# Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC Supplementary 2016 QP

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the NSC Supplementary Exam 2016, 28 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-feb-march-2016/c9971299-d1f9-47fb-8fbe-b7edf24d815b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 28

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC Supplementary 2016 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-feb-march-2016/c9971299-d1f9-47fb-8fbe-b7edf24d815b)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2016 · Afrikaans. Question paper, 28 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans FAL P2 Feb March 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-feb-march-2016-memo/f7d4f2d7-2166-49b3-9594-dd3f4a610f61) — Memo · 2016 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                        GRAAD 12

                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

                              FEBRUARIE/MAART 2016

PUNTE: 70

TYD: 2 uur

                         Hierdie vraestel bestaan uit 28 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2             2                       DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                                NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.        Moenie die hele vraestel deurlees nie.

2.        Gebruik die inhoudsopgawe om jou met jou keuses te help.

3.        Die vraestel bestaan uit VIER afdelings:

          AFDELING A:        Roman             (35)
          AFDELING B:        Drama             (35)
          AFDELING C:        Kortverhale       (35)
          AFDELING D:        Gedigte           (35)

4.        Beantwoord TWEE vrae:            EEN vraag uit elkeen van die TWEE afdelings
                                           wat julle behandel het.

5.        Lees die inhoudsopgawe op bladsy 3 en dui die vraagnommers van die
          TWEE letterkundetekste wat julle in die klas behandel het, aan.

6.        Lees dan die vrae oor hierdie TWEE tekste wat julle behandel het.

7.        Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

8.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

9.        Laat ŉ reël oop na elke antwoord.

10.       Voorgestelde tydsindeling: Ongeveer 60 minute per afdeling/vraag

11.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         3                             DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                            NSS

INHOUDSOPGAWE

Kies TWEE afdelings.

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord slegs EEN vraag.
                VRAAGNOMMER                            PUNTE         BLADSYNOMMER
1. Kringe in ŉ Bos                                       35                4

2.   Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom           35                   7

3.   Meeulanders                                          35                   11

AFDELING B: DRAMA

Beantwoord slegs EEN vraag.
4. Poppie – die drama                                     35                   14

5.   Paljas                                               35                   17

AFDELING C: KORTVERHALE

Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale.
6. “Die rooi kombersie”                                   18                   21

     “Agter ŉ baard”                                      17                   23

AFDELING D: GEDIGTE

Beantwoord die vrae oor AL TWEE gedigte.
7. “Woorde”                                               18                   25

     “Kabouterliefde”                                     17                   27

KONTROLELYS

Gebruik die kontrolelys om te verseker dat jy die vereiste getal vrae beantwoord.

     AFDELING             VRAAGNOMMERS             GETAL VRAE           DUI AAN ()
                                                  BEANTWOORD
A: Roman                           1–3

B: Drama                           4–5

C: Kortverhale                         6

D: Gedigte                             7

LET WEL: Maak seker dat jy vrae oor slegs TWEE afdelings beantwoord het.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          4                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                             NSS

AFDELING A: ROMAN

VRAAG 1: KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS A

1            “Jozef,” het hy eendag vir hom probeer sê wat in sy hart is, “die Bos is
2         besig om dood te gaan. Oral slaan die seerplekke soos pokke uit en dit word
3         nie weer gesond nie.”
4            “Begin jy al weer met Harison se stories?”
5            “Maar kan jy dit dan nie self sién nie? Kan jy dan nie sien dat ons die Bos
6         doodmaak en die Bos óns doodmaak nie?”
7            Ons is honderde teen jou en Harison se ouvroupraatjies, nie een van julle
8         gaan ons hier uitkry nie!”

9             Vier jaar nadat Kate se pa gesê het hy soek ŉ sterk jong seun om by die
10        houtskuur te help, het hy vir MacDonald gaan werk. Dit was vier jaar nadat hy
11        die nag by Groot Eiland op die Bybel gesweer het dat die dag sal kom waarop
12        sy tone nie meer deur sy skoene sal peul nie, die dag dat Saul Barnard nie
13        meer met sy oë in die stof sal loop nie.
14            In die vier jaar dat hy nog in sy pa se span gekap het, voordat hy vir
15        MacDonald gaan werk het, het hy baie geleer. Werk jy waenhout wil die
16        houtkoper dwarslêers gehad het. Werk jy dwarslêers, wou die houtkoper
17        stinkhout gehad het. Werk jy stinkhout, wou die houtkoper waenhout
18        gehad het.

1.1       Wie was Harison na wie Jozef in hierdie uittreksel verwys?                            (1)

1.2       Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die antwoord langs
          die vraagnommer (1.2) neer.

          Saul se ma het vir hom van die (Bos/Bybel) geleer.                                    (1)

1.3       “Jozef, ... die Bos is besig om dood te gaan.” (Reël 1–2)

          Hoekom is die Bos besig om dood te gaan?                                              (1)

1.4       “Oral slaan die seerplekke soos pokke uit en dit word nie weer gesond nie.”
          (Reël 2–3)

          1.4.1      Wat het Saul bedoel met “seerplekke”?                                      (1)

          1.4.2      Wat kon die Bosmense doen om die Bos weer “gesond” te maak?                (1)

1.5       Die Bos was vir Jozef sowel as vir Saul belangrik, maar om verskillende
          redes.

          1.5.1      Waarom was die Bos vir Jozef so belangrik?                                 (1)

          1.5.2      Hoe het Saul in die tyd toe hy gedelf het, sy liefde vir die Bos
                     gewys?                                                                     (1)
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          5                             DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                             NSS

1.6       Voltooi die volgende stelling deur EEN WOORD in te vul. Skryf slegs die
          woord langs die vraagnommer (1.6) neer.

          Jozef noem Saul en Harison se stories “ouvroupraatjies” (reël 7), want hy wil
          nie die stories ... nie.                                                                (1)

1.7       Noem DRIE situasies waarin Saul gewys het dat hy nie met alles wat ander
          Bosmense gedoen het, saamgestem het nie.                                                (3)

1.8       Hoekom het Joram gesê dat Saul in sy houtkapperspan moes begin werk?                    (1)

1.9       Hoe weet ons dat Jozef en Joram ŉ goeie verhouding gehad het?                           (1)

1.10      Wat het veroorsaak dat Saul Joram se houtkapperspan verlaat het?                        (1)

1.11      Kies elke keer 'n pleknaam uit KOLOM B wat by die stelling in KOLOM A pas.
          Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (1.11.1–1.11.4) neer,
          byvoorbeeld 1.11.5 F.

                            KOLOM A                                KOLOM B
          1.11.1     Saul is daar gebore.             A         Knysna

          1.11.2     Saul het daar sy eerste werk     B         Swellendam
                     buite die Bos gehad.
                                                      C         Krisjan-se-nek
          1.11.3     Saul het daar die gouddelwers
                     probeer beheer.                  D         Diepwalle

          1.11.4     Saul het daar geleer hoe om      E         Meulbos
                     houtwerk te doen.
                                                                                    (4 x 1)       (4)

1.12      Joram wou nie hê Saul moes vir MacDonald werk nie.

          Verduidelik waarom Joram se ongelukkigheid oor Saul wat vir MacDonald
          wou werk, ironies was.                                                                  (2)

1.13      Hoe het MacDonald die houtkappers se lewe in ŉ skewe sirkel verander?                   (1)

1.14      Wat, dink jy, moes vir Saul die moeilikste gewees het toe hy vir MacDonald
          gewerk het?                                                                             (1)

1.15      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (1.15) neer, byvoorbeeld 1.15 E.

          Saul het homself belowe dat die dag sou kom dat “Saul Barnard nie meer met
          sy oë in die stof sou loop nie” (reël 12–13). Dit beteken hy sou ...

          A     ander mense vir hom laat werk het.
          B     nie meer minderwaardig gevoel het nie.
          C     nie meer stukkende skoene gedra het nie.
          D     met ŉ skip weggegaan het na ŉ beter plek toe.                                     (1)
                                             EN
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           6                              DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                              NSS

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS B

1            Maar Jozef het voor hom kom staan en hom uitgedaag. “Hoekom is net Pa
2         en oom Gert en oom Wiljam van hierdie kant af hof toe gesleep? Hoekom nie
3         van die ander ook nie? Ek sal jou sê hoekom nie, omlat hulle by Smith hout
4         en tande lewer en nie by MacDonald nie!”
5            “Wat sal dit help?” het sy pa moedeloos gevra. “Die os is af, stry sal hom
6         nie weer inspan nie.”
7            Saul het opgestaan en die stoel agtertoe gestamp. “Ek laat my nie langer
8         beskuldig van dinge waarvan ek niks weet nie! Ek sit nie langer onder hierdie
9         dak nie!” En sy lyf het van woede gebewe.
10           “Dis donker,” het sy pa gekeer. “Die grootvoete sal jou trap.”
11           “Ek sal in die Bos slaap tot ligdag toe!”
12           “Dan kan jy maar net sowel hier ook lê.”
13           “Nee, Pa ...”
14           “Laat hom loop, Pa!” het Jozef geskree en die katel geskop.
15           “Laat hom hel toe loop!”
16           Hy het die nag vlak by Groot Eiland in die Bos geslaap. Wakker gesit. Dit
17        was ŉ deurmekaar nag van opstand en verontregting, van moedeloosheid en
18        selfbejammering. Van die dag dat hy dit gewaag het om die bloubokkie se
19        kop oop te kap, was hy ...

1.16      Wat het Jozef laat glo dit was Saul se skuld dat Joram hof toe gesleep is?                (1)

1.17      Joram het ook soos Jozef geglo dat Saul die skuldige is.

          Verduidelik waarom hierdie stelling WAAR is.                                              (1)

1.18      In die uittreksel is daar ŉ konfliksituasie tussen Jozef en Saul.

          Waarom sou jy in hierdie konfliksituasie ook met Jozef simpatie kon hê?                   (1)

1.19      Hoekom het die Bosmense die woord “grootvoete” in plaas van “olifante”
          gebruik?                                                                                  (1)

1.20      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (1.20) neer, byvoorbeeld 1.20 E.

          “Dit was ŉ deurmekaar nag van opstand en verontregting, van moedeloosheid
          en selfbejammering.” (Reël 16–18)

          Saul het besef dat hy ...

          A     eerder op ŉ skip moes klim.
          B     moeg was om die skuld vir alles te dra.
          C     beter in die dorp as in die Bos ingepas het.
          D     ŉ fout gemaak het deur sy gesin te verlaat.                                         (1)

1.21      Jozef was Saul se bloedbroer.

          1.21.1     Hoe het Saul later na Oupoot verwys?                                           (1)

          1.21.2     Wat het Saul vir Maska genoem?                                                 (1)
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            7                             DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                               NSS

1.22      Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die antwoord langs
          die vraagnommer (1.22) neer.

          Saul het daardie nag opnuut besef dat daar tussen hom en Joram Barnard ŉ
          (geheim/hek) was sodat hulle verhouding nie maklik herstel kon word nie.                   (1)

1.23      Saul is nie net in die Bos gebrandmerk nie. Watter brandmerk het Saul in die
          dorp gekry?                                                                                (1)

1.24      Watter aanduiding was daar dat Oupoot elke keer geweet het as Saul ŉ
          moeilike tyd beleef het?                                                                   (1)

1.25      Waarom kan ons sê dat die tema oor bewaring van ons land se natuurlike bos
          vandag nog relevant is?                                                                    (1)

1.26      In die slot van die verhaal waar Saul en Jozef teenoor mekaar gestaan het,
          het die leser respek vir Saul gekry.

          Motiveer hierdie stelling.                                                                 (1)
                                                                                                     [35]

                                               OF

VRAAG 2: DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM –
         Marita van der Vyver

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS A

1        ... Nog net een slapie! Teen dié tyd het ons al elke voetpaadjie op die berg
2        verken. Elke oggend as ons vir Beyers smeek om ons net ŉ rukkie langer in die
3        bed te laat lê, sê hy o nee, môre reën dit dalk en dan is ons vasgekeer in die
4        huis. Ek hou elke dag die lug dop en hoop vir reën.
5            Mana het haar uit die marsjeerdery gewriemel deur te begin teken. Eintlik
6        smag sy daarna om heeldag te verf, maar dit was háár idee om ŉ
7        gesinsvakansie te hou, dus troos sy nou maar haar Muse deur soggens vroeg ŉ
8        rukkie te teken. Sy stap net die eerste entjie saam met ons (en ek sweer die
9        entjie word elke oggend korter) en dan vou sy haar seilstoeltjie oop en haal haar
10       sketsboek en potlode uit haar rugsak en dan teken sy. Die kranse, die fynbos,
11       die voëls, die huis in die verte, die vallei onder ons, net wat sy wil, tot ons terug is
12       by haar. Dan is ons almal natuurlik poegaai (selfs Pampoen en Patat se tonge
13       hang uit) en so honger dat ons klippe kan kou – en dan sit Mana daar soos ŉ
14       koningin op ’n troon, met ŉ paar potlode soos ŉ kroon in haar hare gedruk, en
15       steek vir ons ŉ preek af ...

2.1      Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die antwoord langs
         die vraagnommer (2.1) neer.

         Toe Mana aangekondig het dat hulle almal saam ’n wittebrood gaan hou, was
         die kinders almal (ontsteld/opgewonde).                                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            8                        DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                               NSS

2.2      Hoekom wou Mana hierdie gesinsvakansie hou?                                             (1)

2.3      “Nog net een slapie!” (Reël 1)

         Na wie se koms het Hanna baie uitgesien?                                                (1)

2.4      Hanna het die rit na Botterberg as ŉ nagmerrie beskryf.

         Gee DRIE redes waarom die rit so erg was.                                               (3)

2.5      “Ek hou elke dag die lug dop en hoop vir reën.” (Reël 4)

         Verduidelik die ironie in hierdie sin deur na latere gebeure in die verhaal te
         verwys.                                                                                 (2)

2.6      “... dus troos sy nou maar haar Muse ...” (Reël 7)

         Verduidelik wat Mana se Muse was.                                                       (1)

2.7      Hoe het Beyers en Mana ontmoet? Noem TWEE feite.                                        (2)

2.8      “... dan sit Mana daar soos ŉ koningin op ŉ troon, met ŉ paar potlode soos ŉ
         kroon in haar hare gedruk ...” (Reël 13–14)

         2.8.1        Hoekom sou jy sê dat hierdie beskrywing van Mana positief is?             (1)

         2.8.2        Is Hanna gewoonlik positief oor Mana se voorkoms? Verduidelik jou
                      antwoord.                                                                 (1)

2.9      Kies elke keer 'n karakter uit KOLOM B wat by die stelling in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (2.9.1–2.9.4) neer,
         byvoorbeeld 2.9.5 F.

                                  KOLOM A                               KOLOM B
        2.9.1        Hierdie persoon het op Botterberg meestal      A   Margot
                     net na musiek geluister.
                                                                    B   Mana
        2.9.2        Die huis op Botterberg het hierdie persoon
                     aan sy/haar ouma laat dink.                    C   Yann

        2.9.3        Hierdie persoon het flambojant en dramaties    D   Sharon
                     op Botterberg aangekom.
                                                                    E   Gavin
        2.9.4        Hierdie persoon het al die kinders behalwe
                     Hanna met stories betower.
                                                                                  (4 x 1)       (4)

                                               EN

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          9                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                             NSS

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS B

1         ... Maar Gavin lyk nie geïmponeer nie. Nie deur enigeen van ons nie.
2         Behalwe deur Yann se wimpers.
3            “Fladder hulle,” sê hy met ŉ stuitige glimlag. “Sulke wimpers is gemáák om
4         gefladder te word.”
5            Yann staar na hom met stokstywe pupille. As hy sy oë knip, dink Gavin dalk
6         hy fladder sy wimpers.
7            “Kom ek wys jou waar’s die badkamer,” sê Mana, dik van die lag, “dat jy
8         darem die ergste modder kan afwas. Dan kan Beyers solank vir jou iets soek
9         om aan te trek.”
10           “Iets wat by my styl pas, asseblief tog, my engel,” sê Gavin terwyl hy saam
11        met haar uitstap.
12           “Op die oomblik lyk jou styl soos army camouflage,” herinner Beyers hom.
13        “Modder en nogmaals modder.”
14           “Is hy altyd só?” vra Sharon die oomblik toe hy uit die vertrek is.
15           “Is hy altyd hóé?” vra ek.
16           “So snaaks,” giggel sy. “So entertaining.”
17           Ek kyk vies na haar.
18           “Dink net wat hy moes deurmaak, Hanna. Sy kar gaan staan iewers op ŉ
19        verlate pad en hy moet wie weet hoe ver deur die modder ploeter en hy reën
20        sopnat en hy’s half verkluim as hy hier aankom – en hy laat ons almal lag!”
21           “Hy’s fabulous,” stem Margot saam. “Absolutely fabulous.”
2.10      “Maar Gavin lyk nie geïmponeer nie. Nie deur enigeen van ons nie.” (Reël 1)
          Waarom was Gavin nie beïndruk met die ander mense in die huis se
          voorkoms nie?                                                                         (1)
2.11      Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die antwoord langs
          die vraagnommer (2.11) neer.
          Voor haar verjaarsdag was Hanna (gespanne/verlig) omdat Gavin dit ook sou
          bywoon.                                                                               (1)
2.12      Gavin is onverwags na Hanna se verjaarsdag uitgenooi.
          2.12.1     Wie het vir Gavin uitgenooi om die verjaarsdag by te woon?                 (1)
          2.12.2     Hoe het dit gebeur dat Gavin die uitnodiging na die berghut kon
                     aanvaar?                                                                   (1)
2.13      Was dit vir Gavin daardie dag maklik om by die berghut uit te kom om Hanna
          se verjaarsdag saam met die gesin te vier? Motiveer jou antwoord.                     (1)
2.14      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
          (A–D) langs die vraagnommer (2.14) neer, byvoorbeeld 2.14 E.
         Mana het Hanna verras deur vir haar ... vir haar verjaarsdag te gee.
         A         sjokolade
         B         ŉ boek
         C         badprodukte
         D         ŉ pen                                                                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          10                         DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                             NSS

2.15      Op Hanna se verjaarsdag was die ontbyt en die aandete spesiaal.

          2.15.1     Wat was spesiaal omtrent die ontbyt?                                          (1)

          2.15.2     Waarom was die kos daardie aand besonders?                                    (1)

2.16     “Kom ek wys jou waar’s die badkamer,” sê Mana, dik van die lag, ...” (Reël 7)

         Wat was vir Mana so snaaks dat sy wou lag?                                                (1)

2.17     Daardie aand het die gesin charades gespeel.

         Hoe het hierdie speletjie gehelp om die gesinsverhoudinge te verbeter?                    (1)

2.18     Hanna het op haar verjaarsdag amper van Margot begin hou.

         2.18.1      Noem TWEE redes waarom Hanna voor haar verjaarsdag glad nie
                     van Margot gehou het nie.                                                     (2)

         2.18.2      Noem EEN ding wat Margot gedoen het om Hanna se verjaarsdag
                     ŉ gelukkige dag te maak.                                                      (1)

2.19     Hanna het voor die tyd nie gedink sy sou haar vyftiende verjaarsdag geniet nie.

         Watter karaktereienskap van Hanna kan uit hierdie stelling afgelei word?                  (1)

2.20     Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
         (A–D) langs die vraagnommer (2.20) neer, byvoorbeeld 2.20 E.

         Gavin het vir Hanna ŉ ... as geskenk gegee as bewys dat hy haar toe beter
         verstaan het.

         A         swart “cashmere”-trui
         B         pen met ŉ tiervelpatroon
         C         digbundel wat in leer gebind is
         D         broek wat van slangvel gemaak is                                                (1)

2.21     Watter belangrike les oor haar gesin het Hanna op haar verjaarsdag geleer?                (1)

2.22     Wat het Gavin in hierdie uittreksel gedoen wat hom as ŉ tipies homoseksuele
         man kon stereotipeer?                                                                     (1)

2.23     In hierdie verhaal is daar baie Engelse woorde.

         Is hierdie taalgebruik vir jou aanvaarbaar? Motiveer jou antwoord.                        (1)
                                                                                                   [35]

                                             OF

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          11                        DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                             NSS

VRAAG 3: MEEULANDERS – Esta Steyn

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS A

1       ... “Jy kan nie langer as vier dae kry nie, Jannerik,” sê Jacob en help hom om
2       die Sterretjie wat opgehys is, te laat sak. “Jou verlof is reeds opgebruik.
3       Twilight moet Vrydag ingaan dokter toe, dan kan jy saam terugkom. Vieruur.”
4            “Is reg, kaptein.”
5            “En julle moet onthou om die nuwe lem vir die windlaaier saam te bring.
6       Voor die batterye pap is. Hulle het gesê Vrydag.”

7          “Janne-ri-ik!, Janne-ri-ik!” kom Ryna met ŉ vaart oor die jettie
8       aangehardloop. Sy het twee warm brode, in waspapier toegedraai, in haar
9       hande. “Jannerik!”
10         Sy kom uitasem by hom. “Vanoggend se brood het reg gekom. Dis een vir
11      jou. En een vir Skipper.”
12         Hy kyk in haar begrypende oë en sy seer word te swaar. Die skerp gekrys
13      van meeue klink meteens op. Hulle hoor dit albei: die klank wat deur elkeen se
14      eie pyn sny. En hy, net hy, verstaan wat sy sag sê: “Dit sal weer stil word,
15      Jannerik.” Sy lê haar hand op sy verweerde vingers wat die brood vashou.
16         “Ja, Mama-Meeu.” Hy sug swaar: “Die Djere-God deel ons smart uit soos
17      die visfabriek sy kwotas. Ons skyde en ons vragte is nie ammel dieselle nie.
18      Maar elkeen kry net wat hy kan hendel.”

3.1      Jannerik het slegte nuus ontvang.

         3.1.1       Wat was die slegte nuus?                                                   (1)

         3.1.2       Wie het die slegte nuus gestuur?                                           (1)

3.2      Verduidelik waarom Jacob na Elsabet as “Twilight” verwys. (Reël 3)                     (1)

3.3      Hoekom het Ryna ook vir Skipper brood saamgestuur?                                     (1)

3.4      Lees reël 1–6. Hoekom was Jacob se optrede teenoor Jannerik verkeerd?                  (1)

3.5      Wat sê Jannerik se woorde in reël 4, “Is reg, kaptein”, van sy houding teenoor
         Jacob?                                                                                 (1)

3.6      Waarom was dit vir Ryna so belangrik om vir Jannerik te sê van die brode wat
         reg gekom het?                                                                         (1)

3.7      Ryna het Jannerik se pyn op daardie stadium baie goed verstaan.

         Noem TWEE situasies waarin Jannerik en Ryna dieselfde seer ervaar het.                 (2)

3.8      Wat het Ryna bedoel met die woorde “Dit sal weer stil word, Jannerik”?
         (Reël 14–15)                                                                           (1)

3.9      Wat is die verskil tussen Jacob en Jannerik se hantering van die hartseer in
         hulle lewens?                                                                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          12                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                             NSS

3.10     “Sy lê haar hand op sy verweerde vingers wat die brood vashou.” (Reël 15)

         Hoekom, dink jy, was hierdie optrede van Ryna meer effektief as woorde?                 (1)

3.11     Hoekom, dink jy, het Jannerik die beeld “Die Djere-God deel ons smart uit
         soos die visfabriek sy kwotas” as antwoord gegee? (Reël 16–17)                          (1)

3.12     Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
         (A–D) langs die vraagnommer (3.12) neer, byvoorbeeld 3.12 E.

         Met Jannerik se woorde aan Ryna in reël 16–18 het hy probeer verduidelik
         dat hy ...

         A      swaarder gekry het as Ryna.
         B      aanvaar het wat met hom gebeur het.
         C      verstaan het waarom Jacob so opgetree het.
         D      getwyfel het aan die Here se plan in sy lewe.                                    (1)

3.13     Gee DRIE redes waarom Jacob so kwaad was oor Ryna se koms na
         Meeuland.                                                                               (3)

3.14     Dink jy Ryna het die regte ding gedoen deur die Kaap te verlaat en Meeuland
         toe te gaan? Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                               (1)

3.15     Jannerik het vir Ryna gesê: “Maar elkeen kry net wat hy kan hendel.” (Reël 18)

         Dink jy hierdie woorde van Jannerik is waar in mense se lewens? Verduidelik
         jou antwoord.                                                                           (1)
                                             EN

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS B

1         En toe het hy en Jacob ŉ groot hoop hout op die plat rotse duskant die jettie
2         gaan pak en dit vol petrol gegooi. Die vlamme was hoog en helder en het die
3         onstuimige see verlig. In die lig van die vlamme het Jannerik na sy kaptein se
4         gesig gekyk en gesien hoe die groot man aan’t breek was.
5            “Wat help dit! Hier sal in elk geval nie ŉ boot kan inkom nie!”
6            “Toemaar, kaptein. Dis nie ons weë nie. Die Here sal voorsien.”
7            “Ek hoop jou geloof is groot genoeg vir ons almal, Jannerik.”
8            “Hy’s groot, kaptein,” en sy ou gesig het stilgeword in die lig van die vuur.
9         “Baie groot.” Hulle is terug kombuis toe. Ryna het gebukkend by die tafel
10        gestaan. Sy was besig om mond-tot-mond-asemhaling op die ou babatjie toe
11        te pas. Sy’t orent gekom. Ag nee! Ag ... Here, nee!
12           Sy’t die kind opgetel en hartverskeurend begin huil. Sy’t na Jacob gekyk
13        waar hy by die deur vasgenael bly staan het en haar oë het van die ergste
14        vertel. “Jacob ...”
15           Hy’t die kind uit haar arms geneem. Hy het die kombersie van die koppie
16        afgetrek en wanhopig na die stil gesiggie gekyk. En sy oor teen die mondjie
17        gedruk en sy kop geskud.

3.16      Watter TWEE geheime rondom babas was deel van Meeuland?                                (2)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            13                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                               NSS

3.17      Hoekom was Jacob “aan’t breek”? (Reël 4)                                                (1)

3.18      Toe die baba gebore is, was Elsabet se houding teenoor Ryna nie meer
          dieselfde as aan die begin van die verhaal nie.

          Verduidelik hierdie stelling.                                                           (2)

3.19      Jacob kon ná die aand van Elsabet se baba se geboorte vir Jannerik beter
          verstaan. Motiveer hierdie stelling.                                                    (1)

3.20      Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer
          (3.20) en die antwoord neer.

          Ryna het na hierdie aand besef dat Meeuland vir haar (ŉ tronk/God se
          plekkie) was.                                                                           (1)

3.21      Kies elke keer ŉ naam uit KOLOM B wat die stelling in KOLOM A voltooi.
          Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (3.21.1–3.21.4) neer,
          byvoorbeeld 3.21.5 F.

                                  KOLOM A                               KOLOM B
          3.21.1     ... het ŉ groot aandeel in Ryna se vroeëre    A    Fred
                     hartseer gehad.
                                                                   B    Schalk
          3.21.2     ... het groot hartseer in Kinnie se lewe
                     veroorsaak.                                   C    Attie

          3.21.3     ... het Doreen misbruik en hartseer besorg.   D    Matthys

          3.21.4     ... het vir ant Hansie baie bekommernisse     E    Jason
                     besorg.
                                                                                    (4 x 1)       (4)

3.22      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (3.22) neer, byvoorbeeld 3.22 E.

          Ousanna het baie geweet van wat alles op Salamanderbaai en die omgewing
          gebeur het, want sy was ŉ ...

          A     vroedvrou.
          B     gelowige.
          C     informant.
          D     siener.                                                                           (1)

3.23      Hoe het Ryna later in die verhaal oor Jacob gevoel?                                     (1)

3.24      Hoekom was dit nodig om aan die einde van die verhaal vir Fred van die
          geheime op die eiland te vertel?                                                        (1)

3.25      Watter lewensles kon jy uit hierdie verhaal by Ryna geleer het?                         (1)
                                                                                                  [35]

                                                                   TOTAAL AFDELING A:             35

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          14                         DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                             NSS

AFDELING B: DRAMA

VRAAG 4: POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS A

1         STONE. Dear Poppie ... Nee, dear darling, dit gaan goed met my, ek hoop dit
2         gaan goed met jou. Hoekom het jy nie gister uitgekom nie? Ek het gewag tot
3         sesuur by die pad, van halfdrie af. Ek het nou so gewag en ek is nou kwaad.
4         Sal jy nou anderweek en Sondag kom? Stone.
5         POPPIE. Dear bhuti Stone, dit gaan goed met my, ek hoop dit gaan goed met
6         jou. (Sien vir Mosie.) Tsamaya ... Ek kan nie gekom het deur die wind en ons
7         het mense gekry van die kerk af, en toe werk ons nou tot laat toe. Daar was
8         nie kans om te kom nie, ngothando, met liefde, from Poppie.

                                                ***
9         POPPIE. Stone Nongena. Sy grootvan was Mqwati, en hy het regte Xhosa
10        gepraat. Hy kon nie Afrikaans praat nie, want hy het mos grootgeword in die
11        Ciskei. Hy het eers hier by ons in Lambertsbaai geleer Afrikaans praat, en my
12        Xhosa het al hoe beterder geword. Hy was ŉ netjiese mannetjie, met ŉ mooi
13        lyfie, en hy het so smart aangetrek. Streepsuit-e en doubelbreasted-suite-e,
14        en hy het alles to match gehad as hy Sondag aangetrek het. Hy was ŉ stil
15        mannetjie, nie so woelerig soos die ander nie. Ons het lief geword vir mekaar.

4.1       Op watter dorpie in die Ciskei het Stone grootgeword?                                 (1)

4.2      Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die antwoord langs
         die vraagnommer (4.2) neer.

         Stone het Lambertsbaai toe gekom en werk as ŉ (visserman/̔boilerman̕) gekry.           (1)

4.3      Poppie en Stone het by mekaar begin kuier.

         4.3.1       Wanneer het Stone vir Poppie die eerste keer raakgesien?                   (1)

         4.3.2       Hoe het hierdie twee verliefdes aan die begin van hulle verhouding
                     met mekaar gekommunikeer?                                                  (1)

4.4      Stone was ŉ Xhosa.

         Op watter manier het Stone die Xhosa-tradisies voor sy troue met Poppie
         gevolg?                                                                                (1)

4.5      Hoekom het Stone en Poppie se troue twee dae aangehou?                                 (1)

4.6      Stone het later baie siek geword.

         4.6.1       Waar het Stone gewerk toe hy siek geword het?                              (1)

         4.6.2       Hoekom was Stone negatief oor die hospitaal waarheen Poppie
                     hom gevat het?                                                             (1)
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2             15                        DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                                NSS

         4.6.3        Dit was vir Poppie moeilik om Stone gereeld in die hospitaal te gaan
                      besoek.

                      Dui aan hoekom hierdie stelling WAAR is.                                     (1)

4.7      Poppie moes die Kaap verlaat.

         4.7.1        Wie het vir Poppie die raad gegee om eerder Mdantsane toe te
                      gaan?                                                                        (1)

         4.7.2        Gee TWEE redes hoekom Poppie ingestem het om na Mdantsane
                      toe te trek.                                                                 (2)

         4.7.3        Gee TWEE redes waarom Poppie nie wou hê Bonsile moes by sy
                      pa in Nyanga agterbly nie.                                                   (2)

4.8      Hoekom wou Poppie hê dat dit moes lyk of dit Stone se idee was dat sy
         Mdantsane toe moes gaan?                                                                  (1)

4.9      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
         (A–D) langs die vraagnommer (4.9) neer, byvoorbeeld 4.9 E.

         Poppie het twee jaar in Mdantsane gebly voordat ...

         A       haar dogters by haar kom bly het.
         B       Jakkie moeilikheid begin maak het.
         C       Stone by haar kom kuier het.
         D       haar huis heeltemal reg was.                                                      (1)

4.10     Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
         (A–D) langs die vraagnommer (4.10) neer, byvoorbeeld 4.10 E.

         Poppie het na Stone se dood ontdek dat Stone ...

         A       probleme met alkohol gehad het.
         B       al sy geld vir sy gesin gegee het.
         C       ŉ skelm verhouding gehad het.
         D       al sy spaargeld verloor het.                                                      (1)

4.11     Kies elke keer 'n karakter uit KOLOM B wat by die inligting in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (4.11.1–4.11.4) neer,
         byvoorbeeld 4.11.5 F.

                               KOLOM A                                 KOLOM B
        4.11.1       Poppie het blyplek by hom in                A    Stone
                     Lambertsbaai gehad.
                                                                 B    Jakkie
        4.11.2       Veroorsaak probleme omdat hy ŉ
                     trekarbeider van Ciskei was.                C    Plank

        4.11.3       Veroorsaak probleme deur ŉ meisie           D    Hoedjie
                     swanger te maak.
                                                                 E    Bonsile
        4.11.4       Veg vir Poppie en haar kinders.
                                                                                     (4 x 1)       (4)
                                               EN
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           16                             DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                              NSS

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS B

1         MAMA. (hou nog papier vas) Anders sal ophou drank verkoop, anders sal nie.
2         JAKKIE. As hulle nie wil hoor nie, sal ons hulle by force wys.
3         MOSIE. Die kinders keer die mense voor as hulle na drank ruik en gee hulle
4           slae met latte. As die ou manne op die straat kom en hulle het gedrink, dan
5           moet hulle weghardloop vir die kinders, want die kinders wil weet: Waar kry
6           jy die drank? Wie het dit aan jou verkoop? Dan brand die kinders die
7           sjebeen-huise af. Die kinders het hoendervere by hulle en emmers met
8           water. Dan laat hulle die ou man die water drink en steek die vere in die
9           man se keel om hom te laat opbring.
10        JAKKIE. Ou man, jou binnegoed is nou skoon. Jy moenie weer wyn drink nie.
11          Gaan nou na jou huis toe.
12        MOSIE. En toe kom Plank weer eendag dronk huis toe. Die kinders loop al
13          agter Plank aan en hy weet nie hulle hou hom dop nie. Hulle gryp hom,
14          sleep hom jaart toe, tot by die hoenderhok. Anders hou hom vas en anders
15          slaat hom met die latte. Hulle het sy hemp geskeur en die hale het oor sy
16          rug gelê, hulle was naderhand flou van die slaat, en bhuti Plank het so pap
17          bly lê dat hulle kwaadgeit kan oorgaan.

18        Jakkie help Plank vashou terwyl kinders hom slaan.

4.12      “MAMA. (hou nog papier vas)” (Reël 1)

          Watter papier het Mama steeds vasgehou?                                                   (1)

4.13      “As hulle nie wil hoor nie, sal ons hulle by force wys.” (Reël 2)

          4.13.1     Waarom was die kinders in opstand teen die regering?                           (1)

          4.13.2     Hoekom dink jy het Jakkie en die kinders hulleself in hierdie tyd
                     “comrades” genoem?                                                             (1)

4.14      Gee DRIE redes waarom die kinders ongelukkig was as hulle ouers
          gedrink het.                                                                              (3)

4.15      Hoe kon Jakkie die situasie met die dronk grootmense positief hanteer het?                (1)

4.16      Vroeër in die drama moes een van Poppie se familielede in ŉ hoenderhok vir
          die polisie weggekruip het.

          4.16.1     Wie het in die hoenderhok weggekruip?                                          (1)

          4.16.2     Hoekom moes hierdie persoon in die hoenderhok wegkruip?                        (1)

4.17      Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die antwoord langs
          die vraagnommer (4.17) neer.

          Wanneer die oumanne gedrink het, het (kinders/migrante) die sjebeen-huise
          gaan afbrand.                                                                             (1)
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           17                       DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                              NSS

4.18      Hoe het Jakkie bygedra tot Plank se vernedering toe hy dronk was?                    (1)

4.19      Die dekor van die drama is baie eenvoudig. Noem TWEE objekte wat deel
          van die dekor van die drama is.                                                      (2)

4.20      Watter les oor menseverhoudings kan die leser by Poppie leer?                        (1)
                                                                                               [35]

                                            OF

VRAAG 5: PALJAS – Chris Barnard

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS A

1         14. Emma staan in ŉ voetpad êrens in die veld en kyk hoe Frans se bakkie ŉ
2         lang stofstreep maak tussen die koringlande deur. Sy kou aan ŉ grasstingel.
3         Dan gooi sy die grassie op die grond neer. Dis ŉ gebaar van verwerping. Sy
4         draai om en begin aanstap met die voetpad, maar steek oombliklik vas. Want
5         van voor af kom iemand op ŉ trapfiets aan. Dis ŉ jong man van omtrent
6         twintig in fietsryklere met ŉ paksak op sy rug. Dis Nollie Kemp.
7            En Emma se reaksie is eienaardig. Sy tree twee treë uit die voetpad uit en
8         draai haar rug op Nollie.
9            Hy kom hou by haar stil. Hy lyk ŉ gawe, onskuldige soort seun.

10        NOLLIE: Môre, Emma.

11          Sy antwoord nie. En hy glimlag en stoot sy fiets so tussen sy knieë ŉ tree
12        vorentoe.

13        NOLLIE: Praat jy weer nie vanmôre nie?
14           Emma begin óm hom stap, terug paadjie toe, weg van hom af; die skouers
15        vierkantig en die ken half gelig. Hy staan ŉ klein bietjie geamuseerd en kyk
16        hoe sy wegstap.
17           Dan klim hy op die saal en ry agter haar aan.

18        NOLLIE: Wat op die aarde het ek jou gedoen dat jy so maak, Emma?

19          Emma draai uit die voetpad uit links en loop met ŉ draai óm Nollie terug
20        huis se kant toe.
21          Nollie stop sy fiets en staan vir haar en kyk.

5.1       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
          (A–D) langs die vraagnommer (5.1) neer, byvoorbeeld 5.1 E.

          Die ruimte waar hierdie drama afspeel, is in ...

          A    Soekmekaar.
          B    Uniondale.
          C    die Karoo.
          D    die stad.                                                                       (1)
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         18                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                            NSS

5.2       Waarom kon Frans se besoeke vir Hendrik jaloers gemaak het?                              (1)

5.3       Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die antwoord langs
          die vraagnommer (5.3) neer.

          Hendrik was gewoonlik by die (stasie/huis) as Frans by Katrien aangekom
          het.                                                                                     (1)

5.4       Hendrik sou verkeerd wees om te dink dat Katrien ŉ verhouding met Frans
          sou aanknoop.

          Gee ŉ rede waarom hierdie stelling WAAR is.                                              (1)

5.5       “Sy kou aan ŉ grasstingel. Dan gooi sy die grassie op die grond neer. Dis ŉ
          gebaar van verwerping.” (Reël 2–3)

          5.5.1      Hoekom het Emma nie van Frans gehou nie?                                      (1)

          5.5.2      Hoe het Emma aan die begin van die drama gewys dat sy nie ŉ
                     goeie verhouding met Nollie en haar pa gehad het nie? Gee TWEE
                     voorbeelde.                                                                   (2)

          5.5.3      Aan die einde van die drama sien ons ŉ karakterverandering by
                     Emma.

                     Hoe het haar houding teenoor mans verander?                                   (1)

5.6       Nollie het met sy fiets aangery gekom en Emma het van hom weggehardloop.

          5.6.1      Watter kompliment het Nollie vir Emma gegee net voor sy geval
                     het?                                                                          (1)

          5.6.2      Watter besering het     Emma     opgedoen     toe   sy     vir   Nollie
                     weggehardloop het?                                                            (1)

          5.6.3      Hoe het Nollie gevoel toe Emma geval het?                                     (1)

5.7       Emma het nie vir haar pa van die ongeluk vertel nie.

          5.7.1      Waarom het Emma nie vir haar pa van die ongeluk vertel nie?                   (1)

          5.7.2      Hoe het Hendrik van die ongeluk gehoor?                                       (1)

5.8       Wat het Nollie alles gedoen om vir Emma te wys dat hy van haar gehou het?
          Gee DRIE feite.                                                                          (3)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            19                        DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                               NSS

5.9       Kies elke keer 'n karakter uit KOLOM B om die sin in KOLOM A te voltooi.
          Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (5.9.1–5.9.4) neer,
          byvoorbeeld 5.9.5 F.

                                  KOLOM A                               KOLOM B
          5.9.1      ... het nostalgiese musiek geluister.          A   Jan Mol

          5.9.2      ... het Emma op haar boud geklap.              B   Willem
          5.9.3      ... het die romantiese oomblik tussen Nollie   C   Hendrik
                     en Emma bederf.
                                                                   D    Frans
          5.9.4      ... het klippe gegooi na die motor wat Nollie
                     bestuur het.                                  E    Bertie
                                                                                   (4 x 1)       (4)

5.10      Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer
          (5.10) en die antwoord neer.

          Hendrik en Nollie het gereeld (ŉ knertsie gedrink/aan Hendrik se motor
          gewerk) as Nollie kom kuier het.                                                       (1)

                                               EN

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS B

1        82. Nollie kom met sy fiets oor die spoorlyn, klim voor die agterdeur af en laat
2        die fiets teen die muur aanleun. Dit wil val en hy keer. Die klokkie stamp in die
3        proses teen die muur.

4        83. Emma sit in ŉ sinkbad op die werf. Die bad is vol seepskuim en net haar
5        kop en bene steek uit. Langs die bad staan ŉ stoel met ŉ handdoek oor die
6        leuning. Haar klere is nêrens.
7          Emma se bad is aan die ander kant van die huis as die spoorlyn.
8          Emma lê salig agteroor in haar skuimbad, haar een been reguit in die lug op.
9        Sy roer haar tone, lê en kyk of sy haar naasgroottoon en groottoon kan kruis
10       wanneer ons die fiets finaal hoor neerkletter dat die klokkie skel weerklink.
11       Emma sit regop, kyk verskrik om en val die volgende oomblik met bad en al
12       om. Die bad lê nou onderstebo bo-op haar en die water loop na weerskante
13       toe oor die werf weg.
14         Nollie verskyn om die hoek. Hy steek vas wanneer hy die onderstebo bad
15       sien. Hy loop stadig tot by die bad, bekyk die water wat nog steeds wegloop,
16       en maak keel skoon.
17       NOLLIE: Oom Hendrik? (Geen reaksie nie.) Willem, is dit jy? (Nog niks. Hy
18       sluk.) ... Tannie? (Hy kyk die werf goed deur, en gaan hurk dan by die bad, en
19       roep gedemp.) Emma?

5.11    Nollie het gereeld by die McDonalds kom kuier.

        5.11.1       Hoekom het Hendrik gereeld vir Emma stoep toe geroep as Nollie
                     daar was?                                                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2               20                      DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                                  NSS

        5.11.2       Hoe het Katrien oor Hendrik se optrede in VRAAG 5.11.1 gevoel?               (1)

5.12     Emma het gesê sy gaan nie eendag trou nie. Hoekom het sy so gesê?                        (1)

5.13     Nollie het die onderstebo sinkbad gesien.

         5.13.1      Waarom was die situasie waarin Emma haar bevind het, vir jou as
                     leser humoristies?                                                           (1)

         5.13.2      Nollie het hierdie situasie gebruik om Emma “af te pers”.

                     Motiveer hierdie stelling.                                                   (1)

         5.13.3      Nollie het uiteindelik vir Emma die handdoek aangegee om haar uit
                     die situasie te help.

                     Wat sê dit vir jou van Nollie se karakter?                                   (1)

5.14     Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
         letter (A–D) langs die vraagnommer (5.14) neer, byvoorbeeld 5.14 E.

         Na hierdie insident het dit gelyk asof Emma vir Nollie begin aanvaar het, want
         sy was bereid om saam met hom na die ... te gaan kyk.

         A     stasie
         B     tekeninge
         C     sirkustrein
         D     perdeblomme                                                                        (1)

5.15     Emma het weer begin klavier speel.

         5.15.1      By wie het Emma geleer om klavier te speel?                                  (1)

         5.15.2      Waarom het Emma aan die begin so sukkelend gespeel toe Willem
                     haar na die klavier gelei het?                                               (1)

         5.15.3      Waarvan was Emma se goeie klavierspel aan die einde van die
                     drama ŉ simbool?                                                             (1)

5.16     Was Nollie goed vir Willem? Motiveer jou antwoord.                                       (1)

5.17     Wat word die hoofkarakter in ŉ drama genoem?                                             (1)

5.18     Wat is die funksie van die toneelaanwysings in reël 17–19?                               (1)

5.19     Watter aanduiding is daar aan die einde van die drama dat Hendrik en Katrien
         mekaar gevind het?                                                                       (1)
                                                                                                  [35]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:              35

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         21                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                            NSS

AFDELING C: KORTVERHALE

STORIEJOERNAAL

BEANTWOORD VRAE OOR AL TWEE DIE KORTVERHALE.

VRAAG 6

“DIE ROOI KOMBERSIE” – Rachelle Greeff

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1         ... Hulle het vroeër klaar geëet. Hul tweevlakhuisie met sy baie houtwerk
2         staan hoog. As jy by die deur uitkyk, sien jy sterre, nie mensligte nie. Amper
3         soos in die Groot-Karoo. Hulle het nie diefwering nie en ook nie ŉ
4         alarmstelsel nie en die vensters staan oop as die weer dit toelaat. In die pas
5         afgelope somer het Daniel juis twee boomslange wat in die oop
6         badkamervenster die een agter die ander staan en wiebel het, verjaag. Kort
7         hierna was dit ŉ nukkerige pofadder op die kleiteëls van die kombuis. Oor dit
8         so warm en droog is buite. Daar was ook heelparty kwaai veldbrande. Maar
9         dis nou koeler, daar was selfs al ŉ paar buie. Die slange sal nie nou meer
10        kom kuier nie. Die vensters kan maar wyd oopstaan.
11            Tog sluit hulle die buitedeure ná donker. Asof in empatie met die nuus wat
12        kom via die televisie en die koerante oor die baie mense wat elke dag beroof,
13        besteel of vermoor word deur werkloses wat tussen bendes, sjebiens en
14        sindikate ŉ bestaan probeer maak.
15            Lila sien hulle eerste en gil o my God, terwyl sy onmiddellik weet dis die
16        oop vensters en die vreemde rooi Golf. Vroeër die middag het sy en Daniel ŉ
17        rooi motor teen die bergpad sien opkruie.

6.1       Wanneer het Lila die rooi kombersie gekry?                                            (1)

6.2       Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die antwoord langs
          die vraagnommer (6.2) neer.

          Aan die einde van die verhaal het Lila die kombersie reeds (29/39) jaar lank
          gehad.                                                                                (1)

6.3       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (6.3) neer, byvoorbeeld 6.3 E.

          Lila het weggegaan van haar tuisdorp af om te gaan ...

          A     trou.
          B     studeer.
          C     werk.
          D     groen leef.                                                                     (1)

6.4       Waarom was die kombersie van die begin af vir Lila so belangrik?                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans FAL P3 Feb March 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2016/6e1bb291-53c5-4eb7-ba7f-20592d77bed9) — Afrikaans FAL · QP · 2016 · Afr
- [Grade 12 NSC Afrikaans P2 10022 (FAL) Preperatory 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-p2-10022-fal-preperatory-2016-question-paper/8e1b7b9d-a93b-4720-8047-a1dcf1a8ab8c) — Afrikaans FAL · QP · 2016 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Feb March 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2016-memo/295248df-664d-40f2-99a2-f472e825b967) — Afrikaans FAL · Memo · 2016 · Afr
- [Grade 12 NSC Afrikaans P2 (FAL) Preperatory 2016 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-p2-fal-preperatory-2016-possible-answers/8a0e8deb-d01b-4d06-9dab-00baf1786d51) — Afrikaans FAL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May June 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2016-memo/fec783b3-523c-4938-a821-ce695c069ffb) — Afrikaans FAL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Feb March 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-feb-march-2018-memo/fcf01538-02a0-42bb-8b84-d2282d258d65) — Afrikaans FAL · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
