# Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC Supplementary 2018 QP

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the NSC Supplementary Exam 2018, 41 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-feb-march-2018/a49d46eb-4adc-456f-9bf7-dee7b0770c92
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 41

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC Supplementary 2018 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-feb-march-2018/a49d46eb-4adc-456f-9bf7-dee7b0770c92)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2018 · Afrikaans. Question paper, 41 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans FAL P2 Feb March 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-feb-march-2018-memo/fcf01538-02a0-42bb-8b84-d2282d258d65) — Memo · 2018 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                        GRAAD 12

                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

                              FEBRUARIE/MAART 2018

PUNTE: 70

TYD: 2 uur

                         Hierdie vraestel bestaan uit 41 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            2                        DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                               NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.        MOENIE die hele vraestel deurlees NIE.

2.        Gebruik die inhoudsopgawe op bladsy 3 om jou met jou keuses te help.

3.        Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:

          AFDELING A: Roman              (35)
          AFDELING B: Drama              (35)
          AFDELING C: Kortverhale        (35)
          AFDELING D: Gedigte            (35)

4.        Beantwoord TWEE vrae: EEN vraag uit elkeen van die TWEE afdelings wat
          jy bestudeer het.

          AFDELING A: ROMAN
          Beantwoord die vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

          AFDELING B: DRAMA
          Beantwoord die vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

          AFDELING C: KORTVERHALE
          Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale.

          AFDELING D: GEDIGTE
          Beantwoord die vrae oor AL TWEE gedigte.

5.        Dui die vraagnommers van die TWEE letterkundetekste wat julle hierdie jaar
          bestudeer het, op die kontrolelys aan. Lees dan die vrae oor hierdie TWEE
          tekste.

6.        Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

7.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik word.

8.        Laat 'n reël oop na elke antwoord.

9.        Vrae moet in Standaardafrikaans beantwoord word en nie in 'n ander taal nie.

10.       Voorgestelde tydsindeling: Ongeveer 60 minute per afdeling.

11.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2     3                   DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                        NSS

INHOUDSOPGAWE

Kies TWEE afdelings.

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord slegs EEN vraag.
                 VRAAGNOMMER                      PUNTE   BLADSYNOMMER
1. Kringe in 'n Bos                                 35          5

2.   Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom    35            9

3.   Meeulanders                                   35           13

4.   Lien se Lankstaanskoene                       35           17

AFDELING B: DRAMA

Beantwoord slegs EEN vraag.
5. Poppie – Die Drama                              35           21

6.   Paljas                                        35           25

7.   Fiela se Kind – Die Drama                     35           29

AFDELING C: KORTVERHALE

Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale.
8.1 "Roep van die vleikuiken"                      18           33
                                    EN
8.2 "Die ballade van Robbie de Wee"                17           35

AFDELING D: GEDIGTE

Beantwoord die vrae oor AL TWEE gedigte.
9.1 "Huiskat"                                      17           38
                                   EN
9.2 "Die boodskapper"                              18           40

Kopiereg voorbehou                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          4                        DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

KONTROLELYS

Gebruik die kontrolelys om te verseker dat jy die vereiste aantal vrae beantwoord.

     AFDELING              VRAAGNOMMERS            AANTAL VRAE          DUI AAN
                                                   BEANTWOORD             ()
A: Roman                               1–4              1

B: Drama                               5–7                1

C: Kortverhale                          8          1 (2 kortverhale)

D: Gedigte                    9              1 (2 gedigte)
LET WEL: Maak seker dat jy vrae oor slegs TWEE afdelings beantwoord het.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          5                            DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord slegs EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

VRAAG 1: KRINGE IN 'N BOS – Dalene Matthee

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS A

Dis twee jaar van sy lewe wat hy, ten spyte van alles, vir niks sal verruil nie, want
Kate lê in daardie twee jaar.
Kate.

Dit het winter geword in die houtskuur.
                                          ***
    "Hallo, Charles Dickens!" Sy het skielik op die hoek van die skuur gestaan.          5
Die donkerblou fluweelband wat haar lang, blink hare uit haar gesig gehou het,
was dieselfde kleur as haar rok. Angstig nuuskierig, soos een wat geweet het sy
trap op verbode grond, het sy nader gekom en 'n guitigheid het in haar groot,
donker oë gespeel. "Ek sê hallo, Charles Dickens!"
    "My naam is Saul Barnard," het hy botweg gesê en anderpad gekyk.                    10
MacDonald het 'n streep tussen die skuur en die huis getrek waaroor 'n
handlanger dit nie eens sou waag om te kyk nie. Die streep was vir Kate ook
getrek. MacDonald moes haar gereeld terugstuur na haar kant toe. Maar keer op
keer het sy dit maar weer na hierdie kant toe oortree en Saul het geleer om te
maak of hy haar net nie sien nie.                                                       15
    Sy het tot by hom gekom. "Die kinders by die skool is tog jaloers omdat ons
ons eie Charles Dickens het," het sy vermakerig gesê.
    "Onthou net om vir jou pa te sê dat jy sélf hiernatoe gekom het. Ek wil niks met
julle te doen hê nie."

1.1      Waarom het Saul vir MacDonald gaan werk? Gee TWEE redes.                                 (2)

1.2      "Dit het winter geword in die houtskuur." (Reël 4)

         Behalwe die koue, wat anders het dit vir Saul sleg gemaak daardie twee jaar
         in die houtskuur?                                                                        (1)

1.3      Kies die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die vraagnommer (1.3) en die
         letter (A–D) neer, byvoorbeeld 1.3 E.

         Wat is die funksie van die alleenplasing van Kate se naam in reël 3?

          A     Dit impliseer dat MacDonald en Saul gereeld oor Kate gestry het.
          B     Dit beklemtoon dat Kate nie na haar pa geluister het nie.
          C     Dit dui op die latere skeiding tussen Saul en Kate.
          D     Dit druk Saul se verlange na Kate uit.                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2             6                         DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                                NSS

1.4       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
          vraagnommer (1.4) en die antwoord neer.

          "Hallo, Charles Dickens!" (reël 5) sê vir ons dat Kate gesien het dat daar 'n
          ooreenkoms was tussen hoe Saul en Charles Dickens (gelyk/gelewe) het.                   (1)

1.5       Hoekom was dit goed vir Saul dat Kate hom leer Engels praat het?                        (1)

1.6       Voltooi die volgende paragraaf deur die woorde in die lys hieronder te
          gebruik. Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (1.6.1–1.6.2) neer.

            bymekaargebring;           geëvalueer;    uitmekaargehou;      geklassifiseer

          MacDonald het 'n streep tussen die skuur en die huis getrek omdat hy Saul
          en Kate in verskillende sosiale groepe (1.6.1) ... het. Hiermee wou
          MacDonald vir Saul en Kate (1.6.2) ... het.                                             (2)

1.7       "Maar keer op keer het sy dit maar weer na hierdie kant toe oortree ..."
          (Reël 13–14)

          Wat kan 'n mens uit hierdie optrede van Kate aflei?                                     (1)

1.8       Terwyl Saul in MacDonald se skuur gebly het, het hy die nuus van Arend se
          dood gekry.

          1.8.1      Wat het Saul gedoen om te wys hy was kwaad vir MacDonald?                    (1)

          1.8.2      Wat was die gevolg van Saul se optrede in VRAAG 1.8.1 vir sy werk
                     by MacDonald?                                                                (1)

1.9       Verskillende karakters het 'n rol gespeel om van Saul 'n alleenloper te maak.

          Kies die karakter in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (1.9.1–1.9.4) neer.

                             KOLOM A                                   KOLOM B
          1.9.1      Hierdie karakter se optrede was      A    Kate
                     tipies van die dorpsmense wat op
                     die Bosmense neergesien het.         B    Patterson

          1.9.2      Hierdie karakter se kruiperigheid    C    MacDonald
                     het konflik met Saul veroorsaak.
                                                          D    Jozef
          1.9.3      Hierdie karakter se fyn opvoeding
                     het veroorsaak dat Saul hom          E    Joram
                     eenkant gehou het.

          1.9.4      Hierdie karakter het Saul valslik
                     beskuldig dat hy 'n spioen was.
                                                                                    (4 x 1)       (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          7                              DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

1.10      Toe Saul by MacDonald gewerk het, het hy gesien dat die koop en verkoop
          van hout 'n skewe sirkel was. Aan die einde van die verhaal sou Saul in sy eie
          houtbesigheid anders teenoor die houtkappers optree.

          Wat sou Saul doen om regverdig teenoor die houtkappers te wees?                           (1)

1.11      "Ek wil niks met julle te doen hê nie." (Reël 18–19)

          Op watter manier het Saul se lewe aan die einde van die roman anders
          geëindig as wat hy in die uittreksel voorsien het?                                        (1)

                                             EN

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS B

    "Saul." Dit was dringend.
    "Kate, ons het ooreengekom om dinge versigtig te hou …"
    "Ek weet. Maar ek bly die hele tyd bewus van die weggaan wat in jou is! Los
my hare, Saul, en kyk na my … As jy bly, sal ek by die delwerskomitee gaan
kennis gee en hier by jou kom bly. Niemand hoef te weet dat ek hier is nie."       5
    Hy het opgestaan omdat hy sy liggaam nie vertrou het nie en om die vuur
geloop. "Kate, drome werk nie uit in hierdie bos nie. Ek weet. Wat jy nou daar
voorgestel het, durf ek nie toelaat nie – en moenie my selfbeheersing oorskat
nie."
    "Ek wil nie hê jy moet weggaan nie."                                          10
    "Ek is klaar met die Bos, Kate."
    "Ek verstaan jou nie, Saul! Hoeveel Sondae het ek jou agter die skuur gekry
met verlange na die Bos deur jou hele lyf en kwaad in jou mond teen dié wat in
hom woon? Die een oomblik het jy gesweer jy sal nooit weer jou voete in hom sit
nie en die volgende oomblik het jy jou goed gevat en teruggekom. Jy het baie 15
verander, Saul, maar nie in daardie opsig nie – jy hoort in die Bos. By die Bos.ʺ
                                         ***
"... De Regné is magteloos teen leë mae en fortuinsoekers en as ek hier sou bly,
sal die dag aanbreek waarop die pikke en die grawe en die stampmeulens my
oral inhaal. Daar sal nêrens meer skuilte wees nie."

1.12      In watter deel van die Bos was Saul en Kate in hierdie uittreksel?                        (1)

1.13      Op watter manier was Kate by die delwerskomitee betrokke?                                 (1)

1.14      Motiveer waarom die stelling hieronder WAAR is.

          Kate wou so graag by Saul wees dat sy bereid was om haar hele lewe
          daarvoor te verander.                                                                     (1)

1.15      "Kate, drome werk nie uit in hierdie bos nie. Ek weet." (Reël 7)

          Saul se drome vir die Bosmense het nie uitgewerk nie omdat hulle hom vir
          sekere dinge blameer het. Noem DRIE dinge waarvoor die Bosmense vir Saul
          blameer het.                                                                              (3)
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            8                             DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                               NSS

1.16      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          vraagnommer (1.16) en die letter (A–D) neer, byvoorbeeld 1.16 E.

          Kate se droom as kind is later bewaarheid toe sy en Saul ...

          A     verby die groot kalander gestap het.
          B     in die Bos piekniek gehou het.
          C     saam vir Oupoot gesien het.
          D     die delwers gehelp het.                                                              (1)

1.17      In reël 12–16 het Kate die hele tyd op Saul se verhouding met die Bos
          gehamer.

          Hoekom het sy dit gedoen?                                                                  (1)

1.18      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
          vraagnommer (1.18) en die antwoord neer.

          Uit die laaste paragraaf kan ons Saul se (innerlike/uiterlike) konflik aflei.              (1)

1.19      "... De Regné is magteloos teen leë mae en fortuinsoekers ..." (Reël 17)

          1.19.1     Na wie se "leë mae" word hier verwys?                                           (1)

          1.19.2     Wie is die "fortuinsoekers" na wie hier verwys word?                            (1)

1.20      Dink jy hierdie paar dae wat Saul en Kate saam was, het bygedra tot Kate se
          besluit oor Thompson se hoekerf? Motiveer jou antwoord.                                    (1)

1.21      Saul het vir Kate gesê dat hy nie kon toelaat dat sy by hom bly nie.

          Waarom kan 'n mens sê dat Saul hier verantwoordelik opgetree het?                          (1)

1.22      Die gebeure hieronder is deel van Saul se betrokkenheid by die Bos.

          Skryf die vier gebeure onder mekaar neer in die VOLGORDE soos wat dit in
          die roman gebeur het:

             Saul het die delwers saam met wie hy gewerk het, geleer om die Bos te
              respekteer.
             Saul het besluit om slegs hout te koop waarop die boswagter se merk was.
             Saul het as houtkneg by MacDonald gewerk.
             Saul het geweier om die kalander af te kap.                                            (4)

1.23      Die "leë mae en fortuinsoekers" (reël 17) is deel van die skewe sirkel
          waarmee Saul kennis gemaak het.

          Op watter manier is hierdie skewe sirkel vandag nog deel van die
          samelewing?                                                                                (1)
                                                                                                     [35]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          9                        DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

VRAAG 2: DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM –
         Marita van der Vyver

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS C

   "En as ons nie die kar kan uitstoot of uittrek nie," het hy gesê, "kan ons ten
minste sy tas terugbring. Dan kan hy ophou kerm oor hy my macho klere moet
dra."
   En nou is ek so verveeld dat ek weer aan Fabienne begin dink. Ek wonder wat
sy sou gedoen het as sy hier op die berg vasgekeer was. Maar ek kan my amper 5
nie voorstel dat so iets ooit met haar sou gebeur nie. Fabienne het die soort gesin
wat in styl vakansie hou. Hulle het genoeg geld om in deftige hotelle te bly. Of in
gemaklike gastehuise. Op eksotiese eilande en sulke soort plekke. Hulle sal
beslis nie 'n bouval op 'n berg by iemand hoef te leen nie. En aangesien Fabienne
saam met haar eie ma en haar eie pa in 'n huis woon, sonder enige aangelapte 10
stieffamilie, sal sy ook nie met kuiergaste soos Gavin of Margot hoef te sukkel nie.
   Miskien moet ek 'n toneelstuk probeer skryf. Oor 'n klomp vreemde karakters
wat in 'n huis vasgekeer is. En dan word een van die karakters vermoor
(Margot sal beslis my eerste keuse wees) en die res moet uitvind wie die
moordenaar is. Teen dié tyd het die meeste van ons seker al 'n rede om vir 15
Margot uit die weg te ruim.
   Mana sal Verdagte Nommer Een wees ... En Beyers sal Verdagte Nommer
Twee wees.

2.1       Wie se kar het in die modder vasgeval? (Reël 1)                                     (1)

2.2       "Dan kan hy ophou kerm oor hy my macho klere moet dra." (Reël 2–3)
          2.2.1       Wat het Beyers met "macho klere" bedoel?                                (1)
          2.2.2       Waarom het die persoon wat in VRAAG 2.1 praat, gekerm omdat hy
                      "macho klere" moes dra?                                                 (1)

2.3       Hoekom is Hanna en haar gesin op die berg vasgekeer?                                (1)

2.4       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
          vraagnommer (2.4) en die antwoord neer.
          In paragraaf 2 gee Hanna vir die leser heelwat detail oor Fabienne se gesin.
          Hiermee het sy duidelik die (ooreenkomste/verskille) tussen haar gesin en
          Fabienne se gesin uitgewys.                                                         (1)

2.5       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          vraagnommer (2.5) en die letter (A–D) neer, byvoorbeeld 2.5 E.
          Hanna gebruik graag beskrywende woorde. Hieruit kan ons aflei dat Hanna
          van 'n ... effek in haar stories gehou het.

          A       ironiese
          B       dramatiese
          C       sarkastiese
          D       humoristiese                                                                (1)
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            10                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                               NSS

2.6       "(Margot sal beslis my eerste keuse wees)" (reël 14).

          Wat is die funksie van hierdie inlassin of ekstra inligting tussen hakies?               (1)

2.7       Hanna het gedink dat Mana Verdagte Nommer Een (reël 17) sou wees in 'n
          toneelstuk waarin Margot vermoor word.

          Gee DRIE moontlike redes waarom Mana vir Margot sou wou vermoor.                         (3)

2.8       Beyers het gesê dat Margot nie hulpvaardig was nie en dat sy baie van haar
          lang naels gehou het.

          Hoe het Margot later bewys dat Beyers verkeerd was?                                      (1)

2.9       Terwyl Hanna saam met haar "aangelapte stieffamilie" (reël 10–11) op die
          berg was, het sekere karakters Hanna anders na haarself en haar familie laat
          kyk.

          Kies die karakter in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (2.9.1–2.9.4) neer.

                              KOLOM A                                  KOLOM B
          2.9.1      Hierdie karakter het Hanna verseker        A   Margot
                     dat sy nog altyd "fabulous" was.
                                                                B   Beyers
          2.9.2      Hierdie karakter het Hanna laat besef
                     dat sy bevoorreg was om haar ma by         C   Sharon
                     haar te hê.
                                                                D   Gavin
          2.9.3      Hierdie karakter het ten slotte vir
                     Hanna gesê dat sy 'n suksesvolle           E   Yann
                     skrywer kon word.

          2.9.4      Hierdie karakter het Hanna laat besef
                     dat sy haar nie vir haar familie hoef te
                     skaam nie.
                                                                                       (4 x 1)     (4)

2.10      Motiveer waarom die stelling hieronder ONWAAR is.

          Gavin se besoek het vir Hanna baie hartseer veroorsaak.                                  (1)

2.11      Mana se doel met die "wittebrood" op die berg was dat haar gesin mekaar
          moes leer ken.

          Waarom kan 'n mens sê dat Mana in haar doel geslaag het?                                 (1)

2.12      Waarom sou sommige tieners met Hanna kon identifiseer?                                   (1)

                                               EN

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         11                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                            NSS

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS D

   "Margot, my engel, drop your act. Ons weet almal jy's nie wat jy voorgee om te
wees nie."
   "Wat presies bedoel jy? My engel?"
   "Net wat ek sê. Poplap. Hou op om jou soos 'n bedorwe brokkie uit Hollywood
te gedra."                                                                           5
   Stel jou dit voor, liewe leser. Twee koninginne wat mekaar takel.
   "Ek sal eerder 'n bedorwe brokkie in Hollywood wees as 'n ... as 'n modepop in
Johannesburg!"
   "Ek ken my beperkinge, my engel. Anders as sommige van ons. Ek wéét ek het
nie genoeg talent vir die buiteland nie."                                           10
   "Jy bedoel jy weet jy't nie genoeg guts vir die buiteland nie."
   Hulle het mekaar van kop tot tone sleggesê. En net toe ek dog nou's daar
sweerlik niks oor om te sê nie, nou gaan hulle mekaar letterlik in die hare vlieg,
toe slaan Gavin Margot se voete onder haar uit. Deur haar 'n kompliment te gee!
   "Jy's fabulous, Margot. Toe ek jou vanoggend daar in die kombuis sien, sonder 15
'n greintjie make-up, het jy my asem weggeslaan. Dis nie nodig om iets anders te
probeer wees as wat jy is nie."
   Margot het lank stilgebly. Toe sy weer praat, was haar stem dof, asof sy 'n stuk
lap voor haar mond hou.
   "Wat is ek nou eintlik, Gavin? Dink bietjie daaraan. 'n Mislukte ma en 20
'n mislukte aktrise. Sou jy nie ook iemand anders wou wees as jy ek was nie?"

2.13      Waarom het Margot Suid-Afrika toe gekom?                                              (1)

2.14      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          vraagnommer (2.14) en die letter (A–D) neer, byvoorbeeld 2.14 E.

          As Margot en Gavin mekaar My engel en Poplap noem, is hulle ...

          A     sarkasties.
          B     emosioneel.
          C     opgewonde.
          D     komplimenterend.                                                                (1)

2.15      "Twee koninginne wat mekaar takel." (Reël 6)

          2.15.1     Hoekom word daar na Gavin as 'n "koningin" verwys?                         (1)

          2.15.2     Hoekom word daar na Margot as 'n "koningin" verwys?                        (1)

2.16      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
          vraagnommer (2.16) en die antwoord neer.

          As Gavin vir Margot sê: "Ek ken my beperkinge," wys dit dat Gavin
          'n (swak/realistiese) selfbeeld het.                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         12                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                            NSS

2.17      Voltooi die volgende paragraaf deur die woorde in die lys hieronder te
          gebruik. Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (2.17.1–2.17.2) neer.

                             verwaand;   menslik;     kwaai;     opreg

          Die kompliment wat Gavin vir Margot gegee het (reël 15–17), is (2.17.1) ...
          bedoel. Gavin wou vir Margot laat verstaan dat sy ook net (2.17.2) ... was.           (2)

2.18      Wat kan ons aflei uit die feit dat Margot eers lank stilgebly het en toe met
          'n dowwe stem gepraat het?                                                            (1)

2.19      "Dis nie nodig om iets anders te probeer wees as wat jy is nie." (Reël 16–17)

          Waarom kan 'n mens sê dat hierdie woorde van Gavin ook op Hanna van
          toepassing was?                                                                       (1)

2.20      Sekere ongewone gebeure in hierdie roman kan werklik die "ongelooflike
          avonture" van Hanna Hoekom genoem word.

          Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar neer in die VOLGORDE soos
          wat dit in die roman gebeur het:

             Die modepop van Johannesburg het vol modder by Hanna-hulle
              aangekom.
             Die bedorwe brokkie uit Hollywood het in die gietende reën opgedaag.
             Mana en haar gesin het op die berg aangekom vir die beplande
              "wittebrood".
             Ditjie het haar opwagting heel onverwags gemaak.                                  (4)

2.21      Margot het Hanna se gesin op die berg leer ken. Hoe kon dit Margot help om
          oor haar eie rol as ma na te dink?                                                    (1)

2.22      Kan 'n mens Gavin blameer dat hy 'n afwesige pa in Hanna se lewe was?
          Motiveer jou antwoord.                                                                (1)

2.23      "Toe ek jou vanoggend daar in die kombuis sien, sonder 'n greintjie
          make-up, het jy my asem weggeslaan." (Reël 15–16)

          Waarom was hierdie vetgedrukte woorde op daardie stadium die regte
          woorde wat Margot moes hoor?                                                          (1)

2.24      Hoekom is die gebruik van Engelse woorde in hierdie roman gepas?                      (1)
                                                                                                [35]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            13                         DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                               NSS

VRAAG 3: MEEULANDERS – Esta Steyn

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS E

"Attie sê my jy gaan Ousanna se huis koop? Gaan jy daar woon?"
   Sy knik. "Maar daar's taamlik werk. Die plafonne en die bedrading sal
oorgedoen moet word. En ek wil die stoepvenster vergroot." Sy huiwer 'n oomblik
en sê dan versigtig: "Janka kan by my ook kom bly, as sy wil."
   Hy gaan terug na die lessenaar. "Jy hoef mos nie verantwoordelik vir haar te 5
voel nie."
   "Hoe kan jy dit vir my sê?"
   "Omdat ek wil hê jy moet vry voel om jou lewe in te rig soos jy dit verkies."
   "Wat bedoel jy daarmee?"
   "Jy kon destyds teruggegaan het Kaap toe. Jy het nie. Jy kon met Attie getrou 10
het. Jy het nie. Dit was Janka ... was dit nie? Jy het dikwels gesê jy voel skuldig ...
oor Elsabet wat nie die waarheid weet nie. Wel, dis nie nodig om meer skuldig te
voel nie."
                                          ***
Op die voorpunt van die jettie sit die klein, stil figuurtjie. Sy wag. En uiteindelik,
saggies-saggies, veraf, kom die geluid oor die see: die sagte gebrom van 'n enjin. 15
Die geluid word duideliker. Hy kom oor die see, soos Jannerik gesê het.
                                          ***
By die braaivleisvuur spits Jacob sy geoefende oor. Dan hardloop hy die kombuis
binne. "Kom, Daniel!" Hy reik na die geweer bo-op die kombuiskas en vat die flits.

3.1       Watter naam het Attie vir Ryna se huis op Salamanderbaai gegee?                         (1)

3.2       Reggie het 'n ou trommeltjie op die plafon van Ousanna se huis gekry.

          3.2.1      Aan wie het hierdie trommeltjie behoort?                                     (1)

          3.2.2      Behalwe 'n los velletjie papier, wat was daar nog in hierdie
                     trommeltjie? Noem DRIE dinge.                                                (3)

3.3       Voltooi die volgende paragraaf deur die woorde in die lys hieronder te
          gebruik. Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (3.3.1–3.3.2) neer.

                       antwoord;       naam;         formule;       aanwysing

          Die (3.3.1) ... wat in die boodskappie op die los velletjie papier in die trommel
          geskryf was, was die (3.3.2) ... waarna die Meeulanders lank gesoek het.                (2)

3.4       Watter waarheid het Elsabet nie geweet nie? (Reël 12)                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            14                        DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                               NSS

3.5       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          vraagnommer (3.5) en die letter (A–D) neer, byvoorbeeld 3.5 E.

          In reël 10 en 11 herhaal Jacob die woorde: "Jy het nie."

          Watter doel dien hierdie herhaling van Jakob se woorde teenoor Ryna?

          A     Dit versterk Jacob se standpunt.
          B     Dit lig Jacob se moedeloosheid uit.
          C     Dit wys dat Jacob Ryna hiermee wil beϊnvloed.
          D     Dit beklemtoon Jacob se teleurstelling in Ryna.                                 (1)

3.6       "Hy kom oor die see, soos Jannerik gesê het." (Reël 16)

          Wie, het Janka gedink, het oor die see gekom?                                         (1)

3.7       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
          vraagnommer (3.7) en die antwoord neer.

          Skalla het nie daardie aand met goeie bedoelinge Meeuland toe gegaan nie.
          Sy koms was dus in (kontras/harmonie) met die gees van Kersfees op
          die eiland.                                                                           (1)

3.8       Janka het opgewonde na die "sagte gebrom" van die enjin geluister. Hoe het
          Jacob op hierdie geluid van die enjin gereageer?                                      (1)

3.9       Hoe het hierdie aand in 'n krisis in die verhaal verander?                            (1)

3.10      Daar is baie geheime in hierdie roman.

          Kies die karakter in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (3.10.1–3.10.4) neer.

                             KOLOM A                                KOLOM B
          3.10.1     Hierdie karakter se misstap          A    Skalla
                     teenoor 'n jong meisie was lank
                     'n geheim.                           B    Fred

          3.10.2     Hierdie karakter het 'n hartseer     C    Elsabet
                     verlede vir ander weggesteek.
                                                          D    Jannerik
          3.10.3     Hierdie karakter se betrokkenheid
                     by Vincent Calvin se dood was        E    Ryna
                     'n geheim.

          3.10.4     Hierdie karakter is onder
                     onverklaarbare omstandighede
                     dood.
                                                                                  (4 x 1)       (4)
3.11      Sê nou jy kon met Jacob praat nadat hy in reël 5–13 met Ryna gepraat het.
          Wat sou jy vir hom sê oor Ryna se besluit om te bly?                                  (1)
                                              EN
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          15                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS F

Hy staan voor haar deur. ...
   Sy kyk hom lank aan. "Jy weet?"
   Hy knik.
   "Die prof?"
   Hy knik weer.                                                                       5
   "Ek wou jou baie kere sê."
   "Jy moes."
   "Ek wou in die begin. Ja, ek wou dikwels. Maar ek kon nie. Later was dit
moeilik."
   "Dink jy nog dikwels aan die vrou wat jy was?"                                     10
   "Mens kom nooit werklik weg van wat mens was nie. Maar ek wil nie weer
Camilla wees nie."
   "Ek is bly jy't Ryna geword."
   Hulle gaan sit op die stoepmuurtjie. Die lafenis van die aandlug is verkwikkend.
Hy praat 'n lang ruk nie, kyk oor die vol see. Sy gaan na binne en bring 'n bottel    15
wyn en glase uit. Sy skink daarvan, maar sy gesig bly stroef en sy wonder
waaroor.
                                         ***
Hansie se kombuis was koud en kosloos. Sy't by die tafel gesit met haar hande
op haar skoot. "Mag die Here ons help, Ryna!" het sy radeloos opgekyk toe sy
inkom. "Ek het probeer om vir Attie in die hande te kry ... hulle sal hom             20
'n boodskap gee."
   Daniel het in die buitekamer op sy bed gelê en sy het na hom toe gegaan.
   "Dis my skuld, tannie Ryna! Dis ek wat hom geroep het. Ek het gedog ons
gaan hom net vang ... en polisie toe vat."
   "Dis nie jou skuld nie, Danieltjie. Hoe kon jy tog weet? Hoe kon enigeen van       25
ons tog weet?"

3.12      "Jy weet?" (Reël 2)

          Wat is dit wat Jacob geweet het?                                                      (1)

3.13      Wie was die "prof" van wie Ryna in reël 4 gepraat het?                                (1)

3.14      As jy Ryna was, sou jy aan die begin vir Jacob die waarheid oor jou verlede
          vertel het? Motiveer jou antwoord.                                                    (1)

3.15      "Ek is bly jy't Ryna geword." (Reël 13)

          Waarom, dink jy, het Jacob so gesê?                                                   (1)

3.16      "maar sy gesig bly stroef en sy wonder waaroor." (Reël 16–17)

          3.16.1     Watter nuus het Mac daardie dag vir Jacob gegee?                           (1)

          3.16.2     Hoekom was Jacob se gesig stroef?                                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         16                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                            NSS

3.17      Motiveer waarom die stelling hieronder ONWAAR is.

          Die rede vir Hansie se ontsteltenis oor Skalla se dood was omdat sy lief was
          vir Skalla.                                                                           (1)

3.18      Sê of Skalla se dood Jacob se lewe tot en met die hofuitspraak positief of
          negatief beϊnvloed het. Motiveer jou antwoord.                                        (1)

3.19      Kies die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die vraagnommer (3.19) en die
          letter (A–D) neer, byvoorbeeld 3.19 E.

          Watter karaktereienskap van Ryna kom duidelik in reël 22–25 na vore?

          A     Empatie
          B     Ongeduld
          C     Waardigheid
          D     Onbetrokkenheid                                                                 (1)

3.20      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
          vraagnommer (3.20) en die antwoord neer.

          As Ryna in reël 25 die verkleiningsvorm van Daniel se naam gebruik, is dit
          om Daniel te (verwyt/vertroos).                                                       (1)

3.21      "Dis ek wat hom geroep het." (Reël 23)

          Daniel het gevoel dat dit sy skuld was dat Jacob vir Skalla doodgemaak het.

          Waarom kan 'n mens sê dat Daniel nie nodig gehad het om skuldig te
          voel nie?                                                                             (1)

3.22      Na Elsabet se dood, tot en met Skalla se eie dood, is daar aanduidings dat
          Skalla nie net 'n slegte karakter was nie.

          Gee EEN voorbeeld om hierdie stelling te motiveer.                                    (1)

3.23      Was die straf wat Jacob vir die moord op Skalla gekry het, te swaar of was dit
          gepas?

          Motiveer jou antwoord.                                                                (1)

3.24      Die gebeure hieronder vorm deel van die afloop van hierdie roman.

          Skryf die vier gebeure onder mekaar neer in die VOLGORDE soos wat dit in
          die roman gebeur het:

             Ryna het teruggegaan huis toe.
             Janka is uit die hospitaal ontslaan.
             Jacob het sy tronkstraf begin uitdien.
             Fred en Ryna het 'n eerlike gesprek in Kaapstad gehad.                            (4)
                                                                                                [35]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           17                         DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                              NSS

VRAAG 4: LIEN SE LANKSTAANSKOENE – Derick van der Walt

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS G

                              Die afgevaardigde van Tibet

Dis 'n man met rooi hare en baie sproete wat die wit Volvo bestuur. Langs hom sit
'n suur vrou met 'n muismondjie en 'n reuse-sonbril. Op die agterste sitplek loer
'n dogtertjie met rooi ponytails en sproete op haar neus oor 'n brilletjie na Lien.
Sy het 'n Barbie-pop met 'n swart aandrok vol blinkertjies op haar skoot.
   "Môre," sê die man vriendelik. "Jy kry seker warm."                               5
   "Nogal," sê Lien ongemaklik. Muismondjie kyk nie links of regs nie.
   Die dogtertjie maak haar venster oop en hang half by die kar uit om Lien beter
te kan sien.
   "Britney," sê sy vir die pop, "vra vir haar of hulle arm is."
   Lien ignoreer die snip.                                                          10
   "Britney," sê die kind weer, "dink jy ook sy het lelike skoene aan?"
   Lien is lus en klap haar.
   Die vrou sê iets onhoorbaars oor haar skouer en die dogtertjie druk die venster
se toemaakknoppie. Die man gee vir Lien 'n hand vol kleingeld net toe die lig
genadiglik groen slaan …                                                            15
   Tibbey werk nie vandag nie. Lien vermoed hy werk in die rolbalklub se tuin.
Teetyd is net sy en Roos onder die akasiaboom. Hulle praat nie. Lien eet haar
appel en hou Roos onderlangs dop. Die vrou het 'n perm wat soos 'n pruik lyk. Dis
stokstyf en glad. Haar vel lyk soos leer, …

4.1       Watter bynaam het Lien vir die man in die wit Volvo gegee?                              (1)

4.2       Hoekom het Lien nie naby haar huis gestaan en bedel nie?                                (1)

4.3       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
          vraagnommer (4.3) en die antwoord neer.

          Lien was bereid om op die hoek van die straat te staan en bedel. Hieruit kan
          die leser aflei dat Lien (opgewonde/desperaat) was om geld te verdien.                  (1)

4.4       Lien was nie verantwoordelik vir die probleme in haar gesin nie.

          4.4.1      Waarom kon Lien se pa nie vir die gesin sorg nie?                            (1)

          4.4.2      Waaruit kan ons aflei dat Lien se ma ook nie hul nuwe situasie goed
                     kon hanteer nie?                                                             (1)

4.5       Motiveer waarom die stelling hieronder ONWAAR is.

          Die man in die Volvo het Lien laat besef dat sy enigiets vir geld sou doen.             (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            18                              DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                               NSS

4.6       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          vraagnommer (4.6) en die letter (A–D) neer, byvoorbeeld 4.6 E.

          "Britney," sê sy vir die pop, "vra vir haar of hulle arm is." (Reël 9)

          Hierdie woorde van die dogtertjie in die motor was ...

          A     liefdevol.
          B     opbouend.
          C     onsensitief.
          D     ondankbaar.                                                                             (1)

4.7       Lien moes haar gesin finansieel ondersteun.

          Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE
          neer:

             Lien het by die haarsalon gewerk.
             Lien het begin bedel om geld bymekaar te maak.
             Lien se gesin het in 'n woonstel gaan bly.
             Lien het vir 'n kort rukkie in die koffiewinkel gewerk.                                   (4)

4.8       Lien het die "lelike skoene" (reël 11) gekies. Sê waarom dit 'n praktiese
          keuse was.                                                                                    (1)

4.9       "… net toe die lig genadiglik groen slaan ..." (Reël 14–15)

          Wat sê hierdie woorde vir ons van hoe Lien in hierdie situasie gevoel het?                    (1)

4.10      Voltooi die volgende paragraaf deur die woorde in die lys hieronder te
          gebruik. Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (4.10.1–4.10.2) neer.

                              kos;      oorsee;         skool;          drank

          Lien se oorspronklike plan was om geld te spaar vir (4.10.1) … Uit die
          ontwikkeling van die verhaal sien ons dat sy egter meestal haar geld vir
          (4.10.2) … moes gebruik.                                                                      (2)

4.11      Watter goeie raad het Roos vir Lien gegee om makliker te kon bedel?
          Noem TWEE feite.                                                                              (2)

                                             EN

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          19                         DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS H

Die voordeurklokkie lui.
    "Los, los, los ek sal verder roer. Gaan maak oop. Dis jou vriende," sê
tannie Bets terwyl sy die lepel by Lien vat. Sy proe aan die sous in die pan. "Mmm
... perfect!"
    In die sitkamer snik Shania Twain 'n liedjie.                                      5
    Wouter se hare is soort van gekam en Miemie het 'n seksie swart toppie aan
wat haar gebrek aan bates beklemtoon. Lien nooi hulle ongemaklik binne. Miemie
oorhandig 'n pakkie wat duidelik 'n toegedraaide CD is. Lien vermoed dis die
nuwe Norah. "Ek sal my present later gee," fluister Wouter in haar oor. Lien
vermoed dit gaan 'n bydrae tot die Fonds wees.                                        10
    Sy skink vir hulle koeldrank. Wouter gesels gemaklik met haar ma-met-die-
lemoensap-in-die-hand en praat rugby met Braam. Sy gaan help vir tannie Bets in
die kombuis. Miemie kom saam.
    "Die blerrie ding skaaf my gaar. Ek dink dis te klein," fluister Miemie terwyl sy
aan die toppie karring.                                                               15
                                          ***
... probeer slim Norah soos gewoonlik beter weet. Lien draai vies op haar sy en
maak haar oë toe.
                                          ***
Die seuntjie en die dogtertjie met donker hare sit langs mekaar op 'n grasperk
voor 'n groot pilaar. 'n Mens kan die straat skuins agter hulle sien.
Daar is 'n groot koek tussen hulle. Die kamera zoem in op die koek.                   20

4.12      Hoekom was die mense by tannie Bets se woonstel?                                      (1)

4.13      Tannie Bets het gereeld vir Lien-hulle kos gebring. Noem DRIE ander maniere
          waarop tannie Bets vir Lien en haar gesin gehelp het.                                 (3)

4.14      "Lien nooi hulle ongemaklik binne." (Reël 7)

          Hoe het Lien gedink gaan die aand wees?                                               (1)

4.15      Na watter "Fonds" word in reël 10 verwys?                                             (1)

4.16      Hoekom het Lien gedink dat Wouter iets tot die "Fonds" sou bydra?                     (1)

4.17      Verwys na reël 18–20.

          4.17.1     Wie is die seuntjie?                                                       (1)

          4.17.2     Wie was die kameraman?                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           20                         DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                              NSS

4.18      Sekere karakters het Lien baie gehelp.

          Kies die karakter in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.
          Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (4.18.1–4.18.4) neer.

                               KOLOM A                              KOLOM B
          4.18.1     Hierdie karakter het vir Lien gewys     A   Miemie
                     hoe om die motoriste te vermaak
                     terwyl hulle bedel.                     B   Donovan

          4.18.2     Hierdie karakter het Lien reg van die   C   Roos
                     begin af moreel ondersteun.
                                                             D   Wouter
          4.18.3     Hierdie karakter het begrip gehad vir
                     ouers wat nie by hulle kinders          E   Tibbey
                     betrokke is nie.

          4.18.4     Hierdie karakter het Lien gehelp deur
                     haar "werkplek" te beskerm.
                                                                                    (4 x 1)      (4)

4.19      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          vraagnommer (4.19) en die letter (A–D) neer, byvoorbeeld 4.19 E.

          Lien het regdeur die roman na die liedjies van Norah Jones geluister.
          (Reël 16) Dit was om ...

          A     Lien te help om van haar probleme te vergeet.
          B     Lien se verskillende gevoelens oor te dra of te beskryf.
          C     aan te dui dat Lien nie van haar ma se musiek gehou het nie.
          D     aan te dui dat Lien na oplossings vir haar probleme gesoek het.                  (1)

4.20      "Wouter gesels gemaklik met haar ma-met-die-lemoensap-in-die-hand ..."
          (reël 11–12).

          Waarom word Lien se ma op hierdie manier beskryf?                                      (1)

4.21      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
          vraagnommer (4.21) en die antwoord neer.

          Kort na die gebeure in hierdie uittreksel het Lien se ma drank gesteel. Hieruit
          kan ons aflei dat Lien se ma dus net (tydelik/permanent) ophou drink het.              (1)

4.22      Hoe help die woorde in skuinsdruk (reël 18–20) die leser om die roman te
          verstaan?                                                                              (1)

4.23      Dink jy hierdie roman is aktueel vir tieners? Motiveer jou antwoord.                   (1)
                                                                                                 [35]

                                                                 TOTAAL AFDELING A:              35

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2                  21                     DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                                     NSS

AFDELING B: DRAMA

Beantwoord slegs EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

VRAAG 5: POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS I

HOEDJIE. Die skoonmense was tevrede met Poppie ... en Stone was tevrede.
STONE (kniel langs Poppie, neem haar hande). Poppie ... as jy eendag kinders
  kry, dan moet jy jou meisiekinders grootmaak net soos jou ouma vir jou
  grootgemaak het ...
PLANK. En Poppie het nou nie meer vir hom Stone gesê nie, maar Bhuti-ka- 5
  ntombi, uit respek ... dit het beteken bhuti van haar man se broer se
  dogtertjie.
MAMA. En ek het vir hom gesê: Mkhwenyana ... wat beteken skoonseun ... en
  Plank en Hoedjie en Mosie het gesê swaer. Ons het hom nooit op sy naam
  gesê nie.                                                                   10
STONE (vertel aan Poppie). Ek het 'n erf gekry van die munisipaliteit en gaan
  saam met my bhuti vir ons 'n eenkamerhuis van sinkplaat en planke bou.
  Ek gaan 'n tuintjie voor die huis maak waar ons pampoen en wortels en
  mielies kan plant. Aan die einde van die jaar as ek vakansie kry, sal ons
  plan maak om Herschel toe te gaan, waar my pa en ma woon.                   15
  (Streel haar arm.)
Spelers bou trein met trommels. Mimiek: stadige geskommel in trein.
POPPIE. So 'n stadige trein het ek nog nooit gesien nie.Toe was daai wêreld
  nou vir my baie vreemd, want ek het nog nooit daardie soort wêreld gesien
  nie. Die vreemdste was die baie berge.                                    20
MOSIE. Teen sononder van die vierde dag het hulle by Sterkspruit aangekom
  en oorgeklim op die bus na Herschel.

5.1       Op watter dorp is Poppie en Stone getroud?                                                (1)

5.2       "... dan moet jy jou meisiekinders grootmaak net soos jou ouma vir jou
          grootgemaak het ..." (reël 3–4).

          5.2.1      Hoekom het Ouma Hannie vir Poppie en haar broers grootgemaak?                  (1)

          5.2.2      Hoe word die siklus van oumas wat na kleinkinders kyk, in Poppie
                     se lewe herhaal?                                                               (1)

5.3       Voltooi die volgende paragraaf deur die woorde in die lys hieronder te
          gebruik. Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (5.3.1–5.3.2) neer.

                      kritiseer;       respekteer;     manipuleer;   komplimenteer

          Met die woorde in reël 2–4 wou Stone vir Ouma Hannie (5.3.1) ...
          Ouma Hannie het haar kleinkinders geleer om mense soos oom Pengi, wat te
          veel gedrink het, te (5.3.2) ...                                                          (2)
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          22                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

5.4       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          vraagnommer (5.4) en die letter (A–D) neer, byvoorbeeld 5.4 E.

          In reël 11–15 word Stone gekarakteriseer as iemand wat sy gesin ... het.

          A     versorg
          B     vergeet
          C     vertroos
          D     verwaarloos                                                                      (1)

5.5       "(Streel haar arm.)" (Reël 16)

          Wat kan ons hieruit aflei van Stone se gevoel teenoor Poppie?                          (1)

5.6       Wat is die funksie van die neweteks in reël 17?                                        (1)

5.7       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
          vraagnommer (5.7) en die antwoord neer.

          Later in die drama het Poppie se skoonmense 'n (negatiewe/positiewe) rol in
          haar lewe gespeel toe haar dogters by hulle gaan bly het.                              (1)

5.8       Waaruit kan 'n mens aflei dat Poppie se skoonmense ver van hulle af
          gewoon het?                                                                            (1)

5.9       Dink jy Poppie was die regte vrou vir Stone? Motiveer jou antwoord.                    (1)

5.10      Die reis na Herschel was vir Poppie ongemaklik en die omgewing was
          vreemd. Tog was die kuier by haar skoonmense vir Poppie 'n avontuur.

          Motiveer waarom die kuier vir Poppie 'n avontuur was.                                  (1)

5.11      In hierdie uittreksel word Stone op verskillende maniere aangespreek.

          Hoe help dit die leser om die drama beter te verstaan?                                 (1)

5.12      Poppie en haar gesin moes kort-kort trek.

          Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE
          neer:

             Poppie het haar eie huis in Mdantsane gekry.
             Stone en Mosie het 'n huis op Jakkalsvlei gebou.
             Stone en Poppie het by Ma Lena in Elsiesrivier gaan bly.
             Na hulle troue het Stone vir Poppie 'n eie huis op die dorp gebou.                 (4)

                                            EN

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          23                         DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS J

Ligte doof uit.
   Mr Stevens kom nader.

MR STEVENS (wys met 'n stok na die kaart). Jy moet nou kies, Rachel. Daar's
  Ilinge naby Queenstown, en Dimbaza naby King William's Town en Mdantsane
  wat ook in die Ciskei is, maar vlak by East London.                               5
POPPIE. Ek ken dié plekke nie. (Sy bly op dieselfde plek staan.)
MR STEVENS (maak haar stil.) Kyk, ek wil jou help. As kind wat die dorpslewe
  gewoond is, dink ek dis die beste vir jou om na East London te gaan. Ek het al
  'n slag die ander plekke gesien, maar laat ek nou eerlik met jou wees, jy moet
  hulle nie vat nie.                                                               10
                                          ***
POPPIE (aan gehoor). Ek het nie gehuil toe die trein uit die stasie wegtrek nie.
  Wat voor sal ek huil? Wat kan jy nou doen? As jy nie meer eenkant toe kan
  nie, dan draai jy maar jou koers om.
                                          ***
POPPIE (terwyl ander "Lied van die vreemde plek" op agtergrond sing.) Toe lyk
  dit vir my baie rou, die plek, want dis mos nuwe huise en ons is al mense in die 15
  straat.
                                          ***
POPPIE. ... Hulle kan doen wat hulle wil, maar ek is nog nie afgedood nie.
  Nou gaan ek vorentoe. Ek gaan vorentoe met wat ek oorgehou het, en dis
  my kinders.

5.13      Die pasbeamptes in die Kaap wou Poppie na haar skoonmense in die Ciskei
          toe stuur.

          Waarom wou Poppie nie by haar skoonmense gaan bly nie? Gee EEN rede.                  (1)

5.14      Hoekom het Mr Stevens vir Poppie "Rachel" genoem?                                     (1)

5.15      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
          vraagnommer (5.15) en die antwoord neer.

          Poppie het ingestem om Mdantsane toe te gaan, want daar sou 'n skool vir
          haar kinders wees. Hieruit kan ons aflei dat haar kinders se opvoeding vir
          Poppie 'n (prioriteit/bysaak) was.                                                    (1)

5.16      Watter ander voorwaarde het Poppie gestel om vrywillig Mdantsane toe
          te gaan?                                                                              (1)

5.17      Poppie het Mdantsane toe getrek omdat sy gedink het dit was die beste vir
          haar kinders.

          5.17.1     Watter kind van Poppie wou nie saamgaan nie?                               (1)

          5.17.2     Hoe het hierdie kind dit vir Poppie in Mdantsane moeilik gemaak?           (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans FAL P3 Feb March 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2018/d5792d63-2c3e-4beb-8266-56724e7a6ef4) — Afrikaans FAL · QP · 2018 · Afr
- [Grade 12 NSC Afrikaans (FAL) P2 X05 Preparatory 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-fal-p2-x05-preparatory-2018-question-paper/eb35e939-d086-45fa-b8d9-5d908dba80c0) — Afrikaans FAL · QP · 2018 · Afr
- [Grade 12 NSC Afrikaans P2 (FAL) Preparatory 2018 Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-p2-fal-preparatory-2018-possible-answer/335e772e-6d01-458c-88e8-5035047c88d9) — Afrikaans FAL · Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May June 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2018-memo/5bdc6331-2a66-457f-8772-f20b9b827079) — Afrikaans FAL · Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Feb March 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-feb-march-2016-memo/f7d4f2d7-2166-49b3-9594-dd3f4a610f61) — Afrikaans FAL · Memo · 2016 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept2018/e038bd38-ba3a-4474-9d6c-23d602a417c3) — Afrikaans FAL · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
