# Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2023 Memo

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2023, 11 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-may-june-2023-mg/ad75e292-cbca-4707-a3f3-2ecea90527da
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2023
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2023 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-may-june-2023-mg/ad75e292-cbca-4707-a3f3-2ecea90527da)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC June Exam · 2023 · Afrikaans. Memorandum. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1

                                           2023

                                    NASIENRIGLYNE

                                                                              PUNTE: 80

                       Hierdie nasienriglyne bestaan uit 11 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
 Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1              2                                    DBE/2023
                                          SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING A: LEESBEGRIP

ASSESSERINGSRIGLYNE
 Spel- en taalfoute in antwoorde word nie gepenaliseer nie omdat die fokus op begrip is.
 Indien die leerder woorde uit 'n ander taal gebruik as die taal waarin die vraestel verskyn,
  word daardie vreemde woorde geïgnoreer (toegedruk). Indien die antwoord sonder daardie
  vreemde woorde sinvol in Afrikaans is, word die leerder NIE GEPENALISEER NIE. Indien
  die vreemde woord in die antwoord vereis word, is dit aanvaarbaar.
 By oop vrae word geen punt toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE SAAM
  NIE nie. Die rede/motivering verdien die punt.
 Geen punt word toegeken vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING nie. Die rede/motivering
  verdien die punt.
 Waar eenwoord-antwoorde gevra word en die leerder gee 'n volsin, is dit korrek MITS die
  korrekte woord onderstreep of op een of ander wyse uitgelig word.
 Wanneer TWEE/DRIE feite vereis word en 'n reeks word gegee, sien SLEGS die eerste
  TWEE/DRIE na. Sien eers horisontaal en dan vertikaal na.
 Aanvaar dialektiese variasies.
 Aanvaar die letter wat met die korrekte antwoord ooreenstem EN/OF die antwoord wat
  volledig geskryf word vir meervoudigekeuse-vrae.

VRAAG 1

TEKS A: SUID-AFRIKA SE TROTS
[Verwerk uit Huisgenoot, 29 September 2016, Wikipedia, e.a.]

 VRAAG                                         ANTWOORD                                        PUNT
1.1           (In) Japan                                                                         1

1.2              Daar was byna geen/min toeskouers.                                              2
                 Almal het maskers gedra.
                 Almal moes Covid-regulasies nakom./Covid
                 Dit is eers 'n jaar na die beplande datum gehou./Dit is nie in
                  dieselfde jaar as wat die naam voorgestel het, gehou nie.
                  (Enige TWEE of soortgelyk aan bogenoemde)

1.3           ''Suid-Afrika se eie sterre''/Mahlangu en Tatjana Schoenmaker/Ntando                1
              Mahlangu en Tatjana
              (Penaliseer nie as die woord nie tussen aanhalingstekens is nie)

1.4            Hy is met hemimelie gebore.                                                       1
               Hy is gebore met 'n siekte (wat veroorsaak het dat sy bene onder
                die knieë nie reg ontwikkel het nie).
                  (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

1.5.1         Ntando het besluit om sy bene te laat afsit/amputeer.                               1
              (Of soortgelyk aan bogenoemde)

 Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1              3                                        DBE/2023
                                         SS/NSS – Nasienriglyne

 VRAAG                                    ANTWOORD                                                PUNT
1.5.2           Ntando kon kunsbene kry.                                                           2
                Hy het (in 2012) sy eerste hardlooplemme gekry
                Sy lewe was meer normaal./Hy het geleer dat gestremde mense
                 nie simpatie nodig het nie.
                Dit het Ntando in kontak gebring met Johan Snyders./Sy lewe het
                 verander nadat hy Johan Snyders ontmoet het./Hy het by die
                 Snyders-gesin gaan woon.
                Ntando se keuse het hom geleenthede in Pretoria/skole gegee.
                Ntando kon aan die Paralimpiese Spele in 2016 en 2021
                 deelneem/hardloop/aan atletiek deelneem./Hy kon twee medaljes
                 wen./Hy kon Suid-Afrika se trots word./Hy het 'n sukses van sy
                 lewe gemaak.
                 (Enige TWEE of soortgelyk aan bogenoemde. Slegs een feit per kolpunt.)

1.6          Ntando het sy eerste hardlooplemme gekry.                                               1
             (Of soortgelyk aan bogenoemde)

1.7.1        voordeel                                                                                1

1.7.2           Johan het Ntando (op verskillende maniere) gehelp, bv. hy kon                       1
                 aan die Paralimpiese Spele deelneem.
                Ntando het by die Snyders-gesin gewoon/beter
                 lewensomstandighede gehad.
                Johan het geweet hoe om met mense soos Ntando te werk/hom
                 geleer dat gestremde mense nie simpatie nodig het nie.
                Ntando het na 'n goeie skool/Laerskool Constantia-park toe
                 gegaan.
                Ntando kon matrikuleer.
                Johan het Ntando emosioneel en moreel gehelp.
                 (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde. Die antwoord op VRAAG 1.7.1
                 moet korrek wees om die punt by VRAAG 1.7.2 te verdien.)

1.8          14/veertien (jaar)                                                                      1

1.9          Ntando het ouer en meer ervare/ouer/meer ervare atlete gewen.                           1
             (Of soortgelyk aan bogenoemde)

1.10         ''verras''                                                                              1
             (Penaliseer nie as die woord nie tussen aanhalingstekens is nie)

1.11            Hy kuier (graag)/bring tyd saam met sy vriende deur./Kuier                          1
                Hy luister na musiek.
                Hy geniet sport.
                 (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

1.12         Hy het in 2021 matriek geslaag./Hy het sy matriek in 2021 (aan die                      1
             Afrikaans Hoër Seunskool) voltooi.
             (Of soortgelyk aan bogenoemde)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1            4                                     DBE/2023
                                       SS/NSS – Nasienriglyne

 VRAAG                                       ANTWOORD                                      PUNT
1.13         Sy positiewe houding het ...                                                    1
              hom laat aanhou al was dinge moeilik/gehelp om 'n sukses van sy
                lewe te maak.
              hom hard laat werk/oefen (om dankbaarheid te betoon).
              hom gehelp om nie weg te skram van uitdagings nie.
              ander mense gemotiveer om hom te help/vir ander mense goeie
                lesse geleer.
              van hom 'n leier/goeie rolmodel gemaak/ander mense makliker
                met hom laat kommunikeer.
              hom gemotiveer om elke keer beter te presteer.
              hom gehelp om hard aan sy drome as atleet te werk/twee
                medaljes (nie net vir hom nie, maar vir Suid-Afrika ook) te wen.
              gemaak dat mense vir hom respek gekry het.
                 (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

1.14         Universiteit van Pretoria/Tuks                                                  1
1.15            Sy het Finansiële Wetenskappe studeer./Sy het gaan studeer.                 1
                Sy het vir 'n beroep studeer.
                Sy het 'n BCom-graad.
                 (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

1.16            Sy het die swem oorheers.                                                   1
                Sy het die beste in borsslag gedoen/goud gekry.
                Sy het die enigste goue medalje vir Suid-Afrika gewen.
                Sy het 'n goue en 'n silwer medalje/twee medaljes gekry.
                 (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

1.17         (100m/200 m)-borsslag/borsslag-items                                            1

1.18            Swimming World                                                              1
                Universiteit van Pretoria
                Verskeie organisasies
                 (Enige EEN)

1.19         Ek het geleer dat ...                                                           1
              jy sukses kan behaal as jy hard werk.
              jou prestasies nie na jou kop toe moet gaan nie.
              jy jouself nie as superster moet sien nie, maar iemand wat sy
                talente gebruik/jy altyd nederig moet bly.
              jy moet aanhou oefen, (want jy weet nie wanneer 'n volgende
                geleentheid kom nie.)
              jy jou talente moet gebruik/nie bang moet wees om te waag nie;
                selfs al doen jy dinge vir die eerste keer, kan jy sukses behaal/'n
                mens sterker is as wat jy dink jy is.
              jy aan soveel kompetisies as moontlik moet deelneem (om jou
                voor te berei.)
              jy ook 'n kwalifikasie moet verwerf wat jou sal help wanneer jy nie
                meer aan sport kan deelneem nie.
                 (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1             5                                  DBE/2023
                                        SS/NSS – Nasienriglyne

 VRAAG                                      ANTWOORD                                       PUNT
1.20             Ek kan sien hoe die mense/Ntando en Tatjana lyk./Dit is lekker om          1
                  te sien hoe lyk Suid-Afrikaners wat ons trots maak.
                 Ek kan sien waarom ons trots op hulle kan wees/dat hulle
                  medaljewenners is.
                 Dit maak die inhoud duidelik/interessant, (want ons kan sien oor
                  wie hier geskryf word.)
                 Ek kan die medaljes/vlag/blydskap op hulle gesigte sien./Ek kan
                  hulle ervaring visualiseer.
                  (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

TEKS B: WEERKAART
[Verwerk uit sawx.co.za]

VRAAG                                     ANTWOORD                                         PUNT
1.21         Dit stel die hoogste/maksimum/warmste en die                                   1
              laagste/minimum/koudste temperatuur voor.
             Die een pyltjie/pyltjie wat op wys, wys die hoogste temperatuur
              (19ºC) en die ander een/pyltjie wat af wys, wys die laagste
              temperatuur (11 ºC).
                 (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

1.22            Die son gaan skyn./Sonskyn                                                   1
                Dit gaan mooiweer wees.
                Dit gaan 'n lekker (sonskyn)dag wees.
                Daar gaan sonskyn met 'n paar wolkies wees.
                Dit is gedeeltelik bewolk.
                Meestal sonskyn met bietjie wolke.
                Sonnige weer met enkele wolke.
                 Let wel: Ons aanvaar nie net warm nie.
                 (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

1.23        Daar word reën voorspel./Dit gaan moontlik reën./Daar is reënbuie/                1
            buie.

1.24        L'Agulhas                                                                         1

1.25        B/Die wind in Saldanha het daardie dag die sterkste gewaai.                       1

1.26         Die weerkaart wys slegs die inligting vir die Wes-Kaap.                         1
             Die weerkaart maak nie voorsiening vir Limpopo nie./Limpopo
              verskyn nie op die weerkaart nie.
             Dit is nie 'n volledige weerkaart van die hele land nie./Die weerkaart
              is net vir die Wes-Kaap.
                 (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

                                                                     TOTAAL AFDELING A: 30

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1            6                                   DBE/2023
                                       SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING B: OPSOMMING
Nasien van die opsomming

Nasien van die opsomming word gebaseer op die insluiting van die relevante feite soos deur
die teks voorgeskryf. Die opsomming moet soos volg nagesien word:

    Puntetoekenning:
     o 7 punte vir 7 feite (1 punt per feit)
     o 3 punte vir taal
     o Totaal punte: 10

    Toekenning van taalpunte as leerders nie woordeliks aangehaal het nie:
     (Indien die kandidaat nie woordeliks aanhaal nie, moet die feit nog sin maak om die punt
     te verdien).
     o 1–3 korrekte feite: 1 punt
     o 4–5 korrekte feite: 2 punte
     o 6–7 korrekte feite: 3 punte
         Verduideliking: Indien die kandidaat 6 of 7 korrekte feite het, maar 1 daarvan is 'n
         direkte aanhaling, kry die kandidaat 6 of 7 punte vir die 6 of 7 feite en 3 punte vir die
         taal. Die kandidaat kry in hierdie geval dus 9/10 of 10/10 vir hierdie opsomming.

          Indien 2 direkte aanhalings of meer gegee is, ignoreer hierdie kategorie en beoordeel
          dan by volgende kategorie.

    Toekenning van taalpunte as leerders woordeliks aangehaal het:
     (Direkte aanhaling: Wanneer 'n hele sin of die kerngedagte of die grootste gedeelte van
     die sin woord-vir-woord volgens die vraestel is)
     o 6–7 korrekte aanhalings: geen punte vir taal word toegeken nie
     o 4–5 korrekte aanhalings: maksimum 1 punt vir taal word toegeken
     o 2–3 korrekte aanhalings: maksimum 2 punte vir taal word toegeken
         Verduideliking: Indien die kandidaat net 1 korrekte feit het en dit is 'n direkte
         aanhaling, verdien die kandidaat net 1 punt vir die aanhaling en geen punte vir taal
         nie.

LET WEL:
   Getal woorde:
    o Nasieners moet die getal woorde verifieer.
    o Geen punte word afgetrek indien die leerder nalaat om die getal woorde wat gebruik
       is, aan te dui of verkeerd aandui nie.
    o Indien die maksimum getal woorde (70 woorde) oorskry word, moet die nasiener
       VYF woorde ná die 70-woordegrens aan lees en nasien. Ignoreer die res van die
       opsomming.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1                  7                                      DBE/2023
                                             SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 2
TEKS C: SÓ KAN JY GESOND LEWE!
[Verwerk uit Digital revolutions – Google]
            DIREKTE AANHALING                                                 EIE WOORDE
Hoe jy jou dag begin, bepaal in watter bui jy               1   Beplan 'n (vaste) oggendroetine./Jy moet
vir die res van die dag sal wees. 'n Vaste                      'n (vaste) oggendroetine beplan om jou
oggendroetine kan jou help om jou dag goed                      dag beter te maak./Begin die dag met 'n
te begin. Deel van hierdie roetine is dat jy                    (vaste) oggendroetine.
betyds moet opstaan. Gereelde oefening
kan nie genoeg beklemtoon word nie. Jy hoef                 2   Gereelde oefening help om spanning te
nie ver te gaan hardloop of enige strawwe                       verlig./Jy moet gereeld oefen./Oefen/stap
oefening te doen nie. Jy kan net stap. Dit sal                  gereeld.
ook help om jou hartklop te verhoog en
spanning te verlig.
                                                            3   Sluit (donker blaar)groente by jou
Groente, veral donker blaargroente, het                         ontbyt/dieet in./Jy moet (donker
baie voordele. Dit gee 'n mens 'n gesonder                      blaar)groente by jou ontbyt/dieet
vel en meer energie. Jy sal sommer 'n                           insluit./(Donker blaar)groente is goed vir
verbetering in jou gesondheid sién as jy iets                   jou.
groens by jou ontbyt insluit. Essensiële
olies is nie net lekker om te gebruik nie. Dit              4   Asem essensiële (laventel of bloekom)
kan ook help om jou gesond te hou. Jy kan                       olies in./Jy moet essensiële (laventel of
watte in laventelolie of bloekomolie doop en                    bloekom) olies inasem./Essensiële
dit in 'n sakkie toebind. Wanneer jy dan                        olies/laventel- en bloekomolie is goed vir
gespanne is, kan jy die olies inasem. Dit sal                   jou/hou jou gesond.
jou lekker laat ontspan. Vars lug maak die
longe, die hart en die gedagtes oop. As jy net              5   Asem soveel as moontlik vars lug in./Jy
vyftien minute per dag vars lug inasem, kan                     moet soveel as moontlik vars lug
dit jou dag opvrolik en jou bloedvloei verbeter.                inasem./Vars lug is goed/gesond vir jou.

Om gereeld te strek is baie goed vir jou. Dit               6   Doen gereeld strekoefeninge./Jy moet
help jou om te ontspan en is nodig om spiere                    gereeld strekoefeninge doen./Strek
te herstel en te versterk. Jy kan sommer jou                    gereeld.
eie strekoefeninge tuis doen. Wanneer 'n
mens moeg is, is jy geïrriteerd en kan jy nie               7   Slaap genoeg om gesonder te voel./Jy
goed werk nie. Daarom is dit belangrik om                       moet genoeg slaap./Slaap genoeg.
genoeg te slaap. Dit herstel jou liggaam en
gees.                                                           (54 woorde)/(51 woorde)

                                                                              TOTAAL AFDELING B: 10

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
 Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1            8                                         DBE/2023
                                        SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING C: TAAL

ASSESSERINGSRIGLYNE
 Spelling:
  o Eenwoord-antwoorde word as korrek aanvaar selfs al is die spelling verkeerd. Die fout
      mag net nie die betekenis van die woord verander nie. Waar woordstrukture getoets
      word, moet dit korrek gespel word.
  o By volsin-antwoorde word verkeerde spelling slegs gepenaliseer indien die fout in die
      taalstruktuur is wat getoets word.
  o Waar afkortings getoets word, moet die leestekens korrek wees.
 Sinstrukture moet taalkundig korrek wees en in volsinne aangebied word volgens die
   instruksies.
 Aanvaar die letter wat met die korrekte antwoord ooreenstem OF die antwoord wat volledig
   geskryf word vir meervoudigekeuse-vrae.

VRAAG 3

TEKS D: ADVERTENSIE
[Verwerk uit TVStuffReviews.com]

VRAAG                                   ANTWOORD                                               PUNT
3.1           Mense wat graag oefen/van sport/verskillende sportsoorte                          1
               hou/verskillende sportsoorte beoefen.
              Mense wat van (digitale/nuwe) tegnologie hou.
              Mense wat gesond wil leef.
              Mense wat ingelig oor hulle gesondheid wil wees.
              Mense wat gereeld hulle selfone laat val.
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

3.2        Jy is moeg om jou selfoon te laat val.                                                1

3.3        nuutste (sp)                                                                          1
3.4.1      figuurlik                                                                             1

3.4.2         Wanneer iets/iemand jou belange op die hart dra, beteken dit ...                  1
               o jou belange is belangrik/jy is belangrik.
               o jy gee om vir iets/iemand.
              'n Slimfoon kan nie emosioneel na jou omsien/vir jou omgee nie./
               Dit is net tegnologies.
              Vir 'n horlosie/objek is jy/'n mens nie belangrik nie.
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde. Die antwoord op VRAAG 3.4.1 moet
               korrek wees om die punt by VRAAG 3.4.2 te verdien.)

3.5.1         Om die leser te oorreed/wys dat hy/sy die horlosie benodig.                       1
              Om die leser te oorreed/wys dat die horlosie jou met jou
               gesondheid kan help.
              Die adverteerder wil die teikengroep manipuleer/beïnvloed om die
               horlosie te koop.
              Sodat die leser ingelig kan wees oor die produk.
              Sodat mense die produk koop.
               (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

 Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
 Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1            9                                    DBE/2023
                                        SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG                                       ANTWOORD                                        PUNT
3.5.2 jou treë te tel as jy stap                                                              1

3.6             Dit maak die advertensie persoonlik.                                          1
                Dit laat die leser betrokke voel/betrek die leser/spreek die leser
                 direk aan.
                Dit is 'n manier/tegniek om jou as leser te oorreed/te manipuleer.
                 (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

3.7         B/dadelik 'n Slimkop gaan                                                          1

3.8             Die prys van die slimhorlosie/wat dit kos.                                    1
                Die adres van die handelaar.
                Die naam/besonderhede van die handelaar.
                Alternatiewe kontakbesonderhede./E-posadres/Webwerf waar dit
                 bestel kan word.
                 (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)
                                                                                             [10]

VRAAG 4

TEKS E: STROKIESPRENT
[Verwerk uit Mama Taxi]

VRAAG                                       ANTWOORD                                        PUNT
4.1.1           Die antenna/lig/draad agterop is agtertoe gebuig.                            1
                Die motorfiets se wiele is meer ovaal as rond/skuins gedraai/nie
                 rond nie.
                Daar is bewegingslyne/strepe by/om sy motorfiets.
                Daar is stofwolke in die agtergrond.
                Dit lyk of die motorfiets uitgerek is.
                 (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

4.1.2           Die hooi(bale)/goed/vrag vlieg deur die lug/val van die bakkie af.            1
                Die hooi(bale) hop op die grond (en val nie net nie).
                Daar is stofwolke in die agtergrond/agter die bakkie.
                Frikkie moet so vinnig ry om by die bakkie uit te kom.
                 (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

4.2         die klank wat die sirene maak                                                      1
4.3         Frikkie/Die verkeerskonstabel sê/het gesê dat sy hooi van die bakkie               1
            afgeval het.
4.4             Sy oë is wyd oop/groot.                                                       1
                Hy lê half by die venster uit.
                Hy wys met sy vinger (na die boete/kaartjie).
                Sy hoed is gefrommel./Sy hoed (se vorm) is 'n aanduiding van sy
                 stres/spanning.
                 (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

 Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
 Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1               10                               DBE/2023
                                           SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG                                         ANTWOORD                                    PUNT
4.5         wat is                                                                          1
4.6         B/hy genoeg gehad het van mense wat die wet oortree.                             1
4.7         Die ouer man wie se hooi afgeval het, ...                                       2
             voel geïrriteerd.
             bevraagteken die feit dat hy 'n boete kry.
             maak asof hy nie weet wat hy verkeerd gedoen het nie.
             is verbaas oor Frikkie se optrede.
                    (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

             Die bestuurder van die ander voertuig jaag voor Frikkie se oë verby
             (dat die stof so staan). 
             (Of soortgelyk)
            OF
            Altwee het gejaag. (1 punt) 
4.8         te laat lag                                                                     1
                                                                                           [10]

VRAAG 5.1

TEKS F: ARTIKEL
[Verwerk uit Wikipedia]

 VRAAG                                    ANTWOORD                                        PUNT
5.1.1         soek+en+jin of soek – en – jin of soek/en/jin                                 1
              (Enige EEN. Die verdeling moet volledig wees.)

5.1.2              Dit word deur miljoene mense gebruik.                                    1
                   Dit word gebruik deur miljoene mense.
                    (Enige EEN)

5.1.3         herken                                                                         1

5.1.4         Die stigters van Google het besluit om 'doodles' te skep.                      1

5.1.5         tydelike (sp)                                                                  1
5.1.6         dertig (sp)                                                                    1

5.1.7         byvoorbeeld (sp)                                                               1

5.1.8              Somtyds/somtyds                                                          1
                   Partymaal/partymaal
                   Partykeer/partykeer
                    (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

5.1.9         Michael Jackson, Albert Einstein en Louis Braille is al met spesiale           1
              'doodles' vereer.

5.1.10        vir                                                                            1

 Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
 Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1               11                                            DBE/2023
                                           SS/NSS – Nasienriglyne

 VRAAG                                      ANTWOORD                                                  PUNT
5.1.11        Jy moet die vleis in die groot bak skep./Skep vir jou kos in./Hulle                       1
              skep lekker as deel van korrupsie./Dit skep probleme./Hy skep 'n
              goeie indruk.
              (Enige sin waar die homoniem van die woord duidelik is en nie daarop dui dat iets
              ontwerp, gemaak of vervaardig word nie.)

5.1.12        meer (sp)                                                                                 1

5.1.13        Studente kry dan kans om 'doodles' te skep.                                               1

5.1.14        wenner/wenners (sp)                                                                       1

VRAAG 5.2
TEKS G: PRENT
[Verwerk uit depositphotos]

 VRAAG                                    ANTWOORD                                                    PUNT
5.2.1         Die drie jongmense is nie familie van mekaar nie.                                         1

5.2.2         vergadering/byeenkoms/samekoms                                                            1

5.2.3         suster/sussie (sp)                                                                        1

5.2.4         Lisa skryf die belangrike punte op haar tablet sodat sy dit kan                           1
              onthou.

5.2.5         wintersklere of winterklere                                                               1

5.2.6         haar                                                                             1
                                                                                             [20]
                                                                           TOTAAL AFDELING C: 40
                                                                           GROOTTOTAAL:       80

 Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans FAL P1 May June 2019 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-may-june-2019-memo/0fd2b5c9-a482-4923-a61e-cd4697f21cd1) — Afrikaans FAL · Memo · 2019 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-may-june-2017-memo/1f189951-2b9b-4bdf-9d70-ac0d59452e6f) — Afrikaans FAL · Memo · 2017 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 QP SEPT2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-qp-sept2023/464e635d-666a-408f-b9ea-b7c91712c7de) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2023/7f6db4f4-3355-49ea-8d80-d260b19660e0) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May June 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-may-june-2018/3c1e621f-9108-44e4-98be-ee8a1bf00e7e) — Afrikaans FAL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May June 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-may-june-2016/f8c9e363-bee8-401b-a63d-075ae6d062cc) — Afrikaans FAL · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-qp-sept2024/83184aba-b793-4289-94bf-4aa5eb852531) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 Afrikaans P2 (FAL) 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-afrikaans-p2-fal-2024-question-paper/7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2024/18189e63-b80d-4773-b7b0-d85b065c5658) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/0feff6b0-aa5f-4380-acf0-f06343bc22d3) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/09c32e3a-6e0c-4c06-aec3-b0b54a251f21) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
