# Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC November 2012 Memo

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 memorandum from the NSC November Exam 2012, 35 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2012-memo/419e9747-3681-4c64-add0-9b0e684e829b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2012
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 35

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC November 2012 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2012-memo/419e9747-3681-4c64-add0-9b0e684e829b)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC November Exam · 2012 · Afrikaans. Memorandum, 35 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans FAL P2 Nov 2012](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2012/3f85c035-f152-4594-bcdc-51046b8337e8) — QP · 2012 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

                                 NOVEMBER 2012

                                 MEMORANDUM

PUNTE: 70

         Hierdie memorandum bestaan uit 35 bladsye wat die rubriek insluit.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2             2                         DBE/November 2012
                                          NSS – Memorandum

INHOUDSOPGAWE

Kies TWEE afdelings.

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord net EEN vraag.
            VRAAGNOMMER                         VRAAG            PUNTE         BLADSYNOMMER
1.     Kringe in ŉ Bos                     Opstelvraag          35 punte             4
                                             OF
2.     Kringe in ŉ Bos                     Kontekstuele vraag   35 punte                 4
                                             OF
3.     Die ongelooflike avonture van       Opstelvraag          35 punte
       Hanna Hoekom                                                                      7
                                             OF
4.     Die ongelooflike avonture van       Kontekstuele vraag   35 punte
       Hanna Hoekom                                                                      8
                                             OF
5.     Meeulanders                         Opstelvraag          35 punte                11
                                             OF
6.     Meeulanders                         Kontekstuele vraag   35 punte                11
                                              OF
AFDELING B: DRAMA

Beantwoord net EEN vraag.
7.     Poppie, die drama                   Opstelvraag          35 punte                15
                                             OF
8.     Poppie, die drama                   Kontekstuele vraag   35 punte                15
                                             OF
9.     Paljas                              Opstelvraag          35 punte                18
                                             OF
10.    Paljas                              Kontekstuele vraag   35 punte                19
                                              OF
AFDELING C: KORTVERHALE

Beantwoord net EEN vraag.
11.    Die storie van Piet se oupa         Opstelvraag          35 punte                23
                                             OF
12.    Rooi kombersie                      Kontekstuele vraag   35 punte                23

                                              OF
AFDELING D: GEDIGTE

Beantwoord die vrae oor enige TWEE van die gedigte.
13.    Stad in die mis                     Kontekstuele vraag   17½ punte               27
                                             OF
14.    Things that go bump in the night    Kontekstuele vraag   17½ punte               29
                                             OF
15.    Spore op die maan                   Kontekstuele vraag   17½ punte               31
                                             OF
16.    Die hanswors                        Kontekstuele vraag   17½ punte               33

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2               3                         DBE/November 2012
                                            NSS – Memorandum

                                       NASIENRIGLYNE
•      As ŉ kandidaat in AFDELING A, B en C altwee die vrae gedoen het, word net die
       eerste vraag per afdeling nagesien en ŉ streep word deur die tweede vraag getrek.
       (Die kandidate mag nie die opstelvraag en die kontekstuele vraag oor dieselfde genre
       beantwoord nie.)

•      As ŉ kandidaat meer as twee gedigte in AFDELING D beantwoord het, word die eerste
       twee gedigte nagesien. Trek ŉ streep deur die laaste (twee) gedig(te).

•      As ŉ kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd, maar die
       tweede antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die tweede antwoord
       word geïgnoreer. Sien dus die eerste antwoord na.
•      As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die memorandum
       nagesien.
•      As ŉ spelfout die betekenis van die antwoord beïnvloed, word die antwoord as
       verkeerd aangedui. As die spelling nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie,
       word die antwoord as korrek beskou.
•      By aanhalings word spelfoute en leestekenfoute nie gepenaliseer nie, maar woordorde
       moet korrek wees. Woorde mag nie ingevoeg of uitgelaat word nie.
•      Opstelvraag: As die opstel korter as die verlangde lengte is, word die kandidaat nie
       gepenaliseer nie omdat die kandidaat hom-/haarself gepenaliseer het.

•      As die opstel te lank is, laat ŉ oorskryding van ŉ maksimum van 50 woorde toe
       en ignoreer die res van die opstel.

•      Kontekstuele vrae: As ŉ kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar ŉ vraag
       dit vereis nie, word die kandidaat nie gepenaliseer nie.

•      By die nasien van die opstel word die punte soos volg aangedui:
       (Kode) I:      punt
       (Kode) T+S : punt
       Totaal:        35

•      Halwe punte word as heel punte oorgedra na die voorblad. Indien die kandidaat
       volpunte vir gedigte kry, word punte oorgedra as 18 en 17 om 35 (totaal) te kry.
       Indien ŉ kandidaat byvoorbeeld 6½ en 7½ kry, word punte oorgedra as 7 en 8.

•      By oop vrae verdien die rede/motivering die punt. GEEN punt word toegeken vir
       JA/NEE/EKSTEM SAAM/EK STEM NIE SAAM NIE. Kandidate hoef nie
       laasgenoemde te skryf indien die motivering JA/NEE/EKSTEM SAAM/EK STEM
       NIE SAAM NIE insluit/impliseer nie. As JA/NEE gestel is moet motivering
       daarby aansluit om die punt te verdien.
Nasien van WAAR/ONWAAR:
      By vrae wat WAAR/ONWAAR vereis, word JA/NEE/VALS nie aanvaar nie
      - WAAR/ONWAAR is KORREK=  plus die rede/motivering/aanhaling is
         KORREK=.
      - WAAR/ONWAAR is KORREK=, maar die rede/motivering/aanhaling is
         VERKEERD = x
      - WAAR/ONWAAR is VERKEERD/ONTBREEK = x, ongeag of dit die KORREKTE
         rede/motivering/aanhaling is.

•      Indien die kandidaat antwoorde gee met Engelse woorde in, druk die Engelse woord toe
       en kyk of dit die antwoord beïnvloed. Indien nie, sien die antwoord na.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          4                       DBE/November 2012
                                       NSS – Memorandum

AFDELING A: ROMAN
VRAAG 1: OPSTELVRAAG
KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee

By die nasien van hierdie opstel maak die memorandum vir soveel moontlike feite
voorsiening. Die kandidate hoef nie al die feite te voorsien nie. Laat ruimte vir
alternatiewe, toepaslike feite.
INLEIDING: Die kandidaat lei die opstelvraag sinvol in.

LIGGAAM:

Konflik tussen Saul en sy gesinslede
Teenstrydige idees met sy pa oor behandeling van Saul se ma toe sy siek was.
• Saul het gemeen sy ma moes deur ŉ dokter behandel word terwyl sy pa gevoel
   het dit was ŉ “godsiekte” waaroor mense geen beheer gehad het nie.
• Saul moes sy pa se besluit aanvaar.

Teenstrydige idees met sy pa oor die bewaring van die Bos
• Saul wou nie die kalanderboom kap nie.
• Saul het besef dat wat Harison (die natuurbewaarder) gesê het, reg was.
• Saul het vir sy pa gesê dat hy nie die boom wou kap nie, want hy het gevoel die
   boom was lewendig.
• Dit het Joram kwaad gemaak en hy het Saul met ŉ stuk hout geslaan en hom
   verplig om te kap.
• Saul was bekommerd oor die toekoms van die Bos en die Bosmense.
• Hy het sy pa probeer waarsku oor die vernietiging van die Bos.
• Saul het die houtkappers as wurms wat ŉ appel van binne vreet, beskryf.
• Dit het veroorsaak dat Joram vir Saul van die huis af weggejaag het.
• Saul se bevraagtekening van dinge wat sy pa en ander Bosmense net aanvaar
   het, het konflik veroorsaak.
• Saul se lewensuitkyk, veral oor die bloubokkie se gal (wat verskil het van sy pa
   s’n), het konflik veroorsaak.
• Saul kon nie aanvaar dat sy pa voor MacDonald gekruip het nie.
• Saul het nie met sy pa en broer saamgestem oor die skiet van die olifante om
   hul inkomste aan te vul nie.

Gouddelwery
• Saul het sy pa probeer oortuig om goud te delf in plaas van hout te kap.
• Dit het ŉ groot botsing tussen hulle veroorsaak.
• Joram het gevoel dat hy ŉ houtkapper was en ŉ houtkapper moes bly.
• Joram het die goudbesigheid as onheilig beskou.
• Vir Saul was dit ŉ manier vir sy gesin om uit die Bos en armoede te ontsnap.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           5                       DBE/November 2012
                                        NSS – Memorandum

Konflik met Jozef oor Oupoot
• Jozef se kind is deur ŉ olifant getrap.
• Die Bosmense het geglo dit was Oupoot wat dit gedoen het.
• Jozef het Freek Terblans gevra om Oupoot dood te skiet.
• Saul was oortuig dat Oupoot dit nie gedoen het nie.
• Aan die einde van die verhaal het Saul vir Jozef gaan verduidelik dat dit nie
  Oupoot was wat Jozef se seun doodgemaak het nie.

Saul se “verraad”
• Saul het tydens Kersfees sy gesin gaan besoek.
• Jozef was vyandig teenoor hom en het vir Saul as ŉ verraaier beskryf.
• Hy het Saul daarvan beskudig dat hy vir Harison gaan vertel het dat hulle
  olifante geskiet het.
• Saul het dit ontken, maar Jozef het hom nie geglo nie.

Konflik tussen Saul en die delwers
• Die ontdekking van rifgoud het baie delwers gelok.
• Saul was ongelukkig oor die vernietiging van die Bos/skiet van olifante deur die
  delwers.
• Die delwers het bokke en loeries doodgemaak en skedels aan kalanderbome
  vasgespyker.
• Hulle het die beste bome gekap om vuur mee te maak.
• Saul het ŉ paar bangmaakstories oor olifante aan die delwers vertel sodat hulle
  die Bos verlaat.
• Hy het soms met die delwers oor bewaring gepraat en soms het hy hulle
  gedreig.
• Saul het ŉ beeshoring gebruik om die delwers bang te maak en weg te jaag.

Saul se innerlike konflik
Die tradisionele geloof van die Bosmense
• Toe Saul op veertienjarige ouderdom geleer het dat die bloubokkie se gal nie in
   sy kop was, soos hy deur die Bosmense geleer is nie, het Saul nie meer geweet
   wat waar was nie.
• Dit het hom geleer om nie alles wat mense vir hom gesê het, as die waarheid te
   aanvaar nie.
• Dit het Saul ŉ opstandeling gemaak. Dit het verhoudings met sy familie en die
   Bosmense negatief beϊnvloed.

Oupoot
• Saul was baie lief vir Oupoot.
• Saul wou nie toelaat dat Oupoot op ŉ onmenslike en vernederende manier deur
  Freek Terblans doodgeskiet word nie.
• Saul het besluit om Oupoot self te gaan doodskiet.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2               6                      DBE/November 2012
                                            NSS – Memorandum

•     Terwyl hy dae lank Oupoot se spoor gevolg het, het hy begin besef dat dit vir
      hom onmoontlik sou wees om sy dierbroer dood te maak.
•     Saul het innerlike konflik beleef toe hy moes kies of hy Knysna finaal gaan
      verlaat of eers na Oupoot moes gaan soek om hom te skiet voordat Oupoot
      deur Terblans geskiet wou word.

Kate
• Saul was verlief op Kate.
• Haar besoeke op Sondae aan hom terwyl hy vir MacDonald gewerk het, was die
   rede hoekom hy die slegte werkstoestande verduur het.
• Dit was vir hom moeilik om sy liefde vir haar te verklaar, want haar ouers was
   teen die verhouding gekant.
• Nadat Kate van die Kaap af teruggekom het, het Saul hard probeer om sy
   gevoelens vir Kate te onderdruk.
• Aan die einde het Kate die erf gekoop sodat Saul in Knysna kon agterbly.
• Saul het innerlike konflik beleef toe hy moes kies tussen sy liefde vir Kate of sy
   begeerte om MacDonald se skuur en later ook Knysna, te verlaat.
• Saul moes kies tussen sy liefde vir Kate en sy familie se oorlewing.

SLOT: Die stelling word sinvol saamgevat en afgesluit.                                       [35]

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee

2.1       •   Op MacDonald se (hout)werf.
          •   By die skuur (op MacDonald se houtwerf).
              (Enige EEN)                                                                    (1)

2.2       •   Hy moes namens sy pa vir ŉ “goodfor” (koopbewys) gaan vra.
          •   Om vir MacDonald sekere benodigdhede te vra (koffie, suiker, meel en
              tabak).
              (Enige EEN)                                                                    (1)

2.3       •   A
          •   A    engel
          •   engel
              (Enige EEN)                                                                    (1)

2.4       •   D
          •   D     vir hom gelag
          •   vir hom gelag
              (Enige EEN)                                                                    (1)

2.5       •   Hierdie liegstorie oor die olifanttande het Saul ontstel.
          •   Enigiets negatief oor olifante het Saul ontstel.
              (Enige EEN of soortgelyk)                                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2                7                   DBE/November 2012
                                             NSS – Memorandum

2.6      •     Kate was liggelowig.
         •     Kate was onskuldig/naïef.
               (Enige EEN of soortgelyk)                                                   (1)

2.7      • Die grootmense het gesê die bloubokkie se gal sit in sy kop.
         • Toe Saul eendag ŉ bloubokkie gevang en geslag het, het hy nie die gal
           in die bokkie se kop gekry nie.
         • Die ouer mense het òf vir hom gelieg, òf hulle het self die leuen geglo.
           (DRIE sinne)                                                                    (3)

2.8      •     ŉ Mens moenie alles glo wat mense vir jou sê nie.
         •     Selfs volwassenes kan verkeerd wees.
         •     Dis belangrik om self uit te vind wat die waarheid is.
         •     Dit is belangrik om dinge te bevraagteken.
               (Enige EEN of soortgelyk)                                                   (1)

2.9      Ja.
         • MacDonald het vir die houtkappers leuens vertel oor die gehalte van die
             hout wat hulle gebring het.
         • MacDonald sou die houtkappers se hout as derdeklas beskryf (terwyl dit
             eersteklas was).
         • MacDonald het gelieg oor hulle skuld.
         • MacDonald het hulle nie ŉ billike prys vir die hout betaal nie.
             (Enige EEN of soortgelyk MOTIVERING verdien die punt.)                        (1)

2.10     •     MacDonald het gesê/gedink dat die Bosmense en hulle kinders vuil/wild
               was.
         •     MacDonald het op hulle neergesien.
               (Enige EEN)                                                                 (1)

2.11.1   ryk                                                                               (1)

2.11.2   arm                                                                               (1)

2.11.3   nuuskierig                                                                        (1)

2.11.4   skaam                                                                             (1)

2.12     Nee.
         • Saul het dinge van die Bos en van olifante geweet waarvan Kate niks
             geweet het nie.
         • Saul was nie dom nie – hy was lewenswys (by sy ouers sekere dinge
             geleer).
         • Skoolgaan maak nie van jou ŉ beter mens nie.
         OF
         Ja.
         • Saul kon nie Engels lees en skryf nie.
             (Enige EEN of soortgelyk MOTIVERING verdien die punt.)                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2             8                        DBE/November 2012
                                          NSS – Memorandum

2.13     MacDonald het Saul gevra om vir hom te kom werk.                                    (1)

2.14     Kate het Sondae (skelmpies) by hom gaan kuier.                                      (1)

2.15     •   Sy het slegte nuus gekry.
         •   Sy was hartseer/geskok (omdat sy Kaap toe moes gaan).
         •   Sy het gehoor sy moes Kaap toe gaan.
             (Enige EEN of soortgelyk)                                                       (1)

2.16     Charles Dickens                                                                     (1)

2.17     •   Saul is nie in ŉ openbare plek/die biblioteek toegelaat nie.
         •   Al was dit ŉ plek vir die publiek, is die Bosmense nie daar toegelaat nie.
         •   Hy was ŉ Bosmens.
             (Enige EEN)                                                                     (1)

2.18     •   Hy wou keer dat daar ŉ verhouding tussen Kate en Saul ontwikkel.
         •   Hy wou hulle ontmoetings elke Sondag beëindig.
             (Enige EEN of soortgelyk)                                                       (1)

2.19     •   Arend het gesterf.
         •   Saul het besef hoe onmenslik MacDonald was.
             (Enige EEN)                                                                     (1)

2.20     •   Kate behoort nie van haar probleme weg te hardloop nie.
         •   MacDonald sou Saul doodgemaak het.
             (Of soortgelyk)                                                                 (1)

2.21.1   Onwaar.                                                                             (1)

2.21.2   Kate het teruggekeer om in Meulbos/die Bos skool te hou/om as
         onderwyseres te werk.                                                               (1)

2.22.1   B     Jane                                                                          (1)

2.22.2   E     James Stewart                                                                 (1)

2.22.3   D      Maska                                                                        (1)

2.22.4   C      Beth                                                                         (1)

2.23     ŉ Tekening/skildery van Oupoot                                                      (1)

2.24     Mev. MacDonald se bloed was nie so koninklik soos wat sy voorgegee het
         nie.                                                                                (1)

2.25.1   Waar                                                                                (1)

2.25.2   Sy het ŉ erf gekoop wat Saul nodig gehad het om ŉ besigheid te begin.               (1)
                                                                                             [35]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           9                   DBE/November 2012
                                        NSS – Memorandum

VRAAG 3: OPSTELVRAAG
DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita van der Vyver

Sien aangehegte rubriek

By die nasien van hierdie opstel maak die memorandum vir soveel moontlike feite
voorsiening. Die kandidate hoef nie al die feite te voorsien nie. Laat ruimte vir
alternatiewe, toepaslike feite.
INLEIDING: Die kandidaat lei die opstelvraag sinvol in.

LIGGAAM:

Sharon se aankoms by die berghuis
• Sharon het self gevra of sy ŉ deel van die wittebrood met die gesin kon deel.
• Sharon se pa het haar met ŉ splinternuwe donkerblou 4 x 4 gebring.
• Die kar het eerder soos ŉ straalvliegtuig as ‘n kar geklink.
• Met die uitklimslag het Sharon gesê: “Wow! Dis fantasties.”
• Die hele gesin het by die voordeur uitgepeul om Sharon te ontmoet.
• Sharon se pa het gedink die pad was senutergend, maar sy het gesê sy was mal
   oor die pad.
• Sharon se pa was paniekbevange toe hy gehoor het dat daar nie selfoonopvangs
   was nie.
• Beyers het gesê hulle sou kontak maak as hulle inkopies gaan doen.
• Beyers het belowe dat as iets gebeur, hulle Sharon se pa sou laat weet.
• Sharon het gesê: “Moenie worry nie, Pops, ek sal oukei wees.”

Sharon se ervaring van die berghuis
• Sharon het vir Hanna gesê die toilet is glad nie so erg as wat sy gedink het nie.
• Sharon het gedink die berghuis sou ŉ buitehuisie met ŉ longdrop hê, maar daar was
   ŉ outydse toilet langs die kombuis met ŉ ketting wat jy kon trek.
• Sharon was gefassineerd deur die toilet.
• Sharon was beïndruk dat daar ŉ badkamer was; sy het gedink hulle gaan in ŉ
   koue bergstroom was.
• Sharon wou graag ook sien waar sy en Hanna gaan slaap.
• Hanna het gedink dat Sharon na ŉ paar dae saam met die gesin op die berg nie
   meer sou dink dat hulle gesinslewe opwindend was nie, maar Sharon het dit
   heeltyd geniet.

Sharon se interaksie met Yann en Hanna
• Sharon het nog altyd gedink Hanna se gesinslewe was opwindend.
• Hanna was soms sarkasties teenoor Sharon as sy opgewonde geraak het oor iets
   wat in die gesin gebeur het. Dit het Sharon seergemaak.
• Sharon en Hanna het skottelgoed gewas, tafel gedek, ens.
• Sharon het heeltyd probeer om vir Hanna die mooi en positiewe van haar gesin uit
   te wys, maar Hanna het negatief reageer.
• Sharon het vir Hanna gesê dat Hanna partykeer net soos Mana was.
• Sharon het haar in ŉ grap Ou Hanna Heks genoem.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            10                      DBE/November 2012
                                         NSS – Memorandum

•   Sharon was deel van die verrassing wat hulle vir Hanna met haar verjaarsdag
    gereël het.
•   Sharon het die skinkbord gedra, vir Hanna ŉ klapsoen gegee en het vir Hanna ŉ
    grimeerstelletjie gegee.
•   Sharon het vir Hanna aangemoedig om haar swart cashmere aan te trek, want
    Gavin sou mal wees daaroor.
•   Sharon en Margot het vir Hanna mooi gemaak vir die ete wat Gavin sou voorberei.
•   Sharon het Hanna se hand vasgehou toe die baba gebore is.
•   Sharon en Hanna was Margot se helpers toe Mana se baba gebore moes word.
•   Alles wat Yann gedoen het, het vir Sharon beïndruk.
•   Yann en Sharon het goed oor die weg gekom; hy het met haar grappies gemaak en
    Sharon kon hom terg.
•   Yann het vir Sharon ŉ kompliment oor haar voorkoms gegee, wat haar baie
    gelukkig gemaak het.
•   Yann het selfs gesê dat Sharon hom sou inspireer om goed te teken.
•   Na 36 uur saam het daar ŉ mooi verhouding tussen Yann en Sharon ontwikkel.
•   Sharon het saam met Yann, Tibo en Amos na al Margot se stories oor Amerika
    gesit en luister.
•   Sharon en Yann het vir die res van die aand na Gavin se spesiale ete saam
    gedans.
•   Met die konsert het Sharon en Yann saamgewerk aan ŉ item; Hanna was jaloers
    hieroor.
•   Margot het gesê Sharon laat haar aan Julia Roberts dink en Yann het gesê dat daar
    nogal ŉ ooreenkoms was.
•   Sharon was opgewonde om vir nog ŉ dag saam met Gavin, Hanna, Yann, Tibo en
    Amos op die berg te kon agterbly.
•   Die mense wat agtergebly het, het partytjie gehou en Sharon het met haar kop teen
    Yann se skouer geleun.

SLOT: Die stelling word sinvol saamgevat en afgesluit.                                         [35]

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita van der Vyver

4.1       •   Mana het nie van die tradisionele manier van dinge doen, gehou nie.
          •   Mana was nie ŉ doodgewone ma nie.
          •   Mana was ongewoon/anders as ander ma’s.
          •   Mana was nie normaal nie.
          •   Mana was eksentriek.
              (Enige EEN of soortgelyk)                                                        (1)

4.2.1     Gavin/(Haar) gay woonstelmaat.                                                       (1)

4.2.2     • Met ŉ proefbuis/Tibo is met skenkersperm geskep/vervaardig/gemaak.
          • Hy was ŉ proefbuisbaba.
          • Hy is deur kunsmatig bevrugting geskep.                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2              11                     DBE/November 2012
                                           NSS – Memorandum

4.3       Dit/Ditjie.                                                                           (1)

4.4       •   Hanna was nuuskierig/weetgierig.
          •   Hanna het altyd alles (kan iets spesifieks wees) bevraagteken.
          •   Hanna wou antwoorde oor alles in die lewe gehad het.
          •   Daar is baie onbeantwoorde vrae in (Hanna se/die) lewe.
              (Enige EEN of soortgelyk)                                                         (1)

4.5       •   A
          •   A     hulle mekaar beter moes leer ken.
          •   hulle mekaar beter moes leer ken.
              (Enige EEN)                                                                       (1)

4.6       •   C
          •   C    Botterberg
          •   Botterberg
              (Enige EEN)                                                                       (1)

4.7.1     Onwaar                                                                                (1)

4.7.2     Gavin was vir ŉ modeskou in Kaapstad (wat naby was en daarom kon hy vir
          Hanna se verjaarsdag kom).                                                            (1)

4.8       •   Daar was ŉ halfbroer.
          •   Tibo was ‘n proefbuisbaba.
          •   Daar was stiefbroers.
          •   Hanna het ŉ stiefpa gehad.
          •   Hanna se eie pa was gay gewees.
          •   Daar was ŉ halfsussie op pad.
          •   Dit is ŉ gesin met drie/verskillende “pa’s”.
              (Enige TWEE)                                                                      (2)

4.9       •    Yann het vir Hanna ŉ pen vir haar verjaarsdag gegee (wat wys dat hy
               begrip het vir haar skryftalent).
          •    Yann was aan haar kant toe die tweeling haar boek gelees het.
               (TWEE aanduidings)                                                               (2)

4.10      •    Hanna het gedink dat Beyers die beste ding was wat nog in Mana se
               lewe gebeur het.
          •    Hanna het gedink Beyers was ŉ wonderlike/goeie man.
               (Enige EEN of soortgelyk)                                                        (1)

4.11      mode-ontwerper                                                                        (1)

4.12      •    Gavin het op die tafel gedans.
          •    Hy het soos ŉ popster opgetree.
               (Enige EEN)                                                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2             12                     DBE/November 2012
                                          NSS – Memorandum

4.13.1    Waar/Onwaar                                                                          (1)

4.13.2    Waar:
          • Aan die einde het haar lewe al meer soos Fabienne se lewe begin lyk.
          • Hanna het toe ook ŉ sussie gehad soos Fabienne.
          • Die verhouding tussen Sharon en Yann het ooreenkomste getoon met die
            verhouding tussen Fabienne en Jan.
          • Die verfkwasvrou het ooreenkomste getoon met Mana.
          • Hanna en Fabienne was albei by tye ongelukkig oor hulle gesin.

          OF

          Onwaar:
          • Hanna het Fabienne se lewe ŉ idilliese lewe gemaak.                                (1)
          • Fabienne het ŉ doodnormale gesin en lewe gehad.
            (Enige EEN of soortgelyk)

4.14.1    B     Mana                                                                           (1)

4.14.2    D     Hanna                                                                          (1)

4.14.3    A     Gavin                                                                          (1)

4.14.4    C     Beyers                                                                         (1)

4.15.1    speletjie                                                                            (1)

4.15.2    oefening                                                                             (1)

4.15.3    konsert                                                                              (1)

4.15.4    partytjie                                                                            (1)

4.16      Die reën het hulle op die berg vasgekeer. (letterlik)                                (1)

4.17      Hanna wou nie saam met haar gesin met vakansie wees nie. (figuurlik)                 (1)

4.18      •    Hanna het uitgesluit gevoel.
          •    Hanna het sleg/ongelukkig gevoel.
          •    Hanna was jaloers op hulle verhouding.
               (Enige EEN of soortgelyk)                                                       (1)

4.19      •    Margot het haar twee seuns net so gelos en Amerika toe gegaan.
          •    Margot het byna nooit kontak met haar seuns gehad nie.
          •     Margot het nooit haar beloftes teenoor haar seuns nagekom nie.
               (Enige EEN)                                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2             13                        DBE/November 2012
                                          NSS – Memorandum

4.20      Nee
          • Margot het net water met suurlemoensap gedrink.
          • Sy het baie van die kos nie geëet nie.
          • Margot het baie fiemies gehad.
            (Enige EEN of soortgelyk. MOTIVERING verdien die punt.)                                (1)

4.21      Hulle het ŉ helikopter gebring (om die gesin te kom red).                                (1)

4.22      Margot moes (Johannesburg toe) gaan vir haar rol in ŉ TV-reeks.                          (1)

4.23      •   Beskermend
          •   Liefdevol
          •   Positief
          •   Goed
          •   Gelukkig
              (Enige houding of gevoel wat op aanvaarding en beskerming/positiwiteit
              dui.)                                                                                (1)

4.24      Ja. Hulle het begin om dinge saam te doen (soos speletjies gespeel, konsert
          gehou, ens.)/Die gesin het saam pret gehad.
          ((Enige EEN of soortgelyk. MOTIVERING verdien die punt.)                                 (1)
                                                                                                   [35]

VRAAG 5: OPSTELVRAAG

MEEULANDERS – Esta Steyn

Sien aangehegte rubriek

By die nasien van hierdie opstel maak die memorandum vir soveel moontlike feite voorsiening.
Die kandidate hoef nie al die feite te voorsien nie. Laat ruimte vir alternatiewe, toepaslike feite.

INLEIDING: Die kandidaat lei die opstelvraag sinvol in.

LIGGAAM:

Hoekom Ryna op Meeuland gaan bly het
• Ryna het ŉ baie traumatiese ervaring/ondervinding gehad.
• Haar man het by dwelms betrokke geraak.
• Haar man het haar nie ingelig oor hulle finansiële probleme nie.
• Haar man het na bewering hulle huis aan die brand gesteek.
• Haar man het na bewering eers hul seun en toe homself geskiet.
• Haar man en hulle seun het in die huis doodgebrand.
• Ryna is in ŉ inrigting vir sielsiekes (Silkwood kliniek) opgeneem.
• Professor van Keulen het dit goed gevind om haar Meeuland toe te stuur.
• Sy moes navorsing op die eiland gaan doen.
• Sy moes die voëls op die eiland gaan bestudeer, sketse van hulle maak en ŉ boek
  skryf.
• Sy het besluit om haar tweede naam en nooiensvan te gebruik, sodat sy ŉ afstand
  tussen haar en haar ou lewe (en die pyn) kon skep.
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           14                      DBE/November 2012
                                        NSS – Memorandum

Hoe Ryna se ervarings op die eiland haar lewe beïnvloed het
• Ryna was gewoond aan ŉ luukse lewe in die stad, maar op Meeuland moes sy na die
  eenvoud van die lewe terugkeer.
• Sy moes met die minimum en die basiese tevrede wees.
• Sy moes in ŉ stadium self haar water en hout van buite af na die huis toe aandra.
• Ryna moes Jacob met die ondersoeke van die malgasse help.
• Toe sy die malgasse sien broei, het sy besef dat daar wel redes is om te leef.
• Sy het in die waarnemingsproses baie van die natuur geleer.
• Sy het die ewewig in die natuur en die lewe leer ken.
• Sy het ook besef dat net die sterkstes in die natuur oorleef.
• Jannerik het haar geleer om ŉ boom te plant, sodat haar pyn in die boom se takke
  kon ingroei.
• Sy het gehuil toe sy Jacob se verduideliking van die wonder van die natuur hoor.
• In die verwondering van die natuur het Ryna genesing van al haar pyn gevind.
• Sy het weer in noue kontak met haar God begin leef.
• Op die eiland het Attie, wat op haar verlief was, haar weer van haarself as vrou
  bewus gemaak.
• Sy moes die versorging van Janka oorneem nadat Elsabet na Janka se geboorte
  depressief geraak het.
• Ryna het moederskap ervaar deur vir Janka te sorg.
• Ryna het vir Janka Mama-Meeu geword
• Ryna se verhouding met Jacob het haar weer heel gemaak.
• Ryna het weer haarself, geluk en vrede op die eiland gevind.
• Sy het ook besef dat sy as Camilla, dit nooit sou ervaar en verwerk het nie.

Wat die redes was waarom Ryna nie van die eiland af kon weggaan nie
• Ryna se lewe het nou verweef geraak met dié van die mense op die eiland.
• Sy het weer redes gevind om te leef.
• Jannerik het in haar ŉ moederfiguur gevind, daarom kon hy sy pyn met haar deel.
• Ryna het ook ŉ anker vir Elsabet geword terwyl sy nog op die eiland was.
• Later het Ryna besef dat sy Janka liefhet en haar nie sommer aan haar eie genade,
  of dié van Jacob en Jannerik, kon oorlaat nie
• In die proses het sy ook vir Jacob leer liefkry.
• Ryna het verantwoordelik gevoel vir Janka.
• Ryna het vir Janka versorg en opgepas terwyl Elsabet weg van die eiland af was.
• Nadat Jacob vir die dood van Skalla gevonnis is, het sy besluit dat sy deur die
  seisoene heen vir Jacob sou wag.
• Selfs al moes hulle die eiland weens ŉ besluit van die regering verlaat, het sy besluit
  sy en Jacob sou eendag terugkeer om te sien hoe groot hulle wildevyeboom gegroei
  het.

SLOT: Die stelling word sinvol saamgevat en afgesluit.                                        [35]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2                 15                      DBE/November 2012
                                              NSS – Memorandum

VRAAG 6: KONTEKSTUELE VRAAG

MEEULANDERS – Esta Steyn

6.1         Kinnie was dood/het gesterf.                                                              (1)

6.2         •    A
            •    A    geskok
            •    geskok
                 (Enige EEN)                                                                         (1)

6.3         •     Hy het besef sy sonde het hom ingehaal.
            •     Hy was bang die waarheid oor wat hy aan Kinnie gedoen het, gaan
                  uitkom.
            •     Hy het nie geweet hoe om die situasie reg te stel nie.
                  (Enige EEN of soortgelyk)                                                           (1)

6.4.1       Waar                                                                                      (1)

6.4.2       • Hy het ŉ rol note (geld) in haar hand gestop.
            • Hy het haar betaal.
            • Hy wou nie weer daarvan hoor nie.
              (Enige EEN)                                                                             (1)

6.5         skelm/agterbaks/intimiderend/dreigend                                                     (1)

6.6.1      Skalla het Fred afgepers.                                                                  (1)

6.6.2      Sheila het selfmoord gepleeg.                                                              (1)

6.7         •    Dit was verkeerd om Kinnie te misbruik/verkrag.
            •    Dit was verkeerd van Fred om vir Kinnie geld aan te bied om stil te bly.
            •    Dit was verkeerd, want Fred was ŉ getroude man.
            •    Dit was verkeerd, want Kinnie het vir hom gewerk.
            •    Dit was verkeerd, want Fred was baie ouer as Kinnie.
                 (Enige TWEE of soortgelyk)                                                          (2)

6.8        vrouejagter                                                                               (1)

6.9.1   C         Ryna                                                                               (1)

6.9.2   A        Sheila                                                                              (1)

6.9.3   D         Jackie                                                                             (1)

6.9.4   B        Elsabet                                                                             (1)

6.10.1 •        Fred het besef dit is sy plig om sy kind te onderhou.
       •        Fred wou nie Janka se lewe ontwrig nie.
                (Enige EEN of soortgelyk)                                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
 Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            16                     DBE/November 2012
                                          NSS – Memorandum

6.10.2 Nee.
       Janka het net vir Jacob as pa geken.
       Fred sou nie vir Janka stabiliteit gegee het nie.
       Janka sou ontuis in Fred se huis gevoel het.

         OF

         Ja.                                                                                   (1)
         ŉ Kind behoort by sy/haar ouer(s) te bly.
         (Enige EEN of soortgelyk. MOTIVERING verdien die punt.)

6.11     •    D
         •    D    Ryna
         •    Ryna
              (Enige EEN)                                                                      (1)

6.12     •   Doreen het nooit iets verkeerds gedoen nie.
         •   Niemand kon nog iets verkeerd van Doreen sê nie.
             (Enige EEN of soortgelyk)                                                         (1)

6.13     Haar lewe was so voorspelbaar/saai/oninteressant.                                     (1)

6.14     Jason Peters/die skoolhoof/Mnr. Peters                                                (1)

6.15     skok/verbasing                                                                        (1)

6.16     Doreen moes haar gevoelens vir Jason stop/onderdruk/keer.                             (1)

6.17     •    Ant Ousanna het geweet (watter gevoelens Doreen vir Jason gehad het).
         •    Ant Ousanna het die waarheid geken.
              (Enige EEN)                                                                      (1)

6.18.1 Waar                                                                                    (1)

6.18.2 Sy het wel gevoelens vir Jason Peters, die skoolhoof, gehad.                            (1)

6.19     •   Jason het vir Doreen parfuum vir haar verjaarsdag gegee.
         •   Jason en Doreen het mekaar gesoen.
         •   Mary, Jason se vrou, het hulle betrap.
             (DRIE feite)                                                                      (3)

6.20.1 roekeloos                                                                               (1)

6.20.2 kalm                                                                                    (1)

6.20.3 jammer                                                                                  (1)

6.20.4 woedend                                                                                 (1)

 Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            17                        DBE/November 2012
                                         NSS – Memorandum

6.21    Sy het (uit haar pos as skooljuffrou/onderwyseres) bedank.                               (1)

6.22    Sy het studeer/haar graad voltooi.                                                       (1)
                                                                                                 [35]

                                                               TOTAAL AFDELING A:                35

AFDELING B: DRAMA

Beantwoord EEN van die volgende vrae.

VRAAG 7: OPSTELVRAAG

POPPIE, DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé

Sien aangehegte rubriek

By die nasien van hierdie opstel maak die memorandum vir soveel moontlike feite
voorsiening. Die kandidate hoef nie al die feite te voorsien nie. Laat ruimte vir alternatiewe,
toepaslike feite.

INLEIDING: Die kandidaat lei die opstelvraag sinvol in.

LIGGAAM:

Stone se rol in Poppie se lewe
• Poppie het Stone as sestienjarige ontmoet.
• Stone het op hierdie stadium by sy broer in Lambertsbaai gekuier.
• Stone het op Poppie verlief geraak.
• Na die verlowing het hy lobola vir Poppie betaal.
• Poppie en Stone het ŉ tradisionele troue gehad (twee dae).
• Omdat sy met Stone getroud was, moes sy Lambertsbaai gedwonge verlaat en
   saam met hom in die Kaap gaan bly.
• Stone het vir hulle ŉ tweeslaapkamerhuisie in Jakkalsvlei gebou.
• Stone het Poppie aan sy wêreld (Herschel) bekendgestel.
• Hy het haar ook vir die eerste keer laat bus ry.
• Hulle het saam kinders gehad.
• Stone was ŉ trekarbeider en moes nie in die Kaap gewerk en gebly het nie.
• Stone het as kontrakwerker by ŉ melkery in Philippi werk gekry.
• Stone het siek geword en Poppie het hom hospitaal toe geneem.
• Poppie het Stone net naweke, vir kort tydjies besoek (a.g.v. haar werksure).
• Die regering het Poppie verplig om Ciskei toe te trek.
• Poppie het ŉ huis in Mdantsane by die regering gekry.
• Stone het in ŉ hostel vir trekarbeiders gebly.
• Stone het eers na twee jaar vir sy gesin in Mdantsane gaan kuier.
• Stone het siek geword en doodgegaan.
• Na Stone se dood het Poppie ontdek dat Stone al sy geld vir sy gesin gegee het en
   niks vir homself gekoop het nie.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          18                      DBE/November 2012
                                       NSS – Memorandum

•   Daarna is sy verplig om terug te keer Kaap toe sodat sy meer geld kon verdien om
    vir haar kinders te sorg.
•   Stone het homself vir sy vrou en kinders opgeoffer.

Jakkie se rol in Poppie se lewe
 • Poppie was die liefste vir Jakkie.
 • Jakkie is Poppie se halfbroer.
 • Poppie moes op negejarige ouderdom die skool verlaat om Jakkie en die ander
   kinders op te pas.
 • Jakkie het vir Poppie kwaad gemaak toe hy saam met die ander kinders vir Plank
   gelag het (toe die polisie hom in die hoenderhok gekry het).
 • Poppie was ontsteld toe Jakkie in opstand teen die onderdrukkende wette gekom
   het.
 • Jakkie was kwaad oor die wet wat dit so moeilik vir Poppie gemaak het om ŉ pas te
   kry.
 • Jakkie het vir Poppie gesê dat die ouer mense klaar moeg was en nie meer vir
   oorlewing wou veg nie.
 • Jakkie het vir Poppie gesê dat hy vir haar en haar kinders veg.
 • Jakkie sou om hierdie rede nie ophou geveg het voordat die lokasie soos ŉ tronk lyk
   nie.
 • Jakkie was kwaad dat Poppie Mdantsane toe moes gaan.
 • Jakkie was verskeie kere in die tronk en dit het Poppie ontstel.
 • Die CID het eenkeer vir Poppie by haar werkplek gaan ondervra om uit te vind waar
   Jakkie was nadat hy gevlug het.
 • Jakkie het na Bonsile in Mdantsane gevlug.
 • Jakkie het toe vir Bonsile gevra om hom te help om na Basoetoeland te vlug.
 • Poppie het aanvaar dat haar kinders, wat sy teen die geweld probeer beskerm het,
   sonder keuse by die geweld ingesleep is as gevolg van Jakkie.

Bonsile se rol in Poppie se lewe
 • Bonsile was Poppie se tweede kind.
 • Hy het al vroeg probleme begin gee.
 • Hy wou op sestienjarige ouderdom by sy pa in die Kaap gaan bly toe Poppie
   Mdantsane toe moes gaan.
 • Hy was ontevrede toe hulle in Mdantsane aangekom het en het in die kamer gaan
   lê en het nie gehelp intrek nie.
 • Bonsile het snags laat rondgeloop en was ŉ groot bekommernis vir Poppie.
 • Bonsile het ŉ weeskind op skool swanger gemaak.
 • Die pleegouers het “damage”-geld vir die swangerskap by Poppie kom vra.
 • Bonsile kon nie vir Vukile, sy baba, gesorg het nie, want hy was op skool.
 • Na Stone se dood het Poppie vir Vukile saam met haar Kaap toe geneem.
 • Poppie sou vir Vukile ŉ beter lewe gee al het dit beteken dat haar eie kind moes
   agterlaat.
 • Poppie het haarself verwyt dat haar kinders ook by die opstande betrek is.

SLOT: Die stelling word sinvol saamgevat en afgesluit.                                       [35]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2              19                      DBE/November 2012
                                           NSS – Memorandum

VRAAG 8: KONTEKSTUELE VRAAG

POPPIE, DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé

8.1       Upington                                                                               (1)

8.2.1      •    Haar ma het op De Aar gaan werk.
           •    Haar eie pa het nie vir haar gesorg nie.
           •    Haar pa was oorlog toe.
                (Enige EEN)                                                                      (1)

8.2.2     •     (Haar ouma het vir haar die) Xhosa-geloof/tradisies (geleer).
          •     (Haar ouma het haar geleer) Xhosa (praat).
                (Enige EEN)                                                                      (1)

8.2.3     Hy het gesê Ouma het vir Poppie goed grootgemaak.                                      (1)

8.3.1     •      Om te spot met dronk mense.
          •      Hulle mag nie vir oom Pengi gelag het as hy dronk was nie.
                 (Enige EEN)                                                                     (1)

8.3.2     Ouma het met hulle baklei/hulle geslaan.                                               (1)

8.4.1     •     Ouma het graag saam met hulle kerkliedjies/Jerusalem/Guide me O
                Great Jehovah gesing.
          •     Sy het hulle kerk toe laat gaan.
          •     Ouma was ŉ kerkmens.
          •     Ouma het spesiaal Upington toe getrek omdat daar kerke en skole was.
                (Enige EEN)                                                                      (1)

8.4.2      •    Sy het die kinders gemotiveer om Xhosa te praat.
           •    Sy het geraas as hulle nie Xhosa gepraat het nie.
                (Enige EEN)                                                                      (1)

8.5       •      Hulle moes hulle kinders alleen (sonder mans) grootmaak.
          •      Hulle altwee se mans is dood.
          •      Hulle moes rondtrek (sodat hulle kinders kon skoolgaan).
          •      Hulle het hulle kleinkinders op hulle rûe gedra.
          •      Hulle kinders moes grootmense respekteer.
          •      Albei was godsdienstig.
          •      Albei het ma Lena se kinders opgepas.
          •      Skool was vir albei baie belangrik.
                 (Enige DRIE)                                                                    (3)

8.6        •      Poppie het nie ŉ pas gehad nie.
           •      Tydens ouma Hannie se jare was daar nie paswette nie.
                  (Enige EEN)                                                                    (1)

8.7       tyd in die natuur deurgebring.                                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2                20                       DBE/November 2012
                                             NSS – Memorandum

8.8           •      Hulle het grootgeword in ŉ Afrikaanse omgewing (Prieska).
              •      Hulle het Afrikaans gepraat, want dit was vir hulle lekker.
              •      Hulle het gesukkel om Xhosa te praat.
                     (Enige EEN)                                                                    (1)

8.9.1     Onwaar.                                                                                   (1)

8.9.2     Poppie het (ma Lena se) kinders opgepas.                                                  (1)

8.10.1    E       Plank                                                                             (1)

8.10.2    D       Mosie                                                                             (1)

8.10.3    B       Hoedjie                                                                           (1)

8.10.4    C       Jakkie                                                                            (1)

8.11      •          A
          •          A   skoonmaker
          •          skoonmaker                                                                     (1)

8.12      Ja.
          Poppie het kinderdinge gedoen soos byvoorbeeld gom uit die boom gehaal.
          Poppie-hulle het hout op hulle koppe gedra.
          Poppie-hulle het die dronk oom geterg.
          OF
          Nee.
          Poppie het sonder ŉ pa grootgeword.
          Sy moes op negejarige ouderdom uit die skool gaan.
          Sy moes op dertienjarige ouderdom begin werk.
          Sy moes op sestienjarige ouderdom trou.
          (Enige TWEE of soortgelyk. MOTIVERING verdien die punt.)                                  (2)

8.13      •          C
          •          C     hulle agtergekom het dat Stone en Poppie mekaar liefgehad het.
          •          hulle agtergekom het dat Stone en Poppie mekaar liefgehad het.
                     (Enige EEN)                                                                    (1)

8.14.1    Onwaar                                                                                    (1)

8.14.2    Sy het hom tata-ka-Bonsile/Bonsile se pa genoem./Sy mag hom nie op die
          naam genoem het nie.                                                                      (1)

8.15.1    munisipaliteit                                                                            (1)

8.15.2    eenkamerhuis                                                                              (1)

8.15.3    sinkplaat                                                                                 (1)

8.15.4    tuintjie                                                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            21                    DBE/November 2012
                                         NSS – Memorandum

8.16      Mdantsane/Oos-Londen                                                               (1)

8.17      •     Na die huwelik het die drama begin ontwikkel.
          •     Poppie se moeilikhede het daar begin.
                (Enige EEN)                                                                  (1)

8.18      •     Sodat Poppie se kinders beter geleenthede/ŉ beter lewe as Poppie
                kon hê.
          •     Hulle het ook die reg gehad om skool te gaan.
                (Of soortgelyk)                                                              (1)

8.19      •     Vroue kan onder moeilike omstandighede hulle lewens verbeter.
          •     Vrouens kan uitstyg bo hulle omstandighede.
          •     Vroue het uithouvermoë.
          •     Jy moet rekening hou met ŉ vrou, sy is soos ŉ rots.
                (Of soortgelyk)                                                              (1)

8.20      Ja.
          •       Sy het gehoop dat Bonsile se naam “iets het reggekom” waar sal word
                  in hulle lewens.
          •       Sy het gehoop dat haar tweede kind sou oorleef.
                  (Enige EEN. MOTIVERING verdien die punt.)                                  (1)
                                                                                             [35]

VRAAG 9: OPSTELVRAAG

PALJAS – Chris Barnard

Sien aangehegte rubriek

By die nasien van hierdie opstel maak die memorandum vir soveel moontlike feite
voorsiening. Die kandidate hoef nie al die feite te voorsien nie. Laat ruimte vir
alternatiewe, toepaslike feite.

INLEIDING: Die kandidaat lei die opstelvraag sinvol in.
LIGGAAM:
Manuel se aankoms en eerste ontmoeting met Willem op Toorwater
• Die sirkustrein het op Toorwater in plaas van Uniondale aangekom.
• Die McDonalds was geskok om die trein op die stasie te sien.
• Hendrik was geskok en vies oor die aankoms van die sirkustrein op Toorwater,
   want niemand het hom as stasiemeester laat weet nie.
• Daar was agt trokke met diere.
• Willem het Manuel ontmoet toe Manuel met ŉ olifant aan ŉ tou in die veld gestap
   het.
• Manuel het Willem toegelaat om die olifant te lei.
• Willem het eers net die tou gehou, maar Manuel het gewys hoe om die tou te
   trek sodat die olifant kon volg.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           22                       DBE/November 2012
                                        NSS – Memorandum

•    Willem het die olifant met groter selfvertroue begin lei.
•    Op ŉ manier het Manuel vir Willem laat deel voel van die sirkus.
Manuel se rol in Willem se lewe
• Die sirkustrein het ŉ paar dae later weggegaan, maar Manuel het agtergebly.
• Willem en Manuel het mekaar gereeld in ŉ ou, vervalle skuur naby die stasie
   ontmoet en Willem was baie bly dat Manuel nie weggegaan het nie.
• Manuel en Willem het baie dinge saam gedoen, soos op kafbale gedans, in die
   veld gehardloop, die konsertina gespeel, hulle soos diere gedra en teen die mure
   geteken.
• Die nar het “hoendertaal” gepraat en dit was vir Willem so snaaks dat hy vir die
   eerste keer gelag het.
• Die nar het nie vir Willem anders of vreemd behandel omdat hy nie kon praat nie.
•  Die nar in sy helder kleure het vir Willem ŉ vriend geword.
• Willem het dit geniet om by die nar te wees en hy het van al die toertjies gehou.
• Die nar het vir Willem gewys hoe om die toertjies te doen.
• Willem het hierdie toertjies aan sy familie gewys. Dit het hulle lekker laat lag.
• Toe Hendrik en Katrien eendag voor Willem gestry het, het Willem weggeloop na
   Manuel toe.
• Die nar het presies geweet hoe om met Willem te kommunikeer. Manuel het
   Willem gevra om terug te gaan huis toe, want sy ouers sou bekommerd oor hom
   wees. Willem wou nie huis toe gaan nie, maar Manuel het hom oortuig om terug
   te gaan.
• Willem het gehuil, maar Manuel het hom probeer opbeur deur sy gesig te verf en
   hom raad te gee. Dit het Willem beter laat voel.
• Toe hy Hendrik wou wys waar Manuel was, het Willem vir die eerste keer gepraat.
   Willem se eerste woord was “Manuel”.
• Manuel wou vir Willem beskerm en het toe besluit om kerk toe te gaan om die
   dominee verkeerd te bewys.
• Die verandering in Willem nadat hy Manuel bevriend het, was duidelik: hy het weer
   begin praat en geglimlag.
• Op daardie manier het hy ook vreugde aan sy familie gebring.

Die vriendskap wat tussen Manuel en Hendrik ontwikkel het
• Toe Manuel geskiet is, het Hendrik hom huis toe gedra.
• Hendrik het Manuel aanvaar toe Willem gesê het Manuel was sy vriend.
• Manuel kon as gevolg van skok nie praat nie.
• Hendrik het Manuel aangemoedig om weer gesond te word.
• Hendrik het Manuel se sak se handvatsel vasgewerk.
• Hendrik het gesê Manuel het Willem se tong losgeknoop.
• Toe Manuel Hendrik bedank, het Hendrik gesê dat Manuel hulle baie gehelp het,
    want hy het Willem weer laat praat.

SLOT: Die stelling word sinvol saamgevat en afgesluit.                                         [35]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans FAL P1 Nov 2012 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2012-memo/2e465f59-92cb-4184-b97a-93e2e8571cbd) — Afrikaans FAL · Memo · 2012 · Afr
- [Afrikaans P2 (L2) (SG) June 2012 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-l2-sg-june-2012-memo/f547f99b-9297-4b6d-bca4-7156085f20fa) — Afrikaans FAL · Memo · 2012 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2020 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2020-memo/89a7509b-2f93-4fbc-b439-e6a5eb70b0fc) — Afrikaans FAL · Memo · 2020 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2014 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2014-memo/80433dff-8d61-41e3-98eb-a15aa34445eb) — Afrikaans FAL · Memo · 2014 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2013 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2013-memo/f2c59dc0-47f2-47b1-9662-b5b6b041a380) — Afrikaans FAL · Memo · 2013 · Afr
- [NSC 2012 Afrikaans FAL P1 Nov 2012](https://www.hlayiso.com/library/nsc-2012-afrikaans-fal-p1-nov-2012/e8af00e3-e471-4554-a408-05270a9ae292) — Afrikaans FAL · QP · 2012 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-qp-sept2024/83184aba-b793-4289-94bf-4aa5eb852531) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 Afrikaans P2 (FAL) 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-afrikaans-p2-fal-2024-question-paper/7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2024/18189e63-b80d-4773-b7b0-d85b065c5658) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/0feff6b0-aa5f-4380-acf0-f06343bc22d3) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/09c32e3a-6e0c-4c06-aec3-b0b54a251f21) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 QP SEPT2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-qp-sept2023/464e635d-666a-408f-b9ea-b7c91712c7de) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
