# Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2016 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2016, 31 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2016/6680498c-ffcd-484d-959a-831bf533cbcd
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 31

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2016/6680498c-ffcd-484d-959a-831bf533cbcd)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC June Exam · 2016 · Afrikaans. Question paper, 31 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans FAL P2 May June 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2016-memo/fec783b3-523c-4938-a821-ce695c069ffb) — Memo · 2016 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

                                         2016

                                                                       PUNTE: 70

                                                                       TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 31 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           2                                DBE/2016
                                              SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.        Moenie die hele vraestel deurlees nie.

2.        Gebruik die inhoudsopgawe om jou met jou keuses te help.

3.        Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:

          AFDELING A: Roman                   (35)
          AFDELING B: Drama                   (35)
          AFDELING C: Kortverhale             (35)
          AFDELING D: Gedigte                 (35)

4.        Beantwoord TWEE vrae:        EEN vraag uit elkeen van die TWEE afdelings
                                       wat jy bestudeer het.

5.        Lees die inhoudsopgawe op bladsy 3 en dui die vraagnommers van die
          TWEE letterkundetekste wat jy bestudeer het, aan.

6.        Lees dan die vrae oor hierdie TWEE tekste wat julle behandel het.

7.        Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

8.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik word.

9.        Laat ŉ reël oop na elke antwoord.

10.       Vrae moet in Standaardafrikaans beantwoord word en nie in ŉ ander taal nie.

11.       Voorgestelde tydsindeling: Ongeveer 60 minute per afdeling.

12.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          3                                   DBE/2016
                                             SSE

INHOUDSOPGAWE

Kies TWEE afdelings.

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord slegs EEN vraag.
               VRAAGNOMMER                               PUNTE         BLADSYNOMMER
1. Kringe in ŉ Bos                                         35                4

2.   Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom               35             8

3.   Meeulanders                                              35            12

AFDELING B: DRAMA

Beantwoord slegs EEN vraag.
4.   Poppie – die drama                                       35            16

5.     Paljas                                                 35            20

AFDELING C: KORTVERHALE

Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale.
6.   “Die storie van Piet se Oupa”                            18            24
                                    EN
     “Die pakkie”                                             17            26

AFDELING D: GEDIGTE

Beantwoord die vrae oor AL TWEE gedigte.
7.   “Things that go bump in the night”                       17            28
                                        EN
     “Wie’s hy?”                                              18            30

KONTROLELYS

Gebruik die kontrolelys om te verseker dat jy die vereiste getal vrae beantwoord.

     AFDELING              VRAAGNOMMERS             GETAL VRAE           DUI AAN ()
                                                   BEANTWOORD
A: Roman                               1–3              1

B: Drama                               4–5                1

C: Kortverhale                          6          1 (2 kortverhale)

D: Gedigte                    7              1 (2 gedigte)
LET WEL: Maak seker dat jy vrae oor slegs TWEE afdelings beantwoord het.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           4                                    DBE/2016
                                              SSE

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord slegs EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

VRAAG 1: KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS A

1        Soms het hy die gevoel gekry dat daar eintlik net ŉ dun gordyn tussen die
2      mens en die Bos is. Wasemdun. Soos onsigbare mis waardeur jy sal kan sien
3      as jy net jou oë groot genoeg kon oopkry. Die volgende oomblik het hy geweet
4      dis net ŉ droom. Die Bos is soos iemand wat jy hoor praat en wie se taal jy nie
5      verstaan nie: jy hoor hom, jy sien hom, jy raak hom aan, hy maak gebare, maar
6      jy weet nie wat hy vir jou sê nie.
7        Dis erger.
8        Vir ŉ mens kan jy ŉ tolk gaan roep of sy taal aanleer. Vir die Bos is daar nie ŉ
9      tolk nie. Net vir die mens. Want die mens is nie verborge nie. Hou hom lank
10     genoeg dop, werk lank genoeg in sy houtskuur …
11       Twee jaar het hy vir MacDonald gewerk. Hy was agtien toe hy daar begin het.
12     Kate was veertien.
13       En soos die Bos sy liggaam sterk en taai gebrei het, so het die twee jaar in
14     MacDonald se houtskuur hom van binne taai gemaak.
15       Dis twee jaar van sy lewe wat hy, ten spyte van alles, vir niks sal verruil nie,
16     want Kate lê in daardie twee jaar.
17       Kate.
18     Dit het winter geword in die houtskuur. Die koue en die klamte het soos muf in
19     sy liggaam ingetrek sodat sy lyf soggens stadig reguit moes kom.
20       Dit was Sondagmiddag en hy het agter die skuur in die son gesit om warm te
21     kom.

1.1       In reël 1–6 beskryf Saul die Bos.

          Verduidelik in jou eie woorde wat Saul hier vir ons van die Bos vertel.                 (1)

1.2       In reël 8 sê Saul dat ŉ mens iemand anders se taal kan aanleer.

          1.2.1      Wie het vir Saul Engels leer praat?                                          (1)

          1.2.2      Waar het Saul as volwassene vir die eerste keer gevoel hy hoef nie
                     skaam te wees om sy eie taal te praat nie?                                   (1)

1.3       “Twee jaar het hy vir MacDonald gewerk.” (Reël 11)

          Waarom het MacDonald nie vir Saul betaal nie?                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          5                                    DBE/2016
                                             SSE

1.4       Lees reël 13 en 14.

          1.4.1      Kies die KORREKTE antwoord uit dié wat tussen hakies gegee
                     word. Skryf slegs die vraagnommer (1.4.1) en die antwoord neer.

                     Saul se liggaam is sterk en taai gemaak in die Bos deur (uit te kyk
                     vir olifante/swaar hout uit te sleep).                                      (1)

          1.4.2      MacDonald het in die twee jaar wat Saul by hom gewerk het, nie reg
                     teenoor mense opgetree nie.

                     Wat sê dit vir ons van MacDonald se karakter?                               (1)

1.5       Voltooi die volgende paragraaf deur die woorde in die lys hieronder te gebruik.
          Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (1.5.1–1.5.4) neer.

                  Bos; gouddelwers; houtkopers; winkeleienaars houtkappers;
                            goudkopers; meubelmakers; olifante

          Saul het in die twee jaar by MacDonald baie lesse oor die lewe buite die Bos
          geleer. Saul het veral geleer dat die lewe ŉ skewe sirkel was. Hy het gesien
          dat die (1.5.1) … die (1.5.2) … onregverdig behandel het. Op hierdie manier is
          die (1.5.3) … verniel. Saul het probeer om hierdie vernietiging te keer deur die
          (1.5.4) … met Arend se beeshoring uit die Bos te verjaag.                              (4)

1.6       Werkers het in 2016 baie meer regte as wat Saul in sy tyd gehad het.

          Oor watter TWEE werkersregte sou Saul kon kla as hy in 2016 vir MacDonald
          gewerk het?                                                                            (2)

1.7      Lees reël 15–16.

         Vertel waarom Kate se besoeke aan die skuur vir Saul so spesiaal was.
         Gee DRIE redes.                                                                         (3)

1.8      As MacDonald reg aan die begin uitgevind het dat Kate Sondae vir Saul
         besoek het, sou MacDonald hom weggejaag het.

         Hoe sou dit Saul se lewe vorentoe negatief beïnvloed het as MacDonald hom
         weggejaag het?                                                                          (1)

1.9      Wat het ŉ mens, volgens Saul, nodig gehad sodat die dorpsmense jou moes
         aanvaar? Noem EEN ding.                                                                 (1)

1.10     Saul is as ŉ opstandeling gebrandmerk.

         Dink jy dit was regverdig teenoor Saul? Gee ŉ rede vir jou antwoord.                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2        6                                   DBE/2016
                                           SSE

1.11     Kate het die geleentheid gehad om formeel skool te gaan, maar Saul nie.

         Bespreek hierdie stelling deur te verwys na wat Saul by die volgende mense
         geleer het:

          1.11.1     Saul se pa                                                               (1)

          1.11.2     Saul se ma                                                               (1)

                                         EN

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS B

1                                   … “Ek moet hom Maandag die geld gee en ek het dit
2         nie,” bieg sy tot by die waarheid en haar vrees.
3           “Kate …,” sê hy en skud sy kop soos een wat te veel het om te sê en nie
4         kan nie.
5           “As jy vir my die geld gee, is die erf joune, Saul!”
6           Hy weet ineens dat hy die punt van omdraai nie gister of eergister of
7         oomblikke gelede bereik het nie, maar dat hy op hierdie oomblik die punt
8         bereik en dat daar ŉ hek vir hom oopgehou word … Terselfdertyd roer daar
9         diep in hom ŉ ou koppigheid en dit voel soos nuwe krag.
10          “Waarom het jy dit gedoen, Kate?”
11          “As jy weggaan, staan alles sonder genade. Ek ook.”
12          “Besef jy die gevolge by jou pa as ek jou die geld sou gee?”
13          “Ja.”
14          “Jy sien kans daarvoor?”
15          “As dit saam met jou is.”
16          Al sy liefde vir haar, twee jaar se verlange na haar, skiet soos pyn deur
17        hom. Dis die enigste werklikheid op dié oomblik. Thompson se hoekerf is nog
18        nie deel van die werklikheid nie, net Kate.
19          “Ek weet nie wat om te sê nie, Kate, ek weet net dat ek ŉ halwe mens
20        sonder jou is.”

1.12      Kies die KORREKTE antwoord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf
          slegs die vraagnommer (1.12) en die antwoord neer.

          Toe Saul en Kate mekaar hier in Meulbos gesien het, was die atmosfeer
          gespanne omdat (hulle nog onseker oor die pad vorentoe was/Kate nie regtig
          in die Bos belanggestel het nie).                                                   (1)

1.13     Hoekom kon Saul nie self die erf gekoop het nie? (Reël 5)                            (1)

1.14     Lees reël 6–8.

         Saul was ŉ paar keer op die punt om eerder om te draai en die Bos agter te
         laat. Noem TWEE dinge wat Saul gekeer het.                                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            7                                         DBE/2016
                                               SSE

1.15     “dat daar ŉ hek vir hom oopgehou word” (Reël 8)
          1.15.1      Wat beteken die “oop hek” in die uittreksel?                                   (1)
          1.15.2      Waarom kan ons respek hê vir Saul wat dit ook as ŉ “oop hek” vir sy
                      gesin gesien het?                                                              (1)
1.16      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
          (A–D) langs die vraagnommer (1.16) neer, byvoorbeeld 1.16 E.
          Net soos Kate het Maska ook ŉ belangrike rol in Saul se lewe gespeel.
          Saul het aan die einde weer eens besef dat Maska sy … was.
          A        hart-broer
          B        mens-broer
          C        bosbroer
          D        werkbroer                                                                         (1)

1.17      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
          (A–D) langs die vraagnommer (1.17) neer, byvoorbeeld 1.17 E.
          Saul kon aan die einde van die verhaal vir Jozef laat glo dat …
          A        Saul al die houtkopers sou ondersteun.
          B        Jozef reg was oor Oupoot.
          C        Saul vir Jozef nodig gehad het.
          D        Jozef se trots altyd tussen hulle sou staan.                                      (1)

1.18      Waarom kan die leser aan die einde van die verhaal saam met Saul en Kate
          gelukkig voel?                                                                             (1)
1.19      Kies die gevolg/resultaat uit KOLOM B wat by die gebeurtenis in KOLOM A
          pas. Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommer (1.19.1–1.19.5) neer,
          byvoorbeeld 1.19.6 G.

                           KOLOM A                                 KOLOM B
          1.19.1     Saul het geglo die kalander het    A    Saul het leer delf.
                     seergekry.
                                                        B    Saul het leer meubels maak.
          1.19.2     Die dorpsmense het teen Saul
                     gediskrimineer.                    C    Saul se pa het hom geslaan.

          1.19.3     Saul het saam met Patterson        D    Saul het ’n besige sosiale
                     in die Bos geloop.                      lewe gelei.

          1.19.4     Saul het by Abraham Steyn in       E    Saul was die oppasser van
                     Swellendam gebly.                       Meulbos.

          1.19.5     Die ryk mense in Knysna het        F    Saul is uit die biblioteek
                     vir Saul aanvaar.                       weggejaag.
                                                                                      (5 x 1)        (5)
1.20     Sê waarom dit realisties is om te glo dat Saul ŉ sukses van sy
         meubelbesigheid sou maak.                                                                   (1)
                                                                                                     [35]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
 Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          8                                      DBE/2016
                                              SSE

VRAAG 2: DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM –
         Marita van der Vyver

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS C

1         Liewe leser. Dis hoe ek my lewensverhaal wou begin. Toe kom loer Tibo oor
2         my skouer en sê ek is simpel, dis nie hoe mens ŉ storie begin nie.
3           “Wat weet jy?” vra ek hom. “Hoeveel stories het jy al geskryf?”
4         Tibo is agt. Gans te oud vir sy ouderdom, soos my ma altyd sê. Hy’s my
5         halfbroer. Ek het ook twee stiefbroers.
6           “Wie wil jy hê moet jou stories lees?” vra Tibo.
7           “Nie jy nie,” snou ek hom toe. “Loop speel met jou poppe.”
8         Hy speel nie rêrig pop nie. Wel, ek het hom laas jaar een keer betrap dat hy
9         my ou Barbie-pop aantrek, maar toe ek hom daaroor terg, het Mana woedend
10        geword. Mana is my ma. Sy hou daarvan dat ek haar op haar naam noem. Sy
11        glo dis sleg vir mens se gesondheid om normaal te wees.
12          “Niks verkeerd daarmee as seuns met poppe speel nie!” het sy uitgeroep.
13          “Maar jy’t niks daarvan gehou toe ék met ŉ Barbie gespeel het nie,” het
14        ek gesê. “Hoekom is dit nou skielik oukei as hý met ŉ Barbie wil speel?”
15          “Dit het te doen met rolle,” het Mana met rollende oë gesê. “Ek sal nie
16        daarvan hou as Tibo rugby speel nie, …”

2.1       Kies die KORREKTE antwoord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf
          slegs die vraagnommer (2.1) en die antwoord neer.

          Toe Hanna begin skryf, wou sy oor (hul vakansie/stralende geluk) skryf.                   (1)

2.2       Watter TWEE eienskappe van Hanna het haar as skrywer gehelp?                              (2)

2.3       Waaruit kan jy aflei dat Tibo en Amos nie Hanna se privaatheid gerespekteer
          het nie? Gee TWEE feite.                                                                  (2)

2.4       “Nie jy nie,” snou ek hom toe. “Loop speel met jou poppe.” (Reël 7)

          2.4.1       Hoe sal jy Hanna se reaksie hier teenoor Tibo beskryf?                        (1)

          2.4.2       Hoekom sou ŉ mens kon sê dat Hanna se optrede teenoor haar
                      jonger boetie Tibo, realisties was?                                           (1)

2.5       Hoe pas Hanna se siening oor Mana (reël 11) by die volgende:

          2.5.1       Die manier waarop Mana ŉ tweede kind wou hê                                   (1)

          2.5.2       Die naam van die ongebore baba                                                (1)

2.6       Hanna se bynaam was Hanna Hoekom.

          Wie het hierdie bynaam vir Hanna gegee?                                                   (1)

 Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
 Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            9                                      DBE/2016
                                                SSE

2.7       Die verteller speel ŉ belangrike rol in ŉ roman.

          2.7.1       Wie is die verteller in hierdie verhaal?                                        (1)

          2.7.2       Waarom is dit goed dat hierdie persoon die verteller is?                        (1)

2.8       Mana wou nie hê Tibo moes rugby speel nie, maar Mana sou nie omgee as
          Hanna rugby wou speel nie.

          Waarom, dink jy, is Mana se opinie oor geslagsrolle in 2016 baie relevant?                  (1)

                                              EN

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS D

1            Dit was ŉ uitgemergelde groepie, op die rand van hongersnood en
2         wanhoop, wat gisteroggend daarin geslaag het om ŉ verbygaande helikopter
3         nader te lok. Die geselskap het verskeie ander bekende persoonlikhede
4         ingesluit: me. Hoekom se vader, Gavin Taylor, ŉ vooraanstaande mode-
5         ontwerper van Johannesburg; me. Hoekom se vriendin, Sharon Bester, dogter
6         van die gewese politieke aktivis Jonathan Bester; me. Hoekom se stiefbroer,
7         Yann Theron, bekende …
8           Liewe leser, hier haak my koerantberig vas. Waarvoor is Yann bekend?
9         Hartebreker van Hoërskool Tafelberg?
10          “Dis my pa!” roep Sharon uit en gryp my arm vas terwyl die helikopter ŉ ent
11        anderkant Gavin se geleende rooi MG land. “En my ma!”
12          Die volgende oomblik verskyn Sharon se pa en ma in die deur van die
13        helikopter. Hulle lyk soos twee rolprentsterre met sonbrille en kameelkleur
14        jasse. Of soos die Amerikaanse president en sy vrou wat voor ŉ klomp TV-
15        kameras uit hul persoonlike helikopter klim. Hulle wuif vir ons en drafstap
16        nader, so half geboë in die wind wat steeds deur die draaiende skroef
17        veroorsaak word.
18          Ons enigste regte rolprentster (wel, met ŉ bietjie verbeelding) staan daar in
19        haar glimmende lemmetjiegroen sportpak en haar vuil drafskoene en gaap
20        hulle oopmond aan.
21          Ek vermoed ons voel almal ewe belaglik.

2.9       Voltooi die volgende paragraaf deur die woorde in die lys hieronder te gebruik.
          Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (2.9.1–2.9.4) neer.

            positief; talentvol; vervelig; afwesig; dramaties; belaglik; negatief; besig

          Die koerantberig wat Hanna uitgedink het, begin baie (2.9.1) … Die manier
          waarop sy haar gesinslede in die berig beskryf, wys hoe (2.9.2) … sy nou oor
          hulle voel. Hanna noem Gavin “vader” wat aandui dat hy nie meer die pa is,
          wat met elke verjaarsdag (2.9.3) … was nie. Hanna het eers gedink dat alles
          aan Margot plastiek was, maar nou erken sy in die koerantberig dat Margot
          (2.9.4) … is.                                                                               (4)

 Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            10                                        DBE/2016
                                               SSE

2.10     Waarom verskyn die woorde “Liewe leser” (reël 8) dikwels in die verhaal?                    (1)

2.11     Kies die KORREKTE woord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs
         die woord langs die vraagnommer (2.11) neer.

         Die toon van die laaste vier reëls in die uittreksel is (ernstig/humoristies).              (1)

2.12     Waarom was die gesin op die berg vasgekeer?                                                 (1)

2.13     Die groep het ŉ helikopter in die lug gesien.

         Vertel wat hulle gedoen het om die vlieënier se aandag te trek. Gee DRIE feite.             (3)

2.14     Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
         (A–D) langs die vraagnommer (2.14) neer, byvoorbeeld 2.14 E.

         Gavin het gesê dat Hanna as baba perfek was. Dit het Hanna se … verbeter.

         A        selfbeeld
         B        voorkoms
         C        kleresmaak
         D        verbeelding                                                                        (1)

2.15     Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
         (A–D) langs die vraagnommer (2.15) neer, byvoorbeeld 2.15 E.

          Gavin sou vir Hanna (as baba) die naam Fabienne gekies het, want vir hom
          was die naam …

         A        eenvoudig.
         B        vreemd.
         C        gewoon.
         D        eksoties.                                                                          (1)

2.16     Ons leer vir Hanna ken as ŉ tiener wat nie altyd tevrede was met hoe sy gelyk
         het nie.

         Noem TWEE dinge waaroor sy ontevrede was.                                                   (2)

2.17     Hoekom het Hanna al hoe minder aan Fabienne gedink soos die verhaal
         ontwikkel het?                                                                              (1)

2.18     Het die Fabienne-stories wat Hanna geskryf het die roman interessant
         gemaak? Verduidelik jou antwoord.                                                           (1)

2.19     Hoekom is die slot van die roman gepas veral vir tieners wat ŉ stiefpa of
         -ma het?                                                                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
 Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          11                                   DBE/2016
                                              SSE

2.20      Kies 'n karakter uit KOLOM B wat by ’n stelling in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–F) langs die vraagnommer (2.20.1–2.20.5) neer,
          byvoorbeeld 2.20.6 G.

                                 KOLOM A                              KOLOM B
           2.20.1    Hierdie karakter se geskenk op Hanna       A   Luke
                     se vyftiende verjaarsdag het haar liefde
                     vir lees versterk.                         B   Gavin

           2.20.2    Hierdie karakter het Hanna ondersteun      C   Beyers
                     tydens die baba se geboorte.
                                                                D   Margot
           2.20.3    Hierdie karakter het aan die einde van
                     die roman Hanna se skryftalent             E   Mana
                     aangemoedig.
                                                                F   Sharon
           2.20.4    Hierdie karakter het die leiding op
                     Botterberg geneem nadat die helikopter
                     vertrek het.

           2.20.5    Hierdie karakter het die gesin op
                     Botterberg gered.
                                                                                     (5 x 1)      (5)
                                                                                                  [35]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         12                                  DBE/2016
                                            SSE

VRAAG 3: MEEULANDERS – Esta Steyn

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS E

1     “Duiker, ek sal kyk wat ek kan saamstuur. Sê vir Twilight ek het nog vier
2     baadjietjies klaar. Ek stuur dit môre saam. Pienketjies. Mens moet darem iets
3     pienks hê. Nou goed dan, Duiker, hoor. Oor en uit!”
4       Hansie sit die mikrofoon neer voordat die stem nog iets kan kwytraak. Sy kyk
5     skaam na Ryna, duidelik ontsteld oor Jacob se tirade.
6     “Ag, juffrou,” probeer sy verduidelik, “dis nou seker maar ŉ misverstand. Jy weet,
7     dinge op Meeuland is maar moeilik. Jacob se assistent, wat met die onderhoud
8     van die geboue gehelp het, is al maande lank weg. En sy ou vroutjie is in die
9     ander tyd. Hulle eerstetjie. Maar hy sal wel weer bedaar. Heidenland, juffrou. Jy
10    weet mos die mans kan so maklik moeilik raak oor niks.”
11      Ryna kry haar jammer. “Ant Hansie,” sê sy sag, “my naam is Ryna.”
12      En sy kyk in Hansie se begrypende bruin oë. Dis oë wat al seergekry het, weet
13    sy. Dis oë wat al die wêreld se swaar kant gesien het.
14      Maar Die Stem het haar tog ontstel.
15      Ek het nêrens anders om heen te gaan nie. My verlede is weg. En ek is nie
16    welkom in die nuwe lewe waarheen ek op pad is nie.

3.1       Kies die KORREKTE antwoord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf
          slegs die antwoord langs die vraagnommer (3.1) neer.

          Ryna het in (professor Van Keulen se blyplek/die Green Shadows-gastehuis)
          gebly voordat sy Salamanderbaai toe gegaan het.                                      (1)

3.2       Ryna het op Meeuland kom werk. Vertel van die tragiese gebeure in haar
          lewe voordat sy Meeuland toe gekom het. Gee DRIE feite.                              (3)

3.3       Lees weer reël 6.

          Jacob het twee feite oor Ryna se koms na Meeuland verkeerd gehad. Noem
          die twee feite.                                                                      (2)

3.4       Wie was Twilight in hierdie roman?                                                   (1)

3.5       Lees weer reël 12.

          3.5.1      Hoekom, dink jy, kon Ryna die seer in Ant Hansie se oë raakgesien
                     het?                                                                      (1)

          3.5.2      Noem TWEE insidente wat in Ant Hansie se gesin gebeur het wat
                     haar seergemaak het.                                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          13                                  DBE/2016
                                             SSE

3.6       Kies ŉ gevolg/resultaat uit KOLOM B wat by ŉ gebeurtenis in KOLOM A pas.
          Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommer (3.6.1–3.6.5) neer,
          byvoorbeeld 3.6.6 G.

                           KOLOM A                               KOLOM B
          3.6.1      Ryna het na die trauma ŉ nuwe    A     Meeuland moes verlaat.
                     lewe begin toe sy …
                                                      B     en Jason vriende geword
          3.6.2      Ryna het dadelik gasvryheid            het.
                     ervaar toe sy …
                                                      C     Stellenbosch besoek het.
          3.6.3      Ryna het geleer om haar pyn
                     te verwerk toe sy …              D     Ant Hansie vir die eerste
                                                            keer ontmoet het.
          3.6.4      Ryna se werk as kunstenaar is
                     raakgesien toe sy …              E     op Salamanderbaai
                                                            aangekom het.
          3.6.5      Daar het weer ŉ groot
                     verandering in Ryna se lewe      F     en Jannerik saam ŉ boom
                     gekom toe sy …                         geplant het.
                                                                                (5 x 1)         (5)

3.7       Stem jy saam dat Elsabet meer kon doen om vir Ryna tuis te laat voel op
          Meeuland? Motiveer jou antwoord.                                                      (1)

3.8       “Maar Die Stem het haar tog ontstel.” (Reël 14)

          3.8.1      Die Stem verwys na Jacob.

                     Waarom het Jacob Ryna ontstel?                                             (1)

          3.8.2      Kies die KORREKTE woord uit dié wat tussen hakies gegee word.
                     Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (3.8.2) neer.

                     ŉ Voorbeeld van (innerlike/uiterlike) konflik was toe Ryna vir die
                     eerste keer met Die Stem gepraat het.                                      (1)

3.9       Hoekom kan ons met Ryna saamstem as sy sê “My verlede is weg”?
          (Reël 15)                                                                             (1)

                                           EN

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          14                                  DBE/2016
                                             SSE

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS F

1        Hy’t die kind uit haar arms geneem. Hy het die kombersie van die koppie
2      afgetrek en wanhopig na die stil gesiggie gekyk. En sy oor teen die mondjie
3      gedruk en sy kop geskud.
4        En toe het Kinnie se kind ŉ skree-geluidjie in die bruin sak gegee.
5        Daar was meteens ŉ heilige stilte tussen die drie mense in die kombuis op
6      Meeuland.
7        Ons het woordeloos na mekaar gekyk. Jacob en Jannerik en ek. En die een
8      het geweet wat die ander dink. Ons het kontrak geteken sonder pen of papier.
9      En ons het mekaar belowe dat geen mens ooit sou weet nie. Jannerik sou vir
10     Ousanna sê dat Kinnie se kind gesterf het. Voor die dag gebreek het, het Jacob
11     ŉ kissie gemaak. Ons het Elsabet se babatjie gaan begrawe met sonopkoms.
12     Die storm het stil geword. Daar was swartrugmeeue teen die oggendhemel. Ek
13     het van ŉ afstand af staan en kyk hoe Jannerik die gat spit by die oorhangende
14     rots ver van die huis af. En hoe Jacob die kissie neerlê. En biddend in die hemel
15     in opkyk.
16       Ek het Jannerik saggies hoor huil. Ek het geweet dat my lewe nooit weer
17     dieselfde sou wees nie. En dat ek vir ewig aan die mense van Meeuland verbind
18     sou wees.

3.10      Waarom was dit reg van Jannerik om Kinnie se baba Meeuland toe te bring?              (1)

3.11      “Ons het kontrak geteken sonder pen of papier.” (Reël 8)
          Wat beteken hierdie woorde?                                                           (1)

3.12      Voltooi die volgende paragraaf deur die woorde in die lys hieronder te
          gebruik. Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (3.12.1–3.12.4) neer.

              gehaat; gestry; weggeneem; versorg; gejok; geken; vertrou; gepraat

          Vandat Ryna op Meeuland aangekom het, het sy en Jannerik oor hulle
          emosies (3.12.1) … Nadat Elsabet die eiland verlaat het, moes Ryna Janka
          dikwels (3.12.2) … Sy het nooit vir Attie oor haar gevoelens vir hom (3.12.3)
          … nie. Uiteindelik moes sy erken dat sy Jacob nie kon (3.12.4) … nie.                 (4)

3.13      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (3.13) neer, byvoorbeeld 3.13 E.

          Kinnie het vir haar kind ŉ … as erfstuk agtergelaat.

          A     hangertjie
          B     wekkertjie
          C     kledingstuk
          D     porseleinpop                                                                    (1)

3.14      Wat kan jy by Ryna leer oor haar besluit om Jacob enduit te ondersteun?               (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         15                                 DBE/2016
                                            SSE

3.15      Ryna het Janka in haar lewe gekry en dit het gehelp om Ryna se pyn oor die
          verlede minder te maak.

          Motiveer hierdie stelling.                                                          (1)

3.16      Hoe het Skalla Jacob se lewe ongelukkig gemaak? Noem TWEE dinge.                    (2)

3.17      Hoe het Fred tydens die hofgebeure vir Jacob probeer help?                          (1)

3.18      Ryna het die kontrak wat sy met Jacob en Jannerik op Meeuland gesluit het,
          aan die einde van die verhaal verbreek.

          Motiveer waarom hierdie stelling WAAR is.                                           (1)

3.19      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (3.19) neer, byvoorbeeld 3.19 E.

          Almal is weg van Meeuland af en Ryna het as onderwyseres gaan werk,
          want sy …

          A     het terugverlang na haar jare as onderwyseres.
          B     kon nie haar kunswerke verkoop nie.
          C     wou in Ousanna se huisie bly.
          D     wou naby Jacob wees.                                                          (1)

3.20      Ons het vir Ryna in die roman goed leer ken. Sê watter karaktereienskap van
          Ryna jy die meeste waardeer het.                                                    (1)

3.21      Janka se identiteit is lank geheim gehou.

          Waarom, dink jy, was dit effektief in die roman?                                    (1)
                                                                                              [35]

                                                                 TOTAAL AFDELING A:           35

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
 Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           16                                  DBE/2016
                                               SSE

AFDELING B: DRAMA

Beantwoord slegs EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

VRAAG 4: POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS G

1        STONE (plaas sy arm om haar skouers). Toe kom die ding dat hulle nou vir
2        ons sê, ons moet nou gaan waarnatoe ons wil, maar ons Xhosa-mense moet
3        net weg uit Lambertsbaai uit.
4        JAKKIE. Die mense was baie ontevrede.
5        MOSIE (spring driftig op, loop heen en weer, beweeg na Stone en Poppie).
6        Ek gaan nie hierso weg nie. Ek het hier grootgeraak … ek werk by die garage
7        en ek leer by die Union College. Bhuti Mbatane het twaalf jaar in Lambertsbaai
8        gewerk en voor dié tyd in Lüderitzbucht. Waarnatoe moet hy nou gaan?
9        POPPIE (aan Mama). En Ouma … en my kindjie se graftes? Wie sal vir hulle
10       versorg?
11       MAMA. Waar gaan ons huis kry? (Ad lib.)

12       Almal “vries”. Luister na stem oor megafoon.

13       STEM. Die mans kan aanbly, maar die vrouens en kinders wat leeglê, moet
14       weggaan na waarvandaan hulle gekom het of by ander plekke gaan werk
15       soek.
16       HOEDJIE. Toe word die huise aan die brand gesteek deur die munisipaliteit.
17       Die poeliesse het eers die goed uit die huis uit gedra. Dan gee hulle die deur
18       so ŉ skop na binnetoe en dan word die mêtjie getrek.
19       MOSIE. Die kinders en almal staan kyk na die goed wat uitgedra is en na die
20       huis wat brand. (Die hele groep kyk na ŉ huis wat brand.)

         ***
21       Kollig doof tot donker. Stone gaan sit op die blik regs.

4.1       Na watter woonbuurt in die Kaap moes die Xhosa-mense later in die
          drama trek?                                                                             (1)

4.2       Kies die KORREKTE woord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs
          die woord langs die vraagnommer (4.2) neer.

          Met Mosie se reaksie op Stone se woorde (reël 5–8) wys Mosie dat hy die
          verskuiwing na ŉ nuwe woonbuurt (verwerp/aanvaar) het.                                  (1)

4.3       Poppie het besluit om nie saam met haar ma-hulle uit Lambertsbaai weg te
          trek nie.

          Verduidelik waarom dit die regte besluit was.                                           (1)

 Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          17                                    DBE/2016
                                             SSE

4.4      Poppie het ŉ jaar later nie ŉ keuse gehad nie, want sy moes Lambertsbaai
         verlaat.
         Vertel hoekom Poppie nie langer in Lambertsbaai kon bly nie. Gee DRIE feite.             (3)
4.5      Wie is die Ouma na wie Poppie in reël 9 verwys?                                          (1)
4.6      Mama het Poppie vir ŉ kort rukkie saam met haar en Mbatane in die sinkhuis in
         Elsies laat bly en dit was nie maklik nie.
         Hoe is Mama se optrede hier ŉ goeie voorbeeld vir ander ma’s? Gee TWEE
         feite.                                                                                   (2)
4.7      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
         (A–D) langs die vraagnommer (4.7) neer, byvoorbeeld 4.7 E.
         Poppie het inslaap-werk by ŉ … in Constantia gekry.
         A     kleuterskool
         B     kwekery
         C     melkery
         D     sjebeen                                                                            (1)
                                           EN
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS H
1        MAMA. Ons kan nie tel nie. Mosie het gehelp met die pellets uithaal uit die
2        kinders se arms waar hulle geskiet is. Party mense sê vyf is dood, party mense
3        sê tien. Hoe kan ons tel? Maar ek self ken nie die kinders wat dood is se
4        mense nie.
5        Albei plaas gehoorbuise terug op die mik.
6        MOSIE. Woensdag was dit die riots, en Donderdag en Vrydag was dit stiller, en
7        Saterdag het Poppie haar off gevat en huis toe gegaan.
8        POPPIE. Wat gaan aan, Mama? Wat wil die kinders hê as hulle so breek
9        maak?
10       MAMA. Jou swaar is nie die swaarste nie, Poppie, dat jou kinders weg is van
11       jou. Maar ons weet nie waar ons kinders is nie. Hulle praat nie met ons nie.
12       Hulle sê nie waar hulle gaan of wat hulle gaan doen nie. Ons is moeg, ons wag
13       heeldag vir die kinders, as hulle die dag uitgaan, weet ons nie of ons hulle weer
14       in die lewe gaan sien nie. En Jakkie hou hom met hierdie troewel besighede
15       op.
16       Jakkie kom binne, gooi sy goed neer, sit en begin eet. Mama beweeg weg.
17       POPPIE. Hoekom is jy so ŉ groot worrie vir Mama?
18       JAKKIE. Ons doen nie slegte goed nie, Sisi.
19       POPPIE. Die busse is flenters en die skole brand en die kinders is dronk op
20       straat, en jy sê dis nie slegte goed nie. Hê, Jakkie? Phendula!
21       Jakkie stap weg.
22       MAMA (begin weer huil).

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           18                                   DBE/2016
                                              SSE

4.8       “Maar ek self ken nie die kinders wat dood is se mense nie.” (Reël 3–4)

          4.8.1        Waarom was hierdie woorde van Mama later in die drama nie
                       meer waar nie?                                                           (1)

          4.8.2        Was dit reg dat die kinders in 1976 in opstand gekom het? Gee
                       ŉ rede vir jou antwoord.                                                 (1)

4.9       Lees weer reël 14–21.

          4.9.1        Wat was Jakkie se reaksie op die politieke onreg?                        (1)

          4.9.2        Hoekom het Poppie anders as Jakkie daarop gereageer?                     (1)

4.10      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (4.10) neer, byvoorbeeld 4.10 E.

          Jakkie het die rol van ŉ … in die opstand gespeel.

          A    leier
          B    staker
          C    volgeling
          D    vredemaker                                                                       (1)

4.11      Voltooi die volgende paragraaf deur die woorde in die lys hieronder te
          gebruik. Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (4.11.1–4.11.4) neer.

                        regering; kerkleiers; migrants; city borners; ouers;
                                  onderwysers; weermag; polisie

          Uit die kinders se protesaksies kan die leser aflei dat hulle ook oor sosiale
          sake ongelukkig was. Hulle was byvoorbeeld ongelukkig oor die (4.11.1) …
          se drinkery en dat hulle die kinders alleen by die huis gelos het. Hulle was
          ook moeg daarvoor dat die (4.11.2) … onwettig drank verkoop het en dat die
          (4.11.3) … saam met dié groep gewerk het. Tydens die opstande was die
          kinders aan die (4.11.4) … se kant.                                                   (4)

4.12      Wat het die kinders hulleself in hierdie tyd begin noem?                              (1)

4.13      “POPPIE. Hoekom is jy so ŉ groot worrie vir Mama?” (Reël 17)

          4.13.1       Wat het Jakkie later gedoen wat veroorsaak het dat Poppie oor
                       hom bekommerd was? Gee TWEE feite.                                       (2)

          4.13.2       As Jakkie in 2016 geleef het, sou hy goed ingepas het by sommige
                       jongmense.

                       Verduidelik waarom hierdie stelling WAAR is.                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            19                                      DBE/2016
                                               SSE

4.14      Kies die KORREKTE woord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf
          slegs die woord langs die vraagnommer (4.14) neer.

          Die feit dat Poppie se kinders verplig was om ver van haar af te bly, was
          volgens Mama die rede waarom Poppie (vrede/opstand) oor haar kinders
          kon hê.                                                                                  (1)

4.15      Ons lees van twee opstande, een in 1960 en die ander in 1976, in die drama.

          4.15.1       Watter mense het aan elk van die opstande deelgeneem?
                       Beantwoord die vraag só:
                       In 1960 het die … en in 1976 het die … aan opstande
                       deelgeneem.                                                                 (2)

          4.15.2       Hoe het Jakkie gedurende die 1960-opstande gewys dat hy nie
                       respek vir Plank gehad het nie?                                             (1)

          4.15.3       Hoekom het die kinders vir Plank gedurende die 1976-opstande
                       geslaan?                                                                    (1)

4.16      Hierdie vraag verwys na TEKS G en TEKS H. Kies die funksie van die
          neweteks (woorde in skuinsdruk) uit KOLOM B wat by die
          neweteks/aanhaling in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–F) langs die
          vraagnommer (4.16.1–4.16.5) neer, byvoorbeeld 4.16.6 G.

                            KOLOM A                                   KOLOM B
          4.16.1       (aan Mama) (TEKS G; reël 9)        A   Dit dui die atmosfeer aan.

          4.16.2       Kollig doof tot donker. (TEKS G;   B   Dit dui aan wat die
                       reël 21)                               handeling is.

          4.16.3       Stone gaan sit op die blik regs.   C   Dit dui aan met wie gepraat
                       (TEKS G; reël 21)                      word.

          4.16.4       Jakkie stap weg. (TEKS H;          D   Dit dui aan wat die karakter
                       reël 21)                               sê.

          4.16.5       (begin weer huil) (TEKS H;         E   Dit dui aan hoe die dekor
                       reël 22)                               gebruik word.

                                                          F   Dit dui die karakter se
                                                              emosie aan.
                                                                                        (5 x 1)    (5)

4.17      Aan die einde van die drama gee Poppie haar opinie oor haar omstandighede
          en haar toekoms.

          Watter TWEE dinge wat Poppie gesê het, kan ŉ mens as universele
          boodskappe beskou?                                                                       (2)
                                                                                                   [35]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            20                                DBE/2016
                                               SSE

VRAAG 5: PALJAS – Chris Barnard

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS I

1       Die landskap is die Karoo. ŉ Uitgestrekte, eenselwige, eensame omgewing met
2       gannabos, skaap en koringlande. En dansende lugspieëlings.
3         Deur die middel van hierdie landskap loop ŉ grondpad en ŉ spoorlyn, en
4       langs die spoorlyn is ŉ spoorweghalte. Dis skaars ŉ halte. Dis ŉ perron,
5       ŉ sinkwagkamer en -kantoor, ŉ watertoring, ŉ paar bloekom- en peperbome,
6       ŉ paar vervalle skure, ŉ laaiplek vir diere, ŉ windpomp en ŉ spoorweghuis met
7       ŉ wye voorstoep.
8       Dis die soort plek waar treine nie stop nie.
9         Die plase is groot en die naaste plaasopstal sowat vyf kilometer weg.
10        ŉ Klompie kilometer suid van die halte is ŉ kleinerige dorp met ŉ paar winkels,
11      ŉ koöperasie, klompie huise en ŉ massiewe kerk.

12      1. ŉ Uitgestrekte Karoolandskap. Dis net ná dagbreek. Op die oostelike horison
13      is ŉ stoomtrein onderweg met sy swart rookpluim duidelik sigbaar teen die lug.

14      2. Hendrik en Katrien se slaapkamer. Die eerste oggendlig val deur die venster.
15      Katrien klim uit haar enkelbed en maak klein Willem toe wat in dieselfde bed lê.
16      Sy sit ŉ oomblik vir die vertrek en kyk – ook vir die slapende Hendrik op die
17      enkelbed oorkant haar. Die lig val effens oor sy gesig.

5.1       Wie was die enigste McDonald-gesinslid vir wie dit lekker was op hierdie
          stasie in die Karoo?                                                                  (1)

5.2       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (5.2) neer, byvoorbeeld 5.2 E.

          TEKS I (hierbo) gee inligting oor die ruimte. Hierdie inligting skep ŉ …
          atmosfeer.

          A       vrolike
          B       verlate
          C       gejaagde
          D       feestelike                                                                    (1)

5.3       Verwys na reël 6.

          5.3.1        Wie het later in die een skuur gebly?                                    (1)

          5.3.2        Die polisie het gedink dat daar verkeerde dinge in daardie
                       skuur aan die gang was. Vertel van DRIE dinge wat die polisie
                       gesien het.                                                              (3)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           21                                   DBE/2016
                                              SSE

5.4       “Dis die soort plek waar treine nie stop nie.” (Reël 8)

          5.4.1        Watter trein het wel op Hendrik McDonald se stasie stilgehou?              (1)

          5.4.2        Hoe het Hendrik en Willem se reaksies op hierdie trein verskil?            (2)

5.5       Hendrik het later die sirkusmense gaan konfronteer terwyl Emma nuuskierig
          daar rondgeloer het.

          5.5.1        Het Hendrik reg opgetree teenoor Sollie toe hy hom teen die
                       treintrok sien uitklouter het? Gee ŉ rede vir jou antwoord.                (1)

          5.5.2        Waarom moes Emma liewer nie alleen op die stasie gaan rondloer
                       het nie?                                                                   (1)

5.6       “Die plase is groot en die naaste plaasopstal sowat vyf kilometer weg.”
          (Reël 9)

          5.6.1        Kies die KORREKTE antwoord uit dié wat tussen hakies gegee
                       word. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer (5.6.1)
                       neer.

                       Die boer wat gereeld kom hoor het of Katrien iets nodig gehad het,
                       was (Jan Mol/Frans).                                                       (1)

          5.6.2        Hendrik het gesien dat die boer dikwels by Katrien gekom het.

                       Hoekom was Hendrik bekommerd hieroor?                                      (1)

          5.6.3        Hoekom het Hendrik, volgens Katrien, nie rede gehad om
                       bekommerd te wees nie?                                                     (1)

5.7       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (5.7) neer, byvoorbeeld 5.7 E.

          Die feit dat daar ŉ “massiewe kerk” op die kleinerige dorpie was, dui aan
          dat …

          A       daar baie boere in die omgewing gewoon het wat na daardie kerk toe
                  gekom het.
          B       die mense van die dorpie gehoop het dat daar nog baie meer mense na
                  hulle kerk sou kom.
          C       die kerk so ŉ goeie predikant gehad het dat hulle ŉ groter kerk moes
                  gebou het.
          D       die kerk as baie belangrik beskou is en die kerkleiers baie invloed in
                  die dorp gehad het.                                                             (1)

5.8       Aan die begin van die drama kan die leser sien dat Hendrik en Katrien
          ongelukkig is.

          Vir watter karakter voel jy jammer? Motiveer jou antwoord.                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          22                                  DBE/2016
                                             SSE

5.9       Voltooi die volgende paragraaf deur die woorde in die lys hieronder te gebruik.
          Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (5.9.1–5.9.4) neer.

           bly; verbaas, gefrustreerd; tevrede; nuuskierig; trots; geduldig; verveeld

          In hierdie drama kry ons verskillende karakters. Katrien was (5.9.1) … oor die
          feit dat hulle op hierdie stasie moes bly. Hendrik was (5.9.2) … oor hoe dit in
          oorsese lande gelyk het. Emma wou niks van Nollie weet nie, maar Nollie het
          (5.9.3) … bly hoop dat sy tog in hom sal belangstel. Manuel was (5.9.4) … oor
          die feit dat kerkmense nie hul medemens met liefde behandel het nie.                  (4)

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS J

1         142. Drie, vier motors kom op die werf aan. Hulle ry stadig.
2           Hulle hou langs mekaar stil – hulle kopligte verblindend op die huis.
3           Hendrik verskyn op die werf. Hy staan vir die motorligte en kyk. Katrien
4           kom tot langs hom, met Emma en Nollie agter hulle op die stoep.
5         HENDRIK: Gaan in die huis in, Katrina. Julle almal.
6            Die motorligte word die een na die ander afgeskakel.
7            Dis Sakkie du Toit wat eerste uit sy motor klim. Nog twee motors kom aan
8            en hou stil.
9            Ouderling Bothma klim uit ŉ tweede motor en Thys Briekman uit die derde
10           motor. Ander mense bly in die motors sit. Hendrik kom nader.
11           Die drie mans stap na hom toe. Nog ŉ motor hou stil.
12        HENDRIK: Naand . . .
13           Katrien en Emma-hulle gee nie pad nie. Hulle staan en kyk.
14        OUDERLING BOTHMA: Naand, Hendrik.
15           Hulle kom tot by hom. Hulle lyk ongemaklik.
16        HENDRIK: Kan ek help?
17        SAKKIE: Ons het maar net kom sê ons is jammer oor daardie spul. Dit was
18        nie nodig nie.
19        HENDRIK: Ag, nee wat. Kyk. (Hy hou sy arms oop.) Ons makeer niks.
20        OUDERLING BOTHMA: Die mense het begin ry anderkant. Die dans is in sy
21        kanon in.
22        HENDRIK: Kom in. Kom sit. Ek was juis van plan om ŉ knertsie in te gooi.
23        SAKKIE: Die vrouens sit in die kar.
24        HENDRIK: Nou bring hulle. Bring hulle. Bring hulle.

5.10      Verwys na reël 1–5.

          Hoe het die motorligte wat in Hendrik se oë geskyn het, spanning geskep?              (1)

5.11      Waar was die besoekers voordat hulle na Hendrik-hulle toe gekom het?                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          23                                   DBE/2016
                                             SSE

5.12      Lees weer reël 5.
          Was Hendrik se optrede hier vir jou aanvaarbaar of nie? Motiveer jou
          antwoord.                                                                             (1)
5.13      Verwys na reël 13.
          Wat sê Katrien en Emma se optrede hier vir jou oor wat gesinne behoort
          te doen?                                                                              (1)
5.14      “Ons het maar net kom sê ons is jammer oor daardie spul. Dit was nie nodig
          nie.” (Reëls 17–18)
          5.14.1     Wat het “daardie spul” gedoen waaroor die besoekers jammer
                     gevoel het?                                                                (1)
          5.14.2     Die dorpsmense het voor daardie aand ook al negatief teenoor die
                     McDonalds opgetree. Noem TWEE verkeerde dinge wat hulle
                     gedoen het.                                                                (2)
5.15      Waarom kan die leser Hendrik se optrede teenoor die besoekers in reël 22
          respekteer?                                                                           (1)
5.16     Hierdie vraag verwys na TEKS I en TEKS J. Kies die funksie uit KOLOM B
         wat by die aanwysing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–F) langs die
         vraagnommer (5.16.1–5.16.5) neer, byvoorbeeld 5.16.6 G.

                        KOLOM A                                  KOLOM B
          5.16.1 Dis ŉ perron, ŉ sinkwagkamer        A   Dit dui op ŉ vrolike
                 en -kantoor … (TEKS I, reël 4–5)        atmosfeer.
          5.16.2 Die lig val effens oor sy gesig.    B   Dit dui aan wat die karakter
                 (TEKS I, reël 17)                       moet doen.
          5.16.3 142. Drie, vier motors kom op die   C   Dit dui die ruimte aan.
                 werf aan. (TEKS J, reël 1)
                                                     D   Dit dui ŉ nuwe toneel aan.
          5.16.4 Hulle lyk ongemaklik. (TEKS J,
                 reël 15)                            E   Dit dui die kameraskoot aan.

          5.16.5 (Hy hou sy arms oop.) (TEKS J,      F   Dit dui op emosie.
                 reël 19)
                                                                                   (5 x 1)      (5)

5.17      Kies die KORREKTE antwoord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf
          slegs die vraagnommer (5.17) en die antwoord neer.
          Aan die begin van die drama is die windpomp stukkend, maar Hendrik het dit
          later reggemaak. Die herstel van die stukkende windpomp het daarop gedui
          dat (Hendrik voorsiening gemaak het vir die droogte wat kom/die verhoudings
          in die gesin begin regkom het).                                                       (1)
5.18      Die drama eindig met Willem wat konsertina speel. Wat simboliseer dit in
          Willem se lewe?                                                                       (1)
                                                                                                [35]
                                                              TOTAAL AFDELING B:                35

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans FAL P1 May June 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-may-june-2016/f8c9e363-bee8-401b-a63d-075ae6d062cc) — Afrikaans FAL · QP · 2016 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 May June 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-may-june-2016/11634693-2556-4655-b386-6c7e23a6a125) — Afrikaans FAL · QP · 2016 · Afr
- [Grade 12 NSC Afrikaans P2 10022 (FAL) Preperatory 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-p2-10022-fal-preperatory-2016-question-paper/8e1b7b9d-a93b-4720-8047-a1dcf1a8ab8c) — Afrikaans FAL · QP · 2016 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May June 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2021/34e7b7fd-bf31-4586-9e70-44ddb4b9045e) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr
- [Grade 12 NSC Afrikaans P2 (FAL) Preperatory 2016 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-p2-fal-preperatory-2016-possible-answers/8a0e8deb-d01b-4d06-9dab-00baf1786d51) — Afrikaans FAL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Feb March 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-feb-march-2016-memo/f7d4f2d7-2166-49b3-9594-dd3f4a610f61) — Afrikaans FAL · Memo · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
