat hulle gemaak het, is dat hulle nie vroeër
                     (met dit) begin het nie.                                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1            16                                       DBE/2018
                                               SSE

5.2       Kyk na die prent en beantwoord die vrae.

          TEKS G: PRENT

                                                                              [Bron: xplorio.com]

          5.2.1      Kies die korrekte SPELLING tussen hakies.

                     Die (vliëenier/vlieënier) se uniform is netjies.                               (1)

          5.2.2      Verdeel die woord tussen hakies volledig in LETTERGREPE.

                     Die slagter hou die mes in sy (linkerhand).                                    (1)

          5.2.3      Gee die PERSOONSNAAM van die woord tussen hakies.

                     Die man met die besem in sy hand is die (skoonmaak).                           (1)

          5.2.4      Voltooi die sin met die korrekte SELFSTANDIGE NAAMWOORD.

                     Die bakker dra 'n ... om sy lyf wat sy klere beskerm terwyl hy bak.            (1)

          5.2.5      Gee die VERKLEINWOORD van die woord tussen hakies.

                     Die student dra 'n (strikdas) as deel van sy akademiese drag.                  (1)

          5.2.6      Vorm 'n SAMESTELLING met die woorde tussen hakies.

                     Die mynwerker moet altyd sy (werk+klere) dra.                                  (1)
                                                                                                    [20]

                                                                        TOTAAL AFDELING C:          40
                                                                            GROOTTOTAAL:            80

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans FAL P1 May June 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-may-june-2016/f8c9e363-bee8-401b-a63d-075ae6d062cc) — Afrikaans FAL · QP · 2016 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May June 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2018-memo/5bdc6331-2a66-457f-8772-f20b9b827079) — Afrikaans FAL · Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Afrikaans FAL · Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May June 2019 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-may-june-2019-memo/0fd2b5c9-a482-4923-a61e-cd4697f21cd1) — Afrikaans FAL · Memo · 2019 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-may-june-2017-memo/1f189951-2b9b-4bdf-9d70-ac0d59452e6f) — Afrikaans FAL · Memo · 2017 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept2018/e038bd38-ba3a-4474-9d6c-23d602a417c3) — Afrikaans FAL · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans P2 2021 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-2021-memo/fa39593a-6800-4788-88d4-bfdf1e468aa8) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
