# Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC November 2021 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2021, 40 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2021/da02e74c-b98c-4a0b-ad99-7fee322675fd
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 40

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC November 2021 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2021/da02e74c-b98c-4a0b-ad99-7fee322675fd)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC November Exam · 2021 · Afrikaans. Question paper, 40 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

                                   NOVEMBER 2021

PUNTE: 70

TYD: 2½ uur

                         Hierdie vraestel bestaan uit 40 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         2                              DBE/November 2021
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.        MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die
          INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommers van
          die vrae oor die tekste wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vrae en
          kies die vrae wat jy wil beantwoord.

2.        Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:

          AFDELING A: Roman                 (35)
          AFDELING B: Drama                 (35)
          AFDELING C: Kortverhale           (35)
          AFDELING D: Gedigte               (35)

3.        Beantwoord vrae in TWEE afdelings, soos volg:

          AFDELING A: ROMAN
          Beantwoord die vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

          AFDELING B: DRAMA
          Beantwoord die vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

          AFDELING C: KORTVERHALE
          Beantwoord die vrae oor TWEE kortverhale wat jy bestudeer het.

          AFDELING D: GEDIGTE
          Beantwoord die vrae oor TWEE gedigte wat jy bestudeer het.

4.        Gebruik die kontrolelys op bladsy 4 om jou te help.

5.        Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig.

6.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

7.        Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

8.        Bestee ongeveer 75 minute aan elke afdeling.

9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2     3                 DBE/November 2021
                                        NSS

INHOUDSOPGAWE

Kies TWEE afdelings.

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord slegs EEN vraag.
                 VRAAGNOMMER                      PUNTE   BLADSYNOMMER
1. Kringe in 'n Bos                                 35          5

2.   Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom    35            9

3.   Meeulanders                                   35            13

4. Lien se Lankstaanskoene                         35            17

AFDELING B: DRAMA

Beantwoord slegs EEN vraag.
5. Poppie – Die Drama                              35            21

6. Paljas                                          35            25

7. Fiela se kind – Die Drama                       35            29

AFDELING C: KORTVERHALE

Beantwoord vrae oor AL TWEE kortverhale.
8.1 "Van Precious: 'n Buisie salf"                 18            33
                                    EN
8.2 "Vegvlieënier Vivian"                          17            35

AFDELING D: GEDIGTE

Beantwoord vrae oor AL TWEE gedigte.
9.1 "Ek het 'n huisie by die see"                  18            37
                                       EN
9.2 "Rondom my"                                    17            39

Kopiereg voorbehou                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          4                        DBE/November 2021
                                             NSS

KONTROLELYS

Gebruik die kontrolelys om te verseker dat jy die vereiste getal vrae beantwoord.

     AFDELING              VRAAGNOMMERS             GETAL VRAE             DUI AAN
                                                   BEANTWOORD                ()
A: Roman                               1–4              1

B: Drama                               5–7                1

C: Kortverhale                          8          1 (2 kortverhale)

D: Gedigte                    9               1 (2 gedigte)
LET WEL: Maak seker dat jy vrae oor slegs TWEE afdelings beantwoord het.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          5                         DBE/November 2021
                                             NSS

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord slegs EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

VRAAG 1: KRINGE IN 'N BOS – Dalene Matthee

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS A

Vandat hy kan onthou, is Oupoot die mees gevreesde olifant in die Bos. Geen
houtkapper het sonder respek van hom gepraat of sy spoor gekry en nie onmiddellik
gekyk watter kant die wind waai nie.
  Hy was veertien toe hy Oupoot vir die eerste keer gesien het. Baie dinge het met
hom gebeur toe hy veertien geword het …                                            5
  Die godsiekte het twee maande voor sy verjaarsdag deur die Bos getrek: masels,
kinkhoes en plek-plek waterpokke. Magdalena moes eerste gaan lê.
Toe Sara inval, het hul ma ook siek geword. Masels. Hy en sy pa en Jozef en ou
Anneries het ver van die huis af kalander vir dwarslêers gewerk en van niks geweet
nie.                                                                               10
  Tant Martjie van oom Martiens Botha, wat ook by Groot Eiland huisgemaak het,
het ou Maska gestuur om hulle te soek. As jy die Bos ken en weet in watter rigting
om te soek, kan jy soek, so nie moet jy wegbly uit hom. Mens hoor 'n byl se kap
diep Bos in en ou Maska het hulle die derde dag gekry. Oom Gert Oog-hulle het 'n
paar myl huiskant van hulle gekap en hom gesê waar hulle is.                       15
  Hulle het die vuur doodgegooi en dadelik huis toe begin stap. Ses ure se harde
stap. Toe die sewester vir middernag sit, het hulle Groot Eiland se oopte
binnegeloop.

1.1       Waarheen (die plek) was Saul en Jozef op pad toe Saul vir die eerste keer vir
          Oupoot gesien het?                                                                    (1)

1.2       Daar was gebeure rondom die bloubokkie wat gemaak het dat Saul anders na
          die grootmense begin kyk het.

          1.2.1      Wat het die grootmense oor die gal gesê?                                   (1)

          1.2.2      Hoe het Saul ontdek dat dit nie waar is nie?                               (1)

          1.2.3      Hoe het Saul ná hierdie gebeure na die grootmense gekyk?                   (1)

1.3       Bespreek Saul se innerlike konflik toe hy vir die eerste keer die wêreld buite
          die Bos gesien het. Verwys na albei kante van die konflik.                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2             6                            DBE/November 2021
                                                NSS

1.4       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
          (A–D) langs die vraagnommer (1.4) neer.

          Dink aan die keer toe Joram aangekondig het dat hy die groot kalander wou
          afkap.

          Spanning tussen Saul en Joram is toe geskep deur te beskryf hoe ...

          A       Oupoot se spore om die skerm gelê het.
          B       Jozef geweier het om Saul te help.
          C       Mostert en sy hond op die plek waar hulle gekap het, opgedaag het.
          D       die Barnards vir sewe dae gekap het voordat die kalander geval het.                 (1)

1.5       In enige roman is daar gebeure en gevolge.

          Kies die gevolg in KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf slegs
          die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.4) neer.

                          KOLOM A                                  KOLOM B
          1.5.1      Saul het sy pa gewaarsku         A   Jozef het vir Saul verdink dat hy
                     dat hulle besig was om               namens Harison op die
                     hulself en alles om hulle te         Bosmense spioeneer.
                     vernietig.
                                                      B   Saul is in die sosiale kringe op
          1.5.2      Saul het gesien sy pa-hulle          Knysna aanvaar.
                     skiet toe ook olifante om die
                     ivoor te verkoop.                C   Oupoot loop in 'n sirkel om die
                                                          delwers se kamp.
          1.5.3      Saul het saam met
                     Patterson Bos toe gegaan.        D   Joram het vir Saul weggejaag.

          1.5.4      Saul het aan die lewe buite      E   Saul het die geleentheid gekry om
                     die Bos gewoond geraak.              uit MacDonald se skewe sirkel te
                                                          ontsnap.
                                                                                      (4 x 1)         (4)

1.6      Vertel van DRIE geleenthede waar Oupoot aan Saul verskyn het of oor hom
         gewaak het vandat hy by MacDonald begin werk het totdat hy besluit het om
         die Bos te verlaat.                                                                          (3)

1.7      Kan 'n mens Saul as hoofkarakter bewonder? Motiveer jou antwoord met
         TWEE redes.                                                                                  (2)

1.8      Gee TWEE redes waarom die titel gepas is.                                                    (2)

                                                     EN

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         7                           DBE/November 2021
                                            NSS

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS B

Hy hoor die skoot toe hy aan die bopunt van Streepbos deur die seweweekvarings
sukkel, en dit voel of die skoot sy eie lyf tref. Amper onmiddellik ná die knal dreun dit
deur die Bos van die uittrompetter van 'n olifant se pyn. Harder en harder en harder,
totdat die bloed in Saul wil verys en die tweede skoot godsgenadiglik die verskriklike
angsbasuin tot stilte ruk, en die bosvloer onder die neerslaan van tonne sidder.          5
  Here?
  En die wêreld begin stadig om hom tol en tol en tol.
  Here?
  Eers toe die gevoel van eie dood deur hom gaan, ruk die tollende ruigtes tot stilstand
en stoot bitter klonte askoek in sy keel op.                                              10
  "God, hulle het Oupoot geskiet!"
  Nie 'n voël se roep nie – nie woede nie – nie 'n tak se kraak nie – niks. Asof die Bos
in bo-aardse stilte sy skok uitgalm en in verborgenheid sy rou oor sy koning bekla.
  Ná 'n ruk begin 'n enkele loerie kok-kok-kok soos een wat tydsaam huil.
  Saul kruip van sy braaksel weg en gaan lê met sy gesig teen die koel aarde soos 15
teen 'n hoeder, totdat sy liggaam verby grense vlug en die droë snikke deur hom breek.

"Baas Saul!" Maska se stem kom uit 'n tonnel. "Baas Saul!" Diep uit die tonnel.
"Baas Saul!" Nader. Nog nader. Al dringender.

1.9       Wie het vir Oupoot geskiet?                                                             (1)

1.10      Noem TWEE redes waarom Saul die Donderdagnag voordat Oupoot geskiet
          is, so sleg geslaap het.                                                                (2)

1.11      "God, hulle het Oupoot geskiet!" (Reël 11)

          Wat sê hierdie woorde van die emosie wat Saul op daardie oomblik ervaar
          het?                                                                                    (1)

1.12      Maska herhaal die woorde "Baas Saul!" 'n paar keer.

          1.12.1     Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                     In die tyd waarin die roman afspeel, dui die woord "Baas" op Maska
                     se (respek vir/woede teenoor) Saul.                                          (1)

          1.12.2     Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.12.1 deur hierdie gevoel van
                     Maska te verduidelik.                                                        (1)

1.13      Sê waarom die volgende stelling WAAR is.

          In hierdie roman kry ons voorbeelde van hoe belangrik dit is dat die natuur
          bewaar moet word.                                                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          8                           DBE/November 2021
                                             NSS

1.14      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
          (A–D) langs die vraagnommer (1.14) neer.

          Uit Saul se reaksie direk ná Oupoot se dood lei ons af dat hy ...

          A        trots was op sy poging om Oupoot te red.
          B        jaloers was op Freek Terblans wat vir Oupoot moes skiet.
          C        wou kompeteer met die delwers om eerste by Oupoot te kom.
          D        ontevrede was omdat hy gedink het Maska het nie gedoen wat hy
                   moes nie.                                                                       (1)

1.15      Dink aan Saul en Kate.

          1.15.1     Hoe sal jy Saul en Kate se verhouding ná Oupoot se dood beskryf?              (1)

          1.15.2     Motiveer jou antwoord met TWEE redes. (Konsentreer op Kate EN
                     Saul.)                                                                        (2)

1.16      Waarom kan ons glo dat Saul en Jozef saam 'n sukses van hulle toekoms in
          die Bos sou maak?                                                                        (1)

1.17      Saul het vir vyf dae na Oupoot gesoek.

          Sê hoe Saul se rede vir sy soektog aan die einde verskil van sy rede aan die
          begin.                                                                                   (2)

1.18      Sou dit die Bosmense se skuld gewees het as Saul besluit het om vir altyd die
          Bos te verlaat en op die Pictor weg te gaan? Motiveer jou antwoord.                      (1)

1.19      Sê nou daar was EEN ding waaroor Saul kon spyt/sleg voel of homself
          blameer.

          1.19.1     Waaroor sou Saul spyt/sleg kon voel?                                          (1)

          1.19.2     Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.19.1.                                        (1)
                                                                                                   [35]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         9                           DBE/November 2021
                                            NSS

VRAAG 2: DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM –
         Marita van der Vyver

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS C

                                     Hierdie huis is 'n oerwoud, sê Yann. En hy's koning
van die oerwoud.
  Terug by Tibo se vraag: Ek sou natuurlik wou hê miljoene mense moet my storie
lees.
  Maar toe Tibo vanaand aan tafel vir Yann vertel dat ek my lewensverhaal begin skryf       5
het, proes Yann in sy preiesop. Ons eet gereeld sop. Dis goedkoop en gesond, sê
Mana, en mens kan dit van enigiets maak. Soms, veral teen die einde van die maand,
proe haar sop of dit van dooie akkedisse gemaak is.
  "Wie wil nou 'n veertienjarige skrywer se storie lees?" vra Yann en lag dat die sop
spat.                                                                                       10
  "Vyftienjarige," lig ek hom in. "Oor 'n paar dae is ek vyftien."
  "Mens sou dit nooit raai nie," sê hy met sy oë iewers onder my ken. Min of meer
waar my borste sou gewees het as ek borste gehad het om van te praat. Yann is my
sestienjarige stiefbroer. Hy glo dis sleg vir mens se gesondheid om nice te wees.
  "Daar wás al tienderjarige skrywers wat beroemd geraak het," stry ek terwyl my            15
wange warm word. "Wat van Anne Frank of ... of ..."
  "Anne Frank het 'n lewe gehad waarin iets gebéúr het. En sy moes doodgaan voor
sy beroemd geword het."
  Goed Anne Frank was 'n vrot voorbeeld. Só graag wil ek nou ook nie beroemd wees
nie.                                                                                        20

2.1       Wie (die naam) het aan die begin vir Hanna aangemoedig om haar
          lewensverhaal te skryf?                                                                (1)

2.2       Som die redes waarom Hanna vir haar 'n alter ego wou skep, op.                         (3)

2.3       Bespreek Hanna se innerlike konflik toe Gavin gebel het. Verwys na albei
          kante van die konflik.                                                                (2)

2.4       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
          (A–D) langs die vraagnommer (2.4) neer.

          Dink aan die verhaal wat Hanna aan die einde van die roman wou skryf.

          Hanna sou spanning in die huis op die berg skep, deur te beskryf hoe ...

          A      mooi die omgewing gelyk het.
          B      hard en aanhoudend dit gereën het.
          C      Gavin van Beyers se klere moes leen.
          D      Sharon die kuiertjie geniet het.                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2             10                         DBE/November 2021
                                                NSS

2.5       In enige roman is daar gebeure en gevolge.

          Kies die gevolg in KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf slegs
          die letter (A–E) langs die vraagnommers (2.5.1 tot 2.5.4) neer.

                           KOLOM A                                KOLOM B
         2.5.1       Beyers het die idee van die       A   Almal was baie benoud en
                     wittebrood aan tafel bekend           bang.
                     gemaak.
                                                       B   Almal moes saans in mekaar se
         2.5.2       Die pad na die vakansiehuis           geselskap deurbring.
                     was in 'n swak toestand.
                                                       C   Almal moes elke oggend gaan
         2.5.3       Uiteindelik het die gesin voor        stap.
                     die huis op Botterberg
                     stilgehou.                        D   Almal het gelyk gegil en
                                                           geskree.
         2.5.4       Die ou huis was sonder
                     elektrisiteit.                    E   Die natuurskoon het almal
                                                           verras.
                                                                                       (4 x 1)      (4)

2.6       Vertel van DRIE verskillende dinge wat op Hanna se verjaarsdag gebeur het.                (3)

2.7       Kan 'n mens vir Hanna as hoofkarakter bewonder? Motiveer jou antwoord met
          TWEE redes.                                                                               (2)

2.8       Gee TWEE redes waarom die titel gepas is.                                                 (2)

                                                      EN

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          11                         DBE/November 2021
                                             NSS

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS D

Eintlik het ek mos al vroeër langs die helikopter die eerste borrels in my maag gevoel.
Waar al my beste idees altyd begin.
  Ek gaan daardie roman skryf wat ek vir die koningin belowe het. Maar ek gaan nie
oor 'n fabelagtige skepsel soos Fabienne skryf nie. Ek het so 'n gevoel ek is vir altyd
klaar met Fabienne en haar fantastiese tande. (Ek het ook so 'n gevoel juffrou 5
Liebenberg sal vreeslik verlig wees om dit te hoor.) Ek gaan 'n storie skryf oor 'n
gemiddelde vaal meisiekind met 'n onwaarskynlike ma en 'n selfs meer onwaarskynlike
pa.
  Ek sal sorg dat daar vir Margot Jordan ook 'n rol is om te speel. 'n Fassinerende
moederfiguur. Iets tussen 'n bose heks en 'n goeie fee. En vir my beeldskone beste 10
vriendin. En ag, nou ja, ek sal seker nie my irriterende stiefbroer uit die storie kan hou
nie, nè?
  Hulle sal almal in my boek wees. Hoe het Beyers nou weer vanoggend gesê? Honde,
kinders, grootmense. Selfs die suster vir wie ek so lank gewag het. Amanzi of Kwakwa
of Water of wat haar naam ook al gaan wees.                                                15
  Terwyl my pa met uitgestrekte arms en rukkende heupe op die kombuistafel dans,
sien ek die titel soos in 'n visioen.

2.9       Watter werk het Gavin, Hanna se biologiese pa, gedoen?                                  (1)

2.10      Noem TWEE redes waarom Hanna aan die begin nie van Margot gehou het
          nie.                                                                                    (2)

2.11      "Selfs die suster vir wie ek so lank gewag het." (Reël 14)

          Wat sê hierdie gedagtes van die emosie wat Hanna op daardie oomblik
          ervaar het?                                                                             (1)

2.12      "... met 'n onwaarskynlike ma en 'n selfs meer onwaarskynlike pa"
          (Reël 7 en 8).

          2.12.1     Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                     Hierdie woorde dui daarop dat Hanna se ma (baie anders
                     as/presies net soos) ander kinders se ma's was.                              (1)

          2.12.2     Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.12.1 deur hierdie optrede van
                     Hanna se ma te verduidelik. Konsentreer net op die geboorte van
                     Ditjie.                                                                      (1)

2.13      Sê waarom die volgende stelling WAAR is.

          In hierdie roman kry ons voorbeelde van 'n aangelapte gesin wat mekaar
          aanvaar en liefhet.                                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          12                         DBE/November 2021
                                             NSS

2.14      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
          (A–D) langs die vraagnommer (2.14) neer.

          Uit Hanna se verwysing na Yann (reël 11 en 12), lei ons af dat sy ...

          A        trots op haar stiefbroer was.
          B        jaloers op haar stiefbroer was.
          C        wou kompeteer met haar stiefbroer.
          D        tevrede was met haar stiefbroer.                                              (1)

2.15      Dink aan Margot en Yann.

          2.15.1      Hoe sal jy die verhouding tussen Margot en Yann aan die einde van
                      die roman beskryf?                                                         (1)

          2.15.2      Motiveer jou antwoord met TWEE redes. (Konsentreer op Margot
                      EN Yann.)                                                                  (2)

2.16      Waarom kan ons glo dat Hanna 'n suksesvolle skryfster sou word?                        (1)

2.17      Sê hoe Hanna se houding teenoor Gavin aan die einde van die vakansie op
          die berg verskil van haar houding teenoor hom aan die begin.                           (2)

2.18      Sou dit Beyers se skuld gewees het as die wittebrood op die berg nie 'n
          sukses was nie? Motiveer jou antwoord.                                                 (1)

2.19      Sê nou daar was EEN ding waaroor Gavin kon spyt/sleg voel of homself
          blameer.

          2.19.1      Waaroor sou Gavin spyt/sleg kon voel?                                      (1)

          2.19.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.19.1.                                     (1)
                                                                                                 [35]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         13                          DBE/November 2021
                                            NSS

VRAAG 3: MEEULANDERS – Esta Steyn

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS E

  Die burgerband-radio op die een kombuiskas begin meteens raas en die stem oor die
lug vul die hele kombuis: "Geelbek! Geelbek! Kom in, Geelbek!"
  "Praat van die duiwel," sê Hansie en storm nader. Sy tel die mikrofoontjie van die
mikkie af en praat onnodig hard: "Duiker! Dis Geelbek! Hoor jy my?"
  Die stem klink kwaai: "Geelbek! MacDonald van die kantoor het my nou net geroep. 5
Hy sê dié Van Rensburg van die Kaap kom vir drie jaar! In my brief staan drie dae. Ek
weet wragtag nie hoe hulle iemand vir drie jaar hiernatoe kan stuur nie! MacDonald sê
dis die Kaapse kantoor wat dit gereël het. Waar dink hulle gaan ons plek kry? Elsabet
sien nie kans vir 'n vreemde vir so lank nie. En die ander blyplek het nie eers
beddegoed nie."                                                                       10
  Hansie probeer ongemaklik 'n woord inkry: "Duiker ... ek sal linne saamstuur!" Maar
Jacob se stem gee haar g'n kans nie en dreun ongeduldig voort: "Wat wil 'n navorser
hier kom maak vir drie jaar lank? Die eiers uitbroei? Die voëls voer? Of wat?"
  Wie dink hierdie Stem nou eintlik is hy? Op die aansoekvorms het daar duidelik
gestaan dat ek die hoofman met sy ondersoeke op die voëls sal help.                   15
  Hansie raak al hoe meer verleë en probeer red wat te redde is: ...

3.1       Waar (die plek) het Geelbek-hulle (Ant Hansie-hulle) gewoon?                            (1)

3.2       Som die gebeure op wat daartoe gelei het dat Ryna na Meeuland toe gestuur
          is.                                                                                     (3)

3.3       Bespreek Ryna se innerlike konflik toe sy gereed gemaak het om aan boord
          van die patrollieboot, Meeuw, te gaan. Verwys na albei kante van die konflik.           (2)

3.4       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (3.4) neer.

          Dink aan die nag toe Elsabet se baba gebore is.

          Spanning is toe geskep deur ...

          A      die stukkende windlaaier wat nie die batterye kon laai nie.
          B      Jacob wat ontdek het dat Jannerik vir Janka in sy kamer gehad het.
          C      die drie noodfakkels wat gesteel is.
          D      die tweerigtingradio wat baie swak seine gehad het.                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         14                           DBE/November 2021
                                            NSS

3.5       In enige roman is daar gebeure en gevolge.

          Kies die gevolg in KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (3.5.1 tot 3.5.4) neer.

                       KOLOM A                                   KOLOM B
          3.5.1 Attie het 'n assistentspos op        A   Ryna en Jacob het baklei omdat
                Meeuland aanvaar.                        Ryna vir Janka Salamanderbaai
                                                         toe wou neem.
          3.5.2 Ryna het al hoe meer by die
                gebeure op Meeuland                  B   Jacob het agtergekom dat hy
                betrokke geraak.                         dalk gevoelens vir Ryna kon hê.

          3.5.3 Elsabet het vir meer as elf dae      C   Ryna moes sê dat sy nog nie
                van Meeuland af weggegaan.               gereed was vir 'n verhouding
                                                         nie.
          3.5.4 Ryna en Attie het hul ete op
                die jettie geniet.                   D   Ryna het begin voel of sy nie
                                                         meer net op Meeuland was om
                                                         'n boek te skryf nie.

                                                     E   Attie het vir Fred gehelp om die
                                                         verkiesing te wen.
                                                                                    (4 x 1)       (4)

3.6       Vertel van DRIE dinge wat anders was in Ryna se lewe direk nadat sy
          Stellenbosch toe was vir die bekendstelling van haar boek.                              (3)

3.7       Kan 'n mens Ryna as hoofkarakter bewonder? Motiveer jou antwoord met
          TWEE redes.                                                                             (2)

3.8       Gee TWEE redes waarom die titel gepas is.                                               (2)

                                                EN

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           15                          DBE/November 2021
                                              NSS

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS F

  My dae het in 'n rustige roetine gekom van soggens hospitaal toe stap deur die lang
  laning. Dan terug vir middagete, 'n bietjie rus en weer na Janka toe. Saans die warm
  bad en dan vroeg in die hemelbed met sy blou valle. Meeste aande speel Patricia
  Maggott viool iewers onder in die huis. Ure lank gaan dit aan, die sagte, strelende
  klanke saam met die Norfolk Pine se geruis op die dak. Janka, Janka ... hoe anders 5
  is sy nou as die kind van Meeuland wat oor hoë rotse huppel. Terapiesessies, die
  gimnasium, stutte aan die dun beentjies, die loopbrug, die krukke. Oor en oor. Fred
  het vanoggend daar opgedaag en ons het gestaan en kyk na die vasberade treetjies
  tussen die relings van die loopbrug, elkeen 'n oorwinning wanneer sy die lyfie
  vorentoe swaai en die fisioterapeut hande klap en haar prys. Hy bly vanaand in die 10
  stad oor en het gevra dat ons môremiddag saam gaan eet. Ek het voorgestel dat hy
  hierheen kom, want ek sien nie kans om uit te gaan nie.

Hulle sit teenoor mekaar by 'n klein tafeltjie in die stil eetvertrek, terwyl Mrs Maggott 'n
keurige herderspastei met groente bedien.
  Fred kyk rond na die hoë geelhoutbalke en marmerkaggel. "Dis 'n wonderlike ou 15
plek."
  "Dis goed vir my hier," sê sy.
  Hy kyk haar vraend aan.

3.9       Wat was die naam van Mrs Maggott se gastehuis in die Kaap waar Ryna aan
          die einde van die verhaal gaan bly het?                                                  (1)

3.10      Noem TWEE redes waarom Ryna besluit het om tydelik terug te gaan Kaap
          toe.                                                                                     (2)

3.11      "Janka, Janka ... hoe anders is sy nou as die kind van Meeuland wat oor hoë
          rotse huppel." (Reël 5 en 6)

          Wat sê hierdie woorde van die emosie wat Ryna op daardie oomblik ervaar
          het?                                                                                     (1)

3.12      Ryna het vir Fred vertel dat hy Janka se pa is. Sy het hom gevra om 'n belofte
          aan haar te maak.

          3.12.1     Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                     Hierdie belofte het op Ryna se (ongelukkigheid oor/lojaliteit teenoor)
                     Jacob gedui.                                                                  (1)

          3.12.2     Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.12.1 deur hierdie gevoel van
                     Ryna te verduidelik.                                                          (1)

3.13      Sê waarom die volgende stelling WAAR is.

          In hierdie roman kry ons 'n voorbeeld van ware liefde wat alles oorwin.                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          16                       DBE/November 2021
                                             NSS

3.14      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
          (A–D) langs die vraagnommer (3.14) neer.

          Jacob wou nie Fred se hulp met sy hofsaak aanvaar nie. Hieruit lei ons af dat
          Jacob ...

          A        ontevrede was omdat Ryna ingemeng het.
          B        wou kompeteer met Fred Blanckenberg.
          C        jaloers was op Ryna en Fred se ontmoeting.
          D        te trots was om iets van Fred te ontvang.                                   (1)

3.15      Dink aan Jacob en Ryna.

          3.15.1      Hoe sal jy die verhouding tussen Jacob en Ryna beskryf nadat sy
                      teruggekeer het van haar verblyf in die Kaapse gastehuis?                (1)

          3.15.2      Motiveer jou antwoord met TWEE redes. (Konsentreer op Jacob EN
                      Ryna.)                                                                   (2)

3.16      Waarom kan ons glo dat Jacob ná sy tronkstraf sonder Meeuland sou kon
          aangaan?                                                                             (1)

3.17      Sê hoe Ryna se houding teenoor die lewe aan die einde van die verhaal
          verskil van haar houding toe sy op Meeuland aangekom het.                            (2)

3.18      Sou dit Jacob se skuld gewees het as Ryna aan die begin besluit het om
          Meeuland ná drie dae te verlaat? Motiveer jou antwoord.                              (1)

3.19      Sê nou daar was EEN ding waaroor Ryna kon spyt/sleg voel of haarself
          blameer.

          3.19.1      Waaroor sou Ryna spyt/sleg kon voel?                                     (1)

          3.19.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.19.1.                                   (1)
                                                                                               [35]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         17                         DBE/November 2021
                                            NSS

VRAAG 4: LIEN SE LANKSTAANSKOENE – Derick van der Walt

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS G

Hulle kom Vrydae vroeër uit en sy en Wouter sit by hulle tafel buite die Wimpy vir 'n
vinnige koffietjie voordat sy by Creations moet begin.
  Soos sy verwag het, is hy in sy skik met haar rol in die toneelstuk.
  "As dit nie met my ekstra Wiskunde-klasse gebots het nie, sou ek julle gejoin het," sê
hy terwyl hy 'n pakkie suiker in sy koffie gooi.                                             5
  Hulle praat oor die vakansie wat oor twee weke begin. Wouter en sy suster gaan by
hulle pa in Bloemfontein kuier. Lien kan sien Wouter is opgewonde oor die trippie
Bloemfontein toe.
  "Jy mis jou pa."
  Hy glimlag verleërig. "Soort van. Die ding is dat ek en Yvette nie vir hom kan kwaad       10
wees soos my ma nie."
  Hy skeur repies van die leë suikerpakkie af en rol dit in bondeltjies wat hy in die
asbak gooi.
  "Sy verstaan dit nie. Hy't ons mos gedrop. Ons is almal veronderstel om hom te haat
totdat die Bafana Bafana eendag die Sokkerwêreldbeker wen."                                  15
  "Hou julle van sy nuwe vrou?"
  Wouter kyk weg en skeur nog 'n suikerkoevertjie oop.
  "Nogal, al het ons aan die begin hard probeer om nié van haar te hou nie. Sy is baie
mal oor my pa en ek dink hy like dit baie dat iemand mal is oor hom. Ek dink nie my
ma was ooit nie ..."                                                                         20

4.1       Watter karakter (die naam) het Lien in die skool se toneelstuk gespeel?                 (1)

4.2       Som die gebeure op wat tot Lien se ongelukkige huislike omstandighede gelei
          het.                                                                                    (3)

4.3       Bespreek Lien se innerlike konflik toe sy die werk by Millennium Creations
          gekry het. Verwys na albei kante van die konflik.                                      (2)

4.4       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (4.4) neer.

          Spanning is van die begin af geskep deur ...

          A      Norah Jones se liedjies wat Lien so dikwels gespeel het.
          B      Tibbey wat sy bene in die ongeluk verloor het.
          C      Braam wat stilletjies na video's gekyk het.
          D      Lien wat vir geld moes bedel.                                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            18                           DBE/November 2021
                                               NSS

4.5       In enige roman is daar gebeure en gevolge.

          Kies die gevolg in KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (4.5.1 tot 4.5.4) neer.

                          KOLOM A                                  KOLOM B
          4.5.1      Sue-Ellen het haar ou werk      A   Lien het 'n pruik en bril by juffrou
                     teruggekry.                         Breytenbach gaan leen.

          4.5.2      Lien het besluit om te begin    B   Die dominee het van Lien-hulle se
                     bedel.                              probleem gehoor.

          4.5.3      Lien se ma het dronk by die     C   Lien het besef dat sy dringend
                     skool opgedaag.                     geld moes kry.

          4.5.4      Binnelandse Sake het Lien       D   Lien het toe twee dae per week
                     se ma afgedank.                     nie skool toe gegaan nie.

                                                     E   Lien het agtergekom dat Wouter
                                                         ander vriende by die skool het.
                                                                                     (4 x 1)          (4)

4.6       Vertel van DRIE positiewe gebeure in Lien se lewe vandat die dominee haar
          op straat herken het tot die aand van die konsert.                                          (3)

4.7       Kan 'n mens Lien as hoofkarakter bewonder? Motiveer jou antwoord met
          TWEE redes.                                                                                 (2)

4.8       Gee TWEE redes waarom die titel gepas is.                                                   (2)

                                                    EN

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           19                          DBE/November 2021
                                              NSS

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS H

Toe haar selfoon se wekker die volgende oggend afgaan, weet Lien wat sy moet doen.
Kort pouse wag sy vir Hein op die stoep toe hulle by die Wiskunde-klas uitkom.
  "Hein, ek moet met jou besigheid gesels," val sy sommer met die deur in die huis.
  Hein lyk ongemaklik. Hy kyk oor haar skouer na die ander kinders wat by die deur
uitbondel. Sy soek na woorde. Dit gaan nie werk om die hele storie hier op die stoep te        5
vertel nie. Sy sal hom iewers moet kry waar hulle rustig kan gesels.
  "Sal jy asseblief ná skool saam met my by die Wimpy gaan koffie drink? Ek het 'n
probleem en ek dink jy kan my help."
  Hein lyk erg verleë en ongemaklik. Hy kyk oor sy skouer.
  "Eintlik moet ek ..."                                                                        10
  "Net tien minute, promise."
  Hy stem teësinnig in.
  Die hele dag dink sy aan Tibbey met die af bene. En aan Sproet.
  Toe sy by die Afrikaans-klas uitloop, roep juffrou Breytenbach haar terug.
  "Hoe gaan dit met die nek?"                                                                  15
  Lien is vir 'n oomblik uit die veld geslaan. Sy kyk die juffrou onbegrypend aan.
  "Jou nek wat jou so uit die skool hou?"
  Lien voel sy bloos.
  "Beter ... uhm ... nogal beter. Maar dit gaan nog 'n rukkie vat," sê sy vinnig.
  Juffrou Breytenbach loer vir haar oor haar John Lennon-brilletjie.                           20

4.9       Wie (die naam) het vir Lien gekalmeer toe sy ná Tibbey se ongeluk by die
          woonstelgebou aangekom het?                                                               (1)

4.10      Noem TWEE redes waarom Lien spesifiek vir Hein gevra het om haar met
          Tibbey se karretjie te help.                                                              (2)

4.11      "Beter ... uhm ... nogal beter. Maar dit gaan nog 'n rukkie vat." (Reël 19)

          Wat sê die manier waarop Lien haar onderwyseres antwoord van die emosie
          wat sy op daardie oomblik ervaar het?                                                     (1)

4.12      Die konsert was vir Lien 'n aand om altyd te onthou.

          4.12.1     Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                     Toe Lien se bedelaarsvriende, Tibbey en Roos, die aand die
                     konsert verlaat, het Lien (baie verlig/nogal hartseer) gevoel.                 (1)

          4.12.2     Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.12.1 deur hierdie gevoel van
                     Lien te verduidelik.                                                           (1)

4.13      Sê waarom die volgende stelling WAAR is.

          In hierdie roman kry ons 'n voorbeeld van vergifnis wat 'n mens gesond maak.              (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          20                        DBE/November 2021
                                             NSS

4.14      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (4.14) neer.

          Uit Lien se reaksie toe sy haar ma ná die konsert hoor klavier speel het, kan
          ons aflei dat sy ...

          A        gedink het dat haar ma met Mathilda Hanekom wou kompeteer.
          B        ontevrede was dat haar ma by die konsert opgedaag het.
          C        trots op haar ma was wat bereid was om oor te begin.
          D        jaloers op die aandag was wat haar ma gekry het.                             (1)

4.15      Dink aan Lien en Hein.

          4.15.1      Hoe sal jy die verhouding tussen Lien en Hein ná Tibbey se ongeluk
                      beskryf?                                                                  (1)

          4.15.2      Motiveer jou antwoord met TWEE redes. (Konsentreer op Lien EN
                      Hein.)                                                                    (2)

4.16      Waarom kan ons glo dat Lien 'n sukses van haar toekoms in drama sou
          maak?                                                                                 (1)

4.17      Sê hoe Lien se houding teenoor haar pa verskil het vóór en ná die besoek in
          die tronk.                                                                            (2)

4.18      Sou dit Lien se skuld gewees het as sy haar matriekjaar sou druip? Motiveer
          jou antwoord.                                                                         (1)

4.19      Sê nou daar was EEN ding waaroor Lien se ma kon spyt/sleg voel of haarself
          blameer.

          4.19.1      Waaroor sou Lien se ma spyt/sleg kon voel?                                (1)

          4.19.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.19.1.                                    (1)
                                                                                                [35]

                                                                TOTAAL AFDELING A:              35

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2       21                         DBE/November 2021
                                          NSS

AFDELING B: DRAMA

Beantwoord slegs EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

VRAAG 5: POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS I

STONE. ... en haar ma het vir haar twee Engelse name as doopname gegee, Rachel
Regina.
POPPIE. Ghie! Rachel Regina!

Al die broers lag saam.

MAMA. Julle hou vir julle baie laf! Die ding was dat ek en my susters se name baie        5
gewoon was – Lena en Mieta en Hessie – en die Engelse name was vir my mooi!
STONE. Die drie broertjies wat voor Poppie gekom het, het ook Engelse doopname
gekry – Philip en Stanley en Wilson.
MOSIE. Maar ouma Hannie het haar maar altyd "Poppie" genoem.
OUMA HANNIE. Of Pop – my ou Poppietjie!                                                   10
STONE. En Wilson – die kind wat skaars kon loop toe Poppie in sy plek op ouma
Hannie se rug vasgemaak moes word, het Ouma "Mosie" genoem.
OUMA HANNIE (nostalgies). Ou Moos. My Rooiwielwagentjie.
HOEDJIE. En Philip was maar van altyd af "ou Plank".
PLANK. En Stanley was maar altyd "ou Hoedjie".                                            15

Hoedjie spring op en begin al om Ouma hop.

HOEDJIE. Ou Hoedjie, ou Hoedjie!
            Ek staan op my voetjie,
            My naam is ou Hoedjie!
OUMA HANNIE. Tsamaya – jy's weer uit jou vel uit! (Sy stoot hom eenkant toe.)             20
PLANK. Ouma Hannie het Xhosa en Afrikaans gepraat, maar sy het geraas as die
kinders nie Xhosa praat nie.
OUMA HANNIE. Ninga malawu – die mense sal sê julle is Boesmans!
POPPIE (draai haar na ouma Hannie). Maar ons het nie Xhosa gekon praat nie – tot
nou toe as ek en my broers bymekaar is, praat ons Afrikaans – dis vir ons die             25
lekkerste, ja.

5.1       Wat beteken Poppie se Xhosa-naam, Ntombizodumo?                                      (1)

5.2       Som die gebeure op wat daartoe gelei het dat Poppie nie meer kon skoolgaan
          nie.                                                                                 (3)

5.3       Bespreek Poppie se innerlike konflik toe sy as jong vrou in 1956
          Lambertsbaai moes verlaat. Verwys na albei kante van die konflik.                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           22                        DBE/November 2021
                                              NSS

5.4       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (5.4) neer.

          Spanning is regdeur die drama geskep deur ...

          A       Oompie Pengi wat gereeld dronk huis toe gekom het.
          B       Poppie se eie pa wat weg was ná die oorlog.
          C       Ouma Hannie wat wou hê haar kleinkinders moes Xhosa praat.
          D       Poppie se probleme om elke keer uitstel vir haar pas te kry.                   (1)

5.5       In enige drama is daar gebeure en gevolge.

          Kies die gevolg in KOLOM B om by die gebeure in KOLOM A te pas. Skryf
          slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (5.5.1 tot 5.5.4) neer.

                           KOLOM A                               KOLOM B
          5.5.1      Poppie het vir Stone ontmoet. A Huise is deur die polisie aan die
                                                      brand gesteek.
          5.5.2      Op Lambertsbaai het Xhosa-
                     mense die opdrag gekry om      B Jakkals en sy maats het die
                     die dorp te verlaat.             gebeure tydens die staking
                                                      (strike) snaaks gevind.
          5.5.3      Blyplek in Elsiesrivier was 'n
                     probleem.                      C Poppie was nie meer so negatief
                                                      oor die gedagte om te trou nie.
          5.5.4      Die polisie het die
                     volwassenes in Nyanga wat      D Stone het siek geword as gevolg
                     nie gaan werk het nie, sonder    van sy werk by die melkery.
                     respek behandel.
                                                    E Poppie moes vir 'n werk soek
                                                      waar sy gedurende die week kon
                                                      inslaap.
                                                                                   (4 x 1)       (4)

5.6       Vertel van DRIE krisisse in Poppie se lewe nadat sy Lambertsbaai verlaat het
          tot voordat sy Ciskei toe moes gaan.                                                   (3)

5.7       Kan 'n mens vir Stone in hierdie drama bewonder? Motiveer jou antwoord met
          TWEE redes.                                                                            (2)

5.8       Gee TWEE redes waarom die titel gepas is.                                              (2)

                                              EN

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2        23                           DBE/November 2021
                                           NSS

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS J

MAMA (praat oor "telefoon"; klink asof sy haar eie woorde nie glo nie). Dit lyk baie sleg
by die lokasie, Poppie. Maar ons is almal in die lewe. Poppie, ons het getel daar staan
tien nylons uitgebrand voor die poskantoor. En die skollies het die KTC-basaar in
Guguletu uitgerob. Hulle sê daar kom nie meer melk en brood in die lokasies nie, nou
sal ek maar vanmiddag kos saamneem.                                                       5
POPPIE. En die kinders, Mama?
MAMA. Ek laat nie myne op straat nie. Al wat kind is, was dronk gister. Hulle het die
biersale afgebrand, dit was gebreekte bottels en kannetjies wyn en brandewyn wat
sommerso op die strate uitloop. En toe kom die poeliesse en die skietery. Maar eers
het al wat kind is, geloop met die bottel brandewyn of die bottel gin voor die mond asof 10
dit cool drink is.
POPPIE. Maar die kinders wat geskiet is, Mama?
MAMA. Ons kan nie tel nie. Mosie het gehelp met die pellets uithaal uit die kinders se
arms waar hulle geskiet is. Party mense sê vyf is dood, party mense sê tien. Hoe kan
ons tel? Maar ek self ken nie die kinders wat dood is se mense nie.                       15

Albei plaas gehoorbuise op mik.

MOSIE. Woensdag was dit die riots, en Donderdag en Vrydag was dit stiller, en
Saterdag het Poppie haar off gevat en huis toe gegaan.

5.9       Waar (die plek) was hierdie opstande voordat dit in Nyanga in die Kaap begin
          het?                                                                                  (1)

5.10      Noem TWEE redes waarom Poppie se meisiekinders en Bonsile nie by haar
          in die Kaap was nie.                                                                  (2)

5.11      "En die kinders, Mama?" (Reël 6)
          "Maar die kinders wat geskiet is, Mama?" (Reël 12)

          Wat sê die manier waarop Poppie hier praat van die emosie wat sy op
          daardie oomblikke ervaar het?                                                         (1)

5.12      Poppie en Mama het altyd hul kinders probeer beskerm.

          5.12.1     Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                     Met die woorde "Hoe kan ons tel?" (reël 14 en 15) het Mama
                     aangedui dat sy (moedeloos/kwaad) was.                                     (1)

          5.12.2     Motiveer jou antwoord op VRAAG 5.12.1 deur hierdie houding van
                     Mama te verduidelik.                                                       (1)

5.13      Sê waarom die volgende stelling WAAR is.

          In hierdie drama kry ons 'n voorbeeld waar 'n mens nie die finale sê het oor
          hoe jou lewe sal verloop nie.                                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          24                        DBE/November 2021
                                             NSS

5.14      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (5.14) neer.

          Poppie het besluit om haar kleinkind, Vukile, saam met haar terug te neem
          Kaap toe. Uit hierdie optrede van Poppie kan ons aflei dat sy ...

          A        wou kompeteer met Vukile se ma deur te wys sy was 'n beter ma.
          B        trots was op die feit dat Bonsile die vader van die kind was.
          C        ontevrede was met die versorging wat Vukile gekry het.
          D        jaloers was op die ma van Bonsile se kind.                                  (1)

5.15      Dink aan Poppie en Jakkie.

          5.15.1      Hoe sal jy die verhouding tussen Poppie en Jakkie aan die einde
                      van die drama beskryf?                                                   (1)

          5.15.2      Motiveer jou antwoord met TWEE redes. (Konsentreer op Poppie
                      EN Jakkie.)                                                              (2)

5.16      Waarom kan ons glo dat Poppie se meisiekinders eendag net so sterk soos
          hulle ma sou wees?                                                                   (1)

5.17      Sê hoe Poppie se houding teenoor haar omstandighede aan die einde van
          die drama verskil van haar houding aan die begin.                                    (2)

5.18      Sou dit Jakkie se skuld gewees het as hy aan die einde in die tronk sou
          beland? Motiveer jou antwoord.                                                       (1)

5.19      Sê nou daar was EEN ding waaroor Poppie kon spyt/sleg voel of haarself
          blameer.

          5.19.1      Waaroor sou Poppie kon spyt/sleg voel?                                   (1)

          5.19.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 5.19.1.                                   (1)
                                                                                               [35]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         25                        DBE/November 2021
                                            NSS

VRAAG 6: PALJAS – Chris Barnard

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS K

                                                                Kom. Kom ons teken
iets. (Hy soek in sy broeksak en haal 'n ander kleur uit. Hy verf Willem se mond.)
Kom ons teken die trane weg. Ons vee die ou Willem uit en ons teken 'n nuwe Willem.
                Hierdie hele toneel is deel van die volgende montage.

69. Montage van die tekenproses. Afgewissel met Hendrik-hulle se soektog na die 5
kind. Willem, al hoe meer ingenome, verander van 'n bedrukte knaap na 'n nar wat vir
sy eie gesig in 'n ou stuk spieël staan en lag. Terwyl Katrien langs die pad loop en
roep; Emma in die veld soek; Hendrik op verskillende plekke met die motor stilhou en
uitklim en roep – en uiteindelik weer onder die enjinkap lê met net sy voete wat
uitsteek.                                                                            10
   Dis sononder.

70. Willem en die nar sit in die skuur langs mekaar. Dis donker buite. Naby die muur
hang 'n lantern. In die middel van die vloer brand 'n klein vuurtjie tussen klippe.
'n Mens sien die twee figure net vaagweg.

NAR: Asseblief. (Die kind skud sy kop.) Ek vra jou mooi. (Die kind skud sy kop; die nar 15
gaan geduldig voort.) Willem, luister mooi. Ṓf jy gaan nou huis toe, óf ek pak vanaand
my goed en ek vat die pad. En jy sien my nie weer nie. (Die kind sit net vir hom en
kyk.)

6.1       Wie (die naam) het eerste agtergekom dat Willem weg was?                             (1)

6.2       Som die gebeure op wat daartoe gelei het dat Manuel in die skuur beland het.         (3)

6.3       Bespreek Willem se innerlike konflik toe Manuel hom gevra het om huis toe te
          gaan. Verwys na albei kante van die konflik.                                         (2)

6.4       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (6.4) neer.

          Spanning is in hierdie deel van die drama geskep deur ...

          A      Manuel wat Willem se gesig geverf het.
          B      Willem wat begin lag het.
          C      die lantern wat buite gebrand het.
          D      Willem wat geweier het om huis toe te gaan.                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans FAL P1 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2021/0a323951-81e2-46a2-adbf-10a4dfc61957) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2021/bbc5364e-cfb6-46d8-b4dc-4b064b5d21da) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May June 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2021/34e7b7fd-bf31-4586-9e70-44ddb4b9045e) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2020/f4a85505-bf3c-4d21-9f1a-4ba27be67400) — Afrikaans FAL · QP · 2020 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2017/ee064d8b-979d-4573-8a64-e27394400145) — Afrikaans FAL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2012](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2012/3f85c035-f152-4594-bcdc-51046b8337e8) — Afrikaans FAL · QP · 2012 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
