# Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC November 2014 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2014, 30 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2014/c9fa61d1-8163-4d6a-a428-c851f1dd4fe6
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2014
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 30

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC November 2014 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2014/c9fa61d1-8163-4d6a-a428-c851f1dd4fe6)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC November Exam · 2014 · Afrikaans. Question paper, 30 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans FAL P2 Nov 2014 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2014-memo/80433dff-8d61-41e3-98eb-a15aa34445eb) — Memo · 2014 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

                                 NOVEMBER 2014

PUNTE: 70

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 30 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           2                           DBE/November 2014
                                              NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.        Moenie die hele vraestel deurlees nie.

2.        Gebruik die inhoudsopgawe om jou met jou keuses te help.

3.        Die vraestel bestaan uit VIER afdelings:

          AFDELING A: Roman                   (35)
          AFDELING B: Drama                   (35)
          AFDELING C: Kortverhale             (35)   Doen AL TWEE kortverhale indien
                                                     jy hierdie afdeling behandel het.
          AFDELING D: Gedigte              (35)      Doen AL TWEE gedigte indien jy
                                                     hierdie afdeling behandel het.

          Kies die TWEE afdelings wat jy behandel het.

4.        Lees die inhoudsopgawe op bladsy 3 en dui die vraagnommers van die
          letterkundetekste wat jy in die klas behandel het, aan.

5.        Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

6.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik word.

7.        Laat ŉ reël oop na elke antwoord.

8.        Voorgestelde tydsindeling: Ongeveer 60 minute per afdeling.

9.        Antwoorde moet in Standaardafrikaans beantwoord word en nie in ŉ ander taal
          nie.

10.       Gebruik die kontrolelys op bladsy 4 om jou met jou keuses en die getal vrae te
          help.

11.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          3                     DBE/November 2014
                                             NSS

INHOUDSOPGAWE

Kies TWEE afdelings.

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord net EEN vraag.

         VRAAGNOMMER                         VRAAG          PUNTE    BLADSYNOMMER
1.   Kringe in ŉ Bos                   Kontekstuele vraag     35           5
                                              OF
2.   Die ongelooflike avonture van     Kontekstuele vraag    35                9
     Hanna Hoekom
                                              OF
3.   Meeulanders                       Kontekstuele vraag    35                12

                                              OF

AFDELING B: DRAMA

Beantwoord net EEN vraag.

4.   Poppie, die drama                 Kontekstuele vraag    35                16
                                              OF
5.   Paljas                            Kontekstuele vraag    35                19

                                              OF

AFDELING C: KORTVERHALE

Beantwoord AL TWEE vrae.

6.   Benedicta                         Kontekstuele vraag    17                23
                                              EN
     Baby                              Kontekstuele vraag    18                25

                                              OF

AFDELING D: GEDIGTE

Beantwoord AL TWEE gedigte.

7.   Brief                             Kontekstuele vraag    18                27
                                              EN
     Spore op die maan                 Kontekstuele vraag    17                29

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          4                  DBE/November 2014
                                             NSS

KONTROLELYS

Kandidate moet die kontrolelys gebruik om te verseker dat die voldoende getal vrae
beantwoord is.

                                                    GETAL VRAE           DUI AAN
     AFDELING              VRAAGNOMMERS
                                                   BEANTWOORD              ()
A: Roman                               1–3              1

                                             OF
B: Drama                               4–5              1

                                             OF
C: Kortverhale                          6               1

                                             OF
D: Gedigte                              7               1

LET WEL: Maak seker dat jy slegs vrae oor TWEE afdelings beantwoord het.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           5                           DBE/November 2014
                                              NSS

AFDELING A: ROMAN

VRAAG 1: KONTEKSTUELE VRAAG

KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1          En niemand het hom gesê dat die dorp nie in die Bos is nie. Niemand nie.
2          Hulle het skynbaar aangeneem hy weet die dorp is nie in die Bos nie. Hoe
3          moes hy dit geweet het? Hy het gedink die Bos loop tot teenaan die see en
4          êrens, ŉ halfuur se draf van die see af, is die dorp.
5             Hulle het oos van die dorp uit die Bos gekom. Die een oomblik was die
6          Bos nog om hulle, bokant hulle, en die volgende oomblik het dit al hoe ligter
7          begin word, was daar al meer son, en toe lê die wêreld skielik oop. Kaal.
8          Soos een sonder hoed. Sonder dak. Hy wou omspring en teruggaan na die
9          skemerskuilte van die Bos, en sy lyf het vanself langs die kant van die
10         pad in die muishondbos bly staan terwyl die wa verbykom en die son sy oë
11         seermaak.
12            “Kom, Saul!” skree oom Anneries toe hy saam met die briek verbykom.
13         Maar hy het in die muishondbos bly staan. Hy wou agterna skree dat hy
14         daar sal wag totdat hulle terugkom; hy het die woorde in sy kop geskree
15         terwyl sy voete die wa begin inhaal het die groot oopte in en sy hart het in
16         sy ore geklop.

1.1      Hoekom het Saul-hulle daardie dag dorp toe gegaan?                                        (1)

1.2      Hoekom het Saul duiselig gevoel toe hy in die dorp gekom het?                             (1)

1.3      Die dorpsmense het vir Saul baie anders as die Bosmense gelyk.

         Beskryf die dorpsmense se klere. Gee TWEE feite.                                          (2)

1.4      MacDonald het die Bosmense onregverdig behandel.

         Noem DRIE dinge wat MacDonald daardie dag op sy werf gedoen het, wat
         hierdie stelling bewys.                                                                   (3)

1.5      In die dorp het oom Anneries vir Saul gewys wie Mister Thomas Rex was.

         Hoekom het oom Anneries met soveel respek van hierdie man gepraat?                        (1)

1.6      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
         vraagnommer (1.6) en die letter (A–D) neer, bv. 1.6 E.

         Saul het ... gevoel toe hy vir die eerste keer deur die dorp gestap het.

         A      opgewonde
         B      kwaad
         C      gelukkig
         D      bang                                                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2             6                          DBE/November 2014
                                                NSS

1.7      Kies elke keer ŉ pleknaam uit KOLOM B wat by die stelling in KOLOM A pas.
         Skryf net die vraagnommer (1.7.1–1.7.4) en die letter (A–E) neer, bv. 1.7.5 F.

                              KOLOM A                                KOLOM B
        1.7.1     By ... is Saul in ŉ arm                       A Swellendam
                  houtkappersgesin gebore.
                                                                B Meulbos
        1.7.2     In ... kon Saul wegkom van die sosiale
                  klasseverskille van sy verlede.               C Diepwalle

        1.7.3     By ... was Saul ŉ gerespekteerde              D Krisjan-se-Nek
                  gouddelwer.
                                                                E Knysna
        1.7.4     In ... is Saul later in die hoogste sosiale
                  kringe aanvaar.
                                                                                     (4 x 1)        (4)

1.8      Dit het vir Saul gevoel asof hy sonder ŉ hoed was toe hy Knysna
         binnegegaan het.

         Waarom is dit ŉ goeie beskrywing?                                                          (1)

1.9      Joram se houding voor MacDonald was anders as sy houding in die Bos.

         1.9.1       Beskryf Joram se houding teenoor MacDonald.                                    (1)

         1.9.2       Hoe was Joram se houding in die Bos?                                           (1)

1.10     Het Saul die aandag van die dorpskinders geniet? Gee ŉ rede vir jou
         antwoord.                                                                                  (1)

1.11     Simpatiseer jy met die Barnards na hulle besoek aan die dorp? Gee ŉ rede vir
         jou antwoord.                                                                              (1)

1.12     Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer
         (1.12) en die antwoord neer.

         Kate wou daardie dag voor die Public School by Saul geweet het of hy al
         (ŉ boom afgekap het/ŉ olifant gesien het).                                                 (1)

1.13     Was dit reg dat die kinders daardie dag voor die Public School vir Saul gelag
         het? Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                                          (1)

1.14     Noem EEN aspek van Knysna as plek wat vir Saul tydens hierdie eerste
         besoek mooi en fassinerend was.                                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
 Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2               7                             DBE/November 2014
                                                   NSS

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 1               “Ek is tien. My naam is Kate en dis my sussie, Mary. Wat is jou naam?”
 2               “Saul.”
 3               “Ons het eers in die Kaap gewoon en daar skoolgegaan. Ons gaan nou
 4            hier skool. Waar gaan jy skool?”
 5               Hy het haar nie geantwoord nie. MacDonald het genadiglik uit die skuur
 6            gekom en gesien hulle staan nog altyd daar.
 7               “Kate!” het hy geraas. “I told you not to speak to these people! They’re
 8            wild!”
 9               “But he’s nice, Daddy.”
 10              “Go home immediately!”
 11           Saul het geweet MacDonald raas met haar oor hom. Hy’t gehoor
 12           MacDonald sê hy is wild; hy weet wat wild beteken ...
 13              Toe hulle wegstap, het MacDonald omgedraai en die groot boek
 14           oopgemaak. “Ek sien hier staan nog taamlik skuld op julle boek en julle wil
 15           al weer kom koop?”
 16              “Ons werk sware hout.” Hy het grond toe gekyk.
 17              “Wat wou jou pa gehad het?”
 18              “Koffie en suiker en meel ... en ŉ bietjie twak ook, asseblief.”
 19           MacDonald het die goodfor uitgeskryf en daarmee in sy hand bly staan.
 20           “Hoe oud is jy?”
 21              “Veertien gewees, mister.” Wat wil almal skielik weet hoe oud hy is?
 22              “Mm ... jy is groot vir veertien. Is jy seker jy is nie dalk sestien nie? Ek is
 23           nie so seker dat julle altyd weet hoe oud julle is nie.”
 24              “Ek is veertien.”

1.15      “ ‘ ... Waar gaan jy skool?’
              Hy het haar nie geantwoord nie.” (Reël 4–5)

          Waarom het Saul nie Kate se vraag beantwoord nie?                                                (1)

1.16      Saul het vir Joram vertel dat MacDonald vir hom werk aangebied het.

          Wat was Joram se antwoord op hierdie werksaanbod ?                                               (1)

1.17      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
          vraagnommer (1.17) en die letter (A–D) neer, bv. 1.17 E.

          MacDonald het gesê as Saul by hom kom werk, hy Saul ...

          A       se pa se skuld sou afskryf en hom slaapplek sou gee.
          B       slaapplek, kos en twee sjielings ŉ week sou gee.
          C       verantwoordelik vir sy pa se skuld sou hou.
          D       niks sou betaal nie en sy pa se skuld sou afskryf.                                       (1)

1.18      Gee TWEE redes waarom dit vir MacDonald voordelig sou wees om Saul as
          een van sy werkers te hê.                                                                        (2)

1.19      Hoe het Kate Saul gehelp om sy verblyf in Knysna die moeite werd te maak?                        (1)

 Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         8                         DBE/November 2014
                                            NSS

1.20     Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer
         (1.20) en die antwoord neer.

         Saul het van die begin af geweet dat MacDonald die Bosmense (regverdig
         behandel het/verneuk het).                                                             (1)

1.21     Terwyl Saul by MacDonald gewerk het, het sy pa weer hout afgelewer.

         Waarom was Saul woedend vir MacDonald toe Joram die dwarslêers kom
         aflewer het?                                                                           (1)

1.22     Hoekom het die Bosmense hulle hout juis aan MacDonald verkoop?                         (1)

1.23     Wat het MacDonald se optrede teenoor die houtkappers van sy karakter gesê?             (1)

1.24     Hoe sou jy teenoor MacDonald opgetree het as jy ŉ houtkapper was?                      (1)

1.25     Watter effek het Saul se werk by MacDonald op sy verhouding met sy pa
         gehad?                                                                                 (1)

1.26     Kate en Saul was toe tog aan die einde van die roman saam. Watter lewensles
         kan die leser by Kate hieroor leer?                                                    (1)

1.27     Saul het aan die einde van die verhaal ŉ positiewe houding teenoor Jozef
         getoon al het Jozef hom dikwels onregverdig behandel en seergemaak.

         Stem jy saam met hierdie stelling? Gee ŉ rede vir jou antwoord.                        (1)
                                                                                                [35]

                                            OF

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          9                          DBE/November 2014
                                             NSS

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita van der Vyver

Lees die volgende uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 1        Liewe leser, ek weet nie of ek hierdie vakansie gaan oorleef nie. Ek weet nie of
 2        ek elke aand Naam, van, dorp, dier kan speel sonder om waansinnig te word
 3        nie. Of minstens nou en dan flou te val nie.

 4        Ek wens ek kon vir Sharon bel. Haar soebat om ŉ paar dae vroeër te kom. As
 5        Sharon eers by ons is, sal my ma ons nie kan dwing om elke aand te maak of
 6        ons ŉ gesin uit die vorige eeu is nie. Maar Beyers se selfoon werk nie hier op
 7        die berg nie. Ons is heeltemal afgesny van die buitewêreld. Soos ŉ gesin uit die
 8        vorige eeu.
 9        Ek wens ek kon vir Gavin bel. Hom vra of ons nie maar die fees tot volgende
 10       jaar kan uitstel nie. Ek het veertien verjaardae sonder hom gevier. Ek kan nog
 11       ŉ jaar wag.
 12       Aan die ander kant, troos ek myself, hy sal seker geïmponeer wees met Sharon.
 13       Hy sal dalk selfs ŉ bietjie meer geïmponeer wees met mý oor ek vir Sharon as
 14       beste vriendin kon inkatrol. Dis hoe ek soms aan Sharon dink. Soos ŉ vet vis
 15       wat per ongeluk – per geluk! – deur ŉ onbeholpe visser gevang is.
 16       Sharon is baie mooier as ek. Sy trek baie beter aan as ek. Haar gesin het
 17       baie meer geld as myne.

2.1       Waar was Hanna en haar gesin met vakansie? Gee die pleknaam.                            (1)

2.2       In reël 1–3 van die uittreksel kom Hanna se persoonlikheid na vore. Watter
          aspek van haar persoonlikheid word hier uitgebeeld?                                     (1)

2.3       Vertel hoe Hanna en Sharon op hoërskool vriendinne geword het. Noem
          TWEE feite.                                                                             (2)

2.4       Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer
          (2.4) en die antwoord neer.

          Hanna en haar gesin was soos “ ŉ gesin uit die vorige eeu” (reël 6) omdat die
          vakansiehuis geen (elektrisiteit/spoeltoilette) gehad het nie.                          (1)

2.5       Hoekom het Hanna Sharon se tande so bewonder?                                           (1)

2.6       Uit reëls 14–17 kan die leser aflei dat Hanna ŉ swak selfbeeld het.

          Motiveer hierdie stelling.                                                              (1)

2.7       Waarom het Gavin Hanna se eerste veertien verjaarsdae gemis?                            (1)

2.8       Hanna was aan die begin baie opgewonde en bly oor Sharon saam met hulle
          was, maar later minder opgewonde.

          Noem TWEE dinge wat Sharon tydens haar kuiertjie gedoen het wat Hanna
          minder opgewonde oor haar mooi vriendin gemaak het.                                     (2)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          10                        DBE/November 2014
                                             NSS

2.9       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
          vraagnommer (2.9) en die antwoord neer, bv. 2.9 E.

          Hanna was later minder opgewonde oor Sharon, want Hanna was ...

          A     gespanne.
          B     skaam.
          C     jaloers.
          D     bekommerd.                                                                      (1)

2.10      Hanna het op haar vyftiende verjaarsdag baie geskenke ontvang.

          2.10.1     Van wie het Hanna ŉ grimeerstelletjie ontvang?                             (1)

          2.10.2     Hoe het die mooimaaksessie wat daarna gevolg het, Hanna gehelp
                     om haarself anders te sien?                                                (1)

2.11      Gavin het vir Hanna ŉ swart cashmere trui vir haar verjaarsdag gegee.

          2.11.1     Noem EEN geskenk wat Gavin met ŉ vorige verjaarsdag aan Hanna
                     gegee het.                                                                 (1)

          2.11.2     Was die swart trui ŉ beter geskenk vir Hanna as Gavin se vorige
                     geskenke aan haar? Gee ŉ rede vir jou antwoord.                            (1)

2.12      Hanna wou nie hê Gavin moes kom kuier nie.

          2.12.1     Noem EEN aspek van Gavin se voorkoms wat moontlik, volgens
                     Hanna, Sharon sou kon skok.                                                (1)

          2.12.2     Hoe het Sharon op Gavin gereageer toe Sharon hom ontmoet het?              (1)

2.13      Hanna was krities oor Mana se kleredrag. Waarvan het Hanna nie gehou nie?             (1)

2.14      Hanna was sensitief oor hoe haar ouers gelyk het.

          Sou jy dieselfde gevoel het as jy in Hanna se situasie was?                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           11                         DBE/November 2014
                                              NSS

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
 1        “Slaap jy?” fluister Sharon toe sy ŉ paar uur later op haar tone by ons kamer
 2        insluip.
 3           “Nee,” sê ek. “Ek het probeer slaap, maar julle het so hard gelag daar binne ...”
 4           Ek het kort ná aandete die koningin en haar onderdane langs die koolstoof
 5        gelos. Alleen in die koue kamer kom skryf. Maar ek kon dit glad nie regkry om op
 6        my kortverhaal te konsentreer nie. Ek het bly wonder waaroor hulle die hele tyd so
 7        aanmekaar lag. Ek het my selfs verbeel ek hoor my naam – en toe skaterlag
 8        die hele spul van hulle. Sharon die hardste van almal. En toe word ek so vies dat
 9        ek die kers doodblaas en die slaapsak oor my kop trek.
 10          “Hoekom is jy in so ’n slegte bui?” vra Sharon.
 11          Dis te donker om haar te sien, maar ek hoor hoe sy haar klere haastig uittrek.
 12          “Ek’s nie in ŉ slegte bui nie. Ek kan net nie verstaan hoekom julle almal so
 13       baie van haar hou nie,”
 14          “En ek kan nie verstaan hoekom jy so min van haar hou nie,” sê sy en kruip in
 15       haar slaapsak.
 16          “Sy’t haar kinders gelos om in ŉ ander land te gaan woon. Sommer net so.
 17       Amos was skaars drie jaar oud!”
 18          “Jy weet nie wat gebeur het nie, Hanna,” sê Sharon sag. “Ek is seker dit was
 19       nie vir haar maklik om dit te doen nie.”
 20          “Sy’t dit nogtans gedoen.”
2.15      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
          vraagnommer (2.15) en die letter (A–D) neer, bv. 2.15 E.
          ... was die gelukkigste oor Margot se besoek.
          A     Hanna
          B     Yann
          C     Amos
          D     Mana                                                                              (1)
2.16      Waarom was dit ironies dat Margot juis tydens hierdie vakansie by die gesin
          kom kuier het?                                                                          (2)
2.17      Vertel kortliks hoe dit gebeur het dat Margot by die gesin kom kuier het.
          Noem DRIE belangrike feite.                                                             (3)
2.18      Kies elke keer ŉ persoon uit KOLOM B wat by die inligting in KOLOM A pas.
          Skryf net die vraagnommer (2.18.1–2.18.4) en die letter (A–E) neer, bv.
          2.18.5 F.

                              KOLOM A                             KOLOM B
          2.18.1     ... het die bynaam, koningin         A    Gavin
                     Margot, geskep.
                                                          B    Tibo
          2.18.2     ... het Margot van verbreekte
                     beloftes beskuldig.                  C    Amos

          2.18.3     ... het Margot oorreed om aan die    D    Yann
                     konsert deel te neem.
                                                          E    Beyers
          2.18.4     ... was bekommerd oor die reën
                     toe Margot aankom.
                                                                                   (4 x 1)        (4)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2             12                           DBE/November 2014
                                                NSS

2.19      Wat het Hanna aan Margot raakgesien toe Margot uit die motor geklim het?                     (1)

2.20      Watter positiewe karaktereienskap het Margot getoon toe sy al die mense in
          die huis ontmoet het?                                                                        (1)

2.21      Dink jy Hanna was reg om aan die begin krities teenoor Margot te wees?
          Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                                                 (1)

2.22      Hanna het vir Margot gekritiseer omdat sy haar kinders gelos het en na ŉ
          ander land toe gegaan het. (Reël 16)

          Watter voorbeeld het Sharon se reaksie op Hanna se kritiek vir Hanna gestel?                 (1)

2.23      Hanna se houding teenoor Margot het verbeter omdat Margot ook goeie
          dinge vir ander gedoen het.

          Noem EEN goeie ding wat Margot vir Mana gedoen het.                                          (1)

2.24      Hanna het aan die einde van die verhaal besef dat sy eerder oor haar eie
          lewe as Fabienne kon skryf. Watter lewensles het sy dus uit die
          wittebroodvakansie geleer?                                                                   (1)
                                                                                                       [35]

                                                   OF

VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG

MEEULANDERS – Esta Steyn

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 1          Ná die diens stroom die mense na die huis teen die bult met roubetuigings.
 2          Dis reeds nege-uur toe die groot huis stilword en die telefoon ophou lui en
 3          Fred in sy studeerkamer met ŉ whiskey gaan sit. Hy voel tot in sy siel
 4          uitgeput. Toe die voordeur oopgaan, kyk hy op. Dis Skalla wat skielik die
 5          studeerkamer se deur oopstoot en binnekom.
 6              Skalla was nie op die begrafnis nie.
 7              Hy kyk Fred aan met rooigehuilde oë. “Jy’t sleg met haar gewerk. Sy’t dit
 8          nie verdien nie.”
 9              “Waarvan praat jy?” vra Fred geïrriteerd.
 10             Onverbloemde verbittering bars deur: “Nee ... jy sal nie weet nie. Jy weet
 11         wragtag nie eers wanneer jy oor mense trap nie! Soos jy Sheila vertrap het.
 12         Jy het haar ingebreek met jou gerondneukery.”
 13             “Wie de fok is jy om te praat, huh?”
 14             “Ek is niks. Ek is ŉ skollie ... rubbish. Maar ek is nie blind nie. Ek weet hoe
 15         julle haar uitgewerk het. Julle het gesien sy gaan agteruit ... en toe stoot julle
 16         haar van die randjie af ... maklik, nè? Stoot uit wat nie pas nie ... ek ken dit.”
 17             Fred het opgestaan en kom dreigend nader. “Hou jou bek, man!”
 18             Hermanus, in sy rooi kamerjas, verskyn in die deur en kyk hulle geskok
 19         aan.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            13                      DBE/November 2014
                                               NSS

3.1       Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer
          (3.1) en die antwoord neer.

          Elsabet het (verdrink/verongeluk).                                                    (1)

3.2       Waarheen was Elsabet op pad toe sy gesterf het?                                       (1)

3.3       Waarom was dit ironies dat Elsabet juis na hierdie plek toe wou vlug?                 (2)

3.4       Hoekom was Schalk nie by Elsabet se begrafnis nie?                                    (1)

3.5       Gee EEN rede waarom Elsabet se lewe saam met Fred ongelukkig was.                     (1)

3.6       Dink jy dit sou vir Elsabet beter gewees het as sy nie van Jacob geskei het
          nie? Motiveer jou antwoord.                                                           (1)

3.7       Gee TWEE redes waarom Schalk vir Fred blameer het vir Sheila se
          ongelukkige lewe.                                                                     (2)

3.8       Verduidelik hoe Schalk ook bygedra het tot Sheila se ongelukkige lewe.                (1)

3.9       “Ek weet hoe julle haar uitgewerk het.” (Reël 14–15)

          Wie is die “julle” na wie Schalk hier verwys het?                                     (1)

3.10      Watter ooreenkoms was daar tussen Sheila en Elsabet se ongelukkigheid?                (1)

3.11      Gee TWEE redes waarom Hermanus trots was op sy seun, Fred.                            (2)

3.12      Die dorpsmense het nie respek vir Schalk gehad nie.

          Dink jy die dorpsmense was regverdig teenoor Schalk? Gee ŉ rede vir jou
          antwoord.                                                                             (1)

3.13      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
          vraagnommer (3.13) en die letter (A–D) neer, bv. 3.13 E.

          Uit Fred se optrede teenoor die vrouens in sy lewe, kan die leser agterkom
          dat Fred die vrouens ... het.

          A     misbruik
          B     gerespekteer
          C     geïnspireer
          D     verwerp                                                                         (1)

3.14      Die Blanckenberg-broers, Fred en Schalk, het bygedra tot baie hartseer in
          Jacob se lewe. Noem DRIE dinge wat hulle elkeen gedoen het om Jacob se
          lewe ongelukkiger te maak.                                                            (3)

3.15      Was dit reg dat Schalk vir Fred verwyt het oor dinge wat in Schalk se lewe
          verkeerd geloop het? Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2             14                             DBE/November 2014
                                                NSS

3.16      “Ek is niks. Ek is ŉ skollie ... rubbish.” (Reël 14)

          Hoekom het Schalk hierdie dinge oor homself gesê?                                             (1)

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1         “Ek sal jou kry, Skalla!” roep Jacob rasend oor die water, terwyl die bootjie
2         wegvaar en een word met donkerte en see.
3         “God, help! My kind!”
4            Dis Daniel wat haar in sy arms optel terwyl haar bloed oor sy klere stroom.
5         Daardie aand het Ryna ŉ ander faset van Jacob ontdek. Hy was ŉ gekweste
6         dier met wilde swart oë waaruit ŉ oerhaat gestraal het, sodat sy bang was om
7         naby hom te kom. Hy, wat altyd die een was om in ŉ noodgeval op te tree, het
8         eenkant bly staan, asof hy nie deel was van die bloedbevlekte Oukersaand nie.
9         Dit was sy en Attie wat die drukverbande op die wond geplaas het. Dit was
10        Jannerik wat vir Geelbek geroep het. Dit was Daniel wat hulle goed haastig
11        ingepak het. En deur dit alles het die Kersboom se liggies bly flikker, aan en
12        af, rooi, geel, blou en het Attie vergeet om sy Kersvaderpak uit te trek.
13           Dokter Alwyn du Toit het saam met die Meeuw gekom. Hulle het die
14        bewustelose liggaampie in die net geplaas en met ŉ spesiale katrol op die dek
15        gelaai. Jacob en Ryna en Daniel het saamgegaan. In die skipperskajuit het
16        die geveg om Janka se lewe begin: ŉ Draagbaar, suurstofapparaat, ŉ drup.

3.17      Wat het Schalk daardie dag (reël 1–2) naby Meeuland gedoen?                                   (1)

3.18      Hoekom was Janka op die jettie?                                                               (1)

3.19      Watter invloed het Schalk se optrede daardie dag op Janka se lewe gehad?                      (1)

3.20      Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer
          (3.20) en die antwoord neer.

          Jacob het vir Schalk gedreig dat hy hom sal kry, omdat hy (op Meeuland
          oortree het/vir Janka geskiet het).                                                           (1)

3.21      Kies elke keer ŉ naam uit KOLOM B wat by die stelling in KOLOM A pas.
          Skryf net die vraagnommer (3.21.1–3.21.4) en die letter (A–E) neer, bv.
          3.21.5 F.

                              KOLOM A                                    KOLOM B
          3.21.1     ... het met die geheim rondgeloop           A   Ousanna
                     dat sy swanger was.
                                                                 B   Elsabet
          3.21.2     ... het ŉ verhouding met Fred in die
                     Kaap gehad.                                 C   Doreen

          3.21.3     ... het aangevoel wanneer mense             D   Veronica
                     seerkry.
                                                                 E   Jackie
          3.21.4     ... het haar werk bedank na ŉ lekker
                     tyd saam met Jason.
                                                                                         (4 x 1)        (4)
Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          15                          DBE/November 2014
                                             NSS

3.22      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
          vraagnommer (3.22) en die letter (A–D) neer, bv. 3.22 E.

          ... het vir Fred aan die einde van die verhaal vertel dat Janka sy dogter was.

          A     Jacob
          B     Jannerik
          C     Ryna
          D     Ousanna                                                                            (1)

3.23      Dink jy dit was goed dat Fred geweet het dat Janka sy dogter was? Motiveer
          jou antwoord.                                                                            (1)

3.24      Watter werk het Ryna gaan doen toe sy van Meeuland af weg is?                            (1)

3.25      Jacob was verantwoordelik vir Schalk se dood.

          Was dit regverdig dat Jacob tronk toe moes gaan vir die moord op Schalk?
          Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                                             (1)

3.26      Jannerik het Ryna die CB-naam Mama-Meeu gegee.

          Watter karaktereienskap van Mama-Meeu bewonder jy?                                       (1)

3.27      Waarom was dit vir Ryna moontlik om vir Jacob te wag totdat hy uit die tronk
          gekom het?                                                                               (1)
                                                                                                   [35]

                                                                 TOTAAL AFDELING A:                35

                                             OF

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2        16                        DBE/November 2014
                                           NSS

AFDELING B: DRAMA

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1          Hoedjie spring op en begin al om Ouma hop.

2          HOEDJIE. Ou Hoedjie, ou Hoedjie!
3             Ek staan op my voetjie,
4             my naam is ou Hoedjie!
5          OUMA HANNIE. Tsamaya – jy’s weer uit jou vel uit! (Sy stoot hom
6             eenkant toe)
7          PLANK. Ouma Hannie het Xhosa en Afrikaans gepraat, maar sy het geraas
8          as die kinders nie Xhosa praat nie.
9          OUMA HANNIE. Ninga malawu – die mense sal sê julle is Boesmans!
10         POPPIE (draai haar na ouma Hannie). Maar ons het nie Xhosa gekon praat
11         nie – tot nou toe as ek en my broers bymekaar is, praat ons Afrikaans –
12         dis vir ons die lekkerste, ja.
13         STONE. Ouma Hannie was streng met Poppie. Sy het vir Poppie al die
14            dinge van die Xhosa-geloof geleer – selfs al was hulle kerkmense:
15            Rooms of Methodist of Anglican of Sendingkerk.
16         POPPIE. Aai, maar sy was lief vir sing! (Al die spelers gaan staan om ouma
17         Hannie.) Ons het almal saamgesing. (Ouma sit lied in: “Jerusalem
18         ikhaya lam.” Almal begin saamsing. Poppie bly voor staan, sy luister. Op
19         “endithandayo” sing groep sotto voce en Poppie vervolg.) En saans was
20         dit oompie Pengi wat bid. Soms as hy dronk is, bid hy so lank dat ek op
21         die vloer langs my ouma, waar ek sit, aan die slaap raak en as ek wakker
22         word, dan bid oompie Pengi nog steeds.

4.1      Waarom het Poppie en haar broers by Ouma Hannie gebly?                                   (1)

4.2      Hoekom het Poppie en haar broers dit so geniet om Die Jongspan te lees?                  (1)

4.3      Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer
         (4.3.1 en 4.3.2) en die antwoord neer.

         Ouma Hannie was met ŉ (4.3.1) (visserman/skaapskeerder) getroud terwyl Ma
         Lena se man as ŉ (4.3.2) (lorriedrywer/ketelmaker) vir die oorlog aangeteken
         het.                                                                                     (2)

4.4      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
         vraagnommer (4.4) en die letter (A–D) neer, bv. 4.4 E.

         Ma Lena het Poppie se regte pa op ... ontmoet.

         A     Lüderitzbucht
         B     De Aar
         C     Prieska
         D     Upington                                                                           (1)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           17                         DBE/November 2014
                                              NSS

4.5      Ma Lena het vir haar kinders Engelse doopname gegee.

         4.5.1       Waarom het Ma Lena vir haar kinders Engelse doopname gegee?                  (1)

         4.5.2       Hoe het die kinders op hulle Engelse doopname gereageer?                     (1)

4.6      Poppie kon later nie meer skoolgaan nie.

         Hoe het sy as kind gesorg dat sy altyd iets bly leer het?                                (1)

4.7      Hoe het Poppie haar ma gehelp toe sy ophou skoolgaan het?                                (1)

4.8      Waaruit kan ons aflei dat Ouma Hannie trots was op haar familie se Xhosa-
         agtergrond?                                                                              (1)

4.9      Waarom was Poppie se keuse om as kind eerder Afrikaans te praat, ironies?                (2)

4.10     Poppie se familie is later gedwing om van Lambertsbaai weg te gaan.

         4.10.1      Hoekom moes hulle Lambertsbaai verlaat?                                      (1)

         4.10.2      Na watter plek in die Kaap is Poppie en haar familie gestuur?                (1)

4.11     Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
         vraagnommer (4.11) en die letter (A–D) neer, bv. 4.11 E.

         Nadat Poppie met Stone getrou het, was haar skoonfamilie ... Poppie.

         A       ongelukkig oor
         B       jaloers op
         C       kwaad vir
         D       tevrede met                                                                      (1)

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1          MOSIE. Die poeliesman het gesond geword en dit het verligting in onse
2            harte gebring, maar Jakkie was nog op soek. En ons het geweet die
3            poeliesse sou nie ophou soek nie. Die poeliesse is kwaad as een van
4            hulle mense geskiet is, hulle sal hom kry.
5          MAMA (huilend). Ons sal Jakkie nie weer sien nie, of ons sien hom lê in sy
6            kis. Die poeliesse sal hom doodslaan as hulle hom kry, of hulle sal hom
7            neerskiet, want hy’t ŉ rewolwer, hy’s mos dangerous. Jakkie, my
8            boesmanklonkie. Wat gaan van jou word?
9          Polisieman neem Mama weg.

10         MOSIE. Die Nylon het gekom en vir Mama en Baby opgelaai.
11           Hulle is weggeneem selle toe. Hulle is vrae gevra waarvan
12           hulle die antwoorde nie geweet het nie. Oor Jakkie. Toe kom
13           die C.I.D. vir Poppie ondervra by Mrs Swanepoel se huis.
14         POLISIEMAN. Waar is jou broer ... die een vir wie hulle sê Jakkie?
15         POPPIE. Ek weet nie.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2                 18                    DBE/November 2014
                                                    NSS

16        POLISIEMAN. Ons wil jou kinders se adres in Herschel weet.
17        POPPIE (baie ontsteld). Vir wat wil julle die adresse weet?
18        POLISIEMAN. Jou ma en jou suster sit in die tronk en jy maak
19          asof jy nie weet vir wat ons die adresse wil hê nie.
20        POPPIE. Wat het dit met my kinders te doen? Wat het hulle gemaak?

4.12     Kies elke keer die karakter uit KOLOM B wat by die stelling in KOLOM A pas.
         Skryf net die vraagnommer (4.12.1–4.12.4) en die letter (A–E) neer, bv.
         4.12.5 F.

                              KOLOM A                                  KOLOM B
         4.12.1      ... is deur die kinders geslaan en   A   Vukile
                     verneder.
                                                          B   Stone
         4.12.2      ... is dood nadat ŉ dwaalklip hom
                     getref het.                          C   Mosie

         4.12.3      ... was alleen in die Kaap toe sy    D   Jakkie
                     gesin in Mdantsane was.
                                                          E   Plank
         4.12.4      ... het teen die migrants in
                     opstand gekom.
                                                                                    (4 x 1)        (4)

4.13     Wie of wat was “die Nylon” wat vir Mama en Baby opgelaai het?                             (1)

4.14     “Hulle is weggeneem selle toe. Hulle is vrae gevra waarvan hulle die
         antwoorde nie geweet het nie. Oor Jakkie.” (Reël 11–12)

         4.14.1       Waarheen wou Jakkie uiteindelik vlug?                                        (1)

         4.14.2       Het Jakkie reg opgetree deur te vlug? Gee ŉ rede vir jou antwoord.           (1)

         4.14.3       Was dit reg dat Ma Lena en Baby in die polisieselle aangehou is
                      sodat Jakkie gevang kon word? Motiveer jou antwoord.                         (1)

4.15     “POPPIE. Wat het dit met my kinders te doen? Wat het hulle gemaak?”
         (Reël 20)

         4.15.1       Gee DRIE aanduidings uit die hele drama dat Poppie se kinders vir
                      haar belangrik was.                                                          (3)

         4.15.2       Waarom was dit aanvaarbaar dat die polisie Poppie se kinders
                      ondervra het?                                                                (1)

4.16     Op Kersdag 1976 het twee groepe in die Kaap teen mekaar baklei.

         4.16.1       Teen wie het die City-borners daardie dag baklei?                            (1)

         4.16.2       Hoekom het die City-borners teen hierdie groep baklei? Gee TWEE
                      redes.                                                                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           19                         DBE/November 2014
                                              NSS

4.17     Die polisie het na Jakkie gesoek.

         Wie het hulle verkeerdelik gevang?                                                       (1)

4.18     Gee TWEE voorbeelde van mev. Swanepoel se positiwiteit teenoor Poppie in
         hierdie drama.                                                                           (2)

4.19     Aan die einde van die drama het Poppie gedink dat sy niks meer vir haar
         kinders se toekoms kon doen nie.

         Was dit reg dat Poppie so gedink het? Gee ŉ rede vir jou antwoord.                       (1)

4.20     Een van die temas in hierdie drama is Suid-Afrika se sosiale toestande tussen
         1950 en 1976.

         Waarom kan ŉ mens sê dat hierdie tema ŉ realistiese uitbeelding van die
         apartheidsjare was?                                                                      (1)
                                                                                                  [35]

                                              OF

VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG

PALJAS – Chris Barnard

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

  1         NOLLIE: Watse plekke, oom?
  2         HENDRIK: Jy weet, Londen en al die plekke. Of is dit nou
  3         byvoorbeeld mooier as die Klein Karoo en so. Of is die mense
  4         daardie kant nou beter of slimmer of ryker of wat? (Hy dink ŉ
  5         bietjie.) Klink my hulle is gelukkiger.
  6         NOLLIE: Sal ek hierdie een opsit?
  7         HENDRIK: Ja, speel jong, speel. Willem, hoor by Ma wat van
  8         ŉ bietjie koffie. (Die kind staan op en gaan in die huis in.)
  9         En loop haal vir Emma. Sê ek soek haar hier.

  10           Nollie is besig om die plaat op te sit, maar hy kyk
  11           besorgd op as hy hoor Emma word laat haal.

  12        NOLLIE: Oom, ek wou nog sê ek is jammer oor Emma, oom.
  13        HENDRIK: Wat van Emma?
  14        NOLLIE: Nee, ek dag sy’t dalk kom sê. Sy’t ... sy’t geval.
  15        HENDRIK: Nee, sy’t my nie ŉ woord gesê nie.

  16        18. Emma staan in haar kamer langs die venster, teenaan
  17        die vensterkosyn, sodat niemand haar kan sien nie maar
  18        sodat sy alles kan hoor wat op die stoep aangaan.
  19        Klein Willem is by haar en beduie sy moet kom, Pa roep.
  20        En sy beduie met haar vinger voor haar mond hy moenie laat
  21        blyk waar sy is nie – hy moet loop, sy gaan nie uitkom nie.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           20                         DBE/November 2014
                                              NSS

5.1      By watter stasie het die McDonald-gesin gebly toe die sirkus daar aangekom
         het?                                                                                        (1)

5.2      Waarom het Hendrik gereeld na die ou plate geluister? Gee EEN rede.                         (1)

5.3      By wie het Hendrik sommige van die plate waarna hulle geluister het, gekry?                 (1)

5.4      Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer
         (5.4.1 en 5.4.2) en die antwoord neer.

         Willem het vir Emma beduie dat hulle pa haar geroep het. Willem het al vir
         (5.4.1) (een/twee) jaar ŉ spraakprobleem gehad. Willem se probleem was as
         gevolg van ŉ (5.4.2) (siekte/angstoestand). Hendrik het nie geweet hoe om
         Willem se probleem te hanteer nie.                                                          (2)

5.5      Die skoolkinders het Willem geterg omdat hy nie kon praat nie.

         5.5.1       Op watter manier het die skoolkinders vir Willem geterg?                        (1)

         5.5.2       Hoe het Willem op die skoolkinders se tergery reageer?                          (1)

5.6      Emma het vir Katrien gesê dat sy nooit wou trou nie.

         5.6.1       Wat was Katrien se siening oor Emma se woorde?                                  (1)

         5.6.2       Dink jy Hendrik het die reg gehad om in Emma se liefdeslewe in te
                     meng ?                                                                          (1)

5.7      Gee TWEE aanduidings dat Hendrik en Katrien ongelukkig getroud was.                         (2)

5.8      “Oom, ek wou nog sê ek is jammer oor Emma, oom.” (Reël 12)

         5.8.1       Hoe het dit gebeur dat Emma geval het?                                          (1)

         5.8.2       Watter positiewe karaktereienskap van Nollie het met hierdie woorde
                     na vore gekom?                                                                  (1)

5.9      Hoekom was Hendrik so ongelukkig dat die sirkustrein op sy stasie kom staan
         het?                                                                                        (1)

5.10     Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
         vraagnommer (5.10) en die letter (A–D) neer, bv. 5.10 E.

         Die sirkustrein wat op die stasie aangekom het, het ... in die McDonald-gesin
         se lewens gebring.

         A       verandering
         B       verwydering
         C       teleurstelling
         D       moedeloosheid                                                                       (1)

5.11     Die sirkusmense het glad nie respek vir Hendrik as stasiemeester gehad nie.
         Noem TWEE maniere waarop die sirkusmense dit gewys het.                                     (2)
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            21                          DBE/November 2014
                                               NSS

5.12     Hoe sou jy teenoor die sirkusmense opgetree het as jy Hendrik was?                         (1)

5.13     Die gesin se ou motor was altyd stukkend.

         5.13.1      Waarvan was die stukkende motor ŉ simbool in die drama?                        (1)

         5.13.2      Die motor het een dag langs die pad gebreek en Hendrik en Katrien
                     het toe baklei. Noem DRIE dinge wat Katrien daardie dag vir
                     Hendrik gesê het om hom seer te maak.                                          (3)

5.14     Kies elke keer die karakter uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A
         pas. Skryf net die vraagnommer (5.14.1–5.14.4) en die letter (A–E) neer, bv.
         5.14.5 F.

                              KOLOM A                                KOLOM B
         5.14.1      ... het klippe laat val toe Hendrik en   A   Manuel
                     Katrien baklei het.
                                                        B         Frans
         5.14.2      ... wou nie hê Hendrik moes inmeng
                     in Emma se verhoudings nie.        C         Willem

         5.14.3      ... wou weer hoor hoe Katrien            D   Hendrik
                     klavier speel.
                                                              E   Nollie
         5.14.4      ... het agtergebly toe die sirkus
                     Toorwater verlaat het.
                                                                                     (4 x 1)        (4)

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

  1         142. Drie, vier motors kom op die werf aan. Hulle ry stadig.
  2         Hulle hou langs mekaar stil – hulle kopligte verblindend
  3         op die huis. Hendrik verskyn op die werf. Hy staan vir die
  4         motorligte en kyk. Katrien kom tot langs hom, met Emma
  5         en Nollie agter hulle op die stoep.

  6         HENDRIK: Gaan in die huis in, Katrina. Julle almal.

  7           Die motorligte word die een na die ander afgeskakel.
  8           Dis Sakkie du Toit wat eerste uit sy motor klim. Nog
  9           twee motors kom aan en hou stil.
  10          Ouderling Bothma klim uit ŉ tweede motor en Thys
  11          Briekman uit die derde motor. Ander mense bly in die
  12          motors sit. Hendrik kom nader.
  13          Die drie mans stap na hom toe. Nog ŉ motor hou stil.

  14        HENDRIK: Naand ...

  15          Katrien en Emma-hulle gee nie pad nie. Hulle staan
  16          en kyk.

  17        OUDERLING BOTHMA: Naand, Hendrik.
  18        Hulle kom tot by hom. Hulle lyk ongemaklik.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           22                        DBE/November 2014
                                              NSS

19        HENDRIK: Kan ek help?
20        SAKKIE: Ons het maar net kom sê ons is jammer oor daardie
21        spul. Dit was nie nodig nie.
22        HENDRIK: Ag, nee wat. Kyk. (Hy hou sy arms oop.) Ons
23        makeer niks.
24        OUDERLING BOTHMA: Die mense het begin ry anderkant.
25        Die dans is in sy kanon in.
26        HENDRIK: Kom in. Kom sit. Ek was juis van plan om ŉ knertsie
27        in te gooi.
28        SAKKIE: Die vrouens sit in die kar.
29        HENDRIK: Nou bring hulle. Bring hulle. Bring hulle.

5.15     Hoekom het die mans so ongemaklik gevoel? (Reël 18)                                     (1)

5.16     Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
         vraagnommer (5.16) en die letter (A–D) neer, bv. 5.16 E.

         Emma was ná die Volstruisdans woedend vir haar pa omdat hy ...

         A     voorgestel het dat hulle die dans moes bywoon.
         B     vreeslik terugbaklei het toe hulle sleg behandel is.
         C     altyd gemaak het asof daar niks gebeur het nie.
         D     met skreeuende bande weggejaag het.                                               (1)

5.17     Hendrik het nie die mans wat by die huis aangekom het, weggejaag nie.

         Wat was jou emosionele reaksie op Hendrik se optrede?                                   (1)

5.18     “Kom in. Kom sit. Ek was juis van plan om ŉ knertsie in te gooi.” (Reël 26–27)

         Wat was die “knertsie” waarvan Hendrik gepraat het?                                     (1)

5.19     Hendrik het die besoekers ingenooi.

         Gee EEN woord wat die atmosfeer in die huis daarna beskryf.                             (1)

5.20     Watter positiewe bydrae het Willem tot die partytjie by die McDonalds se huis
         gelewer?                                                                                (1)

5.21     Die dorpsmense het reeds voor die Volstruisdans onregverdig teenoor die
         McDonalds opgetree.

         Gee TWEE voorbeelde hiervan.                                                            (2)

5.22     Waarom is daar in die drama skuinsgedrukte woorde tussen hakies, soos in
         reël 22?                                                                                (1)
                                                                                                 [35]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:             35

                                              OF

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
 Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          23                           DBE/November 2014
                                              NSS

AFDELING C: KORTVERHALE

STORIEJOERNAAL

BEANTWOORD DIE VRAE OOR AL TWEE DIE KORTVERHALE.

VRAAG 6: KONTEKSTUELE VRAAG

BENEDICTA – Margaret Bakkes

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1        “Dit is so, Ma, hulle het so eenuur se kant van die Wildtuin af gebel. Maar
2        ons weet nie wat die besonderhede is nie. Alleen maar dat hulle met hom
3        deurgejaag het Hoedspruit toe. Van daar sal ŉ helikopter hom oplaai na
4        Pietersburg toe.”
5        ŉ Donkerte kom sit in my kop. “Leef hy?”
6        “Hy het die aanval self oorleef.”
7        “Ons moet na hom toe gaan. Dadelik. Ek moet hom sien.”
8        “Ek sal net eers bel, Ma, en probeer uitvind.”
9        Die lang middag begin. Oproepe Orpen toe. Kinta van Niekerk se stem.
10       “Hy leef, ja, maar jy sal baie sterk moet wees.”
11       Oproepe Hoedspruit toe.
12       “Hy leef, ja, hy is so pas per helikopter Nelspruit toe.”
13       Ek dwaal deur die tuin en ek glo op daardie oomblik dat my kind, my groot,
14       sterk, pragtige manskind, met rooi hare soos myne, nie van my weggeneem
15       sal word nie. Daar was tog mos dikwels in sy lewe noue ontkomings.
16       Dikwels het ons aan die rand van die afgrond gestaan. Telkens is ons met
17       groot genade teruggegryp. Waarom nie nou weer nie? Hieraan sou ek
18       vashou.
19       Hy was pas ŉ jaar toe hy onverklaarbaar aan die slaap geraak het. Ek het
20       dadelik geweet dat iets vreemds aan die gang was.

6.1       Die verteller was op pad na haar seun wat beseer is.

          6.1.1       Wat het met Christiaan gebeur dat hy seergekry het?                           (1)

          6.1.2       Noem die TWEE beserings wat Christiaan as gevolg van hierdie
                      gebeure opgedoen het.                                                         (2)

6.2       6.2.1       Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf net die
                      vraagnommer (6.2.1) en die antwoord neer.

                      In hierdie verhaal is daar ŉ (derdepersoons-/eerstepersoons-)
                      verteller.                                                                    (1)

         6.2.2        Watter kenmerk van hierdie soort verteller kom sterk na vore in die
                      verhaal?                                                                      (1)

 Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [AFRIKAANS FAL P2 QP GR12 SEP2014](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-qp-gr12-sep2014/bf18a86e-1f73-4f14-8f53-2f6b1aa74b4f) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr
- [Afrikaans 2nd Language SG P2 (Afrikaans) June 2014 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-2nd-language-sg-p2-afrikaans-june-2014-qp/0fe0dbfd-bd1b-4eee-84c2-af016de0b67a) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2021/da02e74c-b98c-4a0b-ad99-7fee322675fd) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2020/f4a85505-bf3c-4d21-9f1a-4ba27be67400) — Afrikaans FAL · QP · 2020 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2017/ee064d8b-979d-4573-8a64-e27394400145) — Afrikaans FAL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2012](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2012/3f85c035-f152-4594-bcdc-51046b8337e8) — Afrikaans FAL · QP · 2012 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
