# Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2013 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2013, 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2013/a3ea0c9e-a9db-4385-a210-2865a4df1ecd
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2013
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2013 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2013/a3ea0c9e-a9db-4385-a210-2865a4df1ecd)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC November Exam · 2013 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                      GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1

                                 NOVEMBER 2013

PUNTE: 80

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste AddisioneleTaal/V1             2                    DBE/November 2013
                                               NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

          AFDELING A:        Leesbegrip (VRAAG 1)           (30)
          AFDELING B:        Opsomming (VRAAG 2)            (10)
          AFDELING C:        Taal (VRAAG 3, 4 en 5)         (40)

2.        Lees AL die instruksies baie goed.

3.        Beantwoord AL die vrae.

4.        Begin elke afdeling op ŉ NUWE bladsy.

5.        Trek ŉ streep na elke afdeling.

6.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

7.        Laat ŉ reël oop na ELKE antwoord.

8.        Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste AddisioneleTaal/V1                  3                             DBE/November 2013
                                                    NSS

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1

TEKS A: ARTIKEL

Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

            PRAKTIESE EKSAMENWENKE IN SPELETJIEVORM

Voor elke eksamen sê jou ouers en onderwysers gewoonlik vir jou dat jy hard moet
studeer, gesond moet eet en ontspan.

Maar hoe doen jy dit? Hier is ŉ hele klomp praktiese wenke wat jou sal help om die
eksamen speel-speel te slaag.

            BEGIN

  1.                                  2.                             3.
  SPRING SÓ WEG!                      GLO IN JOUSELF!                BLY POSITIEF!

  Werk hard:                                                         Dink jy voor ’n eksamen jy
  Almal wil jou laat glo dat daar                                    is nie goed genoeg nie?
  niks moeiliker as matriek is
  nie. Dis nie die volle waarheid                                    Skakel daardie negatiewe
  nie! As jy hard werk, kan jy                                       stemmetjie af!
  suksesvol wees.                     As jy in jouself glo, sal jy
                                      jou studies met vertroue       Uit met:
  Maak tyd om te ontspan:             aanpak en dan kan jy die       • Ek het nie hard genoeg
  Monitor jou stres, rus genoeg       eksamenmonster maklik            geleer nie!
  en ontspan as die studies vir       oorwin.
                                                                     • Ek is dom!
  jou te veel raak.
                                                                     • Ek gaan druip!
  Stel jou plan van aksie
                                                                     In met:
  op:
                                                                     • Ek het gedoen wat ek kon!
  Stel ŉ hersieningsprogram op
  en bly daarby. Stel vir jou                                        • Ek werk hard!
  daaglikse doelwitte om te                                          • Ek ken die werk!
  bereik.                                                            • Ek gaan my bes doen!
  Niemand kan jou so goed                                            • Ek gaan sukses behaal!
  help soos jyself nie!

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste AddisioneleTaal/V1                4                                    DBE/November 2013
                                                  NSS

6.                                       5.                                        4.
               BREINKOS                       DRINK GENOEG WATER!                       HET JY GEWEET?
As jy moeg voel, drink ŉ                          Moenie jou brein laat            As jy jou brein wil stimuleer,
melkdrankie wat bestaan uit:                      uitdroog nie. Drink baie         moet jy ŉ kombinasie van
                                                  water wanneer jy leer –          proteïene, koolhidrate en
1 koppie melk                            dan dink jy helderder en dan stres        vet eet, byvoorbeeld
1 koppie gemengde bessies                jy minder.                                ŉ appel en kaas
1 teelepel heuning                                                                 of
                                         Navorsing het bewys net 1 glas            brood met ham en kaas.
Gee jou brein woema met ŉ handvol
                                         water voor ŉ toets laat ŉ mens
amandels, neute, sonneblomsade
                                         33% beter vaar.
en gedroogde appels wat jy orals in
ŉ sakkie saam met jou kan neem.          Moenie net op water staatmaak
                                         nie. Jy het ook breinkos nodig ...

7.                         8.                                9.
      STUDEER SÓ:               KRY GENOEG SLAAP!                                  OEFEN!
Moenie té lank                          Moenie dink dit      Oefen jou handspiere gereeld om krampe te
intensief studeer nie,                  sal jou help as jy   voorkom. Net soos enige spier in jou lyf, het
want dit is uitputtend vir              dwarsdeur die        jou handspiere ook oefening nodig. Deur die
jou brein. Leer eerder                  nag studeer nie.     regte oefeninge te doen, kan jy jou handspiere
in kort sessies. Jou                                         sterk hou.
brein sal op hierdie
manier meer inneem.        ŉ Leerder moet ten minste                          Oefening is ook goed as jy voel
                           agt uur per nag slaap.                             jou kop wil bars. Doen
                                                                              byvoorbeeld tien opstote of gaan
                                                                              stap om die blok.

12.              11.                                              10.
                          IN DIE WARM STOEL!                                      ASEMHALING
 Tot siens,       Die vraestel lê oop voor jou, maar jy dink jy   Wanneer jy studeer of eksamen skryf, is
                          verstaan nie die vraag nie.             diep asemhaling belangrik.
   stres
                 Jou brein staan stil. Wat nou?
                 Haal ŉ paar keer diep asem, lees die             Onthou hierdie oefeninge wat jou sal help:
                 eksamenvraag oor en oor. Maak ŉ paar
                 notas om jou brein te aktiveer en kom later      • Sit jou hand op jou maag, haal diep
                 terug na die vraag toe. Moenie by een              asem en asem dan stadig uit.
                 vraag vashaak nie!                               • Voel die asemhaling onder in jou maag.
      Hallo,     PROBEER OOK DIE VOLGENDE:                        • Doen dit omtrent tien keer of totdat jy
     sukses!     Onthou. Los die negatiewe gedagtes.                ontspanne voel.

                 Ontspan. Sit agteroor. Haal ŉ paar keer          Diep asemhaling is soos ŉ energiedrankie
                 diep asem. Maak jou oë toe en fokus op jou       vir jou lyf en brein!
                 asemhaling totdat jy kalmer voel.
                                                                  Sug van verligting. As jy ŉ paar keer na
                 Probeer weer. Probeer weer die vraag as          mekaar diep sug, sal jy dadelik ontspan.
                 jy rustig is of kom later terug na die vraag     Só sal jy beter kan konsentreer, alle feite
      EINDE!
                 toe. Bly kalm en jy sal onthou wat jy geleer     onthou en ŉ goeie eksamen beleef.
                 het. Motiveer jouself en sê: “Een klein
                 vragie gaan my nie laat moed opgee nie!”
                                                                        [Verwerk uit: http//www.jip.co.za]
Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste AddisioneleTaal/V1           5                             DBE/November 2013
                                             NSS

1.1       Noem TWEE wenke wat ouers en onderwysers gewoonlik voor ŉ eksamen vir
          jou gee.                                                                                 (2)

1.2       Hoe kan jy die eksamenmonster maklik oorwin? (Blokkie 2)                                 (1)

1.3       Wat is die ooreenkoms tussen ŉ eksamen en ŉ monster?                                     (1)

1.4       Noem EEN spesifieke ding wat jou negatiewe stem vir jou sê. (Blokkie 3)                  (1)

1.5       Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer en die letter (A–D)
          neer.

          “Ek gaan sukses behaal!” (blokkie 3) beteken dat jy ...

          A          positief oor jouself voel.
          B          te veel van jouself dink.
          C          twyfel of jy suksesvol gaan wees.
          D          wonder of jy suksesvol gaan wees.                                             (1)

1.6       Een glas water voor ŉ toets laat ŉ mens 33% beter vaar. (Blokkie 5)

          1.6.1      Is die stelling ŉ FEIT of ŉ MENING?                                           (1)

          1.6.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.6.1 deur DRIE opeenvolgende
                     woorde uit blokkie 5 aan te haal.                                             (1)

1.7       Wat is die rede vir die gebruik van die stippels aan die einde van blokkie 5?            (1)

1.8       Sê wat die woord “woema” (blokkie 6) beteken.                                            (1)

1.9       Sê watter effek elk van die volgende studiesessies op die brein het:

          1.9.1      ŉ Lang, intensiewe studiesessie                                               (1)

          1.9.2      ŉ Kort studiesessie                                                           (1)

1.10      Leerders moet genoeg slaap. (Blokkie 8)

          1.10.1     Hoeveel uur per nag word as “genoeg slaap” vir leerders beskou?               (1)

          1.10.2     Waarom vorm die prentjie ŉ kontras met die stelling?                          (1)

1.11      Waarom moet jy jou handspiere gereeld oefen?                                             (1)

1.12      Watter “energiedrankie” het jou lyf en brein tydens studie nodig? Haal TWEE
          opeenvolgende woorde uit blokkie 10 aan.                                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste AddisioneleTaal/V1            6                              DBE/November 2013
                                              NSS

1.13      “In die warm stoel!” (Blokkie 11)

          1.13.1     Word die woorde “warm stoel” LETTERLIK of FIGUURLIK gebruik?                    (1)

          1.13.2     Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.13.1 deur te verduidelik wat in
                     hierdie konteks met warm bedoel word.                                           (1)

1.14      Waarom is dit effektief om ŉ artikel in hierdie vorm aan te bied?                          (1)

1.15      Hoekom, dink jy, verskyn daar jaarliks soveel artikels oor eksamenwenke in
          die media?                                                                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste AddisioneleTaal/V1                7                              DBE/November 2013
                                                  NSS

TEKS B: SENSUS
Bestudeer die statistiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                       BEHUISING

                                                                            ?
     FORMEEL                  INFORMEEL           TRADISIONEEL              ANDER
       77,6%                     13,6%                7,9%                   0,9%

                                      ELEKTRISITEIT

Die toename in die persentasie huishoudings wat elektrisiteit gebruik
                                                                         2001–2011

                                               75%
                                               2011
                              60%
                              2001
    58%
    1996

                                          WATER

           73,4%                          17,9%                          8,8%
  Soveel mense het lopende      Soveel mense moet water by      Soveel mense het geen
   water uit krane in hulle      krane buite hulle wonings   toegang tot lopende water uit
          wonings.                      gaan haal.                    krane nie.

     Daar is 1,2 miljoen huise landwyd sonder toegang tot lopende water.

                                     WERKLOOSHEID
                      NASIONAAL                                   PROVINSIAAL
                        29,8%
                                                                    LIMPOPO

                                                                      38,9%
      20–24 JAAR                       50+ JAAR

                                                                     Hoogste
           48,6%                        17,4%
          Werkloos                     Werkloos                    WES-KAAP

                                                                      21,6%

                                                                     Laagste
                                             [Verwerk uit: Huisgenoot, 15 November 2012]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste AddisioneleTaal/V1           8                          DBE/November 2013
                                             NSS

1.16      Watter woord beskryf die soort huis waarin die meeste Suid-Afrikaners woon?           (1)

1.17      Hoekom word ŉ vraagteken gebruik om aan te dui waar 0,9% van die mense
          woon?                                                                                 (1)

1.18      Wat impliseer die pyltjie in die gloeilamp?                                           (2)

1.19      Watter persentasie van Suid-Afrika se mense hoef nie hulle water huis toe te
          dra nie?                                                                              (1)

1.20      Hoeveel huise in die land is sonder lopende water? (Nie persentasie nie)              (1)

1.21      Hoekom word koeke gebruik om die verskillende ouderdomsgroepe aan te
          dui?                                                                                  (1)

1.22      Watter provinsie het die grootste werkloosheidsprobleem in Suid-Afrika?               (1)

1.23      Waarom is die gebruik van prentjies in hierdie sensusartikel so effektief?
          Gee TWEE redes.                                                                       (2)

                                                               TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste AddisioneleTaal/V1          9                             DBE/November 2013
                                            NSS

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2: MAAK NUWE VRIENDE!

In die artikel hieronder word wenke gegee oor hoe om nuwe vriende te maak. Lees
hierdie artikel aandagtig deur. Voer dan die instruksies hieronder uit.

INSTRUKSIES

1.   Som die sewe wenke in SEWE sinne op.
2.   Skryf die feite PUNTSGEWYS neer.
3.   Nommer die sinne van 1 tot 7.
4.   Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
5.   Dui die KORREKTE getal woorde aan die einde van die opsomming aan.

TEKS C: MAAK NUWE VRIENDE!

Dit is nooit maklik om nuwe vriende te maak nie. Hier is ŉ paar praktiese wenke wat
jou kan help.

Jy moet uitgaan om nuwe vriende te ontmoet, want as jy net voor die televisie sit, sal jy
nie vriende ontmoet nie. Sluit by klubs op jou tuisdorp aan waar daar ander mense is
wat jou belangstellings deel.

Reis laat nuwe wêrelde vir jou oopgaan. Deur vreemde plekke te besoek, sal jy ook
nuwe vriende ontmoet. Beweeg ŉ bietjie uit jou gemaksone en doen nuwe dinge, soos
om kursusse by te woon. Daar kan jy met nuwe vriende in aanraking kom.

Registreer op een van die sosiale netwerke op die Internet en ontmoet sό nuwe
vriende. Wees net baie versigtig om nie by die verkeerde mense betrokke te raak nie.

As jy vreemde mense raakloop, begin jou gesprek met ŉ kompliment oor iets positiefs
wat jy in ŉ ander persoon raaksien. Alle mense hou daarvan om gekomplimenteer te
word.

ŉ Mens wil so graag ontvang, maar dit is eers wanneer jy gee dat jy die grootste
vriende sal maak. En wat moet jy gee? Jou tyd, jou energie of jou aandag. Dit hoef nie
materiële dinge soos duur geskenke te wees nie.

As jy positief is, trek jy mense na jou toe aan. Niemand hou van negatiewe mense nie.
Met ŉ positiewe houding sal jy nooit ŉ tekort aan vriende hê nie.

Jou vermoë om van vreemde mense vriende te maak, laat jou as mens groei en gee
vir jou nuwe geleenthede om jou vriendekring uit te brei.
                                                          [Verwerk uit: www.jouwêreld.co.za]

                                                                TOTAAL AFDELING B:                 10

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste AddisioneleTaal/V1                   10                                DBE/November 2013
                                                     NSS

AFDELING C: TAAL

VRAAG 3: ADVERTENSIE

TEKS D

•       Die taalvrae wat volg, is op die advertensie hieronder gebaseer.
•       Daar is opsetlike taalfoute in die advertensie.
•       Voer die instruksies by elke vraag uit.

(3.2)   Die GOED MATRIEKAFSKEID-EKSPO OOIT!

                                                                                           (3.7)
                                                                                         TOEGANG
                                                                                          GRATIS

                     ’n Ekspo waarin graad 12-leerlinge sal belangstel

        10–11 Oktober 2013                                                    Vodaworld Midrand

    Vroueklere is beskikbaar.
    (3.3) Klere vir mans is ook beskikbaar.
    Motors te huur
    (3.4) Ons bespreek hare en skoonheid.
    Danslesse kan gereël word.

                     (3.5) Beeld reël wonderlik aktiwiteite by die ekspo:
                                     ŉ Modeskou
                                     (3.6) ŉ Lewendige show deur VONK

(3.8) Kan jy pryse wen? JA ...
 •       JJ Schoeman sal ŉ rok ter waarde van R15 000 maak.
 •       Grimering word gratis gedoen.
 •       ŉ Naweek by die see

                        Vir meer inligting gaan na www.matriekekspo.co.za.

                  Leon Mare – Organiseerder – 011 404 1503/JJ Schoeman – 011 713 9046

                                               Beeld
                                         (3.9) Jou wêreld. Jou koerant.
                                                                [Verwerk uit: Huisgenoot, 23 Februarie 2012]

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste AddisioneleTaal/V1             11                        DBE/November 2013
                                               NSS

3.1       Wie is die teikengroep van hierdie advertensie?                                        (1)

3.2       Gee die OORTREFFENDE TRAP van die onderstreepte woord in die opskrif
          van die advertensie. Skryf slegs die woord as antwoord neer.

          Die goed matriekafskeid-ekspo ooit!                                                    (1)

3.3       Gee EEN WOORD vir die beskrywing tussen hakies. Skryf slegs die antwoord
          neer.

          (Klere vir mans) is ook beskikbaar.                                                    (1)

3.4       Skryf die sin in die lydende vorm.

          Ons bespreek hare en skoonheid.                                                        (1)

3.5       Gee die KORREKTE VORM van die onderstreepte woord. Skryf slegs die
          woord as antwoord neer.

          Beeld reël wonderlik aktiwiteite by die ekspo.                                         (1)

3.6       Kies die korrekte AFRIKAANSE WOORD vir die onderstreepte woord.

          ŉ Lewendige show deur VONK.

          A     skou
          B     ekspo
          C     aktiwiteit
          D     vertoning                                                                        (1)

3.7       Hoekom trek die inligting “toegang gratis” dadelik die leser se aandag?                (1)

3.8       Verander die VRAAGSIN in die advertensie na ŉ STELSIN.

          Kan jy pryse wen?                                                                      (1)

3.9       Waarom gebruik Beeld die woord “jou” in die slagspreuk “Jou wêreld. Jou
          koerant”?                                                                              (1)

3.10      Hoekom is dit effektief om verskillende lettertipes in die advertensie te
          gebruik?                                                                               (1)
                                                                                                 [10]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste AddisioneleTaal/V1          12                                 DBE/November 2013
                                            NSS

VRAAG 4: STROKIESPRENT

TEKS E

•     Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent hieronder gebaseer.
•     Voer die instruksies by elke vraag uit.

                                      HÄGAR
                RAAMPIE 1                               RAAMPIE 2
        Hulle sê daar is
                                              ... en sy werk 24 uur per
       ŉ vrou agter elke
                                             dag om hom suksesvol te
      suksesvolle man ...
                                                    probeer maak!

                                                                   [Uit: Beeld, 15 November 2012]

In hierdie strokie is Hägar se vrou, Helga, besig om met haar dogter te praat terwyl
sy werk.

4.1       Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die antwoord neer.

          Helga (stereotipeer/manipuleer) mans as sy sê dat daar ŉ vrou agter elke
          suksesvolle man is.                                                                          (1)

4.2       Kies ŉ woord uit die blokkie om die sin korrek mee te voltooi. Skryf slegs die
          antwoord neer.

                                kwaad;   skaam;   verbaas

          In raampie 1 kan ons duidelik uit die meisie se gesigsuitdrukking aflei dat
          sy ... is.                                                                                   (1)

4.3       Wat kan jy uit raampie 2 aflei oor die feit dat die meisie met haar hande agter
          haar rug staan?                                                                              (1)

4.4       Skryf die sin hieronder oor en vervang die onderstreepte voegwoord
          met DAAROM.

          Helga werk 24 uur per dag en sy is ŉ voorbeeld vir haar dogter.                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste AddisioneleTaal/V1           13                            DBE/November 2013
                                             NSS

4.5       Skryf die sin oor in die VERLEDE TYD.

          Sy werk 24 uur per dag.                                                                   (1)

4.6       Kies die woord wat die volgende VASTE UITDRUKKING korrek voltooi. Skryf
          net die vraagnommer en die letter (A–D) neer.

          Hägar se vrou swoeg en ... heeldag om haar man gelukkig te maak.

          A     wroeg
          B     sweet
          C     ploeg
          D     meet                                                                                (1)

4.7       Gee die ANTONIEM van die onderstreepte woord. Skryf slegs EEN woord as
          antwoord neer.

          Die boodskap van die strokie is dat Hägar suksesvol sal wees as sy vrou nie
          agter hom staan nie.                                                                      (1)

4.8       Voltooi die sin deur te verwys na wat jy in raampie 2 kan sien. Skryf die
          sin oor.

          In raampie 2 kan ŉ mens sien dat die klere nog nat is, want ...                           (1)

4.9       Vorm ŉ SAMESTELLING van die woorde tussen hakies. Skryf slegs die
          woord as antwoord neer.

          In die strokie probeer Hägar se vrou vir die jong meisie ŉ (lewe + les) leer.             (1)

4.10      Hoekom word ŉ uitroepteken in raampie 2 gebruik?                                          (1)
                                                                                                    [10]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste AddisioneleTaal/V1           14                              DBE/November 2013
                                             NSS

VRAAG 5: ARTIKEL EN PRENT

TEKS F

•       Die taalvrae wat volg, is op die artikel hieronder gebaseer.
•       Opsetlike taalfoute kom voor.
•       Voer die instruksies by elke vraag uit.

                  (5.1) INTERESANTE FEITE OOR HONDE EN KATTE

      (5.2) Johnna Rizzo het dierenavorsing gedoen. (5.3) Sy het gesê dat diere die
                      wonderlikste onderwerp is om te bestudeer.

Honde gaap om snaakse redes, (5.4) byvoorbeeld omdat hulle gespanne of
opgewonde is.

Laika was die eerste hond wat ŉ (5.5) reis na die ruimte onderneem het.

ŉ Sint Bernard-hond, met die naam Barry, het glo in sy lewe meer as 40 mense se
(5.6) lewens gered.

(5.7) Honde drink soms water uit toiletbakke.

(5.8) Die water in toiletbakke bly koel as die water in hulle bakke.

Honde kan nie soos katte agteruit teen (5.9) boom afklim nie.

Dit is net ŉ mite dat katte by die huis sal bly as jy botter aan hulle pote smeer.
(5.10) Iemand moet hierdie mite glo.

(5.11) ŉ Kat se hart klop twee keer vinniger as ŉ mens s’n.

(5.12) Selfs klein katte se oë het drie ooglede elk.

(5.13) ŉ Kaliko-kat is byna altyd ŉ wyfie.
                                                                 [Verwerk uit: Kids, Julie 2011]

5.1       Verbeter die SPELFOUT in die opskrif. Skryf slegs die korrekte spelling as
          antwoord neer.                                                                              (1)

5.2       Skryf die sin oor in die LYDENDE/PASSIEWE vorm.

          Johnna Rizzo het dierenavorsing gedoen.                                                     (1)

5.3       Skryf die sin oor in die DIREKTE REDE.

          Sy het gesê dat diere die wonderlikste onderwerp is om te bestudeer.                        (2)

5.4       Skryf die onderstreepte woord as ŉ AFKORTING neer. Skryf slegs die woord
          as antwoord neer.

          Honde gaap om snaakse redes, byvoorbeeld omdat hulle gespanne of
          opgewonde is.                                                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste AddisioneleTaal/V1              15                            DBE/November 2013
                                                NSS

5.5       Laika was die eerste hond wat ŉ reis na die ruimte onderneem het.

          Gebruik die HOMOFOON rys in ŉ goeie sin sodat die betekenis duidelik blyk.
          Skryf jou eie sin volledig uit.                                                             (1)

5.6       Skryf die onderstreepte woord in LETTERGREPE neer.

          ŉ Sint Bernard-hond, met die naam Barry, het glo in sy lewe meer as veertig
          mense se lewens gered.                                                                      (1)

5.7       Skryf die sin oor in die TOEKOMENDE TYD.

          Honde drink soms water uit toiletbakke.                                                     (1)

5.8       Gee die VERGROTENDE TRAP van die onderstreepte woord. Skryf slegs die
          woord as antwoord neer.

          Die water in die toiletbakke bly koel as die water in hulle bakke.                          (1)

5.9       Gee die MEERVOUD van die onderstreepte woord. Skryf slegs die woord as
          antwoord neer.

          Honde kan nie soos katte agteruit teen boom afklim nie.                                     (1)

5.10      Skryf die sin oor in die ONTKENNENDE VORM.

          Iemand moet hierdie mite glo.                                                               (1)

5.11      Skryf die sin oor in die INFINITIEF.

          Moenie bekommerd wees as jou kat se hart twee keer vinniger as joune klop
          nie.

          Skryf die hele sin oor en begin só: Jy HOEF NIE bekommerd ...                               (1)

5.12      Gee die VERKLEININGSVORM van die onderstreepte woord. Skryf slegs die
          woord as antwoord neer.

          Selfs klein katte se oë het drie ooglede elk.                                               (1)

5.13      Gee die TEENOORGESTELDE GESLAG van die onderstreepte woord. Skryf
          slegs die woord as antwoord neer.

          ŉ Kaliko-kat is byna altyd ŉ wyfie.                                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste AddisioneleTaal/V1              16                              DBE/November 2013
                                                NSS

PRENT

TEKS G

Die taalvrae wat volg, is op die prent hieronder gebaseer.

                                                      [Uit: Vrouekeur, 6 November 2009]

Gebruik die woorde in die lys hieronder en voltooi die sinne (5.14–5.19).

                almanak;      muurprop;      bottoe; meisies;        besem; pikswart;
                 muisies;     deurknop;      soplepel; blikkie;      vloer; stoofplaat

5.14      Die kombuis is vol ...                                                                     (1)

5.15      Die teëls van die kombuisvloer is ...                                                      (1)

5.16      Die drie laaie is ... sodat daar niks kan inklim nie.                                      (1)

5.17      Op die ... is daar ŉ prent van ŉ groot, vet kat.                                           (1)

5.18      Die ketel is ingeprop by die ...                                                           (1)

5.19      Gebruik die onderstreepte woord as ŉ VOORSETSEL in ŉ sin. Skryf jou eie
          sin volledig uit.

          Die koppie hang aan sy oor onder die een kas.                                              (1)
                                                                                                     [20]

                                                                      TOTAAL AFDELING C:             40
                                                                          GROOTTOTAAL:               80

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans FAL P1 Feb-March 2013](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2013/6ea7adf0-5283-4faa-83ac-2ac62003e567) — Afrikaans FAL · QP · 2013 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2023/7f6db4f4-3355-49ea-8d80-d260b19660e0) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2022/4a28869c-bdc7-48b3-9f29-cfa7ca31cc7d) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2021/0a323951-81e2-46a2-adbf-10a4dfc61957) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2020/4585f23b-9e1d-4535-b384-615680f91a3e) — Afrikaans FAL · QP · 2020 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2019](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2019/e47d275e-1758-490f-82cc-f901024759a5) — Afrikaans FAL · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
