# Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC November 2022 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2022, 40 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2022/c6d44b26-71a0-49b9-b5f6-be8d939a3de5
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 40

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC November 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2022/c6d44b26-71a0-49b9-b5f6-be8d939a3de5)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC November Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 40 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

                                   NOVEMBER 2022

PUNTE: 70

TYD: 2½ uur

                         Hierdie vraestel bestaan uit 40 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            2                           DBE/November 2022
                                               NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.        MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die
          INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommers van
          die vrae oor die tekste wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vrae en
          kies die vrae wat jy wil beantwoord.

2.        Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:

          AFDELING A: Roman             (35)
          AFDELING B: Drama             (35)
          AFDELING C: Kortverhale       (35)
          AFDELING D: Gedigte           (35)

3.        Beantwoord vrae in TWEE afdelings, soos volg:

          AFDELING A: ROMAN
          Beantwoord die vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

          AFDELING B: DRAMA
          Beantwoord die vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

          AFDELING C: KORTVERHALE
          Beantwoord die vrae oor TWEE kortverhale wat jy bestudeer het.

          AFDELING D: GEDIGTE
          Beantwoord die vrae oor TWEE gedigte wat jy bestudeer het.

4.        Gebruik die kontrolelys op bladsy 4 om jou te help.

5.        Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig.

6.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

7.        Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

8.        Bestee ongeveer 75 minute aan elke afdeling.

9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          3              DBE/November 2022
                                             NSS

INHOUDSOPGAWE

Kies TWEE afdelings.

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord slegs EEN vraag.
                 VRAAGNOMMER                       PUNTE   BLADSYNOMMER
1. Kringe in 'n Bos                                  35          5

2.   Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom     35            9

3.   Meeulanders                                    35            13

4.   Lien se Lankstaanskoene                        35            17

AFDELING B: DRAMA

Beantwoord slegs EEN vraag.
5. Poppie – Die Drama                               35            21

6.   Paljas                                         35            25

7.   Fiela se Kind – Die Drama                      35            29

AFDELING C: KORTVERHALE

Beantwoord vrae oor AL TWEE kortverhale.
8.1 "Oom Dries se sorge met Jantjie"                18            33
                                     EN
8.2 "Die ballade van Robbie de Wee"                 17            35

AFDELING D: GEDIGTE

Beantwoord vrae oor AL TWEE gedigte.
9.1 "Tien haikoes vir die Vredefortkoepel"          18            37
                                             EN
9.2 "Boekmerk"                                      17            39

Kopiereg voorbehou                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          4                        DBE/November 2022
                                             NSS

KONTROLELYS

Gebruik die kontrolelys om te verseker dat jy die vereiste getal vrae beantwoord.

     AFDELING              VRAAGNOMMERS             GETAL VRAE             DUI AAN
                                                   BEANTWOORD                ()
A: Roman                               1–4              1

B: Drama                               5–7                1

C: Kortverhale                          8          1 (2 kortverhale)

D: Gedigte                    9              1 (2 gedigte)
LET WEL: Maak seker dat jy vrae oor slegs TWEE afdelings beantwoord het.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            5                          DBE/November 2022
                                               NSS

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord slegs EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

VRAAG 1: KRINGE IN 'N BOS – Dalene Matthee

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS A

   "Ek hou nie van jou as jy so kwaad word nie."
   "Ek word kwaad as hulle sê die bosmense is dom, Kate! Ek sê nie hulle is almal ewe
slim nie, maar baie is slim. Eintlik is hulle net blind vir dinge. En bang."
   "Vir die olifante?" het sy geterg.
   "Nee. Dis 'n ander soort bang, 'n bang vir alles buite die Bos. Vra vir my, ek weet. 5
En intussen moet hulle leef, en om te kan leef, moet hulle hout kap. Ek sê vir jou, in
hul harte weet hulle net so goed soos ek dat hulle besig is om die Bos dood te kap,
maar hulle bestry dit omdat hulle nêrens het om heen te vlug nie."
   "Vertel my nog van Oupoot," het sy die gesprek in 'n ander rigting gestuur.
   "Ek het jou alles vertel."                                                           10
   "Jy jok. Jy's nou sommer snaaks."
   "Ons is vas, Kate!" het die ou vrees hom nukkerig gehou.
   Sy het met haar rok se band gesit en speel en nie opgekyk toe sy die vraag vra nie:
"Hoekom het jy hier kom werk?"
   "Omdat my pa my weggejaag het en ek gereken het ek sou hier geld verdien. Ek 15
wou net drie pond bymekaargemaak het om op 'n skip te kon klim."
   "Om waarheen weg te gaan?" het sy onrustig gevra. Elke keer as hy van weggaan
praat, ..."

1.1       Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende
          woord(e) neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers
          (1.1.1 tot 1.1.4) neer.

          Toe Saul se pa hom weggejaag het, het hy vir Mister (1.1.1) ... op die dorp
          gaan werk. Elke Sondag het Kate skelm vir Saul agter in die (1.1.2) ... gaan
          kuier. Tydens hierdie kuiertjies het Kate vir Saul (1.1.3) ... geleer. Na twee
          jaar is Saul saam met mister Patterson Bos toe gestuur sodat Patterson kon
          kyk waar die (1.1.4) ... is.                                                            (4)

1.2       "... 'n bang vir alles buite die Bos." (Reël 5)

          Wat bedoel Saul met hierdie woorde?                                                     (1)

1.3       ''En intussen moet hulle leef, en om te kan leef, moet hulle hout kap.'' (Reël 6)

          Verduidelik hoe die houtkopers dit vir die houtkappers moeilik gemaak het om
          hulle hout te verkoop. Gee TWEE redes.                                                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2              6                          DBE/November 2022
                                                 NSS

1.4       Saul het baie hartseer in sy lewe geken.

          Kies die gevolg in KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.4) neer.

                        KOLOM A                                     KOLOM B
          1.4.1      Saul se ma en sy suster,          A   Saul se pa het hom met ʹn stuk
                     Sara, is dood.                        assegaaihout geslaan.

          1.4.2      Saul het geweier om die           B   Saul het besef dat die
                     kalander af te kap.                   houtkappers nooit uit die skuld
                                                           sal kom nie.
          1.4.3      Saul is dorp toe gestuur
                     om twak, koffie en suiker         C   Die houtkappers het Saul 'n
                     te gaan haal.                         spaai genoem.

          1.4.4      Saul het die olifanttande         D   Saul het die bloubokkie se kop
                     op die houtkappers se                 oopgekap.
                     waens gesien.
                                                       E   Saul het Oupoot die eerste keer
                                                           gesien op pad Diepwalle toe.
                                                                                      (4 x 1)        (4)

1.5       Lees reëls 5 tot 9.

          Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

          Uit Saul se woorde kan ons aflei dat hy (verbaas/magteloos) oor die
          bosmense se situasie gevoel het.                                                           (1)

1.6       Kate het Saul se liefde vir Oupoot verstaan en het vir Saul iets spesiaals
          gegee wat sy self gemaak het.

          Sê waarom hierdie stelling WAAR is.                                                        (1)

1.7       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (1.7) neer.

          Omdat Saul vir 'n houtkoper op die dorp gaan werk het, is hy as ...
          gebrandmerk.

          A       opstoker
          B       verraaier
          C       draadsitter
          D       moeilikheidmaker                                                                   (1)

1.8       Waarom was dit onregverdig van Joram Barnard om Saul uit die Bos weg te
          jaag?                                                                                      (1)

1.9       Waarom kan 'n mens verstaan dat Saul die droom gehad het om met 'n skip
          weg te gaan?                                                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2             7                         DBE/November 2022
                                                NSS

1.10      Kate se pa wou nie gehad het dat sy met bosmense praat nie, maar sy het
          met Saul vriende gemaak.

          Watter les kan jy by Kate leer wat jy in jou eie lewe kan toepas?                        (1)

1.11      Dink aan hoe die roman vir Kate en Saul geëindig het. Waarom kan jy begrip
          hê vir die onrustigheid wat Kate in hierdie uittreksel gevoel het?                       (1)

                                                EN

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS B

  ... Ek het dit bewys! Ek móés dit bewys, Pa.
  Nou sou daardie hek nooit oopkom nie; Joram Barnard het een boom te veel gekap.
  Hy het opgestaan en na Maska toe geloop. "Hoe het jy geweet ek is hier?"
  "Ek weet nog al die jare lat jy hier is. Die eerste winter het ek al geweet waarlat jou
skerm is – ek sien jy het hom groter gemaak. Amper nes 'n huis."                          5
  "Van die eerste winter af?" het hy verstom gevra.
  "Ja. Jou pa het my gestuur om te kyk waar jy is en of dit reg gaan met jou."
  Dit was die laaste keer dat Saul Barnard gehuil het.
  Hy het nie by die begrafnis gehuil nie. Daar het Jozef en Izak en Magdalena en
oom Anneries gehuil. Hy het eenkant gestaan en skuldig gevoel omdat hy nie flenterig 10
soos hulle was nie en homself verwens dat hy gekom het. Hy het eers by Groot Eiland
loop agterkom dat Jozef nie vir Maska gestuur het om hom te loop sê nie. Maska het dit
op homself geneem om dit te doen omdat hy geglo het dit hoort so.
  Hy is ook onmiddellik ná die begrafnis weg.
  'n Uur anderkant Groot Eiland het hy Oupoot gekry. Rustig aan't wieg in 'n streep son 15
in die middel van 'n sleeppad en skaars twintig tree van waar Saul verskrik vasgesteek
het.

1.12      ʹʹEk het dit bewys! Ek móés dit bewys, Pa.ʹʹ (Reël 1)

          Hoe het Saul die dorpsmense se opinie van die bosmense verkeerd bewys?
          Noem DRIE dinge.                                                                         (3)

1.13      ʹʹNou sou daardie hek nooit oopkom nie; ...ʹʹ (Reël 2)

          1.13.1     Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                     Hierdie stelling word (letterlik/figuurlik) bedoel.                           (1)

          1.13.2     Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.13.1.                                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          8                            DBE/November 2022
                                             NSS

1.14      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
          (A–D) langs die vraagnommer (1.14) neer.

          Dis ironies dat ʹn ʹʹuprightʹʹ Joram Barnard se dood veroorsaak het, want hy ...

          A     is in die bos gebore.
          B     het sy eie houtkapspan gehad.
          C     het geweet hoe om 'n boom neer te lê.
          D     het die verskillende bome goed geken.                                             (1)

1.15      ʹʹMaska het dit op homself geneem om dit te doen omdat hy geglo het dit
          hoort so.ʹʹ (Reël 12 en 13)

          Waarom kan 'n mens sê dat Maska deur die loop van die hele roman gewys
          het dat hy altyd daar was vir Saul?                                                     (1)

1.16      Jozef het nie vir Maska gestuur om vir Saul van hulle pa se dood te vertel nie.

          Waarom kan 'n mens verstaan dat Jozef so opgetree het?                                  (1)

1.17      Hoe het Saul se houding teenoor Jozef by hulle pa se begrafnis verskil van sy
          houding teenoor Jozef in die slot van die verhaal?                                      (2)

1.18      Oupoot het vir Saul as sy mens-broer gekies.

          Dink aan Oupoot en Saul se lewe en optrede en noem TWEE ooreenkomste.                   (2)

1.19      Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE
          neer:

             Die Goewerment het toestemming gegee dat die delwers kon aanbly.
             Saul het miss Keyter se huisie op die dorp gehuur en die bos verlaat.
             Saul het weer vir Kate gesien toe sy in Meulbos kom skoolhou het.
             Kort na Joram se dood het Saul die nuus gekry dat Osborne rifgoud
              ontdek het.                                                                         (4)

1.20      In die verhaal spring die storielyn gereeld tussen die hede en die verlede.

          Wat, dink jy, was die skrywer se doel met dié tydspronge?                               (1)
                                                                                                  [35]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2       9                          DBE/November 2022
                                          NSS

VRAAG 2: DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM –
         Marita van der Vyver

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS C

... Toe Mana en Beyers teen die einde van laas jaar trou, moes ons 'n groter huis vir
die hele spul van ons soek. En soos ek reeds laat glip het, rol ons nie juis rond in die
rande nie. Probeer jy nou 'n huis met minstens vyf slaapkamers soek, en boonop 'n
garage of 'n buitekamer of 'n plek wat Mana as ateljee kan gebruik, teen 'n prys wat
twee mense sonder 'n vaste inkomste kan bekostig. 'n Akteur en 'n skilder. I ask you. 5
Dis wat op elke eiendomsagent se gesig geskryf gestaan het. 'n Akteur en 'n skilder
met vier kinders tussen hulle. En 'n vyfde baba op pad. Tj, tj, tj.

  Ons het probeer om kamers uit te skakel. Tibo en Amos kan mos 'n kamer deel, het
Beyers voorgestel. Sy weet darem nie, het Mana gesê. Soos dié twee baklei, sal hulle
mekaar binne die eerste paar weke vermoor. Nie 'n slegte idee nie, het Yann gemeen. 10
Dit maak tog meer sin om familielede uit te skakel as om kamers uit te skakel.
  "Pasop," het Beyers gewaarsku, "of ons sit vir jóú ook saam met hulle in 'n kamer."
  "Great," het Yann gesê. "Hulle sal my binne 'n maand tot waansin dryf, dan kan julle
my in 'n gestig gaan toesluit. Dan het julle sommer van drie kinders ontslae geraak.
Wie bly oor?"                                                                          15
  Hy het na my gekyk. Betekenisvol, soos hulle sê.
  "Nee!" het ek gekeer.

2.1       Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende
          woord(e) neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers
          (2.1.1 tot 2.1.4) neer.

          Hanna het vasgekeer gevoel op (2.1.1) …-berg waar sy haar (2.1.2) …
          verjaarsdag sou moet deurbring. Dit was eintlik Mana se idee dat die hele
          gesin saam op hulle (2.1.3) … gaan. Hanna kon nie wag dat haar vriendin,
          (2.1.4) …, by hulle sou aansluit nie.                                               (4)

2.2       Verduidelik waarom Hanna haar gesin 'n aangelapte gesin genoem het. Gee
          TWEE redes.                                                                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2             10                         DBE/November 2022
                                                NSS

2.3       Die vakansie op die berg was baie interessant.

          Kies die gevolg in KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (2.3.1 tot 2.3.4) neer.

                          KOLOM A                                 KOLOM B
          2.3.1      Die gesin was vasgekeer op       A   Hanna het besef dat haar gesin
                     die berg.                            haar eintlik goed geken het.

          2.3.2      Gavin het ook opgedaag vir       B   Die afskeid het almal laat besef
                     Hanna se verjaarsdag.                dat familie belangrik is.

          2.3.3      Hanna het haar verjaardag        C   Hanna sou in die toekoms 'n
                     saam met haar hele gesin             beter verhouding met haar pa
                     gevier.                              hê.

          2.3.4      Die helikopter het gekom         D   Hanna het besluit dat sy nie
                     om die gesin te red.                 meer wou skryf nie.

                                                      E   Ditjie se geboorte was anders
                                                          as die gewone.
                                                                                     (4 x 1)       (4)

2.4       " 'Great,' het Yann gesê." (Reël 13)

          2.4.1       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                      Dit sê vir ons dat Yann (bekommerd/sarkasties) was.                          (1)

          2.4.2       Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.4.1.                                        (1)

2.5       Beyers het 'n positiewe rol in Mana se lewe gespeel.

          Sê waarom hierdie stelling WAAR is.                                                      (1)

2.6       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (2.6) neer.

          " 'Nee!' het ek gekeer." (Reël 17)

          Met hierdie woorde bedoel Hanna dat hulle nie moes dink dat ...

          A       hulle 'n duur huis kon bekostig nie.
          B       'n vyfde baba 'n goeie idee was nie.
          C       sy 'n kamer met iemand sou deel nie.
          D       Tibo en Amos 'n kamer met Yann wou deel nie.                                     (1)

2.7       Waarom is dit gepas dat die skrywer 'n ek-spreker in hierdie roman gebruik?              (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2        11                        DBE/November 2022
                                           NSS

2.8       Lees reëls 13 tot 17.

          Waarom, dink jy, kan hierdie konflik in Hanna-hulle se huis as realisties
          beskryf word?                                                                       (1)

2.9       "I ask you." (Reël 5)

          Waarom kan 'n mens verstaan dat Hanna só op haar gesin se soeke na 'n
          huis gereageer het?                                                                 (1)

2.10      Watter les oor materiële dinge het jy by Hanna ná die vakansie op die berg
          geleer?                                                                             (1)

                                           EN

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS D

  Beyers en Mana sit langs die kombuistafel en koffie drink.
  "Sjjt," fluister Mana met 'n vinger voor haar lippe. "Ons probeer tel hoeveel
verskillende soorte voëls ons kan hoor."
  "Dis wat my wakker gemaak het." Ek gaan haal die kan op die koolstoof en skink vir
my ook 'n beker koffie. "Dit lyk of Margot eindelik gaan wegkom. Dis wonderlik, nè?" 5

  "Wonderlik vir haar?" vra Beyers. ʹʹOf wonderlik vir ons?ʹʹ
  Sy oë blink oor die rand van sy beker.
  "Vir haar én vir ons." Ek dompel 'n stuk karringmelkbeskuit in die koffie en suig
versigtig daaraan. Ná twee weke het ek geleer dat dit die beste manier is om hierdie
boeretroos afgesluk te kry. "Alhoewel … ek het nogal gewoond begin raak aan haar ..." 10
  "Dit beteken nie dat sy vandag al gaan wegkom nie," sug Beyers.
  "Ons weet nie hoe lank dit nog gaan wees voor die rivier begin sak nie."

'n Heldin uit 'n avontuurverhaal, liewe leser. Dis wat ons nou nodig het. Nie 'n
bedorwe brokkie soos Fabienne nie, nog minder 'n ou bangbroek soos Hanna
Hoekom. Ons het 'n meisiekind met moed en spiere nodig, iemand wat fiks en 15
vreesloos genoeg is om deur 'n bruisende rivier te swem en 'n paar uur na die naaste
dorp te draf om hulp vir haar vasgekeerde geliefdes te gaan haal.
  Margot het spiere. En sy is waarskynlik fikser as enigiemand anders in die huis.

2.11      Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE
          neer:

             Margot het haar seuns belowe dat sy gou weer sou kom kuier.
             Die koningin het in stormweer op die berg aangekom.
             Margot het die leiding geneem met die baba se geboorte.
             Margot het Hanna mooi laat lyk op haar verjaardag.                              (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         12                          DBE/November 2022
                                            NSS

2.12      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (2.12) neer.

          "Dit lyk of Margot eindelik gaan wegkom. Dis wonderlik, nè?" (Reël 5)

          Hanna se woorde wys daarop dat Margot ...

          A     baie graag wou teruggaan Amerika toe.
          B     gedink het dat sy beter as Beyers-hulle was.
          C     Johannesburg toe kon gaan vir die rol in 'n TV-reeks.
          D     wou weet of Beyers nog gedink het dat sy wonderlik is.                          (1)

2.13      ''Margot het spiere. En sy is waarskynlik fikser as enigiemand anders in die
          huis.'' (Reël 18)

          Waarom sal 'n mens kan saamstem dat Hanna se houding teenoor Margot
          verander het?                                                                         (1)

2.14      Hanna het Fabienne as haar alter ego geskep.

          Noem DRIE redes waarom Hanna vir Fabienne geskep het.                                 (3)

2.15      Waarom kan 'n mens sê dat Beyers Hanna se skryftalent ondersteun het?                 (1)

2.16      Wat was Hanna se siening oor Gavin met sy aankoms op die berg en hoe het
          haar siening oor hom later verander?                                                  (2)

2.17      Sharon wou nie saam met die helikopter teruggaan nie.

          Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

          Hieruit lei ons af dat die tyd op die berg vir Sharon 'n (aangename/
          onaangename) ervaring was.                                                            (1)

2.18      Hanna sê dat Fabienne 'n ''bedorwe brokkie'' is. (Reël 14)

          Wat bedoel Hanna met hierdie woorde?                                                  (1)

2.19      Hanna het besluit dat die titel vir haar roman Die ongelooflike avonture van
          Hanna Hoekom: 'n Ware verhaal sou wees.

          Hoekom is dit ironies?                                                                (2)

2.20      Hanna het gesukkel om haar plek in haar familie te vind.

          Wat, dink jy, was die skrywer se doel met die fokus op Hanna se
          identiteitskrisis?                                                                    (1)
                                                                                                [35]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          13                           DBE/November 2022
                                             NSS

VRAAG 3: MEEULANDERS – Esta Steyn

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS E

...Eers wanneer hy Skalla se glas vir hom aangee en weer gaan sit, besef hy dat daar
'n straal sweet oor sy rug loop.
   ''Ek was die middag van die verkiesing daar bo by die huis,'' sê Skalla. Sy stem is
sag, onheilspellend. Hy skommel sy glas in die rondte. ''Sheila was in die studeerkamer
... die deur het effens oopgestaan. Sy't my nie gesien nie. Daar was iemand by haar.''        5
   ''Wie?''
   Skalla vat sy glas en loop na die venster. Hy skuif die gordyn effens weg en kyk uit
oor die donker kaai. Hy draai eers ná 'n lang stilte om: ''Ek het geld nodig, Fred. En ons
praat hier van big bucks, Boetie. Want ek kan jou naam so gat maak in hierdie dorp dat
jy hier sal uitkruip met net die klere aan jou lyf.''                                         10
   ''Waarvan praat jy?''
   ''O, jy weet. Jy weet baie goed. Haar naam is Veronica.''
   Vir 'n oomblik ervaar Fred die verskriklike begeerte om op te spring, sy hande om
Skalla se keel te sit en hom te wurg en te wurg totdat elke greintjie lewe uit sy lyf uit is.
Hy trek die laaitjie langs sy lessenaar oop en haal sy tjekboek uit.                          15
   ''A! Ek sien Boetie is benoud. Dan kan ons oor 'n prys praat. Maar ... geld is nie
genoeg nie, Boetie.''

3.1       Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende
          woord(e) neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers
          (3.1.1 tot 3.1.4) neer.

          (3.1.1) ... se twee seuns, Skalla en Fred, het 'n slegte verhouding gehad. Die
          selfmoord van Fred se vrou het die dorpie, (3.1.2) ..., geskok. Skalla wou
          Sheila se selfmoord gebruik om Fred (3.1.3) ... Behalwe geld, wou Skalla ook
          die (3.1.4) ... by Fred hê.                                                              (4)

3.2       Lees reël 1 en 2.

          Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

          Uit die feit dat Fred erg sweet, kan ons aflei dat hy (warm kry/bevrees is).             (1)

3.3       "Want ek kan jou naam so gat maak in hierdie dorp ..." (Reël 9)

          Wat bedoel Skalla met hierdie woorde?                                                    (1)

3.4       Verduidelik watter inligting Skalla oor Fred en Veronica gehad het. Noem
          TWEE dinge.                                                                              (2)

3.5       Skalla se lewe was nie soos sy pa dit sou wou gehad het nie.

          Sê waarom hierdie stelling WAAR is.                                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           14                          DBE/November 2022
                                              NSS

3.6       Fred het ook baie hartseer in ander mense se lewens veroorsaak.

          Kies die gevolg in KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (3.6.1 tot 3.6.4) neer.

                    KOLOM A                                  KOLOM B
          3.6.1      Sheila             A    ... het gevoel dat Fred nie respek vir die
                                             familienaam gehad het nie.
          3.6.2      Elsabet
                                        B    ... se lewe het om Janka gedraai.
          3.6.3      Hermanus
                                        C    ... het nie 'n goeie rolmodel gehad nie.
          3.6.4      Bernard
                                        D    ... se lewe in 'n rolstoel het Fred weggedryf.

                                        E    ... het om die verkeerde redes Meeuland toe
                                             gegaan.
                                                                                  (4 x 1)           (4)

3.7       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (3.7) neer.

          ''... sy hande om Skalla se keel te sit en hom te wurg en te wurg ...'' (Reël 13
          en 14)

          Die herhaling van ''wurg'' hierbo is om te beklemtoon dat Fred ...

          A       wou hê Skalla moes skrik.
          B       'n aggressiewe karakter is.
          C       besef het dat Skalla hom uitgevang het.
          D       nie sou toelaat dat Skalla sy lewe deurmekaarkrap nie.                            (1)

3.8       Waarom kan 'n mens verstaan dat Fred enigiets sou doen om te keer dat
          Skalla met ander mense oor Veronica praat?                                                (1)

3.9       Waarom kan 'n mens respek hê vir Sheila omdat sy nooit met Fred oor
          Veronica gepraat het nie?                                                                 (1)

3.10      Fred het gedink dat niemand van Veronica sou uitvind nie, maar Sheila en
          Skalla het wel uitgevind.

          Watter les leer jy hieruit?                                                               (1)

3.11      Die fokus in hierdie uittreksel is op Veronica se baba.

          Wat, dink jy, was die skrywer se doel met hierdie fokus?                                  (1)

                                              EN

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          15                          DBE/November 2022
                                             NSS

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS F

... Daar het net een plek oorgebly om heen te gaan: Meeuland ... Meeuland.

Sesuur kom Ousanna orent in haar stoel waar sy ingedut het. ʺDoreen!ʺ roep sy
dringend, ʺDoreen ... Reggie!ʺ Maar hulle hoor haar nie. ʺLuister tog!ʺ roep sy. ʺDie vlae
wapper ... dit skeur in die wind en ... die kruik breek ...ʺ

Die wind het die see opgekarring en slaan in hoë hale oor Meeuland se groot rotse. 5
Onder by die naalde spoeg die wit skuim woedend hemelwaarts. Ryna staan in
Jannerik se blyplek met Kinnie se trommeltjie tussen hulle op die tafel. Hy neem die
borslappie en druk dit teen sy verweerde gesig, terwyl baie herinneringe uit sy oë drup.
Sy neem die Bybel en blaai ingedagte daardeur. Hier en daar 'n onderstreepte teks,
'n inskrywing. Die los velletjie papier lê by Psalm 23. Sy neem dit en draai weg van 10
Jannerik af terwyl die skewe skriffie die waarheid bokant die wind op die sinkdak
uitroep, sodat sy verlam bly staan. Die verskriklike woorde swem in haar oë.
  ʺEk wou nie hierdie verdriet oor Pa bring nie. Daarom het ek nie gesê nie. Maar ek
weet Pa sal uitvind. Ek weet nie hoe Pa my sal vergewe nie. Wat ek gedoen het, was
verkeerd voor die Here en voor Pa en oorle' Ma. Niemand weet nie. Ant Ousanna ook 15
nie. Maar die kind se pa is ...ʺ

3.12      Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE
          neer:

             Die geheim rondom Janka het uitgekom.
             Elsabet het van Salamanderbaai af gevlug.
             Jacob het in die tronk beland.
             Skalla het vir Janka geskiet.                                                      (4)

3.13      Elsabet het haar lewe as Fred se vrou anders voorgestel.

          Watter DRIE dinge in haar huwelik met Fred het vir Elsabet baie ongelukkig
          gemaak?                                                                                (3)

3.14      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (3.14) neer.

          ''... Daar het net een plek oorgebly om heen te gaan: Meeuland ... Meeuland.''
          (Reël 1)

          Dit sê vir ons dat ...

          A     Elsabet nie haar eie huis gehad het nie.
          B     Meeuland Elsabet se beskerming teen die wêreld was.
          C     Jacob en Ryna haar genooi het om op Meeuland te kom kuier.
          D     Jannerik vir haar die boom wou wys wat hy vir haar geplant het.                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2              16                       DBE/November 2022
                                                 NSS

3.15      ʹʹ... die kruik breek ...ʹʹ (Reël 4)

          3.15.1     Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                     Hierdie woorde van Ousanna het 'n (letterlike/figuurlike) betekenis.         (1)

          3.15.2     Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.15.1.                                       (1)

3.16      ʺMaar die kind se pa is ...ʺ (Reël 16)

          Hoe het Ryna en Jannerik verskil oor wat om met die geheim van Veronica se
          baba te doen?                                                                           (2)

3.17      Jannerik en Hermanus het albei oor hulle kinders gehuil. Watter
          ooreenkomste was daar tussen die twee pa's? Noem TWEE.                                  (2)

3.18      Waarom kan 'n mens respek hê vir Ryna nadat hulle Meeuland moes verlaat?                (1)

3.19      Waarom, dink jy, kan ons aan die einde van die roman met Fred empatie hê?               (1)

3.20      Waarom kan 'n mens Ryna as 'n geslaagde hoofkarakter in hierdie roman
          sien?                                                                                   (1)
                                                                                                  [35]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         17                         DBE/November 2022
                                            NSS

VRAAG 4: LIEN SE LANKSTAANSKOENE – Derick van der Walt

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS G

  "Juffrou Jooste, sal jy my die eer aandoen om my na die sirkus van die jaar te
vergesel? Ek belowe om spesiaal 'n uniform by die army te leen en 'n helikopter vir die
okkasie te huur. Jou ma mag saamkom as sy 'n bietjie liquid inspiration sal saambring."
  Lien lag so hard dat sy stik. Van die ander mense op die stoep hou op met eet en kyk
vir hulle. Wouter klap haar 'n paar keer op die rug totdat sy weer asem kry, en gaan sit 5
laggend op sy plek.
  "Ek dare jou. Kom ons gaan en ons trek só aan dat ons 'n statement maak wat die ou
spul in hulle punch sal laat verstik. Jeans en T-shirts kan werk, so alles in swart, dalk
met 'n neusring of iets anders wat op 'n prominente plek blink. Dan vra ons vir Dirkie en
Donovan om iets zooty met ons koppe aan te vang. As jy daar werk, sal ons seker 'n 10
special kan kry."
  "Ou Uil sal dink ons is met die okkulte deurmekaar," lag Lien.
  "Laat hulle wonder, laat hulle wonder. Dis mos ons motto, nie waar nie?"
  Hy is skielik ernstig. "Kom ons gaan!" sê hy opgewonde.
  "Jy's seker gek," lag Lien.                                                             15
  Sy voel skielik goed, so goed soos sy net by Wouter kan voel. Haar pel is nog hare.
  Riekie en Sanet, eat your hearts out.

4.1       Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende
          woord(e) neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers
          (4.1.1 tot 4.1.4) neer.

          Lien en haar broer, (4.1.1) ..., het hulle in moeilike huislike omstandighede
          bevind. Hulle pa was in die (4.1.2) ... en hulle ma het baie probleme gehad.
          Dit het Lien gedwing om (4.1.3) ... te verdien om die pot aan die kook te hou.
          Sy het verskillende werkies gedoen tot sy uiteindelik op straat beland het om
          te (4.1.4) ...                                                                        (4)

4.2       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

          In reël 1 verwys Wouter na die matriekafskeid as ''die sirkus van die jaar'',
          want (hy het gedink dit sou baie pret wees/dit was nie iets wat hy regtig wou
          bywoon nie).                                                                          (1)

4.3       Verduidelik waarom Lien en Wouter goeie vriende geword het. Gee TWEE
          redes.                                                                                (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2              18                           DBE/November 2022
                                                 NSS

4.4       Wouter het na Lien se werk by Dirkie en Donovan verwys (reël 9 en 10),
          maar Lien het by verskillende plekke gewerk waar sy elke keer iets anders
          geleer het.

          Kies die gevolg in KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (4.4.1 tot 4.4.4) neer.

                         KOLOM A                                     KOLOM B
          4.4.1      Lien het by tant Malie se         A   Lien het besef dat 'n mens ander
                     koffiewinkel gewerk.                  mense eers moes leer ken
                                                           voordat jy hulle oordeel.
          4.4.2      Donovan het vir Lien by
                     Millenium Creations werk          B   Lien kon meer leer van 'n normale
                     gegee.                                gesinslewe.
          4.4.3      Lien het saam met Tibbey          C   Lien het geleer dat daar gevolge
                     en Rose gewerk.                       is as 'n mens die reëls oortree.
          4.4.4      Kuifie het vir Lien werk          D   Lien het geleer wat om te doen as
                     aangebied.                            jy 'n borg wil vra.
                                                       E   Lien het ervaring in verskillende
                                                           tipes take gekry.
                                                                                         (4 x 1)       (4)

4.5       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (4.5) neer.

          ''Laat hulle wonder, laat hulle wonder." (Reël 13)

          Die onderwysers en ander kinders het oor Lien gewonder, want sy het ...

          A     nie haar skoolwerk gedoen soos sy moes nie.
          B     vroeg in die oggend biblioteek toe gegaan.
          C     nie goed in die nuwe skool presteer nie.
          D     haar eenkant gehou.                                                                    (1)

4.6       ''Riekie en Sanet, eat your hearts out.'' (Reël 17)

          Wat bedoel Lien met hierdie woorde?                                                          (1)

4.7       Lien en Wouter is goeie vriende, maar aan die einde van die roman is sy nie
          saam met hom partytjie toe nie.

          Sê waarom hierdie stelling WAAR is.                                                          (1)

4.8       Waarom kan 'n mens verstaan dat Lien gelag het toe Wouter van ''liquid
          inspiration'' gepraat het? (Reël 3)                                                          (1)

4.9       Waarom kan 'n mens begrip hê vir die feit dat Lien nie matriekafskeid toe
          wou gaan nie?                                                                                (1)

4.10      Watter les oor die lewe kan jy by Wouter leer?                                               (1)

                                                 EN
Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            19                          DBE/November 2022
                                               NSS

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS H

  Riekie rol haar oë. "Ek gaan paap as sy dit wéér sê," sê sy terwyl sy lipstiffie aan
haar lippe smeer.
  Lien voel, anders as wat sy verwag het, nie regtig op haar senuwees nie, net vreemd
rustig, so asof sy is waar sy moet wees en niks of niemand die vloei van dié rivier kan
stuit nie. Sy stap tot op die verhoog waar van die dekorbouers nog vir oulaas van die 5
rekwisiete rondskuif. Sy staan stil en trek die hemelse verhoogreuk diep in haar longe
in, die reuk van die ligte, vars verf en die vreemde stowwerigheid.
  Sy loer deur die skrefies van die wynrooi gordyne.
  Hein het vir Tibbey tot langs Roos en haar peroxide-dogter gestoot. Hulle sit in die
tweede ry van voor af. Sy blou kar staan die hele paadjie vol en die eregaste moet by 10
hom verbyskuur om by hulle plekke te kom.
  Ou Uil en die Inspekteur van Onderwys en tannie Inspekteur skuif by Tibbey verby.
Daar is nog 'n string gaste, hoofde van die opposisieskole in die omgewing wat kom
kyk het hoe dit nou eintlik gedoen word en dié se vrouens. Kuifie met 'n Madiba-hemp
en Valetjie wat heelwat beter lyk as wat Lien onthou, is deel van die groepie.          15
  Ou Uil klop Tibbey goedig op die skouer. "Welkom, welkom," sê hy.

4.11      Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE
          neer:

             Lien het haar ma in die kliniek besoek.
             Lien en Miemie het die rekwisietekamer reggepak.
             Lien het vir een van die rolle in die toneelstuk gelees.
             Lien het haar bedelaarsvriende na die konsert toe genooi.                             (4)

4.12      Lien verwys na die oomblik op die verhoog as ʹʹdie vloei van dié rivierʹʹ wat nie
          gekeer kan word nie. (Reël 4 en 5)

          4.12.1     Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                     Hierdie woorde van Lien het 'n (letterlike/figuurlike) betekenis.              (1)

          4.12.2     Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.12.1.                                         (1)

4.13      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (4.13) neer.

          ʹʹSy staan stil en trek die hemelse verhoogreuk diep in haar longe in, die reuk
          van die ligte, vars verf en die vreemde stowwerigheid.ʹʹ (Reël 6 en 7)

          Die manier waarop die skrywer die verhoogruimte vir die leser beskryf, ...

          A     skep spanning by die leser.
          B     maak die leser deel van die ruimte.
          C     stel die rekwisiete aan die leser bekend.
          D     dien as toneelaanwysings vir die karakters.                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2       20                        DBE/November 2022
                                          NSS

4.14      Lien se ma was ook by die konsert.

          Noem DRIE dinge wat Lien se ma in die verlede gedoen het wat Lien
          ongelukkig gemaak het.                                                            (3)

4.15      Lien se skoolvriende én haar bedelaarsvriende was by die konsert. Watter
          verskil is daar tussen Lien se verhouding met haar skoolvriende en haar
          bedelaarsvriende?                                                                 (2)

4.16      Kuifie was Lien-hulle se predikant. Waarom kan ons sê dat hy hierdie werk
          van hom goed gedoen het? Gee TWEE redes.                                          (2)

4.17      Die aand van die konsert was op verskillende maniere goed vir Lien. Verwys
          in jou antwoord na hoekom dit vir Lien se ma EN vir Lien se toekoms goed
          was.                                                                              (2)

4.18      Lees reëls 12 tot 16.

          Watter boodskap oor die saamkom van mense uit verskillende agtergronde
          word in hierdie gedeelte oorgedra?                                                (1)

4.19      Die skrywer gebruik soms Engelse woorde in die roman.

          Wat, dink jy, was die skrywer se doel met die gebruik van al die Engelse
          woorde?                                                                           (1)
                                                                                            [35]

                                                             TOTAAL AFDELING A:             35

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          21                          DBE/November 2022
                                             NSS

AFDELING B: DRAMA

Beantwoord slegs EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

VRAAG 5: POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS I

MAMA. Bhuti Plank het geskrik toe hy sien hoe die manne in die van gelaai word, en
voor hulle by my huis gekom het, het hy gaan wegkruip in die hoenderhok. Hy het op
die grond gelê en sinkplate en sakke oor hom getrek, maar die poeliesse het sy voete
sien uitsteek en hom daar gekry.

Polisie reageer as hulle hom kry. Hulle pak hom beet, gooi hom dan weer neer.                5

STONE. Hy het nie baklei nie, net met sy dooie gewig hom teengesit. Hoendervere het
in sy hare bly steek en hy het geproes om die dons wat uit die hoenders loskom, uit sy
neus en sy mond te kry. Hy het gespoeg en gevloek.
MOSIE (vorentoe). Dit was vir die kinders lekker om te sien hoe hardloop die
grootmense vir die poeliesse weg. Jakkie het so gelag vir bhuti Plank toe die soldate 10
hom uit die hoenderhok uithaal waar hy wegkruip.

Jakkie en kinders begin te lag; boots bhuti Plank na.

POPPIE (swaai haar om na die laggende kinders; aan Jakkie). Hou op met lag!
Ek slaat jou dat jy vrek! (Draai terug na gehoor.) Dit was anders as die lag toe ons jonk
was vir oompie Pengi wat dronk is. Dit was nie die kinders se strike nie, dit was die 15
grootmense se strike. En die kinders het vir hulle gelag.

5.1        Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende
           woord(e) neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers
           (5.1.1 tot 5.1.4) neer.

           Poppie se ma en broers het (5.1.1) ... toe getrek, maar Poppie het in
           Lambertsbaai agtergebly om na (5.1.2) ... om te sien. Die (5.1.3) ... wou hê al
           die Xhosa-mense moes uit Lambertsbaai weggaan. Nadat Poppie by haar
           familie aangesluit het, was dit moeilik vir haar om werk te kry as gevolg van
           die (5.1.4) ...                                                                       (4)

5.2        Verduidelik hoekom bhuti Plank geskrik het toe hy gesien het hoe die ander
           manne deur die polisie gevang is. Gee TWEE redes.                                     (2)

5.3       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (5.3) neer.

          Stone is anders as die ander mans deur die polisie behandel omdat ...

          A     hy 'n pas gehad het.
          B     hy vriende met die polisie was.
          C     die polisie hom jammer gekry het.
          D     die polisie hom nie as 'n migrant beskou het nie.                                (1)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            22                               DBE/November 2022
                                               NSS

5.4       "boots bhuti Plank na." (Reël 12)

          Wat word met hierdie woorde bedoel?                                                           (1)

5.5       Die strikes het mense se lewens sleg beïnvloed.

          Kies die gevolg in KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (5.5.1 tot 5.5.4) neer.

                     KOLOM A                                    KOLOM B
          5.5.1       Poppie               A      ... het besef dat die jongmense die
                                                  grootmense vir die probleme blameer.
          5.5.2       Jakkie
                                           B      ... het besigheid verloor.
          5.5.3       Mosie
                                           C      ... het met ander mense oor werk baklei.
          5.5.4       Die migrants
                                           D      ... het 'n geliefde verloor.

                                           E      ... het ook ander verkeerde dinge begin
                                                  doen.
                                                                                    (4 x 1)             (4)

5.6       Stone het vir sy gesin gesorg.

          Sê waarom hierdie stelling WAAR is.                                                           (1)

5.7       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

          "Ek slaat jou dat jy vrek!" (Reël 14)

          Hieruit lei ons af dat Poppie oor Jakkie se optrede (ontevrede/verbaas) was.                  (1)

5.8       "POPPIE (swaai haar om na die laggende kinders; aan Jakkie)." (Reël 13)

          Waarom is hierdie toneelaanwysings effektief?                                                 (1)

5.9       Waarom kan 'n mens sê dat dit verkeerd van Jakkie was om vir bhuti Plank te
          lag?                                                                                          (1)

5.10       Lees weer die uittreksel.

           Waarom kan jy met Poppie se gesin simpatiseer oor die situasie waarin hulle
           hulself bevind?                                                                              (1)

5.11       Poppie het 'n moeilike lewe gehad.

           Watter lewensles kan jy by Poppie leer?                                                      (1)

                                               EN

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          23                        DBE/November 2022
                                             NSS

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS J

Ligte uit. Jakkie agter op – soos 'n haas vasgevang in kollig wat hom volg. Hy hardloop
in huis, gooi tafeldoek oor hom (soos Constance vroeër). Polisieman hardloop in.
Jakkie skiet hom. Die polisieman gryp na sy maag en val. In die gedrang om hom
ontvlug Jakkie.

MOSIE. Die poeliesman het gesond geword en dit het verligting in onse harte gebring, 5
maar Jakkie was nog op soek. En ons het geweet die poeliesse sou nie ophou soek
nie. Die poeliesse is kwaad as een van hulle mense geskiet is, hulle sal hom kry.
MAMA (huilend). Ons sal Jakkie nie weer sien nie, of ons sien hom lê in sy kis. Die
poeliesse sal hom doodslaan as hulle hom kry, of hulle sal hom neerskiet, want hy't 'n
rewolwer, hy's mos dangerous. Jakkie, my boesmanklonkie. Wat gaan van jou word?        10

Polisieman neem Mama weg.

MOSIE. Die nylon het gekom en vir Mama en Baby opgelaai. Hulle is weggeneem
selle toe. Hulle is vrae gevra waarvan hulle die antwoorde nie geweet het nie. Oor
Jakkie. Toe kom die C.I.D. vir Poppie ondervra by Mrs Swanepoel se huis.
POLISIEMAN. Waar is jou broer ... die een vir wie hulle sê Jakkie?                 15
POPPIE. Ek weet nie.
POLISIEMAN. Ons wil jou kinders se adres in Herschel weet.
POPPIE (baie ontsteld). Vir wat wil julle die adresse weet?
POLISIEMAN. Jou ma en suster sit in die tronk ...

5.12      Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE
          neer:

             Jakkie het 'n polisieman geskiet.
             Poppie het werk by Mrs Swanepoel gekry.
             Stone het gesterf terwyl Poppie in Mdantsane was.
             Poppie het haar dogters Herschel toe gestuur.                                     (4)

5.13      Noem DRIE redes waarom Poppie haar dogters Herschel toe gestuur het.                  (3)

5.14      "Wat gaan van jou word?" (Reël 10)

          5.14.1      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                      Uit hierdie woorde van Mama kan ons aflei dat sy (direk met Jakkie
                      praat/met haarself praat).                                                (1)

          5.14.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 5.14.1.                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            24                         DBE/November 2022
                                               NSS

5.15      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (5.15) neer.

          ''Hulle is weggeneem selle toe.'' (Reëls 12 tot 13)

          Hulle is selle toe gevat omdat ...

          A     hulle by die opstande betrokke was.
          B     die polisie hulle wou forseer om te praat.
          C     hulle Poppie nie wou terugstuur Ciskei toe nie.
          D     die polisie hulle teen die migrants wou beskerm.                                  (1)

5.16      Waarom is dit ironies dat Poppie gedink het dat haar kinders in Herschel nie
          deur die opstande in die Kaap geraak sou word nie?                                      (2)

5.17      Jakkie én Mosie was ongelukkig met hoe die mense hanteer is, maar het nie
          op dieselfde manier reageer nie.

          Hoe verskil Jakkie en Mosie se reaksies? In jou antwoord moet jy na Jakkie
          EN Mosie verwys.                                                                        (2)

5.18      "POLISIEMAN. Jou ma en suster sit in die tronk ..." (Reël 19)

          Waarom het die polisieman gedink dis nodig om Mama en Baby se situasie
          hier te noem?                                                                           (1)

5.19      Waarom kan 'n mens sê die karakters se taalgebruik maak die verhaal meer
          geloofwaardig?                                                                          (1)

5.20      Poppie se verhaal speel in 'n moeilike politieke era in Suid-Afrika af.

          Wat, dink jy, was die skrywer se doel om dié probleem as fokuspunt in die
          drama te gebruik?                                                                       (1)
                                                                                                  [35]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans FAL P1 Nov 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2022/4a28869c-bdc7-48b3-9f29-cfa7ca31cc7d) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2022/4d8fade4-887c-4a0e-9db9-c23f5e6dee66) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [Gr12 Afrikaans P2 (FAL) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-afrikaans-p2-fal-sep-2022-question-paper/80eb0dce-35fb-474b-aba8-bf1e19091f30) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May-June 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2022/f9577f6c-1445-4aca-91cc-19411cb3d2f1) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2021/da02e74c-b98c-4a0b-ad99-7fee322675fd) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2020/f4a85505-bf3c-4d21-9f1a-4ba27be67400) — Afrikaans FAL · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
