# Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC November 2023 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2023, 43 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2023/00639ad5-bea6-4957-b6d3-886759ef8b56
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 43

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC November 2023 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2023/00639ad5-bea6-4957-b6d3-886759ef8b56)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC November Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 43 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

                                   NOVEMBER 2023

PUNTE: 70

TYD: 2½ uur

                         Hierdie vraestel bestaan uit 43 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         2                              DBE/November 2023
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.        MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die
          INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommers van
          die vrae oor die tekste wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vrae en
          kies die vrae wat jy wil beantwoord.

2.        Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:

          AFDELING A: Roman                 (35)
          AFDELING B: Drama                 (35)
          AFDELING C: Kortverhale           (35)
          AFDELING D: Gedigte               (35)

3.        Beantwoord vrae in TWEE afdelings, soos volg:

          AFDELING A: ROMAN
          Beantwoord die vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

          AFDELING B: DRAMA
          Beantwoord die vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

          AFDELING C: KORTVERHALE
          Beantwoord die vrae oor TWEE kortverhale wat jy bestudeer het.

          AFDELING D: GEDIGTE
          Beantwoord die vrae oor TWEE gedigte wat jy bestudeer het.

4.        Gebruik die kontrolelys op bladsy 4 om jou te help.

5.        Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig.

6.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

7.        Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

8.        Bestee ongeveer 75 minute aan elke afdeling.

9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2     3                DBE/November 2023
                                        NSS

INHOUDSOPGAWE

Kies TWEE afdelings.

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord slegs EEN vraag.
                 VRAAGNOMMER                      PUNTE   BLADSYNOMMER
1. Kringe in 'n Bos                                 35          5

2.   Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom    35             9

3.   Meeulanders                                   35            13

4. Lien se Lankstaanskoene                         35            17

AFDELING B: DRAMA

Beantwoord slegs EEN vraag.
5. Poppie – Die Drama                              35            21

6.   Paljas                                        35            25

7.   Fiela se kind – Die Drama                     35            29

AFDELING C: KORTVERHALE

Beantwoord vrae oor AL TWEE kortverhale.
8.1 "Kom ons stuur vir Tasu"                       18            34
                                     EN
8.2 "Geluk in ongeluk"                             17            36

AFDELING D: GEDIGTE

Beantwoord vrae oor AL TWEE gedigte.
9.1 "Ken jy die see ..."                           18            39
                                        EN
9.2 "Sproeireën"                                   17            42

Kopiereg voorbehou                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          4                        DBE/November 2023
                                             NSS

KONTROLELYS

Gebruik die kontrolelys om te verseker dat jy die vereiste getal vrae beantwoord.

     AFDELING              VRAAGNOMMERS             GETAL VRAE             DUI AAN
                                                   BEANTWOORD                ()
A: Roman                               1–4              1

B: Drama                               5–7                1

C: Kortverhale                          8          1 (2 kortverhale)

D: Gedigte                    9               1 (2 gedigte)
LET WEL: Maak seker dat jy vrae oor slegs TWEE afdelings beantwoord het.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           5                           DBE/November 2023
                                              NSS

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord slegs EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

VRAAG 1: KRINGE IN 'N BOS – Dalene Matthee

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS A

  "Moenie so stoets wees nie, Arend! Dis julle hele ondergang, man!"
  "Julle? Jy praat van 'julle'. Wie is jy dan miskien? Van wanneer af sit 'n voël in twee
bome gelyk? En vir wat werk jy vir MacDonald?"
  "Vir wie werk julle miskien?" Hy moes Patterson weer 'n slag platdruk.
  "Hy mog ons hout koop, maar ons is nie aan hom verkoop nie!"                                5
  "Dis wat jy dink, Arend."
  "Ek weet wat ek dink, ek dink nog altyd jy's 'n verraaier."
  "Julle het my soos 'n wegwei-os gebrandmerk!" het die bitterheid skielik in Saul
opgekook. "Sit ek my voete in die Bos, word ek uitgeskel vir 'n verraaier, wat ek nie is
nie. Sit ek my voete op MacDonald se werf, word ek uitgeskel vir onnosel omdat ek uit         10
die Bos kom! Nou vra ek jou: Wie is ek?"
  "Jy moes dinge met jou pa reggemaak het!"
  "Dit sou nie reg gebly het nie."
  "Jou pa se span is kort van hande ... Jozef se vrou het laasweek 'n seun," voeg hy
afgetrokke by.                                                                                15
  "Ek het nie geweet nie, ek is bly vir sy part."
  "Hulle gaat hom Joram laat backsize."
  "Pa sal in sy skik wees ... Ek wonder maar net waar hy eendag gaan byl swaai?" Hy
het opsetlik skoor gesoek. "Soos julle aan die uitkap is, sal daar nie veel oor wees vir
die volgende geslag nie."                                                                     20

1.1       Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende
          woord(e) neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers
          (1.1.1 tot 1.1.4) neer.

          Saul het al amper (1.1.1) ... jaar by MacDonald gewerk toe almal oor die goud
          in die Bos begin praat het. (1.1.2) ... het vir Saul van die stories vertel.
          MacDonald wou hê Saul moes Patterson Bos toe vat. In die Bos het Patterson
          begin siek voel as gevolg van die (1.1.3) ... in die Bos. Nadat Saul hom uit die
          Bos gehelp het, het hy Patterson se (1.1.4) ... gekry. Dit het Saul se toekoms
          verander.                                                                               (4)

1.2       Waarom het die Bosmense Saul as 'n verraaier gesien?                                    (1)

1.3       "Van wanneer af sit 'n voël in twee bome gelyk?" (Reël 2 en 3)

          Verduidelik die figuurlike betekenis van Arend se woorde.                               (1)

1.4       "Julle het my soos 'n wegwei-os gebrandmerk!" (Reël 8)

          1.4.1       Watter beeldspraak kry ons in hierdie reël?                                 (1)

          1.4.2       Wat beteken dit binne die konteks van Saul se lewe?                         (1)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            6                             DBE/November 2023
                                               NSS

1.5       "Nou vra ek jou: Wie is ek?" (Reël 11)

          1.5.1       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                      Uit Saul se woorde teenoor Arend kan ons aflei dat Saul
                      (desperaat/aggressief) was.                                                    (1)

          1.5.2       Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.5.1.                                          (1)

1.6       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (1.6) neer.

          Saul het baie konflik oor sy werk by MacDonald ervaar, want ...

          A       hy het gevoel hy werk net om sy pa se skuld af te betaal.
          B       hy kon sy pa help om 'n beter prys vir sy hout te kry.
          C       hy het getwyfel of hy sulke lang ure sou kon werk.
          D       sy verhouding met Kate was vol uitdagings.                                         (1)

1.7       Saul en Maska het kontak verloor nadat Saul by MacDonald begin werk het.

          Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is.                                                      (1)

1.8       Arend het vir Saul gehelp om Patterson op 'n dra-slee uit die Bos te dra.

          Wat was die gevolg hiervan vir Arend?                                                      (1)

1.9       Arend het Saul daaraan herinner dat Joram se span hande kort. (Reël 14)

          Wat sou jy anders as Saul gedoen het as jy hierdie woorde van Arend gehoor
          het?                                                                                       (1)

1.10      Hoe het Arend in hierdie situasie gewys dat hy 'n goeie vriend vir Saul was?               (1)

1.11      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (1.11) neer.

          Een van die temas in die roman wat die duidelikste in reël 19 en 20 na vore
          kom, is ...

          A       uitbuiting van mense.
          B       swak menseverhoudinge.
          C       vernietiging van die natuur.
          D       gevaarlike werksomstandighede.                                                     (1)

1.12      Hoe slaag die skrywer daarin om jou in hierdie uittreksel jammer vir die
          Bosmense/houtkappers te laat voel?                                                         (1)

                                               EN

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            7                        DBE/November 2023
                                               NSS

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS B

  "Wat het Arend gesê?"
  "Hy't gesê jy is reg. Op die laaste moes ek vir hom 'n bloubokkie vang en die kop
oopkap ..." Dan is dit of hartseer nie die woorde wil laat verbykom nie.
  En dit voel vir Saul soos genade wat hom tref. "Ek is jammer, oom. Arend was 'n
goeie mens. Ons het lank gesels daardie nag."                                            5
  "Hy't my gesê."
  "Laat ons vrede maak, oom Martiens," sê Saul en buk om die kos, wat hy langs die
geld neergesit het, op te tel. "Laat ek darem aan die einde kan sê ek het een vriend in
die Bos agtergelaat. Ek vat die kos en oom vat die geld."
  "Waarheen is jy op pad, Saul?" Dis soos 'n besorgde vader sou vra.                     10
  "Ek is self nog nie seker nie, oom. Ek weet net ek moet aanhou loop tot bo in
Meulbos. Daar sal ek miskien weet."
  "Ek sal klein Martiens met jou saamstuur."
  Dis meer as die uitsteek van 'n hand; dis vryskelding, dis vertroue, en Saul moet die
deernis wat in hom wil losruk, vinnig keer. Nie nou nie!                                 15
  "Dis nie nodig nie, oom. Maar dankie. Vandag moet ek alleen loop."
  "Jy loop jou lewe lank nog alleen, Saul. Maar jy moet versigtig wees, Oupoot is in die
Bos."

1.13      Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE
          neer:

             Saul het Barkley besoek en op die Pictor geklim.
             Saul het na Oupoot gaan soek om hom te skiet.
             Saul het in Swellendam gaan meubels maak.
             Saul het vir ses jaar in die Bos gedelf.                                          (4)

1.14      Lees reël 7 tot 9.

          1.14.1     In watter ruimte speel hierdie uittreksel af?                              (1)

          1.14.2     Na wie verwys ''een vriend'' in reël 8?                                    (1)

1.15      Oom Martiens het vir Arend 'n bloubokkie se kop oopgekap.

          1.15.1     Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                     As die leser aan oom Martiens as houtkapper en Bosmens dink, is
                     hierdie optrede van hom (ironies/humoristies).                             (1)

          1.15.2     Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.15.1.                                     (1)

1.16      Joram en Martiens het albei met Saul oor Arend gepraat.

          Hoe het Martiens en Joram Saul verskillend hanteer? Jy moet in jou antwoord
          na Martiens en Joram verwys.                                                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2             8                           DBE/November 2023
                                                NSS

1.17      Een van die temas in hierdie roman is die skewe sirkel waarin die karakters
          vasgevang was.

          Kies die boodskap uit KOLOM B wat by die situasie in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.17.1 tot 1.17.4) neer.

                        KOLOM A                                    KOLOM B
          1.17.1     Saul kon nie die publieke        A   'n Mens moet besef dat mense
                     biblioteek op Knysna                 dikwels leuens vertel om meer
                     besoek nie.                          geld te maak.

          1.17.2     Kate het vir Saul Engels         B   'n Mens moet besef dat
                     geleer praat en lees.                vooroordeel sekere groepe
                                                          mense in sekere situasies uitsluit.
          1.17.3     MacDonald het teen die
                     Bosmense gediskrimineer.         C   'n Mens moet altyd glo wat jou
                                                          ouers jou leer.
          1.17.4     Saul was deel van die
                     sosiale kringe in Knysna.        D   'n Mens moet dankbaar wees as
                                                          iemand anders jou help om jou
                                                          opvoeding te verbeter.

                                                      E   'n Mens moet besef dat ander jou
                                                          dikwels aanvaar net omdat jy geld
                                                          het.
                                                                                    (4 x 1)          (4)

1.18      In reël 17 en 18 sê oom Martiens Saul moet versigtig wees, want Oupoot is in
          die Bos.

          Waarom kan ons sê dat Oupoot die simbool van iets positiefs in Saul se lewe
          was?                                                                                       (1)

1.19      In hierdie roman sluit die titel, inhoud en slot goed bymekaar aan.

          1.19.1     Waaroor, dink jy, gaan die roman as jy net na die titel kyk?                    (1)

          1.19.2     Hoe sluit die "kringe" aan by die dinge wat Saul in hierdie roman
                     gedoen het?                                                                     (1)

          1.19.3     Hoe het hierdie roman positief vir Saul geëindig?                               (1)
                                                                                                     [35]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           9                           DBE/November 2023
                                              NSS

VRAAG 2: DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM –
         Marita van der Vyver

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS C

  ''Hoekom wil die hele wêreld skielik vir ons kom kuier?'' vra ek.
  ''Vra dit,'' brom Beyers terwyl hy die bokse op die kombuistafel begin uitpak. ''Mens
sou sweer dis 'n blerrie hotel.''
  Dis die eerste keer van ons op die berg aangekom het dat hy in 'n slegte bui is. Ek
moet erken dit laat my nogal verlig voel. Ek het begin verveeld raak met al die 5
deuntjies uit The Sound of Music.
  ''Sy't nie 'n keuse nie, Bey. Sy's net vir drie weke in die land. As sy nie hierheen kom
nie, gaan sy ons glad nie sien nie.''
  ''Hoeveel onse is in jou pond?''
  Beyers plak die kruideniersware so driftig op die tafel neer dat Mana haastig nader 10
waggel om die houer met die eiers te red. Amos en Tibo skraap hulle velle papier net
so haastig bymekaar om te keer dat hulle kunswerke bederf word. Selfs Yann is uit sy
gewone bedwelming geskok. Hy laat sak sy boek op sy skoot, haal sy oorfone af en lig
sy swaar wenkbroue vraend.
  ''Dis julle ma,'' sê Beyers met 'n hulpelose skouerophaling.                             15
  Ek dog hy bedoel Mana. Watter ander ma is daar in hierdie huis? Maar dan sien ek
hy kyk na Yann en Amos.
  ''Sy't 'n boodskap gelos en ons het haar teruggebel,'' sê Mana terwyl sy die eiers
versigtig in 'n draadmandjie uitpak.

2.1       Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende
          woord(e) neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers
          (2.1.1 tot 2.1.4) neer.

          In die roman ontmoet ons hierdie aangelapte gesin. Hulle bly in (2.1.1) ...
          Volgens Hanna is (2.1.2) ... die beste man wat haar ma nog ooit gehad het.
          Hanna het vir Fabienne, haar (2.1.3) ..., geskep. Hanna se biologiese pa wou
          graag vir Hanna se (2.1.4) ... verjaarsdag kom kuier.                                   (4)

2.2       Waarom het Margot vir drie weke Suid-Afrika toe gekom?                                  (1)

2.3       Margot het gevra of sy by die gesin op die berg kon kom kuier.

          Wat was die gevolg hiervan vir Yann en Amos?                                            (1)

2.4       ''As sy nie hierheen kom nie, gaan sy ons glad nie sien nie.'' (Reël 7 en 8)

          2.4.1       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                      Hierdie opmerking van Mana oor Margot is (ironies/sarkasties).              (1)

          2.4.2       Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.4.1.                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2             10                        DBE/November 2023
                                                NSS

2.5       ''Hoeveel onse is in jou pond?'' (Reël 9)

          2.5.1       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                      Uit hierdie vraag van Beyers kan ons aflei dat hy (tevrede/
                      geïrriteerd) met hierdie hele situasie was.                                  (1)

          2.5.2       Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.5.1.                                        (1)

2.6       Hoe verskil Mana en Margot se karakters soos ons hulle aan die begin van die
          roman leer ken? Jy moet in jou antwoord na Mana en Margot verwys.                        (2)

2.7       Een van die temas in hierdie roman is om jouself te aanvaar.

          Kies die boodskap uit KOLOM B wat by die situasie in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (2.7.1 tot 2.7.4) neer.

                         KOLOM A                                  KOLOM B
          2.7.1       Hanna se Afrikaans-             A   'n Mens moet besef dat geld nie
                      onderwyser het vir haar             geluk kan koop nie.
                      komplimente oor haar
                      skryfwerk gegee.                B   'n Mens moet besef dat jou
                                                          opinie oor jouself nie altyd is
          2.7.2       Margot het moeite gedoen            hoe ander mense jou sien nie.
                      met Hanna op haar
                      verjaardag.                     C   'n Mens moet die talente wat jy
                                                          ontvang het, gebruik.
          2.7.3       Gavin het Hanna 'n
                      fabulous creature genoem.       D   'n Mens moet gereeld oefening
                                                          doen om gelukkig te wees.
          2.7 4       Sharon het die eenvoudige
                      lewe op die berg geniet.        E   'n Mens moet leer om jou nie
                                                          aan ander mense se opinies oor
                                                          mense te steur nie.

                                                                                     (4 x 1)       (4)

2.8       ''Mens sou sweer dis 'n blerrie hotel.'' (Reël 2 en 3)

          Wat sou jy anders voor die kinders gedoen het as jy Beyers was?                          (1)

                                                EN

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2             11                          DBE/November 2023
                                                NSS

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS D

  Eintlik het ek mos al vroeër langs die helikopter die eerste borrels in my maag
gevoel. Waar al my beste idees altyd begin.
  Ek gaan daardie roman skryf wat ek vir die koningin belowe het. Maar ek gaan nie
oor 'n fabelagtige skepsel soos Fabienne skryf nie. Ek het so 'n gevoel ek is vir altyd
klaar met Fabienne en haar fantastiese tande. (Ek het ook so 'n gevoel juffrou 5
Liebenberg sal vreeslik verlig wees om dit te hoor.) Ek gaan 'n storie skryf oor 'n
gemiddelde vaal meisiekind met 'n onwaarskynlike ma en 'n selfs meer onwaarskynlike
pa.
  Ek sal sorg dat daar vir Margot Jordan ook 'n rol is om te speel. 'n Fassinerende
moederfiguur. Iets soos tussen 'n bose heks en 'n goeie fee. En vir my beeldskone 10
beste vriendin. En ag, nou ja, ek sal seker nie my irriterende stiefbroer uit die storie kan
hou nie, nè?
  Hulle sal almal in my boek wees. Hoe het Beyers nou weer vanoggend gesê?
Honde, kinders, grootmense. Selfs die suster vir wie ek so lank gewag het. Amanzi of
Kwakwa of Water of wat haar naam ook al gaan wees.                                           15
  Terwyl my pa met uitgestrekte arms en rukkende heupe op die kombuistafel dans,
sien ek die titel soos in 'n visioen. Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom.
'n Ware verhaal.

2.9       Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE
          neer:

             Sharon se pa het 'n helikopter gereël.
             Gavin het almal saam konsert laat hou.
             Die hele gesin het met Ditjie se geboorte gehelp.
             Margot het vir die gesin hulle Tarot-kaarte gelees.                                   (4)

2.10      " ... die eerste borrels in my maag gevoel." (Reël 1 en 2)

          Verduidelik die figuurlike betekenis van Hanna se gedagtes.                               (1)

2.11      "Ek gaan daardie roman skryf wat ek vir die koningin belowe het." (Reël 3)

          2.11.1      Watter beeldspraak kry ons in die onderstreepte woord in hierdie
                      reël?                                                                         (1)

          2.11.2      Wat beteken dit binne die konteks van die roman?                              (1)

2.12      Dink aan die hele uittreksel.

          2.12.1      Na watter ruimte verwys dit?                                                  (1)

          2.12.2      Na wie verwys ''irriterende stiefbroer'' in reël 11?                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           12                          DBE/November 2023
                                              NSS

2.13      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (2.13) neer.

          Hanna het baie innerlike konflik oor haar voorkoms gehad, want ...

          A     Sharon was baie mooier as sy.
          B     Amos en Tobo het haar gereeld gespot.
          C     sy het gedink sy is nie goed genoeg vir Yann nie.
          D     sy het net gefokus op die dinge wat verkeerd was.                                    (1)

2.14      Hanna was jaloers op die nuwe babadogtertjie.

          Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is.                                                      (1)

2.15      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (2.15) neer.

          Een van die temas in die roman wat die duidelikste in reël 16 en 17 na vore
          kom, is ...

          A     die kanse wat 'n goeie skryftalent jou bied.
          B     aanvaarding van jou eie gesinslewe.
          C     die nakoming van beloftes.
          D     die afskeid van geliefdes.                                                           (1)

2.16      ''... met 'n onwaarskynlike ma en 'n selfs meer onwaarskynlike pa.''
          (Reël 7 en 8)
                                                                                                     (1)
          Waarvan is die beskrywing van Hanna se ouers simbolies in Hanna se lewe?

2.17      Watter goeie voorbeeld het Gavin vir jou gestel terwyl hy saam met Hanna-
          hulle op die berg was?                                                                     (1)

2.18      Hoe slaag die skrywer daarin om jou in hierdie uittreksel te laat dink dat
          Hanna régtig 'n ware verhaal gaan skryf?                                                   (1)

2.19      In hierdie roman sluit die titel, inhoud en slot goed bymekaar aan.

          2.19.1     Waaroor, dink jy, gaan die roman as jy net na die titel kyk?                    (1)

          2.19.2     Hoe sluit dit wat in die roman rondom Ditjie se geboorte gebeur het,
                     by hierdie titel aan?                                                           (1)

          2.19.3     Hoe het hierdie roman positief vir Mana geëindig, as ons haar doel
                     met die wittebrood op die berg in gedagte hou?                                  (1)
                                                                                                     [35]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          13                       DBE/November 2023
                                             NSS

VRAAG 3: MEEULANDERS – Esta Steyn

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS E

  ... "Asseblief, Mama-Meeu. Die kaptein sal my laat loop as hy weet."
  Sy bly verbouereerd staan. Sy kyk hom ongelowig aan, asof sy nog nie kan begryp
dat die bondeltjie 'n klein, lewende babatjie is nie.
  "Hoe't jy hom hier gekry?"
  "Ek het hom vanmiddag saamgebring. In die sak."                                          5
  In die sak! Sy sit haar hand voor haar mond.
  "Jannerik, ek weet nie of jy die kleintjie hier sal kan hou nie."
  "Ja, Mama-Meeu. Maar dis net tot volgende Vrydag toe. My suster, Ousanna Siener,
gaan in Kaap toe. Sy't kakkerjakke op die oë en haar traanklier het opgedroog. Sy gaan
met die kliniek se vantjie in. Sy kom volgende Vrydag weer terug. Dan sal sy ... of        10
miskien is Doreen-hulle dan ook al terug."
  "Weet Doreen?"
  Hy skud sy kop. "Niemand weet nie. Net ek en Ousanna."
  "Waar is Doreen-hulle?"
  "Na Reggie se broer, Billy, toe. Hoog op in Suidwes. Ons kon hulle nie in die hanne      15
kry vir die begrafnis nie."
  Ryna neem die kind by Jannerik. Die ogies is nou toe en die mondjie suig desperaat
aan die fopspeentjie. Die digte swart haartjies staan penorent op die kroontjie. Die
gesiggie is rooierig. Die asempie jaag nog effens van die geskreeu, wat nou bedaar
het. Jannerik kyk dankbaar na Ryna.                                                        20
  "My magoed was so te sê spierwit uitgebaster. Nou het dit jeentemal deurgeslat ..."

3.1       Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende
          woord(e) neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers
          (3.1.1 tot 3.1.4) neer.

          Ryna van Rensburg het na haar seun, (3.1.1) ..., se dood besluit om met 'n
          nuwe lewe te begin. Sy het 'n pos aanvaar om vir (3.1.2) ... jaar op Meeuland
          te gaan werk. Meeuland is 'n eiland naby die dorpie, (3.1.3) ... Met Ryna se
          aankoms op hierdie dorpie het sy vir ant Hansie ontmoet. Nadat Ryna die
          gesprek tussen ant Hansie en die kaptein van Meeuland gehoor het, het Ryna
          (3.1.4) ... gevoel.                                                                  (4)

3.2       Dink aan die hele uittreksel.

          3.2.1      Na watter ruimte verwys dit?                                              (1)

          3.2.2      Na wie verwys "Mama-Meeu" in reël 1?                                      (1)

3.3       Kinnie het vir niemand vertel dat sy swanger is nie.

          Wat was die gevolg hiervan vir die baba?                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2              14                         DBE/November 2023
                                                 NSS

3.4       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (3.4) neer.

          Een van die temas in die roman wat die duidelikste in hierdie uittreksel na
          vore kom, is dat mense ...

          A       mekaar in tye van nood moet help.
          B       maklik hulle rug op moeilike situasies draai.
          C       die kans moet kry om hulleself weer te vind.
          D       dink dis genoeg as jy kinders net fisies versorg.                                  (1)

3.5       Waarom het almal na Ousanna as die Siener verwys?                                          (1)

3.6       Jacob het met Jannerik geraas toe hy die baba by Ryna sien.

          Wat sou jy anders gedoen het as jy Jacob was?                                              (1)

3.7       Jannerik het gedink dat net hy en Ousanna van die baba geweet het, maar
          Kinnie het vir ander mense ook vertel.

          Sê waarom hierdie stelling WAAR is.                                                        (1)

3.8       Elsabet se eie baba is onder moeilike omstandighede op die eiland gebore.

          Hoe het Jacob en Jannerik verskillend op hierdie krisis gereageer? Jy moet in
          jou antwoord na Jacob en Jannerik verwys.                                                  (2)

3.9       Een van die temas in hierdie roman is dat jou keuses ander mense se lewens
          beïnvloed.

          Kies die boodskap uit KOLOM B wat by die situasie in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (3.9.1 tot 3.9.4) neer.

                          KOLOM A                                   KOLOM B
          3.9.1       Ryna se man het sy doen          A   'n Mens moet respek hê vir die
                      en late van haar af                  huwelik.
                      weggehou.
                                                       B   'n Mens moet besef dat die
          3.9.2       Ant Hansie het baie mense            waarheid jou vrymaak.
                      met liefde in haar huis
                      versorg.                         C   'n Mens moet nooit glo dat jy
                                                           iemand anders ten volle kan ken
          3.9.3       Jacob, Jannerik en Ryna              nie.
                      het 'n geheim gehad.
                                                       D   'n Mens moet altyd glo dat daar
          3.9.4       Deur sy optrede het Fred             nog 'n kans op geluk is.
                      verskeie vrouens se
                      lewens verwoes.                  E   'n Mens moet altyd daar wees vir
                                                           die mense wat jy liefhet.
                                                                                      (4 x 1)        (4)

                                                EN
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2              15                      DBE/November 2023
                                                 NSS

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS F

   ... Sy sprei haar arms oop en haar liggaam ruk agtertoe voordat sy vooroor val en bly
lê.
   "Ek sal jou kry, Skalla!" roep Jacob rasend oor die water, terwyl die bootjie wegvaar
en een word met donkerte en see.
   "God, help! My kind!"                                                                 5
   Dis Daniel wat haar in sy arms optel terwyl haar bloed oor sy klere stroom.
Daardie aand het Ryna 'n ander faset van Jacob ontdek. Hy was 'n gekweste dier met
wilde swart oë waaruit 'n oerhaat gestraal het, sodat sy bang was om naby hom te
kom. Hy, wat altyd die een was om in 'n noodgeval op te tree, het eenkant bly staan,
asof hy nie deel was van die bloedbevlekte Oukersaand nie. Dit was sy en Attie wat 10
die drukverbande op die wond geplaas het. Dit was Jannerik wat vir Geelbek geroep
het. Dit was Daniel wat hulle goed haastig ingepak het. En deur dit alles het die
Kersboom se liggies bly flikker, aan en af, rooi, geel, blou en Attie het vergeet om sy
Kersvaderpak uit te trek.
   Dokter Alwyn du Toit het saam met die Meeuw gekom. Hulle het die bewustelose 15
liggaampie in die net geplaas en met 'n spesiale katrol op die dek gelaai. Jacob en
Ryna en Daniel het saamgegaan. In die skipperskajuit het die geveg om Janka se
lewe begin: 'n Draagbaar, suurstofapparaat, 'n drup.

3.10      Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE
          neer:

             Attie het werk op 'n diamantboot gekry.
             Elsabet het op die Sheila's Song 2 in 'n storm beland.
             Jacob is tronk toe gestuur.
             Ryna is Kaap toe vir haar boekbekendstelling.                                       (4)

3.11     "Ek sal jou kry, Skalla!" (Reël 3)

         3.11.1      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                     Hierdie woorde van Jacob dui daarop dat Jacob (sy dreigement sou
                     uitvoer/Skalla sou uitlos).                                                  (1)

         3.11.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.11.1.                                       (1)

3.12      "Hy was 'n gekweste dier." (Reël 7)

          3.12.1     Watter beeldspraak kry ons in hierdie reël?                                  (1)

          3.12.2     Wat beteken dit binne die konteks van hierdie uittreksel?                    (1)

3.13      ''... oë waaruit 'n oerhaat gestraal het ...'' (Reël 8)

          Hoe is hierdie oerhaat simbolies van die verhouding tussen Jacob en Skalla?             (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           16                            DBE/November 2023
                                              NSS

3.14      "... die bloedbevlekte Oukersaand ..." (Reël 10)

          Verduidelik die figuurlike betekenis van hierdie woorde.                                   (1)

3.15      Daar was baie mense wat gewag het toe die Meeuw die gewonde Janka
          afgelaai het. Tussen al hierdie mense het Ryna dadelik Fred se bekommerde
          gesig raakgesien.

          3.15.1     Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                     Hierdie reaksie van Ryna was (ironies/simpatiek).                               (1)

          3.15.2     Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.15.1.                                          (1)

3.16      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (3.16) neer.

          Ryna het baie innerlike konflik oor Janka gehad, want ...

          A     sy was bang dat Janka dalk kon sterf.
          B     sy was bang sy sou nooit weer vir Janka sien nie.
          C     Fred het die reg gehad om te weet dat Janka sy kind was.
          D     Fred kon dalk besluit om Janka weg te hou van Jannerik af.                           (1)

3.17      Watter goeie voorbeeld het Daniel in hierdie situasie vir jou gestel?                      (1)

3.18      Hoe slaag die skrywer daarin om die krisissituasie te beskryf?                             (1)

3.19      In hierdie roman sluit die titel, inhoud en slot goed bymekaar aan.

          3.19.1     Waaroor, dink jy, gaan die roman as jy net na die titel kyk?                    (1)

          3.19.2     Hoe sluit dit wat in die verhaal gebeur, aan by wat die eiland vir
                     Ryna beteken het?                                                               (1)

          3.19.3     Hoe het hierdie roman positief vir Jannerik geëindig?                           (1)
                                                                                                     [35]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            17                        DBE/November 2023
                                               NSS

VRAAG 4: LIEN SE LANKSTAANSKOENE – Derick van der Walt

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS G

  ʺMoet net nie jou panty kou nie,ʺ sê Sally sonder om haar kop te draai. Sy staan op.
ʺEk het al klaar al die life skills wat ek wil hê. Call me if you need me.ʺ Sy stap met
swaaiende heupe in die rigting van die kleedkamer. Lae nikotienvlak, vermoed Lien.
   ʺLetʹs get this over with,ʺ sê die vale Miemie Spies en pluk meneer Bruwer se
spyskaart uit Lien se hande. Sy gaan sit op die stoeptrappie in die son en krap met ʹn 5
pers pen op die dokument.
   Lien is verlig. Sy is bly sy hoef nie die leiding te neem nie.
   ʺKen jy ʹn prokureur?ʺ vra Miemie onverwags. Die vraag betrap Lien onkant. Sy kyk
ʹn paar oomblikke sprakeloos na Miemie. Sy skud haar kop stadig heen en weer. Is dit
nou hier waar die haan moet kraai? wonder sy.                                                10
   ʺMy pa se prokureur is ʹn regte perv, maar ek sal hom bel,ʺ gaan Miemie voort asof
sy nie Lien se ongemak agterkom nie. Sy maak ʹn paar merkies met haar pers pen op
die dokument.
   "Lien, dis vir jou. Jy moet op die Internet gaan kyk wat die universiteite wil hê. Ek sal
my pa se prokureur bel, en Hein, jy moet 'n draai by 'n firma in die stad maak. Ons los 15
maar vir Sally."

4.1       Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende
          woord(e) neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers
          (4.1.1 tot 4.1.4) neer.

          Nadat Lien se pa in die tronk beland het omdat hy geld (4.1.1) ... het, moes
          die Joostegesin trek. So het Lien en Braam in Hoërskool (4.1.2) ... beland. Op
          Lien se eerste dag by die skool het sy vir (4.1.3) ... ontmoet. Hulle het goeie
          vriende geword. Toe Lien moes begin bedel om (4.1.4) ... vir die huishouding
          te verdien, het sy vriende buite die skool ook gemaak.                                 (4)

4.2       ʺ 'Moet net nie jou panty kou nie,' sê Sally ..." (Reël 1)

          Verduidelik die figuurlike betekenis van Sally se woorde.                              (1)

4.3       Lien en Sally was in dieselfde groep. Hoe het Sally se optrede teenoor Lien
          hier verskil van hoe sy later teenoor Lien opgetree het? Jy moet in jou
          antwoord na hier en later verwys.                                                      (2)

4.4      ''Sy is bly sy hoef nie die leiding te neem nie.'' (Reël 7)

         4.4.1       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                     As ons dink aan alles wat Lien in hierdie roman moes doen, is haar
                     gedagtes hierbo (sarkasties/ironies).                                        (1)

         4.4.2       Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.4.1.                                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2             18                         DBE/November 2023
                                                NSS

4.5       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (4.5) neer.

          Miemie se vraag in reël 8 het innerlike konflik by Lien veroorsaak, want sy ...

          A       het gevoel Sally doen nie haar deel nie.
          B       was bang die waarheid oor haar pa kom uit.
          C       was kwaad omdat sy aan die groepstaak moes deelneem.
          D       het gedink as leier moes Miemie nie so 'n vraag vir haar vra nie.                 (1)

4.6       Waarom wou Miemie haar pa se prokureur bel?                                               (1)

4.7       Meneer Bruwer het vir Lien-hulle 'n taak gegee oor hulle toekomstige
          beroepe.

          Wat was die gevolg hiervan vir Lien?                                                      (1)

4.8       Een van die temas in hierdie roman is dat mense mekaar nodig het.

          Kies die boodskap uit KOLOM B wat by die situasie in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (4.8.1 tot 4.8.4) neer.

                        KOLOM A                                   KOLOM B
          4.8.1       Braam het Lien met niks        A   'n Mens moet die geleenthede wat
                      gehelp nie.                        oor jou pad kom, goed gebruik.

          4.8.2       Tannie Bets het gehelp         B   'n Mens moet jou talente gebruik.
                      sonder dat Lien-hulle
                      gevra het.                     C   'n Mens moet uitspring en self
                                                         dinge doen.
          4.8.3       Miemie het afwesige
                      ouers gehad.                   D   'n Mens moet ander se hulp
                                                         waardeer.
          4.8.4       Tibbey het positief na die
                      lewe gekyk.                    E   'n Mens moet besef dat baie geld
                                                         nie beteken dat jy gelukkig is nie.
                                                                                      (4 x 1)       (4)

4.9       ''Ons los maar vir Sally." (Reël 15 en 16)

          Wat sou jy anders gedoen het as jy Miemie was?                                            (1)

4.10      In die roman gee Lien vir die mense om haar allerhande name oor hoe hulle
          lyk.

          Watter slegte voorbeeld het Lien hiermee vir jou gestel?                                  (1)

                                                EN

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            19                         DBE/November 2023
                                               NSS

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS H

... Sy kan omtrent nie deur die trane sien nie terwyl sy na haar hoek toe loop. Hy gaan.
Hy gáán, Hein.

Die oggend wil nie verbygaan nie. Dis warm en sy wens die ure om. Sy hoor kort-kort
'n gelag en 'n getoet by Entertainment Corner. Sy kyk gereeld om, maar sy is te ver om
te hoor wat gebeur. Sy sien Tibbey waai die Bloubul-vlag asof sy lewe daarvan 5
afhang.
  Toe sy hom elfuur vir hulle tea break gaan haal, wil hy nie dat sy hom stoot nie.
  ''Los my. I can do it!'' sê hy ongeduldig. Hy is nie vriendelik nie, maar sy oë blink. Sy
stap agter hom aan na die akasiaboom. Hy sukkel om van die sypaadjie af te kom,
maar hy wil nie hê dat sy hom moet help nie.                                                10
  Roos werk nie vandag nie en hulle sit in stilte en kyk na die karre wat by hulle
verbystroom. Waar gaan almal heen? wonder Lien. Elkeen het iewers 'n lewe. Tibbey
drink tydsaam aan die Coke wat sy vir hom saamgebring het, sy oë stip op die
verkeer. Sy hou hom onderlangs dop terwyl sy aan haar appel kou.
  Hy draai skielik om in sy karretjie en kyk na haar. Sy hou vir 'n oomblik op kou.         15
  ''You are a true friend, Lieen Djôste, a real blerrie true friend.'' Lien kou verder.

4.11      Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE
          neer:

             Lien het 'n pruik en 'n brilletjie geleen.
             Lien het vir haar gemaklike skoene gaan koop.
             Lien het gesien hoe 'n vrou by Pick-n-Pay bedel.
             Roos het vir Lien goeie raad gegee oor hoe om te bedel.                              (4)

4.12      Lees reël 1 en 2.

          4.12.1     Na watter ruimte verwys ''haar hoek'' in reël 1?                              (1)

          4.12.2     Na wie verwys ''hy'' in hierdie reëls?                                        (1)

4.13      ''Hy gaan. Hy gáán, Hein.'' (Reël 1 en 2)

          4.13.1     Watter stylfiguur kry ons in hierdie reëls?                                   (1)

          4.13.2     Wat sê dit vir ons binne die konteks van hierdie uittreksel?                  (1)

4.14      ''Sy hoor kort-kort 'n gelag en 'n getoet by Entertainment Corner.'' (Reël 3
          en 4)

          4.14.1     Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                     Uit die gelag en getoet kan ons aflei dat (Tibbey se karretjie in die
                     mense se pad was/die mense bly was om Tibbey weer te sien.)                   (1)

          4.14.2     Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.14.1.                                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            20                            DBE/November 2023
                                               NSS

4.15      Lien wou nie hê dat die mense by die skool moes weet sy is vriende met Roos
          en Tibbey nie.

          Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is.                                                      (1)

4.16      ''Hy draai skielik om in sy karretjie en kyk na haar.'' (Reël 15)

          Waarom kan ons sê dat Tibbey se ''karretjie'' die simbool van iets positiefs in
          sy lewe was?                                                                               (1)

4.17      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
          (A–D) langs die vraagnommer (4.17) neer.

          Een van die temas in die roman wat die duidelikste in hierdie uittreksel na
          vore kom, is ...

          A     bedelary.
          B     uitbuiting.
          C     alkoholisme.
          D     ondersteuning.                                                                       (1)

4.18      Hoe slaag die skrywer daarin om vir die leser te wys dat Tibbey alles wat hy
          doen, met sy hele hart doen?                                                               (1)

4.19      In hierdie roman sluit die titel, inhoud en slot goed bymekaar aan.

          4.19.1     Waaroor, dink jy, gaan die roman as jy net na die titel kyk?                    (1)

          4.19.2     Hoe sluit die "lankstaanskoene" aan by die dinge wat Lien in hierdie
                     roman gedoen het?                                                               (1)

          4.19.3     Hoe weet jy dat hierdie roman positief vir Christien Jooste geëindig
                     het?                                                                            (1)
                                                                                                     [35]

                                                                  TOTAAL AFDELING A:                 35

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          21                          DBE/November 2023
                                             NSS

AFDELING B: DRAMA

Beantwoord slegs EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

VRAAG 5: POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS I

HOEDJIE (beweeg opgewonde na groep). Hoe sit julle dan so? Weet julle nie van die
troewelheid in die lokasie nie? Die mense gaan strike vir die moeilikheid met die paste
en die permits na Langa. En vir pound a day.
Ander reageer. Ad lib.
STONE. Ek het gehoor hulle maak 'n plan vir 'n vergadering, maar ek het nie krag om 5
soontoe te gaan nie.
Ander neem hom kwalik. Ad lib.
POPPIE (staan op; direk aan hulle). Laat staan vir julle swaertjie. Kan julle nie sien hy
is siek nie? Die dokter wil hom hospitaal toe stuur. Mosie ... bhuti Plank ... los julle
maar ook die vergaderings uit! (Draai na die gehoor en kom vorentoe. Lig slegs op 10
haar.) Dit was nie 'n kwessie van of jy voel vir die strike of nie. 'n Strike is mos so. Jy's
in die strike, anders is jy in gevaar, dan dink die mense jy's 'n spy. Die mense het die
eerste dag na die poeliesstasie gemarch en hulle paste weggebring, party het hulle
gaan brand, anders het dit op 'n hoop gegooi. Ek het by die huis gebly met die kinders
en die siek man. Hulle het gesê die pass-laws is te swaar en die geld is te min. Daai 15
tyd het die poeliesse sommer twaalfuur in die nag in die huis ingekom en ge-demand:
WIT POLISIEMAN. Iphi idompas? Waar is jou pas?
Almal se koppe draai in rigting van die stem.

5.1       Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende
          woord(e) neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers
          (5.1.1 tot 5.1.4) neer.
          In 1953 het Poppie met Stone getrou, 'n man uit die (5.1.1) ... Hulle het vyf
          kinders gehad. Hulle oudste seun se naam was (5.1.2) ... Poppie se grootste
          moeilikheid het begin met die (5.1.3) ... op die pasboeke wat hulle in die Kaap
          nodig gehad het. Die eerste opstande teen hierdie wet het in (5.1.4) ... in die
          Kaap plaasgevind.                                                                      (4)

5.2       ''HOEDJIE (beweeg opgewonde na groep)." (Reël 1)
          5.2.1      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
                     Hoedjie se opgewondenheid in hierdie situasie is (ironies/komies).          (1)
          5.2.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 5.2.1.                                       (1)

5.3       Stone was siek.
          Hoe het Poppie en Stone verskil oor Stone se werk by die melkery in Philippi?
          Jy moet in jou antwoord na Poppie en Stone verwys.                                     (2)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2              22                         DBE/November 2023
                                                 NSS

5.4       Stone het nooit regtig gesond geword nie.

          Wat was die gevolg hiervan?                                                                (1)

5.5       Waarom was Hoedjie so bekommerd oor Poppie wat nie die regte papiere
          gehad het nie?                                                                             (1)

5.6       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (5.6) neer.

          Die strikes het innerlike konflik by die mense veroorsaak, want hulle het nie ...

          A       respek vir die polisie gehad nie.
          B       geweet wat die regte ding was om te doen nie.
          C       altyd geweet waaroor die strikes gegaan het nie.
          D       vervoer gehad om hulle paste by die kantore te hernu nie.                          (1)

5.7       Waarvan was die paste 'n simbool vir werkende mense?                                       (1)

5.8       Een van die temas in hierdie drama is die onreg aan mense.

          Kies die boodskap uit KOLOM B wat by die situasie in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (5.8.1 tot 5.8.4) neer.

                         KOLOM A                                  KOLOM B
          5.8.1      Poppie se pa het die gesin A         'n Mens moet leer om te vergewe.
                     verlaat.
                                                B         'n Mens moet soms baie dinge
          5.8.2      Poppie het nie skool                 opoffer om die beste vir jou gesin
                     klaargemaak nie.                     te kan gee.

          5.8.3      Poppie moes baie lang            C   'n Mens moet praat wanneer jy
                     ure werk om haar gesin te            sien dat dinge nie reg is nie.
                     kon versorg.
                                                      D   'n Mens wil graag in moeilike
          5.8.4      Poppie se kleinseun is               situasies op jou familie kan
                     deur 'n dwaalklip getref.            staatmaak.

                                                      E   'n Mens kry nie altyd die
                                                          geleentheid om jou potensiaal te
                                                          ontwikkel nie.
                                                                                     (4 x 1)         (4)

5.9       Aan die einde van die strike in Nyanga het Poppie haar eie lewe in gevaar
          gestel.

          Wat sou jy anders gedoen het as jy Poppie was?                                             (1)

5.10      Watter voorbeeld van verantwoordelikheid het Poppie in die situasie met die
          strikes vir jou gestel?                                                                    (1)

                                                 EN

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2             23                       DBE/November 2023
                                                NSS

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS J

POPPIE. Die kinders sal moet sien lat hulle regkom. Oor alles het ek gekom, maar nou
het ek geleer, hieroor kan ek nie kom nie. Want dis nou uit my hande uit geneem, dis
nou oorgegee in my kinders se hande. Dis nou my kinders wat voortgaan. Vrede sal
daar nie kom nie. Self dié wat vrede wil hê, word ingesleep in die moeilikheid. Daaraan
sal ons maar gewoond moet word. Daaraan kan ons niks doen nie. Maar God is my 5
getuie, ek het die moeilikheid nie gesoek nie. Van die begin af was dit nie ek wat die
moeilikheid gesoek het nie. Here, waar is dit dan lat ek uit jou pad gedraai het? (Sy
vee haar oë, waaruit daar nog nie trane gekom het nie, met haar sakdoek af, asof sy
die onduidelikheid daaruit wil vee.) As die Here wil lat jy gaan, sal jy gaan, as die Here
wil lat jy bly, sal jy bly. As die Here gewil het dat Jakkie moet gaan, moes hy gaan. En 10
as my kinders in die ding gesleep moes worde, dan is dit waartoe hulle gebore is.
En wie kan uit hulle pad neem dit waarvoor hulle gebore is?

Spelers sing "Nkosi sikelel' iAfrika" soos 'n gebed.

5.11       Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE
           neer:

             Bonsile het 'n meisie swanger gemaak.
             Jakkie het moeilikheid met die polisie gehad.
             Poppie het haar dogters Herschel toe gestuur.
             Die city-borners en die migrants het met mekaar baklei.                              (4)

5.12      Lees die hele uittreksel.

          5.12.1      In watter ruimte speel hierdie uittreksel af?                                (1)

          5.12.2      Waarna verwys die ''hieroor'' in reël 2?                                     (1)

5.13      In hierdie uittreksel praat Poppie met die gehoor.

          5.13.1      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                      Uit Poppie se woorde lei ons af dat sy (aanvaar wat gebeur het/
                      ontevrede is met die Here).                                                  (1)

          5.13.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 5.13.1.                                       (1)

5.14      ''... lat ek uit jou pad gedraai het?'' (Reël 7)

          Verduidelik die figuurlike betekenis van Poppie se woorde.                               (1)

5.15      ''En wie kan uit hulle pad neem dit waarvoor hulle gebore is?'' (Reël 12)

          5.15.1      Watter stylfiguur kry ons in hierdie reëls?                                  (1)

          5.15.2      Wat beteken dit binne die konteks van die uittreksel?                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans FAL P1 Nov 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2023/7f6db4f4-3355-49ea-8d80-d260b19660e0) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2023/2d9901cd-7eac-47a3-95a4-d19000ec9a60) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans P2 (FAL) 2021 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-fal-2021-qp/46a5b8c1-2aa3-4621-aa5c-0325e2c4a129) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans P2 (FAL) QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-fal-qp/f70fc97b-a6dd-4da3-ba07-3a9f660a5abc) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2021/da02e74c-b98c-4a0b-ad99-7fee322675fd) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans P2 2021 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-2021-memo/fa39593a-6800-4788-88d4-bfdf1e468aa8) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
