# Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the Eastern Cape Prelim Exam 2024, 45 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2024/b2e540d7-ed65-49ec-a040-75a8c6c300ba
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape Prelim Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 45

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2024/b2e540d7-ed65-49ec-a040-75a8c6c300ba)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 45 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      NASIONALE
                  SENIORSERTIFIKAAT

                      GRAAD 12

                   SEPTEMBER 2024

   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

PUNTE: 70

TYD:   2½ uur

                 Hierdie vraestel bestaan uit 45 bladsye.

                 Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                    AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                  (EC/SEPTEMBER 2024)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.   MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die
     INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommers van die
     vrae oor die tekste wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vrae aandagtig
     deur en kies die vrae wat jy wil beantwoord.

2.   Die vraestel bestaan uit VIER afdelings:

     AFDELING A: Roman                       (35)
     AFDELING B: Drama                       (35)
     AFDELING C: Kortverhale                 (35)
     AFDELING D: Gedigte                     (35)

3.   Beantwoord die vrae in TWEE afdelings, soos volg:

     AFDELING A: ROMAN
     Beantwoord die vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

     AFDELING B: DRAMA
     Beantwoord die vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

     AFDELING C: KORTVERHALE
     Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale wat jy bestudeer het.

     AFDELING D: GEDIGTE
     Beantwoord die vrae oor AL TWEE gedigte wat jy bestudeer het.

4.   Gebruik die kontrolelys op bladsy 4 om jou te help.

5.   Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig.

6.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik is.

7.   Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

8.   Bestee ongeveer 75 minute aan elke afdeling.

9.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)            AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                  3

INHOUDSOPGAWE

Kies TWEE afdelings.

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord slegs EEN vraag.

                                                                        BLADSY
                                                             PUNTE
                       VRAAGNOMMER                                        NR.
VRAAG 1:      Kringe in ’n Bos                                  35         5

VRAAG 2:      Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom        35          9

VRAAG 3:      Meeulanders                                       35          14

VRAAG 4:      Lien se Lankstaanskoene                           35          19

AFDELING B: DRAMA

Beantwoord slegs EEN vraag.
VRAAG 5:   Poppie – Die Drama                                   35          23

VRAAG 6:       Paljas                                           35          27

VRAAG 7:       Fiela se kind – Die Drama                        35          32

AFDELING C: KORTVERHALE

Beantwoord die vrae oor ALBEI kortverhale.
VRAAG 8.1:  “Die droom”                                         18          36
                                EN
VRAAG 8.2:  “Die vlek”                                          17          38

AFDELING D: GEDIGTE

Beantwoord die vrae oor ALBEI gedigte.
VRAAG 9.1:  “Hanswors”                                          18          41
                                EN
VRAAG 9.2:  “Haar uitvaart”                                     17          44

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                    AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                 (EC/SEPTEMBER 2024)

KONTROLELYS

Gebruik die kontrolelys om te verseker dat jy die vereiste getal vrae beantwoord.

                                                                                DUI AAN
     AFDELING               VRAAGNOMMERS           VRAE BEANTWOORD
                                                                                  (√)
A:   Roman                         1–4                       1

B:   Drama                         5–7                       1

C:   Kortverhale                    8                 1 (2 kortverhale)

D:   Gedigte                        9                  1 (2 gedigte)

LET WEL: Maak seker dat jy vrae oor slegs TWEE afdelings beantwoord het.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                            5

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord slegs EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

VRAAG 1: KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS A

Afgeslag, het hy maar ’n groot hoender se vleis en sý wip moes jy fyn stel; nie
net vir die bokkie self nie, maar ook vir die boswagter.
“Julle roei die goed uit!” is die tyding op ’n dag die Bos in gestuur.
“Die man wat ons vang wat ’n bloubokkie vang, is in die moeilikheid!”
Maar jy laat nie ’n houtkapper só maklik skrik nie.                                       5
                                         ***
Vandat hy kan onthou, is Oupoot die mees gevreesde olifant in die
Bos. Geen houtkapper het sonder respek van hom gepraat of sy spoor
gekry en nie onmiddellik gekyk watter kant die wind waai nie.
Hy was veertien toe hy Oupoot vir die eerste keer gesien het ...
Baie dinge het met hom gebeur toe hy veertien geword het.                               10
Die godsiekte het twee maande voor sy verjaarsdag deur die Bos getrek: ...
                                         ***
Die lig was grysvaal in die huis toe sy pa hulle kom wakker maak.
“Die engels het julle ma kom haal,” het hy gesê en buitentoe geloop.
                                         ***
“Hoe gaan dit met Jozef, Sanna?”
“Sien hom selde. Maandag by die begrafnis darem gesien.”                                15
                                         ***
“...Jy’t ’n mooie man geword, Saul. Nooit sê jy’s van onse mense nie. Kyk jou
klere, nè?”
                                         ***
Haar voete is kaal en swart en gebars.
Hoe oud sou sy wees? wonder hy.
  “Ek verstaan dit nie,” praat sy half met haarself. “Hulle het gesê jy sal             20
genooit weer jou voete in die Bos sit nie en hier sit jy dan nou?”
“Ek is net vir ’n paar dae terug,” sê hy en vra: “ Hoe oud is jy, Sanna?”
                                         ***
  Hy staan op en haal twee goue muntstukke uit sy sak en sit dit op die tafel
neer. “Ek glo nie ek sal weer hierlangs kom nie, Sanna. Vra iemand om dit
vir jou op die dorp te koop.”                                                           25

1.1     Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woord(e)
        neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.1.1 tot
        1.1.4) neer.

        Saul ervaar (1.1.1) ... konflik omdat sy verhouding met die bosmense nie
        goed is nie. Sy pa, Joram, het hom uit die bos (1.1.2) ... Saul het besluit om
        op die dorp vir (1.1.3) ... te gaan werk en het later self (1.1.4) ... gaan delf en
        so ryk geraak.                                                                          (4)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                    AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                     (EC/SEPTEMBER 2024)

1.2     Behalwe die bloubokkies, wat anders het die bosmense uitgeroei net sodat
        hulle kon oorleef?                                                                     (1)

1.3     Wat sou met die bosmense gebeur as hulle gevang word bloubokkies vang?                 (1)

1.4     Watter ander naam het die bloubokkies gehad?                                           (1)

1.5     1.5.1   Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies om die sin te
                voltooi.

                Die bloubokkie het Saul vir die eerste keer dinge omtrent die bos en
                sy mense laat (bevraagteken/aanvaar).                                          (1)

        1.5.2   Motiveer hoe die bloubokkie Saul se siening omtrent die bos en sy
                mense verander het.

                Verwys na dit wat hy voor sy verjaarsdag oor die bloubokkie geglo het
                en wat hy op sy verjaarsdag ontdek het.                                        (2)

1.6     Watter gewoonte het sy ma gehad om hulle verjaarsdae spesiaal te maak?                 (1)

1.7     Lees reëls 12–13.

        1.7.1   Waarop sinspeel die “grysvaal lig” in reël 12?                                 (1)

        1.7.2   Watter stylfiguur kry ons in reël 13?

                “Die engels het julle ma kom haal,” het hy gesê en buitentoe geloop.           (1)

        1.7.3   Verduidelik die letterlike betekenis van hierdie woorde met betrekking
                tot Saul.                                                                      (1)

1.8     Waarna verwys die “godsiekte” in reël 11?                                              (1)

1.9     Watter advies het die bosmense gegee as olifante jou jaag?                             (1)

1.10    Lees reëls 16–18.

        Waarom dink jy is daar ’n verskil in Saul en Sanna se voorkoms alhoewel hulle
        albei van die Bos is?

        Verduidelik in jou antwoord wat die oorsaak van hierdie verskil is.                    (2)

                                              EN

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)               AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                      7

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS B

Die lewe is ’n skewe sirkel. In sy kajuit op die Pictor is daar van die Bos net
een ding wat hy met hom saamneem: die skets wat Kate van Oupoot gemaak
het.
                                         ***
“Omdat my pa my weggejaag het en ek gereken het ek sou hier geld verdien.
Ek wou net drie pond bymekaargemaak het om op ’n skip te kon klim.”                    5
“Nee, Kate, ’n mens is net ’n mens as jy baie geld het en boonop Engels is. Ek
het die wêreld goed deurgekyk en dit elke keer bietjie duideliker gesien.”
                                         ***
“En nou dink jy jy kan skielik Engels wees en baie geld hê as jy op ŉ skip
klim?” “Nee. Miskien is dit waarom ek eintlik kwaad is. Ek werk vir jou pa
soos ŉ wit slaaf en al manier waarop hy my slaaf kan hou, is deur te sorg dat        10
ek niks bekom nie en dat my taal kitchen Dutch bly.” “Jy lees dan al so mooi
Engels.” “Dis nie genoeg nie, Kate! As ek nie êrens losbreek nie, gaan die
moord te hoog in my ophoop!” “Jy haat my pa, nè?” het sy half bang gevra.
“Ja, Kate, ek haat hom.” Sy het stadig opgestaan en weggestap. Soos ŉ
skoenlapper wat vlerkseer is. Hy het haar nie teruggeroep nie, hy kon nie; hy        15
het net bly sit en die vreemde gevoel dat iets uit hom wegsypel as sy wegstap,
deur hom laat spoel ... Dit wat hom laat swoeg het omdat daar ŉ sewende dag
is. Hy het haar nooit in daardie twee jaar aangeraak nie. Nie met sy lyf of sy
hande nie. Sy was verbode soos die groot, wit huis bokant die skuur; soos die
klipkerkie met die puntvensters; soos die kwartdek van elke skip wat                 20
vasgemeer het en wat die heiligdom van die kaptein en sy vriende was. Sy
was verbode soos die Public Library.

1.11    Dink jy dat Saul reg opgetree het toe hy besluit het om nooit weer na die Bos
        terug te keer nie? Ja of Nee. Motiveer jou antwoord.                                (1)

1.12    “Die lewe is ’n skewe sirkel.” (Reël 1)

        Plaas jouself in Saul se skoene. Bespreek waarom sy siening oor die lewe van
        die Bosmens so gepas is en hoe die houtkopers die oorsaak van hulle lewe se
        skewe sirkel is.                                                                    (2)

1.13    Waarom dink jy het Oupoot, toe Saul hom wou skiet, hom in sirkels laat loop?        (1)

1.14    1.14.1        Waarom was Kate belangrik in Saul se lewe?                            (1)

        1.14.2        Sê waarom die onderstaande stelling WAAR is.

                      Saul se verhouding met Kate was ook ’n skewe sirkel.                  (1)

1.15    Waarom dink jy neem Saul die skets van Oupoot saam met hom op die Pictor?           (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                              Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                    AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2             (EC/SEPTEMBER 2024)

1.16 Stem jy saam dat Saul se kringloop aan die einde voltooi is?

      Motiveer jou antwoord deur na TWEE dinge te verwys.                               (2)

1.17 Skryf die volgende gebeure in Saul se lewe in die korrekte VOLGORDE neer:

       •   Saul sien die see vir die eerste keer.
       •   Saul sien die dorp vir die eerste keer.
       •   Saul sien Oupoot vir die eerste keer.
       •   Saul sien Kate vir die eerste keer.                                          (4)

1.18 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies om die sin te voltooi.

      Die Bosmense het vir Saul as ’n (opstandeling/verraaier) gebrandmerk nadat
      hy deur sy pa weggejaag is.                                                       (1)

1.19 “Ek wou net drie pond bymekaargemaak het om op ’n skip te kon klim.” (Reël
     5)

      Kies die KORREKTE antwoord om die sin te voltooi.

      Saul wou op ’n skip klim, sluit aan by die tema ...

      A       geld kan geluk koop.
      B       geld kan respek koop.
      C       vryheid van die skewe sirkel.
      D       vryheid van familiebande.                                                 (1)

1.20 Wat het MacDonald aan Saul belowe as hy by hom, MacDonald, sou kom
     werk?

      Noem TWEE dinge.                                                                  (2)
                                                                                       [35]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                           9

VRAAG 2:       DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM –
               Marita van der Vyver

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS C

2. Pampoen en Patat hinder ’n heks
Wel, noudat ek daaraan dink, dis miskien nie nodig om Fabienne se pa
’n tandarts te maak nie. Hy kan mos iets meer opwindends wees? Ek
bedoel nou nie ’n towenaar nie, maar sê nou maar iemand wat in die
buitelug werk. Met ’n maandelikse salaris. Die salaris is belangrik. Iets                5
soos ’n bosbouer of ’n wildbewaarder of so iets?
Nee. Met so ’n pa sou Fabienne nie in ’n stad kon woon nie. Sy sou
iewers in die boendoes moes gaan sit en ek sou dit nie kon vat nie. Ek
bedoel ek sou dit nie kon vat nie. Dis erg genoeg dat ek die volgende
drie weke in die boendoes moet deurbring. Omtrent ’n uur na die                        10
naaste beskaafde dorp af! (Met beskaafde, liewe leser, bedoel ek bloot
’n plek met verkeersligte en ’n paar winkels.)
                                        ***
3. Bloedvingers, suikervingers, groenvingers ...
Groenvingers sal deur ’n vleisetende plant verslind word, ’n reusagtige
beblaarde gedrog uit ’n oerwoed in Suid-Amerika, ’n plant wat sy wou                   15
mak maak. Op ’n dag, as sy haar groengevingerde hand uitsteek om die
plant se stingel te streel, pluk die plant haar nader en sluk haar
heel in.
                                        ***
En Bloedvingers sal deur ’n waansinnige pasiënt aangeval word.
Wanneer hy sy hand in die man se mond steek, byt die man die tandarts                  20
se vingers vas, spring op uit die tandartsstoel en verwurg die tandarts.
Hulle sê tandpyn kan jou mal maak.

2.1     Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woord(e)
        in te vul. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.4)
        neer.

        Hanna is ’n tipiese tiener wat ontevrede met haar (2.1.1) ... is, daarom skep
        sy haar alter-ego, Fabienne. Sy droom van ’n perfekte pa omdat haar pa
        (2.1.2) ... is. Hy was nooit by enige van haar (2.1.3) ... nie. Hy dra (2.1.4) ...
        en dit is waarom sy vir haar ’n lewe wil opmaak omdat haar vriendin, Sharon,
        volgens haar perfek is met perfekte ouers.                                                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                 (EC/SEPTEMBER 2024)

2.2    “Dis erg genoeg dat ek         die volgende drie weke in die boendoes moet
       deurbring.” (Reëls 9–10)

       2.2.1 Na watter plek verwys die “boendoes” waarheen Hanna en haar gesin
             die vakansie moes gaan? Gee die naam van die plek.                             (1)

       2.2.2 Behalwe dat die “boendoes” ver weg was van die naaste dorp, was daar
             ook ander redes waarom Hanna en haar gesin die plek as negatief
             ervaar het.

               Noem EEN rede wat spesifiek na die plek verwys en nie haar
               gesinslede nie.                                                              (1)

2.3    Sê in jou eie woorde watter rol Fabienne in Hanna se lewe gespeel het.               (1)

2.4    “Met ’n maandelikse salaris. Die salaris is belangrik.” (Reël 5)

       Sê waarom die onderstaande stelling ONWAAR is.

       Hanna se stiefpa, Beyers, het ’n maandelikse salaris ontvang.                        (1)

2.5    Waarom dink jy was dit belangrik vir Hanna dat ’n ouer of ouers ’n maandelikse
       salaris moet ontvang? Verwys na EEN FEIT oor haar gesin se lewenstyl of
       gewoontes.                                                                           (1)

2.6    2.6.1 Kies die KORREKTE antwoord om die sin te voltooi.

               Tibo en Amos moes ’n kamer deel. Hulle kamer het as ... bekend
               gestaan.

               A       verwurgkamer
               B       strafkamer
               C       martelkamer
               D       stoeikamer                                                           (1)

       2.6.2 Waarom dink jy was VRAAG 2.6.1 se antwoord die perfékte naam vir
             hulle kamer?                                                                   (1)

2.7    Plaas jouself in Hanna se skoene. Dink jy dit sou ’n goeie idee wees dat sy
       en Yann ’n kamer moet deel? Motiveer jou antwoord.                                   (1)

2.8    “Sy sou iewers in die boendoes moes gaan sit en ek sou dit nie kon vat nie. Ek
       bedoel ek sou dit nie kon vat nie.” (Reëls 7–9)

       2.8.1 Watter stylfiguur kom in hierdie reëls voor?                                   (1)

       2.8.2 Wat probeer Hanna vir ons sê deur hierdie stylfiguur te gebruik?               (1)

2.9    “Dis soos ons wittebrood”, het Mana ons ingelig.

       Behalwe die wittebrood, om watter ander rede wou Mana hê hulle moet na die
       “boendoes” toe gaan?                                                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                             11

2.10   “Bloedvingers, suikervingers, groenvingers ...” (Reël 13)

       2.10.1    Wat simboliseer die vingers wat in die titel van hierdie hoofstuk
                 voorkom, in Hanna se lewe?                                                      (1)

       2.10.2    Die titel van hierdie hoofstuk bevat ’n ellips. Wat is die funksie
                 daarvan?                                                                        (1)

                                                   EN

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS D

8. Hanna Hoekom word Hanna Heks
 “Sê nou sy kom nie hier uit nie?” vra Amos terwyl hy vir my en Sharon help
 om die tafel af te dek. Wel, eintlik help hy nie. Eintlik trippel hy net heen en
 weer langs die tafel. “Met watse kar ry sy nou weer?”
                                         ***
 “Sê nou dit begin reën!” Yann snak na sy asem en klap sy hand oor sy                      5
 mond. “Sê nou haar hare reën nat! Hy maak sy stem diep vir ’n dramatiese
 aankondiging: “Skakel gerus later vanmiddag weer in vir die volgende
 spannende episode van Sê nou my ma is deur aliens ontvoer!”
 Amos se sproetgesig vat vlam. Sharon skaterlag, wat Yann natuurlik net
 verder aanhits.                                                                          10
                                         ***
 Klink of hulle ’n Kom ons bewonder mekaar-klub wil stig. Ek wag dat Yann
 weer een van sy aanmerkings moet maak, maar hy bekyk sy ma en
 my vriendin met ’n idiotiese grynslag.
 “Maak jou tuis, Margot,” sê Mana met ’n stem wat hopeloos te vrolik klink.
 “Dis nou nie juis ’n vyfster-hotel nie, maar dis darem ook nie ... te erg nie.”          15
                                         ***
14. Nog ’n onverwagse gas
 “Ek het nie geweet ons sal vasgereën word nie, Bey. Ek het gedog as iets
 gebeur, sal ek wel betyds by ’n hospitaal kan uitkom ...”
 “En nou?”, Beyers hap na lug soos een wat besig is om te verdrink. Ek het
 hom nog nooit so paniekerig sien lyk nie. “Wat nóú?”                                     20
“Wel, dit lyk nie of hierdie babatjie in ’n hospitaal gebore gaan word nie.”
 sê my ma met ’n dapper glimlag.
 “Maar waar ... wat gaan ons ... wat gaan gebeur?” stotter Tibo, amper so
 bleek soos Beyers. “Dis te vroeg!” kerm Beyers.
                                         ***
 Beyers staar met verwilderde oë.                                                         25
 “Ek sal jou help, Mana.” sê Margot en staan op om my ma se skouers te
 kom masseer. “Ek was ’n verpleegster.”
 “Jy was wát?”

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                  (EC/SEPTEMBER 2024)

2.11   Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies om die sin te voltooi.

       “Eintlik trippel hy net heen en weer langs die tafel.” (Reël 3–4)

       2.11.1   Amos se gedrag wys dat hy (opgewonde/teleurgesteld) is oor die
                persoon se koms.                                                             (1)

       2.11.2   Motiveer jou antwoord vir jou keuse in VRAAG 2.11.1.                         (1)

2.12   “Amos se sproetgesig vat vlam” (Reël 9)

       2.12.1   Kies die korrekte antwoord uit dié tussen hakies om die sin te voltooi.

                Die woorde in reël 9 word (denotatief/konnotatief) gebruik.                  (1)

       2.12.2   Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.12.1.                                       (1)

2.13   Verduidelik in jou eie woorde waarom hierdie hoofstuk: “Hanna Hoekom word
       Hanna Heks”, se titel gepas is. (Reël 1)                                              (1)

2.14   Plaas jouself in Hanna se skoene. Sou jy aanvanklik rede gehad het om nie
       van Margot te hou nie? Ja of Nee. Gee ’n rede vir jou antwoord.                       (1)

2.15   “Maak jou tuis, Margot,” sê Mana met ’n stem wat hopeloos te vrolik klink.
       (Reël 14)

       Noem EEN rede waarom Mana moontlik “hopeloos te vrolik klink” teenoor
       Margot.                                                                               (1)

2.16   Almal het Mana bygestaan tydens die geboorte van Ditjie.

       Kies die KORREKTE beskrywing uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM
       A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (2.16.1 tot 2.16.4)
       neer.

            KOLOM A                                 KOLOM B
       2.16.1 Beyers           A   Hierdie persoon het rustige musiek aangesit.

       2.16.2    Yann          B   Hierdie persoon het nog ’n kastrol vol water getap.

       2.16.3    Sharon        C   Hierdie persoon het ’n klam waslap gaan haal.

       2.16.4    Gavin         D   Hierdie persoon het nog komberse gebring.

                               E   Hierdie persoon het seker gemaak die beligting is
                                   reg.
                                                                             (4 x 1)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                      13

2.17   Hanna voel dat sy ’n ingewikkelde lewe het te danke aan Mana se besluite.

       Skryf nou die vier besluite wat Mana in haar lewe geneem het in die korrekte
       VOLGORDE neer:

       •   Mana besluit om haar baba Ditjie te noem omdat dit nie seksisties is
           nie.
       •   Mana besluit om met ’n man te trou wat twee kinders het.
       •   Mana besluit om ’n proefbuis baba te hê omdat sy nie ’n man wou hê
           nie.
       •   Mana besluit om met ’n gay man te trou om haar gesin tevrede te stel.          (4)

2.18   “Wat skryf jy”?
       “Niks met jou uit te waai nie.”
       “Jou lewensverhaal?” vra hy met ’n gevaarlike grinnik wat hom nogal soos
       sy ouer broer laat lyk.

       2.18.1    Wie in Hanna se gesin het haar gemotiveer om haar lewensverhaal
                 te skryf?                                                                (1)

       2.18.2    Waarom kan ons sê dat hierdie persoon se gedrag ironies is?

                 Verwys in jou antwoord na wat vroeër en later in die verhaal gebeur
                 het ten opsigte van Hanna se lewensverhaal en die persoon in
                 VRAAG 2.18.1 se gedrag.                                                  (1)

2.19   Sê waarom die volgende stelling WAAR is.

       Die verhaal eindig positief vir Hanna.                                             (1)
                                                                                         [35]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2               (EC/SEPTEMBER 2024)

VRAAG 3: MEEULANDERS – Esta Steyn

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS E

MEEULAND. VRYDAG, 29 SEPTEMBER 1978

Was vandag die eerste maal wal toe vandat ek gekom het.
Knipmes vir Daniel gekoop. Hy’t saam kaai toe gery toe
ons moes teruggaan, baie bly oor die mes en sy hare ruik
soos bamboes toe hy dankie sê. Ronnie, Ronnie. Ek mis ons                        5
huis en ons kombuis en die eethoekie met die bak vrugte
en die Hollandse sout-en-peperpotjies wat Prof vir my op
op my eerste verjaardag by die Instituut gegee het. Ek mis
ons stemme toe ons soggens en saans daar gesit en eet het.
Wat het van ons stemme geword? Waar gaan die stemme                            10
heen wanneer dit wegraak in sterwende stiltes ... wat word
van die skreeuende stemmetjie van die klein malgassie wat
dood is? Hy’s dood. Hy’t daar gelê toe ek netnou gaan kyk
het. Net die duikertjie het oorgebly. Die vreemde duikertjie.
Sal die ma eendag weet dis nie haar kind nie? Eendag sal                       15
hy ŉ swart duiker wees en nie ŉ wit malgas nie. Sal sy dan
sien hy’s van ŉ ander soort? Of het hy klaar haar eie kind
geword toe sy hom onder haar warm vlerke ingesleep het?
Ek wonder hoe hy by haar gekom het?

3.1   Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
      letter (A–D) langs die vraagnommer (3.1) neer.

      Meeuland is ’n ...

      A      malgas-eiland.
      B      broeiplek vir malgasse aan die Weskus.
      C      fiktiewe eiland iewers aan die Weskus.
      D      Guano-eiland.                                                               (1)

3.2   Noem EEN rede waarom Ryna op Meeuland is.                                          (1)

3.3   Wie is Meeuland se kaptein/hoofman?                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)            AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                     15

3.4    Almal op Meeuland het die burgerbandradio gebruik om met die mense op
       Salamanderbaai te kommunikeer.

       Kies die burgerbandradionaam uit KOLOM B wat by die persoonsnaam in
       KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers
       (3.4.1 tot 3.4.4) neer.

                KOLOM A                                   KOLOM B
       3.4.1 Jacob Langhans             A     Geelbek

       3.4.2 Elsabet Langhans           B     Mama-Meeu

       3.4.3 Jannerik Kuiper            C     Twilight

       3.4.4 Hansie Langhans            D     Stompneus

                                        E     Duiker
                                                                          (4 x 1)      (4)

3.5    Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
       letter (A–D) langs die vraagnommer (3.5) neer.

       In reël 5 herhaal Ryna die woorde: “Ronnie, Ronnie.”

       Watter doel dien hierdie herhaling van Ryna se woorde?

       A       Dit wys dat Ryna van Ronnie wil vergeet.
       B       Dit versterk die somber atmosfeer.
       C       Dit benadruk dat Ryna dink.
       D       Dit beklemtoon dat Ryna vir Ronnie mis.                                 (1)

3.6    Ryna het ŉ gelukkige verlede gehad.

       Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is.                                           (1)

3.7    Wat beteken dit as Ryna “wal toe” gaan? (Reël 2)                                (1)

3.8    Die malgaskuikentjie wat dood is, is soos ŉ voorbode of voorspelling van
       wat op Meeuland gaan gebeur.

       3.8.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

               Hierdie dooie malgassie simboliseer die dood van (Kinnie/Elsabet)
               se babadogtertjie.                                                      (1)

       3.8.2 Verduidelik hoekom die “vreemde duikertjie” vir Janka simboliseer.        (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2              (EC/SEPTEMBER 2024)

3.9    Waarom is Elsabet ongelukkig op Meeuland?

       Gee TWEE redes.                                                                (2)

3.10   Hoe het Fred Blanckenberg vir Elsabet met hierdie ongelukkigheid gehelp?       (1)

3.11   Verduidelik waarom Elsabet se geluk met Fred nie baie lank gehou het nie.      (1)

3.12   Het jy simpatie met die karakter van Elsabet?

       Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                                   (1)

                                           EN

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)            AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                        17

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS F

   Hansie staan in die agterdeur en kyk na die vrolike werf.
 Laat dit vrolik wees vandag, dink sy, want heidenland, daar
 lê gesweerd swaar tye voor vir Jacob. Sy kyk na Daniel wat
 tog nie sy twee hande van die mooie Tamara kan afhou nie. Sy
 kyk na Donovan, wat met wit tande lag wanneer Bernard hom                        5
 afneem. Sy kyk na Jannerik wat in sy kerkpak rondstaan en
 net oë het vir die hek. Wat gaan tog van hom word? Wonder sy.
 Hy’s al van gister af met al sy goed op die wal, voorlopig glo
 by die Bindemans. En sy kyk na Jacob wat daar eenkant by
 die draad staan en sy oë skrefies teen die son trek. Hy moet                    10
 Maandag terug eiland toe, want hy moet nog maand uit bly
 vir die laaste reëlings. Ag, my kind, dink sy, Ma sal vir jou ŉ
 bietjie rolypoly-poeding saamstuur, so by so vir die laaste.
   Sy staan nog so toe die kar in die straat toet en stadig
ingery kom. Op een manier het sy so gehoop Ryna kom ook,                         15
maar dis net die twee van hulle voor in die spoggerige kar:
Fred en Pikkewyntjie langs hom. Dis Jacob wat die deur
oopmaak en haar uittel.

3.13 Voltooi die paragraaf deur die ontbrekende woord(e) in te vul. Skryf slegs
     die woord langs die vraagnommers (3.13.1 tot 3.13.4) neer.

      Hansie se man (3.13.1) … word in die (3.13.2) … gegooi oor sy
      betrokkenheid met (3.13.3) … Die persoon wat haar man by sy skelmstreke
      ingesleep het, is (3.13.4) …                                                        (4)

3.14 3.14.1 Wie is Jacob se grootste vyand?                                               (1)

      3.14.2 Gee TWEE redes waarom hy Jacob se vyand is.                                  (2)

3.15 Skalla was betrokke by verskillende misdade. Skryf nou sy betrokkenheid
     aan misdaad in die korrekte VOLGORDE neer:

      •   Skalla wil vir Ryna doodmaak omdat sy hom herken het.
      •   Skalla was betrokke by Ryna se man en kind se dood.
      •   Skalla is in ŉ boot en skiet sy rewolwer in die rigting van die jettie.
      •   Skalla het vir Magrietjie du Plessis verkrag en sy het in Stikland beland.      (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                   (EC/SEPTEMBER 2024)

3.16     Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
         (A–D) langs die vraagnommer (3.16) neer.

         Die rede waarom Hansie op hiérdie dag so vrolik is, is omdat …

         A      Doreen weer begin skoolgee het.
         B      Janka huis toe gaan kom.
         C      Jacob weer liefde gevind het.
         D      Fred vir Jacob se borgtog betaal het.                                      (1)

3.17     Waarom is daar swaar tye wat vir Jacob voorlê?

         Verwys na TWEE negatiewe dinge wat aan die einde van die verhaal met
         hom gebeur het.                                                                   (2)

3.18     Stem jy saam dat Hansie baie vergewensgesind is? Motiveer jou
         antwoord.                                                                         (1)

3.19     Dink jy dat dit reg was dat Ryna vir Fred vertel van Janka en die
         omstandighede rondom haar geboorte? Ja of Nee. Motiveer jou antwoord.             (1)

3.20     “Ag, my kind, dink sy, Ma sal vir jou ŉ bietjie rolypoly-poeding
         saamstuur, so by so vir die laaste.” (Reël 12–13)

         Wat is die funksie van die woorde: “Ag, my kind,” ?                               (1)

3.21     Plaas jouself in Ryna se skoene. Dink jy sy het rede gehad om gelukkig
         te wees aan die einde van die verhaal? Ja of Nee. Motiveer jou antwoord.          (1)
                                                                                          [35]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)            AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                      19

 VRAAG 4: LIEN SE LANKSTAANSKOENE – Derick van der Walt

 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 TEKS G

  Hulle kom Vrydae vroeër uit en sy en Wouter sit by hulle tafel buite die
 Wimpy vir ŉ vinnige koffietjie voordat sy by Creations moet begin.
 Soos sy verwag het, is hy in sy skik met haar rol in die toneelstuk.
 “As dit nie met my ekstra Wiskunde-klasse gebots het nie, sou ek julle
 gejoin het,” sê hy terwyl hy ŉ pakkie suiker in sy koffie gooi.
 Hulle praat oor die vakansie wat oor twee weke begin. Wouter en sy suster       5
 gaan by hulle pa in Bloemfontein kuier. Lien kan sien Wouter is
 opgewonde oor die trippie Bloemfontein toe.
 “Jy mis jou pa.”
 Hy glimlag verleërig. “Soort van. Die ding is dat ek en Yvette nie vir hom
 kan kwaad wees soos my ma nie.”                                                10
 Hy skeur repies van die leë suikerpakkie af en rol dit in bondeltjies wat hy
 in die asbak gooi.
 “Sy verstaan dit nie. Hy’t ons mos gedrop. Ons is almal veronderstel om
 hom te haat totdat die Bafana Bafana eendag die Sokkerwêreldbeker
 wen.”                                                                          15
 “Hou julle van sy nuwe vrou?”
 Wouter kyk weg en skeur nog ŉ suikerkoevertjie oop.
 “Nogal, al het ons aan die begin hard probeer om nié van haar te hou nie.
 Sy is baie mal oor my pa en ek dink hy like dit baie dat iemand mal is oor
 hom. Ek dink nie my ma was ooit nie ...”                                       20

 4.1    “Hulle kom Vrydae vroeër uit en sy en Wouter sit by hulle tafel buite die
        Wimpy vir ŉ vinnige koffietjie voordat sy by Creations moet begin.” (Reëls
        1–2)

        4.1.1    Na watter plek verwys “Creations” waarheen Lien op pad is?
                 Gee die volle naam van die plek.                                        (1)

        4.1.2    Noem TWEE dinge wat deel van Lien se werkspligte by Creations
                 uitmaak.                                                                (2)

 4.2    Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woorde
        neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (4.2.1 tot
        4.2.4) neer.

        Lien het eers as ŉ (4.2.1) .... by Tant Malie se Tuin gewerk. Nadat dit nie
        uitgewerk het nie stel Tannie Bets voor dat Lien met (4.2.2) .... van
        woonstel 401 gaan praat oor die werk by Creations. Lien werk in Sue-Ellen
        se plek terwyl sy op (4.2.3) .... is. Sy verdien (4.2.4) .... per middag.        (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                   (EC/SEPTEMBER 2024)

4.3    “Soos sy verwag het, is hy in sy skik met haar rol in die toneelstuk.” (Reël 3)

       Lien het uit haar eie vir die oudisie gegaan.

       Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is.                                               (1)

4.4    Waarom dink jy was Wouter so bly dat Lien ŉ rol in die toneelstuk gekry het?        (1)

4.5    Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
       (A–D) langs die vraagnommer (4.5) neer.

       “Die ding is dat ek en Yvette nie vir hom kwaad kan wees soos my ma nie.”
       (Reëls 10–11)

       Hierdie woorde van Wouter sê vir ons dat dinge tussen sy ouers steeds ... is.

       A       ontspanne
       B       ongemaklik
       C       gespanne
       D       vreedsaam                                                                   (1)

4.6    “Jy mis jou pa.” (Reël 9)

       4.6.1    Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                Wouter en Yvette (is steeds ontsteld oor/het vrede gemaak met) hul
                ouers se egskeiding.                                                       (1)

       4.6.2    Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.6.1.                                      (1)

4.7    4.7.1    Gee EEN woord om Lien se gesin te beskryf.                                 (1)

       4.7.2    Verduidelik waarom Lien se gesin só is.                                    (1)

4.8    Stem jy saam dat Wouter en Yvette se omstandighede tipies van die meeste
       tieners is? Ja of Nee. Motiveer jou antwoord.                                       (1)

4.9    Waarom is Wouter die enigste vriend wat die waarheid omtrent Lien se pa
       weet?                                                                               (1)

4.10   Bespreek die effektiwiteit van al die Engelse woorde soos “gejoin” en “like”
       wat Wouter in hierdie uittreksel gebruik.                                           (1)

                                            EN

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                             21

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS H

“Hoe gaan dit met Braam?” vra haar ma oplaas.
“Aag, Ma weet mos. Dit gaan altyd goed met Braam. Hy is ŉ survivor. Hy het
nogal 78% vir sy laaste Wiskunde-toets gekry,” probeer Lien lighartig geselskap
maak. “En dit gaan goed by die huis. Gerhard ... uhm ... die predikant en die
kerk help en tannie Bets dra potte vol kos aan. Ons ly nie honger nie.”                      5
Haar ma tuur na iewers agter in die tuin. Die middag is loom. Lien hoor ŉ gelag
uit die rigting van die stoep. Af en toe hoor sy ŉ kar in die straat voor die kliniek
verbyry. Bye zoem oor die blombedding langs die visdam. Sy hoor die geluid
van die sproeiers op die grasperk langs die paadjie.
“En met jou?” vra haar ma ná ŉ rukkie. Lien ignoreer die vraag.                             10
Haar ma klink anders. Hoe anders, weet sy nog nie. Sy is net iewers ver waar
Lien nie kan bykom nie.
“Is dit erg hier?”
“Die heel ergste was die eerste dag,” sê haar ma ingedagte. “Hulle het in al my
goed gekrap, tot in my onderklere, om ’n ou skelm doppie te soek. En hier is                15
geen genade nie. Niemand het vir niemand ’n geheim nie en niemand kan ’n
pose vir niemand hou nie. Almal is gelyk.”

4.11 Waar is Lien en haar ma in hierdie uittreksel?                                                   (1)

4.12 4.12.1      Kies die korrekte antwoord uit dié tussen hakies:

                 (Gerhard/Tannie Bets) het Lien gebring om haar ma te besoek.                         (1)

       4.12.2    Dink jy dat hierdie besoek vir Lien benoud laat voel? Motiveer jou
                 antwoord deur TWEE feite te noem.                                                    (2)

4.13 Die volgende gebeure het ŉ rol in Lien se lewe gespeel. Kies die gevolge uit
     KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs
     die vraagnommers (4.13.1 tot 4.13.4) neer.

                     KOLOM A                                     KOLOM B
       4.13.1    Christien is aangeklam en       A     Lien gaan skuil in die skool se
                 gaan slaap in haar                    biblioteek en raak jaloers.
                 werksklere.

       4.13.2    Wouter gesels met die           B     Lien storm klavier toe en speel die
                 ander kinders by die skool.           “Blou Donau” kliphard.

       4.13.3    Lien en Agnes bots by die       C     Lien gooi haar Wiskunde-boek
                 kombuis se swaaideur.                 onder die bed in.

       4.13.4    Lien konfronteer haar ma        D     Lien hang haar voorskoot op en
                 omdat sy nie meer die                 bedank.
                 klavier speel nie.
                                                 E     Lien maak self Braam se
                                                       skoolbroek reg.
                                                                                        (4 x 1)       (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
22                   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                 (EC/SEPTEMBER 2024)

 4.14    Tannie Bets tree as ouers op vir Lien en Braam terwyl Christien in die
         kliniek is.

         Noem TWEE dinge wat tannie Bets vir die kinders gedoen het.                     (2)

 4.15    Ons kan met die karakter van Christien Jooste simpatiseer.

         Verduidelik waarom jy met hierdie stelling saamstem/nie saamstem nie.
         Gee TWEE redes vir jou antwoord.                                                (2)

 4.16    “Die heel ergste was die eerste dag,” sê haar ma ingedagte. (Reël 14)

         Waarom het Christien gesê dat dit die ergste dag was?                           (1)

 4.17    Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
         letter (A–D) langs die vraagnommer (4.17) neer.

         Dit lyk asof Lien ŉ poging aanwend om haar ma te vergewe deur ...

         A    met haar ma te gesels.
         B    vir haar ŉ CD van Chopin se klavierkonserte te gee.
         C    vir haar ŉ drukkie terug te gee.
         D    langs haar ma op die bankie te sit.                                        (1)

 4.18    Waarom dink jy was dit belangrik vir Christien om vir Lien te kon sien?
         Noem TWEE redes.                                                                (2)

 4.19    Gee TWEE feite waarom Lien se gesin tog ŉ gelukkige einde in die roman
         het. Dink aan wat die leser in die naspel kan aflei.                            (2)
                                                                                        [35]

                                                          TOTAAL AFDELING A:             35

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                        23

AFDELING B: DRAMA

Beantwoord slegs EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

VRAAG 5: POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS I

HOEDJIE. Dit was daai tyd dat Poppie se mama van die Aar gekom het
waar sy by witmense gewerk het om eers by Ouma te kom rus.

PLANK. Sy het vir Ouma vertel dat die pa van haar kinders in die oorlog
afgedood het.

MAMA. ... vir hom het ek nie trane nie. Kom, Poppie.                              5
                                   ***
MOSIE. Eers was ons nie tevrede dat ons suster met die Kaffer-landse
man gaan trou nie, ons het gehoor van die swarigheid van die land,
maar toe hulle sin in mekaar kry, het ons nie in hulle se pad gestaan nie.
                                   ***
MAMA. Stone het ’n jaar gevat om die lobola af te betaal. Ek het met die
lobola-geld haar trougoed begin koop ...                                          10
                                   ***
STONE. Vier maande ná die verlowing het ons getrou, op ’n Woensdag
sodat die predikant uit die Kaap kon kom. Die troue het twee dae
aangehou en die mense het uit die werk gebly om te kom bruilof vier.
                                   ***
MOSIE. Die tweede dag het hulle haar weer aangetrek in haar wit klere,
haar hare gekam en haar reggemaak soos sy die eerste dag was.                     15

PLANK. Die troue is vandag by die skoonmense se huis.

5.1    Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woord(e)
       neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (5.1.1 tot
       5.1.4) neer.

       Mama Lena wou nie haar man gehad het nie, maar hy het agter haar (5.1.1)
       ... toe getrek omdat hy verlief was. Hy was glad met die (5.1.2) ... en het groot
       (5.1.3) ... betaal. Toe hulle uitvind van sy sterfte het hulle nie trane vir hom
       gehad nie omdat hy nie ’n goeie (5.1.4) ... vir Poppie-hulle was nie.                (4)

5.2    “Poppie se ander naam, wat beteken ’n meisie uit ’n geslag van groot vroue”,
       het simboliese betekenis gehad.

       Sê waarom hierdie stelling WAAR is. Noem TWEE dinge wat na Poppie se
       vele swaarkry verwys.                                                                (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
24                   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2               (EC/SEPTEMBER 2024)

5.3   Watter ooreenkoms word in reëls 1–2 tussen Poppie en Ma Lena uitgelig?           (1)

5.4   Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

      Ma Lena se man het as ŉ (lorriedrywer/bevelvoerder) vir die oorlog gewerk.       (1)

5.5   Watter taal wou ouma Hannie hê moes Poppie-hulle praat?                          (1)

5.6   Waarom dink jy het Poppie genoeg rede gehad om met Stone te trou?

      Motiveer jou antwoord deur na sy voorkoms of EEN karaktereienskap te
      verwys.                                                                          (1)

5.7   “Eers was ons nie tevrede dat ons suster met die Kaffer-landse man gaan trou
      nie, ons het gehoor van die swarigheid van die land, ...” (Reëls 6–7)

      Watter swarigheid het Poppie later in haar lewe ervaar omdat sy met Stone
      getrou het? Noem TWEE dinge.                                                     (2)

5.8   Watter bewys is daar in die uittreksel dat Stone nie ’n goeie salaris/loon
      ontvang het nie?                                                                 (1)

5.9   Noem TWEE dinge wat Mama Lena met die lobola-geld gekoop het.                    (2)

5.10 Wat moes Stone self koop?                                                         (1)

5.11 Watter klere moes Poppie dra, na haar wit klere, omdat sy ’n jong bruid
     was?                                                                              (1)

                                            EN

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                           25

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS J

Hulle sing die bruiloflied.

POPPIE. Wat het ek nou gedoen? Bhuti Plank, Hoedjie, Mosie, waar’s
julle? Julle het my hier gelos.
                                   ***
POPPIE. Ek het dadelik mos swanger geword. Ek was mos dom.
                                   ***
PLANK. Toe gaat hy na ’n igqira, ’n herbalist, en die man het hom ’n
                                                                                           5
    medisyne gegee, hulle sê daarvoor ukugapa.
                                   ****
JAKKIE. As dit die witmense pas, dan tel die wet nie.

MAMA. (stoot Jakkie weg) Dis goed, Poppie, dat jy huis toe kan kom
  na ons toe sonder die bang dat jy op die bus of in die strate gevang
  sal word.
                                                                                       10
MOSIE. Dit was nou twee jaar dat Poppie laas haar kinders gesien het.
  Toe Mrs Swanepoel met Kersfees na haar dogter gaan, gee sy vir
   Poppie ook af. Poppie het op die trein geklim na Herschel toe waar
   Nomvula en Thandi by haar skoonouers gebly het.
                                  ***
VIERDE TONEEL
                                                                                       15
POPPIE. Dit was in ‘76 toe die moeilikheid van Soweto Kaap toe kom.

Kinders op ’n ry van agter. Strepe baie helder lig van weerskante.
Kinders dreigend vorentoe terwyl julle veglied sing. Dan storm hulle en
“gooi klippe” in gehoor. Retireer. Een polisieman kom deur ouditorium tot
voor kinders. Sy rug na gehoor. Kinders kom nader, gereed om te gooi.                  20
Polisieman rig pistool. Lang stilte met kinders reg om te gooi en
polisieman reg om te skiet. Byklank: Geluid van asemhaling ongeveer
sewe sekondes lank. Kinders gooi. Polisieman skiet. Almal val. Lig
verander na koue blou. Kinders staan op – behalwe een.
Singend dra hulle hom af. Lig uit.                                                     25

5.12   “Hulle sing die bruiloflied.” (Reël 1)
       Waarom word hierdie woorde in skuinsdruk geskryf?                                        (1)

5.13   “Wat het ek nou gedoen? Bhuti Plank, Hoedjie, Mosie, waar’s julle? Julle het
       my hier gelos.” (Reëls 2–3)

       5.13.1    Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                 Poppie se woorde in hierdie reëls dui op (innerlike/uiterlike) konflik.        (1)

       5.13.2    Dink jy dat Poppie rede gehad het om hierdie konflik te ervaar?
                 Noem TWEE redes vir jou antwoord.                                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

                              Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 26

Downloaded from hlayiso.com
26                   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                   (EC/SEPTEMBER 2024)

5.14   Poppie het reeds vroeg in haar huwelik ’n tragedie ervaar.

       Sê waarom hierdie stelling WAAR is.                                                    (1)

5.15   Poppie se lewe was deur verskillende vroue beïnvloed.

       Kies die beskrywing uit KOLOM B wat by die vrou in KOLOM A pas. Skryf
       slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (5.15.1 tot 5.15.4) neer.

             KOLOM A                                   KOLOM B
       5.15.1 Mamma Lena           A    Hierdie persoon het Poppie oor die Xhosa-
                                        geloof geleer.

       5.15.2    Mrs Retief        B    Die werk by hierdie persoon was
                                        ongemaklik.

       5.15.3    Ouma Hannie       C    Hierdie persoon was Poppie se strooimeisie.

       5.15.4    Mrs Scobie        D    Poppie moes ophou skoolgaan om na
                                        hierdie persoon se kinders om te sien.

                                   E    Hierdie persoon het Poppie help werk kry.
                                                                             (4 x 1)          (4)

5.16   Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die regte VOLGORDE
       neer:

       •   Stone gaan werk in die dairies in Phillippi sodat hy ’n permit kan kry.
       •   Stone skryf liefdesbriefies aan Poppie.
       •   Stone raak siek en moet hospitaal toe gaan.
       •   Stone wou nie meer alleen in Lambertsbaai bly nie en neem ’n trein Kaap
           toe.                                                                               (4)

5.17   Plaas jouself in Stone se skoene. Dink jy dit was ’n goeie idee om na die
       “herbalist” toe te gaan? Motiveer jou antwoord.                                        (1)

5.18   5.18.1    Sê of die volgende stelling ’n feit of mening is.

                 Poppie was ’n goeie ma vir haar kinders.                                     (1)

       5.18.2    Motiveer jou antwoord op VRAAG 5.18.1                                        (1)

5.19   Is Jakkie se stelling oor witmense geldig in die konteks van die verhaal?
       (Reël 7) Motiveer jou antwoord.                                                        (1)

5.20   “POPPIE. Dit was in ‘76 toe die moeilikheid van Soweto Kaap toe kom.”
       (Reël 16)

       Dink jy dat Poppie se vergelyking van wat in ’76 in Soweto gebeur het en
       dit wat in die Kaap gebeur het, gepas is? Motiveer jou antwoord.                       (1)
                                                                                             [35]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

                              Hosted by www.ecexams.co.za.

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Afrikaans FAL · Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans P2 (FAL) 2021 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-fal-2021-qp/46a5b8c1-2aa3-4621-aa5c-0325e2c4a129) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans P2 (FAL) QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-fal-qp/f70fc97b-a6dd-4da3-ba07-3a9f660a5abc) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [Gr12 Afrikaans P2 (FAL) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-afrikaans-p2-fal-sep-2022-question-paper/80eb0dce-35fb-474b-aba8-bf1e19091f30) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May-June 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2022/f9577f6c-1445-4aca-91cc-19411cb3d2f1) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans P2 2021 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-2021-memo/fa39593a-6800-4788-88d4-bfdf1e468aa8) — Memo · 2023 · Afr
- [Afrikaans P2 (FAL) Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-fal-memo/f7c0afe1-2da9-45cb-aa34-ddcb4bbd0ca2) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
