# Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2016 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2016, 15 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2016/7d9df0bc-5c9f-4686-ac88-1f7b7a11c2d1
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2016/7d9df0bc-5c9f-4686-ac88-1f7b7a11c2d1)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC November Exam · 2016 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans FAL P1 Nov 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2016-memo/18db0369-fafd-460c-869e-7cac7b26056a) — Memo · 2016 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com
O

                                      GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1

                                 NOVEMBER 2016

PUNTE: 80

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1         2                       DBE/November 2016
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

          AFDELING A: Leesbegrip               (30)
          AFDELING B: Opsomming                (10)
          AFDELING C: Taal                     (40)

2.        Beantwoord AL die vrae.

3.        Begin elke afdeling op ŉ NUWE bladsy.

4.        Trek ŉ streep na elke afdeling.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Laat ŉ reël oop na ELKE antwoord.

7.        Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

8.        Beplan jou tyd só:

          AFDELING A: 50 minute
          AFDELING B: 30 minute
          AFDELING C: 40 minute

9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1        3                         DBE/November 2016
                                           NSS

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1

TYDSKRIFARTIKEL

Lees die artikel hieronder deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS A

                            EK IS RYK, MAAR SONDER VRIENDE
                                        Samantha Luiz

           Die skepper van die speletjie, Minecraft,
           het sy besigheid vir R30 biljoen verkoop,
           maar voel deesdae eensamer as ooit in sy
           lewe.

1         Die meeste mense sê Markus Persson kla met die witbrood onder die arm,
          sommer ŉ klomp witbrode onder die arm. Hy het mos in September 2014 ŉ
          enorme bedrag van Microsoft gekry. Hy het R30 biljoen in sy sak gesteek.

2         Sy “kasteelhuis” van R945 miljoen het agt slaapkamers, 15 badkamers en ŉ
          motorhuis vir 16 motors. Daar is selfs ŉ groot muur vol lekkergoedhouers 5
          waaruit sy gaste tydens wilde partytjies hulself kan help. Dis mos die lewe!
3         Tog lyk dit nie of geld vir die skepper van die gewilde speletjie, Minecraft,
          geluk of gesonde verstand kan koop nie. Markus “Notch” Persson het tydens
          'n vakansie op die eiland Ibiza getwiet sy rykdom maak hom nie gelukkiger nie
          en hy voel ongemotiveerd.                                                     10
4         “Die probleem as jy alles het, is dat jy later geen rede meer het om iets nuuts
          te wil doen nie. En omdat jy so baie het, raak jou regte vriende minder,” het hy
          aan sy 2,5 miljoen “vriende” op sosiale media verklaar. “Ek hang maar net uit
          op Ibiza saam met ŉ klomp mense en kuier saam met beroemdes. Ek kan
          doen net wat ek wil. Tog het ek nog nooit so eensaam gevoel nie,” kla hy in 15
          nog ŉ twiet. Tuis in Swede sit hy dikwels en staar na sy eie weerkaatsing in
          die rekenaarmonitor terwyl hy wag dat ander mense klaar werk.

5         Toe die mense gesê het Markus (36) is ŉ klakous, het hy teruggekap: “Aan
          die mense met regte probleme: ek is jammer vir julle dat ŉ skatryk
          programmeerder meer aandag as julle kry. Staan sterk.” Hy het ook die 20
          nuusmense gekritiseer: “Julle klomp nuuskierige nuushonde snuffel op Twitter
          en maak dan stories op.”

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          4                             DBE/November 2016
                                             NSS

6         Markus was nie altyd skatryk nie en sy kinderjare in Stockholm, Swede, was
          ook nie baie gelukkig nie. Sy pa, Birger Persson, was ŉ dwelmslaaf wat
          selfmoord gepleeg het deur homself kort voor Kersfees 2011 in die kop te 25
          skiet. Markus se kleinsus, Anna, was ook aan dwelms verslaaf en het as
          tiener van die huis af weggeloop.

7         Markus se pa het vir hom ŉ Commodore 128-rekenaar gekoop toe hy net
          sewe jaar oud was. Sy hardwerkende ma, Ritva, het sy belangstelling in
          rekenaars aangemoedig. Hy het gou ŉ talent vir kodering getoon en sy eerste 30
          rekenaarspeletjie ontwikkel toe hy agt jaar oud was.

8         Op skool het die skaam seun gesukkel om vriende te maak. En toe sy ouers
          skei toe hy 12 was, het hy al hoe meer voor die rekenaar gesit. Ritva vertel
          dat hy soms gemaak het asof hy maagpyn het – net om nie skool toe te gaan
          nie.                                                                         35

9         Maar die ure voor die rekenaar was nie verniet nie. In 2009 het hy die wêreld
          aan Minecraft bekendgestel. Dié speletjie is al op meer as 100 miljoen
          rekenaars en ander toestelle afgelaai.

10        Markus het ŉ liefde vir die duur dinge in die lewe ontwikkel. Hy het in 2012 sy
          hele personeel vir drie dae in Monte Carlo bederf. Die personeel is in privaat 40
          stralers en sportmotors vervoer en het sjampanje op ŉ groot seiljag gedrink
          en bonusse van ongeveer R40 miljoen ontvang!

11        Ongelukkig het baie geld Markus ook nie gehelp om liefde te vind nie. “Ek het
          ŉ wonderlike vrou ontmoet, maar sy was bang vir my en my leefstyl en het toe
          liewer ŉ normale mens gekies,” het hy getwiet. Markus was voorheen 45
          getroud, maar die huwelik het net ŉ jaar gehou.

12        Sy speletjies verskaf dalk vreugde aan miljoene mense wêreldwyd, maar die
          Minecraft-man is glad nie gelukkig nie.
                                                   [Verwerk uit Huisgenoot, 24 September 2015]

1.1       Na wie verwys “ek” in die opskrif van die artikel?                                        (1)

1.2       Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (1.2) en die
          antwoord (A–D) neer, byvoorbeeld 1.2 E.

          Die uitdrukking “kla met die witbrood onder die arm” beteken dat jy kla as ...

          A     jy altyd net witbrood kry om te eet.
          B     jy witbrood sonder ŉ sakkie moet dra.
          C     dit finansieel beter met ander mense as met jou gaan.
          D     dit finansieel beter met jou as met ander mense gaan.                               (1)

1.3       Watter TWEE OPEENVOLGENDE WOORDE in paragraaf 1 dui aan dat
          Markus Persson baie geld gekry het?                                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1           5                        DBE/November 2016
                                              NSS

1.4       “Sy ‘kasteelhuis’ van R945 miljoen het agt slaapkamers ...” (Paragraaf 2)

          1.4.1      Word die woord “kasteel” in “kasteelhuis” denotatief of konnotatief
                     gebruik?                                                                   (1)

          1.4.2      Verduidelik jou antwoord op VRAAG 1.4.1.                                   (1)

1.5       “Dis mos die lewe!” (Paragraaf 2)

          1.5.1      Wie se mening word hier gegee?                                             (1)

          1.5.2      Verduidelik die IRONIE in hierdie woorde. Verwys eers na die
                     betekenis van “Dis mos die lewe!” en dan na Markus se lewe.                (2)

1.6       Watter probleem het iemand soos Markus met vriende? (Paragraaf 4)                     (1)

1.7       Hoe laat die feit dat Markus se vriende bedags werk, hom voel?                        (1)

1.8       Wat beteken dit as Markus ŉ “klakous” genoem word? (Paragraaf 5)                      (1)

1.9       Waaroor kritiseer Markus Persson die joernaliste van nuuswebtuistes?
          (Paragraaf 5)                                                                         (1)

1.10      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die
          vraagnommer (1.10) en die antwoord neer.

          Die woord (nuuskierige/snuffel) versterk die negatiewe houding wat Markus
          Persson teenoor joernaliste het. (Paragraaf 5)                                        (1)

1.11      Noem TWEE dinge wat Markus se pa gedoen het wat Markus ongelukkig
          gemaak het.                                                                           (2)

1.12      Waaruit kan ons aflei dat Markus se suster waarskynlik ook ongelukkig in
          hulle ouerhuis was?                                                                   (1)

1.13      Hoe het die volgende mense tot Markus se sukses bygedra:

          1.13.1     Markus se pa                                                               (1)

          1.13.2     Markus se ma                                                               (1)

1.14      Markus het op skool gesukkel om maats te maak.

          Watter karaktereienskap van Markus was moontlik die rede hiervoor? Haal
          EEN woord uit paragraaf 8 as antwoord aan.                                            (1)

1.15      Markus is ŉ mens wat maklik gee.

          Motiveer hierdie stelling met TWEE voorbeelde uit die teks.                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1            6                              DBE/November 2016
                                               NSS

1.16      Idioom A en B hieronder verwys na GELD.

          A.    Geld wat stom is, maak reg wat krom is.

          B.    Hy maak geld soos bossies.

          1.16.1     Met watter idioom sal Markus dalk NIE saamstem NIE?                               (1)

          1.16.2     Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.16.1.                                            (1)

1.17      “EK IS RYK, MAAR SONDER VRIENDE” (titel)

          Watter paragraaf, dink jy, verduidelik die titel die beste? Skryf net die
          vraagnommer (1.17) en die antwoord (1–12) neer, byvoorbeeld 1.17 13.                         (1)

SPOTPRENT: OM SKOTTELGOED TE WAS, IS GOED VIR STRES

Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS B

                                                                            ’N STUDIE
                                                                          BEWYS DAT OM
                                                                          SKOTTELGOED
                                                                            TE WAS, IS
                                                                            GOED VIR
                                                                              STRES.

                                                     [Verwerk uit Die Burger, 8 Oktober 2015]

1.18       Na wie verwys “julle drietjies”?                                                            (1)

1.19       Voltooi die volgende sin: Die seuntjie is ... vir sy suster.                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1            7                           DBE/November 2016
                                               NSS

1.20       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die
           vraagnommer (1.20) en die antwoord neer.

           ŉ Vrou word hier voorgestel as iemand met ŉ voorskoot aan wat ŉ wasbak vol
           skottelgoed moet was. Dit is ŉ voorbeeld van (partydigheid/stereotipering).             (1)

1.21      Die spotprent beeld konflik aan tafel uit.

          1.21.1     Wie, dink jy, het die konflik aan tafel begin?                                (1)

          1.21.2     Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.21.1.                                        (1)

1.22      Stem jy saam dat om skottelgoed te was, goed vir gesinsverhoudings is?
          Motiveer jou antwoord.                                                                   (1)
                                                                      TOTAAL AFDELING A:           30

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1           8                              DBE/November 2016
                                              NSS

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2

Lees die teks hieronder deur en voer die instruksies uit.

INSTRUKSIES

1.        Som die SEWE hoofgedagtes vir ŉ uitstaande CV in jou eie volsinne op.
2.        Skryf die hoofgedagtes PUNTSGEWYS neer.
3.        Nommer die hoofgedagtes van 1 tot 7.
4.        Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
5.        Dui die KORREKTE getal woorde aan die einde van die opsomming aan.

TEKS C

                                       'N UITSTAANDE CV

Dikwels doen verskillende mense aansoek om dieselfde pos. Daarom is dit belangrik
dat jou CV baie goed moet wees om bo die res uit te staan. Dis eerstens belangrik om
seker te maak dat jy al die noodsaaklike inligting (soos persoonlike inligting, opleiding,
vaardighede, ervaring en referente) in jou CV noem. ŉ Suksesvolle CV word
professioneel aangebied. Dit beteken dat jy jou inligting moet groepeer en skoon, wit,
ongekreukelde papier en ŉ A4-koevert moet gebruik. Onthou: jy wil hê die mense moet
ten minste jou CV lees. Wees daarom kreatief met jou CV. Voorbeelde van kreatiwiteit
is die byvoeging van ŉ gesigsfoto en die gebruik van verskillende lettertipes. As jou CV
net so ŉ bietjie anders lyk, sal mense dit wil lees. Werkgewers kry baie CV’s om te lees
en daarom moet joune kort en kragtig wees sonder irrelevante inligting. Jou CV moet
byvoorbeeld nie langer as twee A4-bladsye wees nie. Onthou: enige persoonlike of
akademiese inligting kan vandag maklik gekontroleer word. Jy mag daarom nooit in jou
CV jok nie. As enige inligting in jou CV nie waar is nie, kan jy van bedrog aangekla word
en dan kan jy ŉ kriminele rekord kry. Dit bly belangrik om in jou CV aan te dui wie
jou referente is. Voorbeelde van referente is: jou kerkleier, ŉ onderwyser of
gemeenskapsleier. ŉ Mens leer altyd nuwe vaardighede by. Jy moet dus dwarsdeur jou
lewe jou CV op datum hou.

                                                    [Verwerk uit Mail and Guardian en Die Burger]

                                                                     TOTAAL AFDELING B:               10

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1    9                        DBE/November 2016
                                       NSS

AFDELING C: TAAL

VRAAG 3: ADVERTENSIE

•   Die taalvrae wat volg, is op die advertensie hieronder gebaseer.
•   Die nommering in die advertensie verwys na die vraagnommer wat beantwoord
    moet word.

TEKS D

                                                    [Uit www.taalmonument.org.za]

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1             10                         DBE/November 2016
                                                NSS

3.1      DIE AFRIKAANSE TAALMUSEUM & -MONUMENT

         Gee die woord wat in die plek van die koppelteken in “-MONUMENT” moet
         staan.                                                                                    (1)

3.2      Kies die antwoord wat die sin KORREK sal voltooi. Skryf net die
         vraagnommer (3.2) en die antwoord (A–D) neer, byvoorbeeld 3.2 E.

         Die slagspreuk “kultuur, natuur, plesier” is effektief, want ...

         A       assonansie maak dit klankryk.
         B       dit pas by die prentjie in die advertensie.
         C       dit impliseer waaroor die vertoning handel.
         D       dit beklemtoon die belangrikheid van ŉ moedertaal.                                (1)

3.3      Watter WOORD dui aan dat 20 Februarie nie net in Suid-Afrika ŉ belangrike
         dag is nie?                                                                               (1)

3.4      Gee die OORTREFFENDE TRAP van die woord tussen hakies. Skryf net die
         vraagnommer (3.4) en die antwoord neer.

         Die (goed) produksie ooit!                                                                (1)

3.5      GRATIS!
         (braai) wors en roosterkoek

         3.5.1     Gee ŉ SINONIEM vir GRATIS.                                                      (1)

         3.5.2     Vorm ŉ VERLEDE DEELWOORD van die woord tussen hakies. Skryf
                   net die vraagnommer (3.5.2) en die antwoord neer.

                   (braai) wors                                                                    (1)

3.6      Gee die INTENSIEWE VORM van die woorde tussen hakies. Skryf net die
         vraagnommer (3.6) en die antwoord neer.

         Kaartjies verkoop (baie vinnig) uit.                                                      (1)

3.7      Vul die ontbrekende VOORNAAMWOORD in. Skryf net die vraagnommer (3.7)
         en die antwoord neer.

         Is dit nie tyd dat ... jou kaartjie koop nie?                                             (1)

3.8      Wie is die teikengroep van die opvoering Kaleidoskoop?                                    (1)

3.9      Hoekom pas die gesigsuitdrukkings van die Kaleidoskoop-groep nie by die
         woord “plesier” in die slagspreuk nie?                                                    (1)
                                                                                                   [10]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1             11                          DBE/November 2016
                                                NSS

VRAAG 4: STROKIESPRENT

•     Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent hieronder gebaseer.
•     Voer die instruksies by elke vraag uit.

TEKS E

Mama Taxi

               RAAMPIE 1                    RAAMPIE 2                       RAAMPIE 3

       Wat het jy gedoen?
       Seker weer dronk net
       soos die res van die
       buurt se inwoners.

                                           [Woorde deur Deni Brown en sketse deur Gavin Thompson]

4.1       Hoe kan ŉ mens in RAAMPIE 1 sien dat Mavis die boom hard getref het?
          Noem TWEE dinge.                                                                           (2)

4.2       Vervang die onderstreepte woord in RAAMPIE 1, sin 1 om die konstabel se
          woorde formeel te maak. Skryf net die WOORD as antwoord neer.

          Wat het jy gedoen?                                                                         (1)

4.3       Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies. Skryf net die vraagnommer
          (4.3) en die antwoord neer.

          Uit die konstabel se woorde in RAAMPIE 1 lei ons af dat hy (manipuleer/
          veralgemeen).                                                                              (1)

4.4       Watter woord in RAAMPIE 2 versterk die gedagte dat die bestuurder dronk is?
          Skryf slegs die WOORD as antwoord neer.                                                    (1)

4.5       Skryf die sin oor in die INDIREKTE REDE.

          Mavis sê: “Ek drink en bestuur nooit nie.”
          Begin so: Mavis sê dat ...                                                                 (2)

4.6       Gee die KORREKTE Afrikaanse woord vir die skuinsgedrukte woord in
          RAAMPIE 3 in die sin. Skryf net die vraagnommer (4.6) en die antwoord neer.

          Mavis sê: “Ek drink net in die pub en dan bestuur ek huis toe.”                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1           12                           DBE/November 2016
                                              NSS

4.7      Die humor in die strokiesprent lê daarin dat die konstabel en Mavis die woorde
         “drink en bestuur” verskillend verstaan.

         4.7.1       Wat beteken Mavis se woorde “drink en bestuur” vir die konstabel?
                     (RAAMPIE 2)                                                                    (1)

         4.7.2       Hoe verstaan Mavis hierdie woorde? (RAAMPIE 3)                                 (1)
                                                                                                    [10]

VRAAG 5: ARTIKEL EN PRENT

•     Die taalvrae wat volg, is op die artikel hieronder gebaseer.
•     Opsetlike taalfoute kom voor.
•     Voer die instruksies by elke vraag uit.

TEKS F

                  (5.1) WIL JY LEER OM BETER TE KOMMUNIKEER

 Daar is elke dag (5.2) (kommunikeer) tussen ons en ŉ klomp verskillende mense.
 Die manier waarop ons met ander mense kommunikeer, het ŉ invloed op ons
 menseverhoudings. (5.3) ŉ Mens moet na goie raad luister oor hoe om beter te
 kommunikeer. (5.4) Jy verbeter so jou sosiale verhoudings met ander mense.

 Dit is in die (5.5) (een) plek baie belangrik dat, as mense met mekaar kommunikeer,
 net een persoon op ŉ (5.6) (slag) praat. Moenie begin praat terwyl iemand anders
 praat nie. Die mense (5.7) (wat/wie) met jou praat, dink jy luister nie.

 Dit is altyd ŉ gevaarlike (5.8) (pad) om te stap as jy begin praat as jy kwaad of
 ontsteld is. Moenie op ander mense skree of hulle doodpraat as jy kwaad is nie.
 (5.9) Jy moet diep asemhaal. Jy raak kalm.

 (5.10) Jou lyftaal is ook baie negatief. Moenie wys jy is verveeld of haastig as
 iemand met jou praat nie.

 (5.11) Jy moet oogkontak maak as iemand anders praat. Dit is sleg as iemand jou
 nie in die oë kan (5.12) (...) as hulle met jou praat nie.

 Dit is swak maniere om te vloek as jy met iemand praat. As jy vloek, dra jy meer
 slegte inligting oor jouself oor as wat jy besef.

 Dit maak nie saak of mense ouer of (5.13) (...) as jy is nie; spreek mense altyd
 korrek aan. Só wys jy respek.

 Al die wenke kan in een wenk saamgevat word, (5.14) (naamlik) jy moet ander altyd
 net so behandel soos wat jy behandel wil word.

                                                     [Verwerk uit Huisgenoot, 28 Maart 2013]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          13                     DBE/November 2016
                                             NSS

5.1     Skryf die opskrif van die artikel oor en vul die korrekte LEESTEKEN in.
        Onderstreep die leesteken wat jy ingevul het.

        WIL JY LEER OM BETER TE KOMMUNIKEER                                             (1)

5.2     Gee ŉ SELFSTANDIGE NAAMWOORD vir die werkwoord tussen hakies. Skryf
        net die vraagnommer (5.2) en die antwoord neer.

        Daar is elke dag (kommunikeer) tussen ons en ŉ klomp verskillende mense.        (1)

5.3     Verbeter die SPELFOUT in die volgende sin. Skryf net die vraagnommer (5.3)
        en die antwoord neer.

        ŉ Mens moet na goie raad luister oor hoe om beter te kommunikeer.               (1)

5.4     Verander die STELSIN na ŉ BEVELSIN.

        Jy verbeter so jou sosiale verhoudings met ander mense.                         (1)

5.5     Gee die KORREKTE VORM van die rangtelwoord tussen hakies. Skryf net
        die vraagnommer (5.5) en die antwoord neer.

        Dit is in die (een) plek baie belangrik dat, as mense met mekaar kommunikeer,
        net een persoon op ŉ slag praat.                                              (1)

5.6     Gebruik die HOMONIEM van slag in ŉ sin sodat die betekenis duidelik blyk.       (1)

5.7     Kies die korrekte BETREKLIKE VOORNAAMWOORD uit dié tussen hakies.
        Skryf net die vraagnommer (5.7) en die antwoord neer.

        Die mense (wat/wie) met jou praat, dink jy luister nie.                         (1)

5.8     Gee die VERKLEINWOORD van die vetgedrukte woord. Skryf net die
        vraagnommer (5.8) en die antwoord neer.

        Dit is altyd ŉ gevaarlike pad om te stap.                                       (1)

5.9     Verbind die sinne met die VOEGWOORD tussen hakies.

        Jy moet diep asemhaal. Jy raak kalm. (sodat)
        Begin die sin só: Jy moet ...                                                   (1)

5.10    Skryf die sin oor in die TOEKOMENDE TYD.

        Jou lyftaal is ook baie negatief.                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1            14                               DBE/November 2016
                                               NSS

5.11    Skryf die sin oor in die INFINITIEF.

        Jy moet oogkontak maak as iemand anders praat.
        Begin die sin só: Jy behoort ...                                                               (1)

5.12    Voltooi die VASTE UITDRUKKING met die korrekte werkwoord. Skryf net die
        vraagnommer (5.12) en die antwoord neer.

        Dit is sleg as iemand jou nie in die oë kan (...) as hulle met jou praat nie.                  (1)

5.13    Gee ŉ ANTONIEM vir die vetgedrukte                        woord.       Skryf      net    die
        vraagnommer (5.13) en die antwoord neer.

        Dit maak nie saak of mense ouer of (...) as jy is nie; spreek mense altyd korrek
        aan.                                                                             (1)

5.14    Gee die AFKORTING vir die vetgedrukte                       woord.      Skryf     net    die
        vraagnommer (5.14) en die afkorting neer.

        Al die wenke kan in een wenk saamgevat word, naamlik jy moet altyd ander
        behandel net soos wat jy behandel wil word.                              (1)

5.15    Bestudeer die prent met aandag en beantwoord die vrae. Skryf net die
        vraagnommer (5.15.1–5.15.6) en die antwoord neer.

TEKS G

                                                     [Uit gallery.yopriceville.com]

        Liewe Dagboek

        My (5.15.1) (skool + loopbaan) is nou amptelik verby. Ek kan nie
        (5.15.2) (glo/belowe) dat ek nooit weer my skooltas gaan gebruik nie.
        My gunstelingvak was Geografie en daarom het my pa vir my hierdie
        (5.15.3) (aardbol/atlas), wat op die bedkassie staan, gegee. Dit laat my altyd
        (5.15.4) (...) my liefde vir hierdie vak dink. (5.15.5) My onderwyser het my altyd
        gemotiveer. Daarom wil ek ŉ (5.15.6) (graat/graad) met Geografie as hoofvak
        verwerf.

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1               15                          DBE/November 2016
                                                  NSS

        5.15.1       Vorm ŉ SAMESTELLING met die woorde tussen hakies.

                     My (skool + loopbaan) is nou amptelik verby.                              (1)

        5.15.2       Kies die korrekte WOORD tussen hakies.

                     Ek kan nie (glo/belowe) dat ek nooit weer my skooltas gaan gebruik
                     nie.                                                               (1)

        5.15.3       Kies die korrekte WOORD tussen hakies.

                     My gunstelingvak was Geografie en daarom het my pa vir my hierdie
                     (aardbol/atlas), wat op die bedkassie staan, gegee.               (1)

        5.15.4       Vul die korrekte VOORSETSEL in.

                     Dit laat my altyd (...) my liefde vir hierdie vak dink.                   (1)

        5.15.5       Skryf die ONDERWERP van die sin neer.

                     My onderwyser het my altyd gemotiveer.                                    (1)

        5.15.6       Kies die korrekte HOMOFOON van die woord uit dié tussen hakies.

                     Daarom wil ek ŉ (graat/graad) met Geografie as hoofvak verwerf.           (1)
                                                                                               [20]

                                                                       TOTAAL AFDELING C: 40
                                                                           GROOTTOTAAL: 80

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans FAL P3 Nov 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2016/177c8739-413e-4c21-a7b4-2146951106ff) — Afrikaans FAL · QP · 2016 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May June 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-may-june-2016/f8c9e363-bee8-401b-a63d-075ae6d062cc) — Afrikaans FAL · QP · 2016 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2023/7f6db4f4-3355-49ea-8d80-d260b19660e0) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2022/4a28869c-bdc7-48b3-9f29-cfa7ca31cc7d) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2021/0a323951-81e2-46a2-adbf-10a4dfc61957) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2020/4585f23b-9e1d-4535-b384-615680f91a3e) — Afrikaans FAL · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
