# Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC Supplementary 2017 QP

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the NSC Supplementary Exam 2017, 31 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-feb-march-2017/e54399f0-a7a5-4ca5-8f78-5306a4fd3688
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 31

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC Supplementary 2017 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-feb-march-2017/e54399f0-a7a5-4ca5-8f78-5306a4fd3688)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2017 · Afrikaans. Question paper, 31 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                        GRAAD 12

                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

                              FEBRUARIE/MAART 2017

PUNTE: 70

TYD: 2 uur

                         Hierdie vraestel bestaan uit 31 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         2                              DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.        MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die
          INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommers van
          die vrae oor die tekste wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vrae en
          kies die vrae wat jy wil beantwoord.

2.        Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:

          AFDELING A: Roman                 (35)
          AFDELING B: Drama                 (35)
          AFDELING C: Kortverhale           (35)
          AFDELING D: Gedigte               (35)

3.        Beantwoord vrae in TWEE afdelings, soos volg:

          AFDELING A: ROMAN
          Beantwoord die vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

          AFDELING B: DRAMA
          Beantwoord die vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

          AFDELING C: KORTVERHALE
          Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale.

          AFDELING D: GEDIGTE
          Beantwoord die vrae oor AL TWEE gedigte.

          Gebruik die kontrolelys op bladsy 3 om jou te help.

4.        Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Begin ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy.

7.        Bestee ongeveer 60 minute aan elke afdeling.

8.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          3                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                             NSS

INHOUDSOPGAWE

Kies TWEE afdelings.

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord slegs EEN vraag.
                   VRAAGNOMMER                                  PUNTE        BLADSYNOMMER
1.   Kringe in ŉ Bos                                              35               4

2.     Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom                   35                 8

3.     Meeulanders                                                  35                12

AFDELING B: DRAMA

Beantwoord slegs EEN vraag.
4.   Poppie – die drama                                             35                16

5.     Paljas                                                       35                20

AFDELING C: KORTVERHALE

Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale.
6.   “Rooi kombersie”                                               18                24

       “Baby”                                                       17                26

AFDELING D: GEDIGTE

Beantwoord die vrae oor AL TWEE gedigte.
7.   “Spore op die maan”                                            18                28

        “Woorde”                                                    17                30

KONTROLELYS

Gebruik die kontrolelys om te verseker dat jy die vereiste getal vrae beantwoord.

                                                         GETAL VRAE                   DUI AAN
     AFDELING                VRAAGNOMMERS
                                                        BEANTWOORD                      ()
A: Roman                               1–3                   1

B: Drama                               4–5                      1

C: Kortverhale                          6          1 (Sluit twee kortverhale in)

D: Gedigte                              7           1 (Sluit twee gedigte in)
LET WEL: Maak seker dat jy vrae oor slegs TWEE afdelings beantwoord het.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         4                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                            NSS

AFDELING A: ROMAN

VRAAG 1: KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS A

1          Vandat hy kan onthou, is Oupoot die mees gevreesde olifant in die Bos.
2          Geen houtkapper het sonder respek van hom gepraat of sy spoor gekry en
3          nie onmiddellik gekyk watter kant die wind waai nie.
4            Hy was veertien toe hy Oupoot vir die eerste keer gesien het. Baie dinge
5          het met hom gebeur toe hy veertien geword het ...
6            Die godsiekte het twee maande voor sy verjaardag deur die Bos getrek:
7          masels, kinkhoes en plek-plek waterpokke. Magdalena moes eerste gaan lê.
8          Toe Sara inval, het hul ma ook siek geword. Masels. Hy en sy pa en Jozef
9          en ou Anneries het ver van die huis af kalander vir dwarslêers gewerk en
10         van niks geweet nie.
11           Tant Martjie van oom Martiens Botha, wat ook by Groot Eiland
12         huisgemaak het, het ou Maska gestuur om hulle te soek. As jy die Bos ken
13         en weet in watter rigting om te soek, kan jy soek, so nie moet jy wegbly uit
14         hom. Mens hoor ŉ byl se kap diep Bos in en ou Maska het hulle die derde
15         dag gekry. Oom Gert Oog-hulle het ŉ paar myl huiskant van hulle gekap en
16         hom gesê waar hulle is.
17           Hulle het die vuur doodgegooi en dadelik huis toe begin stap. Ses ure se
18         harde stap. Toe die sewester vir middernag sit, het hulle Groot Eiland se
19         oopte binnegeloop.

1.1        “Hy was veertien toe hy Oupoot vir die eerste keer gesien het.” (Reël 4)

           Wanneer het Saul vir Oupoot die eerste keer gesien?                                    (1)

1.2        Olifante was maar een van die dinge wat die Bosmense gevrees het.

           Waarom het hulle nooit die woord “olifant” in die Bos gesê nie?                        (1)

1.3        Daar was ŉ besondere band tussen Oupoot en Saul.

           1.3.1      Waarom kan ons sê daar was ŉ besondere band tussen Oupoot en
                      Saul?                                                                       (1)

           1.3.2      Gee TWEE voorbeelde uit die roman om jou antwoord op
                      VRAAG 1.3.1 te motiveer.                                                    (2)

1.4        Saul se plan om vleiskos vir sy verjaarsdag te kry, het sy lewe verander.

           1.4.1      Wat het die grootmense met ŉ bloubokkie se kop gedoen as hulle
                      ŉ bloubokkie gevang het?                                                    (1)

           1.4.2      Watter ontstellende ontdekking het Saul gemaak toe hy die
                      bloubokkie se kop oopgekap het?                                             (1)

           1.4.3      Hoe het hierdie ontdekking Saul se siening van die grootmense
                      verander?                                                                   (1)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         5                             DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                            NSS

1.5        Op veertien het Saul ook vir die eerste keer die dorp gesien.

           Wat was Saul se eerste reaksie toe hy uit die Bos die dorp binnegegaan
           het?                                                                                  (1)

1.6        Watter dorpskarakter het tydens Saul se eerste besoek aan die dorp ŉ goeie
           indruk op Saul gemaak?                                                                (1)

1.7        Noem EEN negatiewe ding wat Saul daardie eerste dag al van MacDonald
           se persoonlikheid raakgesien het.                                                     (1)

1.8        Saul-hulle het waenhout gebring, maar MacDonald het gesê hulle wou
           dwarslêers gehad het. Dit was maar een deel van die skewe sirkel wat Saul
           so goed leer ken het.

           Gee nou nog TWEE voorbeelde van die skewe sirkel tussen die houtkopers
           en houtkappers.                                                                       (2)

1.9        Nadat Saul-hulle weer weg is uit die dorp, het Saul vir sy pa gevra of hulle
           witmense was.

           Waarom het Saul dit gevra?                                                            (1)

1.10       Joram het toe maar die kalander gaan kap vir dwarslêers.

           Hoekom wou Saul nie die kalander afkap nie?                                           (1)

1.11       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
           letter (A–D) langs die vraagnommer (1.11) neer, byvoorbeeld 1.11 E.

           Saul het anders as die Bosmense gedink en daarom het hulle hom
           gebrandmerk as ...

           A      verraaier.
           B      opstoker.
           C      oproerling.
           D      opstandeling.                                                                  (1)

1.12       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
           vraagnommer (1.12) en die antwoord neer.

           Vir Saul was Oupoot en Maska deel van sy goeie herinneringe aan die Bos.
           Oupoot was Saul se dierbroer en in Maska het hy ŉ (mensbroer/hartbroer)
           gevind.                                                                               (1)

1.13       Dink jy die verhouding tussen Saul en sy broer, Jozef, sou beter gewees het
           as Saul nie besluit het om by MacDonald te gaan werk nie? Gee ŉ rede vir
           jou antwoord.                                                                         (1)

                                            EN

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2        6                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                           NSS

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS B

1          Die Knysna het vol in die gety gelê toe hy teen die middag oor die laaste
2          hoogte kom en sy perd inhou. So het hy dit onthou: op ŉ afstand
3          waarvandaan die wonde nie sigbaar is nie. Hy was amper twee jaar weg! En
4          daar was ŉ rustigheid in hom wat hom sonder haas daar laat sit het en hom
5          die uitgestrektheid voor hom laat indrink het. Vandat hy die oggend wakker
6          geword het met die wete dat hy gaan omdraai, het hy baie dinge met
7          homself uitgemaak. Selfs oor Kate. Hy was soos ŉ huis wat aan kant is; in
8          sommige laaie is dinge diep weggepak: sy gevoel vir Kate, al die ou kwaad
9          en bemoeienis met dinge waaroor hy nie werklik beheer het nie. Hy sal
10         tydsaam sy onderneming opbou. Aan die begin moet dit amper in stilte
11         geskied; teen die tyd dat hulle agterkom waarmee hy besig is, moet hy húlle
12         kan verras! Die eerste ruk sal hy weer sy intrek in die Royal Hotel neem en
13         verkieslik ŉ plek koop waar hy kan woon en werk.
14           Hy is nie sonder hartseer uit Swellendam weg nie, ook nie sonder ŉ
15         skuldgevoel teenoor ou Abraham en tant Annie nie.
16           “Jy’t vreemd hier aangekom en eintlik gaan jy vreemd hier weg,” het die ou
17         man hartseer gegroet.

1.14       Waarom het Saul twee jaar tevore Knysna verlaat?                                    (1)

1.15       Wat was die laaste guns wat Saul van MacDonald vir sy broers gevra het?             (1)

1.16       “... al die ou kwaad en bemoeienis met dinge waaroor hy nie werklik beheer
           het nie ...” (Reël 8–9)

           Noem TWEE dinge waaroor Saul vroeër nie beheer gehad het nie.                       (2)

1.17       Swellendam was vir Saul ŉ tyd van herstel en vrede vind.

           Hoe het die omstandighede in Swellendam hiertoe bygedra?                            (1)

1.18       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
           vraagnommer (1.18) en die antwoord neer.

           By Abraham Steyn het Saul geleer om (meubels te maak/ŉ besigheid
           te begin).                                                                          (1)

1.19       Watter persoon, volgens jou, het die meeste hartseer in Saul se lewe
           veroorsaak? Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                            (2)

1.20       Saul het nuwe planne beraam om oor te begin.

           Hoe het MacDonald hierdie planne laat skeefloop?                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           7                         DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

1.21       Kies die karakter in KOLOM B wat by die stelling in KOLOM A pas. Skryf
           slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (1.21.1–1.21.4) neer,
           byvoorbeeld 1.21.5 F.

                              KOLOM A                               KOLOM B
           1.21.1     Saul sou Oupoot nooit verneder         A   Peter Crompton
                      deur hierdie karakter toe te laat om
                      hom te skiet nie.                      B   Frank Jefferson

           1.21.2     Hierdie karakter was ŉ ware vriend     C   Freek Terblans
                      vir Saul toe hy teen sy familie se
                      wense Saul met Patterson gehelp        D   Arend Botha
                      het.
                                                             E   Alfred Conway
           1.21.3     Hierdie karakter het Saul
                      aangemoedig om aan te hou om vir
                      Kate te veg.

           1.21.4     Saul kon met hierdie karakter baie
                      persoonlike emosies op die Pictor
                      deel.
                                                                                   (4 x 1)       (4)

1.22       Hoekom het Saul steeds geglo dat hy en Kate nie ŉ toekoms saam kon hê
           nie?                                                                                  (1)

1.23       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
           letter (A–D) langs die vraagnommer (1.23) neer, byvoorbeeld 1.23 E.

           Saul wou ŉ besigheid in Knysna begin omdat hy geglo het hy ...

           A      het geen ander opsies gehad nie.
           B      kon op hierdie manier sy familie help.
           C      kon op hierdie manier vir Kate beïndruk.
           D      sou geen ondersteuning buite Knysna kry nie.                                   (1)

1.24       Watter uitwerking kon Saul se belofte aan Jozef aan die einde van die
           verhaal op hulle verhouding hê?                                                       (1)

1.25       Hoekom is dit suksesvol dat die skrywer van die roman ŉ alomteenwoordige
           verteller gebruik?                                                                    (1)
                                                                                                 [35]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         8                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                            NSS

VRAAG 2:       DIE ONGELOOFLIKE          AVONTURE       VAN    HANNA      HOEKOM        –
               Marita van der Vyver

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS C

1             “Wonderlik!” roep Mana uit. “Ons beplan ŉ gróót partytjie in die
2          gramadoelas!”
3             Watse partytjie, vra ek verbaas, ek dog dis net Sharon wat kom?
4             Maar Mana maak asof sy my nie hoor nie en vertel vir Gavin van hierdie
5          stunning huis op ŉ berg waar ons gaan vakansie hou, laat dit soos ŉ
6          vyfsterhotel klink, tot Gavin haar omtrent soebat om hom saam te nooi.
7             “Oukei, dan bly jy oor vir ŉ nag of twee,” sê Mana ingenome. Maak of sy
8          nie sien hoe wanhopig ek my kop skud nie. “Wil jy iemand saambring? Die
9          huis is groot genoeg, hoor!”
10            Net nie dít nie, dink ek, te wanhopig om selfs my kop te skud.
11            Asof dit nie erg genoeg is dat my moffie-pa op my verjaardag gaan
12         opdaag om my voor my beste vriendin in die skande te steek nie. Sharon
13         weet van Gavin, natuurlik, maar dis een ding om te weet van hom en
14         heeltemal ŉ ander ding om hom in lewende lywe te sien. As hy nou boonop
15         ŉ lover in swart leer of ŉ slangvelbroek moet saamsleep ...
16            “Dis die eerste woord wat ek van hierdie groot partytjie hoor,” sê ek deur
17         geklemde kake toe Mana die telefoon neersit.

2.1        Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
           vraagnommer (2.1) en die antwoord neer.

           Mana het die partytjie vir Hanna se (veertiende/vyftiende) verjaardag beplan.        (1)

2.2        Waarom was Gavin nie by Hanna se vorige verjaarsdae nie?                             (1)

2.3        Kies die KORREKTE woord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
           (A–D) langs die vraagnommer (2.3) neer, byvoorbeeld 2.3 E.

           Gavin het met een van Hanna se vorige verjaarsdae gewys dat hy nie sy
           dogter se smaak geken het nie. Hy het vir haar ŉ ... as geskenk gegee.

           A      pen
           B      boek
           C      leerbaadjie
           D      slangvelbroek                                                                 (1)

2.4        Alhoewel die kinders nie aan die begin saamgestem het dat die
           vakansiehuis op Botterberg “stunning” (reël 5) was nie, het hulle tog aan die
           einde van die verhaal hulle vakansie in hierdie huis geniet.

           Waarom, dink jy, het die toestand van die huis hulle toe nie meer gepla nie?         (1)

2.5        Hoekom kan ons sê dat Mana se besluit om vir Gavin deel van Hanna se
           verjaardag te maak, aan die einde van die verhaal vir Hanna net goed was?            (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            9                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                               NSS

2.6        Hoe verskil Hanna se houding oor Sharon se koms na Botterberg teenoor
           haar houding oor Gavin se koms?                                                         (2)

2.7        Verwys na reël 11.

           2.7.1      Wat was Hanna se houding teenoor haar “moffie-pa”, Gavin, voor
                      haar partytjie?                                                              (1)

           2.7.2      Watter kompliment het Hanna aan die einde van die verhaal vir
                      Gavin gehad?                                                                 (1)

2.8        Noem DRIE feite omtrent Gavin se aankoms by die huis op Botterberg wat
           dit dramaties gemaak het.                                                               (3)

2.9        Waarom was Yann             aan   die   begin   so   ongemaklik   in Gavin se
           teenwoordigheid?                                                                        (1)

2.10       Gavin het met hierdie verjaarsdag van Hanna vir haar ŉ gepaste geskenk
           gebring.

           Motiveer die stelling deur na die gepastheid van die geskenk te verwys.                  (1)

2.11       Wat kon Hanna aflei uit die geskenke wat Beyers en Yann vir haar
           gegee het?                                                                               (1)

2.12       Kies die karakter in KOLOM B wat by die stelling in KOLOM A pas. Skryf
           slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (2.12.1–2.12.4) neer,
           byvoorbeeld 2.12.5 F.

                               KOLOM A                                KOLOM B
           2.12.1     Hierdie karakter het ŉ spesiale           A   Beyers
                      aandete op Hanna se verjaarsdag
                      voorberei.                                B   Margot

           2.12.2     Hierdie karakter het ŉ paar gedigte       C   Yann
                      vir Hanna op haar verjaarsdag
                      voorgelees.                               D   Mana

           2.12.3     Hierdie karakter het Hanna se    E            Gavin
                      voorkoms tydens ŉ mooimaaksessie
                      verander.

           2.12.4     Hierdie karakter het vir Hanna ŉ
                      nuwe pen gegee.
                                                                                     (4 x 1)       (4)

                                               EN

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          10                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                             NSS

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS D

1             “Moenie melodramaties wees nie, Gavin.”
2             “Sien jy wat ek bedoel? Selfs as ek simpatie soek, misluk ek!”
3             Ek dog hy huil. So ŉ snaakse snik in sy stem. Toe besef ek hy lag.
4             Die koningin het ŉ wrang laggie gegee. “Miskien moet ons ŉ
5          organisasie stig. Mislukkers Anoniem. ‘My naam is Margot Jordan en ek is ŉ
6          mislukking …’ ”
7             “Jou naam is nie Margot Jordan nie,” het Gavin haar herinner. “Jou naam
8          is Margot Jordaan. Of dalk nog iets soos Magrieta Jordaan.”
9             “Erger, poplap. Véél erger.” Margot het nou behoorlik gelag. Glad nie
10         tinkelend nie, eerder kekkelend. “Maria Gertruida Johanna Jordaan.”
11            ŉ Kwartier later het hulle hand om die lyf uit die kamer gestap. Asof daar
12         nie ŉ skewe woord tussen hulle geval het nie. Margot het haar verleidelikste
13         glimlag vir ons geflits (haar gesig weer so swaar geverf soos altyd) en
14         aangekondig dat sy vanaand ŉ vertoning gaan gee wat ons nóóit sal vergeet
15         nie.
16            “As julle eendag oud is,” het sy vir my en Sharon belowe, “sal julle vir julle
17         kleinkinders kan vertel dat julle vir Margot Jordan in lewende lywe sien
18         optree het. Dié Margot Jordan.”

19           Gavin het die hele program haarfyn uitgewerk. As ons kostuums wil
20         gebruik, moet ons blitsig tussen twee nommers verklee.

2.13       Gavin en Margot het albei gedink dat hulle mislukkings is.

           2.13.1     Hoekom het Margot gedink sy het in haar lewe misluk? Gee TWEE
                      redes.                                                                       (2)

           2.13.2     Dink jy Gavin was reg om só oor homself te dink? Verduidelik jou
                      antwoord.                                                                    (1)

2.14       Kies die KORREKTE woord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer
           (2.14) en die antwoord neer.

           Margot het dikmond in haar kamer gesit, want sy het gedink sy sou nie
           betyds vir haar vlug (Johannesburg/Kaapstad) toe wees nie.                              (1)

2.15       Hoekom het Gavin die gesprek (in die uittreksel) met Margot begin?                      (1)

2.16       Watter karaktereienskap van Hanna kan die leser aflei toe sy Gavin en
           Margot se gesprek afgeluister het?                                                      (1)

2.17       Gee EEN voorbeeld wat daarop dui dat Gavin goeie leierseienskappe het.                  (1)

2.18       Noem EEN positiewe gevolg wat die konsert vir die gesin se verhoudings
           ingehou het.                                                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2        11                        DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                           NSS

2.19       Gee TWEE redes hoekom Hanna na die konsert nie gelukkig was nie.                  (2)

2.20       Wie was die wenner van die konsert?                                               (1)

2.21       Mana was bekend vir haar ongewone kleresmaak.

           Hoe het sy in die konsert gelyk wat dit nog meer ongewoon gemaak het?             (1)

2.22       Noem EEN ooreenkoms tussen Margot en Gavin wat sterk na vore kom in
           die konsert.                                                                      (1)

2.23       Hoe het Hanna Fabienne en Jan se liefdesverhaal laat eindig ná hierdie
           konsert?                                                                          (1)

2.24       Kies die KORREKTE woord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
           (A–D) langs die vraagnommer (2.24) neer, byvoorbeeld 2.24 E.

           In Hanna se ongelukkige liefdesverhaal het Anna ŉ bekende ... geword.

           A      aktrise
           B      skrywer
           C      joernalis
           D      kunstenaar                                                                 (1)

2.25       Wat sê dit vir die leser dat Hanna vir Margot die moederrol in haar roman
           wou gee?                                                                          (1)
                                                                                             [35]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2                  12                        DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                     NSS

VRAAG 3: MEEULANDERS – Esta Steyn

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS E

1            Attie se oë vernou meteens en Hermanus volg sy blik: ŉ blou bakkie kom
2          vinnig aangery en stop onverskillig. Skalla, verslons geklee en met ŉ
3          botteltjie bier in die hand, klim uit en stap na die Coetzee-tent toe aan.
4            Hermanus lyk verslae. “Schalkie?” prewel hy onhoorbaar.
5            “Pa,” praat Fred, wat ook vir Skalla gesien het, meteens agter Hermanus,
6          “dis wat ek openlike uittarting noem.”
7            “Van wanneer af is hy hier?” Hermanus se oë volg vir Skalla, wat hom nou
8          by die kring rondom Coetzeetjie-hulle aansluit.
9            Fred se stem bewe: “Seker spesiaal gekom om die dag te kom bedêm.”
10           Hermanus klink diep ontsteld: “Hy ... ignoreer ons. Hy groet ons nie eers
11         nie.”
12           “Hy soek my, Pa. Hy soek my en hy gaan my vandag kry.”
13           En voordat Hermanus kan keer, stap Fred oorgehaal in die rigting van die
14         ander tent. Attie en Hermanus kyk vir Fred gespanne agterna en weet nie
15         wat om te verwag nie. Die groepie rondom Coetzee raak stil toe Fred nader
16         kom. Skalla swaai om en bekyk sy stiefbroer met ŉ uitdagende lag. “A-ha!
17         Die kandidaatjie is uitgevat, nè?” Sy oë gly oor Fred se duur pak klere.
18           Fred moet homself beteuel. “Wat soek jy hier?”
19           Skalla verhef sy stem, sodat dit die omstanders se aandag trek: “Wat
20         panic jy so, Boetie?”

3.1        Watter belangrike           gebeurtenis    het hierdie   dag   op   Salamanderbaai
           plaasgevind?                                                                                (1)

3.2        Watter rol het Attie in Fred se lewe gespeel?                                               (1)

3.3        Hoe het Hermanus en Fred se emosies verskil toe hulle vir Schalk gesien
           het?                                                                                        (2)

3.4        Verwys na reël 4.

           Hoekom het Hermanus die verkleiningsvorm “Schalkie” gebruik?                                (1)

3.5        Hoekom, dink jy, sou Fred ŉ goeie keuse as burgemeester van
           Salamanderbaai wees?                                                                        (1)

3.6        Fred en Schalk was albei deel van die bekende Blanckenberg-gesin, maar
           het baie verskil. Noem EEN verskil en verwys na albei broers in jou
           antwoord.                                                                                   (2)

3.7        Hoekom is Schalk as die swartskaap van die familie gebrandmerk? Gee
           TWEE redes uit sy lewe voor sy terugkoms na Salamanderbaai.                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          13                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                             NSS

3.8        Schalk het met sy terugkoms vir sy pa gesê dat die Kaap vir hom te klein
           begin word het.

           3.8.1      Wat bedoel Schalk met hierdie woorde?                                      (1)

           3.8.2      Wat het Schalk gedoen dat die Kaap vir hom te klein geword het?            (1)

3.9        “Die groepie rondom Coetzee raak stil toe Fred nader kom.” (Reël 15–16)

           Waarom het dié groepie stil geraak?                                                   (1)

3.10       Hoekom het Schalk dié dag by die munisipale kantore aangekom?                         (1)

3.11       Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
           vraagnommer (3.11) en die antwoord neer.

           Toe Schalk aan die einde van die uittreksel vir Fred “Boetie” genoem het,
           het Schalk dit (liefdevol/sarkasties) bedoel.                                         (1)

3.12       Hoe het Schalk ELK van die volgende karakters se lewens negatief
           beïnvloed?

           3.12.1     Ryna                                                                       (1)

           3.12.2     Sheila                                                                     (1)

           3.12.3     Janka                                                                      (1)

                                            EN

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS F

1            Hermanus, in sy rooi kamerjas, verskyn in die deur en kyk hulle geskok
2          aan.
3            “Nee, ek hoef nie my bek te hou nie! Want ek het niks te verloor nie.
4          Daarom is ek nie bang nie.” Sy stem breek meteens, sodat hy op sagter
5          toon vervat, “ek wil net vir jou kom sê ... Elsabet het dit nie verdien nie. Sy
6          was ... so mooi.”
7            Hermanus kom nader. “Schalk ... dit was nie Fred se skuld nie! Ons weet
8          nie hoekom sy op die boot uit is nie ... wat haar besiel het nie!”
9            Skalla kyk sy pa waterpas in die oë. Sy stem is gevaarlik laag: “Dis reg so,
10         Pa. Dis nie Fred se skuld nie. Dis nooit Fred se skuld nie.”
11           Hermanus sug diep en loop uit tot in die portaal.
12           Skalla meet Fred en dan sê hy sag: “Haar naam is Jackie. Toemaar,
13         Boetie. Moenie panic nie. Ek wil nie dié slag geld hê nie.”
14           Hy gaan uit.
15           In die portaal keer Hermanus hom voor. “Jy maak ŉ fout, Schalkie. Fred
16         was goed vir haar. Hy’t haar alles gegee wat haar hart begeer het.”
17           Skalla antwoord nie. Hy maak die voordeur oop.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          14                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                             NSS

3.13       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
           letter (A–D) langs die vraagnommer (3.13) neer, byvoorbeeld 3.13 E.

           Fred wou ná Elsabet se begrafnis nie ...

           A      meer vir Janka gesorg het nie.
           B      meer by Jackie gaan kuier het nie.
           C      saam met sy gesin gekuier het nie.
           D      sy skuld aan haar dood erken het nie.                                           (1)

3.14       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
           letter (A–D) langs die vraagnommer (3.14) neer, byvoorbeeld 3.14 E.

           Ousanna het Oukersaand die gebeure van Elsabet se dood beleef omdat
           sy ...

           A      ŉ bygelowige, ou vrou was.
           B      die storm hoor aankom het.
           C      kon vooruitsien wat sou gebeur.
           D      ŉ boodskap van Elsabet gekry het.                                               (1)

3.15       “Schalk ... dit was nie Fred se skuld nie!” (Reël 7)

           Hoekom was Hermanus se woorde nie waar nie?                                            (1)

3.16       Elsabet het op die seilboot vir Schalk van Fred se ontrouheid vertel.

           Waarom was dit nie vir Schalk nuus nie?                                                (1)

3.17       Wie was die Jackie waarna in die uittreksel verwys word?                               (1)

3.18       In beide uittreksels stel Schalk vir Fred gerus dat hy nie moet “panic” nie.

           Waaroor kon Fred gerus voel?                                                           (1)

3.19       “Hy’t haar alles gegee wat haar hart begeer het.” (Reël 16)

           Verduidelik waarom hierdie stelling ONWAAR is.                                         (1)

3.20       Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
           vraagnommer (3.20) en die antwoord neer.

           Hermanus wou Ousanna se huis koop omdat hy (bitter/skuldig) gevoel het
           oor Schalk se grootwordjare.                                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            15                       DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                               NSS

3.21       Kies die karakter in KOLOM B wat by die stelling in KOLOM A pas. Skryf
           slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (3.21.1–3.21.4) neer,
           byvoorbeeld 3.21.5 F.

                              KOLOM A                             KOLOM B
           3.21.1     Hy het geweier om verder by          A   Jacob
                      onwettighede betrokke te raak.
                                                           B   Reggie
           3.21.2     Hy is dopgehou, gevang en tronk
                      toe gestuur as gevolg van die rooi   C   Billy
                      koekies.
                                                           D   Matthys
           3.21.3     Hy het gedreig om wraak te neem
                      as gevolg van die skietongeluk.      E   Vincent

           3.21.4     Hy het ŉ krimineel vir die polisie
                      weggesteek.
                                                                                 (4 x 1)       (4)

3.22       Op watter manier, dink jy, kon Jacob na die skietongeluk ander keuses
           gemaak het?                                                                         (1)

3.23       Op watter manier was Fred nie ŉ goeie voorbeeld vir sy kinders nie?                 (1)

3.24       Hermanus het swaar gekry oor sy kinders se verkeerde keuses.

           In watter situasie ná die skietongeluk op Meeuland het jy Hermanus die
           jammerste gekry? Gee ŉ rede hoekom jy so sê.                                        (2)

3.25       Hoe het die skrywer probeer om die leser se negatiewe persepsie oor Fred
           ná die skietongeluk te verander?                                                    (1)
                                                                                               [35]

                                                               TOTAAL AFDELING A:              35

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2             16                       DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                NSS

AFDELING B: DRAMA

VRAAG 4: POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS G

1         Oompie Pengi dronk. Klopdans met bottel voor sy mond. Slaan oor in gebed.
2         HOEDJIE (aan Poppie). Maar Ouma het nie kwaad geword vir oompie Pengi
3         nie, en as sy wil hê hy moet ophou bid, begin sy te sing. Dan sing ons almal
4         saam.
5         Ouma se stem styg uit. Ander sing weer harder.
6         POPPIE. Dit was lekker om saam met Ouma te gaan hout maak in die veld,
7         want ons was agter die gom aan.
8         MOSIE. Daai’s my gom in die boom, daai stuk is myne!
9         POPPIE. As die houtveld naby is en ons het net ŉ paar krummels vir die
10        vuuraansteek nodig, het ons laatmiddag gegaan, maar as ons houtveld ver is,
11        moet ons vroegoggend gaan.
12        OUMA HANNIE. Khawuleza ... kom hiesonatoe ... toe, bring die hout ...
13        Ouma breek die hout oor haar knie. Die kinders dra hout na die neersitplek.
14        Ouma maak draggies van die hout, draai ŉ rol van lap vir hulle koppe,
15        balanseer versigtig die draggies op hulle koppe.
16        POPPIE. As die hout begin lê op jou kop, begin roer soos jy loop, dan los jy
17        jou hand, dan draf jy met die pad same ... Dis skimmeraand as jy die huise
18        voor jou sien, die vuurtjies brand in die jaartse. Oompie Pengi lê by die vuur.
19        Hy krul hom op sy sy asof hy seer kry; hy’t die bottel teen die mond, ons hoor
20        hoe hy drink.

4.1       Wie was oompie Pengi?                                                                  (1)

4.2       Watter belangrike lewensles kon Poppie uit ouma Hannie se hantering van
          oompie Pengi leer?                                                                     (1)

4.3       Verduidelik die ironie in reël 2–3.                                                    (2)

4.4       Drankmisbruik is ŉ sosiale probleem vir die karakters in die drama.
          4.4.1      Hoe het die kinders op oompie Pengi se drankmisbruik gereageer?             (1)
          4.4.2      Hoe sou drankmisbruik later in die drama ŉ negatiewe invloed op
                     die gemeenskap hê?                                                          (1)

4.5       “Ouma se stem styg uit. Ander sing weer harder.” (Reël 5)
          4.5.1      Watter rol speel musiek in die drama?                                       (1)
          4.5.2      Waarom, dink jy, het dit die karakters in hierdie drama dikwels
                     gehelp om te sing?                                                          (1)
          4.5.3      Watter rol het sang gespeel toe ouma Hannie gesterf het?                    (1)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          17                              DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                             NSS

4.6       “POPPIE. Dit was lekker om saam met Ouma te gaan hout maak in die veld,
          want ons was agter die gom aan.” (Reël 6–7)

          Hoe weet jy dat Poppie goeie tye as kind beleef het? Noem EEN ander
          positiewe herinnering.                                                                    (1)

4.7       “OUMA HANNIE. Khawuleza ... kom hiesonatoe ... toe, bring die hout ...”
          (Reël 12)

          Met watter doel het Ouma Hannie ook isiXhosa gepraat?                                     (1)

4.8       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
          vraagnommer (4.8) en die antwoord neer.

          Poppie het nie ŉ pa gehad wat by die huis was nie omdat hy
          (op die visskuite gaan werk/lorries in die oorlog bestuur) het.                           (1)

4.9       Toe ma Lena weer getrou het, het Poppie ŉ nuwe pa gekry.

          Hoe het dit Poppie se lewe negatief beïnvloed? Noem TWEE feite.                           (2)

                                             EN

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS H

1         Poppie sit op blik, skryf brief aan tata-ka-Bonsile. Lees hardop.

2         POPPIE. Op Saterdag het twee manne na ons huis gekom. Hulle sê: Iets het
3         verkeerd gegaan by ons plek en die spoor loop na jou huis toe. Die
4         moeilikheid is met ons meisiekind.

5         Aan die anderkant van die verhoog ontvang en lees Stone die brief.

6         STONE. Hulle vra damage-geld, soveel soos jy kan stuur. Die meisie is ŉ
7         weeskind. Sy gaan saam met Bonsile skool, sy is saam met hom in st. 8.
8         Die mense wat die geld vra, sê hulle het haar grootgemaak en nou is sy
9         pregnant deur hom. Bonsile het haar geleerdheid bederf.
10        MOSIE. Tata-ka-Bonsile het veertig rand gestuur en die mense was tevrede.
11        Maar daar het hierdie tyd ŉ groot eensaamheid en verlange in Poppie se hart
12        gekom. Sy het gevoel: ek is ver van my mense af. Ek moet omsien na my
13        kinders en ek is alleen. Wat gaan van my en my kinders word?
14        JAKKIE. Sy het besluit om werk te soek in Oos-Londen as char, om te help
15        betaal vir die skoolkinders se skoolgeld. Maar voordat sy begin werk soek het,
16        kry sy ŉ telegram.
17        POPPIE (skrik; lees telegram). “Jou man is baie siek. Verwag geld. Mama.”
18        (Na gehoor.) Toe skrik ek, want ek weet as hulle sê verwag geld, is daar
19        moeilikheid. Ek gaat toe na my buurman en sê vir hom: Kyk wat het ek
20        gekry.

4.10      Waar het Poppie gewoon toe sy die brief geskryf het? (Reël 1)                             (1)
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          18                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                             NSS

4.11      Om watter rede moes Poppie hier (VRAAG 4.10) gaan woon het?                            (1)

4.12      Hoe wys die toneelaanwysings in reël 1 en reël 5 dat daar ŉ groot afstand
          tussen Poppie en Stone was?                                                            (1)

4.13      “Bonsile het haar geleerdheid bederf.” (Reël 9)

          4.13.1     Verduidelik wat hierdie woorde beteken.                                     (1)

          4.13.2     Hoekom was Poppie bekommerd oor Bonsile?                                    (1)

4.14      Hoe het Poppie later vir Bonsile met sy kind gehelp?                                   (1)

4.15      “Sy het gevoel: ek is ver van my mense af.” (Reël 12)

          Waaruit kan ons aflei dat dit ook nie beter met Poppie gegaan het toe sy
          teruggegaan het Kaap toe nie? Gee TWEE redes vir jou antwoord.                         (2)

4.16      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
          (A–D) langs die vraagnommer (4.16) neer, byvoorbeeld 4.16 E.

          Toe Poppie en haar kinders Ciskei toe getrek het, het die gesin ...

          A     by haar skoonfamilie gaan bly.
          B     nuwe avonture beleef.
          C     soms konflik beleef.
          D     die polisie gevrees.                                                             (1)

4.17      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
          (A–D) langs die vraagnommer (4.17) neer, byvoorbeeld 4.17 E.

          Poppie was ... omdat sy haar kinders alleen moes grootmaak ná Stone
          se dood.

          A     opgewonde
          B     moedeloos
          C     gelukkig
          D     geskok                                                                           (1)

4.18      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
          vraagnommer (4.18) en die antwoord neer.

          Poppie moes saam met haar kinders in die Ciskei in ŉ huis gaan bly wat
          (ŉ gemaklike blyplek was/nie reg was om in te bly nie).                                (1)

4.19      Verduidelik die rol wat Poppie gespeel het in die lewens van:

          4.19.1     Haar kinders                                                                (1)

          4.19.2     Haar familie                                                                (1)

          4.19.3     Haar skoonfamilie                                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2             19                     DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                NSS

4.20      Kies die toneelaanwysing in KOLOM A wat by die dramafunksie in KOLOM B
          pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (4.20.1–4.20.4) neer,
          byvoorbeeld 4.20.5 F.

                            KOLOM A                               KOLOM B
          4.20.1     Klopdans met bottel voor sy mond.   A   Dui ruimte aan.
                     (Teks G, Reël 1)
                                                         B   Dui emosie aan.
          4.20.2     op blik (Teks H, Reël 1)
                                                         C   Dui handeling aan.
          4.20.3     Aan die anderkant van die verhoog
                     (Teks H, Reël 5)                    D   Dui dekor aan.

          4.20.4     (skrik; lees telegram).             E   Dui konflik aan.
                     (Teks H, Reël 17)
                                                                                  (4 x 1)      (4)

4.21      Dink jy die drama eindig ongelukkig? Motiveer jou antwoord.                          (1)

4.22      Waarom, dink jy, was dit nie goed vir Poppie om in Mdantsane te gaan
          bly nie?                                                                             (1)

4.23      Hoekom is Poppie ŉ rolmodel vir vroue wat as gevolg van omstandighede nie
          elke dag deel van hulle gesinne kan wees nie?                                        (1)
                                                                                               [35]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2             20                         DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                NSS

VRAAG 5: PALJAS – Chris Barnard

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS I

1         21. Op die stoep dirigeer Hendrik vaagweg met sy hand die
2         grammofoonmusiek. Dis Josef Schmidt of een van daardie snare.
3         Dis romantiese, melancholiese musiek: salf vir sy eensame siel. Hendrik
4         sing weer die laaste woorde saam. En hy is skielik amper half asof hy bietjie
5         aangedaan is.

6         HENDRIK: Ek het altyd, toe ek nog na haar gevry het, altyd vir die draadloos
7         geskryf hulle moet vir Katrina die ou dingetjie speel Saterdagaand met die
8         versoeke. Dan speel hulle dit nogal, hoor! Of partykeer dan speel sy dit vir my
9         op die klavier.
10        NOLLIE (bietjie verbaas): Kan die tannie dan klavier speel?
11        HENDRIK: Wat praat jy? Sy’t vir Emma geleer! Nou sit nie een van hulle ooit
12        ŉ hand op ŉ klawer nie. (Willem kom uit met die skinkbord met koffie. Hy sit
13        dit op die tafeltjie langs die plate neer.) Dankie, my kind. Sit sommer hier.
14        Waar’s Emma? (Die kind wys: sy’s weg.) Weer weggehol. Sy moet maar
15        lekker hol. Haar moeilikheid is sy ken nie ŉ goeie vryer as sy een sien nie.
16        (Nollie het ŉ nuwe plaat opgesit en dit begin speel. En Hendrik sing ŉ paar
17        woorde saam.) Kom hier, Willem. Kom sit op jou pa se skoot. (Die kind kom
18        sit op sy pa se skoot en Hendrik hou hom styf vas.)

5.1       Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
          vraagnommer (5.1) en die antwoord neer.

          Toe Hendrik aan sy en Katrien se jongmensdae terugdink, was hy
          (aggressief/nostalgies).                                                                (1)

5.2       “Dis romantiese, melancholiese musiek: salf vir sy eensame siel.” (Reël 3)

          5.2.1       Verduidelik die ironie in reël 3.                                           (2)

          5.2.2       Wat beteken “salf vir sy eensame siel” in die aanhaling?                    (1)

5.3       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (5.3) neer, byvoorbeeld 5.3 E.

          Hendrik het ŉ bietjie hartseer geraak toe hy na die musiek luister (reël 4–5)
          omdat ...

          A       Katrien nie die musiek kon hoor nie.
          B       hy terugverlang het na die tyd toe hy ongetroud was.
          C       hy nooit die lande van die musiek sou kon besoek nie.
          D       sy verhouding met Katrien nie soos vroeër was nie.                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2             21                         DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                NSS

5.4       “... vir Katrina die ou dingetjie speel ...” (Reël 7)

          Waarna verwys Hendrik as hy van die “ou dingetjie” praat?                                (1)

5.5       “NOLLIE (bietjie verbaas): Kan die tannie dan klavier speel?” (Reël 10)

          5.5.1      Wat is die funksie van die toneelaanwysings tussen hakies in
                     hierdie reël?                                                                 (1)

          5.5.2      Wie het dit reggekry om weer vir Emma te laat klavier speel?                  (1)

          5.5.3      Waarvan het Emma se klavierspel later in die drama ŉ simbool
                     geword?                                                                       (1)

5.6       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (5.6) neer, byvoorbeeld 5.6 E.

          Die feit dat Katrien nie meer klavier gespeel het nie, simboliseer ook haar ...

          A          ontrouheid.
          B          bekommernis.
          C          siektetoestand.
          D          ongelukkigheid.                                                               (1)

5.7       Watter rol wou Manuel gehad het, moes sy musiek in Willem se lewe speel?                 (1)

5.8       Nollie het in Emma belanggestel, maar Emma was onseker en bang.
          (Reël 14–15)

          5.8.1      Vertel van die situasie (vroeër) tussen Emma en Nollie toe Emma
                     seergekry het. Gee DRIE feite.                                                (3)

          5.8.2      Wat was die oorsaak van Emma se onsekerheid en vrees vir ŉ
                     verhouding?                                                                   (1)

          5.8.3      Wat het Emma dikwels aan die begin gedoen as Nollie kom kuier
                     het?                                                                          (1)

          5.8.4      Emma en Nollie se verhouding het deur die loop van die drama
                     verbeter.

                     Motiveer hierdie stelling met EEN feit.                                       (1)

5.9       Willem het by Manuel in die skuur gehuil. Waaroor was hy hartseer?                       (1)

                                                EN

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            22                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                               NSS

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS J

1         144. Die McDonald-huis se stoep is vol mense wat lag en lawaai. ŉ Mens
2         hoor Hendrik se musiek bokant die rumoer.
3           Hendrik skink met sy tuingietertjie bietjie dam by iemand se dop.

4         145. Katrien kom op die stoep uit met ŉ skinkbord vol glase. Willem staan vir
5         sy pa en ma en kyk.
6           Katrien sê iets vir Hendrik naby sy oor en hy lag. Hy sit sy gietertjie neer en
7         sit sy arms om Katrien en probeer haar teen hom vasdruk. Maar die
8         skinkbord is in die pad.
9           Willem gaan sit op die stoepmuurtjie en hou die konsertina teen sy oor en
10        druk ŉ paar note. Maar hy hoor nie wat hy speel nie.
11          Hy kry ŉ stukkie swart lyn beet wat by sy hempsmou uitsteek. Hy begin trek
12        daaraan. Daar kom ŉ meter lyn uit, twee meter, vyf meter, tien meter lyn. Hy
13        bind die punt van die lyn aan die konsertina se handstuk vas.
14          Daar is ŉ skielike gelag en Willem kyk op en sien hoe Hendrik met
15        oordrewe gebare met Katrien dans.
16           Almal klap ritmies vir hulle hande.

17        146. Willem spring aan die buitekant van die stoepmuurtjie af en stap oor die
18        werf. Daar staan ŉ stuk of twintig motors. Die dakke blink in die maanlig.

5.10      Hoe verskil die atmosfeer in die McDonald-huis in hierdie uittreksel van die
          atmosfeer reg aan die begin van die drama?                                                (2)

5.11      Hendrik is ŉ eenvoudige mens.

          Haal EEN reël uit die uittreksel aan wat wys dat hierdie stelling WAAR is.                (1)

5.12      Watter belangrike besluit      het   die   gesin   ná   die   Volstruisdans     oor
          kommunikasie geneem?                                                                      (1)

5.13      Verwys na reël 13. Waarom bind Willem die tou aan die konsertina se
          handstuk vas?                                                                             (1)

5.14      “... sien hoe Hendrik met oordrewe gebare met Katrien dans.” (Reël 14–15)

          Waarom is hierdie inligting funksioneel in die slot van die drama?                        (1)

5.15      Hoe het Hendrik aan die einde van die drama gewys dat hy iemand was wat
          maklik kon vergewe? Gee TWEE feite om jou antwoord te motiveer.                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           23                        DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

5.16      Kies die inligting in KOLOM B wat by die simbool in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (5.16.1–5.16.4) neer,
          byvoorbeeld 5.16.5 F.

                          KOLOM A                                 KOLOM B
          5.16.1     Hendrik se stukkende motor       A     Vooroordeel teenoor mense

          5.16.2     Die sirkus                       B     Toorkuns help mense

          5.16.3     Die trein                        C     ŉ Opwindende lewe

          5.16.4     Die kerk                         D     ŉ Kans om weg te kom

                                                      E     Gebroke verhoudings
                                                                                    (4 x 1)       (4)

5.17      Watter TWEE funksies het die toertjies in Willem se lewe vervul?                        (2)

5.18      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
          vraagnommer (5.18) en die antwoord neer.

          Die woord “paljas” beteken (“toertjies”/“toorgoed”).                                    (1)

5.19      Wat is die funksie van die nommers 144, 145 en 146 in die teks?                         (1)

5.20      Waarom, dink jy, is dit gepas dat die drama eindig met die konsertina wat
          speel?                                                                                  (1)
                                                                                                  [35]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:               35

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans FAL P2 Nov 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2017/ee064d8b-979d-4573-8a64-e27394400145) — Afrikaans FAL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Feb March 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2017-memo/8a31efde-dbe7-43b9-b556-6241144384ce) — Afrikaans FAL · Memo · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC Afrikaans P2 (FAL) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-p2-fal-preparatory-2017-possible-answers/bf0daa72-09c7-4331-a42b-cbca949675db) — Afrikaans FAL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2017-memo/4d4c9c87-bf05-4564-a79c-d7c2c8e5e4d4) — Afrikaans FAL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Feb March 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-feb-march-2018-memo/fcf01538-02a0-42bb-8b84-d2282d258d65) — Afrikaans FAL · Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Feb March 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-feb-march-2016-memo/f7d4f2d7-2166-49b3-9594-dd3f4a610f61) — Afrikaans FAL · Memo · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
