# Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2022 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the NSC June 2022, 41 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2022/f9577f6c-1445-4aca-91cc-19411cb3d2f1
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: NSC June
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 41

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2022/f9577f6c-1445-4aca-91cc-19411cb3d2f1)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC June · 2022 · Afrikaans. Question paper, 41 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

                                        2022

                                                                       PUNTE: 70

                                                                    TYD: 2½ uur

                       Hierdie vraestel bestaan uit 41 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          2                                     DBE/2022
                                           SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.        MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die
          INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommers van
          die vrae oor die tekste wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vrae en
          kies die vrae wat jy wil beantwoord.

2.        Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:

          AFDELING A: Roman                 (35)
          AFDELING B: Drama                 (35)
          AFDELING C: Kortverhale           (35)
          AFDELING D: Gedigte               (35)

3.        Beantwoord vrae in TWEE afdelings, soos volg:

          AFDELING A: ROMAN
          Beantwoord die vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

          AFDELING B: DRAMA
          Beantwoord die vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

          AFDELING C: KORTVERHALE
          Beantwoord die vrae oor TWEE kortverhale wat jy bestudeer het.

          AFDELING D: GEDIGTE
          Beantwoord die vrae oor TWEE gedigte wat jy bestudeer het.

4.        Gebruik die kontrolelys op bladsy 4 om jou te help.

5.        Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig.

6.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

7.        Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

8.        Bestee ongeveer 75 minute aan elke afdeling.

9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2      3                           DBE/2022
                                       SS/NSS

INHOUDSOPGAWE

Kies TWEE afdelings.

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord slegs EEN vraag.
                 VRAAGNOMMER                       PUNTE   BLADSYNOMMER
1.  Kringe in 'n Bos                                 35          5

2.    Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom    35            9

3.    Meeulanders                                   35           13

4.    Lien se Lankstaanskoene                       35           17

AFDELING B: DRAMA

Beantwoord slegs EEN vraag.
5.  Poppie – Die Drama                              35           21

6.    Paljas                                        35           25

7.    Fiela se kind – Die Drama                     35           29

AFDELING C: KORTVERHALE

Beantwoord vrae oor AL TWEE kortverhale.
8.1  "Veertig sinkplate teen die suidewind"         18           33
                                          EN
8.2  "Roep van die vleikuiken"                      17           35

AFDELING D: GEDIGTE

Beantwoord vrae oor AL TWEE gedigte.
9.1  "By die robot in Eerstelaan"                   17           37
                                        EN
9.2    "Pryslied"                                   18           40

Kopiereg voorbehou                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            4                                 DBE/2022
                                             SS/NSS

KONTROLELYS

Gebruik die kontrolelys om te verseker dat jy die vereiste getal vrae beantwoord.

     AFDELING             VRAAGNOMMERS                 GETAL VRAE         DUI AAN
                                                      BEANTWOORD            ()
A: Roman                               1–4                 1

B: Drama                               5–7                   1

C: Kortverhale                          8             1 (2 kortverhale)

D: Gedigte                              9              1 (2 gedigte)

LET WEL: Maak seker dat jy vrae oor slegs TWEE afdelings beantwoord het.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          5                                   DBE/2022
                                           SS/NSS

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord slegs EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het

VRAAG 1: KRINGE IN 'N BOS – Dalene Matthee

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS A

  Het hulle koeëls gekry? Elke keer as hy bergkant toe gekyk het, het hy probeer raai
in watter kloof die skerm staan en waar die olifante skuil.
  En die hele tyd het die vernedering om weggejaag te wees soos 'n tweede
skaduwee met hom saamgeloop. Hulle bosmense is geheg aan mekaar, afhanklik van
mekaar. Hulle keer vir mekaar. Goed, hy kon vir sy pa gevra het om hom nog 'n kans 5
te gee; dis waarvoor sy pa die volgende dag gewag het. Hy weet. Maar hy het ook
geweet dat dit net uitstel sou wees; daar sou elke keer 'n volgende keer wees dat hy
weer nie die wrewel sou kon inhou nie. Dit het gevoel of sy voete moet loop. Weg. Hy
het dit oorweeg om uit te vind in watter rigting 'n mens moet loop om by die diamante
uit te kom ... Lange Kloof se kant toe oor die berg? Dit was sommer dink uit 10
benoudheid. Hy het geweet waarheen hy moes gaan, sy hande het immers hout
geken ...
  "Nou wil jy skielik werk hê! Wie sê vir jou ek het iemand nodig?"
  "Ek het maar gekom omdat mister MacDonald eendag gesê het."
  "Dink jy ek het nog al die tyd vir jou gewag? Of het julle werklik so min verstand as 15
wat hulle sê julle het?"

1.1       Waaroor het Saul van sy pa verskil wat Saul laat besluit het om die Bos te
          verlaat?                                                                             (1)

1.2       Gee TWEE redes waarom MacDonald nie vir Saul betaal het toe die ander
          werkers betaal is nie.                                                               (2)

1.3       Wat het Saul die dag toe sy pa-hulle hout gebring het, op hulle wa gesien wat
          hom ontstel het?                                                                     (1)

1.4       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (AD) langs die vraagnommer (1.4) neer.

          "Dit het gevoel of sy voete moet loop." (Reël 8)

          Hierdie optrede van Saul wys dat hy ... was.

          A    opstandig
          B    ondankbaar
          C    verward
          D    ongemaklik                                                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           6                                     DBE/2022
                                            SS/NSS

1.5       Saul het gesien hoe MacDonald sy pa, Joram, verneder het.

          Sê hoe Saul vóór hierdie insident oor sy pa gevoel het en hoe Saul se
          houding teenoor sy pa ná hierdie insident verander het.                                 (2)

1.6       In enige roman is daar gebeure en gevolge.

          Kies die gevolg in KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.6.1 tot 1.6.4) neer.

                          KOLOM A                               KOLOM B
          1.6.1      Saul het Patterson in        A   Saul het besluit om nie meer met
                     opdrag van MacDonald Bos         die Pictor weg te gaan nie.
                     toe gevat.
                                                 B    Saul is in die sosiale kringe van
          1.6.2      Saul se broers kon nie meer      Knysna aanvaar.
                     hout aan MacDonald
                     verkoop nie.                C    Saul het oor Kate teen MacDonald
                                                      in opstand gekom.
          1.6.3      Saul het vriende geraak met
                     James Stewart.              D    Saul het besluit om Swellendam
                                                      toe te gaan vir ander geleenthede.
          1.6.4      Saul het ná Oupoot se dood
                     nuwe beloftes gekry.         E   Saul het die geleentheid gekry om
                                                      goud te kon delf.
                                                                                  (4 x 1)         (4)

1.7       Watter TWEE karakters het saamgestem dat Saul 'n pan gesteel het om ryk
          te kon word?                                                                            (2)

1.8       "Of het julle werklik so min verstand as wat hulle sê julle het?" (Reël 15 en 16)

          Verduidelik hoekom Saul ongelukkig oor hierdie woorde van MacDonald
          kon wees.                                                                               (1)

1.9       MacDonald wou nie hê sy dogter moes met Saul vriende wees nie en die
          mense van Knysna het die boswerkers vermy.

          Waarom is hierdie kwessie vandag steeds relevant?                                       (1)

1.10      Was Saul 'n goeie rolmodel vir sy jonger familielede? Motiveer jou antwoord
          deur na Saul se keuses oor sy toekoms te verwys.                                        (1)

1.11      Wat, dink jy, is Kate se mooiste eienskap in haar vriendskap met Saul voordat
          haar pa haar Kaap toe gestuur het? Gee 'n rede vir jou antwoord.                        (2)

                                             EN

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           7                                   DBE/2022
                                            SS/NSS

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS B

  Kate MacDonald. Onmoontlik, maar dit was sonder twyfel sy. Die weerbarstige kind
was skielik groot en het met die grootste selfversekerdheid langs die wa in die modder
gestaan. Hy het geweet dat sy sou mooi wees as sy groot is, maar nie gedink só mooi
nie. Toe hy haar die laaste keer gesien het, was sy amper vyftien ... sy moet dus nou
twee-en-twintig wees.                                                                  5
  Hy kon nie besluit of hy moet nader stap en haar verras, of wag totdat sy hom herken
nie. Aan die ander kant, hy skuld Kate MacDonald niks en sy skuld hom niks; as sy
teenwoordigheid haar dalk in die verleentheid stel, moet sy so gou as moontlik
agterkom dat Saul Barnard verkies om op sy plek te bly. Veral waar dit die MacDonalds
aangaan. Die beste sou dus wees om háár te verras.                                     10
  Hy het stadig opgestaan en nader geloop. "Kate MacDonald!" Hy het dit nie té verras
laat klink nie.
  Die verbasing op haar gesig toe sy omdraai, was oop en eerlik en haar mond het
sonder 'n woord oopgeval.
  "Dag, Kate."                                                                         15
  "Wel! Ek het gehoor dat Charles Dickens wraak geneem het; hulle het my egter nie
gesê hoe deeglik nie." "Hallo, Saul."

1.12      Vertel hoe Saul Barnard nou ná ses jaar van gouddelwery in Knysna
          behandel is. Gee TWEE feite.                                                          (2)

1.13      Wat het Kate nou na jare hier in die Bos kom doen?                                    (1)

1.14      Uit hulle gesprek op pad Meulbos toe was dit duidelik dat Saul en Kate nie
          dieselfde oor dinge gedink het nie.

          Noem TWEE van hierdie dinge waaroor hulle verskil het.                                (2)

1.15      "... Saul Barnard verkies om op sy plek te bly." (Reël 9)

          Hoe het Saul op hierdie stadium gevoel oor wat jare gelede gebeur het toe hy
          by MacDonald gewerk het? Motiveer jou antwoord.                                       (2)

1.16      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (1.16) neer.

          "Ek het gehoor dat Charles Dickens wraak geneem het; hulle het my egter nie
          gesê hoe deeglik nie." (Reël 16 en 17)

          Hierdie woorde van Kate suggereer dat sy ...

          A    Saul kwalik geneem het omdat hy weggegaan het.
          B    nie respek het vir die persoon wat Saul geword het nie.
          C    Saul steeds gesien het as iemand met wie sy kon grappe maak.
          D    nog altyd belanggestel het in Saul en wat hy in sy lewe gedoen het.              (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          8                                      DBE/2022
                                           SS/NSS

1.17      Daar was spanning tussen Saul en Kate in die roman.

          1.17.1      Wie, behalwe Saul en Kate self, sou die spanning kon verlig?              (1)

          1.17.2      Hoe sou hy/sy dit kon doen?                                               (1)

1.18      Beantwoord die volgende vrae.

          1.18.1      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs
                      die vraagnommer (1.18.1) en die antwoord neer.

                      Die tema van hierdie roman is (die ontwikkeling van die
                      houtkappers se omstandighede/die bewaring van die natuur).                (1)

          1.18.2      Hoe sal hierdie tema jou lewe in die toekoms beïnvloed?                   (1)

          1.18.3      Wat kon gebeur het as die Bosmense eerder hulle eie
                      houtbesighede begin het en nie al die hout aan houtkopers
                      verkoop het nie?                                                          (1)

1.19      Dink aan Jozef en Saul se verhouding.

          1.19.1      Wanneer, dink jy, het die positiewe verandering in Jozef se
                      houding teenoor Saul plaasgevind?                                         (1)

          1.19.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.19.1.             Die    positiewe
                      verandering in Jozef moet duidelik uitkom.                                (1)

1.20      Watter insident in die roman het jou ontstel? Konsentreer slegs op 'n insident
          in die Bos en motiveer jou antwoord.                                                  (2)
                                                                                                [35]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         9                                   DBE/2022
                                          SS/NSS

VRAAG 2: DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM –
         Marita van der Vyver

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS C

  Mamma was 'n onbekende woord, want Mana het haarself nooit só genoem nie.
En pappa was nie net 'n onbekende woord nie, dit was heeltemal 'n onbekende begrip.
Toe ek tien maande oud was, het Gavin lankal nie meer saam met ons gewoon nie.
Nee, hulle is nie kwaad uitmekaar nie, hulle het vooraf besluit sy sou my alleen
grootmaak. Gavin sou nie babakots op sy modieuse klere kon hanteer nie.              5
  As jy my vra (nie dat iemand my al ooit gevra het nie), was my eerste woord 'n gil
van woede. Hoekom kan ek nie maar 'n normale baba met 'n normale ma en 'n
normale pa wees nie?
  En nou is ek vasgekeer op 'n berg waar ek oor tien dae my vyftiende verjaardag
moet vier, saam met my abnormale ma, my ingewikkelde gesin, my beste vriendin – 10
wait for this – my pa met die peroksiedhare. Ek was vreeslik dankbaar toe Sharon vra
of sy nie ook so 'n stukkie van hierdie vreemde wittebrood saam met my kan kom hou
nie. (Sy dink mos my gesinslewe is opwindend. Ná 'n paar dae saam met ons op die
berg sal sy beslis anders dink.) En ek was vieslik ondankbaar toe Gavin uit
Johannesburg laat weet hy wil óók my verjaarsdag saam met my kom vier.               15

2.1       Wat het Mana anders as enige ander ma gemaak? Dink net aan wat sy
          gesê het.                                                                           (1)

2.2       Dink aan Mana en Gavin se troue.

          Gee TWEE redes waarom Hanna gedink het dat sy nie 'n normale pa gehad
          het nie.                                                                            (2)

2.3       Watter naam het Hanna vir haarself in haar verbeelding uitgedink?                   (1)

2.4       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (AD) langs die vraagnommer (2.4) neer.

          "As jy my vra (nie dat iemand my al ooit gevra het nie), was my eerste woord
          'n gil van woede." (Reël 6 en 7)

          Hierdie woorde van Hanna wys dat sy ... was.

          A    geïrriteerd
          B    ondankbaar
          C    bang
          D    onsensitief                                                                    (1)

2.5       "Ek was vreeslik dankbaar toe Sharon vra of sy nie ook so 'n stukkie van
          hierdie vreemde wittebrood saam met my kan kom hou nie." (Reël 11 en 12)

          Verduidelik hoekom Hanna opgewonde was omdat Sharon kon saamkom.                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            10                                    DBE/2022
                                              SS/NSS

2.6       Gavin het Hanna se vyftiende verjaarsdag saam met hulle gevier.

          Sê hoe Hanna vóór hierdie verjaarsdag oor Gavin gevoel het en hoe Hanna
          se houding teenoor haar pa ná dié verjaarsdag verander het.                              (2)

2.7       In enige roman is daar gebeure en gevolge.

          Kies die gevolg in KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (2.7.1 tot 2.7.4) neer.

                         KOLOM A                                  KOLOM B
         2.7.1       Mana het besluit om 'n            A   Hanna se droom oor Yann wat
                     tweede kind te hê.                    Jan was, het verdwyn.

         2.7.2       Sharon het vir die vakansie       B   Ongewone kuiergaste het
                     by Hanna-hulle kom kuier.             mekaar beter leer ken.

         2.7.3       Daar was 'n storm op die          C   Die proefbuisbaba, Tibo, is
                     berg.                                 gebore.

         2.7.4       Hanna het aan die einde           D   Die verhaal oor die tandarts en
                     van die vakansie haar                 sy gesin is vertel.
                     verhaal geskryf.
                                                       E   Die koningin het erkenning
                                                           gekry.
                                                                                     (4 x 1)       (4)

2.8       Watter TWEE karakters het die idee van 'n gesamentlike wittebrood beplan?                (2)

2.9       In haar verbeelding het Hanna 'n gewone ma gehad wat in tuine belanggestel
          het en 'n pa met 'n gewone werk.

          Waarom is hierdie kwessie steeds vandag relevant?                                        (1)

2.10      Was Gavin 'n goeie rolmodel vir Hanna? Motiveer jou antwoord deur te dink
          aan hulle tyd op die berg.                                                               (1)

2.11      Wat, dink jy, is Sharon se mooiste eienskap in haar vriendskap met Hanna?
          Gee 'n rede vir jou antwoord.                                                            (2)

                                                EN

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2        11                                    DBE/2022
                                          SS/NSS

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS D

   Vyf minute later staan ons almal voor die huis. Margot in haar glimmende
lemmetjiegroen sportpak (wat Gavin net sy kop stadig laat skud) en haar pienk-en-
silwer drafskoene. Tibo en Amos elk bewapen met 'n stok wat twee keer langer as
hulle is. Yann bewapen met sy Walkman en sy oorfone. Sharon bewapen met 'n
geïrriteerde frons.                                                                     5
   "Dis heel waarskynlik my laaste dag hier," sug sy. "En jou simpel stiefbroer verkies
om musiek te luister eerder as om met my te gesels!"
   Dis hoe hy is, wil ek sê. Ek hét haar probeer waarsku, het ek nie? Maar op hierdie
oomblik hoor ons 'n vreemde dreungeluid wat ons verward na mekaar laat kyk. Vir een
aaklige oomblik dink ek dis die gerammel van donderweer, maar dan onthou ek daar's 10
nie 'n wolk in die lug nie. Wat daar wel in die lug is, sien ek toe ek saam met die res
van die geselskap opkyk, is die swart spikkel van 'n helikopter wat laag oor die berg
aangevlieg kom.
   "Hier's ons kans om gered te word!" Beyers pluk die oorfone van Yann se kop af en
gryp die lang stok uit Amos se hand. "Yann, gaan kry 'n rooi lap in die huis, enigiets 15
rooi! Maak gou!"

2.12      Vertel van Hanna se negatiewe gedagtes oor Margot. Gee TWEE feite.                   (2)

2.13      By TWEE geleenthede in die roman het Margot vir Hanna verkeerd bewys.

          Noem hierdie geleenthede.                                                            (2)

2.14      Waar het Margot die afgelope paar jaar gebly?                                        (1)

2.15      Hoe het Margot gevoel oor die helikopter wat hulle kom red het? Motiveer
          jou antwoord.                                                                        (2)

2.16      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (2.16) neer.

          "En jou simpel stiefbroer verkies om musiek te luister eerder as om met my te
          gesels!" (Reël 6 en 7)

          Hierdie woorde suggereer dat Sharon ...

          A    bly was dat hy eerder musiek geluister het as om kwaad te wees.
          B    van Yann gehou het en graag tyd saam met hom wou deurbring.
          C    musiek gehaat het en bly was sy hoef nie daarna te luister nie.
          D    kwaad was vir Hanna oor haar simpel broer se optrede.                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         12                                    DBE/2022
                                           SS/NSS

2.17      Daar was op 'n stadium spanning tussen Hanna aan die een kant en Tibo en
          Amos aan die ander kant.

          2.17.1      Wie van hulle sou die regte persoon/persone gewees het om dié
                      spanning te verlig?                                                       (1)

          2.17.2      Hoe sou sy/hulle dit kon doen?                                            (1)

2.18      Beantwoord die volgende vrae.

          2.18.1      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs
                      die vraagnommer (2.18.1) en die antwoord neer.

                      Die tema van hierdie roman is (die moderne gesin se
                      verhoudinge/die swak verhoudinge tussen ouers en kinders).                (1)

          2.18.2      Hoe sal hierdie tema jou lewe in die toekoms beïnvloed?                   (1)

          2.18.3      Wat sou gebeur het as Margot voor hierdie vakansie harder
                      gewerk het aan haar verhouding met Yann?                                  (1)

2.19      Dink aan die gesin se tyd op die berg.

          2.19.1      Wanneer, dink jy, het die positiewe verandering in die kinders se
                      houding teenoor die vakansieplek op Botterberg begin?                     (1)

          2.19.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.19.1.             Die    positiewe
                      verandering in die kinders moet duidelik uitkom.                          (1)

2.20      Watter insident aan die einde van die roman het jou laat lag? Konsentreer op
          die tyd ná die geboorte van die baba en motiveer jou antwoord.                        (2)
                                                                                                [35]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         13                                     DBE/2022
                                           SS/NSS

VRAAG 3: MEEULANDERS – Esta Steyn

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS E

  Hansie raak al hoe meer verleë en probeer red wat te redde is: "Duiker, ek sal kyk
wat ek kan saamstuur. Sê vir Twilight ek het nog vier baadjietjies klaar. Ek stuur dit
môre saam. Pienketjies. Mens moet darem iets pienks hê. Nou goed dan, Duiker, hoor.
Oor en uit!"
  Hansie sit die mikrofoon neer voordat die stem nog iets kan kwytraak. Sy kyk skaam 5
na Ryna, duidelik ontsteld oor Jacob se tirade. "Ag, juffrou," probeer sy verduidelik, "dis
nou seker maar 'n misverstand. Jy weet, dinge op Meeuland is maar moeilik. Jacob se
assistent, wat met die onderhoud van die geboue gehelp het, is al maande lank weg.
En sy ou vroutjie is in die ander tyd. Hulle eerstetjie. Maar hy sal wel weer bedaar.
Heidenland, juffrou. Jy weet mos die mans kan so maklik moeilik raak oor niks."             10
  Ryna kry haar jammer. "Ant Hansie," sê sy sag, "my naam is Ryna."
  En sy kyk in Hansie se begrypende bruin oë. Dis oë wat al seergekry het, weet sy.
Dis oë wat al die wêreld se swaar kant gesien het.
  Maar Die Stem het haar tog ontstel.
  Ek het nêrens anders om heen te gaan nie. My verlede is weg.                              15

3.1       Waar was Ryna net voordat sy Salamanderbaai toe gekom het?                             (1)

3.2       Watter TWEE take was deel van Ryna se werk op Meeuland?                                (2)

3.3       Waarom het Ryna nie haar regte naam (Camilla Calvin) op die aansoekvorms
          ingevul nie?                                                                           (1)

3.4       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
          (AD) langs die vraagnommer (3.4) neer.

          "Sy kyk skaam na Ryna, duidelik ontsteld oor Jacob se tirade." (Reël 5 en 6)

          Hierdie optrede van Jacob oor die burgerbandradio wys dat hy ... is.

          A    opgewonde
          B    verward
          C    omgekrap
          D    moedeloos                                                                         (1)

3.5       In hierdie uittreksel het Ryna slegs Die Stem gehoor en wat hy vir ant Hansie
          gesê het.

          Sê hoe Ryna vóór hierdie insident oor die werk op Meeuland gevoel het en sê
          hoe Ryna se houding teenoor haar werk ná hierdie insident verander het.                (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         14                                    DBE/2022
                                           SS/NSS

3.6       In enige roman is daar gebeure en gevolge.

          Kies die gevolg in KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf slegs
          die letter (A–E) langs die vraagnommers (3.6.1 tot 3.6.4) neer.

                         KOLOM A                               KOLOM B
          3.6.1      Ryna het ant Hansie            A   Ryna het onlosmaaklik deel
                     ontmoet.                           geword van die geheime op
                                                        Meeuland.
          3.6.2      Elsabet het op Meeuland
                     geboorte gegee.                B   Ryna het begrip gekry vir ander
                                                        se swaarkry en nie net vir haar
          3.6.3      Ryna het Meeuland verlaat.         eie pyn nie.

          3.6.4      Jacob het Skalla vermoor.      C   Ryna het die
                                                        verantwoordelikheid geneem om
                                                        Janka te versorg.

                                                    D   Ryna het Kaapstad toe gegaan
                                                        om weer saam met Prof te gaan
                                                        werk.

                                                    E   Ryna het op Salamanderbaai
                                                        begin skoolhou.
                                                                               (4 x 1)          (4)

3.7       Watter TWEE karakters op Salamanderbaai kon hulle harte teenoor Ryna
          oopmaak?                                                                              (2)

3.8       "Ag, juffrou," probeer sy verduidelik, "dis nou seker maar 'n misverstand."
          (Reël 6 en 7)

          Verduidelik hoekom ant Hansie sleg gevoel het oor Jacob se optrede.                   (1)

3.9       Jacob diskrimineer teen Ryna wat op Meeuland moes kom werk.

          Waarom is hierdie kwessie steeds vandag relevant?                                     (1)

3.10      Was Ryna 'n goeie rolmodel vir die leser? Motiveer jou antwoord deur te dink
          aan Ryna se lewe.                                                                     (1)

3.11      Wat, dink jy, is ant Hansie se mooiste eienskap teenoor Ryna toe sy die
          eerste keer by hulle huis aangekom het? Gee 'n rede vir jou antwoord.                 (2)

                                               EN

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         15                                     DBE/2022
                                           SS/NSS

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS F

       Baie foto's geneem – die jettie, Jannerik, Flip-Flap, die graffie.
         Ek en Janka gaan môre wal toe vir twaalf dae. Klaar haar goedjies ingepak. Sy
       gaan by Elsabet bly, sy was nie laas maand daar nie. Ek gaan na ant Hansie-
       hulle toe. Die bekendstelling van die boek is volgende Saterdag, die 19e op
       Stellenbosch. Prof gaan ook daar wees. En ek moet Kaap toe gaan om verblyf te 5
       gaan soek. Dan sal ek terugkom en kom inpak.
         Drie jaar voel nou soos 'n enkele gedagte. Ek het gekom met een koffer
       en 'n boks vol boeke en 'n tikmasjien. Ek gaan terug met soveel wonders. Ek het
       na die voëls van die hemel gekyk en gesien hoe God sorg. Ek het na die
       aandstiltes geluister en gehoor hoe Hy in die ruising daarvan asemhaal. Ek het 10
       begin insien dat daar 'n almagtige geordende ewewig in die natuur heers: vir elke
       winter, 'n somer; vir elke wolk, 'n stukkie son; vir elke storm, 'n stilte; vir elke
       wegvlug, 'n tuiskoms. Die balans daarvan is in ragfyn ritmes ingeweef, té groot
       en onbegryplik vir my verstand; al wat ek daarvan kan aflei, is dat daar vir elke
       moment van pyn 'n moment van vreugde is. Vir elke verwonding, weer genesing. 15

3.12      Vertel van Ryna se nuwe kanse wat sy op Meeuland gekry het. Gee TWEE
          feite.                                                                                 (2)

3.13      Wie het Elsabet kom haal en weggevat van Jacob en Meeuland af?                         (1)

3.14      By TWEE geleenthede in die roman het Ryna vir Elsabet gehelp.

          Noem hierdie geleenthede.                                                              (2)

3.15      "Prof gaan ook daar wees." (Reël 5)

          Hoe het Ryna oor Prof gevoel? Motiveer jou antwoord.                                   (2)

3.16      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (AD) langs die vraagnommer (3.16) neer.

          "Ek gaan terug met soveel wonders." (Reël 8)

          Hierdie woorde van Ryna suggereer dat sy ...

          A    nou gewonder het oor die toekoms wat sy moes aanpak.
          B    vrede gemaak het om terug te gaan Kaapstad toe.
          C    vir die eerste keer die wonders van die natuur kon beleef.
          D    nog steeds gewonder het wat met haar gesin gebeur het.                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         16                                    DBE/2022
                                           SS/NSS

3.17      Daar was spanning tussen Jacob en sommige mense in Salamanderbaai.

          3.17.1      Wie, behalwe Jacob, sou die spanning kon verlig?                          (1)

          3.17.2      Hoe sou hy/sy dit kon doen?                                               (1)

3.18      Beantwoord die volgende vrae.

          3.18.1      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs
                      die vraagnommer (3.18.1) en die antwoord neer.

                      Die tema van hierdie roman is (pyn, haat, vergifnis en
                      genesing/geheime, bedrog, wandade en jaloesie).                           (1)

          3.18.2      Hoe sal hierdie tema jou lewe in die toekoms beïnvloed?                   (1)

          3.18.3      Wat sou gebeur het as Elsabet eerder op Meeuland gebly het en
                      nie besluit het om Salamanderbaai toe te gaan nie?                        (1)

3.19      Dink aan Jacob se lewe op Meeuland.

          3.19.1      Wanneer, dink jy, het die positiewe verandering in Jacob se
                      houding teenoor Ryna plaasgevind?                                         (1)

          3.19.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.19.1.             Die    positiewe
                      verandering in Jacob moet duidelik uitkom.                                (1)

3.20      Watter insident in die roman het jou ontstel? Konsentreer slegs op Janka en
          motiveer jou antwoord.                                                                (2)
                                                                                                [35]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         17                                     DBE/2022
                                           SS/NSS

VRAAG 4: LIEN SE LANKSTAANSKOENE – Derick van der Walt

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS G

Sy haal die opgevoude plakkaat wat sy die vorige aand netjies met plastiek oorgetrek
het, uit Braam se ou rooi sportsak. Sy sit die sak op die sypaadjie langs die verkeerslig
neer.
  Werkloos. Twee afhanklikes. Enige donasie welkom. Die Here seën u!
  Die karre jaag verby. Lien bid dat die verkeerslig nooit moet rooi slaan nie. Maar die 5
karre stop tog. Dis 'n ou man met 'n bles wat langs haar stilhou. Hy maak of hy haar nie
raaksien nie.
  Wat het my besiel, wonder Lien. Ek haat jou, dink sy vir die soveelste keer. Ek haat
jou regtig verskriklik baie.
  Sy is so naby aan die man dat sy aan hom kan raak. Ná 'n ewigheid slaan die 10
verkeerslig groen en die karre begin ry. Die vrou in die tweede kar hou haar arm by die
venster uit en stop 'n muntstuk in Lien se hand.
  "Dankie," sê Lien verleë. Die vrou jaag met 'n vaart weg. Sy voel of sy in 'n gat kan
kruip. Sy het die geld net gevat, sommer net so, vir niks. Die muntstuk brand in haar
hand. Sy kyk skuldig daarna. Vyf rand. Sy wonder onseker wat om daarmee te doen. 15
Sy het vergeet om iets te bring om die geld in te sit.

4.1       Waar het Lien die pruik en die brilletjie gekry wat sy gebruik het om haarself
          anders te laat lyk?                                                                    (1)

4.2       Noem TWEE dinge waarvoor Lien die bedelgeld wou gebruik.                               (2)

4.3       Waar kon Lien, volgens Roos, staan en bedel?                                           (1)

4.4       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (AD) langs die vraagnommer (4.4) neer.

          "Wat het my besiel, wonder Lien." (Reël 8) Hierdie woorde wys dat Lien ... is.

          A    ongemaklik
          B    opstandig
          C    aggressief
          D    geïrriteerd                                                                       (1)

4.5       Lien het op 'n dag 'n slegte ervaring met Sproet in sy woonstel gehad.

          Sê hoe Lien vóór hierdie insident teenoor Sproet gevoel het en hoe Lien se
          houding teenoor Sproet ná die insident verander het.                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          18                                       DBE/2022
                                            SS/NSS

4.6       In enige roman is daar gebeure en gevolge.

          Kies die gevolg in KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (4.6.1 tot 4.6.4) neer.

                       KOLOM A                                     KOLOM B
          4.6.1 Lien het by tant Malie se            A    Lien het geleer dat almal nie
                koffiewinkel gewerk.                      seerkry dieselfde verwerk nie.

          4.6.2 Lien het by Dirkie en Donovan        B    Lien het geleer om te praat as
                se haarsalon gewerk.                      sy onregverdig behandel word.

          4.6.3 Lien se ma het dronk by die          C    Lien het geleer dat as jy hard
                skool opgedaag.                           werk, sal jy 'n tweede kans kry.

          4.6.4 Lien het haar ma by die              D    Lien het geleer dat jy by jou
                rehabilitasiekliniek besoek.              werk net moet stilbly en
                                                          aangaan.

                                                     E    Lien het verneder gevoel, maar
                                                          geleer dat ander mense jou nie
                                                          oor jou ouers se optrede oordeel
                                                          nie.
                                                                                    (4 x 1)         (4)

4.7       Watter TWEE karakters het saamgestem dat Lien en Braam hulp nodig gehad
          het met hulle ma?                                                                         (2)

4.8       "Ek haat jou, dink sy vir die soveelste keer. Ek haat jou regtig verskriklik baie."
          (Reël 8 en 9)

          Verduidelik hoekom Lien met hierdie persoon ongelukkig was.                               (1)

4.9       Lien het nie by die nuwe skool vriende gemaak nie, want sy was bang hulle
          vra haar oor haar huislike lewe.

          Waarom is hierdie kwessie vandag steeds relevant?                                         (1)

4.10      Was Lien se ma 'n goeie rolmodel vir haar kinders? Motiveer jou antwoord
          deur op gebeure vóór die konsert te konsentreer.                                          (1)

4.11      Wat, dink jy, is Tibbey se mooiste eienskap in die tyd wat hy en Lien saam
          gebedel het? Gee 'n rede vir jou antwoord.                                                (2)

                                               EN

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         19                                   DBE/2022
                                           SS/NSS

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS H

Sy pluk die pruik oor haar kop en probeer dink wie die man is wat vir haar sit en kyk.
Dis of haar brein nie wil registreer wie dit is nie.
  Kuifie, besef sy met 'n skok. Hy gaap haar verbaas aan.
  "Lien, wat op aarde maak jy hier?"
  Sy loop vinnig terug hoek toe, maar hy roep agter haar aan. Sy maak of sy nie hoor 5
nie. Die lig slaan groen en die karre toet vir Kuifie, wat nog steeds verbaas na haar sit
en kyk. Hy ry nadat 'n kar weer vir hom toet.
  Lien bewe. Sy wil eers maak dat sy wegkom, maar dan besluit sy nee. Dis háár lewe.
Hy het niks daaroor te sê nie.
  'n Paar minute later hou hy reg langs haar stil.                                        10
  "Klim in," sê hy terwyl hy na die passasiersdeur beduie.
  Sy maak of sy hom nie sien nie. Sy kyk stip voor haar op die grond met haar
plakkaat op die gewone plek voor haar bors.
  "Ek gaan nie ry voordat jy inklim nie."
  Die lig slaan genadiglik weer groen, maar hy bly staan. Hy sit sy noodligte aan en die 15
karre agter hom draai een-een na die middelbaan om by hom verby te kom. Hy sit vir
haar en kyk.
  Sy gaan dié een verloor, besef Lien.

4.12      Vertel hoe Kuifie Lien en haar gesin gehelp het. Gee TWEE feite.                     (2)

4.13      Na wie se musiek het Lien graag geluister?                                           (1)

4.14      By TWEE geleenthede in die roman het Dirkie vir Lien gehelp.

          Noem hierdie geleenthede.                                                            (2)

4.15      "Dis háár lewe." (Reël 8)

          Hoe voel Lien op hierdie stadium oor Kuifie wat haar dwing om in die kar te
          klim? Motiveer jou antwoord.                                                         (2)

4.16      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (AD) langs die vraagnommer (4.16) neer.

          "Sy gaan dié een verloor, besef Lien." (Reël 18)

          Hierdie woorde van Lien suggereer dat sy ...

          A    nog nooit in haar lewe teen iemand anders verloor het nie.
          B    daardie dag nie genoeg geld vir die huis sou kon bedel nie.
          C    geweet het wanneer sy uitgevang is en eerder die eerlike pad
               moes stap.
          D    die pruik wat sy by juffrou Breytenbach geleen het, gaan verloor.               (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         20                                    DBE/2022
                                           SS/NSS

4.17      Daar was spanning tussen Lien en haar ma in die roman.

          4.17.1      Wie, behalwe Lien en haar ma, sou die spanning kon verlig?                (1)

          4.17.2      Hoe sou hy/sy dit kon doen?                                               (1)

4.18      Beantwoord die volgende vrae.

          4.18.1      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs
                      die vraagnommer (4.18.1) en die antwoord neer.

                      Die tema van hierdie roman is (die keuses wat mense maak,
                      beïnvloed ander se lewens/drank vernietig die verhouding tussen
                      ouers en kinders).                                                        (1)

          4.18.2      Hoe sal hierdie tema jou lewe in die toekoms beïnvloed?                   (1)

          4.18.3      Wat sou gebeur het as Kuifie nie daardie dag, toe Lien gebedel
                      het, vir haar opgelaai het nie?                                           (1)

4.19      Dink aan Lien se lewe.

          4.19.1      Wanneer, dink jy, het die positiewe verandering in Lien se houding
                      teenoor haar pa plaasgevind?                                              (1)

          4.19.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.19.1.             Die    positiewe
                      verandering in Lien moet duidelik uitkom.                                 (1)

4.20      Watter insident in Lien-hulle se woonstel het jou ontstel? Konsentreer slegs
          op "in hulle woonstel" en motiveer jou antwoord.                                      (2)
                                                                                                [35]

                                                                TOTAAL AFDELING A:              35

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2        21                                    DBE/2022
                                          SS/NSS

AFDELING B: DRAMA

Beantwoord slegs EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

VRAAG 5: POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS I

POPPIE. Stil, Ouma, Ouma moet nou rus …
OUMA HANNIE. Sing vir my. Sing "Guide me, o thy great Jehovah".

Hulle begin sing. Ouma Hannie lê terug. Lig doof uit op haar. Singend beweeg ander
af. Poppie bly agter.

POPPIE. Ná my ouma Hannie dood is, het ons aangebly in Plank se huis. Ek en 5
Hoedjie en Mosie en Plank. En Mama het bedags die kinders vir my gebring om op te
pas terwyl sy in die fabriek gewerk het. Veleli, Katie, en die laasgeborene, Eric wat ons
Jakkalsie genoem het, of sommer Jakkie, en vir hom was ek die liefste. (Maak ritmiese
wiegbewegings asof sy 'n baba op die rug sus.) Ja, ek het my mama se kinders
opgepas totdat ek dertien jaar oud was, want die fabriek het kinders van dertien gevat 10
vir cleaners. (Af.)

Mans op. Hulle speel in 'n orkes (mimiek). Dis 'n vrolike toneel. Poppie op as ouer
meisie. Jongetjies fluit, een wil aan haar vat en kry 'n klap.

TWEEDE TONEEL

OU MAN. Poppie is klaar vyftien en haar lyf is vol. (Praat direk met Mama.)
MAMA. Poppie … jy moet begin dink aan trou.                                     15
POPPIE. Wil Mama hê ek moet ja sê vir hierdie ou manne wat kom vra vir my? Ga …
ek soek nie die ou manne nie!

5.1       In watter dorp was die fabriek waar dertienjariges kon gaan werk?                    (1)

5.2       Gee TWEE redes waarom Poppie so gelukkig by ouma Hannie was.                         (2)

5.3       Watter broer het Poppie die seerste in háár lewe gemaak?                             (1)

5.4       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (AD) langs die vraagnommer (5.4) neer.

          Poppie het Ouma stilgemaak en gesê sy moes rus.

          Hieruit leer ons dat Poppie ... Ouma was.

          A    lief vir
          B    kwaad vir
          C    hartseer oor
          D    geïrriteerd met                                                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           22                                    DBE/2022
                                             SS/NSS

5.5       Die Xhosa-mense het gehoor hulle moes Lambertsbaai verlaat.

          Sê hoe Poppie vóór die tyd gevoel het om uit Lambertsbaai te trek en sê hoe
          Poppie se houding verander het ná die huise in Lambertsbaai platgeslaan is.             (2)

5.6       In enige drama is daar gebeure en gevolge.

          Kies die gevolg in KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (5.6.1 tot 5.6.4) neer.

                          KOLOM A                                 KOLOM B
          5.6.1      Poppie het met 'n man uit        A Die kinders het gewys hulle het
                     Ciskei getrou.                     hulle respek vir die grootmense
                                                        verloor.
          5.6.2      Plank is uitgelag toe die
                     polisie hom uit die              B Bonsile was ontevrede om in
                     hoenderhok uitgehaal het.          Mdantsane te gaan bly.

          5.6.3      Poppie is gedwing om die         C Jakkie het saam met die kinders
                     Kaap te verlaat.                   die bosse ingevlug.

          5.6.4      Poppie het besluit om weer       D Poppie het nie 'n permanente
                     terug te gaan Kaap toe.            werkspermit in die Kaap gekry
                                                        nie.

                                                      E Poppie se dogters het by haar
                                                        skoonouers gaan woon.
                                                                                   (4 x 1)        (4)

5.7       Watter TWEE karakters het saamgestem oor hoe belangrik skool en kerk is?                (2)

5.8       In die uittreksel lees ons dat Poppie bedags haar broers opgepas het.

          Verduidelik waarom Poppie ongelukkig daaroor was.                                       (1)

5.9       Vukile was 'n onskuldige slagoffer.

          Waarom is hierdie kwessie steeds vandag relevant?                                       (1)

5.10      Was Stone 'n goeie rolmodel vir sy kinders? Motiveer jou antwoord deur te
          dink aan besluite wat Stone geneem het.                                                 (1)

5.11      Wat, dink jy, is ouma Hannie se mooiste eienskap wat vir Poppie 'n voorbeeld
          was? Gee 'n rede vir jou antwoord.                                                      (2)

                                                 EN

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2        23                                     DBE/2022
                                          SS/NSS

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS J

POPPIE. … Ek is moeg, Mama. Daar moet nou rus kom.
JAKKIE. Ek is nog nie moeg nie. Dis hoekom daar nog nie rus moet kom nie. Julle is
moeg; ons nie. Dis vir jou wat ek baklei, Sisi.

Konstabel op; neem Jakkie in hegtenis.

MOSIE. Mama gaan 'n week lank elke dag na die poeliesstasie en vra oor Jakkie. Ná 5
'n week vat hulle sy fine en laat hom loop.
MAMA (huilend aan Jakkie). Is jy geslaat? Sê vir jou mama, is jy deur die poeliesse
geslaat?

Jakkie draai net weg.

MOSIE. Hulle is bang vir verraaiers, Mama. Die kinders praat met niemand nie. Hulle 10
sê: Ek praat miskien met my bhuti of my mama, dan praat hy met die buurman, dan's
die buurman 'n informer en voor ons iets kan doen, word ons opgetel.
MAMA. Die kinders het nie meer respek vir ons nie. Hulle gaan nie meer skool nie,
hulle loop op straat rond. Wat van al die geld wat vir hulle skoolgaan betaal is?
JAKKIE (oor sy skouer). Ons het nou ander goed om te doen as skoolgaan, Mama.            15
MAMA (swaai om na hom toe). Jail toe gaan.
JAKKIE (draai na haar). Jail toe gaan, totdat die poeliesstasies so vol is dat hulle die
hele lokasie 'n jail moet maak. Dan's ons almal saam in die jail, Mama. Cause why,
we're waiting to die.

5.12      Wat het die kinders met die dronk grootmense op straat gedoen?                        (1)

5.13      Vertel wat Jakkie gedoen het om TWEE keer deur die polisie gesoek te word.            (2)

5.14      By TWEE geleenthede in die drama het Poppie nie na die polisie of die wet
          geluister nie.

          Noem hierdie geleenthede.                                                             (2)

5.15      "Cause why, we're waiting to die." (Reël 18 en 19)

          Hoe het Jakkie op hierdie stadium oor die lewe gevoel? Motiveer jou
          antwoord.                                                                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2             24                                DBE/2022
                                               SS/NSS

5.16      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (AD) langs die vraagnommer (5.16) neer.

          ''Dis vir jou wat ek baklei, Sisi.'' (Reël 3)

          Hierdie woorde van Jakkie suggereer dat hy …

          A    kwaad was vir Poppie.
          B    met Poppie gaan baklei.
          C    vir Poppie wou help.
          D    moeg was vir Poppie.                                                             (1)

5.17      In hierdie drama was daar spanning tussen die migrants en die inwoners
          van Nyanga.

          5.17.1      Wie, behalwe die migrants en die inwoners van Nyanga, sou die
                      spanning kon verlig?                                                      (1)

          5.17.2      Hoe sou hy/sy/hulle dit kon doen?                                         (1)

5.18      Beantwoord die volgende vrae.

          5.18.1      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs
                      die vraagnommer (5.18.1) en die antwoord neer.

                      Die tema van hierdie drama is          (onregverdigheid    teenoor
                      mense/drankmisbruik onder kinders).                                       (1)

          5.18.2      Hoe sal hierdie tema jou lewe in die toekoms beïnvloed?                   (1)

          5.18.3      Wat kon gebeur het as Poppie nie met 'n Xhosa getrou het nie?             (1)

5.19      Dink aan Poppie se lewe.

          5.19.1      Wanneer, dink jy, het die positiewe verandering by Poppie
                      plaasgevind?                                                              (1)

          5.19.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 5.19.1. Die verandering in
                      Poppie moet duidelik uitkom.                                              (1)

5.20      Poppie het by verskillende mense gewerk, onder andere Mrs Swanepoel.

          Watter optrede van Mrs Swanepoel het jou gelukkig laat voel? Konsentreer
          slegs op Mrs Swanepoel se optrede en motiveer jou antwoord.                           (2)
                                                                                                [35]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         25                                   DBE/2022
                                           SS/NSS

VRAAG 6: PALJAS – Chris Barnard

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS K

HENDRIK (baie in sy skik, tot Willem): Waar leer jy die goed? Leer jy dit by die skool of
wat? (Willem skud sy kop.) Hier, Nollie. (Hy gee Nollie se dop aan.) Vat so. Ons drink
op hierdie klein toornaar! (En weer tot Willem.) Doen dit weer, ek sien.
KATRIEN: Maar stadig hierdie keer. Ons wil sien hoe doen jy dit. (Willem haal 'n
muntstuk uit sy sak, sit dit op sy sakdoek en bind dit toe. Almal kyk. Ook Emma, wat 5
intussen met 'n skinkbord koffie uitgekom het.) Stadig nou. Ons wil mooi sien.

                Willem swaai die sakdoek 'n paar keer in die rondte.
                Dan knoop hy dit oop. Die muntstuk is weg.
                Almal bars uit van die lag en maak 'n bohaai.

HENDRIK: Hierdie kind, ek sê jou, sy kop is nie plat nie. Hy gaan nog president word. 10
EMMA: Hy moet eers weer leer praat. Koffie, iemand?
KATRIEN: Emma, los dit.
HENDRIK (tot Emma): Praat sal hy nog praat. Wag maar. Pleks jy liewerster leer vry.
Vra vir Nollie. Hy sal jou leer.

                Emma, besig om die koffie te skink, kyk op na haar pa toe. Sy laat val 15
                die koffiepot op die skinkbord en storm van die stoep af.

6.1       Wie het Willem leer toertjies doen?                                                  (1)

6.2       Gee TWEE redes waarom ons kan sê dat Nollie van Hendrik gehou het.                   (2)

6.3       Watter ander toertjie, behalwe die een met die muntstuk, kon Willem
          ook doen?                                                                            (1)

6.4       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (AD) langs die vraagnommer (6.4) neer.

          "Emma, los dit." (Reël 12)

          Hierdie woorde wys dat Katrien …

          A    alles sou doen om Willem teen sy pa te beskerm.
          B    nie lus was vir al Emma se praatjies oor Willem nie.
          C    nie herinner wou word aan Willem se probleem nie.
          D    sleg gevoel het omdat Emma voor Nollie oor Willem praat.                        (1)

6.5       Willem het weggeraak.

          Sê hoe Hendrik en Katrien se verhouding vóór hierdie insident was en hoe
          hulle verhouding ná die insident verander het.                                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans FAL P1 May-June 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-may-june-2022/8bcbc36a-8ff9-4ba3-9090-8c832b8fda5f) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [AfrIkaans FAL P3 May-June 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-may-june-2022/8d6588ce-2e15-480e-ab36-4e31cf4340ac) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [Gr12 Afrikaans P2 (FAL) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-afrikaans-p2-fal-sep-2022-question-paper/80eb0dce-35fb-474b-aba8-bf1e19091f30) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans 2nd Language SG P2 (Afrikaans) June 2014 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-2nd-language-sg-p2-afrikaans-june-2014-qp/0fe0dbfd-bd1b-4eee-84c2-af016de0b67a) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr
- [Afrikaans P2 (L2) (SG) June 2012 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-l2-sg-june-2012-memo/f547f99b-9297-4b6d-bca4-7156085f20fa) — Afrikaans FAL · Memo · 2012 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2022 Deaf](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2022-deaf/48a74464-ecb5-4f1f-b140-12d7ffdc2ea4) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
