# Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2021 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2021, 46 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2021/34e7b7fd-bf31-4586-9e70-44ddb4b9045e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 46

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2021 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2021/34e7b7fd-bf31-4586-9e70-44ddb4b9045e)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC June Exam · 2021 · Afrikaans. Question paper, 46 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

                                         2021

                                                                        PUNTE: 70

                                                                         TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 46 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          2                                     DBE/2021
                                           SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.        MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die
          INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommers van
          die vrae oor die tekste wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vrae en
          kies die vrae wat jy wil beantwoord.

2.        Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:

          AFDELING A: Roman                 (35)
          AFDELING B: Drama                 (35)
          AFDELING C: Kortverhale           (35)
          AFDELING D: Gedigte               (35)

3.        Beantwoord vrae in TWEE afdelings, soos volg:

          AFDELING A: ROMAN
          Beantwoord die vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

          AFDELING B: DRAMA
          Beantwoord die vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

          AFDELING C: KORTVERHALE
          Beantwoord die vrae oor TWEE kortverhale wat jy bestudeer het.

          AFDELING D: GEDIGTE
          Beantwoord die vrae oor TWEE gedigte wat jy bestudeer het.

4.        Gebruik die kontrolelys op bladsy 4 om jou te help.

5.        Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig.

6.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

7.        Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

8.        Bestee ongeveer 60 minute aan elke afdeling.

9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2      3                        DBE/2021
                                       SS/NSS

INHOUDSOPGAWE

Kies TWEE afdelings.

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord slegs EEN vraag.
                VRAAGNOMMER                     PUNTE   BLADSYNOMMER
1.  Kringe in 'n Bos                              35          5

2.   Die Ongelooflike Avonture van Hanna         35           9
     Hoekom

3.   Meeulanders                                 35           14

4.   Lien se Lankstaanskoene                     35           18

AFDELING B: DRAMA

Beantwoord slegs EEN vraag.
5.  Poppie – Die Drama                           35           22

6.   Paljas                                      35           27

7.   Fiela se kind – Die Drama                   35           32

AFDELING C: KORTVERHALE

Beantwoord vrae oor AL TWEE kortverhale.
8.1 "Die rot in die val"                         17           37
                                    EN
8.2 "Die weldoener"                              18           39

AFDELING D: GEDIGTE

Beantwoord vrae oor AL TWEE gedigte.
9.1 "Die nuwe kind"                              17           42
                                           EN
9.2 "Boekmerk"                                   18           44

Kopiereg voorbehou                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            4                                 DBE/2021
                                             SS/NSS

KONTROLELYS

Gebruik die kontrolelys om te verseker dat jy die vereiste GETAL vrae
beantwoord.

     AFDELING              VRAAGNOMMERS                GETAL VRAE          DUI AAN
                                                      BEANTWOORD             ()
A: Roman                               1–4                 1

B: Drama                               5–7                   1

C: Kortverhale                          8             1 (2 kortverhale)

D: Gedigte                              9              1 (2 gedigte)

LET WEL: Maak seker dat jy vrae oor slegs TWEE afdelings beantwoord het.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           5                                    DBE/2021
                                            SS/NSS

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord slegs EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

VRAAG 1: KRINGE IN 'N BOS – Dalene Matthee

Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS A

Eendag sal hy nie meer woon waar dit altyd skemer is nie, hy sal soos ander mense
in die son woon . . .
  "Ek sê, jy moet nou kom!" het oom Anneries begin kwaad word. "Ek sê dit nie
weer nie!"
  "Ek bly hier, oom kan alleen dorp toe gaan."                                            5
  "Wat?"
  "Oom kan die goodfor vir MacDonald loop vra en die goed kry. Ek bly net hier."
  "Jy sal lat ék jou vandag bykom! Waar kan jy soos 'n Veltmaspadmuil staan
vassteek en sê jy gaat nie verder nie? Het jy nou bejosie geraak?"
  "Ek bly net hier."                                                                      10
  "Dit lyk my jou pa het jou nie goed genoeg bygekom nie! As ek vandag vir jou gat
'n spar vat, sal jy spyt wees! Jy't gekom tot hier en jy sal gaat tot daar al moet ek jou
hier afsléép!"
  Saul het geweet hy het die meeste uitstel uit die ou man getart en sonder 'n
verdere woord begin aanstap. Dit het gevoel of sy lyf in rieme vasgewoel was en 15
alles in hom wou uitbreek. Dieselfde magtelose koppigheid as die dag toe hy die byl
teen die kalander moes lig, het in hom opgestaan en aan die rieme geruk.
  Toe hulle kort voor kwartdag in die stil stofstraat afstap, het hy probeer om so te
loop dat sy tone nie voor by sy skoene uitpeul nie.

1.1      "Eendag sal hy nie meer woon waar dit altyd skemer is nie, hy sal soos ander
         mense in die son woon ..." (Reël 1 en 2)

         1.1.1       Na watter plek (waar dit altyd skemer is) verwys Saul hier?                 (1)

         1.1.2       Waarom is die gebruik van die ellips hier so gepas?                         (1)

1.2      Op pad Knysna toe het Saul vir die eerste keer die see gesien.

         1.2.1       Waarmee het Saul die see vergelyk?                                          (1)

         1.2.2       Wat het Saul homself belowe toe hy die see gesien het?                      (1)

1.3      "Ek bly hier, oom kan alleen dorp toe gaan." (Reël 5)

         1.3.1       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                     Met hierdie woorde het Saul weer gewys dat hy (liewer by die huis
                     wou bly om hout te kap/'n wil van sy eie gehad het).                        (1)

         1.3.2       Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.3.1 deur te verwys na die
                     insident weke tevore toe die kalander gekap moes word.                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          6                                    DBE/2021
                                           SS/NSS

1.4      "... het hy probeer om so te loop dat sy tone nie voor by sy skoene uitpeul
         nie." (Reël 18 en 19)

         1.4.1       Gee EEN woord om te beskryf hoe Saul hier gevoel het terwyl hy in
                     die dorp gestap het.                                                       (1)

         1.4.2       Verduidelik wat MacDonald gedoen het wat dieselfde gevoel (soos
                     in VRAAG 1.4.1) by Saul laat ontstaan het, toe Saul vir die eerste
                     keer saam met sy pa dorp toe is.                                           (1)

1.5      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
         letter (A–D) langs die vraagnommer (1.5) neer.

         Dis duidelik dat Saul na sy eerste besoek aan die dorp ...

         A       sy pa se optrede teenoor MacDonald op die houtwerf goedgekeur het.
         B       dadelik verstaan het hoe om besigheid op die dorp te doen.
         C       nooit weer spontaan kind kon wees nie.
         D       baie respek vir MacDonald sou hê.                                              (1)

1.6      Waarom kan ons sê dat die tweede ontmoeting met MacDonald belangrik vir
         Saul se toekoms sou wees?                                                              (1)

1.7      'n Mens kon verwag dat daar 'n finale breuk of skeuring tussen Saul en sy pa
         sou wees.

         Sê waarom hierdie stelling WAAR is.                                                    (1)

1.8      Skryf die vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer:

              Saul het MacDonald se diens verlaat om te gaan goud delf.
              Die Bosmense het Saul as 'n verraaier gebrandmerk.
              Saul het gelukkige tye by oom Abraham Steyn beleef.
              Saul se pa het hom uit die Bos weggejaag.                                        (4)

1.9      Saul kon tevrede voel dat hy genoeg gedoen het om sy familie en die ander
         Boswerkers uit die houtkopers se mag te red of te wou red.

         Motiveer die stelling deur in jou antwoord te verwys na wat Saul gedoen het.           (1)

1.10      Vergelyk Joram en MacDonald se optrede teenoor Saul. Watter ooreenkoms
          sien jy raak?                                                                         (1)

                                               EN

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2              7                                      DBE/2021
                                               SS/NSS

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS B

  …, maar Crompton se besoek het dinge tot 'n punt gedryf waar hy nie langer kon
uitstel om 'n slag opname te maak nie …
  Hy het die trog uitgesleep en skerm toe geloop.
  Beth.
  'n Wulpse, bedorwe rykmanskind wat haar onrus oor die gebrek aan hubare mans 5
nie 'n oomblik weggesteek het nie. Sy is gaaf, sy is pret en om die een of ander rede
het sy vir Saul Barnard en Peter Crompton uitgesoek as die alleenbesit van haar en
haar suster, Annabel. Daar is min danspartye waarop hulle nie saam is nie. Wanneer
die Venice of die Pictor in die hawe is, word om die beurt aan boord of in die hofsaal
op die dorp gedans. Net die room van die dorp en distrik word genooi en dat daar 10
aan die begin dikwels agter sy rug gefluister was, het hy nie betwyfel nie.
  "Strange what money can do," het Elizabeth Stewart, Jane se ma, die tweede of
derde keer dat hy saam met Beth aan boord van die Pictor gedans het, opgemerk.
Neus in die lug en op 'n moment wat sy fyn gekies het, het sy die opmerking
gemaak; so of sy wou seker maak dat hy dit hoor.                                       15
  Toe die orkes vir die volgende dans begin speel, het hy reguit na haar gestap, haar
in die oë gekyk en gevra: "Do you mind dancing with money?"

1.11     Volgens reël 1 en 2 moes Saul oor sekere dinge gaan nadink.

         Noem TWEE dinge waaroor Saul op daardie stadium moes gaan nadink.                           (2)

1.12     Wat bedoel die spreker met die volgende vetgedrukte woorde?

         "Net die room van die dorp en distrik word genooi en dat daar aan
         die begin dikwels agter sy rug gefluister was, het hy nie betwyfel nie."
         (Reël 10 en 11)                                                                             (2)

1.13     Kies die gevolg in KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf slegs
         die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.13.1 tot 1.13.4) neer.

                         KOLOM A                                    KOLOM B
         1.13.1      Kate het in die Bos kom            A   Saul se familie is van die
                     skoolhou.                              houtwerf af weggejaag.

         1.13.2      Kate se ouers was ontevrede B          Saul het besluit om vir oulaas
                     oor Saul en Kate se                    terug te gaan Bos toe.
                     saamwees in die Bos.
                                                  C         Saul en Kate kon oor hulle
         1.13.3      Saul kon nêrens 'n erf te              gevoelens met mekaar praat.
                     koop gekry het nie.
                                                  D         Saul het besluit om Knysna
         1.13.4      Maska het die nuus van klein           finaal te verlaat.
                     Joram se dood gebring.
                                                  E         Saul het sy vriende op
                                                            Swellendam gegroet.
                                                                                         (4 x 1)     (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            8                                    DBE/2021
                                             SS/NSS

1.14      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (1.14) neer.

          Aan die begin sou Saul net die Pictor verlaat en teruggaan Bos toe om …

          A        met sy broer oor die dood van sy kind te simpatiseer.
          B        vir Kate te gaan groet en te vertel dat hy sou weggaan.
          C        vir die Bosmense te wys dat hy nie 'n lafaard was nie.
          D        te keer dat Oupoot voor Terblans se koeëls moes kniel.                         (1)

1.15      Saul het voor Maska grootgeword.

          Som Saul en Maska se verhouding op.

          1.15.1      Hoe was die verhouding tussen Saul en Maska?                                (1)

          1.15.2      Gee TWEE bewyse om jou antwoord op VRAAG 1.15.1 te
                      motiveer.                                                                   (2)

1.16      Daar is 'n paar temas in hierdie roman, byvoorbeeld:

              Natuurbewaring en die uitwissing van plant- en dierelewe
              Klasseverskille in die samelewing
              'n Mens se manier om te baklei vir dinge wat jy as jou eie beskou

          1.16.1      Watter EEN van hierdie temas kom die duidelikste in hierdie
                      uittreksel na vore?                                                         (1)

          1.16.2      Hoe sluit Elizabeth Stewart se opmerking hierby aan?                        (1)

1.17      Beantwoord die volgende vrae.

          1.17.1      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                      Tydens nog 'n dansparty die volgende Saterdag het MacDonald
                      ook weer probeer om vir Saul (te verneder/aan sy kant te kry).              (1)

          1.17.2      Motiveer jou antwoord deur na die gesprek tussen die twee mans
                      daardie aand te verwys.                                                     (1)

1.18      Dink aan die volgende karakters in die roman:

               Jozef
               Beth
               Patterson

          Watter karakter, dink jy, het die grootste positiewe invloed op Saul se lewe
          gehad? Motiveer jou antwoord deur te sê WAT die karakter gedoen het en
          HOE daardie aksie Saul se lewe uiteindelik positief beïnvloed het.                      (2)
                                                                                                  [35]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          9                                    DBE/2021
                                           SS/NSS

VRAAG 2: DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM –
         Marita van der Vyver

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS C

                    'n Wese van 'n ander planeet wat die minister se lyf
oorgeneem het. Toe dog, ek maar dan kon al die ander ministers se lywe mos
ook oorgeneem word! Dan kan die hele parlement mos vol aliens wees!
   Toe ek vir Beyers vra of hy 'n storie sal lees waarin die parlement deur aliens
oorgeneem word, toe grinnik hy en sê nee, dit klink heeltemal te na aan die 5
werklikheid. En hy stap fluitend voort. In so 'n vrolike bui dat jy sou sweer sý lyf is
deur 'n alien oorgeneem.

Nou sit ek op my bed, langs 'n flikkerende kers op 'n omgekeerde boks, en
wonder waaroor ek kan dig. Ek sien niks in die kamer wat my inspireer nie. Dis 'n
baie basiese vertrek, omtrent so groot soos 'n tronksel, met 'n kaal houtvloer, twee 10
bewerige ysterkatels en vier hake waaraan 'n paar kledingstukke opgehang kan
word. Die hake sit bokant 'n klein venstertjie, sodat die hangende klere sommer
ook as gordyne kan dien. G'n plafon nie, net swaar houtbalke wat die rietdak stut.
G'n matjie of muurversiering nie. 'n Eenvoudige, koue kamer. Dis al.
   Hoe gaan daardie versie nou weer?                                                 15
   Dis die vloer,
   dis die muur,
   dis die donkerste uur.
   Dis al.
   Dis die pen in my hand,                                                           20
   dis die leë papier,
   dis die bitterste uur.
   Dis al.
Hanna Hoekom. Winter 2002.

2.1       Wat is die naam van die plek waar hierdie wintervakansie afspeel?                     (1)

2.2       Ons het Hanna leer ken met haar opinie oor haar stiefpa en haar
          biologiese pa.

          2.2.1      Wat was Hanna se opinie oor Beyers as 'n man vir Mana?                     (1)

          2.2.2      Wat het Hanna gedink van die idee dat Gavin saam met die gesin
                     haar verjaarsdag sou vier?                                                 (1)

2.3       Hierdie roman word vanuit die perspektief van die eerstepersoonverteller
          (Hanna self) gedoen.

          Waarom is dit so gepas?                                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           10                                      DBE/2021
                                             SS/NSS

2.4       "En hy stap fluitend voort. In so 'n vrolike bui dat jy sou sweer sý lyf is deur 'n
          alien oorgeneem." (Reël 6 en 7)

          2.4.1      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                     Ons kan aflei dat Beyers die vakansie (baie geniet het/gou wou
                     verbykry).                                                                     (1)

          2.4.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.4.1 deur te verwys na Beyers
                     en Mana se rede vir hierdie vakansie.                                          (1)

2.5       Lees weer Hanna se gediggie. (Reëls 16 tot 23)

          2.5.1      Gee EEN woord om die toon van Hanna se gediggie te beskryf.                    (1)

          2.5.2      Verduidelik waarom Hanna hierdie gediggie tydens hierdie vakansie
                     in hierdie toon geskryf het.                                                   (1)

2.6       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (2.6) neer.

          Hanna was nie tevrede met haar lewe nie. Dit was waarom sy ...

          A       wou hê Sharon moes saam vakansie hou.
          B       vir haar 'n alter ego, Fabienne, geskep het.
          C       so graag vir juf. Liebenberg wou beïndruk.
          D       nie 'n partytjie wou hê nie.                                                      (1)

2.7       Dink aan die gaste wat tydens die vakansie opgedaag het.

          Waarom was dit nodig vir die ontwikkeling in Hanna se lewe dat Sharon juis
          daardie vakansie besluit het om vir Hanna te gaan kuier?                                  (1)

2.8       Gavin het Hanna in hierdie roman baie verbaas.

          Sê waarom hierdie stelling WAAR is.                                                       (1)

2.9       Skryf die vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer:

                 Mana en Beyers het mekaar ontmoet toe hulle die dag met Pampoen en
                  Patat gaan stap het.
                 Mana-hulle het 'n groter huis in die Kaap gesoek.
                 Mana het 'n speel-speel-troue gehad om die familie gelukkig te hou.
                 Mana het 'n fantastiese pa vir haar kind oorsee gaan kies.                        (4)

2.10      Yann kon nie met eerlikheid sê dat hy aan die begin van die vakansie
          bygedra het om die vakansie lekker te maak nie.

          Motiveer die stelling deur te verwys na wat hy aan die begin van die vakansie
          gedoen het.                                                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         11                                      DBE/2021
                                           SS/NSS

2.11      Vergelyk Margot en Gavin se invloed op Hanna. Watter ooreenkoms sien jy
          raak?                                                                                 (1)

                                            EN

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS D

"Lyk my ou Hanna heks is toe ook betower," terg sy.
"My naam is nie Hanna Heks nie," sê ek met my neus in die lug. "Ook nie Hanna
Hoekom nie. Van nou af kan julle my Fabulous Fabienne noem."
    "So 'n bekkie moet mos botter kry," sê Gavin en drapeer sy arm oor my skouer.
    Miskien verbeel ek my. Maar ek kan sweer hy kyk met vaderlike trots na my.        5
    Dan sien hy dat Yann kop onderstebo na 'n struik staan en skop, terwyl Amos
met 'n verwese uitdrukking oor Patat se wollerige lyf vryf, en hy klap sy hande
vasberade saam.
    "Hoe gaan daardie gesegde nou weer?" vra hy terwyl die helikopter al hoe
kleiner word in die helderblou lug. "Die een van die kat wat weggaan?"                10
    "As die kat weg is," sê Amos met 'n skewe kop, "is die muis baas?"
    "O nee, dis gans te outyds!" roep Gavin kamstig geskok uit. "Ons glo mos nie
in base en klase nie! Ons wil nie 'n rewolusie stook nie, ons wil net 'n bietjie pret
hê!"
    Nou verloor Yann darem belangstelling in die struik voor sy voete. Gavin se 15
donker oë glinster, maar nie op 'n bewoë manier soos Margot s'n nie, baie meer
stuitig. Amper sê ek duiwelagtig.
    "Kom nader, kinders, dat oom Gavin vir julle die les van die dag kan leer. …"

2.12      Noem TWEE redes waarom Mana vir Hanna die naam Hanna Hoekom
          gegee het.                                                                            (2)

2.13      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
          (A–D) langs die vraagnommer (2.13) neer.

          Die rede waarom Sharon vroeër vir Hanna die bynaam Hanna Heks gegee
          het, was omdat Hanna ...

          A      tot aan die einde van die roman lelike dinge van Margot gesê het.
          B      nie haar jonger boeties en vir Yann kon verdra nie.
          C      jaloers op Sharon en Yann se vriendskap was.
          D      glad nie deur Margot beïndruk kon word nie.                                    (1)

2.14      Wat bedoel Sharon met die volgende vetgedrukte woorde?

          "Lyk my ou Hanna Heks is toe ook betower," terg sy. (Reël 1)                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          12                                      DBE/2021
                                            SS/NSS

2.15      Kies die gevolg in KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf slegs
          die letter (A–E) langs die vraagnommers (2.15.1 tot 2.15.4) neer.

                        KOLOM A                                  KOLOM B
          2.15.1     Margot het dikwels net aan    A    Almal in die huis het gedink Margot
                     haar eie gemak gedink.             was 'n heldin.

          2.15.2     Margot het ontsteld in haar   B    Margot het 'n klein rolletjie in 'n
                     kamer gaan sit ná die nuus         TV-reeks gekry.
                     dat hulle vasgekeer was.
                                                   C    Hanna het na Margot as die
          2.15.3     Mana se baba is                    koningin verwys.
                     onverwags gebore.
                                                   D    Yann en Amos het agtergebly met
          2.15.4     Sharon se pa het opgedaag          die belofte dat hulle gou weer hulle
                     om die gesin op die berg te        ma sou sien.
                     red.
                                                   E    Gavin het die geleentheid gebruik
                                                        om vir Margot te verduidelik dat sy
                                                        net haarself moes wees.
                                                                                      (4 x 1)      (4)

2.16      Margot was Yann en Amos se ma.

          Som Yann en sy ma se verhouding op.

          2.16.1      Hoe het die verhouding tussen die twee karakters deur die loop van
                      die roman verander?                                                          (1)

          2.16.2      Gee TWEE bewyse om jou antwoord op VRAAG 2.16.1 te motiveer.                 (2)

2.17      Daar is 'n paar temas in hierdie roman, byvoorbeeld:

               Aanvaarding
               Proefbuisbabas
               Homoseksualiteit

          2.17.1      Watter EEN van hierdie temas kom die duidelikste aan die einde
                      van die roman na vore?                                                       (1)

          2.17.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.17.1 deur na Hanna te verwys.               (1)

2.18      Lees reëls 12 tot 18.

          2.18.1      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                      In hierdie gedeelte sien ons hoe Gavin dit regkry om (die kinders op
                      te beur/vir die kinders idiome te leer).                                     (1)

          2.18.2      Motiveer jou antwoord deur te verwys na wat net ná hierdie
                      uittreksel gebeur het.                                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2        13                                       DBE/2021
                                          SS/NSS

2.19      Dink aan die volgende karakters of groep karakters in die roman:

              Amos en Tibo
              Sharon
              Mana

          Watter karakter of groep karakters, dink jy, het vir Hanna daardie vakansie op
          die berg die meeste geïrriteer? Motiveer jou antwoord deur te sê WAT die
          karakter(s) gedoen het en HOEKOM daardie aksie(s) vir Hanna so irriterend
          was.                                                                                      (2)
                                                                                                  [35]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         14                                      DBE/2021
                                           SS/NSS

VRAAG 3: MEEULANDERS – Esta Steyn

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS E

                                                 ... het Jannerik na sy kaptein se
gesig gekyk en gesien hoe die groot man aan't breek was.
    "Wat help dit! Hier sal in elk geval nie 'n boot kan inkom nie!"
    "Toemaar, kaptein. Dis nie ons weë nie. Die Here sal voorsien."
    "Ek hoop jou geloof is groot genoeg vir ons almal, Jannerik."                       5
    "Hy's groot, kaptein," en sy ou gesig het stilgeword in die lig van die vuur.
"Baie groot."
    Hulle is terug kombuis toe. Ryna het gebukkend by die tafel gestaan. Sy was
besig om mond-tot-mond asemhaling op die ou babatjie toe te pas. Sy't orent
gekom. Ag nee! Ag ... Here, nee!                                                        10
    Sy't die kind opgetel en hartverskeurend begin huil. Sy't na Jacob gekyk waar
hy by die deur vasgenael bly staan het en haar oë het van die ergste vertel.
"Jacob ..."
   Hy't die kind uit haar arms geneem. Hy het die kombersie van die koppie
afgetrek en wanhopig na die stil gesiggie gekyk. En sy oor teen die mondjie             15
gedruk en sy kop geskud.
    En toe het Kinnie se kind 'n skree-geluidjie in die bruin sak gegee.
    Daar was meteens 'n heilige stilte tussen die drie mense in die kombuis op
Meeuland.
   Ons het woordeloos na mekaar gekyk. Jacob en Jannerik en ek. En die een              20
het geweet wat die ander dink. Ons het kontrak geteken sonder pen of papier.

3.1       Daar is hoofsaaklik twee ruimtes waarin die verhaal aan die begin afspeel.

          In watter ruimte het Janka van kleins af tuis gevoel?                                   (1)

3.2       Ousanna het Jannerik Salamanderbaai toe laat kom.

          3.2.1      Wie op Meeuland het vir Jannerik Ousanna se boodskap gegee?                  (1)

          3.2.2      Watter nuus het Ousanna vir Jannerik gehad toe hy by haar huis
                     aangekom het?                                                                (1)

3.3       Waarom is die gebruik van die ellips in reëls 10 en 13 so gepas?                        (1)

3.4       "Ons het kontrak geteken sonder pen of papier." (Reël 21)

          3.4.1      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                     Hierdie woorde dui aan dat die drie (saamgestem het dat/getwyfel
                     het of) hulle die regte ding gedoen het.                                     (1)

          3.4.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.4.1 deur die betekenis van
                     "kontrak" en "sonder pen of papier" te verduidelik.                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          15                                      DBE/2021
                                            SS/NSS

3.5       "Wat help dit! Hier sal in elk geval nie 'n boot kan inkom nie!" (Reël 3)

          3.5.1       Gee EEN woord om die toon/manier waarop Jacob hierdie woorde
                      gesê het, te beskryf.                                                        (1)

          3.5.2       Verduidelik waarom 'n mens kan verstaan waarom Jacob daardie
                      woorde op daardie stadium só uitgespreek het.                                (1)

3.6       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (3.6) neer.

          Jacob het meer as een keer vir Elsabet gesê dat hulle kind 'n regte
          Meeulandertjie gaan wees.

          Hy was reg, want toe Janka groter was, het sy ...

          A       daarna uitgesien om skool toe te gaan.
          B       graag by Elsabet op die wal gaan kuier.
          C       'n groot liefde vir pikkewyne ontwikkel.
          D       gesukkel om met die burgerbandradio te werk.                                     (1)

3.7       Waarom was dit beter dat Fred nie moes weet dat hy Janka se biologiese pa
          was nie?                                                                                 (1)

3.8       Elsabet het vir Janka op die eiland gelos omdat sy vir Jacob wou straf.

          Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is.                                                    (1)

3.9       Skryf die vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer:

                 Janka het by Ryna in Ousanna se huisie gaan bly.                                 
                 Ryna het ontdek wie Janka se biologiese pa was.
                 Janka is raakgeskiet.
                 Janka moes wal toe gaan vir Elsabet se begrafnis.                                (4)

3.10      Jacob het nie rede gehad om skuldig te voel omdat Janka geskiet is nie.

          Motiveer die stelling deur te verwys na die gebeure daardie aand toe Janka
          seergekry het.                                                                           (1)

3.11      Vergelyk Janka en Ronnie se invloed op Ryna se lewe. Watter ooreenkoms
          sien jy raak?                                                                            (1)

                                              EN

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            16                                 DBE/2021
                                              SS/NSS

 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS F

                                   Tot Bernard het op die laaste nipper by die jaart
ingestap gekom met 'n videokamera om die koms af te neem. Hy't by die ander
jonges gaan sit.
   Hansie staan in die agterdeur en kyk na die vrolike werf. Laat dit vrolik wees
vandag, dink sy, want heidenland, daar lê gesweerd swaar tye voor vir Jacob. Sy 5
kyk na Daniel wat tog nie sy twee hande van die mooie Tamara kan afhou nie.
Sy kyk na Donovan, wat met wit tande lag wanneer Bernard hom afneem. Sy kyk
na Jannerik wat in sy kerkpak rondstaan en net oë het vir die hek. Wat gaan tog van
hom word? wonder sy. Hy's al van gister af met al sy goed op die wal, voorlopig glo
by die Bindemans. En sy kyk na Jacob wat daar eenkant by die draad staan en sy 10
oë skrefies teen die son trek. Hy moet Maandag terug eiland toe, want hy moet nog
maanduit bly vir die laaste reëlings. Ag, my kind, dink sy, Ma sal vir jou 'n bietjie roly
poly-poeding saamstuur, so by so vir die laaste.
    Sy staan nog so toe die kar in die straat toet en stadig ingery kom. Op een
manier het sy so gehoop Ryna kom ook, maar dis net die twee van hulle voor in die 15
spoggerige kar: Fred en Pikkewyntjie langs hom.

3.12       Watter TWEE dinge het almal verras toe Jacob vir Janka uit die motor tel?            (2)

3.13       Wat bedoel ant Hansie met die volgende vetgedrukte woorde?

           "... daar lê gesweerd swaar tye voor vir Jacob." (Reël 5)                            (2)

3.14       Kies die direkte gevolg in KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas.
           Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (3.14.1 tot 3.14.4) neer.

                           KOLOM A                                KOLOM B
           3.14.1     Veronica Kuiper se besoek        A   Jannerik het vir Janka in 'n
                      aan die Blanckenbergs se             bruin sak Meeuland toe
                      woning was onverwags.                geneem.

           3.14.2     Skalla het sy kennis van         B   Ryna het uitgevind wie Janka
                      Veronica Kuiper se dilemma           se biologiese pa was.
                      slim gebruik.
                                                       C   Fred moes die
           3.14.3     Ousanna het haar huisie              seegraskonsessie afteken.
                      verkoop en dit moes opgeknap
                      word.                            D   Sheila het selfdood gepleeg.

           3.14.4     Die kreefstelery naby            E   Jacob het wraak gesweer na
                      Meeuland het lelik                   Janka se ongeluk.
                      skeefgeloop.
                                                                                     (4 x 1) (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         17                                   DBE/2021
                                           SS/NSS

3.15       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
           letter (A–D) langs die vraagnommer (3.15) neer.

           Die rede waarom Ryna nie ook daar was om Janka terug te verwelkom nie,
           was omdat sy ...

           A      die dekor van Salamanderbaai se konsert moes voltooi.
           B      besluit het om Kaap toe te gaan om alleen te wees.
           C      bang was Jacob hoor sy het hulle geheim verklap.
           D      vir Attie na die lughawe in die Kaap moes neem.                              (1)

3.16       Ryna en Jacob het mekaar op Meeuland ontmoet.

           Som Ryna en Jacob se verhouding op.

           3.16.1 Hoe het die verhouding tussen die twee karakters deur die loop van
                  die roman verander?                                                          (1)

           3.16.2 Gee TWEE bewyse om jou antwoord op VRAAG 3.16.1 te motiveer.                 (2)

3.17       Daar is 'n paar temas in hierdie drama, byvoorbeeld:

               Die mens moet die natuur bewaar
               Die mens se soeke na persoonlike vervulling
               Geheime het 'n groot invloed op die mens se lewe

           3.17.1 Watter EEN van hierdie temas kom die duidelikste in die gebeure
                  rondom Janka na vore?                                                        (1)

           3.17.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.17.1 en verwys slegs na Janka
                  se geboorte.                                                                 (1)

3.18       Ant Hansie het gehoop dat Ryna ook daar sou wees as Janka huis toe kom.

           3.18.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                     Tydens die eerste ontmoeting tussen ant Hansie en Ryna kon 'n
                     mens sien dat Ryna vir ant Hansie (verstaan het/vies was oor Jacob
                     se ongeskikte houding).                                                   (1)

           3.18.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.18.1 met 'n feit uit die roman.             (1)

3.19       Dink aan die volgende karakters in die roman:

               Bernard Blanckenberg
               Skalla Blanckenberg
               Fred Blanckenberg

           Watter karakter, dink jy, het reg van die begin af die grootste negatiewe
           invloed op Janka se lewe gehad? Motiveer jou antwoord deur te sê WAT die
           karakter gedoen het en HOE daardie aksie Janka se lewe negatief
           beïnvloed het.                                                                      (2)
                                                                                                [35]
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          18                                    DBE/2021
                                            SS/NSS

VRAAG 4: LIEN SE LANKSTAANSKOENE – Derick van der Walt

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS G

                                            ... dan Lien met háár sakkie halfprice
en haar rooi sportsak. Shopping gedoen.

Weer die Volvo. Hulle kom elke middag hierlangs. Sproet met Sproetjie op die
agterste sitplek. Hy gaan haal haar seker iewers by 'n kleuterskool, vermoed Lien.
Sproet groet soos gewoonlik vriendelik, terwyl hy glimlag en stip na haar kyk.     5
  "Britney, sê vir die tannie met die lelike skoene ek gaan 'n boetie kry." Soos
gewoonlik ignoreer Lien die klein snip.
  Sproet gee weer, baie. Lien vat die geld ongemaklik.

Sy word stadig Weird Maria. Dit word 'n reis na verre bestemmings om twee maal
'n week iemand anders te word, iemand wat sy begin verstaan. Dis weird, maar 10
sy begin van Weird Maria hou. Sy is anders as die karakter, maar hulle voel nogal
dieselfde oor goed. Sy wonder ook soos Maria oor dinge en wat dit alles nou
eintlik beteken.
  Sy stap ingedagte hysbak toe nadat Joe haar voor die woonstel afgelaai het.
  Haar ma sit met die oorfone en 'n koffiebeker op die sitkamermat. Sy skud haar 15
kop heen en weer op maat van die musiek. Haar oë is toe en haar gesig is effens
rooi.
  'n Yskoue hand klou aan Lien se hart. Sy bly by die deur staan en hou haar ma
dop. Haar ma se oë is toe. Lien stap stadig nader, haar oë vasgenael op die
koffiebeker. ... Dis DIT!                                                         20

4.1       Gee die naam van die stad waar hierdie roman afspeel.                                  (1)

4.2       Lien het nie dadelik begin bedel om geld te verdien nie.

          4.2.1      Wie (gee die naam) het vir Lien gehelp om die werk by tant Malie te
                     kry?                                                                        (1)

          4.2.2      Hoekom wou Lien later nie meer by tant Malie werk nie?                      (1)

4.3       Waarom is die gebruik van Engelse woorde in hierdie uittreksel en in die res
          van die roman gepas?                                                                   (1)

4.4       "Dis DIT!" (Reël 20)

          4.4.1      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                     Lien se reaksie toe sy haar ma sien, het vir ons gewys dat sy (vrede
                     gemaak het met /teleurgesteld was oor) wat sy daar in die sitkamer
                     gesien het.                                                                 (1)

          4.4.2      Verduidelik waarom Lien so gereageer het.                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         19                                     DBE/2021
                                           SS/NSS

4.5       "Sproet gee weer, baie." (Reël 8)

          Dit was nie die laaste keer dat Sproet vir Lien baie geld aangebied het nie.

          4.5.1      Gee EEN woord om te beskryf hoe Lien die laaste keer gevoel het
                     toe Sproet ook vir haar baie geld aangebied het.                            (1)

          4.5.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.5.1 deur te verduidelik wat
                     Sproet se doel was toe hy vir Lien die geld aangebied het.                  (1)

4.6       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (4.6) neer.

          Dis duidelik dat Lien gesukkel het om haar omstandighede te aanvaar. Dis
          waarom sy een middag ...

          A       met Kuifie gaan gesels het oor haar ma se drankprobleem.
          B       verskonings gesoek het om nie by Miemie te gaan kuier nie.
          C       vir die oudisie by die skool opgedaag het.
          D       'n bus na haar ou adres gehaal het.                                            (1)

4.7       Lien het nie met die leerders by die skool gemeng nie.

          Waarom was dit dan goed dat sy en Sally Swanepoel gedurende 'n pouse
          mekaar in die badkamer raakgeloop het?
          (Wenk: Konsentreer op Sally se woorde.)                                                (1)

4.8       Lien se doel met die ekstra werk wat sy gedoen het was net om geld te
          verdien om die huis te verlaat.

          Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is.                                                  (1)

4.9       Skryf die vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer:

                 Lien se ma is vir winkeldiefstal gevang.
                 Tibbey en Roos het vir Lien geleer hoe om op straat as bedelaar te
                  oorleef.
                 Lien het 'n pruik en 'n brilletjie in die rekwisietekamer gekry.
                 Lien se dronk ma het vir haar en Braam by die skoolhek in die skande
                  gesteek.                                                                       (4)

4.10      Braam kon nie met eerlikheid sê dat hy vir Lien ondersteun het gedurende die
          twee jaar dat hulle so swaargekry het nie.

          Motiveer die stelling deur na wat Braam gedurende daardie twee jaar
          gedoen/nie gedoen het nie, te verwys.                                                  (1)

4.11      Vergelyk tannie Bets se rol in Lien se lewe met Lien se rol in Tibbey se lewe
          ná sy ongeluk. Watter ooreenkoms sien jy raak?                                         (1)

                                              EN
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          20                                    DBE/2021
                                            SS/NSS

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS H

Die gordyn gaan oop en die gehoor begin klap. Die saal se ligte verdoof. Lien
word hoendervleis. Sy wil op hierdie oomblik nêrens anders wees nie.
  Hoewel daar hier en daar iets kleins verkeerd loop, soos Christiaan wat sy
woorde vergeet en Miemie wat onbepland 'n paar dramatiese veë reg voor die
gehoor vee met haar besem wat iewers die veestuk verloor het, verloop hulle 5
eerste regte optrede vlot. Toe die gordyn vir die laaste keer sak en die gehoor
hande klap, is juffrou Breytenbach in ekstase. Sy kan nie 'n woord uitkry nie, maar
haar gesig gloei. Die akteurs wens mekaar geluk en doen 'n paar high fives. Lien
voel of sy vlieg. Is dit die hemel?
  Nadat sy Weird Maria se klere uitgetrek het, staan sy nog 'n rukkie alleen op die 10
verhoog. Sy loer deur die skrefie van die gordyn. Die Verbruikerstudieleerders het
uitgehang. Die kos lyk stunning en die saal lyk glad nie soos die saal waar hulle
Maandagoggende verveeld in rye na ou Uil moet luister nie.
  Die gaste staan in groepies rond met glasies wyn en borde eetgoed. Mathilda
Hanekom speel hysbakmusiek op die Steinway reg voor die verhoog. Die saal se 15
hoofligte is af en kerse staan orals op die tafels. Juffrou Breytenbach, die geurtjie
van die oomblik, dartel met 'n glasie wyn in die hand van groepie tot groepie ...

4.12      Noem TWEE besluite wat Lien ná hierdie opvoering oor die res van haar
          matriekjaar en haar lewe verder geneem het.                                            (2)

4.13      Wat bedoel die spreker met die volgende vetgedrukte woorde?

          "Lien voel of sy vlieg. Is dit die hemel?" (Reël 8 en 9).                              (2)

4.14      Kies die gevolg in KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (4.14.1 tot 4.14.4) neer.

                          KOLOM A                                  KOLOM B
          4.14.1     Tibbey het die gebruik van sy     A    Lien het besef dat Braam ook
                     bene verloor.                          sukkel om hul omstandighede
                                                            te verwerk.
          4.14.2     Lien het baie geld verdien deur
                     te bedel.                         B    Kuifie het agtergekom hoe Lien
                                                            haar geld verdien.
          4.14.3     Lien se pruik het afgewaai.
                                                       C    Lien het besef dat sy op Hein
          4.14.4     Lien het die video gesien              kon staatmaak.
                     waarin haar pa se vonnis
                     aangekondig is.                   D    Lien kon nie Donovan se
                                                            aanbod aanvaar om weer vir
                                                            hulle te gaan werk nie.

                                                       E    Lien en Miemie het goeie
                                                            vriende geword.
                                                                                       (4 x 1)   (4)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            21                                       DBE/2021
                                              SS/NSS

4.15      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (4.15) neer.

          Uiteindelik het Lien tog ingestem om weer vir Donovan en Dirkie te gaan werk
          omdat ...

          A        hulle vir Sue-Ellen gevra het om te gaan.
          B        die kerk sou help om Lien-hulle se uitgawes te dek.
          C        Braam sportklere en 'n haarsny dringend nodig gehad het.
          D        Lien die geld nodig gehad het om vir Tibbey se karretjie te betaal.              (1)

4.16      Lien en Wouter het mekaar by hulle nuwe skool ontmoet.

          Som Lien en Wouter se verhouding aan die begin van die roman op.

          4.16.1      Hoe was die verhouding tussen die twee karakters aan die begin
                      van die roman?                                                                (1)

          4.16.2      Gee TWEE bewyse om jou antwoord op VRAAG 4.16.1 te motiveer.                  (2)

4.17      Daar is 'n paar temas in hierdie roman, byvoorbeeld:

               Verlies
               Geld
               Oorwinning

          4.17.1      Watter EEN van hierdie temas kom die duidelikste in hierdie
                      uittreksel en voorlaaste hoofstuk na vore?                                    (1)

          4.17.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.17.1 en konsentreer op Lien.                 (1)

4.18      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

          4.18.1      Tydens hierdie konsert sien ons dat Lien besluit het om (van haar
                      ou lewe as bedelaar te vergeet/nie skaam vir haar ou lewe as
                      bedelaar te wees nie).                                                        (1)

          4.18.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.18 1 deur net na die gebeure
                      rondom die konsert te verwys.                                                 (1)

4.19      Dink aan die volgende karakters in die verhaal:

               Lien se pa
               Kuifie
               Tant Malie

          Watter karakter, dink jy, het van die begin van die roman af die grootste
          negatiewe invloed op Lien se lewe gehad? Motiveer jou antwoord deur te sê
          WAT die karakter gedoen het en HOE daardie aksie Lien se lewe negatief
          beïnvloed het.                                                                             (2)
                                                                                                    [35]

                                                                   TOTAAL AFDELING A:               35

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2        22                                     DBE/2021
                                          SS/NSS

AFDELING B: DRAMA

Beantwoord slegs EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

VRAAG 5: POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS I

POPPIE. Dan moet Katie uit die skool uit bly en my bybie oppas, Mama. Soos ek
Mama se bybie opgepas het.
HOEDJIE. Poppie het "sleep-in" werk by 'n kwekery gekry. Die vrou het nie veel
betaal nie, ses pond in die maand. Die werk was swaar. Daar was nege mense in die
huis, die man en die vrou en die vrou se suster en haar baba en nog vyf kinders.         5
POPPIE. Sondagmiddae en Donderdagmiddae het ek afgegaan. Maar Constansie is
so ver, as ek in die lokasie kom, is die son al mooi onder. Net 'n halfuurtjie, dan moet
ons loop.

Poppie kom by die kamer in. Mama kook kos, die ander sit om haar. Katie speel met
Bonsile op die vloer. Poppie tel die kind op, sit die sak neer wat sy gedra het.  10

MAMA (roep by kombuisdeur). Skoonseun! (Draai om na Poppie.) Hy wag al vir jou
vandat hy uit die werk gekom het.
POPPIE. Het hy dan werk gekry? Hoe hy ook al sukkel, hy kan mos g'n permit kry
nie.
   (Stone kom binne, Poppie gaan staan by hom. Mama skink tee.) Waar is Mosie,      15
   Mama?
MAMA. Hy sing vanaand. Die kerk-group het hom kom vra om te sing.
POPPIE (ken nie die gevoel wat in haar hart kom nie). Sê vir hom hy kan vir my part
ook sing.
MAMA. Hauk! Wat het jy dan nou teen Mosie?                                          20

5.1       Gee die naam van die plek in die Kaap waar hierdie uittreksel afspeel.                (1)

5.2       "POPPIE. Dan moet Katie uit die skool uit bly en my bybie oppas, Mama.
          Soos ek Mama se bybie opgepas het." (Reël 1 en 2)

          5.2.1      Sê waarom Poppie Mama se baba moes oppas.                                  (1)

          5.2.2      Hoe weet ons dat Poppie daardie tyd daarna verlang het om skool
                     toe te gaan?                                                               (1)

5.3       "Poppie kom by die kamer in. Mama kook kos, die ander sit om haar. Katie
          speel met Bonsile op die vloer." (Reël 9 en 10)

          Waarom is hierdie toneelaanwysing so gepas? Konsentreer in jou antwoord
          op die gevoel wat hierdie toneelaanwysing oordra.                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          23                                     DBE/2021
                                            SS/NSS

5.4       "Het hy dan werk gekry?" (Reël 13)

          5.4.1       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                      Uit hierdie vraag van Poppie lei ons af dat Poppie
                      (verbaas/ontevrede) was om te hoor dat Stone werk gekry het.                (1)

          5.4.2       Verduidelik waarom Poppie só, op die nuus dat Stone werk gekry
                      het, gereageer het.                                                         (1)

5.5       "Sê vir hom hy kan vir my part ook sing." (Reël 18 en 19)

          5.5.1       Gee EEN woord om die toon/manier waarop Poppie hierdie woorde
                      gesê het, te beskryf.                                                       (1)

          5.5.2       Verduidelik waarom Poppie hierdie woorde op só 'n manier gesê
                      het.                                                                        (1)

5.6       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (5.6) neer.

          Dis duidelik dat Stone nie kon kies watter soort werk hy in die Kaap wou doen
          nie. Dit was waarom hy …

          A       die kontrakwerk by die melkery aanvaar het.
          B       besluit het om by Mama en Mbatane te kom woon.
          C       saam met Poppie per bus na Constansie toe gery het.
          D       niks gesê het as Poppie 'n halfuur na haar tuiskoms weer moes
                  loop nie.                                                                       (1)

5.7       Waarom was dit nodig dat Poppie elke keer "extension" (uitstel) moes gaan
          vra om in die Kaap te kon bly en werk?                                                  (1)

5.8       Sê waarom die volgende stelling WAAR is.

          Dit was nie goed vir die kinders om die "strike" (staking) van 1960 te sien nie.        (1)

5.9       Skryf die vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer:

                 Poppie en Stone moes "damage-geld" betaal.
                 Die "strike" was verby.
                 Poppie moes kies waar in die Ciskei sy wou gaan woon.
                 Stone is vir die eerste keer in die hospitaal opgeneem.                         (4)

5.10      Poppie kon tevrede voel dat sy genoeg vir haar kinders gedoen het terwyl
          haar man nog geleef het.

          Motiveer die stelling deur te verwys na wat Poppie gedoen het.                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans FAL P3 May June 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-may-june-2021/7956e528-b384-4024-8906-740a6a98a70e) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2021/da02e74c-b98c-4a0b-ad99-7fee322675fd) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May June 2019 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2019-memo/28a2ecdb-7ac4-4b54-bb43-f4f5692a41ac) — Afrikaans FAL · Memo · 2019 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May June 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2018-memo/5bdc6331-2a66-457f-8772-f20b9b827079) — Afrikaans FAL · Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2017-memo/4d4c9c87-bf05-4564-a79c-d7c2c8e5e4d4) — Afrikaans FAL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May June 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2016-memo/fec783b3-523c-4938-a821-ce695c069ffb) — Afrikaans FAL · Memo · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
