# Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC November 2013 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2013, 35 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2013/0fc58126-e1dd-4e31-bce2-79f591ae1199
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2013
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 35

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC November 2013 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2013/0fc58126-e1dd-4e31-bce2-79f591ae1199)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC November Exam · 2013 · Afrikaans. Question paper, 35 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans FAL P2 Nov 2013 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2013-memo/f2c59dc0-47f2-47b1-9662-b5b6b041a380) — Memo · 2013 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                        GRAAD 12

                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

                                   NOVEMBER 2013

PUNTE: 70

TYD: 2 uur

                         Hierdie vraestel bestaan uit 35 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           2                          DBE/November 2013
                                              NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.        Moenie die hele vraestel deurlees nie.

2.        Die vraestel bestaan uit VIER afdelings:

          AFDELING A: Roman               (35)
          AFDELING B: Drama               (35)         Kies EEN vraag uit die afdeling/
          AFDELING C: Kortverhale         (35)         afdelings wat jy behandel het.

          AFDELING D: Gedigte             (35)         Kies TWEE vrae indien jy hierdie
                                                       afdeling behandel het.

3.        Dui die vraagnommers van die TWEE letterkundetekste wat julle behandel het
          op die inhoudsopgawe op bladsy 3 aan.

4.        Lees dan die vrae oor hierdie TWEE letterkundetekste.

5.        Kies die vraag wat jy wil doen, volg die instruksies en beantwoord die vrae.

          LET WEL:        Indien jy AFDELING D (Gedigte) beantwoord, moet jy TWEE vrae
                          uit hierdie afdeling kies.

6.        Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

7.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik word.

8.        Laat ŉ reël oop na elke antwoord.

9.        Voorgestelde tydsindeling: Ongeveer 60 minute per afdeling

10.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         3                              DBE/November 2013
                                            NSS

INHOUDSOPGAWE

Kies TWEE afdelings.

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord net EEN vraag.

            VRAAGNOMMER                         VRAAG            PUNTE       BLADSYNOMMER
1.     Kringe in ŉ Bos                     Opstelvraag          35 punte           4
                                             OF
2.     Kringe in ŉ Bos                     Kontekstuele vraag   35 punte               4
                                             OF
3.     Die ongelooflike avonture van       Opstelvraag          35 punte               8
       Hanna Hoekom
                                             OF
4.     Die ongelooflike avonture van       Kontekstuele vraag   35 punte               8
       Hanna Hoekom
                                             OF
5.     Meeulanders                         Opstelvraag          35 punte               12
                                             OF
6.     Meeulanders                         Kontekstuele vraag   35 punte               12

                                              OF
AFDELING B: DRAMA
Beantwoord net EEN vraag.
7.     Poppie, die drama                   Opstelvraag          35 punte               16
                                             OF
8.     Poppie, die drama                   Kontekstuele vraag   35 punte               16
                                             OF
9.     Paljas                              Opstelvraag          35 punte               20
                                             OF
10.    Paljas                              Kontekstuele vraag   35 punte               20

                                              OF
AFDELING C: KORTVERHALE
Beantwoord net EEN vraag.
11.    Agter ŉ baard                       Opstelvraag          35 punte               24
                                             OF
12.    Die storie van Piet se oupa         Kontekstuele vraag   35 punte               24

                                              OF
AFDELING D: GEDIGTE
Beantwoord die vrae oor enige TWEE van die gedigte.
13.    Brief                               Kontekstuele vraag   17½ punte              28
                                             OF
14.    Die hanswors                        Kontekstuele vraag   17½ punte              30
                                             OF
15.    things that go bump in the night    Kontekstuele vraag   17½ punte              32
                                             OF
16.    Wie’s Hy?                           Kontekstuele vraag   17½ punte              34

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           4                            DBE/November 2013
                                              NSS

AFDELING A: ROMAN

BEANTWOORD ÓF DIE OPSTELVRAAG ÓF DIE KONTEKSTUELE VRAAG.

VRAAG 1: OPSTELVRAAG

KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee

Skryf ŉ OPSTEL (250–300 woorde) waarin jy vertel van die rol wat die volgende
mense in Saul se lewe gespeel het:

•     Maska as hart-broer
•     MacDonald as werkgewer
•     Abraham Steyn as leermeester

Jou opstel moet ŉ inleiding en ŉ slot hê.                                                          [35]

                                                 OF

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1             ʺOns moet net eers ŉ rukkie wag en kyk of dit nie opklaar nie,ʺ het hy
2          nogtans uitstel probeer soek. ʺGaan lê in die tent dat jou oë dit nie sien nie.ʺ
3             ʺNee! Help my, Barnard! Kry my hier uit!ʺ
4             Toe hy hom die beker tee in sy hand gee, het Saul vir die eerste keer
5          werklik geskrik. Patterson het die kokende tee uit sy hand laat val, oor sy
6          bene, en dit skynbaar nie gevoel nie. ŉ Bang man is een ding, ŉ man wat van
7          vrees aan die mal raak is, ŉ ander ding. En hy het deur die as en die tee
8          gekruip om Saul weer om die enkels beet te kry.
9             ʺStaan op, Patterson! Jy smeer jou vuil!ʺ
10            ʺHelp my! Help my! Help my!ʺ
11            Dit was aardig. En die plan het skielik in Saul opgekom.
12         Sonder skroom en skuldgevoel. ʺPatterson!ʺ Hy het afgebuk en hom op sy
13         voete gehelp. ʺKyk na my! Ons kan oppak en omdraai, ons gaan terug dorp
14         toe, Patterson! Hoor jy wat ek sê?ʺ
15            ʺHelp my, Barnard!ʺ

2.1        Waar is die ʺhierʺ waarna Patterson verwys? (Reël 3)                                    (1)

2.2        Watter leuen oor hoekom Patterson Bos toe moes gaan, het MacDonald vir
           Saul vertel?                                                                            (1)

2.3        Watter werk het Patterson gedoen voordat hy Bos toe gekom het?                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          5                           DBE/November 2013
                                             NSS

2.4       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
          vraagnommer en die letter (A–D) neer.

          MacDonald het Saul gevra om Patterson Bos toe te neem omdat ...

          A       MacDonald vir Saul van Kate af wou weghou.
          B       Saul die Bos goed geken het.
          C       Saul geweet het waar die goud was.
          D       MacDonald vir Saul in sy mag wou hou.                                           (1)

2.5       Wat was MacDonald se planne indien Patterson goud sou vind?                             (1)

2.6       Gee EEN rede waarom Patterson, volgens die uittreksel, so bang was.                     (1)

2.7       Het jy simpatie met Patterson se optrede in reël 5–15? Motiveer jou antwoord.           (1)

2.8       Wat, dink jy, is die rede vir die herhaling van die woorde ʺHelp my!ʺ in
          reël 10 en 15?                                                                          (1)

2.9       Saul het besluit om Patterson te help om terug te gaan dorp toe.

          2.9.1       Op watter voorwaarde het Saul besluit om Patterson te help?                 (1)

          2.9.2       Dink jy dit was reg dat Saul ŉ voorwaarde gestel het om Patterson
                      te help? Motiveer jou antwoord.                                             (1)

2.10      Watter plan het Saul gemaak om Patterson veilig tot by oom Martiens-hulle te
          kry?                                                                                    (1)

2.11      Gee DRIE feite wat aanleiding tot Arend se dood gegee het.                              (3)

2.12      Saul en Joram se siening oor die delf van goud het verskil.

          2.12.1      Wat was Saul se siening oor hierdie gouddelwery?                            (1)

          2.12.2      Wat was Joram se siening oor hierdie gouddelwery?                           (1)

2.13      Watter keerpunt het Arend se dood in Saul se lewe gebring?                              (1)

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1            Die gebied waar die delwers was, het later te groot geword om elke
2         Sondag na te loop en te bespied. Hy het toe maar om die beurt in elke rigting
3         waar hy geweet het delwers is, geloop. As hy ŉ geweer had, het hy sekerlik ŉ
4         klompie van hulle geskiet!

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          6                            DBE/November 2013
                                             NSS

5            "Is dit nodig dat julle die hele Bos moet uitroei om by die goud te kom!?"
6         kon hy hom een Sondag nie bedwing nie. Duskant ŉ tent, teen ŉ jong
7         kalander was die bokskedels in rye vasgespyker, en asof hulle kleur aan die
8         uitstalling wou gee, is die oopgespreide loerievlerke tussenin vasgemaak. Op
9         die vuurhouthoop het net stinkhout opgestapel gelê. En toe wil die Ier hom
10        nog vererg ook.
11           ʺKyk hierso, Dutchman, jy het niks met ons te doen nie! Kry jou loop en
12        loop kap jou hout!ʺ
13           ʺHier is genoeg dooihout in die Bos om mee vuur te maak,ʺ het Saul hom
14        ingelig, ʺmaar julle maak met die skaarsste hout in die Bos vuur en kom sê vir
15        my ek het niks daarmee te doen nie?ʺ
16           Daar was drie van hulle by die tent. ʺOns het nie jou opinie gevra nie!ʺ
17        skree een van die ander twee. Saul het geweet hy gaan sy hande op daardie
18        Sabbatdag laat sonde doen.

2.14      Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.
          Skryf net die vraagnommer (2.14.1–2.14.4) en die antwoord neer.

                   houtkappers;   olifantjagters;  bosbewaarders;       verraaiers;
                      goudkopers;     gouddelwers;    houtkopers;      spioene

          Dit was Harison, een van die (2.14.1) ... wat Saul vir die eerste keer bewus
          gemaak het van die belangrikheid van die bewaring van bome. Harison het
          met die (2.14.2) ... hieroor gepraat. Hulle kon hul houtlisensies verloor het as
          hulle die verkeerde bome afgekap het. Dit was egter die (2.14.3) ... van
          Knysna en die (2.14.4) ... wat van oral af ingestroom het, wat hulle nie aan
          Harison se uitsprake gesteur het nie. Hulle het nie omgegee dat die Bos
          uitgeroei word nie.                                                                     (4)

2.15      Arend het heeltyd geglo dat Saul onskuldig was.

          2.15.1      Dui aan of hierdie stelling WAAR of ONWAAR is.                              (1)

          2.15.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.15.1.                                      (1)

2.16      Al hoe meer delwers het die Bos binnegekom. Saul het die delwers probeer
          bangmaak om hulle uit die Bos weg te kry en die Bos te beskerm.

          2.16.1      Op watter TWEE maniere het Saul die delwers op hierdie stadium
                      probeer bangmaak?                                                           (2)

          2.16.2      Het Saul reg teenoor die delwers opgetree? Motiveer jou antwoord.           (1)

          2.16.3      Op watter ander aanvaarbare manier, dink jy, kon Saul ook
                      probeer het om die delwers uit die Bos te kry?                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2             7                            DBE/November 2013
                                                NSS

2.17      Saul en Peter Crompton het mekaar ontmoet toe Saul besig was om die
          delwers uitmekaar te jaag.

          2.17.1      Dui aan of hierdie stelling WAAR of ONWAAR is.                                  (1)

          2.17.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.17.1.                                          (1)

2.18      Kies elke keer die karakter uit KOLOM B wat by die stelling in KOLOM A pas.
          Skryf net die vraagnommer (2.18.1–2.18.4) en die letter (A–E) neer.

                                  KOLOM A                                KOLOM B
          2.18.1      ... het vir Saul baie oor die Bos geleer.   A   Stopforth

          2.18.2      ... het Saul se eerste goud gekoop.         B   Steyn

          2.18.3      ... was die bestuurder van ŉ                C   Joram
                      mynmaatskappy.
                                                                  D   Barkley
          2.18.4      Saul het by ... geleer hoe om meubels
                      te maak.                                    E   Terblans
                                                                                       (4 x 1)        (4)

2.19      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
          vraagnommer en die letter (A–D) neer.

          Saul is later in die hoë sosiale kringe van Knysna aanvaar, want hy ...

          A     kon meubels maak.
          B     het ryk geword.
          C     was ŉ houtkapper.
          D     was snobisties.                                                                       (1)

2.20      Aan die einde van die verhaal het Saul besluit om in die Bos te bly. Watter
          waarde het hierdie besluit van Saul vir die Bos gehad?                                      (1)
                                                                                                      [35]

                                                OF

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           8                            DBE/November 2013
                                              NSS

BEANTWOORD ÓF DIE OPSTELVRAAG ÓF DIE KONTEKSTUELE VRAAG.

VRAAG 3: OPSTELVRAAG

DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita van der Vyver

Skryf ŉ OPSTEL (250–300 woorde) waarin jy vertel van Mana as unieke karakter.

Jy moet in jou opstel verwys na:

•    Mana se idees oor ŉ pa vir Hanna en Tibo
•    Mana wat anders as ander ma’s was
•    Mana se kleredrag

Jou opstel moet ŉ inleiding en ŉ slot hê.                                                          [35]

                                            OF

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG
DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita van der Vyver
Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

    1     ... Ek is besig om aan die slaap te raak. Ek voer ŉ eensame stryd teen ŉ
    2     bose koningin wat almal om haar betower.
    3         Behalwe vir my. Wees verseker, liewe leser. Hanna Heks gaan
    4     haar nie laat betower nie!
    5         Dit voel soos ŉ droom. Vir die eerste keer in tien dae word ek nie
    6     douvoordag deur Beyers uit die bed geboender nie. Ek word saggies wakker
    7     van ŉ opgewonde fluister in my kamer. Toe ek my oë oopmaak, staan hulle
    8     almal langs my bed, Sharon heel voor met haar Julia Roberts-glimlag en ŉ
    9     volgelaaide skinkbord in haar hande, die ander om haar saamgedrom. En
    10    hulle sing vir my!
    11        ʺVeels geluk, liewe maatjie ...ʺ sing hulle almal saam, uit volle bors, party
    12    taamlik vals.
    13        Selfs Yann sing saam. Met ŉ spottende trek om sy mond, asof hy my wil
    14    waarsku om dit asseblief tog net nie ernstig op te neem nie. Die blonde
    15    koningin sing ook saam. Nie spottend nie. En ook nie vals nie. Om die
    16    waarheid te sê, sy het ŉ fantastiese stem. Sy laat die afgesaagde verjaars-
    17    dagliedjie soos ŉ kabaretnommer klink. Ek vee die slaap uit my oë en trek my
    18    vingers deur my hare en ek hoop ek lyk nie té afskuwelik nie. Ek wil hulle nie
    19    afskrik voor hulle kans gekry het om hulle presente te oorhandig nie. Hulle
    20    hou omtrent almal geskenkpakkies vas. Nie Yann nie (natuurlik nie) maar al
    21    die ander. Selfs Margot.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          9                         DBE/November 2013
                                             NSS

4.1       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          vraagnommer en die letter (A–D) neer.

          ... het vir Hanna "Hanna Heks" genoem.

           A      Sharon
           B      Mana
           C      Yann
           D      Beyers                                                                       (1)

4.2       Yann en Hanna se verhouding het verbeter. Gee TWEE feite deur te verwys
          na die oggend van Hanna se verjaarsdag.                                              (2)

4.3       Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer
          en die antwoord neer.

          Margot en Sharon wou Hanna grimeer, want Hanna het haarself altyd beskryf
          as ŉ (blonde pop met ŉ brein/gemiddelde vaal meisiekind).                            (1)

4.4       Gee DRIE redes waarom Hanna vir Margot die "bose koningin" genoem het.
          (Reël 1–4)                                                                           (3)

4.5       Kies elke keer die persoon uit KOLOM B wat by die geskenk in KOLOM A
          pas. Skryf slegs die vraagnommer (4.5.1–4.5.4) en die letter (A–E) neer.

                              KOLOM A                             KOLOM B
          4.5.1       Sjokolade                           A      Gavin

          4.5.2       Grimeerstelletjie                   B      Beyers

          4.5.3       ŉ Bundeltjie met sonnette           C      Margot

          4.5.4       ŉ Grys oortrektrui                  D      Amos

                                                          E      Sharon
                                                                                (4 x 1)        (4)

4.6       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          vraagnommer en die letter (A–D) neer.

          Hanna het gevoel dat haar pa haar nie geken het nie, want hy het die vorige
          keer vir haar ŉ ... as geskenk gegee waarvan sy nie gehou het nie.

           A      cashmere trui
           B      grys oortrektrui
           C      stywe jeans
           D      stywe slangvelbroek                                                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           10                           DBE/November 2013
                                              NSS

4.7       Vertel hoe Margot die volgende karakters beïndruk het:

          4.7.1      Tibo                                                                           (1)

          4.7.2      Sharon                                                                         (1)

4.8       Mana het vir Hanna op haar vyftiende verjaarsdag ŉ boek as geskenk gegee.

          4.8.1       Dui aan of hierdie stelling WAAR of ONWAAR is.                                (1)

          4.8.2       Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.8.1.                                         (1)

4.9       Gavin wou graag by Hanna se verjaarsdag wees.

          4.9.1       Waarom was dit vir Gavin moontlik om Hanna se verjaarsdag by te
                      woon?                                                                         (1)

          4.9.2       Wat het Gavin gedoen om Hanna se verjaarsdag vir die hele gesin
                      spesiaal te maak?                                                             (1)

4.10      Hoe het Gavin se voorkoms verskil van toe hy by die berghuis opgedaag het
          en hoe hy gewoonlik gelyk het?                                                            (2)

4.11      Watter karaktereienskap van Gavin het Margot met Gavin se aankoms
          waardeer?                                                                                 (1)

Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 1           ʺMaar dis nie ... dit kan tog nie ... dis mos heeltemal te vroeg?ʺ stotter
 2        Beyers, sy gesig doodsbleek.
 3           ʺHanna is ook ŉ paar weke vroeg gebore,ʺ sê Mana terwyl sy weer stadig
 4        regop sit.
 5           ʺAs ek dit geweet het,ʺ roep Beyers uit, ʺhet ek nóóit hier op die berg kom
 6        vakansie hou nie!ʺ
 7           ʺEk het nie geweet ons gaan vasgereën word nie, Bey. Ek het gedog as
 8        iets gebeur, sal ek wel betyds by ŉ hospitaal kan uitkom ...ʺ
 9           ʺEn nou?ʺ Beyers hap na lug soos een wat besig is om te verdrink. Ek het
 10       hom nog nooit so paniekerig sien lyk nie. ʺWat nóú?ʺ
 11          ʺWel, dit lyk nie of hierdie babatjie in ŉ hospitaal gebore gaan word nie,ʺ sê
 12       my ma met ŉ dapper glimlag.
 13          ʺMaar waar ... wat gaan ons ... wat gaan gebeur?" stotter Tibo, amper so
 14       bleek soos Beyers.
 15          ʺDis te vroeg!ʺ kerm Beyers.
 16          ʺHanna was ŉ gesonde baba, Bey, al het sy te vroeg opgedaag. Ek weet
 17       nie, miskien het ek my misgis met die datum. Jy weet hoe sleg is ek met
 18       datums ...ʺ

4.12      Hoekom was Margot die ideale persoon om vir Mana met die baba se
          geboorte te help?                                                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          11                              DBE/November 2013
                                             NSS

4.13      Wat het Gavin onthou van die eerste keer toe hy Hanna na haar geboorte
          gesien het?                                                                                (1)

4.14      Watter naam sou Gavin vir Hanna gegee het as hy vir haar ŉ naam kon kies?                  (1)

4.15      Hanna het glad nie omgegee vir haar pasgebore babasussie nie.

          4.15.1 Dui aan of hierdie stelling WAAR of ONWAAR is.                                      (1)

          4.15.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.15.1 deur spesifiek te verwys na
                 Hanna se voorneme toe sy haar sussie gesien het.                                    (1)

4.16      Hoekom wou Mana vir die babasussie ŉ naam gegee het wat iets met water
          te doen gehad het?                                                                         (1)

4.17      Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.
          Skryf slegs die vraagnommer (4.17.1–4.17.4) en die antwoord neer.

                          begrafnis;   konsert;    viertrekvoertuig;   rol;
                         partytjie;  onderhoud;     helikopter;    geboorte

          Aan die einde van die verhaal, na die baba se geboorte, was almal rustig.
          Sharon se pa het hulle met ŉ (4.17.1) ... kom haal. Margot sou betyds in
          Johannesburg wees vir haar (4.17.2) ... Gavin sou by die kinders agterbly en
          hulle aandag aflei met ŉ (4.17.3) ... Hanna het respek vir haar pa gekry, want
          sy het toe Mana se woorde verstaan dat hy selfs lewe in ŉ (4.17.4) ... kon
          blaas.                                                                                     (4)

4.18      Waarom hou die leser aan die einde van die verhaal meer van Margot as
          aan die begin?                                                                             (2)

4.19      Hoe, dink jy, het hierdie roman gehelp om die idee oor stiefma’s of stiefpa’s te
          verander?                                                                                  (1)

4.20      Waarom, dink jy, was die wittebroodplan uiteindelik ŉ goeie idee?                          (1)
                                                                                                     [35]

                                                  OF

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2              12                            DBE/November 2013
                                                 NSS

BEANTWOORD ÓF DIE OPSTELVRAAG ÓF DIE KONTEKSTUELE VRAAG.

VRAAG 5: OPSTELVRAAG

MEEULANDERS – Esta Steyn

Skryf ŉ OPSTEL (250–300 woorde) waarin jy vertel van die volgende rol(le) wat Fred
en Schalk in Jacob Langhans se lewe gespeel het:

•        Schalk Blanckenberg se negatiewe rol
•        Fred Blanckenberg se negatiewe rol
•        Fred Blanckenberg se positiewe rol

Jou opstel moet ŉ inleiding en ŉ slot hê.                                                              [35]

                                                    OF

VRAAG 6: KONTEKSTUELE VRAAG

MEEULANDERS – Esta Steyn

Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

    1     Toe sy hoor hoe Jannerik buite in die tuintjie vroetel, gaan sy uit. Hy’s besig om
    2     twee groot koolkoppe af te sny.
    3        ʺHoe laat is dit, Mama-Meeu?ʺ
    4        ʺVieruur.ʺ
    5        ʺDie Meeuw sal darem seker teen halfvyf inkom.ʺ
    6        ʺWil jy ŉ bietjie koffie drink, Jannerik?ʺ
    7        ʺDankie, Mama-Meeu.ʺ
    8        Hulle sit met hulle bekers koffie buitekant by die buitetafeltjie wat Attie aanme-
    9     kaar getimmer het. Sy sien hoedat hy kort-kort met sy sakdoek oor sy oë vee en
    10    see toe kyk. ʺMiskien sal Twilight nie weer vir Pikkewyntjie wil laat gaan nie.ʺ
    11       ʺEk weet nie, Jannerik. Ek weet regtig nie.ʺ
    12       Hy sug diep. "Mama-Meeu?ʺ
    13       ʺJa, Jannerik?ʺ
    14       ʺOns moet ŉ boom plant.ʺ
    15       Sy kyk hom intens aan.
    16       ʺOusanna het eenmaal gesê dat ŉ mens ŉ boom moet plant wanneer mens
    17    pyn het. Dan groei die pyn in die takke in. En hoe groter lat hy word, hoe minder
    18    word mens se pyn.ʺ
    19       ʺGlo jy dit, Jannerik?ʺ
    20       ʺDie Here gee ons wat ons norig het om te groei. As ons ŉ boom plant, sal
    21    ons kan sien hoelat ons gegroei het, dwarsdeur ons swaar tye. En dan sal hy
    22    hier staan ... vir eendag, wanneer ons nie meer hierso is nie.ʺ
    23       ʺSal ŉ boom hier groei, Jannerik?ʺ
    24       ʺKykie koolkoppe, Mama-Meeu. Kyk ons petunias ...ʺ

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           13                           DBE/November 2013
                                              NSS

6.1       Vir wie het Jannerik en Ryna gewag om met Die Meeuw te kom? (Reël 5)                     (1)

6.2       Kies die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en die letter
          (A–D) neer.

          Jannerik se diep sug (reël 12) het daarop gedui dat hy ... was.

          A       geskok
          B       hartseer
          C       teleurgesteld
          D       onbedagsaam                                                                      (1)

6.3       Waarom het die karakters ook ander name soos Mama-Meeu, Twilight en
          Pikkewyntjie in die roman gehad?                                                         (1)

6.4       Jannerik was bang dat Elsabet vir Janka van die eiland af sou wegvat. Het
          Jannerik rede gehad vir hierdie vrees? Gee TWEE redes vir jou antwoord.                  (2)

6.5       Hoekom het Jannerik op hierdie stadium aan Ousanna se woorde gedink?
          (Reël 16–18)                                                                             (1)

6.6       Gee TWEE voorbeelde uit Jannerik se lewe waar die volgende woorde van
          Ousanna waar geword het: ʺEn hoe groter lat hy word, hoe minder word
          mens se pyn.ʺ (Reël 17–18)                                                               (2)

6.7       Kies elke keer die karakter uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A
          pas. Skryf slegs die vraagnommer (6.7.1–6.7.4) en die letter (A–E) neer.

                                KOLOM A                                 KOLOM B
          6.7.1      Jannerik se suster wat sy omstandighede     A      Miena
                     geken het
                                                                 B      Kinnie
          6.7.2      Jannerik het hierdie karakter vertrou en
                     hulle was sielsgenote.                      C      Ousanna

          6.7.3      Jannerik se kleinkind                       D      Ryna

          6.7.4      Jannerik se dogter wat ŉ getroude man se    E      Janka
                     kind gekry het
                                                                                      (4 x 1)      (4)

6.8       Elsabet was ŉ ongelukkige mens op die eiland. Hoe het Elsabet die eiland
          beleef?                                                                                  (1)

6.9       Gee ŉ voorbeeld uit die verhaal wat aandui dat Elsabet vir Ryna as ŉ vriendin
          beskou het.                                                                              (1)

6.10      Waarom was dit vir Ryna die regte besluit om uit Kaapstad na Meeuland toe
          te kom?                                                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          14                          DBE/November 2013
                                             NSS

6.11      Hoe het Ryna die eiland ervaar toe sy daar gebly het?                                  (1)

6.12      Hoe het Schalk bygedra tot die hartseer in Ryna se lewe voordat sy uit die
          Kaap weg is?                                                                           (1)

6.13      Ryna was nog baie hartseer oor haar man en seun se dood.

          6.13.1     Waarom het Ryna, toe sy vir Daniel ontmoet het, na hom gestaan
                     en staar?                                                                   (1)

          6.13.2     Hoe het Ryna se lewe ten opsigte van hierdie hartseer aan die einde
                     van die verhaal verander?                                                   (1)

6.14      Kies elke keer die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf
          slegs die vraagnommer en die letter (A–D) neer.

          Die feit dat ŉ boom ook op Meeuland groei, simboliseer dat Meeuland ...

          A     ideaal was vir mense wat lief was vir tuinmaak.
          B     se grond vrugbaar was as gevolg van die ghwano.
          C     mense heel en gelukkig kon maak.
          D     ŉ ideale wegkruipplek was.                                                       (1)

Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 1             Hy kyk haar magteloos aan. ʺRyna ... ek dink nie ooit aan Janka as
 2          enigiemand anders se kind nie.ʺ
 3             ʺEk weet dit. Ek ook nie. Maar daar is feite ... wat ons in die gesig
 4          moet kyk ... en jy weet ... so goed as ek wat dit is.ʺ
 5             Sy stem breek en dit word ondraaglik om hom so te sien. ʺSy’s myne.ʺ
 6             Die woorde wat niemand nog ooit wou uitspreek nie, kom stadig oor haar
 7          lippe: ʺWat gaan ons maak as sy miskien later verander en ... nie blank lyk
 8          nie? En haar maatjies spot haar. Wat dan?ʺ
 9             ŉ Diep pynlike woede breek in hom los. ʺDan is sy nog altyd myne! Die
 10         Here weet dat ek nie omgee watse kleur sy is nie! Hy het haar vir ons voor-
 11         sien. Hy sal verder ook voorsien.ʺ Hy draai effens weg van haar, druk sy
 12         vuis teen die muur en bly so staan met sy liggaam snaarstyf gespan. Sy kyk
 13         hom ŉ lang, ontsettende oomblik aan en sy voel ŉ oneindige deernis in haar
 14         opwel. Sy het behoefte om haar arms om hom te slaan en hom te troos.
 15            ʺJacob ...ʺ Hy kyk haar gebroke aan. ʺNag,ʺ sê sy en loop uit.

6.15      Jacob en Ryna het ŉ geheim met mekaar gedeel.

          6.15.1     Watter geheim het Jacob en Ryna van die aand met die baba se
                     geboorte af gedeel?                                                         (1)

          6.15.2     Wie het ook hierdie geheim met Jacob en Ryna gedeel?                        (1)

          6.15.3     Hoe het Ousanna van hierdie geheim geweet?                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            15                         DBE/November 2013
                                               NSS

6.16      Ryna wou Jacob met die feite oor Janka seermaak. (Reël 3)

          6.16.1      Dui aan of hierdie stelling WAAR of ONWAAR is.                              (1)

          6.16.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 6.16.1.                                      (1)

6.17      Jacob ervaar " ŉ Diep pynlike woede". (Reël 9)

          Vertel van DRIE hartseer gebeurtenisse in Jacob se lewe wat hierdie diep
          woede by hom veroorsaak het.                                                            (3)

6.18      Hoe word Jacob as gelowige mens in die uittreksel uitgebeeld?                           (1)

6.19      Attie het besluit om vir altyd op die eiland te bly.

          6.19.1       Dui aan of hierdie stelling WAAR of ONWAAR is.                             (1)

          6.19.2       Motiveer jou antwoord op VRAAG 6.19.1.                                     (1)

6.20      Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.
          Skryf slegs die vraagnommer (6.20.1–6.20.4) en die antwoord neer.

                     gastekamer;    skilderlesse;    navorsingstasie;    onderwys;
                        buitekamer;    tronkstraf;   opleidingstasie;   kontrak

          Meeuland speel ŉ sentrale rol in baie karakters se lewens. Aan die einde van
          die verhaal het die Parkeraad besluit dat Meeuland as (6.20.1) ... gesluit
          moes word. Dit het ŉ effek op baie karakters se lewens gehad. Jacob moes
          eers sy (6.20.2) ... uitdien. Ryna het op Salamanderbaai gaan bly en
          (6.20.3) ... gegee. Jannerik sou by Ryna in die (6.20.4) ... gaan bly.                  (4)
                                                                                                  [35]

                                                                 TOTAAL AFDELING A:               35

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          16                          DBE/November 2013
                                             NSS

AFDELING B: DRAMA

BEANTWOORD ÓF DIE OPSTELVRAAG ÓF DIE KONTEKSTUELE VRAAG.

VRAAG 7: OPSTELVRAAG

POPPIE, DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé

Skryf ŉ OPSTEL (250–300 woorde) waarin jy vertel hoe die volgende vroue Poppie se
lewe beïnvloed het:

•     Ouma Hannie
•     Mama
•     Mrs Swanepoel

Jou opstel moet ŉ inleiding en ŉ slot hê.                                                        [35]

                                            OF

VRAAG 8: KONTEKSTUELE VRAAG

POPPIE, DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé

Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 1         POPPIE. Hulle het my ŉ extension van ses maande gegee, maar toe ek ná
 2         ses maande weer daar kom, ek het toe nog nie werk gekry nie, want ek het
 3         al drie kindertjies tuis gehad en met my man se siekte was dit moeilik – toe
 4         kyk Mr Strydom my pas en hy sê:
 5         MR STRYDOM. Jy kwalifiseer nie hier in die Kaap nie. Jy is getroud met ŉ
 6         man uit die Ciskei, jy moet Ciskei toe.
 7         POPPIE. Dit is die eerste keer dat ek dié woorde hoor. Ek het gedink: hulle
 8         het my hier na die Kaap toe gebring – hulle sal mos nie nou so sê nie. (Draai
 9         na Mama.) Mama ...
 10        MAMA. Ja, Poppie?
 11        POPPIE. ... Hulle wil my Kafferland toe stuur!
 12        MAMA. Dan moet jy sorg dat jy werk kry. As jy werk het, kan hulle jou nie
 13        wegstuur nie. Katie moet maar die skool los en jou kinders kom oppas.
 14        POPPIE. Nee, Mama – Katie moet nie haar skool verloor nie. Ek sal maar
 15        self klaarkom.

8.1       Poppie het gesê: ʺ... hulle het my hier na die Kaap toe gebring." (Reël 8)

          8.1.1 Wie was die ʺhulleʺ van wie Poppie gepraat het?                                  (1)

          8.1.2 Waarom, dink jy, was dit reg dat Poppie Lambertsbaai verlaat het?                (1)

          8.1.3 Waar in die Kaap moes die swart mense gaan bly het?                              (1)

          8.1.4 Van watter wet het Poppie vir die eerste keer in die Kaap gehoor?                (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           17                           DBE/November 2013
                                              NSS

8.2       Watter soort werk het Poppie se man in Lambertsbaai gedoen?                               (1)

8.3       By watter plek in Phillipi het Stone werk aanvaar?                                        (1)

8.4       Poppie was baie bly oor die werk wat Stone in die Kaap gekry het.

          8.4.1 Dui aan of hierdie stelling WAAR of ONWAAR is.                                      (1)

          8.4.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 8.4.1 deur te verwys na Poppie se
                reaksie toe sy van Stone se werk gehoor het.                                        (1)

8.5       Mama het gesê: ʺKatie moet maar die skool los en jou kinders kom oppas.ʺ
          (Reël 13)

          8.5.1 Watter ooreenkoms is daar tussen Mama se plan in reël 13 en Poppie
                se kinderjare?                                                                      (1)

          8.5.2 Watter plan het Poppie met haar kinders gemaak?                                     (1)

8.6       Watter TWEE vereistes het Poppie aan Mr Stevens vir haar nuwe blyplek
          gestel?                                                                                   (2)

8.7       Hoekom het Stone nie saam met Poppie-hulle na die Ciskei toe getrek nie?                  (1)

8.8       Kies elke keer die plek in KOLOM B wat by die sin in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die vraagnommer (8.8.1–8.8.4) en die letter (A–E) neer.

                                    KOLOM A                            KOLOM B
          8.8.1       Poppie het hier as kind met die          A   Mdantsane
                      dorpslewe kennisgemaak.
                                                               B   Lambertsbaai
          8.8.2       Poppie het vir Stone hier ontmoet.
                                                               C   Upington
          8.8.3       Mr Stevens het gedink dit sou vir
                      Poppie beter wees om daarnatoe te        D   Herschell
                      trek.
                                                               E   Nyanga
          8.8.4       Poppie se skoonouers het hier
                      gewoon.
                                                                                     (4 x 1)        (4)

8.9       Daar was konflik tussen Poppie en Bonsile omdat Poppie vir Bonsile wou
          saamneem Ciskei toe en Bonsile by sy pa wou gebly het.

          8.9.1 Met wie se standpunt (Poppie s’n of Bonsile s’n) stem jy saam? Gee ŉ
                rede vir jou antwoord.                                                              (1)

          8.9.2 Was dit regverdig dat Stone nie deel van die besluit oor die kinders se
                verhuising na die Ciskei toe was nie? Gee ŉ rede vir jou antwoord.                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            18                             DBE/November 2013
                                               NSS

8.10      Die verskuiwing na die Ciskei was nie goed vir Poppie en Stone se
          verhouding nie. Motiveer die stelling.                                                      (1)

8.11      Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.
          Skryf slegs die vraagnommer (8.11.1–8.11.4) en die antwoord neer.

                              hospitaal;   kerk;   inrigting;    kwekery;
                             melkery;    regering;   skool;     universiteit

          Die enigste manier waarop Poppie ŉ pas kon kry, was deur te bewys dat sy ŉ
          werk het. Haar eerste werk in die Kaap was by ŉ (8.11.1) ... waar sy ’n
          inslaapwerk gekry het en lang ure vir min geld gewerk het. Toe Stone Kaap
          toe gekom het en ’n werk gekry het, kon Poppie ’n halfdagwerk vat en meer
          by haar kinders wees, maar Stone het siek geword en is in ŉ (8.11.2) ...
          opgeneem. Poppie was later moedeloos en het in die (8.11.3) ... gaan troos
          soek soos ouma Hannie haar geleer het. Na Stone se dood het sy deur
          Mrs Swanepoel, wie se man vir die (8.11.4) ... gewerk het, dit reggekry om ’n
          wettige pas te verkry.                                                                      (4)

8.12      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          vraagnommer en die letter (A–D) neer.

          Poppie het voorgestel dat Bonsile na Stone se dood moes teruggaan skool
          toe, want ...

          A     sy kon nie vir hom ŉ werk by die garage-eienaar kry nie.
          B     hy sou nog meisies swanger gemaak het.
          C     Poppie was bang hy sou ook by die onrus betrokke raak.
          D     Poppie was bang hy mors haar geld op vreemde dinge in die Kaap.                       (1)

8.13      By wie het Poppie se twee dogters na Stone se dood gaan woon?                               (1)

Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 1         PLANK. Die kind was sieklik en verwaarloos, in die sorg van ŉ ou vrou wat
 2         vir geld kinders oppas. Die kind is makwena, agterlik, hy kruip nie, hy speel
 3         nie en hy ken nie mense nie, sê die ou vrou vir Poppie. Poppie het ŉ diep
 4         skaamte gevoel dat bloed van haar bloed soos ŉ weggooikind moet groot-
 5         word.
 6         POPPIE. Ek kan hom nie hier laat staan nie. Hy sal van honger en ver-
 7         waarlosing doodgaan. Hy kan by Mosie en Rhoda in die huis bly, en Katie
 8         moet die skool los en hom oppas. En as ek dan vir Fezi nie kan terugneem
 9         Kaap toe nie en hy hier by Bonsile moet agterbly, dan is dit soos die Here dit
 10        beskik het. Die Here het my ŉ kindjie gegee, en Hy het een geneem.

8.14      Poppie het besluit dat Katie die skool moes los om Bonsile se kind op te pas.
          (Reël 7–8)

          Waarom kan ŉ mens sê dat Poppie dus van besluit verander het as jy die
          stelling hierbo lees?                                                                       (1)
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          19                          DBE/November 2013
                                             NSS

8.15      Poppie het in reël 10 gesê: ʺDie Here het my ŉ kindjie gegee, en Hy het een
          geneem.ʺ

          8.15.1      Wat vertel hierdie woorde oor Poppie se geloof?                              (1)

          8.15.2      Wat het Poppie bedoel met die woorde "en Hy het een geneem"?                 (1)

8.16      Dit was vir Vukile veiliger in die Kaap as in Mdantsane.

          8.16.1      Dui aan of hierdie stelling WAAR of ONWAAR is.                               (1)

          8.16.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 8.16.1 deur na Tweede Kersdag
                      se gebeure te verwys.                                                        (1)

8.17      Toe Bonsile gebore is, het Poppie geglo: ʺiets het reggekomʺ, maar sy het
          uiteindelik baie probleme met hom gehad.

          Noem enige TWEE probleme wat Bonsile vir Poppie in die Ciskei veroorsaak
          het.                                                                                     (2)

8.18      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
          vraagnommer en die letter (A–D) neer.

          In hierdie drama verteenwoordig Poppie die vrou wat ...

          A     haar kinders moes motiveer om vir hulle regte op te staan.
          B     in die afwesigheid van ŉ pa-figuur alle besluite moes neem.
          C     besef het dat sy nie haar kinders reg grootgemaak het nie.
          D     moes sukkel om ŉ werk en ŉ huis te kry.                                            (1)

8.19      Hoe, dink jy, sou dit die verloop van die drama verander het as Poppie nie na
          die Ciskei toe getrek het nie?                                                           (1)
                                                                                                   [35]

                                           OF

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         20                          DBE/November 2013
                                            NSS

BEANTWOORD ÓF DIE OPSTELVRAAG ÓF DIE KONTEKSTUELE VRAAG.

VRAAG 9: OPSTELVRAAG

PALJAS – Chris Barnard

Skryf ŉ OPSTEL (250–300 woorde) waarin jy vertel van die volgende verhoudings in
die McDonald-gesin:

•     Hendrik en Katrien
•     Hendrik en Emma
•     Hendrik en Willem

Jou opstel moet ŉ inleiding en ŉ slot hê.                                                        [35]

                                            OF

VRAAG 10: KONTEKSTUELE VRAAG

PALJAS – Chris Barnard

Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 1         FRANS: Wat se stories?
 2         THYS: Nee, allerhande goed. Hulle sê die kind toor glo.
 3         PIETA: Daardie mannetjie is met die maan gepla.
 4         FRANS: Wat? Net oor hy nie meer praat nie?
 5         PIETA: Hoekom praat hy nie meer nie? Hulle sê Oudokter sê sy pa het sy
 6         tong uitgesny.
 7         JAN MOL: Seker vir een of ander offerande.
 8         FRANS: Wat?
 9         JAN MOL: Hoor hier, ek het dit met my eie oë gesien hoe hulle offer en als.
 10        Ek sal julle nou die altaar gaan wys. Dis duiwelsgoed, man.
 11        FRANS: Dis als bog.
 12        THYS (laai nog heeltyd sakke meel): Nee, hulle sê hy loop heeltyd in die
 13        nag rond en hy sien gesigte en hy roep geeste op en offer dik snye brood vir
 14        die afgode.
 15        SAKKIE: En hy maak die eienaardigste tekeninge van goed wat hy sien.
 16        JAN MOL: Ek het dit met my eie oë gesien. Teen die mure van daardie ou
 17        murasie.
 18        SAKKIE: Maar dis nog niks – jy moet sien hoe mal raak hy as mens naby sy
 19        plek kom. Dit kos ŉ paar mense om hom vas te hou.

10.1      Wie is die ʺhulleʺ van wie Thys praat? (Reël 2)                                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          21                           DBE/November 2013
                                             NSS

10.2      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          vraagnommer en die letter (A–D) neer.

          Die eerste persoon wat stories in die dorp vertel het oor wat in die skuur aan
          die gang was, was ...

           A    ouderling Bothma.
           B    Sakkie du Toit.
           C    die dominee.
           D    Jan Mol.                                                                          (1)

10.3      Frans het die skinderstories oor die McDonalds geglo.

          10.3.1     Dui aan of hierdie stelling WAAR of ONWAAR is.                               (1)

          10.3.2     Motiveer jou antwoord op VRAAG 10.3.1.                                       (1)

10.4      Jan Mol het vir Frans gesê Frans sou niks verkeerds op die McDonalds se werf
          sien nie.

          Wat het Jan Mol met hierdie woorde geïmpliseer?                                         (1)

10.5      Waarom was die stories wat die mense oor die McDonalds vertel het,
          onregverdig?                                                                            (1)

10.6      Waaroor het Frans en Jan Mol baklei?                                                    (1)

10.7      Watter ander karakter het ook al vir Hendrik van die stories op die dorp vertel?        (1)

10.8      Nadat die stories oor die McDonald-gesin op die dorp vertel is, het Dominee by
          die McDonalds opgedaag.

          Hoekom was die dominee se besoek aan die McDonalds ironies?                             (2)

10.9      Pieta het Oudokter in reël 5–6 verkeerd aangehaal.

          Wat was volgens Oudokter moontlike oorsake van Willem se spraakprobleem?
          Gee TWEE oorsake.                                                                       (2)

10.10     Waarom het Willem so mal geraak as mense naby sy plek gekom het?
          (Reël 18)                                                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2             22                        DBE/November 2013
                                                NSS

10.11     Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf
          slegs die vraagnommer (10.11.1–10.11.4) en die antwoord neer.

                                speletjies;    draak;   nar;  toertjies;
                               olifante;    narrepak;   hase;   uniform

          Willem het op ŉ dag vreemde dinge begin doen. Die gesin was verstom oor die
          (10.11.1) ... wat Willem kon wys. Die tekening van die (10.11.2) ... wat Willem
          vir Katrien gewys het, het haar ook verbaas. Willem wou hê Katrien moes vir
          hom net so ŉ (10.11.3) ... maak soos in die tekening. Die kos wat Willem so
          geheimsinnig uit die huis gevat het, was glo altyd vir (10.11.4) ...                    (4)

10.12     Wat het Manuel met sy paljas in Willem se lewe reggekry?                                (1)

Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 1          Drie, vier motors kom op die werf aan. Hulle ry stadig. Hulle hou langs mekaar
 2          stil – hulle kopligte verblindend op die huis. Hendrik verskyn op die werf. Hy
 3          staan vir die motorligte en kyk. Katrien kom tot langs hom, met Emma en Nollie
 4          agter hulle op die stoep.

 5          HENDRIK: Gaan in die huis in, Katrina. Julle almal.

 6          Die motorligte word die een na die ander afgeskakel. Dis Sakkie du Toit wat
 7          eerste uit sy motor klim. Nog twee motors kom aan en hou stil. Ouderling
 8          Bothma klim uit ŉ tweede motor en Thys Briekman uit die derde motor. Ander
 9          mense bly in die motors sit. Hendrik kom nader. Die drie mans stap na hom
 10         toe. Nog ŉ motor hou stil.

 11         HENDRIK: Naand ...

 12         Katrien en Emma-hulle gee nie pad nie. Hulle staan en kyk.

10.13     Die Volstruisdans was vir die McDonalds ŉ antiklimaks.

          Verduidelik hierdie stelling deur te verwys na hulle voorbereidings en
          aankoms by die dans. Gee altesaam DRIE feite.                                           (3)

10.14     Watter belofte het Emma ná die Volstruisdans van haar gesin gevra?                      (1)

10.15     Hoekom het Hendrik vir Katrien-hulle gevra om in die huis in te gaan toe die
          motors op die werf aangekom het?                                                        (1)

10.16     Wat was die rede vir die dorpsmense se besoek aan die McDonalds ná die
          Volstruisdans?                                                                          (1)

10.17     Die kuiermense het vir Manuel by die McDonalds ontmoet.

          10.17.1       Dui aan of hierdie stelling WAAR of ONWAAR is.                            (1)

          10.17.2       Motiveer jou antwoord op VRAAG 10.17.1.                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2              23                       DBE/November 2013
                                                 NSS

10.18     Kies die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en die letter
          (A–D) neer.

          Willem het op die windpomp geklim, want dit het vir hom die simbool van ...
          geword.

          A     gesag
          B     opstand
          C     vrede
          D     waardering                                                                         (1)

10.19     Hoekom het Willem vir Manuel aan die einde van die drama nie meer nodig
          gehad nie?                                                                               (1)

10.20     Kies elke keer die karakter uit KOLOM B wat by die aanhaling in KOLOM A
          pas. Skryf slegs die vraagnommer (10.20.1–10.20.4) en die letter (A–E) neer.

                                  KOLOM A                               KOLOM B
          10.20.1      ʺJy’t gesê lag is beter as huil.ʺ           A   Hendrik

          10.20.2      ʺDis Willem s’n. Hy moet leer om dit te     B   Willem
                       speel.ʺ
                                                                   C   Emma
          10.20.3      ʺEk praat. Ek praat heeltyd. Ek is al een
                       wat praat!ʺ                                 D   Manuel

          10.20.4      ʺHulle jaag ons soos melaatses van die      E   Katrien
                       Volstruisdans af weg, maar ons moet
                       maak of niks gebeur het nie.ʺ
                                                                                     (4 x 1)       (4)

10.21     Watter aanduiding was daar aan die einde dat Manuel se paljas ook in Emma
          se lewe gewerk het?                                                                      (1)

10.22     Hoe het die drama vir Hendrik en Katrien op Toorwater op ŉ positiewe manier
          geëindig?                                                                                (1)

10.23     Wat het hierdie drama jou geleer oor kommunikasie in ’n gesin?                           (1)
                                                                                                   [35]

                                                                   TOTAAL AFDELING B:              35

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans FAL P1 Nov 2013](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2013/a3ea0c9e-a9db-4385-a210-2865a4df1ecd) — Afrikaans FAL · QP · 2013 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2021/da02e74c-b98c-4a0b-ad99-7fee322675fd) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2020/f4a85505-bf3c-4d21-9f1a-4ba27be67400) — Afrikaans FAL · QP · 2020 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2017/ee064d8b-979d-4573-8a64-e27394400145) — Afrikaans FAL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2012](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2012/3f85c035-f152-4594-bcdc-51046b8337e8) — Afrikaans FAL · QP · 2012 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Feb-March 2013 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-feb-march-2013-memo/8d78512b-beec-44df-ae7d-20f2cb40a28d) — Afrikaans FAL · Memo · 2013 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
