# Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2017 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2017, 33 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2017/9f6acbfa-eca8-4114-9fbb-ecca492a0129
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 33

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2017/9f6acbfa-eca8-4114-9fbb-ecca492a0129)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC June Exam · 2017 · Afrikaans. Question paper, 33 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans FAL P2 May June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2017-memo/4d4c9c87-bf05-4564-a79c-d7c2c8e5e4d4) — Memo · 2017 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

                                         2017

                                                                       PUNTE: 70

                                                                       TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 33 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         2                                     DBE/2017
                                            SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.        MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die
          INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommers van
          die vrae oor die tekste wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vrae en
          kies die vrae wat jy wil beantwoord.

2.        Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:

          AFDELING A: Roman                 (35)
          AFDELING B: Drama                 (35)
          AFDELING C: Kortverhale           (35)
          AFDELING D: Gedigte               (35)

3.        Beantwoord vrae in TWEE afdelings, soos volg:

          AFDELING A: ROMAN
          Beantwoord die vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

          AFDELING B: DRAMA
          Beantwoord die vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

          AFDELING C: KORTVERHALE
          Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale.

          AFDELING D: GEDIGTE
          Beantwoord die vrae oor AL TWEE gedigte.

          Gebruik die kontrolelys op bladsy 3 om jou te help.

4.        Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

7.        Bestee ongeveer 60 minute aan elke afdeling.

8.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          3                                    DBE/2017
                                             SSE

INHOUDSOPGAWE

Kies TWEE afdelings.

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord slegs EEN vraag.
                 VRAAGNOMMER                             PUNTE           BLADSYNOMMER
1.  Kringe in 'n Bos                                       35                  4

2.    Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom            35                     9

3.    Meeulanders                                           35                     13

AFDELING B: DRAMA

Beantwoord slegs EEN vraag.
4.  Poppie – die drama                                      35                     17

5.    Paljas                                                35                     21

AFDELING C: KORTVERHALE

Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale.
6.  ''Op soek na Kid Khumalo''                              18                     26

      ''Die storie van Piet se Oupa''                       17                     28

AFDELING D: GEDIGTE

Beantwoord die vrae oor AL TWEE gedigte.
7.  ''Stad in die mis''                                     17                     31

      ''Hanswors''                                          18                     33

KONTROLELYS

Gebruik die kontrolelys om te verseker dat jy die vereiste getal vrae beantwoord.

                                                         GETAL VRAE                     DUI AAN
     AFDELING               VRAAGNOMMERS
                                                        BEANTWOORD                        ()
A: Roman                               1–3                   1

B: Drama                               4–5                       1

C: Kortverhale                          6          1 (Sluit twee kortverhale in)

D: Gedigte                              7           1 (Sluit twee gedigte in)
LET WEL: Maak seker dat jy vrae oor slegs TWEE afdelings beantwoord het.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         4                                    DBE/2017
                                            SSE

AFDELING A: ROMAN

VRAAG 1: KRINGE IN 'N BOS – Dalene Matthee

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS A

1           ''Ja, mister. As mister ons net met 'n goodfor kan help tot dan toe. Pa het
2         gesê ...'' Maar sy asem wou nie verder nie; agter MacDonald, met 'n voetpad
3         wat deur die lang gras oopgetrap was bo van die groot huis af, het twee
4         meisiekinders aangestap gekom en die voorste een was die een wat soos 'n
5         engel lyk en wat by die wa gestaan het ... As hy net 'n hoed had om voor sy
6         gesig te druk ...
7           ''Hallo, Daddy!'' roep die meisiekind toe hulle deur die hekkie kom, en waai
8         vir MacDonald.
9           ''Go home, Kate! Take Mary home and stay there!'' het MacDonald met
10        hulle geraas en by die skuur ingeloop. Hy het nie gesien dat die meisiekinders
11        nie vir hom luister nie en reguit na hom toe aankom nie!
12          ''Hallo!'' kom sê sy sonder skroom en reg voor hom. ''Was dit dan nie jy wat
13        die ander dag op die wa gesit het nie?''
14          As hy net 'n hoed had!
15          ''Ek het gewonder wanneer julle weer kom hout aflaai. Het jy al 'n olifant
16        gesien?''
17          Sy keel was aan die toewurg en hy het dit oorweeg om onder die wa in te
18        spring, tussen die agterwiele deur te kruip en te hol. Maar hy moes 'n goodfor
19        hê! Waarom kom MacDonald nie uit en verwilder hulle nie? Vir wat het sy
20        hom so gestaan en aanstaar?

1.1       Waarvoor moes die goodfor gebruik word?                                               (1)

1.2       Hierdie besoek aan Knysna was Saul se tweede kennismaking met die lewe
          buite die Bos.

          Tydens Saul se eerste besoek aan die dorp het hy dinge gesien wat hy net nie
          kon glo nie. Noem DRIE van hierdie dinge.                                             (3)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          5                                     DBE/2017
                                             SSE

1.3       Die afkap van die kalander was vir Saul 'n traumatiese insident.

          Kies die karakter in KOLOM B wat by die inligting in KOLOM A pas.
          Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.4) neer,
          byvoorbeeld 1.3.5 F.

                           KOLOM A                               KOLOM B
          1.3.1      Hierdie persoon het vir Saul    A    Mister MacDonald
                     gedwing om aan die kalander
                     te kap.                         B    Anneries

          1.3.2      Hierdie persoon het aangebied   C    Joram
                     om in Saul se plek aan die
                     kalander te kap.                D    Jozef

          1.3.3      Hierdie persoon moes seker      E    Mister Mostert
                     maak dat die Barnards nie op
                     verkeerde plekke in die Bos
                     hout kap nie.

          1.3.4      Hierdie persoon moes saam
                     met Saul gaan vra vir die
                     goodfor terwyl die ander mans
                     in die span nog die kalander
                     opgesaag het.
                                                                                     (4 x 1)      (4)

1.4      Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
         vraagnommer (1.4) en die antwoord neer.

         ''As hy net 'n hoed had om voor sy gesig te druk ...'' (reël 5–6) dui aan dat
         Saul (skaam voor Kate was/ryker voor Kate wou lyk).                                      (1)

1.5      Dit was die enigste keer dat Kate aan haar pa ongehoorsaam was.
         (Reël 9–11)

         Motiveer waarom hierdie stelling ONWAAR is.                                              (1)

1.6      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
         letter (A–D) langs die vraagnommer (1.6) neer, byvoorbeeld 1.6 E.

         ''Sy keel was aan die toewurg …'' (reël 17) dui aan dat Saul … was.

         A        skaam
         B        kwaad
         C        paniekerig
         D        gefrustreerd                                                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2             6                                  DBE/2017
                                                SSE

1.7      Saul en Kate se persepsies van die Bos het verskil.

         1.7.1       Hoe het Saul die Bos beleef?                                                 (1)

         1.7.2       Wat was Kate se persepsie van die Bos?                                       (1)

1.8       MacDonald was gewoond daaraan dat ander mense doen wat hy sê.

          1.8.1      Hoe kan jy dit uit hierdie uittreksel aflei?                                 (1)

          1.8.2      Hoe was hierdie stelling ook op die houtkappers van toepassing?              (1)

1.9       Toe Saul hier by MacDonald was, het MacDonald vir Saul gevra om vir hom te
          kom werk.

          Hoe, dink jy, sou Saul se lewe anders gewees het as hy nie later by
          MacDonald gaan werk het nie?                                                            (1)

1.10      Waarom is Saul se beskrywing van Kate as 'n engel so effektief?                         (1)

1.11      Hoe kry die verteller dit in reël 17–20 reg om vir ons te wys dat dit vir Saul
          baie belangrik was om die goodfor te kry?

          Jy kan jou antwoord só begin: Die verteller ...                                         (1)

                                                   EN

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS B

1            Sy kom nader en kom staan 'n hand se uitsteek van hom af weg, haar oë
2         verskrik, haar hare deurmekaar.
3            ''Saul?''
4            ''Kate ...'' Daar is nie woorde in hom oor nie.
5            Dis Maska wat die intense stilte tussen hulle kom verbreek:
6            ''Sien jy nou wat hy wou hê jy moes sien, baas Saul? Sién jy nou?''
7            Saul antwoord hom nie. Nie in sy donkerste drome het hy gedroom dat hulle
8         so sou vernietig nie. Onder in die kloof lê Oupoot dood en om hom lê die
9         wêreld dood. As dit bestem was dat hy hierdie keer tot op die afsaksels moes
10        drink, dink hy verslae, dan proe hy op hierdie oomblik die bitter droesem.
11           En daar is geen haas in sy bewegings toe hy die kwartponder en die sak
12        met die buskruit en goed van sy skouer afhaal en dit na Maska uithou nie.
13        ''Kom vat jou goed, Maska.''
14           ''Hoe dan nou?''
15           ''Kom vat die geweer en laat my en miss Kate 'n oomblik alleen. Gaan wag
16        daar anderkant vir haar.''
17           ''Hoe dan nou?'' vra die ou man weer, agterdogtig.
18           ''Omdat ek hier omdraai, Maska. Ek gaan nie verder nie – dis hier waar ons
19        mekaar moet groet.''
20           Toe ou Maska se skraal lyf regop ruk, is hy soos 'n dier wat skielik besef dat
21        hy vasgekeer is. ''Voor die Here sil jy gaat staan as jy vandag hier omdraai,
22        Saul Barnard! Voor die Here, sê ek jou!''

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2             7                                    DBE/2017
                                                SSE

1.12      ''Sien jy nou wat hy wou hê jy moes sien, baas Saul? Sién jy nou?'' (Reël 6)

          1.12.1     Van wie het Maska hier gepraat?                                                (1)

          1.12.2     Wat is dit wat die ''hy'' vir Saul wou wys?                                    (1)

1.13      Jozef het 'n man gevra om vir Oupoot dood te skiet. Uiteindelik het 'n ander
          man sy dood veroorsaak. Wie was hierdie TWEE persone?                                     (2)

1.14      Die gebeure hieronder is deel van Saul se vyfdag-soektog na Oupoot.

          Skryf die vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer.

          •   Saul het Maska se geweer geleen.
          •   Saul het gehoor hoe Oupoot geskiet word.
          •   Saul het Groot Eiland en vir Ousanna besoek.
          •   Saul het Maska se verflenterde baadjie opgetel.                                       (4)

1.15      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
          vraagnommer (1.15) en die woord neer.

          ''… haar oë verskrik …'' (Reël 1–2)

          Kate se oë was verskrik omdat sy bang was dat Saul (nie betyds voor die
          koeie gaan wegkom nie/op haar en die delwers gaan begin skiet).                           (1)

1.16      Saul het vir Maska sy hart-broer genoem. Stem jy saam dat Maska ná Oupoot
          se dood soos 'n broer vir Saul opgetree het? Motiveer jou antwoord.                       (1)

1.17      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (1.17) neer, byvoorbeeld 1.17 E.

          Saul het vir Maska die geweer teruggegee, omdat ...

          A     Saul die Bos wou verlaat.
          B     Kate bang was hy pleeg moord.
          C     Maska die geweer by iemand gaan leen het.
          D     Jozef hom sou ignoreer as hy gewapen was.                                           (1)

1.18      Voltooi die volgende paragraaf deur die woorde in die lys hieronder te gebruik.
          Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (1.18.1–1.18.2) neer.

                      onverskillig;    regverdig;     simpatiek;   verantwoordelik

          Deur met geld vir die hout te betaal, het Saul getoon dat hy (1.18.1) ... teenoor
          sy broers sou optree. Saul sou ook net hout met die boswagters se merk op
          aanvaar. Hiermee sou Saul wys dat hy (1.8.2) ... teenoor die Bos wou optree.              (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2       8                                   DBE/2017
                                          SSE

1.19     Toe Saul vir Kate die eerste keer gesien het, het sy vir hom soos 'n engel
         gelyk.

         Hoe word Kate aan die einde van die roman die engel wat vir Saul help om die
         Bos en sy familie te red?                                                           (1)

1.20     In die roman het MacDonald alles gedoen wat hy kon om vir Saul en Kate uit
         mekaar te hou. Daarom sal party lesers dink dat MacDonald 'n pa was wat
         omgegee het vir Kate, terwyl ander sou dink dat hy juis nie vir Kate omgegee
         het nie.

         Was MacDonald, volgens jou, 'n omgee-pa, of nie? Motiveer jou antwoord met
         TWEE feite.                                                                         (2)

1.21     Waarom kan 'n mens sê dat Oupoot aan die einde van die verhaal vir Saul en
         Kate by mekaar uitgebring het?                                                      (1)
                                                                                             [35]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          9                                   DBE/2017
                                             SSE

VRAAG 2:          DIE ONGELOOFLIKE         AVONTURE          VAN   HANNA     HOEKOM        –
                  Marita van der Vyver

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS C

1         Liewe leser, daar het so baie dinge gebeur die afgelope paar dae dat ek
2         amper van Fabienne vergeet het. Die koms van die reën, die koms van die
3         eerste queen, die koms van die tweede queen. Die reën wat nie wil ophou
4         nie. Steeds nie. En my verjaardag, natuurlik.
5           Maar dis nou nie asof my lewe skielik in 'n sprokie verander het nie. Ek is
6         steeds vasgekeer in 'n huis met 'n lekkende dak op 'n verlate berg. Al wat ek
7         sien as ek by die venster uitkyk, is die lae wolke bo die huis, die groen
8         bossies rondom die huis, en 'n rivier van modder waar die voetpaadjie
9         voorheen was. En ek is steeds geïrriteer deur Margot wat nie rooivleis of koek
10        wil eet nie, nie koffie of tee of enigiets behalwe kookwater wil drink nie, en
11        aanmekaar kla oor hoe haar hare lyk. En oor sy nie oefening kry nie.
12          Vanoggend het sy darem nie weer probeer draf nie. Sy het nog een van
13        haar glimmende eenstukpakke aangetrek, dié keer skokpienk met turkoois
14        strepe, en 'n aërobiese klas op die sitkamervloer begin gee. Op die oomblik
15        dawer die musiek van een of ander techno-groep deur die luidsprekers van
16        haar draagbare CD-speler terwyl sy op en af hop voor drie hygende
17        volgelinge: Sharon, Tibo en Amos.

2.1       Noem die naam van die plek waar Hanna en haar gesin gaan vakansie
          hou het.                                                                              (1)

2.2       Waarom het dié hele gesin hierdie vakansie nodig gehad?                               (1)

2.3       Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
          vraagnommer (2.3) en die antwoord neer.

          Aan die begin van die vakansie het die kinders (positief/negatief) gevoel oor
          die vakansieplek.                                                                     (1)

2.4       Noem DRIE dinge wat die gesin in hierdie vakansie saam gedoen het.                    (3)

2.5       '' ... dat ek amper van Fabienne vergeet het.'' (Reël 1–2)

          2.5.1      Wie was Fabienne?                                                          (1)

          2.5.2      Watter rol het Fabienne in Hanna se lewe gespeel?                          (1)

2.6       Voltooi die volgende paragraaf deur die woorde in die lys hieronder te
          gebruik. Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (2.6.1–2.6.2) neer.

                                 Yann;   Margot;    Gavin;    Sharon

          In reël 3 verwys Hanna na die twee ''queens''. Die eerste ''queen'' was
          (2.6.1) ..., wat almal laat voel het dat hulle deel van die aktiwiteite was.
          Die tweede ''queen'' verwys na (2.6.2) ... , wat daarvan gehou het om aktief
          te wees.                                                                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            10                                    DBE/2017
                                               SSE

2.7       Wat het Hanna se verjaardag hierdie keer anders as haar vorige verjaardae
          gemaak? Noem EEN feit.                                                                    (1)

2.8       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (2.8) neer, byvoorbeeld 2.8 E.

          Uit die beskrywing van Margot in reël 9–14 kan 'n mens aflei dat sy ...

          A       ryk was.
          B       'n suksesvolle loopbaan gehad het.
          C       aandag aan haar voorkoms gegee het.
          D       'n goeie verhouding met haar kinders gehad het.                                   (1)

2.9       Kies die manlike karakter, wat 'n rol in Hanna se lewe gespeel het,
          in KOLOM B wat by die inligting in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E)
          langs die vraagnommer (2.9.1–2.9.4) neer, byvoorbeeld 2.9.5 F.

                                  KOLOM A                                   KOLOM B
          2.9.1      Hierdie karakter het Hanna se liefde vir           A   Gavin
                     letterkunde gedeel.
                                                                        B   Tibo
          2.9.2      Hierdie karakter sou vir Hanna dieselfde
                     naam gee as wat sy vir haarself sou gee.           C   Amos

          2.9.3      Hierdie karakter het vir Hanna 'n present          D   Yann
                     gegee wat sy in haar skryfwerk kon gebruik.
                                                                        E   Beyers
          2.9.4      Hierdie karakter se vrae oor sy pa het
                     Hanna emosioneel geraak.
                                                                                       (4 x 1)      (4)

2.10      2.10.1      Sharon het uit 'n ryk huis gekom, maar sy het nie gedink sy was
                      beter as ander mense nie. Hoe kry die verteller dit reg om dit vir ons
                      in die verhaal uit te beeld?

                      Jy kan jou antwoord só begin: Die verteller ...                               (1)

          2.10.2      Waarom was dit goed vir Hanna om 'n vriendin met so 'n mooi
                      eienskap te hê?                                                               (1)

                                             EN

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
 Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          11                                   DBE/2017
                                              SSE

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS D

1              Margot steek haar arms uit om my te omhels.
2            ''Fabulous Fabienne,'' sê sy. Asof sy dit bedoel. Sodat ek haar glo. ''Van jóú
3         verwag ek 'n roman wat die wêreld gaan verower.''
4            ''En as dit in 'n fantastiese fliek verander word, wil jy die hoofrol hê?''
5            ''Ag, kom ons los die hoofrol vir die Julia Robertse van die toekoms. Ek sal
6         heeltemal tevrede wees om 'n verleidelike ouer vrou te speel. Jy weet, 'n
7         fassinerende moederfiguur, so iets?''
8            ''Noudat jy dit noem,'' sê ek met 'n snaakse borrelende gevoel in my maag.
9         ''Ek het dalk 'n idee ...''
10           ''Ek wag in spanning,'' glimlag Margot en draai na Tibo, wat amper so bek-af
11        soos Amos lyk. ''En dié lang gesig? Wat het van die hartebreker-glimlag
12        geword?''
13           ''Wanneer sien ek jou weer?'' wil Tibo weet.
14           ''Wel, jy gaan my op TV sien!''
15           ''Ek kan nie met jou práát as jy op TV sit nie. En daar's nog baie dinge wat
16        ek jou wou vra. En jy moet nog my kaarte lees.''
17           ''Maar ons gaan mos nog baie tyd kry om te praat! Het jy dan nie gesê dat jy
18        in Hollywood wil kom werk nie?''
19           ''Ek moet eers klaarmaak met skool,'' sê Tibo met 'n mismoedige gesig.
20        ''Nou ja, dan sal ek 'n ander plan moet maak. Om die waarheid te sê, ek dink
21        daaraan om binnekort 'n draai in die Kaap te kom maak ...''

2.11      Margot moes weggaan.

          2.11.1      Waarheen moes Margot gaan?                                                  (1)

          2.11.2      Hoekom moes Margot na die plek in VRAAG 2.11.1 gaan?                        (1)

2.12      Aan die einde van die roman het Margot Hanna as ''fabulous'' beskryf.

          Hoe kon hierdie beskrywing Hanna motiveer om haarself te aanvaar?                       (1)

2.13      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
          (A–D) langs die vraagnommer (2.13) neer, byvoorbeeld 2.13 E.

          ''En dié lang gesig?'' (Reël 11)

          Uit hierdie vraag van Margot kan 'n mens aflei dat Tibo ... was.

          A     opgewonde
          B     hartseer
          C     gelukkig
          D     bang                                                                              (1)

2.14      Oor watter onderwerp het Tibo en Margot lekker gesels?                                  (1)

 Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2              12                               DBE/2017
                                                 SSE

2.15      Margot se kaarte moes aandui of Tibo ooit werk in Hollywood sou kry.

          Motiveer waarom hierdie stelling ONWAAR is.                                            (1)

2.16      Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die woord
          langs die vraagnommer (2.16) neer.

          Mana was eintlik die fassinerende moederfiguur wat haar gesin op 'n
          (tradisionele/unieke) manier versorg het.                                              (1)

2.17      Die volgende gebeure hou verband met die koms van die baba.

          Skryf die vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer.

          •   Die seuns het gejuig.
          •   Mana het die vuil vloere gewas.
          •   Sharon het die geboorte aangekondig.
          •   Margot het vir almal take gegee om te doen.                                        (4)

2.18      ''Van jóú verwag ek 'n roman wat die wêreld gaan verower.'' (Reël 2–3)

          Hoekom sou Hanna 'n goeie skrywer kon word?                                            (1)

2.19      ''Ek het dalk 'n idee ...'' (Reël 9)

          2.19.1      Watter idee het Hanna toe vir haar boek gekry?                             (1)

          2.19.2      Hoekom, dink jy, het Hanna juis hiérdie idee gekry?                        (1)

2.20      Die leser leer Margot in die roman ken deur dit wat Beyers van haar gesê het
          en hoe sy in die roman opgetree het.

          2.20.1      Watter idee oor Margot het Beyers aan die begin van die roman by
                      die leser geskep?                                                          (1)

          2.20.2      Hoe het Margot self vir Beyers verkeerd bewys?                             (1)

2.21      Dink jy dat Margot se kuier op die berg haar verhouding met haar kinders
          verbeter het? Motiveer jou antwoord.                                                   (1)
                                                                                                 [35]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         13                                    DBE/2017
                                            SSE

VRAAG 3: MEEULANDERS – Esta Steyn

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS E

1          ... ''Geelbek! Geelbek! Kom in, Geelbek!''
2            ''Praat van die duiwel,'' sê Hansie en storm nader. Sy tel die mikrofoontjie
3         van die mikkie af en praat onnodig hard: ''Duiker! Dis Geelbek! Hoor jy my?''
4            Die stem klink kwaai: ''Geelbek! MacDonald van die kantoor het my nou net
5         geroep. Hy sê dié Van Rensburg van die Kaap kom vir drie jaar! In my brief
6         staan drie dae. Ek weet wragtag nie hoe hulle iemand vir drie jaar hiernatoe
7         kan stuur nie! MacDonald sê dis die Kaapse kantoor wat dit gereël het. Waar
8         dink hulle gaan ons plek kry? Elsabet sien nie kans vir 'n vreemde vir so lank
9         nie. En die ander blyplek het nie eers beddegoed nie.''
10           Hansie probeer ongemaklik 'n woord inkry: ''Duiker ... ek sal linne
11        saamstuur!'' Maar Jacob se stem gee haar g'n kans nie en dreun ongeduldig
12        voort: ''Wat wil 'n navorser hier kom maak vir drie jaar lank? Die eiers
13        uitbroei? Die voëls voer? Of wat?''
14           Wie dink hierdie Stem nou eintlik is hy? Op die aansoekvorms het daar
15        duidelik gestaan dat ek die hoofman met sy ondersoeke op die voëls sal help.
16           Hansie raak al hoe meer verleë en probeer te red wat te redde is: ''Duiker,
17        ek sal kyk wat ek kan saamstuur. Sê vir Twilight ek het nog vier baadjietjies
18        klaar. Ek stuur dit môre saam. Pienketjies. Mens moet darem iets pienks hê.''

3.1       Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die antwoord
          langs die vraagnommer (3.1) neer.

          In hierdie uittreksel is Ryna op (Meeuland/Salamanderbaai) in ant Hansie
          se huis.                                                                               (1)

3.2       Ryna wou baie graag die Kaap verlaat. Wat het in die Kaap gebeur dat sy
          wou weggaan?                                                                           (1)

3.3       Hoekom, dink jy, was dit nodig dat Ryna haar naam verander het voor sy na
          die guano-eiland gegaan het?                                                           (1)

3.4       Voltooi die volgende paragraaf deur die woorde in die lys hieronder te
          gebruik. Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (3.4.1–3.4.2) neer.

                          opgewonde;   verlig;    ontevrede;   ongemaklik

          Uit die gesprek tussen Jacob en ant Hansie kon 'n mens aflei dat Jacob
          (3.4.1) ... oor die koms van die navorser op Meeuland was. Die dinge wat hy
          van Ryna oor die radio gesê het, het ant Hansie (3.4.2) ... laat voel, omdat
          Ryna dit alles gehoor het.                                                             (2)

3.5       Waarom was die burgerbandradio so belangrik vir die Meeulanders?                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           14                                  DBE/2017
                                              SSE

3.6      Die volgende karakters het Ryna se lewe positief of negatief beïnvloed.

         Kies die karakter in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (3.6.1–3.6.4) neer,
         byvoorbeeld 3.6.5 F.

                               KOLOM A                             KOLOM B
          3.6.1      Hierdie persoon het héél aan die       A    Skalla
                     begin vir Ryna gehelp om 'n nuwe
                     lewe te beplan.                        B    Fred

          3.6.2      Hierdie persoon se ondervinding van    C    Prof. Van Keulen
                     hartseer het vir Ryna gehelp om haar
                     eie hartseer te verwerk.               D    Jannerik

          3.6.3      Hierdie persoon het weer vir Ryna      E    Attie
                     soos 'n vrou laat voel.

          3.6.4      Hierdie persoon was verantwoordelik
                     vir Ryna se grootste hartseer.
                                                                                   (4 x 1)       (4)

3.7       Ryna was gelukkig om mense soos Jannerik en Doreen in haar lewe te hê.

          3.7.1       Watter karaktereienskap het Jannerik in Ryna raakgesien toe hy vir
                      haar die naam Mama-Meeu gegee het?                                         (1)

          3.7.2       Waarom kan 'n mens sê dat Ryna vir Doreen heeltemal vertrou het?
                      Verwys in jou antwoord na 'n gesprek tussen Ryna en Doreen.                (1)

3.8       Verwys na reël 14–15.

          Waarom is hierdie woorde in skuinsdruk/kursief geskryf?                                (1)

3.9       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (3.9) neer, byvoorbeeld 3.9 E.
          Toe Ryna gesê het: ''Wie dink hierdie Stem nou eintlik is hy?'', het sy gewys
          dat sy ... was.

          A       bang
          B       hartseer
          C       geïrriteerd
          D       opgewonde                                                                      (1)

3.10      Jacob het nie vir Ryna gehelp om haar huisie op Meeuland reg te kry nie.

          3.10.1      Hoe het Ryna die huis vir haarself leefbaar gemaak? Noem TWEE
                      feite.                                                                     (2)

          3.10.2      Waarom moes Jacob eintlik vir Ryna gehelp het?                             (1)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           15                                    DBE/2017
                                              SSE

3.11      Jacob het later in die roman gesien dat Ryna die regte persoon vir die werk
          op die eiland was.

          Motiveer waarom hierdie stelling WAAR is.                                                (1)

                                             EN

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS F

1        Die geel mini hou stil voor Mama-Meeu en sy kyk met 'n opwelling van
2      vreugde na haar wit huisie. Sy maak die hekkie oop en hardloop die
3      sementpaadjie af. Daar het sand in die hoeke van die stoep gewaai en daar
4      staan 'n karton voor die deur. Sy sit al haar goed neer en maak die wit briefie bo-
5      op oop. ''Aan Mama-Meeu. Van Duiker,'' lees sy die enkele woorde. Sy dra die
6      karton binnetoe en maak dit op die tafel oop. Dis die ou platespeler, nou mooi
7      skoongemaak en behoorlik aan 'n driepuntprop gekoppel, met een plaat daarby.
8      Sy dra dit na die naaste kragpunt en sit die plaat op die draaitafel. Die klanke
9      weergalm deur die huis van Mama-Meeu: ''I don't know why I love you, but I
10     do ...''
11       Ek het jou lief, Jacob Langhans. Ek het jou lief.

12     ''Kom in, Duiker! Kom in, kom in. Duiker?''
13     ''Mama-Meeu?''
14     ''Duiker ... ek het vanoggend teruggekom.''
15     ''Ek is bly. Ek ... was toe by advokaat Metcalfe. Hy gaan my saak behartig.'' ''Ek
16     is bly.''
17     ''Mama-Meeu?''
18     ''Ek is hier.''
19     ''Gaan kry jou permit by Mac en dan ... kom jy na my toe. Oor.''
20     ''Ek ... kom na jou toe, Duiker. Oor en uit.''

3.12      By wie het Ryna hierdie wit huisie gekoop?                                               (1)

3.13      Waarom, dink jy, was Ryna so bly om by die wit huisie te wees?                           (1)

3.14      Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die antwoord
          langs die vraagnommer (3.14) neer.

          Ryna het Kaap toe gegaan omdat sy kwaad was vir Jacob. Sy het gevoel dat
          Jacob te (koppig/skaam) was om Fred se hulp te aanvaar.                                  (1)

3.15      ''Dis die ou platespeler ... , met een plaat daarby.'' (Reël 6–7)

          Dink jy dit was 'n slim plan van Jacob om vir Ryna hierdie plaat te gee?
          Motiveer jou antwoord.                                                                   (1)

3.16      Verwys na reël 11–12.

          Wat is die funksie van die tipografiese wit gedeelte tussen die twee reëls?              (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            16                                DBE/2017
                                               SSE

3.17      ''Ek ... was toe by advokaat Metcalfe. Hy gaan my saak behartig.'' (Reël 15)

          3.17.1     Van watter saak het Jacob hier gepraat?                                    (1)

          3.17.2     Waarom, dink jy, het Jacob ingestem om advokaat Metcalfe te gaan
                     spreek?                                                                    (1)

3.18      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (3.18) neer, byvoorbeeld 3.18 E.

          Die feit dat Fred Blanckenberg 'n advokaat gereël het, het gewys dat Fred ...

          A     skaam gevoel het oor Elsabet.
          B     empatie met Jacob gehad het.
          C     teleurgesteld in Schalk was.
          D     hartseer oor Janka was.                                                         (1)

3.19      Die volgende gebeure vorm deel van die slot van hierdie roman.

          Skryf die vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer.

          •   Skalla het vir Janka geskiet.
          •   Jacob het vir Skalla doodgesteek.
          •   Jacob het tronkstraf van sewe jaar gekry.
          •   Daniel het gesien waar Skalla weggekruip het.                                     (4)

3.20      Terwyl Jacob in die tronk was, kon Janka en Jannerik op Ryna staatmaak.
          Motiveer hierdie stelling deur te sê hoe Ryna vir:

          3.20.1     Janka ondersteun het                                                       (1)

          3.20.2     Jannerik ondersteun het                                                    (1)

3.21      Noem DRIE redes waarom ons kan sê dat Ryna se koms na Meeuland goed
          vir Jacob was.                                                                        (3)
                                                                                                [35]

                                                                TOTAAL AFDELING A:              35

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           17                                   DBE/2017
                                              SSE

AFDELING B: DRAMA

Beantwoord slegs EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

VRAAG 4: POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS G

1       MAMA (roep by kombuisdeur). Skoonseun! (Draai om na Poppie.) Hy wag al
2       vir jou vandat hy uit die werk gekom het.
3       POPPIE. Het hy dan werk gekry? Hoe hy ook al sukkel, hy kan mos g'n
4       permit kry nie. (Stone kom binne, Poppie gaan staan by hom. Mama skink
5       tee.) Waar is Mosie, Mama?
6       MAMA. Hy sing vanaand. Die kerk-group het hom kom vra om te sing.
7       POPPIE (ken nie die gevoel wat in haar hart kom nie). Sê vir hom hy kan vir
8       my part ook sing.
9       MAMA. Hauk! Wat het jy dan nou teen Mosie?
10      POPPIE. Hy en die ander daar in Sea Point ... hulle is vier wat vir twee
11      mense werk, en ek is een wat vir nege mense werk. Ek is moeg, Mama.
12        (Sy leun vooroor, drink nie tee nie.) Ek moet nou loop, Mama, anders kry
13      ek nie die bus nie. (Sy gee die kind vir Katie. Haal kos uit haar sak.) Ek het
14      kos saamgebring, Mama. Die brood wat al hard is, kan die kinders in die
15      koffie sag maak. Die ou man wat in die tuin werk, het vir my die paar uie en
16      aartappels saamgegee. Kan Mama wag tot die end van die maand vir die
17      geld? (Aan Katie.) Neem hom kamer toe, lat hy nie sien as ek loop nie ...
18      anders huil hy weer. (Poppie tel haar sak op.)

4.1     Waar het Poppie op hierdie stadium gewerk?                                                (1)

4.2     Noem TWEE redes waarom Poppie nie gelukkig in hierdie werk was nie.                       (2)

4.3     Stone het by die melkery in Philippi gewerk.

        4.3.1        Noem DRIE voordele wat hierdie werk vir Stone en sy gesin ingehou
                     het.                                                                         (3)

        4.3.2        Waarom was Poppie ontsteld oor hierdie werk?                                 (1)

4.4     Dink jy dit was reg van Stone om hierdie werk te vat, al was Poppie ontevrede
        daaroor? Motiveer jou antwoord.                                                           (1)

4.5     Voltooi die volgende paragraaf deur die woorde in die lys hieronder te gebruik.
        Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (4.5.1–4.5.2) neer.

                              regverdig;   onregverdig;   jaloers;   trots

        Poppie het gesukkel om werk te kry. Sy het gevoel dat die wet (4.5.1) ...
        teenoor 'n getroude vrou was. Sy was (4.5.2) ... op Mosie omdat dinge vir hom
        makliker was.                                                                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           18                               DBE/2017
                                              SSE

4.6      Die volgende karakters was almal deel van Poppie se lewe.

         Kies die karakter in KOLOM B wat by die inligting in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (4.6.1–4.6.4) neer,
         byvoorbeeld 4.6.5 F.

                              KOLOM A                              KOLOM B
          4.6.1      Hierdie karakter het Poppie           A   Stone
                     aangemoedig om haar papiere te kry.
                                                           B   Plank
          4.6.2      Hierdie karakter het Poppie gevra om
                     in vrede met die ander mense te leef. C   Katie

          4.6.3      Hierdie karakter was ontevrede oor   D    Mama
                     die lang ure wat Poppie moes werk.
                                                          E    Hoedjie
          4.6.4      Hierdie karakter moes die skool
                     verlaat om Bonsile op te pas.
                                                                                (4 x 1)       (4)

4.7     Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die antwoord
        langs die vraagnommer (4.7) neer.

        ''(ken nie die gevoel wat in haar hart kom nie)'' (reël 7) is 'n voorbeeld van
        (dialoog/neweteks).                                                                   (1)

4.8     Hoe kry die dramaturg dit in hierdie uittreksel reg dat die leser simpatie met
        Poppie het?

        Jy kan jou antwoord só begin: Die dramaturg ...                                       (1)

4.9     Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
        (A–D) langs die vraagnommer (4.9) neer, byvoorbeeld 4.9 E.
        Poppie het onder moeilike omstandighede aanhou werk. Dit dui aan dat sy
        'n ... ma was.

        A      streng
        B      liefdelose
        C      hardkoppige
        D      verantwoordelike                                                               (1)

                                              EN

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          19                                         DBE/2017
                                             SSE

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS H
1       Stone kom aan met bliktrommel. Bonsile en Poppie ontmoet hom by stasie.
2       Bonsile dra die trommel verder.

3       POPPIE. Molo. (Sy gee vir hom hand.)
4       STONE. Molo.
5       POPPIE (terwyl hulle begin loop). Bly jy goed waar jy nou is?
6       STONE. Hulle is goed vir my.
7       POPPIE. En hoe gaan dit met Mama en bhuti Plank en bhuti Hoedjie?
8       STONE. Hulle het eers rondgebly, maar toe het hulle maar weer ingetrek by
9         ou Makhulu, in ons huis. Sy kyk goed na hulle.
10      POPPIE. En bhuti Mosie?
11      STONE. Hy het twee jaar gewag en toe sy eie huis gekry.
12      POPPIE (met bitterheid). Dit gaan goed met almal. Almal het huise. En ons
13      dan? Ek wat hier ver by die vreemde mense moet bly? Almal kom klaar
14      sonder my.
        ***
15      PLANK. Ná twee weke is Stone weer huis toe.
16      JAKKIE. Kort daarna het moeilikheid by Poppie se huis kom aanklop.

17      Poppie sit op blik, skryf 'n brief aan tata-ka-Bonsile. Lees hardop.

18      POPPIE. Op Saterdag het twee manne na ons huis gekom. Hulle sê: Iets het
19      verkeerd gegaan by ons plek en die spoor loop na jou huis toe.

4.10      Watter TWEE voorwaardes het Poppie gestel om vrywillig Mdantsane toe te
          gaan?                                                                                     (2)

4.11      Waarom het Stone nie ook in Mdantsane gebly nie?                                          (1)

4.12      Terwyl Poppie-hulle in Mdantsane gebly het, het Stone sy gesin eerste gestel.

          Motiveer waarom hierdie stelling WAAR is.                                                 (1)

4.13      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (4.13) neer, byvoorbeeld 4.13 E.
          Na die besoek aan Mdantsane              het   Stone   met    'n     geruste     hart
          teruggegaan, want Poppie ...

          A     het 'n goeie werk gehad.
          B     en die kinders was versorg.
          C     sou hom gou weer sien.
          D     het nie meer haar mense so baie gemis nie.                                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           20                                 DBE/2017
                                              SSE

4.14      Kort daarna het moeilikheid by Poppie se huis kom aanklop. (Reël 16)

          4.14.1       Watter moeilikheid het Bonsile hier veroorsaak?                          (1)

          4.14.2       Hoe het Stone hierdie probleem opgelos?                                  (1)

4.15      Hoe het die moeilikheid wat Bonsile veroorsaak het, later in die drama Poppie
          se probleem geword?                                                                   (1)

4.16      Hoe kon Poppie en Stone hierdie situasie anders hanteer het om vir Bonsile
          'n les te leer?                                                                       (1)

4.17      Net soos Bonsile het Jakkie ook verkeerde keuses gemaak.

          4.17.1       Hoe het Jakkie tot Mama se bekommernis bygedra?                          (1)

          4.17.2       Hoe het Jakkie tot Poppie se bekommernis bygedra?                        (1)

4.18      Die volgende gebeure hou verband met Poppie se terugkeer na die Kaap.

          Skryf die vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer.

          •   Poppie het haar dogters na haar skoonouers in Herschel geneem.
          •   Poppie het die probleme met haar pas uitgestryk.
          •   Poppie het 'n werk by mevrou Swanepoel gekry.
          •   Stone het gesterf.                                                                (4)

4.19    Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die antwoord
        langs die vraagnommer (4.19) neer.

        In hierdie drama het apartheidswette daartoe gelei dat gesinne soos Poppie s'n
        (uitmekaar gedryf het/nader aan mekaar beweeg het).                                     (1)

4.20    Poppie se naam beteken ''meisie uit 'n geslag van groot vroue''. Hoe word
        Poppie in die drama as 'n ''groot'' vrou uitgebeeld?                                    (1)

4.21    Watter positiewe les kan 'n mens uit Poppie se verhouding met haar
        skoonfamilie leer?                                                                      (1)
                                                                                                [35]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         21                                    DBE/2017
                                            SSE

VRAAG 5: PALJAS – Chris Barnard

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS I

1         HENDRIK: ... Die oorlaaitrein is Oudtshoorn toe. Die 34 sal nie die vrag
2         vat nie.
3         KATRIEN: Arme mense. Het hulle ooit iets om te eet vanaand?
4         HENDRIK: Hoe moet ek weet?
5         KATRIEN: Maar ons moet seker gaan hoor ...
6         HENDRIK: Hulle het 'n kombi. Die dorp is net oor die bult.
7         KATRIEN: Ja, maar al die diere.
8         HENDRIK: Leeus vreet een keer 'n week. (Hy kyk vir Willem en vee oor sy
9         hare.) Hè, Willempie – wat sê jy? Gaan jy vanaand in jou eie kamer slaap?
10        KATRIEN: Hendrik! (Sy skud haar kop.)
11        EMMA: Ek wonder waar slaap húlle?
12        HENDRIK (tot Emma): En vir wat is jy so opgetof vanaand?
13        EMMA: Waar's ek opgetof?
14        HENDRIK (tot Katrien, asof hy ondersteuning soek.): Sy kleur nooit haar
15        gesig in as Nollie kom kuier nie. (Dan direk tot Emma.) Jy bly weg van
16        daardie spul af, gehoor? Dis 'n klomp nikswerd Spaanse en Taljaners. En jy
17        weet hoe's uitlanders. Hulle's net agter een ding aan.

18            Emma spring op en verdwyn in die gang; los haar kos net so.

19        KATRIEN: Dis nou wat jy daarvoor het.
20        HENDRIK: Wat? Dis my vaderlike plig. (Katrien kyk vies weg.) Sy's glads te
21        wipperig deesdae.
22        KATRIEN: Die dag as jy ophou om Nollie aan haar te probeer afsmeer, sal sy
23        dalk ophou om haar te wip.
24        HENDRIK: Ek praat van die teertoue hier oorkant die spoor, Katrina. Dis
25        waarvan ek praat.
26        KATRIEN: Emma is nie so onnosel soos ek was nie.
27        HENDRIK: Om te wat nie?

28           Sy staan op en gaan uit.

5.1       Van watter vrag het Hendrik in reël 1 gepraat?                                         (1)

5.2       Verwys na reël 1 en 2.

          5.2.1       Hoekom het Hendrik so goed geweet waar elke trein behoort
                      te wees?                                                                   (1)

          5.2.2       Waarom was Hendrik so kwaad oor die vrag op sy stasie?                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            22                                         DBE/2017
                                               SSE

5.3       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die antwoord
          langs die vraagnommer (5.3) neer.

          ''KATRIEN: Arme mense. Het hulle ooit iets om te eet vanaand?'' (Reël 3)

          Uit Katrien se woorde kan 'n mens aflei dat sy (empatie het met/opgewonde is
          oor) die mense op die trein.                                                                   (1)

5.4       Vir die grootste deel van hierdie drama is die verhouding tussen Hendrik en
          Katrien nie goed nie. Noem TWEE dinge waaruit 'n mens dit kan aflei.                           (2)

5.5       Hoekom, dink jy, het Emma haar daardie aand opgetof?                                           (1)

5.6       Katrien het Hendrik gehelp om vir Emma en Nollie bymekaar uit te bring.

          Motiveer waarom hierdie stelling ONWAAR is.                                                    (1)

5.7       ''Dis 'n klomp nikswerd Spaanse en Taljaners. En jy weet hoe's uitlanders.''
          (Reël 16–17)

          Lees die eerste sin en voltooi dan die tweede sin.

          Hendrik was bevooroordeeld. Hy het nie die sirkusmense geken nie, maar hy
          het ...                                                                                        (1)

5.8       Hendrik en Katrien se swak verhouding het vir Emma en Willem ongelukkig
          gemaak.

          5.8.1       Hoe weet ons dat Emma ongelukkig was?                                              (1)

          5.8.2       Hoe weet ons dat Willem ongelukkig was?                                            (1)

5.9       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (5.9) neer, byvoorbeeld 5.9 E.

          ''(Katrien kyk vies weg.)'' (reël 20) is deel van die ... in die drama.

          A       dekor
          B       dialoog
          C       boodskap
          D       toneelaanwysings                                                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           23                                 DBE/2017
                                              SSE

5.10     Dit was nie net die trein met die diere wat Hendrik ontstel het nie, maar ook
         die sirkusmense.

         Kies die karakter in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (5.10.1–5.10.4) neer,
         byvoorbeeld 5.10.5 F.

                          KOLOM A                                   KOLOM B
          5.10.1 Hierdie karakter kon nie sy hande        A    Sollie
                 van Emma afhou nie.
                                                          B    Bertie
          5.10.2 Hierdie karakter het Hendrik as
                 persoon beledig.                         C    Barnie

          5.10.3 Volgens Hendrik het hierdie karakter     D    Sambo
                 nie respek vir die spoorwegeiendom
                 gehad nie.                               E    Manuel

          5.10.4 Hierdie karakter het Hendrik met
                 messe probeer intimideer.
                                                                                  (4 x 1)       (4)

5.11      ''Sy staan op en gaan uit.'' (Reël 28)

          Was dit 'n goeie besluit van Katrien om op te staan en uit te loop sonder om
          Hendrik te antwoord? Motiveer jou antwoord.                                           (1)

                                            EN

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS J

1         137. Hendrik, Emma, Willem en Manuel is in die eetkamer bymekaar. Dis ná
2         aandete.
3           Hendrik sit met pikgare en 'n dik naald 'n ou leersak se hingsel en vaswerk.
4         Emma is besig om af te dek. Sy het 'n voorskoot aan. Katrien maak Manuel
5         se narrepak reg.

6         KATRIEN: Ek weet nie of jy die regte ding doen nie, Manuel. Jy is nog ver van
7         gesond af.
8         HENDRIK: Hy't miere. Dis wat hy het. Of wat sê jy, Willem?
9         MANUEL: Dis seker maar waar – die storie van once a clown, always a fool.
10        Ek mis die ou groot tent. Ek weet nie hoekom nie.
11        HENDRIK: Al wat ek weet is: hierdie hingsel gaan wragtig nie weer breek nie.
12        (Hy weeg die leersak aan sy vasgewerkte hingsel.)
13        MANUEL (vat die sak by Hendrik): Dankie, Hendrik.
14        KATRIEN: Hierdie broek van jou het gate op plekke wat 'n broek liewer nie
15        gate moet hê nie.

16          Willem is besig om met sy handskaduwee teen die muur 'n volstruis te
17        maak.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           24                                      DBE/2017
                                              SSE

18        WILLEM: Kyk, Manuel! (Hy sien Manuel reageer nie en gaan staan reg voor
19        hom. Manuel is 'n bietjie aangedaan.) Haai, Manuel. Wat nou?
20        MANUEL: Nou niks.
21        WILLEM: Jy het gesê lag is beter as huil.
22        MANUEL (ruk homself oombliklik reg): Julle was baie goed vir my.
23        HENDRIK: Wat praat jy nou? Jy't hierdie kind se tong weer losgeknoop.

5.12      Voltooi die volgende paragraaf deur die woorde in die lys hieronder te
          gebruik. Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (5.12.1–5.12.2) neer.

                        bekommerd;     dankbaar;     hartseer;      entoesiasties

          In hierdie uittreksel is dit duidelik dat Hendrik (5.12.1) ... is oor Manuel se rol
          in hulle lewens. Manuel is op sy beurt (5.12.2) ... om die McDonalds te groet.             (2)

5.13      Wat bedoel Hendrik as hy in reël 8 sê dat Manuel ''miere'' het?                            (1)

5.14      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (5.14) neer, byvoorbeeld 5.14 E.

          As Katrien in reël 14–15 na die gate in Manuel se broek verwys, probeer
          sy om ...

          A     met Manuel te spot.
          B     die dorpsmense te kritiseer.
          C     humor in die situasie te bring.
          D     Manuel te oorreed om 'n nuwe broek te koop.                                          (1)

5.15      ''WILLEM: Jy het gesê lag is beter as huil.'' (Reël 21)

          5.15.1     Wat het Willem se hartseer veroorsaak die dag toe Manuel hom met
                     hierdie woorde moes troos?                                                      (1)

          5.15.2     Wat was die laaste ding wat Manuel daardie dag (VRAAG 5.15.1)
                     gedoen het om Willem weer te laat lag?                                          (1)

5.16      ''Willem is besig om met sy handskaduwee teen die muur 'n volstruis te
          maak.'' (Reël 16–17)

          5.16.1     Die woord ''volstruis'' in hierdie sin laat 'n mens aan die
                     Volstruisdans dink. Noem DRIE lelike dinge wat die aand by die
                     dans gebeur het.                                                                (3)

          5.16.2     Op watter mooi manier het die aand vir Hendrik en die dorpsmense
                     geëindig?                                                                       (1)

5.17      Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die antwoord
          langs die vraagnommer (5.17) neer.

          In hierdie uittreksel is die verhouding tussen die McDonalds meer
          (ontspanne/gespanne).                                                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans FAL P3 May June 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-may-june-2017/53fed238-2b40-48fa-945c-5ac2140bd921) — Afrikaans FAL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2017/ee064d8b-979d-4573-8a64-e27394400145) — Afrikaans FAL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May June 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2021/34e7b7fd-bf31-4586-9e70-44ddb4b9045e) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-may-june-2017-memo/1f189951-2b9b-4bdf-9d70-ac0d59452e6f) — Afrikaans FAL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 May June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-may-june-2017-memo/fdb20661-6bed-42ef-b39f-343033ef4ee3) — Afrikaans FAL · Memo · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC Afrikaans P2 (FAL) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-p2-fal-preparatory-2017-possible-answers/bf0daa72-09c7-4331-a42b-cbca949675db) — Afrikaans FAL · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
