# Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2014 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2014, 14 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2014/42eb553f-9595-4182-a5fc-7f974c8e72ec
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2014
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2014 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2014/42eb553f-9595-4182-a5fc-7f974c8e72ec)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC November Exam · 2014 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                      GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1

                                 NOVEMBER 2014

PUNTE: 80

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1         2                       DBE/November 2014
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

          AFDELING A: LEESBEGRIP (VRAAG 1)               (30)
          AFDELING B: OPSOMMING (VRAAG 2)                (10)
          AFDELING C: TAAL (VRAAG 3, 4 en 5)             (40)

2.        Beantwoord AL die vrae.

3.        Begin elke afdeling op ŉ NUWE bladsy.

4.        Trek ŉ streep na elke afdeling.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Laat ŉ reël oop na ELKE antwoord.

7.        Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

8.        Beplan jou tyd só:

          AFDELING A: 50 minute
          AFDELING B: 30 minute
          AFDELING C: 40 minute

9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1         3                          DBE/November 2014
                                            NSS

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1

TEKS A: TYDSKRIFARTIKEL

Lees die onderstaande tydskrifartikel en beantwoord die vrae.

                KLEIN HATICE MAAK GROOT NAAM
       Een-en-twintig jaar lank het haar maats haar gespot, maar nou het
               die wiel vir die wêreld se kortste vroutjie gedraai.

              Die 21-jarige Hatice
                  en haar kat

                                         [Uit: www.google.com]

1     Elke skooldag was vir Hatice Kocaman, ŉ dwergie van Turkye, ŉ nagmerrie. Die
      skoolkinders het haar eindeloos oor haar lengte geterg. Selfs volwassenes het
      dikwels in haar teenwoordigheid grappies oor dwergies gemaak. As gevolg van
      Hatice se klein liggaamsbou het die skoolkinders en volwassenes haar ook soos ’n
      kind of iemand van die plaaslike sirkus behandel!

2     Maar die wiel het uiteindelik gedraai! Nuus oor die kort vroutjie het oor die jare
      versprei en toe het Kelly Garrett van Guinness World Records die Kocaman-gesin
      besoek. Hatice het skielik wêreldberoemd geword. Kort daarna het Hatice en haar
      ma ŉ uitnodiging ontvang om Istanboel toe te gaan, waar Hatice amptelik as die
      kortste vrou ter wêreld aangewys is. Sy is in die wolke, want sy spog nou met ŉ
      inskrywing in die Guinness World Records.

3     Die 21-jarige Hatice, wat sonder skoene net 71 sentimeter lank is, weeg minder as
      ŉ baba van ŉ jaar oud. “Ek het altyd gehoop die wêreld sal my eendag erkenning
      gee,” sê die fyn vroutjie wat in ŉ arm deel van Turkye woon. “Dit was moeilik toe ek
      ŉ kind was, want my klasmaats het my oor my lengte gespot. Nou is ek beroemd,
      juis omdat ek so kort is en dit laat my sommer voel asof ek baie langer is.”

4     Hatice ly aan dwergisme. Iemand wat aan dwergisme ly, is gewoonlik korter as
      147 sentimeter. Hatice is nou die tweede kortste mens ter wêreld, want ŉ 18-jarige
      seun van Nepal, Khagendra Thapa, klop haar met 4 sentimeter.
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1              4                               DBE/November 2014
                                                 NSS

5     Noudat Hatice ŉ ster is, hoop sy om die wêreld plat te reis. Sy wil ook ŉ draai maak
      by die wêreld se langste man, die 27-jarige Sultan Kose wat haar landgenoot is. Dié
      hemelbesem is 2,47 meter lank en spog ook met die wêreldrekord vir die grootste
      hande en voete. Sy hande is 27,5 sentimeter en sy voete is 36,5 sentimeter lank.

6     Hatice aanvaar haar voorkoms. “God het my so gemaak en ek is trots daarop.”
      Hatice was in ŉ spesiale skool en kon tot nou toe nog nie werk kry nie. Sy woon by
      haar ouers. Haar ma sê hulle was opgewonde toe Hatice gebore is. “Hatice het by
      geboorte 1,64 kilogram geweeg. Ons het nie besef sy ly aan dwergisme nie.”

7     Toe Hatice een jaar oud was, het haar ouers besef dat sy stadiger as ander babas
      gegroei het. Hatice het net soos ander kinders leer stap en praat, maar sy wou net
      nie groei nie. “Teen die tyd dat sy vier was, het dit gelyk asof sy opgehou groei het.
      Die dokters kon nie veel doen nie,” vertel haar ma. Elke paar jaar het die ouers
      mediese toetse laat doen. Die dokters het Hatice geweeg en gemeet, maar daar
      was steeds nie vordering nie.

8     Hatice sukkel ook met ŉ rugprobleem waarvoor sy nooit mediese hulp gekry het
      nie. Die Kocaman-gesin woon in ŉ klein huisie en het nie ŉ motor of die geld om
      hulp vir hul dogter te kry nie. Die dokters in hulle eie woongebied het nie die nodige
      kennis om haar te opereer nie.

9     Hatice wil graag dinge vir haarself doen. “Ek kan klein goedjies optel en ŉ bietjie
      skoonmaak as ek my ma in die kombuis help,” vertel sy. “Ek bly lekker saam met
      my gesin. Ek sal net graag sterker wil wees sodat ek meer dinge self kan doen.”

10    Hatice hoop dat sy eendag iemand sal ontmoet wat vir haar lief gaan wees. Sy wil
      mos ook graag eendag voor die kansel staan as sy natuurlik die regte man
      ontmoet.

11    Regoor die wêreld word mense met dwergisme gebore. Die lewe is moeilik vir hulle.
      Mense staar heeltyd na hulle. Om inkopies te doen, is ŉ uitdaging, want items op
      winkelrakke is soms te hoog. Ten spyte hiervan, probeer hulle positief bly.
                                       [Verwerk uit: Huisgenoot, 23 Desember 2010 en http://wol.jw.org]

1.1       Waarom was elke skooldag vir Hatice ŉ nagmerrie?                                                (1)

1.2       “Selfs volwassenes het dikwels in haar teenwoordigheid grappies oor
          dwergies gemaak.” (Paragraaf 1)

          Wat kan jy hieruit oor die volwassenes aflei?                                                   (1)

1.3       Waarom is Hatice na Istanboel uitgenooi?                                                        (1)

1.4       Wat impliseer die skrywer met die woord “uiteindelik” in paragraaf 2?                           (1)

1.5       “Sy is in die wolke ...” (Paragraaf 2)

          1.5.1       Word hierdie uitdrukking letterlik of figuurlik bedoel?                             (1)

          1.5.2       Verduidelik in jou EIE woorde wat hierdie uitdrukking beteken.                      (1)
Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          5                        DBE/November 2014
                                             NSS

1.6       Waarom, dink jy, word Hatice se lengte sonder skoene gemeet?
          (Paragraaf 3)                                                                       (1)

1.7       “... ŉ 18-jarige seun van Nepal, Khagendra Thapa, klop haar met
          4 sentimeter.” (Paragraaf 4)

          Sê IN JOU EIE WOORDE wat jy hieruit oor Khagendra se lengte kan aflei.              (1)

1.8       Watter TWEE ooreenkomste is daar tussen Hatice en Sultan?                           (2)

1.9       Kies die antwoord wat die sin KORREK sal voltooi.

          ŉ “Hemelbesem” (paragraaf 5) verwys na iemand wat ...

          A        baie lank is.
          B        baie godsdienstig is.
          C        besems maak.
          D        hemel toe gaan.                                                            (1)

1.10      Noem enige TWEE wêreldrekords wat Sultan Kose hou.                                  (2)

1.11      Hatice se ouers het van haar geboorte af geweet dat sy aan dwergisme ly.

          Haal EEN SIN uit paragraaf 6 aan wat bewys dat hierdie stelling ONWAAR is.          (1)

1.12      Dink jy Hatice se ouers kon meer gedoen het om mediese hulp vir Hatice se
          rugprobleem te kry? Motiveer jou antwoord.                                          (1)

1.13      Hoekom, dink jy, sal dit vir Hatice moeilik wees om werk te kry? Lei jou
          antwoord uit paragraaf 9 af.                                                        (1)

1.14      Verduidelik in watter TWEE opsigte Hatice dieselfde drome vir die toekoms
          het as ander jongmense.                                                             (2)

1.15      Hoe word Hatice se kort lengte in die foto beklemtoon?                              (1)

1.16      Verwys na die titel: “KLEIN HATICE MAAK GROOT NAAM”.

          1.16.1       Verduidelik die uitdrukking “GROOT NAAM”.                              (1)

          1.16.2       Hoekom is die gebruik van die woorde “KLEIN” en “GROOT” in die
                       titel funksioneel?                                                     (2)

1.17      “Regoor die wêreld word mense met dwergisme gebore.” (Paragraaf 11)

          Waarom, dink jy, verwys die skrywer na dwergies regoor die wêreld?                  (1)

1.18      Watter les wil die skrywer met hierdie leesstuk leer?                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1        6                           DBE/November 2014
                                           NSS

TEKS B: BESTE BESTUURDERS VOLGENS NAVORSING

Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Navorsers groepeer die beste motorbestuurders in die tabelle hieronder volgens die
soort motors wat hulle bestuur, ouderdom, rookgewoontes en geslag.

              Beste bestuurders volgens die soort motor wat hulle bestuur

  1      Hyundai

  2       Honda

  3       Opel

  4      Toyota

  5      Nissan

  6       Ford

          Volks-
  7
          wagen
        Mercedes-
  8
          Benz

  9       BMW

  10      Audi

                           Beste bestuurders volgens ouderdom

            1                    2               3                   4
         60+ jaar            36–60 jaar      26–35 jaar          18–25 jaar

                              Beste bestuurders volgens:
                       Rookgewoontes                     Geslag

                                                          [Verwerk uit: www.grafika24.com]
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          7                        DBE/November 2014
                                             NSS

1.19      In die teks word die bestuurders volgens die motors waarin hulle ry,
          gegroepeer. Rangskik die volgende motors vanaf beste bestuurders tot
          swakste bestuurders:

          Ford; Opel; Nissan                                                                  (1)

1.20      Op watter manier dui die teks aan dat Hyundai-bestuurders die beste is?
          Noem TWEE maniere.                                                                  (2)

1.21      Kies die veiligste bestuurder uit die volgende:

          A       ŉ 45-jarige man wat rook en wat ŉ Toyota bestuur
          B       ŉ 62-jarige man wat rook en wat ŉ Honda bestuur                             (1)

1.22      Wat beteken die volgende simbool binne die konteks van die teks?

                                                                                              (1)

1.23      Vrouebestuurders word gewoonlik as “swak bestuurders” gestereotipeer.

          Motiveer uit die teks waarom dié stereotipering ONWAAR is.                          (1)

                                                               TOTAAL AFDELING A:             30

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1        8                             DBE/November 2014
                                           NSS

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2

Lees die onderstaande teks deur en voer die instruksies uit.

INSTRUKSIES

1. Som die SEWE wenke wat sal verseker dat mense van jou sal hou, op.
2. Skryf die wenke PUNTSGEWYS neer.
3. Nommer die wenke van 1 tot 7.
4. Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
5. Dui die KORREKTE getal woorde aan die einde van die opsomming aan.

TEKS C: WENKE OM TE VERSEKER DAT MENSE VAN JOU SAL HOU

Is jy alleen, eensaam en sonder vriende? Jy wil graag hê dat mense van jou hou. Maar
hoe doen jy dit? Hier volg ŉ paar wenke wat jou kan help.

Mense se name is belangrik. Sommige mense word kwaad as hul name verkeerd
uitgespreek word. Die verkeerde uitspraak van ŉ naam kan die betekenis daarvan
verander. Vir baie mense verteenwoordig hul name wie hulle is. Dit is dus belangrik dat
jy mense se name korrek uitspreek, veral wanneer jy met hulle praat.

Wie hou van onvriendelike mense? Onvriendelike mense skrik ander af. Die ideale
manier om grense tussen oud en jonk, man en vrou en verskillende tale af te breek, is
ŉ vriendelike glimlag. Terselfdertyd oefen jy jou gesigspiere!

Mense gesels graag oor die dinge waarin hulle belangstel soos hul werk, sport, kos en
stokperdjies. Dit werk wonderlik as jy met mense gesels oor die dinge waarin hulle
geïnteresseerd is.

In sekere gevalle is konfrontasies onvermydelik, maar probeer sover moontlik om
moeilike situasies wat tot argumente kan lei, te vermy. Hierdie vermoë word deur baie
mense bewonder.

Jy moet ook leer om nie so maklik ander mense se gedrag te kritiseer nie, want mense
kritiseer gewoonlik omdat hulle nie ander mense se optrede verstaan nie.

Jy wil ook graag vriende maak en mense nader trek – wees dus ŉ positiewe persoon.
ŉ Uitstekende voorbeeld van iemand met ŉ positiewe persoonlikheid was Suid-Afrika
se voormalige president, Nelson Mandela.

Almal begaan foute. Wanneer jy verkeerd is, vra onmiddellik om verskoning. Dit help
om enige moeilike situasie te red.
                                                        [Verwerk uit: http://www.pitkos.co.za]

                                                               TOTAAL AFDELING B:                  10

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1       9                            DBE/November 2014
                                          NSS

AFDELING C: TAAL
VRAAG 3: ADVERTENSIE

TEKS D

•   Die taalvrae wat volg, is op die onderstaande advertensie gebaseer.
•   Die nommering in die advertensie verwys na die vraagnommer wat beantwoord
    moet word.
•   Opsetlike taalfoute kom voor.

        SO, JY HET GEDINK DIS NET ’N TOWNSHIP-PROBLEEM?
        As ŉ mens dink dat elektrisiteitsdiefstal net in townships plaasvind,
           moet (3.3) (ŉ mens) weer dink. Dit vind orals plaas, selfs in
                              (3.4) (ryk) voorstede.
                        Diefstal lei tot hoër elektrisiteitspryse.
               Dit het ook ŉ (3.5) (negatief) effek op ons ekonomie.
        Dit is tyd om NEE te sê vir onwettige elektrisiteitsverbruik!
                 Laat Suid-Afrika van krag tot (3.6) (...) gaan!
                                    SMS 32211.
                       Rapporteer elektrisiteitsdiefstal nou!
                    (3.7) (...) ŉ SMS aan Operasie Khanyisa.
                                Die krag is in jou hande.

                                             [Verwerk uit: Huisgenoot, Desember 2010]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          10                         DBE/November 2014
                                             NSS

3.1       Noem TWEE maniere waarop die adverteerder “gevaar” beklemtoon.                         (2)

3.2       “So, jy het gedink ...?”

          Waarom is dit effektief dat die adverteerder die woord “jy” gebruik?                   (1)

3.3       Vervang die woorde tussen hakies met die korrekte VOORNAAMWOORD.

          As ŉ mens dink dat elektrisiteitsdiefstal net in townships plaasvind, moet
          (ŉ mens) weer dink.                                                                    (1)

3.4       Gee die INTENSIEWE VORM van die vetgedrukte woord.

          Dit gebeur orals, selfs in ryk voorstede.                                              (1)

3.5       Gee die KORREKTE VORM van die woord tussen hakies.

          Dit het ook ŉ (negatief) effek op ons ekonomie.                                        (1)

3.6       Kies die antwoord wat die idioom KORREK sal voltooi.

          Laat Suid-Afrika van krag tot ... gaan!

          A       sterkte
          B       aksie
          C       mag
          D       krag                                                                           (1)

3.7       Voltooi die onderstaande sin met die ontbrekende WERKWOORD.

          ... ŉ SMS aan Operasie Khanyisa.                                                       (1)

3.8       “Die krag is in jou hande.”

          Wat is die DENOTATIEWE betekenis van die woord “krag” in die konteks van
          die advertensie?                                                                       (1)

3.9       Sal hierdie advertensie jou beïnvloed om tot aksie oor te gaan? Motiveer jou
          antwoord.                                                                              (1)
                                                                                                 [10]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1           11                            DBE/November 2014
                                              NSS

VRAAG 4: STROKIESPRENT

TEKS E

•     Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent hieronder gebaseer.
•     Voer die instruksies by elke vraag uit.

Oubaas se Honne en Kasper deur Marthinus en Theuns Kirsten

             Raampie 1                       Raampie 2                           Raampie 3

                                                           [Verwerk uit: Huisgenoot, 21 November 2013]

4.1        Kies die antwoord wat die sin KORREK sal voltooi.

           Die woorde “per ongeluk” word tussen aanhalingstekens geskryf, omdat ...

           A      die kat die woorde sagter sê.
           B      dit die kat se direkte woorde is.
           C      die kat die woorde anders bedoel.
           D      die kat iemand anders se woorde aanhaal.                                          (1)

4.2        Die woord kies (raampie 1) beteken “aan die binnekant van jou mond”.

           Gebruik die HOMONIEM van kies in ŉ volsin sodat dit ŉ ander betekenis het.               (1)

4.3        Wat word oor die vorige kat geïmpliseer?                                                 (1)

4.4        Watter aanduiding is daar in raampie 2 dat die kat geskrik het?                          (1)

4.5        Skryf die volgende sin in die INDIREKTE REDE.

           Die hond sê: “Jy sal net soos die vorige kat verdwyn!”
           Begin jou antwoord só: Die hond sê vir die mannetjiekat dat ...                          (2)

4.6        Voltooi die ontbrekende woord deur die ANTONIEM van die vetgedrukte
           woord te gee.

           In raampie 1 kyk die kat regs na die hond, maar in raampie 3 kyk hy ... na die
           eend.                                                                                    (1)

4.7        Hoe word die kat se woorde in raampie 3 beklemtoon?                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1           12                            DBE/November 2014
                                              NSS

4.8       Hoe weet jy dat die eendjies in raampie 1 en 2 nie stilstaan nie?                          (1)

4.9       Waarom pas die IDIOOM “om soos kat en hond te lewe” nie by hierdie
          strokieskarakters nie?                                                                     (1)
                                                                                                     [10]

VRAAG 5: ARTIKEL EN PRENT

5.1       TEKS F

          •   Die taalvrae wat volg, is op die artikel hieronder gebaseer.
          •   Opsetlike taalfoute kom voor.
          •   Voer die instruksies by elke vraag uit.

                                       DIE RENOSTERMEISIE

          In Junie 2013 (5.1.1) is mejuffrou Amina Patel deur Rhino SA as die Rhino
          Kampioen gekies. (5.1.2) Sy was toe net 15 jaar oud. (5.1.3) Amina sê dat sy
          die renostermeisie by die skool is. Sy is ook die voorsitster van die skool se
          Natuurklub. Sy knip gereeld prente van renosters uit en wys dit vir haar
          (5.1.4) onderwyser.

          (5.1.5) “Daar moet renosters in die toekoms wees. (5.1.6) Dit is wereldwyd die
          jeug se plig om renosters te probeer red. (5.1.7) Renosters kan self praat. Ek
          het al foto’s gesien waar renosterhorings afgesny is. (5.1.8) ŉ Bloeiende
          renoster maak my hartseer.”

          Amina is deel van Rhino SA se brieweveldtog wat deur ŉ (5.1.9) (Amerika)
          begin is. Kinders van alle lande word aangemoedig om aan die president
          te skryf.

          (5.1.10) Amina het vir die eerste keer ŉ renoster gesien. Sy was twee jaar
          oud. (5.1.11) Haar gesin het dikwels die Krugerwildtuin besoek. (5.1.12) Sy
          het onmiddellik gedink renosters is oulike diere.

          “Ek praat gereeld by skole om kinders meer van dié wonderlike diere te
          vertel. Ek beskou renosters as my spesiale vriende. My boodskap aan
          Suid-Afrikaners? Praat met mense wat vir renosters omgee. Ons kan saam
          die probleem (5.1.13) …”
                                                     [Verwerk uit: Huisgenoot, 17 Oktober 2013]

          5.1.1       Skryf die AFKORTING van die vetgedrukte woord.

                      In Junie 2013 is mejuffrou Amina Patel deur Rhino SA as die
                      Rhino Kampioen gekies.                                                         (1)

          5.1.2       Skryf die vetgedrukte getal as ŉ WOORD neer.

                      Sy was toe net 15 jaar oud.                                                    (1)

          5.1.3       Skryf die sin oor in die DIREKTE REDE.

                      Amina sê dat sy die renostermeisie by die skool is.                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1           13                         DBE/November 2014
                                              NSS

          5.1.4       Gee die TEENOORGESTELDE GESLAG van die vetgedrukte
                      woord.

                      Sy knip gereeld prente van renosters uit en wys dit vir haar
                      onderwyser.                                                                 (1)

          5.1.5       Skryf die sin oor in die INFINITIEF.

                      Daar moet renosters in die toekoms wees.
                      Begin die sin só: Daar BEHOORT …                                            (1)

          5.1.6       Verbeter die SPELFOUT in die onderstaande sin.

                      Dit is wereldwyd die jeug se plig om renosters te probeer red.              (1)

          5.1.7       Skryf die sin oor in die ONTKENNENDE VORM.

                      Renosters kan self praat.                                                   (1)

          5.1.8       Skryf die sin oor in die VERLEDE TYD.

                      ŉ Bloeiende renoster maak my hartseer.                                      (1)

          5.1.9       Vorm ŉ PERSOONSNAAM van die vetgedrukte woord.

                      Ek is deel van Rhino SA se brieweveldtog wat deur ŉ Amerika
                      begin is.                                                                   (1)

          5.1.10      Verbind die sinne met die VOEGWOORD tussen hakies.

                      Amina het vir die eerste keer ŉ renoster gesien. Sy was twee jaar
                      oud. (toe)
                      Begin die sin só: Amina het vir die eerste keer ŉ renoster gesien
                      toe …                                                                       (1)

          5.1.11      Skryf die sin oor in die LYDENDE/PASSIEWE vorm.

                      Haar gesin het dikwels die Krugerwildtuin besoek.                           (1)

          5.1.12      Skryf die volgende sin oor en begin die sin met die vetgedrukte
                      woord.

                      Sy het onmiddellik gedink renosters is oulike diere.                        (1)

          5.1.13      Kies die antwoord wat die sin KORREK sal voltooi.

                      Ons kan saam die probleem …

                      A       skep.
                      B       oplos.
                      C       ignoreer.
                      D       vererger.                                                           (1)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1            14                            DBE/November 2014
                                               NSS

5.2       TEKS G

          Die taalvrae wat volg, is op die onderstaande prent gebaseer.

                             “Tot siens, Skat. Ek ry nou. Wat maak jy vir
                                               aandete?”
                                                      [Verwerk uit: www.google.com]

          Gebruik die woorde in die lys hieronder om die sinne (5.2.1–5.2.6) te voltooi.

               voorgrond; besem; stofsuier; inspuiting; stoom; rook; agtergrond;
                   spuitkannetjie; vadoek; verestoffer; grassnyer; voorskoot

          5.2.1       Die ... om die man se lyf wys dat hy die huis gaan skoonmaak.               (1)

          5.2.2       Aan die man se lyfband hang ŉ ... waarmee hy die meubels gaan
                      afstof.                                                                     (1)

          5.2.3       Die man stoot die ... met sy regterhand.                                    (1)

          5.2.4       Die man hou ŉ ... in sy linkerhand vas.                                     (1)

          5.2.5       Daar trek ... uit die koppie koffie in die vrou se hand.                    (1)

          5.2.6       Die vrou staan in die ... van die prent.                                    (1)
                                                                                                  [20]

                                                                    TOTAAL AFDELING C:            40
                                                                        GROOTTOTAAL:              80

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans FAL P1 Feb-March 2014](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2014/5acde4b4-511b-410b-b32f-8245d6dd19b8) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2023/7f6db4f4-3355-49ea-8d80-d260b19660e0) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2022/4a28869c-bdc7-48b3-9f29-cfa7ca31cc7d) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2021/0a323951-81e2-46a2-adbf-10a4dfc61957) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2020/4585f23b-9e1d-4535-b384-615680f91a3e) — Afrikaans FAL · QP · 2020 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2019](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2019/e47d275e-1758-490f-82cc-f901024759a5) — Afrikaans FAL · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
