# Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC November 2012 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2012, 35 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2012/3f85c035-f152-4594-bcdc-51046b8337e8
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 35

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC November 2012 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2012/3f85c035-f152-4594-bcdc-51046b8337e8)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC November Exam · 2012 · Afrikaans. Question paper, 35 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                        GRAAD 12

                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

                                   NOVEMBER 2012

PUNTE: 70

TYD: 2 uur

                         Hierdie vraestel bestaan uit 35 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           2                         DBE/November 2012
                                              NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.        Moenie die hele vraestel deurlees nie.

2.        Gebruik die inhoudsopgawe om jou met jou keuses te help.

3.        Die vraestel bestaan uit VIER afdelings:

          AFDELING A: Roman                   (35)
          AFDELING B: Drama                   (35)      Kies EEN vraag uit die afdeling/
          AFDELING C: Kortverhale             (35)      afdelings wat jy behandel het.

          AFDELING D: Gedigte              (35)         Kies TWEE vrae indien jy hierdie
                                                        afdeling behandel het.

4.        Lees die inhoudsopgawe op bladsy 3 en dui die vraagnommers van die TWEE
          letterkundetekste wat julle in die klas behandel het, aan.

5.        Lees dan die vrae oor hierdie TWEE tekste wat julle behandel het en kies die
          tipe vraag wat jy wil doen, byvoorbeeld die opstelvraag/kontekstuele vraag.

6.        Beantwoord TWEE vrae:        EEN vraag uit elkeen van die TWEE afdelings wat
                                       julle behandel het.

7.        Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

8.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik word.

9.        Laat ŉ reël oop na elke antwoord.

10.       Voorgestelde tydsindeling: Ongeveer 60 minute per afdeling/vraag

11.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         3                              DBE/November 2012
                                            NSS

INHOUDSOPGAWE

Kies TWEE afdelings.

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord net EEN vraag.
            VRAAGNOMMER                         VRAAG            PUNTE       BLADSYNOMMER
1.     Kringe in ŉ Bos                     Opstelvraag          35 punte           4
                                             OF
2.     Kringe in ŉ Bos                     Kontekstuele vraag   35 punte               4
                                             OF
3.     Die ongelooflike avonture van       Opstelvraag          35 punte
       Hanna Hoekom                                                                    7
                                             OF
4.     Die ongelooflike avonture van       Kontekstuele vraag   35 punte
       Hanna Hoekom                                                                    8
                                             OF
5.     Meeulanders                         Opstelvraag          35 punte               11
                                             OF
6.     Meeulanders                         Kontekstuele vraag   35 punte               11

                                              OF
AFDELING B: DRAMA

Beantwoord net EEN vraag.
7.     Poppie, die drama                   Opstelvraag          35 punte               15
                                             OF
8.     Poppie, die drama                   Kontekstuele vraag   35 punte               15
                                             OF
9.     Paljas                              Opstelvraag          35 punte               18
                                             OF
10.    Paljas                              Kontekstuele vraag   35 punte               19
                                              OF
AFDELING C: KORTVERHALE

Beantwoord net EEN vraag.
11.    Die storie van Piet se oupa         Opstelvraag          35 punte               23
                                             OF
12.    Rooi kombersie                      Kontekstuele vraag   35 punte               23

                                              OF
AFDELING D: GEDIGTE

Beantwoord die vrae oor enige TWEE van die gedigte.
13.    Stad in die mis                     Kontekstuele vraag   17½ punte              27
                                             OF
14.    Things that go bump in the night    Kontekstuele vraag   17½ punte              29
                                             OF
15.    Spore op die maan                   Kontekstuele vraag   17½ punte              31
                                             OF
16.    Die hanswors                        Kontekstuele vraag   17½ punte              33

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           4                            DBE/November 2012
                                              NSS

AFDELING A: ROMAN

KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee

BEANTWOORD ÓF DIE OPSTELVRAAG ÓF DIE KONTEKSTUELE VRAAG.

VRAAG 1: OPSTELVRAAG

In die roman Kringe in ŉ Bos ervaar Saul uiterlike en innerlike konflik.

Skryf ŉ OPSTEL (250–300 woorde) waarin jy die volgende konflikte bespreek:

•     Konflik tussen Saul en sy gesinslede
•     Konflik tussen Saul en die delwers
•     Saul se innerlike konflik

Jou opstel moet ŉ inleiding en ŉ slot hê.                                                          [35]

                                             OF

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee

Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1          “Ek wil só graag ŉ olifant sien,” het sy aangehou. “Sien jy dikwels olifante?”
2          Hy het sy kop geknik en gehoop sy sou tevrede wees en haar loop kry. Maar
3          nee!
4           “Grotes?”
5           “Ja,” het hy onderlangs gesê; dalk loop sy dan as sy weet wat sy wil weet.
6          “Hóé groot?”
7          “Baie groot.” Hy het nie opgekyk nie.
8          “My pa het baie olifanttande. Hulle laai die tande op die skepe, maar hy sê
9          hulle maak nie die olifante dood om die tande te kry nie, hulle vang hulle net,
10         en trek hulle tande uit.”
11         “Dis ŉ lieg!” Hy het ŉ oomblik van sy penarie vergeet en dit reguit in haar
12         gesig gesê. “Waar sal ŉ olifant hom vir ŉ tandetrekkery laat staan vang?
13         Klink vir my na ŉ regte bloubokkie-se-gal-storie.”
14         “Ekskuus?”
15         “Niks.”
16         “Hoe oud is jy?”
17         “Veertien.” Vir wat wou sy dit weet?
18         “Ek is tien. My naam is Kate en dis my sussie, Mary. Wat is jou naam?”
19         “Saul.”
20         “Ons het eers in die Kaap gewoon en daar skoolgegaan. Ons gaan nou hier
21         skool. Waar gaan jy skool?”
22         Hy het haar nie geantwoord nie.

2.1        Waar in die dorp het hierdie tweede ontmoeting tussen Saul en Kate
           plaasgevind?                                                                            (1)
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           5                           DBE/November 2012
                                              NSS

2.2      Wat het Joram vir Saul gevra om daar in die dorp te gaan doen?                            (1)

2.3      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
         vraagnommer en die letter (A–D) neer.

         Toe Saul die eerste keer vir Kate gesien het, het sy vir hom soos ŉ ... gelyk.

         A        engel
         B        model
         C        prinses
         D        koningin                                                                         (1)

2.4      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
         vraagnommer en die letter (A–D) neer.

         Toe Kate se skoolmaats die eerste keer vir Saul gesien het, het hulle ...

         A        gesê hy was wild en vuil.
         B        sy naam gevra.
         C        hom geïgnoreer.
         D        vir hom gelag.                                                                   (1)

2.5      Waarom het Saul so sterk in reël 11–13 gereageer?                                         (1)

2.6      Kate het haar pa se leuen oor die olifante geglo. Wat sê dit oor die tipe mens
         wat Kate was?                                                                             (1)

2.7      Verduidelik in DRIE sinne waarom Saul na die “bloubokkie-se-gal-storie”
         (reël 13) verwys het toe Kate van haar pa se leuen vertel het.                            (3)

2.8      Watter belangrike les kan jy as leser, net soos Saul, uit die “bloubokkie-se-gal-
         storie” (reël 13) leer?                                                                   (1)

2.9      MacDonald was oneerlik teenoor die houtkappers. Stem jy saam met hierdie
         stelling? Motiveer jou antwoord.                                                          (1)

2.10     Waarom wou MacDonald nie vir Kate toelaat om met Saul te gesels nie?                      (1)

2.11     Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf
         slegs die vraagnommer (2.11.1–2.11.4) en die antwoord neer.

         arm; nuuskierig; ryk; skaam; stom; selfversekerd; ongelukkig; bekommerd

         Daar was groot verskille tussen Kate en Saul. Kate se gesin was (2.11.1) ...,
         maar Saul se gesin was (2.11.2) ... Kate was baie (2.11.3) ..., daarom het sy
         oor olifante uitgevra. Saul kon nie ŉ woord aan Kate sê toe sy die eerste keer
         met hom gepraat het nie, want hy was (2.11.4) ...                                         (4)

2.12     Dink jy Saul het rede gehad om minderwaardig teenoor Kate te voel omdat hy
         nie skool bygewoon het nie? Motiveer jou antwoord.                                        (1)
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
 Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           6                            DBE/November 2012
                                               NSS

2.13      Hoe het MacDonald dit toe tog moontlik gemaak dat Kate en Saul mekaar
          beter kon leer ken?                                                                       (1)

2.14      Waarom het Saul na Sondae uitgesien?                                                      (1)

Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1             Hy het lank agter die verlate skool gewag. Toe Kate kom, was sy bleek.
2             “Hulle gaan my met ŉ skip Kaap toe stuur,” het sy verslae gesê. “Ek moet
3           nou daar gaan skoolgaan.”
4             “Kaap toe?”
5             “Jane se ma het my deur die draad sien kruip na jou toe en sy het vir my
6           ma gaan vertel.”
7            “Stuur hulle jou daaroor weg?”
8             “Omdat ek stout is ook,” erken sy gelate. “Ek doen altyd die verkeerde
9           dinge, maar ek wil nie weggaan nie, Saul! Jy moet my wegneem en my in die
10          Bos gaan wegsteek totdat hulle spyt kry en die skip weg is. Asseblief?”
11            Sy mond was skielik droog. “Kate, wag nou ...”
12            “Ek wil nie weggaan nie, Saul.”
13            “Ek kan jou nie Bos toe neem nie, jou pa sal my doodmaak!”
14            “Hy hoef nie te weet nie.”
15            “Kate, jy weet nie wat jy praat nie! Ek is klaar in die moeilikheid by jou pa.
16          Patterson sê ek het sy pan gesteel en jou pa sê die pan moet uitkom of hy
17          vat my magistraat toe.”
18          Hy sal vir MacDonald werk tot Kate weggaan, het hy besluit. Net tot dan.
19          Maar toe kom sê oom Gert van Arend.

2.15      Waarom was Kate “bleek” (reël 1) toe sy by Saul kom?                                      (1)

2.16      Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer en
          die antwoord neer.

          Kate het gedink Saul was net soos die skrywer (Charles Dickens/Oliver Twist).             (1)

2.17      Kate het Saul aangemoedig om Engels te leer en te lees. Hoekom kon Saul
          nie boeke by die biblioteek op die dorp uitneem nie?                                      (1)

2.18      Waarom wou MacDonald vir Kate Kaap toe stuur?                                             (1)

2.19      Wat het finaal daartoe gelei dat Saul sy werk by MacDonald verlaat het?                   (1)

2.20      Waarom, dink jy, het Saul reg besluit toe hy geweier het om Kate in die Bos
          weg te steek?                                                                             (1)

2.21      Kate het jare later teruggekeer om vir haar pa te kom werk.

          2.21.1      Dui aan of die stelling WAAR of ONWAAR is.                                    (1)

          2.21.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.21.1.                                        (1)

 Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           7                          DBE/November 2012
                                              NSS

2.22     Kies elke keer 'n karakter uit KOLOM B om by die stelling in KOLOM A te pas.
         Skryf slegs die vraagnommer (2.22.1–2.22.4) en die antwoord neer.

                                KOLOM A                                 KOLOM B
        2.22.1       Dié persoon het gereël dat Kate met Saul       A   James Stopforth
                     praat.
                                                                    B   Jane
        2.22.2       MacDonald het vir Saul laat weet dat hierdie
                     persoon aan Kate verloof gaan raak.            C   Beth

        2.22.3       Saul het dié persoon aan die einde van die     D   Maska
                     verhaal gevra om vir Kate te gaan roep.
                                                                    E   James Stewart
        2.22.4       Hierdie persoon wou graag met Saul trou.
                                                                                     (4 x 1)        (4)

2.23     Watter geskenk het Kate aan Saul gestuur toe hy besluit het om Engeland toe
         te gaan?                                                                                   (1)

2.24     Watter leuen het mev. MacDonald vir Saul vertel om hom te oortuig dat hy nie
         goed genoeg vir Kate was nie?                                                              (1)

2.25     Kate het dit vir Saul moontlik gemaak om na Oupoot se dood in Knysna agter
         te bly.
         2.25.1      Dui aan of die stelling WAAR of ONWAAR is.                                     (1)

         2.25.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.25.1.                                         (1)
                                                                                                    [35]

                                              OF

VRAAG 3: OPSTELVRAAG

DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita van der Vyver

Sharon was Hanna se beste vriendin en het by die gesin op die berg kom kuier.

Skryf ŉ OPSTEL (250–300 woorde) waarin jy die volgende bespreek:

•   Sharon se aankoms by die berghuis
•   Sharon se ervaring van die berghuis
•   Sharon se interaksie met Hanna en Yann

Jou opstel moet ŉ inleiding en ŉ slot hê.                                                           [35]

                                             OF

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            8                        DBE/November 2012
                                               NSS

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita van der Vyver

Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 1        (Ek kon nie ŉ k sê tot kort voor my tweede verjaardag nie.) Nie mamma of
 2        pappa soos normale babas nie (sê Mana trots) maar die grootste filosofiese
 3        vraag van alle tye: Hoekom?
 4          Liewe leser, wat anders kon ek sê? Mamma was ŉ onbekende woord, want
 5        Mana het haarself nooit só genoem nie. En pappa was nie net ŉ onbekende
 6        woord nie, dit was heeltemal ŉ onbekende begrip. Toe ek tien maande oud
 7        was, het Gavin lankal nie meer saam met ons gewoon nie.
 8        Nee, hulle is nie kwaad uitmekaar nie, hulle het vooraf besluit sy sou my
 9        alleen grootmaak. Gavin sou nie babakots op sy modieuse klere kon hanteer
 10       nie.
 11         As jy my vra (nie dat iemand my al ooit gevra het nie), was my eerste woord
 12       ŉ gil van woede. Hoekom kan ek nie maar ŉ normale baba met ŉ normale ma
 13       en ŉ normale pa wees nie?
 14         En nou is ek vasgekeer op ŉ berg waar ek oor tien dae my vyftiende
 15       verjaardag moet vier, saam met my abnormale ma, my ingewikkelde gesin,
 16       my beste vriendin en – wait for this – my pa met die peroksiedhare. Ek was
 17       vreeslik dankbaar toe Sharon vra of sy nie ook so ŉ stukkie van hierdie
 18       vreemde wittebrood saam met my kan kom hou nie. (Sy dink mos my
 19       gesinslewe is opwindend. Ná ŉ paar dae saam met ons op die berg sal sy
 20       beslis anders dink.) En ek was vieslik ondankbaar toe Gavin uit
 21       Johannesburg laat weet hy wil óók my verjaarsdag saam met my kom vier.

4.1       Hoekom het Mana nooit na haarself as “mamma” verwys nie?                               (1)

4.2       Mana het met die eerste twee babas wat sy wou gehad het, vreemde besluite
          geneem.

          4.2.1       Wie het sy gebruik om Hanna te “skep”?                                     (1)

          4.2.2       Hoe is Tibo “geskep”?                                                      (1)

4.3       Hoe het Mana van die begin af na haar derde, ongebore baba verwys?                     (1)

4.4       Wat suggereer Hanna se filosofiese vraag in reël 3?                                    (1)

4.5       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          vraagnommer en die letter (A–D) neer.

          Mana het besluit dat die hele gesin saam met haar en Beyers berghuis toe
          moes gaan, omdat ...

           A      hulle mekaar beter moes leer ken.
           B      dit normaal was om so iets te doen.
           C      sy self na haar kinders wou omsien.
           D      die kinders graag in die berghuis wou bly.                                     (1)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         9                          DBE/November 2012
                                            NSS

4.6       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          vraagnommer en die letter (A–D) neer.

          Die berghuis waar die gesin met vakansie was, was op ...

           A      Onderbotterberg.
           B      Bitterberg.
           C      Botterberg.
           D      Onderbitterberg.                                                               (1)

4.7       Gavin het spesiaal van Johannesburg af gekom om by Hanna te wees vir
          haar vyftiende verjaarsdag.

          4.7.1      Dui aan of die stelling WAAR of ONWAAR is.                                  (1)

          4.7.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.7.1.                                       (1)

4.8       Verduidelik waarom Hanna se gesin kompleks was. Noem TWEE feite.                       (2)

4.9       Watter TWEE aanduidings is daar in die verhaal dat Yann tog vir Hanna
          omgegee het?                                                                           (2)

4.10      Wat het Hanna van Beyers as man gedink?                                                (1)

Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 1        Liewe leser, daar het so baie dinge gebeur die afgelope paar dae dat ek
 2        amper van Fabienne vergeet het. Die koms van die reën, die koms van die
 3        eerste queen, die koms van die tweede queen.
 4        Die reën wat nie wil ophou nie. Steeds nie. En my verjaarsdag, natuurlik.
 5        Maar dis nou nie asof my lewe skielik in ŉ sprokie verander het nie. Ek is
 6        steeds vasgekeer in ŉ huis met ŉ lekkende dak op ŉ verlate berg. Al wat ek
 7        sien as ek by die venster uitkyk, is die lae wolke bo die huis, die groen
 8        bossies rondom die huis, en ŉ rivier van modder waar die voetpaadjie
 9        voorheen was. En ek is steeds geïrriteer deur Margot ...

4.11      Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer
          en die antwoord neer.

          Gavin het glad nie soos ŉ (akteur/mode-ontwerper) gelyk toe hy by die
          berghuis aangekom het nie.                                                             (1)

4.12      Aan die einde van die verhaal het Gavin die kinders besig gehou toe hulle
          alleen in die berghuis agtergebly het. Wat het Gavin tydens hierdie insident
          gedoen wat jou laat lag het?                                                           (1)

4.13      Die stories wat Hanna oor Fabienne uitgedink het, het ooreengestem met dit
          wat in Hanna se lewe gebeur het.

          4.13.1 Dui aan of hierdie stelling WAAR of ONWAAR is.                                  (1)

          4.13.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.13.1.                                          (1)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           10                          DBE/November 2012
                                              NSS

4.14      Kies elke keer 'n persoon uit KOLOM B om by die inligting in KOLOM A te
          pas. Skryf slegs die vraagnommer (4.14.1–4.14.4) en die letter (A–E) neer.

                               KOLOM A                                 KOLOM B
          4.14.1      Die karakter drink graag groen tee.       A      Gavin

          4.14.2      Die karakter het ŉ goeie verbeelding en   B      Mana
                      kan na ŉ ander wêreld ontvlug.
                                                                C      Beyers
          4.14.3      Die karakter kan ŉ begrafnis in ŉ fees
                      verander.                                 D      Hanna

          4.14.4      Die karakter doen graag verhoogwerk       E      Margot
                      en is ook aanbieder en omroeper.
                                                                                    (4 x 1)        (4)

4.15      Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.
          Skryf slegs die vraagnommer (4.15.1–4.15.4) en die antwoord neer.

               skildersessie; spelkompetisie; konsert; ontbyt; speletjie; partytjie;
                                   danskompetisie; oefening

          Die gesin moes hulle in die aande self met ŉ (4.15.1) ... besig hou, want daar
          was nie elektrisiteit in die huis nie. Beyers het gesorg dat die gesin in die
          oggende (4.15.2) ... kry. Toe hulle besef dat hulle vasgekeer was, het Gavin ŉ
          (4.15.3) ... voorgestel om almal in die huis se aandag van die reën af te trek.
          Nadat die helikopter vertrek het, het Gavin ŉ (4.15.4) ... gehou sodat die
          kinders besig kon bly.                                                                   (4)

4.16      Gee ŉ rede waarom die gesin letterlik op die berg vasgekeer was.                         (1)

4.17      Gee ŉ rede waarom Hanna aan die begin figuurlik op die berg vasgekeer
          gevoel het.                                                                              (1)

4.18      Hoe het Hanna oor Yann en Sharon se vriendskap gevoel?                                   (1)

4.19      Wat, dink jy, het Margot as ma teenoor haar seuns verkeerd gedoen?                       (1)

4.20      Was Margot ŉ maklike kuiergas as jy aan haar optrede aan tafel dink? Gee ŉ
          rede vir jou antwoord.                                                                   (1)

4.21      Hoe het Sharon se ouers tot die gesin se redding gekom?                                  (1)

4.22      Hoekom was dit vir Margot so belangrik om van die berg af te kom?                        (1)

4.23      Hoe was Hanna se houding teenoor haar nuwe babasussie?                                   (1)

4.24      Het Mana se plan om die gesin bymekaar te bring, uiteindelik geslaag?
          Motiveer jou antwoord.                                                                   (1)
                                                                                                   [35]

                                                OF
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            11                          DBE/November 2012
                                               NSS

VRAAG 5: OPSTELVRAAG

MEEULANDERS – Esta Steyn

Op die eiland het Ryna erken: “Ek weet nie wat my lewe sonder Meeuland sal beteken
nie.”

Skryf ŉ OPSTEL (250–300 woorde) waarin jy vertel:

•        Hoekom Ryna op Meeuland gaan bly het
•        Hoe Ryna se ervarings op die eiland haar lewe beïnvloed het
•        Wat die redes was waarom Ryna nie van die eiland af kon weggaan nie

Jou opstel moet ŉ inleiding en ŉ slot hê.                                                          [35]

                                               OF

VRAAG 6: KONTEKSTUELE VRAAG

MEEULANDERS – Esta Steyn

Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

    1           Mollie trek ŉ laai in die kabinet oop en begin soek deur ŉ paar onafgehaalde
    2         lone-koeverte. “Kinnie Kuiper? Nee. Hier is wel ŉ Veronica Kuiper.”
    3           “Dis sy! Jacoba Veronica!” jubel Jannerik.
    4           Die naam Veronica slaan vir Fred Blankenberg teen die kop. Hy stap na sy
    5         kantoor en maak die deur agter hom toe.
    6         Hy bly teen die kosyn staan en rem sy das los. Die wêreld het meteens vir
    7         hom baie klein geword. Die veraf dreuning van die bote se pompe word ŉ
    8         donderende gemaal in sy kop.
    9           Shit! Hy het die aand laat gewerk. En toe hy onder by die hek uitry, het sy
    10        daar gestaan: die ene lyf.
    11          Nou voel dit asof ŉ koue vrees hom wil laat omkantel.
    12        Hy word bewus van sweet op sy voorkop soos een wat koors kry. Al wat hy
    13        van haar kan onthou, is haar oë. Toe hy klaar was, het hy ŉ rol note uit sy
    14        sak gehaal. “Wat is jou naam?”
    15          “Veronica, meneer.” Sy het met bang oë na hom gekyk.
    16          “Ek wil nooit weer hiervan hoor nie.”
    17          “Nee, meneer.”
    18        Maar hy het weer van haar gehoor.
    19        Hoe de hel kon hy weet haar pa werk vir Jacob Langhans van alle mense?
    20          Shit!

6.1          Waarom het Jannerik Kinnie se geld by die fabriek gaan haal?                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            12                       DBE/November 2012
                                               NSS

6.2       Kies die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en die letter
          (A–D) neer.

          “Die naam Veronica slaan vir Fred Blankenberg teen die kop” (reël 4) beteken
          Fred was ... toe hy die naam gehoor het.

          A       geskok
          B       ongelukkig
          C       teleurgesteld
          D       verbaas                                                                       (1)

6.3       Wat suggereer die woorde: “Die wêreld het meteens vir hom baie klein
          geword”? (Reëls 6–7)                                                                  (1)

6.4       Fred het die misbruik van Veronica net as ŉ saketransaksie beskou.

          6.4.1       Dui aan of hierdie stelling WAAR of ONWAAR is.                            (1)

          6.4.2       Motiveer jou antwoord op VRAAG 6.4.1.                                     (1)

6.5       Gee EEN woord om Fred se houding in reël 16 te beskryf.                               (1)

6.6       Wat het die volgende persone gedoen toe hulle gehoor het wat Fred aan
          Kinnie gedoen het?

          6.6.1       Skalla                                                                    (1)

          6.6.2       Sheila                                                                    (1)

6.7       Hoekom, dink jy, was Fred se optrede teenoor Kinnie verkeerd? Gee TWEE
          redes vir jou antwoord.                                                               (2)

6.8       Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer
          en die antwoord neer.

          Fred was ontrou aan sy vrouens, want hy was ŉ (vrouehater/vrouejagter).               (1)

6.9       Kies elke keer 'n naam uit KOLOM B om by die stelling in KOLOM A te pas.
          Skryf slegs die vraagnommer (6.9.1–6.9.4) en die letter (A–E) neer.

                                 KOLOM A                               KOLOM B
          6.9.1       Sy het Fred van Janka vertel.             A      Sheila

          6.9.2       Sy was Fred se eerste vrou.               B      Elsabet

          6.9.3       Fred het ŉ verhouding met haar in die     C      Ryna
                      Kaap gehad.
                                                                D      Jackie
          6.9.4       Fred het na sy eerste vrou se dood met
                      haar getrou.                              E      Doreen
                                                                                 (4 x 1)   (4)
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           13                           DBE/November 2012
                                              NSS

6.10      Toe Fred die waarheid oor Janka se geboorte hoor, het hy belowe dat Janka
          altyd op hom sou kon staatmaak vir hulp.

          6.10.1     Waarom kon ŉ mens vir Fred respekteer vir hierdie belofte wat hy
                     gemaak het?                                                                   (1)

          6.10.2     Dink jy dit sou beter vir Janka gewees het om by Fred te bly?
                     Motiveer jou antwoord.                                                        (1)

6.11      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          vraagnommer en die letter (A–D) neer.

          Na Janka se ongeluk het ... besluit dat Fred moes weet dat Janka sy kind
          was.

          A     Jannerik
          B     Jacob
          C     Skalla
          D     Ryna                                                                               (1)

Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 1            “Wat is dit, ant Ousanna?” Sy hoop nie dis ŉ lang storie nie.
 2            “Jy is veertig jaar oud vandag,” sê Ousanna in die lug in.
 3            Doreen dek die paar borde van die ontbyttafel af, want sy is te haastig om stil
 4          te staan. “Ja, ant Ousanna. Ek word nie jonger nie.”
 5            “Ek wil maar net sê, Doreen, dat partykeer gebeur dit in ŉ vrou se lewe ... dat
 6          sy iemand ontmoet wat haar oë, haar stem ... haar hele gelaat laat gloei.”
 7            Doreen se hande word stil in die wasbak. “Waarvan praat ant Ousanna tog?”
 8            Ant Ousanna kan tog partymaal sommer ŉ gedagte uit die lug uit gryp.
 9            “Jy weet waarvan ek praat. Blus hom, my kind. Nou. Terwyl die vlam nog net
 10         ŉ vonk is.”
 11           Doreen kyk haar ontsteld aan. ŉ Oomblik lank is sy lus om ŉ verskriklike ding
 12         vir die ou vrou te sê. Maar Donavan kom in. “Ons moet ry, Mammie.”
 13           Sy soengroet ant Ousanna en voel die stramheid in die ou vrou se skouers
 14         aan.
 15           “Ant Ousanna is verniet begaan,” sê sy sag. Maar sy weet die ou vrou glo
 16         haar nie.

6.12      Doreen het na haarself as “die onbesproke juffrou Bindeman” verwys.

          Wat sê hierdie woorde van Doreen se karakter?                                            (1)

6.13      Hoekom het Doreen die oggend van haar veertigste verjaarsdag so ontevrede
          met haar lewe gevoel?                                                                    (1)

6.14      Wie is die “iemand” wat Doreen ontmoet het wat haar “hele gelaat laat gloei”
          het? (Reël 6)                                                                            (1)

6.15      Watter emosie spreek uit Doreen se hande wat “stil (word) in die wasbak”?
          (Reël 7)                                                                                 (1)
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           14                           DBE/November 2012
                                              NSS

6.16      Wat het ant Ousanna bedoel toe sy vir Doreen gesê het: “Blus hom, my kind.
          Nou. Terwyl die vlam nog net ŉ vonk is”? (Reëls 9–10)                                    (1)

6.17      Wat het Doreen besef toe sy vir ant Ousanna “ontsteld” aangekyk het?
          (Reël 11)                                                                                (1)

6.18      Doreen het gelieg toe sy gesê het ant Ousanna is verniet bekommerd.

          6.18.1      Dui aan of hierdie stelling WAAR of ONWAAR is.                               (1)

          6.18.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 6.18.1.                                       (1)

6.19      Vertel in DRIE sinne wat op Doreen se veertigste verjaarsdag by die skool
          gebeur het wat amper haar hele lewe verander het.                                        (3)

6.20      Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.
          Skryf slegs die vraagnommer (6.20.1–6.20.4) en die antwoord neer.

                goed; kalm; jammer; woedend; ongeërg; hartseer; roekeloos; bly

          Die insident by die skool het Doreen laat besef dat sy in ŉ oomblik van
          waarheid (6.20.1) ... opgetree het. Tog was sy (6.20.2) ... toe sy en Donavan
          later huis toe gery het. Sy kon nie anders as om (6.20.3) ... te voel oor dít wat
          by die skool gebeur het nie. Sy het geweet dat as haar man hiervan moes
          uitvind, hy (6.20.4) ... sou gewees het.                                                 (4)

6.21      Doreen het na hierdie insident by die skool ŉ groot opoffering ten opsigte van
          haar loopbaan gemaak. Watter opoffering het sy gemaak?                                   (1)

6.22      Watter aanduiding was daar dat Doreen (na die opoffering in VRAAG 6.21)
          haar tyd by die huis goed gebruik het?                                                   (1)
                                                                                                   [35]

                                                                 TOTAAL AFDELING A:                 35

                                             OF

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          15                          DBE/November 2012
                                             NSS

AFDELING B: DRAMA

BEANTWOORD ÓF DIE OPSTELVRAAG ÓF DIE KONTEKSTUELE VRAAG.

VRAAG 7: OPSTELVRAAG

POPPIE, DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé

In die drama is daar drie mans wat ŉ rol in Poppie se lewe gespeel het.

Skryf ŉ OPSTEL (250–300 woorde) waarin jy vertel van die volgende:

•     Stone se rol in Poppie se lewe
•     Jakkie se rol in Poppie se lewe
•     Bonsile se rol in Poppie se lewe

Jou opstel moet ŉ inleiding en ŉ slot hê.                                                        [35]

                                            OF

VRAAG 8: KONTEKSTUELE VRAAG

POPPIE, DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé

Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 1          PLANK. Sy het vir Ouma vertel dat die pa van haar kinders in die oorlog
 2            afgedood het.
 3          MAMA. Maar hy was nog nooit ŉ pa vir my kinders gewees nie – vir hom het
 4            ek nie trane nie. Kom, Poppie.
 5          MOSIE. Poppie is daarna saam met ma Lena na Lambertsbaai toe waar ma
 6            Lena werk gekry het by die visfabriek. (Hy kyk om te sien of Poppie nie
 7            hoor nie – sy word altyd kwaad as daar van Mbatane gepraat word!)
 8            Daar het sy ŉ nuwe pa gekry!
 9          POPPIE. Hy was nooit my pa nie! (Sy het tog wel gehoor: Kwaai aan
 10           Mosie.) Maar ek het nooit van hom gehou nie! (Aan gehoor:) Ek het vir
 11           hom gesê oom. Dan word hy kwaad. Toe sê ek vir hom oom Mbatane,
 12           want sy Xhosa-naam was Mbatane. Later het Plank vir hom gesê bhuti –
 13           soos mens vir ŉ ouer mens sê, toe begin ek vir hom ook so sê. Maar ek
 14           het nooit vir hom Pa gesê nie. Tot vandag toe.
 15         MOSIE. Au, Sisi! (Terg haar totdat sy begin saamspeel.)

8.1        Op watter dorp het Poppie tot haar negende jaar gewoon?                               (1)

8.2        Ouma Hannie het ŉ groot rol in Poppie se opvoeding gespeel.

           8.2.1      Waarom moes Poppie van haar babadae af by haar ouma woon?                  (1)

           8.2.2      Wat het ouma Hannie vir Poppie geleer wat haar later, toe sy met
                      Stone getrou het, gehelp het?                                              (1)

           8.2.3      Watter kompliment, lank na ouma Hannie se dood, het Stone vir
                      Poppie se ouma gegee?                                                      (1)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2             16                          DBE/November 2012
                                                NSS

8.3       Ouma Hannie was baie streng met haar kleinkinders.

          8.3.1       Watter gedrag het sy nie toegelaat nie?                                       (1)

          8.3.2       Hoe het sy gewys dat sy nie van daardie gedrag gehou het nie?                 (1)

8.4       Watter aanduiding is daar in die drama dat ouma Hannie ...

          8.4.1       godsdienstig was?                                                             (1)

          8.4.2       trots op haar taal was?                                                       (1)

8.5       Noem DRIE ooreenkomste tussen Poppie se lewe en haar ouma se lewe.                        (3)

8.6       Waarom kon Poppie tydens die sestigerjare nie so vry rond beweeg soos
          ouma Hannie in haar lewe nie?                                                             (1)

8.7       Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer
          en die antwoord neer.

          Poppie en haar broers het gedurende hulle kinderjare (tyd in die natuur
          deurgebring/deelgeneem aan protesaksies).                                                 (1)

8.8       Waarom het Poppie en haar broers as kinders net Afrikaans gepraat?                        (1)

8.9       Poppie het op Lambertsbaai skoolgegaan.

          8.9.1       Dui aan of hierdie stelling WAAR of ONWAAR is.                                (1)

          8.9.2       Motiveer jou antwoord op VRAAG 8.9.1.                                         (1)

8.10      Kies elke keer 'n persoon in KOLOM B om by die stelling in KOLOM A te pas.
          Skryf slegs die vraagnommer (8.10.1–8.10.4) en die letter (A–E) neer.

                                     KOLOM A                              KOLOM B
          8.10.1      Hy het op vyftienjarige ouderdom op       A   Veleli
                      die skuite begin werk.
                                                                B   Hoedjie
          8.10.2      Hy het vir Poppie skoolliedjies geleer.
                                                                C   Jakkie
          8.10.3      Hy wou altyd die tydskrif Jongspan vir
                      homself hou.                              D   Mosie

          8.10.4      Hy was Poppie se gunstelingboetie.        E   Plank
                                                                                     (4 x 1)        (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           17                         DBE/November 2012
                                              NSS

8.11      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          vraagnommer en die letter (A–D) neer.

          Toe Poppie dertien jaar oud was, het sy as ... gaan werk.

          A        skoonmaker
          B        huisbediende
          C        kantoorwerker
          D        kinderoppasser                                                                (1)

8.12      Dink jy Poppie het genoeg tyd gehad om haar kinderjare te geniet? Gee
          TWEE redes vir jou antwoord.                                                           (2)

Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 1         OU MAN. Poppie is klaar vyftien en haar lyf is vol. (Praat direk met Mama.)
 2         MAMA. Poppie ... jy moet begin dink aan trou.
 3         POPPIE. Wil Mama hê ek moet ja sê vir hierdie ou manne wat kom vra vir
 4           my? Ga ... ek soek nie die ou manne nie! (Aan gehoor:) Maar toe
 5           ontmoet ek nou hierdie man van my met wie ek toe mee getroud is.
 6           (Stone beweeg nader na Poppie.) Ek het regtig nie eers van hom gehou
 7           nie, want hy het van Herschel, in die Ciskei gekom, hy het vir sy oudste
 8           boetie, Witbooi, kom kuier en nou kry hy werk in die fabriek as boilerman.
 9           Ek sien hom in die fabriek, maar ek het nooit met hom gepraat nie.
 10        MOSIE. Stap saam met ons na bhuti Witbooi se huis toe, Poppie. Sy jonger
 11          boetie kuier by hom.
 12        HOEDJIE. Sy naam is Stone, maar hulle sê sommer vir hom ou Klip.
 13        PLANK. Hulle sê hy’t klaar ŉ ogie op jou ...
 14        POPPIE. Ek is nie lus nie. Ek is nie gewoond aan die mense wat van die
 15          land af kom nie. (Aan gehoor:) Maar toe begin hy briefies aan my skrywe,
 16          so skelm-skelm. Ek was toe sestien.

8.13      Kies die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en die letter
          (A–D) neer.

          Poppie se familie het ingestem dat Poppie en Stone kon trou toe ...

          A        hulle gehoor het dat Stone Afrikaans gepraat het.
          B        Stone gesê het dat Plank die strooijonker kon wees.
          C        hulle agtergekom het dat Stone en Poppie mekaar liefgehad het.
          D        Stone bereid was om binne ŉ jaar die lobola te betaal.                        (1)

8.14      Poppie het haar man na die geboorte van haar seun steeds Stone genoem.

          8.14.1      Dui aan of die stelling WAAR of ONWAAR is.                                 (1)

          8.14.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 8.14.1.                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           18                            DBE/November 2012
                                              NSS

8.15      Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.
          Skryf slegs die vraagnommer (8.15.1–8.15.4) en die antwoord neer.

              melkery; dammetjie; stene; eenkamerhuis; munisipaliteit; sinkplaat;
                                  tuintjie; dubbelverdieping

          Poppie en Stone het aan die begin lekker in Lambertsbaai gewoon. Stone het
          vir hulle ŉ erf van die (8.15.1) ... gekry. Hy het vir hulle op hierdie erf ŉ
          (8.15.2) ... gebou. Hulle huis was gerieflik, al was dit van (8.15.3) ... en plank
          gebou. Daar was selfs ŉ (8.15.4) ... voor die huis.                                       (4)

8.16      Op watter dorp het Poppie gewoon toe Stone dood is?                                       (1)

8.17      Waarom is Poppie se huwelik ŉ motoriese moment in hierdie drama?                          (1)

8.18      Waarom, dink jy, was dit belangrik dat Poppie se kinders moes skoolgaan?                  (1)

8.19      Hoekom sal hierdie drama vrouens kan inspireer?                                           (1)

8.20      Bonsile beteken “iets het reggekom”. Dink jy Poppie het ŉ rede gehad toe sy
          haar oudste seun hierdie naam gegee het? Motiveer jou antwoord.                           (1)
                                                                                                    [35]

                                            OF

VRAAG 9: OPSTELVRAAG

PALJAS – Chris Barnard

Nadat Manuel en die sirkus op Toorwater aangekom het, het Willem vir Manuel
ontmoet. Só het Manuel deel van Willem se lewe geword en het later ook ŉ vriendskap
met Hendrik begin.

Skryf ŉ OPSTEL (250–300 woorde) waarin jy vertel van die volgende:

•   Manuel se aankoms en eerste ontmoeting met Willem op Toorwater
•   Manuel se rol in Willem se lewe
•   Die vriendskap wat tussen Manuel en Hendrik ontwikkel het

Jou opstel moet ŉ inleiding en ŉ slot hê.                                                           [35]

                                             OF

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         19                           DBE/November 2012
                                            NSS

VRAAG 10: KONTEKSTUELE VRAAG

PALJAS – Chris Barnard

Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 1         Die nar kom deur die veld aangestap. Hy dra Willem se fiets oor sy skouer,
 2         en in sy los hand die fietsketting. Die ketting het gebreek. Hy het nog
 3         dieselfde mondering aan as die oggend in die kerk, maar sy grimering is al
 4         erg verniel.
 5         Die nar gaan staan skielik. Want iewers was die klapgeluid van ŉ
 6         geweerskoot. Die ouderling staan op die hoek van die skuur met sy geweer
 7         nog aan sy skouer. Dis hy wat geskiet het. ŉ Paar henne kekkel verskrik.
 8         Sakkie du Toit kom om die hoek.
 9         SAKKIE: Wat is dit?
 10        OUDERLING BOTHMA: Ek dag ek sien iets beweeg.
 11        SAKKIE: Jy moenie sommer skiet nie, man. Nou’t jy die hele wêreld wakker.
 12        Nollie en Emma hang by die sitkamervenster uit.
 13        NOLLIE: Hier’s moeilikheid. (Hy klouter deur die venster buite toe.)
 14        EMMA: Nollie wag!
 15        NOLLIE: Jou pa is daar ...
 16        Die nar staan en kyk na die McDonald-werf. Hy is omtrent driehonderd meter
 17        van die huis af, half agter die bome. Hy sien Nollie oor die werf hardloop in
 18        die rigting van die skuur, en Katrien wat by die wasgoeddraad staan en roep
 19        na Willem. Dan begin sy hardloop.

10.1      Wat het die dominee tydens sy huisbesoek gesê wat Willem ontstel het?                  (1)

10.2      Hoekom het die ouderling en Sakkie du Toit die nar juis by die skuur gaan
          soek?                                                                                  (1)

10.3      Hendrik het geweet wie die hanswors was van wie die ouderling gepraat het.

          10.3.1     Dui aan of die stelling WAAR of ONWAAR is.                                  (1)

          10.3.2     Motiveer jou antwoord op VRAAG 10.3.1.                                      (1)

10.4      Noem TWEE skinderstories wat die dorpsmense oor Willem vertel het.                     (2)

10.5      Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer en
          die antwoord neer.

          Toe die mans op die nar geskiet het, was hulle nie bang vir die gevolge nie,
          want hulle het geglo dat (hulle die gemeenskap sou red/die dominee aan hulle
          kant was).                                                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          20                           DBE/November 2012
                                             NSS

10.6      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          vraagnommer en die letter (A–D) neer.

          Thys Briekman het vir Emma gevra waar die nar was en was sarkasties toe hy
          gevra het of ...

           A    Emma gedink het haar klavierspel sou hulle aandag aftrek.
           B    die nar moontlik in een van die kaste weggekruip het.
           C    sy ook gedink het dat die nar glad nie bestaan nie.
           D    sy ook stom was en haar tong ook afgesny was.                                     (1)

10.7      Wie het die nar geskiet?                                                                (1)

10.8      Hoe het Willem aan Hendrik verduidelik wie die nar was? Noem TWEE feite.                (2)

10.9      Wat het Hendrik gedoen nadat Willem verduidelik het wie die nar was?                    (1)

10.10     Hoekom het Willem nie aan die begin vir sy ouers van die nar in die skuur
          vertel nie?                                                                             (1)

10.11     Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf
          slegs die vraagnommer (10.11.1–10.11.4) en die antwoord neer.

                  onttrek; luister; toor; aanvaar; stry; baklei; kommunikeer; kyk

          Die nar se paljas het baie mense positief beïnvloed. Manuel het vir Willem
          geleer (10.11.1) ... Emma het Nollie begin (10.11.2) ... Hendrik en Katrien het
          weer na mekaar begin (10.11.3) ... Die McDonald-gesin het weer met mekaar
          begin (10.11.4) ...                                                                     (4)

Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 1          MANUEL (wys nee): Dis Willem s’n. Hy moet leer om dit te
 2          speel. (Tot Willem.) Onthou nè, jy’t belowe. Oefen daardie
 3          paar drukke wat ek jou gewys het. (Tot Hendrik.) Hy gaan die
 4          ding leer speel, en hy gaan aanhou glimlag.

 5              Die trein begin trek.

 6          HENDRIK: Gou hier’s nog. (Hy gee iets aan en Manuel gryp.)
 7          Al jou toorgoed.

 8              Hulle lag.
 9              Die trein ry.

 10         Almal staan en waai.
 11         Willem hardloop al langs Manuel se venster en waai.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2              21                          DBE/November 2012
                                                 NSS

 12         Katrien en Emma is besig om aan te trek. Katrien het ŉ mooi
 13         rok aan wat sy voor die spieël staan en bekyk. Die rok se kleur
 14         pas presies by die blou oorkrabbers.

 15         KATRIEN: Jong, lyk ek nie bietjie soos ŉ tert nie?
 16         EMMA: Ma kan nie soos ŉ tert lyk nie, al smeer ons Ma vol jam.
 17         KATRIEN: Maar dis bietjie oop hierso. (Sy wys vaagweg bo
 18         langs.)
 19         EMMA: Ag, Ma!
 20           Daar is ŉ klop aan die deur.

 21         HENDRIK: Kan ek inkom?
 22           Maar hy kom in sonder toestemming – en steek vas.
 23           Hy het ŉ das en baadjie en wit langbroek aan.

 24         HENDRIK: Demmit, maar jy’s mooi!
 25         KATRIEN (uit die veld geslaan): Dankie!

10.12     Manuel het besluit om permanent op Toorwater te bly.

          10.12.1       Dui aan of die stelling WAAR of ONWAAR is.                                   (1)

          10.12.2       Motiveer jou antwoord op VRAAG 10.12.1.                                      (1)

10.13     Noem DRIE maniere waarop die McDonalds Manuel versorg het nadat hy
          geskiet is.                                                                                (3)

10.14     Waarom was Hendrik kwaad oor die blou oorkrabbers wat Katrien gekoop het?                  (1)

10.15     Waarheen was die gesin in hierdie uittreksel op pad met hulle deftige klere?               (1)

10.16     Kies elke keer 'n persoon uit KOLOM B wat die woorde in KOLOM A gesê het.
          Skryf slegs die vraagnommer (10.16.1–10.16.4) en die letter (A–E) neer.

                                 KOLOM A                              KOLOM B
          10.16.1       “Vanaand is die aand wat die manne      A    Willem
                        vuis slaan oor jou!”
                                                                B    Sakkie
          10.16.2       “Dis al wat ons doen heeltyd. Ons
                        maak of niks gebeur het nie.”           C    Emma

          10.16.3       “Ons het maar net kom sê ons is         D    Hendrik
                        jammer oor daardie spul. Dit was nie
                        nodig nie.”                             E    Frans

          10.16.4       “Jy’t gesê lag is beter as huil.”
                                                                                       (4 x 1)       (4)

10.17     Hoekom, dink jy, was Katrien so verbaas toe Hendrik vir haar gesê het dat sy
          mooi is?                                                                                   (1)
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         22                          DBE/November 2012
                                            NSS

10.18     Kies die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en die letter
          (A–D) neer.

          Manuel het sy ... vir Willem gegee as bewys van die hoop vir die toekoms.

          A     toorgoed
          B     paljas
          C     trekklavier
          D     konsertina                                                                      (1)

10.19     Hoe het Hendrik teenoor die dorpsmense opgetree toe hulle na die eiergooiery
          op Toorwater aangekom het?                                                            (1)

10.20     Emma het na die Volstruisdans vir haar ouers gesê: “Ons gaan nooit weer
          maak of niks gebeur het nie, Pa. Ons gaan oor als praat. Al maak dit hoe seer.”

          Hoe, dink jy, gaan dit die McDonalds help as hulle oor hulle probleme praat?          (1)

10.21     Wat simboliseer die treine in hierdie drama?                                          (1)

10.22     Hoe, dink jy, was die verhouding tussen die McDonalds en die dorpsmense na
          die Volstruisdans?                                                                    (1)

10.23     Die drama eindig met Willem wat bo-op die windpomp sit. Motiveer waarom dit
          ŉ effektiewe slot is.                                                                 (1)
                                                                                                [35]

                                                                TOTAAL AFDELING B:              35

                                            OF

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          23                          DBE/November 2012
                                             NSS

AFDELING C: KORTVERHALE

STORIEJOERNAAL

BEANTWOORD ÓF DIE OPSTELVRAAG ÓF DIE KONTEKSTUELE VRAAG.

VRAAG 11: OPSTELVRAAG

Die storie van Piet se oupa – AH de Vries

Die lewe van Piet se oupa was interessant!

Skryf ŉ OPSTEL (250–300 woorde) waarin jy vertel van die volgende:

• Oupa se tagtigste verjaarsdagpartytjie
• Die vrouens in Oupa se lewe
• Wat die dag gebeur het toe Oupa in die hospitaal beland het

Jou opstel moet ŉ inleiding en ŉ slot hê.                                                         [35]

                                               OF

VRAAG 12: KONTEKSTUELE VRAAG

Rooi kombersie – Rachelle Greeff

Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 1        Lila se ma het die kombers destyds vir haar in Port Elizabeth gekoop, die
 2        vakansie voor sy universiteit toe is in die Boland. Hulle het gewoon op ŉ dorp
 3        in die Groot-Karoo waar haar stiefpa, oom Kakie, ŉ klerewinkel gehad het.
 4        Hulle huis was vas aan die winkel. Daardie vakansie in Port Elizabeth het
 5        hulle nóg universiteitsgoed gekoop, maar dis net die kombers wat sy onthou.
 6        Aan die einde van Lila se eerste jaar op universiteit is sy vir die
 7        somervakansie huis toe. Sy moes haar deel van die dubbelkoshuiskamer,
 8        waar die kombers heeljaar op haar bed gelê het, ontruim. Alles is in die
 9        bagasiebak van die Rambler Rogue (wat oom Kakie net ŉ maand tevore op
 10       Springfontein in die Vrystaat gaan koop het) saam terug Karoo toe. Die
 11       kombers het langs haar op die agtersitplek gelê. In sy voue, versteek vir haar
 12       ma en oom Kakie, was die jaar se verrassings, die skrik, die nuwe, vreemde
 13       drome. Sy sou nog besluit wat sy met hulle sou deel.

12.1      Hoe lank het Lila al hierdie rooi kombersie gehad?                                      (1)

12.2      Hoe weet ons dat Lila moeite gedoen het om hierdie kombersie goed op te
          pas? Noem TWEE feite.                                                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [NSC 2012 Afrikaans FAL P1 Nov 2012](https://www.hlayiso.com/library/nsc-2012-afrikaans-fal-p1-nov-2012/e8af00e3-e471-4554-a408-05270a9ae292) — Afrikaans FAL · QP · 2012 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2012](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2012/190ede23-fea1-42f9-8a0c-bd0d60c85998) — Afrikaans FAL · QP · 2012 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2021/da02e74c-b98c-4a0b-ad99-7fee322675fd) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2020/f4a85505-bf3c-4d21-9f1a-4ba27be67400) — Afrikaans FAL · QP · 2020 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2017/ee064d8b-979d-4573-8a64-e27394400145) — Afrikaans FAL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2012 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2012-memo/2e465f59-92cb-4184-b97a-93e2e8571cbd) — Afrikaans FAL · Memo · 2012 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
