# Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2015 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2015, 15 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2015-r/d6727c7d-3ddb-4367-a46a-becba8d0bbef
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2015 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2015-r/d6727c7d-3ddb-4367-a46a-becba8d0bbef)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC November Exam · 2015 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans FAL P1 Nov 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2015-memo/ca24bb31-11e6-4414-ae1c-e2738b16f840) — Memo · 2015 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                      GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1

                               NOVEMBER 2015 (R)

PUNTE: 80

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1         2                       DBE/November 2015 (R)
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

          AFDELING A: LEESBEGRIP                         (30)
          AFDELING B: OPSOMMING                          (10)
          AFDELING C: TAAL                               (40)

2.        Beantwoord AL die vrae.

3.        Begin elke afdeling op ŉ NUWE bladsy.

4.        Trek ŉ streep na elke afdeling.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Laat ŉ reël oop na ELKE antwoord.

7.        Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

8.        Beplan jou tyd só:

          AFDELING A: 50 minute
          AFDELING B: 30 minute
          AFDELING C: 40 minute

9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1         3                        DBE/November 2015 (R)
                                            NSS

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1

TEKS A: TYDSKRIFARTIKEL

Lees die onderstaande artikel deur en beantwoord die vrae wat volg.

        WEES VERSIGTIG VIR DIE DWELMMONSTER!
 1      Elvis Johnson* was ŉ dwelmverslaafde. Tog het hy daarin geslaag om sy
        verslawing te oorwin. Hy het vier jaar lank dwelms gebruik, maar is nou al ŉ jaar
        skoon. Hier vertel die 19-jarige Elvis sy verhaal.

 2      Toe ek ŉ kind was, het ek, net soos ander kinders, ook planne vir my toekoms
        gehad. Dit was nooit my droom om ŉ dwelmverslaafde te wees wanneer ek groot is
        nie. Dit was definitief nie deel van my toekomsplanne nie; tog het dwelms en
        alkohol my drome verwoes. Ek het al op 13-jarige ouderdom begin drink. Die jaar
        tevore het ek begin rook. Toe ek die eerste keer op 14-jarige ouderdom dwelms
        gebruik het, is ŉ verslaafde gebore.

 3      Dit was een naweek tydens ŉ partytjie toe my “beste vriend” my omgepraat het om
        cat uit te toets om my te laat ontspan. Cat word van methcathinone gemaak, wat ŉ
        baie sterk stimulant is. Baie gou moes ek elke dag cat gebruik om goed te
        funksioneer. Ek kon nie meer daarsonder klaarkom nie. Saans kon ek nooit aan
        die slaap raak as ek nie êrens in my kamer genoeg cat vir die volgende dag
        weggesteek het nie. Die gebruik van cat het ook my eetlus beïnvloed. Wat begin
        het as “naweekpret”, het in ŉ leefwyse verander.

 4      Soggens, voordat ek universiteit toe gery het, moes ek cat gebruik. As ek enigiets
        voor my studentevriende moes doen, soos byvoorbeeld ŉ toespraak lewer, moes
        ek voor die tyd eers weer cat gebruik. Dit het my die selfvertroue gegee wat ek
        nooit as skoolkind gehad het nie en het my laat voel asof alles perfek is.

 5      Maar dit was ŉ leuen.

 6      Cat het van my ŉ eensame mens gemaak. Ek het in ŉ donker wêreld geleef. Die
        enigste ander bewoners van hierdie geheime wêreld was ander dwelmverslaafdes.
        My geduldige ouers het agtergekom iets was fout en het met my daaroor probeer
        gesels. Ek het egter nooit teenoor hulle erken dat ek ŉ dwelmprobleem het nie.

 7      My ouers het my na verskillende rehabilitasiesentrums gestuur om my te help om
        my dwelmverslawing te oorkom. Hierdie pogings het vier keer misluk. Toe my
        ouers nie meer die leuens, die aggressiewe gedrag, die vloektaal en diefstal van
        hulle geld en ander besittings kon verduur nie, het hulle na die polisie toe gegaan.
        Ek is in hegtenis geneem en moes in die hof verskyn. As deel van my straf, moes
        ek nege maande lank na ŉ rehabilitasiesentrum toe gaan. Terwyl ek daar was, het
        ek baie min kontak met my gesin gehad. Eers na vier maande kon my ouers ŉ uur
        lank op ŉ keer by my kom kuier.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          4                         DBE/November 2015 (R)
                                             NSS

 8      Dié nege maande lange rehabilitasie was die moeilikste, maar die beste ding wat
        nog ooit met my gebeur het. Ek is nou weer die ou Elvis Johnson en is vasbeslote
        om nooit weer na my slegte gewoontes terug te keer nie.

 9      As ouers die tekens van dwelmverslawing ken, kan hulle hulle kinders vroeër help.
        Een teken is byvoorbeeld wanneer jou verslaafde kind sê: “Ma, mag ek asseblief
        R200 of R250 vir ŉ roomys kry?” Dit is wat dwelms kos. ŉ Tweede teken is
        wanneer jou kind gedurig snuif en vir jou sê dat hy maar net ŉ verkoue het. Jy weet
        egter dit is nie waar nie.

 10     Dwelmverslawing lei uiteindelik na een van drie plekke: ŉ rehabilitasiesentrum, die
        tronk of ŉ lykshuis. ŉ Dwelmverslaafde is nie ŉ slegte mens nie. Dis ŉ normale
        mens met ideale, maar iemand wat in ŉ oogwink die verkeerde ding gedoen het.
        Van daardie oomblik af verander sy/haar lewe. Hoe gouer die persoon hulp kry,
        hoe beter. Met ondersteuning van ouers en die dwelmverslaafde se eie wilskrag is
        dit moontlik om te herstel.

        * Nie sy regte naam nie.

                                                    [Uit: www.google.com]
                                                               [Verwerk uit www.huisgenoot.co.za]

 1.1      Haal EEN woord uit paragraaf 1 aan wat aandui dat daar nie meer ŉ teken
          van dwelms in Elvis se liggaam is nie.                                                    (1)

 1.2      Rangskik die volgende gebeurtenisse in Elvis se lewe in die regte volgorde.
          Skryf net die vraagnommer (1.2) en die antwoord in die regte volgorde neer,
          byvoorbeeld 1.2 D, E, F.

          A       Hy het begin drink.
          B       Hy het dwelms begin gebruik.
          C       Hy het begin rook.                                                                (1)

 1.3      Elvis het ONMIDDELLIK aan dwelms verslaaf geraak.

          Haal ŉ SIN uit paragraaf 2 aan om hierdie stelling te motiveer.                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1             5                     DBE/November 2015 (R)
                                                NSS

1.4       Elvis verwys ironies na sy “beste vriend” (Paragraaf 3).

          Verduidelik waarom dit ironies is.                                                      (2)

1.5       Kies die antwoord wat die sin KORREK sal voltooi. Skryf net die
          vraagnommer (1.5) en die antwoord (A–D) neer, byvoorbeeld 1.5 E.

          Die hoofgedagte van paragraaf 3 is …

          A          die bestanddele van die dwelm cat.
          B          Elvis se probleme om te slaap.
          C          die effek van cat op Elvis se eetlus.
          D          hoe cat Elvis se lewe verander het.                                          (1)

1.6       Waarom, dink jy, het Elvis sy cat weggesteek?                                           (1)

1.7       Watter uitwerking het cat op Elvis gehad voordat hy ŉ toespraak moes lewer?             (1)

1.8       Hoekom bestaan paragraaf 5 net uit een sin?                                             (1)

1.9       “Ek het in ŉ donker wêreld geleef.” (Paragraaf 6)

          1.9.1      Het die woord “donker” ŉ denotatiewe of konnotatiewe betekenis?              (1)

          1.9.2      Waarom is die gebruik van die woord “donker” funksioneel?                    (1)

          1.9.3      Haal ŉ woord uit paragraaf 6 aan wat die betekenis van die woord
                     “donker” versterk.                                                           (1)

1.10      Verwys na paragraaf 6.

          Noem EEN manier waarop Elvis se ouers hom probeer help het.                             (1)

1.11      “Die nege maande lange rehabilitasie was die moeilikste, maar die beste ding
          wat nog ooit met my gebeur het.” (Paragraaf 8)

          1.11.1 Waarom was dit moeilik?                                                          (1)

          1.11.2 Waarom was dit die beste ding?                                                   (1)

1.12      Hoekom behoort ŉ ouer agterdogtig te wees as ŉ kind R200 of R250 vra om
          roomys te koop?                                                                         (1)

1.13      Watter verskoning gee ŉ dwelmverslaafde as hy/sy gedurig snuif?                         (1)

1.14      Waarom kan ŉ dwelmverslaafde in die volgende plekke beland?

          1.14.1 Rehabilitasiesentrum                                                             (1)

          1.14.2 Tronk                                                                            (1)

          1.14.3 Lykshuis                                                                         (1)
1.15      Hoekom, dink jy, verskyn die verteller se regte naam nie in die artikel nie?            (1)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1        6                          DBE/November 2015 (R)
                                           NSS

1.16      Oor watter sosiale probleem handel die leesstuk?                                        (1)
1.17      Watter boodskap dra die prentjie vir jou oor?                                           (1)

1.18      Waarteen waarsku Elvis se verhaal jongmense?                                            (1)

TEKS B: DEPARTEMENT VAN VERVOER SE PLAN VIR VEILIGER PAAIE

Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                             [Verwerk uit www.grafika24.com]

1.19      Waar mag bestuurders die vinnigste ry?                                                  (1)

1.20      Waarom word die spoedbeperkings in dié spesifieke volgorde gerangskik?                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1         7                       DBE/November 2015 (R)
                                            NSS

1.21      Kies die antwoord wat die sin KORREK sal voltooi. Skryf net die
          vraagnommer (1.21) en die antwoord (A–D) neer, byvoorbeeld 1.21 E.

          Die funksie van die volgende teken in hierdie konteks is om … aan te dui.

          A       gevaar
          B       ŉ ongeluk
          C       padwerke
          D       ŉ padblokkade                                                                (1)

1.22      Hoe weet jy dat die Departement van Vervoer bekommerd is oor die veiligheid
          van skoolkinders?                                                                    (1)

1.23      Waarom is die gebruik van die prentjie hieronder gepas?

                                                                                               (1)

1.24      Kies die korrekte antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer (1.24)
          en die antwoord neer.

          Bestuurders moet (gereeld/selde/slegs een keer) ŉ rybewystoets aflê.                 (1)

                                                               TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1        8                         DBE/November 2015 (R)
                                           NSS

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2

Lees die onderstaande teks deur en voer die instruksies uit.

INSTRUKSIES

1.   Som die SEWE redes waarom elektroniese speletjies vir volwassenes goed is, op.
2.   Skryf die redes PUNTSGEWYS neer.
3.   Nommer die redes van 1 tot 7.
4.   Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
5.   Dui die KORREKTE getal woorde aan die einde van die opsomming aan.

TEKS C: ELEKTRONIESE SPELETJIES IS GOED VIR VOLWASSENES

Kla jou ouers dat jy hopeloos te veel tyd aan elektroniese speletjies bestee? Miskien
moet hulle begin saamspeel. Die jongste navorsing gee die volgende redes waarom
elektroniese speletjies ook vir volwassenes goed is.

Baie volwassenes is depressief en moeg na ŉ dag se werk. Hulle lewens bestaan mos
net uit werk, rekeninge en verantwoordelikhede. Elektroniese speletjies kan sulke
volwassenes help om te ontspan. Ontspanne volwassenes is mos gelukkiger mense.
Elektroniese speletjies help hulle ook om meer gebalanseerd te lewe, want terwyl hulle
speel, is die verantwoordelikhede van die lewe op die agtergrond.

In die Verenigde State van Amerika speel meer as vyftig persent van die volwassenes
elektroniese speletjies. Dit help hulle om op sosiale vlak met nuwe mense te gesels,
want ŉ speler het altyd iets om oor te praat as hy/sy ŉ medespeler aanlyn ontmoet.

Dit is belangrik dat enige paartjie elektroniese speletjies saamspeel. Volgens navorsing
versterk dié kwaliteittyd van saamspeel die paartjie se verhouding.

Navorsing het bewys dat elektroniese speletjies kreatiwiteit stimuleer. Volwassenes
kan hierdie kreatiwiteit na ander fasette van hul lewens oordra. Elektroniese speletjies
kan ook kompeterend wees. Deur kompeterend te speel, kan ŉ volwassene leer dat
wen of verloor deel van die lewe is.

Oog-handkoördinasie is baie belangrik. Goeie oog-handkoördinasie beteken
byvoorbeeld dat jou hande en oë kan saamwerk, soos wanneer jy bestuur.
Elektroniese speletjies verbeter volwassenes se oog-handkoördinasie.

As jou ouers dus weer oor elektroniese speletjies kla, nooi hulle eerder om saam met
jou te speel.

                                                               [Verwerk uit www.lifehack.org]

                                                                TOTAAL AFDELING B:                10

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1            9                      DBE/November 2015 (R)
                                               NSS

AFDELING C: TAAL

VRAAG 3: ADVERTENSIE

TEKS D

•   Die taalvrae wat volg, is op die advertensie hieronder gebaseer.
•   Die nommering in die advertensie verwys na die nommer van die vraag wat
    beantwoord moet word.
•   Opsetlike taalfoute kom voor.

                          BEACON LIQUORICE ALLSORTS

                     (3.3) Dit neem ALLE SOORTE om Suid-Afrika te bou!

                 Wanneer jy aan liquorice dink, dink jy aan Beacon Allsorts.
                  Dis omdat ons die nommer EEN, smaaklikste liquorice
                                     in Suid-Afrika is!
                     Oud of jonk, ŉ mens het (3.5) … gunstelingkleur, -vorm
                                  -grootte, -tekstuur en -geur.

                                       Beacon Allsorts bied die beste
                                       pret-eet-ervaring met ŉ hele reeks lekkers.

                                       (3.6) … navraag by eksklusiewe winkels.

                                       (3.7) LEKKER
                                                     LEKKERDER
                                                                       LIQUORICE

                                                          [Verwerk uit www.beaconallsorts.co.za]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          10                       DBE/November 2015 (R)
                                             NSS

3.1       Wie is die adverteerder?                                                               (1)

3.2       In hierdie advertensie is Suid-Afrikaners die teikengroep.

          Hoe beklemtoon die advertensie dit?                                                    (1)

3.3       Die sin “Dit neem ALLE SOORTE om Suid-Afrika te bou!” is dubbelsinnig.

          Noem TWEE betekenisse van die adverteerder se woorde “ALLE SOORTE”.                    (2)

3.4       Noem TWEE tegnieke waarmee die adverteerder jou probeer oortuig om
          die produk te koop.                                                                    (2)

3.5       Voltooi die onderstaande sin met die ontbrekende VOORNAAMWOORD.

          Oud of jonk, ŉ mens het … gunstelingkleur, -vorm, -grootte, -tekstuur
          en -geur.                                                                              (1)

3.6       Kies die antwoord wat die sin KORREK sal voltooi. Skryf net die
          vraagnommer (3.6) en die antwoord (A–D) neer, byvoorbeeld 3.6 E.

           ... navraag by eksklusiewe winkels.

          A          Doen
          B          Maak
          C          Vra
          D          Bespreek                                                                    (1)

3.7       Verwys na die trappe van vergelyking “LEKKER – LEKKERDER –
          LIQUORICE”.

          3.7.1      Vervang “LIQUORICE” met die korrekte OORTREFFENDE TRAP
                     van “lekker”.                                                               (1)

          3.7.2      Watter idee skep die adverteerder met hulle trappe van vergelyking
                     “LEKKER – LEKKERDER – LIQUORICE"?                                           (1)
                                                                                                 [10]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1               11                  DBE/November 2015 (R)
                                                  NSS

AFDELING C: TAAL

VRAAG 4: STROKIESPRENT

TEKS E

•     Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent hieronder gebaseer.
•     Voer die instruksies by elke vraag uit.

GARFIELD

                   Raampie 1                                   Raampie 2

                                                              [Verwerk uit: www.garfield.com]

4.1        Wat is die funksie van die ellips in raampie 1?                                         (1)

4.2        “Haai, my hoofpyn is weg.” (Raampie 1)

           Gebruik die HOMONIEM van “Haai” in ŉ volsin.                                            (1)

4.3        Verwys na raampie 2.

           4.3.1     Noem TWEE tekens wat wys dat die man moedeloos is.                            (2)

           4.3.2     Skryf “EK’S” volledig uit.                                                    (1)

           4.3.3     Op watter TWEE maniere word Garfield se woorde beklemtoon?                    (2)

4.4        Wat impliseer Garfield se woorde in raampie 2?                                          (1)

4.5        Hoe weet jy dat Garfield se stert swaai?                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1           12                       DBE/November 2015 (R)
                                              NSS

4.6        Kies die woord wat die volgende stelling KORREK sal voltooi. Skryf net die
           vraagnommer (4.6) en die antwoord (A–D) neer, byvoorbeeld 4.6 E.

           Garfield se woorde (raampie 2) maak die man se woorde (raampie 1) vir
           die leser …

           A      komies.
           B      tragies.
           C      realisties.
           D      romanties.                                                                        (1)
                                                                                                    [10]

VRAAG 5: ARTIKEL EN PRENT

TEKS F

•     Die taalvrae wat volg, is op die artikel hieronder gebaseer.
•     Opsetlike taalfoute kom voor.
•     Voer die instruksies by elke vraag uit.

            (5.1.1) DIE KOEKSISTER IS TROTS SUID-AFRIKAANS

           Die Suid-Afrikaanse koeksister                 Die Indiese jalebi
                                                                     [Uit: www.google.com]

 (5.1.2) Koeksisters is ŉ Suid-Afrikaanse lekkerny. (5.1.3) ŉ Smullekkersmaak kry jy in
 elke happie!

 (5.1.4) Orals waar jy gaan, sal jy koeksisters kry. Dit verskyn op (5.1.5) (spyskaart) in
 restaurante. (5.1.6) Jy koop dit by kettingwinkels. (5.1.7) Dit is selfs gewild by
 meisiesskole.

 Die basiswoord van koeksister is “koek”. “Sister” verwys na die twee of drie repies
 deeg wat gevleg word om die koeksister te vorm. (5.1.8) Sister verwys ook na die
 sisgeluid wat die koeksister maak. Jy week dit in koue stroop. (5.1.9) Jy moet dit eers
 in warm olie bak. Dit is soet, stroperig, bros buite en sag binne. (5.1.10) Baie mense
 sê: “Koeksisters is deel van die Suid-Afrikaanse tradisie.”

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          13                        DBE/November 2015 (R)
                                             NSS

(5.1.11) Die Maleiers, wat as slawe hierheen gekom het het die koesister Suid-Afrika
toe gebring. Die Maleise koesister, wat anders as die koeksister is, is oliebolvormig,
geurig, in stroop gedoop en word in klapper gerol. Dit is soos die Indiese jalebi
of gulab jamun wat in stroop geweek word. Die Kaapse Maleiers geniet elke
(5.1.12) Sondag koesisters saam met ŉ koppie tee.

Koeksisters is ŉ heerlike nagereg om by spesiale geleenthede en feeste te bedien.
Betsie Verwoerd het ook koeksisters aan mnr. Mandela bedien kort na sy
(5.1.13) (vrylaat). (5.1.14) Dit was ŉ geskikte manier om die ys te breek.
                                                                [Verwerk uit www.africhef.com]

5.1.1     Verander die STELSIN na ŉ VRAAGSIN.

          Die koeksister is trots Suid-Afrikaans.                                                  (1)

5.1.2     Skryf die ADJEKTIEF in die sin neer.

          Koeksisters is ŉ Suid-Afrikaanse lekkerny.                                               (1)

5.1.3     Rangskik die woorde in die sin hieronder en begin met die ONDERWERP van
          die sin wat onderstreep is.

          ŉ Smullekkersmaak kry jy in elke happie!                                                 (1)

5.1.4     Skryf die volgende sin oor en begin met die onderstreepte HOOFSIN.

          Orals waar jy gaan, sal jy koeksisters kry.                                              (1)

5.1.5     Gee die MEERVOUD van die vetgedrukte woord.

          Dit verskyn op spyskaart in restaurante.                                                 (1)

5.1.6     Waarna verwys die persoonlike voornaamwoord dit in die volgende sin?
          Skryf slegs die EEN woord neer.

          Jy koop dit by kettingwinkels.                                                           (1)

5.1.7     Skryf die woord wat verkeerd gespel is, korrek oor.

          Dit is selfs gewild by meisiesskole.                                                     (1)

5.1.8     Verbind die twee sinne met die VOEGWOORD tussen hakies.

          Sister verwys ook na die sisgeluid wat die koeksister maak. Jy week dit in
          koue stroop. (terwyl)

          Begin die sin só: Sister verwys ook na die sisgeluid wat die koeksister
          maak terwyl …                                                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1            14                   DBE/November 2015 (R)
                                               NSS

5.1.9     Skryf die volgende sin oor in die INFINITIEF.

          Jy moet dit eers in warm olie bak.

          Skryf die hele sin oor en begin só: Jy behoort …                                      (1)

5.1.10    Skryf die sin oor in die INDIREKTE REDE.

          Baie mense sê: “Koeksisters is deel van die Suid-Afrikaanse tradisie.”

          Begin só: Baie mense sê dat …                                                         (1)

5.1.11    Skryf die sin oor en vul die ontbrekende LEESTEKEN in.

          Die Maleiers, wat as slawe hierheen gekom het het die koesister Suid-Afrika
          toe gebring.                                                                          (1)

5.1.12    Skryf die AFKORTING van die vetgedrukte woord neer.

          Die Kaapse Maleiers geniet elke Sondag koesisters saam met ŉ koppie tee.              (1)

5.1.13    Gee die KORREKTE VORM van die woord tussen hakies.

          Betsie Verwoerd het ook koeksisters aan mnr. Mandela bedien kort na
          sy (vrylaat).                                                                         (1)

5.1.14    Kies die antwoord wat die volgende sin KORREK sal voltooi. Skryf net die
          vraagnommer (5.1.14) en die antwoord (A–D) neer, byvoorbeeld 5.1.14 E.

          “Dit was ŉ geskikte manier om die ys te breek.” In hierdie konteks beteken die
          uitdrukking “om die ys te breek”, om …

          A       ys in stukkies te breek.
          B       iets gevaarliks te doen.
          C       ongemaklik te voel.
          D       ŉ moeilike situasie op te los.                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1            15                         DBE/November 2015 (R)
                                               NSS

5.2       TEKS G

          •     Die taalvrae wat volg, is op die gesprek hieronder gebaseer.
          •     Opsetlike taalfoute kom voor.
          •     Voer die instruksies by elke vraag uit.

                                          [Verwerk uit Huisgenoot, 4 September 2014]

Rosslyn Bernard, die kassiere, praat met mev. Emily Jones wat die winkel vir die
eerste keer besoek.

Rosslyn: Goeiemôre, Mevrou. Is dit die
         eerste keer dat (5.2.1) (u/jy) ons            5.2.1    Kies die korrekte
         winkel besoek?                                         VOORNAAMWOORD.                     (1)
Emily:        Ja, ek moet (5.2.2) (erken/herken)       5.2.2    Kies die korrekte
              ek voel nog baie vreemd hier.                     WERKWOORD.                         (1)
Rosslyn: Mevrou, ons winkel se goedkoop
         (5.2.3) (pryse/koste) sal                     5.2.3    Kies die korrekte
         enigiemand laat tuis voel.                             SELFSTANDIGE
                                                                NAAMWOORD.                         (1)
Emily:        Ek stem saam. Jy weet, deesdae
              is (5.2.4) (suiker, tee, meel,           5.2.4    Gee EEN woord vir die
              tamatiesous en rys) vreeslik duur,                woorde tussen hakies.              (1)
              maar ŉ mens moet eet.
              (5.2.5) (Die meer ek probeer             5.2.5    Verbeter die sin. Begin jou
              spaar, die duurder word die items.)               antwoord só: Hoe …                 (1)
Rosslyn: (5.2.6) (Ai/Aitsa) Mevrou, ek is              5.2.6    Kies die korrekte UITROEP.         (1)
         regtig jammer om dit te hoor.
                                                                                                   [20]

                                                                     TOTAAL AFDELING C:            40
                                                                         GROOTTOTAAL:              80

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans FAL P1 Feb-March 2015](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2015/9f493d24-65a0-48fa-899b-8b7fe2845793) — Afrikaans FAL · QP · 2015 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2023/7f6db4f4-3355-49ea-8d80-d260b19660e0) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2022/4a28869c-bdc7-48b3-9f29-cfa7ca31cc7d) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2021/0a323951-81e2-46a2-adbf-10a4dfc61957) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2020/4585f23b-9e1d-4535-b384-615680f91a3e) — Afrikaans FAL · QP · 2020 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2019](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2019/e47d275e-1758-490f-82cc-f901024759a5) — Afrikaans FAL · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
