# Afrikaans FAL Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the November 2024 NSC, 44 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2024/689e01b0-969a-4804-9254-c021c1391fd3
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: November 2024 NSC
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 44

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2024/689e01b0-969a-4804-9254-c021c1391fd3)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024 · Afrikaans. Question paper, 44 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

                                   NOVEMBER 2024

PUNTE: 70

TYD: 2½ uur

                         Hierdie vraestel bestaan uit 44 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2         2                              DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.        MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die
          INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommers van
          die vrae oor die tekste wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vrae en
          kies die vrae wat jy wil beantwoord.

2.        Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:

          AFDELING A: Roman                 (35)
          AFDELING B: Drama                 (35)
          AFDELING C: Kortverhale           (35)
          AFDELING D: Gedigte               (35)

3.        Beantwoord vrae in TWEE afdelings, soos volg:

          AFDELING A: ROMAN
          Beantwoord die vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

          AFDELING B: DRAMA
          Beantwoord die vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

          AFDELING C: KORTVERHALE
          Beantwoord die vrae oor TWEE kortverhale wat jy bestudeer het.

          AFDELING D: GEDIGTE
          Beantwoord die vrae oor TWEE gedigte wat jy bestudeer het.

4.        Gebruik die kontrolelys op bladsy 4 om jou te help.

5.        Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig.

6.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

7.        Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

8.        Bestee ongeveer 75 minute aan elke afdeling.

9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2        3                    DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

INHOUDSOPGAWE

Kies TWEE afdelings.     Nov

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord slegs EEN vraag.
                 VRAAGNOMMER                            PUNTE   BLADSYNOMMER
1. Kringe in 'n Bos                                       35          5

2.   Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom          35             9

3.   Meeulanders                                         35             13

4. Lien se Lankstaanskoene                               35             17

AFDELING B: DRAMA

Beantwoord slegs EEN vraag.
5. Poppie – Die Drama                                    35             21

6.   Paljas                                              35             26

7.   Fiela se kind – Die Drama                           35             32

AFDELING C: KORTVERHALE

Beantwoord vrae oor AL TWEE kortverhale.
8.1 "Opdrag"                                             18             37
                                     EN
8.2 "Kringloop"                                          17             39

AFDELING D: GEDIGTE

Beantwoord vrae oor AL TWEE gedigte.
9.1 "Die dans van die reën"                              18             41
                                            EN
9.2 "Eksamenlokaal"                                      17             43

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2              4                         DBE/November 2024
                                             NSS Vertroulik

KONTROLELYS

Gebruik die kontrolelys om te verseker dat jy die vereiste getal vrae beantwoord.

     AFDELING              VRAAGNOMMERS                  GETAL VRAE            DUI AAN
                                                        BEANTWOORD               ()
A: Roman                               1–4                   1

B: Drama                               5–7                     1

C: Kortverhale                          8               1 (2 kortverhale)

D: Gedigte                    9               1 (2 gedigte)
LET WEL: Maak seker dat jy vrae oor slegs TWEE afdelings beantwoord het.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          5                            DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord slegs EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

VRAAG 1: KRINGE IN 'N BOS – Dalene Matthee

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS A

  "Leen my die geweer."
  "Jy kan dit nie loop doen nie!"
  "Jy mors my tyd, Maska!"
  "Moenie dit van my vra nie, baas Saul. Toe almal in hierdie bos jou wou stenig, het
ek vir jou gepleit."                                                                          5
  "Dankie. Net jammer dit het nie gehelp nie," sê hy spottend. "Ek dink as hulle kon,
sou hulle Freek vra om mý ook sommer te skiet."
  "Dis nie nou tyd vir daardie klas praatjies nie! Draai om en loop klim op die skip – jy's
te lank al nie meer een van onse mense nie, baas Saul."
  "As jy nie vir my die geweer gee nie, sal ek een op die dorp loop kry. Maar Terblans        10
sal Oupoot nie skiet nie, dit sê ek jou nou vir die laaste keer."
  "Jy was van altyd af eiewys en annerster."
  "Nes julle."
  "Wat?"
  "Toe maar. Gaan jy vir my die geweer leen, of moet ek teruggaan dorp toe om een te          15
kry?"
  "As ek vir jou die geweer gee," sê ou Maska radeloos, "sal jy my dan belowe lat jy by
Gert Oog sal loop probeer om 'n paar koeëls te kry?"
  "Dit sal nie nodig wees nie!" keer Saul ongeduldig. "Watter kant toe is hy? Oupoot?"
  Die ou man haak eers die koeëlsak en kruitbus tydsaam van die draadhaak af.                 20
"Hulle sê hy skuil Homtini se kant toe," sê hy amper onhoorbaar.

1.1       Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende
          woord(e) uit die roman neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die
          vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.4) neer.

          Die bosmense het Saul 'n (1.1.1) ... genoem. Daarom het Saul besluit om
          die dorp, (1.1.2) ..., finaal te verlaat. Hy was alreeds op die skip toe Maska
          hom kom vertel het dat Freek Terblans vir Oupoot gaan skiet. Oupoot het
          die skuld vir (1.1.3) ... se dood gekry. Aangesien daar nog (1.1.4) ... dae
          voor Vrydag was en die skip nie voor die Maandag sou vertrek nie, het
          Saul besluit om self vir Oupoot te gaan skiet.                                      (4)

1.2       Lees reël 2.

          Waarom wou Maska nie hê dat Saul vir Oupoot moes skiet nie?                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           6                            DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

1.3       " – jy's te lank al nie meer een van onse mense nie, baas Saul." (Reël 8 en 9)

          1.3.1        Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                       Hierdie woorde van Maska is (sarkasties/ironies).                           (1)

          1.3.2        Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.3.1.                                       (1)

1.4       Waarom kan ons sê dat dit tot Saul se voordeel was dat hy die Bos goed
          geken het?                                                                               (1)

1.5       Saul het in die Bos gebly tot hy 14 jaar oud was. Nadat hy MacDonald se
          diens verlaat het, het hy op Knysna gebly.

          Hoe het sy lewe in die Bos verskil van sy lewe in Knysna as ons dink aan die
          rol wat geld gespeel het?                                                                (2)

1.6       Daar was baie konflik tussen Saul en die ander karakters.

          Kies die oorsaak van die konflik uit KOLOM B wat by die karakter in
          KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers
          (1.6.1 tot 1.6.4) neer.

                       KOLOM A                                   KOLOM B
          1.6.1        Joram Barnard          A       ... het nie verstaan waarom Saul nie
                                                      wou geld maak uit die Bos nie.
          1.6.2        MacDonald
                                              B       ... het direk vir Saul gesê dat hy
          1.6.3        Kate                           verkeerd optree teenoor die ander
                                                      mense in die Bos.
          1.6.4        Die gouddelwers
                                              C       ... het nie verstaan dat Saul anders
                                                      dink en doen as die Bosmense nie.

                                              D       ... het nie verstaan waarom Saul
                                                      Engels wou leer nie.

                                              E        ... het die Bosmense bedrieg en
                                                      beledig.
                                                                                 (4 x 1)           (4)

1.7       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (1.7) neer.

          In die roman is die Pictor vir Saul 'n simbool van ...

          A       mag.
          B       status.
          C       rykdom.
          D       vryheid.                                                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            7                         DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

1.8       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (1.8) neer.

          Maska se woorde en optrede in hierdie uittreksel wys dat hy ... voel.

          A     kwaad
          B     geïrriteerd
          C     bekommerd
          D     teleurgesteld                                                                    (1)

1.9       Waarom was dit verkeerd van Saul om so met Maska te praat?                             (1)

1.10      Lees weer die hele uittreksel.

          Hoe kry die skrywer dit reg om vir die leser te wys dat Saul nou genoeg
          gehad het van die Bos?                                                                 (1)

                                              EN

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS B

  ... Omdraai en op die Pictor gaan klim of die res van jou lewe jou lyf tussen Oupoot
en Jozef hou? Nee, dis meer as Oupoot. Veel meer. Dis vir die res van jou lewe veg
om die bloubokkie se gal uit sy kop te kry.
  Die dink het hom deurmekaar! Êrens loop Oupoot om voor te kom en weg te kom.
Goed beteken om hom te laat loop. Kwaad om hom te skiet. Só eenvoudig. Só                    5
verskriklik ingewikkeld. Want jy's dik geëet aan die pluksels van kwaad, jy sleep jou
voete daarin, jy versmoor daarvan ...
  Hy hoor Maska bokant hom teen die helling in die skemer deur die onderbos aankom
en staan op.
  "Hulle weet jy's hier." Die ou man kom staan gedaan voor hom. "Jy moet omdraai,            10
hulle wou nie lat Sanna die kos gee nie."
  Goed, kwaad, goed, kwaad.
  "Ek het myself deurmekaar gedink terwyl jy weg was, Maska," erken hy. "Dit voel vir
my ek kan nie meer onderskei tussen reg en verkeerd nie. Ek dink nie ek gee meer om
nie."                                                                                        15
  "Ek het Hans Oukas bo by Groot Eiland gekry. Hy't sononderkant uit die Bos gekom
en hy sê Oupoot is Meulbos se kant toe, hy het hom by Kleindraai gekry."
  "Hulle kan hulle kos hou."
  "Jy moet omdraai, baas Saul."
  "Hoekom?"                                                                                  20
  "Omlat ek bang geword het," erken Maska gelate.

1.11      Skryf die volgende gebeure onder mekaar neer in die korrekte VOLGORDE
          soos wat dit in die roman gebeur:

             Saul het vir Patterson Bos toe geneem.
             Saul het in MacDonald se skuur gaan bly.
             Kate het die hoekerf namens Saul gekoop.
             Saul het op Swellendam geleer hoe om meubels te maak.                              (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           8                             DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

1.12      " ... die res van jou lewe jou lyf tussen Oupoot en Jozef hou?" (Reël 1 en 2)

          Verduidelik die figuurlike betekenis van Saul se gedagtes.                                (1)

1.13      Wat het met Saul gebeur nadat hy die bloubokkie se kop oopgekap het?                      (1)

1.14      Saul ervaar baie innerlike konflik oor Oupoot.

          1.14.1      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs
                      die vraagnommer (1.14.1) en die antwoord neer.

                      Nadat Saul dae lank vir Oupoot agtervolg het om hom te skiet, was
                      hy (seker/onseker) of hy moet voortgaan met sy plan.                          (1)

          1.14.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.14.1.                                        (1)

1.15      "Want jy's dik geëet aan die pluksels van kwaad ..." (Reël 6)

          1.15.1      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                      ''pluksels van kwaad'' is 'n (vergelyking/metafoor).                          (1)

          1.15.2      Wat beteken dit binne die konteks van die roman?                              (1)

1.16      "... hy sê Oupoot is Meulbos se kant toe ..." (Reël 17)

          Oupoot is Meulbos toe omdat hy daar wou wegkruip.

          Gee 'n feit uit die roman om te sê waarom hierdie stelling ONWAAR is.                     (1)

1.17      "Hulle kan hulle kos hou." (Reël 18)

          1.17.1      Noem EEN van die karakters na wie ʺhulleʺ verwys.                             (1)

          1.17.2      Wat bedoel Saul hiermee binne die konteks van die teks?                       (1)

1.18      Waarom kan Kate vir jou 'n goeie rolmodel wees van iemand wat probeer om
          altyd die regte ding te doen?                                                             (1)

1.19      Saul se soektog na Oupoot is een van die hoofmomente in hierdie roman.

          1.19.1      Watter positiewe gevolg het Saul se soektog tot in Meulbos op sy
                      toekomsplanne gehad?                                                          (1)

          1.19.2      Watter les oor familie leer jy by Saul?                                       (1)

          1.19.3      Hoe sluit hierdie hoofmoment by die slot van die roman aan as jy
                      aan Kate dink?                                                                (1)
                                                                                                    [35]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           9                           DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

VRAAG 2: DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM –
         Marita van der Vyver

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS C

En toe wieg daardie proefbuisperd my sommer aan die slaap gisteraand. In die middel
van die nag word ek wakker met 'n vel papier wat aan my wang vassit en 'n pen wat
my een neusgat versper. Ek was seker moeër as wat ek besef het.
  Die skool het gister gesluit vir die wintervakansie. En elke keer as ek aan my ma se
plan vir die volgende drie weke dink, besef ek weer dat ek nie haar dogter kan wees 5
nie. Nie rêrig nie. Iemand het 'n fout gemaak in die kraaminrigting, ek is omgeruil met 'n
ander baba, ek het aan die verkeerde bors begin suig. Mana sê alle kinders wonder
soms of so iets nie dalk met hulle gebeur het nie. Ek wonder lankal nie meer nie. Ek is
seker ek is die verlore dogter van 'n tandarts.
  Die reën raas teen die ruit langs my bed. Ek het nog altyd van ons nat Kaapse 10
winters gehou, gedog dis 'n heerlike verskoning om heeldag te lê en lees, maar van ek
saam met my nuwe gesin in hierdie nuwe huis woon, laat die reën my vasgekeer voel.
Te veel mense, te veel diere, te veel rumoerigheid om my. 'n Skrywer het stilte nodig!

2.1       Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woord(e)
          uit die roman neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers
          (2.1.1 tot 2.1.4) neer.

          Hanna dink haar ma is vreemd, want sy dra (2.1.1) ... in haar hare. Hanna bly
          saam met haar gesin in 'n nuwe huis aan die gatkant van (2.1.2) ... Hanna
          skryf stories waarin Fabienne haar (2.1.3) ... is. (2.1.4) ... is haar stiefpa. Sy
          hou baie van hom.                                                                        (4)

2.2       ''En toe wieg daardie proefbuisperd my sommer aan die slaap gisteraand.''
          (Reël 1)

          2.2.1       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                      ''proefbuisperd'' is 'n (vergelyking/metafoor).                              (1)

          2.2.2       Wat beteken dit binne die konteks van die teks?                              (1)

2.3       ''En elke keer as ek aan my ma se plan vir die volgende drie weke dink, besef
          ek weer dat ek nie haar dogter kan wees nie.'' (Reëls 4 tot 6)

          2.3.1       Na watter plan van Mana verwys Hanna hier?                                   (1)

          2.3.2       Waarom dink Hanna dat dit 'n simpel plan is?                                 (1)

2.4       Waarom is dit verkeerd van Hanna om so negatief oor Mana se plan te wees?                (1)

2.5       '' ... laat die reën my vasgekeer voel.'' (Reël 12)

          Verduidelik die figuurlike betekenis van ''vasgekeer voel''.                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            10                             DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

2.6       Waarom wou Hanna so graag die dogter van 'n tandarts wees?                                  (1)

2.7       Dink aan die hele uittreksel.

          Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (2.7) neer.

          Hanna se gedagtes wys dat sy ... is.

          A       hartseer
          B       tevrede
          C       geïrriteerd
          D       opgewonde                                                                           (1)

2.8       Hoe slaag die skrywer daarin om Hanna se ontevredenheid met Mana aan
          die leser oor te dra?                                                                       (1)

2.9       Hanna is in konflik met haar omgewing en ander karakters.

          Kies die oorsaak van die konflik uit KOLOM B wat by die karakter in
          KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers
          (2.9.1 tot 2.9.4) neer.

                        KOLOM A                                       KOLOM B
          2.9.1       Mana                            A     ... het nie Hanna se privaatheid
                                                            gerespekteer nie.
          2.9.2       Yann
                                                      B     ... het Hanna as 'n teleurstelling
          2.9.3       Tibo                                  gesien.

          2.9 4       Die Heks van Endor              C     ... het aggressief teenoor Hanna
                                                            opgetree.

                                                      D     ... het besluite namens Hanna
                                                            geneem.

                                                      E     ... het nie veel van Hanna se
                                                            skryftalent gedink nie.
                                                                                       (4 x 1)        (4)

                                                   EN

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 11

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           11                       DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS D

... My wange het 'n gesonde blos gekry, my oë het groter geword, my lippe voller. Jy
sou sweer 'n goeie fee het 'n toorstaffie oor my geswaai.
   ''Nou gaan jy jou nuwe swart trui aantrek,'' beveel Margot, ''dan wag jy in die kamer
tot ons jou roep vir ete. En dan maak jy 'n dramatiese verskyning.''
   En sy gooi haar arms oop en lig haar ken om te wys hoe ek veronderstel is om te 5
verskyn.
   ''Ag nee, ek dink nie dit sal nodig wees nie,'' protesteer ek.
   ''Trust me,'' sê sy. ''Ek is 'n aktrise. Ek wéét van dramatiese verskyning.''
   ''Maar ek is nie 'n aktrise nie. Ek sal soos 'n gek voel.''
   ''Gavin sal mal wees daaroor,'' sê Sharon. ''Doen dit vir hom, toe?''                 10
   Met die gevolg dat ek die volgende twee uur in my kamer deurbring. So
senuweeagtig soos 'n aktrise wat wag dat die gordyn lig. En toe Margot my roep,
begewe my moed my heeltemal en ek loop sleepvoet en kop onderstebo by die kamer
uit.
   ''Lig jou ken, poplap!'' beveel Margot soos 'n sirkusbaas wat 'n hond deur 'n hoepel 15
wil laat spring. ''Wys ons wat jy het!''
   Wat het ek nou eintlik? Ek kyk sugtend op – en Yann bars uit van die lag. Maar my
pa snak melodramaties na sy asem.
   ''Jy's gemáák vir swart!'' roep hy uit.

2.10      Skryf die volgende gebeure onder mekaar neer in die korrekte VOLGORDE
          soos wat dit in die roman gebeur:

             Mana en Beyers het gehoor dat Margot ook sou kom kuier.
             Hanna het die sussie gekry wat sy so graag wou hê.
             Gavin het vol modder by die huis op die berg opgedaag.
             Sharon se pa het haar na Hanna-hulle toe gebring.                                (4)

2.11      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (2.11) neer.

          Die swart trui waarvan Margot in reël 3 praat, word vir Hanna die simbool van
          Gavin se ...

          A     eie klerestyl.
          B     aanvaarding van haar as mens.
          C     keuse om Mana se raad oor Hanna te volg.
          D     hoop dat Hanna in die modewêreld sal werk.                                     (1)

2.12      ''Doen dit vir hom, toe?'' (Reël 10)

          2.12.1      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                      Hierdie woorde van Sharon is (ironies/kritiserend) as 'n mens aan
                      Hanna en Gavin se verhouding tot nou toe dink.                           (1)

          2.12.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.12.1.                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           12                        DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

2.13      ''Wat het ek nou eintlik?'' (Reël 17)

          2.13.1      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                      Die vraag wat Hanna hier vra, verwys na haar innerlike konflik oor
                      haar (voorkoms/skryftalent).                                              (1)

          2.13.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.13.1.                                    (1)

2.14      Ná die vakansie op die berg moes Margot dadelik teruggaan Hollywood toe.

          Gee 'n feit uit die roman om te sê waarom hierdie stelling ONWAAR is.                 (1)

2.15      Wat het Gavin en die kinders gedoen nadat die helikopter weg is?                      (1)

2.16      Hoe het Hanna se gesin se interaksie by die huis in Kaapstad verskil van
          hulle interaksie by die huis op Botterberg?                                           (2)

2.17      Waarom is Sharon 'n goeie rolmodel vir jou tydens die kuier op die berg?              (1)

2.18      Waarom was dit goed vir Hanna om Margot te leer ken?                                  (1)

2.19      Een van die hoofmomente in hierdie roman is Hanna se vyftiende verjaardag.

          2.19.1      Watter positiewe gevolg het dit vir Yann en Tibo gehad?                   (1)

          2.19.2      Watter les oor die keuse van geskenke het jy by Beyers in hierdie
                      situasie geleer?                                                          (1)

          2.19.3      Hoe sluit hierdie hoofmoment by die slot van die roman aan as jy
                      aan Hanna se nuwe opinie oor haar familie dink?                           (1)
                                                                                                [35]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           13                            DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

VRAAG 3: MEEULANDERS – Esta Steyn

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS E

   ... Ek kan nie terugdraai nie. Ek kan nie terugdraai nie. Dit was te erg, te swaar om
tot hier te kom. Om Janka by Ryna te los ... om te sien hoe sy op Ryna se matjie sit en
speel met 'n plastiekteesiffie en 'n bekertjie ... om Ryna se niksvermoedende gesig te
sien. Goddank vir Ryna.

   Die jettietrap sak. Dis twee minute voor twaalf. En dan hoor sy die veraf gebrom van 5
'n boot se enjin. Hy's op pad. Hy't woord gehou. Die boot kom nader en nader en maal
die water deurmekaar in strepe wit skuim. Sy kyk vir oulaas om: Attie en Jannerik is
besig om haastig van die dak af te klim. Hulle roep haar met swaaiende arms. Die
twaalfuurson skyn verblindend wit op die geboue. 'n Meeu duik neer en gryp 'n
duikerkuiken uit 'n onbewaakte nes. Dit word 'n prentjie, soos 'n foto, 'n laaste foto, wat 10
in haar brein vasvries. Sy klim die trappie af.

Wanneer die gemaal van die water tot bedaring kom, is Meeuland in beroering.
 "Het jy iets geweet?" staan Jacob magteloos voor Ryna.
 "Sy was hier ... ek het gedog sy gaan 'n ent stap. Sy't Janka hier gelos ..."
Hy glo haar nie en kry haar ru aan die arm beet: "Het sy met jou gepraat?"                      15
  "Nee. Nie onlangs nie."

3.1       Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woord(e)
          uit die roman neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die
          vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.4) neer.

          Elsabet se lewe op Meeuland was goed en sleg; daarom pas haar CB-naam,
          (3.1.1) ... goed by haar. Sy het Meeuland verlaat om in die hotel op
          (3.1.2) ... te gaan bly. Die boot wat haar kom haal het, was 'n ander boot as
          Die (3.1.3) ..., wat die mense gewoonlik land toe gevat het. Ryna sou mooi na
          Janka kyk, veral omdat haar eie seun, (3.1.4) ... dood is.                                (4)

3.2       Waarom het Ryna Meeuland toe gekom?                                                       (1)

3.3       Wat het later in die roman, voor Kersfees, met Janka gebeur toe daar weer 'n
          vreemde boot by die jettie was?                                                           (1)

3.4       Waarom is dit verkeerd van Elsabet om Meeuland op so 'n manier te verlaat?                (1)

3.5       " 'n Meeu duik neer en gryp 'n duikerkuiken uit 'n onbewaakte nes."
          (Reël 9 en 10)

          3.5.1       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                      Hierdie prentjie wat Elsabet raaksien, dui op (stereotipering/ironie).        (1)

          3.5.2       Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.5.1.                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           14                            DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

3.6       " 'n laaste foto, wat in haar brein vasvries." (Reël 10 en 11)

          3.6.1       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                      " 'n laaste foto" is 'n voorbeeld van ('n metafoor/personifikasie).            (1)

          3.6.2       Wat beteken dit binne die konteks van die teks?                                (1)

3.7       "Hy glo haar nie en kry haar ru aan die arm beet." (Reël 15)
          Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (3.7) neer.

          Jacob se reaksie teenoor Ryna was ..., want sy het ook nie geweet wat
          aangaan nie.

          A       onregverdig
          B       aanvaarbaar
          C       manipulerend
          D       bevooroordeeld                                                                     (1)

3.8       Hoe het Elsabet se verhoudings met die Blanckenbergs verskil van haar
          verhoudings met die mense op Meeuland?                                                     (2)

3.9       Die karakters in hierdie roman het almal uiterlike konflik ervaar.

          Kies die konflik uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (3.9.1 tot 3.9.4) neer.

                       KOLOM A                                   KOLOM B
          3.9.1       Jacob                      A    ... het op Elsabet geskree omdat sy
                                                      Sheila se portret verwyder het.
          3.9.2       Bernard
                                                 B    ... het Fred afgepers om die
          3.9.3       Hermanus                        seegraskonsessie te kry.

          3.9.4       Skalla                     C    ... het met Fred baklei omdat hy
                                                      sonder 'n permit op die eiland was.

                                                 D    ... het Matthys oor die rooi koekies
                                                      gekonfronteer.

                                                 E    ... het Elsabet aangespreek omdat
                                                      sy te veel gedrink het.
                                                                                   (4 x 1) (4)

                                             EN

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 15

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          15                         DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS F

   ..."... My werk is klaar, ant Ousanna. Maar nee, ek wil nie regtig graag gaan nie. Hier
is bande hier, ant Ousanna."
   "Dit weet ek."
   Ryna kyk na die blinde oë en wens meteens dat die oë haar kan sien. Daar volg 'n
intense stilte. Ousanna se bors dein op en af. Sy steek haar hand soekend uit. Ryna 5
neem dit. Die vingers voel warm, sweterig.
   Het Jannerik jou vertel wat van Kinnie se kind geword het, ant Ousanna? Wat weet
jy van die nag toe ons 'n ingryp op die pad van die noodlot gemaak het? Ek en Jacob
en Jannerik? Of glo jy maar deur al die jare dat dit Kinnie se kind is wat begrawe is?
   Sy voel hoe die oë deur haar boor en stuur die gesprek weg.                             10
"Hoekom is Doreen by die skool weg, ant Ousanna?"
  "Sy gaan deur 'n moeilike tyd. Sy voer die stryd van 'n vrou wat verskriklik liefhet."
Die oë dwaal deur die venster tot buite, oor die rivier. "Ek wonder soms of daar 'n
groter stryd op aarde is. As die stryd van die liefde."
   "Ek dink nie daar is nie, ant Ousanna."                                                 15
   "Jy moet haar help."
   "Hoe kan ek haar help, ant Ousanna?"
   "Jy moet jou ore vir haar gee. Sy't iemand nodig."
   "Ek sal, ant Ousanna."

3.10      Skryf die volgende gebeure onder mekaar neer in die korrekte VOLGORDE
          soos wat dit in die roman gebeur:

             Ryna en Jannerik het 'n wildevy geplant.
             Ryna het vir Jacob van haar verlede vertel.
             Ryna en Janka het saam in Ousanna se huis gaan bly.
             Ryna het vir Fred vertel dat Janka sy kind is.                                    (4)

3.11      ʺWat weet jy van die nag toe ons 'n ingryp op die pad van die noodlot gemaak
          het?ʺ (Reël 7 en 8)

          3.11.1      Van watter ʺingrypʺ praat Ryna hier?                                      (1)

          3.11.2      Waarom was dit nodig om dit te doen?                                      (1)

3.12      Waarom was die ʺingrypʺ goed vir Jannerik?                                            (1)

3.13      Hoe kry die skrywer dit reg om te wys dat daar 'n band tussen Ousanna en
          Ryna is?                                                                              (1)

3.14      Doreen het bedank omdat sy 'n ander werk gekry het.

          Gee 'n feit uit die roman om te sê waarom hierdie stelling ONWAAR is.                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          16                           DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

3.15      Ryna het innerlike konflik oor haar verlede in die Kaap gehad.

          3.15.1      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                      Ryna se innerlike konflik oor (die rede waarom professor Van
                      Keulen haar Meeuland toe gestuur het/wie vir haar man en kind se
                      dood verantwoordelik was), is uiteindelik opgelos.                          (1)

          3.15.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.15.1.                                      (1)

3.16      "Jy moet jou ore vir haar gee." (Reël 18)

          Wat is die figuurlike betekenis van hierdie woorde?                                     (1)

3.17      Daar word deur die roman na Ousanna se oë verwys.
          Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (3.17) neer.

          Ousanna se blinde oë is simbolies van die feit dat sy ...

          A     nie meer mooi kon sien nie.
          B     ander mense bang gemaak het.
          C     kon aanvoel as iets nie reg is nie.
          D     ander mense se hulp nodig gehad het.                                              (1)

3.18      Waarom kan ons sê dat Jannerik in hierdie roman 'n goeie voorbeeld vir
          ander mense stel?                                                                       (1)

3.19      Een van die hoofmomente in hierdie roman is toe Ryna besluit het om na
          Meeuland op Salamanderbaai te gaan bly.

          3.19.1      Watter positiewe gevolg het hierdie besluit vir Ryna gehad?                 (1)

          3.19.2      Watter les kan jy hieroor by Ryna leer?                                     (1)

          3.19.3      Hoe sluit hierdie hoofmoment by die slot van die roman aan as jy
                      aan Ryna se toekoms dink?                                                   (1)
                                                                                                  [35]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 17

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           17                           DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

VRAAG 4: LIEN SE LANKSTAANSKOENE – Derick van der Walt

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS G

... Lien weet sy sal nie eet nie. Sy eet omtrent nooit meer iets nie.
   "Nighty night!" roep haar ma.
   Braam brom iets, maar Lien sê niks.
   Sy dink aan Braam se skoolbroek wat nog steeds oor een van die sitkamerstoele
hang. Braam hou die broek se soom al die hele week met staples bymekaar. Daar is 5
nie 'n manier hoe haar ma die soom vanaand gaan insit nie.
   Braam sak weer op die bank neer en sit die televisie harder.
   Haar ma lê reeds en snork, dwarsoor die bed, sommer met klere en al. Lien sug en
soek na die naaldwerktrommeltjie onder in haar ma se ingeboude kas. Sy sit die lig af
en maak die deur toe. Haar ma sal waarskynlik môre weer nie by die werk uitkom nie.            10
   Sy gaan haal die broek in die sitkamer en maak haar kamerdeur toe. Sy sit 'n CD in
haar Walkman en die oorfone op haar kop. Norah Jones.
   Soos sy vermoed het, is daar nie grys gare in die amper leë trommeltjie nie en sy
moet maar 'n blouerige kleur gebruik wat sy hoop nie sal wys nie. Sy sukkel om die
gare in die naald te kry, steek haar vinger raak.                                              15
   Lien kyk op: "Ek haat jou," sê sy vir hóm in die spieël. "Ék ... háát ... jóú," sê sy weer,
stadiger, afgemete, klem op elke woord.

4.1       Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woord(e)
          uit die roman neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers
          (4.1.1 tot 4.1.4) neer.

          Vandat die Joostes meer as 'n (4.1.1) ... (tydperk) gelede woonstel toe getrek
          het, is Lien en Braam albei in Hoërskool (4.1.2) ... Lien word gedwing om die
          huishouding oor te neem, maar Braam lê eerder voor die televisie. Hy kyk oor
          en oor na die (4.1.3) ... oor die gesin se lewe toe hulle nog gelukkig was.
          Tannie (4.1.4) ... het vir Lien werk by 'n koffiewinkel gekry, sodat sy geld kan
          verdien.                                                                                 (4)

4.2       Waarom eet Lien se ma omtrent nooit meer iets nie?                                       (1)

4.3       Wat het later in die roman met Lien se ma en haar werk gebeur nadat sy so
          dikwels nie by die werk was nie?                                                         (1)

4.4       ''Braam brom iets, maar Lien sê niks.'' (Reël 3)

          Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (4.4) neer.

          Uit hierdie woorde lei ons af dat die kinders ...

          A     bang was vir hulle ma.
          B     besig was met hulle eie dinge.
          C     te moeg was ná die lang dag by die skool.
          D     gewoond was aan hierdie optrede van hulle ma.                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 18

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          18                                DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

4.5       Hoe verskil die Jooste-kinders se lewe in die woonstel van die lewe waaraan
          hulle vroeër gewoond was?                                                                    (2)

4.6       4.6.1       Na wie verwys ''hóm'' in reël 16?                                                (1)

          4.6.2       Wat bedoel Lien as sy sê dat sy ''hóm'' haat?                                    (1)

4.7       Lien ervaar baie innerlike konflik oor haar ma.

          4.7.1       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                      Al voel Lien opstandig teenoor haar ma, tree sy sorgsaam en
                      (verantwoordelik/onverantwoordelik) teenoor haar ma en Braam
                      op.                                                                              (1)

          4.7.2       Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.7.1.                                            (1)

4.8       Waarom kan ons sê dat Braam verkeerd optree in hierdie situasie waarin die
          gesin hulle bevind?                                                                          (1)

4.9       Lien moes leer om uiterlike konflik te hanteer.

          Kies die oorsaak van die konflik uit KOLOM B wat by die karakter
          in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers
          (4.9.1 tot 4.9.4) neer.

                       KOLOM A                                        KOLOM B
          4.9.1       Christien Jooste         A          ... het Lien eers as kompetisie by die
                                                          bedelplek beskou.
          4.9.2       Tant Malie
                                               B          ... het vir ander kinders vertel wat in
          4.9.3       Roos                                Lien-hulle se huis aangaan.

          4.9.4       Sproet                   C          ... het probeer om werkers uit te buit.

                                               D          ... het heeltemal die verkeerde idee
                                                          gehad van wat Lien op die straathoek
                                                          doen.

                                               E          ... het veroorsaak dat Lien meer
                                                          pligte gehad het om uit te voer.
                                                                                           (4 x 1) (4)

                                            EN

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 19

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           19                             DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS H

... ''Ek wil so gou as ek kan iets verdien om julle te help. Oom Frank sê julle sukkel. Ek
is jammer.''
     Lien sien hy bedoel dit.
     ''Ek sal dalk maar iets soos meubels begin maak,'' sê hy met 'n effense glimlag.
Lien kan nie help om self te glimlag nie. Haar onhandige pa wat nie eers 'n muurprop 5
kan aansit nie. Die simpel videokamera wat nooit klank gehad het nie en hy nooit kon
regkry nie en nooit sover gekom het om te laat regmaak nie.
     ''Ek gaan nie meer regte swot nie,'' verander sy die onderwerp.
     Hy lyk teleurgesteld.
     ''Maar daar is mos geld vir julle studies. Niemand het aan julle studiepolisse geraak 10
nie ... En nie alle prokureurs is skelm nie!'' sê hy heftig.
     ''Dis nie dit nie. Ek weet nie eintlik wat ek wil doen nie. Ek wil travel, gaan kyk hoe
lyk die wêreld.''
     Hy sê niks nie. Dit lyk asof hy nie kan ophou om na haar te kyk nie.
     ''Jy het lank geword,'' sê hy nadat hulle 'n rukkie in stilte gesit het. ''En groot. Ek 15
bedoel ... jy is nie meer my poplap nie.'' Lien druk haar hare agter haar ore in.
     Die bewaarder beduie hy moet terug. Besoektyd is verby. Lien stoot verleë die
pakkie droëwors wat sy met 'n gesukkel toegelaat is om in te bring, oor die tafel.

4.10      Skryf die volgende gebeure onder mekaar neer in die korrekte VOLGORDE
          soos wat dit in die roman gebeur:

             Lien het by Miemie se huis gaan kuier.
             Lien se ma het dronk by die skool opgedaag.
             Lien het Hein se hulp met Tibbey se karretjie gevra.
             Lien het 'n pruik en 'n brilletjie uit die rekwisietekamer geleen.                        (4)

4.11      ''Oom Frank sê julle sukkel. Ek is jammer.'' (Reël 1 en 2)

          4.11.1      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                      Hierdie woorde van Lien se pa is (ironies/manipulerend) as 'n
                      mens dink aan hoe die Jooste-gesin in hierdie situasie beland het.                (1)

          4.11.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.11.1.                                            (1)

4.12      ''Niemand het aan julle studiepolisse geraak nie.'' (Reël 10 en 11)

          Wat is die figuurlike betekenis van hierdie woorde?                                           (1)

4.13      Lien se pa is in die tronk omdat hy dronk was.

          Gee 'n feit uit die roman om te sê waarom hierdie stelling ONWAAR is.                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 20

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2            20                           DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

4.14      ''... jy is nie meer my poplap nie.'' (Reël 16)

          4.14.1      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                      ''my poplap'' is (personifikasie/'n metafoor).                                (1)

          4.14.2      Wat beteken dit binne die konteks van die teks?                               (1)

4.15      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (4.15) neer.

          Lien het moeite gedoen om vir haar pa 'n pakkie droëwors te bring. In hierdie
          situasie is die pakkie droëwors 'n simbool van ...

          A     die tronke wat so iets toelaat.
          B     Lien se behoefte om haar pa te vergewe.
          C     die bewaarders se begrip vir mense in die tronk.
          D     Lien wat genoeg geld verdien om so iets te koop.                                    (1)

4.16      Waarom kan ons sê dat Lien se optrede teenoor haar pa tydens hierdie
          besoek 'n goeie voorbeeld vir ander stel?                                                 (1)

4.17      Hoe weet ons dat Lien se besoek aan haar ma in die kliniek 'n positiewe
          invloed op Lien gehad het?                                                                (1)

4.18      Hoe slaag die skrywer daarin om jou as leser te laat voel dat Lien se pa tog
          ook goed was vir sy gesin?                                                                (1)

4.19      Een van die hoofmomente in hierdie roman is die skoolkonsert.

          4.19.1      Watter positiewe gevolg het dit vir Lien se lewe gehad?                       (1)

          4.19.2      Watter les oor kanse in die lewe het jy by Lien in hierdie situasie
                      geleer?                                                                       (1)

          4.19.3      Hoe sluit hierdie hoofmoment by die slot van die roman aan as jy
                      aan Christien Jooste as karakter dink?                                        (1)
                                                                                                    [35]

                                                                       TOTAAL AFDELING A:           35

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 21

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          21                           DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

AFDELING B: DRAMA

Beantwoord slegs EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

VRAAG 5: POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS I

MOSIE. En toe kom ouma Hannie van Upington om by ons te bly, en Plank is vyftien
jaar oud en gaan werk op die skuide.
PLANK. Ek is mos nou 'n man. Moenie lat dit jou bodder lat ons by die stiefpa moet bly
nie. Ek kry my eie huis in die fabriek se barrakse en julle kom die lot by my bly.
MOSIE. En Poppie het vir hulle gesôre, en ma Lena se kinders opgepas, totdat ouma 5
Hannie siek geword en afgesterwe het . . .

Ouma Hannie sit eenkant op trommel. Poppie en Mosie na haar.

OUMA HANNIE (probeer orent kom). Daar's 'n hoë boom. 'n Boom sonder end, dit
groei op en op in die hemel in op. Die boom buig af en kom af na my, die takke van die
boom kom en sê vir my: jou tyd is nie meer ver nie.                                    10
POPPIE. Stil, Ouma, Ouma moet nou rus ...
OUMA HANNIE. Sing vir my. Sing "Guide me, o thy great Jehovah".

Hulle begin sing. Ouma Hannie lê terug. Lig doof uit op haar. Singend beweeg ander
af. Poppie bly agter.

POPPIE. Ná my ouma Hannie dood is, het ons aangebly in Plank se huis. Ek en 15
Hoedjie en Mosie en Plank. En Mama het bedags die kinders vir my gebring om op te
pas terwyl sy in die fabriek gewerk het.

5.1       Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woord(e)
          uit die drama neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers
          (5.1.1 tot 5.1.4) neer.

          Poppie se verhaal begin in (5.1.1) ... waar sy grootgeword het. As jong dogter
          het sy ook haar gunstelingboetie, (5.1.2) ..., opgepas. As gevolg van die
          (5.1.3) ... moes Poppie en haar gesin Nyanga toe trek. Toe Poppie (5.1.4) ...
          jaar oud was, het Ma Lena gedink dit is tyd dat sy trou.                                 (4)

5.2       ʺMoenie lat dit jou bodder lat ons by die stiefpa moet bly nie.ʺ (Reël 3 en 4)

          5.2.1       Na wie verwys Plank as hy praat van ʺdie stiefpaʺ?                           (1)

          5.2.2       Wat sê dit vir ons dat hulle hom ʺdie stiefpaʺ noem en nie sy naam
                      gebruik nie?                                                                 (1)

5.3       Watter positiewe gebeurtenis het in Poppie se lewe gebeur nadat ouma
          Hannie dood is?                                                                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 22

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2           22                            DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

5.4       ʺ... en ma Lena se kinders opgepas ...ʺ (Reël 5)

          5.4.1       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                      Die feit dat Poppie later vir Kindjie gevra het om na Vukile te kyk, is
                      (ironies/manipulerend).                                                       (1)

          5.4.2       Motiveer jou antwoord op VRAAG 5.4.1.                                         (1)

5.5       Lees weer reëls 7 tot 14.

          Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (5.5) neer.

          Die beelde, musiek en beligting op die verhoog word deur die skrywer gebruik
          om ʹn ... atmosfeer te skep.

          A       rustige
          B       hartseer
          C       gejaagde
          D       vyandige                                                                          (1)

5.6       ''Die boom buig af en kom af na my, die takke van die boom kom en sê vir
          my: jou tyd is nie meer ver nie.'' (Reël 9 en 10)

          5.6.1       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                      Ouma Hannie se beskrywing hier is ʹn goeie voorbeeld van
                      (onomatopee/personifikasie).                                                  (1)

          5.6.2       Wat beteken dit binne die konteks van die teks?                               (1)

5.7       Hoe het ouma Hannie dit vir Poppie makliker gemaak om by haar
          skoonfamilie in te pas?                                                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 23

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          23                             DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

5.8       In hierdie drama is daar uiterlike konflik tussen karakters.

          Kies die konflik uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (5.8.1 tot 5.8.4) neer.

                     KOLOM A                                       KOLOM B
          5.8.1       Ouma Hannie         A        ... is deur die kinders verneder omdat hy
                                                   gedrink het.
          5.8.2       Plank
                                          B    ... het die trek moeilik gemaak vir Poppie
          5.8.3       Jakkie                   omdat hy by sy pa wou bly.
          5.8.4       Bonsile             C    ... was ontevrede omdat die kinders vir
                                               Oompie Pengi gelag het.

                                          D    ... het verkeerde besluite geneem, wat sy
                                               familie negatief beïnvloed het.

                                          E    ... het baklei om ʹn beter lewe vir die kinders
                                               te kry.
                                                                                         (4 x 1) (4)

5.9       Hoe kry die skrywer dit reg om vir ons te wys dat Poppie vir ouma Hannie
          omgegee het?                                                                               (1)
                                              EN
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS J

POPPIE. Dis ou klere. Is dit omdat hy al sy geld vir ons gestuur het, en niks gehou het
om vir homself iets mee te koop nie?

MAMA. Die klere wat morgue toe is, waarin hy uitgelê is, was darem beter.

POPPIE. Tata-ka-Bonsile het vir my geskrywe dat sy maag hom nog pla, Mama. Maar
hy het nog nie platgelê nie. Hoe is dit dan dat hy afgesterwe het?              5

MAMA. Die dokter het gedink hy het ʹn ulcer in die maag, maar kon niks kry nie. En hy
vra hom toe wat hinder jou. Toe sê Stone dit hinder hom dat hy hier so alleen woon en
sy vrou en kinders is van hom af weg. Toe sê die dokter: Daarvoor is daar nie
medisyne nie.

PLANK. Toe gaat hy na ʹn igqira, ʹn herbalist, en die man het hom ʹn medisyne gegee, 10
hulle sê daarvoor ukugapa. As jy dit drink, moet jy jou maag vol water drink, dan
steek hulle ʹn veer in jou keel af en dan bring jy dit uit.

MOSIE. Die medisyne was te sterk vir hom.

PLANK. Hy het die hele nag so opgestaan en uitgeloop toilet toe, en later was hy so
swak, hy moet loop en vashou aan die muur as hy uitgaan.                            15

MAMA. Ek het hom probeer help, ek het hom Oxo-sous gemaak en probeer ingee,
want ek kon sien hyʹs baie swak.
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 24

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          24                           DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

5.10      Skryf die volgende gebeure onder mekaar neer in die korrekte VOLGORDE
          soos wat dit in die drama gebeur:

             Poppie het in Mdantsane gaan bly.
             Poppie-hulle het 'n erf in Jakkalsvlei gekry.
             Poppie het by Mrs. Swanepoel begin werk.
             Poppie het inslaapwerk in Constansie gekry.                                         (4)

5.11      Hoe was Poppie se omstandighede in Mdantsane anders as haar
          omstandighede in Nyanga?                                                                (2)

5.12      Poppie het by Mama uitgevind dat Stone dood is.

          Gee ʹn feit uit die drama om te sê waarom hierdie stelling ONWAAR is.                   (1)

5.13      ʺPOPPIE. Dis ou klere. Is dit omdat hy al sy geld vir ons gestuur het, en niks
          gehou het om vir homself iets mee te koop nie?ʺ (Reël 1 en 2)

          5.13.1      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                      Poppie ervaar hier innerlike konflik omdat sy (skuldig gevoel
                      het/kwaad was) oor Stone se optrede.                                        (1)

          5.13.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 5.13.1.                                      (1)

5.14      ʺMaar hy het nog nie platgelê nie.ʺ (Reël 4 en 5)

          Wat is die figuurlike betekenis van Poppie se woorde?                                   (1)

5.15      Waarom het Stone so siek geword?                                                        (1)

5.16      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (5.16) neer.

          Stone se besoek aan die igqira is vir Stone ʹn simbool van ...

          A     goedkoper medisyne.
          B     die hoop om gesond te word.
          C     makliker toegang tot die dokter.
          D     ander mense se vertroue in die dokter.                                            (1)

5.17      Waarom kan Mama gesien word as ʹn goeie moederfiguur in die tyd toe Stone
          siek was?                                                                               (1)

5.18      Ná Stone se dood het Poppie die meisies Herschel toe gestuur.

          Waarom was hierdie besluit van Poppie goed vir haar dogters?                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 25

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2          25                           DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

5.19      Een van die hoofmomente in die drama is toe Poppie aan die einde met die
          Here gepraat het.

          5.19.1      Watter positiewe gevolge het dit vir Poppie gehad?                          (1)

          5.19.2      Watter les oor die lewe het jy by Poppie geleer?                            (1)

          5.19.3      Hoe sluit hierdie hoofmoment by die slot van die drama aan waar
                      Nkosi sikelel' iAfrika gesing word?                                         (1)
                                                                                                  [35]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans P2 (FAL) 2021 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-fal-2021-qp/46a5b8c1-2aa3-4621-aa5c-0325e2c4a129) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans P2 (FAL) QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-fal-qp/f70fc97b-a6dd-4da3-ba07-3a9f660a5abc) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [Gr12 Afrikaans P2 (FAL) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-afrikaans-p2-fal-sep-2022-question-paper/80eb0dce-35fb-474b-aba8-bf1e19091f30) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May-June 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2022/f9577f6c-1445-4aca-91cc-19411cb3d2f1) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May June 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2021/34e7b7fd-bf31-4586-9e70-44ddb4b9045e) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans P2 2021 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-2021-memo/fa39593a-6800-4788-88d4-bfdf1e468aa8) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
