# Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC November 2020 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2020, 39 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2020/f4a85505-bf3c-4d21-9f1a-4ba27be67400
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 39

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC November 2020 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2020/f4a85505-bf3c-4d21-9f1a-4ba27be67400)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC November Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 39 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans FAL P2 Nov 2020 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2020-memo/89a7509b-2f93-4fbc-b439-e6a5eb70b0fc) — Memo · 2020 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                           SENIOR SERTIFIKAAT/
                      NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

                                       GRAAD 12

                                       AFRFA.2

                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

                                   NOVEMBER 2020

PUNTE: 70

TYD: 2 uur

                         Hierdie vraestel bestaan uit 39 bladsye.

                     OGGENDSESSIE

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          2                             DBE/November 2020
                                           SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.        MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die
          INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommers van
          die tekste wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vrae aandagtig deur
          voordat jy dit beantwoord.

2.        Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:

          AFDELING A: Roman              (35)
          AFDELING B: Drama              (35)
          AFDELING C: Kortverhale        (35)
          AFDELING D: Gedigte            (35)

3.        Beantwoord vrae in TWEE afdelings, soos volg:

          AFDELING A: ROMAN
          Beantwoord die vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

          AFDELING B: DRAMA
          Beantwoord die vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

          AFDELING C: KORTVERHALE
          Beantwoord die vrae oor TWEE kortverhale wat jy bestudeer het.

          AFDELING D: GEDIGTE
          Beantwoord die vrae oor TWEE gedigte wat jy bestudeer het.

          Gebruik die kontrolelys op bladsy 4 om jou te help.

4.        Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

7.        Voorgestelde tydsindeling: Ongeveer 60 minute per afdeling.

8.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2      3                  DBE/November 2020
                                       SS/NSS

INHOUDSOPGAWE

Kies TWEE afdelings.

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord slegs EEN vraag.
                 VRAAGNOMMER                      PUNTE   BLADSYNOMMER
1. Kringe in 'n Bos                                 35          5

2.   Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom    35            9

3.   Meeulanders                                   35           13

4.   Lien se Lankstaanskoene                       35           17

AFDELING B: DRAMA

Beantwoord slegs EEN vraag.
5. Poppie – Die Drama                              35           21

6.   Paljas                                        35           25

7.   Fiela se kind – Die Drama                     35           29

AFDELING C: KORTVERHALE

Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale.
8.1 'Vegvlieënier Vivian'                          17           33
                                           EN
8.2 'Veertig sinkplate teen die suidewind'         18           35

AFDELING D: GEDIGTE

Beantwoord die vrae oor AL TWEE gedigte.
9.1 'Ek het 'n huisie by die see'                  18           37
                                   EN
9.2 'Die boodskapper'                              17           38

Kopiereg voorbehou                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            4                         DBE/November 2020
                                             SS/NSS

KONTROLELYS

Gebruik die kontrolelys om te verseker dat jy die vereiste GETAL vrae
beantwoord.

     AFDELING              VRAAGNOMMERS                GETAL VRAE            DUI AAN
                                                      BEANTWOORD               ()
A: Roman                               1–4                 1

B: Drama                               5–7                   1

C: Kortverhale                          8             1 (2 kortverhale)

D: Gedigte                              9              1 (2 gedigte)

LET WEL: Maak seker dat jy vrae oor slegs TWEE afdelings beantwoord het.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2        5                          DBE/November 2020
                                         SS/NSS

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord slegs EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

VRAAG 1: KRINGE IN 'N BOS – Dalene Matthee

Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS A

… Hy was dit aan Oupoot verskuldig om hom die vernedering te spaar om voor
Terblans se geweer te kniel.
  Hy had nie 'n keuse nie. Dié allerlaaste taak moes hy op homself neem. Hulle
het Oupoot reeds gehaat soos hulle hóm haat, en pleit om genade sou nie help
nie.                                                                               5
  Daarom loop sy voete weer oor die grond wat hy afgesweer het, hoor sy ore
weer die loeries, is hy weer eens in die altyd skemer wêreld van die Bos, en daar
sal Freek Terblans eers vir hóm moet skiet voordat hy op Oupoot sal kan aanlê.
  Daar is vier dae oor na Vrydag toe. Die Pictor sal nie voor Maandag vertrek nie.

Saul Barnard, seun van die houtkapper Joram Barnard, is in die Bos ontvang en 10
gebore en grootgemaak. Op die sewende dag van Januarie 1860 is hy kort
duskant Krisjan-se-Nek onder 'n wit-els gebore omdat sy ma se tyd haar oorval
het op pad Brandrug toe waar haar mense gekap het. Hy was die tweede seun.
Jozef was toe reeds twee jaar oud en sy pa moes hom in die fynruigte wegsteek
totdat alles verby was.                                                           15
  Sy ma kon lees en skryf. Hulle had 'n Bybel en sy het vir hom en Jozef ook leer
lees en skryf. Sy pa kon nie lees nie. Hy het gesê 'n man hoef nie te kan lees en
skryf om hout te werk nie.

1.1       Waar was Saul toe Maska vir hom die slegte nuus oor Oupoot gebring het?             (1)

1.2       Hoekom wou Jozef vir Oupoot laat skiet?                                             (1)

1.3       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (1.3) neer.

          Jozef en Saul het van kinderdae af verskillend oor dinge gedink. Tog het
          Jozef by meer as een geleentheid vir Saul ...

          A   geglo.
          B   betaal.
          C   beskerm.
          D   weggekruip.                                                                     (1)

1.4       Waarom was dit vir Saul as jongman so moeilik om in sy pa se span hout te
          kap?                                                                                (1)

1.5       Noem TWEE voorbeelde van hoe die Bosmense vir Saul, in die tyd toe hy vir
          MacDonald gewerk het, onregverdig behandel het.                                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2               6                            DBE/November 2020
                                                SS/NSS

1.6       Saul het vroeg die Maandagoggend by Maska in die Bos aangekom.

          1.6.1      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
                     Maska was (opgewonde/ontsteld) toe hy hoor wat Saul met die
                     geweer wou doen wat hy kom leen het.                                              (1)

          1.6.2      "... en daar sal Freek Terblans eers vir hóm moet skiet voordat hy op
                     Oupoot sal kan aanlê." (Reël 7–8)
                     Wat lei ons uit hierdie reëls af oor Saul se gevoel vir Oupoot?                   (1)

1.7       Saul en Oupoot het mekaar verstaan.
          Motiveer hierdie stelling deur te verwys na:

          1.7.1      Die band tussen Saul as mens en Oupoot as dier                                    (1)

          1.7.2      Oupoot wat gedurig vir Saul uitgekyk het                                          (1)

          1.7.3      Hoe albei oor die Bos gevoel het                                                  (1)

1.8       Saul was op pad oorsee omdat hy vir Jozef kwaad was.
          Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is.                                                        (1)

1.9       Wat bedoel Saul as hy praat van "die grond wat hy afgesweer het"? (Reël 6)                   (1)

1.10      Wat was die belangrikste les wat Jozef, uit sy gesprek met Saul aan die einde
          van die roman, kon leer?                                                                     (1)

1.11      Die bou van enige roman steun swaar op oorsaak en gevolg van gebeure.

          Kies die gevolg in KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.11.1 tot 1.11.4) neer.

                        KOLOM A                                    KOLOM B
          1.11.1     Saul is baie seker dat hy     A     Saul sien na jare weer vir Ou Sanna.
                     sy eenman-oorlog in die
                     Bos verloor.                  B     Saul se terugkeer na die Bos is vir
                                                         hom lekker.
          1.11.2     Na vier dae in die Bos en
                     op Oupoot se spoor, is    C         Saul moet sy oorspronklike plan,
                     Saul honger.                        waarom hy terug in die Bos is,
                                                         verander.
          1.11.3     Oupoot is haastig op pad
                     Meulbos toe.                  D     Saul is baie stil in sy vriend se
                                                         geselskap op die skip.
          1.11.4     Dit is belangrik dat die
                     Bos sy koning moet            E     Saul het nie nodig om 'n derde
                     behou.                              sirkel te voltooi in sy soektog na
                                                         Oupoot nie.
                                                                                         (4 x 1)       (4)

                                                   EN

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          7                             DBE/November 2020
                                           SS/NSS

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS B

Hy hoor die skoot toe hy aan die bopunt van Streepbos deur die
seweweeksvarings sukkel, en dit voel of die skoot sy eie lyf tref. Amper
onmiddellik ná die knal dreun dit deur die Bos van die uittrompetter van 'n olifant
se pyn. Harder en harder en harder, totdat die bloed in Saul wil verys en die
tweede skoot godsgenadiglik die verskriklike angsbasuin tot stilte ruk, en die 5
bosvloer onder die neerslaan van tonne sidder.
     Here?
     En die wêreld begin stadig om hom tol en tol en tol.
     Here?
     Eers toe die gevoel van eie dood deur hom gaan, ruk die tollende ruigtes tot 10
stilstand en stoot bitter klonte askoek in sy keel op.
     "God, hulle het Oupoot geskiet!"
     Nie 'n voël se roep nie – nie woede nie – nie 'n tak se kraak nie – niks. Asof
die Bos in bo-aardse stilte sy skok uitgalm en in verborgenheid sy rou oor sy
koning bekla.                                                                       15
     Ná 'n ruk begin 'n enkele loerie kok-kok-kok soos een wat tydsaam huil.
     Saul kruip van sy braaksel weg en gaan lê met sy gesig teen die koel aarde
soos teen 'n hoeder, totdat sy liggaam verby grense vlug en die droë snikke deur
hom breek.

ʺBaas Saul!ʺ Maska se stem kom uit 'n tonnel. ʺBaas Saul!ʺ Diep uit die tonnel.          20

1.12      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

          Dit was (Joram/Maska) wat moes probeer keer dat Oupoot geskiet word.                     (1)

1.13      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

          Oupoot is by (Meulbos/Groot-Eiland) geskiet.                                             (1)

1.14      Wie het uiteindelik vir Oupoot geskiet?                                                  (1)

1.15      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (1.15) neer.

          Saul het naar geword en byna flou geval toe Oupoot geskiet is. Dit dui daarop
          dat Saul ...

          A    tevrede was dat Oupoot toe sou kon rus.
          B    verskriklik ontsteld was oor Oupoot se dood.
          C    baie honger was na sy lang soektog na Oupoot.
          D    bly was dat Oupoot vinnig gesterf het en nie gely het nie.                          (1)

1.16      Daar was uiterlike konflik tussen Saul en Maska onmiddellik na Oupoot
          geskiet is. Waaroor het hulle twee verskil? Verwys na elke karakter se
          standpunt.                                                                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           8                         DBE/November 2020
                                            SS/NSS

1.17      Verduidelik waarom ons kan sê dat Saul reg was in sy besluit dat geen deel
          van Oupoot die Bos moes verlaat nie.                                                  (2)

1.18      Voltooi die volgende paragraaf deur elke keer net EEN WOORD in te vul.
          Skryf slegs die KORREKTE woord langs die vraagnommers (1.18.1 tot
          1.18.4) neer.

          Toe Saul (1.18.1) ... jaar oud was, het hy 'n bloubokkie gevang vir vleiskos.
          Hy het onthou dat die grootmense gesê het dat hierdie bokkie se (1.18.2) ... in
          sy kop sit. Saul het die kop oopgekap en gesien dat die grootmense vir hom
          (1.18.3) ... het. Hier het Saul se soeke na die (1.18.4) ... begin.                   (4)

1.19      Saul het Oupoot vir vyf dae agtervolg. Sy doel was om vir Oupoot te skiet.

          Verduidelik wat Saul van plan laat verander het. Gee TWEE feite in jou
          verduideliking.                                                                       (2)

1.20      Ons ken vir Saul as iemand wat:

              Nie bang was om te baklei nie
              Nie sommer enigiets geglo het nie
              Omgegee het vir sy familie

          1.20.1      Watter EEN van die eienskappe hierbo kom aan die einde van die
                      roman in Saul se aanbod aan Jozef na vore?                                (1)

          1.20.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.20.1. Konsentreer net op Saul
                      en Jozef se gesprek in die slot van die roman.                            (1)

1.21      Waarom, dink jy, was dit belangrik dat Saul aan die einde van die roman
          moes terugkeer Bos toe?                                                               (1)
                                                                                                [35]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          9                        DBE/November 2020
                                           SS/NSS

VRAAG 2: DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM –
         Marita van der Vyver

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS C

… Soms dink ek dis die enigste ding aan my wat nie bloot gemiddeld is nie. Wat
die res betref – voorkoms, lengte en gewig, atletiese vermoë (of onvermoë), punte
in die klas, gewildheid onder skoolmaats – dis alles so-so. Comme ci, comme ça.
Soos my pa sê as hy wil maak of hy kan Frans praat.

Ek's nie juis mooi nie, maar ek's darem ook nie so onooglik dat jy my vir 5
Aspoestertjie se stiefsuster sou aansien nie. Ek's beslis nie die middelpunt van
aandag op partytjies nie, maar ek word darem nog genooi na partytjies. Selfs my
puisies is gemiddeld. Ek het nie 'n akneeprobleem soos die arme ou in my klas
wat die bynaam Krater gekry het nie. Maar ek het ook nie 'n vlekkelose vel soos
my vriendin Sharon nie.                                                            10
Dis net my verbeelding wat my onderskei. En dit steek ek meestal maar weg van
my maats. Op laerskool het ek dit gebruik om maats te wen, om die lekkerste
speletjies uit te dink en die grillerigste stories op te maak, maar nou's ek op 'n
ouderdom waar verbeelding nie so belangrik is soos die regte haarstyl of 'n paar
ingevoerde stewels nie.                                                            15
Die ander ding wat my onderskei, natuurlik, is my ingewikkelde gesinslewe. En dit
steek ek meestal ook maar weg. Die kinders wat wel daarvan weet, soos Sharon,
dink dit moet fantasties wees om so 'n buitengewone gesin te hê.

2.1       Wat is die naam van die alter ego wat Hanna vir haarself geskep het?                (1)

2.2       Waarom het Hanna vir haarself 'n alter ego geskep?                                  (1)

2.3       Hanna se gesin was anders as ander gesinne.

          Motiveer hierdie stelling deur te verwys na:

          2.3.1      Hoe Hanna se ma anders as ander ma's oor trou/kinders grootmaak
                     gedink het                                                               (1)

          2.3.2      Waarom Tibo se geboorte anders as Hanna s'n was                          (1)

          2.3.3      Hoe Hanna se biologiese pa op sy troudag aangetrek was                   (1)

2.4       Wat bedoel Hanna as sy sê: "Dis net my verbeelding wat my onderskei"?
          (Reël 11)                                                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         10                           DBE/November 2020
                                           SS/NSS

2.5       Hanna het dikwels haar verbeelding in haar skryfwerk gebruik.

          2.5.1      Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies.

                     In een van Hanna se fantasieverhale het sy vir haar 'n pa geskep
                     wat 'n (tandarts/mode-ontwerper) was.                                       (1)

          2.5.2      Gee 'n rede waarom Hanna juis hierdie karakter (VRAAG 2.5.1)
                     gekies het.                                                                 (1)

2.6       Daar was niemand in Hanna se gesin wat haar skryftalent raakgesien het nie.

          Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is.                                                  (1)

2.7       Die bou van enige roman steun swaar op oorsaak en gevolg van gebeure.

          Kies die gevolg in KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (2.7.1 tot 2.7.4) neer.

                        KOLOM A                                 KOLOM B
          2.7.1      Mana sien dat die gesin        A   Die gesin word aan die einde
                     mekaar nie verstaan nie.           van die verhaal gered.

          2.7.2      Sharon kom Botterberg toe.     B   Die gesin word by fisiese
                                                        oefening betrek.
          2.7.3      Margot kom op Botterberg
                     aan.                           C   Die wittebrood op Botterberg
                                                        word gereël.
          2.7.4      Gavin kom op Botterberg
                     aan.                           D   'n Vrolike atmosfeer word by die
                                                        vakansie geskep.

                                                    E   Die pad na Botterberg is moeilik.
                                                                                  (4 x 1)        (4)

2.8       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (2.8) neer.

          Tibo en Amos het Hanna kwaad gemaak, want hulle het ...

          A    haar sjokolade geëet.
          B    in haar goed gekrap.
          C    haar al die skottelgoed laat was.
          D    gelag terwyl sy haar gedig voorgedra het.                                         (1)

2.9       Gee TWEE redes waarom die opinie wat Hanna aan die begin van die roman
          oor Margot gehad het, onregverdig was.                                                 (2)

2.10      Watter rol het die reënstorm in die verhaal gespeel?                                   (1)

2.11      Waarom was Hanna nie so opgewonde oor haar verjaarsdag op Botterberg
          nie?                                                                                   (1)
                                      EN
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2        11                           DBE/November 2020
                                          SS/NSS

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS D

"Wel, dit lyk nie of hierdie babatjie in 'n hospitaal gebore gaan word nie," sê my
ma met 'n dapper glimlag.
   "Maar waar … wat gaan ons … wat gaan gebeur?" stotter Tibo, amper so bleek
soos Beyers.
   "Dis te vroeg!" kerm Beyers.                                                       5
   "Hanna was 'n gesonde baba, Bey, al het sy vroeg opgedaag. Ek weet nie,
miskien het ek my misgis met die datum. Jy weet hoe sleg is ek met datums …"
   Beyers staar na haar met verwilderde oë. "Ek sal help, Mana" sê Margot en
staan op om my ma se skouers te kom masseer. "Ek was 'n verpleegster."
   "Jy was wát?"                                                                      10
   As die koningin moes aankondig dat sy eintlik op Uranus gebore is, sou my ma
nie meer verstom gelyk het nie. "Ek het vier jaar verpleeg voor ek agtergekom het
ek het 'n fout gemaak. Ek het 'n operasieteater met die ander soort teater verwar."
Sy trek haar skouers ongeërg op. "Ek was maar altyd 'n dumb blond, nè?"
   "Jy was nog nooit dom nie, Margot," sê Beyers met 'n gesig wat straal van          15
verligting. "En jy was ook nooit rêrig blond nie, nè? Ek het heeltemal vergeet van
jou verpleegopleiding!"
  "O, ek neem jou nie kwalik nie, Beytjie. Dit was voor jou tyd. Kom ons hoop ek
het nie alles vergeet nie."
   "Het jy al gehelp om 'n baba te vang?" vra Mana en krimp ineen toe die             20
volgende kraampyn haar tref.

2.12      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

          Mana kon nie betyds by die hospitaal uitkom vir Ditjie se geboorte nie omdat
          (dit Hanna se verjaarsdag was/die rivier afgekom het).                                (1)

2.13      Waarom was dit goed vir Hanna dat sy met Gavin oor haar geboorte gepraat
          het?                                                                                  (1)

2.14      Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies.

          Om met Ditjie se geboorte te help, moes Margot haar (grimering afwas/naels
          knip).                                                                                (1)

2.15      Voltooi die volgende paragraaf deur elke keer net EEN WOORD in te vul.
          Skryf slegs die KORREKTE woord langs die vraagnommers (2.15.1 tot
          2.15.4) neer.

          Na die baba se geboorte moes 'n paar belangrike besluite geneem word. Die
          baba moes 'n naam kry wat iets met (2.15.1) … te doen gehad het. Toe
          Sharon se ouers saam met Luke in die (2.15.2) … opgedaag het, moes hulle
          besluit wie gaan op Botterberg bly en wie gaan die berg verlaat. Margot sou
          saamgaan, want sy moes betyds in (2.15.3) … wees. Toe het (2.15.4) …
          aangebied om die kinders op te pas.                                                   (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           12                       DBE/November 2020
                                             SS/NSS

2.16      Verduidelik watter innerlike konflik daar by Mana tydens die baba se geboorte
          was. Onthou om albei kante van die konflik te noem.                                  (2)

2.17      Ons ken vir Margot as iemand wat:

              Graag komplimente uitdeel
              Leiding neem as daar 'n krisis is
              Moeite doen om gesond te lewe

          2.17.1     Watter EEN van die eienskappe hierbo kom tydens Ditjie se
                     geboorte die beste na vore?                                               (1)

          2.17.2     Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.17.1.                                    (1)

2.18      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (2.18) neer.

          Uit Hanna en Margot se afskeidsgroet kan 'n mens aflei dat Margot vir Hanna
          gemotiveer het om …

          A    'n roman te skryf.
          B    gereeld te oefen.
          C    haarself mooi te grimeer.
          D    mooi na haar sussie te kyk.                                                     (1)

2.19      Hoe verskil Gavin se geskenk vir Hanna se vyftiende verjaarsdag van al sy
          vorige geskenke aan haar?                                                            (2)

2.20      Gavin het 'n belangrike rol in Hanna se lewe gespeel, maar Margot sou Gavin
          ook lank onthou.

          Watter les het Margot by Gavin geleer?                                               (1)

2.21      Hanna het besluit om 'n roman te skryf met die titel: Die Ongelooflike
          Avonture van Hanna Hoekom: 'n Ware Verhaal.

          Verduidelik waarom dit 'n gepaste titel sou wees. Gee TWEE feite.                    (2)
                                                                                               [35]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         13                          DBE/November 2020
                                           SS/NSS

VRAAG 3: MEEULANDERS – Esta Steyn

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS E

  Hansie raak al hoe meer verleë en probeer red wat te redde is: "Duiker, ek sal
kyk wat ek kan saamstuur. Sê vir Twilight ek het nog vier baadjietjies klaar. Ek
stuur dit môre saam. Pienketjies. Mens moet darem iets pienks hê. Nou goed
dan, Duiker, hoor. Oor en uit!"
  Hansie sit die mikrofoon neer voordat die stem nog iets kan kwytraak. Sy kyk 5
skaam na Ryna, duidelik ontsteld oor Jacob se tirade. "Ag, juffrou," probeer sy
verduidelik, "dis nou seker maar 'n misverstand. Jy weet, dinge op Meeuland is
maar moeilik. Jacob se assistent, wat met die onderhoud van die geboue gehelp
het, is al maande lank weg. En sy ou vroutjie is in die ander tyd. Hul eerstetjie.
Maar hy sal wel weer bedaar. Heidenland, juffrou. Jy weet mos die mans kan so 10
maklik moeilik raak oor niks."
  Ryna kry haar jammer. "Ant Hansie," sê sy sag, "my naam is Ryna."
  En sy kyk in Hansie se begrypende bruin oë. Dis oë wat al seergekry het, weet
sy. Dis oë wat al die wêreld se swaar kant gesien het.
  Maar Die Stem het haar tog ontstel.                                              15
  Ek het nêrens anders om heen te gaan nie. My verlede is weg. En ek is nie
welkom in die nuwe lewe waarheen ek op pad is nie.

3.1       Vir wie het Ryna heel eerste vertel wat in haar verlede gebeur het?                   (1)

3.2       Ryna kon nie teruggaan na waar sy vandaan gekom het nie.

          Motiveer hierdie stelling deur te verwys na:

          3.2.1      Wat met haar huis gebeur het                                               (1)

          3.2.2      Wat van haar man en seun geword het                                        (1)

          3.2.3      Wat die moontlike rede vir al die bogenoemde gebeure was, volgens
                     die polisie                                                                (1)

3.3       Ryna het swaar gekry in Kaapstad.

          3.3.1      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                     Ryna is in Kaapstad in die Silkwood-kliniek opgeneem omdat die
                     gebeure in haar lewe haar baie (ontstel het/aggressief gemaak het).        (1)

          3.3.2      Waaruit kan ons aflei dat prof. Van Keulen in hierdie tyd vir Ryna
                     omgegee het?                                                               (1)

3.4       Waarom het Ryna haar aansoekvorms om Meeuland toe te gaan, onder haar
          tweede naam en nooiensvan ingevul?                                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            14                           DBE/November 2020
                                              SS/NSS

3.5       Wat word bedoel met die woorde: "Jacob se tirade"? (Reël 6)                               (1)

3.6       Jacob was vriendelik teenoor Ryna toe hy haar vir die eerste keer op die
          Sterretjie ontmoet het.

          Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is.                                                     (1)

3.7       Die bou van enige roman steun swaar op oorsaak en gevolg van gebeure.

          Kies die gevolg in KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (3.7.1 tot 3.7.4) neer.

                         KOLOM A                                    KOLOM B
          3.7.1        Skalla verkrag Marietjie.       A   Elsabet gaan soek aanvaarding
                                                           op Meeuland.
          3.7.2        Miena sterf.
                                                       B   Fred hou mosselvlotte by
          3.7.3        Ryna doen vir drie jaar             Meeuland.
                       navorsing oor kusvoëls.
                                                       C   Jannerik gaan treur op Meeuland.
          3.7.4        Jackie Stevens se skelm
                       verhouding met Fred kom         D   Attie besluit om op Meeuland te
                       uit.                                gaan werk.

                                                       E   Jacob vlug met sy hartseer
                                                           Meeuland toe.
                                                                                    (4 x 1)         (4)

3.8       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (3.8) neer.

          Ryna het verkies om self haar blyplek op Meeuland reg te kry omdat ...

          A       sy kreatief was en graag die plek wou versier.
          B       sy skaam was oor die min goed wat sy gebring het.
          C       dit iets sou wees waarmee sy haar kon besig hou.
          D       die Langhanse haar nie hartlik op Meeuland verwelkom het nie.                     (1)

3.9       Verduidelik waarom ons kan sê dat Jannerik die regte besluit geneem het toe
          hy vir klein Janka Meeuland toe geneem het. Gee TWEE feite.                               (2)

3.10      Hoekom, dink jy, het Elsabet vir Fred bo Jacob gekies?                                    (1)

3.11      Waarom voel 'n mens hartseer om te lees dat Ryna, na haar drie jaar op
          Meeuland, wou teruggaan Kaap toe?                                                         (1)

                                              EN

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2        15                          DBE/November 2020
                                          SS/NSS

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS F

  "Dit was," sê Doreen sag. "Verstaan jy as ek sê dat ek dit ook vir Jason wil
doen? Sodat ek oor 'n jaar of drie in sy oë kan kyk en kan sê: Dis wat ek met
hierdie pyn gemaak het?"
  "Ek verstaan dit," sê Ryna.
  Dis soos om 'n boom te plant.                                                5

Stellenbosch lê gul en groen onder sy eikedrag. Meneer Naudé van Quattro het
vir Ryna padaanwysings gestuur van die lokaal waar die onthaal gehou gaan
word en hulle vind die ou Kaap-Hollandse herehuis met sy houtluike, groot
ingangshekke en groen grasperke sonder moeite. Daar staan heelwat motors
rond, maar professor Alzoon van Keulen se grysblou Lelike Eendjie val haar 10
dadelik op.
  Hulle het skaars uitgeklim of die prof kom aangestap met sy kenmerkende flink
stappie. In een oomblik som sy die bekende figuur op: hy het nie veel verander
nie; die hare is steeds ylgrys en die brilletjie hang skeef oor die neus; sy pak klere
lyk verkreukeld en hy dra sy ou leertas onder sy arm. Hy omhels haar sonder 15
woorde en hou haar dan op 'n afstand en kyk haar lank aan: "Jy lyk heel anders,
my liewe Camilla. Jy lyk heel mooier as wat ek kan onthou." Dan kyk hy na
Doreen en voordat Ryna hulle bekend kan stel, sê hy met 'n uitgestrekte hand:
"Laat my raai …"

3.12      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

          Op Meeuland het (Attie/Jannerik) saam met Ryna 'n wildevyeboom geplant.              (1)

3.13      Vir watter geleentheid is Ryna terug Stellenbosch toe?                               (1)

3.14      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

          Jacob het aan die begin gedink dat prof. Van Keulen Ryna se (pa/kêrel) was.          (1)

3.15      Voltooi die volgende paragraaf deur elke keer net EEN WOORD in te vul.
          Skryf slegs die KORREKTE woord langs die vraagnommers (3.15.1 tot
          3.15.4) neer.

          Hier op Stellenbosch het Ryna besef dat sy vir (3.15.1) ... lief was. Sy het
          besluit om te gaan (3.15.2) … op Salamanderbaai. Dis waarom sy met
          Jason Peters gaan praat het. As afskeidsgeskenk het sy vir Janka 'n
          (3.15.3) … gemaak. Net soos sy gekom het, was dit die (3.15.4) ... wat haar
          van die Sterretjie af vir oulaas wal toe geneem het.                  (4 x 1)        (4)

3.16      Verduidelik die innerlike konflik wat Ryna beleef het toe sy vir Jacob op die
          Sterretjie moes groet. Onthou om albei kante van die konflik te noem.                (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          16                        DBE/November 2020
                                            SS/NSS

3.17      Ons ken vir Ryna as iemand wat:

              Simpatie met ander het
              Baie kreatief is
              Oor kon begin

          3.17.1     Watter EEN van die eienskappe hierbo kom in Ryna se gesprek met
                     Doreen (in die uittreksel) die beste na vore?                             (1)

          3.17.2     Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.17.1. Verwys net na Ryna en
                     Doreen se gesprek.                                                        (1)

3.18      Gee TWEE redes waarom 'n mens kan sê dat die Kerstyd op Meeuland,
          waarna Ryna só uitgesien het, eintlik 'n baie hartseer tyd was.                      (2)

3.19      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (3.19) neer.

          Teen die einde van die roman was dit vir Ryna asof haar twee wêrelde
          bymekaar gekom het. Dit was omdat Salamanderbaai se mense …

          A   kon sien hoe die Kaap lyk.
          B   die Silkwood-kliniek gesien het.
          C   die Instituut kon sien waar sy eers was.
          D   toe haar hele lewensgeskiedenis geken het.                                       (1)

3.20      Ryna het aan die begin van die roman haar opinie oor die geheim van Elsabet
          se baba gehad, maar daardie opinie het ná Janka se ongeluk verander.

          Sê wat Ryna se opinie eers was EN dan hoe dit verander het.                          (2)

3.21      Watter les leer jy oor liefde uit die slot van die roman?                            (1)
                                                                                               [35]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2        17                           DBE/November 2020
                                          SS/NSS

VRAAG 4: LIEN SE LANKSTAANSKOENE – Derick van der Walt

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS G

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

… Wouter het vir haar gesit en kyk. Sy wou haar eers pluk, maar toe herken sy
die uitdrukking in sy oë. Hy wou ook nie hier wees nie. Hulle het 'n rukkie vir
mekaar gesit en kyk. En dit was die begin van hulle paadjie saam.
    Hulle het mekaar 'n paar dae later by die tandarts in die sentrum raakgeloop.
Haar afspraak was net ná syne. Hy het gewag totdat sy klaar was en haar vir 5
koffie by die Wimpy genooi. Sy kan nou nog nie onthou waarom sy ja gesê het
nie. Sy was nie van plan om met enigiemand in hierdie skool buddy-buddy te
speel nie. Maar hy het haar laat lag, iets wat sy destyds maar min gedoen het.
    Hy het met sy mond nog dood van die tandarts se inspuiting sy koffie geslurp
en vertel van sy pa in Bloemfontein en van die egskeiding en sy ma wat nie ver 10
genoeg van sy pa kon wegkom nie en van Pretoria wat die Nuwe Begin sou word.
    Lien het tot haar verbasing die Joostes se sakke patats ook een vir een op die
tafel tussen die tamatiesousbottel en die mosterdhouer vir hom uitgepak. Dit was
maklik om met Wouter te praat. Soos nou nog.
    Van toe af was sy en Wouter boesempelle. En dit was lekker om 'n ou vir 'n pel 15
te hê.

4.1       Wat was Lien en Wouter se nuwe skool in Pretoria se naam?                             (1)

4.2       Wouter kon ook nie by die nuwe skool inskakel nie.

          Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is.                                                 (1)

4.3       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (4.3) neer.

          Die Lewensoriënteringstaak oor hulle        moontlike     loopbane   het   Lien
          ongemaklik laat voel omdat sy nie ...

          A     wou erken dat haar ou lewe verby was nie.
          B     van Miemie se takies wat sy uitgedeel het, gehou het nie.
          C     aan haar pa en sy drome vir haar, herinner wou word nie.
          D     haar plan om drama te studeer met almal wou bespreek nie.                       (1)

4.4       "En dit was die begin van hulle paadjie saam." (Reël 3)

          Wat word bedoel met "hulle paadjie"?                                                  (1)

4.5       Waarom was Lien soms onnodig kwaad vir Wouter?                                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           18                          DBE/November 2020
                                             SS/NSS

4.6       Wouter het vir Lien van sy gesin se Nuwe Begin vertel.

          4.6.1      Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies.

                     Uit die roman is dit duidelik dat Wouter se Nuwe Begin vir hom
                     (makliker/moeiliker) was as wat Lien s'n vir haar was.                        (1)

          4.6.2      Wat lei ons af uit die feit dat Lien op 'n dag na hul ou buurt
                     teruggegaan het?                                                              (1)

4.7       Lien se huislike omstandighede was genoeg om haar depressief te maak.

          Motiveer hierdie stelling deur te verwys na:

          4.7.1      Die gesin se finansiële sake                                                  (1)

          4.7.2      Die atmosfeer tuis                                                            (1)

          4.7.3      Haar ouers                                                                    (1)

4.8       Die bou van enige roman steun swaar op oorsaak en gevolg van gebeure.

          Kies die gevolg in KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (4.8.1 tot 4.8.4) neer.

                          KOLOM A                                  KOLOM B
          4.8.1      Lien skep die indruk dat sy      A   Lien laat glip die geleentheid om
                     alles halfhartig doen.               ondersteun te word, deur haar
                                                          vingers.
          4.8.2      Lien probeer teen
                     onregverdigheid opstaan.         B   Lien besluit om tog maar vir die
                                                          oudisie vir 'n rol in die
          4.8.3      Lien vertrou nie maklik              skoolkonsert te gaan.
                     mense nie, bv. die jong
                     predikantjie by hul eerste       C   Lien verloor haar werk by die
                     ontmoeting.                          koffiewinkel.

          4.8.4      Lien sal enigiets doen om        D   Lien hoor dat sy nie haar
                     Wouter se vriendskap te              potensiaal moet verwaarloos
                     behou.                               nie.

                                                      E   Lien skuif haar drome om
                                                          oorsee te gaan, eenkant toe.
                                                                                    (4 x 1)        (4)

4.9       Verduidelik waarom dit vir Lien goed sou wees om Miemie as vriendin beter
          te leer ken. Gee TWEE feite.                                                             (2)

4.10      Hoe voel jy oor die feit dat Lien en Wouter toe nie aan die einde van die
          roman 'n paartjie was nie? Jy moet jou gevoel motiveer.                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           19                       DBE/November 2020
                                             SS/NSS

4.11      Lien se houding teenoor haar nuwe skool was verkeerd.

          Wat kon Lien uit haar fout leer?                                                     (1)

                                             EN

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS H

Sy sit eers 'n rukkie doodstil met haar oë op die klawers, vroetel dan onseker oor
die note.
    Toe begin sy speel. Sy sukkel aanvanklik, dan begin sy met meer selfvertroue
speel. Toe vat sy die klavier vas en sy spéél. Haar neusvleuels sper en haar
linkerhand ruk kort-kort na bo. In 'n ander wêreld, soos Lien dit onthou. Dan 5
herken Lien die musiek. Schubert se "Impromptu" in G-kruis mineur. Dis vir háár.
Sy weet dis vir haar. Ná al die jare hoor sy dit weer.
    Sy huil en sy het nie eers 'n tissue by haar nie. Sy kan haar oë nie van haar
ma afhou nie. Sy vee haar gesig aan die dik, wynrooi gordyn af.
    Toe die musiek ophou, klap die mense dat die saal dreun. Haar ma sit nog 'n 10
rukkie stil en staan dan stadig op. Sy lyk verleë, maar sy lyk skielik weer soos die
ma wat Lien onthou, haar regte ma. Dalk is sy dié slag regtig terug.
    Lien glip by die agterdeur uit en staan 'n rukkie in die skaduwees langs die
saal. Die lug is vars en sy trek dit diep in haar longe in. Lukas het vandag gras
gesny. Sy hoor krieke in die blombedding langs die saal. Sy kyk na die halfmaan 15
wat agter 'n wolk uitloer en die enkele sterre wat dof in die stadslig blink. Sy voel
rustig, baie rustig.

4.12      Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies.

          Die konsert en die onthaal agterna speel (in die kliniek se kapel/by Lien se
          nuwe skool) af.                                                                      (1)

4.13      Wie se inisiatief het hierdie kultuuraand moontlik gemaak?                           (1)

4.14      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

          In hierdie konsert het Lien die rol van die (vrou wat die skool skoonmaak/
          die meisie wat min praat) vertolk.                                                   (1)

4.15      Voltooi die volgende paragraaf deur elke keer net EEN WOORD in te vul.
          Skryf slegs die KORREKTE woord langs die vraagnommers (4.15.1 tot
          4.15.4) neer.

          Met die oudisie vir hierdie konsert het die verhoog en die gordyne se
          (4.15.1) … heel eerste Lien se aandag getrek. Op die verhoog het Lien
          (4.15.2) … in haar hart ervaar. Dis ook deur haar deelname aan die konsert
          dat sy vir (4.15.3) … beter leer ken het. Hy het haar later gehelp om vir
          (4.15.4) … 'n karretjie te bou.                                                      (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          20                          DBE/November 2020
                                            SS/NSS

4.16      Hoe verskil Christien Jooste se voorkoms (kleredrag/hare) by die konsert van
          haar voorkoms by die huis? Verwys in jou antwoord na die huis en die
          konsert.                                                                               (2)

4.17      Lien het geweet dat haar ma innerlike konflik beleef het toe tannie Bets haar
          gevra het om vir hulle klavier te speel.

          Verduidelik hierdie innerlike konflik. Onthou om albei kante van die konflik te
          noem.                                                                                  (2)

4.18      Ons ken vir Lien as iemand wat:

              Onselfsugtig is
              Verantwoordelik is
              Sensitief is

          4.18.1      Watter EEN van die eienskappe hierbo kom in hierdie uittreksel die
                      beste na vore?                                                             (1)

          4.18.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.18.1. Verwys net na hierdie
                      uittreksel.                                                                (1)

4.19      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (4.19) neer.

          Aan die einde van die konsert het Lien rustig, baie rustig gevoel. (Reël 17)
          Hierdie gevoel vorm 'n kontras met haar gevoel aan die begin van die
          roman. Toe was sy ... .

          A     bekommerd.
          B     ontspanne.
          C     hoogmoedig.
          D     dankbaar.                                                                        (1)

4.20      Kyk na die volgende liedjie van Nora Jones waarna Lien geluister het:

          In a boat that's built of sticks and hay
          We drifted from the shore
          With a captain who's too proud to say
          That he dropped the oar.

          Verduidelik, met feite uit die roman, hoe Lien die roeispaan ('oar') opgetel het
          waar haar ma ('a captain') dit laat val het.                                           (2)

4.21      Waarom is die slot van die verhaal effektief?                                          (1)
                                                                                                 [35]

                                                                TOTAAL AFDELING A:               35

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         21                         DBE/November 2020
                                           SS/NSS

AFDELING B: DRAMA

Beantwoord slegs EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

VRAAG 5: POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS I

POPPIE. Toe hulle nou later by my huis ook uitkom, toe sien ons nou wat hulle
gebedoel het dat die mense nie op straat moet wees nie, dat hulle die mense uit
die huise kan uitslaat. As die een by daai deur klop … ('n Polisieman klop hard
teen een van die blikke links. Die ander spelers bondel verward bymekaar.) …
dan klop die ander by die ander deur. (Speler wat Mosie vertolk, haal pet af, word 5
polisieman, hy klop aan blik regs.) … Hulle klop jou deurmekaar, wit en swart
poeliesse deurmekaar! (Die twee polisiemanne beweeg in na groep, stamp hulle
van mekaar af weg, Plank sluip vinnig na agter, gaan kruip weg.) … Dan slaat
hulle met die kieries en wegkom kan jy nie.

WIT POLISIEMAN. Die man is siek, los hom.                                             10

Die twee polisiemanne soek verder na verstekelinge.

MAMA. Bhuti Plank het geskrik toe hy sien hoe die manne in die van gelaai word,
en voor hulle by my huis gekom het, het hy gaan wegkruip in die hoenderhok. Hy
het op die grond gelê en sinkplate en sakke oor hom getrek, maar die poeliesse
het sy voete sien uitsteek en hom daar gekry.                                   15

Polisie reageer as hulle hom kry. Hulle pak hom beet, gooi hom dan weer neer.

STONE. Hy het nie baklei nie, net met sy dooie gewig hom teengesit.

5.1       Wie het vir Stone aangemoedig om na die vergadering te gaan waar die
          staking ('strike') bespreek is?                                                       (1)

5.2       Waarom het Poppie uit Lambertsbaai na Nyanga toe getrek?                              (1)

5.3       Wat sou met Poppie gebeur het as sy in Lambertsbaai aangebly het?                     (1)

5.4       Verduidelik waarom die inwoners van Nyanga geglo het dat dit op daardie
          stadium reg was om te staak. Gee TWEE feite.                                          (2)

5.5       Poppie het, vandat sy 'n kind was totdat sy 'n volwasse vrou was, 'n moeilike
          lewe gehad.

          Motiveer hierdie stelling deur te verwys na:

          5.5.1      Wat Poppie se ma van haar as jong dogter verwag het                        (1)

          5.5.2      Wat Jakkie gedoen het wat vir Poppie moeilik was                           (1)

          5.5.3      Watter gevolg Jakkie se dade op Poppie se gesinslewe gehad het             (1)
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           22                           DBE/November 2020
                                             SS/NSS

5.6       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (5.6) neer.

          Dink aan Poppie toe sy haar nie gesteur het aan die polisie wat haar
          gewaarsku het om van die strate af te bly nie. Hierdeur het sy gewys dat sy
          … was.

          A       fluks
          B       bang
          C       hardkoppig
          D       gehoorsaam                                                                       (1)

5.7       "Die man is siek, los hom." (Reël 10)

          5.7.1      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                     Die man na wie die polisie verwys, is (Plank/Stone).                          (1)

          5.7.2      Wat kan jy uit dié polisieman se woorde aflei oor sy houding
                     teenoor die siek man?                                                         (1)

5.8       Die kinders het tydens albei opstande (1960 en 1976) vir die grootmense
          gelag.

          Neem vir Plank as voorbeeld. Sê hoe die rede vir die kinders se gelag in
          1960 verskil het van die rede vir hul gelag in 1976.                                     (2)

5.9       Die grootmense was by die opstand van 1976 betrokke.

          Sê hoekom hierdie stelling WAAR is.                                                      (1)

5.10      Die bou van enige drama steun swaar op oorsaak en gevolg van gebeure.

          Kies die gevolg in KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (5.10.1 tot 5.10.4) neer.

                         KOLOM A                               KOLOM B
          5.10.1     Poppie-hulle moet as          A   Die gesin kan 'n erf kry om 'n
                     kinders 'n skool en 'n kerk       huis daarop te bou.
                     hê.
                                                   B   Ouma Hannie verhuis Upington
          5.10.2     Masjien gaan teken vir die        toe.
                     oorlog aan.
                                                   C   'n Kind sterf as gevolg van die
          5.10.3     Stone gaan werk by 'n             opstande.
                     melkery in Philippi.
                                                   D   Die kinders moet by die ouma
          5.10.4     Vukile gaan by Poppie bly.        gaan bly.

                                                   E   Die gesin moet Mdantsane toe
                                                       verhuis.
                                                                               (4 x 1)             (4)
                                             EN
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2        23                           DBE/November 2020
                                          SS/NSS

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS J

MAMA. Ek laat nie myne op straat nie. Al wat kind is, was dronk gister. Hulle het
die biersale afgebrand, dit was gebreekte bottels en kannetjies wyn en
brandewyn wat sommerso op die strate uitloop. En toe kom die poeliesse en die
skietery. Maar eers het al wat kind is geloop met die bottel brandewyn of die
bottel gin voor die mond asof dit cool drink is.                                  5
POPPIE. Maar die kinders wat geskiet is, Mama?
MAMA. Ons kan nie tel nie. Mosie het gehelp met die pellets uithaal uit die
kinders se arms waar hulle geskiet is. Party mense sê vyf is dood, party mense
sê tien. Hoe kan ons tel? Maar ek self ken nie die kinders wat dood is se mense
nie.                                                                              10

Albei plaas gehoorbuise terug op mik.

MOSIE. Woensdag was dit die riots, en Donderdag en Vrydag was dit stiller, en
Saterdag het Poppie haar off gevat en huis toe gegaan.
POPPIE. Wat gaan aan, Mama? Wat wil die kinders hê as hulle so breek
maak?                                                                         15
MAMA. Jou swaar is nie die swaarste nie, Poppie, dat jou kinders weg is van
jou. Maar ons weet nie waar ons kinders is nie. Hulle praat nie met ons nie.
Hulle sê nie waar hulle gaan of wat hulle gaan doen nie. Ons is moeg, ons wag
heeldag vir die kinders, as hulle vir die dag uitgaan, …

5.11      Hoe het die kinders hulle ontevredenheid by die skole gewys?                          (1)

5.12      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

          Met hierdie opstand waarna Mama in reël 1–5 verwys, het die kinders hulle
          ondersteuning vir die kinders in (Lambertsbaai/Soweto) gewys.                         (1)

5.13      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

          Poppie het daarop aangedring dat Bonsile ná Stone se dood moes
          teruggaan skool toe, want Poppie was bang dat hy ook (sou gaan werk en
          sterf/by die opstande betrokke sou raak).                                             (1)

5.14      Voltooi die volgende paragraaf deur elke keer net EEN WOORD in te vul.
          Skryf slegs die KORREKTE woord langs die vraagnommers (5.14.1 tot
          5.14.4) neer.

          In hierdie opstande was dit vir Poppie se broers moeilik om nie betrokke te
          raak nie. In die 1976-opstande is Jakkie die (5.14.1) ... van die kinders.
          Jakkie het gevoel hy gooi nie die klippe teen die nylons of die polisie nie,
          maar teen die regering en die (5.14.2) … wat dit vir mense so moeilik
          gemaak het om vrylik rond te beweeg en te werk waar hulle wou. Volgens
          Mosie het hierdie opstande nie net gegaan oor die onderrig in (5.14.3) … nie,
          maar oor al die swaar van die ouers. Mama was ontevrede met die kinders
          se optrede en sy het gevoel dit is arrogant van die kinders om hulself
          (5.14.4) … te noem.                                                                   (4)
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans FAL P1 Nov 2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2020/4585f23b-9e1d-4535-b384-615680f91a3e) — Afrikaans FAL · QP · 2020 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2020/0f52f7ae-026f-4f35-971a-77e93eb02a4b) — Afrikaans FAL · QP · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 QP GR12 SEPT2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-qp-gr12-sept2020/491ea036-8e84-408b-84cd-4a6a4a771160) — Afrikaans FAL · QP · 2020 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2021/da02e74c-b98c-4a0b-ad99-7fee322675fd) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2017/ee064d8b-979d-4573-8a64-e27394400145) — Afrikaans FAL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2012](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2012/3f85c035-f152-4594-bcdc-51046b8337e8) — Afrikaans FAL · QP · 2012 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
