# Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC Supplementary 2013 Memo

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 memorandum from the NSC Supplementary 2013, 33 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-feb-march-2013-memo/8d78512b-beec-44df-ae7d-20f2cb40a28d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2013
- Exam period: NSC Supplementary
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 33

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC Supplementary 2013 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-feb-march-2013-memo/8d78512b-beec-44df-ae7d-20f2cb40a28d)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC Supplementary · 2013 · Afrikaans. Memorandum, 33 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

                              FEBRUARIE/MAART 2013

                                   MEMORANDUM

PUNTE: 70

                      Hierdie memorandum bestaan uit 33 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           2                         DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                       NSS – Memorandum

INHOUDSOPGAWE

Kies TWEE afdelings.

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord net EEN vraag.
            VRAAGNOMMER                          VRAAG           PUNTE      BLADSYNOMMER
1.     Kringe in ŉ Bos                      Opstelvraag            35             4
                                              OF
2.     Kringe in ŉ Bos                      Kontekstuele vraag    35                 5
                                              OF
3.     Die ongelooflike avonture van        Opstelvraag           35
       Hanna Hoekom                                                                  8
                                              OF
4.     Die ongelooflike avonture van        Kontekstuele vraag    35
       Hanna Hoekom                                                                  9
                                              OF
5.     Meeulanders                          Opstelvraag           35                12
                                              OF
6.     Meeulanders                          Kontekstuele vraag    35                13
                                              OF
AFDELING B: DRAMA

Beantwoord net EEN vraag.
7.     Poppie, die drama                    Opstelvraag           35                16
                                              OF
8.     Poppie, die drama                    Kontekstuele vraag    35                18
                                              OF
9.     Paljas                               Opstelvraag           35                20
                                              OF
10.    Paljas                               Kontekstuele vraag    35                21

                                               OF
AFDELING C: KORTVERHALE

Beantwoord net EEN vraag.
11.    Die pakkie                           Opstelvraag           35                24
                                              OF
12.    Astra castra                         Kontekstuele vraag    35                25

                                               OF
AFDELING D: GEDIGTE

Beantwoord die vrae oor enige TWEE van die gedigte.
13.    Thumela                              Kontekstuele vraag    17½               28
                                              OF
14.    Woorde                               Kontekstuele vraag    17½               29
                                              OF
15.    Kontak                               Kontekstuele vraag    17½               30
                                              OF
16.    Kabouterliefde                       Kontekstuele vraag    17½               31

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           3                        DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                       NSS – Memorandum

NASIENRIGLYNE

•      As ŉ kandidaat in AFDELING A, B en C altwee die vrae gedoen het, word net
       die eerste vraag per afdeling nagesien en ŉ streep word deur die tweede vraag
       getrek. (Die kandidate mag nie die opstelvraag en die kontekstuele vraag oor
       dieselfde genre beantwoord nie.)

•      As ŉ kandidaat meer as twee gedigte in AFDELING D beantwoord het, word die
       eerste twee gedigte nagesien. Trek ŉ streep deur die laaste (twee) gedig(te).

•      As ŉ kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd, maar
       die tweede antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die tweede
       antwoord word geïgnoreer. Sien met ander woorde die eerste antwoord na.
•      As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die
       memorandum nagesien.
•      As ŉ spelfout die betekenis van die antwoord beïnvloed, word die antwoord as
       verkeerd aangedui. As die spelling nie die betekenis van die antwoord
       beïnvloed nie, word die antwoord as korrek beskou.
•      Opstelvraag: As die opstel korter as die verlangde lengte is, word die kandidaat
       nie gepenaliseer nie omdat die kandidaat hom-/haarself gepenaliseer het.

•       As die opstel te lank is, laat ŉ oorskryding van ŉ maksimum van 50 woorde toe
        en ignoreer die res van die opstel.

•       Kontekstuele vrae: As ŉ kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar ŉ vraag
        dit vereis nie, word die kandidaat nie gepenaliseer nie.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           4                    DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                       NSS – Memorandum

AFDELING A: ROMAN

VRAAG 1: OPSTELVRAAG

KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee

Sien aangehegte rubriek

By die nasien van hierdie opstel maak die memorandum vir soveel moontlike feite
voorsiening. Die kandidate hoef nie al die feite te voorsien nie. Laat ruimte vir
alternatiewe, toepaslike feite.

INLEIDING: Die kandidaat lei die opstelvraag sinvol in.

LIGGAAM:
Saul se eerste ontmoeting met Kate
• Saul het Kate die eerste keer gesien toe hy saam met sy pa dorp toe gegaan het.
• Terwyl Saul in die wa gesit het, het die kinders uit die skool gekom en verby die
   wa geloop.
• Kate het hom genader.
• Kate het vir Saul soos ŉ engel gelyk. Hy het haar mooi voorkoms vergelyk met
   dinge uit sy leefwêreld. Hy het haar glansende hare vergelyk met heuning in die
   son. Haar oë was vir hom soos kershout se bas. Daar was geen stof op haar
   mooi klere nie.
• In teenstelling met Kate, was Saul vuil; daarom wou hy uit skaamte wegvlug.
• Kate het hom op Engels gevra of hy van die Bos af gekom het, maar Saul het niks
   gesê nie.
• Die ander kinders het gelag en gesê Saul-hulle praat “kitchen Dutch”.
• Saul het minderwaardig teenoor Kate gevoel.
• Kate het Saul gevra of daar olifante in die Bos was, maar hy kon dit ook nie
   beantwoord nie.

Saul en Kate se geheime ontmoetings op Sondae
• Toe Saul agtien geword het, het hy vir Kate se pa, Alexander MacDonald, gaan
   werk. Hy het in die skuur geslaap.
• Kate het hom skelm in die skuur begin besoek, ten spyte van haar pa se
   waarskuwing om nie na die skuur toe te gaan nie.
• Kate het vir Saul Charles Dickens genoem, omdat Saul, nes Charles Dickens, ook
   hard gewerk het om geld te verdien om sy pa se skuld af te betaal.
• Aan die begin was Saul nie vriendelik nie.
• Saul kon nie met Kate kommunikeer nie, want hy kon nie Engels praat nie.
• Kate het gesê sy sou hom Engels leer. Sy het die boek David Copperfield aan
   hom gestuur.
• Saul kon nie die taal verstaan nie, maar die boek was vir hom baie belangrik.
• Kate het Saul elke Sondag besoek.
• Saul het die moeilike werksomstandighede by MacDonalds verduur, sodat hy Kate
   elke Sondag kon sien.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           5                          DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                       NSS – Memorandum

Saul en Kate wat erken het dat hulle mekaar liefhet
• Jare later het Kate Saul eendag in die Bos agtervolg.
• Daar het Saul en Kate eerlik en openlik met mekaar gesels.
• Kate het Saul om vergifnis gevra dat sy in die verlede gesê het dat houtwerkers en
   hul kinders wild en vuil was.
• Sy het ook gevra om by hom in die Bos te bly, sodat sy die Bos deur Saul se oë
   kon sien.
• Hulle het twee dae saam in die Bos deurgebring.
• Toe Kate hom gevra het of hy haar liefhet, het hy dit erken.
• Kate het erken dat sy vir Saul lief was.

SLOT: Die stelling word sinvol saamgevat en afgesluit.                                           [35]

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee

2.1       Saul se ma en suster is oorlede/het gesterf.                                           (1)

2.2       • Sy het hulle verjaarsdae spesiaal gemaak.
          • Sy het verseker dat daar vleiskossie op hulle verjaarsdae was.
          (Enige EEN of soortgelyk)                                                              (1)

2.3       • Jy word sterk/ŉ man/groot.
          • Jou gewig neem toe.
          (Of soortgelyk)                                                                        (1)

2.4       Hy kon nie besluit het of hy nog ŉ kind of al ŉ grootmens was nie.                     (1)

2.5       bloubok(vleis)                                                                         (1)

2.6       2.6.1       •   Jozef het gemaak asof hy nie vir Saul gehoor het nie.
                      •   Jozef het hom vererg.
                      •   Jozef het vir Saul gesê dat almal geweet het dat die bloubokkie
                          se gal in die kop sit.
                      (Enige EEN)                                                                (1)

          2.6.2       •   Jozef het alles wat die grootmense gesê het, as waarheid
                          aanvaar.
                      • Jozef het niks bevraagteken nie.
                      • Jozef het nie die moed gehad om die waarheid te aanvaar nie.
                      (Of soortgelyk)                                                            (1)

2.7       2.7.1       Waar.                                                                      (1)

          2.7.2       •  Saul het geleer dat hy nie alles wat die Bosmense gesê het, as
                         die waarheid kon aanvaar nie.
                      • Saul het geleer dat die Bosmense nie altyd reg was nie.
                      • Saul het geleer dat hy vir homself moes dink.
                      (Enige EEN)                                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            6                        DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                        NSS – Memorandum

2.8       Ja.
          • Dit sou Saul help om ŉ bestaan te maak.
          • Dit was die familietradisie.
          (Enige EEN)
          OF
          Nee. Joram het nie vir Saul gevra wat hy wou doen nie.
          (Of soortgelyk)                                                                       (1)

2.9       • Jozef het die riem by Saul oorgevat.
          • Jozef het aangehou lank nadat Saul reeds uitgesak het.
          (Of soortgelyk)                                                                       (1)

2.10      • Saul het bang geword.
          • Saul wou terughardloop Bos toe.
          • Saul het duiselig gevoel.
          (Enige EEN)                                                                           (1)

2.11      2.11.1      regering                                                                  (1)

          2.11.2      houtkaplisensie                                                           (1)

          2.11.3      dwarslêers                                                                (1)

          2.11.4      merk                                                                      (1)

2.12      • A
          • A     Kersfees
          • Kersfees
          (Enige EEN)                                                                           (1)

2.13      • B
          • B     olifantlewer
          • olifantlewer
          (Enige EEN)                                                                           (1)

2.14      Vyandig                                                                               (1)

2.15      Jozef het gedink dat Saul die owerhede laat weet het dat hulle olifante geskiet
          het/dat hulle olifanttande aan MacDonald verkoop het.                                 (1)

2.16      • Hy het Saul vals beskuldig.
          • Saul was onskuldig.
          (Enige EEN)                                                                           (1)

2.17      Op Kersdag behoort families saam te wees/mense in harmonie te bly/mense
          gasvry te wees/versoening te soek.                                                    (1)

2.18      Hy het gesien hoe ŉ olifanttand onder die hout op hulle wa uitgesteek het.            (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           7                           DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                       NSS – Memorandum

2.19      Ja.
          • Hulle was arm en moes iets doen om geld te verdien.
          • Dit was vir hulle makliker om olifante te skiet, in plaas van hout te kap.
          • Hulle kon meer geld met olifanttande verdien as om hout te verkoop.
          OF
          Nee.
          Dit is wreed om olifante te skiet.
          (Enige EEN of soortgelyk)                                                               (1)

2.20      2.20.1      Onwaar                                                                      (1)

          2.20.2      MacDonald het gesê dat houtkappers en hul kinders wild/vuil was.            (1)

2.21      2.21.1      D    MacDonald                                                              (1)

          2.21.2      A    Martiens Botha                                                         (1)

          2.21.3      C    Harison                                                                (1)

          2.21.4      E    Joram Barnard                                                          (1)

2.22      • Dit is belangrik om goeie verhoudings met familielede te hê.
          • Jy moet jou familielede vertrou.
          • ŉ Mens moet leer om ook met die familielid wat anders dink, klaar te kom.
          (Of soortgelyk)                                                                         (1)

2.23      •  Saul het Arend gevra om hom te help om Patterson uit die Bos te dra.
          •  In die straat het Arend in ŉ perdeskoen/hoefyster getrap.
          •  MacDonald het geweier om iets/pleisters te gee om op Arend se voet te
             sit.
          • MacDonald het geweier dat Arend in die skuur kon bly.
          • Arend is as gevolg van dié besering/bloedvergiftiging oorlede.
          (Enige DRIE)                                                                            (3)
                                                                                                  [35]

                                             OF

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           8                     DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                       NSS – Memorandum

VRAAG 3: OPSTELVRAAG

DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita van der Vyver

Sien aangehegte rubriek

By die nasien van hierdie opstel maak die memorandum vir soveel moontlike feite
voorsiening. Die leerders hoef nie al die feite te voorsien nie. Laat ruimte vir
alternatiewe, toepaslike feite.

INLEIDING: Die kandidaat lei die opstelvraag sinvol in.

LIGGAAM:

Hoe Hanna Mana as ma ervaar het
• Hanna het gedink dat haar ma uniek was omdat haar ma verkies het dat sy op
   haar naam genoem moes word.
• Hanna het haar ma as mallerig beleef.
• Hanna het gedink Mana was anders as ander ma’s wat op die normale manier
   getrou en kinders gehad het.
• Dit was vir Hanna vreemd dat Mana en haar gay-woonstelmaat (Gavin) vir haar
   (Hanna) “geskep” het.
• Hanna het gedink Mana se storie oor Tibo as proefbuisbaba was simpel.
• Mana Minnaar het volgens Hanna nooit ŉ tekort aan simpel idees gehad nie – sy
   wou die hele gesin saamvat op haar en Beyers se wittebrood.
• Hanna het baie keer gewonder of sy Mana se dogter kon wees.
• Hanna het vir Mana as baasspelerig beleef.
• Hanna het gevoel asof Mana haar hele lewe oorgeneem het/te baasspelerig was.
• Mana het soos ŉ armlastige bywoner voor Sharon se pa gelyk, juis omdat Mana
   nie omgegee het hoe sy voor ander mense gelyk het nie.
• Hanna het haar ma geken – sy het geweet dat Mana bekommerd was as sy te
   vrolik geklink het.
• Na die baba se geboorte het Mana vir Hanna vaal en gewoon gelyk.
• Hanna het besef dat Mana haar liefgehad het toe Mana vir Hanna gesê het: “Vir
   my sal jy altyd my liefste ou Hanna Hoekom bly.”

Gavin se uniekheid
• Gavin was Hanna se pa en het meer grimering as haar ma gedra.
• Gavin was buitengewoon met sy peroksiedhare.
• Hy het vir Hanna slangvelbroeke uit Londen gebring.
• Volgens Hanna was haar pa “trendy”; sy was dus ŉ enorme teleurstelling vir hom.
• Op die troufoto het haar pa vir haar “glamorous” gelyk in sy wit syhemp, langbroek
   van wit linne en bietjie maskara.
• Gavin was gay en het haar saam met Mana “geskep”.
• “Pappa” was vir Hanna ŉ onbekende begrip, want Gavin was nooit deel van Hanna
   se lewe nie.
• Hanna was nie opgewonde toe Gavin laat weet het dat hy haar vyftiende
   verjaarsdag saam met haar wou kom vier nie, want die die vorige veertien
   verjaarsdae was hy nie daar nie.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            9                     DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                        NSS – Memorandum

•     Hanna het gevoel haar gay-pa gaan haar voor Sharon, haar beste vriendin, in die
      skande steek.
•     Hanna het vir Gavin as ŉ afwesige/onbetrokke pa beleef.
•     Toe Gavin van Hanna se geboorte gepraat het en haar ŉ “fabulous creature”
      genoem het, het Hanna besef dat hy tog vir haar omgegee het/liefgehad het.
•     Hanna het besef dat haar peroksiedpa een ding geweet het en dit was hoe om
      partytjie te hou.
•     Hanna het hom aan die einde bewonder, al was hy nie juis ŉ voorbeeldige pa nie.

Hoe Hanna en Yann se verhouding was
• Yann het Hanna geïrriteer, want aan die begin van die verhaal het hy gelag omdat
   sy haar lewensverhaal wou skryf.
• Hanna het Yann haar ongelooflike “cool” sestienjarige stiefbroer genoem.
• Hulle het oor min dinge saamgestem behalwe oor die wittebrood-idee. Toe het
   Yann en Hanna albei gevoel dit was ŉ simpel idee.
• Hanna het beleef dat Yann hom aan die gesin onttrek het, veral as hy na sy
   “walkman” geluister het.
• Hanna het gewens dat Yann haar soos ŉ ouliker jonger sussie sou begin
   behandel.
• Hanna het besef dat Yann vir die ander meisies by die skool aantreklik was, want
   almal was mal oor sy oë en Hanna het haar daaroor vererg.
• Yann het simpatie met Hanna gehad omdat Tibo en Amos in haar kamer gekrap
   het en dit het Hanna verbaas.
• Hanna was eers jaloers op Sharon en Yann se verhouding, maar het dit later
   aanvaar.
• Yann het met Hanna gespot oor haar pa en het hom ŉ queen genoem.
• Yann het gesê Gavin is seker nie ŉ groter queen as sy ma nie.
• Yann het vir Hanna gekomplimenteer met die swart trui en grimering.
• Hanna het Yann steeds aan die einde ŉ irriterende stiefbroer genoem.

SLOT: Die stelling word sinvol saamgevat en afgesluit.                                       [35]

                                               OF

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita van der Vyver

4.1       4.1.1       • Margot
                      • Yann en Amos se ma
                      (Enige EEN)                                                            (1)

          4.1.2       Sy was in Suid-Afrika (vir ŉ rol in ŉ film).                           (1)

          4.1.3       • Yann was negatief oor Margot se besoek.
                      • Yann was nie opgewonde oor Margot se besoek nie.
                      (Enige EEN of soortgelyk)                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          10                       DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                       NSS – Memorandum

          4.1.4       • Margot gaan nie veel help nie.
                      • Margot was lui.
                      • Margot was vol fiemies.
                      (Enige EEN of soortgelyk)                                              (1)

4.2       • Sharon se pa en ma was professionele mense.
          • Sharon-hulle doen nie interessante goed soos Hanna se gesin nie.
          • Sharon het as enigste kind alles gekry.
          • Sharon was gewoond aan ŉ luukse lewe.
          (Enige DRIE of soortgelyk)                                                         (3)

4.3       slim                                                                               (1)

4.4       4.4.1       Onwaar                                                                 (1)

          4.4.2       •  Hanna het gedink dat die koningin soos ŉ inbreker (met ŉ
                         balaklawa) gelyk het.
                      • Hanna het gedink niks aan die koningin se lyf kon natuurlik
                         wees nie.
                       (Enige EEN)                                                           (1)

4.5       4.5.1       E    Mana                                                              (1)

          4.5.2       A    Beyers                                                            (1)

          4.5.3       B    Margot                                                            (1)

          4.5.4       C    Gavin                                                             (1)

4.6       4.6.1       Onwaar                                                                 (1)

          4.6.2       Margot het gesê dat sy bly was dat Mana vir Beyers ontmoet het,
                      (want sy het hom nog nooit so gelukkig gesien nie).                    (1)

4.7       • A
          • A     het vir Margot stokoud laat voel.
          • het vir Margot stokoud laat voel.
          (Enige EEN)                                                                        (1)

4.8       Nee.
          Sharon het altyd gedink dat haar mond te groot was en dus nie goed genoeg
          vir Hollywood nie.
          OF
          Ja.
          Almal het altyd vir Sharon vertel hoe mooi sy was, nes ŉ filmster.                 (1)

4.9       Hulle klere was dramaties  en kleurvol.                                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          11                         DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                       NSS – Memorandum

4.10      Nee.
          • Yann het net gesê hoe hy vir Gavin ervaar het.
          • Hy het vir Margot en Gavin in dieselfde kategorie geplaas.
          (Enige EEN of soortgelyk)
          OF
          Ja.
          • Yann en Hanna het gedurig van mekaar verskil.
          • Yann het seergekry deur sy ma se optrede (en hy wou vir Hanna ook
              seergemaak het).
          (Enige EEN of soortgelyk)                                                             (1)

4.11      Gavin het gesê dat hy ŉ swak voorbeeld van ŉ pa was.                                  (1)

4.12      •   B
          •   B      modepop                                                                    (1)

4.13      • Gavin het soos ŉ bosbouer gelyk.
          • Die klere het nie by hom gepas nie.
          (Enige EEN)                                                                           (1)

4.14      4.14.1      histeries                                                                 (1)

          4.14.2      bedruk                                                                    (1)

          4.14.3      geïrriteerd                                                               (1)

          4.14.4      bly                                                                       (1)

4.15      4.15.1      Gavin het baie gesukkel om by die berghuis uit te kom en tog het
                      hy hulle laat lag.                                                       (2)

          4.15.2      Yann was bekommerd om sy kamer met Gavin te deel.
                      Yann het nie geweet waar Gavin sou slaap nie.
                      (Gavin was gay) en Yann wou nie sy kamer met Gavin deel nie.              (1)

4.16      • Tibo het nie geweet wie sy pa was nie.
          • Tibo was ŉ proefbuisbaba.
          (Enige EEN of soortgelyk)                                                             (1)

4.17      Hanna wou nog altyd iemand anders wees. Dis ironies dat sy gesê het dat
          sy nie soos iemand anders wou lyk nie.                                               (2)

4.18      •  Dit kan hulle leer dat hulle hulle gesin moet liefhê/aanvaar al is die
             gesinslede anders.
          • Dit kan hulle help om hulle situasie beter te hanteer.
          • Dit sal hulle laat besef hulle situasie is nie uniek nie.
          (Enige EEN of soortgelyk)                                                             (1)
                                                                                                [35]

                                             OF

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          12                     DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                       NSS – Memorandum

VRAAG 5: OPSTELVRAAG

MEEULANDERS – Esta Steyn

Sien aangehegte rubriek

By die nasien van hierdie opstel maak die memorandum vir soveel moontlike feite
voorsiening. Die leerders hoef nie al die feite te voorsien nie. Laat ruimte vir
alternatiewe, toepaslike feite.

INLEIDING: Die kandidaat lei die opstelvraag sinvol in.

LIGGAAM

Fred se buite-egtelike verhoudings
• Fred het Veronica een aand na werk verkrag en haar laat belowe dat sy sou stilbly.
• Hy het gehoop die rol note (geld) wat hy Veronica aangebied het, sou opmaak vir
   sy verkeerde daad.
• Uit hierdie verkragting is ŉ babatjie gebore.
• Fred het later met Elsabet, wat toe nog met Jacob getroud was, ŉ verhouding
   gehad.
• Hy wou hê dat Elsabet Jacob vir hom moes los.
• Fred is later, na Sheila se dood, met Elsabet getroud.
• Hy het belowe dat hy haar gelukkig sou maak.
• Hy het nie sy belofte nagekom nie en het eerder ŉ verhouding met Jackie in die
   Kaap aangeknoop.
• Elsabet het daarvan uitgevind en het hom daaroor gekonfronteer.
• Hy het dit ontken, maar Elsabet het hom nie geglo nie.
• Skalla het uiteindelik Elsabet se vermoedens bevestig toe hy vir haar ŉ stukkie
   papier gegee het met Fred se skelmpie in die Kaap se nommer daarop.
• Fred was ŉ vrouejagter en kon nie ander vrouens uitlos nie.

Die gevolge van Fred se buite-egtelike verhoudings
• Skalla het van die verkragting van Kinnie uitgevind en het Fred afgepers.
• Fred moes toegee aan Skalla se eise om aandele in die besigheid te hê, al was
   Fred daarteen.
• Fred wou ten alle koste verhoed dat sy pa, vir wie hy groot respek gehad het,
   uitvind van sy ontrouheid.
• Toe Sheila van Kinnie se verkragting gehoor het, het sy selfmoord gepleeg.
• Sheila se dood het Fred baie ongelukkig gemaak.
• Fred was geskok toe hy by Jannerik verneem het dat Jannerik Veronica se pa was.
• Hierdie nuus het Fred van vrees na sy kantoor laat vlug.
• Hy het benoud gevoel, want hy het gedink die verlede het hom uiteindelik ingehaal.
• Hermanus het Fred oor sy verhouding met Elsabet, wat toe nog getroud was,
   gekonfronteer.
• Dit het ŉ stramheid tussen Fred en Hermanus veroorsaak.
• Terwyl Fred die verhouding met Jackie gehad het, was hy baie weg van die huis af.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          13                        DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                       NSS – Memorandum

•     Hy het vir Elsabet gejok en gesê dat hy vergaderings gehad het/met werk besig
      was.
•     Hy moes skelmpies vir Jackie bel om afsprake met haar te maak.
•     Fred was verantwoordelik vir Elsabet se drankverslawing.
•     Fred se pa het wel uitgevind van sy verhoudings en dit het hom, Hermanus, baie
      ongelukkig gemaak.
•     Fred se vriende het ook van sy verhoudings geweet en het dit vir Elsabet
      weggesteek.
•     Fred het ŉ rustelose lewe gelei.
•     Fred het dus ŉ dubbele lewe gelei om sy ontrouheid geheim te probeer hou.

 Hoe Fred aan die einde van die verhaal vir sy ontrouheid probeer vergoed het
• Fred het besluit om vrede te maak met Jacob om te vergoed vir die feit dat Fred vir
   Elsabet van Jacob afgerokkel het.
• Fred het ook vir Ryna belowe dat hy niemand sou vertel wie Janka se regte pa was
   nie.
• Fred het ook belowe dat hy nie aanspraak op Janka sou maak nie, maar altyd daar
   vir haar sou wees.
• Fred het berou oor Elsabet se dood getoon toe hy aan Ryna erken het dat hy haar
   mis.

SLOT: Die stelling word sinvol saamgevat en afgesluit.                                        [35]

VRAAG 6: KONTEKSTUELE VRAAG

MEEULANDERS – Esta Steyn

6.1         • (Na) die wal/wal toe.
            • (Na) sy suster/Ousanna toe.
            • Salamanderbaai toe.
           (Enige EEN)                                                                        (1)

6.2        Jacob-hulle se babadogtertjie het gesterf.                                         (1)

6.3        Sy vrou (Miemie) se dood en sy dogter (Kinnie) se dood.                          (2)

6.4        • Haar man het by dwelms betrokke geraak.
           • Hy het die huis aan die brand gesteek.
           • Hy het eers hulle seun, Ronnie, en toe homself geskiet.
           • Hy en hulle seun het in die brandende huis gesterf.
           (Enige DRIE)                                                                       (3)

6.5        Ja. Janka het Jannerik se lewe weer met vreugde gevul.                             (1)

6.6        Ryna het ŉ moederlike geaardheid gehad./Sy was soos ŉ moeder vir Janka.            (1)

6.7       • Hulle kon nie lig maak nie.
          • Daar was nie krag nie.
           (Enige EEN)                                                                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          14                          DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                       NSS – Memorandum

6.8       6.8.1       C    Doreen                                                                (1)

          6.8.2       B    Jacob                                                                 (1)

          6.8.3       A    Ryna                                                                  (1)

          6.8.4       D    Jannerik                                                              (1)

6.9       ŉ Mens se pyn groei in die takke in.                                                   (1)

6.10      daar is redes om te leef.                                                              (1)

6.11      • B
          • B     moeder
          • moeder
          (Enige EEN)                                                                            (1)

6.12      6.12.1      Waar                                                                       (1)

          6.12.2      • Ryna het die wonder van die natuur ontdek.
                      • Ryna het besef daar is ŉ ewewig in die lewe.
                      • Ryna het besef dat net die sterkstes in die natuur oorleef.
                      (Enige EEN)                                                                (1)

6.13      • Elsabet het gevoel die eiland het haar vasgedruk/voel soos ŉ tronk.
          • Elsabet was nie gelukkig op die eiland nie.
          • Elsabet wou ŉ normale lewe weg van die eiland lei.
          • Elsabet wou wegkom van Jacob af.
          • Agterna wou Elsabet by Fred wees.
          (Enige TWEE of soortgelyk)                                                             (2)

6.14      • D
          • D     ferm
          • ferm
          (Enige EEN)                                                                            (1)

6.15      6.15.1      Waar                                                                       (1)

          6.15.2      • Fred het nie genoeg aandag aan Elsabet geskenk nie.
                      • Fred het Elsabet baie alleen by die huis gelos.
                      • Fred het Elsabet met ŉ ander vrou/Jackie verkul.
                      (Enige EEN)                                                                (1)

6.16      Hansie wou Elsabet
          • laat voel het dat sy Elsabet se emosies verstaan.
          • laat besef het dat alles sou regkom.
          • laat weet het dat sy nog lief was vir haar.
          • laat weet het dat sy vir haar jammer gevoel het.
          • net vertroos.
          (Enige EEN of soortgelyk)                                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2             15                       DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                          NSS – Memorandum

6.17      6.17.1      Bernard wou nie na Elsabet luister nie/wou Elsabet nie aanvaar
                      nie/wou nie toelaat dat Elsabet haar eie stempel op die huis afdruk
                      nie.                                                                         (1)

          6.17.2      Skalla het Elsabet kom vertel van Fred se ontrouheid.                        (1)

          6.17.3      Hermanus wou Elsabet nie as skoondogter aanvaar nie/het nie van
                      Elsabet gehou nie/het Elsabet as ŉ flerrie beskou.                           (1)

6.18      •   Sy het baie geld spandeer/onnodige duur goed gekoop.                                (1)
          •   Sy het begin drink.                                                                 (1)

6.19      6.19.1      eensaam                                                                      (1)

          6.19.2      betroubaar                                                                   (1)

          6.19.3      onbetroubaar                                                                 (1)

          6.19.4      verkeerd                                                                     (1)

6.20      Sy het (in die see) verdrink.                                                            (1)
                                                                                                   [35]

                                                                TOTAAL AFDELING A:                 35

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          16                      DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                       NSS – Memorandum

AFDELING B: DRAMA

Beantwoord EEN van die volgende vrae.

VRAAG 7: OPSTELVRAAG

POPPIE, DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé

Sien aangehegte rubriek

By die nasien van hierdie opstel maak die memorandum vir soveel moontlike feite
voorsiening. Die kandidate hoef nie al die feite te voorsien nie. Laat ruimte vir
alternatiewe, toepaslike feite.

INLEIDING: Die kandidaat lei die opstelvraag sinvol in.

LIGGAAM:

Die 1960-opstande in Nyanga as gevolg van die Sharpeville-skietery
•    Met die stakings het die grootmense protes aangeteken teen die paswette en die
     lae betaling wat hulle ontvang het.
•    Die opstande het begin toe baie mans besluit het om hulle passe by die huis te
     los en polisiestasies toe te gaan om gearresteer te word.
•    Dit het gelei tot die geweld wat uiteindelik uitgeloop het op die Sharpeville-
     skietvoorvalle.
•    Die 1960-opstande in Nyanga was dus ŉ gevolg van die Sharpeville-skietery.
•    Poppie was toe al getroud (ongeveer 26 jaar oud).
•    Sy het haar broers probeer ompraat om nie betrokke te raak nie.
•    Stone was siek tydens die opstande en kon nie regtig deelneem aan die
     vergaderings nie.
•    Almal moes aan die stakings deelneem.
•    As jy nie deelgeneem het nie, kon die ander mense jou as ŉ spioen sien en kon
     hulle jou huis afbrand.
•    Die stakings het sowat drie weke aangehou en toe het die polisie die mense van
     Nyanga beveel om terug te gaan werk toe.
•    Diegene wat nie gewerk het nie, moes binnenshuis bly of is geskiet/gearresteer.
•    Mans wat tuis gebly het, is ook geslaan en gearresteer.
•    Plank was een van die mans wat deur die polisie geslaan is.
•    Selfs Poppie moes wegkruip vir die polisie omdat sy geen permit gehad het nie.
•    Die kinders van daardie tyd het hul respek vir die grootmense verloor en openlik
     gelag as die grootmense so vir die polisie weggehardloop het.
•    In hierdie drama verteenwoordig Poppie die grootmense se opstand, veral omdat
     sy altwee hierdie opstande beleef het.

Die 1976-opstande in Nyanga as gevolg van die Soweto-opstande
•    In Junie 1976 het die jeug van Soweto in opstand gekom teen die verpligte
     onderrig in Afrikaans.
•    In Augustus 1976 het jeugopstande ook in die Kaap uitgebreek.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          17                         DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                       NSS – Memorandum

•     Dit het in die Kaap begin oor toergeld wat weggeraak het, maar toe ontwikkel
      hierdie opstande in demonstrasies van solidariteit met hul “comrades” in Soweto.
•     Tydens hierdie opstande was Poppie en haar broers volwassenes.
•     Poppie se jongste broertjie, Jakkie, was nie meer ŉ tiener nie (24 jaar oud), maar
      het ook aktief deelgeneem.
•     Jakkie was so oud soos Poppie toe die 1960-onluste plaasgevind het.
•     Jakkie het die kinders se opstand verteenwoordig.
•     Die opstand was eers teen die biersale.
•     Toe het die jongmense teen die sjebeens begin optree.
•     Toe het dit sommer, volgens Jakkie, ŉ opstand teen die wet geword.
•     Tydens hierdie opstande was Poppie terug in die Kaap, want dit was na Stone se
      dood.
•     Poppie en haar ma was ongelukkig oor Jakkie se betrokkenheid by die opstande.
•     Jakkie het geglo hy veg namens Poppie en haar kinders en dat hy geveg het,
      omdat die grootmense te moeg geword het om te baklei.
•     Afgesien van die aanvalle op die biersale en sjebeens, het die kinders toe ook
      die trekarbeiders begin aanval.
•     Dit het gelyk asof die polisie aan die kant van die trekarbeiders was.
•     Kersdag 1976 is as ŉ dag van rou deur die kinders afgekondig. Almal moes rou
      oor die mense wat gedurende hierdie opstande gesterf het.
•     Die lokasie het begin oorlog maak teen die trekarbeiders, met die polisie aan die
      kant van die trekarbeiders.
•     Klippe en petrolbomme het geval.
•     Jakkie het op ŉ polisieman geskiet en het gevlug.
•     Jakkie se betrokkenheid by hierdie opstande het veroorsaak dat omtrent sy hele
      familie in een of ander stadium gearresteer is.

Die invloed wat die 1976-opstande op Poppie se kinders gehad het
•     Poppie het gedink dat haar kinders veilig in Mdantsane sou wees en Herschel
      tydens die opstande in die Kaap.
•     Poppie moes teruggaan Kaap toe na Stone se dood sodat sy meer geld kon
      verdien om vir hulle te sorg.
•     Poppie het vir Vukile, haar kleinkind, by haar in die Kaap gehad.
•     Hy het gesterf op Tweede Kersdag toe oorlog uitgebreek het tussen die mense
      in die lokasie, die trekarbeiders en die polisie.
•     Nadat Jakkie die polisieman geskiet het, het die polisie hom gesoek vir poging
      tot moord, maar hy het gevlug.
•     Hy het Mdantsane toe gevlug om by Bonsile, Poppie se seun, te kom.
•     Bonsile moes vir Jakkie help om in Herschel te kom.
•     Poppie was bang toe die polisie haar kinders se adres by haar wou hê.
•     Dis toe dat sy gehoor het Jakkie het haar kinders by die opstand betrek deur
      hom te help vlug.
•     Bonsile is deur die polisie gevang toe hy teruggekom het van Herschel af.
•     Nomvula is in Herschel deur die polisie ondervra.
•     Poppie was aan die begin baie ontsteld oor haar kinders wat toe ook by die
      moeilikheid betrek is, maar moes aan die einde van die drama aanvaar het dat
      sy niks kon doen om dit te keer nie.

SLOT: Die stelling word sinvol saamgevat en afgesluit.                                         [35]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          18                         DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                       NSS – Memorandum

VRAAG 8: KONTEKSTUELE VRAAG

POPPIE, DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé

8.1       8.1.1       Hou op drank verkoop./Die ”migrants” moes ophou drank verkoop.            (1)

          8.1.2       •   Die “migrants” het die kinders begin slaan.
                      •   Die “migrants” het die kinders beledig.
                      •   Die “migrants” het nie opgehou om drank te verkoop nie./Die
                          “migrants” het aangehou om drank te verkoop.
                      (Enige EEN)                                                               (1)

8.2       Die kinders het die grootmense (met latte) geslaan.                                   (1)

8.3       Die grootmense(het dit in 1960 begin).
          Die kinders (het dit in 1976 begin).                                                 (2)

8.4       8.4.1       Waar                                                                      (1)

          8.4.2       • Die polisie het gesê die “migrants” mag maar die kinders slaan.
                      • Die polisie het die “migrants” gehelp om die kinders te slaan.
                      (Enige EEN)                                                               (1)

8.5       • Die kinders kon die owerhede se besluite respekteer het.
          • Die kinders kon gewag het totdat dinge self reggekom het.
          • Die kinders kon saam met hul ouers besluit het.
          (Enige EEN of soortgelyk)                                                             (1)

8.6       Baie tevrede/opgewonde/dankbaar/hoopvol/verlig.
          (Enige EEN)                                                                           (1)

8.7       •   Die inwoners kon nie meer basiese voedsel soos vars melk en brood in
              die lokasie kry nie.
          • Dienslewering van basiese benodigdhede is gestaak.
          (Enige EEN of soortgelyk)                                                             (1)

8.8       • Geen nuwe klere/skoene moes gekoop word nie.
          • Geen nuwe klere/skoene moes aangetrek word nie.
          • Geen presente moes aan enigiemand gegee word nie.
          • Geen kos moes gekook word nie.
          (Enige DRIE)                                                                          (3)

8.9       8.9.1       tronk                                                                     (1)

          8.9.2       huis                                                                      (1)

          8.9.3       stories                                                                   (1)

          8.9.4       buurman                                                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          19                        DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                       NSS – Memorandum

8.10      8.10.1      C    Mr. Green                                                          (1)

          8.10.2      D    Poppie                                                             (1)

          8.10.3      A    Jakkie                                                             (1)

          8.10.4      B    Bonsile                                                            (1)

8.11      • Poppie was moeg/moedeloos vir al die bakleiery.
          • Poppie wou net rus en vrede hê.
          • Poppie het genoeg swaargekry.
          (Enige EEN of soortgelyk)                                                           (1)

8.12      Na die verpligte Afrikaans in alle skole.                                           (1)

8.13      • C
          • C     Poppie-hulle in die huis sou doodbrand.
          • Poppie-hulle in die huis sou doodbrand.
          (Enige EEN)                                                                         (1)

8.14      • In Mdantsane/In die Oos-Kaap
          (Enige EEN)                                                                         (1)

8.15      8.15.1      Waar                                                                    (1)

          8.15.2      Vukile was ŉ onskuldige slagoffer.                                      (1)

8.16      • Jakkie het ŉ polisieman geskiet.
          • Jakkie het oor die grens gevlug.
          • Jakkie het die land sonder toestemming verlaat.
          • Jakkie was in besit van ŉ rewolwer (sonder lisensie).
          (Enige EEN of soortgelyk)                                                           (1)

8.17      Bonsile en Nomvula is deur die polisie in hegtenis geneem/gevang.                   (1)

8.18      • Bonsile kon verantwoordeliker opgetree het.
          • Bonsile kon sy skoolloopbaan voltooi het.
          • Bonsile kon ŉ beter voorbeeld vir die ander kinders wees.
          (Enige EEN of soortgelyk)                                                           (1)

8.19      reisdokumente                                                                       (1)

8.20      • Sy was baie lief vir Jakkie.
          • Jakkie was haar gunstelingbroertjie.
          • Sy het vir Jakkie help grootmaak.
          (Enige EEN)                                                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          20                    DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                       NSS – Memorandum

8.21      • A
          • A     wat haar kinders se huisadres in Herschel was.
          • wat haar kinders se huisadres in Herschel was.
          (Enige EEN)                                                                      (1)

8.22      Ja
          • Die leerders word bewus gemaak van hoe swaar hul ouers/grootouers
              gekry het.
          • Die leerders leer om hul voorregte  (waarvoor hul ouers/grootouers
              geveg het), te waardeer.
              (Of soortgelyk)
          OF
          Nee.
          • Die inhoud is nie meer relevant vir kinders nie, want dit het te lank
              gelede gebeur.
          • Die drama is vervelig,want vandag se jongmense kan hulle nie daarmee
              identifiseer nie.
          (Of soortgelyk)                                                                  (2)
                                                                                           [35]

VRAAG 9: OPSTELVRAAG

PALJAS – Chris Barnard

Sien aangehegte rubriek

By die nasien van hierdie opstel maak die memorandum vir soveel moontlike feite
voorsiening. Die kandidate hoef nie al die feite te voorsien nie. Laat ruimte vir
alternatiewe, toepaslike feite

INLEIDING: Die kandidaat lei die opstelvraag sinvol in.

Wat Nollie gedoen het om aan Emma te wys dat hy vir haar omgegee het
• Emma wou aan die begin niks met Nollie te doen gehad het nie.
• Eendag het Emma in die veld gaan stap en Nollie het per fiets gery en Emma in die
  veld gesien.
• Nollie het vriendelik met haar gesels, maar Emma het nie met hom gepraat nie.
• Toe die sirkus op Toorwater aankom, het Nollie eendag vir Emma hoor gil.
• Tussen die trokke het hy vir Bertie gesien wat Emma teen die trok vasgedruk het.
• Nollie het Bertie gegryp en hom van Emma af weggeruk.
• ŉ Geveg tussen Bertie en Nollie het gevolg.
• Nollie het Emma se hand gevat en haar weggeneem.
• Katrien het Nollie se wonde versorg en Emma het die skottel met lou water
  vasgehou.
• Nollie was bekommerd oor Emma en het gevra of sy nie seergekry het nie.
• Eendag het Emma in die bad op die werf gesit.
• Nollie het daar opgedaag en sy fiets naby geparkeer.
• Emma het geskrik en die bad waarin sy was, het omgeval en dit het bo-oor haar
  gelê.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          21                         DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                       NSS – Memorandum

•   Hy het die handdoek gevat en gesê hy sou dit aan haar gee net as sy saam met
    hom na die Volstruisdans toe sou gaan.
•   Emma het vinnig ja gesê.

Hoe Emma aan die begin oor trou gevoel het
• Emma het gesê sy gaan nooit trou nie.
• Sy het haar ma gevra of sy (Katrien) weer sou trou as sy kon kies.
• Emma het gesien dat daar probleme tussen haar ma en pa was.
• Hendrik het nie juis vir Katrien soos ŉ vrou laat voel nie.
• Die atmosfeer in hulle huis was nie juis dié van ŉ gelukkige gesin nie.
• Emma het ook gesien hoe haar ma teenoor Frans gereageer het toe hy na hulle
  huis toe gekom het.
• Hendrik het die verhouding tussen Nollie en Emma aangemoedig.
• Hendrik se inmenging het Emma kwaad gemaak.

Hoe Emma en Nollie se verhouding na die Volstruisdans verbeter het
• By die Volstruisdans het Nollie voor Emma gaan staan om haar teen die tamatie-
  en eiergooiery te beskerm.
• Nollie het vir Emma en Katrien in die motor probeer inkry om hulle te beskerm.
• Nollie het sy hand op Emma se hand gesit en sy het vir hom gekyk.
• By die huis het Nollie op die leuning van Emma se stoel gaan sit en sy hand op
  haar kop gesit.
• Nollie het probeer om ŉ familietwis tussen Hendrik en Emma te keer.
• Nollie en Emma het later alleen in die eetkamer gesit.
• Hulle het altwee geweet dat die soen gaan kom, maar toe het Willem hulle gepla.

SLOT: Die stelling word sinvol saamgevat en afgesluit.                                            [35]

VRAAG 10: KONTEKSTUELE VRAAG

PALJAS – Chris Barnard

10.1      • Die motor het gaan staan/was stukkend/het op die pad gebreek.
          • Hendrik het altyd gesukkel om die motor te onderhou.
          (Enige EEN)                                                                             (1)

10.2      • Hendrik was kwaad vir Katrien.
          • Hy het gevoel hy moet ernstig met haar praat.
          (Enige EEN)                                                                             (1)

10.3      Van die dokter (Oudokter) (se spreekkamer) af.                                          (1)

10.4      10.4.1      Willem was ontsteld/ongelukkig.                                             (1)

          10.4.2      Willem het een klip misgevang/Twee klippe het geval.                        (1)

10.5      By Manuel/die nar.                                                                      (1)

10.6      Dit is die (romantiese) musiek waarna Hendrik geluister het.                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           22                         DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                        NSS – Memorandum

10.7      sarkasties oor dit wat Hendrik koop.                                                    (1)

10.8      10.8.1      verantwoordelik                                                             (1)

          10.8.2      roekeloos                                                                   (1)

          10.8.3      onredelik                                                                   (1)

          10.8.4      ongelukkig                                                                  (1)

10.9      Hendrik wou nie hê Katrien moes mooi lyk (vir ander mans) nie.                          (1)

10.10     •   D
          •   D    Hendrik het Katrien altyd gedomineer.
          •   Hendrik het Katrien altyd gedomineer.
              (Enige EEN)                                                                         (1)

10.11     Emma wou glad nie trou nie/was bang om in ŉ verhouding betrokke te raak.                (1)

10.12     • Hulle was bekommerd.
          • Hulle het skuldig gevoel.
          (Enige EEN)                                                                             (1)

10.13     10.13.1     Waar                                                                        (1)

          10.13.2     Hy het altyd geraas/gebaklei (en so vir Willem bang gemaak).                (1)

10.14     (Dis) beledigend/minagtend                                                              (1)

10.15     Hulle het geldelike/finansiële probleme.                                                (1)

10.16     Toorwater                                                                               (1)

10.17     Dit is ŉ vaal/vergete/eensame plek.                                                     (1)

10.18     Sy het nie van die plek gehou nie./Dit het vir haar soos ŉ tronk gevoel.                (1)

10.19     •  Hy was verlief op Katrien.
          •  Hy het by Katrien gaan kuier as Hendrik nie daar was nie.
          •  Hy het altyd kom vra of Katrien iets van die dorp af nodig gehad het.
          •  Hy het die McDonalds op die dorp verdedig deur te sê dat hy niks
             vreemds op die McDonalds se werf gesien het nie.
          • Hy het in ŉ geveg betrokke geraak omdat hy die McDonalds verdedig het.
          (Enige DRIE feite)                                                                      (3)

10.20     Hendrik het getwyfel (was onseker) of Katrien hom liefgehad het.                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          23                         DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                       NSS – Memorandum

10.21     • B
          • B     jaloesie
          • jaloesie
          (Enige EEN)                                                                           (1)

10.22     10.22.1     B    Hendrik                                                              (1)

          10.22.2     A    Manuel                                                               (1)

          10.22.3     D    Emma                                                                 (1)

          10.22.4     E    Jan                                                                  (1)

10.23     10.23.1     Waar.                                                                     (1)

          10.23.2     Katrien het erken dat sy lief vir Hendrik was.                            (1)

10.24     Hy was verstom/woordeloos om te hoor Katrien was lief vir hom.
          Hy het besef Katrien was lief vir hom.
          Hy was verbaas oor Katrien se liefdesverklaring.
          (Enige EEN of soortgelyk)                                                             (1)
                                                                                                [35]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:            35

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          24                     DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                       NSS – Memorandum

AFDELING C: KORTVERHALE

STORIEJOERNAAL

VRAAG 11: OPSTELVRAAG

DIE PAKKIE – Leonard Koza

Sien aangehegte rubriek

By die nasien van hierdie opstel maak die memorandum vir soveel moontlike feite
voorsiening. Die kandidate hoef nie al die feite te voorsien nie. Laat ruimte vir
alternatiewe, toepaslike feite.

INLEIDING: Die kandidaat lei die opstelvraag sinvol in.

LIGGAAM:
Van Esther en die geheime pakkie
• Esther het van die skool af gekom en dadelik na haar kamer toe gegaan.
• Sally het iemand by die hekkie gesien wat gebare gestaan en maak het.
• Toe Sally wou weet wie dit was, het Esther gesê dat dit haar klasmaat was, wat ŉ
   pakkie kom afhaal het.
• Sally het gedink dis ŉ skollie en wou weet wat in die pakkie was.
• Esther het geweier om vir haar ma die pakkie te gee of te sê wat daarin was.
• Esther het gesê dat dit gevaarlik was en nie haar ma se besigheid nie.

Hoe Sally probeer het om uit te vind wat in die pakkie was
• Sally wou geweet het wat in die pakkie was voor Esther dit vir haar klasmaat gegee
  het.
• Sally het aangedring om die pakkie te sien.
• Sally het Esther gekeer sodat sy nie verby haar kon gaan om die pakkie af te lewer
  nie.

Hoe Sally self die probleem ná Pang en Miena se aankoms opgelos het
• Pang Doodmaak en Miena het in ŉ nuwe Duitse motor voor Sally se huis stilgehou.
• Sally het gedink dis die skollie-seun se pa.
• Pang en Miena het die seun, Jakkals, gevra waar die pakkie was.
• Hy het gesê die pakkie was in die huis by Esther.
• Pang en Miena het hardhandig met Jakkals gewerk.
• Pang was nie in sy bende-gebied nie en wou so gou as moontlik weggekom het.
• Pang wou die pakkie hê en was bereid om geweld te gebruik as dit moes.
• Pang het na Sally se huis gestap om die pakkie by Esther te gaan afhaal.
• Sally het die teken van die kruis gemaak voordat sy die voordeur vir Pang
  oopgemaak het.
• Sally het geen vrees getoon nie en dit het Pang ongemaklik laat voel.
• Sally het Pang se ouers goed geken. Sy het hom oor sy ma uitgevra.
• Slang, ŉ ander bendelid, wou gewelddadig raak en het gedreig om vir Sally te skiet
  en haar dogter te gryp.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans FAL P1 Feb-March 2013 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2013-memo/def28fd3-4ef5-4ad1-bec7-aa5d00c18f3f) — Afrikaans FAL · Memo · 2013 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2013 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2013-memo/f2c59dc0-47f2-47b1-9662-b5b6b041a380) — Afrikaans FAL · Memo · 2013 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Feb-March 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-feb-march-2015-memo/fd80c4c4-fdd4-46b3-810f-b38df6c4444a) — Afrikaans FAL · Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Feb-March 2012 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-feb-march-2012-memo/1c68a98a-aafe-423c-8236-da6e1cdcfa85) — Afrikaans FAL · Memo · 2012 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Feb-March 2013](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2013/6ea7adf0-5283-4faa-83ac-2ac62003e567) — Afrikaans FAL · QP · 2013 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Feb-March 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2015-memo/5ed31c77-16c2-4990-827a-9f3ff5f70d23) — Afrikaans FAL · Memo · 2015 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-qp-sept2024/83184aba-b793-4289-94bf-4aa5eb852531) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 Afrikaans P2 (FAL) 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-afrikaans-p2-fal-2024-question-paper/7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2024/18189e63-b80d-4773-b7b0-d85b065c5658) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/0feff6b0-aa5f-4380-acf0-f06343bc22d3) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/09c32e3a-6e0c-4c06-aec3-b0b54a251f21) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 QP SEPT2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-qp-sept2023/464e635d-666a-408f-b9ea-b7c91712c7de) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
