# Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2017 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2017, 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2017/537b00dc-d062-41ee-b62d-6aaecb2475e6
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2017/537b00dc-d062-41ee-b62d-6aaecb2475e6)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC November Exam · 2017 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans FAL P1 Nov 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2017-memo/8504caa7-7e09-421a-b18c-8a4797a23c7a) — Memo · 2017 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                        GRAAD 12

                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1

                                   NOVEMBER 2017

PUNTE: 80

TYD: 2 uur

                         Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          2                      DBE/November 2017
                                             NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

          AFDELING A: Leesbegrip             (30)
          AFDELING B: Opsomming              (10)
          AFDELING C: Taal                   (40)

2.        Beantwoord AL die vrae.

3.        Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

4.        Trek 'n streep na elke afdeling.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Laat 'n reël oop na ELKE antwoord.

7.        Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

8.        Beplan jou tyd só:

          AFDELING A: 50 minute
          AFDELING B: 20 minute
          AFDELING C: 50 minute

9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1           3                            DBE/November 2017
                                              NSS

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1: TYDSKRIFARTIKEL

Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS A

                                                    REFENTSE

                                  Besig om sy eie pad in Afrikaans oop te sing!

1                                 "Kyk of jy vir my die son kan vang
                      daar's 'n kamer in die huis waar ons die son kan hang ..."

2         Dit is die woorde uit die liedjie Sonvanger, soos gesing deur onder andere
          Theuns Jordaan en nou ook deur die nuweling, Refentse Morake. Hierdie
          talentvolle Afrikaanse musieksensasie se storie is 'n ware voelgoed-verhaal.         5
          Dit is ook 'n verhaal van sukses wat op sosiale media ontstaan het.

3         Refentse het kleintyd by sy ouma gebly en sy ouers net gedurende naweke
          gesien. Alhoewel niemand in sy familie Afrikaans kon praat nie, het sy ouers
          hom na 'n Afrikaanse laerskool gestuur. Sy ouma en ouers het hom na
          Afrikaanse liedjies van meesters soos Koos Doep en Laurika Rauch laat                10
          luister, sodat hy die taal kon leer. Só het Refentse 'n liefde vir Afrikaans
          ontwikkel.

4         Refentse was later 'n leerder aan Vereeniging Gimnasium. Hier het hy aan
          verskillende buitemuurse aktiwiteite deelgeneem. Dit het kultuur en sport
          ingesluit. Hy sê sport het hom geleer dat daar 'n stelsel móét wees                  15
          waarvolgens 'n mens werk, want dit help jou om balans te hou.

5         Op kultuurgebied het Refenste in die skool- en die streekjeugkoor gesing en
          aan verskeie kunswedstryde deelgeneem. Dis hier waar mense begin
          agterkom het dat hy baie goed kan sing.

6         Tydens sy matriekjaar het hulle skool 'n Afrikaans is Groot-produksie                20
          aangebied. Refentse was die musiekregisseur. 'n Ander wêreld het vir hom
          oopgegaan. Daar was baie uitdagings, maar Refentse was passievol oor
          hierdie taak as regisseur. Ten spyte van al die uitdagings, het hy dit geniet om
          sy medeskoliere in hierdie produksie te lei.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          4                               DBE/November 2017
                                             NSS

7         Een van die hoogtepunte van sy skoolloopbaan was toe hy tot onderhoofseun               25
          verkies is. Hy het dit glad nie verwag nie. Hy het hierdie taak ernstig
          opgeneem en onder andere 'n plan beraam om rokery by die skool uit te roei.
          Sy posisie as onderhoofseun het perfek ingepas by sy passie om mense te
          lei. Maar dit was nog nie die einde van die verrassings wat sy matriekjaar
          ingehou het nie!                                                                        30

8         Op sy sewentiende verjaarsdag was Refentse besig om in die tuin by sy
          ouerhuis in Unitapark kitaar te speel en te sing toe Cecilia Kruger toevallig
          daar verbygeloop en hom hoor sing het. Sy het haar selfoon gebruik om
          'n video-opname te maak en het vir Refentse gevra of sy dit op Facebook kon
          plaas. Refentse het ingestem, maar nooit gedink dat dit die begin van sy                35
          musiekloopbaan sou wees nie. Op daardie stadium wou hy in die Regte gaan
          studeer, by die politiek betrokke raak en president word!

9         In April 2015, net 'n paar weke nadat Refentse en sy musiek op Facebook
          geplaas is, het hy voor Spur in Oudtshoorn gestaan en sing tydens die
          Klein-Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK). Teen daardie tyd was hy reeds                  40
          bekend en baie besig om sy liedjies oral te sing. Hy moes selfs iemand as sy
          bestuurder aanstel om sy optredes te reël. Terwyl hy voor Spur gestaan en
          sing het, het Karen Zoid, bekende Afrikaanse rockster, hom ook gehoor en
          gesien. Sy het hom genooi om daardie aand saam met haar by een van haar
          konserte op te tree. Vir Refentse was Zoid 'n kunstenaar sonder gelyke.                 45
          Dit was die begin van groot dinge vir Refentse. Nadat hy saam met haar
          gesing het, het hy 'n CD-kontrak gekry, 'n musiekvideo gemaak en is hy na
          baie ander plekke uitgenooi.

10        Refentse se familie speel 'n groot rol in sy lewe. Sy ouers is sy rolmodelle.
          Hulle het hom van kleins af aangemoedig om na skool verder te studeer.                  50
          Refentse is ook baie lief vir sy ouma. Hy sê dat hy by haar twee belangrike
          lesse geleer het, naamlik om altyd hard te werk en nooit te dink dat jy beter as
          ander mense is nie. Met elfjarige tweelingboeties en 'n sesjarige sussie in die
          gesin, het hy geleer dat alles nie altyd net om hóm draai nie. Hy maak egter
          nie 'n geheim daarvan dat sy kleinsus sy hart se punt is nie.                           55

11        Refentse se bewonderaars hang aan sy lippe. Almal is mal oor sy mooi stem
          en mooi Afrikaans. Maar hy wil nie net mooi liedjies vir sy aanhangers sing
          nie. Hy hoop dat mense deur sy musiek van hulle verskille sal vergeet. "As
          almal net eg Suid-Afrikaans is, sal daar nie verskille wees nie," glo Refentse.

                                               [Verwerk uit Finesse, Volume 1, Uitgawe 4, 2016]

LET WEL:
• Beantwoord AL die vrae.
• Skryf net die vraagnommer en die antwoord neer.

1.1       Refentse sing verskillende bekende Suid-Afrikaanse treffers. Noem EEN van
          hierdie treffers wat in die leesstuk genoem word.                                           (1)

1.2       Watter TWEE dinge het Refentse se ouers en ouma gedoen om hom vir
          Afrikaans lief te maak?                                                                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1            5                        DBE/November 2017
                                               NSS

1.3       Aan watter skool het Refentse gematrikuleer?                                          (1)

1.4       Wat het Refentse beplan om ná skool te gaan studeer?                                  (1)

1.5       Waaruit kan ons aflei dat Refentse 'n gebalanseerde skoolloopbaan gehad
          het?                                                                                  (1)

1.6       Waarom was dit vir Refentse lekker om die regisseur van sy skool se
          Afrikaans is Groot-produksie te wees? Lei jou antwoord uit paragraaf 6 af.            (1)

1.7       Watter karaktereienskap het van Refentse 'n goeie onderhoofseun gemaak?               (1)

1.8       Watter musiekinstrument bespeel Refentse?                                             (1)

1.9       Cecilia Kruger het beplan om daardie dag na Refentse te gaan luister.

          Watter woord in paragraaf 8 maak die stelling hierbo ONWAAR?                          (1)

1.10      Waarom kan ons sê dat Cecilia Kruger reg opgetree het met die verspreiding
          van die opname van Refentse se musiek?                                                (1)

1.11      Waarom was dit vir Refentse nodig om 'n bestuurder te kry?                            (1)

1.12      Refentse se groot deurbraak as sanger het in April 2015 gekom.

          1.12.1      Tydens watter jaarlikse geleentheid is Refentse werklik aan die
                      Suid-Afrikaanse publiek bekendgestel?                                     (1)

          1.12.2      Waarom word Refentse se optrede saam met Karen Zoid beskou
                      as die begin van groot dinge vir hom as sanger? Gee TWEE redes.           (2)

1.13      Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (1.13) en die
          antwoord (A–D) neer, byvoorbeeld 1.13 E.

          Refentse beskou Karen Zoid as 'n "kunstenaar sonder gelyke". (Reël 45)

          Hieruit kan ons aflei dat hy dink dat ...

          A     geen ander kunstenaar so goed soos Karen Zoid is nie.
          B     die ander kunstenaars hom ook soos Karen Zoid sou help.
          C     geen ander kunstenaar so baie geld soos Karen Zoid maak nie.
          D     die ander kunstenaars hulle sukses aan Karen Zoid te danke het.                 (1)

1.14      Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies. Skryf net die
          vraagnommer (1.14) en die antwoord neer.

          Refentse se ouma het vir hom geleer dat 'n mens jouself nooit hoër as ander
          moet ag nie. Sy het hom dus geleer om (idealisties/nederig) te wees.                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          6                            DBE/November 2017
                                             NSS

1.15      Refentse erken dat sy sesjarige sussie sy "hart se punt" is. (Paragraaf 10)

          1.15.1      Word die uitdrukking "hart se punt" hier denotatief of konnotatief
                      gebruik?                                                                    (1)

          1.15.2      Verduidelik jou antwoord op VRAAG 1.15.1 deur na die betekenis
                      van "hart se punt" te verwys.                                               (1)

1.16      Refentse se sangloopbaan het vinnig ontwikkel.

          1.16.1      Noem EEN manier waarop die skool dit vir leerders soos Refentse
                      moontlik gemaak het om hulle sangtalent te ontwikkel.                       (1)

          1.16.2      Hoe, dink jy, het sosiale media sy sangloopbaan aangehelp?                  (1)

1.17      Waarom, dink jy, sou dit verstandig van Refentse wees om nog steeds verder
          te gaan studeer al is hy 'n suksesvolle sanger?                                         (1)

1.18      Refentse hoop dat musiek as 'n universele taal verskillende kulture bymekaar
          kan bring.

          Watter SIN in paragraaf 11 impliseer hierdie stelling? Skryf die SIN neer.              (1)

1.19      Hoe help die subopskrif van hierdie teks die leser?                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1        7                             DBE/November 2017
                                           NSS

GRAFIEK

TEKS B

Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Die grafiek hieronder dui die verskille in kospryse in Mei 2016 en Mei 2017 aan.

                                                              [Verwerk uit www.grafika24.co.za]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1         8                           DBE/November 2017
                                            NSS

1.20      Waarom verskyn die simbool vir koeldrank ook in die eerste inskrywing van
          die grafiek?                                                                           (1)

1.21      Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (1.21) en die
          antwoord (A–D) neer, byvoorbeeld 1.21 E.

          Dit is goed dat die prys van brood en graanprodukte nie baie gestyg het nie,
          want ...

          A     boere het nie baie graan geproduseer nie.
          B     die styging in broodpryse laat groentepryse styg.
          C     baie mense kan net brood en graanprodukte bekostig.
          D     as dit duurder word om brood te verskaf, verloor mense hulle werk.               (1)

1.22      Kyk op die grafiek hoe suiwelprodukte en vrugte se pryse in een jaar gestyg
          het.

          Watter ooreenkoms sien jy raak?                                                        (1)

1.23      Watter kos word deur die volgende simbool voorgestel?

                                                                                                 (1)

1.24      Hoe dui die grafiek visueel aan dat die prys van groente gedaal het?                   (1)

1.25      Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies. Skryf net die
          vraagnommer (1.25) en die antwoord neer.

          Die prys van lekkergoed en poeding wat gestyg het, hoef nie die meeste
          Suid-Afrikaanse huishoudings negatief te beïnvloed nie.

          Die rede hiervoor is dat lekkers en poeding (nie 'n noodsaaklikheid is nie/
          nie Suid-Afrikaners se gunstelingkossoort is nie).                                     (1)

                                                               TOTAAL AFDELING A:                30

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1         9                               DBE/November 2017
                                            NSS

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2

Lees die teks hieronder deur en voer die instruksies uit.

INSTRUKSIES

1.    Som die SEWE redes hoekom 'n brugjaar goed is, in jou EIE VOLSINNE op.
2.    Skryf die redes puntsgewys neer.
3.    Skryf slegs EEN rede per sin neer.
4.    Nommer die redes van 1 tot 7.
5.    Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
6.    Dui die korrekte getal woorde aan die einde van die opsomming aan.

TEKS C

                             HOEKOM 'N BRUGJAAR GOED IS

Jy is agtien jaar oud. Geen universiteit het jou aansoek aanvaar nie. Dan is dit dalk
'n goeie idee om aan 'n brugjaar te dink.

'n Brugjaar gee jongmense eerstens die kans om 'n blaaskans te neem ná twaalf jaar
op skool. As jy eers begin werk, gaan jy nooit weer die kans kry om so avontuurlustig,
selfs waaghalsig, te reis en te leef soos tydens jou brugjaar nie. Dit is 'n kans om
'n bietjie te waag en nuwe avonture te ervaar. Vir 'n jongmens is dit maklik om in
'n partytjieleefstyl vasgevang te word. As jy egter eers meer van die wêreld ervaar het,
verstaan jy beter waaroor die lewe gaan. Dan sal jy byvoorbeeld besef dit hoef nie
'n prioriteit te wees om elke partytjie by te woon nie.

Studente skryf dikwels in vir 'n kursus en verander later na iets heeltemal anders.
Dit kan baie duur wees. 'n Brugjaar kan jou help om seker te maak wat jy wil studeer
voor jy jou tyd en geld belê. 'n Studie aan universiteite in Amerika het getoon dat die
punte van studente wat 'n brugjaar gehad het, gemiddeld 6% beter as dié van die res
is. 'n Brugjaar kan dus beter resultate beteken. Jy kan ook 'n interessante werk in jou
brugjaar doen. Dit is die ideale geleentheid om nuwe vaardighede aan te leer. Jong
gegradueerdes wat werk soek, het min of geen werkservaring nie. As jy tydens jou
brugjaar werk, lyk dit goed op jou CV. Ten slotte sal dit ook vir werkgewers wys dat jy
nie bang is om te werk nie.

                                                    [Verwerk uit Huisgenoot, 5 Februarie 2015]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:                  10

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1           10                            DBE/November 2017
                                              NSS

AFDELING C: TAAL

VRAAG 3: ADVERTENSIE

•     Die taalvrae wat volg, is op die advertensie hieronder gebaseer.
•     Die nommering in die advertensie verwys na die nommer van die vraag wat
      beantwoord moet word.
•     Daar kan opsetlike foute in die advertensie wees.

TEKS D

                                                             [Verwerk uit 2016 My Race Magazine]

3.1       Wat is die konnotatiewe betekenis van "Ek het 'n voëltjie hoor fluit ..."?                 (1)

3.2       Waarna verwys die "Tsh" in TshWi-Fi?                                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          11                          DBE/November 2017
                                             NSS

3.3       Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer (3.3) en die
          letter (A–D) neer, byvoorbeeld 3.3 E.

          Met die vreemde spelling van "Jammerrr" wil die adverteerder ...

          A     aandui dat Wi-Fi altyd gratis is.
          B     met die mense in Tshwane simpatiseer.
          C     die ander inwoners van Suid-Afrika stereotipeer.
          D     beklemtoon dat hierdie diens slegs vir Tshwane is.                                (1)

3.4       Gee die INTENSIEWE VORM van die woord tussen hakies.

          'n (Warm) netwerk ...                                                                   (1)

3.5       By watter EEN woord in die advertensie sluit die prentjie hieronder aan?

                                                                                                  (1)

3.6       Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies. Skryf net die
          vraagnommer (3.6) en die antwoord neer.

          "gratis gesels" is 'n voorbeeld van (assonansie/alliterasie).                           (1)

3.7       Gee die korrekte vorm van die BYVOEGLIKE NAAMWOORD tussen hakies.

          Dit is (vinnig) as gewone Wi-Fi.                                                        (1)

3.8       Vul die ontbrekende LIDWOORD in.

          Laai die gratis toep af vir … naaste TshWi-Fi-Internetsone.                             (1)

3.9       Hoe kan 'n mens aan die drie mans se lyftaal sien dat hulle die TshWi-Fi
          geniet?                                                                                 (1)

3.10      Kies die KORREKTE woorde uit dié tussen hakies. Skryf net die
          vraagnommer (3.10) en die antwoord neer.

          Die logo van Tshwane simboliseer dat die stad (altyd beter wil doen/
          Wi-Fi het).                                                                             (1)
                                                                                                  [10]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1           12                            DBE/November 2017
                                              NSS

VRAAG 4: STROKIESPRENT

•     Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent hieronder gebaseer.
•     Voer die instruksies by elke vraag uit.

TEKS E

                                                               [Verwerk uit www.thecomicstrips.com]

4.1        Voltooi die sin met die korrekte SELFSTANDIGE NAAMWOORD.

           Die ma is besig om met een vinger op haar ... te werk.                                    (1)

4.2        Gee EEN voorbeeld van KLANKNABOOTSING in die strokiesprent.                               (1)

4.3        Waaruit kan ons aflei dat die ma en haar dogter moontlik in die kombuis sit?              (1)

4.4        Gee 'n BETER AFRIKAANSE woord vir die slengwoord "cool" in RAAMPIE 1.                     (1)

4.5        Wat is die funksie van die musieknote in RAAMPIE 2?                                       (1)

4.6        Hoe kan jy in RAAMPIE 4 sien dat die ma onseker is oor wat sy moet doen?                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1           13                          DBE/November 2017
                                              NSS

4.7       Skryf die sin wat die ma in RAAMPIE 5 vir die dogter vra in die DIREKTE
          REDE.

          Die ma vra vir die dogter of sy dit nie vir haar wil doen nie.

          Begin die sin só: Die ma vra vir die dogter: ...                                        (1)

4.8       Die humor van die strokiesprent kom in RAAMPIE 6 na vore.

          4.8.1       Watter waarheid ontdek die leser omtrent die ma in RAAMPIE 6?               (1)

          4.8.2       Hoekom, dink jy, wil die boetie graag die sussie se assistent wees?
                      (RAAMPIE 6)                                                                 (1)

4.9       Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (4.9) en die
          letter (A–D) neer, byvoorbeeld 4.9 E.

          Die glimlag op die meisie se gesig in RAAMPIE 6 wys hoe … sy is.

          A       tevrede
          B       ontsteld
          C       hartseer
          D       verbaas                                                                         (1)
                                                                                                  [10]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          14                             DBE/November 2017
                                             NSS

VRAAG 5: LEESTEKS EN PRENT

•   Die taalvrae wat volg, is op die artikel (TEKS F) en die prent (TEKS G) gebaseer.
•   Die nommering in die artikel verwys na die vraagnommer wat beantwoord moet
    word.

TEKS F

            BRAAIVLEIS VIR DIE REËNBOOGNASIE BY MZOLI'S PLACE

Mzoli Ngcawuzeli het gedroom van 'n (5.1.1) (eetplek) waar Suid-Afrikaners van alle
kulture bymekaar kan kom. Dit moes 'n plek wees waar mense (5.1.2) (lekker) kos,
dans en musiek kan geniet.

Twintig (5.1.3) (jaar/jare) gelede het Mzoli hierdie droom bewaarheid. Vandag is
Mzoli's Place in Gugulethu 'n gewilde eetplek wat (5.1.4) (deur) baie toeriste en
plaaslike mense van alle rasse besoek word. Dit bied ook werk aan 35 werknemers.

Die (5.1.5) (toegang+fooi) om die eetplek te mag binnegaan, is nie te veel nie. Teen
net R20 (5.1.6) ... persoon, kan baie mense dit betaal. Van (oud) tot (5.1.7) ... staan
die mense in lang toue vir kos en wag. In die agtergrond speel (5.1.8) (vrolik) musiek.
Hier en daar is mense besig om (5.1.9) (foto) te neem.

Die mengsel van rook en vleisgeur vul die lug naby die groot tent. (5.1.10) Die vleis
word sommer op die sypaadjie gebraai. Daar is nie genoeg plek in die tent nie.
(5.1.11) Groot stukke gebraaide skaap- en beesvleis word saam met pap wors en
tjakalaka bedien.

Mense vra gereeld vir Mzoli wat die (5.1.12) (spyskaart/resep) vir Mzoli's Place se
sukses is. Dan antwoord hy eenvoudig: "Goeie vleis, 'n wenner-tjakalaka, 'n veilige
kuierplek vir my klante en hartlike gasvryheid." Mzoli is nou 64 en hy glo dat hy
(5.1.13) ... doel bereik het.

Suid-Afrika se leuse is: "!ke e: /xarra //ke." Dit beteken dat mense wat verskillend is,
saamkom. (5.1.14) Mzoli kry beslis volpunte hiervoor!

                                           [Verwerk uit www.netwerk24.com, 21 September 2016]

5.1.1     Gee die VERKLEINWOORD van die woord tussen hakies.

          Mzoli het gedroom van 'n (5.1.1) (eetplek) vir alle rasse.                                 (1)

5.1.2     Gee 'n SINONIEM vir die woord tussen hakies.

          Dit moes 'n plek wees waar mense (lekker) kos, dans en musiek kan geniet.                  (1)

5.1.3     Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies.

          Twintig (jaar/jare) gelede het Mzoli hierdie droom bewaarheid.                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1           15                          DBE/November 2017
                                              NSS

5.1.4     Gebruik die HOMONIEM van deur in 'n sin sodat die betekenis duidelik is.                (1)

5.1.5     Vorm 'n SAMESTELLING met die woorde tussen hakies.

          Die (toegang+fooi) om die eetplek te mag binnegaan, is nie veel nie.                    (1)

5.1.6     Vul die korrekte VOORSETSEL in.

          Teen net R20 ... persoon, kan baie mense dit betaal.                                    (1)

5.1.7     Gee die ANTONIEM van die woord tussen hakies.

          Van (oud) tot ... staan die mense in lang toue vir kos en wag.                          (1)

5.1.8     Gee die korrekte vorm van die BYVOEGLIKE NAAMWOORD tussen hakies.

          In die agtergrond speel (vrolik) musiek.                                                (1)

5.1.9     Gee die MEERVOUD van die woord tussen hakies.

          Hier en daar is mense besig om (foto) te neem.                                          (1)

5.1.10    Verbind die sinne met die VOEGWOORD tussen hakies.

          Die vleis word sommer op die sypaadjie gebraai. Daar is nie genoeg plek in
          die tent nie. (omdat)                                                                   (1)

5.1.11    Vul die ontbrekende LEESTEKEN in. Skryf die sinsgedeelte oor en
          onderstreep die leesteken.

          ... word saam met pap wors en tjakalaka bedien.                                         (1)

5.1.12    Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies.

          Mense vra gereeld vir Mzoli wat die (spyskaart/resep) vir sy sukses is.                 (1)

5.1.13    Vul die ontbrekende VOORNAAMWOORD in.

          Mzoli is nou 64 en hy glo dat hy ... doel bereik het.                                   (1)

5.1.14    HERSKRYF die sin hieronder en begin met die vetgedrukte woord.

          Mzoli kry beslis volpunte hiervoor!

          Begin die sin só: Hiervoor ...                                                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1              16                         DBE/November 2017
                                                 NSS

TEKS G

                                       [Verwerk uit www.googleimages.com]

5.2.1     Gee EEN WOORD vir die woorde tussen hakies.

          Elke leerder moet die regte (penne, kleurkryte, 'n liniaal en 'n uitveër) hê.          (1)

5.2.2     Skryf die sin in die LYDENDE VORM.

          Die leerders het die prente ingekleur.                                                 (1)

5.2.3     Gee die KORREKTE AFRIKAANS vir die woord tussen hakies.

          Die leerder knip die prent met 'n (scissors) uit sodat hy dit in sy boek kan plak.     (1)

5.2.4     Skryf die sin in die INFINITIEF oor.

          Leerders plak die prente met Pritt in.

          Begin die sin só: Leerders gebruik Pritt (die prente inplak).                          (1)

5.2.5     Kies die korrekte SPELLING van die woord tussen hakies.

          Die leerder skryf met 'n (potloot/potlood).                                            (1)

5.2.6     Skryf die sin in die VERLEDE TYD.

          Die leerders dra groot rugsakke.                                                       (1)
                                                                                                 [20]

                                                                      TOTAAL AFDELING C:         40
                                                                          GROOTTOTAAL:           80

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans FAL P2 Nov 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2017/ee064d8b-979d-4573-8a64-e27394400145) — Afrikaans FAL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2017/5782bb5b-ab41-4575-8d08-8b050f95ab0b) — Afrikaans FAL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2023/7f6db4f4-3355-49ea-8d80-d260b19660e0) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2022/4a28869c-bdc7-48b3-9f29-cfa7ca31cc7d) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2021/0a323951-81e2-46a2-adbf-10a4dfc61957) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2020/4585f23b-9e1d-4535-b384-615680f91a3e) — Afrikaans FAL · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
