# Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2018 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2018, 56 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2018/2dd0c5ee-c153-4c5f-b03c-201113338ed5
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 56

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2018/2dd0c5ee-c153-4c5f-b03c-201113338ed5)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC June Exam · 2018 · Afrikaans. Question paper, 56 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans FAL P2 May June 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2018-memo/5bdc6331-2a66-457f-8772-f20b9b827079) — Memo · 2018 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

                                         2018

                                                                        PUNTE: 70

                                                                         TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 56 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         2                                      DBE/2018
                                            SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.        MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die
          INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommers oor
          die tekste wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vrae aandagtig deur
          en kies die vrae wat jy wil beantwoord.

2.        Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:

          AFDELING A: Roman              (35)
          AFDELING B: Drama              (35)
          AFDELING C: Kortverhale        (35)
          AFDELING D: Gedigte            (35)

3.        Beantwoord vrae in TWEE afdelings, soos volg:

          AFDELING A: ROMAN
          Beantwoord die vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

          AFDELING B: DRAMA
          Beantwoord die vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

          AFDELING C: KORTVERHALE
          Beantwoord die vrae oor TWEE kortverhale wat jy bestudeer het.

          AFDELING D: GEDIGTE
          Beantwoord die vrae oor TWEE gedigte wat jy bestudeer het.

4.        Gebruik die kontrolelys op bladsy 4 om jou te help.

5.        Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig.

6.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

7.        Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

8.        Bestee ongeveer 60 minute aan elke afdeling.

9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2     3                               DBE/2018
                                        SSE

INHOUDSOPGAWE

Kies TWEE afdelings.

AFDELING A: ROMAN
Beantwoord slegs EEN vraag.
                VRAAGNOMMER                       PUNTE      BLADSYNOMMER
1. Kringe in 'n Bos                                 35             5

2.   Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom    35             10

3.   Meeulanders                                   35             14

4.   Lien se lankstaanskoene                       35             18

AFDELING B: DRAMA
Beantwoord slegs EEN vraag.
5.   Poppie – die drama                            35             22

6.     Paljas                                      35             27

7.     Fiela se kind – die drama                   35             32

AFDELING C: KORTVERHALE
Beantwoord vrae oor TWEE kortverhale wat jy bestudeer het.
8.1  ''Agter 'n baard''                           18              37
                                    EN
8.2  ''Baby''                                     17              39
                                    OF
9.1  ''Die weldoener''                            18              42
                                    EN
9.2  ''Vegvlieënier Vivian''                      17              44

AFDELING D: GEDIGTE
Beantwoord vrae oor TWEE gedigte wat jy bestudeer het.
10.1 ''Brief''                                    18              47
                                    EN
10.2 ''Spore op die maan''                        17              49
                                    OF
11.1 ''By die robot in Eerstelaan''               18              52
                                    EN
11.2 ''Boekmerk''                                 17              54

Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          4                                DBE/2018
                                             SSE

KONTROLELYS

Gebruik die kontrolelys om te verseker dat jy die vereiste getal vrae beantwoord.

     AFDELING             VRAAGNOMMERS              GETAL VRAE         DUI AAN
                                                   BEANTWOORD            ()
A: Roman                               1–4              1

B: Drama                               5–7                1

C: Kortverhale                         8–9         1 (2 kortverhale)

D: Gedigte                        10–11             1 (2 gedigte)

LET WEL: Maak seker dat jy vrae oor slegs TWEE afdelings beantwoord het.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2             5                                      DBE/2018
                                                SSE

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord AL DIE VRAE oor die roman wat jy bestudeer het.

VRAAG 1: KRINGE IN 'N BOS – Dalene Matthee

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS A

  ''Wat is anderkant die see, oom?''
  ''Seker Engeland?''
  ''En anderkant Engeland?''
  ''Hoe moet ek weet? Kom nou!''
                                             ***
  MacDonald het die goodfor uitgeskryf en daarmee in sy hand bly staan. ''Hoe               5
oud is jy?''
  ''Veertien gewees, mister.'' Wat wil almal skielik weet hoe oud hy is?
  ''Mm ... jy is groot vir veertien. Is jy seker jy is nie dalk sestien nie? Ek is nie so
seker dat julle altyd weet hoe oud julle is nie.''
  ''Ek is veertien.''                                                                       10
                                             ***
  ''Ons belang aan onsselwers en ons werk vir onsselwers!'' het sy pa met trots
gekeer en iets in Saul laat goed voel. ''Ons werk nie vir MacDonald nie!''
                                             ***
  Jozef het stadig opgestaan ... ''Alles wat Harison sê, trek na jou harsings toe en
dan kom staan jy by ons daaroor en sanik! Hoekom loop word jy nie een van
Harison se onnosel spaaiers nie? Dan kan jy mos lekker loop gorrel oor waar ons             15
kap as ons konsuis nie mag kap nie! Sê sommer waar ons wippe ook lê!''
  ''Jy's dom, Jozef!'' Dit het gevoel of hy skielik op die rand van 'n afgrond staan
en blindelings gaan spring. ''Jy sal jou enigiets laat aanlap ...''
                                             ***
Die lewe is 'n skewe sirkel. In sy kajuit op die Pictor is daar van die Bos net een
ding wat hy met hom saamneem: die skets wat Kate van Oupoot gemaak het.                     20

1.1      In hierdie roman leer ons vir Saul ken as 'n kind wat oor alles vrae gehad het.

         Ná watter spesifieke geleenthede het Saul die volgende vrae gevra?

         1.1.1       ''..., is ons witmense, Pa?''                                                   (1)

         1.1.2       ''Dink Pa hy sal môre val?''                                                    (1)

         1.1.3       ''Hoe sweer 'n mens, Jozef?''                                                   (1)

1.2      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
         vraagnommer (1.2) en die antwoord neer.

         Die goodfor wat MacDonald uitgeskryf het, het die houtkappers (in die skuld
         gehou/laat voel dat hulle iets werd was).                                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            6                                      DBE/2018
                                               SSE

1.3      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
         vraagnommer (1.3) en die letter (A–D) neer.

         Uit reëls 8–9 lei ons af dat MacDonald ... was.

         A    opgewonde
         B    nuuskierig
         C    sarkasties
         D    ontsteld                                                                              (1)

1.4      ''Ek is veertien.'' (Reël 10)

         1.4.1       Op sy veertiende verjaardag het Saul die bloubokkie se kop
                     oopgekap en nie die gal in die kop gekry nie.

                     Vul die ontbrekende woord in die sin hieronder in.

                     Hier het Saul se soeke na die ... begin.                                       (1)

         1.4.2       Hoe het hierdie soeke (VRAAG 1.4.1) die doel van Saul se laaste
                     besoek aan die Bos uiteindelik beïnvloed?                                      (1)

1.5      Al het Joram en Saul dikwels verskil, het Joram tog oor die algemeen 'n
         positiewe invloed op Saul gehad.

         Sê waarom die stelling WAAR is.                                                            (1)

1.6      Die verhouding tussen Saul en Jozef het deur die loop van die verhaal
         verander.

         1.6.1       Hoe was hulle verhouding, soos jy dit uit die uittreksel kan aflei?            (1)

         1.6.2       Sê hoe hulle verhouding aan die einde van die roman was.                       (1)

1.7      In reël 17–18 gebruik Saul harde woorde om vir Jozef te laat verstaan dat hy
         verkeerd was om olifante te skiet.

         Was dit die regte manier om vir Jozef te laat verstaan dat hy verkeerd was?
         Motiveer jou antwoord.                                                                     (1)

1.8      Ná hierdie argument tussen Saul en Jozef het Saul se lewenspad
         interessante draaie gemaak.

         Skryf die vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer:

         •   Saul het vir Patterson na Meulbos toe geneem.
         •   Saul het as houtkneg by MacDonald gewerk.
         •   Saul het die delwers van die dorp af tot bo in Meulbos geneem.
         •   Saul het meubels in Swellendam leer maak.                                              (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2             7                                  DBE/2018
                                                SSE

1.9      Saul het geglo dat die lewe vir hom 'n ''skewe sirkel'' was.

         Stem jy saam? Verwys in jou antwoord na Saul se lewe nadat hy uit
         Swellendam teruggekeer het.                                                             (1)

1.10     "In sy kajuit op die Pictor is daar van die Bos net een ding wat hy met hom
         saamneem: die skets wat Kate van Oupoot gemaak het.'' (Reël 19–20)

         Hoe sluit dié sin by die tema van ontvlugting aan?                                      (1)

                                                  EN

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS B

  ''Jy? Jý gaan hom skiet?''
   ''Ja.''
   ''Nee!'' Dis 'n smeking om genade; hy steek sy hande voor hom uit en skud sy
kop. ''Nie jy nie. Asseblief, baas Saul ...''
   ''Leen my die geweer.''                                                              5
   ''Maar ek het net twee koeëls!'' skiet hoop die ou man binne. ''En niemand in
hierdie bos sal vir jou 'n enkelte koeël bysit nie, hulle sal jou nie help nie, baas
Saul.''
   ''Twee koeëls is genoeg. Het jy kruit?''
   ''Dit lyk vir my die rykmanslewe het jou kop saf gemaak!'' ruk ou Maska hom         10
skielik op.
                                            ***
   Ná nog twee rondtes het Jefferson weer probeer: ''Kan ek 'n persoonlike vraag
vra?''
   ''Vra gerus.''
   ''Dis baie opvallend dat jy nie meer baklei nie ...''                               15
   ''Baklei?'' Die opmerking het hom verras.
   ''Nie met die vuiste nie, met iets binne-in jou ... Nog sjerrie?''
   ''Nee dankie. Ek dink ek verstaan wat jy wil sê, en ek moet erken, jy verras my
met jou waarneming. Jy't reg, ek baklei nie meer nie. Kom ons sê ek het 'n
eenmansoorlog gevoer en verloor,'' het hy erken en sinies bygevoeg: '' 'n Oorlog       20
wat nooit bestaan het nie oor dinge wat nooit bestaan het nie.''
   ''Jy het altyd die indruk geskep dat jy niks vrees nie, Saul Barnard. Jy skep dit
nog, behalwe dat jy nie meer baklei nie. Dit beteken nie dat jy nie meer kwaad
is nie.''

1.11      ''Jy? Jý gaan hom skiet?'' (Reël 1)

          1.11.1     Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
                     vraagnommer (1.11.1) en die antwoord neer.

                     Maska was geskok dat Saul vir Oupoot wou skiet omdat Saul nog
                     altyd vir Oupoot (bang was/bewonder het).                                   (1)

          1.11.2     Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.11.1 met TWEE feite uit die
                     roman.                                                                      (2)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2             8                                          DBE/2018
                                                SSE

1.12      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          vraagnommer (1.12) en die letter (A–D) neer.

          ''Nie jy nie. Asseblief, baas Saul ...'' (Reël 4)

          Die funksie van die beletselteken in hierdie aanhaling is om aan te dui dat ...

           A    Maska hom vir Saul vererg het.
           B    Saul vir Maska gewys het om stil te bly.
           C    Maska besluit het dat Saul nie na hom sou luister nie.
           D    Saul nie vir Maska kans gegee het om klaar te praat nie.                                 (1)

1.13      Niemand in die Bos sou vir Saul help nie, want hulle het hom gebrandmerk.

          Noem TWEE brandmerke wat die Bosmense vir Saul gegee het.                                      (2)

1.14      Hoe het Saul ryk geword? (Reël 10)                                                             (1)

1.15      Daar was mense wat dit vir Saul moeilik gemaak het om sy droom vir die Bos
          en sy mense waar te maak.

          Kies elke keer die mense uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A
          pas. Skryf slegs die vraagnommers (1.15.1 tot 1.15.4) en die letter (A–E)
          neer.

                            KOLOM A                                     KOLOM B
          1.15.1     Hierdie mense het nie verstaan           A   die Steyns van Swellendam
                     dat Saul 'n beter toekoms vir
                     hulle wou skep nie.                      B   mense soos Freek Terblans

          1.15.2     Hierdie mense het die                    C   die houtkopers
                     bosmense in armoede gehou.
                                                              D   Saul se familie
          1.15.3     Hierdie mense het Meulbos en
                     dus moontlike inkomste                   E   die delwers
                     vernietig.

          1.15.4     Hierdie mense is soms deur die
                     Bosmense gevra om lastige
                     olifante te skiet.
                                                                                           (4 x 1)       (4)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          9                                     DBE/2018
                                             SSE

1.16     Lees reëls 12–15.

           Ná nog twee rondtes het Jefferson weer probeer: ''Kan ek 'n persoonlike
         vraag vra?''
           ''Vra gerus.''
           ''Dis baie opvallend dat jy nie meer baklei nie ...''

         1.16.1      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
                     vraagnommer (1.16.1) en die antwoord neer.

                     Jefferson het vir Saul 'n persoonlike vraag gevra. Hieruit kan ons
                     aflei dat Jefferson vir Saul (goed geken het/nie goed geken het nie).       (1)

         1.16.2      Wat het Saul die volgende dag gedoen om vir Jefferson en homself
                     verkeerd te bewys?                                                          (1)

1.17     Daar is baie mense wat nie glo dat natuurbewaring belangrik is nie.

         Waarom sal hierdie mense, nadat hulle die roman gelees het, kan verstaan
         dat natuurbewaring wel belangrik is?                                                    (1)

1.18     Alhoewel Saul as die seun van 'n houtkapper gebore is, was hy nie 'n
         slagoffer (''victim'') van sy omstandighede (''circumstances'') nie.

         Wat was Saul se omstandighede EN waarom was hy nie 'n slagoffer van
         daardie omstandighede nie?                                                              (2)

1.19     Dink aan die hele roman.

         Waarom sou Die Soektog na Oupoot nie 'n goeie titel vir hierdie roman wees
         nie? Motiveer jou antwoord met TWEE feite.                                              (2)
                                                                                                 [35]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            10                                      DBE/2018
                                               SSE

VRAAG 2: DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM –
         Marita van der Vyver

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS C

''Dis 'n dump!'' roep Yann uit en begin so onbedaarlik nies dat hy nie 'n woord
verder kan uitkry nie.
                                             ***
   ''Niks wat 'n besem en 'n verestowwer nie kan regruk nie!'' roep Mana uit op
haar valse vrolike manier. Teen dié tyd het sy klaar 'n besem en 'n stowwer in 'n
kombuiskas opgespoor. En die stowwer in my onwillige hande gedruk.                          5
                                             ***
   As jy my vra (nie dat iemand my al ooit gevra het nie), was my eerste woord 'n
gil van woede. Hoekom kan ek nie maar 'n normale baba met 'n normale ma en 'n
normale pa wees nie?
   En nou is ek vasgekeer op 'n berg waar ek oor tien dae my vyftiende verjaardag
moet vier, saam met my abnormale ma, my ingewikkelde gesin, my beste vriendin               10
en – wait for this – my pa met die peroksiedhare.
                                             ***
   Ek meen, hy't nie een van my vorige veertien verjaardae saam met my gevier
nie. Vir wat wil hy nóú met my kom bodder?
                                             ***
   ''Dis die eerste woord wat ek van hierdie groot partytjie hoor,'' sê ek deur
geklemde kake toe Mana die telefoon neersit.                                                15
   ''As Gavin daar is, sál dit 'n partytjie wees,'' verseker sy my. ''Hy kan 'n begrafnis
in 'n fees verander.''

2.1       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
          vraagnommer (2.1) en die antwoord neer.

          Mana het dadelik goed gesoek waarmee sy die huis op die berg kon
          skoonmaak. Hieruit kan ons aflei dat Mana (realisties/onprakties) in hierdie
          situasie opgetree het.                                                                     (1)

2.2       Gee DRIE redes waarom Hanna haar ma as abnormaal beskou het. (Reël 10)

          Verwys in jou antwoord na:

          2.2.1       Mana se voorkoms                                                               (1)

          2.2.2       Mana se siening van seuns en dogters se rolle                                  (1)

          2.2.3       Tibo se pa                                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         11                                    DBE/2018
                                            SSE

2.3       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          vraagnommer (2.3) en die letter (A–D) neer.

          Die aandagstrepe voor en na ''wait for this'' (reël 11) beklemtoon dat Gavin se
          koms vir Hanna die toppunt van haar ... oor die wittebrood was.

          A       opgewondenheid
          B       ontevredenheid
          C       nuuskierigheid
          D       vreugde                                                                       (1)

2.4       Lees reël 12–13.

          Hoe sluit dit aan by die tema van ouers wat nie deel van hulle kinders se
          lewens is nie?                                                                        (1)

2.5       Hanna se houding teenoor Gavin het deur die loop van die verhaal verander.

          2.5.1       Hoe het Hanna aan die begin van die roman oor Gavin gevoel?               (1)

          2.5.2       Sê hoe Hanna se houding teenoor Gavin aan die einde van die
                      roman verander het.                                                       (1)

2.6       Mana het haar hele gesin saamgeneem op die wittebrood.

          2.6.1       Wat was Mana se doel met die wittebrood?                                  (1)

          2.6.2       Het die wittebrood op die berg die twee broers, Yann en Amos,
                      positief oor hulle ma gemaak? Motiveer jou antwoord.                      (1)

2.7       Mana het gesê dat Gavin 'n begrafnis in 'n fees kon verander. (Reël 16–17)

          2.7.1       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs
                      die vraagnommer (2.7.1) en die antwoord neer.

                      Met hierdie woorde het Mana bedoel dat Gavin gewoonlik die
                      (gees/organiseerder) van partytjies was.                                  (1)

          2.7.2       Wat kan ons uit Mana se woorde aflei oor die verhouding tussen
                      haar en Gavin?                                                            (1)

2.8       Daar het 'n paar interessante dinge gebeur terwyl Hanna saam met haar
          gesin op die berg was.

          Skryf die vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer:

          •   Hanna se sussie is gebore.
          •   Gavin het vol modder by die huis opgedaag.
          •   Hanna het vir Margot ontmoet.
          •   Hanna het 'n grimeerstelletjie as verjaardaggeskenk gekry.                        (4)

2.9       Waarom sal jy anders na stiefouers kan kyk nadat jy die roman gelees het?             (1)

                                            EN
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           12                                 DBE/2018
                                              SSE

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS D

''What a woman,'' sug Gavin toe sy saam met my ma in die slaapkamer verdwyn.
''Wat sou ons sonder haar gedóén het?''
Dis min of meer wat ons almal dink. Maar ons kry nie veel kans om te dink nie.
Yann hardloop by die voordeur uit om die kombi nader te bring, Gavin gaan haal
die tweede gaslamp langs die rusbank, Sharon skarrel slaapkamer toe vir die           5
handdoek en die naelknipper. Ek tap nog 'n kastrol vol water. Tibo en Amos staan
langs die tafel met oë soos pierings.
''Dink jy dit gaan oukei wees?'' fluister Tibo vir my.
''Margot het gesê dit gaan oukei wees,'' sê ek met 'n stem wat skielik wil breek.
ʺDan sal dit oukei wees,'' sê Amos terwyl hy sy kop stadig knik.                     10
                                           ***
Die baba suig met toe oë en 'n salige uitdrukking aan haar ma se bors. Sy is
toegedraai in 'n rooi T-hemp van Tibo en sy dra 'n doek wat Margot uit 'n pers
waslap geprakseer het.
                                           ***
''My pa is veronderstel om my vandag te kom haal,'' sê Sharon met 'n somber
gesig. ''Hy sal wel 'n manier vind om oor die rivier te kom. Al moet hy in 'n boot   15
oorroei.''
''Wel, dan kan ek mos saam met julle terugroei, nie waar nie?''
Margot lag haar tinkelende laggie en waai haar hand ...

2.10      ''What a woman,'' sug Gavin ... '' (Reël 1)

          2.10.1      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs
                      die vraagnommer (2.10.1) en die antwoord neer.

                      Met die woorde, ''What a woman'', het Gavin gewys dat hy vir
                      Margot respek gehad het omdat sy (presies geweet het wat om te
                      doen/mooi gelyk het sonder grimering).                                   (1)

          2.10.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.10.1 met TWEE feite wat met
                      reëls 1–13 verband hou.                                                  (2)

2.11      Waarom het Yann die kombi nadergebring?                                              (1)

2.12      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          vraagnommer (2.12) en die letter (A–D) neer.

          ''Margot het gesê dit gaan oukei wees,'' sê ek met 'n stem wat skielik wil
          breek. (Reël 9)

          Uit Hanna se stem wat wou breek, kan ons aflei dat Hanna ... was.

          A     teleurgesteld
          B     bekommerd
          C     moeg
          D     siek                                                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            13                                         DBE/2018
                                               SSE

2.13      Wat kan ons aflei uit die feit dat Mana nie vir die baba klere saamgebring
          het nie?                                                                                      (1)

2.14      ''My pa is veronderstel om my vandag te kom haal,'' sê Sharon met 'n somber
          gesig. (Reël 14–15)

          Waarom is dit geloofwaardig ("credible") dat Sharon se gesig in hierdie
          situasie somber was?                                                                          (1)

2.15      Sharon het 'n positiewe rol in Hanna se lewe gespeel.

          Sê waarom die stelling WAAR is.                                                               (1)

2.16      In hierdie roman was daar tipiese tienerdinge wat Hanna moes hanteer.

          Noem TWEE voorbeelde uit die roman om hierdie stelling te motiveer.                           (2)

2.17      Verskillende karakters in die roman het Hanna laat besef dat sy eintlik 'n
          kreatiewe en ''ongelooflike'' lewe het.

          Kies 'n karakter uit KOLOM B om by die beskrywing in KOLOM A te pas.
          Skryf slegs die vraagnommers (2.17.1 tot 2.17.4) en die letter (A–E) neer.

                              KOLOM A                                      KOLOM B
          2.17.1      Hierdie karakter het Hanna laat glo         A     Beyers
                      dat sy 'n suksesvolle romanskrywer
                      gaan word.                                  B     Yann

          2.17.2      Hierdie karakter het Hanna laat             C     Margot
                      besef dat sy 'n rol as ouer suster
                      gehad het.                                  D     Gavin

          2.17.3      Hierdie karakter het Hanna se liefde        E     Ditjie
                      vir kreatiewe skryfwerk gedeel.

          2.17.4      Hierdie karakter het Hanna verseker
                      dat sy perfek was soos sy is.
                                                                                          (4 x 1)       (4)

2.18      Hanna was nie 'n             slagoffer   (''victim'')   van   haar     omstandighede
          (''circumstances'') nie.

          Wat was Hanna se omstandighede EN waarom was sy nie 'n slagoffer van
          daardie omstandighede nie?                                                                    (2)

2.19      Dink aan die hele roman.

          Waarom sou Die Wittebrood in die Berge nie 'n goeie titel vir hierdie roman
          wees nie? Motiveer jou antwoord met TWEE feite.                                               (2)
                                                                                                        [35]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           14                                    DBE/2018
                                              SSE

VRAAG 3: MEEULANDERS – Esta Steyn

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS E

  ''En Fred se groot gevreet lê nou al glad tot onder die melkbottels.''
  ''Wat is Ma so omgekrap?'' wil hy weet.
  ''Wat te erg is, is te erg.''
  ''Ag, bedaar, Ma.''
  ''Ja, bedaar, bedaar. Maar jy weet hoe ek oor hulle voel. Sit Sondag in die            5
voorste gestoeltes en Maandag moet hulle geld hulle sonnes toesmeer ...''
  ''... en sorg vir die baai se brood en botter, met jam op myne. Ek kan nie kla nie,
dankie.'' Maar hy sien sy wil nie mee gesukkel wees nie. ''Waar's die voëlvrou,
Ma?''
                                          ***
Op die oop stuk grond regoor die munisipale kantore van Salamanderbaai is groot         10
tente opgeslaan; vlaggies en baniere wapper. In die verversingstent sis
pannekoeke van vroegdag af en die allemintige enemmelbad vol deeg is 'n stille
getuienis van die opkoms wat verwag word. Stemdag is g'n gewone dag nie:
daar's rede vir 'n fees; ...
                                          ***
MEEULAND, WOENSDAG. 13 SEPTEMBER 1978                                                   15
Ek dink die heeltyd aan die man. Ek het sy gesig gister op die plakkaat by die
stasie gesien. Toe het hy nog geglimlag.
                                          ***
  ''Meneer! Meneer!'' Dis 'n vreemde stem wat sy gedagtes onderbreek. Hy draai
om en ken die bruin man voor hom van geen kant af nie. ''Meneer, ek vra net 'n
oomblik, meneer.''                                                                      20
                                          ***
  ''Meneer, ek is Kinnie Kuiper se pa, meneer. Sy het hierso gewerk ...''

3.1       ''Maar jy weet hoe ek oor hulle voel.'' (Reël 5)

          3.1.1       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs
                      die vraagnommer (3.1.1) en die antwoord neer.

                      Uit Hansie se woorde hierbo kan 'n mens aflei dat sy (van die
                      Blanckenbergs gehou het/nie van die Blanckenbergs gehou
                      het nie).                                                                   (1)

          3.1.2       Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.1.1 met TWEE feite en verwys
                      in jou antwoord na Hansie se gesin op daardie stadium.                      (2)

3.2       ''Ek kan nie kla nie, dankie.'' (Reël 7–8)

          Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
          vraagnommer (3.2) en die antwoord neer.

          Die Blanckenbergs kon ook nie oor Attie kla nie. Hy het (gehelp/gekeer) dat
          Fred die verkiesing gewen het.                                                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         15                                    DBE/2018
                                            SSE

3.3       Noem EEN van die sondes (''sonnes'' in reël 6) wat Fred Blanckenberg met
          geld probeer toesmeer het.                                                            (1)

3.4       Hansie veralgemeen as sy in reël 5–6 na die Blanckenbergs verwys.

          Waarom was dit onregverdig om vir Hermanus by hierdie opinie oor die
          Blanckenbergs in te sluit?                                                            (1)

3.5       Waarom noem Attie vir Ryna ''die voëlvrou''? (Reël 8)                                 (1)

3.6       Ryna het ook ander name gehad.

          3.6.1       Wat was Ryna se naam toe sy in die Kaap gewoon het?                       (1)

          3.6.2       Wat was Ryna se CB-naam?                                                  (1)

          3.6.3       Hoe het Attie Ryna genoem toe hy haar beter leer ken het?                 (1)

3.7       Die Blanckenbergs het ook aan die einde van die roman gesorg vir ''botter en
          brood'' op Ryna se tafel.

          Sê waarom die stelling WAAR is.                                                       (1)

3.8       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          vraagnommer (3.8) en die letter (A–D) neer.

          Die funksie van die skuinsgedrukte woorde in reël 16–17 is om ... aan te dui.

          A       Ryna se navorsingswerk
          B       die gebeure op Meeuland
          C       Ryna se dagboekinskrywings
          D       die gebeure op Salamanderbaai                                                 (1)

3.9       Die atmosfeer wat die oggend tydens die stemmery geheers het, het verskil
          van die atmosfeer aan die einde van die stemdag.

          3.9.1       Hoe was die atmosfeer die oggend tydens die stemmery?                     (1)

          3.9.2       Sê hoe die atmosfeer aan die einde van die stemdag was.                   (1)

3.10      Janka se geboorte het 'n groot invloed op die verloop van die roman gehad.

          Skryf die vier gebeure rondom Janka se geboorte onder mekaar in die
          korrekte VOLGORDE neer.

          •   Jacob het vir Janka as sy eie kind aanvaar.
          •   Jannerik het vir Janka Meeuland toe geneem.
          •   Ryna het Kinnie se baba in Jannerik se blyplek gekry.
          •   Ousanna het vir Jannerik van Janka se geboorte vertel.                            (4)

                                           EN

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           16                                     DBE/2018
                                              SSE

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS F

Die Meeuw het gekom en hulle is almal saam. Die draagbaar wat die NSRI daar
gelos het ook, met die liggaam onder 'n grys kombers, meteens so 'n klein hopie.
Dit was die eerste maal dat Jacob die eiland onbeman gelos het. En so het
Twilight vir die laaste maal wal toe gegaan.
                                                ***
  ''Sy't ... sy't so uitgesien ...'' Hy't 'n sagte pop van die bed af opgetel.            5
  ''Ek weet.''
  ''En nou ... weet ek nie of Janka hier sal wil kom bly nie. Want eintlik is hier
geen ... bande meer nie.''
  Bande, Fred? Ag, Fred!
  Sy het hom stil aangekyk; haar stem was onvas: ''Sy sal seker self moet kies.          10
Miskien sal sy by ant Hansie-hulle wil gaan bly.''
  ''Ek het ook daaraan gedink. Ryna ... as ek net weet wat werklik gebeur het.''
                                                ***
  Toe sy na Fred se vermoeide gesig kyk, groei die stryd al groter.
  Wat moet ek met die waarheid maak? Wie het die reg om wat te weet?
                                                ***
  ''En Skalla,'' sê Fred dan, ''kan hoop die polisie kry hom vinnig, voor ek hom kry.    15
Want dan gaan daar van hom min oorbly.''
  Die twee mans kyk mekaar in die oë.
  ''Ek sal hom kry, Fred,'' sê Jacob gedemp, ''ek sal!''
  Gedeelde wraak? dink Ryna.

3.11      ''En so het Twilight vir die laaste maal wal toe gegaan.'' (Reël 3–4)

          3.11.1      Wie was Twilight?                                                            (1)

          3.11.2      Wat kan ons aflei oor Jacob se gevoel vir Twilight uit die feit dat hy
                      die eiland vir die eerste maal onbeman gelos het?                            (1)

3.12      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          vraagnommer (3.12) en die letter (A–D) neer.

          ''Want eintlik is hier geen ... bande meer nie.'' (Reël 7–8)

          Met ''bande'' bedoel Fred ...

          A     enige persoon wat omgegee het.
          B     enige biologiese familie in die huis.
          C     wette wat Fred sou dwing om vir Janka te sorg.
          D     dinge wat dit vir Janka lekker sal maak om by hom te bly.                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2                17                                      DBE/2018
                                                   SSE

3.13      Sy het hom stil aangekyk; haar stem was onvas: ''Sy sal seker self moet
          kies.'' (Reël 10)
          3.13.1      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs
                      die vraagnommer (3.13.1) en die antwoord neer.
                      Ryna se stem was onvas omdat sy (hartseer/kwaad) was.                              (1)
          3.13.2      ''Sy het hom stil aangekyk; ...'' (Reël 10)
                      Hoe sluit hierdie woorde by die tema van geheimhouding in die
                      roman aan?                                                                         (1)

3.14      ''Wat moet ek met die waarheid maak? Wie het die reg om wat te weet?''
          (Reël 14)
          Was dit reg dat Ryna uiteindelik vir Fred die waarheid omtrent Janka vertel
          het? Motiveer jou antwoord.                                                                    (1)

3.15      ''Gedeelde wraak,'' dink Ryna. (Reël 19)
          Noem TWEE redes waarom Fred op Skalla sou wou wraak neem.                                      (2)

3.16      Die vrouekarakters in die roman het die omstandighede waarin die mans hulle
          geplaas het, verskillend hanteer.
          Kies uit KOLOM B die karakter wat die beste by die beskrywing in KOLOM A
          pas. Skryf slegs die vraagnommers (3.16.1 tot 3.16.4) en die letter (A–E)
          neer.
                              KOLOM A                                      KOLOM B
          3.16.1      Hierdie karakter het nie haar man se          A    Doreen
                      geldmaakskemas ondersteun nie.
                                                                    B    Mary
          3.16.2      Hierdie karakter het haar eie lewe
                                                                    C    Ousanna
                      geneem omdat sy nie haar man se
                      ontrou kon verwerk nie.                       D    Ant Hansie
          3.16.3      Hierdie karakter was jaloers op haar          E    Sheila
                      man se aandag aan vrouekollegas.
          3.16.4      Hierdie karakter het haar man teen sy
                      familie se slegte invloed gewaarsku.
                                                                                           (4 x 1)       (4)
3.17      Waarom sou jy aan die einde van die roman anders na Fred Blanckenberg
          kon kyk?                                                                                       (1)
3.18      Ryna was nie 'n              slagoffer    (''victim'')   van   haar     omstandighede
          (''circumstances'') nie.
          Wat was Ryna se omstandighede EN waarom was sy nie 'n slagoffer van
          daardie omstandighede nie?                                                                     (2)
3.19      Dink aan die hele roman.
          Waarom sou Die Mense van Salamanderbaai nie 'n goeie titel vir hierdie
          roman wees nie? Motiveer jou antwoord met TWEE feite.                                          (2)
                                                                                                         [35]
Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2              18                                   DBE/2018
                                                 SSE

VRAAG 4: LIEN SE LANKSTAANSKOENE – Derick van der Walt

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS G

                                       Geel en gelukkig

... Sy glimlag vir hulle met ver oë. Sy draai om en stap voel-voel teen die
gangmuur kamer toe.
   ''Gaan Ma nie eet nie?'' roep Lien haar agterna. Haar ma antwoord nie. Lien
weet sy sal nie eet nie. Sy eet omtrent nooit meer iets nie.
   ''Nighty night!'' roep haar ma.                                                         5
   Braam brom iets, maar Lien sê niks.
   Sy dink aan Braam se skoolbroek wat nog steeds op een van die sitkamerstoele
hang.
                                            ***
   Braam sak weer op die bank neer en sit die televisie harder.
   Haar ma lê reeds en snork, dwarsoor die bed, sommer met klere en al. Lien sug           10
en soek na die naaldwerktrommeltjie onder in haar ma se ingeboude kas. Sy sit
die lig af en maak die deur toe. Haar ma sal waarskynlik môre weer nie by die
werk uitkom nie.
                                            ***
   Lien kyk op. ''Ek haat jou,'' sê sy vir hóm in die spieël. ''Ék … háát … jóú,'' sê sy
weer, stadiger, afgemeet, klem op elke woord. Sy skrik vir haar gesig in die               15
spieël. Haar lang, donker hare is deurmekaar en haar oë is groot en swart. Is dit
hoe haat lyk?
                                            ***
   Hy hardloop skielik na regs buite die beeld. Die vrou agter die klavier draai haar
gesig na die kamera en roep iets oor haar skouer.

4.1       Lien se ma het dinge gedoen waarvoor Lien haar geskaam het.

          Skryf die vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer:

          •   Lien se ma is vir die eerste keer in die kliniek opgeneem.
          •   Lien se ma is vir winkeldiefstal gevang.
          •   Lien se ma het haar werk verloor.
          •   Lien se ma het dronk by die skool aangekom.                                           (4)

4.2       ''Braam brom iets, maar Lien sê niks.'' (Reël 6)

          Dink jy dit is reg dat Lien en Braam nie hoflik op hulle ma se woorde
          gereageer het nie? Motiveer jou antwoord.                                                 (1)

4.3       ''Braam sak weer op die bank neer en sit die televisie harder.'' (Reël 9)

          Op watter ander TWEE maniere het Braam gewoonlik van die werklikheid
          ontsnap?                                                                                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            19                                    DBE/2018
                                               SSE

4.4       ''Sy dink aan Braam se skoolbroek wat nog steeds op een van die
          sitkamerstoele hang.'' (Reël 7–8)

          4.4.1        Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs
                       die vraagnommer (4.4.1) en die antwoord neer.

                       Lien se gedagtes dui daarop dat sy Braam (versorg/geïgnoreer)
                       het.                                                                        (1)

          4.4.2        Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.4.1 met TWEE ander feite uit
                       die roman.                                                                  (2)

4.5       ''Ek haat jou,'' sê sy vir hóm in die spieël. (Reël 14)

          4.5.1        Waarom kan 'n mens nie vir Lien hier blameer dat sy haar pa haat
                       nie?                                                                        (1)

          4.5.2        Waaruit kan 'n mens aflei dat Lien se houding teenoor haar pa aan
                       die einde van die roman verander?                                           (1)

4.6       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          vraagnommer (4.6) en die letter (A–D) neer.

          Die funksie van die skuinsgedrukte woorde in reël 18–19 is om …

          A       die woorde van 'n liedjie waarna Braam geluister het, aan te dui.
          B       dit wat Braam gedink het, met die leser te deel.
          C       aan te dui dat Braam na 'n video gekyk het.
          D       te beklemtoon dat Braam gedroom het.                                             (1)

4.7       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
          vraagnommer (4.7) en die antwoord neer.

          Uit hierdie uittreksel kan 'n mens aflei dat Christien Jooste 'n (onbetrokke/
          sorgsame) ma was.                                                                        (1)

4.8       ''Sy glimlag vir hulle met ver oë.'' (Reël 1)

          Hoe sluit die vetgedrukte woorde by die tema van ontvlugting in die roman
          aan?                                                                                     (1)

4.9       Juffrou Breytenbach het 'n positiewe rol in Lien se lewe gespeel.

          Sê waarom die stelling WAAR is.                                                          (1)

4.10      Sommige van jou klasmaats het dalk ouers wat 'n drankprobleem het.

          Waarom sal jy anders na hierdie klasmaats kan kyk nadat jy die roman gelees
          het?                                                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            20                                   DBE/2018
                                               SSE

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS H

... Toe sy regop kom, kyk sy vas in 'n bekende gesig. Sy pluk die pruik oor haar
kop en probeer dink wie die man is wat vir haar sit en kyk. Dis of haar brein nie wil
registreer wie dit is nie.
   Kuifie, besef sy met 'n skok. Hy gaap haar verbaas aan.
   ''Lien, wat op aarde maak jy hier?''                                                  5
                                             ***
   Lien bewe. Sy wil eers maak dat sy wegkom, maar dan besluit sy nee.
Dis háár lewe. Hy het niks daaroor te sê nie.
   'n Paar minute later hou hy reg langs haar stil.
   ''Klim in,'' sê hy terwyl hy na die passasiersdeur beduie.
   Sy maak of sy hom nie sien nie. Sy kyk stip voor haar op die grond met haar          10
plakkaat op die gewone plek voor haar bors.
   ''Ek gaan nie ry voordat jy inklim nie.''
   Die lig slaan genadiglik weer groen, maar hy bly staan.
                                             ***
… Nou goed, sy sal inklim, maar sy gaan nié na 'n preek luister nie.
                                             ***
   Sy gaan lê met Norah op haar bed, maar toe die eerste snit begin, pluk sy die        15
oorfone af. Norah gaan nie nou werk nie. Sy raak onrustig aan die slaap.
   Sy droom van haar ma en van hóm.

4.11      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          vraagnommer (4.11) en die letter (A–D) neer.

          ''Sy pluk die pruik oor haar kop …'' (Reël 1–2)

          Uit hierdie optrede van Lien kan ons aflei dat sy ... was.

          A     teleurgesteld
          B     opgewonde
          C     skaam
          D     kwaad                                                                             (1)

4.12      Kuifie het nie vir Lien gepreek soos sy gedink het hy sou doen nie.

          Waarom was die manier waarop Kuifie die situasie hanteer het, effektief?                (1)

4.13      Noem DRIE maniere waarop Kuifie vir Lien wou help.

          Verwys in jou antwoord na:

          4.13.1      Die gesin se geldsake                                                       (1)

          4.13.2      Lien se ma se situasie                                                      (1)

          4.13.3      Lien as bedelaar                                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           21                                    DBE/2018
                                              SSE

4.14      Lien se houding teenoor Kuifie/Gerhard toe sy hom die eerste keer ontmoet
          het, het later verander.

          4.14.1      Hoe het Lien eers oor Kuifie/Gerhard gevoel?                                (1)

          4.14.2      Sê hoe Lien se houding teenoor Kuifie/Gerhard aan die einde van
                      die roman verander het.                                                     (1)

4.15      ''Norah gaan nie nou werk nie.'' (Reël 16)

          4.15.1      Waarom word Norah Jones se liedjies in hierdie roman gebruik?               (1)

          4.15.2      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs
                      die vraagnommer (4.15.2) en die antwoord neer.

                      As Lien sê dat Norah nie nou gaan werk nie, kan ons aflei dat Lien
                      (nie meer na Norah wou luister nie/besef het dat daar ander mense
                      was wat haar wou help.)                                                     (1)

4.16      Hoeveel jaar tronkstraf het Lien se pa gekry?                                           (1)

4.17      Daar was verskeie karakters wat vir Lien gehelp het.

          Kies die naam uit KOLOM B om by die beskrywing in KOLOM A te pas. Skryf
          slegs die vraagnommers (4.17.1 tot 4.17.4) en die letter (A–E) neer.

                                KOLOM A                                  KOLOM B
          4.17.1      Hierdie karakter het vir Lien geleer hoe     A    Miemie
                      om 'n suksesvolle bedelaar te wees.
                                                                   B    Tannie Bets
          4.17.2      Hierdie karakter kon verstaan hoe Lien
                      oor haar afwesige ouers gevoel het.          C    Gerhard/Kuifie

          4.17.3      Hierdie karakter wou nie geld vir hulp aan   D    Tibbey
                      Lien aanvaar nie.
                                                                   E    Dirkie
          4.17.4      Hierdie karakter het vir Lien met gewone
                      huistake gehelp.
                                                                                    (4 x 1)       (4)

4.18      Lien was nie 'n slagoffer (''victim'') van haar omstandighede (''circumstances'')
          nie.

          Wat was Lien se omstandighede EN waarom was sy nie 'n slagoffer van
          daardie omstandighede nie?                                                              (2)

4.19      Dink aan die hele roman.

          Waarom sou Lien se Nagmerrie nie 'n goeie titel vir hierdie roman wees nie?
          Motiveer jou antwoord met TWEE feite.                                                   (2)
                                                                                                  [35]

                                                                   TOTAAL AFDELING A:             35
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          22                                    DBE/2018
                                             SSE

AFDELING B: DRAMA

Beantwoord slegs EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

VRAAG 5: POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS I

HOEDJIE: By die paskantoor was daar nuwe mense agter die tafels. Die mense
         in die toue was ook mense wat eers ná 1960 Kaap toe gekom het.
         Daar was rou mense wat voor haar geholpe geraak het en selfs
         huise gekry het.
POPPIE:  Wat het hulle dan teen mý? Dis nou sewe jaar lat ek nie verder as              5
         twee maande en soms drie maande weet lat ek in die Kaap kan
         aanbly nie. Soos nou. Dis nou drie weke dat ek in die lokasie bly
         sonder 'n permit. (Draai na Mama.) Dit beginne op my senuwees te
         werk, Mama. Ek het dieselfde pyn in my maag wat tata-ka-Bonsile
         het. Gaan ek ook siek word, Mama? Wat gaan van my kinders                     10
         worde?
                                          ****
ALMAL:   Ewhe. Amen.
MOSIE:   (staan net op. Staan baie stil). Alles wat in Poppie se hart is, word
         gesê. Sy dink aan bhuti Plank, aan bhuti Hoedjie.
POPPIE:  (nog op knieë). Here … beskerm hulle. Here, slaat met u staf alles            15
         wat boos is van hulle af weg.
MOSIE:   Sy dink aan haar man.
POPPIE:  Here, wees sy siel genadig. Vergewe hom dat hy sy hulp gaan soek
         by toordokters en nie by U nie.
MOSIE:   Sy voel krag in haar kom soos sy die woorde sê. Sy voel dat sy sterk          20
         word. (Poppie staan op.) Sy lê nie meer plat onder die lewe nie.
         Sy kan opstaan.

5.1       In die vier jaar (1956 tot 1960) het daar baie dinge in Poppie se lewe gebeur.

          Skryf vier van die gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer:

          •   Poppie het vir die eerste keer gehoor sy moes Ciskei toe gaan.
          •   Stone het so siek geword dat hy hospitaal toe moes gaan.
          •   Poppie moes Lambertsbaai sonder Stone verlaat.
          •   Stone het kontrakwerk in Philippi aanvaar.                                         (4)

5.2       Poppie se getroude van, Nongena, beteken ''geen toegang''. Dit simboliseer
          haar lewe nadat sy met Stone getroud is.

          Sê waarom die stelling WAAR is.                                                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          23                                   DBE/2018
                                             SSE

5.3       Poppie het by 'n paar plekke gewerk voordat sy Ciskei toe moes trek.

          Gee 'n rede waarom sy by elk van die volgende plekke opgehou werk het:

          5.3.1        Die kwekery in Constantia                                                (1)

          5.3.2        Mrs Graham                                                               (1)

          5.3.3        Mrs Scobie in Rondebosch                                                 (1)

5.4       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
          vraagnommer (5.4) en die antwoord neer.

          Ons kan Mrs Retief, die maatskaplike werkster, se houding teenoor Poppie as
          (harteloos/simpatiek) beskryf toe sy hoor Poppie verwag haar vierde baba.             (1)

5.5       Het Stone die regte ding gedoen om die kontrakwerk in Philippi te aanvaar?
          Motiveer jou antwoord.                                                                (1)

5.6       Lees reëls 5–11.

          5.6.1        Hoe sluit hierdie houding van Poppie by die tema van moederliefde
                       aan?                                                                     (1)

          5.6.2        Waarom het Poppie se houding aan die einde van die drama van
                       haar woorde hier verskil?                                                (1)

5.7       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          vraagnommer (5.7) en die letter (A–D) neer.

          Uit Poppie se vrae in reël 10 en 11 kan ons aflei dat sy … is.

          A       bang
          B       kwaad
          C       sarkasties
          D       nuuskierig                                                                    (1)

5.8       ''(nog op knieë). Here … beskerm hulle.'' (Reël 15)

          Dink jy die toneelaanwysing pas by die dialoog? Motiveer jou antwoord.                (1)

5.9       ''Sy kan opstaan.'' (Reël 22)

          Waarom kan ons uit hierdie woorde van Mosie aflei dat hy sy suster goed
          geken het?

          Verwys in jou antwoord na Poppie se optrede in enige krisis wat sy ná hierdie
          kerkdiens gehad het.                                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans FAL P1 May June 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-may-june-2018/3c1e621f-9108-44e4-98be-ee8a1bf00e7e) — Afrikaans FAL · QP · 2018 · Afr
- [Grade 12 NSC Afrikaans (FAL) P2 X05 Preparatory 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-fal-p2-x05-preparatory-2018-question-paper/eb35e939-d086-45fa-b8d9-5d908dba80c0) — Afrikaans FAL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May June 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2021/34e7b7fd-bf31-4586-9e70-44ddb4b9045e) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr
- [Grade 12 NSC Afrikaans P2 (FAL) Preparatory 2018 Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-p2-fal-preparatory-2018-possible-answer/335e772e-6d01-458c-88e8-5035047c88d9) — Afrikaans FAL · Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Feb March 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-feb-march-2018-memo/fcf01538-02a0-42bb-8b84-d2282d258d65) — Afrikaans FAL · Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May June 2019 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2019-memo/28a2ecdb-7ac4-4b54-bb43-f4f5692a41ac) — Afrikaans FAL · Memo · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
