# Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC Supplementary 2014 QP

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the NSC Supplementary 2014, 35 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-feb-march-2014/d9748847-a325-46e0-a126-b1baba727d7e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2014
- Exam period: NSC Supplementary
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 35

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC Supplementary 2014 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-feb-march-2014/d9748847-a325-46e0-a126-b1baba727d7e)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC Supplementary · 2014 · Afrikaans. Question paper, 35 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                        GRAAD 12

                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

                              FEBRUARIE/MAART 2014

PUNTE: 70

TYD: 2 uur

                         Hierdie vraestel bestaan uit 35 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           2                          DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                              NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.        Moenie die hele vraestel deurlees nie.

2.        Die vraestel bestaan uit VIER afdelings:

          AFDELING A: Roman                   (35)
          AFDELING B: Drama                   (35)        Kies EEN vraag uit die afdeling/
          AFDELING C: Kortverhale             (35)        afdelings wat jy behandel het.

          AFDELING D: Gedigte                 (35)        Kies TWEE vrae indien jy hierdie
                                                          afdeling behandel het.

3.        Dui die vraagnommers van die TWEE letterkundetekste wat julle behandel het
          op die inhoudsopgawe op bladsy 3 aan.

4.        Lees dan die vrae oor hierdie TWEE letterkundetekste.

5.        Kies die vraag wat jy wil doen, volg die instruksies en beantwoord die vrae.

          LET WEL:       Indien jy AFDELING D (Gedigte) beantwoord, moet jy TWEE
                         vrae uit hierdie afdeling kies.

6.        Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

7.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik word.

8.        Laat ŉ reël oop na elke antwoord.

9.        Voorgestelde tydsindeling: Ongeveer 60 minute per afdeling

10.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         3                              DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                            NSS

INHOUDSOPGAWE

Kies TWEE afdelings.

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord net EEN vraag.
            VRAAGNOMMER                         VRAAG            PUNTE         BLADSYNOMMER
1.     Kringe in ŉ Bos                     Opstelvraag          35 punte             4
                                             OF
2.     Kringe in ŉ Bos                     Kontekstuele vraag   35 punte                4
                                             OF
3.     Die ongelooflike avonture van       Opstelvraag          35 punte
       Hanna Hoekom                                                                     7
                                             OF
4.     Die ongelooflike avonture van       Kontekstuele vraag   35 punte
       Hanna Hoekom                                                                     8
                                             OF
5.     Meeulanders                         Opstelvraag          35 punte               11
                                             OF
6.     Meeulanders                         Kontekstuele vraag   35 punte               12
                                              OF
AFDELING B: DRAMA

Beantwoord net EEN vraag.
7.     Poppie, die drama                   Opstelvraag          35 punte               16
                                             OF
8.     Poppie, die drama                   Kontekstuele vraag   35 punte               16
                                             OF
9.     Paljas                              Opstelvraag          35 punte               20
                                             OF
10.    Paljas                              Kontekstuele vraag   35 punte               20
                                              OF
AFDELING C: KORTVERHALE

Beantwoord net EEN vraag.
11.    Baby                                Opstelvraag          35 punte               24
                                             OF
12.    Die pakkie                          Kontekstuele vraag   35 punte               24

                                              OF
AFDELING D: GEDIGTE

Beantwoord die vrae oor enige TWEE van die gedigte.
13.    Kabouterliefde                      Kontekstuele vraag   17½ punte              28
                                             OF
14.    Woorde                              Kontekstuele vraag   17½ punte              30
                                             OF
15.    Thumela                             Kontekstuele vraag   17½ punte              32
                                             OF
16.    Kontak                              Kontekstuele vraag   17½ punte              34

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          4                           DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                             NSS

AFDELING A: ROMAN

BEANTWOORD ÓF DIE OPSTELVRAAG ÓF DIE KONTEKSTUELE VRAAG.

VRAAG 1: OPSTELVRAAG

KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee

Skryf ŉ OPSTEL (250–300 woorde) waarin jy vir Joram as ŉ karakter in die Bos
bespreek.

Jy moet in jou opstel verwys na:

•     Joram as houtkapper
•     Joram as Saul se vader
•     Die ironie van Joram se dood

Jou opstel moet ŉ inleiding en ŉ slot hê.                                                        [35]

                                             OF

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1             Sou hy vandag as vyand in hierdie bos geloop het as hy nie daardie dag
2          die bloubokkie se kop oopgekloof het nie? Sy soektog na Oupoot is besig om
3          dinge in hom oop te kloof wat hy nie oopgekloof wou hê nie! As hy nie
4          daardie dag die bloubokkie se gal gesoek het nie, sou hy vandag Jozef se
5          hand kon vat en vir hom sê: Ek is jammer oor jou seun? As hy terugdink, het
6          die eerste weerbarstigheid daardie dag in hom losgekom ...
7             Jozef.
8             Jozef met die goeie hart. Jozef wat eenmaal die rieme van sy skouers
9          afgehaal het.

10         Die derde oggend ná sy veertiende verjaarsdag het hulle met die uitsleep van
11         die waenhout begin. As sy pa-hulle gekap het waar dit te skuins was om die
12         osse af te bring, moes hulle self die hout stuk vir stuk uitsleep tot waar die
13         osse aangehaak kon word. Afgesien van die kalander vir die buikplanke, was
14         die hout daardie keer nie te swaar nie.

2.1        Watter familielid van Saul het vir Saul op daardie stadium as “vyand” beskou?
           (Reël 1)                                                                              (1)

2.2        Waarom het dit by Saul se karakter gepas om die bloubokkie se kop oop
           te kap?                                                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2             5                             DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                                NSS

2.3       “... as hy nie daardie dag die bloubokkie se kop oopgekloof het nie?”
          (Reël 1–2)

          2.3.1       Wat het Saul gesien toe hy die bloubokkie se kop oopgekloof het?
                      (Reël 2)                                                                       (1)

          2.3.2       Watter afleiding het Saul toe oor die Bosmense gemaak?                         (1)

2.4       Wat het Jozef gesê toe Saul hom die waarheid oor die bloubokkie vertel het?                (1)

2.5       Aan die einde van die roman het Jozef anders oor die bloubokkie-insident
          gedink. Motiveer hierdie stelling met TWEE feite.                                          (2)

2.6       “... sou hy vandag Jozef se hand kon vat en vir hom sê: Ek is jammer oor jou
          seun?” (Reël 4–5)

          2.6.1       Wat het met Jozef se seun gebeur?                                              (1)

          2.6.2       Hoekom kon Saul op daardie stadium nie vir Jozef sê dat hy
                      jammer oor sy seun was nie?                                                    (1)

2.7       Gee DRIE redes waarom Saul self vir Oupoot wou skiet en nie vir Freek
          Terblans wou toelaat om dit te doen nie.                                                   (3)

2.8       Kies elke keer die naam uit KOLOM B wat by die stelling in KOLOM A pas.
          Skryf net die vraagnommer (2.8.1–2.8.4) en die letter (A–E) neer.

                                      KOLOM A                              KOLOM B
          2.8.1       ... het vir Freek gevra om Oupoot dood       A   Maska
                      te maak.
                                                                   B   Anneries
          2.8.2       ... het vir Saul kom sê dat Oupoot
                      geskiet gaan word.                           C   MacDonald

          2.8.3       ... het olifanttande by die olifantjagters   D   Stopforth
                      gekoop.
                                                                   E   Jozef
          2.8.4       ... het Oupoot doodgeskiet.
                                                                                       (4 x 1)       (4)

2.9       Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.
          Skryf net die vraagnommer (2.9.1–2.9.4) en die antwoord neer.

            riem; os; houtkapper; houtkoper; krag; olifant; goudgrawer; moed

          Nadat Saul veertien jaar oud geword het, het Saul geleer om ŉ ware (2.9.1) ...
          te word. Hy moes toe help om swaar hout uit te sleep. Om dit te doen, moes
          hy ŉ (2.9.2) ... gebruik. Dit was moeilike werk wat eintlik vir ŉ (2.9.3) ... bedoel
          was. Halfpad kon Saul nie meer die hout sleep nie, want hy het die einde van
          sy (2.9.4) ... bereik.                                                                     (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           6                            DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                              NSS

2.10      Hoekom het Jozef aangebied om die kalander te kap toe Saul geweier het?                  (1)

2.11      Hoekom wou Saul nie die kalander afkap nie?                                              (1)

2.12      Die Bosmense het vir Saul ŉ verraaier genoem.

          2.12.1      Dui aan of hierdie stelling WAAR of ONWAAR is.                               (1)

          2.12.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.12.1.                                       (1)

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1            “Hoeveel skuld jy MacDonald?”
2            “Dit traak jou nie!”
3            “Maar daar was darem ŉ tyd toe dit my noodgedwonge moes traak! Toe
4         elke pennie van my slaafloon by MacDonald van julle skuld afgetrek is!”
5            “Dit lieg jy!”
6            “As ek kom lieg het, sou ek iets anders gesoek het om oor te lieg. Iets
7         beters. Soos oor die tyd toe ek weggegaan het sodat julle julle hout kon
8         uitsleep en MacDonald sy sin kon kry.”
9            “Ek weet nie waarvan jy praat nie.”
10           “Daar is baie dinge waarvan jy nooit wou weet nie. Die maklikste uitweg
11        was om my skuldig te maak vir alles sodat jy nie nodig gehad om die
12        bloubokkie se kop oop te kap nie! Jy’s aan meer liegte verkwansel as
13        waarvan jy ooit sal weet, Jozef Barnard!”
14           “Ek staat nie voor jou op koort nie!” skree Jozef woedend.
15           “Nee, nie voor my nie, maar voor jouself en voor jou ander kinders, oor wat
16        van hulle gaan word.”
17           Die skielike waaksaamheid in Jozef is soos die opkom van ŉ geweer se
18        loop. “Jy het niks met my kinders te doen nie. Niks!”
19           “Seker nie, maar ek gaan nog altyd vir jou vertel wat van hulle gaan word.
20        Hulle sal gelap en gestop en verkneg staan soos jy, Jozef. Jy sal hulle sien
21        byl swaai vir ŉ tiekie se suiker en ŉ tiekie se koffie en sien hoedat hulle nie
22        eers hul eie name kan skryf nie!”

2.13      Verduidelik waarom MacDonald verkeerd was om Saul se geld terug te hou
          vir sy pa se skuld.                                                                      (1)

2.14      Wat lei jy af uit Jozef se antwoord aan Saul in reël 2: “Dit traak jou nie!”?            (1)

2.15      Saul het vir Jozef oor sy kinders se toekoms gekritiseer. Was dit reg? Gee ŉ
          rede vir jou antwoord.                                                                   (1)

2.16      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
          vraagnommer en die letter (A–D) neer.

          Saul het weggegaan (reël 7), want MacDonald ...

          A     het hom gewaarsku oor sy verhouding met Kate.
          B     wou nie hê Saul moes goud delf nie.
          C     was bekommerd oor Saul se toekoms.
          D     wou nie meer Jozef-hulle se hout koop nie.                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           7                            DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                              NSS

2.17      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
          vraagnommer en die letter (A–D) neer.

          “Jy sal hulle sien byl swaai ...” (reël 20–21) beteken Jozef se kinders sou ...

          A     houtkappers bly.
          B     goud begin delf.
          C     suksesvol wees.
          D     die Bos bewaar.                                                                    (1)

2.18      Saul se stryd teen leuens het by die afkap van die kalander begin.

          2.18.1      Dui aan of hierdie stelling WAAR of ONWAAR is.                               (1)

          2.18.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.18.1.                                       (1)

2.19      Saul het aan die einde van die verhaal met Jozef gaan praat. Wat sê dit vir
          jou oor Saul se karakter?                                                                (1)

2.20      Hoe het Saul seker gemaak dat die volgende twee karakters ŉ goeie toekoms
          sou hê?

          2.20.1      Jozef                                                                        (1)

          2.20.2      Izak                                                                         (1)

2.21      Hoe weet jy dat Saul die Bos intens liefgehad het?                                       (1)
                                                                                                   [35]

                                              OF

BEANTWOORD ÓF DIE OPSTELVRAAG ÓF DIE KONTEKSTUELE VRAAG.

VRAAG 3: OPSTELVRAAG

DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita van der Vyver

Skryf ŉ OPSTEL (250–300 woorde) waarin jy van Margot se besoek aan die gesin in
die berghuis vertel.

Jy moet in jou opstel verwys na:

•   Margot se aankoms by die berghuis
•   Margot as kuiergas
•   Margot se waardevolle bydrae aan die einde van die verhaal

Jou opstel moet ŉ inleiding en ŉ slot hê.                                                          [35]

                                              OF

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         8                          DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                            NSS

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita van der Vyver

Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1         Nou sit ek op my bed, langs ŉ flikkerende kers op ŉ omgekeerde boks, en
2         wonder waaroor ek kan dig. Ek sien niks in die kamer wat my inspireer nie.
3         Dis ŉ baie basiese vertrek, omtrent so groot soos ŉ tronksel, met ŉ kaal
4         houtvloer, twee bewerige ysterkatels en vier hake waaraan ŉ paar kleding-
5         stukke opgehang kan word. Die hake sit bokant ŉ klein venstertjie, sodat die
6         hangende klere sommer ook as gordyne kan dien. Gŉ plafon nie, net swaar
7         houtbalke wat die rietdak stut. Gŉ matjie of muurversiering nie. ŉ Eenvou-
8         dige, koue kamer. Dis al.
9         Hoe gaan daardie versie nou weer?
10          Dis die vloer,
11          dis die muur,
12          dis die donkerste uur.
13          Dis al.
14          Dis die pen in my hand,
15          dis die leë papier,
16          dis die bitterste uur.
17          Dis al.
18           Hanna Hoekom. Winter 2002. Bitterberg.

19        Oukei, ek weet, dis nou nie juis Antjie Krog nie. Maar sy moes ook iewers
20        begin. Ek sal my eerste versie Stillewe noem. Ter nagedagtenis aan my
21        eerste speurverhaal wat so vroeg moes sneuwel.
                                               ***
22           Ek het gedog ŉ gedig sou makliker as ŉ speurverhaal wees. ŉ Gedig het
23        nie ŉ spannende storielyn of ŉ geloofwaardige ontknoping nodig nie. Net
24        woorde. Nou weet ek van beter. Die bom bars oor middagete.

4.1       Wie het hier op die berg vir Hanna die idee gegee om ŉ gedig te skryf?               (1)

4.2       Hanna se gesin het haar liefde vir lees aangemoedig.

          4.2.1       Dui aan of hierdie stelling WAAR of ONWAAR is.                           (1)

          4.2.2       Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.2.1.                                    (1)

4.3       Hanna verander die naam Botterberg na “Bitterberg”. Wat dui die woord
          “Bitterberg” aan oor haar houding teenoor die plek waar hulle vakansie gaan
          hou het?                                                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          9                             DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                             NSS

4.4       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
          vraagnommer en die letter (A–D) neer.

          Die berghuis waar die gesin met vakansie was, was met hul aankoms vir
          Hanna ...

          A     ŉ teleurstelling omdat dit so eenvoudig was.
          B     ŉ hool aan die gatkant van Tafelberg.
          C     baie na aan haar idee van die paradys.
          D     nie te sleg nie, as gevolg van die natuurskoon.                                    (1)

4.5       Hoekom pas die beskrywing van Hanna se kamer (reël 2–8) by die res van
          die huis?                                                                                (1)

4.6       Waarom was Hanna se woorde in die tweede sin (reël 2) ironies?                           (2)

4.7       Waarom kan ŉ mens verstaan dat Hanna haar kamer met ŉ tronksel
          vergelyk het?                                                                            (1)

4.8       Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.
          Skryf slegs die vraagnommer (4.8.1–4.8.4) en die antwoord neer.

                   verbeelding;     werklikheid;     sekuriteit;          voorkoms;
                   vriendin;    toneelstuk;      lewensverhaal;           kunstalent

          Hanna was ontevrede met haar lewe, (4.8.1 ) ... en vreemde gesin. Sy het
          daarom haar wonderlike (4.8.2) ... gebruik om weg te kom van die (4.8.3) ...
          en het begin om die (4.8.4) ... van Fabienne te skryf.                                   (4)

4.9       Kies elke keer ’n naam uit KOLOM B om by die inligting in KOLOM A te pas.
          Skryf slegs die vraagnommer (4.9.1–4.9.4) en die letter (A–E) neer.

                           KOLOM A                                    KOLOM B
          4.9.1 ... was ŉ modeontwerper van beroep.         A     Beyers

          4.9.2 ... was ŉ gasspreker by funksies.           B     Yann

          4.9.3 ... was ŉ skilder.                          C     Margot

          4.9.4 ... kon ure lank na musiek luister.         D     Gavin

                                                            E     Mana
                                                                                       (4 x 1)     (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          10                          DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                             NSS

Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1             Ek gaan daardie roman skryf wat ek vir die koningin belowe het. Maar ek
2         gaan nie oor ŉ fabelagtige skepsel soos Fabienne skryf nie. Ek het so ŉ
3         gevoel ek is vir altyd klaar met Fabienne en haar fantastiese tande. (Ek het
4         ook so ŉ gevoel juffrou Liebenberg sal vreeslik verlig wees om dit te hoor.)
5         Ek gaan ŉ storie skryf oor ŉ gemiddelde vaal meisiekind met ŉ onwaarskyn-
6         like ma en ŉ selfs meer onwaarskynlike pa.
7             Ek sal sorg dat daar vir Margot Jordan ook ŉ rol is om te speel.
8         ŉ Fassinerende moederfiguur. Iets tussen ŉ bose heks en ŉ goeie fee. En
9         vir my beeldskone beste vriendin. En ag, nou ja, ek sal seker nie my
10        irriterende stiefbroer uit die storie kan hou nie, nè?
11            Hulle sal almal in my boek wees. Hoe het Beyers nou weer vanoggend
12        gesê? Honde, kinders, grootmense. Selfs die suster vir wie ek so lank
13        gewag het. Amanzi of Kwakwa of Water of wat haar naam ook al gaan
14        wees.
15        Terwyl my pa met uitgestrekte arms en rukkende heupe op die kombuis-
16        tafel dans, sien ek die titel soos in ŉ visioen. Die ongelooflike avonture van
17        Hanna Hoekom. ŉ Ware verhaal.
18            Dít sal nou vir jou ŉ storie wees!

4.10      “Ek gaan daardie roman skryf wat ek vir die koningin belowe het.” (Reël 1)

          4.10.1      Wie was die koningin na wie Hanna hier verwys?                             (1)

          4.10.2      Waarom het Hanna hierdie persoon “die koningin” genoem?                    (1)

4.11      “Ek het so ŉ gevoel ek is vir altyd klaar met Fabienne en haar fantastiese
          tande.” (Reël 2–3)

          4.11.1      Waarom was dit aan die begin van die roman vir Hanna so
                      belangrik dat Fabienne “fantastiese tande” moes hê?                        (1)

          4.11.2      Waarom was Hanna vir altyd klaar met Fabienne?                             (1)

4.12      Watter rol het juffrou Liebenberg in Hanna se storieskrywery gespeel?                  (1)

4.13      In die uittreksel wil Hanna ŉ storie skryf oor “ŉ gemiddelde vaal meisiekind
          met ŉ onwaarskynlike ma en ŉ selfs meer onwaarskynlike pa.” (Reël 5–6)

          4.13.1      Noem enige DRIE maniere waarop Mana deur haar kleredrag as
                      “ŉ onwaarskynlike ma” uitgestaan het.                                      (3)

          4.13.2      Waarom was Gavin “ŉ meer onwaarskynlike pa”?
                      Gee TWEE feite oor Gavin.                                                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           11                        DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                              NSS

4.14      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          vraagnommer en die letter (A–D) neer.

          Die feit dat Hanna vir Margot ŉ rol as “iets tussen ŉ bose heks en ŉ goeie fee”
          (reël 8) in haar roman wou gee, dui aan dat Hanna vir Margot ...

          A        as mens aanvaar het.
          B        bewonder het.
          C        wantrou het.
          D        as ŉ goeie aktrise beskou het.                                               (1)

4.15      Hanna was aan die begin baie opgewonde dat Gavin kom kuier het.

          4.15.1      Dui aan of die stelling WAAR of ONWAAR is.                                (1)

          4.15.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.15.1.                                    (1)

4.16      Tot watter besef het Hanna aan die einde van die verhaal oor die volgende
          karakters gekom:

          4.16.1      Gavin as pa                                                               (1)

          4.16.2      Margot                                                                    (1)

4.17      Watter eienskap van Gavin het Hanna bewonder toe hy en die kinders alleen
          in die berghuis agterbly het?                                                         (1)

4.18      Die slothoofstuk se opskrif is: “Vaarwel, fabelagtige Fabienne”. Hoe het Gavin
          en Margot daartoe bygedra dat Hanna vir haar alter ego (Fabienne) vaarwel
          kon sê?                                                                               (2)
                                                                                                [35]

                                              OF

BEANTWOORD ÓF DIE OPSTELVRAAG ÓF DIE KONTEKSTUELE VRAAG.

VRAAG 5: OPSTELVRAAG

MEEULANDERS – Esta Steyn

Skryf ŉ OPSTEL (250–300 woorde) waarin jy die gevolge van Elsabet se verkeerde
keuses bespreek.
Jy moet in jou opstel verwys na:
•   Elsabet se keuse om op Meeuland te gaan woon
•   Fred en Jacob se rol in Elsabet se keuse om Meeuland te verlaat
•   Elsabet se keuse om terug te gaan Meeuland toe
Jou opstel moet ŉ inleiding en ŉ slot hê.                                                       [35]

                                              OF

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2        12                          DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                           NSS

VRAAG 6: KONTEKSTUELE VRAAG

MEEULANDERS – Esta Steyn

Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1         “... Op die een of ander manier glo ek dat sy ŉ Meeulander gaan wees. Dat sy
2         aan die eiland sal behoort. Maak nie saak wie werklik toesig het nie.”
3             Sy kyk na hom. “Ek is nie so seker daarvan nie. Die eiland kan mens
4         nie vir altyd beskerm teen die buitewêreld nie. Op die een of ander tyd moet
5         mens die waarheid in die gesig kyk.”
6            “Hoekom het jy Meeuland toe gekom?”
                                                    ***
7            “Miskien ... om dieselfde rede as jy,” sê sy sag.
                                                    ***
8            Hy staan voor haar met die kind in sy arms.
9            “Nag.” Hy gaan uit en sy trek die deur agter hom dig.
10           “Nag, Jacob.”
11           Sy gaan na die swartstoof en maak die vuurherd se deurtjie oop en gooi nog ŉ
12        paar stompies in. Sy maak die papiere op die tafel op ŉ hopie bymekaar en
13        bêre dit in die rak. En dan dra sy die groot kastrol warm water badkamer toe.
14            Sy lê in die behaaglikheid van warm water en skuim en maak haar oë toe.
15            Ons vlug maar almal, Jacob. Ons dra ons letsels onder ons maskers. Ons is
16        so bang ander sal weet. Ons is so bang om jammer gekry te word.
17            Ons soek wildevybome om in te klim. Want ons wil in die ewige skadu’s
18        wegraak en nooit weer uitkom nie. Of ons soek ŉ eiland in die middel van die
19        see. Want ons wil afgesny wees van die pyn wat ons daar iewers buitekant op
20        die wal verwond het.
21           Sy maak haar oë skielik oop en ŉ vaag bekende reuk laat haar regop sit. Nog
22        voordat sy weet wat dit is, voel sy hoedat die paniek elke senuwee snaarstyf
23        laat span.
24            Iets brand!

6.1       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
          vraagnommer en die letter (A–D) neer.

          Toe Jacob gesê het hy glo Janka gaan ŉ Meeulander wees (reël 1), het hy
          bedoel sy ...

          A     kon eendag op Meeuland kom werk.
          B     sou nie van Salamanderbaai hou nie.
          C     sou die eiland ook soos Jacob liefhê.
          D     kon eendag ŉ boek oor malgasse skryf.                                          (1)

6.2       Wat was Janka se CB-naam?                                                            (1)

6.3       Die lewe op Meeuland het nie vir Janka teen seerkry beskerm nie. Gee EEN
          rede om die stelling te motiveer.                                                    (1)

6.4       Watter DRIE feite sou Jacob eendag vir Janka oor haar geboorte moes
          vertel?                                                                              (3)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          13                          DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                             NSS

6.5       Party karakters wat op Meeuland gebly het, word positief in die roman
          uitgebeeld en ander negatief.

          6.5.1       Watter positiewe lewensles kan die leser by Jannerik leer?                (1)

          6.5.2       Waarom, dink jy, kan Elsabet as ŉ negatiewe rolmodel gesien
                      word?                                                                     (1)

6.6       Hoe het Elsabet en Ryna Meeuland verskillend beskryf?                                 (2)

6.7       Wat het Jacob en Elsabet oor Janka besluit toe hulle geskei is?
          Noem TWEE feite.                                                                      (2)

6.8       Janka was net so gelukkig by Fred en Elsabet as op Meeuland.

          6.8.1       Dui aan of hierdie stelling WAAR of ONWAAR is.                            (1)

          6.8.2       Motiveer jou antwoord op VRAAG 6.8.1.                                     (1)

6.9       Ryna se eie hartseer het minder geword toe sy gehelp het om Janka na
          Jacob en Elsabet se egskeiding te versorg. Motiveer hierdie stelling.                 (1)

6.10      Ryna het in reëls 15–17 gesê: “Ons vlug maar almal, Jacob. Ons dra ons
          letsels onder ons maskers. Ons is so bang ander sal weet. (...) Ons soek
          wildevybome om in te klim.”

          6.10.1      Ná watter gebeurtenis het Ryna en Jannerik die eerste keer besluit
                      om ŉ wildevyboom te plant?                                                (1)

          6.10.2      Wie het in ŉ wildevyboom weggekruip na Elsabet se dood?                   (1)

6.11      Waarom was Elsabet ongelukkig toe sy met die volgende mense
          getroud was?

          6.11.1      Jacob                                                                     (1)

          6.11.2      Fred                                                                      (1)

6.12      Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.
          Skryf slegs die vraagnommer (6.12.1–6.12.4) en die antwoord neer.

          verlaat; beskerm; geluister; vertrou; versorg; gevlug; verloor; bedrieg

          Ryna het na Meeuland (6.12.1) ... om weg te kom van die hartseer van haar
          man en seuntjie se dood. Op Meeuland het sy emosioneel gesond geword
          deurdat sy al hoe meer by mense betrokke geraak het. Elsabet het Ryna
          (6.12.2) ... en van haar frustrasies met Meeuland en Jacob vertel. Toe
          Elsabet Meeuland (6.12.3) ... het, het Ryna Janka versorg. Ryna en Jannerik
          het mekaar verstaan, want hulle het albei geweet wat dit beteken om iemand
          na aan jou te (6.12.4) ...                                                            (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          14                          DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                             NSS

6.13      Wat het die polisie gedink toe Ryna hulle destyds vertel het van die blonde
          man in die vuur?                                                                       (1)

Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1         Hulle kom op die lughawe en dra Attie se bagasie aan. Sy dink aan die
2         eerste dag toe hy vir haar na die Meeuw geneem het met haar paar
3         stukke goed en Hansie se koekblikke. ŉ Luidspreker kondig die vlug
4         aan en meteens is die afskeid daar. Hy omhels vir Daniel en dan vir
5         Tamara. “Julle tweetjies moet mekaar mooi oppas,” sê hy terwyl hulle
6         skamerig beaam. ŉ Jong liefde is duidelik aan die blom. Hy groet vir
7         Ryna laaste.
8            “Attie ...” Haar oë skiet vol trane.
9            “Mooi bly, Van.” Net dit. En hy stap vinnig deur die sekuriteitshekke
10        en wuif terug na hulle kant toe, voordat hy verder aanstap. Ryna kyk
11        hom agterna en wuif. ’n Groep mense, almal met baie handbagasie,
12        beweeg haastig verby haar. Iemand se tas stamp teen haar. “Ekskuus,
13        mevroutjie,” sê ’n forsgeboude man langs haar. Hy dra ŉ kortmou-
14        hemp en in een onvergeetlike oomblik sien sy skielik sy fris boarm met
15        ŉ groot tatoeëermerk daarop.

6.14      Attie het besluit om van Meeuland af weg te gaan.

          6.14.1      Waarheen het Attie weggegaan?                                              (1)

          6.14.2      Watter werk het Attie daar (VRAAG 6.14.1) gaan doen?                       (1)

          6.14.3      Hoekom het Attie op daardie stadium besluit om van Meeuland af
                      weg te gaan?                                                               (1)

6.15      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi.             Skryf net die
          vraagnommer en die letter (A–D) neer.

          Die feit dat Ryna se oë vol trane geskiet het toe sy Attie gegroet het (reël 8),
          is ŉ aanduiding dat sy ...

          A     kwaad was omdat hy haar alleen gelos het.
          B     besef het dat sy Attie seergemaak het.
          C     geweet het Attie was die groot liefde van haar lewe.
          D     hartseer was omdat hy van sy seun geskei gaan wees.                              (1)

6.16      Op die lughawe het ŉ frisgeboude man met ’n tatoeëermerk op sy arm
          (reël 13–15) aan Ryna gestamp en sy het skielik iets belangriks onthou.

          6.16.1      Wie, het Ryna skielik onthou, was die man wat sy tydens die brand
                      gesien het?                                                                (1)

          6.16.2      Watter bewys het Ryna hiervoor gehad?                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         15                           DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                            NSS

6.17      Kies elke keer ’n naam uit KOLOM B om by die stelling in KOLOM A te pas.
          Skryf slegs die vraagnommer (6.17.1–6.17.4) en die letter (A–E) neer.

                           KOLOM A                                KOLOM B
          6.17.1 ... was Jacob se eerste liefde voordat   A   Magdel
                 hy met Elsabet getroud is.
                                                          B   Marietjie
          6.17.2 ... was volgens Hermanus die
                 oorsaak van al Schalk se probleme.       C   Mona-Maria

          6.17.3 ... was verantwoordelik vir Elsabet se   D   Jackie
                 finale ongelukkigheid.
                                                          E   Emily
          6.17.4 ... het ŉ positiewe invloed in Schalk
                 se lewe gehad.
                                                                                  (4 x 1)       (4)

6.18      Hierdie roman het ook as een van die populêrste televisiereekse verskyn.

          Hoekom, dink jy, was hierdie televisiereeks so populêr?                               (1)
                                                                                                [35]

                                                               TOTAAL AFDELING A:               35

                                            OF

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            16                       DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                               NSS

AFDELING B: DRAMA

BEANTWOORD ÓF DIE OPSTELVRAAG ÓF DIE KONTEKSTUELE VRAAG.

VRAAG 7: OPSTELVRAAG

POPPIE, DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé

Skryf ŉ OPSTEL (250–300 woorde) waarin jy vertel hoe die volgende dinge Poppie se
lewe in Nyanga moeilik gemaak het.

Jy moet in jou opstel verwys na:

•     Stone se werk en sy siekte
•     Probleme om ŉ pas te kry
•     Jakkie se stryd teen die paswetstelsel

Jou opstel moet ŉ inleiding en ŉ slot hê.                                                       [35]

                                               OF

VRAAG 8: KONTEKSTUELE VRAAG

POPPIE, DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé

Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1          MOSIE (vorentoe). Dit was vir die kinders lekker om te sien hoe hardloop
2          die grootmense vir die poeliesse weg. Jakkie het so gelag vir bhuti Plank
3          toe die soldate hom uit die hoenderhok uithaal waar hy wegkruip.

4          Jakkie en kinders begin te lag; boots bhuti Plank na.

5          POPPIE (swaai haar om na die laggende kinders; aan Jakkie). Hou op met
6          lag! Ek slaat jou dat jy vrek! (Draai terug na gehoor.) Dit was anders as die
7          lag toe ons jonk was vir oompie Pengi wat dronk is. Dit was nie die kinders
8          se strike nie, dit was die grootmense se strike. En die kinders het vir hulle
9          gelag. Hulle het gelag as hulle tata en hulle ooms en ouer bhuti’s onder die
10         beddens wegkruip en agter die klere in die klerekas en in die kleinhuisies en
11         in die hoenderhokke en daar uitgesleep word.

8.1        Hoekom het bhuti Plank vir die polisie weggekruip?                                   (1)

8.2        Die polisie het gereeld die mense se huise deursoek.

           8.2.1      Wat was Mama se grootste vrees elke keer as sy die polisie buite
                      haar huis gehoor het?                                                     (1)

           8.2.2      Hoe het die polisie se optrede teenoor Stone verskil van hoe hulle
                      gewoonlik teenoor die ander mans opgetree het?                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2              17                       DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                                 NSS

8.3       Watter lewensles het Poppie in die uittreksel vir Jakkie probeer leer oor sy
          gedrag teenoor ouer mense?                                                              (1)

8.4       Watter gevolge het die paswet op die volgende mense se lewens gehad?

          8.4.1       Die grootmense                                                              (1)

          8.4.2       Die kinders                                                                 (1)

8.5       Wat het ouma Hannie destyds met Poppie en haar broers gedoen toe hulle vir
          oom Pengi wat dronk was, gelag het?                                                     (1)

8.6       Poppie het in reël 7–8 gesê: “Dit was nie die kinders se strike nie, dit was die
          grootmense se strike.”

          Hoekom het die opstand teen die paswet slegs die grootmense geraak?                     (1)

8.7       Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.
          Skryf slegs die vraagnommer (8.7.1–8.7.4) en die antwoord neer.

                     antagonis;        buiteruimte;   dialoog;  dramatiese ironie;
                      klimaks;         milieu;   motoriese moment;  protagonis

          Die woorde van die karakters in hierdie drama noem ons die (8.7.1) ... Die
          hoofkarakter is die (8.7.2) ... en Poppie se troue vorm die (8.7.3) ... van die
          drama. Die ruimte waarbinne alles afspeel, noem ons die (8.7.4) ...                     (4)

8.8       Om watter TWEE redes is Nkosi sikelel’ iAfrika as ’n vryheidslied so effektief
          in hierdie drama?                                                                       (2)

8.9       Dink jy die grootmense het reg opgetree in hierdie opstande teen die paswet?
          Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                                            (1)

8.10      Wat is die doel met die skuinsgedrukte woorde (kursief) in hierdie uittreksel?          (1)

8.11      Jakkie het vir bhuti Plank teen die kinders beskerm.

          8.11.1      Dui aan of die stelling WAAR of ONWAAR is.                                  (1)

          8.11.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 8.11.1.                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          18                           DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                             NSS

Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1         POPPIE. Hoe sal ek nie huil nie? Eers het die wit poeliesse hom oor die
2         paste by die hoenderhok geslaan, nou’s dit weer sy eie broertjie.
3         MAMA. God het die ouers se gebede verhoor. Dis die Here wat deur die
4         kinders praat. Die Here sê: Die drank het julle uitgeroei, julle moet dit laat
5         staan.
6         POPPIE (nadenkend). My kinders is nie hier nie. As hulle hier was, was
7         hulle seker ook teen die wet en teen die drank. Maar deur my swaarkry, is
8         hulle nou uit die ding. (Praat met Mosie en Mama). Ek is nou eerlik. As ek
9         die krag gehad het, sou ek ook iets gedoen het, maar nou het ek nie die
10        krag nie, nou is ek tevrede met die wêreld soos dit nou is. Wat verby is, is
11        verby. Ek is moeg, Mama. Daar moet nou rus kom.
12        JAKKIE. Ek is nog nie moeg nie. Dis hoekom daar nog nie rus moet kom
13        nie. Julle is moeg; ons nie.

8.12      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
          vraagnommer en die letter (A–D) neer.

          Poppie was bly dat haar dogters toe weg van hierdie probleme was en in ...
          gebly het.

          A     Lambertsbaai
          B     Kaapstad
          C     Mdantsane
          D     Herschel                                                                          (1)

8.13      In die uittreksel het Poppie getoon dat sy vir Jakkie ondersteun het in sy stryd
          teen die paswetstelsel.

          8.13.1      Dui aan of die stelling WAAR of ONWAAR is.                                  (1)

          8.13.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 8.13.1.                                      (1)

8.14      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
          vraagnommer en die letter (A–D) neer.

          Poppie kon in die uittreksel sê dat sy tevrede was met die wêreld soos dit was
          (reël 10), want ...

          A     sy het haar eie huis en werk gehad.
          B     sy het ŉ pas en ŉ werk gehad.
          C     haar dogters was getroud en versorg.
          D     haar seun het geld gestuur vir sy kind.                                           (1)

8.15      Dit was vir Mama ’n moeilike tyd toe Jakkie in die tronk was. Motiveer hierdie
          stelling met DRIE feite.                                                                (3)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          19                          DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                             NSS

8.16      Wie het die volgende woorde vir Poppie gesê?

          Kies elke keer ’n naam uit KOLOM B om by die aanhaling in KOLOM A te
          pas. Skryf slegs die vraagnommer (8.16.1–8.16.4) en die letter (A–E) neer.

                             KOLOM A                                  KOLOM B
          8.16.1 “Poppie ... as jy eendag kinders kry, dan A      Mr Strydom
                 moet jy jou meisiekinders grootmaak
                 net soos jou ouma vir jou grootgemaak     B      Mrs Retief
                 het.”
                                                           C      Stone
          8.16.2 “Jou swaar is nie die swaarste nie,
                 Poppie, dat jou kinders weg is van jou.   D      Ouma Hannie
                 Maar ons weet nie waar ons kinders
                 is nie.”                                  E      Mama

          8.16.3 “Nou ja, moenie moed verloor nie. Elke
                 bybie kom van die Here af.”

          8.16.4 “Jy kwalifiseer nie hier in die Kaap nie.
                 Jy is getroud met ŉ man uit die Ciskei,
                 jy moet Ciskei toe.”
                                                                                      (4 x 1)       (4)

8.17      Jakkie het ’n tweede keer met die polisie gebots.

          8.17.1      Wat het Jakkie gedoen dat hy vir die polisie gevlug het?                      (1)

          8.17.2      Hoe het Jakkie se optrede vir Bonsile deel van sy probleme
                      gemaak?                                                                       (1)

8.18      Watter boodskap hou Poppie se lewe vir ouers in?                                          (1)

8.19      Tydens watter situasie het Poppie aan haar geloof begin twyfel?                           (1)

8.20      Hoekom is Jakkie nie ŉ voorbeeld van ŉ goeie rolmodel vir die leser nie?                  (1)
                                                                                                    [35]

                                             OF

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            20                            DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                               NSS

BEANTWOORD ÓF DIE OPSTELVRAAG ÓF DIE KONTEKSTUELE VRAAG.

VRAAG 9: OPSTELVRAAG

PALJAS – Chris Barnard

Skryf ŉ OPSTEL (250–300 woorde) waarin jy van die McDonald-gesin se lewe op
Toorwater vertel.

Jy moet in jou opstel verwys na die invloed van:

•    Toorwater as blyplek
•    Die koms van die sirkus
•    Die dorpsmense/gemeenskap se optrede

Jou opstel moet ŉ inleiding en ŉ slot hê.                                                            [35]

                                               OF

VRAAG 10: KONTEKSTUELE VRAAG

PALJAS – Chris Barnard

Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1         KATRIEN: Wat het dan gebeur dat als ... só geword het?
2         HENDRIK: Ek weet nie, Katrina.
3         KATRIEN: Ons was tog op ŉ tyd gelukkig!
4         HENDRIK: Ons was. Ek is nóg. Partykeer. (Hy dink.) Dis net: hoe meer
5         ons wou diékant toe, hoe meer het als met ons dáárdie kant toe geneuk.

6         Sy sit net vir die muur en kyk.

7         KATRIEN: Op Touwsrivier twintig jaar terug het almal gesê jy gaan stasie-
8         meester wees voor jy dertig is. Toe kom Emma. Toe Lydenburg. Toe
9         Soekmekaar. Toe kom Willem. Toe begin als verkeerd loop. Toe Twyfel-
10        fontein. Elke stasie ’n bietjie kleiner, bietjie valer, bietjie verder van als af.
11        (Sy kyk reguit vir hom.) Nou sit ons hier. Kyk hoe lyk als, Hendrik. Kyk hoe
12        lyk ons ...
13        HENDRIK (eenvoudig): Dis lekker hier, Katrina.
14        KATRIEN: ... Is dit?

10.1      In reël 1 verwys Katrien na haar en Hendrik se verhouding wat skeefgeloop
          het.
          Gee enige DRIE feite oor Hendrik en Katrien se verhouding op Toorwater.                    (3)

10.2      Katrien: “Nou sit ons hier. Kyk hoe lyk als, Hendrik.” (Reël 11)
          Noem enige TWEE kenmerke van die stasie waar hulle gebly het.                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2             21                        DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                                NSS

10.3      Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf
          slegs die vraagnommer (10.3.1–10.3.4) en die antwoord neer.

                      antagonis;       buiteruimte; dialoog; dramatiese ironie;
                       klimaks;        milieu; motoriese moment; protagonis

          Die woorde van die karakters noem ons die (10.3.1) ... Die hoofkarakter is die
          (10.3.2) ... en die gebrul van die leeu vorm die (10.3.3) ... van die drama. Die
          ruimte waarbinne alles afspeel, noem ons die (10.3.4 ) ...                                (4)

10.4      Hendrik het vir Katrien gesê: “Ek wou jou vir myself hê.”

          10.4.1      Wat het Hendrik met hierdie woorde geïmpliseer?                               (1)

          10.4.2      Watter karaktereienskap van Hendrik kom na vore in hierdie
                      woorde?                                                                       (1)

          10.4.3      Waarom was dit vir Hendrik onnodig om op kleiner stasietjies te
                      gaan werk om Katrien vir homself te hê?                                       (1)

10.5      Waaruit kan jy aflei dat Hendrik die swak verhouding tussen hom en Katrien
          probeer verbeter het?                                                                     (1)

10.6      Kies elke keer ’n naam uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.
          Skryf slegs die vraagnommer (10.6.1–10.6.4) en die letter (A–E) neer.

                           KOLOM A                                    KOLOM B
          10.6.1 ... was ŉ grapmaker.                        A   Jan Mol

          10.6.2 ... was aanvallend en veroordelend.         B   Nollie Kemp

          10.6.3 ... het stilgebly as gevolg van ŉ           C   Frans
                 angstoestand.
                                                             D   Willem
          10.6.4 ... het die McDonalds op die dorp
                 verdedig.                                   E   Manuel
                                                                                      (4 x 1)       (4)

10.7      Emma het haar houding teenoor Nollie aan die einde van die drama verander.

          10.7.1      Dui aan of die stelling WAAR of ONWAAR is.                                    (1)

          10.7.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 10.7.1.                                        (1)

10.8      Wat het Katrien met haar vraag “Is dit?” (reël 14) bedoel?                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          22                          DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                             NSS

10.9      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
          vraagnommer en die letter (A–D) neer.

          Watter EEN van die onderstaande moontlikhede is ŉ tema in Paljas?

          A       Gelukkige werksomstandighede
          B       Gebrek aan kommunikasie
          C       Gesinsgeweld
          D       Misdaad                                                                       (1)

Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1         HENDRIK: Presies! Ons is maar net mense. Wat ons ding op ons eie
2         manier doen. Maar daar’s ŉ groot wêreld daar buitekant, my kind, wat sê:
3         Julle doen dit soos ons almal dit doen, of ons maak ons mausers leeg op
4         julle.

5         Willem het binnegekom en hy staan langs sy ma.

6         KATRIEN: Sê hy al iets?
7         WILLEM: Hy slaap.
8         HENDRIK: Ek is Hendrik McDonald. En ek mág ek wees. En jy mag Emma
9         wees. En Ma en Willem en almal. Nollie Kemp is Nollie Kemp en klaar.
10        Ons is ons met al ons skete en al. (Hy kyk skielik vir Willem.) Of wat sê jy,
11        Willem?
12        WILLEM: Manuel het niemand iets gedoen nie.
13        HENDRIK: Presies!

14        Manuel lê vir die dak en kyk. Willem staan langs die bed. Hy is besig om
15        Manuel uit te lok soos Manuel hom aanvanklik uitgelok het. Hy maak soos ŉ
16        hoenderhen. As Manuel nie reageer nie, begin hy in die vertrek rondloop
17        presies soos ŉ hen. As Manuel steeds nie reageer nie, gaan staan Willem
18        weer langs sy bed.

10.10     Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
          vraagnommer en die letter (A–D) neer.

          Met “Ons is maar net mense. Wat ons ding op ons eie manier doen”
          (reël 1–2) verwys Hendrik daarna dat die McDonald-gesin ...

          A       anders as die ander mense opgetree het.
          B       met duiwelse toorkuns in die skuur besig was.
          C       dikwels kerkdienste bygewoon het.
          D       arm, maar eerlike mense was.                                                  (1)

10.11     Wie was die “hy” na wie Katrien in reël 6 verwys het?                                 (1)

10.12     Wat het gebeur dat die “hy” by Hendrik-hulle in die huis was?                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          23                          DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                             NSS

10.13     Manuel wou aan die einde van die drama op Toorwater bly.

          10.13.1     Dui aan of die stelling WAAR of ONWAAR is.                                 (1)

          10.13.2     Motiveer jou antwoord op VRAAG 10.13.1.                                    (1)

10.14     In reël 14–16 probeer Willem ŉ reaksie by Manuel uitlok.

          10.14.1     Watter reaksie wou Willem by Manuel uitlok? (Reël 15)                      (1)

          10.14.2     Waarom wou Willem gehad het Manuel moes reageer?                           (1)

10.15     Musiek speel ŉ belangrike rol in hierdie drama.

          10.15.1     Watter emosie kon Emma aan die einde van die drama deur haar
                      musiek uitdruk?                                                            (1)

          10.15.2     Wat het die nostalgiese plate waarna Hendrik geluister het, vir hom
                      beteken?                                                                   (1)

10.16     Die stemming in die McDonald-huis het aan die einde van die drama
          verander.

          10.16.1     Watter stemming was daar aan die begin van die drama in die
                      McDonald-huis?                                                             (1)

          10.16.2     Watter stemming was daar aan die einde van die drama in die
                      McDonald-huis?                                                             (1)

10.17     Aan die einde het die dorpenaars en die McDonald-gesin saam gekuier. Dink
          jy die gelukkige slot is realisties? Motiveer jou antwoord.                            (1)

10.18     Waarom kan ons sê die titel van die drama is gepas? Gee TWEE redes.                    (2)
                                                                                                 [35]

                                                                TOTAAL AFDELING B:               35

                                             OF

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         24                        DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                            NSS

AFDELING C: KORTVERHALE

BEANTWOORD ÓF DIE OPSTELVRAAG ÓF DIE KONTEKSTUELE VRAAG.

VRAAG 11: OPSTELVRAAG

STORIEJOERNAAL

Baby – EKM Dido

Skryf ŉ OPSTEL (250–300 woorde) waarin jy vertel van Baby en Attie se ervarings op
Nqamakwe.

Jy moet in jou opstel verwys na:

•    Baby en Attie se aankoms op Nqamakwe
•    Baby en Attie se vreemde gedrag
•    Die waarheid oor Baby en Attie

Jou opstel moet ŉ inleiding en ŉ slot hê.                                                     [35]

                                            OF

VRAAG 12: KONTEKSTUELE VRAAG

Die pakkie – Leonard Koza

Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1         “Mirrag, Mammie,” groet Esther, Sally Filander se beeldskone dogter wat nog
2         op hoërskool is. Mevrou Filander is besig om uie fyn te sny en in ŉ pot te
3         gooi. Kort-kort lig sy die deksel om seker te maak dat die uie nie vasbrand
4         nie. Die skerp geluid van die kombuisdeur trek haar aandag en sy draai
5         stadigies om. Esther groet en verdwyn in haar kamer, voordat haar ma
6         ordentlik kan teruggroet. Gewoonlik vertoef Esther in haar kamer totdat
7         aandete gereed is. Sy is dan ook net mooi klaar met haar huiswerk. Na ete
8         ontspan sy gewoonlik ŉ bietjie voor die TV voordat sy begin met
9         voorbereiding vir klastoetse. Mevrou Filander is besig om die tafel skoon te
10        vee. Sy maak aartappel- en uieskille bymekaar om in die vullisdrom te gooi.
11        Met die skielike oopmaak van die agterdeur gewaar sy iemand by die hekkie
12        wat allerhande handgebare maak. Eers dink sy die man het nie al sy varkies
13        op hok nie. Sy gaan loer skelmpies deur haar kamervenster. Tot haar
14        verbasing moet sy sien dat die snaakse handgebare vir Esther gemaak word.

12.1      Noem TWEE van Esther se karaktertrekke wat jy uit reëls 5–9 kan aflei.              (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans FAL P1 Feb-March 2014](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2014/5acde4b4-511b-410b-b32f-8245d6dd19b8) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Feb-March 2014](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2014/b597172a-74f4-4cfd-935a-c868a858b7da) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 QP GR12 SEP2014](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-qp-gr12-sep2014/bf18a86e-1f73-4f14-8f53-2f6b1aa74b4f) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr
- [Afrikaans 2nd Language SG P2 (Afrikaans) June 2014 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-2nd-language-sg-p2-afrikaans-june-2014-qp/0fe0dbfd-bd1b-4eee-84c2-af016de0b67a) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Feb-March 2014 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2014-memo/9f8d1fc4-699b-4d06-ba7d-7308f6faade4) — Afrikaans FAL · Memo · 2014 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Feb-March 2014 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2014-memo/43eb3cb8-50ed-4438-9035-f7e7ac594aca) — Afrikaans FAL · Memo · 2014 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
