# Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC November 2019 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2019, 45 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2019/96761a75-c26a-40fe-8ff4-db2a8415ebd0
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 45

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC November 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2019/96761a75-c26a-40fe-8ff4-db2a8415ebd0)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC November Exam · 2019 · Afrikaans. Question paper, 45 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

                                   NOVEMBER 2019

PUNTE: 70

TYD: 2 uur

                         Hierdie vraestel bestaan uit 45 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         2                              DBE/November 2019
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.        MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die
          INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommers van
          die tekste wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vrae aandagtig deur
          en kies die vrae wat jy wil beantwoord.

2.        Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:

          AFDELING A: Roman              (35)
          AFDELING B: Drama              (35)
          AFDELING C: Kortverhale        (35)
          AFDELING D: Gedigte            (35)

3.        Beantwoord vrae in TWEE afdelings, soos volg:

          AFDELING A: ROMAN
          Beantwoord die vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

          AFDELING B: DRAMA
          Beantwoord die vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

          AFDELING C: KORTVERHALE
          Beantwoord die vrae oor TWEE kortverhale wat jy bestudeer het.

          AFDELING D: GEDIGTE
          Beantwoord die vrae oor TWEE gedigte wat jy bestudeer het.

          Gebruik die kontrolelys op bladsy 4 om jou te help.

4.        Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

7.        Bestee ongeveer 60 minute aan elke afdeling.

8.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2    3                    DBE/November 2019
                                       NSS

INHOUDSOPGAWE

Kies TWEE afdelings.

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord slegs EEN vraag.
                 VRAAGNOMMER                      PUNTE   BLADSYNOMMER
1.  Kringe in 'n Bos                                35          5

2.   Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom    35            9

3.   Meeulanders                                   35           14

4.   Lien se Lankstaanskoene                       35           18

AFDELING B: DRAMA

Beantwoord slegs EEN vraag.
5.  Poppie – Die Drama                             35           23

6.   Paljas                                        35           27

7.   Fiela se kind – Die Drama                     35           31

AFDELING C: KORTVERHALE

Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale.
8.1 "Van Precious: 'n Buisie salf"                 18           36
                                    EN
8.2 "Roep van die vleikuiken"                      17           38

AFDELING D: GEDIGTE

Beantwoord die vrae oor AL TWEE gedigte.
9.1 "By die robot in Eerstelaan"                   18           41
                                   EN
9.2 "Huiskat"                                      17           44

Kopiereg voorbehou                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          4                        DBE/November 2019
                                             NSS

KONTROLELYS

Gebruik die kontrolelys om te verseker dat jy die vereiste getal vrae beantwoord.

     AFDELING             VRAAGNOMMERS              GETAL VRAE          DUI AAN
                                                   BEANTWOORD             ()
A:   Roman                             1–4              1

B:   Drama                             5–7                1

C:   Kortverhale                        8          1 (2 kortverhale)

D: Gedigte                    9              1 (2 gedigte)
LET WEL: Maak seker dat jy vrae oor slegs TWEE afdelings beantwoord het.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          5                          DBE/November 2019
                                             NSS

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord slegs EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

VRAAG 1: KRINGE IN 'N BOS – Dalene Matthee

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS A

   Eendag sal hy nie meer woon waar dit altyd skemer is nie, hy sal soos ander
mense in die son woon ...
   "Ek sê, jy moet nou kom!" het oom Anneries begin kwaad word. "Ek sê dit nie
weer nie!"
   "Ek bly hier, oom kan alleen dorp toe gaan."                                      5
   "Wat?"
   "Oom kan die goodfor vir MacDonald loop vra en die goed kry. Ek bly net
hier."
   "Jy sal lat ék jou vandag bykom! Waar kan jy soos 'n Veltmaspad-muil staan
vassteek en sê jy gaat nie verder nie? Het jy nou bejosie geraak?"                   10
   "Ek bly net hier."
   "Dit lyk my jou pa het jou nie goed genoeg bygekom nie! As ek vandag vir jou
gat 'n spar vat, sal jy spyt wees! Jy't gekom tot hier en jy sal gaat tot daar al
moet ek jou hier afsléép!"
   Saul het geweet hy het die meeste uitstel uit die ou man getart en sonder 'n      15
verdere woord begin aanstap. Dit het gevoel of sy lyf in rieme vasgewoel was en
alles in hom wou uitbreek.
Dieselfde magtelose koppigheid as die dag toe hy die byl teen die kalander
moes lig, het in hom opgestaan en aan die rieme geruk.
  Toe hulle kort voor kwartdag in die stil stofstraat afstap, het hy probeer om so   20
te loop dat sy tone nie voor by sy skoene uitpeul nie.

1.1       Waarmee was Joram so besig dat hy vir Saul saam met oom Anneries dorp
          toe gestuur het?                                                                      (1)

1.2       "Eendag sal hy nie meer woon waar dit altyd skemer is nie, hy sal soos ander
          mense in die son woon ... " (Reël 1 en 2)

          Op 'n letterlike vlak verwys "skemer" na die Bos waar die son gesukkel het
          om deur die digte bome te kom.

          Wat is die figuurlike betekenis van "skemer" in hierdie sin?                          (1)

1.3       Saul het toe ook die "skemer" Bos verlaat om in die "son" te gaan woon.

          Noem TWEE redes waarom Saul hierdie besluit geneem het.                               (2)

1.4       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

          Oom Anneries verwys in hierdie uittreksel na Joram wat vir Saul geslaan
          het. (Reël 12) Hierdie pak slae was omdat Saul nie (wou dorp toe gaan
          nie/aan die kalander wou kap nie).                                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         6                          DBE/November 2019
                                            NSS

1.5       Tydens Saul se tweede besoek aan die dorp het hy ook vir die eerste keer die
          see gesien. Hy het homself belowe dat hy sy vryheid op 'n skip op die oop
          see sou kry.

          Waarom is hierdie belofte ironies as jy aan die einde van die roman dink?            (1)

1.6       Saul se besoeke aan die dorp het hom laat besef dat die Bosmense anders
          as die dorpsmense was.

          1.6.1       Watter woorde van die dorpskinders en veral van Kate en haar pa,
                      het Saul altyd onthou?                                                   (1)

          1.6.2       Hoe het die dorpskinders Saul laat voel toe hulle so oor hom
                      gepraat het?                                                             (1)

1.7       Tydens Saul se tweede besoek aan die houtwerf het MacDonald vir Saul
          werk aangebied, maar Joram het gesê: "Ons werk vir onsselwers."

          Sê waarom Joram se siening eintlik ONWAAR is.                                        (1)

1.8       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

          Saul se besluit om by MacDonald te gaan werk, het die Bosmense baie
          kwaad gemaak en hulle het hom as (leuenaar/verraaier) gebrandmerk.                   (1)

1.9       Saul het by MacDonald gaan werk sodat hy sy belofte aan homself, om
          eendag op 'n skip te klim, waar kon maak.

          Wat het MacDonald gedoen om Saul se droom NIE te laat waar word NIE?                 (1)

1.10      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (1.10) neer.

          Gedurende die twee jaar wat Saul by MacDonald gewerk het, het Saul geleer
          dat MacDonald sowel as die Bosmense ...

          A   deel van die skewe sirkel was.
          B   eerlike, hardwerkende mense was.
          C   graag wou saamstaan en saamwerk.
          D   die Bos vir die volgende generasie wou bewaar.                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            7                         DBE/November 2019
                                               NSS

1.11      Verskeie karakters het 'n rol in Saul se lewe gespeel.

          Kies die gevolg uit KOLOM B om by die gebeure in KOLOM A te pas. Skryf
          slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.11.1 tot 1.11.4) neer.

                         KOLOM A                                  KOLOM B
          1.11.1     Kate bring vir Saul boeke       A   Saul besluit om terug te keer
                     om te lees.                         Bos toe.

          1.11.2     Jane Steward se naam word       B   Saul voel gemaklik in die sosiale
                     as verskoning gebruik.              kringe.

          1.11.3     Beth Johnson nooi Saul na       C   Saul verlaat Knysna en gaan
                     die danse in Knysna.                Swellendam toe.

          1.11.4     Caroline MacDonald              D   Saul en Kate kan tyd saam
                     konfronteer Saul oor sy             deurbring.
                     verhouding met Kate.
                                                     E   Saul leer Engels praat en sy
                                                         opvoeding verbeter.
                                                                                   (4 x 1)        (4)

1.12      Saul het hard gewerk aan sy droom om eendag "in die son" te woon, m.a.w.
          om menswaardig te voel.

          Waarom kan 'n mens sê dat hierdie droom ook soms vir Saul negatiewe
          dinge gewys het?                                                                        (1)

                                               EN

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS B

... Hy buk af en tel die kluit op en gooi MacDonald agter tussen die blaaie dat
die kluit in duisend stofkrummels teen sy rug verspat, en hy skram nie eens weg
toe MacDonald omsteier nie,
   "Wie de hel het my gegooi?" skree MacDonald en kyk reguit na hom.
   Hy het MacDonald nie geantwoord nie, net omgedraai en skuur toe geloop. Hy 5
het sy paar stukkies goed in sy baadjie gebondel en sy skoene aangetrek.
   Toe hy omdraai, staan MacDonald en Pearston en Jones soos drie wagte
tussen hom en die uitgang. Braaf, soos skuldiges. En miskien was dit instink wat
hulle gewaarsku het dat hy verby enige vrees of omgee was en wat hulle nie
laat nader kom het nie. Hy moes tot voor hulle loop. 'n Kop langer as die langste 10
een van hulle, sy liggaam taai en sterk gebrei onder baie hout en met die oë wat
sê: Raak vandag aan my, en ek breek hierdie plek op julle koppe af!
   "En waar dink jy gaan jy heen?" het MacDonald die aanvoorwerk gedoen. "Ek
vra jou waarheen jy dink jy op pad is?"
   "Net waarheen ek wil."                                                         15
   Toe het Pearston probeer. "Jy moet vir jou staan en brutaal hou met ons!"
   MacDonald was aan die rooi word. "Jy sal hier bly totdat mister Patterson se
pan uitgekom het en julle skuld afbetaal is!"
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         8                         DBE/November 2019
                                            NSS

1.13      Watter nuus het Saul ontvang wat hom só ontstel het dat hy vir MacDonald
          met die kluit gegooi het?                                                           (1)

1.14      Saul het vir MacDonald as 'n leuenaar leer ken.

          Hoe het MacDonald vir Saul oor Patterson gelieg?                                    (1)

1.15      Saul het ook vir MacDonald leer ken as iemand wat sy mag misbruik. Hoe het
          MacDonald sy mag met die volgende karakters misbruik?

          1.15.1     Kate                                                                     (1)

          1.15.2     Saul                                                                     (1)

          1.15.3     Die houtkopers                                                           (1)

1.16      Na watter skuld verwys MacDonald in die laaste reël as hy met Saul praat?           (1)

1.17      Hoe het Patterson, sonder dat hy wou, vir Saul gehelp om ryk te word?               (1)

1.18      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (1.18) neer.

          Terwyl Saul vir MacDonald gewerk het, het hy geleer dat jy net 'n mens is as
          jy ... is.

          A   eerlik en opreg
          B   Engels en eerlik
          C   Engels en ryk
          D   ryk en oneerlik                                                                 (1)

1.19      Saul se lewe het hom op vreemde paaie geneem. Skryf die volgende vier
          gebeure in sy lewe binne en buite die Bos onder mekaar in die korrekte
          VOLGORDE neer:

          A   Saul kom agter dat MacDonald weier om hout by sy familie te koop.
          B   Saul besluit om Engeland toe te gaan.
          C   Saul begin goud in die Bos delf.
          D   Saul leer in Swellendam om meubels te maak.                                     (4)

1.20      Waarom, dink jy, kon Saul aan die einde van die roman bly wees dat hy
          MacDonald se diens verlaat het?                                                     (1)

1.21      Watter innerlike konflik dink jy het Saul na sy pa se dood beleef?
          Onthou om beide kante van die konflik te noem.                                      (2)

1.22      Tot watter gevolgtrekking het MacDonald aan die einde van die roman oor
          Kate gekom?                                                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2             9                     DBE/November 2019
                                                NSS

1.23      Saul as hoofkarakter het sterk karaktereienskappe.
          1.23.1      Kies die karaktereienskap van Saul wat die sterkste in hierdie
                      uittreksel na vore kom:
                          Saul het hard gewerk.
                          Saul was nie bang nie.
                          Saul was lief vir sy familie.                                       (1)

          1.23.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.23.1.                                   (1)
                                                                                               [35]
VRAAG 2: DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM –
         Marita van der Vyver
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS C

  "Nee! Ek bedoel, kyk hoe lyk Margot! Al daai make-up, die stywe langbroek,
die lang naels, die ... die ... die hare! Dis goedkoop!"
  "Wel, ek sal haar nou nie as 'n deftige dame beskryf nie." Dit klink of Sharon
haar kop in haar kussing druk om nie te lag nie.
"Maar jy's ook die een wat altyd sê mens kan nie mense oordeel aan hoe hulle 5
lyk nie."
  Helaas. As Sharon my moes oordeel aan hoe ek lyk – 'n vaal muis met 'n paar
puisies wat nooit die regte klere met die regte etikette dra nie – sou ons seker
nooit maats geword het nie.
  "Maar alles aan haar is vals," hou ek vol. "Dis tog onmoontlik om só te lyk as 10
jy amper veertig jaar oud is!"
  "Is sy al só oud?" Sharon se stem klink skoon verskrik.
  "Sy was oor die twintig toe Yann gebore is. Jy kan dit self uitwerk."
  "Wow." Sharon bly 'n rukkie stil. "Sy moet 'n baie goeie plastic surgeon hê."
  "Of miskien is sy 'n heks," sê ek spottend. "Miskien kan sy haarself jonger 15
tóór. En sommer ook ander mense toor om van haar te hou."
  "Nee. Dan moes sy mos vir jou ook kon toor." Sharon lag saggies. "Tensy jy
ook 'n heks is. Ou Hanna Heks!"
  Ek wonder skielik hoekom ek nog wil stories opmaak.

2.1       Margot het op Botterberg gaan kuier omdat sy toe in Suid-Afrika was.
          Wat het Margot in Suid-Afrika kom maak?                                              (1)
2.2       "Of miskien is sy 'n heks," sê ek spottend." (Reël 15)
          In hierdie gesprek gebruik Sharon en Hanna die woord "heks" in sy letterlike
          betekenis.
          Wat is die figuurlike betekenis van "heks", wat ook by Margot sou pas as
          Hanna reg was met haar siening oor Margot?                                           (1)

2.3       Noem TWEE redes waarom Margot, soos Beyers haar onthou, dalk nie haar
          kuiertjie op Botterberg sou geniet nie.                                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          10                           DBE/November 2019
                                             NSS

2.4       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

          Hanna noem haarself in hierdie uittreksel 'n "vaal muis". Margot het hierdie
          beeld van Hanna verander toe sy (gesê het dat Hanna vreeslik slim was/vir
          Hanna mooi gegrimeer het).                                                              (1)

2.5       In reël 10 sê Hanna dat alles aan Margot "vals" is.

          Waarom is dit ironies as jy aan Hanna se eie lewe dink?                                 (1)

2.6       Beyers het vir Margot genooi om by hulle op Botterberg te kom kuier.

          2.6.1       Watter bynaam het Beyers vir Margot gehad?                                  (1)

          2.6.2       Hoe kon hierdie bynaam die meeste gesinslede se houding
                      teenoor Margot beïnvloed?                                                   (1)

2.7       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

          Sharon en die seuns het           Margot    se   stories   oor   Amerika     baie
          (opwindend/irriterend) gevind.                                                          (1)

2.8       Wat het Margot gesê waaruit ons kan aflei dat sy gemaklik met Mana en
          Beyers se verhouding was?                                                               (1)

2.9       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (2.9) neer.

          "Wow." Sharon bly 'n rukkie stil. "Sy moet 'n baie goeie plastic surgeon
          hê." (Reël 14)

          Die manier waarop Sharon hier praat, wys dat sy ... Margot se voorkoms.

          A   geïrriteerd is met
          B   beïndruk is deur
          C   negatief is oor
          D   neutraal is teenoor                                                                 (1)

2.10      In reël 18 noem Sharon vir Hanna "ou Hanna Heks".

          Hoe noem Hanna se ma haar omdat sy altyd so baie vrae gehad het?                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2              11                           DBE/November 2019
                                                 NSS

2.11      Die karakters in hierdie roman het verskillend teenoor Margot opgetree.

          Kies die gevolg uit KOLOM B om by die gebeure in KOLOM A te pas. Skryf
          slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (2.11.1 tot 2.11.4) neer.

                        KOLOM A                                      KOLOM B
         2.11.1      Beyers is by as Mana              A   Hy kan nie genoeg van Margot se
                     geboorte skenk.                       lewe as aktrise in Amerika hoor
                                                           nie.
         2.11.2      Margot maak keuses oor
                     haar kinders en stel Yann         B   Hy is die eerste een om te erken
                     teleur.                               dat hy nie weet wat hulle sonder
                                                           Margot sal doen nie.
         2.11.3      Amos mis sy ma baie.
                                                       C   Hy dans saam met Margot die
         2.11.4      Tibo is van die begin af              tango.
                     beïndruk deur Margot.
                                                       D   Hy steek tydens Margot se besoek
                                                           sy regte gevoelens weg.

                                                       E   Hy klou letterlik van Margot se
                                                           aankoms af aan haar vas.
                                                                                         (4 x 1)       (4)

2.12      Margot het hard probeer om almal te laat dink dat sy 'n suksesvolle aktrise is.

          Hoe het Gavin dit reggekry dat Margot eerlik na haarself begin kyk het?                      (1)

                                                 EN

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         12                         DBE/November 2019
                                            NSS

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS D

    "Wonderlik vir haar?" vra Beyers. "Of wonderlik vir ons?"
    Sy oë blink oor die rand van sy beker.
    "Vir haar én vir ons." Ek dompel 'n stuk karringmelkbeskuit in die koffie en
suig versigtig daaraan. Ná twee weke het ek geleer dat dit die beste manier is
om hierdie boeretroos afgesluk te kry.                                           5
"Alhoewel … ek het nogal gewoond begin raak aan haar …"
     "Dit beteken nie dat sy vandag al gaan wegkom nie," sug Beyers.
"Ons weet nie hoe lank dit nog gaan wees voor die rivier begin sak nie."

'n Heldin uit 'n avontuurverhaal, liewe leser. Dís wat ons nou nodig het. Nie 'n
bedorwe brokkie soos Fabienne nie, nog minder 'n ou bangbroek soos Hanna 10
Hoekom. Ons het 'n meisiekind met moed en spiere nodig, iemand wat fiks en
vreesloos genoeg is om deur 'n bruisende rivier te swem en 'n paar uur na die
naaste dorp te draf …

Margot het spiere. En sy is waarskynlik fikser as enigiemand anders in die huis.
Maar sy is hopeloos te bekommerd oor haar hare om in 'n rivier te spring. Ons 15
het 'n heldin sonder ydelheid nodig. Sonder grimering ook. Die rivier sal in elk
geval al haar grimering afspoel.
     Ons het 'n heldin nodig wat haar spiere en haar verstand sáám kan inspan.
     Helaas. Ons het nie so 'n heldin in hierdie huis nie.

2.13      Waarom is Hanna en Beyers so opgewonde in die eerste drie reëls van
          hierdie uittreksel?                                                                  (1)

2.14      Waarom verras Hanna se woorde in reël 6 die leser?                                   (1)

2.15      Watter gebeurtenis het van Margot 'n heldin in die oë van almal op Botterberg
          gemaak?                                                                              (1)

2.16      Die helikopter het op die regte tyd by Botterberg opgedaag.

          Sê waarom hierdie stelling WAAR is.                                                  (1)

2.17      Margot se vertrek het 'n uitwerking gehad op elke karakter wat op Botterberg
          agtergebly het.

          Sê watter uitwerking Margot se vertrek op die volgende karakters gehad het:

          2.17.1      Hanna                                                                    (1)

          2.17.2      Yann                                                                     (1)

          2.17.3      Tibo                                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          13                          DBE/November 2019
                                             NSS

2.18      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (2.18) neer.

          In Hanna se roman sal Margot die rol van 'n karakter tussen 'n ... speel.

          A   uitstekende verpleegster en 'n hopelose ma
          B   talentvolle aktrise en 'n swak danseres
          C   afwesige ma en 'n onbekende aktrise
          D   bose heks en 'n goeie fee                                                          (1)

2.19      Hanna en haar gesin het regtig ongelooflike avonture beleef. Skryf die
          volgende vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer:

          A   Die gesin beleef 'n wolkbreuk op Botterberg.
          B   Interessante gaste, onder wie Margot Jordan, daag op.
          C   Mana en haar hele gesin kom vir 'n wittebrood op Botterberg aan.
          D   Die gesin sien hulleself nou, in Yann se woorde, as 'n nuwe familie.               (4)

2.20      Waarom, dink jy, kon Margot, aan die einde van die roman bly wees dat sy vir
          twee weke op die berg vasgekeer was? Konsentreer in jou antwoord op
          Margot se persoonlike lewe.                                                            (1)

2.21      Watter innerlike konflik kon Margot beleef net voordat die helikopter opgestyg
          het? Onthou om beide kante van die konflik te noem.                                    (2)

2.22      Tot watter wonderlike besef het Hanna gekom toe sy vir Gavin beter leer ken
          het?                                                                                   (1)

2.23      Margot het in hierdie roman baie verander.

          2.23.1      Kies die belangrikste verandering in Margot se karakter wat van
                      haar die heldin op Botterberg gemaak het:

                       Sy het besef hoeveel sy haar seuns gemis het.
                       Hoe sy lyk, was nie meer so belangrik nie.
                       Gesonde eetgewoontes was nie meer vir haar belangrik nie.                (1)

          2.23.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.23.1.                                     (1)
                                                                                                 [35]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         14                        DBE/November 2019
                                            NSS

VRAAG 3: MEEULANDERS – Esta Steyn

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS E

KAAPSTAD. SILKWOOD-KLINIEK. MAANDAG, 14 AUGUSTUS 1978

Ek word Woensdag ontslaan. My sketsboek is vol duiwe. Prof. Van Keulen was
weer vanmiddag hier. Hy sê hulle almal by die Instituut wag vir my. Maar ek
weet nie of ek kan teruggaan nie. Ek weet nie ek weet nie. Ron Ronnie
Ronniekie. Mamma mis jou vandag. Daar is baie duiwe in hierdie tuin. Hulle 5
gaan kruip weg in die verskuilde skadu's van oerou bome. Wanneer ek opkyk,
sien ek dat die son goue skerwe in die blare maak en iewers sit jou gesig in die
skerwe. Ek wens, ek wens ek het 'n wildevyboom met groot groen takke. Ek
wens ek kan in sy skemer skadu's gaan wegkruip en ek hoef nooit weer uit te
kom nie.                                                                         10
   Daar is 'n groot wit muur om die tuin. Agter die muur lê die stad.

KAAPSTAD. ORNITOLOGIESE                INSTITUUT    VAN   S.A.   DONDERDAG,
17 AUGUSTUS 1978

Ek voel soos 'n besoeker hier in my eie kantoor. Iemand het al my boeke in
bokse gepak asof hulle gedink het ek kom nooit weer terug nie. Daar is ander 15
gordyne. Ek het vir prof. Van Keulen gesê ek wil weggaan. Hoe meer
afgesonderd, hoe beter. Ek wil my lewe gaan oormaak. Hy is besig om met die
Departement van Seevisserye te reël om my na 'n guano-eiland toe te stuur vir
navorsing.

3.1       Noem EEN hartseer insident wat veroorsaak het dat Ryna in 'n kliniek
          opgeneem moes word.                                                                 (1)

3.2       Hoekom is hierdie uittreksel in skuinsdruk?                                         (1)

3.3       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

          Prof. Van Keulen het Ryna besoek om haar (met haar depressie te help/
          'n tweede kans te gee).                                                             (1)

3.4       Camilla het besluit om as Ryna van Rensburg vir die werk op Meeuland
          aansoek te doen. Waarom, dink jy, het sy só besluit?                                (1)

3.5       Verskillende karakters het Ryna verskillend behandel toe sy haar nuwe lewe
          begin het. Hoe het die volgende karakters Ryna behandel?

          3.5.1       Ant Hansie                                                              (1)

          3.5.2       Matthys Langhans                                                        (1)

          3.5.3       Jacob                                                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         15                          DBE/November 2019
                                            NSS

3.6       Gee TWEE redes waarom die naam Mamma Meeu by Ryna pas.                                (2)

3.7       Watter verkeerde idee het Jacob gehad oor Ryna wat op Meeuland moes
          kom werk?                                                                             (1)

3.8       Ryna se eerste indruk van Jacob was 'n stem oor die burgerbandradio.

          3.8.1       Watter idee het Ryna van Jacob gekry toe sy Jacob se gesprek oor
                      die radio gehoor het?                                                     (1)

          3.8.2       Hoe het Ant Hansie oor Jacob se optrede gevoel?                           (1)

3.9       Wie het later in die roman Camilla/Ryna se wens oor die wildevyeboom
          (reël 7) só goed verstaan?                                                            (1)

3.10      "Ek wil my lewe gaan oormaak." (Reël 17)

          Waarom kan 'n mens Ryna bewonder vir hierdie woorde?                                  (1)

3.11      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (3.11) neer.

          Die eerste lewensles wat Jannerik vir Ryna van Meeuland geleer het, was ...

          A   om nie toe te laat dat een mens se optrede haar wegdryf nie.
          B   dat 'n mens op hierdie eiland ver vooruit kyk en ver agteruit ook.
          C   dat drie jaar hier 'n ewigheid is, maar 'n mens sal leer om aan te pas.
          D   om net geduldig te wees, die tyd sal haar leer om alles te kan hanteer.           (1)

3.12      Ryna het geglo die alleenwees op die eiland haar goed sou doen.
          Waarom is dit ironies?                                                                (1)

3.13      Waarom, dink jy, was dit vir Elsabet goed dat Ryna op Meeuland gaan bly
          het?                                                                                  (1)

                                            EN

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         16                       DBE/November 2019
                                            NSS

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS F

Attie skuif nader na haar en sien hoedat sy stil word voor hom. Hy buk vorentoe
en gee haar 'n baie klein piksoentjie op haar mond. Maar dit is nie goed genoeg
nie en hy omhels haar in alle erns en probeer haar soen. Maar sy keer hom,
sodat hy ophou.
  "Van?"                                                                        5
  Sy kyk na hom toe.
  "Hoekom ontwyk jy my altyd?"
  "Ek is nie reg vir ... ek is bang ek ..." Sy kyk skuldig weg oor die see.
  "Sorry, Van."

Dis sewe-uur toe Jacob oor die skemer werf na Ryna se blyplek toe stap. Die 10
Meeuland Express staan voor die deur en van binne af weerklink Attie en Daniel
se stemme. Hy gaan in. Attie is op die swartstoof besig om die perlemoen met 'n
houtlepel te roer, terwyl Daniel suurlemoensap uitdruk. Op die kombuistafel
staan Janka se badjie en babapoeier. Jacob bekyk die gesellige atmosfeer en
voel meteens soos 'n buitestander. "Waar's Janka?"                               15
  Attie proe aan die perlemoen en strooi 'n bietjie grofgemaalde peper oor. "Ou
Van het haar gebad en kamer toe gevat om slaap te maak. Daniel, die
suurlemoensap. Jacob, sê vir Ou Van haar brode moet uitkom."
  Jacob kom haar slaapkamer binne. Kleurryke tekeninge van pikkewyne en
duikers versier die eens sombere vertrekkie. Die rooi gordyne hul die vertrek in 20
'n sagte gloed in die lig van die lamp.

3.14      Skryf die volgende vier belangrike gebeure in Attie se lewe onder mekaar in
          die korrekte VOLGORDE neer:

          A   Ryna aanvaar nie Attie se trou-aanbod nie.
          B   Attie ontmoet vir Ryna op Salamanderbaai.
          C   Attie gaan werk op 'n diamantboot in Suidwes.
          D   Attie besluit om 'n pos op Meeuland te aanvaar.                                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            17                       DBE/November 2019
                                               NSS

3.15      Attie het vir Fred tydens die munisipale verkiesing gehelp, maar vir Jacob het
          die Blanckenbergs net hartseer beteken.

          Kies die gevolg uit KOLOM B om by die gebeure in KOLOM A te pas. Skryf
          slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (3.15.1 tot 3.15.4) neer.

                         KOLOM A                                KOLOM B
          3.15.1     Schalk verkrag Magrietjie.      A   Jacob moet sy kind alleen
                                                         grootmaak.
          3.15.2     Skalla betrek ander mense by
                     onwettige dinge.             B      Jacob beland in die tronk.

          3.15.3     Fred het 'n verhouding met      C   Jacob vlug Meeuland toe.
                     Elsabet.
                                                     D   Jacob se pa beland in die
          3.15.4     Schalk skiet vir Janka.             tronk.

                                                     E   Jacob raak verlief op Ryna.
                                                                                  (4 x 1)       (4)

3.16      Meeuland was vir Ryna net soos 'n tronk.

          Sê hoekom hierdie stelling ONWAAR is.                                                 (1)

3.17      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

          Die Meeuland Express was (Jacob se boot/Janka se stootkarretjie).                     (1)

3.18      Hoe het Janka Ryna se lewe op Meeuland sinvol gemaak?                                 (1)

3.19      Watter innerlike konflik het Ryna oor haar, Jacob en Jannerik se geheim
          beleef elke keer as sy Janka versorg het? Onthou om beide kante van die
          konflik te noem.                                                                      (2)

3.20      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (3.20) neer.

          Jacob voel soos 'n buitestander omdat hy nie ...

          A   vir Janka gebad en kos gegee het nie.
          B   weet hoe om perlemoen gaar te maak nie.
          C   gehelp het om Ryna se huisie reg te maak nie.
          D   deel van die lekker atmosfeer in Ryna se huis is nie.                             (1)

3.21      Dink aan alles wat in Ryna en Janka se lewens gebeur het.

          Hoekom kan die leser aan die einde van die roman wens dat alles vir hulle
          reg uitwerk?                                                                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           18                           DBE/November 2019
                                              NSS

3.22      Watter lewensles het Attie aan die einde van die verhaal oor verhoudings
          geleer?                                                                                    (1)

3.23      Attie is 'n plat karakter, maar ons leer hom tog goed in hierdie roman ken.

          3.23.1      Kies die karaktereienskap van Attie wat die beste in hierdie
                      uittreksel na vore:

                          Hy is hardwerkend.
                          Hy neem ander mense se gevoelens in ag.
                          Hy is lojaal teenoor sy werkgewers.                                       (1)

          3.23.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.23.1.                                         (1)
                                                                                                     [35]

VRAAG 4: LIEN SE LANKSTAANSKOENE – Derick van der Walt

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS G

"Sy bene is af," sê die suster. "Net onder sy knieë." Sy druk iets in haar uniform
se sak en krap aan haar skouer.
  "Dokter sê dit sou nie reggekom het nie. Hy is baie siek en net familie mag
ingaan."
   Dit lyk asof sy haar bedink. Sy krap weer aan haar skouer.                            5
  "Maar vir dié mense is almal mos maar eintlik familie ..." Sy kyk na Lien. "Jý's
nie familie nie." Die vrou lyk bietjie na 'n perd en ruik na rook.
   "Ons werk saam," sê Lien. Sy kyk terug. "Ek wil asseblief net vir hom iets sê.
Ek sal gou maak."
  Die suster kyk oor haar skouer in die gang af.                                         10
  "Jy moet wikkel. Twee minute."
  Goed piep en pype peul oral uit Tibbey, wat steeds 'n vreemde vaalbruin kleur
het. Sy mond is half oop. Daar is 'n wilde kyk in sy oë, maar hy herken haar al
het sy nie die pruik en die brilletjie op nie, sien Lien. Hy lê vir haar en kyk. Dit lyk
asof hy iets wil vra, maar daar is nie 'n manier hoe hy 'n woord gaan uitkry nie, 15
besef sy. Sy vou sy vaalbruin hande wat op die wit deken lê in hare toe.
  "Tibbey, alles gaan regkom. Ons sal 'n plan maak," sê slim Lien Jooste terwyl
'n hele klomp hane kraai.

4.1       Wat het gebeur dat Tibbey in die hospitaal beland het?                                     (1)

4.2       "Maar vir dié mense is almal mos maar eintlik familie ..." (Reël 6)

          Wat kon Lien uit hierdie woorde van die verpleegsuster aflei oor haar siening
          van Tibbey?                                                                                (1)

4.3       As Lien sê hulle werk saam (reël 8), bedoel sy hulle bedel in dieselfde straat.

          Noem TWEE ander plekke waar Lien gewerk het voordat sy begin bedel het.                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          19                           DBE/November 2019
                                             NSS

4.4       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

          Al het Lien meer geld verdien deur te bedel, het sy in die proses (haar
          skoolwerk afgeskeep/verkeerde vriende gemaak).                                          (1)

4.5       Dit was vir Roos belangrik dat elke bedelaar sy bedelplek moes hê.

          4.5.1      Hoe het Roos die hoek waar Tibbey gestaan en bedel het,
                     genoem?                                                                      (1)

          4.5.2      Hoe sluit hierdie naam aan by die manier waarop Tibbey na sy werk
                     as bedelaar gekyk het?                                                       (1)

4.6       "Dit lyk asof hy iets wil vra, maar daar is nie 'n manier hoe hy 'n woord gaan
          uitkry nie, ..." (Reël 14 en 15)

          Waarom is hierdie situasie so ironies as jy dink aan Tibbey met sy
          Blou Bul-vlag?                                                                          (1)

4.7       'n Deel van die plan wat Lien wou maak om Tibbey te help, was om vir hom 'n
          karretjie te laat bou.

          Waarom kan ons sê dat hierdie karretjie vir Tibbey nuwe moed gegee het?                 (1)

4.8       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

          Lien se pa se gunstelingsêding was: "The buck stops here."

          Dit het Lien eers verstaan toe sy agterkom dat (sy/Tibbey se vriende) vir die
          bou van die karretjie sou moes betaal.                                                  (1)

4.9       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (4.9) neer.

          Al die planne wat Lien vir Tibbey beraam het, wys dat Lien ...

          A   meer vir Tibbey omgegee het as vir haar eie broer.
          B   vir niemand anders van haar en Tibbey se vriendskap wou sê nie.
          C   nou op Tibbey se hoek sou moes gaan bedel om meer geld te maak.
          D   'n vriendin was op wie 'n mens onder moeilike omstandighede kon reken.              (1)

4.10      Met Tibbey se ongeluk, het Dirkie gewys dat hy iemand is op wie Lien kan
          staatmaak. Motiveer hierdie stelling.                                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           20                             DBE/November 2019
                                              NSS

4.11      Lien het haar bes gedoen om onder moeilike omstandighede alles bymekaar
          te hou. Tog het daar dinge gebeur wat dit vir haar moeilik gemaak het.
          Kies die gevolg uit KOLOM B om by die gebeure in KOLOM A te pas. Skryf
          slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (4.11.1 tot 4.11.4) neer.

                         KOLOM A                                  KOLOM B
          4.11.1     Lien se pa gaan tronk toe.        A Lien wonder of sy aan die
                                                         dramaproduksie by die skool moet
          4.11.2     Lien se ma kom dronk by             deelneem.
                     die skool aan.
                                                       B Lien moet by 'n nuwe blyplek en
          4.11.3     Braam hou homself                   skool aanpas.
                     eenkant by die huis.
                                                       C Lien wonder of almal dink dat sy 'n
          4.11.4     Sproet tree verkeerd                prostituut is.
                     teenoor Lien op.
                                                       D Lien moet alleen die takies in die
                                                         huis verrig.
                                                       E Lien kry skaam voor haar
                                                         skoolmaats.
                                                                                       (4 x 1)       (4)
4.12      " ... terwyl 'n hele klomp hane kraai." (Reël 17 en 18)
          Wat is die figuurlike betekenis van hierdie woorde?                                        (1)

                                                  EN

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS H

  Hein het vir Tibbey by die rolbalklub gaan aflaai, maar hy moet terug wees,
want die bakkie van Venter Constructions staan eenkant onder 'n boom. Lien
wonder waar hy heen verdwyn het.
  "Ek is bly julle was hier," sê sy vir Roos en gee haar 'n druk.
  "Jy was goed," sê Roos. "Jy kan dit maak." Sy snuif.                             5
  Peroxide kyk belangstellend na die skoolseuns wat by haar verbyloop. Sy
draai skoon skeef om vir Christiaan dop te hou, wat met 'n mond vol kos vir
Wian iets vertel. Christiaan kyk belangstellend terug na waar Peroxide terterig
vir hom glimlag.
  Dis dalk tyd dat Roos-hulle koebaai sê, dink Lien benoud.                        10
  "Wil julle nie nog iets eet nie?" vra sy. Peroxide haal 'n groterige Tupperware-
bak uit haar sak en begin pak. En sy pak. Roos beduie na iets in die
Tupperware-bak en Peroxide pak terug. Dis tannie Bets se kerrietertjies, sien
Lien dik van die lag. Sy stap nader.
  Lien vryf oor Roos se stywe hare. "Jy is 'n great pel."                          15
  Die vrekpienk marshmallow kyk vir haar met skrefiesoë en gee Lien se arm 'n
knypie. Sy sê niks nie, snuif en draai om. Lien dink hulle besef albei dat Lien
Jooste waarskynlik nie weer met plat skoene iewers op 'n hoek sal staan nie.
  "Sien jou wanneer ek jou sien," groet Roos ...

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           21                          DBE/November 2019
                                              NSS

4.13      Ons weet dat Lien net ná Tibbey se ongeluk by die rolbalbaan was.

          Wat het Lien daar gaan maak?                                                            (1)

4.14      Ná Tibbey se ongeluk het Hein gewys dat hy Tibbey se behoeftes baie goed
          verstaan het.

          Sê hoekom hierdie stelling WAAR is.                                                     (1)

4.15      Hoe het Roos vir Lien aan die begin van haar tyd as bedelaar gehelp?                    (1)

4.16      Wat is die onderwyseres se van wat vir Lien 'n rol in die skoolkonsert
          aangebied het?                                                                          (1)

4.17      Om by die skoolkonsert betrokke te wees, was net wat Lien nodig gehad het.

          Sê hoe die skoolkonsert vir Lien gehelp het om ...

          4.17.1      nuwe vriendskappe te vorm.                                                  (1)

          4.17.2      van haar probleme weg te vlug.                                              (1)

          4.17.3      haar ma positief te beleef.                                                 (1)

4.18      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (4.18) neer.

          Lien het die rol van … in die konsert gespeel.

          A   Heilige Maria
          B   Weird Maria
          C   Maria Antoinette
          D   Maria Jones                                                                         (1)

4.19      Lien se tydjie as bedelaar was nie maklik nie. Skryf die volgende vier gebeure
          onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer:

          A   Tibbey beland in die hospitaal.
          B   Lien se ma steel by die winkel.
          C   Lien besef finaal sy is nie meer deel van die ou omgewing nie.
          D   Lien vervals briewe om skool te "bunk".                                             (4)

4.20      Watter les, dink jy, het Lien by haar bedelaarsvriende geleer?                          (1)

4.21      Watter innerlike konflik beleef Lien toe sy Roos en Peroxide in die donkerte
          sien wegstap? Onthou om beide kante van die konflik te noem.                            (2)

4.22      Wat het Lien daardie aand van die skoolkonsert oor haar en Wouter besef?                (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            22                     DBE/November 2019
                                               NSS

4.23      Die leser leer Lien as hoofkarakter baie goed ken.

          4.23.1      Kies die karaktereienskap van Lien wat die duidelikste in albei
                      uittreksels na vore kom:

                          Lien is lojaal teenoor haar vriende.
                          Lien vergewe mense.
                          Lien gee om vir haar gesin.                                        (1)

          4.23.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.23.1.                                  (1)
                                                                                              [35]

                                                                  TOTAAL AFDELING A: 35

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2        23                           DBE/November 2019
                                           NSS

AFDELING B: DRAMA

Beantwoord slegs EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

VRAAG 5: POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS I

OUMA HANNIE. Maar toe die kinders nou groter word, toe trek ek nou met die
kinders oor die rivier daar na Upington sodat hulle skool en kerk kon kry.
(Die ander spelers begin sag die skoollied sing – sy luister daarna.) Maar die
kinders het nie lank skoolgegaan nie … het weggetrek Koegas toe en by 'n boer
gaat werk en Domani is weg oorlog toe en hy het nóóit weer teruggekom nie.            5
Die ander kinders het maar so rondgewerk van Lüderitz af, al langs die spoor;
Upington, Putsonderwater, Draghoender en Prieska. En ons meisiekinders het
uitgetrou en ná hulle troues maar gewerk soos hulle kon.
POPPIE. My mama wou nie haar man gehad het nie – hy het op die see kom
werk by Lüderitzbucht, toe sien hy haar en hy het al met die wind same al agter       10
haar aangeloop en verlief geraak op haar. (Plank en Hoedjie spot haar: "Verlief
geraak op haar!")
MOSIE. Toe gaan hy nou Upington toe om Ouma Hannie te vra om met my
mama Lena te trou.
OUMA HANNIE. Hy was glad met sy bek en hy't groot lobola betaal.                      15
HOEDJIE. Maar toe't hy nou een Saterdagoggend weggeloop en vir die oorlog
gaan teken. Hy is toe weggestuur na die Noorde as lorriedrywer en hy het nooit
weer teruggekom nie.
POPPIE. Toe gaan bly ons kinders nou by Ouma Hannie daar in 'n lokasie by
Upington …                                                                            20

5.1       Noem die dorp waar Mama Lena gaan werk het nadat sy van De Aar af
          gekom het.                                                                            (1)

5.2       Wat het Poppie as klein dogtertjie by ouma Hannie oor haar kultuur geleer?            (1)

5.3       Poppie se kinderdae was nie altyd maklik nie.

          Skryf die volgende vier gebeure in Poppie se lewe onder mekaar in die
          korrekte VOLGORDE neer:

          A   Ouma Hannie sterf.
          B   Poppie word op negejarige ouderdom uit die skool gehaal.
          C   Poppie werk in die visfabriek.
          D   Poppie se pa is weg.                                                              (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         24                        DBE/November 2019
                                            NSS

5.4       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (5.4) neer.

          Poppie moes baie aande luister na oompie Pengi wat dronk was en ouma
          Hannie wat nooit met hom geraas het nie.

          Poppie het besef dat ouma Hannie ... oompie Pengi was.

          A   kwaad vir
          B   hartseer oor
          C   ontevrede met
          D   ongeduldig met                                                                  (1)

5.5       Poppie se tyd by ma Lena en haar tweede familie was vir Poppie baie lekker.

          Sê hoekom hierdie stelling ONWAAR is.                                               (1)

5.6       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

          Vir Ouma Hannie was Poppie en haar broers baie spesiaal, want hulle pa het
          ('n ander vrou gevat/nie vir hulle gesorg nie).                                     (1)

5.7       Ma Lena is weer getroud.

          5.7.1       Wat het Poppie ma Lena se tweede man aan die begin genoem?              (1)

          5.7.2       Hoekom het Poppie gedink dit is reg om hom só te noem?                  (1)

5.8       Wat het Poppie geniet om te doen as Mosie van die skool af kom?                     (1)

5.9       Waaruit kan jy aflei dat ma Lena vir Poppie anders as haar seuns behandel
          het?                                                                                (1)

5.10      Poppie het by haar familie geleer dat jy baie keer swaarkry as gevolg van
          ander mense se dade. Wat het die volgende karakters gedoen wat Poppie
          laat swaarkry het?

          5.10.1      Bonsile                                                                 (1)

          5.10.2      Jakkie                                                                  (1)

          5.10.3      Stone                                                                   (1)

5.11      Waarom kan ons sê dat alkoholmisbruik later in die drama 'n negatiewe
          invloed op die gemeenskap gehad het?                                                (1)

                                              EN

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         25                          DBE/November 2019
                                            NSS

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS J

MOSIE. Poppie is met die trein na Herschel om die meisiekinders na Stone se
ouers op die land te neem, en toe is sy verder na Mdantsane om die huis te
verhuur en te reël dat Bonsile by die huismense inwoon. En daar was nog iets
waaroor sy met hom moes praat.
POPPIE. Bonsile, jy moet die kind na my laat bring wat gebore is toe ons in die 5
Kaap was vir die begrafnis. Dis bloed van my bloed en ek het die kind nog nie
gesien nie. (Hulle bring 'n bondeltjie. Sy neem dit in haar arms en kyk lank
daarna.) Die onderhoud van die kind sal ek ook op my skouers moet neem,
maar hieroor kla ek nie. Oor die kind is ek bly. (Poppie begin geld uit haar
handsak haal.)                                                                  10
MOSIE. Sy het al die geld wat sy nog oor had aan die jong ma van die kind
gegee en toe Kaap toe vertrek.
MAMA. Sy is siek. Sy het baie swaar gehad. Die dinge was te veel vir haar.
Sy lê net en sien niemand raak nie.
MOSIE. Ons sisi is siek. Ek dink sy voel nou eers ons swaertjie se dood.        15
MAMA. Die dinge was te veel vir haar.
JAKKIE. Poppie het 'n week gelê, en toe het sy opgestaan.
POPPIE. Ek moet gaan werk. Die kinders het kos en geld nodig.
PLANK. Sy het werk gekry by Mrs Swanepoel.

5.12      Waarom het Poppie nou planne gemaak om Mdantsane te verlaat? Gee
          TWEE redes.                                                                           (2)

5.13      Hoekom dink jy was dit vir Poppie se meisiekinders beter om by Stone se
          ouers te gaan bly?                                                                    (1)

5.14      Later in die drama het Poppie besluit om Bonsile se kind saam met haar te
          neem. Watter innerlike konflik was daar toe by Poppie? Onthou om beide
          kante van die konflik te noem.                                                        (2)

5.15      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

          In reël 5 en 6 praat Poppie van (Stone/Vukile) se begrafnis.                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans FAL P1 Nov 2019](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2019/e47d275e-1758-490f-82cc-f901024759a5) — Afrikaans FAL · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Afrikaans P2 (FAL) X05 2019 Preparatory Exam Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-p2-fal-x05-2019-preparatory-exam-question-paper/906cc756-3a62-49c6-ab4b-4f9bc8e7ad0f) — Afrikaans FAL · QP · 2019 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2021/da02e74c-b98c-4a0b-ad99-7fee322675fd) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2020/f4a85505-bf3c-4d21-9f1a-4ba27be67400) — Afrikaans FAL · QP · 2020 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2017/ee064d8b-979d-4573-8a64-e27394400145) — Afrikaans FAL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2012](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2012/3f85c035-f152-4594-bcdc-51046b8337e8) — Afrikaans FAL · QP · 2012 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
