# Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2018 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2018, 14 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2018/d825a943-d0aa-4879-b253-a52f02167594
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2018/d825a943-d0aa-4879-b253-a52f02167594)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC November Exam · 2018 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com
                                            2

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                       GRAAD 12

                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1

                                   NOVEMBER 2018

PUNTE: 80

TYD: 2 uur

                         Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          2                      DBE/November 2018
                                             NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

          AFDELING A: Leesbegrip               (30)
          AFDELING B: Opsomming                (10)
          AFDELING C: Taal                     (40)

2.        Beantwoord AL die vrae.

3.        Begin elke afdeling op 'n NUWE bladsy.

4.        Trek 'n streep na elke afdeling.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Laat 'n reël oop na ELKE antwoord.

7.        Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

8.        Beplan jou tyd só:

          AFDELING A: 50 minute
          AFDELING B: 30 minute
          AFDELING C: 40 minute

9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1        3                                DBE/November 2018
                                           NSS

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1: TYDSKRIFARTIKEL

Lees die tydskrifartikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS A

                                       HUGH MASEKELA
          "My grootste obsessie is om vir die mense van Afrika en die wêreld te wys
                    wie die mense van Afrika regtig is." – Hugh Masekela

                                              [Bron: albertonrecord.co.za]

1         Hugh Ramapolo Masekela is op 4 April 1939 op Witbank in Mpumalanga
          gebore. Sy pa was 'n beeldhouer en sy ma was 'n maatskaplike werkster. Hugh
          het egter by sy ouma grootgeword. Toe hy 14 jaar oud was, het hy die film
          Young Man with a Horn gesien. Dit het hom gemotiveer om te begin trompet
          speel. As kind het hy toe reeds daarvan gehou om te sing en klavier te speel. 5

2         Aartsbiskop Trevor Huddlestone het vir Hugh sy eerste trompet gegee en gereël
          dat hy trompetlesse neem. Hugh het dié instrument sommer gou baasgeraak.
          Sy vriende het toe ook begin belangstel om musiekinstrumente te speel en dit
          het gelei tot die begin van Suid-Afrika se eerste jeugorkes, die Huddlestone
          Jazz-orkes.                                                                   10

3         Hugh was aan die begin van 1959 deel van die orkes vir die musiekblyspel King
          Kong. Dit was een van Suid-Afrika se suksesvolste musiekvertonings en vir 'n
          jaar lank was elke vertoning uitverkoop. Miriam Makeba het die vroulike hoofrol
          gespeel. Hugh en Miriam is later getroud, maar hulle huwelik het net twee jaar
          geduur.                                                                         15

4         Hugh het Suid-Afrika in 1960 as gevolg van politiek verlaat. Weer was dit
          Trevor Huddlestone wat hom gehelp het – hierdie keer om die land te verlaat.
          Hugh was eers in Londen waar hy musiek studeer het. Toe ontvang hy 'n beurs
          en hy verhuis na die VSA. Daar het hy tussen 1960 en 1964 verder studeer.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1       4                           DBE/November 2018
                                          NSS

5         Hierdie jare was die goue jare vir jazzmusiek regoor die wêreld. Jazzmeester 20
          Louis Armstrong het vir Hugh aangemoedig om nie Amerikaanse jazz te speel
          nie, maar om sy eie unieke styl – eie aan Afrika – te ontwikkel. Dit was goeie
          raad, want sy debuutalbum Trumpet Africane (1963) was 'n groot sukses.
          Vyf jaar later, in 1968, het hy die nommer 1-posisie op die Amerikaanse
          treffersparade met sy solosnit Grazing in the Grass behaal. Meer as 4 miljoen 25
          kopieë is wêreldwyd verkoop. Dit het van Hugh Masekela 'n internasionale ster
          gemaak.

6         Hugh se trompetspel en sy passie vir musiek het mense wat lief was vir jazz,
          regoor die wêreld na sy konserte laat stroom. In Suid-Afrika het Hugh geweier
          om meer as 'n minimale toegangsfooi vir sy konserte te vra. Hy wou hê elke 30
          Suid-Afrikaner moes sy vertonings kon bywoon.

7         Hugh was 'n man met baie talente. Buiten trompet kon hy ook tromboon speel.
          Hy was onder andere deel van die span wat die musiek vir Sarafina geskryf het
          en hy was ook in die dokumentêre film Amandla. Sy groot liefde was egter altyd
          om jazzmusiek te maak en in sy loopbaan van sestig jaar het hy meer as veertig 35
          jazz-albums uitgegee. Hy was 'n mentor vir baie jong kunstenaars. Sy hart het
          warm geklop vir projekte om minderbevoorregtes te help. Hy was die direkteur
          van die Lunchbox Fund wat kos vir leerders by skole in Soweto gegee het.

8         Hugh Masekela het nie net in Suid-Afrika jazz bevorder nie. Hy het ook in
          verskeie Afrikalande gewerk. Hy het byvoorbeeld in Botswana 'n internasionale 40
          musiekskool gestig waar hy werkswinkels aangebied het. Hierdie werkswinkels
          word steeds elke jaar gehou.

9         Hugh se outobiografie, Still Grazing: The Musical Journey of Hugh Masekela, is
          in 2004 uitgegee. In hierdie boek leer ons die mens, Hugh Masekela, ken. Hy
          skryf oor sy swaarkry onder apartheid, hoe hy moes stry teen alkoholisme en sy 45
          passie vir Afrika.

10        In 2010 was Hugh saam met sy seun, Selema, in 'n reeks video's wat tydens die
          FIFA-Wêreldbekertoernooi in Suid-Afrika vertoon is. Umlando – Through My
          Father's Eyes het oor Hugh en Selema se reise deur Suid-Afrika gehandel.
          Hugh het vir sy seun die plekke gaan wys waar hy grootgeword het.             50

11        Hugh het deur die jare verskeie pryse en toekennings ontvang. Een hiervan is
          die Orde van Ikhamanga. Dit word toegeken aan 'n Suid-Afrikaanse burger wat
          op kuns-, kultuur-, of musiekgebied uitblink. Hy het ook eredoktorsgrade van
          verskeie universiteite ontvang.

12        Bra Hugh, internasionale ster en die vader van Suid-Afrikaanse jazz, is op 55
          28 Januarie 2018 oorlede. Hy het prostaatkanker gehad. Met sy dood het sy
          trompet stil geraak, maar as kunstenaar sal hy voortleef in die harte van die
          mense van Suid-Afrika.

                                                         [Verwerk uit Wikipedia, Maart 2018]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1              5                            DBE/November 2018
                                                 NSS

LET WEL:
• Beantwoord AL die vrae.
• Skryf net die vraagnommer en die antwoord neer.

1.1       Op watter dorp is Hugh Masekela gebore?                                                        (1)

1.2       Watter tipe kuns het Hugh se pa beoefen?                                                       (1)

1.3       Waarom kan die film Young Man with a Horn gesien word as die begin van
          groot dinge vir Hugh Masekela?                                                                 (1)

1.4       Na wie is Suid-Afrika se eerste jeugorkes vernoem?                                             (1)

1.5       Hugh het gesukkel om trompet te leer speel.

          Haal EEN sin uit paragraaf 2 aan om hierdie stelling ONWAAR te maak.                           (1)

1.6       Hugh Masekela het nie op sy eie sukses behaal nie.

          1.6.1      Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies.

                     Uit paragrawe 2 tot 5 lei ons af dat Trevor Huddlestone (een van die
                     persone/die enigste persoon) was wat 'n positiewe bydrae tot Hugh
                     se sukses gelewer het.                                                              (1)

          1.6.2      Motiveer jou antwoord met 'n feit of feite uit die leesstuk.                        (1)

1.7       "Hierdie jare was die goue jare vir jazzmusiek ..." (Reël 20)

          1.7.1      Watter jare vorm, volgens die leesstuk, die "goue jare" van jazz?                   (1)

          1.7.2      Wat is die figuurlike betekenis van "goue" in die aanhaling hierbo?                 (1)

1.8       Waaruit lei 'n mens af dat dit vir Hugh se musiekloopbaan goed was om na
          Louis Armstrong se raad te luister?                                                            (1)

1.9       Waarom kan 'n mens sê dat dit nooit Hugh se doel was om geld uit sy
          bewonderaars in sy eie land te maak nie?                                                       (1)

1.10      Haal TWEE agtereenvolgende woorde uit paragraaf 7 aan wat aandui dat
          Hugh Masekela verskillende dinge goed kon doen.                                                (1)

1.11      Hoe verskil Hugh se rol in die musiekblyspel King Kong van sy rol in
          Sarafina?                                                                                      (2)

1.12      Hugh Masekela het prostaatkanker gehad. Watter ander probleem het Hugh
          se gesondheid beïnvloed?                                                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1         6                          DBE/November 2018
                                            NSS

1.13      Wat beteken dit as 'n mens sê dat Hugh 'n mentor vir jong kunstenaars was?            (1)

1.14      Is die titel Umlando – Through My Father's Eyes gepas vir die reeks video's
          oor Hugh en Selema se reise deur Suid-Afrika?

          Motiveer jou antwoord.                                                                (1)

1.15      Dink jy Hugh het verdien om die Orde van Ikhamanga te ontvang?

          Motiveer jou antwoord.                                                                (1)

1.16      Die skrywer sê dat Hugh Masekela ná sy dood in die harte van mense sal bly
          voortleef.

          Wat kan Suid-Afrikaners doen om seker te maak dat Hugh nie vergeet
          word nie?                                                                             (1)

1.17      Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (1.17) neer.

          Uit paragraaf 11 kan ons aflei dat Hugh Masekela se goeie werk in SA ... is.

          A     erken
          B     vergeet
          C     vergoed
          D     gekritiseer                                                                     (1)

1.18      Hugh Masekela se lewe was vol hoogtepunte.

          Kies 'n gebeurtenis in KOLOM B wat by die datum in KOLOM A pas.
          Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.18.1 tot 1.18.3) neer,
          bv. 1.18.4 F.

                  KOLOM A                               KOLOM B
           1.18.1 1959                  A     Hugh se boek oor sy eie lewe verskyn.

           1.18.2     1963              B     Hugh gaan in Londen studeer.

           1.18.3     2004              C     Hugh se eerste album word vrygestel.

                                        D     Hugh is deel van 'n baie suksesvolle
                                              musiekblyspel.
                                                                                 (3 x 1)        (3)

1.19      Lees weer die subopskrif.

          Het Hugh Masekela aan hierdie woorde getrou gebly?

          Motiveer jou antwoord.                                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1        7                             DBE/November 2018
                                           NSS

SPOTPRENT

Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS B: TERUG SKOOL TOE

                                                    [Verwerk uit Die Burger, 17 Januarie 2018]

1.20      Wat bedoel die seuntjie as hy sê dat hulle eerste skooldag nie juis 'n groot
          tranedal agterlaat nie?                                                                 (1)

1.21      Op watter TWEE maniere versterk die ma die seuntjie se woorde?                          (2)

1.22      Gee EEN rede waarom ons kan sê dat hierdie kinders heel moontlik nie hulle
          dae voor die TV omsit nie.                                                              (1)

1.23      Die kinders se pa voel nie soos die ma oor die kinders se eerste skooldag
          nie.

          Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is.                                                   (1)

1.24      Is dit korrek om die afleiding uit die spotprent hierbo te maak dat kinders
          gewoonlik na die begin van 'n nuwe skoolkwartaal uitsien?

          Motiveer jou antwoord.                                                                  (1)

                                                               TOTAAL AFDELING A:                 30
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1         8                             DBE/November 2018
                                            NSS

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2

Lees die teks hieronder deur en voer die instruksies uit.

INSTRUKSIES

1.     Som die SEWE dinge wat jy moet doen om 'n gemeenskapstuin te begin, in
       jou EIE VOLSINNE op.
2.     Skryf die hoofgedagtes puntsgewys neer.
3.     Nommer die hoofgedagtes van 1 tot 7.
4.     Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
5.     Dui die korrekte getal woorde aan die einde van die opsomming aan.

TEKS C

                GEMEENSKAPSTUINE: GROENTE VIR 'N GOEIE DOEL

Daar is baie mense wat deesdae sonder werk is en honger ly. Jy kan iets aan hierdie
probleem doen. 'n Groentetuin kan help om vir mense werk te gee en om die
gemeenskap van kos te voorsien. Hier is 'n paar wenke om mense te help om
groentetuine te begin.

As almal in die gemeenskap weet wat aangaan, sal hulle met mekaar saamwerk.
Vertel dus vir almal wat jy beplan. Kies 'n komitee wat die tuin sal beplan en bestuur.
Hierdie komitee moet besluit wat geplant gaan word en wie in die tuin gaan werk.

Om 'n groentetuin te begin en aan die gang te hou, is mense nodig wat sekere dinge
kan doen, bv. iemand wat water na die tuin kan aanlê. Maak 'n lys van mense in die
gemeenskap wat die verskillende take kan verrig.

Niks kan gedoen word as daar nie geld daarvoor is nie. Daarom moet 'n begroting
opgestel word om seker te maak dat daar geld vir die tuin is.

Nou kan die werk begin. Kry die beste stuk grond wat vir die tuin beskikbaar is. Begin
dan met die voorbereiding van die grond deur kompos mooi in die grond in te werk.

Die tuin moet kos aan die gemeenskap voorsien, maar dit moet ook geld maak. Dit is
dus baie belangrik dat die groentetuin bemark moet word. Dan kan mense van buite
ook die tuin ondersteun.

                                                     [Verwerk uit Weg! Platteland, Herfs 2018]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:                10

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1    9                           DBE/November 2018
                                       NSS

AFDELING C: TAAL

VRAAG 3: ADVERTENSIE

•   Die taalvrae wat volg, is op die advertensie hieronder gebaseer.
•   Die nommering in die advertensie verwys na die vraagnommer wat beantwoord
    moet word.
•   Voer die instruksie by elke vraag uit.

TEKS D

                                              [Verwerk uit Weg, Januarie 2018]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1           10                        DBE/November 2018
                                              NSS

3.1       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (3.1) neer.

          Hoe maak die adverteerder die opskrif persoonlik?

          Die adverteerder ...

          A     druk die opskrif boaan die advertensie.
          B     gebruik verskillende lettergroottes.
          C     werk met verskillende lettertipes.
          D     begin met 'n algemene vraagsin.                                                 (1)

3.2       Kies die KORREKTE VOORNAAMWOORD uit dié tussen hakies.

          Jy is dalk iemand (wat/wie) 'n vakansie nodig het.                                    (1)

3.3       Gee die INTENSIEWE VORM van die woord tussen hakies.

          'n (goedkoop) vakansie                                                                (1)

3.4       Gee die KORREKTE VORM van die woord tussen hakies.

          Ons sal selfs jou troeteldiere (welkom).                                              (1)

3.5       Hoe word die volgende sinne in die advertensie met prente voorgestel?

          3.5.1 Hoor jy vakansie?                                                               (1)

          3.5.2 Hier by ons het jy rede om van oor tot oor te glimlag.                          (1)

3.6       Watter VOORSETSEL word deur @ voorgestel?                                             (1)

3.7       Kies die KORREKTE ANTWOORD uit dié tussen hakies.

          Die S-alliterasie in die naam van die vakansieoord skep 'n gevoel van
          (ongemak/rustigheid).                                                                 (1)

3.8       Wat doen die adverteerder om die leser te                  manipuleer       om
          See-en-Sandvakansieoord te kies? Noem EEN tegniek.                                    (1)

3.9       Gee die KORREKTE VORM van die woord tussen hakies.

          Dit is 'n (rolstoelvriendelik) vakansieoord.                                          (1)
                                                                                                [10]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1                     11                                DBE/November 2018
                                                        NSS

VRAAG 4: STROKIESPRENT

•     Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent hieronder gebaseer.
•     Voer die instruksie by elke vraag uit.

TEKS E

            RAAMPIE 1                       RAAMPIE 2                              RAAMPIE 3
    Ma Hammie          En hoe doen                            Nè!                           Miskien kan jy
                                       Hy doen
    probeer sy bes     hy dit?                                                              jou kamer gaan
                                       presiés wat
    om my te                                                                                skoonmaak.
                                       ek doen!                               Hoe kan ek
    irriteer.
                                                                              hom kry om
                                                                              op te hou?

                                                                [Verwerk uit Die Burger, 8 Februarie 2018]

4.1           Skryf die dogtertjie se woorde in RAAMPIE 1 oor en vul die ontbrekende
              KOMMA op die KORREKTE plek in.                                                                      (1)

4.2           Kies 'n SINONIEM vir ''irriteer'' in RAAMPIE 1 uit die lys hieronder. Skryf net
              die vraagnommer (4.2) en die antwoord neer

                                     pla;            help;          verveel                                       (1)

4.3           Hoe word die dogtertjie se woorde in RAAMPIE 2 beklemtoon?                                          (1)

4.4           Waarom is die dogtertjie in RAAMPIE 2 se mond so groot oop?                                         (1)

4.5           Skryf die dogtertjie se woorde in RAAMPIE 3 in die INDIREKTE REDE.

              Die dogtertjie vra: "Hoe kan ek hom kry om op te hou?"                                              (1)

4.6           Wat IMPLISEER die ma se woorde in RAAMPIE 3? Noem TWEE dinge.                                       (2)

4.7           Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
              letter (A–D) langs die vraagnommer (4.7) neer.

              As die dogtertjie met haar boetie raas, sal sy sê: ...

              A      "Ophou om te doen presies wat ek doen."
              B      "Hou op om presies te doen wat ek doen."
              C      "Ophou doen presies wat ek doen."
              D      "Hou op presies te doen wat ek doen."                                                        (1)

4.8           Skryf die ma se woorde in RAAMPIE 3 as 'n BEVELSIN.                                                 (1)

4.9           Skryf 'n TUSSENWERPSEL uit die strokiesprent neer.                                                  (1)
                                                                                                                  [10]

Kopiereg voorbehou                                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          12                          DBE/November 2018
                                             NSS

VRAAG 5: ARTIKEL EN PRENT

•     Die taalvrae wat volg, is op die koerantartikel (TEKS F) en die prent (TEKS G)
      hieronder gebaseer.
•     Opsetlike taalfoute kom voor.
•     Voer die instruksie by elke vraag uit.

5.1        Lees die koerantartikel en beantwoord die vrae.

         TEKS F: KOERANTARTIKEL

                   LAERSKOOL BLOMVLEI – DIE TROTS VAN HANOVERPARK

           Hanoverpark is een van Kaapstad se woonbuurte waar daar baie probleme
           (5.1.1) (as gevolg van) bendes is. Laerskool Blomvlei lê in die middel van
           Hanoverpark en is 'n (5.1.2) (goed) voorbeeld vir ander skole. Hulle het gewys
           dat toewyding tot sukses (5.1.3) (lei).

           (5.1.4) Dawn Petersen is die afgelope tien jaar die prinsipaal van Laerskool
           Blomvlei. Voor Dawn was daar nege ander (5.1.5) (skoolhoof). Onder hulle
           leiding was die skool een van die (5.1.6) (swak) skole in die Wes-Kaap.
           Vandag is Blomvlei 'n skool waar leerders skool geniet en weet dat hulle veilig
           is.

           Dawn het aan die einde van 2017 'n toekenning vir (5.1.7) (...) uitstekende
           werk ontvang. Die leerders se veiligheid is 'n prioriteit. Wanneer daar
           probleme is, werk almal saam (5.1.8) (seker maak) dat kinders veilig tuiskom.
           Hulle het die ''lopende bus''-projek, wat beteken dat (5.1.9) (volwassenes)
           saam met die kinders huis toe stap.

           (5.1.10) (Dawn sê dat dit belangrik is dat onderwysers op gehalte-onderrig
           fokus). Die skool het onlangs 'n (5.1.11) (ou) biblioteek gekry. (5.1.12)
           (Onderwysers motiveer leerders om dit te gebruik.)

           Die mense van Hanoverpark is baie trots (5.1.13) (...) Laerskool Blomvlei.
           Hulle weet dat elkeen se bydrae en (5.1.14) (help) aan die skool waardeer
           word.
                                                               [Verwerk uit www.news24.com]

           5.1.1     Skryf die AFKORTING van die woorde tussen hakies.

                     Hanoverpark is een van Kaapstad se woonbuurte waar daar baie
                     probleme (as gevolg van) bendes is.                          (1)

           5.1.2     Gee die korrekte vorm van die BYVOEGLIKE NAAMWOORD
                     tussen hakies.

                     Laerskool Blomvlei lê in die middel van Hanoverpark en is 'n (goed)
                     voorbeeld vir ander skole.                                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1           13                          DBE/November 2018
                                              NSS

          5.1.3      Gebruik die HOMOFOON van lei in 'n sin sodat die betekenis
                     duidelik blyk.
                                                                                             (1)
                     Hulle het gewys dat toewyding tot sukses lei.

          5.1.4      Skryf die TELWOORD in die sin neer.
                     Dawn Petersen is die afgelope tien jaar die prinsipaal van
                     Laerskool Blomvlei.                                        (1)

          5.1.5      Gee die MEERVOUD van die woord tussen hakies.
                     Voor Dawn was daar nege ander (skoolhoof).                              (1)

          5.1.6      Skryf die OORTREFFENDE TRAP van die woord tussen hakies
                     neer.
                     Onder hulle leiding was die skool een van die (swak) skole in die
                     Wes-Kaap.                                                         (1)

          5.1.7      Vul die korrekte ontbrekende VOORNAAMWOORD in.
                     Dawn het aan die einde van 2017 'n toekenning vir ... uitstekende
                     werk ontvang.                                                     (1)

          5.1.8      Skryf die gedeelte tussen hakies in die INFINITIEF.
                     Wanneer daar probleme is, werk almal saam (seker maak) dat
                     kinders veilig tuiskom.                                    (1)

          5.1.9      Verdeel die woord tussen hakies in LETTERGREPE.
                     Hulle het die ''lopende bus''-projek, wat beteken dat (volwassenes)
                     saam met die kinders huis toe stap.                                 (1)

          5.1.10     Skryf die sin in die DIREKTE REDE.

                     Dawn sê dat dit belangrik is dat onderwysers op gehalte-onderrig
                     fokus.                                                           (1)

          5.1.11     Gee die ANTONIEM van die woord tussen hakies.
                     Die skool het onlangs 'n (ou) biblioteek gekry.                         (1)

          5.1.12     Skryf die sin in die LYDENDE VORM.
                     Onderwysers motiveer leerders om dit te gebruik.                        (1)

          5.1.13     Vul die ontbrekende VOORSETSEL in.

                     Die mense van Hanoverpark is baie trots ... Laerskool Blomvlei.         (1)

          5.1.14     Gee die KORREKTE VORM van die woord tussen hakies.
                     Hulle weet dat elkeen se bydrae en (help) aan die skool waardeer
                     word.                                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1              14                      DBE/November 2018
                                                 NSS

5.2       Kyk na die prent en beantwoord die vrae.

          TEKS G: PRENT

                                                                [Bron: www.nalibali.org]

          5.2.1      Kies die KORREKTE WOORD uit dié tussen hakies.

                     Hy het nie sy (klere/kleure) gebêre nie.                                 (1)

          5.2.2      Skryf die sin in die ONTKENNENDE VORM.

                     Die gordyne is toegetrek.                                                (1)

          5.2.3      Gee die VERKLEINWOORD van die woord tussen hakies.

                     Daar is 'n klein (venster) in die kamer.                                 (1)

          5.2.4      Vul die ONTBREKENDE WOORD in die sin hieronder in.

                     Daar is 'n prent van 'n musiekinstrument op die plakkaat teen die
                     muur. Hierdie musiekinstrument noem ons 'n ...                           (1)

          5.2.5      Vorm 'n SAMESTELLING van die woorde tussen hakies.

                     Die (kind + kamer) is slordig.                                           (1)

          5.2.6      VOLTOOI die sin hieronder.

                     Aan die dak hang 'n apparaat wat 'n mens koel waai. Ons noem
                     dit 'n ...                                                               (1)
                                                                                              [20]

                                                                TOTAAL AFDELING C:            40
                                                                    GROOTTOTAAL:              80

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans FAL P1 May June 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-may-june-2018/3c1e621f-9108-44e4-98be-ee8a1bf00e7e) — Afrikaans FAL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2023/7f6db4f4-3355-49ea-8d80-d260b19660e0) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2022/4a28869c-bdc7-48b3-9f29-cfa7ca31cc7d) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2021/0a323951-81e2-46a2-adbf-10a4dfc61957) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2020/4585f23b-9e1d-4535-b384-615680f91a3e) — Afrikaans FAL · QP · 2020 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2019](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2019/e47d275e-1758-490f-82cc-f901024759a5) — Afrikaans FAL · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
