# Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2019 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2019, 41 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2019/43647c3f-1cbd-46bc-b9df-23521a6698bc
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 41

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2019/43647c3f-1cbd-46bc-b9df-23521a6698bc)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC June Exam · 2019 · Afrikaans. Question paper, 41 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans FAL P2 May June 2019 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2019-memo/28a2ecdb-7ac4-4b54-bb43-f4f5692a41ac) — Memo · 2019 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

                                         2019

                                                                        PUNTE: 70

                                                                         TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 41 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          2                                     DBE/2019
                                           SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.        MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die
          INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommers van
          die tekste wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vrae aandagtig deur
          en kies die vrae wat jy wil beantwoord.

2.        Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:

          AFDELING A: Roman              (35)
          AFDELING B: Drama              (35)
          AFDELING C: Kortverhale        (35)
          AFDELING D: Gedigte            (35)

3.        Beantwoord vrae in TWEE afdelings, soos volg:

          AFDELING A: ROMAN
          Beantwoord die vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

          AFDELING B: DRAMA
          Beantwoord die vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

          AFDELING C: KORTVERHALE
          Beantwoord die vrae oor TWEE kortverhale wat jy bestudeer het.

          AFDELING D: GEDIGTE
          Beantwoord die vrae oor TWEE gedigte wat jy bestudeer het.

          Gebruik die kontrolelys op bladsy 4 om jou te help.

4.        Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

7.        Bestee ongeveer 60 minute aan elke afdeling.

8.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         3                         DBE/2019
                                          SS/NSS

INHOUDSOPGAWE

Kies TWEE afdelings.

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord slegs EEN vraag.
                VRAAGNOMMER                        PUNTE   BLADSYNOMMER
1. Kringe in 'n Bos                                  35          5

2. Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom       35           9

3. Meeulanders                                      35          13

4. Lien se Lankstaanskoene                          35          17

AFDELING B: DRAMA

Beantwoord slegs EEN vraag.
5. Poppie – Die Drama                               35          21

6. Paljas                                           35          25

7. Fiela se kind – Die Drama                        35          29

AFDELING C: KORTVERHALE

Beantwoord vrae oor TWEE kortverhale.
8. Spieëlbeelde
8.1 "Oom Dries se sorge met Jantjie"                18          33
                                     EN
8.2 "Rot in 'n val"                                 17          35

AFDELING D: GEDIGTE

Beantwoord vrae oor TWEE gedigte.
9. Verskuns vir Eerste Addisionele Taal
9.1 "pryslied"                                      18          37
                                          EN
9.2 "Rondom my"                                     17          39

Kopiereg voorbehou                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            4                             DBE/2019
                                             SS/NSS

KONTROLELYS

Gebruik die kontrolelys om te verseker dat jy die vereiste getal vrae beantwoord.

     AFDELING             VRAAGNOMMERS             GETAL VRAE         DUI AAN
                                                  BEANTWOORD            ()
A: Roman                               1–4             1

B: Drama                               5–7               1

C: Kortverhale                          8         1 (2 kortverhale)

D: Gedigte                    9              1 (2 gedigte)
LET WEL: Maak seker dat jy vrae oor slegs TWEE afdelings beantwoord het.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2        5                                    DBE/2019
                                         SS/NSS

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord slegs EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

VRAAG 1: KRINGE IN 'N BOS – Dalene Matthee

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS A

  ... Wanneer daar ver van die huis af gekap is, het hulle 'n skerm gemaak en
in die Bos gebly totdat die hout klaar was. Soms drie weke en langer. As hulle
nie te ver van die huis af gekap het nie, het hulle donkervoordag opgestaan
om ligdag by die hout te wees, heeldag gekap en laatmiddag weer
teruggestap. Baie moeg.                                                          5
   Hulle het daardie keer by Witplekbos waenhout gemaak en alhoewel dit
maar so twee uur se stap van die huis af was, het sy pa aan die einde van die
eerste week besluit om skerm te maak en te bly tot die hout klaar is; die suiker
was op, die koffie en twak was min en by die huis was die meel ook aan die
opraak. Die hout moes uitgesleep en reggemaak word en op die dorp kom. 10
Saul was toe nog nooit op die dorp nie en sy idee van die plek was taamlik
vaag.
   Teen die einde van die derde week het dit egter begin reën en dit was te nat
om te kap of te saag. Al wat hulle kon doen, was onder die skerm sit en hoop
dit klaar op. Oom Anneries was darem bly oor die reën; dit het hom kans 15
gegee om voor te kom met sy speke. Ses wa-speke het vir die ou 'n bottel
brandewyn, ... geruil ...

1.1      Waar in die Bos het Saul-hulle se huis gestaan?                                      (1)

1.2      Noem TWEE dinge wat Joram vir sy seuns van die Bos geleer het.                       (2)

1.3      Voltooi die paragraaf hieronder deur die ONTBREKENDE WOORDE in te
         vul. Skryf slegs EEN woord langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.4) neer.

         Saul het op 'n jong ouderdom reeds 'n verantwoordelikheid teenoor die Bos
         begin voel. Hy was bekommerd oor die getal (1.3.1) ... wat al deur Marais
         geskiet is en hy was ontsteld toe sy pa die duisendjarige kalander wou afkap
         omdat die houtkopers (1.3.2) ... wou hê. Ná sy besoeke aan die houtwerf op
         Knysna het Saul die skewe (1.3.3) ... waarin die houtkappers vasgevang
         was, leer ken. Hy het gesien dat die houtkoper, Mister (1.3.4) ..., nie
         omgegee het dat die Bos uitgeroei word nie.                                          (4)

1.4      "Saul was toe nog nooit op die dorp nie en sy idee van die plek was taamlik
         vaag."

         Gee 'n voorbeeld uit die roman dat Saul nie geweet het hoe die dorp gelyk
         het nie. Konsentreer op Saul se optrede in die dorp.                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         6                                   DBE/2019
                                          SS/NSS

1.5      Saul was net soos die ander houtkappers: trots, maar baie hardkoppig.

         1.5.1       Gee TWEE voorbeelde uit die roman wat daarop dui dat Saul
                     hardkoppig was.                                                         (2)

         1.5.2       Gee TWEE voorbeelde uit die roman wat daarop dui dat Saul trots
                     was.                                                                    (2)

1.6      Waarom het dit jou nie verras (''surprise'') toe Joram vir Saul uit sy span
         weggejaag het nie?                                                                  (1)

1.7      Saul het op die eerste Kersdag nadat hy deur Joram weggejaag is, gesien dat
         sy familie ook Terblans se voorbeeld gevolg het.

         Motiveer uit die roman waarom hierdie stelling WAAR is.                             (1)

1.8      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
         letter (A–D) langs die vraagnommer (1.8) neer.

         Saul se besoek aan sy familie die eerste Kersdag nadat hy die Bos verlaat
         het, het nie goed geëindig nie, want sy broer het hom daarvan beskuldig dat
         hy hulle ... het.

          A      beskinder
          B      verraai
          C      verlaat
          D      belieg                                                                      (1)

1.9       In die tyd toe Saul vir MacDonald gewerk het, het MacDonald hom gevra om
          saam met Patterson Bos toe te gaan.

          Waarom was dit dom van MacDonald om vir Saul te jok oor wat Patterson in
          die Bos wou gaan doen?                                                             (1)

1.10     Hoe het MacDonald se opdrag aan Saul om saam met Patterson Bos toe te
         gaan, vir Saul in sy toekoms gehelp?                                                (1)

                                             EN

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            7                                  DBE/2019
                                             SS/NSS

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS B

   ... "Die lagie goud wat jy bo-oor geplak het, is maar baie dun, nè? Die dae toe
jy vir my houtkneg was, het jou skynbaar ook ontgaan!"
  Jy kon die dreuning van die see buite hoor, so stil het dit in die saal geword.
  "Jy maak 'n fout, mister MacDonald, ek dink nie iemand wat vir jou kneg was,
kan dit ooit vergeet nie."                                                         5
                                           ***
  ... Die opstand wat dae lank in hom gesmeul het, het witwarm in hom gebrand.
  All woodcutters are wild and dirty. Hy het dit amper vergeet, dink hy sinies en
trap versigtig oor die gaterige straat ... Kyk hoe lyk hulle dorp! ... Daar is nie
eens meer 'n boom langs 'n straat nie. Kruppelbos! Maar kratte vol tierlantyntjies
en klere op elke skip wat van Europa kom sodat elke nuwe gril tot hier kan kom 10
om die ledigheid te verdryf. En waaruit kom dit op die ou end alles? Uit die Bos.
Die hand wat koop, is die hand wat die kos uitdeel vir die hand wat kap en
uitsleep ... En nou het hulle 'n rif ontdek.
                                           ***
  ... Saul Barnard is klaar met die dorpenaars. Saul Barnard pak op.

Maar wat jy in woede besluit, is nie altyd wat jy in bedaardheid doen nie. Hy het 15
gebly om die eerste mure van Babel in die Bos te sien verrys.

1.11     Wie se dood het veroorsaak dat Saul sy werk as houtkneg by MacDonald
         gelos het?                                                                             (1)

1.12     Lees reël 1 en 2.

         1.12.1      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                     Die manier waarop MacDonald voor al die mense met Saul praat,
                     wys dat hy Saul wil (verneder/gerusstel).                                  (1)

         1.12.2      Waarom sou MacDonald só met Saul wou praat?                                (1)

1.13     Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
         letter (A–D) langs die vraagnommer (1.13) neer.

         Met reël 3 wil die verteller aandui dat ...

          A       die dansparty gou verby was.
          B       die dansparty naby die see gehou is.
          C       daar spanning tussen Saul en MacDonald was.
          D       Saul baie sag gaan praat as hy vir MacDonald antwoord.                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           8                                    DBE/2019
                                            SS/NSS

1.14     Die rede waarom MacDonald by die dansparty met Saul gaan praat het,
         was omdat Saul oor die dorp se strate gekla het. (Reëls 7 en 8)

         Haal 'n sin uit reëls 6 tot 13 aan om aan te dui dat hierdie stelling
         ONWAAR is.                                                                              (1)

1.15     Noem DRIE reëls wat Saul gemaak het wat die eerste klomp delwers in die
         Bos moes nakom.                                                                         (3)

1.16     Uiteindelik was dit duidelik dat daar nie so baie goud in die Bos was soos
         wat mense gedink het nie.

         1.16.1      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                     Toe dinge in Meulbos begin sleg gaan, het (Barkley/Stopforth) vir
                     Saul probeer teruglok Bos toe om hulle te help om goud uit te
                     haal.                                                                       (1)

         1.16.2      Noem TWEE dinge wat vir Saul belowe is as hy hulle sou help.                (2)

1.17     Maska en Kate het vir Saul daaraan herinner dat hy nie sy
         verantwoordelikheid teenoor die Bos mag vergeet nie.

         Gee TWEE redes waarom ons kan sê dat Saul wel sy verantwoordelikheid
         teenoor die Bos nagekom het toe hy daardie Dinsdagoggend die Pictor
         verlaat het.                                                                            (2)

1.18     Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

         Aan die einde van die roman kon Saul vir Jozef oortuig dat (die delwers die
         Bos sou verlaat/die Bos vernietig sou word) as hy nie na Saul sou luister
         nie.                                                                                    (1)

1.19     Watter les het jy geleer uit:

         1.19.1       Saul se lewe                                                               (1)

         1.19.2       Saul en sy pa se verhouding, nadat sy pa hom uit sy span
                      weggejaag het                                                              (1)

1.20     Noem TWEE dinge wat Maska gedoen het dat ons hom Saul se grootste
         vriend/ondersteuner (''supporter'') kan noem.                                           (2)
                                                                                                 [35]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2        9                                    DBE/2019
                                         SS/NSS

VRAAG 2: DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM –
         Marita van der Vyver

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS C

    Liewe leser, ek wil vir my 'n lewe opmaak. Die lewe van 'n amper
vyftienjarige meisie met 'n eksotiese naam soos Fabienne. Sy's ek, maar sy's
ook nie ek nie. My alter ego, …
                                       ***
…. Fabienne se pa is 'n gewone, normale man met 'n gewone, normale werk. In
'n kantoor, beslis nie in 'n TV-reeks nie, of beter nog, in 'n spreekkamer. Iets 5
met status, iets wat sekuriteit aan 'n gesin kan gee, iets waarmee hy soveel
geld kan verdien dat Fabienne amper nooit sop hoef te eet nie … En haar ma
was 'n tandarts-assistent voor sy getrou het. Dis hoe sy Fabienne se pa
ontmoet het. Nou is sy net 'n ma. Een wat netjies aantrek, …
                                       ***
    Ná ons na honderde huise gekyk het, het ons oplaas een gekry waarvan nie 10
een van ons hoegenaamd gehou het nie … Die boonste verdieping is later
bygelas, … soos 'n lawwe strooihoed by 'n vervelige winterjas.
                                       ***
    As jy my vra (nie dat iemand my al ooit gevra het nie), was my eerste woord
'n gil van woede. Hoekom kan ek nie maar 'n normale baba met 'n normale ma
en 'n normale pa wees nie?                                                       15
    En nou is ek vasgekeer op 'n berg waar ek oor tien dae my vyftiende
verjaardag moet vier, saam met my abnormale ma, my ingewikkelde gesin, my
beste vriendin en – …

2.1       In watter stad het Hanna en haar ingewikkelde gesin gewoon?                         (1)

2.2       Reël 10 en 11 verwys na die huis waarin Hanna-hulle gewoon het. Noem
          TWEE eienskappe van hierdie huis wat dit van buite verwaarloos laat lyk
          het.                                                                                (2)

2.3       Voltooi die paragraaf hieronder deur die ONTBREKENDE WOORDE in te
          vul. Skryf slegs EEN WOORD langs die vraagnommers (2.3.1 tot 2.3.4)
          neer.

          Hanna was nie tevrede met haarself of haar omstandighede nie. Sy het
          soos 'n skildery gevoel, want sy het geglo sy is (2.3.1) … terwyl haar
          halfbroer, Tibo, vervaardig is. Sy het nog (2.3.2) (gee die getal) …
          stiefbroers gehad met wie sy gedurig baklei het. Hanna was boonop
          skaam oor haar (2.3.3) …, maar om dit reg te kry, sou sy draadjies moes
          kry en haar ma wou nie daarvoor toestemming gee nie. Sy het ook geglo
          as sy minder (2.3.4) … eet, sou haar vel so mooi soos Sharon s'n wees.              (4)

2.4       Fabienne, Hanna se alter ego, se pa was 'n "gewone, normale man".
          Gee 'n voorbeeld uit die roman om te motiveer waarom Hanna gedink het
          dat haar biologiese pa nie 'n gewone, normale pa was nie.                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2       10                                   DBE/2019
                                         SS/NSS

2.5       Fabienne se ma is "net 'n ma. Een wat netjies aantrek, …".

          2.5.1      Gee TWEE voorbeelde uit die roman wat daarop dui dat Mana,
                     volgens Hanna, nie netjies was nie.                                     (2)

          2.5.2      Gee TWEE voorbeelde uit die roman wat daarop dui dat Mana,
                     volgens Hanna, vreemde idees gehad het.                                 (2)

2.6       Waarom het dit jou nie verras (''surprise'') dat Hanna elke keer haar
          skryfidees met Beyers, haar stiefpa, gedeel het nie?                               (1)

2.7       Hanna se bynaam, Hanna Hoekom, het by haar gepas.

          Motiveer uit die roman waarom hierdie stelling WAAR is.                            (1)

2.8       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (2.8) neer.

          Toe die kinders van die gesinsvakansie hoor, was hulle dadelik …

          A       opgewonde.
          B       nuuskierig.
          C       negatief.
          D       tevrede.                                                                   (1)

2.9       Waarom was dit 'n slim idee van Mana om hierdie gesinsvakansie te reël?            (1)

2.10      Hoe het Sharon vir Hanna gedurende die gesinsvakansie gehelp om haar
          situasie te aanvaar?                                                               (1)

                                             EN

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          11                                      DBE/2019
                                            SS/NSS

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS D

   "Ons gaan almal saam tot by die drif stap," kondig Beyers aan. "Honde,
kinders, grootmense, die hele spul. Die enigste twee wat verskoon gaan word, is
Mana en die baba. Hulle het rus nodig."
   "Ek het ook rus nodig," kreun Yann, uitgestrek op die rusbank. Ek is
getraumatiseer deur laas nag se gebeure."                                              5
   Maar jy kan hoor sy hart is nie in sy kreun nie. Hy doen dit net omdat sy pa dit
van hom verwag.
   "Ek kan doen met die oefening!" roep Margot uit. "Ek gaan my drafskoene
aantrek, dan hardloop ek die laaste ent terug."
   "Ek weet nie of die modder al droog genoeg is vir 'n drawwery nie," waarsku         10
Beyers.
   Maar sy is klaar op pad na haar kamer. Hy kyk haar kopskuddend agterna. So
'n snaakse glimlag op sy lippe, iets tussen irritasie en bewondering.
                                         ***
   Vyf minute later staan ons almal voor die huis. Margot in haar glimmende
lemmetjiegroen sportpak (wat Gavin net sy kop stadig laat skud) en haar pienk-         15
en-silwer drafskoene. Tibo en Amos elk bewapen met 'n stok wat twee keer
langer as hulle is. Yann bewapen met sy Walkman en sy oorfone. Sharon
bewapen met 'n geïrriteerde frons.
   "Dis heel waarskynlik my laaste dag hier," sug sy. "En jou simpel stiefbroer
verkies om musiek te luister eerder as om met my te gesels.                            20

2.11      Wat wou Beyers by die drif gaan maak?                                                  (1)

2.12      "Maar jy kan hoor sy hart is nie in sy kreun nie." (Reël 6)

          Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (2.12) neer.

          Met hierdie woorde wil die verteller aandui dat Yann ...

          A      se hele houding verander het.
          B      Mana met die baba wou help.
          C      dit regtig haat om te stap.
          D      sy ma probeer vermy.                                                            (1)

2.13      Beyers het nog nie sy negatiewe opinie oor Margot verander nie.

          Haal 'n sin uit reëls 8 tot 13 aan om aan te dui dat hierdie stelling
          ONWAAR is.                                                                             (1)

2.14      Noem DRIE items wat vir Margot sou help om die baba se geboorte vlot te
          laat verloop.                                                                          (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           12                                   DBE/2019
                                             SS/NSS

2.15      Gee TWEE redes waarom 'n mens kan sê dat Hanna haar babasussie
          dadelik aanvaar het.                                                                   (2)

2.16      Lees reël 19 en 20.

          2.16.1     Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                     Die manier waarop Sharon hier praat,             wys     dat    sy
                     (tevrede/teleurgesteld) in Yann se gedrag is.                               (1)

          2.16.2     Waarom sou Sharon só voel toe sy sien Yann verkies sy musiek
                     bo haar geselskap?                                                          (1)

2.17      Die roman het 'n gelukkige einde toe daar uiteindelik hulp opdaag om die
          familie van die berg af te kry.

          2.17.1     Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                     Sharon se ouers het 'n (helikopter/4x4) gereël om die familie te
                     bereik.                                                                     (1)

          2.17.2     Noem TWEE persone wat dadelik die huis op die berg saam met
                     Sharon se ouers verlaat het.                                                (2)

2.18      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

          Die titel van die storie wat Hanna aan die einde van die roman wil skryf,
          gaan wees: Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom: 'n
          (Ware/Fabelagtige) verhaal.                                                            (1)

2.19      Watter les het:

          2.19.1     Gavin se karakter vir jou geleer                                            (1)

          2.19.2     Gavin vir Margot die aand geleer toe sy haarself in die kamer
                     toegesluit het                                                              (1)

2.20      Wat het Gavin gedoen of gesê sodat Hanna haarself/haar omstandighede
          aan die einde van die roman aanvaar het.                                               (2)
                                                                                                 [35]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          13                                     DBE/2019
                                            SS/NSS

VRAAG 3: MEEULANDERS – Esta Steyn

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS E

   "Jy's mal om so tekere te gaan," sê Elsabet toe sy vieruur koffie en beskuit
bring. Sy kyk rond in die kombuis wat al leefbaar begin lyk: ...
    Toe sy weer weg is, drink Ryna en Jannerik hulle koffie voor die agterdeur.
    "Jannerik? Weet jy hoe die stoof werk?"
    "Ek sal houtgoed bring en hom opmaak, Mama-Meeu."                                5
    Ek het nog 'n naam gekry. Saam met al my ander name.
                                       ***
Toe sy by haar blyplek kom, is daar 'n warm, gesellige gloed in die karige
kombuisie: die skoongeskuurde swartstoof het smeulende kole in sy vuurherd
en bo-op staan 'n enorme kan kokende water. Dis Jannerik, besef sy
dankbaar, wat vir haar badwater gemaak het.                                          10
                                       ***
   Sy skink die tee klaar en klink meteens heftig: "Ek sien nie kans om my kind
hier groot te maak nie. Jacob wil dit nie verstaan nie." Sy kyk Ryna in die oë:
"Onthou, dis anders as mens hier is en jy weet jy het 'n plek om na toe terug te
gaan, soos jy. Maar ek ..."
                                       ***
    Ek is besig om my lewe oor te maak.                                              15
    Sy stap by haar blyplek in en sit die oorvol emmer stort-stort op die
houtbankie in die hoek neer.
    Sy maak die klein deurtjie van die swartstoof oop en steek twee stompies
in, maak dit brand.
    Ek het waaragtig teruggekom na die eenvoud van die aarde.                        20

3.1       Wat was Ryna se naam voordat sy na Meeuland toe gekom het?                              (1)

3.2       Voltooi die volgende paragraaf deur die ONTBREKENDE WOORDE in te
          vul. Skryf slegs EEN woord langs die vraagnommers (3.2.1 tot 3.2.4) neer.

          Min mense het geweet waarom Ryna die Kaap verlaat het. Vincent, haar
          man, het eers haar seun, (3.2.1) ..., geskiet en toe selfmoord gepleeg.
          Ryna se huis het ook (3.2.2) ... Daarna het Ryna 'n tydjie in die (3.2.3) ...-
          kliniek (naam van die plek) deurgebring. Sy is daarna vir (3.2.4) ... jaar
          Meeuland toe gestuur.                                                                   (4)

3.3       Noem TWEE dinge wat Ryna vir prof. Van Keulen en die Instituut op
          Meeuland moes gaan doen.                                                                (2)

3.4       " 'Jy's mal om so tekere te gaan,' sê Elsabet ..." (Reël 1).

          In hierdie uittreksel is Elsabet negatief. Waarom was sy aan die begin van
          haar verblyf meer positief oor Meeuland?                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         14                                   DBE/2019
                                           SS/NSS

3.5       Lees reëls 7 tot 10.

          Waarom het dit jou nie verras (''surprise'') dat Jannerik vir Ryna badwater
          warm gemaak het nie?                                                                 (1)

3.6       Lees reëls 12 tot 14.

          3.6.1      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                     Die manier waarop Elsabet met Ryna praat, wys dat sy (vir Ryna
                     bejammer/wens sy was Ryna).                                               (1)

          3.6.2      Waarom sou 'n mens vir Elsabet kon sê dat sy verkeerd was om
                     soos in reëls 13 en 14 te voel?                                           (1)

3.7       Jacob wou nie vir Ryna op Meeuland gehad het nie. Later het die
          verhouding tusen hulle twee verbeter.

          3.7.1      Gee TWEE voorbeelde uit die roman wat daarop dui dat Jacob
                     dit vir Ryna moeilik gemaak het om op Meeuland welkom te voel.            (2)

          3.7.2      Gee TWEE voorbeelde uit die roman wat daarop dui dat die
                     werksverhouding tussen Jacob en Ryna later verbeter het.                  (2)

3.8       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (3.8) neer.

          Ryna se CB-naam "Mama-Meeu" het goed by haar gepas omdat sy ...

          A       as vriendin vir Doreen bygestaan het.
          B       die klein duikerkuiken grootgemaak het.
          C       as versorger vir Janka en Jacob opgetree het.
          D       vir die pikkewyn die naam Flip-Flap gegee het.                               (1)

3.9       Ryna se lewe op Meeuland het baie van haar lewe in Kaapstad verskil.

          Motiveer waarom hierdie stelling WAAR is. Konsentreer in jou antwoord
          NET op Ryna se lewe in die Kaap.                                                     (1)

3.10      Hoe het Ryna se koms na Meeuland vir Jacob in sy persoonlike lewe
          gehelp?                                                                              (1)

                                               EN

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         15                                        DBE/2019
                                           SS/NSS

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS F

... Die prof kom tot by haar: "... ek kan maar net sê: knap gedaan! Ek vra myself
af waar al die inspirasie vandaan gekom het?" Hy gee haar skouers 'n drukkie.
"Nou ja, die hele Instituut wag op jou. Ek sien uit daarna om jou weer in jou eie
kantoor te sien!"
    Ek kan nie teruggaan Kaap toe nie, prof. Ek kan nie weggaan nie. Ek hoort           5
waar ek hoort.
     ... Sy sien haarself op die eiland: by die malgasse ... die dag toe hy vir haar
die ou handskoen aangegee het. By die geheime babagraffie ... op die jettie ...
Jacob, Jacob. Sy sien hom regoor haar deurmekaar tafel met sy hande sag om
haar sketse.                                                                            10
                                          ***
    Sy en Jannerik het haar plek begin opruim. Sy het haar boeke in bokse
gepak, en ook haar skulpe en vere en stukkies dryfhout.
    "Die kaptein het gesê ons moet die gordyne en die kombuisgoed net so los,
vir as Mama-Meeu weer kom kuier. Mama-Meeu?"
    "Jannerik?"                                                                         15
    "Dis swaar tye vir my, Mama-Meeu."
    "Ek weet, Jannerik. Vir my ook."
    "Maar ek sal ons boom oppas. En dan sal ek als onthou ..."
                                          ***
    Ryna laat haar in een van die nuwe, sagte stoele sit.
    "Ek kan voel jy leef hier, Ryna. Die warmte omring my."                             20
    "Ek is baie gelukkig hier, ... En dankbaar. Ek het vrede met my verlede
gemaak."

3.11      Lees reëls 1 tot 4.

          Watter geleentheid het Ryna hier bygewoon?                                              (1)

3.12      "Ek kan nie teruggaan Kaap toe nie, prof. Ek kan nie weggaan nie. Ek
          hoort waar ek hoort.″ (Reël 5 en 6)

          Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (3.12) neer.

          Met hierdie gedagte van Ryna wil die verteller vir ons sê dat Ryna ...

          A      ervaar dat die hartseer herinneringe van die Kaap nog lewend is.
          B      bang is dat daar mense in die Kaap is wat haar sal wil seermaak.
          C      voel sy wil nie die kinders van die skool in die steek laat nie.
          D      finaal besef waar haar hart lê.                                                  (1)

3.13      Noem DRIE gebeurtenisse op Meeuland wat Ryna altyd aan die jettie sal
          laat dink.                                                                              (3)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         16                                   DBE/2019
                                           SS/NSS

3.14      Jacob was dankbaar dat Ryna toe eindelik van Meeuland af weggegaan
          het.

          Haal 'n sin uit reëls 11 tot 18 aan om aan te dui dat hierdie stelling
          ONWAAR is.                                                                           (1)

3.15      "Maar ek sal ons boom oppas." (Reël 18)

          Waarom kon Jannerik nie by hierdie belofte hou nie?                                  (1)

3.16      Uiteindelik het Ryna se begeerte om nie weer terug te gaan Kaap toe nie,
          vir haar waar geword.

          3.16.1     Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                     Nadat Ryna Meeuland moes verlaat, het (Ant Hansie/Ousanna)
                     aangebied dat Ryna haar huisie kon koop.                                  (1)

          3.16.2     Noem TWEE redes waarom dit uiteindelik 'n goeie besluit was
                     dat Ryna in dié huisie kon gaan bly.                                      (2)

3.17      "Ek het vrede met my verlede gemaak." (Reël 21 en 22)

          Gee TWEE redes uit die roman waarom 'n mens kan sê dat Ryna wel
          vrede met haar verlede gemaak het.                                                   (2)

3.18      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

          Aan die einde van die roman het Ryna gesê: "Ons sal bymekaar staan,
          want ons is Meeulanders."

          Daarmee het sy bedoel dat sy, Janka, Jannerik en Jacob (dieselfde oor
          Meeuland gevoel het/almal weer eendag op Meeuland sou gaan woon).                    (1)

3.19      Watter les het jy geleer uit:

          3.19.1     Jacob se vooroordeel teenoor Ryna in die begin                            (1)

          3.19.2     Die manier waarop Ryna dié vooroordeel hanteer het                        (1)

3.20      Ryna het die mense van Salamanderbaai positief beïnvloed.

          Motiveer die stelling deur aan te dui hoe Ryna vir Doreen en Mathys
          positief beïnvloed het.                                                              (2)
                                                                                               [35]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          17                                      DBE/2019
                                            SS/NSS

VRAAG 4: LIEN SE LANKSTAANSKOENE – Derick van der Walt

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS G

     "Ek ken nie jou agtergrond nie en ek weet ook nie wat by julle huis gebeur
nie, maar dit is vir my duidelik dat jy vir iets of iemand baie kwaad is. En dis nie
regverdig dat jy dit op ons uithaal nie." …
     ... "Ek dink jy het baie potensiaal, maar dan sal jy moet ophou om so
stilletjies onder die radar deur te oorleef." ... "Dit sal dalk help as jy met iemand 5
praat oor wat jou pla." …
     "Ek wil hê jy moet Donderdagmiddag vir een van die rolle vir die nuwe stuk
kom lees."
                                          ***
     Braam lê soos gewoonlik voor die televisie.
     "Het jy nie huiswerk nie?" vra sy geïrriteerd.                                   10
     Braam ignoreer haar en sit die televisie kliphard.
     "Braam, sit sagter!" skreeu sy. Hy lag en skakel oor na 'n ander kanaal.
     "Wat byt jou?" vra hy terwyl hy die televisie sagter sit en haar met een van
die bank se kussings gooi.
      "Waar’s Ma?" vra sy vies, terwyl sy die kussing eenkant toe skop.               15
      "Jy kan my soen as ek weet," sê Braam terwyl hy hom op die bank uitrek.
      Haar ma het vanoggend gesê sy het 'n runny tummy en dat sy by die huis
gaan bly terwyl sy bewerig vir haar 'n koppie koffie in die kombuis geskink het.

4.1       In watter stad speel hierdie roman af?                                                   (1)

4.2       Voltooi die paragraaf hieronder deur die ONTBREKENDE WOORDE in te
          vul. Skryf slegs EEN woord langs die vraagnommers (4.2.1 tot 4.2.4) neer.

          In hierdie roman leer ons vir Lien beter ken. Lien is nou al 'n jaar
          in Hoërskool (4.2.1) … Hulle moes hulle bekende omgewing verlaat en
          woon nou in 'n klein (4.2.2) … wat geen uitsig het nie. Haar pa is vir
          (4.2.3) … jaar tronk toe gestuur. Hy het erken dat hy oneerlik met ander
          mense se (4.2.4) … was.                                                                  (4)

4.3       Aan die begin van die roman het dit gelyk asof Lien wil wegkom van haar
          omstandighede.

          Gee 'n voorbeeld uit die roman wat hierdie stelling bewys.                               (1)

4.4       Lien se ma het ook probeer om uit haar omstandighede weg te kom.

          Noem TWEE maniere waarop sy uit hierdie omstandighede probeer
          wegkom het.                                                                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2        18                                       DBE/2019
                                          SS/NSS

4.5       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (4.5) neer

          Die manier waarop Braam in reëls 9 tot 14 reageer, laat dit lyk asof hy …
          hulle omstandighede.

          A       opgewonde is oor
          B       gespanne is oor
          C       onbewus is van
          D       hartseer is oor                                                                 (1)

4.6       Lien was verantwoordelik en onselfsugtig.

          4.6.1      Gee TWEE voorbeelde uit die roman wat daarop dui dat Lien 'n
                     verantwoordelike meisie was.                                                 (2)

          4.6.2      Gee TWEE voorbeelde uit die roman wat daarop dui dat Lien
                     onselfsugtig was.                                                            (2)

4.7       Waarom het dit jou nie verras (''surprise'') dat Lien en Wouter so vinnig
          goeie vriende geword het nie?                                                           (1)

4.8       Dit het vir Lien gehelp dat tannie Bets so baie mense geken het.

          Motiveer uit die roman waarom hierdie stelling WAAR is.                                 (1)

4.9       Waarom was dit slim van juffrou Breytenbach om vir Lien te vra om 'n
          oudisie vir die dramaproduksie te doen?                                                 (1)

4.10      Toe Lien vir Sally Swanepoel ontmoet het, het sy nie van Sally gehou nie.

          Hoe het Sally Swanepoel vir Lien gehelp om haar kop hoog te hou?                        (1)

                                             EN

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
  Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           19                                     DBE/2019
                                               SS/NSS

 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 TEKS H

    "Sal Ma weer drink …?" vra Lien ná 'n ruk …
    "Die Here weet, ek weet nie. Harry sê dit bly by jou vir die res van jou lewe."
 Sy draai na Lien. "Maar ek gaan vrek hard probeer, regtig, regtig." …
“ "Sal ons ooit vir Pa kan vergewe?" vra sy huiwerig …
    "Kom ek gaan wys jou die kapelletjie!" sê haar ma skielik opgewonde. "Dis              5
 klein, maar nogal cute. En hulle speel Bach! Dis nou wel backtracks, maar dis
 beter as niks."
    Daar is skielik iets in haar ma se oë wat Lien van lank gelede onthou. Dis
 soos 'n ou droom wat jy lankal vergeet het en waaraan iets jou skielik herinner.
 'n Lekker droom.                                                                          10
                                         ***
    "Ek praat baie met jou. In my kop. Elke dag. Ek weet ek het julle seker vir
 altyd verloor en ek wonder elke dag of julle my ooit sal vergewe."
    Lien byt op haar onderlip. Sy sal nie huil nie. Sy kyk woordeloos na hom. Sy
 voel die trane agter haar ooglede brand.
    "Wanneer kom jy uit?" vra sy oplaas.                                                   15
    "Seker so oor ses maande, as alles goed gaan." …
    "Waarheen gaan jy dan?"
    Hy haal sy skouers op. "Seker maar eers na oom Frank-hulle." …
    "Ek gaan nie meer regte swot nie," verander sy die onderwerp.
    Hy lyk teleurgesteld.                                                                  20

  4.11      Waar vind die gesprek tussen Lien en haar ma plaas?                                      (1)

  4.12      Lees reël 1.

            4.12.1      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                        Die manier waarop Lien hierdie vraag vra, wys dat sy
                        (wonder of/seker is dat) sy die regte antwoord gaan hoor.                    (1)

            4.12.2      Waarom sou Lien só voel as sy hierdie vraag aan haar ma vra?                 (1)

  4.13      Dit wat Lien in haar ma se oë gesien het, het haar bang gemaak.

            Haal 'n sin uit reëls 8 tot 10 aan om aan te dui dat hierdie stelling
            ONWAAR is.                                                                               (1)

  4.14      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
            letter (A–D) langs die vraagnommer (4.14) neer.

            Met die baie vrae wat Lien tydens hierdie besoek vir haar ma vra, wil die
            verteller aandui dat ...

            A        Lien baie nuuskierig is.
            B        dit vir Lien belangrik is om haar ma se situasie te verstaan.
            C        Lien wou weet wat om vir tannie Bets van haar ma te gaan vertel.
            D        Lien nie gehou het van die stiltes wat daar in die gesprek was nie.             (1)

  Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          20                                     DBE/2019
                                            SS/NSS

4.15      Op watter DRIE maniere het Lien gewys dat die besoek aan haar ma vir
          haar moeilik was?                                                                       (3)

4.16      Lien se pa was teleurgesteld omdat sy nie meer regte wou studeer nie.

          Gee TWEE moontlike redes waarom hy dink sy nie meer regte wou studeer
          nie.                                                                                    (2)

4.17      Die hoofstuk, "Naspel", aan die einde van die roman suggereer 'n gelukkige
          einde vir die gesin.

          4.17.1     Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                     Lien-hulle sit op die rusbank en (kyk na 'n video/beplan 'n
                     vakansie by die see).                                                        (1)

          4.17.2     Watter ander TWEE karakters, behalwe haar ma en Braam, maak
                     dat Lien nou baie gelukkig is?                                               (2)

4.18      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

          Ons lei ook uit die hoofstuk, "Naspel", af dat Lien toe drama gaan studeer
          het. Ons kan sê dat dit (Miemie/Weird Maria) was wat die saadjie hiervoor
          geplant het.                                                                            (1)

4.19      Waarom kan 'n mens sê dat Gerhard (Kuifie) daarvoor verantwoordelik was
          dat Lien uiteindelik haar potensiaal kon bereik?

          Motiveer jou antwoord met TWEE feite.                                                   (2)

4.20      Lien se Lankstaanskoene is nie net 'n boek wat lekker lees nie, maar dis
          ook 'n boek met karakters wat 'n mens lank sal onthou.

          4.20.1     Watter les het jy by Lien se bedelaarsvriend, Tibbey, geleer?                (1)

          4.20.2     Dink aan Lien of haar ma of haar pa.

                     Wat het jy by enige EEN van hierdie karakters oor vergifnis (om te
                     vergewe) geleer?                                                          (1)
                                                                                             [35]

                                                               TOTAAL AFDELING A:             35

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2        21                                    DBE/2019
                                          SS/NSS

 AFDELING B: DRAMA

 Beantwoord slegs EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

 VRAAG 5: POPPIE DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé

 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 TEKS I

 STONE. Die drie broertjies wat voor Poppie gekom het, het ook Engelse
   doopname gekry – Philip en Stanley en Wilson.
 MOSIE. Maar ouma Hannie het haar maar altyd "Poppie" genoem.
 OUMA HANNIE. Of Pop – my ou Poppietjie!
 STONE. En Wilson – die kind wat skaars kon loop toe Poppie in sy plek op               5
   ouma Hannie se rug vasgemaak moes word, het Ouma "Mosie" genoem.
 OUMA HANNIE (nostalgies). Ou Moos. My Rooiwielwagentjie.
 HOEDJIE. En Philip was maar van altyd "ou Plank".
 PLANK. En Stanley was maar altyd "ou Hoedjie".

 Hoedjie spring op en begin al om Ouma hop.                                             10

 HOEDJIE. Ou Hoedjie, ou Hoedjie!
       Ek staan op my voetjie,
       my naam is ou Hoedjie!
 OUMA HANNIE. Tsamaya – jy's weer uit jou vel uit! (Sy stoot hom eenkant toe.)
                                         ***
 MOSIE. En toe kom ouma Hannie ... om by ons te bly, en Plank is vyftien                15
   jaar oud en gaan werk op die skuide.
 PLANK. Ek is mos nou 'n man. Moenie lat dit jou bodder lat ons by die
   stiefpa moet bly nie. Ek kry my eie huis in die fabriek se barrakse en julle
   kom die lot by my bly.
 MOSIE. En Poppie het vir hulle gesôre, en ma Lena se kinders opgepas,                  20
   totdat Ouma Hannie siek geword en afgesterwe het ...
 POPPIE. Ná my ouma Hannie dood is, het ons aangebly in Plank se huis.
   Ek en Hoedjie en Mosie en Plank.

 5.1      Op watter dorp het Poppie en haar broers by ouma Hannie gewoon?                      (1)

 5.2      Noem TWEE dinge waaroor ouma Hannie baie streng met Mama se
          kinders was.                                                                         (2)

 5.3      Gee 'n voorbeeld uit die drama om aan te dui dat dit vir die kinders lekker
          by ouma Hannie was.                                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          22                                     DBE/2019
                                            SS/NSS

5.4       Voltooi die paragraaf hieronder deur die ONTBREKENDE WOORDE in te
          vul. Skryf slegs EEN woord langs die vraagnommers (5.4.1 tot 5.4.4) neer.

          In hierdie drama leer ons vir Poppie beter ken. Poppie se (5.4.1) ... het nie
          mooi vir hulle gesorg nie en toe het Poppie en haar drie broers by ouma
          Hannie gaan woon. Mama Lena het later by die visfabriek op (5.4.2) ...
          werk gekry. By bhuti Mbatane het Mama nog drie kinders gehad en Poppie
          was die liefste vir (5.4.3) ... Toe Poppie dertien jaar oud was, het sy ook by
          die visfabriek as (5.4.4) ... 'n werk gekry.                                            (4)

5.5       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (5.5) neer.

          Nadat Poppie met Stone, 'n Xhosa-man, getroud is, is sy ... om Kaap toe
          te gaan.

          A      gevra
          B      genooi
          C      gedwing
          D      gesoebat                                                                         (1)

5.6       Poppie en Mama het voorgestel dat Katie skool moes los om Poppie se
          kinders in die Kaap op te pas.

          Waarom het dit jou nie verras (''surprise'') nie?                                       (1)

5.7       Poppie se kinders moes gou daaraan gewoond raak dat hulle lewens
          ontwrig (''disrupt'') word.

          Motiveer uit die drama waarom hierdie stelling WAAR is.                                 (1)

5.8       Waarom was dit slim van Poppie om Ciskei toe te gaan toe sy nie meer
          haar pas kon verleng nie?                                                               (1)

5.9       Op watter manier het Stone se ouers vir Poppie ná Stone se dood gehelp?                 (1)

5.10      Poppie se ouma en skoonmense kon trots op háár wees, maar Bonsile het
          baie probleme vir Poppie veroorsaak.

          5.10.1     Gee TWEE voorbeelde uit die drama wat daarop dui dat Poppie
                     se ouma of skoonmense trots op háár kon wees.                                (2)

          5.10.2     Gee TWEE voorbeelde uit die drama wat daarop dui dat Bonsile
                     net hartseer vir sy ma gebring het.                                          (2)

                                                 EN

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          23                                            DBE/2019
                                            SS/NSS

 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
 TEKS J

 POPPIE. Wanneer kry hierdie moeilikheid end, Mama?
 MOSIE. Dit sal nie maklik end kry nie, Sisi. Dit was nie net die Afrikaans
   education-ding nie …
 MAMA. Die kinders word nou astranter. Hulle noem hulleself die Comrades,
   hulle sê vir die grootmense: ...                                                     5
                                      ***
 MR GREEN. Wilson ...
 MOSIE. Ja, baas?
 MR GREEN. ... wat is dit dan met die kinders, of die comrades, wat soek
   hulle nog?
 MOSIE. Die youngsters hulle praat mos nie met ons nie …                                10
 MOSIE. Die tyd is nie meer dieselfde nie, boss. Hulle is meer advanced as
   wat ek nou is. Wat ek nou gaan staan, gaan hulle nie staan nie.
 MR GREEN. Ek kan vir jou broer werk gee, Wilson, sê hy moet my kom
   sien. Hy kan nie so rondlê en niks doen nie.
 MOSIE. Hy's nie interested nie, boss, hy sê hy wil nog leer, hy't maar altyd           15
   sy briefcase langs hom en sy papiere. Hy wil predikant word, maar sy
   skool is gesluit. Die skool sal weer oopgaan, sê hy. Hulle het ingegee,
   because why, they're ruled by the gun, maar as iemand jou met die gun
   rule jy gaan hardloop, jy gaan hardloop, jy gaan moeg word van die
   hardloop, jy gaan omdraai. As ek nou dink van my af wat nie 'n youngster             20
   is nie, ek weet wat ek voel, ek dink hulle moet dit meer voel, beter voel of
   slegter voel. Times have changed, boss.

 5.11     Lees reëls 1 tot 5.

          5.11.1     Die kinders was ongelukkig omdat hulle sekere vakke in
                     Afrikaans moes doen. Daarom het hulle in opstand gekom.
                     Gee nog EEN rede waarom die kinders ongelukkig was.                               (1)

          5.11.2     Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
                     Die manier waarop Poppie hier praat,                 wys     dat       sy
                     (moedeloos/tevrede) oor die opstande is.                                          (1)
          5.11.3     Waarom het Poppie só (soos in VRAAG 5.11.2) oor die
                     opstande gevoel?                                                                  (1)
 5.12     Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (5.12) neer.

          Die dialoog in reëls 6 tot 20 se funksie is om aan te dui dat ...

          A      Mosie baie respek vir sy werkgewer gehad het.
          B      al Poppie se broers ook betrokke by die opstande was.
          C      wit mense nie verstaan het waarom die jeug so opgetree het nie.
          D      die jeug onverantwoordelik en verkeerd was om met geweld in
                 opstand te kom.                                                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         24                                  DBE/2019
                                           SS/NSS

5.13      Mr Green wil niks met Jakkie te doen hê nie.

          Haal 'n sin uit reëls 6 tot 14 aan om aan te dui dat hierdie stelling ONWAAR
          is.                                                                                 (1)

5.14      Noem DRIE redes waarom die polisie vir Jakkie wou vang.                             (3)

5.15      Jakkie en die ander jongmense se opstandigheid kom al 'n lang pad.

          5.15.1     Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                     Dit was al tydens die staking van die werkers in die Kaap dat die
                     kinders hulle (vrees/respek) vir grootmense verloor het.                 (1)

          5.15.2     Noem TWEE dinge wat die kinders gesien het wat hulle só (soos in
                     VRAAG 5.15.1) oor grootmense laat voel het.                              (2)

5.16      Die jongmense se geweld teen die land se wette het baie verhoudings
          negatief beïnvloed.

          Gee TWEE redes uit die drama waarom 'n mens hierdie afleiding kan maak.             (2)

5.17      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

          Aan die einde van die drama besef Poppie dat sy haar kinders moet
          (toelaat/verbied) om verder teen die apartheidswette van die land te stry.          (1)

5.18      Watter les het jy uit hierdie drama geleer oor:

          5.18.1     Die tyd toe daar apartheid was                                           (1)

          5.18.2     Moederliefde                                                             (1)

5.19      Poppie se manier om die onmenslike apartheidswette te hanteer, was beter
          as Jakkie s'n.

          Noem TWEE redes waarom 'n mens kan sê dat Poppie se manier beter was.
          Konsentreer NET op Poppie se manier.                                                (2)
                                                                                              [35]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         25                                         DBE/2019
                                           SS/NSS

VRAAG 6: PALJAS – Chris Barnard

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS K

 HENDRIK: ... Stop, jy maak die battery moeg! (Hy loer onder die enjinkap
 uit. Sy moue is opgerol, sy hande swart en daar is klaar 'n swart blerts oor
 sy gesig. Hy kom om die motor na sy deur toe.) Kry nie petrol nie.
 (... Hendrik kom leun op sy vensterbank en loer deur die venster na Katrien.)
 En waar kry jy daardie goed?                                                       5
                                       ***
 HENDRIK (bars uit): Hier sukkel ek my mallemaai af om 'n kar aan die loop
 te hou, maar jy ...
 KATRIEN (nou self kwaad): 'n Kar! Watse kar? Noem jy dit 'n kar? (Die kind
 is besig om met sy drie klippe te goël. Die kar is op die agtergrond. En
 Hendrik regs. Terwyl die struweling vlam vat, klim Katrien links uit en klap       10
 haar deur toe.) Jy kan nie 'n kar se wieldoppe bekostig nie, Hendrik
 McDonald!
 HENDRIK: Katrina, oppas wat jy sê ...
 KATRIEN: Hoekom? (Die kind vang 'n klip mis en die ander twee val ook
 tussen sy hande deur.)                                                             15
                                       ***
       Sy lóóp.
       Hy klim weer onder die kar se kap in.
       Die kind is nêrens.
                                       ***
 HENDRIK (gaan staan weer in die agterdeur): Die ... goed wat jy gesê het
 vandag ... (Sy rug is na haar toe. Hy kry dit nie gevra nie. Sy sit en wag.) ...   20
 Jy't seker als gebedoel.
 KATRIEN: Seker nie als nie.
 HENDRIK: Watter het jy gebedoel?

 6.1      Wat het die rusie langs die pad tussen Hendrik en Katrien laat ontstaan?                 (1)

 6.2      Katrien se woorde oor Hendrik se kar (reëls 6 tot 12) het hom seergemaak.

          Noem nog TWEE ander dinge wat Katrien gesê het (behalwe oor die kar)
          wat vir Hendrik seergemaak het.                                                          (2)

 6.3      Gee 'n voorbeeld uit die drama dat Hendrik en Katrien se verhouding reeds
          vóór hierdie insident nie goed was nie.                                                  (1)

 6.4      Waarom het dit jou nie verras (''surprise'') dat Willem, tydens hierdie rusie,
          na Manuel toe weggeloop het nie?                                                         (1)

 6.5      Waarom was dit slim van Manuel om daardie aand vir Willem te dwing om
          huis toe te gaan?                                                                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Grade 12 NSC Afrikaans P2 (FAL) X05 2019 Preparatory Exam Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-p2-fal-x05-2019-preparatory-exam-question-paper/906cc756-3a62-49c6-ab4b-4f9bc8e7ad0f) — Afrikaans FAL · QP · 2019 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May June 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2021/34e7b7fd-bf31-4586-9e70-44ddb4b9045e) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May June 2019 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-may-june-2019-memo/0fd2b5c9-a482-4923-a61e-cd4697f21cd1) — Afrikaans FAL · Memo · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Afrikaans (FAL) P2 2019 Preparatory Examination Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-fal-p2-2019-preparatory-examination-possible-answers/c0454537-68b2-4da8-a0f2-a21657a69233) — Afrikaans FAL · Memo · 2019 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May June 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2018-memo/5bdc6331-2a66-457f-8772-f20b9b827079) — Afrikaans FAL · Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2017-memo/4d4c9c87-bf05-4564-a79c-d7c2c8e5e4d4) — Afrikaans FAL · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
