# Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023, 41 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 41

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 41 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                  SENIORSERTIFIKAAT

                      GRAAD 12

                   SEPTEMBER 2023

   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

PUNTE: 70

TYD:   2½ uur

                Hierdie vraestel bestaan uit 41 bladsye.

### Page 2

2              AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                      (EC/SEPTEMBER 2023)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.   MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die
     INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommers van die
     vrae oor die tekste wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vrae aandagtig
     deur en kies die vrae wat jy wil beantwoord.

2.   Die vraestel bestaan uit VIER afdelings:

     AFDELING A: Roman                       (35)
     AFDELING B: Drama                       (35)
     AFDELING C: Kortverhale                 (35)
     AFDELING D: Gedigte                     (35)

3.   Beantwoord die vrae in TWEE afdelings, soos volg:

     AFDELING A: ROMAN
     Beantwoord die vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

     AFDELING B: DRAMA
     Beantwoord die vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

     AFDELING C: KORTVERHALE
     Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale wat jy bestudeer het.

     AFDELING D: GEDIGTE
     Beantwoord die vrae oor AL TWEE gedigte wat jy bestudeer het.

4.   Gebruik die kontrolelys op bladsy 4 om jou te help.

5.   Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig.

6.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik is.

7.   Begin ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy.

8.   Bestee ongeveer 75 minute aan elke afdeling.

9.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2023)           AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                   3

 INHOUDSOPGAWE

 Kies TWEE afdelings.

 AFDELING A: ROMAN

 Beantwoord slegs EEN vraag.

                                                                         BLADSY
                                                              PUNTE
                         VRAAGNOMMER                                       NR.
 VRAAG 1:       Kringe in ’n Bos                                35          5

 VRAAG 2:       Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom      35            9

 VRAAG 3:       Meeulanders                                     35           13

 VRAAG 4:       Lien se Lankstaanskoene                         35           17

 AFDELING B: DRAMA

 Beantwoord slegs EEN vraag.
 VRAAG 5:   Poppie – Die Drama                                  35           21

 VRAAG 6:       Paljas                                          35           25

 VRAAG 7:       Fiela se kind – Die Drama                       35           29

 AFDELING C: KORTVERHALE

 Beantwoord die vrae oor ALBEI kortverhale.
 VRAAG 8.1:  “Kom ons stuur vir Tasu”                           18           33
                                   EN
 VRAAG 8.2:  “’n Hulpelose Samaritaan”                          17           35

 AFDELING D: GEDIGTE

 Beantwoord die vrae oor ALBEI gedigte.
 VRAAG 9.1:  “Ken jy die see”                                   18           37
                                 EN
 VRAAG 9.2:  “Eksamenlokaal”                                    17           40

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 4

4               AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                  (EC/SEPTEMBER 2023)

 KONTROLELYS

 Gebruik die kontrolelys om te verseker dat jy die vereiste getal vrae beantwoord.

                                                                                DUI AAN
 AFDELING                 VRAAGNOMMERS           VRAE BEANTWOORD
                                                                                  (√)
    A:   Roman                   1–4                           1
    B:   Drama                   5–7                           1
    C:   Kortverhale              8                    1 (2 kortverhale)
    D:   Gedigte                  9                      1 (2 gedigte)

 LET WEL: Maak seker dat jy vrae oor slegs TWEE afdelings beantwoord het.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2023)             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                          5

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord slegs EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

VRAAG 1: KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS A

Hy was amper twee jaar by MacDonald in die skuur toe Kate die Sondag met
die eerste gerug van goud by die skuur aankom.
“Het jy geweet daar is goud in die Bos?”
“Goud?” het hy gelag en gedink dis weer een van haar baie stories wat sy so
gereeld aangedra het.                                                                5
“Ja. Het jy dit geweet?”
“Wie sê so?”
“Mister Osborne. Hy het gisteraand by ons geëet.”
                                       ***
“Saul?” Kate het onrustig geklink. “Dit klink of jy skoon weg is . . . Miskien is
dit glad nie eers waar nie.”                                                        10
“Ja, miskien is dit glad nie eers waar nie, Kate.” Maar die hoop het skielik
soos vrees in hom gelê. “Miskien is dit waar . . .”
Daardie Maandag het oom Wiljam se wa die eerste hout van die week
gebring. Saul het sy kans afgewag en oor die werf geloop. Die laaste paar
maande het hy selde na die boswaens toe geloop; die ding waarvan Jozef              15
hom beskuldig het, het op elke wa ook gesit.
“Dag, oom Wiljam.”
“As jy kom spaai het of ek tande onder die hout het, kan jy maar omdraai!” het
die ou man stuurs gesê.
“Ek spaai vir niemand nie, oom. Ek het kom groet en wou sommer vra of oom-          20
hulle dalk iets van die goud-stories gehoor het?”

1.1     Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woorde in
        te vul. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.1.1–1.1.4) neer.

        Saul het (1.1.1) ... jaar gewag, voordat hy MacDonald se aanbod om vir hom
        te kom werk, aanvaar het. Kate het elke (1.1.2) ... middag vir Saul kom kuier,
        want hy het haar aan (1.1.3) ... laat dink wat ook in ’n skuur gewoon het.
        Tydens haar besoeke het sy aan haar ouers vertel dat sy by haar
        boesemvriendin, (1.1.4) ... kuier.                                                    (4)

1.2     “toe Kate die Sondag met die eerste gerug van goud by die skuur aankom.”
        (Reël 1–2)

        Wat word met hierdie woorde geïmpliseer?                                              (1)

1.3     “Maar die hoop het skielik soos vrees in hom gelê.” (Reël 11)

        Verduidelik hoekom Saul se gedagtes ironies is.                                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

6                AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                     (EC/SEPTEMBER 2023)

1.4     Saul was sy hele lewe lank gebrandmerk.

        Kies die gevolg uit KOLOM B om by die gebeure in KOLOM A te pas.
        Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.4) neer.

                          KOLOM A                                 KOLOM B
        1.4.1     Saul het geweier om die kalander   A      Saul besef die bosmense
                  af te kap.                                lewe én glo ’n leuen.

        1.4.2     Joram het in die hof verskyn.      B      Saul word “as wild and
                                                            dirty” beskryf.

        1.4.3     Saul vergelyk die bosmense met     C      Saul word deur sy pa as ŉ
                  wurms wat die appel van binne af          opstandeling gesien.
                  vrot vreet.

        1.4.4     Saul het die bloubokkie se kop     D      Jozef beskuldig Saul dat hy
                  oopgekap.                                 ’n verraaier is.

                                                     E      Joram weier om verder
                                                            saam met Saul te werk.
                                                                                (4 x 1)         (4)

1.5     Lees reëls 18–19.

        Kies die korrekte antwoord uit dié tussen hakies.

        Uit oom Wiljam se woorde kan ons aflei dat hy Saul (vertrou/nie vertrou nie).       (1)

1.6     MacDonald het vir Saul onderskat toe hy gedink het dat die bosmense dom
        is.

        Noem TWEE redes waarom hierdie stelling WAAR is.                                    (2)

1.7     Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
        (A–D) langs die vraagnommer (1.7) neer.

        Mister Osborne, wat die gerugte van goud versprei het, was ’n ...

        A       prospekteerder.
        B       voëlkenner.
        C       paaiekontrakteur.
        D       spaaier.                                                                    (1)

1.8     Waarom kan jy verstaan dat Saul, ten spyte van oom Wiljam se houding,
        nogtans met hom gaan praat het?                                                     (1)

1.9     Stem jy saam met Saul dat die bosmense eerste reg op die goud het?
        Motiveer.                                                                           (1)

1.10    Dink jy dat MacDonald ’n goeie werkgewer vir Saul was? Motiveer.                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2023)                AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                         7

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS B

“Kan ’n grootvoet ’n mens uitsoek en hom dophou? Nie elke dag nie, maar
veral wanneer iets met daardie mens gebeur.”
“Jou mond vra nog altyd ’n ding wat jou hart nie vra nie.”
“Ek kry die gevoel dat Oupoot my dophou. Jare lank al.”
Dit het gelyk of ou Maska skrik. Hy het sy eie katotjie vinnig neergesit,               5
omgedraai en vreemd na Saul gekyk.
“Oupoot hou jou dop, sê jy?” Daar was skielik iets in die ou man wat hy nie
kon peil nie. “Al jare, sê jy?”
“Miskien verbeel ek my, Maska, maar elke keer as dinge met my gebeur, is
Oupoot iewers in my pad. Die eerste keer was toe Ma weg is. Tussenin elke              10
keer as ek in die moeilikheid was. Vroeër vanaand het ek hom op pad
Meulbos toe gekry. Die wind was teen my, hy het my gesien en net daar
gestaan.”
Maska het hom aangestaar asof dit die eerste keer is dat hy hom sien. “Dan
is dit so,” het hy verslae gesê.                                                       15
“Wat?”
“Lat hy jou dophou. Lat jy sy broer is. Lat jy die grootman van die Bos se
broer is. Ek sal môre met Jozef praat omlat hulle jou so beoordeel omlat jy
tussen vreemdes loop staan het en jou eie verraai het.”
“Ek het niemand verraai nie, Maska!”                                                   20

1.11    “Ek kry die gevoel dat Oupoot my dophou. Jare lank al.” (Reël 4)

        Op watter geleenthede het Oupoot vir Saul dopgehou? Noem TWEE
        geleenthede wat nie in die uittreksel genoem word nie.                                  (2)

1.12    “Die wind was teen my, hy het my gesien en net daar gestaan.” (Reël 12)

        1.12.1        Kies die korrekte antwoord uit dié tussen hakies.

                      Hierdie stelling beteken dat die wind (na Saul se rigting/van Saul se
                      rigting) waai.                                                            (1)

        1.12.2        Waarom is die windrigting belangrik wanneer die mense voor olifante
                      te staan kom?                                                             (1)

        1.12.3        Dink jy dat daar regtig ’n mens-en-dierbroer verhouding tussen die
                      olifant en mens kan bestaan? Motiveer.                                    (1)

1.13    Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
        (A–D) langs die vraagnommer (1.13) neer.

        Jozef het altyd geglo dat Saul hulle verraai het omdat hulle gedink het Saul
        het ...

        A     vir Crompton gesê hulle kap onwettig hout.
        B     vir Harrison gesê hulle bure kap hout.
        C     vir Harrison gesê hulle kap onwettig hout.
        D     vir Harrison vertel hulle skiet olifante.                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

8              AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                        (EC/SEPTEMBER 2023)

1.14    Maska is, soos baie bosmense, bygelowig en het nooit na Oupoot as ’n olifant
        verwys nie. Waarom sou hulle nooit die woord olifant gebruik nie?                        (1)

1.15    Maska het ook nie geglo dat Oupoot skuldig is aan klein Joram se dood nie.
        Hoe sou hy verhoed dat Jozef en Terblanche vir Oupoot skiet?                             (1)

1.16    Waarom wou Saul vir Oupoot skiet?                                                        (1)

1.17    Verduidelik die ironie in hoe Oupoot uiteindelik gesterf het.                            (2)

1.18    Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die regte VOLGORDE neer:

        •   Kate vertel Saul dat sy ’n stuk erf gekoop het, maar sy het nie geld om dit
            te betaal nie.
        •   Martiens het Saul vrygestel van Arend se dood.
        •   Saul leen Maska se geweer om Oupoot te skiet.
        •   Ou Sanna bly nog op groot Eiland en Saul het haar twee goue
            muntstukke gegee.                                                                    (4)

1.19    Saul en Jozef het in hulle kinderjare ’n goeie verhouding gehad.
        Noem EEN insident hoe Jozef hom gehelp het.                                              (1)

1.20    Glo jy dat Saul en Jozef dalk hulle goeie verhouding weer sal herbou?
        Motiveer.                                                                            (1)
                                                                                            [35]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2023)             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                        9

VRAAG 2:       DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM –
               Marita van der Vyver

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS C

Liewe Leser, teen dié tyd het jy seker al agtergekom hoekom my gesin my
Hanna Hoekom noem.
Mana sê my eerste woorde, toe ek tien maande oud was, was hoetom. (Ek
kon nie ’n -k sê tot kort voor my tweede verjaarsdag nie.) Nie mamma of
pappa soos normale babas nie, (sê Mana trots) maar die grootste              5
filosofiese vraag van alle tye: Hoekom?
Liewe leser, wat anders kon ek sê? Mamma was ’n onbekende woord, want
Mana het haarself nooit só genoem nie. En pappa was nie net ’n
onbekende woord nie, dit was heeltemal ’n onbekende begrip. Toe ek tien
maande oud was, het Gavin lankal nie meer saam met ons gewoon nie.          10
Nee, hulle is nie kwaad uit mekaar nie, hulle het vooraf besluit sy sou my
alleen grootmaak. Gavin sou nie babakots op sy modieuse klere kon
hanteer nie.
As jy my vra (nie dat iemand my al ooit gevra het nie), was my eerste woord
’n gil van woede. Hoekom kan ek nie maar ’n normale baba met ’n normale 15
ma en pa wees nie?
En nou is ek vasgekeer op ’n berg waar ek oor tien dae my vyftiende
verjaardag moet vier, saam met my abnormale ma, my ingewikkelde gesin,
my beste vriendin en – wait for this –my pa met die peroksiedhare. Ek was
vreeslik dankbaar toe Sharon vra of sy nie ook so ’n stukkie van hierdie    20
vreemde wittebrood saam met my kan kom hou nie.

2.1    “Liewe Leser, teen dié tyd het jy seker al agtergekom ...” (Reël 1)

       2.1.1    Watter soort verteller tref ons in die uittreksel aan?                   (1)

       2.1.2    Verklaar waarom Hanna die lesers as “Liewe Leser” aanspreek.             (1)

       2.1.3    Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                Hanna het vir haar ’n alter-ego geskep wie se naam (Fabienne/
                Fatima) is.                                                              (1)

       2.1.4    Voltooi die volgende sin deur die ontbrekende woord neer te skryf.

                Die feit dat Mana trots was dat Hanna nie soos ’n normale baba
                ontwikkel het nie, dui op haar ... geaardheid.                           (1)

2.2    Hanna beskryf haar gesin as ingewikkeld. Verduidelik die stelling deur na
       die Hanna en Tibo se oorsprong te verwys. Noem TWEE feite.                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

10             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                     (EC/SEPTEMBER 2023)

2.3    Kies die antwoord wat NIE korrek is NIE, om die sin mee te voltooi. Skryf
       slegs die vraagnommer (2.3) en die letter (A–D) neer.

       Hanna sien die vakansie saam met haar gesin as ’n straf omdat ...

       A    hulle sonder elektrisiteit is.
       B    hulle elke dag in die vars lug moet gaan stap.
       C    haar biologiese pa hulle gaan besoek.
       D    sy nie vir haar gesin lief is nie.                                         (1)

2.4    “As jy my vra (nie dat iemand my al ooit gevra het nie), was my eerste woord
       ’n gil van woede.” (Reël 14–15)

       2.4.1   Sou jy sê dat Hanna rede het om vir haar ouers woedend te wees?          (1)

       2.4.2   Noem EEN van die dinge waarop sy, as gevolg van haar eksentrieke
               ma, uitmis.                                                              (1)

2.5    Dink jy Gavin se werk kon sy besluit beïnvloed het om nie deel van Hanna
       se lewe te wees nie? Motiveer.                                                   (1)

2.6    2.6.1   Na wie dink jy, aard Hanna die meeste? Gavin of Mana? Motiveer
               jou antwoord.                                                            (1)

       2.6.2   Sou sy, volgens jou, na enigiemand wou aard? Motiveer.                   (1)

2.7    Kies die korrekte antwoord uit dié tussen hakies:

       Hanna het vir haar ma toe-oog afsprake gereël, maar dit het misluk omdat
       Mana geweier het om ’n verfkol van haar (hande/wang) af te was.                 (1)

2.8    In enige roman is daar gebeure en gevolge.

       Kies die gevolg uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf
       slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (2.8.1 tot 2.8.4) neer.

                    KOLOM A                               KOLOM B
       2.8.1    Anne Frank het gesterf.         A   Mana skrop die vloere.

       2.8.2    Margot weier om rooivleis te    B   Die familie kan op die berg
                eet.                                wittebrood hou.

       2.8.3    Beyers se vriend leen vir die   C   Hanna se halfbroers sien
                gesin sy huis.                      hulle ma na ’n jaar.

       2.8.4    Margot kry ’n rol in ’n Suid-   D   ’n Jong persoon        raak ’n
                Afrikaanse fliek.                   beroemde skrywer.

                                                E   Margot het ’n gesonde
                                                    liggaam.
                                                                             (4 x 1)    (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2023)             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                         11

 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 TEKS D

 “Gavin, poplap, ek woon in Los Angeles,” het sy op ’n baie snedige manier
 gesê. “Ek kan in dieselfde restaurant as Tom Cruise of Bruce Willis gaan
 eet. Ek het nie hierdie konsertjie nodig nie.”
 “Margot, my engel, drop your act. Ons weet almal jy’s nie wat jy voorgee om
 te wees nie.”                                                                        5
 “Wat presies bedoel jy? My engel?”
 “Net wat ek sê, Poplap. Hou op om jou soos ’n bedorwe brokkie uit Hollywood
 te gedra.”
 Stel jou dit voor, liewe leser. Twee koninginne wat mekaar takel. “Ek sal
 eerder ’n bedorwe brokkie in Hollywood wees as ’n ... as ’n modepop in              10
 Johannesburg!”
 “Ek ken my beperkinge, my engel. Anders as sommige van ons. Ek wéét ek
 het nie genoeg talent vir die buiteland nie.”
 “Jy bedoel jy weet jy’t nie genoeg guts vir die buiteland nie.”
 Hulle het mekaar van kop tot tone sleggesê. En net toe ek dog nou’s daar            15
 sweerlik niks oor om te sê nie, nou gaan hulle mekaar letterlik in die hare
 vlieg, toe slaan Gavin Margot se voete onder haar uit. Deur haar ’n
 kompliment te gee!

 2.9     Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die regte VOLGORDE
         neer:

          •   Sharon vertel vir Hanna van haar ouma in die Karoo.
          •   Hanna kry ’n boek van Beyers vir haar verjaarsdag.
          •   Pampoen en Patat het verdwyn.
          •   Die familie stap elke oggend vroeg in die berge.                              (4)

 2.10    Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
         (A–D) langs die vraagnommer (2.10) neer.

         “Stel jou dit voor, liewe leser. Twee koninginne wat mekaar takel.” (Reël 9)

         Hierdie woorde van Hanna wys dat ...

         A      sy bekommerd is dat Gavin en Margot stry.
         B      sy geamuseerd is dat Gavin en Margot stry.
         C      sy geskok is dat Gavin en Margot stry.
         D      sy die leser op ’n interessante manier by die paartjie se stryery betrek.    (1)

 2.11    Hoekom is dit ironies dat Hanna na Gavin en Margot as twee koninginne
         verwys?                                                                             (2)

 2.12    Waarom kan jy verstaan dat Margot nie gelukkig was om in die berge
         vasgekeer te wees nie?                                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

12             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                   (EC/SEPTEMBER 2023)

2.13   “Net wat ek sê, Poplap. Hou op om jou soos ’n bedorwe brokkie uit
       Hollywood te gedra.” (Reël 7–8)

       Noem DRIE redes waarom Margot as ’n bedorwe brokkie gesien kon word.           (3)

2.14   Waarom kan ons verstaan dat Yann nie, soos Amos, baie spontaan met sy
       ma was nie?                                                                    (1)

2.15   Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

       Hierdie verhouding tussen Yann en Sharon het Hanna (jaloers/gelukkig)
       laat voel.                                                                     (1)

2.16   Hoe het Margot later Hanna en die res van die familie se siening oor haar
       verander?                                                                      (2)

2.17   Gavin het gesê dat hy Hanna se naam Fabienne sou gee as hy ’n keuse
       gehad het.

       Hoekom is dit ironies?                                                         (1)

2.18   Aan die einde van die boek het Hanna rede gehad om haar pa te bewonder.
       Motiveer die stelling.                                                         (1)

2.19   Wat, dink jy, is die boodskap uit Hanna se aanvaarding van haar
       omstandighede?                                                                (1)
                                                                                    [35]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/SEPTEMBER 2023)             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                         13

VRAAG 3: MEEULANDERS – Esta Steyn

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS E

“Toemaar, kaptein. Dis nie ons weë nie. Die Here sal voorsien.”
“Ek hoop jou geloof is groot genoeg vir ons almal, Jannerik.”
“Hy’s groot, kaptein,” en sy ou gesig het stil geword in die lig van die vuur.
“Baie groot.”
Hulle is terug kombuis toe. Ryna het gebukkend by die tafel gestaan. Sy was     5
besig om mond-tot-mond asemhaling op die ou babatjie toe te pas. Sy’t orent
gekom. Ag nee! Ag ... Here, nee!
Sy’t die kind opgetel en hartverskeurend begin huil. Sy’t na Jacob gekyk waar
hy by die deur vasgenael bly staan het en haar oë het van die ergste vertel.
“Jacob ... “                                                                   10
Hy’t die kind uit haar arms geneem. Hy het die kombersie van die koppie
afgetrek en wanhopig na die stil gesiggie gekyk. En sy oor teen die mondjie
gedruk en sy kop geskud.
En toe het Kinnie se kind ’n skreeu-geluidjie in die bruin sak gegee.
Daar was meteens ’n heilige stilte tussen die drie mense in die kombuis op 15
Meeuland.
Ons het woordeloos na mekaar gekyk. Jacob en Jannerik en ek. En die een
het geweet wat die ander dink. Ons het kontrak geteken sonder pen of papier.
En ons het mekaar belowe dat geen mens ooit sou weet nie. Jannerik sou vir
Ousanna sê dat Kinnie se kind gesterf het. Voor die dag gebreek het, het 20
Jacob ’n kissie gemaak.

3.1    Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woorde in
       te vul. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.4) neer.

       Ryna het vir (3.1.1) ... jaar na Meeuland gekom omdat sy kwansuis navorsing
       oor (3.1.2) ... moes doen. Die eintlike rede is dat sy ontslaan is uit (3.1.3) ...
       nadat haar man, Vincent (3.1.4) ... gepleeg het.                                       (4)

3.2    Lees reël 1–2.

       Kies die KORREKTE woord tussen hakies.

       Met Jacob se woorde kan ons aflei dat hy baie (gelowig/bekommerd) is.                  (1)

3.3    “Die Here sal voorsien.” (Reël 1)

       Wat moes die Here voorsien, volgens Jannerik?                                          (1)

3.4    Verduidelik wat daardie aand met Elsabet gebeur het. Noem TWEE dinge.                  (2)

3.5    Kinnie het van maaggriep gesterf.

       Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is.                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

14               AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                    (EC/SEPTEMBER 2023)

3.6    Die volgende persone van Meeuland en Salamanderbaai het ’n rol in Ryna
       se lewe gespeel.

       Kies die KORREKTE beskrywing uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM
       A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (3.6.1 tot 3.6.4)
       neer.

                  KOLOM A                                KOLOM B
       3.6.1     Jacob                 A    Kon identifiseer met Ryna se pyn en het
                                            ’n boom geplant sodat die pyn daarin kan
                                            groei.

       3.6.2     Attie                 B    Het gevra dat Ryna namens hom ’n leuen
                                            moet vertel.

       3.6.3     Jannerik              C    Het vir Ryna laat voel dat iemand haar
                                            nodig het.

       3.6.4     Janka                 D    Het aanvanklik gedink Ryna is ’n man.

                                       E    Het van werk verander om naby Ryna te
                                            wees.
                                                                           (4 x 1)        (4)

3.7    Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
       (A–D) langs die vraagnommer (3.7) neer.

       Jacob kan homself blameer oor wat met Elsabet gebeur het, want ...

       A       sy was op Meeuland vasgevang.
       B       hy wou nie hê sy moes op Salamanderbaai bly om daar geboorte te gee
               nie.
       C       sy wou nie haar kind op Meeuland grootmaak nie.
       D       hy kon nie ’n groot genoeg vuur maak nie.                                  (1)

3.8    Waarom kan mens verstaan dat Kinnie se kind se gehuil ’n heilige stilte tot
       gevolg gehad het?                                                                  (1)

3.9    Wat was die woordelose kontrak wat tussen die drie geteken was? Noem
       TWEE feite.                                                                        (2)

3.10   Watter les leer jy uit Jannerik se geloof?                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/SEPTEMBER 2023)            AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                       15

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS F

“Attie sê vir my jy gaan saam troue toe?”
“Ek gaan, ja,” sê sy sag en voel onmiddellik sy onderdrukte opstand aan.
“Julle weet hoe Fred haar hier kom wegraap het ... maar wat Fred se karre ry,
is Attie. Hulle verkiesingskarre ... hulle trou-karre ...”
“Elsabet het hom gevra,” sê sy en begin Janka se badgoed opruim. “Hy kon           5
nee gesê het. Jy ook.”
Sy bly ’n ruk stil, voel hoe hy antagonisties na haar kyk. ’n Warboel van emosies
stoot in haar op. “Sy’s nog altyd my vriendin. En hiér ... lê my verbintenis met
haar.”
                                          ***
Ryna staan oorstelp voor haar: “Elsabet! Jy lyk pragtig. Pragtig.”                10
“Kom in. Dit voel of ek droom.”
Sy maak die deur agter hulle toe en vir ’n paar oomblikke staan die twee vroue
doodstil teenoor mekaar.
“Ek hoop jy gaan gelukkig wees ... hier aan die oorkant.”
 “Ek sal. Ek weet ek sal. Ek is so bly jy’t gekom. Jy en Attie. Julle twee is     15
ál mense van my ... wat daar sal wees. Ek voel nogal vreemd ... en bangerig.”
Sy kyk dringend na Ryna. “Hoe gaan dit ... met Jacob? Hoe gaan dit regtig met
hom?”
“’n Mens sal seker nooit weet hoe dit regtig met hom gaan nie.”
                                          ***
“So nou word ons family ... Sussie. Ek mind nie. Ek hou van sulke sexy            20
sussies.”

3.11    Skryf die volgende gebeure onder mekaar in die regte VOLGORDE neer.

        •   Ousanna gaan bly by Doreen-hulle.
        •   Ryna ontdek vir Janka in Jannerik se kamer.
        •   Sheila pleeg selfmoord.
        •   Elsabet se baba sterf by geboorte.                                              (4)

3.12    Stem jy saam dat Attie en Ryna liewers nie troue toe moes gaan nie?
        Motiveer.                                                                           (1)

3.13    Noem TWEE redes waarom ons kan sê dat Fred groot invloed in
        Salamanderbaai gehad het.                                                           (2)

3.14    “Ek sal. Ek weet ek sal.” (Reël 15)

        Verduidelik hoe haar woorde later ironies geraak het.                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

16             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                    (EC/SEPTEMBER 2023)

3.15 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
     letter (A–D) langs die vraagnommer (3.15) neer.

      “ ... En hier ... lê my verbintenis met haar.” (Reël 8)

      Ryna se verbintenis met Elsabet is dat ...

      A     sy haar eerste aand op Meeuland, by hulle gaan eet het.
      B     sy vir Elsabet gehelp het tydens die geboorte van haar kind.
      C     sy gehelp het om Janka groot te maak.
      D     sy en Elsabet ’n geheim gedeel het.                                          (1)

3.16 Skalla word as die ‘swartskaap’ in die Blanckenberg familie uitgewys.
     Op watter manier het hy sy skoonsusters se lewens verwoes? Verwys in jou
     antwoord na Sheila sowel as Elsabet se lewe.                                        (2)

3.17 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

      Skalla het nie net sy skoonsusters se lewens verwoes nie, maar hy het
      veroorsaak dat (Matthys/Attie) in die tronk beland.                                (1)

3.18 Ryna het ook ander goeie vriende op Salamanderbaai gemaak.

      Sou jy saamstem dat Doreen iemand is wat ’n mens kan respekteer?
      Motiveer.                                                                          (1)

3.19 Wat kan jy oor ouerskap uit Hermanus Blanckenberg se optrede leer?                  (1)

3.20 “’n Mens sal seker nooit weet hoe dit regtig met hom gaan nie.” (Reël 19)

      Is dit reg dat Ryna hier Elsabet se gevoelens gespaar het? Motiveer.               (1)

3.21 Fred Blanckenberg het probeer om op te maak vir al sy sondes wat hy in die
     verlede gepleeg het.

      Verskaf TWEE redes hoe hy dit probeer doen het.                                   (2)
                                                                                       [35]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 17

(EC/SEPTEMBER 2023)            AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                           17

 VRAAG 4: LIEN SE LANKSTAANSKOENE – Derick van der Walt

 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 TEKS G

 Lien skryf byna outomaties “prokureur” op haar vormpie. Sy kyk verbaas
 na wat sy geskryf het. Prokureur. Dit klink vir haar skielik soos
 brandweerman of ruimtevaarder of speurder. Prokureur was al die jare
 die plan gewees, maar al-daai-jare is lankal verby. Sy oorweeg dit om die
 woord dood te krap en iets soos “tuisteskepper” of “sakkiepakker by                 5
 Checkers” te skryf. Sy twyfel of meneer Bruwer sal dink dis snaaks.
 Sy wil eintlik “weg” skryf. Hoe kry ’n mens “weg” reg?

                                        ***
 Lien land in ’n groepie made in hell. Die klein, maer Miemie Spies met die
 dik bril en die yl haartjies sal sy nog kan handle, al is sy weird verby. Dat
 Miemie in die regte belangstel, is moeilik om te glo, maar dis dalk                 10
 moontlik. Die terterige Sally Swanepoel is ’n ander storie. Sy kan die
 meisie nie verdra nie, en te oordeel na die seuns se geskinder, sal Sally
 dit ná skool waarskynlik nie verder as Adéle’s Escort Agency maak nie.
 Regte!
 En dan is daar Hein Venter.                                                         15
 Lien kan nog nie oor Hein besluit nie. Hy lyk ouer as die ander seuns. Hy
 het al harde baard van jare se skeer. Hy is nie besonder lank nie, maar hy
 is baie fris. Dit laat hom groter lyk as wat hy is. Hy het ’n prominente
 neus. Blonde krulhare, bietjie kroeserig.

 4.1    Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woorde
        neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers
        (4.1.1 tot 4.1.4) neer.

        Lien-hulle is besig met ’n taak vir (4.1.1) ... om oor hulle post-matriek (4.1.2)
        ... navorsing te doen. Lien het gekies om ’n prokureur te word omdat haar
        (4.1.3) ... ’n prokureur is. Lien glo nie dat sy dit sal word nie en beplan om na
        matriek (4.1.4) ... te gaan.                                                            (4)

 4.2    Gee TWEE feite waarom Lien se plan om prokureur te word, verander het.                  (2)

 4.3    Stem jy saam dat Lien negatief teenoor die leerders in haar LO-groep was?
        Motiveer.                                                                               (1)

 4.4    Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
        (A–D) langs die vraagnommer (4.4) neer.

        Lien het geleer dat baie leerders nie perfekte ouers het nie. Sy was dus
        verbaas toe sy ... se ouers ontmoet en hulle baie normaal voorkom.

        A     Wouter
        B     Sally
        C     Hein
        D     Miemie                                                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 18

18               AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                     (EC/SEPTEMBER 2023)

4.5    Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi:

       Lien het later met Miemie vriende geraak, want Miemie het haar na die
       (Spur/Wimpy) genooi om haar verjaarsdag te vier.                                    (1)

4.6    Waarom kan jy verstaan dat Lien nie gretig was om met Miemie vriende te
       word nie? Noem TWEE redes.                                                          (2)

4.7    Lien beskryf Miemie as “weird”. Hoekom dink Lien aan Miemie as “weird”?             (1)

4.8    Hein is ’n voorbeeld van iemand wie se ouers hom dwing om bo sy potensiaal
       uit te styg.

       Sê waarom hierdie stelling WAAR is.                                                 (1)

4.9     Is dit aanvaarbaar vir ouers om druk op hulle kinders te plaas om akademies
        uit te styg? Motiveer.                                                             (1)

4.10    Kies die gevolg in KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf
        slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (4.10.1 tot 4.10.4) neer.

                        KOLOM A                            KOLOM B
        4.10.1       Lien se ma daag dronk     A   Lien en Wouter het ’n argument.
                     by die skool op.

        4.10.2       Juffrou Breytenbach       B   Lien kry werk by die
                     praat met Lien oor haar       haarkappersalon.
                     houding.

        4.10.3       Die rekwisietekamer       C   Lien en Agnes bots in mekaar.
                     word reggepak.

        4.10.4       Sue-Ellen is op           D   Sally vertel van haar pa wat
                     kraamverlof.                  dagga rook.

                                               E   Lien lyk soos ’n prostituut/Julia
                                                   Roberts.
                                                                               (4 x 1)     (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 19

(EC/SEPTEMBER 2023)               AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                      19

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS H

“Hoe doen jy vandag?” probeer Lien ’n geselsie aanknoop.
Roos sê niks nie. Sy teug aan haar sigaret en kyk vir die karre wat by hulle
verbyry. Sy blaas die rook behaaglik in die lug. Sy staan op en trap die
stompie met haar hak dood. Dan stap sy in die rigting van die sentrum se
toilette.                                                                          5
Lien volg haar traag. Sy kan nie verstaan waarom die vrou niks van haar
hou nie. Sy wag vir Roos by die deur en hulle stap saam terug. Hulle
praat nie ’n woord nie.
Skielik begin Roos vinniger stap. Lien moet uithaal om by te hou. Roos
buig vooroor en sy knyp die handsakkie al hoe stywer onder haar arm               10
vas. Haar treë word al hoe langer. Sy lyk nogal soos ’n kameel op spoed.
Lien kan eers nie verstaan wat aangaan nie, toe sien sy die mannetjie op
haar hoek staan. Hy het ’n gryserige broek aan wat heeltemal te groot is
vir hom en met ’n flenterbelt om sy middel geryg is. Sy groen hemp is
verbleik en hy hou sy hand bak vir die karre wat verbyry.                         15

4.11    Skryf die volgende gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer.

        •   Lien kry vir Braam ’n borgskap by Dirkie en Donovan.
        •   Wouter bestuur Christien se kar van die skool af, huis toe.
        •   Lien bedank by Tant Malie se Tuin.
        •   Sue-Ellen keer terug Millennium Creations toe, na haar kraamverlof.             (4)

4.12    “Hoe doen jy vandag?” probeer Lien ’n geselsie aanknoop. (Reël 1)

        4.12.1        Wat is die ruimte van die bogenoemde uittreksel?                      (1)

        4.12.2        Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.                     (1)

        Tibbey het nie daardie dag saam met hulle gebedel nie, want hy het (in die
        rolbalklub se tuin gewerk/by die bofbalklub karre opgepas).

        4.12.3 Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.12.2.                                       (1)

4.13    Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
        letter (A–D) langs die vraagnommer (4.13) neer.

        Lien het besef Roos is ’n ... vriendin, nadat sy vir Johnny van Lien se
        staanplek weggejaag het.

        A     ernstige
        B     onvriendelike
        C     lojale
        D     koue                                                                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 20

20               AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                       (EC/SEPTEMBER 2023)

4.14    Wat is ironies aan die situasie met Johnny en die staanplek?                         (2)

4.15    Lien se bedelaarsvriende het haar gehelp om ’n sukses van haar werk as
        bedelaar te maak. Motiveer hierdie stelling deur te noem wat elk van die
        volgende bedelaars vir Lien geleer het:

        •   Tibbey
        •   Roos                                                                             (2)

4.16    Dit was nie vir Lien maklik om te bedel nie.

        Motiveer die stelling deur na die volgende te verwys:

        4.16.1       Lien se uitdagings wat sy op die straat ervaar het.
                     Noem EEN feit.                                                          (1)

        4.16.2       Watter les leer jy uit Lien se besluit om aan te hou bedel in plaas
                     van haar vorige werk by Millennium Creations te aanvaar?                (1)

4.17    Verduidelik wat Lien se agtiende verjaardag spesiaal gemaak het.
        Noem slegs EEN feit.                                                                 (1)

4.18    Noem EEN karakter, wat volgens jou, ’n groot impak op Lien gemaak het.
        Motiveer jou antwoord.                                                               (1)

4.19    Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi:

        Die verhaal sluit af waar Christien op ’n spesiale manier vir Lien bewys dat
        sy nog haar ma, die (klavieronderwyseres/kitaaronderwyseres) is.                    (1)
                                                                                           [35]

                                                              TOTAAL AFDELING A:             35

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 21

(EC/SEPTEMBER 2023)             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                      21

AFDELING B: DRAMA

Beantwoord slegs EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

VRAAG 5: POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS I

MAMA (roep by die kombuisdeur). Skoonseun! (Draai om na Poppie.)
Hy wag al vir jou vandat hy uit die werk gekom het.
POPPIE. Het hy dan werk gekry? Hoe hy ook al sukkel, hy kan mos g’n
permit kry nie. (Stone kom binne, Poppie gaan staan by hom. Mama
skink tee.) Waar is Mosie, Mama?                                                5
MAMA. Hy sing vanaand. Die kerk-group het hom kom vra om te sing.
POPPIE (ken nie die gevoel wat in haar hart kom nie). Sê vir hom hy kan
vir my part ook sing.
MAMA. Hauk! Wat het jy dan nou teen Mosie?
POPPIE. Hy en die ander daar in Sea Point ... hulle is vier wat vir twee       10
mense werk, en ek is een wat vir nege werk. Ek is moeg, Mama. (Sy
leun vooroor, drink nie tee nie.) Ek moet nou loop, Mama, anders kry ek
nie die bus nie.
                                     ***
STONE. Ek gaan saam met haar terug. Eers met die bus van Nyanga
na Claremont, dan met die trein na Wynberg, dan met die bus na                 15
Constansie. Ons wag ieder keer lank, maar dit gee ons kans om te praat
met mekaar, soos ons nie by die huis kon praat nie. (Aan Poppie.) Jy
moet nou stilbly. Ek het my permit gekry.
POPPIE. Hoe’t jy dit gekry?
STONE. Ek het kontrak gevat.                                                   20

5.1      Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woord(e)
         neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (5.1.1 tot
         5.1.4) neer.

         Poppie se probleme het begin omdat sy met Stone getrou het wat van (5.1.1)
         ... kom. Sy het by haar ouma op Upington grootgeraak, maar het
         Lambertsbaai toe getrek en by die (5.1.2) ... gewerk. Hulle is gedwing om
         Kaapse vlakte toe te trek, deurdat die munisipaliteit die huise (5.1.3)
         ... het. Volgens wet kon die (5.1.4) ... aanbly, maar die vrouens en kinders
         wat leeggelê het, moes weggaan.                                                  (4)

5.2      Verduidelik waarvoor Stone ’n permit nodig gehad het. Gee TWEE redes.            (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 22

22             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                      (EC/SEPTEMBER 2023)

5.3    Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
       letter (A–D) langs die vraagnommer (5.3) neer.

       Poppie se eerste woonplek in die Kaap was in ...

       A     Nyanga.
       B     Langa.
       C     Philippi.
       D     Elsiesrivier.                                                                 (1)

5.4    (ken nie die gevoel wat in haar hart kom nie.) (Reël 7)
       Wat kan ons oor Poppie se karakter uit hierdie woorde aflei?                        (1)

5.5    Die lewe in die Kaap het Poppie onregverdig behandel.

       Kies die gevolg uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf
       slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (5.5.1 tot 5.5.4) neer.

                KOLOM A                                     KOLOM B
       5.5.1 Mevrou Retief probeer          A    Mama kry elke 6 maande, daarna
             Poppie help.                        elke jaar ‘extention’.

       5.5.2 Mama gaan sien vir Mr.    B         Poppie en Stone betaal ‘Damage’
             Strydom oor haar papiere.           geld.

       5.5.3 Bonsile maak ’n meisie in      C    Stone kry ’n     naweek      uit   die
             Mdantsane swanger.                  hospitaal af.

       5.5.4 Poppie verwag vir “Week-       D    Poppie kry ’n telegram was sê:
             end”.                               verwag geld.

                                            E    Poppie se legger is “Under
                                                 Investigation”.
                                                                               (4 x 1)     (4)

5.6    Stone het die verkeerde keuse gemaak om kontrak te vat.

       Sê waarom hierdie stelling WAAR is.                                                 (1)

5.7    Kies die korrekte antwoord uit dié tussen hakies.

       Ons kan uit die uittreksel aflei dat Poppie (jaloers/trots) op Mosie was omdat
       sy lewe in die Kaap, makliker as hare was.                                          (1)

5.8    “Sy leun vooroor, drink nie tee nie.” (Reël 12)

       Waarom is hierdie toneelaanwysings effektief?                                       (1)

5.9    Waarom kan ons verstaan dat Stone en Poppie se huwelik onder hulle
       omstandighede gely het?                                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 23

(EC/SEPTEMBER 2023)             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                          23

5.10    Hoe sou jy reageer, as jy in Poppie se skoene was, op die nuus wat Stone
        haar oor die kontrak meegedeel het?                                                     (1)

5.11    Stem jy saam met Poppie se optrede dat haar kind haar nie moet sien
        wanneer sy loop nie?                                                                    (1)

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS J

POPPIE. Hoekom is jy so ’n groot worrie vir Mama?
JAKKIE. Ons doen nie slegte goed nie, Sisi.
POPPIE. Die busse is flenters en die skole brand en die kinders is dronk
op straat, en jy sê dis nie slegte goed nie. Hê, Jakkie? Phendula!
Jakkie stap weg.                                                                    5
MAMA (begin weer huil). En hulle sê hy’s ’n leader.
MOSIE. My sustertjie, ek like nie hierdie riots nie, ek like dit nie dat die
kinders die owerhede tease en seerkry nie, of lat hulle my kar stop en
skree donate! donate! totlat ek vir hulle petrol vir hulle petrol bombs uittap
nie. Maar my sustertjie, ek kan dit nie help nie, daar’s iets in my                 10
hart wat sê: At last. Maar ek druk dit af in my hart, want hierdie manier is
nie die Here se manier nie. En dan kom dit weer in my hart: At last.
POPPIE. Nóú baklei julle. Hoekom het julle nie vir my baklei toe ek so
swaar gekry het nie?
JAKKIE (staan by kinders). Ek baklei vir jou, Sisi. Ek baklei vir jou en            15
jou kinders. Ek gooi die klippe nie teen die nylons nie, maar teen die wet.

5.12    Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die regte VOLGORDE neer.

        •    Poppie vertrek Mdantsane toe.
        •    Poppie kry inslaap werk in Constantia.
        •    Mevrou Swanepoel help Poppie met haar pasboekie.
        •    Stone kry werk in Philippi.                                                      (4)

5.13    Noem DRIE dinge wat Jakkie gedoen het (wat NIE in die uittreksel genoem
        word NIE) waarmee Poppie nie saamgestem het nie.                                      (3)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 24

24               AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                         (EC/SEPTEMBER 2023)

5.14    “Nóú baklei julle. Hoekom het julle nie vir my baklei toe ek so swaar gekry het
        nie?” (Reël 13–14)

        5.14.1       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                     Uit hierdie woorde kan ons aflei dat Poppie vir Jakkie
                     (blameer/bedank) dat hulle nie vroeër baklei het nie.                      (1)

        5.14.2       Waarna verwys Poppie as sy sê dat sy “swaar gekry het”? Noem
                     TWEE feite.                                                                (2)

        5.14.3       Watter respekvolle aanspreekvorm gebruik Jakkie wanneer hy met
                     Poppie praat?                                                              (1)

5.15    Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
        letter (A–D) langs die vraagnommer (5.15) neer.

        Poppie is gewoonlik ’n sterk vrou, maar na haar man se dood, het sy vir ’n
        ... siek gelê.

        A    dag
        B    week
        C    maand
        D    ses maande                                                                         (1)

5.16    “die kinders is dronk op straat” (Reël 3–4)

        Waarom is dit ironies dat die kinders dronk op straat is?                               (1)

5.17    Alkoholmisbruik is een van die grootste probleme in ons samelewing.

        Hoe sou jy teenoor hierdie probleem reageer as jy een van die skoolkinders
        in daardie tyd was?                                                                     (1)

5.18    Kan jy verstaan waarom Mosie gemengde gevoelens oor die kinders se
        optrede gehad het? Motiveer.                                                            (1)

5.19    “Ek gooi die klippe nie teen die nylons nie, maar teen die wet.” (Reël 16)

        5.19.1       Na watter “wet” verwys Jakkie spesifiek hier?                              (1)

        5.19.2       Stem jy saam met Jakkie? Verduidelik.                                      (1)
                                                                                              [35]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 25

(EC/SEPTEMBER 2023)            AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                         25

VRAAG 6: PALJAS – Chris Barnard

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS K

64. Hendrik se motor staan langs die pad met die kap oop. Net Hendrik se
bene steek onder die kap uit.
Willem staan in die middel van die pad, agter die motor, besig om met drie
klippe te probeer goël.
                                    ***
KATRIEN: Ek is klaar gesukkel. Ek gaan nou vir myself begin sorg.                  5

Hendrik beweeg agter om die motor na haar kant toe – eerder verbaas as
aggressief.

HENDRIK: Maar, jisses, vroumens ...
KATRIEN: Vat net aan my. Probeer net en kyk wat gebeur.
HENDRIK: Wat – is jy gewoond ek vat aan jou?                                      10
KATRIEN: Nee, jy’s te treurig. Jy’s net bek en dis al.
HENDRIK: Jy’s moeg gesukkel. So nou wat? Ek sloof my af, maar jy’s
moeg gesukkel.
KATRIEN: Jy’s vyf en veertig en wat het jy? Niks. (Sy praat skielik
gedemp, met ingehoue woede.) Net mooi niks. Jy’s vyf en veertig en jy pas         15
’n stasietjie op waarvan almal al vergeet het. Jy’s grootmeneer en jy’t baie
te sê, maar jy kan nie eers twee simpel oorbelle bekostig nie. Jy slaap
allenig oor jy nie weet van vroumense nie, Hendrik. Oor jy niks verstaan
van vroumense nie! Al waarvan jy verstaan, is ou stukkende karre! ’n Vrou
is nie ’n kar nie, Hendrik! (Sy loop.)                                            20

Hendrik staan haar verbyster en agterna kyk.

6.1     Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende
        woord(e) neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers
        (6.1.1 tot 6.1.4) neer.

        In die begin van die drama kan ons sien dat Katrien en Hendrik (6.1.1) ...
        probleme het deurdat hulle in (6.1.2) ... beddens slaap. Hierdie probleme
        het veroorsaak dat hulle seun, Willem vir (6.1.3) ... jaar nie praat nie en
        dat hulle dogter, Emma, bang vir (6.1.4) ... is.                                   (4)

6.2     Die dorpenaars het geskinder oor die probleme by die McDonalds se huis.
        Noem DRIE dinge wat hulle oor die McDonalds gesê het.                              (3)

6.3     Katrien het slegs oorbelle vir haarself gekoop en dis waarom Hendrik so
        kwaad is.

        Sê waarom die stelling ONWAAR is.                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 26

26               AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                        (EC/SEPTEMBER 2023)

6.4     Kies die KORREKTE antwoord uit die tussen hakies.

        Die sirkustrein het (toevallig/opsetlik) by Toorwater gestop.                        (1)

6.5     Die volgende karakters het konflik by die McDonalds veroorsaak.

        Kies die gebeurtenis in KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas.
        Skryf slegs die letters (A–E) langs die vraagnommers (6.5.1 tot 6.5.4) neer.

                          KOLOM A                             KOLOM B
         6.5.1        Bertie                      A     Gooi die jagmes in ’n groot
                                                        houtkrat.

         6.5.2        Ouderling Bothma            B     Skiet vir Manuel.

         6.5.3        Barnie                      C     Leer vir    Willem    toertjies
                                                        maak.

         6.5.4        Jan Mol                     D     Knyp Emma se boud.

                                                  E     Jaag Manuel uit die kerk.            (4)

6.6     Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
        (A–D) langs die vraagnommer (6.6) neer.

        Katrien het vir Hendrik gesê dat almal geglo het hy sou stasiemeester wees
        voor hy ... jaar oud word.

        A       25
        B       30
        C       35
        D       40                                                                           (1)

6.7     Wat was die gevolg van Hendrik en Katrien se argument op Willem?                     (1)

6.8     Oudokter het vir Hendrik raad gegee oor Willem se probleem.

        6.8.1        Wat was die raad wat Oudokter vir Hendrik gegee het?                    (1)

        6.8.2        Sou jy sê dat Hendrik die raad aanvaar het? Motiveer.                   (1)

6.9     Dink jy dis reg dat Katrien vir Hendrik so oor sy ambisie verneder het?
        Motiveer.                                                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans P2 (FAL) 2021 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-fal-2021-qp/46a5b8c1-2aa3-4621-aa5c-0325e2c4a129) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans P2 (FAL) QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-fal-qp/f70fc97b-a6dd-4da3-ba07-3a9f660a5abc) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 QP GR12 SEPT2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-qp-gr12-sept2020/491ea036-8e84-408b-84cd-4a6a4a771160) — Afrikaans FAL · QP · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 QP GR12 SEP2014](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-qp-gr12-sep2014/bf18a86e-1f73-4f14-8f53-2f6b1aa74b4f) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr
- [Afrikaans P2 2021 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-2021-memo/fa39593a-6800-4788-88d4-bfdf1e468aa8) — Afrikaans FAL · Memo · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [Afrikaans P2 (FAL) Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-fal-memo/f7c0afe1-2da9-45cb-aa34-ddcb4bbd0ca2) — Memo · 2023 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2023/7f6db4f4-3355-49ea-8d80-d260b19660e0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
