# Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2022, 44 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept-2022/9692f7ac-4654-4905-aabf-15ab5ca9d862
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 44

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept-2022/9692f7ac-4654-4905-aabf-15ab5ca9d862)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 44 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2022

   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

PUNTE:   70

TYD:     2½ uur

                  Hierdie vraestel bestaan uit 44 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2               (EC/SEPTEMBER 2022)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.     MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die
       INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommers van
       die vrae oor die tekste wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vrae
       aandagtig deur en kies die vrae wat jy wil beantwoord.

2.     Gebruik die inhoudsopgawe om jou met jou keuses te help.

3.     Die vraestel bestaan uit VIER afdelings:

       AFDELING A: Roman                      (35)
       AFDELING B: Drama                      (35)
       AFDELING C: Kortverhale                (35) Beantwoord die vrae oor albei
                                                   kortverhale.
       AFDELING D: Gedigte                    (35) Beantwoord die vrae oor albei
                                                   gedigte.

4.     Lees die inhoudsopgawe op bladsy 3 en dui die vraagnommers van die TWEE
       letterkundetekste wat julle in die klas behandel het, aan.

5.     Beantwoord TWEE vrae: EEN vraag uit elkeen van die TWEE afdelings wat
       julle behandel het.

       AFDELING A: ROMAN
       Beantwoord die vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

       AFDELING B: DRAMA
       Beantwoord die vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

       AFDELING C: KORTVERHALE
       Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale.

       AFDELING D: GEDIGTE
       Beantwoord die vrae oor AL TWEE gedigte.

       Gebruik die kontrolelys op bladsy 4 om jou te help.

6.     Begin ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy.

7.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
       vraestel gebruik is.

8.     Laat ’n reël oop na elke antwoord.

9.     Voorgestelde tydsindeling: Ongeveer 75 minute per afdeling/vraag.

10.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                     3

  INHOUDSOPGAWE

  Kies TWEE afdelings.

  AFDELING A: ROMAN

  Beantwoord slegs EEN vraag.

                                                                                BLADSY
                          VRAAGNOMMER                               PUNTE         NR.
  VRAAG 1:       Kringe in ’n Bos              Kontekstuele vraag     35           5

  VRAAG 2:       Die Ongelooflike Avonture
                                               Kontekstuele vraag    35             9
                 van Hanna Hoekom

  VRAAG 3:       Meeulanders                   Kontekstuele vraag    35             13

  VRAAG 4:       Lien se Lankstaanskoene       Kontekstuele vraag    35             17

  AFDELING B: DRAMA

  Beantwoord slegs EEN vraag.

  VRAAG 5:       Poppie – Die Drama            Kontekstuele vraag    35             22

  VRAAG 6:       Paljas                        Kontekstuele vraag    35             26

  VRAAG 7:       Fiela se kind – Die Drama     Kontekstuele vraag    35             31

  AFDELING C: KORTVERHALE

  Beantwoord die vrae oor ALBEI kortverhale.

  VRAAG 8.1:     “Rot in ’n val”               Kontekstuele vraag    17             36
                                         EN
  VRAAG 8.2:     “Die weldoener”               Kontekstuele vraag    18             38

  AFDELING D: GEDIGTE

  Beantwoord die vrae oor ALBEI gedigte.

  VRAAG 9.1:     “Tien haikoes vir die         Kontekstuele vraag
                                                                     17             40
                 Vredefortkoepel”
                                         EN
  VRAAG 9.2:     “Pryslied”                    Kontekstuele vraag    18             43

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2              (EC/SEPTEMBER 2022)

 KONTROLELYS

 Gebruik die kontrolelys om te verseker dat jy die vereiste getal vrae beantwoord.

                                                     GETAL VRAE               DUI AAN
 AFDELING                 VRAAGNOMMERS
                                                    BEANTWOORD                  (√)
 A: Roman                         1–4                    1

 B: Drama                         5–7                        1

 C: Kortverhale                    8                1 (2 kortverhale)

 D: Gedigte                     9                   1 (2 gedigte)
 LET WEL: Maak seker dat jy vrae oor slegs TWEE afdelings beantwoord het.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                        5

  AFDELING A: ROMAN

  Beantwoord slegs EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

  VRAAG 1: KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee

  Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

  TEKS A

  Saul het die laaste koffie en patats gedeel sodat daar vir voordag iets oor
  was; sy pa en oom Anneries het die laaste twakkrummels gedeel.
  “Is die see ver van die dorp af?” vra hy vir Jozef in die hoop dat dié hom die
  vorige keer misgis het.
  “Ver,” sê Jozef.                                                                5
  “Hoe ver?”
  “Halfuur se draf tot agter”
  “Sal jy saam met my gaan?”
  “Nee, Pa sal nie wag nie.”
  “Ons kan die wa maklik weer inhol,” was hy bereid om selfs te soebat.          10
  “Ek bly by die wa.” Klaar.
  Jozef het nooit gehou van dorp toe gaan nie. Niemand hou skynbaar van
  die dorp nie. Net oom Anneries. Of van die see nie. Die helfte van die
  vooruitsig is om te sien hoe lyk die dorp, is om te sien hoe lyk die see.
                                         ***
  “Ek het uitgereken hoeveel osse daar in honderd grootvoete is,” sê hy toe 15
  Jozef weer die rieme kom vat. “Duisend. As Marais honderd grootvoete skiet,
  is dit net so goed hy skiet ’n duisend osse. Dis baie, né?”
  “Jy praat dom, Saul. ’n Man wat duisend osse skiet, is mal in sy kop.”
  “Duisend skote, duisend koeëls.”

  1.1   1.1.1    Hoe oud was Saul toe hy vir die eerste keer die dorp gesien het?        (1)

        1.1.2    Waarna het hy die meeste uitgesien van die reis dorp toe? Noem
                 TWEE dinge.                                                             (2)

        1.1.3    Beskryf Saul se eerste indrukke van die dorp toe hulle daar kom.        (1)

  1.2   “Ek bly by die wa.” Klaar. (Reël 11)

        1.2.1    Noem EEN insident wat op die dorp gebeur het, wat Saul laat
                 verstaan het waarom die bosmense nie van die dorp hou nie.              (1)

        1.2.2    Stem jy saam dat dit NIE ’n goeie plan van Jozef was om by die wa
                 te bly NIE?                                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                    (EC/SEPTEMBER 2022)

1.3     Saul het gesien dat ’n mens baie geduld moet beoefen en goed kan
        onderhandel as jy met die houtkopers te doen kry.

        Verduidelik die stelling deur te verwys na:

        1.3.1     Wat gebeur wanneer die hout afgelaai is?                                   (1)

        1.3.2     Wat, volgens jou, sal ŉ beter manier wees om met die houtkopers
                  te onderhandel?                                                            (1)

1.4     Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

        Die kennis wat sy ma vir Saul geleer het, het hom gehelp om te kon (lees/
        verstaan) wat in MacDonald se skuldboek gestaan het.                                 (1)

1.5     Saul en Jozef het as kinders ’n baie goeie verhouding gehad tog was daar
        groot verskille tussen hulle. Noem die verskil wat duidelik in die uittreksel na
        vore kom.                                                                            (2)

1.6     Voltooi die onderstaande paragraaf deur slegs die ontbrekende woorde in
        te vul. Skryf slegs die vraagnommer (1.6.1 tot 1.6.3) en die antwoord neer.

        Saul het vir die eerste keer in sy lewe van die skewe sirkel geleer. Hy het
        gesien dat die houtkopers die houtkappers uitbuit deur vir hulle (1.6.1) ... in
        plaas van (1.6.2) ... vir hulle hout te gee. Hy het ook geleer dat die
        dorpsmense op hulle neerkyk en hulle as (1.6.3) ... beskou, iets wat hy later
        in sy lewe weer sou hoor en altyd sou onthou.                                        (3)

1.7     Kies die antwoord wat NIE korrek is NIE:

        Ou Anneries het baie van die dorp gehou, want daar kon hy ...

        A       sy Cape Smoke koop.
        B       sy wiele se speke verkoop.
        C       van die dorpsmense en bosmense sien.
        D       die Knysnarivier sien.                                                       (1)

1.8     Saul het uitgewerk wat die impak sou wees as Marais een duisend
        grootvoete moes skiet.

        1.8.1     Hoe word hulle hout dorp toe vervoer?                                      (1)

        1.8.2     Glo jy ook, soos Jozef, dat Saul dom is?                                   (1)

        1.8.3     As jy as veertienjarige in Saul se skoene was, watter raad sou jy vir
                  hom kon gee?                                                               (1)

                                           EN

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                   7

 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 TEKS B

 “Ja ...” het Patterson na ’n rukkie opgemerk, “as drome waar geword het, kon
 joune die beste gewees het.”
 “Wat bedoel jy?”
 “Dat die houtkappers dan maar op hulle tyd die spruite uitwas en iets maak.”
 “As almal hulle bekke hou, kan dit maklik gebeur.”                              5
 “Jy is naϊef, Barnard. Jy’t nog nie gesien hoe groot manne mekaar
 meëdoenloos plattrap nie.”
 “Jy maak ’n fout, Patterson. Ek sien dit elke dag. Die houtkappers van die
 bos word nie platgetrap nie, hulle word in die aarde in vertrap deur die
 houtkopers waarvan MacDonald een is.”                                          10
 “Dan beter julle nie te lank sloer nie.” Daar was tye dat Patterson ’n man was
 waarvan ’n mens sou kon hou.
 “Hoe bedoel jy?”
 “Was uit wat julle kan voordat die vlieë kom.” Patterson het diep in die
 vlamme gekyk.                                                                  15
                                          ***
 “Kry my hier uit, Barnard! Ek smeek jou! Kry my hier uit voor ek sterf!”
 Hy was erger as tevore, hy het sleg gelyk en Saul het geweet hy sou moes
 oppak.
 “Ons moet net eers ‘n rukkie wag en kyk of dit nie opklaar nie,” het hy
 nogtans uitstel probeer soek.                                                  20

 1.9    Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

        MacDonald het vir Saul saam met Patterson bos toe gestuur onder die
        voorwendsel dat Patterson in (voëls/inheemse plante) belangstel.                  (1)

 1.10 Noem EEN manier hoe MacDonald vir Saul in hierdie opsig onderskat het.              (1)

 1.11 “Jy’t nog nie gesien hoe groot manne mekaar meëdoenloos plattrap nie.”
      (Reël 6–7)

        Ons sien later in die roman dat die woorde van Patterson waar geword het.

        Verduidelik watter effek die goudstormloop op die volgende natuurelemente
        gehad het:

        1.11.1        Die plantegroei                                                     (1)

        1.11.2        Die dierelewe                                                       (1)

 1.12 Dit is duidelik dat Patterson niks van die bosmense se lewenswyse verstaan
      het nie. In watter opsig, volgens die uittreksel, is hy die bosmense egter
      goedgesind?                                                                         (1)

 1.13 Waar, volgens Patterson, was die beste plek om goud uit te grawe?                   (1)

 1.14 Na wie verwys Patterson as hy van die “vlieë” (Reël 14) praat?                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                     (EC/SEPTEMBER 2022)

1.15    Ten spyte van die feit dat Saul uit die bos weggejaag was, was hy nog steeds
        lojaal teenoor die bosmense.
        Dink jy die bosmense het sy lojaliteit waardeer? Motiveer jou antwoord deur
        ’n voorbeeld uit die verhaal te noem.                                                     (2)

1.16    “Kry my hier uit, Barnard! Ek smeek jou! Kry my hier uit voor ek sterf!”
        (Reël 16)

        1.16.1       Waarom het Patterson die bos gevrees? Noem TWEE dinge.                       (2)

        1.16.2       Saul het met alle mag probeer om vir Patterson in die bos te hou.
                     Wat wou hy van Patterson leer?                                               (1)

        1.16.3       Hoe voel jy oor die feit dat Saul die situasie uitgebuit het?                (1)

1.17    Die volgende dinge het ’n rol in Saul se lewe gespeel. Kies die gebeure in
        KOLOM B wat VOORAF plaasgevind het om by die aanhaling in KOLOM A
        te pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.17.1 tot
        1.17.4) neer.

                      KOLOM A                                 KOLOM B
        1.17.1       Sirkelmotief              A     Saul werk in Swellendam.

        1.17.2       Die eerste leuen          B     Maska vertel vir Saul van Joram
                                                     se dood.

        1.17.3       Hartbroer                 C     Saul sien spore van Oupoot by sy
                                                     tent.

        1.17.4       Houtwerk                  D     Die bloubokkie se gal sit in sy kop.

                                               E     Die verhaal begin by die hede en
                                                     eindig by die hede.
                                                                                 (4 x 1)          (4)
                                                                                                 [35]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                         9

 VRAAG 2:       DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM –
                Marita van der Vyver

 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 TEKS C

 Die bom bars oor middagete. Ek sit ewe niksvermoedend langs die
 kombuistafel en kou aan ’n gebakte aartappel, dankbaar dat ek nie weer sop
 hoef te sluk nie, toe Amos iets agter sy hand vir Tibo fluister. Die volgende
 oomblik proes hulle saam van die lag. En iets aan die manier waarop hulle na
 my loer, laat my lont ruik.                                                    5
 “Wat’s so snaaks?”
 “Dis die aartappel in my mond,” gie-gie Amos.
 “Dis die hond op die grond,” giggel Tibo.
 “Dis al!” roep hule saam uit en val amper vooroor in hulle borde soos hulle
 lag.                                                                          10
 My kop ruk regop. Ek vóél hoe my gesig wit word. Hoe die bloed uit my vel
 gesuig word deur ’n verskriklike woede.
                                       ***
 “Welkom in ons gelukkige gesinnetjie,” het ek vir Sharon gesê. “Soos jy kan
 hoor, is ons almal mal oor mekaar.”
                                       ***
 “Gaan ons nie vanaand Krabbel speel nie?” vra sy later terwyl ons vinnig      15
 uittrek. “Of kaart of iets?”
 “Nee, ek dink nie dit gaan vanaand werk nie. Almal is te oorstuur.”
 “Dis jammer,” sê sy en rits ’n sweetpakbaadjie bo-oor haar pajamapak toe.
 “By my huis doen ons nooit sulke dinge nie.”
 “By my huis ook nie.” Sy kyk verras na my.                                    20

 2.1    “Die bom bars oor middagete.” (Reël 1)

        2.1.1    Wat is die band tussen Hanna, Tibo en Amos?                              (2)

        2.1.2    Som hulle verhouding in EEN sin op.                                      (1)

        2.1.3    Bespreek die konflik wat tussen Hanna en die seuns in die uittreksel
                 uitgebeeld word.                                                         (1)

        2.1.4    Dink jy dat Hanna ’n bietjie oorreageer deur kwaad vir die twee te
                 raak? Motiveer.                                                          (1)

 2.2    Hanna het vir die eerste keer ’n bietje ondersteuning van Yann gekry.
        Waarom kon hy met haar identifiseer?                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                    AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                   (EC/SEPTEMBER 2022)

 2.3     Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
         vraagnommer (2.3) en die letter (A–D) neer.

         Die straf wat Hanna vir Tibos en Amos wou gee, was om ....

         A       elke aand skottelgoed te was.
         B       elke dag haar kamer skoon te maak.
         C       haar rympies uit te skryf.
         D       haar rympies te leer.                                                       (1)

 2.4     “Soos jy kan hoor, is ons almal mal oor mekaar.” (Reël 13–14)

         2.4.1     Waarom sou jy saamstem dat Hanna sarkasties was toe sy die
                   woorde sê?                                                                (1)

         2.4.2     Dink jy Hanna sou later in die verhaal, dalk die woorde opreg kon
                   bedoel? Motiveer.                                                         (1)

 2.5     Sharon en Hanna se huishoudings verskil hemelsbreed van mekaar. Noem
         ten minste TWEE verskille hoe Sharon s’n verskil van dié van Hanna.                 (2)

 2.6     Waarom speel Hanna-hulle nou in die aande speletjies, as hulle dit nie
         gewoonlik doen nie?                                                                 (1)

 2.7     Kies die korrekte antwoord uit dié tussen hakies:

         Die skoon, vars lug het Hanna, se verhoudings met haar familielede en
         vriende (positief/negatief) beïnvloed.                                              (1)

 2.8     Watter les kon Hanna in terme van vriendskap leer?                                  (1)

 2.9     In enige roman is daar gebeure en gevolge.

         Kies die gevolg uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf
         slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (2.9.1 tot 2.9.4) neer.

                         KOLOM A                                KOLOM B
         2.9.1     Mana wil nie seksisties wees nie.    A    Mana en Beyers trou.

         2.9.2     Patat en Pampoen ontmoet.            B    Mana kook elke aand
                                                             sop.

         2.9.3     Hanna wil uit haar saai, vervelige   C    Die ongebore baba word
                   bestaan ontsnap.                          “ditjie” genoem.

         2.9.4     Die familie is op die berg           D    Mana skrop die vloere.
                   vasgekeer.

                                                        E    Fabienne, Hanna se
                                                             alter ego, word geskep.
                                                                                (4 x 1)      (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)              AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                         11

                                          EN

 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 TEKS D

 Ek is ’n meisie wat te veel vrae vra. Miskien moet ek eerder ’n speurverhaal
 skryf. Verlore verfkwas? Gesteelde stillewe? Vol tergende vrae soos: Wie
 het die stillewe gesteel? Wat is die sin van ’n stillewe? Noudat ek daaraan
 dink, wat is die sin van die lewe?
                                        ***
 “Oukei, dan bly jy oor vir ’n nag of twee,” sê Mana ingenome. Maak of sy nie       5
 sien hoe wanhopig ek my kop skud nie. “Wil jy iemand saambring? Die huis
 is groot genoeg, hoor!”
 Net nie dit nie, dink ek, te wanhopig om selfs my kop te skud.
 Asof dit nie erg genoeg is dat my moffie-pa op my verjaarsdag gaan opdaag
 om my voor my beste vriendin in die skande te steek nie.                           10
                                        ***
 “As Gavin daar is, sȧl dit ’n partytjie wees,” verseker sy my. “Hy kan ’n
 begrafnis in ’n fees verander.”
 As jy my vra, is dit ’n onmoontlike taak. Om jou ondankbare dogter se
 vyftiende verjaarsdag in ’n stowwerige bouval op ’n verlate berg in ’n fees te
 verander. Maar niemand vra mos ooit my mening oor my eie lewe nie.                 15
                                        ***
 “Waarvoor wag sy?” vra Tibo met sy neus plat teen die ruit gedruk.
 “Dat ons die rooi tapyt uitrol,” mompel Yann.
 “Miskien wil sy net eers ’n rukkie alleen wees saam met Amos,” sê Mana
 onseker. “Sy’t hom so lank laas gesien ... ”
 Yann gee Mana ’n eienaardige kyk, so asof hy wil sê: En wat van my?                20

 2.10     Hanna sou veel eerder ’n meer eksotiese naam wou hê. Hoekom is haar
          naam egter gepas vir haar, volgens die uittreksel?                                  (1)

 2.11     Hoe breek Hanna die stereotipe van ’n tipiese, oppervlakkige tiener wat net
          die lewe wil geniet?                                                                (1)

 2.12     Wie, in Hanna se gesin, sal waarskynlik in ’n stillewe belangstel?                  (1)

 2.13     “Asof dit nie erg genoeg is dat my moffie-pa op my verjaarsdag gaan
          opdaag om my voor my beste vriendin in die skande te steek nie.”
          (Reël 9–10)

          Verduidelik waarom Gavin nooit deel van Hanna se lewe was nie. Noem
          TWEE feite.                                                                         (2)

 2.14     Hanna is skaam omdat haar pa homoseksueel is.

          Waarom is die bogenoemde stelling ONWAAR?                                           (1)

 2.15     Hoekom het Gavin en Sharon dadelik van mekaar gehou?                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                    AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                  (EC/SEPTEMBER 2022)

 2.16    Mana se woorde oor Gavin (Reël 11–12) het tog later waar geword.

         Motiveer die stelling deur na die volgende insidente in die boek te verwys.

         2.16.1      Hanna se verjaarsdag                                                 (1)

         2.16.2      Toe hulle deur die reën ingeperk was                                 (1)

 2.17    Kies die korrekte antwoord uit dié tussen hakies:

         Ons kan aflei dat Yann aan die begin (trots/geïrriteerd) is met Margot.          (1)

 2.18    As jy Hanna en Yann se situasie met hulle ander biologiese ouers kyk, sou
         jy verwag dat die twee beter oor die weg kom? Motiveer.                          (1)

 2.19    Wat, volgens die uittreksel, is Margot se beroep?                                (1)

 2.20    Yann het duidelik kwade gevoelens teenoor Margot oor haar beroep.

         Dink jy dis regverdig van hom om vir haar kwaad te wees omdat sy haar
         beroep gevolg het? Motiveer.                                                     (1)

 2.21    Voltooi die paragraaf deur die ontbrekende woorde in te vul. Skryf slegs
         die woord langs die vraagnommers (2.21.1 tot 2.21.3) neer.

         Die enigste volwassene met wie Hanna uit die staanspoor goed oor die weg
         gekom het, was (2.21.1...) omdat hulle ’n liefde vir (2.21.2 ...) gedeel het.
         Sy het egter later haar hele familie aanvaar en besluit om ’n (2.21.3 ...)
         verhaal oor hulle te skryf.                                                      (3)

 2.22    Watter EEN les kan jy uit die verhaal van Hanna Hoekom leer?                     (1)
                                                                                         [35]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                       13

 VRAAG 3: MEEULANDERS – Esta Steyn

 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 TEKS E

 Meeuland, Donderdag 17 Mei 1979

 Jacob is gister wal toe. Hy’t al Elsabet se goed saamgeneem. Hy’t Janka
 ook saamgeneem. Ek het taamlik van haar goedjies ingepak, alhoewel hy
 niks gesê het van wat die reëlings is nie. Net dat hy twee dae af is. Ek kon
 sien hoedat Jannerik heeldag ronddwaal en wonder wat gaan gebeur. Hy’t             5
 niks werk gedoen nie, net by die jettie gesit en sing en iets probeer vang.
 Attie het ook nie met die geute aangegaan nie, later ’n hardernet met die
 Sterretjie gaan uitgooi. Ons was die hele dag soos dwalendes. En vandag
 gaan dit nie beter nie. Ek is nie lus vir my werk nie en die dekor is klaar, dis
 gister saam. Ek hoop Doreen is tevrede daarmee. Miskien kom Jacob en               10
 Elsabet tot ’n vergelyk oor Janka.
 Miskien bly Janka op die wal. Daaraan wil ek nie nou al dink nie.
                                        ***
 Jacob kom binne. Hy vou sy arm beskermend om haar bewende liggaam en
 hou haar vas. “Toemaar, ek en Jannerik het die vuur geblus.” Hy streel sy
 hand versigtig oor haar donker hare. Hy praat sussend: “Toemaar, alles is          15
 reg nou.”
 Maar haar liggaam ruk in sy arms, sodat hy haar stywer vashou. Liggaam
 teen liggaam totdat haar hortende asem bedaar en hy haar kop teen sy bors
 vasdruk.
 “Ek ... was bang,” prewel sy gesmoord.                                             20
 “Toemaar ... die vuur is weg.”

 3.1    Waarom hou hierdie persoon dagboekinskrywings oor wat op Meeuland
        gebeur?                                                                              (1)

 3.2    Wanneer Jacob “wal” toe gaan, beteken dit hy gaan ... toe.                           (1)

 3.3    Kies die korrekte antwoord uit dié tussen hakies:

        Elsabet het Jacob verlaat omdat sy te (afgesonderd/ledig) op die eiland
        gevoel het.                                                                          (1)

 3.4    Verduidelik volledig waarom dit vir Jannerik belangrik is om te weet wat met
        Janka gaan gebeur. Noem ten minste TWEE feite.                                       (2)

 3.5    Ryna tree as surrogaatmoeder vir Janka op.

        3.5.1         Stem jy saam met die stelling? Motiveer jou antwoord.                  (1)

        3.5.2         Noem EEN van die takies wat sy vir Janka moes doen.                    (1)

        3.5.3         Waarom het Elsabet nie vir Janka saam wal toe geneem nie?              (1)

        3.5.4         Stem jy saam met Elsabet se besluit dat dit beter vir Janka op
                      Meeuland sou wees? Motiveer.                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                    AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                   (EC/SEPTEMBER 2022)

3.6    Elsabet is salig onbewus van die geheim rondom Janka se geboorte. Glo jy
       dis goed/reg dat sy nie die geheim ken nie? Motiveer.                                (1)

3.7    Ryna het baie goeie verhoudings op Meeuland opgebou en gou deel van die
       gemeenskap geword.

       3.7.1 Waarmee moes sy vir Doreen help?                                               (1)

       3.7.2 Dink jy haar vorige beroep het dit moontlik gemaak dat sy vir Doreen
             kon help? Motiveer.                                                            (1)

3.8    Kies die korrekte woord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die antwoord langs
       die vraagnommer (3.8) neer.

       Jacob moes vir Ryna troos, want haar (kombuis/badkamer) het gebrand.                 (1)

3.9    Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
       letter (A–D) langs die vraagnommer (3.9) neer.

       Die brand het vir Ryna erg ontsteld dat sy vir Jacob as ... aangespreek het.

       A    Attie
       B    Vincent
       C    Ronnie
       D    Jannerik                                                                       (1)

3.10   Ryna het haar geheim oor haar verlede aan Jacob bekend gemaak.
       Verduidelik wat haar geheim was.                                                    (1)

3.11   Hoe dink jy, voel Jacob nou teenoor haar, nadat hy die geheim gehoor het?            (1)

3.12   Wat is die werklike rede waarom Ryna Meeuland toe gekom het?                         (1)

3.13   Voltooi die paragraaf deur die ontbrekende woorde in te vul. Skryf slegs die
       woord langs die vraagnommers (3.13.1 tot 3.13.2) neer.

       Ryna en Jannerik het goed met mekaar klaargekom omdat hulle met mekaar
       kon identifiseer.

       Jannerik het gesê dat hulle ’n (3.13.1) ... moet plant sodat hulle (3.13.2) ...
       daarin kan groei.                                                                    (2)

                                             EN

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)            AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                        15

  Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

  TEKS F

  “Is Boetie darem goed vir jou ... andersins?”
  Die woede in haar word vreesagtig koud. Sy wys na die voordeur. “Loop!”
  Maar hy gryp haar arm vas.
  “Hei, dis my pa se huis dié. Het jy vergeet? Ek het by daardie trapreling
  afgeskaats toe ek ’n tjokkertjie was. Hy haal ’n pakkie Camels uit sy              5
  baadjiesak, skud een uit en maak dit brand. Sy oog vang die klomp ornamentjies
  wat op die vloer rondstaan. Hy buk, tel ’n portretjie op. Dis een van Attie en
  Ryna. Hy kyk ’n lang ruk lank daarna, gee ’n teug aan sy sigaret en skiet sy
  vuurhoutjie netjies in die koper-sambreelhouer in, asof hy dit honderd maal
  tevore so gedoen het.                                                             10
  “Die Van Rensburg girl, was sy voorheen in die Kaap?”
  “Ja. Hoekom?” Elsabet wens hy wil nou liewer loop.
  “Was sy getroud?”
  “Nee. Hoekom? Wat stel jy so belang?”
                                         ***
  Sy hoor elke woord. Die hele stoor hoor dit. Dit weerklink oor die oop stuk grond 15
  tot onder by die jettie.
  “Meneer Bindeman! My man het ’n probleem met jou dierbare darling van die
  dag af dat hy by die skool begin het. Ek het nou oorgenoeg daarvan! Sy gooi
  nie net haar eie naam weg nie, maar Jason s’n ook!”

  3.14     Wat is die verhouding tussen Elsabet en Skalla?                               (1)

  3.15     Skalla is die swart skaap van die Blanckenbergs en het baie probleme
           veroorsaak vir verskillende mense in Salamanderbaai. Verduidelik wat hy
           aan elk van die volgende mense gedoen het.

           3.15.1 Matthys Langhans                                                       (1)

           3.15.2 Sheila Blanckenberg                                                    (1)

           3.15.3 Janka                                                                  (1)

  3.16     Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

           Skalla se verwysing na Fred Blanckenberg as “Boetie” (Reël 1) dui op sy
           (liefde/minagting) vir Fred.                                            (1)

  3.17     Elsabet vermoed dat Skalla op ’n romantiese manier met Ryna betrokke wil
           raak, maar sy is verkeerd.
           Verduidelik Skalla se belangstelling in Ryna.                            (1)

  3.18     Waaraan het Skalla se tatoeërmerk vir Ryna laat dink?                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                    AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                   (EC/SEPTEMBER 2022)

 3.19     Doreen Bindeman, onderwyseres by die laerskool in Salamanderbaai, het
          haar veertigste verjaarsdag by die skool gevier.

          3.19.1      Verduidelik waarom sy later die middag na haar man se
                      werkplek gevlug het.                                                  (1)

          3.19.2      Mary Peters was van die begin af jaloers op Doreen. Het sy rede
                      gehad om jaloers te wees? Motiveer.                                   (1)

          3.19.3      Hoe kon Mary die situasie op ’n meer diplomatiese manier
                      hanteer het?                                                          (1)

          3.19.4      Aan watter siekte het Mary gely?                                      (1)

          3.19.5      Hoe het dit haar man se loopbaan beïnvloed?                           (1)

 3.20     Die volgende gebeure het ’n rol in die mense van Salamanderbaai se
          lewens gespeel. Kies die gevolg uit KOLOM B wat by die gebeure in
          KOLOM A te pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers
          (3.20.1 tot 3.20.4) neer.

                          KOLOM A                               KOLOM B
          3.20.1      Mnr. du Plessis word deur    A     Mary word met ’n gewas op
                      die tienuurtrein vertrap.          die brein gediagnoseer.

          3.20.2      Hansie Langhans kry ’n B           Matthys se hamermeul is by
                      karavaan.                          Skalla.

          3.20.3      Jason begin te drink.        C     Janka word geskiet.

          3.20.4      Ryna aanvaar ’n pos by       D     Skalla verkrag vir Magrietjie.
                      Salamander-Suid.

                                                   E     Ryna se boek is
                                                         bekendgestel.
                                                                                (4 x 1)     (4)
                                                                                           [35]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                            17

 VRAAG 4: LIEN SE LANKSTAANSKOENE – Derick van der Walt

 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 TEKS G

 Tannie Bets sê sy wil gou by Pick ’n Pay stop om ’n paar goedjies te koop.
 Lien bly in die Golfie sit en luister na die country en western CD wat tannie
 Bets in die CD-speler gesit het. Iemand sing ’n corny liedjie oor verlore
 liefde en dis die rede waarom hy “whisky by the bottle’ drink. Kan
 grootmense dan nie hulle dinge face nie, wonder Lien vererg. Sy sit                 5
 summier die CD af.
 By die ingang van die sentrum staan ’n vrou met ’n plakkaat en bedel. Dis
 te ver om te sien wat op die plakkaat staan. Lien hou haar dop. Lien wonder
 hoeveel maak die vrou op ’n dag en of sy nie skaam is om so te bedel nie.
                                         ***
 Lien dink aan tannie Bets se oorvol yskas waarin daar gewoonlik nie plek           10
 vir ’n muis is nie. Sy ruik gebraaide hoender. Sy twyfel of die fyne Mara van
 Weigh – Less, voorheen ’n groter vrou, baie beïndruk sou gewees het.
 Drie afhanklikes. Werkloos. Enige donasie asb!!! Die Here seën u, staan
 op die vrou se plakkaat, sien Lien toe hulle by haar verbyry.
                                         ***
 “Jy lyk ’n bietjie soos Julia Roberts, maar sonder die mond”, sê Miemie.           15
 “Of na ’n hooker wat al beter dae geken het.”
 Lien breek haar en sy weet nie hoekom nie. Sy lag soos sy in jare nie
 gelag het nie.
 Miemie sit ’n krullerige manspruik op en ’n vals baard. Sy druk ’n pyp wat
 op ’n toonbank lê in haar mond. “Dit moes een of ander perv gewees het             20
 wat op sy dag ’n pop of twee se kele afgesny het. Jack the Ripper of so
 iemand,” sê sy.

 4.1   Tannie Bets is soos ’n tweede ma vir Lien en een van haar grootste
       ondersteuners.

       4.1.1    Noem EEN manier hoe tannie Bets vir Lien ondersteun het.                      (1)

       4.1.2    Waarom het tannie Bets daardie dag egter Lien se ondersteuning
                nodig gehad?                                                                  (1)

       4.1.3    Hoe kontrasteer tannie Bets se yskas met Lien-hulle se yskas?                 (1)

       4.1.4    Verduidelik waarom Mara nie met tannie Bets beïndruk sou wees nie.            (1)

 4.2   “Kan grootmense dan nie hulle dinge face nie, wonder Lien vererg.” (Reël 5)

       4.2.1    Aan watter grootmens dink Lien moontlik hier?                                 (1)

       4.2.2    Verduidelik jou antwoord deur na ‘die ding’ wat die persoon moet
                ‘face’ te verwys.                                                             (2)

       4.2.3    Hoe weet jy dat Lien onsimpatiek teenoor die sanger is? Haal EEN
                woord uit die uittreksel aan om jou antwoord te bewys.                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                    AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                   (EC/SEPTEMBER 2022)

 4.3   “Lien hou haar dop.” (Reël 8)

       4.3.1   Wat wou Lien graag van die bedelaar weet? Noem TWEE dinge.                   (2)

       4.3.2   Lien het, soos meeste mense gewoonlik, hierdie bedelaar veroordeel.

               Dink jy dis reg dat mense die bedelaars veroordeel? Motiveer jou
               antwoord.                                                                    (1)

 4.4   Watter omstandighede het Lien gedwing om ook haar toevlug tot die straat te
       neem?                                                                                (1)

 4.5   “Of na ’n hooker wat al beter dae geken het.” (Reël 16)

       4.5.1   Watter motoris het regtig gedink dat Lien ’n prostituut is?                  (1)

       4.5.2   Hoe kan jy uit die uittreksel aflei dat Miemie ’n sin vir humor het?         (1)

 4.6   Die rekwisietekamer het Lien na haar toekomstige beroep gelei. Motiveer
       waarom jy saamstem.                                                                  (1)

 4.7 Lien se vriendskap met Miemie is goed vir haar, want sy kan weer lag.

       Stem jy saam dat dit goed vir Lien is om vriendskappe te bou wat haar laat
       lag? Motiveer.                                                                       (1)

 4.8   Dink jy dis aanvaarbaar dat beide Lien en Miemie Engelse woorde in hulle
       taal gebruik? Motiveer.                                                              (1)

                                             EN

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                      19

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS H

 Sy word natgesweet wakker. Haar selfoon wys dit is 23:00. Sy voel
 aaklig. En sy wil nóú met haar ma praat. Sy skakel die bedlampie aan en
 sit regop. Sy gryp die selfoon en huiwer voor sy die speed-dial knoppie
 druk. Sy sit besluiteloos na die selfoon in haar hand en kyk. Dis laat en
 haar ma is dalk nog iewers op Pluto.                                             5
                                         ***
 Lien bewe. Sy wil eers maak dat sy wegkom, maar dan besluit sy nee.
 Dis hȧȧr lewe. Hy het niks daaroor te sê nie.
 ’n Paar minute later hou hy reg langs haar stil.
 “Klim in,” sê hy terwyl hy na die passasiersdeur beduie.
 Sy maak of sy hom nie sien nie. Sy kyk stip voor haar op die grond met          10
 haar plakkaat op die gewone plek voor haar bors.
 “Ek gaan nie ry voordat jy inklim nie”
 Die lig slaan genadiglik weer groen, maar hy bly staan. Hy sit sy noodligte
 aan en die karre agter hom draai een-een na die middelbaan om by hom
 verby te kom. Hy sit vir haar en kyk.                                           15
 Sy gaan dié een verloor, besef Lien. Nou goed, sy sal inklim, maar sy
 gaan nié na ’n preek luister nie. Dis haar lewe en sy gaan maak soos sý
 wil.
                                         ***
 Sy droom van haar ma en van hóm. Sy sit op Miemie-hulle se dak en
 kyk na waar hulle in die middel van die grasperk staan. Dis Miemie-             20
 hulle se tuin, maar dit lyk anders. Die grasperk is ’n park sonder bome
 en strek weerskante toe so ver as wat sy kan sien. Hulle staan in die
 middel van die grasperk en hoewel hulle baie klein lyk van waar sy sit,
 kan sy hulle duidelik sien. Hy hou haar ma vas en sy sien net sy
 agterkop, maar sy weet dis hy. Sy kan sien haar ma huil, al maak sy nie         25
 ’n geluid of ’n beweging nie.

 4.9    Watter traumatiese insident het daardie dag plaasgevind dat Lien haar ma
        in die middel van die nag nodig gehad het?                                          (1)

 4.10   Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

        4.10.1        Die woorde: “haar ma is dalk nog iewers op Pluto” (Reël 5), word
                      (letterlik/figuurlik) bedoel.                                         (1)

        4.10.2        Motiveer jou antwoord in VRAAG 4.10.1.                                (1)

 4.11   Watter les leer jy oor familie en verhoudings uit Lien se optrede in die eerste
        vyf reëls?                                                                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                  (EC/SEPTEMBER 2022)

 4.12   Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
        letter (A–D) langs die vraagnommer (4.12) neer.

        Kuifie het vir Lien aan haar ... herken.

        A    pruik
        B    voorkoms
        C    skoene
        D    klere                                                                           (1)

 4.13   Lien het geglo dat Kuifie vir haar gaan preek, maar hy het haar egter verras..

        Stem jy saam? Motiveer jou antwoord.                                                 (1)

 4.14   Toe Lien vir Kuifie vir die eerste keer ontmoet het, het sy gedink hy is te
        jonk en modern om ’n predikant te wees.

        Glo jy dat sy nog dieselfde opinie oor Kuifie het? Motiveer.                         (1)

 4.15   Voltooi die paragraaf deur die uitstaande woorde in te vul.

        Lien se bedelary het op ’n einde gekom, die dag toe die (4.15.1) ...
        veroorsaak het dat die pruik afwaai en Kuifie haar herken het. Hy het vir
        haar ’n uitkoms gebied deur die (4.15.2) ... se fonds. Hy het ook aangebied
        dat Lien sy (4.15.3) ... kan oppas. Hy sou ook vir Christien ’n werk by die
        (4.15.4) ... organiseer.                                                             (4)

 4.16   “Sy droom van haar ma en van hóm.” (Reël 19)

        4.16.1       Hoe probeer die verteller die verandering in Lien se verhouding
                     met haar pa aandui?                                                     (1)

        4.16.2       Kies die korrekte antwoord uit dié tussen hakies.

                     Lien het ’n rukkie later haar Pa besoek en uitgevind dat hy na sy
                     parool by sy broer (Frank/Freek) gaan bly.                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                   21

 4.17     Kies die karaktertrek in KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas.
          Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (4.17.1 tot 4.17.4)
          neer.

                         KOLOM A                           KOLOM B
          4.17.1      Lien                     A   Vinnige humeur.

          4.17.2      Mnr. van Biljon          B   Lojaal

          4.17.3      Tant Malie               C   Kunstenaar / temperamenteel /
                                                   kreatief.

          4.17.4      Donovan                  D   Onsimpatiek.

                                               E   Medemenslik / onselfsugtig.
                                                                            (4 x 1)     (4)

 4.18    Nadat jy die boek gelees het, watter raad kan jy aan iemand gee, wat deur
         dieselfde omstandighede as Lien gaan?                                          (1)
                                                                                       [35]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
22                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                        (EC/SEPTEMBER 2022)

 AFDELING B: DRAMA

 Beantwoord slegs EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

 VRAAG 5: POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé

 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 TEKS I

 POPPIE:             Na my ouma Hannie dood is, het ons aangebly in Plank
                     se huis. Ek en Hoedjie en Mosie en Plank. En Mama
                     het bedags die kinders vir my gebring om op te pas
                     terwyl sy in die fabriek gewerk het. Veleli, Katy en die
                     laasgeborene Eric wat ons sommer Jakkalsie genoem                 5
                     het, of sommer Jakkie, en vir hom was ek die liefste.
                     (Maak ritmiese wiegbewegings asof sy ’n baba op die
                     rug sus.) Ja, ek het my mama se kinders opgepas totdat
                     ek dertien jaar oud was, want die fabriek het kinders
                     van dertien gevat vir cleaners.                                  10
                                                  ***
 OU MAN:             Poppie is klaar vyftien en haar lyf is vol.(Praat direk met
                     Mama)
 MAMA:               Poppie ... jy moet begin dink aan trou.
 POPPIE:             Wil Mama hê ek moet ja sê vir hierdie ou manne wat
                     kom vra vir my? Ga ... ek soek nie die ou manne nie!             15
                     (Aan die gehoor.) Maar toe ontmoet ek nou hierdie man
                     van my met wie ek toe mee getroud is. (Stone beweeg
                     nader aan Poppie.)
                                                   ***
 POPPIE:             Ek het bietjie sleg gesit, want ek het met mense gesit
                     wat rooi komberse omgehad het, en dis die eerste keer            20
                     dat ek hulle sien ... en nou moet ek langs hulle sit!
 STONE:              Die son het anderkant die berge begin sak en die berge
                     het lang skaduwees gegooi. Daar doer in die berge sien
                     Poppie ’n liggie.
 POPPIE:             Wat is dan daai?                                                 25
 STONE:              Dis ’n huis.
 POPPIE:             Wat soek ’n huis in ’n berg?
 STONE:              Daar’s mos mense wat daar bly.

 5.1    In watter dorp het ouma Hannie gebly?                                                    (1)

 5.2    Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

        Hierdie gedeelte (Reël 1–10), is ’n uittreksel uit die (motoriese moment/
        eksposisie) omdat dit ons meer van Poppie se agtergrond vertel.                          (1)

 5.3    Die feit dat Poppie haar mama se kinders moes oppas het haar
        skoolloopbaan negatief beïnvloed.

        Verduidelik waarom hierdie stelling WAAR is.                                             (1)
Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)               AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                      23

 5.4    Dink jy Poppie sou akademies ver kon leer as sy die geleentheid sou kry?
        Motiveer.                                                                         (1)

 5.5    Kies die korrekte antwoord uit dié tussen hakies.

        Ouma Hannie het hulle meer liefgehad as die ander kinders omdat hulle
        (ma/pa) ver van die huis gewerk het.                                              (1)

 5.6    Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
        (A–D) langs die vraagnommer (5.6) neer.

        Ouma Hannie het met Poppie geraas wanneer hulle ...

        A       die gom van die hout steel.
        B       slegs Xhosa praat.
        C       slegs Afrikaans praat.
        D       nie skoolwerk doen nie.                                                  (1)

 5.7    “Maak ritmiese wiegbewegings asof sy ’n baba op die rug sus.” (Reël 7)

        Waarom is die gedeelte kursief gedruk?                                            (1)

 5.8    Wat was Poppie se vooruitsigte toe sy 13-jaar oud word?                           (1)

 5.9    Poppie het op 16-jarige ouderdom met Stone, ’n egte Xhosa-man van die
        Ciskei, getrou. Dit het haar lewe verander. Motiveer die stelling deur te
        verwys na:

        5.9.1     Hoe sy na die troue vir Stone moes noem                                 (1)

        5.9.2     Die mense met wie sy deur Stone in kontak gekom het                     (1)

        5.9.3     Wat haar skoonmense in Herschel vir haar geleer het                     (1)

 5.10 Voltooi die onderstaande sin deur die ontbrekende woorde in te vul:

        Poppie se huwelik met Stone het die begin van haar swerfjare ingelei.
        Hulle (die Xhosas) is uit (5.10.1) ... weggejaag en moes in die
        (5.10.2) ... gaan bly. Daarna moes sy elke keer ’n (5.10.3) ... vra omdat
        Stone van die Ciskei kom en sy eintlik dȧȧr moet gaan bly. Poppie het die
        keuse gehad om in (5.10.4) ... te gaan bly omdat daar vir haar ’n huis en
        skool vir haar kinders sou wees.                                                  (4)

 5.11 Verduidelik in watter opsig Stone beter is as die ander mans in Poppie se
      lewe, bv. oompie Pengi en Plank. Noem TWEE feite.                                   (2)

 5.12 Stone is baie jare ouer as Poppie. Glo jy dat dit hulle verhouding beter of
      slegter gemaak het? Motiveer.                                                       (1)

                                              EN

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
24                      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                  (EC/SEPTEMBER 2022)

 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 TEKS J

 MR GREEN:           Wilson ...
 MOSIE:              Ja, baas?
 MR GREEN:           Wat is dit dan met die kinders, of die comrades, wat
                     soek hulle nog?
 MOSIE:              Die youngsters hulle praat mos nie met ons nie. Hulle        5
                     sê ons grootmense is dié wat die draad gegee het, ons
                     het die witmense kans gegee, soos hulle sê, ons is die
                     ja-baas, die yes-man, so hulle trust ons nie. Hulle sê
                     die witmense kap ons.
 MR GREEN:           Kap ek jou, Wili?                                           10
 MOSIE:              Die tyd is nie meer dieselfde nie, boss. Hulle is meer
                     advanced as wat ek nou is. Wat ek nou gaan staan,
                     gaan hulle nie staan nie.
                                                      ***
 MOSIE:              Die nylon het gekom en vir Mama en Baby opgelaai.
                     Hulle is weggeneem selle toe. Hulle is vrae gevra           15
                     waarvan hulle die antwoorde nie geweet het nie. Oor
                     Jakkie. Toe kom die C.I.D. vir Poppie ondervrae by Mrs
                     Swanepoel se huis.
 POLISIEMAN:         Waar is jou broer ... die een vir wie hulle sê Jakkie?
 POPPIE:             Ek weet nie.                                                20
 POLISIEMAN:         Ons wil jou kinders se adres in Herschel weet.

 5.13   Wat is die verhouding tussen Mosie en Mr Green?                                     (1)

 5.14   “Wat is dit dan met die kinders, of die comrades ...?” (Reël 3)

        5.14.1       Noem DRIE feite waarna Mr Green kan verwys.                            (3)

        5.14.2       Wat kan jy aflei uit Mosie se antwoord op Mr Green se vraag of
                     hy hom ‘kap’?                                                          (1)

        5.14.3       Dis duidelik dat Mr Green homself as ’n goeie mens sien. Glo jy
                     ook dat hy ’n goeie mens is? Motiveer.                                 (1)

 5.15   Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
        letter (A–D) langs die vraagnommer (5.15) neer.

        Poppie se broer, Jakkie, was ook in die opstande betrokke. Hy het as
        mondstuk van die ... opgetree.

        A    grootmense
        B    jeug
        C    migrants
        D    polisie                                                                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                  AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                          25

 5.16   Poppie het geglo haar kinders was veilig in die tuislande toe die hel daardie
        Kersfees in die townships losgebreek het.

        5.16.1        Wat het egter met Vukile gebeur?                                           (1)

        5.16.2        Poppie se idee dat haar kinders veilig is, is ironies. Verduidelik.        (1)

        5.16.3        Jakkie het selfs sy broer, Plank, verraai. Stem jy saam met Jakkie
                      en sy vriende se metodes om teen alkohol te rebelleer? Motiveer.           (1)

        5.16.4        Sê waarom die volgende stelling ONWAAR is:

                      Poppie se Mama en Baby is in ’n privaatmotor polisiestasie toe
                      geneem.                                                                    (1)

        5.16.5        Het die polisie regverdig opgetree om vir Mama en Baby tronk toe
                      te neem? Motiveer.                                                         (1)

 5.17   Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

        Poppie se geloof in God word deurgaans in die drama gesien. Aan die
        einde van die drama (aanvaar/rebelleer) sy teen wat met haar kinders
        gebeur het.                                                                              (1)

 5.18   Die volgende gebeure het ’n rol in Poppie se lewe gespeel. Kies die gevolge
        uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter
        (A–E) langs die vraagnommers (5.18.1–5.18.4) neer.

                        KOLOM A                               KOLOM B
        5.18.1        Poppie kry werk by          A   Poppie werk lang ure vir min
                      Mevrou Swanepoel.               geld.

        5.18.2        Stone teken kontrak by      B   Poppie se kleinkind sterf a.g.v. ’n
                      ’n melkfabriek.                 dwaalkoeël.

        5.18.3        Vukile gaan met Poppie      C   Stone beland in tuberkulose-
                      Kaap toe.                       hospitaal.

        5.18.4        Poppie werk by ’n           D   Poppie het geen pas probleme
                      kwekery in Constantia.          nie.

                                                  E   Poppie se eerste kind sterf aan
                                                      kinkhoes.
                                                                                  (4 x 1)        (4)
                                                                                                [35]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2022 Deaf](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2022-deaf/48a74464-ecb5-4f1f-b140-12d7ffdc2ea4) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [Gr12 Afrikaans P2 (FAL) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-afrikaans-p2-fal-sep-2022-question-paper/80eb0dce-35fb-474b-aba8-bf1e19091f30) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May-June 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2022/f9577f6c-1445-4aca-91cc-19411cb3d2f1) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 QP GR12 SEPT2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-qp-gr12-sept2020/491ea036-8e84-408b-84cd-4a6a4a771160) — Afrikaans FAL · QP · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 QP GR12 SEP2014](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-qp-gr12-sep2014/bf18a86e-1f73-4f14-8f53-2f6b1aa74b4f) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans P2 2021 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-2021-memo/fa39593a-6800-4788-88d4-bfdf1e468aa8) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
