# Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC Supplementary 2013 QP

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the NSC Supplementary 2013, 35 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-feb-march-2013/944c0465-a2f1-4aff-be29-f8e3ee4e6074
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2013
- Exam period: NSC Supplementary
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 35

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC Supplementary 2013 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-feb-march-2013/944c0465-a2f1-4aff-be29-f8e3ee4e6074)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC Supplementary · 2013 · Afrikaans. Question paper, 35 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans FAL P2 Feb-March 2013 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-feb-march-2013-memo/8d78512b-beec-44df-ae7d-20f2cb40a28d) — Memo · 2013 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                       GRAAD 12

                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

                             FEBRUARIE/MAART 2013

PUNTE: 70

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 35 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           2                         DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                              NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.        Moenie die hele vraestel deurlees nie.

2.        Gebruik die inhoudsopgawe om jou met jou keuses te help.

3.        Die vraestel bestaan uit VIER afdelings:

          AFDELING A: Roman                   (35)
          AFDELING B: Drama                   (35)
          AFDELING C: Kortverhale             (35)
          AFDELING D: Gedigte                 (35)

4.        Lees die inhoudsopgawe op bladsy 3 en dui die vraagnommers van die TWEE
          letterkundetekste wat julle in die klas behandel het, aan.

5.        Lees dan die vrae oor hierdie TWEE tekste wat julle behandel het en kies die
          tipe vraag wat jy wil doen, byvoorbeeld die opstelvraag/kontekstuele vraag.

6.        Beantwoord TWEE vrae:        EEN vraag uit elkeen van die TWEE afdelings wat
                                       julle behandel het.

7.        Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

8.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik word.

9.        Laat ŉ reël oop na elke antwoord.

10.       Voorgestelde tydsindeling: Ongeveer 60 minute per afdeling/vraag

11.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2     3                          DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                        NSS

INHOUDSOPGAWE

Kies TWEE afdelings.

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord net EEN vraag.
            VRAAGNOMMER                     VRAAG           PUNTE      BLADSYNOMMER
1.     Kringe in ŉ Bos                 Opstelvraag            35             4
                                         OF
2.     Kringe in ŉ Bos                 Kontekstuele vraag    35                 4
                                         OF
3.     Die ongelooflike avonture van   Opstelvraag           35
       Hanna Hoekom                                                             7
                                         OF
4.     Die ongelooflike avonture van   Kontekstuele vraag    35
       Hanna Hoekom                                                             8
                                         OF
5.     Meeulanders                     Opstelvraag           35                11
                                         OF
6.     Meeulanders                     Kontekstuele vraag    35                12
                                          OF
AFDELING B: DRAMA

Beantwoord net EEN vraag.
7.     Poppie, die drama               Opstelvraag           35                16
                                         OF
8.     Poppie, die drama               Kontekstuele vraag    35                16
                                         OF
9.     Paljas                          Opstelvraag           35                20
                                         OF
10.    Paljas                          Kontekstuele vraag    35                20
                                          OF
AFDELING C: KORTVERHALE

Beantwoord net EEN vraag.
11.    Die pakkie                      Opstelvraag           35                24
                                         OF
12.    Astra castra                    Kontekstuele vraag    35                24

                                          OF
AFDELING D: GEDIGTE

Beantwoord die vrae oor enige TWEE van die gedigte.
13.    Thumela                         Kontekstuele vraag    17½               28
                                         OF
14.    Woorde                          Kontekstuele vraag    17½               30
                                         OF
15.    Kontak                          Kontekstuele vraag    17½               32
                                         OF
16.    Kabouterliefde                  Kontekstuele vraag    17½               34

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          4                            DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                             NSS

AFDELING A: ROMAN

BEANTWOORD ÓF DIE OPSTELVRAAG ÓF DIE KONTEKSTUELE VRAAG.

VRAAG 1: OPSTELVRAAG

KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee

Een van die motiewe in Kringe in ŉ Bos is die liefdesverhouding tussen Saul en Kate.

Skryf ŉ OPSTEL (250–300 woorde) oor:

•     Saul se eerste ontmoeting met Kate
•     Saul en Kate se geheime ontmoetings op Sondae
•     Saul en Kate wat erken het dat hulle mekaar liefhet

Jou opstel moet ŉ inleiding en ŉ slot hê.                                                         [35]

                                             OF

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 1           “Dis Saul, hy verjaar vandag,” het sy pa op die ou Bosmanier teen
 2         die voordag onder die skerm aangekondig.
 3           “Geluk, Saul,” het oom Anneries krakerig omgedraai.
 4           “Is ek nou veertien, Pa?” wou hy net seker maak.
 5           “Ja. En geluk van my ook. As ŉ man eers veertien is, begin jy
 6         vleis aan jou bene kry en bas aan jou vel en kan jy uitkyk na die
 7         dag wat jy jou eie byl kan swaai – jy moet kom begin uitkap aan
 8         die kwaallatte later vandag. Ons is amper reg vir uitsleep.”
 9           Dit was ŉ vreemde gevoel. Die veertien gevoel. So asof jy in
 10        twee bome gelyk staan.
 11          As een van hulle verjaar het, het sy ma altyd vir ŉ vleiskossie
 12        gesorg. Hy het die keer onthou toe sy pa verjaar het en die
 13        wildekat die oggend die laaste hoender gevang het. Sy ma het die
 14        hele dag met ŉ wip gesukkel, maar toe sy pa-hulle teen die skemer
 15        uit die Bos kom, was daar ŉ fisant in die pot.

2.1       Watter groot hartseer het Saul net voor sy veertiende verjaarsdag ervaar?               (1)

2.2       Watter bewys is daar in die uittreksel dat Saul se ma lief was vir die gesin?           (1)

2.3       Wat beteken die woorde “begin jy vleis aan jou bene kry”? (Reël 5–6)                    (1)

2.4       Waarom, dink jy, het Saul gevoel asof hy in “twee bome gelyk staan”?
          (Reël 10)                                                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            5                            DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                               NSS

2.5       Watter tipe vleis wou Saul op sy veertiende verjaarsdag gehad het?                           (1)

2.6       Saul het vir Jozef vertel dat die bloubokkie se gal nie in die kop gesit het nie.            (1)

          2.6.1       Wat was Jozef se reaksie op hierdie inligting?                                   (1)

          2.6.2       Wat lei ons af uit Jozef se reaksie op hierdie inligting?                        (1)

2.7       Saul het ŉ belangrike lewensles op sy veertiende verjaarsdag geleer.

          2.7.1       Dui aan of die stelling WAAR of ONWAAR is.                                       (1)

          2.7.2       Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.7.1.                                            (1)

2.8       Dink jy dit was reg dat Joram Barnard besluit het dat Saul ŉ houtkapper moes
          word? Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                                           (1)

2.9       Hoe kan die leser uit die uitsleep van die waenhout aflei dat Jozef fisies
          sterker as Saul was?                                                                         (1)

2.10      Hoe het Saul gevoel toe hy op veertienjarige ouderdom die dorp vir die eerste
          keer gesien het?                                                                             (1)

2.11      Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.
          Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer (2.11.1–2.11.4) neer.

                  dwarslêers; regering; stinkhout; kantoor; houtkaplisensie;
                                    byl; boswagter; merk

          ŉ Man van die (2.11.1) ... het vir Joram-hulle kom waarsku dat hulle nie enige
          boom kon kap nie. Hy wou Joram se (2.11.2) ... sien. Die spoorweë het die
          hout wat Joram gekap het, as (2.11.3) ... gebruik. Joram-hulle kon net bome
          kap waarop die boswagter se (2.11.4) ... was.                                                (4)

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1         “Ek sal nie daarvan eet nie,” het hy bitter gesê.
2         “Loop sê nou weer vir Harison ons het geskiet!” Jozef slaan
3         langs hom op die tafel met sy vuis. “Loop sê hom solat Pa weer
4         in die hof kan gaan staan en nog ŉ os moet verkoop om te betaal!”
5         “Ek weet nie waarvan jy praat nie,” het hy geskrik.
6         “Wie anders as jy kon vir Harison presies gesê het wie almal by
7         MacDonald aflewer, hul name, waar hulle woon? Wie anders
8         kon loop sê het wie steek tande onder die hout weg en wie nie?
9         Jy het dit loop sê, ek sê dit vir jou!”
10        “Ek het dit nie gesê nie.”
11        “Ontsien die dag kinders,” het sy pa moegweg gekeer.
12        “Pa, ek weet nie waarvan Jozef praat nie, ek weet nie waarvan
13        ek beskuldig word nie!”
14        “Jy lieg!”skree Jozef hom stil. “Wie anders kon hom gesê het?”

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         6                           DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                            NSS

15        “Ek weet nie. Ek weet net dis nie ek nie.”
16        “Ontsien die dag, kinders!”
17        Maar Jozef het voor hom kom staan en hom uitgedaag.
18        “Hoekom is net Pa en oom Gert en oom Wiljam van hierdie
19        kant af hof toe gesleep? Hoekom nie van die ander ook nie? Ek
20        sal jou sê hoekom nie, omlat hulle by Smith hout en tande lewer
21        en nie by MacDonald nie!”

2.12      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          vraagnommer en die letter (A–D) neer.

          Hierdie gesprek in die uittreksel het plaasgevind toe Saul sy gesin tydens ...
          besoek het.

          A       Kersfees
          B       die jagseisoen
          C       sy etensuur
          D       Paasfees                                                                       (1)

2.13      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          vraagnommer en die letter (A–D) neer.

          Saul wou nie ... eet nie.

          A       beesvleis
          B       olifantlewer
          C       beeslewer
          D       olifantvleis                                                                   (1)

2.14      Kies die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en die
          antwoord neer.

          In hierdie uitreksel was Jozef openlik (vyandig/snaaks) teenoor Saul.                  (1)

2.15      Hoe het Saul, volgens Jozef, sy gesin verraai?                                         (1)

2.16      Waarom kan ons sê dat Jozef verkeerd teenoor Saul opgetree het?                        (1)

2.17      Waarom was dit ironies dat Saul juis op Kersdag toe hy sy gesin besoek het,
          kwaad die huis verlaat het?                                                            (1)

2.18      Hoe het Saul die eerste keer uitgevind dat sy eie gesin ook olifante begin
          skiet het?                                                                             (1)

2.19      Het die Bosmense reg opgetree om olifante te skiet? Gee ŉ rede vir jou
          antwoord.                                                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           7                            DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                              NSS

2.20      MacDonald het groot respek vir die houtkappers en hulle kinders gehad.

          2.20.1      Dui aan of die stelling WAAR of ONWAAR is.                                   (1)

          2.20.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.20.1.                                       (1)

2.21      Kies elke keer die karakter uit KOLOM B wat by die inligting in KOLOM A pas.
          Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (2.21.1–2.21.4) neer.

                       KOLOM A                                     KOLOM B
          2.21.1 Hy was Saul se eerste                A     Martiens Botha
                 werkgewer.
                                                      B     Maska
          2.21.2 Hy was Arend se vader.
                                                      C     Harison
          2.21.3 Hy was die bewaarder van die
                 Bos.                                 D     MacDonald

          2.21.4 Hy het Saul geleer dat die Bos       E     Joram Barnard
                 aan die Bosmense behoort.
                                                                                     (4 x 1)       (4)

2.22      Watter les kan jy uit hierdie uittreksel oor familieverhoudings leer?                    (1)

2.23      Vertel kortliks van die gebeure rondom Arend se dood. Noem DRIE feite.                   (3)
                                                                                                   [35]

                                              OF

VRAAG 3: OPSTELVRAAG

DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita van der Vyver

Vir Hanna was haar ma, biologiese pa en stiefbroer, Yann, uniek.

Skryf ŉ OPSTEL (250–300 woorde) waarin jy die volgende bespreek:

•   Hoe Hanna Mana as ma ervaar het
•   Gavin se uniekheid
•   Hoe Hanna en Yann se verhouding was

Jou opstel moet ŉ inleiding en ŉ slot hê.                                                          [35]

                                              OF

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         8                          DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                            NSS

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita van der Vyver

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1         Die koningin kom. Dit voel of iemand op ŉ beuel behoort te
2         blaas. Die skraal figuur wat uit die kar klim, lyk met die eerste
3         oogopslag soos ŉ inbreker met ŉ balaklawa. Nogal ŉ teleurstel-
4         ling. Maar dan sien ek dis net ŉ swart kledingstuk wat sy oor haar
5         kop gegooi het. Asof sy nie die sambreel vertrou om haar hare
6         droog te hou nie. Sy beweeg versigtig, voetjie vir voetjie, voor om
7         die kar en maak die passasiersdeur vir Amos oop. Hulle kom saam
8         na ons toe aangestap, styf teen mekaar onder die sambreel, statig
9         soos ŉ bruidspaar. Amos grinnik van oor tot oor. Die bruid – ek
10        bedoel die koningin – se gesig is steeds onsigbaar onder die baadjie
11        wat oor haar kop hang.
12        Eers toe sy veilig onderdak is, lig sy haar swart sluier, vroetel
13        met haar vingers in haar vlasblonde hare en glimlag vir almal van
14        ons. Dis ŉ glimlag wat selfs Sharon s’n in die skadu stel.

4.1       “Die koningin kom.”

          4.1.1       Wie was die koningin wat hier by die berghuis aangekom het?              (1)

          4.1.2       Hoekom was dit vir die koningin moontlik om by die familie op die
                      berg te gaan kuier?                                                      (1)

          4.1.3       Hoe het Yann aan die begin oor die koningin se besoek gevoel?            (1)

          4.1.4       Watter negatiewe kommentaar het Beyers oor die koningin gehad
                      voordat sy op die berg aangekom het?                                     (1)

4.2       Sharon, Hanna se beste vriendin, het ook by die gesin kom kuier. Sharon se
          gesinslewe het baie anders as Hanna s’n gelyk. Gee DRIE feite waarin jy
          Sharon se gesinslewe beskryf.                                                        (3)

4.3       Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en
          die antwoord neer.

          Die koningin het by haar aankoms vir Hanna gesê dat sy gehoor het dat
          Hanna vreeslik (mooi/slim) was.                                                      (1)

4.4       Toe Hanna die koningin vir die eerste keer gesien het, was Hanna beϊndruk
          met die koningin se voorkoms.

          4.4.1       Dui aan of die stelling WAAR of ONWAAR is.                               (1)

          4.4.2       Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.4.1.                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2             9                      DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                                NSS

4.5       Kies elke keer die persoon uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A
          pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (4.5.1–4.5.4) neer.

                             KOLOM A                               KOLOM B
          4.5.1      Die persoon het nie aan           A     Beyers
                     tradisionele rolle vir seuns en
                     meisies geglo nie.                B     Margot

          4.5.2      Volgens Hanna was dié persoon C         Gavin
                     die beste man wat Mana nog in
                     haar lewe gehad het.          D         Yann

          4.5.3      Die persoon was ŉ sukkelende,     E     Mana
                     ouerige aërobiese instruktrise.

          4.5.4      Die persoon het gesê Hanna
                     was vir hom perfek – ŉ fabulous
                     creature.
                                                                                (4 x 1)       (4)

4.6       Margot was jaloers op Mana omdat Mana met Beyers getroud was.

          4.6.1        Dui aan of die stelling WAAR of ONWAAR is.                             (1)

          4.6.2        Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.6.1.                                  (1)

4.7       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          vraagnommer en letter (A–D) neer.

          Margot wou hê Sharon moes haar eerder op haar naam noem, want “u” ...

          A       het vir Margot stokoud laat voel.
          B       het nie by ŉ rolprentster gepas nie.
          C       het Margot soos ŉ koningin laat voel.
          D       het nie by iemand uit Amerika gepas nie.                                    (1)

4.8       Dink jy Sharon het geglo dat sy (Sharon) in Hollywood hoort? Gee ŉ rede vir
          jou antwoord.                                                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          10                           DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                             NSS

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1         “My pa is nie ŉ queen nie! Jy ken hom nie eens nie!”
2         “Wel, hy’s seker nie ŉ groter queen as my ma nie,” gee hy toe.
3         Beyers vat ŉ vinnige hap van sy gebakte eier.
4         “Hy’t gesê ons moet hom nie voor middagete verwag nie,” sê
5         Mana. “Maar ek weet nie of enige kar nog hier kan uitkom nie.
6         As die reën net wil ophou!”
7         “Dis nie ŉ ophoureën nie,” sê Beyers. “Dis ŉ aanhoureën.”
8         “Van wanneer af is Pa ŉ weerprofeet?” wil Yann weet.
9         “Van ek netnou in die kar na die radio gaan luister het,” antwoord
10        Beyers. “Die hele Wes-Kaap is besig om weg te spoel.”
11        “Dan’s dit seker goed ons sit op ŉ berg,” skerts ek om my skrik weg
12        te steek. “Dit sal lank vat voor die water tot hier kan styg.”

13        Gavin daag nie voor middagete op nie. Ook nie ná middagete nie.
14        Teen laatmiddag, toe dit begin skemer word en die reën steeds
15        troosteloos uit die lae wolke sif, besef ek dat hy sy gesonde verstand
16        gebruik het en die besoek afgestel het.
17          Dis ŉ besef wat my ongelooflik verlig laat voel. Dit sou nie gewerk
18        het nie. Twéé queens saam in ŉ huis soos hierdie sou ŉ
19        katastrofe gewees het.
20          Maar kort daarna hoor ons ŉ gehamer teen die voordeur. Die
21        deur swaai oop en die volgende oomblik kruip iemand oor die
22        drumpel. Letterlik! Hande-viervoet!
23          “Gavin!” gil Mana. “Waar’s jou kar? Hoe’t jy hier gekom?”
24          Hy is heeltemal bedek met modder.

4.9       In reël 2 het Yann vir Hanna gesê: “Wel, hy’s seker nie ŉ groter queen as my
          ma nie.”

          Watter TWEE ooreenkomste was daar tussen Margot en Gavin se kleredrag?                 (2)

4.10      Dink jy Yann wou vir Hanna seergemaak het toe hy Gavin ŉ queen genoem
          het? Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                                      (1)

4.11      Wat het Gavin tydens sy kuier vir almal van sy pa-wees vertel?                         (1)

4.12      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
          vraagnommer en die letter (A–D) neer.

          Gavin het vir almal om verskoning gevra oor hoe hy gelyk het nadat sy kar in
          die modder vasgeval het. Hy het gesê dat hy gewoonlik soos ŉ ... lyk.

          A       ontwerper
          B       modepop
          C       koning
          D       akteur                                                                         (1)

4.13      Hoekom het die gesin gelag toe hulle vir Gavin in Beyers se klere gesien het?          (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         11                          DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                            NSS

4.14      Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.
          Skryf slegs die vraagnommer (4.14.1–4.14.4) en die antwoord neer.

                          wantrouig; sprakeloos; verbaas; bly; hartseer;
                                   histeries; geïrriteerd; bedruk

          Toe Margot gehoor het dat hulle op die berg vasgekeer was, het sy (4.14.1) ...
          gegil. Gavin was eers (4.14.2) ... oor die nuus, maar het hom gou reggeruk.
          Beyers was effens (4.14.3) ... met Margot se optrede. Sharon was baie
          (4.14.4) ... toe sy gehoor het dat sy dalk langer in die huis op die berg moes
          bly.                                                                                  (4)

4.15      Sharon en Yann het Gavin vir die eerste keer by die berghuis ontmoet.

          4.15.1      Waarom het Sharon vir Gavin bewonder? Noem TWEE feite.                    (2)

          4.15.2      Waaroor was Yann bekommerd nadat Yann vir Gavin ontmoet het?              (1)

4.16      Hoekom kon Tibo nie saampraat as die ander kinders oor hulle pa’s gepraat
          het nie?                                                                              (1)

4.17      Toe Margot en Sharon vir Hanna wou grimeer, het Hanna gesê: “Ek wil nie
          soos ... soos iemand anders lyk nie.”

          Waarom is hierdie woorde van Hanna ironies?                                           (2)

4.18      Hoekom sal jy vir ander jongmense met “aangelapte” gesinne aanbeveel om
          hierdie verhaal te lees?                                                              (1)
                                                                                                [35]

                                            OF

VRAAG 5: OPSTELVRAAG

MEEULANDERS – Esta Steyn

Fred was nie ŉ goeie man vir sy vrouens nie, want hy kon nie getrou bly aan hulle nie.

Skryf ŉ OPSTEL (250–300 woorde) waarin jy vertel van:

•   Fred se buite-egtelike verhoudings
•   Die gevolge van Fred se buite-egtelike verhoudings
•   Hoe Fred aan die einde van die verhaal vir sy ontrouheid probeer vergoed het

Jou opstel moet ŉ inleiding en ŉ slot hê.                                                       [35]

                                            OF

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         12                         DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                            NSS

VRAAG 6: KONTEKSTUELE VRAAG

MEEULANDERS – Esta Steyn

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1         “En julle moet onthou om die nuwe lem vir die windlaaier saam te bring.
2         Voor die battery pap is. Hulle het gesê Vrydag.”
3           “Janne-ri-ik, Janne-ri-ik!” kom Ryna met ŉ vaart oor die jettie
4         aangehardloop. Sy het twee warm brode, in waspapier toegedraai, in
5         haar hande. “Jannerik!”
6           Sy kom uitasem by hom. “Vanoggend se brood het reg gekom. Dis
7         een vir jou. En een vir Skipper.”
8         Hy kyk in haar begrypende oë en sy seer word te swaar. Die skerp
9         gekrys van meeue klink meteens op. Hulle hoor dit albei: die klank wat
10        deur elkeen se eie pyn sny. En hy, net hy, verstaan wat sy sag sê: “Dit
11        sal weer stil word, Jannerik.” Sy lê haar hand op sy verweerde vingers
12        wat die brood vashou.
13          “Ja, Mama-Meeu.” Hy sug swaar. “Die Djere-God deel ons
14        smart uit soos die visfabriek sy kwotas. Ons skyde en ons vragte is nie
15        ammal dieselle nie. Maar elkeen kry net wat hy kan hendel.”

6.1       Waarheen was Jannerik met die boot op pad?                                           (1)

6.2       Wat het daardie Vrydag gebeur wat vir Jacob pyn veroorsaak het?                      (1)

6.3       Watter TWEE gebeurtenisse het Jannerik se pyn veroorsaak?                            (2)

6.4       Wat het vir Ryna baie pyn veroorsaak voordat sy Meeuland toe gekom het?
          Skryf slegs DRIE sinne neer.                                                         (3)

6.5       Het Jannerik se pyn waarna Ryna verwys het, weer stil geraak? Motiveer jou
          antwoord.                                                                            (1)

6.6       Hoekom was Ryna se kodenaam “Mama-Meeu” ŉ goeie keuse?                               (1)

6.7       Jannerik het sonder die nuwe lem vir die windlaaier na Meeuland
          teruggekeer.

          Watter probleem het dit die aand van die geboorte van Jacob-hulle se baba
          veroorsaak?                                                                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            13                      DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                               NSS

6.8       Kies elke keer die naam uit KOLOM B wat by die stelling in KOLOM A pas.
          Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (6.8.1–6.8.4) neer.

                             KOLOM A                                KOLOM B
          6.8.1      Hierdie persoon het studeer om    A   Ryna
                     van die pyn te vergeet.
                                                       B   Jacob
          6.8.2      Hierdie persoon het op Meeuland
                     weggekruip om van die pyn te      C   Doreen
                     probeer vergeet.
                                                       D   Jannerik
          6.8.3      Hierdie persoon het in die
                     gastehuis se tuin vrede met die   E   Skalla
                     pyn gevind.

          6.8.4      Hierdie persoon wou ŉ
                     wildevyeboom plant om van die
                     pyn ontslae te raak.
                                                                                 (4 x 1)       (4)

6.9       Wat was Ousanna se teorie oor die plant van ŉ wildevyeboom wanneer ŉ
          mens pyn het?                                                                        (1)

6.10      Kies die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en die
          antwoord neer.

          Toe Ryna later die malgasse sien broei het, het sy besef (dis lekker om te
          leef/daar is redes om te leef).                                                      (1)

6.11      Kies die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en die letter
          (A–D) neer.

          Jannerik het dit baie maklik gevind om sy pyn met Ryna te deel, want sy het
          vir hom soos ŉ ... gevoel.

          A        suster
          B        moeder
          C        vriendin
          D        sielkundige                                                                 (1)

6.12      Ryna se ervaring van die natuur op Meeuland het haar van haar pyn
          genees.

          6.12.1       Dui aan of hierdie stelling WAAR of ONWAAR is.                          (1)

          6.12.2       Motiveer jou antwoord op VRAAG 6.12.1.                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          14                          DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                             NSS

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1           “Ek vra maar. Want Emily het vir Koeka wat by Missies Maritz
2         werk gesê die kinders is so handuit ... veral die seun. Jy sal seker
3         maar van die begin af jou voet moet dwars sit. Stiefkinders kan
4         maklik die huweliksbed vol hobbels maak. Nie dat ek
5         voorspooksels wil maak nie.”
6           Elsabet kyk haar geïrriteerd aan. “Ma klink nou soos die hele
7         Baai. Almal wil tog so graag hê iets moet verkeerd loop.”
8           “Dis nie so nie, Elsabet,” sê Hansie sag. “Wil jy ŉ bietjie tee
9         drink?”
10          “Nee dankie, Ma. Ek het nog honderde dinge wat moet klaarkom.
11        Ek het eintlik net kom groet. Ons gaan Natal toe vir die wittebrood.”
12          “Met die mouterkar?”
13          “Ons gaan vlieg.”
14          “Ek wou sê, want Fred het ŉ naam dat hy gevaarlik vinnig ry met
15        daardie kar van hom.”
16          “Fred het ŉ naam vir baie dinge, Ma,” sê Elsabet opstandig en
17        staan op. “Maar ek het hom lief. Ek sal gelukkig wees, Ma.”
18          “Ek hoop so, Twilight,” sê Hansie ná ŉ rukkie sag.
19          En sy sien hoe Elsabet se gesig bleek word, sodat die
20        fyn sproetjies op haar vel duidelik uitstaan. Ek moes nie
21        vir haar Twilight gesê het nie, dink Hansie berouvol.
22        Twilight behoort aan die eilandtyd. Sy steek haar arms uit en
23        omvou Elsabet teen haar bors. ŉ Kort oomblik lank voel dit asof sy
24        die kind se lyf voel bewe.

6.13      Noem TWEE redes waarom Elsabet nie op die eiland wou bly nie.                          (2)

6.14      Kies die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en die letter
          (A–D) neer.

          “Jy sal seker maar van die begin af jou voet moet dwars sit.” (Reël 3–4)

          Hierdie stelling beteken Elsabet sou ... met die kinders moes wees.

          A        vriendelik
          B        onbeskof
          C        gaaf
          D        ferm                                                                          (1)

6.15      Fred het sy en Elsabet se huweliksbed vol hobbels gemaak.

          6.15.1       Dui aan of hierdie stelling WAAR of ONWAAR is.                            (1)

          6.15.2       Motiveer jou antwoord op VRAAG 6.15.1.                                    (1)

6.16      Watter woordelose boodskap wou Hansie aan Elsabet gee toe sy Elsabet
          teen haar bors vasgedruk het?                                                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          15                         DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                             NSS

6.17      Hoe het elkeen van die volgende karakters bygedra tot Elsabet se
          ongelukkigheid in haar huwelik?

          6.17.1      Bernard                                                                   (1)

          6.17.2      Skalla                                                                    (1)

          6.17.3      Hermanus Blanckenberg                                                     (1)

6.18      Noem TWEE maniere waarop Elsabet die pyn van haar ongelukkige huwelik
          probeer verwerk het.                                                                  (2)

6.19      Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf
          slegs die vraagnommer (6.19.1–6.19.4) en die antwoord neer.

                   opstandig;     gelukkig; verkeerd; eensaam; selfversekerd;
                                   betroubaar; onbetroubaar; reg

          Elsabet was baie (6.19.1) ... en sy het haar lewe lank na ware liefde gesoek.
          Eers was sy met Jacob getroud. Hy was (6.19.2) ..., maar sy wou nie saam
          met hom op Meeuland gewoon het nie. Sy het vir Fred verkies. Anders as
          Jacob, was Fred (6.19.3) ... Sy het aan die einde van die verhaal gesterf.
          Dit is ŉ aanduiding dat sy (6.19.4) ... opgetree het deur met Fred te trou.           (4)

6.20      Hoe is Elsabet dood?                                                                  (1)
                                                                                                [35]

                                                               TOTAAL AFDELING A:               35

                                             OF

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           16                           DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                              NSS

AFDELING B: DRAMA

BEANTWOORD ÓF DIE OPSTELVRAAG ÓF DIE KONTEKSTUELE VRAAG.

VRAAG 7: OPSTELVRAAG

POPPIE, DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé

Poppie het TWEE opstande beleef wat ŉ groot invloed op haar lewe gehad het. Een
van hierdie opstande het ook ŉ invloed op haar kinders gehad.

Skryf ŉ OPSTEL (250–300 woorde) waarin jy vertel van:

    Die 1960-opstande in Nyanga as gevolg van die Sharpeville-skietery
    Die 1976-opstande in Nyanga as gevolg van die Soweto-opstande
    Die invloed wat die 1976-opstande op Poppie se kinders gehad het

Jou opstel moet ŉ inleiding en ŉ slot hê.                                                          [35]

                                              OF

VRAAG 8: KONTEKSTUELE VRAAG

POPPIE, DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé

Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1         MAMA (begin weer huil). En hulle sê hy’s ŉ leader.
2         MOSIE. My sustertjie, ek like nie hierdie riots nie, ek like dit nie dat my
3         kinders die owerhede tease en seerkry nie, of lat hulle my kar stop en
4         skree donate! donate! totlat ek vir hulle petrol vir hulle petrol bombs
5         uittap nie. Maar my sustertjie, ek kan nie dit help nie, daar’s
6         iets in my hart wat sê: At last. Maar ek druk dit af in my hart, want
7         hierdie manier is nie die Here se manier nie. En dan kom dit weer in
8         my hart: At last.
9         POPPIE Nóú baklei julle. Hoekom het julle nie vir my baklei toe ek
10        so swaar gekry het nie.
11        JAKKIE (staan by die kinders). Ek baklei vir jou, Sisi. Ek baklei vir
12        jou en jou kinders. Ek gooi die klippe nie teen die nylons nie, maar
13        teen die wet.
14        MAMA (kom nader). Sisi, Jakkie is gevang! Hy’t gister saam
15        gemarch met die kinders in die stad. Die polisie het hom uitgesoek,
16        want hulle sê hy’s al te groot, wat soek hy tussen die skoolkinders,
17        hy’s ŉ leader.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2             17                            DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                                NSS

8.1       Voor die onluste het die kinders kennisgewings aan die grootmense
          uitgedeel.

          8.1.1       Noem EEN ding wat op die kennisgewings gestaan het.                            (1)

          8.1.2       Hoe het die “migrants” op hierdie kennisgewings van die kinders
                      gereageer?                                                                     (1)

8.2       Wat het die kinders met die grootmense gedoen as die grootmense dronk op
          straat was?                                                                                (1)

8.3       Noem EEN verskil tussen die 1960-opstande en die 1976-opstande. Verwys
          na wie elke keer die opstand begin het.                                                    (2)

8.4       Die polisie was aan die “migrants” se kant.

          8.4.1       Dui aan of die stelling WAAR of ONWAAR is.                                     (1)

          8.4.2       Motiveer jou antwoord op VRAAG 8.4.1.                                          (1)

8.5       Mosie het gesê dat die opstande van die kinders teen die owerhede nie die
          Here se manier van dinge doen was nie.

          Gestel Mosie was reg. Wat kon die kinders eerder gedoen het as om te
          baklei?                                                                                    (1)

8.6       Hoe, dink jy, voel Mosie oor die opstande wanneer hy sê: “At last”?
          (Reël 6 en 8)                                                                              (1)

8.7       Die skollies het die K.T.C.-basaar in Guguletu tydens die opstande beroof.

          Watter negatiewe effek het hierdie daad van die skollies op die inwoners van
          die lokasie gehad?                                                                         (1)

8.8       Vertel in DRIE sinne hoe die mense tydens die onluste in daardie
          Kersseisoen moes rou.                                                                      (3)

8.9       Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf
          slegs die vraagnommer (8.9.1–8.9.4) en die antwoord neer.

                          tronk;    trekarbeiders; stories; lokasie;   huis;
                                   verraaiers; buurman; hospitaal

          Toe Jakkie in die (8.9.1) .... was, het Mama ŉ week lank gesukkel om hom
          (8.9.2) … toe te laat kom. Jakkie wou nie sê of hy daar geslaan is of nie. Hy
          was bang vir die (8.9.3) … wat sou rondgaan, want dalk was die (8.9.4) … die
          polisie se informant.                                                                       (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            18                         DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                               NSS

8.10      Kies elke keer die naam uit KOLOM B wat by die stelling in KOLOM A pas.
          Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (8.10.1–8.10.4) neer.

                             KOLOM A                               KOLOM B
          8.10.1      Hierdie persoon se seun is grens    A   Jakkie
                      toe.
                                                          B   Bonsile
          8.10.2      As hierdie persoon die krag
                      gehad het om te veg, sou hy/sy      C   Mr. Green
                      veg.
                                                          D   Poppie
          8.10.3      Hierdie persoon het oor die grens
                      gevlug.                             E   Fezi

          8.10.4      Die polisie het hierdie persoon
                      verkeerdelik gevang.
                                                                                    (4 x 1)        (4)

Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1         POPPIE. Wanneer kry hierdie moeilikheid end, Mama?
2         MOSIE. Dit sal nie maklik end kry nie, Sisi. Dit was nie net die Afrikaans
3         education-ding nie. Soos die Xhosa-spreekwoord sê: bendifu-na nje
4         inyathele ekonsini. Ek wou gehad het jy moet op my liddoring trap, daai
5         slag as jy op my liddoring trap, gaan ek jou slaat, nie net vir die liddoring
6         nie, maar vir die ou goete ook. Ek dink dis wat nou gebeur. Toe hulle vir
7         die education-ding geskiet is, toe kom al die ou goed van die swaar van
8         die ouers en alles op, die skool was net die liddoring gewees.
9         MAMA. Die kinders word nou astranter. Hulle noem hulself die Comrades,
10        hulle sê vir die grootmense:
11        JAKKIE. Julle tyd is verby.

8.11      Waarom kan die leser vir Poppie jammer voel wanneer sy die woorde in
          reël 1 sê?                                                                              (1)

8.12      Waarna verwys die “Afrikaans education-ding” (reëls 2–3) waarvan Mosie
          gepraat het?                                                                            (1)

8.13      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          vraagnommer en die letter (A–D) neer.

          Poppie-hulle het die tweede Kersdag tydens die opstande van 1976 uit die
          huis gehardloop, omdat hulle besef het dat ...

          A          die kinders en Vukile ontsteld was.
          B          die onlusmakers al die vensters gebreek het.
          C          Poppie-hulle in die huis sou doodbrand.
          D          die onlusmakers Poppie-hulle wou doodmaak.                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           19                       DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                              NSS

8.14      Waar was Bonsile tydens die 1976-onluste?                                            (1)

8.15      Onskuldige slagoffers het tydens die gevegte/oorloë tussen die “migrants” en
          die lokasie-mense in Nyanga gesterf.

          8.15.1      Dui aan of die stelling WAAR of ONWAAR is.                               (1)

          8.15.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 8.15.1.                                   (1)

8.16      Waarom het die polisie na Jakkie gesoek?                                             (1)

8.17      Die polisie kon nie vir Jakkie kry nie. Watter gevolg het dit vir Bonsile en
          Nomvula gehad?                                                                       (1)

8.18      Wat, dink jy, kon Bonsile gedoen het om sy ma se lewe makliker te maak?              (1)

8.19      Kies die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en die
          antwoord neer.

          Die koerante het geskryf dat pasboeke afgeskaf sou word en dat die
          swartmense (reisdokumente/identiteitsdokumente) sou kry.                             (1)

8.20      Waarom, dink jy, was dit vir Poppie so moeilik om vir Jakkie kwaad te word
          oor al die moeilikheid wat hy veroorsaak het?                                        (1)

8.21      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          vraagnommer en die letter (A–D) neer.

          Toe die polisie vir Poppie by mev. Swanepoel ondervra, wou hulle weet ...

          A        wat haar kinders se huisadres in Herschel was.
          B        waar sy Jakkie laat wegkruip het.
          C        of sy ŉ geldige pas gehad het.
          D        waarom sy nie meer in Mdantsane was nie.                                    (1)

8.22      Dink jy hierdie drama is ŉ geskikte boek om vir graad 12-leerders voor te
          skryf? Motiveer jou antwoord met TWEE feite.                                         (2)
                                                                                               [35]

                                             OF

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           20                           DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                              NSS

VRAAG 9: OPSTELVRAAG

PALJAS – Chris Barnard

Nollie het van Emma gehou, maar dit het gelyk asof Emma nie in Nollie belanggestel
het nie. Na die Volstruisdans het hulle verhouding verbeter.

Skryf ŉ OPSTEL (250–300 woorde) waarin jy vertel:

•    Wat Nollie gedoen het om aan Emma te wys dat hy vir haar omgegee het
•    Hoe Emma aan die begin oor trou gevoel het
•    Hoe Emma en Nollie se verhouding ná die Volstruisdans verbeter het

Jou opstel moet ŉ inleiding en ŉ slot hê.                                                             [35]

                                              OF

VRAAG 10: KONTEKSTUELE VRAAG

PALJAS – Chris Barnard

Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1         KATRIEN: Gekoop. (Sy kyk vir Hendrik, ŉ bietjie uitdagend.)
2         Met my eie geld.
3         HENDRIK: Jou eie geld. Wat jy waar kry?
4         KATRIEN: Spaargeld.
5         HENDRIK: Wat jy waar kry?
6         KATRIEN: Afknypgeld. Weglêhenne se eiergeld, as jy dan moet
7         weet.
8         HENDRIK: Katrina, as ek ŉ ekstra geldjie kry, sit ek dit in
9         die huis in; ek koop nie vir myself oorbelle nie.
10        KATRIEN: O, Jy koop nooit niks. Ook nie haelgeweerpatrone
11        nie?
12        HENDRIK: Om vir die pot te skiet!
13        KATRIEN: En die plate?
14        HENDRIK (bars uit): Hier sukkel ek my mallemaai af om ŉ kar
15        aan die loop te hou, maar jy koop oorbelle!
16        KATRIEN (nou self kwaad): ŉ Kar! Watse kar? Noem jy dit ŉ
17        kar? (Die kind is besig om met sy drie klippe te goël. Die kar is
18        op die agtergrond. En Hendrik regs. Terwyl die struweling vlam
19        vat, klim Katrien links uit en klap haar deur toe.) Jy kan nie ŉ kar
20        se wieldoppe bekostig nie, Hendrik McDonald!
21        HENDRIK: Katrina, oppas wat jy sê ...
22        KATRIEN: Hoekom? (Die kind vang ŉ klip mis en die ander
23        twee val ook tussen sy hande deur.) Dis my oorbelle. Dis my
24        geld. Dis my lewe. Jy’t my lank genoeg gehiet en gebied. Ek
25        het honderd rand daarvoor betaal en ek het vir my poeier op
26        skuld gekoop en wat daarvan?

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          21                          DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                             NSS

27        HENDRIK (onheilspellend sag): Jy’t wát?
28        KATRIEN: Ek is klaar gesukkel. Ek gaan nou vir myself begin
29        sorg.

10.1      Watter aanduiding is daar in die drama dat Hendrik se motor nie in ŉ goeie
          toestand was nie?                                                                      (1)

10.2      Hendrik noem sy vrou Katrina (reël 8) in plaas van Katrien. Wat sê dit vir jou
          oor hoe hy op daardie oomblik teenoor haar gevoel het?                                 (1)

10.3      Waarvandaan was Hendrik, Katrien en Willem op pad huis toe?                            (1)

10.4      Willem het sy ouers met mekaar sien stry.

          10.4.1      Hoe het Willem gevoel terwyl dit gebeur het?                               (1)

          10.4.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 10.4.1 deur na die uittreksel te
                      verwys.                                                                    (1)

10.5      By wie het Willem geleer om te toor?                                                   (1)

10.6      Wat is die “plate” (reël 13) waarna Katrien verwys?                                    (1)

10.7      Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer
          en die antwoord neer.

          Wanneer Katrien sê: “O, Jy koop nooit niks” (reël 10) is sy eintlik (verbaas dat
          Hendrik niks koop nie/sarkasties oor dit wat Hendrik koop).                            (1)

10.8      Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.
          Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer (10.8.1–10.8.4) neer.

                onredelik;     gelukkig; ongelukkig; tevrede; verantwoordelik;
                                 onskuldig; roekeloos; regverdig

          Hendrik wou altyd die beste vir sy gesin gehad het, daarom het hy die ekstra
          geld (10.8.1) ... gebruik. Hendrik het egter geglo dat Katrien dit (10.8.2) ...
          spandeer het. Katrien het gevoel dat Hendrik (10.8.3) ... was, want hy het ook
          dinge gekoop wat nie nodig was nie. Hierdie rusie het hulle altwee (10.8.4) ...
          gemaak.                                                                                (4)

10.9      Watter dieper rede was daar waarom Hendrik kwaad was dat Katrien oorbelle
          gekoop het?                                                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           22                        DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                              NSS

10.10     Kies die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en die letter
          (A–D) neer.

          “Jy’t my lank genoeg gehiet en gebied” (reël 24) beteken:

          A       Hendrik het Katrien altyd bedien.
          B       Hendrik het Katrien altyd geslaan.
          C       Hendrik het altyd vir Katrien gebid.
          D       Hendrik het Katrien altyd gedomineer.                                         (1)

10.11     Watter uitwerking het Hendrik en Katrien se ongelukkige verhouding op
          Emma gehad?                                                                           (1)

10.12     Hoe het Katrien en Hendrik later gevoel toe hulle besef het dat Willem
          verdwyn het?                                                                          (1)

10.13     Volgens Oudokter het Hendrik se manier van praat vir Willem negatief
          beïnvloed.

          10.13.1     Dui aan of die stelling WAAR of ONWAAR is.                                (1)

          10.13.2     Motiveer jou antwoord op VRAAG 10.13.1 deur na Hendrik se
                      manier van praat te verwys.                                               (1)

10.14     Beskryf die toon van Katrien se woorde toe sy gesê het: “Jy kan nie ŉ kar se
          wieldoppe bekostig nie, Hendrik McDonald!” (Reël 19–20)                               (1)

10.15     “Ek is klaar gesukkel.” (Reël 28)

          Na watter probleem in Katrien en Hendrik se lewens verwys hierdie woorde?             (1)

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1         HENDRIK (eenvoudig): Dis lekker hier, Katrina.
2         KATRIEN: ... Is dit?
3         HENDRIK: Hier is niemand wat jou by my probeer wegvat nie. Behalwe
4         Frans miskien – maar vir Frans sien ek kans.
5         KATRIEN: Wat? (Sy weet glad nie wat hy bedoel nie.)
6         HENDRIK: Op Touwsrivier was dit die stasiemeester. Moenie sê jy’t
7         vergeet nie. Hy kon nie sy kloue van jou afhou nie. Op Lydenburg was
8         dit die onderwyser én die afslaer. Op Soekmekaar was dit omtrent
9         almal. Op Twyfelfontein was dit Pieterse met sy Mercedes en sy
10        volstruisvelkamaste en sy strandhuis en sy bliksemse presente!
11        KATRIEN (kyk weg): Ek glo nie wat ek hoor nie.
12        HENDRIK: Ek wou jou vir myself hê!
13        KATRIEN: En toe wat? (Hy staan net vir haar en kyk. Haar stem is
14        bitter.) Jy is al een wat ek ooit liefgehad het, Hendrik McDonald. En jy
15        is al een wat dit nooit wou glo nie.
16          Hy staan ŉ hele ruk net doodstil vir haar en kyk.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          23                           DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                             NSS

10.16     Waar is “hier” (reël 1) waarna Hendrik verwys?                                             (1)

10.17     Hoe word dié plek in die drama beskryf?                                                    (1)

10.18     Hoe het Katrien gevoel oor hierdie plek waar hulle gebly het?                              (1)

10.19     Verduidelik watter rol Frans in die lewe van die McDonalds gespeel het.
          Noem DRIE feite.                                                                           (3)

10.20     Waarom was die naam van die plek “Twyfelfontein” simbolies van die
          verhouding tussen Hendrik en Katrien?                                                      (1)

10.21     Voltooi die volgende stelling met die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die
          vraagnommer en die letter (A–D) neer.

          Die emosie waaraan Hendrik in hierdie uittreksel uiting gee, is ...

          A       geluk.
          B       jaloesie.
          C       treurigheid.
          D       opgewondenheid.                                                                    (1)

10.22     Kies elke keer die karakter uit KOLOM B wat by die inligting in KOLOM A pas.
          Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (10.22.1–10.22.4) neer.

                           KOLOM A                                KOLOM B
          10.22.1     Hierdie karakter was ŉ           A     Manuel
                      romantiese siel wat gehunker
                      het na verre plekke.             B     Hendrik

          10.22.2     Hierdie persoon het Willem se    C     Bertie
                      vertroueling geword.
                                                       D     Emma
          10.22.3     Hierdie karakter kon goed
                      klavier speel.                   E     Jan

          10.22.4     Frans het met hierdie persoon
                      in ŉ geveg betrokke geraak oor
                      die McDonalds.
                                                                                       (4 x 1)       (4)
10.23     Daar was nog hoop vir die verhouding tussen Hendrik en Katrien.

          10.23.1     Dui aan of die stelling WAAR of ONWAAR is.                                     (1)

          10.23.2     Motiveer jou antwoord op VRAAG 10.23.1.                                        (1)

10.24     Waarom, dink jy, staan Hendrik “doodstil” (reël 16)?                                       (1)
                                                                                                     [35]
                                                                   TOTAAL AFDELING B:                35
                                             OF

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         24                          DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                            NSS

AFDELING C: KORTVERHALE

STORIEJOERNAAL

BEANTWOORD ÓF DIE OPSTELVRAAG ÓF DIE KONTEKSTUELE VRAAG.

VRAAG 11: OPSTELVRAAG

DIE PAKKIE – Leonard Koza

Die pakkie wat Esther Filander na skool vir haar klasmaat moes gegee het, het groot
moeilikheid tussen Esther en haar ma veroorsaak.

Skryf ŉ OPSTEL (250–300 woorde) waarin jy vertel:

•    Van Esther en die geheimsinnige pakkie
•    Hoe Sally probeer het om uit te vind wat in die pakkie was
•    Hoe Sally self die probleem ná Pang en Miena se aankoms opgelos het

Jou opstel moet ŉ inleiding en ŉ slot hê.                                                      [35]

                                            OF

VRAAG 12: KONTEKSTUELE VRAAG

ASTRA CASTRA – Dot Serfontein

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1         ŉ Soutsmaak van onvoldaanheid is op Ettie se lippe agtergelaat, maar dan
2         sien sy hulle, haar eie mense, haar eie spesiale eilandjie van aanmoediging,
3         wat wild op die pawiljoen te kere gaan. Voordag vanmôre van Estville af
4         weg. ŉ Paar onderwysers, die skoolhoof, haar ouers, nog ŉ paar atlete,
5         maar nie so goed soos Ettie nie, nou nooit weer so goed soos Ettie nie. Sy
6         waai vir hulle, maar Eben Bester neem haar aan die arm. Hierso, gaan trek
7         gou aan. Sportsak met haar sweetpak en skoene. Die stadige, versigtige
8         afkoel van spiere. Ek trek sommer hier aan, dink sy en pluk haar sweetpak
10        oor haar atletiekklere aan. Die aantrekkamer ...
11        ʺHaai, Meneer, ek wil nie by die kleedkamer ingaan nie. Sê nou ek kry
12        juffrou Dewalt daar.ʺ ʺMaar jy het haar mos net geklop. Jy het haar nie
13        gestamp of gepootjie nie.ʺ ʺEk weet, Meneer. Maar ek voel aardig.ʺ Die
14        verskrikking van verloor was nog nooit so naby as noudat sy gewen het nie.

12.1      Hoekom het die hoof die woorde “Astra Castra” gebruik toe hy met die atlete
          gepraat het?                                                                         (1)

12.2      Hoe weet ons dat die woorde “Astra Castra” nie vir Ettie dieselfde betekenis
          gehad het as vir haar skoolhoof nie?                                                 (1)

12.3      Aan watter naelloop-item het Ettie deelgeneem?                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans FAL P1 Feb-March 2013](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2013/6ea7adf0-5283-4faa-83ac-2ac62003e567) — Afrikaans FAL · QP · 2013 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Feb-March 2013 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2013-memo/def28fd3-4ef5-4ad1-bec7-aa5d00c18f3f) — Afrikaans FAL · Memo · 2013 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2013 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2013-memo/f2c59dc0-47f2-47b1-9662-b5b6b041a380) — Afrikaans FAL · Memo · 2013 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Feb-March 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-feb-march-2015-memo/fd80c4c4-fdd4-46b3-810f-b38df6c4444a) — Afrikaans FAL · Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2013](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2013/a3ea0c9e-a9db-4385-a210-2865a4df1ecd) — Afrikaans FAL · QP · 2013 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Feb-March 2015](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2015/9f493d24-65a0-48fa-899b-8b7fe2845793) — Afrikaans FAL · QP · 2015 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
