# Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC Supplementary 2015 QP

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the NSC Supplementary 2015, 31 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-feb-march-2015/9712923b-dc0b-42ed-a799-57fe2c704add
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: NSC Supplementary
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 31

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC Supplementary 2015 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-feb-march-2015/9712923b-dc0b-42ed-a799-57fe2c704add)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC Supplementary · 2015 · Afrikaans. Question paper, 31 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans FAL P2 Feb-March 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-feb-march-2015-memo/fd80c4c4-fdd4-46b3-810f-b38df6c4444a) — Memo · 2015 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V21 DBE/Feb/Mrt 2015
             NSS

                                      NASIONALE
                                  SENIOR SERTIFIKAAT

                                             GRAAD 12

                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

                                 FEBRUARIE/MAART 2015

PUNTE: 70

TYD: 2 uur

                          Hierdie vraestel bestaan uit 31 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           2                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                              NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.        Moenie die hele vraestel deurlees nie.

2.        Gebruik die inhoudsopgawe om jou met jou keuses te help.

3.        Die vraestel bestaan uit VIER afdelings:

          AFDELING A: Roman                   (35)
          AFDELING B: Drama                   (35)
          AFDELING C: Kortverhale             (35)   Doen AL TWEE kortverhale indien
                                                     jy hierdie afdeling behandel het.
          AFDELING D: Gedigte              (35)      Doen AL TWEE gedigte indien jy
                                                     hierdie afdeling behandel het.

          Kies die TWEE afdelings wat jy behandel het.

4.        Lees die inhoudsopgawe op bladsy 3 en dui die vraagnommers van die
          letterkundetekste wat jy in die klas behandel het, aan.

5.        Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

6.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

7.        Laat ŉ reël oop na elke antwoord.

8.        Voorgestelde tydsindeling: Ongeveer 60 minute per afdeling.

9.        Antwoorde moet in Standaardafrikaans beantwoord word en nie in ŉ ander taal
          nie.

10.       Gebruik die kontrolelys op bladsy 4 om jou met jou keuses en die getal vrae te
          help.

11.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2      3                       DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                         NSS

INHOUDSOPGAWE

Kies TWEE afdelings.

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord net EEN vraag.

           VRAAGNOMMER                       VRAAG          PUNTE     BLADSYNOMMER
1.     Kringe in ŉ Bos                 Kontekstuele vraag     35            5
                                           OF
2.     Die ongelooflike avonture van   Kontekstuele vraag    35                 8
       Hanna Hoekom
                                           OF
3.     Meeulanders                     Kontekstuele vraag    35                 12

                                           OF

AFDELING B: DRAMA

Beantwoord net EEN vraag.

4.     Poppie – die drama              Kontekstuele vraag    35                16
                                          OF
5.     Paljas                          Kontekstuele vraag    35                20

                                          OF
AFDELING C: KORTVERHALE

Beantwoord AL TWEE vrae.

6.     Die storie van Piet se oupa     Kontekstuele vraag    18                24
                                          EN
       Die pakkie                      Kontekstuele vraag    17                26

                                          OF

AFDELING D: GEDIGTE

Beantwoord AL TWEE vrae.

7.     Thumela                         Kontekstuele vraag    17                28
                                          EN
       Die hanswors                    Kontekstuele vraag    18                30

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          4                   DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

KONTROLELYS

Kandidate moet die kontrolelys gebruik om te verseker dat die voldoende getal vrae
beantwoord is.

                                                    GETAL VRAE             DUI AAN
     AFDELING              VRAAGNOMMERS
                                                   BEANTWOORD                ()
A: Roman                               1–3              1

                                             OF
B: Drama                               4–5              1

                                             OF
C: Kortverhale                          6               1

                                             OF
D: Gedigte                              7               1

LET WEL: Maak seker dat jy slegs vrae oor TWEE afdelings beantwoord het.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          5                             DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

AFDELING A: ROMAN

VRAAG 1: KONTEKSTUELE VRAAG

KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1          Hy was amper twee jaar by MacDonald in die skuur toe Kate die Sondag met
2          die eerste gerug van die goud by die skuur aankom.
3          "Het jy geweet daar is goud in die Bos?"
4          "Goud?" het hy gelag en gedink dit is weer een van haar baie stories wat sy
5          so gereeld aangedra het.
6          "Ja. Het jy dit geweet?"
7          "Wie sê so?"
8          ʺMister Osborne. Hy het gisteraand by ons geëet.ʺ
9          ʺWie is mister Osborne?ʺ Dit was ŉ mooi dag. Jy kon amper sê ŉ groen dag,
10         want alles was groen tot onder by die water, net die varkore was kolle wit
11         tussen die gras. Dit het die vorige nag gereën en hy het hard gebid dat dit
12         moes opklaar sodat sy vir hom kon kom kuier.
13         ʺMister Osborne maak vir die Kaapse Goewerment paaie en hy weet alles
14         van goud af. Hy het in Kalifornië met goud te doen gehad.ʺ
15         ʺVertel my die res van die storie!ʺ het hy haar aangepor.
16         ʺDis nie ŉ storie, Saul! Jy dink ek jok.ʺ
17         ʺJa, ek dink jy jok sommer weer om my te terg.ʺ
18         ʺOp my woord van eer, mister Osborne sê so. Die Knysna gaan die grootste
19         kaai in die land kry, hy gaan die grootste hawe word.ʺ

1.1      Saul het uitgesien na Kate se besoek op Sondae. Noem TWEE voordele wat
         Kate se besoeke vir Saul ingehou het.                                                    (2)

1.2      Hoe het Jane Stewart vir Saul en Kate gehelp sodat hulle mekaar Sondae
         kon ontmoet?                                                                             (1)

1.3      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
         vraagnommer (1.3) en die letter (A–D) neer, bv. 1.3 E.

         Die eerste boek wat Kate vir Saul skuur toe gebring het, was ...

         A        oor gouddelwery.
         B        oor sterrestelsels.
         C        David Copperfield.
         D        Oliver Twist.                                                                   (1)

1.4      Waarom was dit ironies dat Saul eerste aan die Bosmense gedink het, toe die
         stories oor goud begin loop het?                                                         (2)

1.5      Was dit vir MacDonald aanvaarbaar dat Kate en Saul sosiaal met mekaar
         kontak gehad het? Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         6                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                            NSS

1.6      Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer
         (1.6) en die antwoord neer.

         Die Bosmense het Saul by MacDonald se werf daarvan beskuldig dat hy
         ŉ (spioen/lafaard) is.                                                                   (1)

1.7      Hoekom was Saul bekommerd toe hy gehoor het hoe MacDonald en ander
         dorpsmense oor die goud gepraat het?                                                     (1)

1.8      Hoekom wou Saul baie graag met die Bosmense praat toe hy van die goud
         gehoor het?                                                                              (1)

1.9      Saul het ŉ paar keer met die Bosmense oor die goud probeer praat.

         1.9.1       Waarom het die Bosmense nie daarin belanggestel om na Saul te
                     luister nie?                                                                 (1)

         1.9.2       Hoe het Saul gevoel toe die Bosmense nie in die goud in die Bos
                     belanggestel het nie?                                                        (1)

1.10     Saul wou aan die einde van die verhaal sy rykdom tot voordeel van die Bos
         gebruik.
         Kon hierdie plan van Saul vir Jozef help? Motiveer jou antwoord.                         (1)

1.11     Kate en haar pa se houding teenoor die Bos het verskil.

         1.11.1      Wat was Kate se houding teenoor die Bos?                                     (1)

         1.11.2      Wat was MacDonald se houding teenoor die Bos?                                (1)

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1          Drie maande later, toe hy oortuig was dat die goud ook maar net weer ŉ
2          droom was, het MacDonald hom een middag onder op die kaai laat roep.
3          Dit was ŉ Maandag. Daar het ŉ vreemde man by hom in die kantoor gesit.
4          "Dit is mister Patterson," het MacDonald hom ingelig. "Hy verstaan nie
5          kitchen Dutch nie, hy kom van oorsee af. Hy wil ŉ paar dae lank Bos toe
6          gaan om die loeries te bestudeer en hy soek iemand om met hom saam te
7          gaan." Saul het geweet MacDonald sit en lieg. Ná twee jaar in sy skuur het
8          hy MacDonald se liegstem goed geken. "Aangesien mister Patterson my gas
9          is, het ek gesê ek sal jou met hom saamstuur omdat jy die Bos ken." Hy het
10         ŉ kaart van die Bos, een wat ons by mister Harison gekry het.
                                             ***
11         "Die beste plek vir loeries is in Kom-se-Bos."
12         "Mister Patterson sal self sê waar hy geneem wil wees," het MacDonald
13         ergerlik wal gegooi. "Sorg jy maar net dat hy veilig daar kom en weer veilig
14         terugkom ook. Ek sal vir julle kos vir twee weke laat inpak. As hy langer wil
15         bly, kom haal jy nog. En jy los hom nie alleen en foeter na die houtkappers
16         toe nie!"

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            7                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                               NSS

1.12     Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer
         (1.12) en die antwoord neer.

         MacDonald het vir Patterson ŉ (deel van die goudwins/vennootskap in sy
         maatskappy) belowe as hy die rifgoud gekry het.                                            (1)

1.13     Wat moes Saul in opdrag van MacDonald in die Bos doen om vir Patterson
         te help?                                                                                   (1)

1.14     Hoekom het MacDonald juis vir Saul saam met Patterson Bos toe gestuur?                     (1)

1.15     "Hy verstaan nie kitchen Dutch nie." (Reël 4–5)
         Waarna verwys "kitchen Dutch" in hierdie uittreksel?                                       (1)

1.16     Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
         vraagnommer (1.16) en die letter (A–D) neer, bv. 1.16 E.

         Patterson het uiteindelik vir Saul vertel dat hy in Australië ook ... gedoen het.

         A        padwerke
         B        voëlstudies
         C        geologie
         D        prospekteerwerk                                                                   (1)

1.17     Gee TWEE redes waarom Patterson bang was in die Bos.                                       (2)

1.18     Het Saul reg opgetree deur Patterson in die Bos te hou terwyl hy so bang was?
         Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                                               (1)

1.19     Kies elke keer 'n karakter uit KOLOM B om by die stelling in KOLOM A te pas.
         Skryf net die vraagnommer (1.19.1–1.19.4) en die letter (A–E) neer,
         bv. 1.19.5 F.

                                  KOLOM A                                  KOLOM B
        1.19.1       ... het die gouddelwers se besittings gedra.    A     Peter Crompton

        1.19.2       ... het Saul se eerste goud by hom gekoop.      B     Hans Oukas

        1.19.3       ... was die Australiese gouddelwer wat ŉ        C     Saul
                     groot vriend van Saul geword het.
                                                                     D     Barkley
        1.19.4       ... het sy goud in ŉ kwar weggesteek en
                     later gaan haal.                                E     Stopforth
                                                                                       (4 x 1)      (4)

1.20     Op watter voorwaarde sou Saul vir Patterson uit die Bos help?                              (1)

1.21     Simpatiseer jy met Patterson as jy aan sy tyd saam met Saul in die Bos dink?
         Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           8                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                              NSS

1.22     Waarom is Patterson se beskrywing van die gouddelwers as vlieë gepas?                    (1)

1.23     In watter deel van die Knysnabos was daar soveel gouddelwers dat daar later
         ŉ dorpie was?                                                                            (1)

1.24     Saul het MacDonald se diens verlaat en Swellendam toe gegaan. Swellendam
         het ŉ positiewe uitwerking op Saul se lewe gehad.
         Noem DRIE feite om hierdie stelling te motiveer.                                         (3)

1.25     Dink jy Saul het aan die einde van die roman die regte keuse gemaak deur
         terug te gaan Knysna toe? Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                   (1)
                                                                                                  [35]

                                                OF

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita van der Vyver

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1          ... "Yann, gaan help jy jou pa om die bagasie af te laai, dan raak die res van ons
2          gou van die ergste stof ontslae."
3          "Hoekom moet ék help afstof" vra ek. "Is dit nie ’n bietjie seksisties nie?"
4          "Ag, ou Hanna Hoekom," sug Mana en begin die vloer met mening vee, "soms
5          is dit makliker om prakties te wees as om polities korrek te wees."
6          "Is hier dan nie ’n stofsuier nie?" vra Tibo.
7          "Hier's nie elektrisiteit nie," herinner Mana hom. "Gaan kry jy en Amos elk ŉ
8          lap in die kombuiskas. Maak dit klam – nie nat nie, net klam – en dan vee julle
9          al die meubels af."
10         "Watse meubels?" mompel Yann, nies weer ŉ slag en vlug by die voordeur uit.
11         "O ja." Tibo knik sy kop verslae, asof die volle omvang van die katastrofe hom
12         nou eers tref. "Hier’s nie elektrisiteit nie."

13         My enigste troos is dat Fabienne volgende naweek opdaag. Kyk hoe verspreek
14         ek my nou. Ek wou eintlik sê my enigste troos is dat Sharon volgende naweek
15         opdaag.
16         Haar pa kom haar aflaai met sy splinternuwe 4x4. Die slegte pad sal nie vir
17         hulle ŉ probleem wees nie. Met so ŉ voertuig sal dit miskien selfs ŉ avontuur
18         wees.

2.1       Hoekom het Mana die wittebroodvakansie vir die hele gesin beplan?                       (1)

2.2       Was dit ŉ goeie idee dat die aangelapte gesin saam wittebrood sou hou?
          Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                                            (1)

2.3       Noem DRIE redes waarom die rit na Botterberg as ŉ "nagmerrierit" beskryf is.            (3)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2             9                        DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                                NSS

2.4       "Is dit nie ŉ bietjie seksisties nie?ʺ (Reël 3)

         2.4.1       Verduidelik die seksisme wat hier genoem word.                              (1)

         2.4.2       Gee TWEE APARTE voorbeelde uit die verhaal om aan te dui dat
                     Mana nie van seksistiese stereotipering gehou het nie.                      (2)

2.5      "Ag, ou Hanna Hoekom," sug Mana. (Reël 4)

         2.5.1       Wat was die eerste woord wat Hanna as baba gesê het?                        (1)

         2.5.2       Hoekom behoort Hanna haar bynaam as ŉ kompliment te beskou?
                     Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                                (1)

2.6      Waarom was dit nie vir Yann goed om te help met huis skoonmaak nie?                     (1)

2.7      Daar was nie elektrisiteit nie; daarom het die gesin saans dinge saam gedoen.
         Noem TWEE aktiwiteite wat hulle in die aande saam gedoen het.                           (2)

2.8      Kies elke keer die genre/tipe skryfwerk uit KOLOM B om by die aanhaling in
         KOLOM A te pas. Skryf net die vraagnommer (2.8.1–2.8.4) en die letter (A–E)
         neer, bv. 2.8.5 F.

                                 KOLOM A                                KOLOM B
        2.8.1        dis die muur                                 A     outobiografie
                     dis die donkerste uur
                     Dis al                                       B     gedig

        2.8.2        Liewe leser. Dis hoe ek my lewensverhaal     C     sielkundige riller
                     wou begin.
                                                                  D     liefdesverhaal
        2.8.3        Nooit! Roep Jan uit. Hy sal haar nooit
                     vergeet nie!                                 E     reisverhaal

        2.8.4        Die swerfjare van Fabienne Fourie.
                                                                                   (4 x 1)       (4)

2.9       Fabienne is een van die karakters wat die leser in hierdie roman leer ken.

          2.9.1      Wie was Fabienne?
                     Voltooi die sin: Fabienne was Hanna se ... (TWEE woorde)                    (1)

          2.9.2      Waarom het Hanna hierdie karakter vir haarself geskep?                      (1)

2.10     Daar was ooreenkomste tussen Sharon en Fabienne se lewens.
         Hoe het hulle finansiële situasie ooreengekom?                                          (1)

2.11     Noem TWEE verskille tussen Hanna en Fabienne se gesinstrukture voordat
         Ditjie gebore is.                                                                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
 Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           10                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                               NSS

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1             ... Maar van daardie dag af gee Jan tog meer aandag aan Anna. As Jan en
2             Fabienne saans uitgaan, nooi hy vir Anna saam. En geleidelik, vreeslik
3             geleidelik (dit sal ŉ vreeslike lang vakansie moet wees), begin Anna besef
4             dat Jan haar geselskap bo Fabienne s'n verkies. Sy sê vir haarself dit moet
5             wensdenkery wees. Hoe is dit móóntlik dat iemand soos Jan vir iemand soos
6             Hanna, ek bedoel Anna, sou wou hê as hy iemand soos Fabienne kan kry?
7             En dan, een aand op die maanverligte strand, gooi Fabienne ŉ tantrum oor
8             Anna alewig saam met hulle is.
9             "Maar sy’s jou beste vriendin," sê Jan kamma onskuldig. "Wil jy nie saam
10            met haar wees nie?"
11            Nee, sê Fabienne, soms wil sy alleen saam met Jan wees! En sy sou dink
12            dat Jan soms ook alleen saam met háár wou wees!
13            "Wel," sê Jan vir Fabienne, "as jy ons geselskap so ondraaglik vind, sal ons
14            jou verskoon."
15            Fabienne word wit van woede en storm weg oor die strand. Anna wil
16            opspring en agterna hardloop, maar Jan vat haar hand en trek haar nader
17            en omhels haar. Hartstogtelik.
18            Vir hierdie deel sal ek ŉ bietjie navorsing moet doen. Ek bedoel nou om ŉ
19            hartstogtelike omhelsing te beskryf ...

2.12      In die uittreksel lees ons van die twee karakters, Jan en Anna.

          Op watter karakters in Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom is hulle
          gebaseer?                                                                               (2)

2.13      Hoekom het Hanna besluit om Fabienne se verhaal in ŉ liefdesverhaal te
          verander?                                                                               (1)

2.14     Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer
         (2.14) en die antwoord neer.

         In Hanna se verhaal het Jan vir Anna die eerste keer werklik raakgesien toe
         Anna (mond-tot-mond-asemhaling op hom toegepas het/ ŉ mooi storie vir hom
         gelees het).                                                                             (1)

2.15     Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
         vraagnommer (2.15) en die letter (A–D) neer, bv. 2.15 E.

          Later het Hanna besluit om die liefdesverhaal in die uittreksel ongelukkig te
          laat eindig. Aan die einde ly … aan ŉ ongeneeslike siekte.

          A        Anna
          B        Anouchka
          C        Fabienne
          D        Jan                                                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          11                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

2.16     Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
         vraagnommer (2.16) en die letter (A–D) neer, bv. 2.16 E.

         In die ongelukkige einde is Anna ŉ ...

         A        onderwyser.
         B        skrywer.
         C        kunstenares.
         D        aktrise.                                                                        (1)

2.17     Hanna se houding teenoor Yann het in die loop van die roman verander.

         2.17.1      Wat was Hanna se houding teenoor Yann aan die begin van die
                     roman?                                                                       (1)

         2.17.2      Hoe het Hanna se houding teenoor Yann ná die konsert verander?               (1)

2.18     Hanna weet nog nie eintlik hoe dit is om ŉ kêrel te hê nie.
         Stem jy saam met hierdie stelling? Verduidelik jou antwoord.                             (1)

2.19     Die titel van die laaste hoofstuk in die boek is ʺVaarwel, fabelagtige Fabienneʺ.

         2.19.1      Hoekom, dink jy, kon Hanna aan die einde van die verhaal van
                     Fabienne afskeid neem?                                                       (1)

         2.19.2      Watter besluit het Hanna aan die einde van die verhaal geneem om
                     te bevestig dat sy van Fabienne afskeid geneem het?                          (1)

2.20     Het jy van hierdie roman gehou? Verduidelik jou antwoord.                                (1)

2.21     Hoe het die skrywer daarin geslaag om saamgestelde gesinne in ŉ positiewe
         lig te stel?                                                                             (1)
                                                                                                  [35]

                                                  OF

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           12                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                              NSS

VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG

MEEULANDERS – Esta Steyn

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 1          ... Daar is ŉ geraamde foto op die bedkassie van Attie en Daniel en ŉ vrou,
 2          wat laggend op ŉ hoë rots sit. Sy ma? wonder Ryna, en die gesig bly haar by
 3          tot nadat sy die bedlampie afgeskakel het.
 4           Sy is moeg. Maar in die oomblikke tussen diepslaap en droom, kom die
 5          bekende beelde weer.
 6           Sy hardloop waansinnig deur die brandende huis, waar vlamme die laaste
 7          paar foto’s op die kaggelrak laat opkrul ...
                                                    ***
 8          ... En toe eers sien sy hoe hy lyk: gestreepte baadjie, blou roset, rooi strikdas
 9          en die cheese-cutter op die kop.
 10          ʺHeiden liewe land, Attie, gaan jy Kaapse Klopse toe?ʺ
 11          ʺMa kan ook niks waardeer nie,ʺ vat hy haar van agter om die lyf en druk
 12         haar vas, terwyl sy met die lepel roer.
 13         ʺEn Fred se groot gevreet lê nou al glad tot onder die melkbottels.ʺ
 14          ʺWat is Ma so omgekrap?ʺ wil hy weet.
 15          ʺWat te erg is, is te erg.ʺ
 16          ʺAg, bedaar, Ma.ʺ
 17         "Ja, bedaar, bedaar. Maar jy weet hoe ek oor hulle voel. Sit Sondag in die
 18         voorste gestoeltes en Maandag moet hulle geld hulle sonnes toesmeer ..."
 19          "... en sorg vir die baai se brood en botter, met jam op myne. Ek kan nie kla
 20         nie, dankie." ...

3.1       Ryna het met die bus Salamanderbaai toe gekom.
          In watter kliniek was Ryna net voordat sy Salamanderbaai toe gekom het?                  (1)

3.2       Wat het Daniel vir Ryna oor die malgasse op Meeuland vertel toe sy in
          Salamanderbaai aangekom het?                                                             (1)

3.3       "... Maandag moet hulle geld hulle sonnes toesmeer ..." (Reël 18)
          Wat het ant Hansie met die vetgedrukte woorde bedoel toe sy na Fred
          Blanckenberg verwys het?                                                                 (2)

3.4       Waarom het Ryna dadelik ŉ sagte plekkie vir Daniel gehad?                                (1)

3.5       Wat het ant Hansie vir Ryna aan die begin van die verhaal genoem?                        (1)

3.6       Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer
          (3.6) en die antwoord neer.
          Ryna het van die eerste ontmoeting af vir ant Hansie as ŉ (warm/koue) mens
          beleef.                                                                                  (1)

3.7       Hoekom, dink jy, het Ryna nog soveel nagmerries oor Ronnie gekry?                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         13                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                            NSS

3.8       Watter DRIE dinge sal Ryna altyd oor haar man en seun se dood onthou?                 (3)

3.9       Attie het vir ant Hansie gesê: "… en sorg vir die baai se brood en botter"
          (Reël 19)

          Wat het Attie met hierdie woorde oor Fred gesê?                                       (1)

3.10      Hoekom het Ryna nie haar regte naam, Camilla Calvin, in Salamanderbaai
          gebruik nie?                                                                          (1)

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1         ... Dis Jannerik.
2         Sy kyk verras na hom. "Dankie. Daniel stuur vir jou groete. En Doreen ook,"
3         onthou sy.
4          "Dankie, juffrou."
5         Sy kyk weer uit oor die see en ŉ vaal verlange omvou haar. ŉ Paar duikers
6         duik laag en kom sit op die rotse wat die eiland omring.
7          "Op hierie eiland, juffrou, kyk mens ver vooruit. Ver agteruit ook," praat hy
8         haar gedagtes uit haar kop uit. Sy kyk hom aan. Sy ou geplooide gesig is die
9         ene wyse alwetendheid.
10        Die aantreklike, jong vrou wat oor die houtbrug aangeloop kom, is swanger.
11        Haar rooibruin hare hang los oor haar skouers. Hoe hou so ŉ vrou dit onder
12        so ŉ man uit?
13         "Mevrou," sê Jannerik dadelik, "die man is ŉ meisiekind."
14         "Ek sien so. Ek is Elsabet Langhans. Aangename kennis." Haar oë is ŉ
15        eienaardige groen kleur. Sy lyk nie opgewonde oor die besoeker nie.
16         Sy kyk verby Ryna na Jannerik. "Vat die groente solank kombuis toe."
17         Maar Jannerik bly staan. "En waarheen met die juffrou se goedjies?"
18         Elsabet kyk na Ryna se bietjie bagasie. "Is dit al? Ons sal dit self bring."
19         Jannerik tel die krat groente op en stap daarmee oor die houtbrug.
20         Elsabet skud haar hare agtertoe. "MacDonald van die kantoor het gister laat
21        weet dat iemand op pad is. Ons het nog nie die ander huis reggemaak nie."

3.11      Die Departement van Seevisserye het Ryna Meeuland toe gestuur.

          Noem TWEE take wat Ryna as deel van haar werk moes doen.                              (2)

3.12      Attie was seker dat Jacob vir Ryna goed sou wees op Meeuland.

          Waarom is hierdie stelling verkeerd?                                                  (1)

3.13      Hoekom het Jacob besluit om op Meeuland te gaan bly, weg van die
          Blanckenbergs af?                                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           14                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                              NSS

3.14      Kies elke keer ’n naam uit KOLOM B om by die stelling in KOLOM A te pas.
          Skryf net die vraagnommer (3.14.1–3.14.4) en die letter (A–E) neer, bv.
          3.14.5 F.

                                 KOLOM A                                 KOLOM B
          3.14.1     ... het Meeuland as ŉ tronk beleef.          A      Jacob

          3.14.2     ... het Meeuland as die ideale plek gesien   B      Elsabet
                     om ŉ kind groot te maak.
                                                                  C      Jannerik
          3.14.3     ... het Meeuland as God se plekkie beleef.
                                                                  D      Attie
          3.14.4     ... het op Meeuland begin bome plant om
                     die pyn van die lewe daarin te sien          E      Ryna
                     weggroei.
                                                                                    (4 x 1)       (4)

3.15      Jacob was ontsteld oor die persoon wat op Meeuland sou kom werk.

          Noem TWEE redes waarom Jacob so ontsteld was.                                            (2)

3.16      Daar was ŉ kontras in die houding waarop Jacob en Jannerik vir Ryna op die
          eiland ontvang het.

          3.16.1     Wat was Jacob se houding teenoor Ryna toe sy aangekom het?                    (1)

          3.16.2     Wat was Jannerik se houding teenoor Ryna toe sy aangekom het?                 (1)

3.17      Elsabet se baba sou op Meeuland gebore word.

          Hoe het Elsabet hieroor gevoel?                                                          (1)

3.18      Wat het in Jannerik se verlede gebeur wat hom Meeuland toe gedryf het?                   (1)

3.19      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
          vraagnommer (3.19) en die letter (A–D) neer, bv. 3.19 E.

          "Op hierie eiland, juffrou, kyk mens ver vooruit. Ver agteruit ook," … (Reël 7)

          Met hierdie woorde van Jannerik voorspel hy dat die eiland ŉ plek was wat
          jou … geleer het.

          A          aanvaarding
          B          opwinding
          C          ongelukkigheid
          D          seerkry                                                                       (1)

3.20      Elsabet was nie ŉ goeie gasvrou toe Ryna op die eiland aangekom het nie.
          Waarom is hierdie stelling korrek?                                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         15                         DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                            NSS

3.21      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
          vraagnommer (3.21) en die letter (A–D) neer, bv. 3.21 E.

          Jannerik het besluit dat Ryna ook ŉ CB-naam moes kry en het haar …
          genoem.

          A          Twilight
          B          Duiker
          C          Mama-Meeu
          D          Geelbek                                                                   (1)

3.22      Dink jy dit was reg dat Attie op Meeuland wou kom bly, net omdat Ryna daar
          was? Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                                    (1)

3.23      Jacob het vir Ryna gevra of sy op Meeuland vir ŉ kêrel kom wegkruip het.

          Hoekom was dit verkeerd van Jacob om hierdie vraag aan Ryna te vra?
          Gee TWEE redes.                                                                      (2)

3.24      Dink jy Elsabet was ŉ goeie vrou vir Jacob? Gee ŉ rede vir jou antwoord.             (1)

3.25      Ryna se tyd op Meeuland was vir haar ŉ positiewe ervaring. Sê hoekom jy
          met hierdie stelling saamstem.                                                       (1)
                                                                                               [35]

                                                              TOTAAL AFDELING A:               35

                                           OF

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         16                        DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                            NSS

AFDELING B: DRAMA

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1       Spelers bou trein met trommels. Mimiek: stadige geskommel in trein.

2       POPPIE. So ŉ stadige trein het ek nog nooit gesien nie. Toe was daai wêreld
3        nou vir my baie vreemd, want ek het nog nooit daardie soort wêreld gesien
4       nie. Die vreemdste was die baie berge.
5       MOSIE. Teen sononder van die vierde dag het hulle by Sterkspruit aangekom
6        en oorgeklim op die bus na Herschel.

7       Spelers bou ŉ bus. Mimiek: oppak van bagasie.

8       POPPIE. (bekyk die bus). Die bus was vir my te snaaks … dit het gelyk soos ŉ
9       ou lorrie.
10      STONE. Kom, Poppie ... die bus hy wag nie.

11      Poppie en Stone gaan sit half bo-op rooi komberse.
12      POPPIE. Ek het bietjie sleg gesit, want ek het met mense gesit wat rooi
13      komberse omgehad het, en dis die eerste keer dat ek hulle sien … en nou
14      moet ek langs hulle sit!
15      STONE. Die son het anderkant die berge begin sak en die berge het lang
16      skaduwees gegooi. Daar doer in die berge sien Poppie ŉ liggie.
17      POPPIE. Wat is dan daai?
18      STONE. Dis ŉ huis.
19      POPPIE. Wat soek ŉ huis in ŉ berg?
20      STONE. Daar’s mos mense wat daar bly.

21      Reaksie van Poppie na gehoor: mense in ŉ berg?!

22      STONE. Toe ons by my ouers se huis aankom, was almal daar.

4.1      Waar sou Poppie en Stone ná die besoek in Herschel gaan bly het?                     (1)

4.2      Stone se bynaam was Klip.

         4.2.1       Hoekom het die ander karakters vir Stone hierdie bynaam gegee?           (1)

         4.2.2       Watter karaktertrek assosieer jy met ŉ persoon wat die bynaam,
                     Klip, het?                                                               (1)

4.3      Gee EEN rede hoekom Poppie aan die begin nie in Stone belanggestel
         het nie.                                                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         17                         DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                            NSS

4.4      Al het Poppie aan die begin nie in Stone belanggestel nie, het hy haar later
         beïndruk.
         Wat in Stone se voorkoms het haar later beïndruk?                                     (1)

4.5      Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer
         (4.5.1 en 4.5.2) en die antwoord neer.

         Poppie en Stone se verhouding het begin nadat hulle (4.5.1) (liefdesbriewe vir
         mekaar geskryf het/mekaar vir die eerste keer by die fabriek gesien het).
         Poppie se ma het met Stone se lobola-geld baie trougoed gekoop, maar nie ŉ
         (4.5.2) (tafel/bed) nie.                                                              (2)

4.6      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
         vraagnommer (4.6) en die letter (A–D) neer, bv. 4.6 E.
         Tydens haar besoek aan Herschel het Poppie geleer hoe om ... te maak.

         A       suurpap
         B       poeding
         C       braaivleis
         D       stampmielies                                                                  (1)

4.7      Die ou mense het tydens Poppie se troue droewig gehuil.

         4.7.1       Hoekom het die ou mense so droewig gehuil? Gee TWEE redes.                (2)

         4.7.2       Sê nou Poppie het nie met ŉ Xhosa-man getrou nie. Hoe sou haar
                     lewe dan verloop het? Verwys in jou antwoord net na waar sy sou
                     kon bly.                                                                  (1)

4.8      Die reis na Herschel was een van baie reise wat Poppie moes onderneem.
         Noem enige DRIE ANDER reise wat Poppie onderneem het waar sy nie
         ŉ keuse gehad het nie.
         Noem telkens WAARVANDAAN en WAARHEEN sy gereis het.
         Beantwoord só:
         • Van ... na ...
         • Van ... na ...
         • Van ... na ...                                                                      (3)

4.9      Wat het Poppie gedoen om haar skoonmense se kultuur aan te leer? Gee
         EEN voorbeeld.                                                                        (1)

4.10     Noem EEN karaktereienskap van Poppie wat die leser uit haar optrede
         teenoor haar skoonfamilie kon aflei.                                                  (1)

4.11     Hoe het Poppie gevoel toe sy haar skoonfamilie die eerste keer ontmoet het?           (1)

4.12     Poppie het innerlike konflik beleef oor haar verblyf in Herschel. Motiveer
         hierdie stelling.                                                                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
 Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         18                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

4.13      "Spelers bou trein met trommels. Mimiek: stadige geskommel in trein." (Reël 1)
          "Spelers bou ŉ bus. Mimiek: oppak van bagasie." (Reël 7)

          4.13.1      Waarom is hierdie woorde in die drama skuinsgedruk/kursief?                 (1)

          4.13.2      Hoekom is dit funksioneel om trommels op die verhoog te gebruik
                      om ŉ trein voor te stel?                                                    (1)

          4.13.3      Hoe simboliseer die oppak van die bagasie Poppie se lewe?                   (1)

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 1      POPPIE (aan Mama). En Ouma ... en my kindjie se graftes? Wie sal vir hulle
 2      versorg?
 3      MAMA. Waar gaan ons huis kry? (Ad lib.)

 4      Almal "vries". Luister na stem oor megafoon.

 5      STEM. Die mans kan aanbly, maar die vrouens en kinders wat leeglê, moet
 6      weggaan na waarvandaan hulle gekom het of by ander plekke gaan werk soek.
 7      HOEDJIE. Toe word die huise aan die brand gesteek deur die munisipaliteit. Die
 8      poeliesse het eers die goed uit die huis uit gedra. Dan gee hulle die deur so ŉ skop
 9      na binnetoe en dan word die mêtjie getrek.
 10     MOSIE. Die kinders en almal staan en kyk na die goed wat uitgedra is en na die
 11     huis
 12     wat brand. (Die hele groep kyk na ŉ huis wat brand.)
 13     POPPIE. Toe die wet nou sterk word dat die Xhosa-mense moet uitgeroei word uit
 14     die dorpe uit, toe hulle nou baie gebrand het daar by Lambertsbaai, toe het ons
 15     ook maar begin dink aan weggaan.
 16     STEM. Daar word op die vlakte by die Kaap ŉ spesiale dorp vir die Bantoe-mense
 17     gebou, wat hulle Nyanga roep. Daarnatoe moet julle gaan.
 18     STONE. Poppie se mama en bhuti Mbatane en Hoedjie en Plank en Mosie het in
 19     1955 weggegaan.
 20     Die familie draai na Poppie en Stone. Hulle waai, beweeg stadig na agter toe.
 21     Gaan staan met rûe na gehoor. Poppie en Stone bly voor.

4.14      Watter kultuurgroep moes uit Lambertsbaai weggaan?                                      (1)

4.15      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
          vraagnommer (4.15) en die letter (A–D) neer, bv. 4.15 E.

          Die vrouens kon aanbly as hulle mans ŉ ... gehad het.

          A     huis
          B     motor
          C     werk
          D     telefoon                                                                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           19                         DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                              NSS

4.16     Kies elke keer ŉ karakter uit KOLOM B om die inligting in KOLOM A korrek te
         voltooi. Skryf net die vraagnommer (4.16.1–4.16.4) en die letter (A–E) neer,
         bv. 4.16.5 F.

                             KOLOM A                                   KOLOM B
         4.16.1      Poppie was ongelukkig dat ... ŉ meisie    A     Plank
                     swanger gemaak het.
                                                               B     Jakkie
         4.16.2      Poppie was hartseer toe … onverwags
                     dood is.                                  C     Bonsile

         4.16.3      Dit was vir Poppie erg dat … te veel      D     Mosie
                     gedrink het.
                                                               E     Vukile
         4.16.4      Poppie was bekommerd oor … se
                     betrokkenheid by die jeug se opstande.
                                                                                      (4 x 1)       (4)

4.17     "HOEDJIE. Toe word die huise aan die brand gesteek deur die munisipaliteit."
         (Reël 7)

         4.17.1      Om watter rede het die polisie die huise aan die brand gesteek?                (1)

         4.17.2      Was dit reg dat die polisie die huise afgebrand het? Gee ŉ rede vir
                     jou antwoord.                                                                  (1)

4.18     Hoekom het Poppie en Stone nie dadelik saam met die res van die gesin uit
         Lambertsbaai getrek nie?                                                                   (1)

4.19     Die kinders het later, net soos die polisie, plekke afgebrand.

         Noem TWEE publieke plekke wat hulle gereeld afgebrand het.                                 (2)

4.20     Was jy tevrede met die einde van hierdie drama? Motiveer jou antwoord.                     (1)

4.21     Dink jy dit is belangrik dat leerders moet weet van Poppie en haar probleme?
         Motiveer jou antwoord.                                                                     (1)
                                                                                                    [35]

                                           OF

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
    Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           20                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                                  NSS

VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG

PALJAS – Chris Barnard

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1        Later Hendrik wat heen en weer op die stasie rondloop en roep.

2        67. Hendrik se motor hou stotterend en rokend op die plek stil waar dit vroeër
3        onklaar geraak het. Hy klim uit. Staan en rondkyk. ŉ Bietjie verlore.
4        Wanneer hy uiteindelik roep, is dit amper ŉ dierlike geluid.

5        HENDRIK: W-i-l-l-e-m ...!
                    ***
6        NAR (uiteindelik): O.K., jy wil nie vandag lag nie. Dis O.K. (Die kind kyk weg.)
7        Wat is dit wat pla? (Die kind skud sy kop.) Jy kan maar vir my vertel. Ek sal vir
8        niemand sê nie. (Die kind sit net voor hom en kyk.) Wil jy vir my skryf? (Hy hou ŉ
9        potlood na Willem toe.) Tόé, skryf. (Daar begin nou trane oor Willem se wange
10       loop, maar sy gesig bly uitdrukkingsloos.) Nee-nee-nee-nee-nee-nee. Nie trane
11       nie. Die lewe is te kort vir trane. Ons speel liewer. Speel is altyd beter as trane.
12       Altyd. (Die nar voel in sy sakke rond en haal ŉ grimeerpotlood uit. Hy verf twee
13       groot boë bokant Willem se oë.) Kom. Kom ons teken iets. (Hy soek in sy
14       broeksak en haal ŉ ander kleur uit. Hy verf Willem se mond.) Kom ons teken die
15       trane weg. Ons vee die ou Willem uit en ons teken ŉ nuwe Willem.

5.1          Waarom het die McDonalds die dag waarop Willem weggeloop het, dorp toe
             gegaan? Gee TWEE redes.                                                                   (2)

5.2          Wie het agtergekom dat Willem weg was?                                                    (1)

5.3          Willem het gehuil (reël 9) omdat sy ouers baklei het.
             Noem TWEE materiële dinge waaroor Hendrik en Katrien baklei het.                          (2)

5.4          "Wanneer hy uiteindelik roep, is dit amper ŉ dierlike geluid.
             HENDRIK: W-i-l-l-e-m …!" (Reël 4–5)
             Watter gevoel het Hendrik ervaar toe hy amper dierlik skree?                              (1)

5.5          Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer
             (5.5.1 en 5.5.2) en die antwoord neer.

             Willem het by Manuel geleer hoe om (5.5.1) (toertjies te doen/messe te gooi).
             Manuel het in die ou (5.5.2) (huis/skuur) gebly waar Willem altyd vir hom kos
             gebring het.                                                                              (2)

5.6          Waarom het Katrien vir Hendrik gesê dat ŉ vrou nie ŉ kar is nie? Verwys in jou
             antwoord na vroue en karre.                                                               (2)

5.7          "NAR (uiteindelik): O.K., jy wil nie vandag lag nie. Dis O.K." (Reël 6)

             Hoe het die nar dit gewoonlik reggekry om Willem te laat lag? Noem TWEE
             dinge.                                                                                    (2)
    Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            21                       DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                               NSS

5.8      "Die lewe is te kort vir trane." (Reël 11)

         5.8.1       Wat het Manuel met hierdie woorde vir Willem oor die lewe
                     probeer leer?                                                             (1)

         5.8.2       Wat het hierdie woorde (reël 11) van Manuel as mens gesê?                 (1)

5.9      Willem wou glad nie huis toe gaan nie.
         Wat het die nar gesê om Willem te oorreed om uiteindelik huis toe te gaan?            (1)

5.10     Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
         vraagnommer (5.10) en die letter (A–D) neer, bv. 5.10 E.
         Hendrik was so moedeloos toe hy nie vir Willem gekry het nie dat hy die ... se
         hulp ingeroep het.

         A       dominee
         B       bure
         C       polisie
         D       nar                                                                           (1)

5.11     Willem het nie gepraat nie.
         Hoe het hierdie probleem die verhouding tussen Hendrik en Katrien negatief
         beïnvloed? Noem EEN ding.                                                             (1)

5.12     Hendrik en Manuel se optrede teenoor Willem het verskil.

         5.12.1      Hoe het Hendrik Willem se spraakprobleem hanteer?                         (1)

         5.12.2      Hoe het Manuel Willem weer laat praat?                                    (1)

5.13     Kies elke keer ŉ karakter uit KOLOM B om die inligting in KOLOM A korrek te
         voltooi. Skryf net die vraagnommer (5.13.1–5.13.4) en die letter (A–E) neer,
         bv. 5.13.5 F.

                                   KOLOM A                             KOLOM B
         5.13.1      ... het Willem op die divan gekry.             A Katrien

         5.13.2      ... het gehuil toe Willem gevind is.           B Manuel

         5.13.3      ... het vir Willem ŉ musiekinstrument gegee.   C Hendrik

         5.13.4      ... het vir Willem ŉ narrepak gemaak.          D Nollie

                                                                    E Emma
                                                                                 (4 x 1)       (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
 Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          22                        DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                              NSS

5.14      Manuel was ŉ ruk lank deel van Willem se lewe en is toe geskiet.
          Hoe het die McDonalds Manuel gehelp nadat hy geskiet is? Gee DRIE feite.                (3)

5.15      Het jy verwag dat Hendrik vir Manuel sou aanvaar en help? Motiveer jou
          antwoord.                                                                               (1)

5.16      Manuel se paljas het die hele McDonald-gesin verander.
          Bespreek die nuwe Emma. Gee TWEE feite.                                                 (2)

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 1      Stikdonkerte en doodse stilte. Dan word ŉ lig aangesteek en Hendrik staan in die
 2      voorkamer met ŉ lantern in die hand en sy baadjie oor sy arm. Sy gesig is vuil, sy
 3      hemp geskeur en sy strikdassie hang los.
 4       Katrien is agter hom. Haar hare het losgekom. Haar rok is vol eier.
 5       Dan kom Emma en Willem. Dis duidelik Emma het gehuil.
 6       Nollie kom laaste binne. Emma gaan sit moeg in ŉ stoel. Nollie gaan sit op die
 7      leuning langs haar en sit sy hand op haar kop.
 8       Katrien gaan leun met haar hande op die buffet. Sy staan net vir haar hande en
 9      kyk. Dis duidelik almal is nog stom van skok.
 10      Hendrik hang sy baadjie aan die kapstok.

 11     KATRIEN (draai om en mik vir die middeldeur): Nag, almal.
 12     HENDRIK: Nee, Katrina. Waar gaan jy?
 13     KATRIEN: Ek gaan slaap.
 14     HENDRIK: Nee.
 15     KATRIEN: Wat dan?
 16     HENDRIK: Ons ... kry ons skoon. Ons – Nollie, sit op vir ons ŉ plaat. Ons was ons
 17     en ons trek ons aan en – Emma, loop maak jou mooi. Ons sal iets uitdink. Ons
 18     gaan nie slaap nie. Ons sal iets uitdink.
 19     EMMA: ... Ek moet wat doen?
 20     HENDRIK: Jy’t gehoor wat ek gesê het.
 21     EMMA: Ek moet my loop mooimaak? Om te wat?

5.17      ʺDis duidelik almal is nog stom van skok.ʺ (Reël 9)

          Dit is verstaanbaar dat die McDonalds so geskok was oor die aand se
          gebeure. Gee ŉ motivering vir hierdie stelling.                                         (1)

5.18      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
          vraagnommer (5.18) en die letter (A–D) neer, bv. 5.18 E.

          Emma was ... toe haar pa vir haar gesê het om haar te gaan mooimaak.

          A     ongelukkig
          B     hartseer
          C     woedend
          D     teleurgesteld                                                                     (1)

 Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2       23                        DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                          NSS

5.19     Emma het gesê dat Hendrik aanmekaar oor onbelangrike dinge gepraat het.

         Hoe het Hendrik homself regverdig toe Emma dit gesê het?                           (1)

5.20     Hoekom het die dorpsmense later op die McDonalds se werf aangekom?                 (1)

5.21     Hendrik en Katrien se verhouding was aan die einde van die drama beter as
         aan die begin.

         Hoe het hulle optrede teenoor mekaar by die partytjie in hulle huis hierdie
         stelling ondersteun? Gee TWEE feite.                                               (2)
                                                                                            [35]

                                                            TOTAAL AFDELING B:              35

                                          OF

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
 Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           24                        DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                               NSS

AFDELING C: KORTVERHALE

STORIEJOERNAAL

BEANTWOORD DIE VRAE OOR AL TWEE DIE KORTVERHALE.

VRAAG 6: KONTEKSTUELE VRAAG

DIE STORIE VAN PIET SE OUPA – Abraham H de Vries

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1           "Oupa, sit Oupa in die hoek, dan kan Oupa mooi sien, hier kom partymaal
2          ryk vrouens ook ..." spot Trudie nog en sy skuif die bord kos ŉ bietjie weg
3          dat Oupa kan inskuif sonder dat sy baadjiepante in die sous hang.
4           Of dit die lopery was en of iets in die oggend se hoofpynpoeiertjie nie
5          geakkordeer het met die doppie brandewyn nie, dit sal niemand ooit weet
6          nie. Oupa het sy servet netjies oor sy onderbaadjie gehaak. Toe hy die
7          eerste tjoppie sny, het hy nog gesê: "Aitsa, nogal nie min nie!" Maar net toe
8          hy die eerste happie in sy mond steek, toe skuif hy só saggies van die stoel
9          af dat Trudie, wat weggekyk het, vra: "Waar’s Oupa nou?" ...
10         ŉ Matrone skrik nie maklik vir ŉ floutetjie nie, maar dit moet die manier
11         gewees het waarop Oupa lê wat Trudie laat skrik het. Gelukkig maar, net toe
12         Doon die tafel wegskuif, toe staan ŉ ander verpleegster langs hom wat hulp
13         in sulke tye van nood goed geken het. Dis sy wat toe haastig alles wat sy
14         weet, probeer: druk en voel en pomp op sy bors en kyk op die horlosietjie
15         wat voor haar bors vasgegespe was. Tot sy later opkyk en vir Doon sê:
16         "Miskien moet jy die eienaar gaan roep. Ons het Oupa verloor."

 6.1       In die uittreksel hierbo is Oupa-hulle in ŉ restaurant.

           Op watter dorp was hierdie restaurant?                                                 (1)

 6.2       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
           vraagnommer (6.2) en die letter (A–D) neer, bv. 6.2 E.

           Oupa-hulle het dorp toe gegaan om …

           A       ŉ dokter te gaan spreek.
           B       saam met vriende kaart te speel.
           C       rekeninge te gaan betaal.
           D       die weduwee te besoek.                                                         (1)

 Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans FAL P1 Feb-March 2015](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2015/9f493d24-65a0-48fa-899b-8b7fe2845793) — Afrikaans FAL · QP · 2015 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Feb-March 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2015-memo/5ed31c77-16c2-4990-827a-9f3ff5f70d23) — Afrikaans FAL · Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Feb-March 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2015-memo/87abdf2e-dd1a-40b6-a25d-76969b064173) — Afrikaans FAL · Memo · 2015 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 MEMO GR12 SEPT 2015](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-memo-gr12-sept-2015/56963d94-f246-4ad0-863f-51877724f702) — Afrikaans FAL · Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Feb-March 2013 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-feb-march-2013-memo/8d78512b-beec-44df-ae7d-20f2cb40a28d) — Afrikaans FAL · Memo · 2013 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2015 (R)](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2015-r/d6727c7d-3ddb-4367-a46a-becba8d0bbef) — Afrikaans FAL · QP · 2015 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
