# Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC Supplementary 2012 QP

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the NSC Supplementary 2012, 35 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-feb-march-2012/9a708cd0-d5f6-43b2-9f50-b881292523c9
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: NSC Supplementary
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 35

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC Supplementary 2012 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-feb-march-2012/9a708cd0-d5f6-43b2-9f50-b881292523c9)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC Supplementary · 2012 · Afrikaans. Question paper, 35 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

                             FEBRUARIE/MAART 2012

PUNTE: 70

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 35 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           2                         DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                              NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.        Moenie die hele vraestel deurlees nie.

2.        Gebruik die inhoudsopgawe om jou met jou keuses te help.

3.        Die vraestel bestaan uit VIER afdelings:

          AFDELING A: Roman                    (35)
          AFDELING B: Drama                    (35)   Kies EEN vraag uit ŉ afdeling/
          AFDELING C: Kortverhale              (35)   afdelings wat jy behandel het.

          AFDELING D: Gedigte                  (35)   Kies TWEE vrae indien jy
                                                      hierdie afdeling behandel het.

4.        Lees die inhoudsopgawe op bladsy 3 en merk die vraagnommers van die
          TWEE letterkundetekste wat julle in die klas behandel het.

5.        Lees dan die vrae oor hierdie TWEE tekste wat julle gedoen het en kies die
          tipe vraag wat jy wil doen, byvoorbeeld die opstelvraag/kontekstuele vraag.

6.        Beantwoord TWEE vrae: EEN vraag uit elkeen van die TWEE afdelings wat
          julle gedoen het. Kies EEN vraag uit AFDELING A of B of C indien jy daardie
          afdeling behandel het. Indien jy AFDELING D behandel het, kies TWEE vrae
          uit daardie afdeling.

7.        Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

8.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik word.

9.        Laat ŉ reël oop na elke antwoord.

10.       Voorgestelde tydsindeling: ongeveer 60 minute per afdeling/vraag.

11.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2      3                       DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                         NSS

INHOUDSOPGAWE

Kies TWEE afdelings.

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord net EEN vraag.

VRAAG 1: Kringe in ŉ Bos                          Opstelvraag              35 punte
                                          OF
VRAAG 2: Kringe in ŉ Bos                          Kontekstuele vraag       35 punte
                                          OF
VRAAG 3: Die Ongelooflike Avonture van            Opstelvraag              35 punte
         Hanna Hoekom
                                          OF
VRAAG 4: Die Ongelooflike Avonture van            Kontekstuele vraag       35 punte
         Hanna Hoekom
                                          OF
VRAAG 5: Meeulanders                              Opstelvraag              35 punte
                                          OF
VRAAG 6: Meeulanders                              Kontekstuele vraag       35 punte
                                          OF
AFDELING B: DRAMA

Beantwoord net EEN vraag.

VRAAG 7: Poppie, Die Drama                        Opstelvraag              35 punte
                                          OF
VRAAG 8: Poppie, Die Drama                        Kontekstuele vraag       35 punte
                                          OF
VRAAG 9: Paljas                                   Opstelvraag              35 punte
                                          OF
VRAAG 10: Paljas                                  Kontekstuele vraag       35 punte
                                          OF
AFDELING C: KORTVERHALE

Beantwoord net EEN vraag.

VRAAG 11: Benedicta                               Opstelvraag              35 punte
                                          OF
VRAAG 12: Agter ŉ Baard                           Kontekstuele vraag       35 punte
                                          OF
AFDELING D: GEDIGTE

Beantwoord vrae oor enige TWEE van die gedigte.

VRAAG 13: Die hanswors                            Kontekstuele vraag       17½ punte
                                          OF
VRAAG 14: Brief                                   Kontekstuele vraag       17½ punte
                                          OF
VRAAG 15: Wie’s hy?                               Kontekstuele vraag       17½ punte
                                          OF
VRAAG 16: Thumela                                 Kontekstuele vraag       17½ punte

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          4                              DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                             NSS

AFDELING A: ROMAN

BEANTWOORD ÓF DIE OPSTELVRAAG ÓF DIE KONTEKSTUELE VRAAG.

VRAAG 1: OPSTELVRAAG

KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee

Vir Saul was dit belangrik dat die Bos en die olifante goed opgepas moes word,
daarom was hy nie populêr by sy eie mense, die Bosmense, nie.

Skryf ŉ OPSTEL (250–300 woorde) waarin jy vertel wat Saul gedoen het om te wys dat
hy omgegee het vir die Bos en die olifante. Dui ook aan hoe hy en die Bosmense van
mekaar verskil het ten opsigte van die bewaring van die Bos en die olifante. Jou opstel
moet ŉ inleiding en ŉ slot hê.

Verwys in jou opstel na:

•     Wat Saul gedoen het om die Bos te bewaar
•     Wat Saul gedoen het om die olifante te bewaar
•     Hoe Saul anders as die Bosmense gedink het oor die bewaring van die Bos en
      olifante                                                                                    [35]

                                             OF

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1          “Wat soek jý hier?”
2          “Vir jou.” Die manier waarop Maska daar gestaan het, sy ge-
3         sig, het die tyding vooruitgeloop.
4          “Is daar iets verkeerd?”
5          “Jou pa. Hy is nie meer op die aarde nie.”
                                            ***
6         Joram Barnard dood? Die Bos sonder Joram Barnard?
7         Hy het die eienaardige gevoel gekry dat een van die groot
8         kalanders in die Bos omgekap was en dat daar
9         êrens ŉ groot oopte oorbly …
10         Hy het teen Joram Barnard se hand gerebelleer, teen sy wil
11        geskop en losgebreek en geweet dis met die krag van Joram
12        Barnard wat in sy liggaam sit dat hy dit gedoen het, dat hy vry-
13        gekom het!

2.1       Waarom was Saul verbaas om Maska by Meulbos te sien?                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         5                            DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                            NSS

2.2       Maska en die Bosmense was bygelowig oor die dood.

          2.2.1       Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR?                                       (1)

          2.2.2       Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.2.1.                                     (1)

2.3       Kies die KORREKTE antwoord om die sin te voltooi. Skryf net die
          vraagnommer en die letter (A–D) neer.

          Toe Saul die tyding van sy pa se dood gekry het, was Saul besig om geld te
          verdien deur ...

          A           goud te delf.
          B           meubels te maak.
          C           hout te kap.
          D           ivoor te verkoop.                                                         (1)

2.4       Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer en die letter
          (A–D) neer.

          Saul het ŉ gevoel van ... ervaar toe hy van sy pa se dood gehoor het.

          A           verligting
          B           leegheid
          C           vrede
          D           woede                                                                     (1)

2.5       Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en
          die korrekte antwoord neer.

          ŉ Voorbeeld van hoe Saul teen sy pa gerebelleer het, was toe Saul (die
          kalander moes kap/besluit het om Oupoot te skiet).                                    (1)

2.6       Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf
          net die vraagnommer (2.6.1–2.6.4) en die antwoord neer.

           houtkapper; houtkoper; meubelmaker; wildbewaarder; slaaf; gouddelwer;
                                  diamantdelwer; middelaar

          Joram was ŉ (2.6.1) .... Hy het sy hout aan mnr. MacDonald, die (2.6.2) ...,
          gelewer. Saul het tevergeefs vir Joram probeer oortuig om ŉ (2.6.3) ... te word
          sodat Joram meer geld kon verdien. Nadat Saul sy bande met sy gesin
          verbreek het, was Maska die (2.6.4) ... wat nuus aan Saul oor die Barnards
          oorgedra het.                                                                         (4)

2.7       Joram Barnard was ŉ goeie pa vir Saul. Stem jy saam met hierdie stelling?
          Gee TWEE redes vir jou antwoord.                                                      (2)

2.8       Watter verskil tussen Saul en Jozef kon ŉ mens duidelik by Joram se
          begrafnis sien?                                                                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
 Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          6                              DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                              NSS

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 1           “Ek het dan gehoor dat jy gaat saam met die skip weg?” Die
 2         agterdog is nog daar, maar nie die kwaad nie.
 3           “Ek wil graag bly. Maar ek kan dit alleenlik doen as julle
 4         saam met my staan en my help om ŉ eie besigheid te begin –
 5         ek kan dit alleenlik doen as julle saam met my staan en my help
 6         om te red wat oor is van die Bos.”
 7           “En hulle?” vra Jozef met ŉ beweging van sy kop in die rig-
 8         ting van die tente en die huise. “Wat van hulle wat kap en mors
 9         soos hulle wil?”
 10          “Nie meer vir lank nie. Hulle is aan die oppak ... Eendag,
 11        wanneer hulle weg is, sal ek jou kinders wys hoe ŉ mens goud
 12        uitwas. Daar sal iewers ŉ bietjie weggesteek lê in die spruite.”

                                           ***
 13         “Jozef,” sê Saul moeg, “kom ons los ons dinge en ons wys vir
 14        die wêreld wat uit die Bos kan kom.”
 15         Jozef laat sak sy kop en skop, skop met sy flenterskoen se punt.
 16        “Dis nie waarom jy teruggekom het nie,” sê hy
 17        stilweg.
 18         “Nee. Ek het gekom omdat ek geweet het dit kon nie Ou-
 19        poot gewees het nie ...”

 2.9       Na wie verwys die woord “hulle”? (Reël 7)                                               (1)

 2.10      Watter soort besigheid wou Saul begin?                                                  (1)

 2.11      Watter rol sou Jozef in Saul se besigheid speel?                                        (1)

 2.12      By wie het Saul geleer om goud te delf?                                                 (1)

 2.13      Wat was Joram se reaksie toe Saul eenkeer vir hom en Jozef aangemoedig
           het om ook goud te delf?                                                                (1)

 2.14      Watter plan, behalwe goud delf, het Saul vir Izak se toekoms gehad?                     (1)

 2.15      Waarom het Kate Thompson se hoekerf gekoop?                                             (1)

 2.16      Gee EEN rede hoekom ons kan sê dat die aksies van die gouddelwers
           onverantwoordelik was.                                                                  (1)

 2.17      Saul het hoop vir die Bos gehad.

           2.17.1      Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR?                                         (1)

           2.17.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.17.1 deur na die uittreksel te
                       verwys.                                                                     (1)

 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           7                              DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                              NSS

2.18       Kies ŉ naam uit KOLOM B om by ŉ stelling in KOLOM A te pas. Skryf net die
           vraagnommer (2.18.1–2.18.4) en die letter (A–E) neer.

                              KOLOM A                                  KOLOM B
           2.18.1 Saul het vir hierdie persoon gewerk om         A Arend
                  sy gesin se skuld af te betaal.
                                                                 B MacDonald
           2.18.2 Hierdie man het saam met Joram
                  grootgeword.                                   C Barkley

           2.18.3 Hierdie man het Saul se eerste goud            D Maska
                  gekoop.
                                                                 E Steyn
           2.18.4 Hy was ŉ meubelmaker van Swellendam.
                                                                                       (4 x 1)      (4)

2.19       Wat lei jy uit die uittreksel af oor Saul se karakter? Gee DRIE feite.                   (3)

2.20       Watter les leer jy uit die roman oor jou verhouding met die volgende?

           2.20.1     Jou gesinslede                                                                (1)

           2.20.2     Die natuur                                                                    (1)

2.21       Gee TWEE redes waarom Saul se besluit om in Knysna te bly, goed vir die
           houtkappers sou kon wees.                                                                (2)
                                                                                                    [35]

                                               OF

VRAAG 3: OPSTELVRAAG

DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita van der Vyver

Hanna se gesin het onverwagte gaste gekry wat by hulle in die huis op die berg kom
kuier het.

Skryf ŉ OPSTEL (250–300 woorde) waarin jy vertel van Gavin en Margot se kuier by
Hanna se gesin in die huis op die berg en hoe hulle vir Hanna gehelp het om meer van
haarself te hou. Jou opstel moet ŉ inleiding en ŉ slot hê.

Verwys in jou opstel na:

•      Gavin se kuier by die gesin
•      Margot se paar dae by die gesin
•      Hoe Gavin en Margot vir Hanna gehelp het om haarself te aanvaar                              [35]

                                               OF

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          8                            DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                             NSS

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita van der Vyver

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1       Fabienne het die soort gesin wat in styl vakansie hou. Hulle het genoeg geld
2       om in deftige hotelle te bly. Of in gemaklike gastehuise. Op eksotiese
3       eilande en sulke soort plekke. Hulle sal beslis nie ŉ bouval op ŉ berg by
4       iemand hoef te leen nie. En aangesien Fabienne saam met haar eie ma en
5       haar eie pa in ŉ huis woon, sonder enige aangelapte stieffamilie, sal sy
6       ook nie met kuiergaste soos Gavin of Margot hoef te sukkel nie. Miskien
7       moet ek ŉ toneelstuk probeer skryf. Oor ŉ klomp vreemde karakters wat in ŉ
8       huis vasgekeer is. En dan word een van die karakters vermoor (Margot sal
9       beslis my eerste keuse wees) en die res moet uitvind wie die moordenaar is.
10      Teen dié tyd het die meeste van ons seker al ŉ rede om vir Margot uit die
11      weg te ruim. Mana sal Verdagte Nommer Een wees.
                                               ***
12      En Beyers sal Verdagte Nommer Twee wees.

4.1       Wie was Fabienne?                                                                      (1)

4.2       Watter belangrike gebeurtenis het Hanna in die huis op die berg gevier?                (1)

4.3       Waarom het Hanna gesê haar stieffamilie is aangelap? (Reël 5)                          (1)

4.4       4.4.1       Hoe het Yann opgetree toe Margot by die huis op die berg
                      aangekom het?                                                              (1)

          4.4.2       Hoe het Amos gevoel toe hy vir Margot uit die kar sien klim het?           (1)

4.5       Hoekom het Hanna reeds voor Margot se koms negatief oor Margot gedink?                 (1)

4.6       Hoekom wou Hanna vir Mana Verdagte Nommer Een in haar toneelstuk
          maak?                                                                                  (1)

4.7       Hoekom het Hanna gedink dat Beyers Verdagte Nommer Twee in haar
          toneelstuk sou wees?                                                                   (1)

4.8       Het Tibo van Margot gehou? Motiveer jou antwoord.                                      (1)

4.9       Hoekom wou Hanna graag hierdie toneelstuk skryf?                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         9                           DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                            NSS

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1         “Hanna en Sharon, julle kan my helpers wees.” Ek en Sharon loer
2         na mekaar. As ons soldate was, het ons sweerlik nou gedros. “Sit
3         solank ŉ paar potte water op die stoof. Ons gaan kookwater
4         nodig hê. Beyers, gaan haal ŉ klam waslap in die badkamer. Om
5         haar gesig mee af te vee as sy sweterig word. Gavin, bring jy vir
6         my die twee gaslampe kamer toe. Ek dink nie ons gaan helder lig
7         nodig hê nie, babas word al eeue lank by kerslig gebore, maar dis
8         beter om die gaslampe byderhand te hê. Net vir ingeval.”
9           “Ingeval van wat?” piep Gavin soos ŉ verskrikte muis.
10          “Enigiets kan gebeur. Ek wil voorbereid wees.”
11          “Dis presies wat ek wou hoor,” prewel Beyers, van nuuts af
12        paniekbevange, en strompel badkamer toe om die waslap te gaan
13        haal.
14          “Solank ek net nie die vertoning hoef te aanskou nie,” sê Gavin
15        met ŉ skril laggie. “Ek is seker Mana sal my nie kwalik neem nie.
16        Sy weet ek ...”

4.10      Hoekom sou Hanna en Sharon veel eerder wou “dros”? (Reël 2)                          (1)

4.11      Mana het beplan om haar baba in die huis op die berg te hê.

          4.11.1      Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR?                                      (1)

          4.11.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.11.1.                                   (1)

4.12      Gavin kon die besonderhede van Hanna se geboorte onthou.

          4.12.1      Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR?                                      (1)

          4.12.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.12.1 deur na ŉ gesprek tussen
                      Gavin en Hanna oor haar geboorte te verwys.                              (1)

4.13      Kies die KORREKTE antwoord om die sin te voltooi. Skryf net die
          vraagnommer en die letter (A–D) neer.

          Margot was die beste persoon om vir Mana met die geboorte te help, want
          Margot ...

          A           het baie van die drama tydens die geboorte van ŉ baba gehou.
          B           het darem al self twee kinders in die lewe gebring.
          C           het darem vier jaar as ŉ opgeleide verpleegster gewerk.
          D           het al in haar flieks gesien hoe ŉ baba gebore word.                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          10                           DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                             NSS

4.14      Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.
          Skryf net die vraagnommer (4.14.1–4.14.4) en die antwoord neer.

                              vuur; dokter; CD; pa; water; baba; radio

          Die kombi was buite die huis geparkeer. Yann het besluit om die (4.14.1) ... te
          speel om vir Mana te help kalmeer. Yann was bekommerd dat Mana en die
          (4.14.2) ... hulp sou nodig hê en dan was die kombi se battery pap. Tydens
          die geboorte het Gavin hom soos ŉ (4.14.3) ... in ŉ outydse fliek gedra. Na die
          geboorte het Mana besluit dat haar dogter se naam Amanzi moet wees, dit
          het iets met (4.14.4) ... te doen.                                                    (4)

4.15      Kies ŉ persoon uit KOLOM B om by ŉ beskrywing in KOLOM A te pas. Skryf
          net die vraagnommer (4.15.1–4.15.4) en die letter (A–E) neer.

                              KOLOM A                                KOLOM B
          4.15.1 Hierdie persoon het besef dat sy Hanna se       A Margot
                 beste vriendin is.
                                                                 B Fabienne
          4.15.2 Hierdie persoon het vir Hanna liefste Hanna
                 Hoekom genoem.                                  C Mana

          4.15.3 Hierdie persoon het vir Hanna ŉ karakter        D Gavin
                 geword wat sy graag wou wees.
                                                                 E Sharon
          4.15.4 Hierdie persoon het van Hanna ŉ roman
                 verwag wat die wêreld gaan verower.
                                                                                    (4 x 1)     (4)

4.16      Kies die KORREKTE antwoord om die sin te voltooi. Skryf net die
          vraagnommer en die letter (A–D) neer.

          Mana het voor die geboorte die baba Ditjie genoem, want sy ...

          A           het nog nie op ŉ naam vir die baba besluit nie.
          B           het nie gedink dat ŉ naam soveel saak gemaak het nie.
          C           het nie geweet of dit ŉ seun of ŉ dogter sou wees nie.
          D           het nie van gewone name gehou nie en het gedink dit was uniek.            (1)

4.17      Noem DRIE dinge op wat Gavin vir die kinders gedoen het, nadat die
          helikopter vertrek het.                                                               (3)

4.18      Waarom het Hanna aan die einde van die verhaal meer positief oor Margot
          gevoel?                                                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          11                              DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                             NSS

4.19       Kies die KORREKTE antwoord om die sin te voltooi. Skryf net die
           vraagnommer en die letter (A–D) neer.

           Toe Hanna die eerste keer haar sussie gesien het, het sy gedink dat sy ...

           A          nie graag die aandag met ŉ sussie wou deel nie.
           B          nie wou hê dat sy ooit in haar lewe moes seerkry nie.
           C          nog nooit so ŉ lelike pienk baba gesien het nie.
           D          nog nooit iets so kleins en leliks gesien het nie.                           (1)

4.20       Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en
           die antwoord neer.

           Sharon was nie opgewonde oor haar ouers se koms met die helikopter nie,
           want (sy wou die gesin beter leer ken/sy wou nog langer by Yann wees).                  (1)

4.21       Wat het Margot aan die einde van die verhaal vir Yann belowe?                           (1)

4.22       Aan die einde van die verhaal oorweeg Hanna dit om ŉ verhaal te skryf oor ŉ
           gemiddelde vaal meisiekind met ŉ onwaarskynlike ma en ŉ selfs meer
           onwaarskynlike pa. Sê waarom dit ŉ aanduiding is dat Hanna haar gesin
           beter verstaan en dus aanvaar.                                                          (1)

4.23       Dink jy die titel van hierdie roman is gepas? Motiveer jou antwoord met TWEE
           redes.                                                                                  (2)
                                                                                                   [35]

                                             OF

VRAAG 5: OPSTELVRAAG

MEEULANDERS – Esta Steyn

Hermanus Blanckenberg was baie lief vir sy twee seuns, maar elkeen het dinge
gedoen wat Hermanus gelukkig of ongelukkig gemaak het.

Skryf ŉ OPSTEL (250–300 woorde) waarin jy vertel hoe Fred vir sy pa, Hermanus,
gelukkig en ongelukkig gemaak het. Sê ook hoe Schalk (Skalla) vir Hermanus nét
ongelukkig gemaak het. Jou opstel moet ŉ inleiding en ŉ slot hê.

Verwys in jou opstel na:

•      Hoe Fred vir Hermanus gelukkig en ongelukkig gemaak het
•      Hoe Schalk (Skalla) vir Hermanus nét ongelukkig gemaak het
•      Hoe Hermanus gevoel het oor Fred en Schalk (Skalla) se verkeerde optrede                    [35]

                                                   OF

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          12                          DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                             NSS

VRAAG 6: KONTEKSTUELE VRAAG

MEEULANDERS – Esta Steyn

Lees die uittreksel en beantwoord die vraag wat daarop volg.

1           “Destyds ... het dit vir my lank geneem ... om te vergeet.
2         En dit was nie maklik nie.”
3           “En het jy vergeet, Elsabet?”
4           “My lewe op Meeuland maak dit nie vir my maklik
5         om te vergeet nie. En nou met die baba ... voel ek meer
6         ingehok as ooit voorheen. Mens vergeet seker nooit regtig
7         nie.”
8           “Ek wou jou nie seermaak nie. Ek wou nie.”
9           “Ek weet dit. Maar ek hét seergekry. Vir Sheila se part
10        ook.”
11          “Ek mag dit seker nie vra nie, maar hoekom het jy so
12        skielik daarna met Jacob getrou?”
13          Sy laat toe dat haar trane onbesonne oor haar wange
14        loop. “Jy weet mos hoekom. Die mense in die dorp het
15        begin praat. En ek ... wou wegkom. Nee, gaan wegkruip.
16        Meeuland was ŉ oplossing. Die enigste oplossing.”
17          “Was dit?”

6.1       Wat het “destyds” (reël 1) tussen Fred en Elsabet gebeur wat sy liewer wou
          vergeet?                                                                              (1)

6.2       Waarom wou Elsabet nie op Meeuland bly nie? Gee TWEE redes.                           (2)

6.3       Wat het vir Elsabet so seergemaak? (Reël 9 en 10)                                     (1)

6.4       Wat was die rede waarom Elsabet “skielik” (reël 12) met Jacob getrou het?             (1)

6.5       Hoe, dink jy, het Elsabet gevoel toe sy wou gaan “wegkruip” (reël 15) op
          Meeuland? Gee die gevoel/emosie EN ŉ rede wat daarby pas.                             (2)

6.6       Kies die KORREKTE antwoord om die sin te voltooi. Skryf net die
          vraagnommer en die letter (A–D) neer.

          Toe Hansie vir Elsabet Twilight genoem het, het Elsabet bleek geword,
          want ...

          A           Elsabet het heeltemal van daardie naam vergeet.
          B           die naam het Elsabet aan Jacob laat dink.
          C           Elsabet het die naam met geluk geassosieer.
          D           die naam het perfek by Elsabet se nuwe leefstyl gepas.                    (1)

6.7       Wat het met Elsabet gebeur toe sy alleen op Fred se seiljag na Meeuland
          teruggegaan het?                                                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          13                             DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                             NSS

Lees die uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1           Sy (Elsabet) wou vir hom (Fred) sê dat Jacob nie vir Janka
2         sommer sal prysgee nie. Maar sy het nie gepraat nie. Sy was tot
3         die dood toe moeg.
4           Alleen voor die storms oor haar toesak. Sy wil nie eens
5         dink aan wat voorlê nie. Daar is haar skoonma en skoonpa.
6         Hulle sal eerste moet weet. Daar is Fred se kinders en sy
7         pa. Daar is die hele Salamanderbaai. Maar die ergste is
8         haar kind. Sy sou Janka saambring ... dit was tog so beplan.
9         Maar vanoggend toe sy besig was om die babagoedjies in
10        die sak te pak, het sy meteens besef sy kan nie. Al wou sy
11        Jacob hoe seer maak, sy kon dit nie aan hom doen nie. Sy
12        kan maar net hoop dat hulle later daaroor kan praat en
13        iets saam kan uitwerk. Intussen sal Ryna daar wees vir
14        Janka. Dis die enigste ligpunt: dat daar iemand naby haar
15        kind is ... iemand wat omgee.

6.8       Waar het Elsabet voor haar troue met Fred gebly?                                         (1)

6.9       Gee DRIE redes waarom Hermanus Blanckenberg nie gelukkig gevoel het
          oor die verhouding tussen Fred en Elsabet nie.                                           (3)

6.10      Waar sou Fred vir Elsabet voor die troue wou laat bly?                                   (1)

6.11      Kies die KORREKTE antwoord om die sin te voltooi. Skryf net die
          vraagnommer en die letter (A–D) neer.

          “ ... voor die storms oor haar toesak” (reël 4), het verwys na Elsabet se ...

          A           haastige vertrek van Meeuland af.
          B           verduideliking oor hoekom sy Jacob verlaat het.
          C           vinnige reëlings vir haar troue saam met Fred.
          D           lewe wat sy in Salamanderbaai saam met Fred sou hê.                          (1)

6.12      Hoe het Elsabet vir Hansie na haar troue met Fred genoem?                                (1)

6.13      Wat het Elsabet met Sheila se portret en ornamente gedoen?                               (1)

6.14      Hoe het Elsabet gevoel oor Sheila se goed wat nog die hele huis volgestaan               (1)
          het?

6.15      Het Elsabet ŉ goeie besluit geneem om Janka by Jacob te los? Motiveer jou
          antwoord.                                                                                (1)

6.16      Wie, behalwe Ryna, het ook op Meeuland vir Janka omgegee?                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2             14                               DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                                NSS

6.17      Kies ŉ naam in KOLOM B om by ŉ stelling in KOLOM A te pas. Skryf net die
          vraagnommer en die letter (A–D) neer.

                            KOLOM A                                         KOLOM B
          6.17.1 Sy wil eerder op die eiland as op die wal          A    Elsabet
                 bly.
                                                                    B    Ryna
          6.17.2 Sy voel nie gelukkig oor Elsabet se
                 besluit om die eiland te verlaat nie.              C    Janka

          6.17.3 Sy het nie meer kans gesien vir ŉ                  D    Hansie
                 eensame bestaan nie.
                                                                    E    Doreen
          6.17.4 Sy hunker na vrede in haar lewe.
                                                                                           (4 x 4)      (4)

6.18      Wat het Janka tydens haar besoek aan Elsabet gedoen om te wys dat sy nie
          gemaklik by Elsabet gevoel het nie?                                                           (1)

6.19      Fred het getrou aan Elsabet gebly.

          6.19.1      Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR?                                               (1)

          6.19.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 6.19.1.                                            (1)

6.20      Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf
          net die vraagnommer (6.20.1–6.20.4) en die antwoord neer.

                     praat;   dans;    kuier;   drink;   bly;   speel;   rook;    braai

          Elsabet het begin (6.20.1) ..., want sy was eensaam omdat Fred so baie weg
          van die huis af was. Sy was ook ontevrede met Fred toe sy alleen by Alwyn-
          hulle moes gaan (6.20.2) ... By die huis het sy magteloos gevoel, omdat sy
          geen beheer oor Bernard gehad het nie. Bernard het haar nie aanvaar nie en
          wou nie graag met haar (6.20.3) ... nie. Elsabet het Janka gemis en wou hê
          dat Janka by haar moes kom (6.20.4) ...
                                                                                                        (4)

6.21      Elsabet was ook ontrou aan Fred.

          6.21.1      Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR?                                               (1)

          6.21.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 6.21.1 deur na die insident op
                      die seiljag te verwys.                                                            (1)

6.22      Elsabet het besluit om eers met Jacob en toe met Fred te trou, maar was nie
          by een van die twee mans gelukkig nie. Gee EEN rede waarom sy nie liefde
          en geluk by hulle gevind het nie.                                                             (1)

6.23      Watter les het jy uit Elsabet se besluit om Jacob vir Fred te verlaat, geleer?                (1)
                                                                                                        [35]

                                                                        TOTAAL AFDELING A:              35
                                                OF
Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2       15                          DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                          NSS

AFDELING B: DRAMA

BEANTWOORD ÓF DIE OPSTELVRAAG ÓF DIE KONTEKSTUELE VRAAG.

VRAAG 7: OPSTELVRAAG

POPPIE, DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé

Poppie, Stone en hulle kinders het nie ŉ gelukkige gesinslewe gehad nie.

Skryf ŉ OPSTEL (250–300 woorde) waarin jy vertel wat Poppie, Stone en die vyf
kinders se lewens so ongelukkig gemaak het. Jou opstel moet ŉ inleiding en ŉ slot hê.

Verwys in jou opstel na:

•     Poppie-hulle se ongelukkige tyd in die Kaap
•     Poppie-hulle se tweede verskuiwing na Mdantsane
•     Poppie en die kinders se ongelukkige tyd na Stone se dood                                 [35]

                                            OF

VRAAG 8: KONTEKSTUELE VRAAG

POPPIE, DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé

Lees die uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1         PASBEAMPTE. Ons wil jou Ciskei toe stuur, na jou skoonmense toe.
2         POPPIE (wys na haar lyf). Ek kan nie met vyf kinders na my skoon-
3            mense toe gaan nie. Die mense is weggeneem van waar hulle
4            gewoon het, hulle is in ŉ trustdorpie gesit, nou het hulle nie
5            groot hutte nie, maar klein hutte. Nou hoe kan ek met vyf kin-
6            ders daarnatoe gaan? Nou sê ek vir julle: Ja, ek sal weggaan,
7            as julle vir my ŉ huis gee. Uit ŉ huis na ŉ ander huis toe.
8         PASBEAMPTE. Ons sal laat weet as ons vir jou ŉ huis het.
9            (Stempel haar pas) Twee weke extension. (Kyk na haar lyf en
10           ongemaklike houding.) Wanneer kom die kind?
11        POPPIE. Ek is verby my tyd.
12        PASBEAMPTE. Ek verander dit na twee maande. Maar dis die
13           laaste extension wat jy gaan kry.
14        POPPIE (aan Stone). Ek is nou net mooi moeg. Ek kan dit nie
15           meer staan nie. Ek voel ek kan dit nie meer hou nie, ek moet
16           liewerste weggaan. Ek kan nie meer praat nie. As daar op ŉ
17           ander plek lewe is, sal ek daar gaan lewe. Dis nie jy wat die
18           op en af loop moet doen nie, dis op my rug wat die moei-
19           likheid is. Ek is moeg, tata-ka-Bonsile.

8.1       Wat het Poppie in die kerk gaan doen voordat sy na die pasbeampte gegaan
          het om ŉ verlenging van haar pas te kry?                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            16                           DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                               NSS

8.2       Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en
          die antwoord neer.

          Volgens Mosie het Poppie (bang/sterk) gevoel nadat sy die kerk verlaat het.              (1)

8.3       Waarom is Poppie weggestuur Ciskei toe?                                                  (1)

8.4       Waarom kon Poppie nie na haar skoonmense, wat nou in “klein hutte” (reël 5)
          bly, gaan nie?                                                                           (1)

8.5       Gee TWEE positiewe karaktertrekke van Poppie.                                            (2)

8.6       Wat bedoel Poppie met “Ek is verby my tyd”? (Reël 11)                                    (1)

8.7       Hoe het die pasbeampte teenoor Poppie gevoel toe hy haar pas van twee
          weke na twee maande verleng het?                                                         (1)

8.8       Waarom kan ons sê dat Poppie onregverdig teenoor Stone was toe sy gesê
          het dat sy alleen swaar kry? (Reël 17–19).                                               (1)

8.9       Waarom spreek Poppie Stone as “tata-ka-Bonsile” aan? (Reël 19)                           (1)

8.10      Kies ŉ persoon uit KOLOM B om by ŉ aanhaling in KOLOM A te pas. Skryf
          net die vraagnommer (8.10.1–8.10.4) en die letter (A–E) neer.

                               KOLOM A                                     KOLOM B
          8.10.1 “Ek kan nie die wet met my hande breek nie.”         A   Mosie

          8.10.2 “Dis nie ons wat jou wegstuur nie, dit is die        B   Stone
                 wet.”
                                                                      C   Poppie
          8.10.3 “As dit die Here se wil is dat jy bly, sal jy bly,
                 Rachel.”                                             D   Mev. Retief

          8.10.4 “Dan is dit die beste dat jy vroeg in die nuwe       E   Pasbeampte
                 jaar weggaan.”
                                                                                        (4 x 1)    (4)

Lees die uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1         POPPIE. (terwyl ander “Lied van die vreemde plek” op die agtergrond
2           sing). Toe lyk dit vir my baie rou, die plek, want dis mos nuwe
3           huise en ons is al mense in die straat. En daar lê nog
4           suffel rowwe stukke sement in ons pad, en omgedolwe
5           grond, en die gras is lank rondom die huis. Toe gaan ons in
6           en ek voel baie hartseer, want die plek is so vreemd, en
7           ek ken niemand nie. Toe voel ek regtig ek is nou kom wegge-
8           gooi. Maar die huis is skoon; daar is sementvloere en ruite in
9           die vensters, maar nie ceilings nie, dit moet jy self insit.

8.11      Bonsile wou by sy pa agterbly. Gee DRIE redes waarom hy, volgens Poppie,
          saam met haar móés gaan.                                                                 (3)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2             17                              DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                                NSS

8.12      Waar sou Stone gaan bly?                                                                     (1)

8.13      Waar het Poppie en haar kinders ŉ huis gekry?                                                (1)

8.14      Poppie het in Mdantsane ŉ goeie verhouding met Bonsile gehad.

          8.14.1       Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR?                                             (1)

          8.14.2       Motiveer jou antwoord op VRAAG 8.14.1.                                          (1)

8.15      Poppie was baie opgewonde toe sy by die nuwe huis se deur instap.

          8.15.1       Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR?                                             (1)

          8.15.2       Motiveer jou antwoord op VRAAG 8.15.1.                                          (1)

8.16      Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.
          Skryf net die vraagnommer (8.16.1–8.16.4) en die antwoord neer.

                   hart;   taxi;   migrants;   wet;   brein;   stasie;   lewe;   blyplek

          Poppie se man, mama en broers het haar by die (8.16.1) ... gegroet en saam
          van haar af weggeloop. Sy was ook kwaad dat die (8.16.2) ... haar van haar
          huis, wat haar man vir haar gebou het, weggeskeur het. Dit het gevoel asof
          haar (8.16.3) ... ook vir die Here doodgegaan het, want Hy kon die swaarkry
          van haar af weggeneem het. In die nuwe (8.16.4) ... het Poppie gesien dat
          Bonsile sy eie pad geloop het en soms in die aande laat weggebly het. Dan
          het sy bekommerd wakker gelê totdat hy ingekom het.                                          (4)

8.17      Poppie het darem gereeld briewe van haar familie in die Kaap gekry.

          8.17.1       Hoe het Poppie gevoel elke keer as sy ŉ brief van haar familie in
                       die Kaap gekry het?                                                             (1)

          8.17.2       Gee EEN rede waarom sy so gevoel het.                                           (1)

8.18      Kies die KORREKTE antwoord om die sin te voltooi. Skryf net die nommer en
          die letter (A–D) neer.

          Na twee jaar het ... uiteindelik by Poppie in Mdantsane gaan kuier.

          A            Mosie
          B            Jakkie
          C            Stone
          D            Fezi                                                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            18                       DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                               NSS

8.19       Kies die KORREKTE antwoord om die sin te voltooi. Skryf net die nommer en
           die letter (A–D) neer.

           Poppie het mielies geplant om ...

           A          kos aan haar kinders te voorsien.
           B          te betaal vir die ander kinders se skoolgeld.
           C          dit aan die gemeenskap te verkoop.
           D          dinge aan haar huis te verbeter.                                         (1)

8.20       Waarom moes Poppie en Stone damagegeld betaal?                                      (1)

8.21       Waarom het Poppie besluit om werk in Oos-Londen te soek?                            (1)

8.22       Hoe kon Bonsile help om Poppie se las ligter te maak?                               (1)

8.23       Waarom het Poppie na Stone se dood besluit om eerder in die Kaap (as in
           Mdantsane) te bly?                                                                  (1)
                                                                                               [35]

                                               OF

VRAAG 9: OPSTELVRAAG

PALJAS – Chris Barnard

Die dorpsmense het die McDonalds sleg behandel by die Volstruisdans, maar
uiteindelik het Manuel se paljas ook daar gewerk en die verhaal het ŉ positiewe slot.

Skryf ŉ OPSTEL (250–300 woorde) waarin jy vertel wat by die dans gebeur het en hoe
Manuel se paljas alles uiteindelik weer laat regkom het. Jou opstel moet ŉ inleiding en
ŉ slot hê.

Verwys in jou opstel na:

•      Wat met die McDonalds by die dans gebeur het
•      Wat tussen die huismense gebeur het nadat hulle die dans verlaat het
•      Hoe Manuel se paljas alles uiteindelik weer laat regkom het                             [35]

                                               OF

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          19                          DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                             NSS

VRAAG 10: KONTEKSTUELE VRAAG

PALJAS – Chris Barnard

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1            Sy lóóp.
2            Hy klim weer onder die kar se kap in.
3            Die kind is nêrens.

4         65. Hendrik hou op die werf stil en klim uit sy motor uit. Sy
5         gesig is pikswart. Emma kom by die agterdeur uit.

6         EMMA: Waar’s Willem?
7         HENDRIK: Vra jou ma.
8         EMMA: Ma sê hy’s by Pa.
9         HENDRIK: (steek vas en kyk haar): Hy’s twaalfuur vanmôre
10        saam met jou ma by my weg. Vra haar. (Hy verdwyn om die hoek.)

11        66. Katrien kom op die stoep uit.
12        KATRIEN: Willem! (En harder.) Willem! (Sy storm weer in die
13        huis in, hardloop in die gang af en roep. Sy bars in haar
14        kamer in en roep. Willem se kamer. Emma se kamer. By die
15        agterdeur uit. Sy roep al harder en aanhoudend.) W-i-l-l-e-m!

10.1      Wat het Katrien vir haarself met haar spaargeld gekoop om beter oor haarself
          te voel?                                                                             (1)

10.2      Hoekom was Hendrik so kwaad toe Katrien sê sy het dit met haar eie geld
          gekoop?                                                                              (1)

10.3      Hoe het Willem opgetree toe Hendrik en Katrien so met mekaar baklei?                 (1)

10.4      Waarom kan ons sê dat die stukkende motor simbolies van Hendrik en sy
          gesin was?                                                                           (1)

10.5      Hendrik en Katrien was die hele tyd ongelukkig met mekaar. Waarvan het
          Katrien vir Hendrik beskuldig? Gee DRIE feite.                                       (3)

10.6      Manuel het vir Willem laat lag as hulle bymekaar was.

          10.6.1      Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR?                                      (1)

          10.6.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 10.6.1.                                   (1)

10.7      Manuel het Willem probeer help en het gesê: “Ons vee die ou Willem uit en
          ons teken ŉ nuwe Willem.”

          10.7.1      Hoekom kon Willem nie vir Manuel sê wat hom so hartseer
                      gemaak het nie?                                                          (1)

          10.7.2      Wat, dink jy, het Manuel met “ ŉ nuwe Willem” bedoel?                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         20                             DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                            NSS

10.8      Motiveer waarom ons kan sê dat Manuel vir Willem aanvaar het vir die mens
          wat hy was?                                                                            (1)

10.9      Watter les leer ŉ mens oor kommunikasie uit Hendrik en Katrien se
          verhouding?                                                                            (1)

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1           Daar hou nou ŉ polisievangwa en twee motors op die stasie stil.

2         HENDRIK: Ons kan nie uitvind nie. Hy't mos ... (En hy beduie na sy
3         mond toe.) Hy praat mos nie eintlik nie.

4           Die konstabel kyk die ander agterna – en fluit. Die polisiemanne en
5         hulle honde het nou by die ou skuur aangekom. Hulle hoor nie die
6         konstabel se gefluit nie. Hendrik en die konstabel begin draf soontoe. In
7         die verbygaan roep die konstabel na die nuwe aankomelinge by die
8         voertuie.

9         KONSTABEL: Die klein swernoot is terug. Ons het ons tyd gemors!

10        76. Die honde storm blaffend die skuur in. Die polisie agterna.

11        77. Op die werf staan Katrien besorgd na die skuur toe en kyk.
12           Dan kom Willem by die agterdeur uit.

13        EMMA (nog in die huis): Kom hier, Willem, ek is nog nie klaar nie.

14          Hy steek vas wanneer hy die honde sien. Dan gee hy een skree en
15        storm by sy ma verby.
16          Sy probeer keer, maar hy is te vinnig. Sy hardloop agterna.

10.10     Hoekom het die polisie op daardie dag by die McDonalds se huis opgedaag?               (1)

10.11     Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.
          Skryf net die vraagnommer (10.11.1–10.11.4) en die antwoord neer.

             huis; skuur; stoep; motor; bed; hoenderkonsert; kerkdiens; skool

          Die nar en Willem was bymekaar in die (10.11.1) ... Die nar wou Willem met ŉ
          (10.11.2) ... vermaak, want Willem was nie daardie dag baie gelukkig nie.
          Later het die nar vir Willem gesê dat dit al agtuur was en dat Willem
          (10.11.3) ... toe moes gaan. Die volgende oggend het Emma vir Willem vas
          aan die slaap op die (10.11.4) ... gekry.                                              (4)

10.12     Hoekom het die polisie vir Manuel in ŉ negatiewe lig gesien?                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          21                           DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                             NSS

10.13     Kies die KORREKTE antwoord om die sin te voltooi. Skryf net die
          vraagnommer en die letter (A–D) neer.

          Willem het verbygestorm op pad skuur toe om ...

          A           al die toorgoed weg te steek.
          B           al die prente te gaan toemaak.
          C           vir Manuel te gaan waarsku.
          D           vir Manuel kos te vat om te eet.                                           (1)

10.14     Kies die KORREKTE antwoord om die sin te voltooi. Skryf net die
          vraagnommer en die letter (A–D) neer.

          Die polisie het die tafel gesien en daar het ŉ swart doek gelê met iets wat
          gelyk het soos ...

          A           ŉ bobbejaan en ŉ kat se kopbene.
          B           ŉ hond en ŉ perd se kopbene.
          C           ŉ draak en ŉ hond se geraamte.
          D           ŉ paar leeutande en ŉ bobbejaan se kopbeen.                                (1)

10.15     Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en
          die antwoord neer.

          Die swernoot (reël 9) na wie die konstabel verwys, was (Willem/Manuel).                (1)

10.16     Kies ŉ aksie uit KOLOM B om by ŉ naam in KOLOM A te pas. Skryf net die
          vraagnommer (10.16.1–10.16.4) en die letter (A–E) neer.

                 KOLOM A                                   KOLOM B
          10.16.1 Emma                 A   het gereeld by die McDonaldgesin gekuier

          10.16.2 Nollie               B   het weer die McDonaldgesin laat lag

          10.16.3 Dorpenaars           C   het vir Hendrik gesê dat hy moes ophou praat
                                           oor dinge wat nie saak maak nie
          10.16.4 Manuel
                                       D   het met die McDonaldgesin gespot

                                       E   het besef die McDonaldgesin is net gewone
                                           mense
                                                                                  (4 x 1)        (4)

10.17     Dit was Hendrik se skuld dat die polisie vir Willem van toordery verdink het.

          10.17.1     Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR?                                        (1)

          10.17.2     Motiveer jou antwoord op VRAAG 10.17.1.                                    (1)

10.18     Noem EEN ding wat die polisie teen die skuur se mure gesien het.                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2        22                            DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                           NSS

10.19     Watter verduideliking het Hendrik gegee vir Willem wat altyd goed gesien het
          wat niemand anders gesien het nie?                                                    (1)

10.20     Watter verduideliking wou die sersant vir die vuurmaakplek en vreemde
          voorwerpe in die skuur gee?                                                           (1)

10.21     Wat het die dorpsmense ná hierdie polisie-insident gedoen wanneer hulle die
          McDonalds gesien het?                                                                 (1)

10.22     Watter rol het Manuel se paljas aan die einde van die verhaal in Emma se
          lewe gespeel?                                                                         (1)

10.23     Watter les, dink jy, kon die dorpsmense aan die einde van die verhaal oor
          skinderstories leer?                                                                  (1)

10.24     Dink jy al die gebeure deur die drama het aan die einde vir Hendrik en Katrien
          geluk gebring? Sê hoekom jy so sê.                                                    (1)
                                                                                                [35]

                                                                TOTAAL AFDELING B:              35

                                            OF

AFDELING C: KORTVERHALE

STORIEJOERNAAL

BEANTWOORD ÓF DIE OPSTELVRAAG ÓF DIE KONTEKSTUELE VRAAG.

VRAAG 11: OPSTELVRAAG

BENEDICTA – Margaret Bakkes

Toe Christiaan se ma hoor hy is deur ŉ krokodil aangeval, het sy aan al Christiaan se
ander noue ontkomings van kleintyd af gedink. Hierdie krokodilaanval was egter baie
erger as al die vorige ontkomings.

Skryf ŉ OPSTEL (250–300 woorde) waarin jy vertel van Christiaan se ontkomings, hoe
sy ma oor die krokodilaanval gevoel het en dui ook aan hoe Benedicta vir Christiaan se
ma weer moed gegee het.

Verwys in jou opstel na:

•    Christiaan se ontkomings
•    Die uitwerking van Christiaan se krokodilaanval op sy ma
•    Hoe Benedicta Christiaan se ma weer moed gegee het                                         [35]

                                            OF

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          23                             DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                             NSS

VRAAG 12: KONTEKSTUELE VRAAG

AGTER ’N BAARD – Hennie Aucamp

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1      Hulle beweeg saam met talle mense na die uitgang, maar stadig, want die hele stad is
2      daar om die manne van die grens af te verwelkom. Die luidsprekers hou vol, oor en
3      oor: “Ons vir jou, Suid-Afrika.”
4      Marina besef dat hulle nog net oor sy baard gepraat het.
5      “En verder gesond?” vra sy.
6      “Dit leef, dit leef,” sê hy neutraal, en dan met groot hartstog: “Ek is by jóú, Marina. En
7      by Bennie. Hy steek sy hand uit na die seuntjie, maar Bennie deins terug; klou
8      wantrouig aan sy ma se rok.
9      “Nee, Bennaman,” betig Marina hom, “jy smeer my rok vuil, jong.”
10     “Hoe gaan dit met die nuwe een?” Deon fluister by haar oor, sommer uit lus om haar
11     hare te ruik en sy asem oor haar nek te blaas sodat sy – gepla – kan beswaar maak:
12     “Ag nee, man, daar’s ŉ tyd vir alles.”
13     Dié keer sê sy niks nie; verduur die ritueel, maar vryf daarna oor haar nek. “O,” sê sy
14     ná ŉ rukkie, “omtrent die aanstaande: nie so goed soos destyds met Bennie nie. Sal
15     wel spanning wees.”
16     By die motor vra sy: “Wil jy bestuur?”

12.1      Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer en die antwoord
          neer.
          “ ..., want die hele stad is daar om die manne van die grens af te verwelkom.”
          (Reël 1–2)
          Hierdie optrede van die mense dui op ŉ gevoel van (jammerte/blydskap).                   (1)

12.2      Kies die KORREKTE antwoord om die sin te voltooi. Skryf net die
          vraagnommer en die letter (A–D) neer.

          Die woorde, “Ons vir jou, Suid-Afrika,” skep ŉ gevoel van ... op die stasie.

          A           hartseer
          B           onrus
          C           vrees
          D           trots                                                                        (1)

12.3      Waarom het die kind gekla toe sy pa hom soen?                                            (1)

12.4      Toe Marina Deon met sy baard op die stasie gesien het, het sy nie daarvan
          gehou nie. Gee TWEE redes waarom sy nie daarvan gehou het nie.                           (2)

12.5      Wat wou Marina hê moes Deon met sy baard doen?                                           (1)

12.6      Waarom, dink jy, het Deon ŉ baard gehad?                                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans FAL P1 Feb-March 2012](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2012/a7470d38-1c5d-4d4a-afc4-58191568e736) — Afrikaans FAL · QP · 2012 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2012](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2012/3f85c035-f152-4594-bcdc-51046b8337e8) — Afrikaans FAL · QP · 2012 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Feb-March 2012 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2012-memo/7e6dde94-0bbf-4c25-9a47-06e2d5ee46b7) — Afrikaans FAL · Memo · 2012 · Afr
- [Afrikaans P2 (L2) (SG) June 2012 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-l2-sg-june-2012-memo/f547f99b-9297-4b6d-bca4-7156085f20fa) — Afrikaans FAL · Memo · 2012 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Feb-March 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-feb-march-2015-memo/fd80c4c4-fdd4-46b3-810f-b38df6c4444a) — Afrikaans FAL · Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Feb-March 2013 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-feb-march-2013-memo/8d78512b-beec-44df-ae7d-20f2cb40a28d) — Afrikaans FAL · Memo · 2013 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
