# Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC November 2013 Memo

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 memorandum from the NSC November Exam 2013, 36 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2013-memo/f2c59dc0-47f2-47b1-9662-b5b6b041a380
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2013
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 36

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC November 2013 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2013-memo/f2c59dc0-47f2-47b1-9662-b5b6b041a380)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC November Exam · 2013 · Afrikaans. Memorandum, 36 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

                                  NOVEMBER 2013

                                   MEMORANDUM

PUNTE: 70

                      Hierdie memorandum bestaan uit 36 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2             2                         DBE/November 2013
                                          NSS – Memorandum

INHOUDSOPGAWE

Kies TWEE afdelings.

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord net EEN vraag.
            VRAAGNOMMER                         VRAAG            PUNTE         BLADSYNOMMER
1.     Kringe in ŉ Bos                     Opstelvraag          35 punte             4
                                             OF
2.     Kringe in ŉ Bos                     Kontekstuele vraag   35 punte                5
                                             OF
3.     Die ongelooflike avonture van       Opstelvraag          35 punte
       Hanna Hoekom                                                                     8
                                             OF
4.     Die ongelooflike avonture van       Kontekstuele vraag   35 punte
       Hanna Hoekom                                                                    10
                                             OF
5.     Meeulanders                         Opstelvraag          35 punte               12
                                             OF
6.     Meeulanders                         Kontekstuele vraag   35 punte               13
                                              OF
AFDELING B: DRAMA

Beantwoord net EEN vraag.
7.     Poppie, die drama                   Opstelvraag          35 punte               16
                                             OF
8.     Poppie, die drama                   Kontekstuele vraag   35 punte               18
                                             OF
9.     Paljas                              Opstelvraag          35 punte               21
                                             OF
10.    Paljas                              Kontekstuele vraag   35 punte               22
                                              OF
AFDELING C: KORTVERHALE

Beantwoord net EEN vraag.
11.    Agter ŉ baard                       Opstelvraag          35 punte               25
                                             OF
12.    Die storie van Piet se oupa         Kontekstuele vraag   35 punte               27
                                              OF
AFDELING D: GEDIGTE

Beantwoord die vrae oor enige TWEE van die gedigte.
13.    Brief                               Kontekstuele vraag   17½ punte              30
                                             OF
14.    Die hanswors                        Kontekstuele vraag   17½ punte              31
                                             OF
15.    things that go bump in the night    Kontekstuele vraag   17½ punte              33
                                             OF
16.    Wie’s Hy?                           Kontekstuele vraag   17½ punte              34

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2              3                          DBE/November 2013
                                           NSS – Memorandum

                                       NASIENRIGLYNE
•      As ŉ kandidaat in AFDELING A, B en C altwee die vrae beantwoord het, word net die eerste
       vraag per afdeling nagesien en ŉ streep word deur die tweede vraag getrek. Die eerste twee
       AFDELINGS word nagesien. (Die kandidate mag nie die opstelvraag en die kontekstuele vraag
       oor dieselfde genre beantwoord nie.)

•      As ŉ kandidaat meer as twee gedigte in AFDELING D beantwoord het, word die eerste twee
       gedigte nagesien. Trek ŉ streep deur die laaste (twee) gedig(te).

•      As ŉ kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd, maar die tweede
       antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die tweede antwoord word geïgnoreer.
       Sien met ander woorde die eerste antwoord na.
•      As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die memorandum nagesien.
•      As ŉ spelfout die betekenis van die antwoord beïnvloed, word die antwoord as verkeerd
       aangedui. As die spelling nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie, word die antwoord
       as korrek beskou.
•      By aanhalings word spelfoute en leestekenfoute nie gepenaliseer nie, maar woordorde moet
       korrek wees. Woorde mag nie ingevoeg of uitgelaat word nie.
•      Opstelvraag: As die opstel korter as die verlangde lengte is, word die kandidaat nie
       gepenaliseer nie omdat die kandidaat hom-/haarself gepenaliseer het.

•      As die opstel te lank is, laat ŉ oorskryding van ŉ maksimum van 50 woorde toe en ignoreer die
       res van die opstel.

•      Kontekstuele vrae: As ŉ kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar ŉ vraag dit vereis nie,
       word die kandidaat nie gepenaliseer nie.

•      By die nasien van die opstel word die punte soos volg aangedui:
         Kode I:       punt
         Kode T+S: punt
         Totaal: 35

•      Halwe punte word as heel punte oorgedra na die voorblad. Indien die kandidaat volpunte vir
       gedigte kry, word punte oorgedra as 18 en 17 om 35 (totaal) te kry. Indien ŉ kandidaat
       byvoorbeeld 6½ en 7½ kry, word punte oorgedra as 7 en 8.

•      By oop vrae verdien die rede/motivering die punt. GEEN punt word toegeken vir JA/NEE/
       EK STEM SAAM/EK STEM NIE SAAM NIE. Kandidate hoef nie laasgenoemde te skryf indien
       die motivering JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE SAAM NIE insluit/impliseer nie.
       As JA/NEE gestel is, moet motivering daarby aansluit om die punt te verdien.

•      By vrae wat WAAR/ONWAAR vereis, word JA/NEE nie aanvaar nie.
       Nasien van WAAR/ONWAAR:
       - WAAR/ONWAAR is KORREK =  plus die rede/motivering/aanhaling is KORREK = 
       - WAAR/ONWAAR is KORREK =  maar die rede/motivering/aanhaling is VERKEERD = x
       - WAAR/ONWAAR is VERKEERD = x, ongeag of dit die KORREKTE rede/ motivering/
          aanhaling is = x
       - WAAR/ONWAAR is KORREK, maar motivering ontbreek = x

•      Indien die kandidaat antwoorde gee met Engelse woorde in, druk die woord toe en kyk of dit die
       antwoord beïnvloed. Indien nie, sien die antwoord na.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          4                       DBE/November 2013
                                       NSS – Memorandum

AFDELING A: ROMAN

VRAAG 1: OPSTELVRAAG

KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee

Sien aangehegte rubriek
By die nasien van hierdie opstel maak die memorandum vir soveel moontlike feite
voorsiening. Die kandidate hoef nie al die feite te voorsien nie. Laat ruimte vir
alternatiewe, toepaslike feite. Die kandidaat moet in sy/haar antwoord verwys na AL
drie die aspekte wat by elke vraag onder die verskillende koeëlpunte gegee word.

INLEIDING: Die kandidaat lei die opstelvraag sinvol in.

LIGGAAM:
Maska as hart-broer
• Maska het Saul geleer om die Bos te bewaar.
• Maska het aan Saul verduidelik waarom Oupoot altyd in die omgewing was as iets
  belangriks met Saul gebeur het.
• Maska het vir Saul geleer dat Oupoot vir Saul as mens-broer aangeneem het.
• Maska het ook sake vir Saul in perspektief geplaas soos dat Oupoot vir Saul
  Meulbos toe gelei het om die verwoesting vir hom te wys.
• Maska het vir Saul ingelig gehou oor die verwoesting in die Bos toe Saul in die dorp
  gebly het.
• Maska het vir Saul kom vertel van Jozef se kind se dood.
• Maska het vir Saul ingelig dat Freek Terblans gevra is om Oupoot te kom skiet.
• Maska het vir Saul gepleit toe die Bosmense teen Saul was.
• Maska het altyd seker gemaak dat Saul geweet het van belangrike gebeurtenisse
  soos bv. sy pa se dood.
• Maska het vir Saul vertel dat Joram, sy pa, altyd navraag oor Saul gedoen het.
• Maska was ongelukkig oor die vervreemding tussen Saul en sy broer, want Maska
  het gevoel dat hulle mekaar nodig gehad het.
• Maska was Saul se vertroueling; daarom het hy vir Maska gevra om Kate aan die
  einde te roep.
• Maska het op Saul se gevoel gespeel oor sy verantwoordelikheid teenoor die Bos,
  bv. dat Saul die Bos moes beskerm.

MacDonald as werkgewer
• MacDonald het vir Saul werk gegee toe Saul veertien jaar oud was.
• MacDonald het Saul sleg behandel deur hom soos ŉ slaaf te laat werk.
• MacDonald het Saul min betaal en (die) geld afgetrek vir Saul se pa se skuld.
• MacDonald het sy magsposisie gebruik om Saul te manipuleer.
• MacDonald het hom onregverdig behandel en het onnodig geld van sy salaris
  afgetrek, byvoorbeeld omdat hy kwansuis te lank na die skepe gestaar het.
• MacDonald het vir Joram voor Saul verneder deur hom te laat smeek om hulle kos
  op skuld te kon koop/vir ŉ "goodfor".
• MacDonald het vir Saul van die skewe sirkel geleer.
   - Saul het gesien hoe MacDonald die houtkappers uitgebuit het deur hulle elke
      keer te min vir die hout te betaal.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2             5                      DBE/November 2013
                                          NSS – Memorandum

•     MacDonald het gespog oor die eersteklas hout wat hy ingekry het, maar Saul het
      geweet dat hy net die minimum daarvoor betaal het.
•     MacDonald het Saul saam met Patterson Bos toe gestuur om goud te soek en so
      het Saul baie oor gouddelf geleer.
•     MacDonald was onbewustelik ook verantwoordelik vir Saul se finansiële sukses.
•     MacDonald het vir Saul en Kate uit mekaar probeer hou toe hy agtergekom het
      dat Kate skelmpies vir Saul in die skuur, waar Saul as werknemer gehuisves was,
      besoek het.
•     MacDonald het op Saul en die houtkappers neergesien. Hy wou Kate beïnvloed
      om dieselfde houding teenoor Saul en die houkappers te hê deur haar te straf.
      Kate moes vyfhonderd keer uitskryf dat houtkappers en hulle kinders wild en vuil
      was.
•     MacDonald se onmenslike optrede teenoor Arend het daartoe gelei dat Saul sy
      werk by MacDonald verlaat het.
       - MacDonald het nie vir Arend toegelaat om in die skuur te bly nie.

Abraham Steyn as leermeester
• Abraham Steyn was in die begin onwillig om vir Saul werk te gee, maar later het hy
  groot waardering vir Saul se werk gehad.
• Abraham Steyn het Saul geleer om meubels te maak.
• Abraham Steyn het vir Saul rigting in sy lewe gegee; hierdeur het Saul besluit om
  sy eie onderneming te begin.
• Abraham Steyn het Saul gehelp om volwaardig mens te word.
   - Abraham het Saul se goeie vakmanskap erken.
   - Abraham het Saul groter verantwoordelikhede gegee.
   - Abraham Steyn en sy vrou het Saul met groot respek en as gelyke behandel.
• Abraham was tevrede met Saul se werk en dit het selftrots by Saul laat ontwikkel.

SLOT: Die stelling word sinvol saamgevat en afgesluit.                                          [35]

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee

2.1       Die Bos/Meulbos/In daardie deel van die Bos wat Saul sleg geken het/In die
          mis.                                                                                  (1)

2.2       • MacDonald het gesê Patterson was ŉ voëlkenner/wou die loeries
            bestudeer.
          • MacDonald het gesê dat Patterson klippe versamel het.
            (Enige EEN)                                                                         (1)

2.3       •   Patterson was ŉ prospekteerder.
          •   Patterson het goud gedelf.
              (Enige EEN)                                                                       (1)

2.4       •   B
          •   B Saul die Bos goed geken het.
          •   Saul die Bos goed geken het.
              (Enige EEN)                                                                       (1)
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
 Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2              6                    DBE/November 2013
                                            NSS – Memorandum

2.5       •    MacDonald wou ŉ goudmaatskappy stig.
          •    MacDonald wou die goud in die hande kry (voordat die delwers dit
               agtergekom het).
          •    MacDonald sou Patterson as vennoot in die maatskappy aanstel.
               (Enige EEN)                                                                      (1)

2.6       Patterson was bang vir die mis.
          (EEN rede)                                                                            (1)

2.7       Ja.
          • Patterson het ŉ vrees vir die mis gehad.
          • Enige mens wat aan ŉ fobie ly, tree irrasioneel op.
          • Patterson was totaal hulpeloos in die mis.

          OF

          Nee.
          • Geen mens moet, soos Patterson, Bos toe gaan sonder om bewus te wees
            van die moontlike gevare nie.
            (Enige EEN of soortgelyk)                                                           (1)

2.8       Die herhaling beklemtoon Patterson se vrees/benoudheid/desperaatheid/
          hulpeloosheid.                                                                        (1)

2.9.1     Patterson moes sy sorteerpan/pan vir Saul gee.                                        (1)

2.9.2     Ja.
          Saul het besef dit was die geleentheid waarop hy gewag het om geld te maak.

          OF

          Nee.
          ŉ Mens behoort hulp te verleen sonder om iets daarvoor te vra.
          (Enige EEN of soortgelyk)                                                             (1)

2.10      Saul het vir Patterson met ŉ riem aan sy eie lyf vasgebind.                           (1)

2.11      •    Arend het op ŉ geroeste perdeskoen/hoefyster/spyker getrap.
          •    Arend het baie siek geword/hy het bloedvergiftiging gekry.
          •    MacDonald het geen hulp aangebied nie./MacDonald het Saul en Arend
               van die werf af weggejaag.
               (DRIE feite)                                                                     (3)

2.12.1     Saul het gevoel dit was die Bosmense se reg om goud in die Bos te delf./Saul
           het gevoel die goud sou die houtkappers vry maak van skuld.                          (1)

2.12.2     Joram het gevoel hulle was houtkappers en nie gouddelwers nie./Joram het
           geglo die goud sou die duiwel in die Bos inbring./Joram het gesê hulle
           behoort aan hulleself.                                                               (1)

 Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2              7                      DBE/November 2013
                                           NSS – Memorandum

2.13       •     Arend se dood het daartoe gelei dat Saul sy werk by MacDonald verlaat
                  het.
           •     Arend se dood het daartoe gelei dat Saul begin goud delf het.
           •     Arend se dood het indirek daartoe gelei dat Saul ryk geword het.
           •     Arend se dood het Saul onafhanklik van MacDonald gemaak.
                 (Enige EEN of soortgelyk)                                                       (1)

2.14.1     bosbewaarders                                                                         (1)

2.14.2     houtkappers                                                                           (1)

2.14.3     houtkopers                                                                            (1)

2.14.4     gouddelwers                                                                           (1)

2.15.1     Onwaar.                                                                               (1)

2.15.2     •    Arend het op ŉ stadium gedink Saul het hulle aan Harison/Barrington
                uitverkoop.
           •    Arend het gedink Saul het hulle verraai.
           •    Arend het op ŉ stadium sy pa geglo dat Saul hulle verraai het.
           •    Net aan die einde het Arend geglo dat Saul onskuldig was.
                (Enige EEN)                                                                      (1)

2.16.1     •    Saul het olifantgeluide nagemaak (op ŉ beeshoring geblaas) om die
                indruk te skep dat ŉ olifant naby was.
           •    Saul het gemaak asof olifante hom gejaag het/by die delwers aangestorm
                gekom om die indruk te skep dat hy deur ŉ olifant gejaag is.
           •    Saul het gedreig om hulle te slaan.
                (Enige TWEE)                                                                     (2)

2.16.2     Ja.
           • Die delwers was besig om die Bos te vernietig.
           • Saul het net die Bos probeer bewaar.

           OF

           Nee.
           • Saul was nie die bewaarder/eienaar van die Bos nie.
           • Saul het nie die reg gehad om die delwers te dreig nie.
             (Enige EEN of soortgelyk)                                                           (1)

2.16.3 •       Saul kon mooi met die delwers gepraat het.
       •       Saul kon hulle oor die nadele/gevolge van hulle gedrag geleer het.
       •       Saul kon aan die delwers verduidelik het dat daar vir niemand iets oor sou
               wees as hulle die Bos sou uitroei nie.
               (Enige EEN of soortgelyk)                                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           8                      DBE/November 2013
                                        NSS – Memorandum

2.17.1 Onwaar.                                                                                (1)

2.17.2 Saul en Peter Crompton het mekaar ontmoet toe Oupoot vir Crompton tot by
       die rivier gejaag het.                                                                 (1)

2.18.1 Joram                                                                                  (1)

2.18.2 Barkley                                                                                (1)

2.18.3 Stopforth                                                                              (1)

2.18.4 Steyn                                                                                  (1)

2.19     •   B
         •   B het ryk geword.
         •   het ryk geword.
             (Enige EEN)                                                                      (1)

2.20     (Aan die einde van die verhaal) kon Saul verseker dat mense die Bos nie
         uitroei nie.
         (Of soortgelyk)                                                                      (1)
                                                                                              [35]

VRAAG 3: OPSTELVRAAG
DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita van der Vyver

Sien aangehegte rubriek

By die nasien van hierdie opstel maak die memorandum vir soveel moontlike feite
voorsiening. Die kandidate hoef nie al die feite te voorsien nie. Laat ruimte vir
alternatiewe, toepaslike feite. Die kandidaat moet in sy/haar antwoord verwys na AL
drie die aspekte wat by elke vraag onder die verskillende koeëlpunte gegee word.

INLEIDING: Die kandidaat lei die opstelvraag sinvol in.

LIGGAAM:

Mana se idees oor ŉ pa vir Hanna en Tibo
Hanna
• Mana wou ŉ kind gehad het, maar nie ŉ man nie.
• Sy het toe met haar gay woonstelmaat, Gavin, getrou.
• Mana het met Gavin getrou om die familie tevrede te stel.
• Na Hanna se geboorte is Mana en Gavin geskei.
• Mana het self gesê dat Hanna geskep is.
Tibo
• ŉ Paar jaar na die egskeiding wou sy weer ŉ kind hê, maar steeds nie ŉ man nie.
• Mana het besluit om oorsee te gaan en ŉ proefbuisbaba te hê.
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           9                     DBE/November 2013
                                        NSS – Memorandum

•   Mana het na Tibo se pa as haar proefbuis op ŉ wit perd verwys.
•   Mana het self gesê dat Tibo vervaardig is.

Mana wat anders as ander ma’s was
• Mana het nie daarvan gehou as Hanna haar “Ma” genoem het nie; sy moes haar
  eerder Mana genoem het.
• Mana het nie gedink dit was nodig vir Hanna om draadjies vir haar tande te kry nie,
  want draadjies was so gewoon.
• Mana het vir Hanna “Hanna Hoekom” genoem omdat sy gesê het Hanna se eerste
  woord "hoekom"/“hoetom” was.
• As Mana begin skilder het, het sy van kinders en huis vergeet en haar muse
  uitgeleef.
• Mana het na die ongebore baba as Dit/Ditjie verwys, want sy het geglo dit was sleg
  om ŉ geslag aan haar ongebore kind te koppel.
• Mana wou hê die nuwe baba se naam moes iets met water te doen hê omdat hulle
  tydens die baba se geboorte op die berg vasgekeer was as gevolg van reën.
• Mana het geglo dat dit nadelig vir ŉ mens se gesondheid was om normaal te wees.
• Mana het nie in spesifieke rolle vir seuns en meisies geglo nie.
• Mana het niks verkeerds daarmee gesien as seuns met poppe gespeel het nie.
• Mana het gesê dat sy nie sou omgee as Hanna rugby gespeel het nie, solank Tibo
  dit net nie gedoen het nie.
• Mana het geglo ŉ mens moes die lewe sonder pretensies leef.
• Mana se wittebrood sou nie ŉ gewone wittebrood wees nie, maar een waar sy al
  haar kinders, stiefkinders en honde saamneem om saam met haar en Beyers te
  wees.
• Mana het hoofsaaklik sop vir maaltye bedien.
• Mana het in ŉ stasiewa sonder sitplekke gery (sodat sy haar skilderye kon vervoer).
• Mana het ŉ fles groen tee (na sportbyeenkomste) saamgeneem.

Mana se kleredrag
• Mana het hansworshoede gedra.
• Mana het verfkwaste in haar hare gedruk.
• Mana het ongewone klere gedra, soos byvoorbeeld groen stewels met skerp punte.
• Sy het ’n rok met groot pers en rooi blomme gedra.
• Sy het haar (Turkse) pantoffels winkels toe gedra.
• Mana se kleure van haar klere het nie altyd gepas nie.
• Sy het soms soos ŉ bont voëlverskrikker gelyk.

SLOT: Die opstel word sinvol saamgevat en afgesluit.                                         [35]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            10                      DBE/November 2013
                                         NSS – Memorandum

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita van der Vyver

4.1       •   A
          •   A Sharon
          •   Sharon
              (Enige EEN)                                                                       (1)

4.2       •   Yann het vir haar ŉ pen gegee./Yann het haar verras deur vir die eerste
              keer in haar lewe vir haar ŉ geskenk te gee.
          •   Yann het saam gesing/deelgeneem aan haar verjaarsdagvieringe.
              (TWEE feite)                                                                      (2)

4.3       gemiddelde vaal meisiekind                                                            (1)

4.4       •   Margot het haar kinders net so gelos.
          •   Margot het in ŉ vreemde land/Amerika gaan bly.
          •   Margot het (goedkoop gelyk)/baie grimering,/stywe langbroek gedra/en
              lang naels gehad.
          •   Alles aan Margot was vals.
          •   Margot het almal betower om van haar te hou.
              (Enige DRIE)                                                                      (3)

4.5.1     D     Amos                                                                            (1)

4.5.2     E     Sharon                                                                          (1)

4.5.3     B     Beyers                                                                          (1)

4.5.4     C     Margot                                                                          (1)

4.6       •   D
          •   D    stywe slangvelbroek
          •   stywe slangvelbroek
              (Enige EEN)                                                                       (1)

4.7.1     Sy het Tibo beїndruk deurdat sy van Amerika/Hollywood gekom het/al die
          bekende sterre geken het/ tarotkaarte gelees het/ hom ŉ hartebreker genoem
          het.                                                                                  (1)

4.7.2     Sy het Sharon beїndruk omdat sy Hollywoodstories vertel het/sy ŉ aktrise
          was/haar glimlag/hare met Julia Roberts s’n vergelyk het.                             (1)

4.8.1     Onwaar.                                                                               (1)

4.8.2     Sy het vir haar lekkerruikgoed/ŉ groot wit handdoek met haar naam op
          geborduur/meer persoonlike goed wat by haar ouderdom gepas
          het/toiletware/verjaarsdagkaartjie (met ŉ skets van ŉ rietdakhuisie)
          gegee/Beyers het vir haar ŉ boek gegee, (nie Mana nie)/Mana het vir vorige
          verjaarsdae vir haar boeke gegee.                                                     (1)
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2              11                    DBE/November 2013
                                           NSS – Memorandum

4.9.1     •     Gavin was in die Kaap (vir ŉ modeskou).
          •     Gavin was naby die plek waar Hanna se familie vakansie gehou het.
                (Enige EEN)                                                                    (1)

4.9.2     •     Gavin het hulle laat lag.
          •     Gavin het ŉ vrolike atmosfeer geskep.
                (Enige EEN of soortgelyk)                                                      (1)
4.10      Hy was van kop tot tone vol modder,  maar hy was gewoonlik ŉ modepop.              (2)

4.11      Gavin se vermoë om ander mense te laat lag/Gavin se vermoë om vir
          homself te lag/Gavin se positiewe houding.
          (Enige EEN)                                                                          (1)

4.12      •     Margot was vroeër ŉ verpleegster.
          •     Sy het voorheen baie babas gevang.
                (Enige EEN)                                                                    (1)

4.13      Hanna was vir hom baie mooi/iets wonderliks/ŉ “fabulous creature”/perfek.            (1)

4.14      Fabienne/Pascale                                                                     (1)

4.15.1    Onwaar.                                                                              (1)

4.15.2    Hanna het haar voorgeneem dat sy sou sorg dat haar sussie nooit seerkry
          nie./Hanna sou haar sussie beskerm.                                                  (1)

4.16      •     Dit het baie gereën.
          •     Omdat hulle vasgekeer was as gevolg van die reën voor die geboorte.
                (Enige EEN)                                                                    (1)

4.17.1    helikopter                                                                           (1)

4.17.2    rol                                                                                  (1)

4.17.3    partytjie                                                                            (1)

4.17.4    begrafnis                                                                            (1)

4.18      Aan die einde was sy onselfsugtig/het sy bewys dat sy in ŉ krisissituasie kalm
          kon optree/het sy gehelp met die geboorte van die baba./het Margot ŉ
          verhouding met haar kinders opgebou.
          Aan die begin van die verhaal was sy selfsugtig/het almal haar as ŉ koningin
          beskou /het sy opgetree asof sy ŉ koningin was/wou sy bedien word/ was sy
          weg van haar kinders in Amerika. 
          (Of soortgelyk)
          (Kandidate kan EEN punt verdien vir verwysing na óf die begin óf die einde.)         (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2             12                       DBE/November 2013
                                          NSS – Memorandum

4.19      •   Hierdie roman het gewys dat stiefma’s/stiefpa’s goeie verhoudings met hul
              stiefkinders kan hê.
          •   Hierdie roman het gewys dat stiefma’s/stiefpa’s hul stiefkinders selfs beter
              kan verstaan as die biologiese ouers.
              (Enige EEN of soortgelyk)                                                          (1)

4.20      •    Die familielede het geleer om dinge saam te doen.
          •    Die familielede het mekaar beter leer ken.
          •    Die familielede het geleer om in krisissituasies saam te werk.
          •    Die familielede het geleer om mekaar se positiewe eienskappe te
               waardeer.
          •    Hanna het haarself ontdek.
              (Die fokus kan ook vanuit Hanna se perspektief wees.)
              (Enige EEN of soortgelyk)                                                          (1)
                                                                                                 [35]

VRAAG 5: OPSTELVRAAG

MEEULANDERS – Esta Steyn

Sien aangehegte rubriek

By die nasien van hierdie opstel maak die memorandum vir soveel moontlike feite voorsiening.
Die kandidate hoef nie al die feite te voorsien nie. Laat ruimte vir alternatiewe, toepaslike
feite. Die kandidaat moet in sy/haar antwoord verwys na AL drie die aspekte wat by elke vraag
onder die verskillende koeëlpunte gegee word.

INLEIDING: Die kandidaat lei die opstelvraag sinvol in.

LIGGAAM:
Schalk Blanckenberg se negatiewe rol
• Schalk het die meisie op wie Jacob as jongman verlief was (Magrietjie du Plessis),
  verkrag.
• Hierdie optrede van Schalk het veroorsaak dat Magrietjie in ŉ inrigting beland het/
  haar pa dood is.
• Die gevolg was dat Jacob na Meeuland toe gegaan het en daar gaan werk het.
• Schalk was verantwoordelik daarvoor dat Jacob se pa, Matthys, in die tronk vir
  onwettige kreefhandel beland het.
• Omdat sy pa in die tronk was, moes Jacob staan en toekyk hoe sy ma swaar gekry
  het.
• Schalk het vir Janka raakgeskiet toe hy betrap is terwyl hy onwettig kreef wou uithaal.
• Dit het daartoe gelei dat Jacob bekommerd was en nie geweet het waar die geld vir
  die hospitaalbehandeling vandaan sou kom nie.
• Schalk is deur Jacob vermoor, want Jacob wou wraak neem.
• Vir hierdie oortreding het Jacob tronkstraf gekry en dit het weer eens sy lewe
  verwoes.
• Jacob moes vir sy optrede teenoor Schalk boet en is so van Ryna en Janka geskei.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            13                      DBE/November 2013
                                         NSS – Memorandum

Fred Blanckenberg se negatiewe rol
• Fred Blanckenberg was die rede hoekom Elsabet met Jacob getroud is. Sy wou
   wegkom van die praatjies dat sy ŉ verhouding met ŉ getroude man gehad het.
• Jacob se huwelik met Elsabet was van die begin af ŉ fout.
• Fred Blanckenberg was uiteindelik die oorsaak dat Jacob en Elsabet se huwelik
   beëindig is.
• Jacob moes alleen agterbly met sy hartseer oor Elsabet en Janka wat grootgemaak
   moes word.
• Na Sheila se dood het Fred en Elsabet hulle verhouding hervat. Jacob het nie weer ŉ
   kans gehad om Elsabet te oortuig om op Meeuland te bly nie.
• Vir die tweede keer het Jacob ŉ geliefde as gevolg van ŉ Blanckenberg verloor. Dit
   het gebeur toe Fred vir Elsabet op Meeuland met sy boot kom haal het.
• Fred Blanckenberg se ontrou het veroorsaak dat Elsabet in die storm probeer het om
   terug te gaan na Meeuland toe en uiteindelik verdrink het.
• Vir die tweede keer het Jacob dus vir Elsabet as gevolg van Fred Blanckenberg
   verloor.

Fred Blanckenberg se positiewe rol
• Fred Blanckenberg het aangebied om vir Janka se hospitaalonkostes te betaal nadat
   sy deur Schalk geskiet is.
• Fred het probeer om so die onreg wat die Blanckenbergs vir Jacob en Janka
   aangedoen het, reg te maak.
• Fred Blanckenberg het ook aangebied om vir Jacob ŉ goeie prokureur te kry nadat
   Jacob vir Schalk doodgesteek het.
• Fred Blanckenberg het vir Ryna belowe dat hy nooit vir Jacob sou sê dat Janka sy
   kind was nie.
• Fred wou so verseker dat Jacob nie weer deur ŉ Blanckenberg seergemaak word en
   iemand verloor wat na aan hom was nie.
• Fred Blanckenberg en Jacob se verhouding het aan die einde verbeter toe Jacob
   toegelaat het dat Fred se prokureur hom verdedig het.

SLOT: Die stelling word sinvol saamgevat en afgesluit.                                         [35]

VRAAG 6: KONTEKSTUELE VRAAG

MEEULANDERS – Esta Steyn

6.1       Hulle het vir Janka/Jacob gewag.                                                     (1)

6.2       •   B
          •   B    hartseer
          •   hartseer
              (Enige EEN)                                                                      (1)

6.3       •    Dit was die mense se CB-name.
          •    Elke persoon wat per radio met die eiland kontak gemaak het, het ŉ
               spesiale CB-naam gekry.
              (Enige EEN of soortgelyk)                                                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2             14                      DBE/November 2013
                                          NSS – Memorandum

6.4       Ja.
          • Elsabet kon besluit oor Janka se lewe, want sy was haar ma.
          • Elsabet kon dalk vir Janka ŉ beter lewe op Salamanderbaai bied.
          • Dit is beter dat ŉ dogter by haar ma grootword.

          OF

          Nee.
          • Elsabet het van Janka se geboorte af haarself onttrek van Janka af en
             Ryna en Jacob het haar versorg.
          • Elsabet het, toe sy Meeuland verlaat het, vir Ryna gevra om na Janka te
             kyk.
          • Elsabet het, toe sy Meeuland verlaat het, vir Janka agtergelaat.
          • Elsabet het tot op hierdie stadium geen aanduiding gegee dat sy Janka
             permanent wou hê nie.
             (Enige TWEE feite of soortgelyk)                                                    (2)

6.5       Jannerik was hartseer dat hy vir Janka kon verloor.                                    (1)

6.6       • Jannerik het geleer om sy vrou, Miena, se dood te verwerk.
          • Jannerik se seer oor Kinnie se dood was al minder.
          • Jannerik kon al oor Kinnie/Miena praat.
            (Enige TWEE)                                                                         (2)

6.7.1     C     Ousanna                                                                          (1)

6.7.2     D     Ryna                                                                             (1)

6.7.3     E     Janka                                                                            (1)

6.7.4     B     Kinnie                                                                           (1)

6.8       •    Elsabet het die eiland as ŉ tronk beleef/Elsabet het vasgevang op die
               eiland gevoel.
          •    Elsabet het dit as ŉ plek van stank beleef.
               (Enige EEN of soortgelyk)                                                         (1)

6.9       •   Elsabet het vir Ryna vertrou met Janka se opvoeding.
          •   Elsabet het vir Ryna vertel hoe sy gevoel het.
              (Enige EEN of soortgelyk)                                                         (1)

6.10      •   Ryna kon haar verlede agter haar laat.
          •   Ryna kon ŉ nuwe lewe, weg van Kaapstad af, begin.
          •   Ryna kon aandag aan haar boek gee.
              (Enige EEN of soortgelyk)                                                         (1)

6.11      •   Sy het die eiland as plek van heling ervaar.
          •   Ryna het die eiland as God se plekkie ervaar.
              (Enige EEN of soortgelyk)                                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2             15                      DBE/November 2013
                                          NSS – Memorandum

6.12      • Schalk was in die vlamme die dag toe haar man en kind dood is.
          • Schalk was verantwoordelik vir haar man en kind se dood.
          • Schalk en haar man was met onwettige goed besig.
            (Enige EEN of soortgelyk)                                                           (1)

6.13.1   Daniel het haar aan Ronnie/haar seun laat dink.                                        (1)
6.13.2   •    Ryna het vir Janka gehad om te versorg.
         •    Ryna kon weer liefhê.
         •    Ryna kon uitsien na ŉ nuwe begin saam met Jakob.
              (Enige EEN)                                                                       (1)

6.14      •   C
          •   C    mense heel en gelukkig kon maak.
          •   mense heel en gelukkig kon maak.
              (Enige EEN)                                                                       (1)

6.15.1    • Elsabet se baba is by geboorte dood.
          • Janka was nie Elsabet se kind nie.
          • Hulle het die babas by geboorte geruil.
            (Enige EEN of soortgelyk)                                                           (1)

6.15.2    Jannerik                                                                              (1)

6.15.3    Ousanna was ŉ siener/het die waarheid geken.
          (Of soortgelyk)                                                                       (1)

6.16.1    Onwaar.                                                                                (1)
6.16.2    • Ryna het vir Jacob probeer waarsku oor wat in die toekoms kon gebeur.
          • Ryna het vir Jacob die realiteit probeer uitspel.
          • Ryna het haar ondersteuning vir Jacob hier probeer verwoord.
            (Enige EEN)                                                                          (1)

6.17      •   Jacob het sy eerste liefde (Magrietjie) verloor (nadat Schalk haar verkrag
              het).
          •   Sy eie kind is dood na geboorte.
          •   Sy vrou (Elsabet) het hom vir ŉ ander man verlaat.
          •   Hy het besef dat hy moontlik vir Janka ook kon verloor.
              (Enige DRIE)                                                                      (3)

6.18      •   Jacob het gesê dat die Here sou voorsien.
          •   Jacob het sy vertroue in God gestel.
              (Enige EEN of soortgelyk)                                                         (1)

6.19.1    Onwaar.                                                                               (1)

6.19.2    •   Attie het op ŉ diamantboot/in Suidwes gaan werk.
          •   Attie het besluit om Meeuland te verlaat omdat hy besef het dat Ryna nie
              vir hom lief was nie.
              (Enige EEN of soortgelyk)                                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           16                   DBE/November 2013
                                        NSS – Memorandum

6.20.1    navorsingstasie                                                                  (1)

6.20.2    tronkstraf                                                                       (1)

6.20.3    onderwys                                                                         (1)

6.20.4    buitekamer                                                                       (1)
                                                                                           [35]

                                                           TOTAAL AFDELING A:              35

AFDELING B: DRAMA

VRAAG 7: OPSTELVRAAG

POPPIE, DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé

Sien aangehegte rubriek
By die nasien van hierdie opstel maak die memorandum vir soveel moontlike feite
voorsiening. Die kandidate hoef nie al die feite te voorsien nie. Laat ruimte vir
alternatiewe, toepaslike feite. Die kandidaat moet in sy/haar antwoord verwys na AL drie
die aspekte wat by elke vraag onder die verskillende koeëlpunte gegee word.

INLEIDING: Die kandidaat lei die opstelvraag sinvol in.

LIGGAAM:
Ouma Hannie
Ouma Hannie het vir Poppie tradisies geleer
• Ouma Hannie het vir Poppie van die Xhosa-tradisies geleer.
• Ouma Hannie het hulle geleer om Xhosa en Afrikaans te praat.
• Dié taalkennis het Poppie voorberei vir haar huwelik met Stone, wat ŉ Xhosa was.
Ouma Hannie het Poppie van geloof geleer
• Ouma Hannie het al die Rooms-Katolieke Kerk en die Metodistekerk se dienste
  bygewoon.
• Poppie het by ouma Hannie geleer dat ŉ mens op die Here moes vertrou.
• Ouma Hannie het die kleinkinders na die kerkskool gestuur.
• Dié geloof het Poppie vir die swaarkry in haar lewe voorberei.
Ouma Hannie as Poppie se rolmodel
• Respek was vir ouma Hannie baie belangrik, soos byvoorbeeld toe die kinders vir
  bhuti Phengi gelag het en sy hulle geslaan het.
• Poppie het net soos ouma Hannie teenoor Jakkie opgetree toe hy en van die ander
  kinders vir Plank aangerand het omdat Plank dronk was.
• Ouma Hannie het vir Poppie geleer hoe ŉ mens kinders opvoed en watter keuses
  Poppie vir haar kinders moes maak.
• Ouma Hannie het die waarde van geletterdheid besef en het dit ook aan Poppie
  oorgedra.
• Poppie was daarom ook baie gesteld daarop dat haar eie kinders moes skoolgaan.
• Poppie het ouma Hannie as liefdevol beskou, maar sy was ook streng, ŉ ouma wat
  haar kleinkinders gedissiplineer het.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          17                     DBE/November 2013
                                       NSS – Memorandum

•   Poppie was net so streng soos ouma Hannie met haar eie kinders.
•   Dit was vir ouma Hannie belangrik dat daar ŉ kerk en ŉ skool moes wees waarheen
    sy getrek het.
•   Poppie se vereistes voor sy Mdantsane toe getrek het, was dat daar ŉ skool en ŉ
    huis moes wees.
•   Poppie het haar kinders en kleinkinders grootgemaak soos wat ouma Hannie vir
    Poppie geleer het.

Mama
Mama as ouer
 • Mama het gesê Poppie moes die skool verlaat en na haar (Mama se) nuwe kinders
   kyk. Poppie was toe nege jaar oud.
 • Poppie was baie kwaai met haar eie kinders dat hulle nie die skool mag verlaat het
   nie.
 • Mama het Poppie geleer om nooit moed op te gee nie, maar aan te hou.
 • Mama het Stone se lobola vir Poppie gespaar om trougoed te koop soos klere,
   ketels, kombuisgoed, komberse en lakens.
 • Mama het vir Poppie ook finansieel gehelp om haar huwelikslewe te begin.
 • Toe Stone gesterf het, was dit Mama wat vir Poppie meer inligting oor Stone se
   siekte gegee het.
Mama as ouma
 • Toe Poppie en Bonsile Kaap toe gegaan het, het hulle ook by Mama gaan bly.
 • Net soos ouma Hannie na Poppie-hulle gekyk het, het Mama ook na Bonsile gekyk
   as Poppie gaan werk het.
 • Poppie het later weer net so vir Vukile grootgemaak.
 • Mama was altyd daar as Poppie hulp met die kinders nodig gehad het.
Mama se rol tydens die onluste
 • Mama het probeer om haar eie kinders van die straat af te hou tydens die onluste.
 • Mama het vir Poppie getroos deur te sê dat dit goed was dat Poppie se kinders nie
   in die Kaap by die onluste was nie.
 • Mama het die kinders se opstand teen drankmisbruik gesien as iets wat van die
   Here gekom het.
 • Net so het Poppie aan die einde van die drama ook erken dat die Here in beheer
   van haar kinders se lewe was.

Mrs Swanepoel
• Mrs Swanepoel het vir Poppie werk gegee.
• Mrs Swanepoel het uiteindelik deur haar man gehelp dat Poppie wettig in die Kaap
   kon bly.
• Mrs Swanepoel het vir Poppie in die begin beskerm en gesê Poppie moes nie die
   voordeur beantwoord nie, sodat sy nie sonder ŉ pas gevang sou word nie.

SLOT: Die stelling word sinvol saamgevat en afgesluit.                                      [35]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2             18                       DBE/November 2013
                                          NSS – Memorandum

VRAAG 8: KONTEKSTUELE VRAAG

POPPIE, DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé

8.1.1     (Die) regering/staatsamptenare/goewerment                                               (1)

8.1.2     •   Poppie het nie ’n ander keuse gehad nie.
          •   Die regering het bepaal dat alle Xhosa-vroue wat nie gewerk het nie,
              Lambertsbaai moes verlaat.
          •   Poppie wou keer dat sy (weer) in die tronk sou beland.
          •   Poppie wou keer dat hulle huis afgebrand sou word.
          •   Poppie het nie meer veilig in Lambertsbaai gevoel nie.
              (Enige EEN of soortgelyk)                                                           (1)

8.1.3     (In) Nyanga                                                                             (1)

8.1.4     (Van die) paswet                                                                        (1)

8.2       Hy was ’n boilerman/ketelmaker in die fabriek/’n fabriekswerker.                        (1)

8.3       (By ’n) melkery/“dairies”.                                                              (1)

8.4.1     Onwaar.                                                                                 (1)

8.4.2     • Sy was baie ontsteld/ontevrede (omdat die mense daar so siek geword
            het en doodgegaan het).
          • Sy was bekommerd oor die toestande by die werk.
          • Sy was bekommerd oor die lang werksure.
            (Enige EEN)                                                                           (1)

8.5.1     Poppie moes destyds skool los om na Mama se kinders te kyk (soos wat
          Katie dit nou moes doen).                                                               (1)

8.5.2     •   (Aanvanklik) het die kinders by Ma Lena gebly.
          •   Poppie het gesê dat sy self sou klaarkom.
          •   As Ma Lena nie by die huis was nie, het Katie na die kinders gekyk.
          •   (Later) het sy het haar kinders alleen/by die huis gelos (toe sy gaan werk
              het).
          •   Sy het die kinders met koue tee en gesmeerde brood by die huis gelos.
              (Enige EEN)                                                                         (1)

8.6       •   Daar moes vir hulle ’n huis wees. 
          •   Daar moes ’n skool vir die kinders wees.                                           (2)

8.7       •   Stone het ŉ vaste werk in die Kaap gehad.
          •   Stone het ŉ wettige permit gehad om in die Kaap te werk.
          •   Stone was die broodwinner van die gesin.
              (Enige EEN)                                                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2              19                          DBE/November 2013
                                           NSS – Memorandum

8.8.1     C      Upington

8.8.2     B     Lambertsbaai

8.8.3     A     Mdantsane

8.8.4     D      Herschel                                                                           (4)

8.9.1     •    Met Poppie s’n: Sy het geweet dat Stone nie tyd gehad het om heeltyd
               na Bonsile te kyk nie./Bonsile sou te veel aan homself oorgelaat wees./
               Die mans in die hostel sou met Bonsile lol./Poppie het gesê dat hy ook nie
               by Plank kon bly nie want Plank sou uitgaan op die skuite.

               OF

          •    Met Bonsile s’n: Dit is reg dat ’n seun eerder by sy pa bly.
               (Enige EEN of soortgelyk)                                                            (1)

8.9.2     Ja.
          Poppie het van die begin af al die besluite oor die kinders geneem.

          OF

          Nee.
          • As pa moes Stone ’n groter sê gehad het in die besluite wat Poppie
            geneem het.
          • Stone was die een wat die finale besluit geneem het; Poppie het die
            leiding gegee.
            (Enige EEN)                                                                             (1)

8.10      •    Poppie en Stone het vreemdelinge vir mekaar geraak.
          •    Stone het net ’n voorsiener van geld geword.
          •    Poppie het nie eens geweet hy was werklik ernstig siek nie (en het eers
               daarvan gehoor toe hy dood is).
          •    Poppie het na Stone se dood eers agtergekom dat hy al die geld vir hulle
               gestuur het.
          •    Stone het eers na twee jaar kom kuier.
               (Enige EEN)                                                                          (1)

8.11.1 kwekery                                                                                      (1)

8.11.2 hospitaal                                                                                    (1)

8.11.3 kerk                                                                                         (1)

8.11.4 regering                                                                                     (1)

8.12     •    C
         •    C    Poppie was bang hy sou ook by die onrus betrokke raak.
         •    Poppie was bang hy sou ook by die onrus betrokke raak.
              (Enige EEN)                                                                           (1)
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            20                       DBE/November 2013
                                         NSS – Memorandum

8.13     •    (By) Poppie se skoonouers/skoonfamilie/skoonmense.
         •    (By) Stone se ouers.
              (Enige EEN)                                                                       (1)

8.14     •    Poppie het vroeër gesê dat Katie moes aangaan met skool; (nou wou sy hê
              Katie moes die skool verlaat).
         •    Poppie het nie van plan verander nie. Kindjie het vir Vukile opgepas.
              (Enige EEN of soortgelyk)                                                         (1)

8.15.1    •   Poppie het ŉ kinderlike/Christelike geloof gehad.
          •   Poppie het geglo dat die Here altyd in beheer was.
          •   Poppie het haar lewe aan die Here toevertrou.
              (Enige EEN of soortgelyk)                                                         (1)

8.15.2    • Poppie se (eerste) kind is dood.
          • Fezi het by Bonsile gebly/agtergebly. Sy het Vukile Kaap toe geneem.
            (Enige EEN)                                                                         (1)

8.16.1    Onwaar.                                                                               (1)

8.16.2    •   Vukile het in die opstande in die Kaap gesterf.
          •   Vukile is dood toe ŉ dwaalklip hom op tweede Kersdag getref het.
              (Enige EEN of soortgelyk)                                                         (1)

8.17      •   Op sestienjarige ouderdom wou Bonsile nie in Mdantsane skool toe gaan
              nie, maar wou eerder by sy pa gebly het as in Mdantsane.
          •   (Hy was kwaad omdat hulle moes trek) en het nie gehelp om in hulle
              nuwe huis in te trek nie.
          •   Hy het snags rondgeloop.
          •   Hy het ’n meisie swanger gemaak.
          •   Hy het nie vir sy seun, Vukile, gesorg nie.
          •   Hy en sy suster is in hegtenis geneem (toe hy vir Jakkie gehelp het).
          •   Hy het sy eie pad geloop.
              (Enige TWEE probleme)                                                             (2)

8.18      •   B
          •   B     in die afwesigheid van ŉ pa-figuur alle besluite moes neem.
          •   in die afwesigheid van ŉ pa-figuur alle besluite moes neem.
               (Enige EEN)                                                                      (1)

8.19      •   Poppie se eie kinders sou dalk direk by die onluste in die Kaap betrokke
              geraak het.
          •   Poppie sou dalk in hegtenis geneem geword het omdat sy nie ’n pas
              gehad het nie.
          •   Poppie sou dalk vroeër by iemand soos Mrs Swanepoel uitgekom het wat
              haar kon gehelp het om ’n pas te kry.
          •   Bonsile sou dalk nie so opstandig geraak het nie.
          •   Bonsile sou dalk nie ’n meisie swanger gemaak het nie.
          •   Stone sou nie sonder Poppie gesterf het nie.
              (Enige EEN of soortgelyk)                                                         (1)
                                                                                                [35]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           21                        DBE/November 2013
                                        NSS – Memorandum

VRAAG 9: OPSTELVRAAG

PALJAS – Chris Barnard

Sien aangehegte rubriek

By die nasien van hierdie opstel maak die memorandum vir soveel moontlike feite
voorsiening. Die kandidate hoef nie al die feite te voorsien nie. Laat ruimte vir
alternatiewe, toepaslike feite. Die kandidaat moet in sy/haar antwoord verwys na AL
drie die aspekte wat by elke vraag onder die verskillende koeëlpunte gegee word.

INLEIDING: Die kandidaat lei die opstelvraag sinvol in.
LIGGAAM:
Hendrik en Katrien
Hendrik en Katrien se huweliksverhouding was nie goed nie.
• Hendrik en Katrien het nie saam geslaap nie; sy het by Willem geslaap.
• Hendrik as man en hulle omstandighede het vir Katrien gefrustreer.
Gebrek aan kommunikasie
• Hendrik en Katrien het nie oogkontak gemaak as hulle met mekaar gepraat het
    nie.
• Hendrik het nie geluister as Katrien vir hom gesê het hy moes vir Willem uitlos nie.
    Sy het Hendrik kwalik geneem oor Willem se toestand.
• Hendrik en Katrien het nie eintlik sinvol met mekaar gekommunikeer nie.
• Hendrik het gereeld met homself gepraat oor die tye toe hy en Katrien gelukkig
    was.
Hendrik se jaloesie
• Hendrik het gedink dat alle mans vir Katrien van hom af wou wegvat; dit was die
    rede waarom hulle al op soveel stasies gebly het.
 • Hendrik was onrustig oor Frans en Katrien se verhouding.
Uiterlike konflik tussen Hendrik en Katrien
• Hendrik was woedend omdat Katrien vir haarself blou oorkrabbers gekoop het.
• Hendrik was kwaad toe Katrien gepraat het van haar eie spaargeld, want hy het al
    sy geld vir die huis gebruik en Katrien blykbaar nie. Katrien het vir Hendrik kwalik
    geneem oor hoe hy die kinders hanteer het.
• Hendrik was al vyf en veertig en het volgens Katrien niks gehad nie.
• Hendrik het volgens Katrien net ou stukkende karre verstaan en nie vroumense
    nie.
Gevolge van die swak verhouding tussen Hendrik en Katrien
Hendrik het minderwaardig gevoel; asof hy nie goed genoeg vir Katrien was nie.
Herstel van kommunikasie tussen Hendrik en Katrien
• Hendrik en Katrien het skuldig gevoel oor die rusie toe Willem verdwyn het.
• Hendrik en Katrien het begin gesels oor wat in hulle lewens verkeerd geloop
    het/wat die ongelukkigheid veroorsaak het.
• Hendrik het geluister toe Katrien erken het dat Hendrik al man was wat sy nog ooit
    liefgehad het.
• Hendrik en Katrien het aan die einde saam gedans.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          22                     DBE/November 2013
                                       NSS – Memorandum

Hendrik en Emma
Pa-dogter-verhouding
• Die verhouding tussen Hendrik en Emma was gespanne omdat Hendrik vir Nollie
    aan Emma probeer afsmeer het.
• Hendrik wou nie hê Emma moes alleen oud word nie.
• Hendrik het vir Emma teen Bertie beskerm.
• Nadat die gesin vir Willem op die stoep sien slaap het, het Hendrik sy arms om
    Emma gesit om te wys hy het haar trane van blydskap verstaan.
Emma se reaksie op Hendrik
• Hendrik en haar ma se ongelukkigheid het vir Emma laat besluit dat sy nooit wou
    trou nie.
• Emma het vir Hendrik kwalik geneem omdat hy nie gepraat het oor dit wat
    belangrik was nie.
• Hendrik en sy praatjies het Emma maklik geïrriteer.
• As Hendrik so geraas en baklei het, het die gesin in stilte geëet en Emma het
    soms nie eers tafel toe gekom nie.
• Emma het haar doof gehou vir haar pa se geraas en baklei.

Hendrik en Willem
Pa-seun-verhouding
• Hendrik het heeltyd aan tafel na Willem gekyk soos ŉ mens vir iemand kyk
    oor wie jy nuuskierig was, maar wat jy nie verstaan het nie.
• Hendrik wou vir Willem gedwing het om weer te praat, maar Willem wou nie praat
    nie.
• Hendrik was by tye ongeduldig met Willem.
• Hendrik wou altyd die wêreld reg raas en Oudokter het gedink dat dit die rede was
    waarom Willem nie gepraat het nie.
Hendrik se liefde en trots
• Hendrik het van tyd tot tyd vir Willem op sy skoot getel en hom vasgehou.
• Soms het Hendrik hom Willempie genoem.
• Hendrik was beïndruk met Willem se toertjies.
• Hendrik het selfs gesê dat Willem slim was en president gaan word.
• Hendrik het gehuil toe Willem teruggekom het huis toe nadat hy weg was.
SLOT: Die opstel word sinvol saamgevat en afgesluit.                                        [35]

VRAAG 10: KONTEKSTUELE VRAAG
PALJAS – Chris Barnard
10.1       Die dorpsmense/die gemeenskap                                                     (1)
10.2       •   D
           •   D    Jan Mol
           •   Jan Mol
               (Enige EEN)                                                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans FAL P2 Feb-March 2013 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-feb-march-2013-memo/8d78512b-beec-44df-ae7d-20f2cb40a28d) — Afrikaans FAL · Memo · 2013 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2020 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2020-memo/89a7509b-2f93-4fbc-b439-e6a5eb70b0fc) — Afrikaans FAL · Memo · 2020 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2014 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2014-memo/80433dff-8d61-41e3-98eb-a15aa34445eb) — Afrikaans FAL · Memo · 2014 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2013](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2013/a3ea0c9e-a9db-4385-a210-2865a4df1ecd) — Afrikaans FAL · QP · 2013 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2021/da02e74c-b98c-4a0b-ad99-7fee322675fd) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2020/f4a85505-bf3c-4d21-9f1a-4ba27be67400) — Afrikaans FAL · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-qp-sept2024/83184aba-b793-4289-94bf-4aa5eb852531) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 Afrikaans P2 (FAL) 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-afrikaans-p2-fal-2024-question-paper/7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2024/18189e63-b80d-4773-b7b0-d85b065c5658) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/0feff6b0-aa5f-4380-acf0-f06343bc22d3) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/09c32e3a-6e0c-4c06-aec3-b0b54a251f21) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 QP SEPT2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-qp-sept2023/464e635d-666a-408f-b9ea-b7c91712c7de) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
