# Afrikaans FAL Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the November 2024 NSC, 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2024/d520d682-ec60-44cc-9c28-aabe73cf599b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: November 2024 NSC
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2024/d520d682-ec60-44cc-9c28-aabe73cf599b)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1

                                   NOVEMBER 2024

PUNTE: 80

TYD: 2 uur

                         Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1             2                   DBE/November 2024
                                            NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.

          AFDELING A:           Leesbegrip                   (30)
          AFDELING B:           Opsomming                    (10)
          AFDELING C:           Taal                         (40)

2.        Beantwoord AL die vrae.

3.        Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

4.        Trek 'n streep na elke afdeling.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Laat 'n reël oop na ELKE antwoord.

7.        Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

8.        Beplan jou tyd só:

          AFDELING A:           50 minute
          AFDELING B:           20 minute
          AFDELING C:           50 minute

9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1        3                            DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1

Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.   Nov

TEKS A: ARTIKEL

        SUID-AFRIKA SE GOUE SEUNS EN DOGTERS MAAK DIT IN DIE WÊRELD
                        Zozi Tunzi, Siya Kolisi, Pretty Yende ...

1     Ons ken hulle. Party van hulle het oorsee gaan bly. Ander woon in Suid-Afrika.
      Maar hulle deel een ding: hulle is óns mense wat regoor die wêreld bekend is.

2     Christiaan Neethling Barnard, gebore 8 November 1922, is Suid-Afrika se
      bekendste hartchirurg. Hy het wêreldberoemd geraak toe hy in 1967 die eerste
      mens-tot-mens-hartoorplanting suksesvol in Kaapstad uitgevoer het. As gevolg              5
      van ernstige artritis in sy hande, kon hy teen 1983 nie langer as chirurg werk nie.
      In 2001 is hy na 'n asma-aanval oorlede. Sy Christiaan Barnard Stigting het baie
      arm kinders gehelp.

3     Dr. Imtiaz Sooliman is die stigter van een van die
      wêreld se bekendste humanitêre organisasies, Gift                                         10
      of the Givers. Hulle help mense wat swaarkry as
      gevolg van oorloë, vloede, aardbewings, ens. Alles
      het op 6 Augustus 1992 begin toe iemand vir
      Imtiaz gesê het dat hy 'n organisasie moet begin
      om mense van alle rasse, gelowe en politieke                                              15
      idees wêreldwyd te help. Van toe af het die
      organisasie mense regoor die wêreld al met
      R2,5 miljard gehelp. Imtiaz se kalmte, geduld en
      energie help hom om hierdie werk suksesvol te
      kan doen.                                                                                 20

4     Charlize Theron is Suid-Afrika se "meisie van Benoni''! Sy is in 1975 daar gebore
      en het op 'n plaas buite die stad grootgeword. Sy het as jongmeisie na Amerika
      verhuis om 'n loopbaan as aktrise te volg. In 2004 het Charlize die Oscar gewen
      vir haar hoofrol in die fliek, Monster.

5     Sjef Jan Hendrik van der Westhuizen het aan die                                           25
      Universiteit van Stellenbosch studeer. Terwyl hy vir
      'n kostydskrif gewerk het, het hy dikwels oorsee
      gereis. So het hy die idee gekry om
      Suid-Afrikaanse geregte soos melktert, biltong en
      mosbolletjies aan Europa se mense bekend te stel.                                         30
      Sy liefde en talent vir kosmaak kom van sy ouma
      af. Vandag besit hy die restaurant, JAN, in Nice,
      Frankryk. Hierdie restaurant het in 2016 die
      Michelin-ster ontvang. Dit is 'n baie hoë toekenning
      wat net aan die heel beste restaurante gegee word.                                        35

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1        4                             DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

6      Zozibini Tunzi is in 2019 as Mejuffrou Heelal gekroon. Met haar kort hare en mooi
       vel het sy die tradisionele idee van hoe 'n Mejuffrou Heelal behoort te lyk,
       heeltemal verander. Dis vir haar belangrik dat jong meisies hulleself deur haar
       moet sien en moet besef dat elkeen mooi is. As gevolg van Covid in 2020 het
       Zozi die Mejuffrou Heelal-kroon eintlik vir 2 jaar gedra en so op haar eie                 40
       geskiedenis gemaak.

7      Die wêreldberoemde opera-sopraan, Pretty Yende (39), het van kleins af
       kerkliedere saam met haar ouma gesing terwyl hulle kerk toe gestap het. Sy is
       die oudste van vier kinders en musiek is in hierdie kinders se bloed! Haar suster
       sing ook opera en haar twee broers werk albei as platejoggies wat musiek in                45
       klubs speel.

8      Pretty het aan die SA College of Music en die
       Universiteit van Kaapstad studeer. Sy het reeds in
       al die belangrikste operahuise ter wêreld gesing. Sy
       het verskeie pryse en ander toekennings ontvang.                                           50
       In 2013 het ons regering die Silwer Orde van
       Ikhamanga aan haar toegeken vir haar uitstekende
       werk as operasangeres én omdat sy so 'n goeie
       rolmodel vir jongmense is. 'n Baie spesiale
       hoogtepunt vir Pretty was toe sy op 6 Mei 2023 by                                          55
       Koning Charles III se kroning in Londen, Engeland
       gesing het.

9      Oktober 2023 ... Wêreldbekerrugby in Frankryk
       ... Die Springbokke wen die toernooi!
       Die kaptein ... Siyamthanda Kolisi. Hy is op                                               60
       16 Junie 1991 in Zwide, Gqeberha gebore.
       Omdat sy ouers nog baie jonk was, het sy
       ouma hom grootgemaak. Sy is dood toe Siya
       12 jaar oud was. Dit het sy lewe baie negatief
       beïnvloed. Hy is amper deur die tipiese swak                                               65
       omstandighede van armoede, geweld en
       misdaad in sy omgewing ingesluk. Maar dis
       veral rugby wat hom gehelp het om dit positief
       te hanteer. Rugby is Siya se lewe en in 2018 was hy die eerste swart
       Suid-Afrikaner wat kaptein van die Springbokke geword het. Hy het ook al vir               70
       Racing 92 in die Franse Top 14 gespeel. Siya glo nie net in ubuntu nie; hy leef dit
       uit. Deur sy Kolisi Stigting gee hy terug aan die gemeenskap.

10     Soveel individue, soveel sukses ... Suid-Afrika is trots op hierdie goue seuns en
       dogters!

                                                           [Verwerkte teks uit verskeie bronne]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1            5                         DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

LET WEL:
      Beantwoord AL die vrae.
      Skryf net die vraagnommer en die antwoord neer.

1.1       VOLTOOI die sin hieronder deur woorde uit paragraaf 1 in te vul.

          Zozi Tunzi, Siya Kolisi en Pretty Yende is mense van (1.1.1) ... wat regoor die
          wêreld (1.1.2) ... is.                                                                  (2)

1.2       Watter siekte het veroorsaak dat dr. Chris Barnard moes ophou werk?                     (1)

1.3       Watter EEN woord in paragraaf 3 sê vir ons dat Gift of the Givers 'n
          organisasie is wat mense help?                                                          (1)

1.4       In watter situasies gaan Gift of the Givers mense help? Noem TWEE.                      (2)

1.5       Vir watter fliek het Charlize Theron 'n Oscar gewen?                                    (1)

1.6       Waaruit lei ons af dat sjef Jan Hendrik trots is op Suid-Afrika se kos?                 (1)

1.7       Watter boodskap wil Zozibini Tunzi graag aan ander jong meisies oordra?                 (1)

1.8       Hoe verskil Zozi se tydperk as Mejuffrou Heelal van ander wenners se
          tydperke?                                                                               (1)

1.9       VOLTOOI die sin hieronder deur net EEN woord in te vul.

          Die (39) in paragraaf 7 verwys na hoe ... Pretty Yende is.                              (1)

1.10      '' ... musiek is in hierdie kinders se bloed!'' (Reël 44)

          1.10.1       Word hierdie woorde binne hierdie konteks LETTERLIK of
                       FIGUURLIK bedoel?                                                          (1)

          1.10.2       Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.10.1.                                     (1)

1.11      Pretty Yende het geen formele musiekopleiding gehad nie.

          Motiveer waarom hierdie stelling ONWAAR is.                                             (1)

1.12      Hoe het die Suid-Afrikaanse regering Pretty vereer?                                     (1)

1.13      Gee TWEE redes waarom Siya Kolisi se lewe as kind nie maklik was nie.                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1           6                        DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

1.14      Die mense van wie ons in hierdie teks lees, het almal baie sukses in die lewe
          behaal.

          Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die persoon in KOLOM A pas. Skryf
          net die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.14.1 tot 1.14.4) neer.

                   KOLOM A                                  KOLOM B
          1.14.1 Dr. Chris Barnard            A ontvang die hoogste erkenning vir 'n
                                                eetplek
          1.14.2 Dr. Imtiaz Sooliman
                                              B beweeg in koninklike kringe
          1.14.3 Sjef Jan Hendrik
                                              C gee vir siek mense nuwe hoop op lewe
          1.14.4 Pretty Yende
                                              D bewys dat ʹʹandersʹʹ ook mooi kan wees

                                              E maak geen onderskeid tussen mense
                                                wat hulp nodig het nie
                                                                              (4 x 1)           (4)

1.15      Lees weer paragraaf 3.

          Wat sou jy vir dr. Sooliman en sy organisasie sê as jy die kans sou kry om
          met hulle te praat?                                                                   (1)

1.16      Watter les oor keuses leer jy by Siya Kolisi?                                         (1)

1.17      ''Soveel individue, soveel sukses ...'' (Reël 73)

          Waarom is dit goed dat party van die individue van wie ons lees, erkenning
          gee aan hulle oumas?                                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1            7                         DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

TEKS B

Bestudeer die grafiese teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                         BESTEL JOU KOS AANLYN

  Waarna kyk mense wanneer hulle besluit wát en by wié hulle kos aanlyn
                            gaan bestel?
                                (2023)
  VERSKEIDENHEID               TYD              PRYS         GERIEF          AFLEWERING

         12%                  15,4%             14,5%        20,5%                8,9%

       Volg die ses stappe hieronder ... en ontvang jou kos bý jou huis!

1. Kry die app op jou foon gereed      2. Kies die eetplek   3. Bestel die kos wat jy wil hê

                     R350
                      

     4. Wag geduldig                   5. Ontvang die kos         6. Betaal vir die kos

                                                                             [Eie verwerkte teks]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1         8                          DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

1.18      Watter faktor is vir mense die belangrikste wanneer hulle kos aanlyn wil
          bestel?                                                                                (1)

1.19      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

          Wanneer daar 'n verskeidenheid is, beteken dit dat mense (elke keer
          dieselfde items moet kies/uit verskillende items kan kies).                            (1)

1.20      Wat móét jy op jou foon hê as jy kos aanlyn wil bestel?                                (1)

1.21      Kyk na die meisie wat by die eetplek werk.

          Waarom kan ons sê dat sy 'n goeie werker by hierdie eetplek is?                        (1)

1.22      Verduidelik waarom dit goeie raad is om geduldig te wees terwyl jy vir jou kos
          wag.                                                                                   (1)

1.23      Waarom kan jy 'n grafiese teks soos hierdie een makliker verstaan?                     (1)

                                                               TOTAAL AFDELING A:                30

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1         9                           DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

AFDELING B: OPSOMMING

Lees die teks hieronder en voer die instruksies uit.

VRAAG 2

Jy is amper klaar met skool. Nou moet jy aan 'n loopbaan dink.

INSTRUKSIES

1.    Som die SEWE wenke WAT JOU SAL HELP OM 'N LOOPBAAN TE KIES, in jou
      EIE VOLSINNE op.
2.    Skryf die wenke puntsgewys neer.
3.    Nommer die wenke van 1 tot 7.
4.    Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
5.    Dui die korrekte getal woorde aan die einde van die opsomming aan.

TEKS C

                         HOE KIES EK DIE REGTE LOOPBAAN?

Een van die belangrikste besluite wat jy vir jou lewe na skool moet neem, is watter
loopbaan jy gaan volg. Hier is belangrike wenke wat jou kan help om die regte besluit
te neem.

Dit is belangrik dat jy weet wat jou belangstelling is. As jy nie hou van die werk wat jy
gaan doen nie, gaan jy ongelukkig wees. Jy moet egter ook realisties wees en jou eie
vaardighede in ag neem. Wat kan jy goed doen? Jy wil tog suksesvol wees in die
loopbaan wat jy gaan volg.

'n Ander baie belangrike aspek om aan te dink, is of daar vir jou werksgeleenthede sal
wees wanneer jy met jou loopbaan begin. Baie mense het al die fout gemaak om 'n
sekere loopbaan te kies, maar kry dan nie werk nie. Hiermee saam moet jy uitvind
watter tipe opleiding nodig sal wees vir die loopbaan wat jy kies. Moet jy 'n
graadkursus volg, of is meer praktiese opleiding nodig?

Jy moet weet wat jou persoonlike doel in die lewe is. Gaan jou loopbaan jou help om
uit te kom waar jy graag wil wees? Daarom is dit belangrik om ook te kyk na die geld
wat jy gaan verdien. Jy gaan tog werk sodat jy vir jouself, en dalk vir 'n gesin, kan
sorg. Daar is baie inligting oor verskillende beroepe beskikbaar. Jy moet egter seker
maak of hierdie inligting werklik vir jou sê wat jy elke dag in jou loopbaan gaan doen.

                                                                           [Verwerkte teks]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:              10

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1        10                        DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

VRAAG 3: ADVERTENSIE

   Die taalvrae wat volg, is op die advertensie (TEKS D) hieronder gebaseer.
   Die nommering in die advertensie verwys na die nommer van die vraag wat
    beantwoord moet word.
   Voer die instruksies by elke vraag uit.

TEKS D

                                   Voel die varsheid!

                                           Voel die tevredenheid!

Aandag alle ma's:
(3.5) Goedkoop!
                                   Slegs
                                   R10!!

             Koop dit by Checkers,
            Shoprite en Pick n Pay.

    Die héél lekkerste toebroodjies vir jou (3.7) (man en kinders) ...

Vir enige navrae, klagtes of kommentaar, kontak Albany se kliëntediens.
Selnommer: 081 123 4567
E-posadres: albanybak@gmail.com
                                                                          [Verwerkte teks]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          11                         DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

3.1       Hou die teikengroep vir hierdie advertensie in gedagte.

          3.1.1       Met wie word daar dirék in hierdie advertensie gepraat?                    (1)

          3.1.2       Verduidelik waarom ons kan sê dat hierdie teikengroep 'n
                      voorbeeld van stereotipering is.                                           (1)

3.2       Watter inligting omtrent hierdie brood maak dat mense dit sal wil koop?                (1)

3.3       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

          Met hierdie duimpie           wys die adverteerder vir ons dat mense (nie 'n
          fout sal maak om dié brood te gaan koop nie/'n fout sal maak om dié brood te
          gaan koop).                                                                            (1)

3.4       Waarom, dink jy, was dit slim van die adverteerder om die foto van die
          dogtertjie te gebruik?                                                                 (1)

3.5       Gee die INTENSIEWE VORM van "goedkoop".                                                (1)

3.6       Kyk na die inligting onder die prente.

          3.6.1        Skryf VIER OPEENVOLGENDE WOORDE neer wat 'n mening is.                    (1)

          3.6.2        Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.6.1.                                     (1)

3.7       Gee EEN WOORD vir "man en kinders" binne die konteks van hierdie
          advertensie.                                                                           (1)

3.8       Waaruit kan ons aflei dat Albany graag wil weet wat mense van hulle produk
          dink? Skryf dit in jou eie woorde.                                                     (1)
                                                                                                 [10]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1            12                            DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

VRAAG 4: STROKIESPRENT

     Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent (TEKS E) hieronder gebaseer.
     Die nommering in die strokiesprent verwys na die nommer van die vraag wat
      beantwoord moet word.
     Voer die instruksies by elke vraag uit.

TEKS E

            RAAMPIE 1                       RAAMPIE 2                    RAAMPIE 3
       Hallo, Ma. (4.2)            Nee! Jý kan   Maar ... dis   Jeremy, jy is sestien jaar
     (Hier's) 'n vorm van          dit invul. Ek 'n vorm! Dit      oud. Jy sal dit kan
    die skool wat ingevul          sal teken.    is ... jóú              doen.
         moet word.                                afdeling!

           RAAMPIE 4                      RAAMPIE 5                      RAAMPIE 6
    Dit is tyd om op jou eie                                    Dit is die mooiste
         bene te staan.                                         wat jy kan skryf.

                         Oukei

                                                                  [Verwerk uit comicskingdom/zits]

4.1        In RAAMPIE 1 gee Jeremy vir sy ma 'n vorm van die skool wat ingevul moet
           word.

           Hoe kan ons sien dat Jeremy nie in die vorm belangstel nie? Noem EEN
           visuele teken.                                                                             (1)

4.2        Skryf die VERKORTING tussen hakies in RAAMPIE 1 voluit.                                    (1)

4.3        Kyk na RAAMPIE 2.

           4.3.1       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                       Jeremy se ma se reaksie op dit wat Jeremy vir haar sê, sê vir ons
                       dat sy (jammer gevoel het vir Jeremy/haar vir Jeremy vererg het).              (1)

           4.3.2       Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.3.1 deur te verduidelik wat die
                       ma doen, nie wat sy sê nie.                                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 13

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1           13                        DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

          4.3.3         Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                        Die gebruik van die ellips in Jeremy se woorde sê vir ons dat hy
                        (kwaad is vir sy ma/nie seker is wat hy moet doen nie).                  (1)

4.4       Kyk na RAAMPIE 3.

          Hoe weet ons dat Jeremy se ma nou anders teenoor hom optree?                           (1)

4.5       Kyk na RAAMPIE 4.

          Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf die letter
          (A–D) langs die vraagnommer (4.5) neer.

          Jeremy se ma sê vir hom dat hy op sy eie bene moet staan. Dit beteken dat
          hy ...

          A       meer oefening moet kry.
          B       moet leer om selfstandig te wees.
          C       min tyd het om die vorm te voltooi.
          D       moet staan sodat hy die vorm netjies kan invul.                                (1)

4.6       Hoe wys die visuele in RAAMPIE 5 dat Jeremy nie daaraan gewoond is om
          vorms in te vul nie?                                                                   (1)

4.7       Jeremy se ma se optrede in RAAMPIE 6 is ironies.

          VOLTOOI die sin hieronder:

          Jeremy se ma wil hê hy moet die vorm self invul, maar ...                              (1)

4.8       Skryf die sin hieronder oor as 'n VRAAGSIN.

          Dit is die mooiste wat jy kan skryf.                                                   (1)
                                                                                                 [10]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1            14                             DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

VRAAG 5: ARTIKEL EN PRENT

     Die taalvrae wat volg, is op die artikel (TEKS F) en prent (TEKS G) hieronder
      gebaseer.
     Die nommering in die artikel verwys na die nommer van die vraag wat beantwoord
      moet word.
     Voer die instruksies by elke vraag uit.

5.1        Lees die artikel en beantwoord die vrae.

           TEKS F: ARTIKEL

                                       DROME VIR MY BOEKKLUB

           Thandeka Mandoyi van Phillipi se (5.1.1) (liefde+projek) is die Chosi Chosi
           Boekklub vir dié township se jong kinders. Saterdae kom sowat (5.1.2) (30)
           kinders in 'n hut naby Thandeka se huis bymekaar. Dan luister hulle
           (5.1.3) (...) die stories wat sy vir hulle voorlees. (5.1.4) (Thandeka sê: ''My
           boekklub is die enigste leesplek wat die kinders het.'')

           Thandeka het in 2019 begin (5.1.5) (vir haar nefies en hulle maatjies uit 'n
           boek lees.) Hulle het dit baie (5.1.6) (verniet/geniet) en wou net meer hoor.
           (5.1.7) (Verlede jaar besluit sy om haar leeskring uit te brei.) (5.1.8) (Daar het
           so baie kinders gekom. Sy het die bure se hut as haar leeskamer ingerig.)
           Daar is 'n plank op (5.1.9) (bakstene) wat haar boekrak is en mooi prente teen
           die mure.

           Phillipi is 'n (5.1.10) (veilige) plek vir kinders. Daar is baie (5.1.11) (gangs) wat
           gereeld op mekaar skiet. (5.1.12) (Deur) die stories wat Thandeka vir die
           kinders lees, leer hulle ook van ander dinge. Dit wys vir hulle dat daar
           (5.1.13) (goed) dinge buite hulle eie wêreld is.

           Thandeka is nou op soek na 'n groter plek vir haar boekklub, meer boeke en
           nog meer kinders wat na haar stories luister.

                                                       [Verwerk uit Huisgenoot, 14 Desember 2023]

           5.1.1      Gee die korrekte SAMESTELLING van die woorde tussen hakies.

                      Thandeka Mandoyi van Phillipi se (liefde+projek) is die Chosi
                      Chosi Boekklub vir dié township se jong kinders.                                 (1)

           5.1.2      Skryf die GETAL tussen hakies as 'n woord.

                      Saterdae kom sowat (30) kinders in 'n hut naby Thandeka se huis
                      bymekaar.                                                                        (1)

           5.1.3      Vul die ontbrekende VOORSETSEL in.

                      Dan luister hulle ... die stories wat sy vir hulle voorlees.                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 15

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1             15                            DBE/November 2024
                                            NSS Vertroulik

          5.1.4       Skryf die sin in die INDIREKTE REDE. Jy moet dat in jou sin
                      gebruik.

                      Thandeka sê: ''My boekklub is die enigste leesplek wat die kinders
                      het.''                                                                          (1)

          5.1.5       Skryf die gedeelte tussen hakies in die INFINITIEF. Skryf die hele
                      sin uit.

                      Thandeka het in 2019 begin (vir haar nefies en hulle maatjies uit 'n
                      boek lees.)                                                                     (1)

          5.1.6       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                      Hulle het dit baie (verniet/geniet) en wou net meer hoor.                       (1)

          5.1.7       Skryf die sin in die VERLEDE TYD.

                      Verlede jaar besluit sy om haar leeskring uit te brei.                          (1)

          5.1.8       Verbind die twee sinne met die VOEGWOORD tussen hakies.

                      Daar het so baie kinders gekom. Sy het die bure se hut as haar
                      leeskamer ingerig. (Aangesien)                                                  (2)

          5.1.9       Verdeel die woord tussen hakies korrek in LETTERGREPE.

                      Daar is 'n plank op (bakstene) wat haar boekrak is en mooi prente
                      teen die mure.                                                                  (1)

          5.1.10      Gee die ANTONIEM van die woord tussen hakies.

                      Phillipi is 'n (veilige) plek vir kinders.                                      (1)

          5.1.11      Gee die KORREKTE Afrikaans vir "gangs".                                         (1)

          5.1.12      Gebruik die HOMONIEM van die woord tussen hakies in 'n sin
                      sodat die betekenis duidelik is.

                      (Deur) die stories wat Thandeka vir die kinders lees, leer hulle ook
                      van ander dinge.                                                                (1)

          5.1.13      Gee die VERGROTENDE TRAP van die woord tussen hakies.

                      Dit wys vir hulle dat daar (goed) dinge buite hulle eie wêreld is.              (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 16

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1           16                              DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

5.2       Kyk na die prent hieronder en beantwoord die vrae.

          TEKS G: PRENT

                                                                              [Bron: googleimages]

          5.2.1       Gee die MEERVOUD van die woord tussen hakies.

                      Die kinders se (hemp) lyk dieselfde.                                           (1)

          5.2.2       Skryf die sin in die LYDENDE VORM.

                      Die kinders gooi die gemors in sakke.                                          (1)

          5.2.3       Gee die VERLEDE DEELWOORD van die werkwoord tussen
                      hakies.

                      Die kinders gooi die (gebruik) blikkies in die sakke.                          (1)

          5.2.4       Gee die VERKLEINWOORD van die woord tussen hakies.

                      Daar is 'n lae (heining) om die parkie.                                        (1)

          5.2.5       Skryf die sin in die ONTKENNING.

                      Die kinders is al klaar met die werk.                                          (1)

          5.2.6       Skryf die sin hieronder oor in die korrekte WOORDORDE.

                      Die twee kinders werk (fluks) (in die parkie) (elke Saterdag).                 (1)
                                                                                                     [20]

                                                                   TOTAAL AFDELING C:                40
                                                                       GROOTTOTAAL:                  80

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Afrikaans FAL · Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Afrikaans FAL · Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2023/7f6db4f4-3355-49ea-8d80-d260b19660e0) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-may-june-2022/8bcbc36a-8ff9-4ba3-9090-8c832b8fda5f) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2022/4a28869c-bdc7-48b3-9f29-cfa7ca31cc7d) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2021/0a323951-81e2-46a2-adbf-10a4dfc61957) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans P2 2021 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-2021-memo/fa39593a-6800-4788-88d4-bfdf1e468aa8) — Memo · 2023 · Afr
- [Afrikaans P2 (FAL) Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-fal-memo/f7c0afe1-2da9-45cb-aa34-ddcb4bbd0ca2) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
