# Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC November 2016 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2016, 31 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2016/1d4cf452-fa65-433e-835a-d5003ad98b0a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 31

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC November 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2016/1d4cf452-fa65-433e-835a-d5003ad98b0a)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC November Exam · 2016 · Afrikaans. Question paper, 31 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                        GRAAD 12

                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

                                   NOVEMBER 2016

PUNTE: 70

TYD: 2 uur

                         Hierdie vraestel bestaan uit 31 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         2                              DBE/November 2016
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.        MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die
          INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommers van
          die vrae oor die tekste wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vrae en
          kies die vrae wat jy wil beantwoord.

2.        Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:

          AFDELING A: Roman                 (35)
          AFDELING B: Drama                 (35)
          AFDELING C: Kortverhale           (35)
          AFDELING D: Poësie                (35)

3.        Beantwoord vrae in TWEE afdelings, soos volg:

          AFDELING A: ROMAN
          Beantwoord die vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

          AFDELING B: DRAMA
          Beantwoord die vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

          AFDELING C: KORTVERHALE
          Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale.

          AFDELING D: POËSIE
          Beantwoord die vrae oor AL TWEE gedigte.

          Gebruik die kontrolelys op bladsy 3 om jou te help.

4.        Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Begin ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy.

7.        Spandeer ongeveer 60 minute aan elke afdeling.

8.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          3                             DBE/November 2016
                                             NSS

INHOUDSOPGAWE

Kies TWEE afdelings.

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord slegs EEN vraag.
                   VRAAGNOMMER                                     PUNTE        BLADSYNOMMER
1.   Kringe in ŉ Bos                                                 35               4

2.     Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom                   35                     8

3.     Meeulanders                                                  35                     12

AFDELING B: DRAMA

Beantwoord slegs EEN vraag.
4.   Poppie – die drama                                             35                     16

5.     Paljas                                                       35                     20

AFDELING C: KORTVERHALE

Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale.
6.   “Die pakkie”                                                   18                     24

       “Benedicta”                                                  17                     26

AFDELING D: GEDIGTE

Beantwoord die vrae oor AL TWEE gedigte.
7.   “Kabouterliefde”                                               18                     28

        “Kontak”                                                    17                     30

KONTROLELYS

Gebruik die kontrolelys om te verseker dat jy die vereiste getal vrae beantwoord.

                                                        GETAL VRAE                     DUI AAN
     AFDELING              VRAAGNOMMERS
                                                       BEANTWOORD                        ()
A: Roman                               1–3                  1

B: Drama                               4–5                     1

C: Kortverhale                          6          1 (Sluit 2 kortverhale in)

D: Gedigte                              7          1 (Sluit 2 gedigte in)
LET WEL: Maak seker dat jy vrae oor slegs TWEE afdelings beantwoord het.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         4                         DBE/November 2016
                                            NSS

AFDELING A: ROMAN

VRAAG 1: KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS A

1         Drie maande later, toe hy oortuig was dat die goud ook maar net weer ŉ
2         droom was, het MacDonald hom een middag onder op die kaai laat roep.
3           Dit was ŉ Maandag. Daar het ŉ vreemde man by hom in die kantoor gesit.
4           “Dit is mister Patterson,” het MacDonald hom ingelig. “Hy verstaan nie
5         kitchen Dutch nie, hy kom van oorsee af. Hy wil ŉ paar dae lank Bos toe gaan
6         om die loeries te bestudeer en hy soek iemand om met hom saam te gaan.”
7         Saul het geweet MacDonald sit en lieg. Ná twee jaar in sy skuur het hy
8         MacDonald se liegstem goed geken. “Aangesien mister Patterson my gas is,
9         het ek gesê ek sal jou met hom saamstuur omdat jy die Bos ken. Hy het ŉ
10        kaart van die Bos, een wat ons by mister Harison gekry het. Al wat jy moet
11        doen, is om hom te neem waarheen hy wil gaan. Verder moet jy saans sy tent
12        opslaan en natuurlik ook sy kos maak.”
13          “Die beste plek vir loeries is in Kom-se-Bos.”
14          “Mister Patterson sal self sê waar hy geneem wil wees,” het MacDonald
15        ergerlik wal gegooi. “Sorg jy maar net dat hy veilig daar kom en weer veilig
16        terugkom ook. Ek sal vir julle kos vir twee weke laat inpak. As hy langer wil
17        bly, kom haal jy nog. En jy los hom nie alleen en foeter na die houtkappers
18        toe nie! Elke dag wat jy saam met mister Patterson in die Bos is, is jy in my
19        diens.”

1.1       “Drie maande later toe hy oortuig was dat die goud ook maar net weer ŉ
          droom was, ...” (Reël 1–2)

          1.1.1       Waarom was Saul oortuig dat die storie oor die goud doodgeloop
                      het?                                                                     (1)

          1.1.2       Watter ander droom van Saul het ook op hierdie stadium gelyk
                      asof dit nie sou waar word nie?                                          (1)

1.2       Hoe weet ons (in hierdie uittreksel) dat Saul vir MacDonald goed kon opsom?          (1)

1.3       By wie het Saul vir die eerste keer van die goud gehoor?                             (1)

1.4       Wat het Saul gedink toe hy die eerste keer van die goud in die Bos gehoor
          het?                                                                                 (1)

1.5       MacDonald het Saul beveel om vir Patterson die Bos te gaan wys.

          1.5.1       Wat was die rede waarom Patterson nie in die Bos wou bly nie?            (1)

          1.5.2       Hoekom wou Saul nie hê Patterson moes omdraai nie?                       (1)

1.6       Wat moes Patterson, volgens Saul, doen as ŉ olifant hom jaag? Noem TWEE
          dinge.                                                                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          5                           DBE/November 2016
                                             NSS

1.7       Wat het Patterson vir Saul belowe as hy hom uit die Bos sou kry?                        (1)

1.8       Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer
          (1.8) en die antwoord neer.

          MacDonald se uiteindelike plan was om ŉ goudmaatskappy te stig, want hy
          het (gehoop om die Bosmense te verdryf/van mag en geld gehou).                          (1)

1.9       Saul was die eerste Bosmens wat van die goud geweet het.

          1.9.1       Hoe het oom Wiljam en oom Gert Oog gereageer toe Saul vir hulle
                      van die goudstorie vertel het?                                              (1)

          1.9.2       Hoe het Saul gedink kon die goud in die Bos sy familie uit die
                      skewe sirkel van die houtkopers wegkry?                                     (1)

1.10      Vertel hoe dit gebeur het dat Arend gesterf het nadat hy en Saul met
          Patterson op die dorp aangekom het. Gee DRIE feite.                                     (3)

1.11      Na die insident met Arend was Saul kwaad en wou nie meer vir MacDonald
          werk nie. Hoekom wou hy nie meer vir MacDonald werk nie?                                (1)

1.12      Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer
          (1.12) en die antwoord neer.

          Om te wys hoe ontsteld Saul oor Arend se dood was, het Saul (op Arend se
          beeshoring geblaas/vir MacDonald met ŉ kluit gegooi).                                   (1)

                                             EN

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS B

1         “Maar volgende keer sal ons jou vra om ons saak by die Goewerment te gaan
2         stel,” het MacDonald bytend bygevoeg. “Jy behoort ŉ sprekende voorbeeld te
3         wees van iemand wat hout vir goud verruil het! Miskien sal jy hulle oortuig.”
4           “Julle hardloop met ŉ ding weg wat nog glad nie behoorlik oopgekrap is
5         nie,” het Saul koelweg volgehou. Dit het nog stiller om hulle geword. “Julle
6         gooi hekke oop wat moes toegebly het. Hoeveel plunderaars, reken julle, kan
7         die Bos nog absorbeer? Of het die houtkopers nou genoeg laat plunder en
8         gee hulle nie meer om vir wat nog oor is nie?”
9           MacDonald was wit om die mond. “Die Bos bly maar in jou bloed, Barnard.
10        Die lagie goud wat jy bo-oor geplak het, is maar baie dun, nè? Die dae toe jy
11        vir my houtkneg was, het jou skynbaar ook ontgaan!”
12          Jy kon die dreuning van die see buite hoor, so stil het dit in die saal geword.
13          “Jy maak ŉ fout, mister MacDonald, ek dink nie iemand wat vir jou kneg
14        was, kan dit ooit vergeet nie.”
15          Dit was soos die trek van ŉ streep, die einde van ŉ tydperk.
16        Hy het omgedraai en uitgestap. Agter hom het die saal in beroering gekom en
17        hy was al ŉ hele ent in die straat af voordat die orkes weer begin speel het.
18          Dit was nagdonker.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          6                          DBE/November 2016
                                             NSS

1.13      Hierdie uittreksel vertel van die ontmoeting tussen Saul en MacDonald by ŉ
          vrolike danspartytjie.

          1.13.1      Waarom was die mense by die danspartytjie baie opgewonde?                  (1)

          1.13.2      Verduidelik waarom Saul nie ook opgewonde was soos die res van
                      die partytjiegangers nie.                                                  (1)

1.14      MacDonald wou by die danspartytjie wys dat Saul nie regtig by die inwoners
          van Knysna inpas nie.

          Noem EEN geleentheid vroeër in die roman toe Saul gevoel het hy was nie
          goed genoeg vir die Knysna-mense nie.                                                  (1)

1.15      In die uittreksel is daar konflik tussen Saul en MacDonald.

          1.15.1      Waarom, dink jy, kon Saul hierdie konflik met selfvertroue hanteer?        (1)

          1.15.2      Hoekom het MacDonald juis die sosiale geleentheid gebruik om
                      Saul te konfronteer?                                                       (1)

1.16      Waarom, dink jy, kon Saul dit nie regkry om die bos te beskerm nie?                    (1)

1.17      Saul het gesê die Knysna-mense het weggehardloop met die goudstorie wat
          “nog glad nie behoorlik oopgekrap is nie”. (Reël 4)

          Wat het Saul met hierdie aangehaalde woorde bedoel?                                    (1)

1.18      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (1.18) neer, byvoorbeeld 1.18 E.

          Na die konfrontasie tussen MacDonald en Saul, het Saul oorhaastig besluit
          om ...

          A    op die Pictor weg te gaan.
          B    ŉ hotel in die Bos te bou.
          C    nie meer vir Kate te wag nie.
          D    nie meer goud te gaan delf nie.                                                   (1)

1.19      “Hy het omgedraai en uitgestap.” (Reël 16)

          Watter boodskap het Saul met sy optrede hier vir MacDonald probeer gee?                (1)

1.20      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (1.20) neer, byvoorbeeld 1.20 E.

          Saul is sosiaal aanvaar en die meisies het hom die ... genoem.

          A    handsome Dutchman
          B    ryk hotelmagnaat
          C    aantreklike dromer
          D    kwaai delwer                                                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           7                       DBE/November 2016
                                              NSS

1.21      Kies die karakter in KOLOM B wat by die stelling in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (1.21.1–1.21.4) neer,
          byvoorbeeld 1.21.5 F.

                              KOLOM A                               KOLOM B
          1.21.1       Hierdie karakter het Saul gewys dat   A   Jozef Barnard
                       rykdom nie van jou ŉ beter mens
                       maak nie.                             B   Joram Barnard

          1.21.2       Hierdie karakter het Saul gehelp om C     Alexander MacDonald
                       deel te word van die sosiale lewe in
                       Knysna.                              D    James Stewart

          1.21.3       Hierdie karakter het in Saul geglo    E   Abraham Steyn
                       en hom gemotiveer om sy talente
                       uit te leef.

          1.21.4       Hierdie karakter sou ook voordeel
                       trek uit Saul se planne vir ŉ
                       meubelfabriek.
                                                                                 (4 x 1)       (4)

1.22      Saul het sy drome aan die einde van die roman bewaarheid.

          Verwys na EEN droom en verduidelik hoe die droom bewaarheid is.                      (2)

1.23      Watter kring in hierdie roman het jou die meeste geraak? Motiveer jou
          antwoord.                                                                            (1)
                                                                                               [35]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          8                           DBE/November 2016
                                             NSS

VRAAG 2: DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita van
         der Vyver

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS C

1           “Dis nie wat ek gesê het nie,” keer Mana. “Ek het gesê Hanna eet nie meer
2         so baie tjoklits soos voorheen nie, want sy’s meer besorg oor haar vel, toe sê
3         julle ...”
4           “Ek waardeer dit rêrig dat julle almal so besorg is oor my vel,” knip ek hulle
5         kort. “Maar dit beteken nié dat ek my tjoklits met die res van die wêreld gaan
6         deel nie.”

                                                ***

7           ... “Dié keer het jy niks gevra nie ...”
8           Ek het niks gevra nie oor ek gedog het daar sal nie vanjaar juis geld wees
9         vir geskenke nie, met die nuwe huis en die nuwe baba op pad en alles, en
10        hier kry ek meer geskenke as ooit tevore.
11          “Maar moenie dink jy gaan die boek vryspring nie,” grinnik Beyers en gee vir
12        my ŉ dun bundeltjie, in bruin leer gebind, met Shakespeare se sonnette. “Wil
13        jy hê ek moet vir jou een lees?”
14          Ek is teen dié tyd so oorstuur van opgewondenheid dat ek net kan knik.
15          “When to the sessions of sweet silent thought, I summon up remembrance
16        of things past,” lees my stiefpa met sy diep akteurstem, “I sigh the lack of
17        many a thing I sought ...”
18          ŉ Verjaardag wat begin met ŉ Shakespeare-sonnet kan nie ŉ slegte
19        verjaardag wees nie, sê ek vir myself.

2.1       Hanna was baie bekommerd toe sy hoor Gavin gaan ook daar wees vir haar
          verjaardag.

          2.1.1       Waarom was Hanna bekommerd oor Gavin se besoek?                            (1)

          2.1.2       Hoekom, dink jy, was Gavin nie ŉ perfekte pa met Hanna se vorige
                      verjaardae nie?                                                            (1)

2.2       Hoe het die gesin daardie oggend van Hanna se verjaardag die dag vir haar
          spesiaal gemaak. Noem DRIE maniere.                                                    (3)

2.3       Hanna het onverwags baie verjaardaggeskenke gekry. (Reël 8–10)

          Wat het Hanna hieruit geleer?                                                          (1)

2.4       Wat was Tibo en Amos se slim plan met hul verjaardaggeskenk aan Hanna?                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2              9                       DBE/November 2016
                                                 NSS

2.5       Hanna het minder sjokolade geëet, omdat sy nie ŉ mooi vel gehad het nie.

          2.5.1       Vir wie in die roman het Hanna oor haar mooi vel bewonder?                 (1)

          2.5.2       Hoekom is die gebruik van die woord “tjoklits” (reël 2 en 5) gepas
                      in hierdie situasie?                                                       (1)

          2.5.3       Sharon en Margot het Hanna die volgende dag gegrimeer. Watter
                      effek het dit op Hanna gehad?                                              (1)

2.6       “... met die nuwe huis ...” (Reël 9)

          2.6.1       Na watter huis het Hanna hier verwys?                                      (1)

          2.6.2       Bespreek die ironie in hierdie reël.                                       (2)

2.7       Waarom het Gavin eers laatmiddag by die huis op Botterberg aangekom?                   (1)

2.8       Wat het Gavin gedoen om Hanna se verjaardag onvergeetlik te maak? Noem
          TWEE dinge.                                                                            (2)

2.9       Wat het Yann met die pen as verjaardaggeskenk vir Hanna probeer wys?                   (1)

2.10      Hoe het die gebeure op Hanna se verjaardag haar siening oor haar gesin
          verander?                                                                              (1)

                                                 EN

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS D

1            “Wel, haar stem is groot genoeg,” sê Margot met ŉ stralende glimlag op
2         haar besmeerde gesig. Ek het haar nog nooit so afskuwelik sien lyk nie. Ek
3         het haar nog nooit so fantasties sien lyk nie. “Dis miskien ook maar goed sy’t
4         besluit om ŉ bietjie vroeër op te daag. Oor nog ŉ paar weke sou sy ŉ reus
5         gewees het.”
6           “Geluk, Bey,” sê Mana. “Jy’s die pa van ŉ dogter.”
7           Beyers is te oorstelp om ŉ woord uit te kry. Hy vryf net met ŉ verwonderde
8         vinger oor die baba wat soos ŉ klein hondjie aan my ma se bors snuif.
9           “Kan ek die ander gaan roep?” vra Sharon. “Ek is seker hulle sal ...”
10          “Nee, wag, ek wil eers die naelstring afbind,” keer Margot. “En haar ŉ bietjie
11        afspons. Sy sal my mos nóóit vergewe as ek haar in só ŉ toestand aan haar
12        broers voorstel nie. A girl has her pride, you know. Gaan haal gou vir my ŉ
13        plastiekkom met warm water.”
14          Sharon skarrel kombuis toe. Ek hoor hoe Gavin en die seuns begin juig.
15        Hulle klink soos ŉ klomp rugby-ondersteuners wie se span pas ŉ beker
16        gewen het.
17          “Dankie, Margot,” sê my ma toe sy die baba weer vir Margot aangee. “Ek
18        sou dit nooit sonder jou kon gedoen het nie ...”
19          “Jy’t al die harde werk self gedoen,” glimlag Margot.
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          10                     DBE/November 2016
                                             NSS

2.11      “Wel, haar stem is groot genoeg, ...” (Reël 1)

          Na wie verwys Margot met hierdie woorde?                                             (1)

2.12      Kies die KORREKTE woord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer
          (2.12.1–2.12.2) en die antwoord neer.

          Tydens die lang geboorteproses het Margot die leiding geneem, want sy was
          vroeër ŉ (2.12.1) (dokter/verpleegster). Na die baba se geboorte wou Mana
          haar Amanzi noem. Dit wys dat Mana (2.12.2) (egoïsties/eksentriek) was.              (2)

2.13      Waarom het Margot vir ŉ naelknipper gevra toe sy met die geboorte
          begin help het?                                                                      (1)

2.14      Hanna het tydens die hele geboorteproses vir Mana ondersteun.

          Verduidelik waarom hierdie stelling ONWAAR is.                                       (1)

2.15      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (2.15) neer, byvoorbeeld 2.15 E.

          Gavin was baie benoud tydens die geboorte en hy het ...

          A    sonder ophou gepraat.
          B    heeltyd op en af geloop.
          C    al die oorskietkos opgeëet.
          D    net gesit en voor hom uitgestaar.                                               (1)

2.16      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (2.16) neer, byvoorbeeld 2.16 E.

          Gavin en die seuns het gejuig (reël 14), want ...

          A    Sharon kon langer by hulle bly.
          B    hulle kon in die helikopter vlieg.
          C    Sharon het vertel dat die baba gebore is.
          D    hulle sou vroeër van Botterberg kon weggaan.                                    (1)

2.17      Wat het Hanna gesê wat daarop dui dat sy dadelik lief was vir haar
          babasussie?                                                                          (1)

2.18      Na die geboorte moes Mana en die baba medies ondersoek word.

          2.18.1      Wie moes ook Botterberg dadelik verlaat?                                 (1)

          2.18.2      Waarom moes hierdie persoon so gou wegkom?                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           11                        DBE/November 2016
                                              NSS

2.19      Kies die karakter in KOLOM B wat by die stelling in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (2.19.1–2.19.4) neer,
          byvoorbeeld 2.19.5 F.

                                   KOLOM A                              KOLOM B
          2.19.1      Hanna kon aan die einde van die verhaal       A   Margot
                      finaal vir hierdie karakter tot siens sê.
                                                                    B   Gavin
          2.19.2      Hierdie karakter het belowe om in die
                      toekoms by Hanna-hulle te kom kuier.          C   Fabienne

          2.19.3      Vir hierdie karakter het die helikopter nie   D   Beyers
                      dieselfde redding/uitkoms as vir die ander
                      beteken nie.                                  E   Sharon

          2.19.4      Hierdie karakter het reg aan die einde die
                      Botterbergvakansie vir die kinders op ŉ
                      hoogtepunt laat eindig.
                                                                                   (4 x 1)      (4)

2.20      Hanna het die bynaam Hanna Hoekom vroeg in haar lewe gekry. Waarom,
          dink jy, sou hierdie bynaam nie meer by haar gepas het ná die vakansie op
          Botterberg nie?                                                                       (1)

2.21      Die titel van hierdie roman is Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom.

          2.21.1      Noem EEN van Hanna se avonture wat as “ongelooflik” beskou
                      kan word.                                                                 (1)

          2.21.2      Motiveer waarom die avontuur in VRAAG 2.21.1 ongelooflik was.             (1)
                                                                                                [35]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          12                            DBE/November 2016
                                             NSS

VRAAG 3: MEEULANDERS – Esta Steyn

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS E

1         Sheila keer voordat hulle weer begin: “Toe, julle, kom eet eers. Daar’s lekker
2         spesiale kos vandag.”
3           “Hmmm, ek ruik braaiboud en aartappels en gebakte poeding en vla,” raai
4         Bernard en soen sy ma vinnig op die kroontjie van haar blonde kop. Hy
5         hardloop binnetoe met Tamara agter hom aan.
6           Sheila kyk hulle agterna. Dis nie altyd maklik om hulle in toom te hou nie.
7         Veral nie as sy die hoofpyne kry nie. Soos vandag met die ekstra spanning
8         van die stemdag.
9           Die voordeurklokkie lui. Sy stoot haar stoel na die voordeur en gaan maak
10        oop. ŉ Jong bruin meisie staan op die stoep. Sy dra ŉ dik trui en romp met ŉ
11        fabrieksoorjas bo-oor. Haar oë lyk onskuldig, kinderlik verleë.
12          “Kan ek help?” vra Sheila. Dis ongewoon vir die werkers om by die huis te
13        kom aanklop.
14          Die meisie klink senuagtig. “Ek moet meneer sien, mevrou.”
15          “Hy is nie hier nie. Is daar miskien ŉ boodskap?”
16          “Waar is hy, mevrou? Dis baie dringend.” Die meisie lek oor haar droë lippe.
17          Sheila kyk haar simpatiek aan. “As dit fabrieksprobleme is, moet jy meneer
18        Brand gaan sien. Hy is mos in die kantoor.”
19          Maar die meisie skud haar kop. “Dit het nie met die fabriek te doen nie,
20        mevrou.”

3.1       Sheila was in ŉ rolstoel.

          3.1.1       Wie het veroorsaak dat sy in ŉ rolstoel beland het?                          (1)

          3.1.2       Wat het gebeur dat sy in ŉ rolstoel beland het?                              (1)

3.2       Hoekom het baie mense in Salamanderbaai geglo Fred sou die verkiesing
          wen?                                                                                     (1)

3.3       Hermanus was opgewonde oor die stemdag.

          3.3.1       Wie het die stemdag vir Hermanus kom bederf?                                 (1)

          3.3.2       Wat het die persoon in VRAAG 3.3.1 op die stemdag gedoen wat
                      Hermanus so ongelukkig gemaak het?                                           (1)

3.4       Sheila maak die voordeur oop. (Reël 9–10)

          3.4.1       Noem EEN rede waarom Kinnie so verleë gevoel het toe Sheila die
                      deur oopgemaak het.                                                          (1)

          3.4.2       Kinnie en Sheila se gesprek in die studeerkamer was nie so privaat
                      soos hulle gedink het nie. Waarom kan ons so sê?                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          13                            DBE/November 2016
                                             NSS

3.5       Kinnie het eintlik gekom om met Fred te praat.

          3.5.1       Waarom wou Kinnie so dringend met Fred praat?                                (1)

          3.5.2       Dink jy dit was reg dat Kinnie by Fred se huis met hom wou praat?
                      Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                                 (1)

3.6       Lees reël 9–13.

          Hoe kry die skrywer dit reg dat die leser vir Kinnie jammer voel?                        (1)

3.7       Waarom, dink jy, is Sheila se optrede teenoor Kinnie ŉ goeie voorbeeld vir
          ander mense?                                                                             (1)

3.8       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (3.8) neer, byvoorbeeld 3.8 E.

          Sheila het selfmoord gepleeg, want sy het toe gedink dat sy ...

          A    nie ŉ ware vrou vir Fred was nie.
          B    nie meer die kinders kon hanteer nie.
          C    nie die verhouding tussen Fred en Schalk kon herstel nie.
          D    nie die spanning tussen Fred en Hermanus kon hanteer nie.                           (1)

3.9       Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer
          (3.9) en die woord neer.

          Bernard het sy hartseer op Sheila se begrafnis gewys deur (eenkant alleen te
          sit/ornamente in die huis stukkend te gooi).                                             (1)

3.10      Na Kinnie se dood het Jannerik haar baba Meeuland toe gevat. Vertel in
          DRIE aparte sinne hoe die baba se koms op Meeuland Elsabet, Ryna en
          Jannerik se lewens beïnvloed het.                                                        (3)

3.11      Jannerik het later by Fred oor Kinnie se geld gaan navraag doen.

          Waarom het daardie besoek Fred so bang gemaak?                                           (1)

                                             EN

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS F

1           Die son het verdwyn. Die brandewyn versag die pyn van Jackie. Dit bring ŉ
2         warm gloed in haar onderlyf.
3          Toe Skalla meteens die kajuitdeur oopmaak en voor haar staan, lag sy
4         honend.
5           Hy dra ŉ denimbroek en swart T-hemp en hy kom die enkele treetjies af na
6         haar toe.
7           “Wat sit jy hier? Wat gaan met jou aan?”
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         14                        DBE/November 2016
                                            NSS

8            “Ek ... ssit hier as ek wil ... okay?”
9            Sy lag weer. Hy neem ŉ glas en skink vir hom ŉ brandewyn uit die bottel
10        wat voor hom staan. Hy kom sit by haar op die leerbank.
11           “Het hulle jou uitgewerp, Sussie?”
12           Sy kyk hom aan met verdrietige groen oë.
13           “Ek ken van uitwerp, Sussie. Moenie worrie nie. Jy kan maar huil ook. Dit
14        help nie. Vat liewers jou goed en neuk weg. Dis al wat help. Want jy sal teen
15        ŉ oormag baklei, Sussie. Ek weet wat ek sê.”
16           Sy begin histeries huil. Hy slaan sy arm om haar skouer en vryf haar arm
17        liggies. Die aanraking laat haar effens bedaar. Sy kyk na hom: “Fred het
18        iemand anders.”
19           “Ek weet. Vroue vind hom onweerstaanbaar.”
20           Sy hand beweeg van haar skouer onder haar rooi hare in. Hy lê sy
21        oopgespreide vingers op haar kopvel. “Ek wou nie hê hy moes dit aan jou
22        doen nie. Jy is so mooi.”

3.12      Toe Elsabet nog op Meeuland was, het ŉ vriendskap tussen haar en Ryna
          ontstaan.

          3.12.1      Gee EEN rede waarom Elsabet aan die begin ongelukkig was oor
                      Ryna se koms na die eiland.                                              (1)

          3.12.2      Op watter manier was haar vriendskap met Ryna later tot Elsabet
                      se voordeel? Noem EEN feit.                                              (1)

3.13      Hoekom het Elsabet na haar huwelik met Fred begin drink?                             (1)

3.14      Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer
          (3.14) en die antwoord neer.

          Fred se nuwe boot se naam het vir Elsabet gewys dat Fred (nie sensitief was
          vir Elsabet se gevoelens nie/hom nie deur sy kinders laat beïnvloed het nie).        (1)

3.15      “Sy kyk na hom: ‘Fred het iemand anders.’
          ‘Ek weet. Vroue vind hom onweerstaanbaar.’ ” (Reël 17–19)

          3.15.1      Hoe het Elsabet uitgevind van Fred se verhouding met Jackie
                      Stevens?                                                                 (1)

          3.15.2      Dink jy dit was vir Elsabet ŉ totale verrassing om van Fred se
                      verhouding met Jackie uit te vind? Motiveer jou antwoord.                (1)

3.16      Hoekom het Elsabet gevoel dat sy nie in Fred se huis ingepas het nie?                (1)

3.17      Elsabet was in haar krisisuur op pad Meeuland toe. Waarom was dit ironies?           (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           15                        DBE/November 2016
                                              NSS

3.18      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (3.18) neer, byvoorbeeld 3.18 E.

          Schalk het baie jammer vir Elsabet gevoel omdat hy ...

          A    geweet het sy familie doen alles om raakgesien te word.
          B    ook deur die familie tot selfmoord gedryf is.
          C    sy familie en hulle geldmag so goed geken het.
          D    ook deur die familie eenkant toe gestoot is.                                     (1)

3.19      Hoe het Schalk indirek tot Elsabet se dood bygedra?                                   (1)

3.20      Kies die karakter in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (3.20.1–3.20.4) neer,
          byvoorbeeld 3.20.5 F.

                                KOLOM A                               KOLOM B
          3.20.1     Hierdie karakter het na ŉ verhouding met     A   Ryna
                     ŉ ander man weer haar lewe herstel.
                                                                  B   Ousanna
          3.20.2     Hierdie karakter se besluite het haar eie
                     lewe verwoes.                                C   Doreen

          3.20.3     Hierdie karakter was ŉ eenvoudige,           D   ant Hansie
                     simpatieke, gasvrye mens.
                                                                  E   Elsabet
          3.20.4     Hierdie karakter het na ŉ tragiese verlede
                     innerlike vrede op Meeuland gevind.
                                                                                   (4 x 1)      (4)

3.21      Watter invloed het Elsabet se dood op Janka se lewe gehad?                            (1)

3.22      Jacob en Jannerik was ware Meeulanders.

          Watter Meeulander (Jacob of Jannerik) het jou die meeste beïndruk?
          Motiveer jou antwoord met TWEE feite uit die roman.                                   (2)
                                                                                                [35]

                                                                  TOTAAL AFDELING A:            35

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         16                         DBE/November 2016
                                            NSS

AFDELING B: DRAMA

VRAAG 4: POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS G

1         OU MAN. Poppie is klaar vyftien en haar lyf is vol. (Praat direk met Mama.)
2         MAMA. Poppie ... jy moet begin dink aan trou.
3         POPPIE. Wil Mama hê ek moet ja sê vir hierdie ou manne wat kom vra vir
4         my? Ga ... ek soek nie die ou manne nie! (Aan gehoor.) Maar toe ontmoet ek
5         nou hierdie man van my met wie ek toe mee getroud is. (Stone beweeg nader
6         aan Poppie.) Ek het regtig nie eers van hom gehou nie, want hy het van
7         Herschel, in die Ciskei gekom, hy het vir sy oudste boetie, Witbooi, kom kuier
8         en nou kry hy werk in die fabriek as boilerman, maar ek het nooit met hom
9         gepraat nie.
10        MOSIE. Stap saam met ons na bhuti Witbooi se huis toe, Poppie. Sy jonger
11        boetie kom kuier by hom.
12        HOEDJIE. Sy naam is Stone, maar hulle sê sommer vir hom ou Klip.
13        PLANK. Hulle sê hy’t klaar ŉ ogie op jou ...
14        POPPIE. Ek is nie lus nie. Ek is nie gewoond aan die mense wat van die land
15        afkom nie. (Aan gehoor.) Maar toe begin hy briefies aan my skrywe, so
16        skelm-skelm. Ek was toe sestien.
17        MIMIEK: Stone skryf terwyl Poppie aan die oorkant van die verhoog op ŉ
18        trommel sit en lees. Die familie reageer onder mekaar ... Hier’s ŉ vryery aan
19        die gang!

4.1       “MAMA. Poppie ... jy moet begin dink aan trou.” (Reël 2)

          4.1.1       Met wie was Ma Lena getroud toe sy met Poppie oor trou gepraat
                      het?                                                                      (1)

          4.1.2       Hoekom, dink jy, was dit vir Mama belangrik dat Poppie aan trou
                      moes begin dink het?                                                      (1)

4.2       “Ek het regtig nie eers van hom gehou nie, want hy het van Herschel, in die
          Ciskei gekom ...” (Reël 6–7)

          4.2.1       Poppie was beïndruk met Stone.

                      Waarom was Poppie so beïndruk met Stone?                                  (1)

          4.2.2       Waarom is dit verkeerd van Poppie om Stone op grond van sy
                      grootwordplek te oordeel?                                                 (1)

4.3       Waaruit kan die leser aflei dat Stone ŉ romantiese man was?                           (1)

4.4       Dink jy Ma Lena se opdrag aan Poppie dat sy op vyftien aan trou moes dink,
          is vandag nog aanvaarbaar? Gee ŉ rede vir jou antwoord.                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          17                          DBE/November 2016
                                             NSS

4.5       Kies die KORREKTE woord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer
          (4.5) en die antwoord neer.

          Die eerste dag van Poppie se troue was by (Ma Lena/die skoonmense) se
          huis.                                                                                   (1)

4.6       Kort nadat Poppie en Stone getroud is, is hulle Herschel toe.

          Vertel van DRIE dinge wat Poppie op Herschel geleer het.                                (3)

4.7       Watter gesinstragedie het Poppie en Stone vroeg in hulle huwelik getref?                (1)

4.8       Poppie het haar kind Bonsile genoem.

          4.8.1       Wat beteken hierdie naam?                                                   (1)

          4.8.2       Watter karaktereienskap van Poppie kan hieruit afgelei word?                (1)

4.9       Poppie en Stone moes al taamlik vroeg in hulle getroude lewe weg van
          mekaar af wees.

          Hoekom het Poppie toe Kaap toe getrek?                                                  (1)

4.10      Noem TWEE probleme wat Poppie dadelik ondervind het toe sy in die Kaap
          aangekom het.                                                                           (2)

4.11      Hoe het Poppie se skoonouers haar na Stone se dood ondersteun?                          (1)

4.12      Waarom is die woorde in reël 17–19 kursief gedruk?                                      (1)

                                             EN

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS H

1         POPPIE. (herwin haar krag) Gaan dit goed met ons Mama en met Baby?
2         HOEDJIE. Hulle is nie seergemaak nie, maar hulle is van ŉ kant af gevloek,
3         sê Baby. Dit was voorlat hulle gehoor het Jakkie is oor die grens. Toe’t hulle
4         vir Mama en Baby laat loop.
5         MOSIE. Hulle sal jou kinders ook laat loop. Sodra hulle sien like die kinders
6         het nie verstand van hierdie goete nie.
7         POPPIE. Die kinders sal moet sien lat hulle regkom. Oor alles het ek gekom,
8         maar nou het ek geleer, hieroor kan ek nie kom nie. Want dis nou uit my
9         hande uit geneem, dis nou oorgegee in my kinders se hande. Dis nou my
10        kinders wat voortgaan. Vrede sal daar nie kom nie. Selfs dié wat vrede wil hê,
11        word ingesleep in die moeilikheid. Daaraan sal ons maar gewoond moet
12        word. Daaraan kan ons niks doen nie. Maar God is my getuie, ek het die
13        moeilikheid nie gesoek nie. Van die begin af was dit nie ek wat die
14        moeilikheid gesoek het nie. Here, waar is dit dan lat ek uit jou pad gedraai
15        het? (Sy vee haar oë, waaruit daar nog nie trane gekom het nie, met haar
16        sakdoek af, asof sy die onduidelikheid daaruit wil vee.)
17        As die Here wil lat jy gaan, sal jy gaan, as die Here wil lat jy bly, sal jy bly.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           18                        DBE/November 2016
                                              NSS

4.13      “HOEDJIE. Hulle is nie seergemaak nie, maar hulle is van ŉ kant af gevloek,
          sê Baby.” (Reël 2–3)

          4.13.1      Hoekom is Mama en Baby deur die polisie gearresteer?                       (1)

          4.13.2      Dink jy dit was reg van die polisie om Mama en Baby te arresteer?
                      Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                               (1)

4.14      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) en die vraagnommer (4.14) neer, byvoorbeeld 4.14 E.

          Poppie het ... dat haar kinders hulle eie paadjie van daar af moes loop.

          A    gedroom daarvan
          B    gelate aanvaar
          C    jammer gevoel
          D    baklei daarteen                                                                   (1)

4.15      “Selfs dié wat vrede wil hê, word ingesleep in die moeilikheid.” (Reël 10–11)

          Hoe het Poppie se omstandighede moeiliker geraak as gevolg van die
          politieke onreg in die land? Gee TWEE feite.                                           (2)

4.16      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) en die vraagnommer (4.16) neer, byvoorbeeld 4.16 E.

          Hierdie uittreksel (TEKS H) vorm die ... van die drama.

          A    eksposisie
          B    slot
          C    motoriese moment
          D    klimaks                                                                           (1)

4.17      Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer
          (4.17) en die antwoord neer.

          Poppie is die (antagonis/protagonis) van die drama.                                    (1)

4.18      Kies die karakter in KOLOM B wat by die inligting in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–E) en die vraagnommer (4.18.1–4.18.4) neer, byvoorbeeld
          4.18.5 F.

                                 KOLOM A                                KOLOM B
          4.18.1       Hierdie karakter het beter omstandighede     A   Mosie
                       by Poppie gehad.
                                                                    B   Bonsile
          4.18.2       Hierdie karakter het vir Poppie aan die
                       leser bekendgestel.                          C   Hoedjie

          4.18.3       Hierdie karakter het Poppie se hart     D        Jakkie
                       seergemaak met sy geweld teenoor Plank. E        Vukile
          4.18.4       Hierdie karakter het Poppie, toe hy op
                       hoërskool was, groot hartseer besorg.
                                                                                     (4 x 1)     (4)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         19                          DBE/November 2016
                                            NSS

4.19      In reël 16 lees ons hoe Poppie probeer om die onduidelikheid uit haar oë
          te hou.

          4.19.1      Noem TWEE dinge wat vir Poppie onduidelik was en wat sy nie
                      verstaan het nie.                                                         (2)

          4.19.2      Hoe het Poppie gevoel toe sy hierdie woorde sê?                           (1)

4.20      Op watter manier was Poppie ŉ goeie rolmodel vir ander oumas? Verwys in
          jou antwoord na haar kleinkind.                                                       (1)

4.21      Die drama sluit af met Nkosi Sikelel' iAfrika. Watter boodskap gee hierdie lied
          aan die leser?                                                                        (1)

4.22      Poppie se verhaal het eers in romanvorm verskyn. Waarom, dink jy, is dit
          goed dat dit ook in ŉ drama verwerk is?                                               (1)
                                                                                                [35]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         20                         DBE/November 2016
                                            NSS

VRAAG 5: PALJAS – Chris Barnard

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS I

1         11. Hendrik is op die stasieperron besig met iets.
2             Willem gaan staan tien meter van sy pa en wuif vir hom.

3         HENDRIK: O nee, nie so nie. Sê! (Die kind hou aan wuif met ŉ oop
4         handpalm.) Sê, Willem. (Dringend, maar nie onvriendelik nie.) Sê “tot siens,
5         Pa”.

6             Die kind sien die goudgeel skoolbus aankom. Hy wys vir sy pa.

7         HENDRIK: Ja, ek sien. (Hy stap heeltyd nader.) Sê gou. (Die kind begin
8         wegbeweeg, maar Hendrik gryp sy elmboog.) Sê gou – sê “tot siens, Pa”.

9             Die bus stop al.
10            En Willem ruk los en hardloop. En heeltyd waai hy oor sy skouer vir sy pa.
11            Hy hardloop oor die spoor.
12            Hendrik staan en kyk hoe hy in die bus klim. En die bus ry in die vroeë
13            môrelig in.
14            Hendrik se gesig is heeltemal uitdrukkingloos.
15            Die bus is nog nie heeltemal weg nie wanneer ŉ bakkie van dieselfde kant
16            verskyn waar die bus vandaan gekom het. Dis Frans Lombard se groen
17            bakkie. Hendrik sien hoe die bakkie oor die spoor swenk en werf toe ry.
18            En Hendrik posisioneer homself só dat hy ongemerk kan sien wat op die
19            werf aangaan.

20        12. Katrien skrop die kombuisvloer. Haar hare, wat vanoggend netjies gekam
21           was, is klaar bietjie deurmekaar. Tussen die hale van die borsel deur
22           steek haar hand skielik vas. Sy luister, en hoor die bakkie en kom vinnig
23           van haar knieë af orent.

5.1       Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer
          (5.1) en die antwoord neer.

          Hierdie drama speel af in die (Karoo/Boland).                                         (1)

5.2       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (5.2) neer, byvoorbeeld 5.2 E.

          Die herhaling van Hendrik se woorde, “… sê ‘tot siens, Pa’ ”, beklemtoon dat
          Hendrik ... voel oor Willem wat nie praat nie.

          A    desperaat
          B    verleë
          C    woedend
          D    bedreig                                                                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          21                            DBE/November 2016
                                             NSS

5.3       Verwys na reël 3–5.

          5.3.1       Hoe lank was dit al dat Willem nie gepraat het nie?                          (1)

          5.3.2       Hoe het die kinders op die skoolbus gereageer op Willem wat nie
                      kon praat nie?                                                               (1)

          5.3.3       Wat was, volgens Oudokter, die rede waarom Willem nie gepraat
                      het nie?                                                                     (1)

          5.3.4       Watter raad het Oudokter toe aan Hendrik oor Willem se probleem
                      gegee?                                                                       (1)

5.4       Katrien het baie keer in die drama Hendrik se verkeerde hantering van sy
          gesin gekritiseer.

          5.4.1       Verwys na Hendrik se verkeerde hantering van Katrien, Emma en
                      Willem in DRIE aparte feite.                                                 (3)

          5.4.2       Waarom was dit verkeerd van Katrien om vir Hendrik voor die
                      kinders te kritiseer?                                                        (1)

5.5       “En Hendrik posisioneer homself só dat hy ongemerk kan sien wat op die werf
          aangaan.” (Reël 18–19)

          5.5.1       Wat sê hierdie optrede van Hendrik se karakter?                              (1)

          5.5.2       Noem EEN verskoning wat Frans gebruik het om Katrien te
                      besoek.                                                                      (1)

          5.5.3       Hoe het Emma gewoonlik opgetree as Frans Lombard haar ma
                      besoek het? Gee TWEE feite.                                                  (2)

5.6       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (5.6) neer, byvoorbeeld 5.6 E.

          Die feit dat Katrien vinnig opgestaan het toe sy die bakkie gehoor het, wys
          dat ...

          A    sy vir Frans wou wegkruip.
          B    sy skaam was oor haar voorkoms.
          C    sy eers wou kyk waar Hendrik was.
          D    Frans te vroeg in die dag kom kuier het.                                            (1)

5.7       Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer
          (5.7) en die antwoord neer.

          Volgens Emma het Hendrik baie oor (onbelangrike dinge/probleemsituasies)
          gepraat.                                                                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         22                         DBE/November 2016
                                            NSS

5.8       Almal in die McDonald-gesin, behalwe Hendrik, was ongelukkig op die verlate
          stasietjie.

          5.8.1       Wat het Katrien gewens as die trein soggens verbyry?                        (1)

          5.8.2       Hoe het Nollie probeer om die McDonald-gesin gelukkig te maak?
                      Noem EEN feit.                                                              (1)

          5.8.3       Ná watter gebeurtenis het die dorpsmense finaal gewys dat hulle
                      nie die McDonalds aanvaar nie?                                              (1)

                                            EN

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS J

1         128. Die gesin om die etenstafel. Manuel is nie by nie. Willem aanvanklik ook
2         nie. Hulle eet.

3         HENDRIK: Wie dink hulle is hulle? (Hy is baie opgeskroef.) Wie die moer dink
4         hulle is hulle?
5         KATRIEN: Hendrik.
6         HENDRIK: Nee, ek vra. Ons pla niemand. Ons sukkel aan op ons eie manier.
7         Ek laat verdomp niemand my rondneuk met ŉ spul mausers nie.
8         KATRIEN: Dis hoekom ek sê: gaan polisie toe.
9         HENDRIK: Nee, Katrina. Die polisie is saam met hulle. Ek het gesien daardie
10        dag toe die polisie hier was. Hulle verstaan g’n niks van ons af nie.
11        EMMA: Pa, ons is nie so ingewikkeld nie.
12        HENDRIK: Presies! Ons is maar net mense. Wat ons ding op ons eie manier
13        doen. Maar daar’s ŉ groot wêreld daar buitekant, my kind, wat sê: Julle doen
14        dit soos ons almal dit doen, of ons maak ons mausers leeg op julle.

15            Willem het binnegekom en hy staan langs sy ma.

16        KATRIEN: Sê hy al iets?
17        WILLEM: Hy slaap.
18        HENDRIK: Ek is Hendrik McDonald. En ek mág ek wees. En jy mag Emma
19        wees. En Ma en Willem en almal. Nollie Kemp is Nollie Kemp en klaar. Ons is
20        ons met al ons skete en al. (Hy kyk skielik vir Willem.) Of wat sê jy, Willem?
21        WILLEM: Manuel het niemand iets gedoen nie.
22        HENDRIK: Presies!

23        129. Manuel lê vir die dak en kyk. Willem staan langs die bed. Hy is besig om
24        Manuel uit te lok ...

5.9       Ná watter gebeurtenis het die McDonalds Manuel die eerste keer ontmoet?                 (1)

5.10      Verwys na reël 1–2.

          5.10.1      Waarom was Manuel nie hier by die gesin aan tafel nie?                      (1)

          5.10.2      Waarom het Willem ook aan die begin nie saamgeëet nie?                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          23                          DBE/November 2016
                                             NSS

5.11      Wie was die “hulle” na wie Hendrik in reël 3 verwys?                                     (1)

5.12      Waarom kan ŉ mens verstaan waarom Hendrik in reël 3–4 gevloek het?                       (1)

5.13      Wat het Katrien probeer regkry deur slegs Hendrik se naam in reël 5 te
          noem?                                                                                    (1)

5.14      Verwys na reël 9–10.

          Die polisie het nie altyd reg opgetree teenoor die McDonalds nie.

          Motiveer hierdie stelling met TWEE feite.                                                (2)

5.15      Hoekom kan ons sê die rolle tussen Manuel en Willem het in reël 23–24
          omgeruil?                                                                                (2)

5.16      Kies die karakter in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (5.16.1–5.16.4) neer,
          byvoorbeeld 5.16.5 F.

                                 KOLOM A                               KOLOM B
          5.16.1      Hierdie karakter het dit reggekry om die     A   Emma
                      McDonald-gesin te oorreed om na die
                      Volstruisdans te gaan.                       B   Nollie

          5.16.2      Hierdie karakter het die McDonald-gesin      C   Manuel
                      gedwing om oor seermaakdinge te praat.
                                                                   D   Katrien
          5.16.3      Hierdie karakter het met skinderstories
                      hartseer vir die McDonalds veroorsaak.       E   Jan Mol

          5.16.4      Hierdie karakter het met paljas die
                      McDonalds se gesinsverhoudings herstel.
                                                                                     (4 x 1)       (4)

5.17      “Ek is Hendrik McDonald. En ek mág ek wees.” (Reël 18)

          Watter universele boodskap word met hierdie woorde oorgedra?                             (1)

5.18      Hoekom was dit reg dat Manuel later weer terug sirkus toe is?                            (1)
                                                                                                   [35]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:                35

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans FAL P1 Nov 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2016/7d9df0bc-5c9f-4686-ac88-1f7b7a11c2d1) — Afrikaans FAL · QP · 2016 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2016/177c8739-413e-4c21-a7b4-2146951106ff) — Afrikaans FAL · QP · 2016 · Afr
- [Grade 12 NSC Afrikaans P2 10022 (FAL) Preperatory 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-p2-10022-fal-preperatory-2016-question-paper/8e1b7b9d-a93b-4720-8047-a1dcf1a8ab8c) — Afrikaans FAL · QP · 2016 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2021/da02e74c-b98c-4a0b-ad99-7fee322675fd) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2020/f4a85505-bf3c-4d21-9f1a-4ba27be67400) — Afrikaans FAL · QP · 2020 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2017/ee064d8b-979d-4573-8a64-e27394400145) — Afrikaans FAL · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
