# Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC November 2017 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2017, 41 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2017/ee064d8b-979d-4573-8a64-e27394400145
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 41

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC November 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2017/ee064d8b-979d-4573-8a64-e27394400145)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC November Exam · 2017 · Afrikaans. Question paper, 41 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                        GRAAD 12

                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

                                   NOVEMBER 2017

PUNTE: 70

TYD: 2 uur

                         Hierdie vraestel bestaan uit 41 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         2                              DBE/November 2017
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.        MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die
          INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommers van
          die vrae oor die tekste wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vrae en
          kies die vrae wat jy wil beantwoord.

2.        Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:

          AFDELING A: Roman                 (35)
          AFDELING B: Drama                 (35)
          AFDELING C: Kortverhale           (35)
          AFDELING D: Gedigte               (35)

3.        Beantwoord TWEE vrae: EEN vraag uit elkeen van die TWEE afdelings.

          AFDELING A: ROMAN
          Beantwoord die vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

          AFDELING B: DRAMA
          Beantwoord die vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

          AFDELING C: KORTVERHALE
          Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale.

          AFDELING D: GEDIGTE
          Beantwoord die vrae oor AL TWEE gedigte.

          Gebruik die kontrolelys op bladsy 4 om jou te help.

4.        Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik word.

6.        Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

7.        Voorgestelde tydsindeling: Ongeveer 60 minute per afdeling.

8.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2     3                   DBE/November 2017
                                        NSS

INHOUDSOPGAWE

Kies TWEE afdelings.

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord slegs EEN vraag.
                 VRAAGNOMMER                      PUNTE   BLADSYNOMMER
1. Kringe in 'n Bos                                 35          5

2.   Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom    35           9

3.   Meeulanders                                   35          13

4.   Lien se Lankstaanskoene                       35          17

AFDELING B: DRAMA

Beantwoord slegs EEN vraag.
5. Poppie – Die Drama                              35          21

6.   Paljas                                        35          25

7.   Fiela se Kind – Die Drama                     35          29

AFDELING C: KORTVERHALE

Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale.
8.1 ''Veertig sinkplate teen die Suidewind''       18          34
                                           EN
8.2 ''Van Precious: 'n Buisie salf''               17          36

AFDELING D: GEDIGTE

Beantwoord die vrae oor AL TWEE gedigte.
9.1 ''Ek het 'n huisie by die see''                17          38
                                    EN
9.2 ''Palimpses''                                  18          40

Kopiereg voorbehou                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          4                          DBE/November 2017
                                             NSS

KONTROLELYS

Gebruik die kontrolelys om te verseker dat jy die vereiste getal vrae beantwoord.

     AFDELING              VRAAGNOMMERS             GETAL VRAE           DUI AAN
                                                   BEANTWOORD              ()
A: Roman                               1–4              1

B: Drama                               5–7                1

C: Kortverhale                          8          1 (2 kortverhale)

D: Gedigte                    9              1 (2 gedigte)
LET WEL: Maak seker dat jy vrae oor slegs TWEE afdelings beantwoord het.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         5                            DBE/November 2017
                                            NSS

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord slegs EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

VRAAG 1: KRINGE IN 'N BOS – Dalene Matthee

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS A

Kort ná sonop is hy aan die rand van die Bos en hy kry die karige plankgeboutjie
sonder veel gesoek. Hy klop en wag. Die ou bruinman wat kom oopmaak, skrik
en staar hom ontsteld aan.
"Baas Saul?"
"Ek kom leen die geweer, Maska."                                                       5
"Die geweer?" vra die oue agterdogtig. "Om wat te maak?"
"Ek het besluit dat Terblans nie Oupoot sal skiet nie. As iemand dit dan moet
doen, sal dit ek wees."
  Iets soos paniek maak ou Maska se klein swart ogies wild. "Jy? Jý gaan hom
skiet?"                                                                                10
"Ja."
"Nee!" Dis 'n smeking om genade; hy steek sy hande voor hom uit en skud sy
kop. "Nie jy nie. Asseblief, baas Saul ..."
"Leen my die geweer."
"Maar ek het net twee koeëls!" skiet hoop die ou man binne. "En niemand in             15
hierdie bos sal vir jou 'n enkelte koeël bysit nie, hulle sal jou nie help nie, baas
Saul."
"Twee koeëls is genoeg. Het jy kruit?"
"Dit lyk vir my die rykmanslewe het jou kop saf gemaak!" ruk ou Maska hom
skielik op. "Lyk vir my jy vergeet lat Oupoot Oupoot is! Lat al die slim van al die    20
olifante ..." Hy bly stil en staan vir 'n oomblik verbyster.

1.1       Waar was Saul toe Maska hom die vorige dag gesien het?                                  (1)

1.2       Waarom wou Terblans vir Oupoot skiet?                                                   (1)

1.3       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
          vraagnommer (1.3) en die antwoord neer.

          Saul se besluit om vir Oupoot te skiet, het daarop gedui dat Saul (vir Oupoot
          gerespekteer het/vir Terblans gehaat het.)                                              (1)

1.4       "Iets soos paniek maak ou Maska se klein swart ogies wild." (Reël 9)

          Waarom was Maska paniekerig toe hy hoor dat Saul vir Oupoot wou skiet?                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           6                           DBE/November 2017
                                              NSS

1.5       Kies die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die vraagnommer (1.5) en die
          letter (A–D) neer, byvoorbeeld 1.5 E.

          Maska het vir Saul van kleins af geken. Waarom het hy op 'n stadium begin
          om vir Saul as "Baas Saul" aan te spreek?

          A       Saul het deftige klere gedra.
          B       Saul het nie meer in die Bos gebly nie.
          C       Maska het vir Saul as bewaarder van die Bos gerespekteer.
          D       Maska wou só vir Saul ompraat om nie vir Oupoot te skiet nie.                     (1)

1.6       "En niemand in hierdie bos sal vir jou 'n enkelte koeël bysit nie, hulle sal jou
          nie help nie, baas Saul." (Reël 15–17)

          Gee DRIE redes waarom die Bosmense nie vir Saul sou help nie.                             (3)

1.7       "Dit lyk vir my die rykmanslewe het jou kop saf gemaak!" (Reël 19)

          1.7.1       Hoe het Saul ryk geword?                                                      (1)

          1.7.2       Wie was die eerste persoon wat vir Saul vertel het van hierdie
                      manier om geld te maak?                                                       (1)

1.8       Waarom kan 'n mens vir Saul prys dat hy bereid was om sy rykdom te deel?                  (1)

1.9       Oupoot was deel van Saul se lewe.

          Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar neer in die VOLGORDE soos
          wat dit in die roman gebeur het:

          •   Oupoot het om Saul se blyplek gedwaal toe Saul siek was.
          •   Oupoot wou vir Saul wys hoe Meulbos verwoes is.
          •   Oupoot het verskyn toe Saul se ma dood is.
          •   Oupoot het aan Saul verskyn nadat Saul die tyding van sy pa se dood
              gekry het.                                                                            (4)

1.10      Watter verskil, dink jy, sou dit aan die slot van die roman maak ten opsigte
          van Saul se lewe as Maska nooit vir Saul gaan vertel het dat Terblans vir
          Oupoot wou skiet nie?                                                                     (1)

1.11      Motiveer waarom die stelling hieronder WAAR is.

          Die feit dat dit Stopforth was wat vir Oupoot geskiet het, was vir die leser
          'n antiklimaks in die roman.                                                              (1)

                                              EN

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          7                            DBE/November 2017
                                             NSS

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS B

  "Omdat ek hier omdraai, Maska. Ek gaan nie verder nie – dis hier waar ons
mekaar moet groet."
  Toe ou Maska se skraal lyf regop ruk, is hy soos 'n dier wat skielik besef dat
hy vasgekeer is. "Voor die Here sil jy gaat staan as jy vandag hier omdraai,
Saul Barnard! Voor die Here, sê ek jou!"                                                 5
  "Ek het nie 'n keuse nie, Maska. Daar is dinge wat jy nie verstaan nie."
  "Saul ..." Kate kom vinnig nader.
  "Bly stil, Kate," keer hy haar en draai na Maska toe. "Ek is vas, Maska, ek het
nie 'n keuse nie. Die mag van die mens is groter as wat selfs ek vermoed het."
  "Saul!"                                                                               10
  "Bly stil, Kate ... ek draai hier om, Maska, aanvaar dit en haal die verwyt uit jou
oë sodat ek sonder skuld kan wegstap. As Oupoot my dier-broer was, is jy my
hart-broer. Maska, ek is tot sterwens toe gedaan, ek weet nie wat om te sê nie.
Laat my net 'n rukkie alleen met miss Kate." Maar die oue bly vasgekeer staan in
sy nood en steek sy hande met 'n gebaar van desperaatheid na Saul uit. "Moenie          15
dit vir my nog swaarder maak nie, Maska! Asseblief nie."

1.12      Saul het in die verlede ook die Bos verlaat omdat hy gevoel het dat hy nie
          'n keuse gehad het nie.

          1.12.1     Waarom het Saul as jong seun die eerste keer die Bos verlaat?                 (1)

          1.12.2     Waar het Saul gaan bly toe hy die eerste keer die Bos verlaat het?            (1)

1.13      "Die mag van die mens is groter as wat selfs ek vermoed het." (Reël 9)

          1.13.1     Van watter mens het Saul hier gepraat?                                        (1)

          1.13.2     Noem TWEE maniere waarop hierdie mens sy mag in die
                     Bosmense se lewe misbruik het.                                                (2)

1.14      Hoekom het Kate aanhoudend nadergekom (sien uittreksel) om met Saul te
          probeer praat?                                                                           (1)

1.15      Dink jy dit was reg van Kate om Saul te help? Motiveer jou antwoord.                     (1)

1.16     Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
         vraagnommer (1.16) en die letter (A–D) neer, byvoorbeeld 1.16 E.

         Maska het desperaat by Saul gepleit om nie om te draai nie omdat hy gehoop
         het dat Saul ...

          A     en Jozef vrede sou maak.
          B     die erwe in die Bos sou koop.
          C     as houtkapper sou terugkeer Bos toe.
          D     vir die houtkappers sou wys waar die goud was.                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            8                                DBE/November 2017
                                               NSS

1.17      " ... aanvaar dit en haal die verwyt uit jou oë sodat ek sonder skuld kan
          wegstap." (Reël 11–12)

          Waaroor, dink jy, sou Saul hierdie keer skuldig voel as hy die Bos weer
          verlaat?                                                                                       (1)

1.18      "As Oupoot my dier-broer was, is jy my hart-broer." (Reël 12–13)

          Waarom kan ons sê dat Saul hier met sy beskrywing van die verhouding
          tussen hom en Maska reg was? Verwys in jou antwoord na Maska se optrede
          regdeur die roman.                                                                             (1)

1.19      Voltooi die volgende paragraaf deur die woorde in die lys hieronder te gebruik.
          Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (1.19.1–1.19.2) neer.

                     hardkoppig;        individualisties;     eerlik;          skuldig

          Joram Barnard se een seun het na hom geaard, terwyl die ander seun van
          hom verskil het. Jozef was net so (1.19.1) ... soos Joram, terwyl Saul van
          Joram verskil het omdat Saul (1.19.2) ... was.                                                 (2)

1.20      Daar was verskillende vroue wat 'n rol in Saul se lewe gespeel het.

          Kies die karakter in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.
          Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (1.20.1–1.20.4) neer.

                               KOLOM A                                    KOLOM B
          1.20.1     Hierdie karakter het Saul skuldig laat     A       Beth
                     voel dat hy die Bos wou verlaat.
                                                                B       Sanna
          1.20.2     Hierdie karakter het Saul probeer
                     verneder oor sy verbintenis met die        C       Kate
                     Bosmense.
                                                                D       Kate se ma
          1.20.3     Hierdie karakter het vir Saul gehelp dat
                     hy op gelyke voet met die inwoners van E           Jane
                     Knysna kon wees.

          1.20.4     Hierdie karakter was die alibi sodat
                     Kate en Saul saam kon wees.
                                                                                          (4 x 1)        (4)

1.21      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
          vraagnommer (1.21) en die antwoord neer.

          Een van Saul se karaktereienskappe was (sy haat vir leuens/dat hy alles
          geglo het wat aan hom vertel is).                                                              (1)

1.22      Die vernietiging van die Bos is 'n sentrale tema in hierdie roman. Waarom is
          hierdie tema vandag nog belangrik?                                                             (1)
                                                                                                         [35]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2             9                          DBE/November 2017
                                                NSS

VRAAG 2: DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM –
         Marita van der Vyver

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS C

  ... "Wat van Anne Frank of ... of ..."
  "Anne Frank het 'n lewe gehad waarin iets gebéúr het. En sy moes doodgaan
voor sy beroemd geword het."
  Goed. Anne Frank was 'n vrot voorbeeld. Só graag wil ek nou ook nie beroemd
wees nie.                                                                                5
  "Almal het 'n lewe waarin iéts gebeur," troos Beyers toe hy sien hoe bek-af ek
na my preiesop staar. "En die res maak jy mos maar op. Skryf jou storie, Hanna."
  Beyers is my stiefpa. Ek sou graag wou sê my bose stiefpa, maar ek kan nie so
openlik lieg nie, nie eens in 'n storie nie. Hy's die beste man wat my ma nog ooit
in haar lewe gehad het.                                                                 10
                                           ***
  Liewe leser, ek wil vir my 'n lewe opmaak. Die lewe van 'n amper vyftienjarige
meisie met 'n eksotiese naam soos Fabienne.
                                           ***
  Maar ek hou nie van slangvellangbroeke nie. Of van strepe in my hare of ringe
in my naeltjie of my wenkbroue of enige ander plek op my lyf nie. Nie eens aan
my vingers nie. Ek is 'n enorme teleurstelling vir my trendy pa.                        15
                                           ***
  Beyers het vir ons die nuus aan tafel meegedeel (die slegste nuus in hierdie
huis word altyd aan tafel meegedeel, gewoonlik terwyl ons sop eet) en toe begin
almal gelyk gil en skreeu.

2.1       In watter stad het Hanna saam met haar ingewikkelde gesin gewoon?                        (1)
2.2       Waarom het Hanna vir Anne Frank as voorbeeld van 'n skrywer genoem?                      (1)
2.3       "Anne Frank het 'n lewe gehad waarin iets gebéúr het." (Reël 2)
          Wat het Yann geïmpliseer toe hy dit vir Hanna gesê het?                                  (1)
2.4       "Skryf jou storie, Hanna." (Reël 7)
          Watter TWEE dinge kon vir Hanna help om 'n ongelooflike skrywer te wees?                 (2)
2.5       Beyers was die beste man vir Hanna se ma. Wat het ook van hom 'n goeie
          stiefpa vir Hanna gemaak?                                                                (1)
2.6       Waarom is Mana en Gavin, Hanna se biologiese pa, geskei?                                 (1)
2.7       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          vraagnommer (2.7) en die letter (A–D) neer, byvoorbeeld 2.7 E.
          Die feit dat Hanna se pa by haar geboorte vir haar die naam Fabienne wou
          gee, het Hanna laat besef dat ...
          A     Mana vir haar die verkeerde naam gegee het.
          B     haar pa haar skryfboek in die hande gekry het.
          C     haar ouers nie baie waarde aan familiename geheg het nie.
          D     sy en haar pa meer in gemeen gehad het as wat sy gedink het.                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            10                         DBE/November 2017
                                               NSS

2.8       Voltooi die volgende paragraaf deur die woorde in die lys hieronder te
          gebruik. Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (2.8.1–2.8.2) neer.

                     verbeelding;        naam;        opvoeding;     voorkoms

          Hanna het gevoel sy was 'n teleurstelling vir haar pa omdat sy so 'n vaal
          (2.8.1) ... gehad het. Haar ma het ook nie vir haar 'n uitsonderlike (2.8.2) ...
          gegee nie.                                                                               (2)

2.9       Die verskillende karakters het óf 'n positiewe óf 'n negatiewe rol in Hanna se
          skryfkuns gespeel.

          Kies die karakters in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.
          Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (2.9.1–2.9.4) neer.

                                KOLOM A                              KOLOM B
          2.9.1      Hierdie karakters was Hanna se           A    Mana en Gavin
                     inspirasie vir 'n romantiese verhaal.
                                                              B    Pampoen en Patat
          2.9.2      Hierdie karakters het Hanna
                     aangemoedig om te skryf.                 C    Yann en Sharon

          2.9.3      Hierdie karakters was die oorsprong      D    Amos en Tibo
                     van Hanna se kreatiwiteit.               E    Margot en Beyers
          2.9.4      Hierdie karakters het geen waardering
                     vir Hanna se digkuns gehad nie.
                                                                                    (4 x 1)        (4)

2.10      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
          vraagnommer (2.10) en die antwoord neer.

          Kinders is gewoonlik nie deel van 'n wittebroodvakansie nie. Dit het
          Mana-hulle se wittebrood op die berg (vervelig/uniek) gemaak.                            (1)

2.11      Verwys na reël 16–18.

          2.11.1     Wat lei jy uit die kinders se reaksie op die nuus van die
                     wittebrood af?                                                                (1)

          2.11.2     Hoekom pas dit by Mana se karakter om die hele gesin saam op
                     'n wittebrood te neem?                                                        (1)

2.12      Was dit 'n goeie idee van Mana en Beyers om die kinders op die wittebrood
          saam te neem?

          Motiveer jou antwoord deur na die slot van die verhaal te verwys.                        (1)

                                               EN

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          11                            DBE/November 2017
                                             NSS

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS D

  "Ek gaan haar mis," sug Gavin toe die helikopter met 'n winderige lawaai
opstyg.
  "Ek ook," sug ek.
  Sharon kyk verras na my.
  "Lyk my ou Hanna Heks is toe ook betower," terg sy.                                      5
  "My naam is nie Hanna Heks nie," sê ek met my neus in die lug. "Ook nie
Hanna Hoekom nie. Van nou af kan julle my Fabulous Fabienne noem."
  "So 'n bekkie moet mos botter kry," sê Gavin en drapeer sy arm oor my skouer.
  Miskien verbeel ek my. Maar ek kan sweer hy kyk met vaderlike trots na my.
  Dan sien hy dat Yann kop onderstebo na 'n struik staan en skop, terwyl Amos             10
met 'n verwese uitdrukking oor Patat se wollerige lyf vryf, en hy klap sy hande
vasberade saam.
                                         ***
  Nou verloor Yann darem belangstelling in die struik voor sy voete. Gavin se
donker oë glinster, maar nie op 'n bewoë manier soos Margot s'n nie, baie meer
stuitig. Amper sê ek duiwelagtig.                                                         15
  "Kom nader, kinders, dat oom Gavin vir julle die les van die dag kan leer. As die
kat weg is, kyk die muise na mekaar en sê ..."
  "Let's party?" stel Yann voor.
  "Jippieeee!" roep Tibo en Amos saam uit.
                                         ***
Jy kan sê wat jy wil van my peroksiedpa, besluit ek laat daardie nag, maar één            20
ding is waar: Hy wéét van partytjie hou.

2.13     Gee DRIE redes waarom Hanna eers nie van Margot gehou het nie.                              (3)

2.14     " ... toe die helikopter met 'n winderige lawaai opstyg." (Reël 1–2)

         2.14.1      Waarheen het die helikopter vir Mana en die baba geneem?                        (1)

         2.14.2      Waarheen was Margot op pad?                                                     (1)

2.15     Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
         vraagnommer (2.15) en die letter (A–D) neer, byvoorbeeld 2.15 E.

         As Gavin in reël 8 sê: "So 'n bekkie moet mos botter kry," beteken dit dat ...

         A      Hanna moes leer om haar woorde te tel.
         B      Gavin vir die kinders wou gaan kos maak.
         C      Gavin gehou het van iets wat Hanna gesê het.
         D      Hanna vinnig op Sharon se woorde gereageer het.                                      (1)

2.16     Wat kan 'n mens aflei uit die feit dat Gavin sy arm om Hanna se skouers gesit
         het? (Reël 8)                                                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         12                           DBE/November 2017
                                            NSS

2.17     Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
         vraagnommer (2.17) en die antwoord neer.

         Yann en Amos was ongelukkig omdat (daar nie plek vir hulle in die helikopter
         was nie/hulle ma weer weg was).                                                          (1)

2.18     "Gavin se donker oë glinster, maar nie op 'n bewoë manier soos Margot s'n
         nie, ..." (Reël 13–14)

         Die leser het Margot leer ken as iemand wat voorgee/toneel speel.

         Waarom kan die leser glo dat Margot regtig hartseer was toe sy met die
         helikopter weg is?                                                                       (1)

2.19     Motiveer waarom die stelling hieronder WAAR is.

         Gavin was die gees van die partytjie.                                                    (1)

2.20      Verskillende karakters het by die huis op die berg opgedaag.

          Skryf die aankoms van die karakters by die huis op die berg onder mekaar in
          die korrekte VOLGORDE neer.

          •   Ditjie het almal op die berg onverhoeds betrap.
          •   Sharon het met 'n nuwe 4x4 by Hanna-hulle aangekom.
          •   Gavin het oor die drumpel gekruip.
          •   Margot het met 'n swart kledingstuk oor haar kop daar opgedaag.                     (4)

2.21      Hoe het die gebeure rondom die baba se geboorte daartoe bygedra dat
          Hanna toe anders na haar gesin gekyk het?                                               (1)

2.22      Waarom kan ons met redelike sekerheid sê dat Hanna 'n storie sou skryf wat
          die wêreld sou verras?                                                                  (1)

2.23      Wat sal jy vir tieners sê om hulle aan te moedig om hierdie boek te lees?               (1)
                                                                                                  [35]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          13                         DBE/November 2017
                                             NSS

VRAAG 3: MEEULANDERS – Esta Steyn

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS E

  Die ontbyt is 'n klein feesmaal van rogbrood en lewerpatee. Ook vars botter,
kaas en koue ham. Daar is 'n opsigtelike wedersydse aanklank tussen Jacob en
die Kaapse kêrel. Die gesprek wissel vlot van migrasie tot rare voëlspesies en vir
'n wyle word die werklikheid van die nag opsy geskuif.
                                        ***
TAMBOERSKLOOF, KAAPSTAD, DINSDAG 25 DESEMBER 1984                                       5

'n Vreemde Kersdag. Ons slaap vanaand hier by prof en ek het besluit om nog
'n paar dae te bly. Jacob gaan môre terug. Dokter Weiss het vandag weer toetse
gedoen: nog geen gevoel in haar beentjies nie. Ant Hansie en oom Matthys en
Daniel het deurgekom saam met Fred en Tamara. Prof het hulle almal by die
hospitaal ontmoet. Dit het vir my gevoel asof my twee wêrelde op 'n vreemde            10
manier byeenkom. Ek het laatmiddag, terwyl prof vir Jacob die Instituut gaan wys
het, 'n ent gaan ry. Tot by ons huis. Alles is herbou. Die tuin is mooi.
                                          ***
  Dis al elfuur. Ek wil gaan slaap. Jacob en die prof sit nog steeds met 'n spul
boeke daarbinne. Ek is bly hulle kom so goed klaar.

Die stemme word 'n sagte, vertroostende dreuning agter die toe deur. Tussen            15
wakkerword en slaap kom die vlamme weer vir die eerste maal in 'n lang ruk.
Maar dit brand nie. Dit word jacobslelies.

3.1       Hoekom het Jacob so baie van voëls geweet?                                              (1)

3.2       Waarom het Jakob die professor die "Kaapse kêrel" genoem?                               (1)

3.3       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          vraagnommer (3.3) en die letter (A–D) neer, byvoorbeeld 3.3 E.

          Die "werklikheid van die nag" (reël 4) verwys na ...

          A       Ryna se huis wat afgebrand het.
          B       Janka wat in die hospitaal was.
          C       Skalla wat doodgesteek is.
          D       Elsabet wat verdrink het.                                                       (1)

3.4       Waarom het Ryna daardie Kersdag as vreemd beskryf? (Reël 6)                             (1)

3.5       Uit die skietvoorval waarin Janka beseer is, het daar tog ook positiewe dinge
          gekom.

          3.5.1      Hoekom kan 'n mens sê dat Jacob se ontmoeting met die professor
                     'n positiewe uitwerking op Jacob en Ryna se verhouding gehad het?            (1)

          3.5.2      Hoe het hierdie skietvoorval gesorg dat daar versoening tussen
                     Jacob en Fred gekom het?                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           14                             DBE/November 2017
                                              NSS

3.6       In reël 10 praat Ryna van "my twee wêrelde".

          Hoe het Ryna se twee wêrelde verskil? Verwys in jou antwoord na albei
          wêrelde.                                                                                   (2)

3.7       Voltooi die volgende paragraaf deur die woorde in die lys hieronder te
          gebruik. Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (3.7.1–3.7.2) neer.

                             vrede;     trauma;          plesier;      haat

          Toe Ryna se huis in die Kaap in 'n brand verwoes is, het dit (3.7.1) … in haar
          lewe veroorsaak. Haar verblyf op Meeuland het vir haar (3.7.2) ... gebring.                (2)

3.8       Dink jy dit was goed vir Ryna om terug te gaan na die plek waar sy soveel
          hartseer beleef het? Motiveer jou antwoord.                                                (1)

3.9       "Ek is bly hulle kom so goed klaar." (Reël 14)

          Waarom was dit vir Ryna belangrik dat Jacob en die professor goed met
          mekaar oor die weg moes kom?                                                               (1)

3.10      Waarom is reël 5–14 skuins gedruk?                                                         (1)

3.11      Ryna het 'n positiewe rol in baie karakters se lewens gespeel.

          Kies die karakter in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.
          Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (3.11.1–3.11.4) neer.

                              KOLOM A                                  KOLOM B
          3.11.1     Ryna kon met hierdie karakter se         A     Jannerik
                     hartseer oor die dood van 'n kind
                     identifiseer.                            B     Ousanna

          3.11.2     Ryna het hierdie karakter gehelp om C          Attie
                     die lewe op Meeuland, ver van alles
                     en almal af, beter te hanteer.      D          Doreen

          3.11.3     Ryna het hierdie karakter se             E     Elsabet
                     vertroue in liefde herstel.

          3.11.4     Ryna het hierdie karakter as kollega
                     ondersteun.
                                                                                      (4 x 1)        (4)

3.12     "Maar dit brand nie. Dit word jacobslelies." (Reël 17)

         Verduidelik die simboliek van die jacobslelies in Ryna se droom.                            (1)

                                             EN

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         15                            DBE/November 2017
                                            NSS

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS F

  Hy tuur weer oor die see. Dis reeds sterk skemer. Dit klink asof sy stem vanuit
die see uit na haar toe aankom. "Meeuland gaan as guano-eiland sluit. Ek sal wal
toe moet kom. Mac het my vanmiddag gesê."
  Vir 'n paar oomblikke kan sy glad nie begryp wat hy sê nie. "Jy? Wal toe?"
  Die totale omvang van sy woorde tref bietjie vir bietjie. Hy steek sy hand na haar    5
uit, raak haar vingers versigtig aan en hulle hande verstrengel ineen met
honderde onuitgespreekte woorde wat tussen hulle in die lug en oor die see hang.
Die telefoon lui.
  Sy staan onwillig op en gaan binnetoe. Sy kom ná 'n rukkie weer by hom.
  "Dis Daniel. Dis vir jou."                                                           10
  Hy het binnetoe gegaan en toe hy ná 'n kort rukkie uitkom, was hy meteens die
ingehokte dier wat wou uit, wou weg. Soos op die aand van Janka se ongeluk.
Sy oë was anders. Sy liggaam was anders. Snaarstyf gespan. Agter hom,
omraam in die stoep se opening het die hoogwatersee vol en swart gelê.
  "Ek kan nie hier eet nie. Ek moet gaan."                                             15
  "Wat sê Daniel? Is dit Janka?"
  "Nee."
  "Wat dan?"
  Hy't voor haar gestaan. Sy wou hom vashou. Alles in haar het uitgereik na die
strakheid van sy gespanne liggaam.                                                     20

3.13      In wie se huis het hierdie gesprek plaasgevind?                                         (1)

3.14      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
          vraagnommer (3.14) en die antwoord neer.

          "Jy? Wal toe?" (Reël 4)

          Met hierdie uitroep wys Ryna dat sy (geskok/opgewonde) oor die nuus is.                 (1)

3.15      Gee TWEE redes waarom dit vir Jacob moeilik sou wees om permanent wal
          toe te gaan.                                                                            (2)

3.16      Motiveer waarom die stelling hieronder WAAR is.

          Die feit dat die telefoon juis op dáárdie oomblik gelui het, was vir die leser
          'n antiklimaks in die roman.                                                            (1)

3.17      Noem DRIE dinge wat Skalla van die begin van die verhaal af gedoen het om
          spanning by Jacob te veroorsaak.                                                        (3)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          16                          DBE/November 2017
                                             NSS

3.18      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          vraagnommer (3.18) en die letter (A–D) neer, byvoorbeeld 3.18 E.

          "Sy oë was anders." (Reël 13)

          'n Mens kon heel moontlik ... in Jacob se oë sien.

          A     vrees
          B     haat
          C     hartseer
          D     vrede                                                                            (1)

3.19      "Agter hom, omraam in die stoep se opening het die hoogwatersee vol en
          swart gelê." (Reël 13–14)

          Waarom is die beskrywing van die see as "swart" so effektief?                          (1)

3.20      Waar het Skalla weggekruip toe Daniel en Donovan hom gesien het?                       (1)

3.21      Waarom, dink jy, was dit reg dat Daniel vir Jacob vertel het waar Skalla was?          (1)

3.22      Sê nou jy was die aand by toe Daniel vir Jacob vertel het waar Skalla
          weggekruip het.

          Watter raad sou jy vir Jacob gegee het oor wat hy moes doen?                           (1)

3.23      Jacob se lewe was vol drama.

          Skryf die volgende vier gebeure in sy lewe onder mekaar in die korrekte
          VOLGORDE neer:

          •   Elsabet het vir Jacob verlaat.
          •   Jacob moes tronk toe gaan.
          •   Ryna het onverwags op Meeuland aangekom.
          •   Jacob het sy eie kind aan die dood afgestaan.                                      (4)
                                                                                                 [35]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         17                            DBE/November 2017
                                            NSS

VRAAG 4: LIEN SE LANKSTAANSKOENE – Derick van der Walt

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS G

  … Dis doodstil in die woonstel. Braam is ook nie by die huis nie. Sy smeer
'n stuk brood en sny skuldig die laaste stukkie kaas vir haar toebroodjie. Daar is
nog 'n halwe tamatie in die leë yskas en sy sit dit bo-op die kaas. Sy weet nie wat
hulle vanaand gaan eet nie en of haar ma enigsins aan kos gaan dink waar sy en
haar chroniese runny tummy hulle ook al mag bevind nie. Sy maak koffie met               5
die aaklige, goedkoop poeierkoffie wat hulle die vorige Saterdag op special by
Pick n Pay gekoop het. Haar ma sal darem seker iets koop om te eet, hoop Lien.
  Sy gaan sit in die sitkamer en luister na die karre onder in die straat. Dis hemel
op aarde om so alleen in die woonstel te wees.
  Sy wonder oor Wouter. Is hy al moeg oor sy mislik is met die ander kinders by          10
die skool? Sy kom agter hy is ongemaklik as sy haar so eenkant hou. Hy het haar
aangemoedig om vir die oudisie te gaan. Hoekom wil hy so graag hê sy moet aan
die simpel toneelstuk deelneem?
  Sy is bang sy verloor hom. Dan het sy regtig niemand om mee te praat nie.

4.1       Waar was Braam gewoonlik smiddae as hy nie by die woonstel was nie?                     (1)

4.2       Waarom kan 'n mens verstaan dat Braam redes gesoek het om dikwels weg
          te wees van die woonstel af?                                                            (1)

4.3       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
          vraagnommer (4.3) en die antwoord neer.

          Die stilte in die woonstel het Lien se (geheime geldmaakplanne/
          onbetrokke ma) verteenwoordig.                                                          (1)

4.4       Op watter DRIE maniere het Lien probeer om geld vir kos te verdien?                     (3)

4.5       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          vraagnommer (4.5) en die letter (A–D) neer, byvoorbeeld 4.5 E.

          "Sy weet nie wat hulle vanaand gaan eet nie en of haar ma enigsins aan kos
          gaan dink waar sy en haar chroniese runny tummy hulle ook al mag bevind
          nie." (Reël 3–5)

          Uit hierdie gedagtes van Lien oor haar ma lei ons af dat Lien se ma ... was.

          A     lui
          B     besig
          C     werkloos
          D     onverantwoordelik                                                                 (1)

4.6       "Sy kom agter hy is ongemaklik as sy haar so eenkant hou." (Reël 11)

          Waarom het Lien verkies om alleen te wees?                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2                 18                        DBE/November 2017
                                                    NSS

4.7       Wouter het vir Lien aangemoedig om na die oudisie vir die toneelstuk te gaan.
          (Reël 11–12)

          Hoe het dit Lien se loopbaankeuse later beïnvloed?                                             (1)

4.8       Watter rol het Lien in die toneelstuk gekry?                                                   (1)

4.9       Lien se tienerlewe was nie altyd ideaal nie.

          Skryf die volgende vier gebeure in Lien se lewe onder mekaar in die korrekte
          VOLGORDE neer:

          •   Lien het besluit om self geld te verdien.
          •   Lien se pa het bedrog gepleeg.
          •   Lien se gesin is herenig.
          •   Lien en die res van haar gesin is in armoede gedompel.                                     (4)

4.10      Voltooi die volgende paragraaf deur die woorde in die lys hieronder te
          gebruik. Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (4.10.1–4.10.2) neer.

                        formele;       ontspanne;     ondersteunende;   vaderlike

          Lien kon met Wouter identifiseer. Hy het 'n (4.10.1) ... rol in haar lewe
          gespeel. Hy het ook 'n (4.10.2) … verhouding met haar gehad.                                   (2)

4.11      Lien se ma het daardie aand kos gekook en die gesin was gesellig saam.

          4.11.1     Watter hoop het dit by Lien en Braam geskep?                                        (1)

          4.11.2     Op watter manier is Lien en Braam later die aand teleurgestel?                      (1)

                                                    EN

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           19                           DBE/November 2017
                                              NSS

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS H

                            Die corner sonder entertainment
Toe haar selfoon se wekker die volgende oggend afgaan, weet Lien wat sy moet
doen. Kort pouse wag sy vir Hein op die stoep toe hulle by die Wiskunde-klas
uitkom.
"Hein, ek moet met jou besigheid gesels," val sy sommer met die deur in die huis.        5
   Hein lyk ongemaklik. Hy kyk oor haar skouer na die ander kinders wat by die
deur uitbondel. Sy soek na woorde. Dit gaan nie werk om die hele storie hier op
die stoep te vertel nie. Sy sal hom iewers moet kry waar hulle rustig kan gesels.
"Sal jy asseblief ná skool saam met my by die Wimpy gaan koffie drink? Ek het
'n probleem en ek dink jy kan my help."                                                 10
   Hein lyk erg verleë en ongemaklik. Hy kyk oor sy skouers.
"Eintlik moet ek …"
"Net tien minute, promise."
   Hy stem teësinnig in.
   Die hele dag dink sy aan Tibbey met die af bene. En aan Sproet.                      15
   Toe sy by die Afrikaans-klas uitloop, roep juffrou Breytenbach haar terug.
"Hoe gaan dit met die nek?"
   Lien is vir 'n oomblik uit die veld geslaan. Sy kyk die juffrou onbegrypend aan.
"Jou nek wat jou so uit die skool hou?"
   Lien voel sy bloos.                                                                  20

4.12      Wie het altyd die vermaak ("entertainment") op die straathoek verskaf?                   (1)

4.13      Wat het gebeur dat die straathoek daardie oggend sonder vermaak was?                     (1)

4.14      "Hein, ek moet met jou besigheid gesels, ..." (Reël 5)
          Wat wou Lien vir Hein vra?                                                               (1)

4.15      Motiveer waarom die stelling hieronder WAAR is.
          Hein was die regte persoon vir wie Lien kon vra om haar te help.                         (1)

4.16      Sekere karakters het tot Lien se moeilike omstandighede bygedra.
          Kies die karakter in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.
          Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (4.16.1–4.16.4) neer.

                                KOLOM A                              KOLOM B
          4.16.1     Hierdie karakter het Lien en haar gesin   A   Braam
                     in finansiële moeilikheid laat beland.
                                                               B   Meneer Jooste
          4.16.2     Hierdie karakter het onredelik teenoor
                     Lien in die werkplek opgetree.            C   Dirkie
          4.16.3     Hierdie karakter het aanvaar dat Lien     D   Tant Malie
                     haar liggaam vir geld sou verkoop.
                                                               E   Sproet
          4.16.4     Hierdie karakter wou geen
                     verantwoordelikheid met Lien deel nie.
                                                                                    (4 x 1)        (4)
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           20                           DBE/November 2017
                                              NSS

4.17      Verwys na reël 17.

          Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
          vraagnommer (4.17) en die antwoord neer.

          Juffrou Breytenbach het uitgevra oor Lien se nek omdat sy belanggestel het,
          maar ook (krities/agterdogtig) was oor wat in Lien se lewe aangegaan het.                (1)

4.18      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          vraagnommer (4.18) en die letter (A–D) neer, byvoorbeeld 4.18 E.

          Lien het gebloos (reël 20) omdat sy ...

          A     alleen moes agterbly nadat die klas verdaag is.
          B     besef het juffrou Breytenbach weet dat sy gejok het.
          C     ongemaklik gevoel het oor die juffrou se belangstelling.
          D     gedink het aan haar afspraak later die middag met Hein.                            (1)

4.19      "Die corner sonder entertainment"

          Is dit gepas dat die opskrif van die hoofstuk uit Afrikaanse én Engelse woorde
          bestaan?

          Motiveer jou antwoord.                                                                   (1)

4.20      Wat is die figuurlike betekenis van Lien se lankstaanskoene?                             (1)

4.21      In hierdie verhaal gebruik Lien haar geld vir die huis en om vir Tibbey te help.

          Wat sê dit vir ons van Lien se karakter?                                                 (1)

4.22      Tannie Bets en Gerhard, die jong dominee, het vir Lien en Braam met kos en
          goeie raad gehelp.

          Motiveer met TWEE feite waarom dit vir Lien en Braam goed was om hierdie
          twee mense in hulle lewens te hê.                                                        (2)

4.23      Na 'n lang ruk het Lien besluit om haar ma in die kliniek en haar pa in die
          tronk te gaan besoek.

          Watter TWEE positiewe gevolge het hierdie besluit van Lien gehad?                        (2)
                                                                                                   [35]

                                                                 TOTAAL AFDELING A:                35

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           21                          DBE/November 2017
                                              NSS

AFDELING B: DRAMA

Beantwoord slegs EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

VRAAG 5: POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS I

POPPIE. Kyk! Die weer draai, die tafeldoek lê oor die berg! Ai, dit was
 'n goeie tyd vir ons! Daardie tyd was die permitstorie nie so moeilik nie. Maar
 toe kom die nuwe wet wat sê die papiere moet weg en die vrouens moet
 pasboekies dra. (Verward.) Die boekies was nog nie die grootste ding nie –
 almal het hulle tog gekry! Die grootste ding was die extension! Nè, Mama?             5
MAMA. Ehwe.
POPPIE. Dis die toelaat dat jy hier kan bly of kan werk. (Sy gaan sit op vloer
 langs Stone en Mosie.)
MAMA. Ja, as jy nie die reg het om hier te bly nie, al het jy die boekie, dan
 help dit jou niks. (Sy gaan sit op die blik. Hulle sit nou in 'n halwe kring.) En    10
 al het jy die reg, dan moet jy tog agter 'n tyd office toe gaan om jou pas te
 change, want daai tyd wat hulle jou gegee het, raak klaar.
MOSIE. En as jy na 'n nuwe werk gaan en die witmense teken jou af, dan's
 dit weer office toe om die pas te gaan change. Ehwe.

Ander reageer.                                                                        15
HOEDJIE (beweeg opgewonde na groep). Hoe sit julle dan so? Weet julle nie
 van die troewelheid in die lokasie nie? Die mense gaan strike vir die
 moeilikheid met die paste en die permits ...

5.1      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
         vraagnommer (5.1) en die antwoord neer.

         Verwys na reël 1. Uit hierdie reël lei ons af dat Poppie (al tuis/nog vreemd) in
         die Kaap gevoel het.                                                                      (1)

5.2      Noem TWEE dinge wat nie vir Poppie as kind lekker was terwyl sy op
         Lambertsbaai gebly het nie.                                                               (2)

5.3      Noem EEN van die hoogtepunte van Poppie se lewe op Lambertsbaai.                          (1)

5.4      Hoekom moes Poppie wegtrek uit Lambertsbaai?                                              (1)

5.5      "Die grootste ding was die extension!" (Reël 5)

         5.5.1       Vir hoe lank was Poppie se eerste pas geldig?                                 (1)

         5.5.2       Omdat Poppie met 'n Xhosa-man getroud was, was dit moeilik om
                     haar pas te verleng. Watter ander rede het dit vir Poppie moeilik
                     gemaak om haar pas te verleng?                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           22                             DBE/November 2017
                                              NSS

5.6     Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
        vraagnommer (5.6) en die letter (A–D) neer, byvoorbeeld 5.6 E.

        Stone het nooit die vergadering oor die "strike" (staking/protes) bygewoon nie.

        Dit was 'n aanduiding dat Stone ...

        A      siek was.
        B      moeg gewerk was.
        C      nie daarmee saamgestem het nie.
        D      nie tyd gehad het om sy pas te verleng nie.                                             (1)

5.7     Waarom kan 'n mens sê dat Poppie se broers nie kon kies of hulle aan die
        staking wou deelneem of nie?                                                                   (1)

5.8     Waaruit kan jy aflei dat hierdie staking veroorsaak het dat die kinders hulle
        respek vir grootmense verloor het?                                                             (1)

5.9     Poppie het by Mrs Scobie in Rondebossie gewerk.

        Gee DRIE redes waarom Poppie ongelukkig by hierdie werk was.                                   (3)

5.10    Hoe het Poppie die eerste keer gevoel toe sy gehoor het dat sy Ciskei toe
        moes gaan?                                                                                     (1)

5.11    Mev. Retief en Mrs Swanepoel het Poppie met haar pas gehelp.

        Motiveer waarom Mrs Swanepoel Poppie uiteindelik die meeste gehelp het.                        (1)

5.12    Motiveer waarom die stelling hieronder ONWAAR is.

        Die aanhaling hieronder is 'n voorbeeld van dialoog uit die drama.

        "(Sy gaan sit op die blik. Hulle sit nou in 'n halwe kring.)" (Reël 10)                        (1)

5.13    Wat is die funksie van die Engelse woorde in hierdie Afrikaanse drama?                         (1)

                                            EN

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            23                            DBE/November 2017
                                               NSS

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS J

  Soos die Xhosa-spreekwoord sê: bendifu-na nje inyathele ekonsini. Ek wou
  gehad het jy moet op my liddoring trap, daai slag as jy op my liddoring trap,
  gaan ek jou slaat, nie net vir die liddoring nie, maar vir die ou goete ook. Ek
  dink dis wat nou gebeur.
                                         ***
POPPIE. Jakkie mors sy lewe met die kinders saam. (Die sak wat sy                        5
  saamgebring het vir Kersfees, pak sy uit.) Hier is vleis, Mama, nie presente
  vir die kinders nie, ook nie nuwe klere nie, net eetgoed. Ag, ek is vuil van
  die stof. (Sit om haar voete te laat rus.) Ek het 'n lang pad moes loop. En
  die busse loop nie algar nie, en dié van die Kaap af, se vensters is
  stukkend gegooi.                                                                      10
JAKKIE. Dis goed jy't vanaand gekom, Sisi, dit gaan woelig word in die
  lokasie. Ag, die migrants is dom lat hulle ons nie wil help nie.
POPPIE. Ek slaap vanaand by Mama. (Sus vir Vukile, maak hom op haar rug
  vas.)
MOSIE. Kersfeesdag het Poppie kerk toe gegaan met haar kinders en toe                   15
  huis toe met Mamdungwana en haar kinders. So drie-uur se kant, nadat
  hulle geëet en die skottelgoed gewas het, toe merk hulle die lokasie word
  woelig.

5.14     " ... daai slag as jy op my liddoring trap, gaan ek jou slaat, nie net vir die
         liddoring nie, maar vir die ou goete ook." (Reël 2–3)

         5.14.1      Wat is die "liddoring" waarna in hierdie uittreksel verwys word?                (1)

         5.14.2      Wat was die "ou goete" waarvan Mosie gepraat het?                               (1)

5.15     Hoekom het Jakkie by die kinders se opstand betrokke geraak?                                (1)

5.16     "POPPIE. Jakkie mors sy lewe met die kinders saam." (Reël 5)

         Stem jy saam met dit wat Poppie sê? Motiveer jou antwoord.                                  (1)

5.17     Hoekom was die kinders tevrede om nie die lekker dinge van Kersfees te
         kry nie?                                                                                    (1)

5.18     Voltooi die volgende paragraaf deur die woorde in die lys hieronder te gebruik.
         Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (5.18.1–5.18.2) neer.

                                Mosie;    Thandi;    Hoedjie;    Mama

         (5.18.1) ... het nie van die opstande gehou nie, maar het verstaan waarom dit
         gebeur het. Aan die ander kant was (5.18.2) ... net bekommerd dat die kinders
         in die tronk sou beland.                                                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            24                          DBE/November 2017
                                               NSS

5.19      Sekere mense het die kinders tydens die protesaksie ondersteun en
          ander nie.

          Kies die karakters in KOLOM B wat by die stelling in KOLOM A pas.
          Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (5.19.1–5.19.4) neer.

                              KOLOM A                                KOLOM B
          5.19.1     Die ... het nie omgegee dat die         A   sjebeen-eienaars
                     kinders in die protesaksie kon
                     seerkry nie.                            B   migrants

          5.19.2     Die ... het tydens die protesaksie      C   city-borners
                     aan die kant van die kinders baklei.
                                                          D      inwoners van Nyanga
          5.19.3     Die ... het gesê as die kinders
                     gepraat het, moes die mense luister. E      polisie

          5.19.4     Die ... het gesê hulle laat hulle nie
                     voorsê deur die kinders van slegte
                     vrouens nie.
                                                                                      (4 x 1)        (4)

5.20      Watter tragiese einde het hierdie Kerstyd vir Poppie en haar familie gehad?                (1)

5.21      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          vraagnommer (5.21) en die letter (A–D) neer, byvoorbeeld 5.21 E.

          Jakkie het gesê dat die migrants hulle nie wou help nie omdat die migrants ...

          A     nie dieselfde tradisies as die kinders gehad het nie.
          B     nie die kinders se saak ondersteun het nie.
          C     die city-borners se werk gevat het.
          D     van die tuislande af gekom het.                                                      (1)

5.22      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
          vraagnommer (5.22) en die antwoord neer.

          Daar was (minder/meer) geweld by hierdie opstande van die kinders as by die
          opstande van die grootmense vroeër jare.                                                   (1)

5.23      'n Drama bestaan uit verskillende fases.

          Skryf die volgende vier fases onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer:

          •   Poppie het ophou stry en haar kinders toegelaat om aan te gaan.
          •   Poppie moes baklei vir 'n pas met die regte permit daarin.
          •   Poppie en haar familie moes Nyanga toe trek.
          •   Ons het Poppie se agtergrond leer ken.                                                 (4)
                                                                                                     [35]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans FAL P3 Nov 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2017/5782bb5b-ab41-4575-8d08-8b050f95ab0b) — Afrikaans FAL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2021/da02e74c-b98c-4a0b-ad99-7fee322675fd) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2020/f4a85505-bf3c-4d21-9f1a-4ba27be67400) — Afrikaans FAL · QP · 2020 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2012](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2012/3f85c035-f152-4594-bcdc-51046b8337e8) — Afrikaans FAL · QP · 2012 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2017-memo/8504caa7-7e09-421a-b18c-8a4797a23c7a) — Afrikaans FAL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2017-memo/77a88787-6bbe-4fbf-830c-fe16be0b7fea) — Afrikaans FAL · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
